Noordkaap 20131127

12
Eerste sportster gekroon bl. 3 Crossfit ook nou in Kby bl. 12 Ses boeke soek baas bl. 8 Ruan Bruwer DIE lofsange vir ao. John Seeley se reddingspoging vier dae gelede hou steeds nie op nie. Die jongste verering was gisteroggend deur Seeley se alma mater, die Hoër Tegniese Skool Kimberley, waar hy in 1989 gematrikuleer het. Seeley het die skool se hoogste eerbewys vir uitnemende diens in die vorm van ’n wit erekleure- baadjie ontvang. Seeley was een van drie oudleerlinge aan HTS wat by die reddingspoging van die teefhond betrokke was. Die hond het moontlik langer as ’n week in die Groot Gat oorleef. Steyn het in ’n kort seremonie gesê die skool loop oor van trots. “Ek het vir John gevra of hy bang was en hy het geantwoord: ‘Ja, meneer ek was bang’.” Seeley sal nou twee wit baadjies in sy hangkas hê. Hy is van sy gr. 8- tot gr. 12-jaar jaarliks met erekleure beloon vir sy prestasies as gimnas. “Ek was geskok toe hulle (die skool) my bel en sê hulle wil my ook vereer. Hierdie is ’n baie groot eer vir my.” Hy het nog ’n noue band met sy alma mater deurdat hy by hul landsdiens betrokke is. Seeley is nie seker wat omtrent die reddingspoging mense so aangegryp het nie. “Dis seker maar oordat ’n hond die mens se beste vriend is. Die passie wat mense vir diere het, is ongelooflik.” Volgens hom het hy Saterdag omstreeks 15:00 toe hulle by die Groot Gat vertrek, oproepe begin kry wat hom laat besef het sy heldedaad het mense aangegryp en aan die praat gehad. Hy hoop om die hond aan te neem en het reeds ’n naam vir haar. Nee, dis nie Kaptein Seeley nie. “Ek sal haar Kimberleigh noem. Daardie hond het die wil gehad om te bly lewe en het hard daarvoor baklei.” Hy sê dit is nie ’n groot verskil tussen reddingspogings waar mense of diere betrokke is nie. “Diere is soms kalm wat die poging vergemaklik. Mense aan die ander kant kan weer maklik paniekbevange raak. “Die proses hoe die poging aangepak word, bly dieselfde.” Hy erken nietemin dit was ’n moeiliker poging as waarmee hy gewoonlik te make kry in sy dag-tot-dag-taak in die K9-soek-en- redspan van die polisie in Kimber- ley. “Daar was baie aandag en verwagting of dit suksesvol gaan wees. Ek het geen radioverbinte- nis met die res van my redding- span gehad nie. “Ek moes sowat 400 m tot by die hond swem. Die gat is heelwat groter as wat dit van daar bo af lyk. Die water was boonop koud en die toerusting swaar.” Volgens hom is geduld die wagwoord. “Ek moes so 40 minute lank die hond se vertroue probeer wen. Toe ek eers aan haar gevat het, was die poging half gewonne.” ) Teen druktyd gister was daar nog nie uitsluitsel oor wie die regmatige eienaar van die hond is nie. ’n Pastoor van Kimberley het aanspraak gemaak dat hy die eienaar is. Skool vereer held Ontvang erekleure van alma mater DIE HTS Kimberley se skoolhoof, Johann Steyn, oorhandig gisteroggend ’n erekleurebaadjie aan ao. John Seeley, ’n oudleerling van die skool, vir sy suksesvolle reddingspoging van ’n hond wat lank in die Groot Gat vasgekeer was. Die skool het ook gisteroggend 105 kg se honde- kos aan die Dierebeskermingsvereniging geskenk. Foto: Ruan Bruwer DIE hond wat intussen nog as Kaptein Seeley bekend staan. Indien John Keeley haar kan aan- neem, sal sy voortaan Kimberleigh heet. Foto: Emile Hendricks

description

Noordkaap 20131127

Transcript of Noordkaap 20131127

Eerste sportstergekroon

bl. 3

Crossfit ook nouin Kby

bl. 12

Ses boeke soekbaas

bl. 8Ruan Bruwer

DIE lofsange vir ao. John Seeleyse reddingspoging vier dae geledehou steeds nie op nie.Die jongste verering was

gisteroggend deur Seeley se almamater, die Hoër Tegniese SkoolKimberley, waar hy in 1989gematrikuleer het.Seeley het die skool se hoogste

eerbewys vir uitnemende diens indie vorm van ’n wit erekleure-baadjie ontvang. Seeley was eenvan drie oudleerlinge aan HTSwat by die reddingspoging van dieteefhond betrokke was. Die hondhet moontlik langer as ’n week indie Groot Gat oorleef.Steyn het in ’n kort seremonie

gesê die skool loop oor van trots.“Ek het vir John gevra of hy bangwas en hy het geantwoord: ‘Ja,

meneer ek was bang’.”Seeley sal nou twee wit baadjies

in sy hangkas hê. Hy is van sygr. 8- tot gr. 12-jaar jaarliks meterekleure beloon vir sy prestasiesas gimnas.“Ek was geskok toe hulle (die

skool) my bel en sê hulle wil myook vereer. Hierdie is ’n baiegroot eer vir my.”Hy het nog ’n noue band met sy

alma mater deurdat hy by hullandsdiens betrokke is.Seeley is nie seker wat omtrent

die reddingspoging mense soaangegryp het nie.“Dis seker maar oordat ’n hond

die mens se beste vriend is. Diepassie wat mense vir diere het, isongelooflik.”Volgens hom het hy Saterdag

omstreeks 15:00 toe hulle by dieGroot Gat vertrek, oproepe begin

kry wat hom laat besef het syheldedaad het mense aangegryp enaan die praat gehad. Hy hoop omdie hond aan te neem en het reeds’n naam vir haar. Nee, dis nieKaptein Seeley nie.“Ek sal haar Kimberleigh noem.

Daardie hond het die wil gehadom te bly lewe en het harddaarvoor baklei.”Hy sê dit is nie ’n groot verskil

tussen reddingspogings waarmense of diere betrokke is nie.“Diere is soms kalm wat die

poging vergemaklik. Mense aandie ander kant kan weer maklikpaniekbevange raak.“Die proses hoe die poging

aangepak word, bly dieselfde.”Hy erken nietemin dit was ’n

moeiliker poging as waarmee hygewoonlik te make kry in sydag-tot-dag-taak in die K9-soek-en-

redspan van die polisie in Kimber-ley.“Daar was baie aandag en

verwagting of dit suksesvol gaanwees. Ek het geen radioverbinte-nis met die res van my redding-span gehad nie.“Ek moes sowat 400 m tot by die

hond swem. Die gat is heelwatgroter as wat dit van daar bo aflyk. Die water was boonop kouden die toerusting swaar.”Volgens hom is geduld die

wagwoord. “Ek moes so 40 minutelank die hond se vertroue probeerwen. Toe ek eers aan haar gevathet, was die poging half gewonne.”) Teen druktyd gister was daarnog nie uitsluitsel oor wie dieregmatige eienaar van die hond isnie. ’n Pastoor van Kimberley hetaanspraak gemaak dat hy dieeienaar is.

Skool vereer heldOntvang erekleure van almamater

DIE HTS Kimberley se skoolhoof, Johann Steyn, oorhandig gisteroggend ’n erekleurebaadjieaan ao. John Seeley, ’n oudleerling van die skool, vir sy suksesvolle reddingspoging van ’nhondwat lank in dieGrootGat vasgekeerwas. Die skool het ook gisteroggend 105 kg se honde­kos aan die Dierebeskermingsvereniging geskenk. Foto: Ruan Bruwer

DIE hond wat intussen nog as Kaptein Seeleybekend staan. Indien John Keeley haar kan aan­neem, sal sy voortaan Kimberleigh heet.

Foto: Emile Hendricks

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

SHARON STEYN wat heelwat kunstenaarsoor die jare heen as koördineerder van diegasvroue op die Gariep Kunstefees ontmoethet, het verlede week haar ontevredenheidte kenne gegee oor swakkerige bywoningvanKurt Darren se optrede in Kimberley.“Kimberley, moet nooit weer kla as daar

niks is om saans te doen nie. Dis regtig ’nverleentheid dat die casino goeie kunste-naars hierheen bring, maar daar is geenondersteuning nie. Ons moenie kla ashierdie mense nooit weer wil terugkom viroptredes nie. Waar is die ondersteuning?”wou sy weet. Bjorn Ischner het voorgesteloptredes moet eerder net oor naweke gehouword. Shirley Mason het gereageer en gesêKimberliete is te laid back.

Bywoning swak

Ruan Bruwer

GEBREKKIGE en swak bywo-ning van opvoerings deurKimberliete laat ’n bitter smaakin die mond. Boonop het ’ngevoel by akteurs, sangers,kunstenaars en vermaaklikheid-sterre ontstaan dit is net niegeldelik die moeite werd omKimberley aan te doen nie.In baie gevalle is die kunste-

naar van kaartjieverkopeafhanklik. Swak bywoning lei tot’n minimum inkomste of selfs ’nverlies.Die bywoningsyfer van die

Afrikaanse sangers David Fourieen Kurt Darren se onlangseoptrede in die Flamingo-casinowas teleurstellend. Darren hetselfs opgemerk hy gaan Kimber-ley eerder ’n ruk oorslaan.Selfs vervaardigers is versigtig

om produksies en opvoeringshierheen te bring. Nie net weensvorige ervarings van swakbywoning nie, maar ook omdatKimberley se gehore al naamgemaak het as een waarin jynooit van ’n bogemiddeldebywoningsyfer verseker is nie.Noordkaap het dié gebrekkige

belangstelling in optredes ensportbyeenkomste en -wedstrydeself ervaar deur swak inskry-wings vir kompetisies waarinkaartjies gratis weggegee word.Selfs teenoor kompetisies waarinlekker pryse gewen kan word, isdaar dikwels ’n trae houding.Noordkaap het by ’n paar

organiseerders in die stad gaanhoor hoe hulle die bywoningervaar.Lameez Sulliman, bemarkings-

bestuurder van die Flamingo-ca-sino, sê sy sal die algemenebywoning as gemiddeld (goed)beskryf.Op ’n vraag wat sy dink ’n

rede vir gebrekkige bywoning is,het sy geantwoord: “Mense stelnet nie belang nie”.Volgens haar moet slimmer

met bemarking omgegaan worden ekstras gebied word viriemand om ’n kaartjie te koop.Theuns Zimmermann, uitvoe-

rende bestuurder van die GariepKunstefees, sê sy ervaring isbywoning is “uiters swak”.Zimmermann reken die

publiek van Kimberley en dieNoord-Kaap het oor die algemeen’n swak sin vir ondersteuning enbywoning.“Die TV-aanbod is enorm vir

vermaak van watter aard ook alen dit het beslis ’n negatieweinvloed op bywoningsyfers. Diehuidige negatiewe ekonomieseomstandighede het ook ’ninvloed op verbruikers sebestedingsvermoë.“Organiseerders moet besef

verbruikers het ’n wye keusevan vermaak en hull ding dusook daarteen mee.”Zimmermann sê beter bemar-

king van vertonings en nuusdek-king sal tot beter bywoningbydra.“Organiseerders moet egter die

moeite doen om te bepaalwaarvan hul mark hou en niehou nie en daarvolgens handel.“Kimberley het nie genoeg

mense om weekliks volhoubaarkunstenaarsoptredes aan te bieden te ondersteun nie. Die tyd vanaanbieding is ook kritiekbelangrik.”Louwrika van Niekerk het ookgeantwoord“swak” toe sy gevrais om die bywoning te beskryfvan optredes wat sy reël.“Belangstelling het afgeneem.

Moontlik weens die ekonomie,maar ek dink Kimberley se markis vreemd en baie beperk.“Die groot ding is ons het nie

’n heeltydse teater nie en mensekry nooit die ware teaterganger-gevoel nie.”Marian van der Westhuizen

ervaar die bywoning ook asswak en sê dit is weens geldelikeredes.Sy stel voor almal wat optre-

des in Kimberley reël, moetbyeenkom en probeer verhoeddat hulle nie dieselfde kunste-naar bespreek nie.“Kimberley kan nie bekostig

om Nataniël én Steve Hofmeyralbei in dieselfde maand hier tehê nie.”

Swak bywoningtipies vanKbyMELANIE BOU-

CHER GROENE-WALD wrote onFacebook: “If I hadto choose between alive performance ofwhoever or watchingJunior MasterchefAustralia on telly,the live performancewouldn’t win! Howabout organising aweekend with theseartists? Kimberley isdead on weekends.”

FacebookWat sê jy hieroor? Lug jou mening opNoordkaap se Facebookblad.

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 3

Ruan Bruwer

DIE skoner geslag het Vrydagstof in hul manlike eweknieë seoë geskop deur die eerste drieplekke in die Let’s Play-sportstervan die Jaar-kompetisie op teraap.Die atleet Amoré Serfontein is

op die geleentheid as die eersteLet’s Play-sportster van die Jaargekroon. Die kompetisie isvanjaar in samewerking metNoordkaap aangebied.Agt junior sportlui (tussen die

ouderdomme van 6 en 18 jaar),wat ’n uitsonderlike prestasie in’n betrokke maand deur die loopvan die jaar gelewer het, is deurdie publikasie as ’n finalis gekies.Serfontein, wat vandag haar

18de verjaardag vier, het dieeerbewys ontvang danksy hopedurf en uithouvermoë wat syvroeër vanjaar ten toon gestel hetom as die voorste o.19-meisiever-springatleet in Suid-Afrikagekroon te word.Daarmee het sy ’n trofee en

geskenkbewys ontvang.Jenny Preece (muurbal) was die

naaswenner en Lulu Smith (boks)was derde.Serfontein het op die Suid-Afri-

kaanse junior atletiekkampioen-skapsbyeenkoms ook die silwer-medalje in die 100 m-aflos virmeisies verower tesame met ’nvierde plek in die 200 m en vyfdein die 100 m.Puik prestasies al mag sy

eintlik nie deelgeneem het nie. ’n

Dokter het haar sterk afgeraaiom haar voete op ’n atletiekbaante sit en haar ma het haar ookbelet om aan die byeenkoms inOos-Londen deel te neem.Serfontein het ’n maagvirus

opgedoen en griep onder ledegehad. Die dokter het haar ’nsiekbrief gegee om in te handigom haar onttrekking te rugsteun.Sy het egter nie na dié tweegeluister nie en van onttrek wouhierdie veelsydige sportmeisie (sywas ook kaptein van die Hoër-skool Noord-Kaap se hokkiespanen lid van die provinsialeo.18-hokkiespan) niks weet nie.’n Insetsel van Vrydag se

gebeurtenis sal later op die Let’sPlay-program op SuperSportuitgesaai word.

FLIEKFLOOIE sal bly wees om teverneem drie gelukkiges kan elkeweek met Noordkaap vier kaartjieselk wen, met vergunning vanSter-Kinekor.Die fliekgids vir die rolprente

wat op die kringloop in dieSter-Kinekor rolprentteater in dieNorth Cape-winkelsentrum is,verskyn ook voortaan weekliks inNoordkaap.Ongelukkig word die weeklikste

gids, wat van Vrydae tot Donder-dae loop, eers op ’n Woensdag deurSter-Kinekor uitgestuur wat dus telaat vir publikasie is. Om diefliekgids tot die volgende Woens-dag te sien, gaan besoek gerus onswebtuiste, www.noordkaap.co.za ofwww.sterkinekor.com.Om ’n kans te staan om een van

die drie wenners van vier fliek-kaartjies te wees, gaan nawww.noordkaap.co.za en soek dieskakel “Kompetisies” bo-aan dieblad.Hier sal jy sien hoe om te maak

om deel te neem.Let wel die kaartjies is nie

geldig vir die eerste week van ’nnuwe uitreiking nie.

Wen só kaartjies

Amoré dra sportkroonAMORÉ SERFONTEIN doen Vrydag ’n onderhoud oor haar verering as die Let’s Play­sportster van die Jaar.Hou Noordkaap dop vir wanneer dit uitgesaai sal word. Sien nog foto’s en videogrepe op www.noord­kaap.co.za. Foto: Ruan Bruwer

FIETSRY is só lekker. Die 17­jarige Michael Staff en ’n vriend is verledeweek in Cemeterystraat in Kimberley­Noord op sy trapfiets opgemerk.Hy sê diewoorde agterop sy T­hemp somophoe lekker dit is omsorgvryop sy fiets rond te ry noudat hy eindelik klaar is met skool. Hy is pasklaar met die eindeksamen en skoolbanke van die NJ Heyns­skool.

Foto: Ruan Bruwer

SHOWS,

MORE WAYS TO BOOK

TicketLine082 16789

Standard rates apply. Free minutes do not apply.

sterkinekor.com /sterkinekortheatres APP @sktheatres

Follow us

NORTH CAPE MALLPRE-RELEASE SCREENING

MANDELA: LONG WALKTO FREEDOM ¸˛Ç

Sat: 14:00, 17:15, 20:30Sun: 14:00, 17:15Thu: 11:15, 14:20, 17:25, 20:30

BOOKINGS NOW OPEN——————————————————————————————————

THOR: THE DARKWORLD - 3D ˛Ç

Fri, Sat: 9:15, 11:45, 14:30, 17:00, 20:00, 22:30Sun: 9:15, 11:45, 14:30, 17:00, 20:00Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:45, 14:30, 17:00, 20:00Tue: 9:15, 11:45, 14:30, 17:00, 20:00, 22:30

——————————————————————————————————

HUNGER GAMES:CATCHING FIRE ¸˛Ç

Daily: 11:00, 14:00, 17:15, 20:30——————————————————————————————————

JUSTIN AND THE KNIGHTSOF VALOUR ¸˛Ç∂

Fri, Sat: 9:00, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30, 22:00Sun: 9:00, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30Mon,Wed,Thu: 9:00, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30Tue: 9:00, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30, 22:00

——————————————————————————————————

AS JY SING ˛ÇƒFri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45

——————————————————————————————————

KHUMBA ˛Ç∂Fri,Tue: 9:30, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45, 22:15Mon,Wed: 9:30, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45Sat, Sun: 9:30

——————————————————————————————————

BATTLE OF THEYEAR:DREAM TEAM ˛Ç

Fri, Sat: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:15, 22:50Sun: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:15Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:15Tue: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:15, 22:50

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

’n Kind verdiennet die besteDIE nuutste verslag van StatistiekeSuid-Afrika (SSA) oor die getal opge-tekende geboortes in 2012 en oorSuid-Afrika se jong kinders, hul ge-sinslewe en huislike omgewingskets ’n negatiewe prentjie.In 2012 is 1 168 403 babas indie land

gebore.Van hulle is 140 208 (12%) by ma’s

tussen van 15 en 19 jaar oud verwek.Vroue in die ouderdomsgroep 20

tot 24 jaar het verreweg die hoogstebevallingsyfer (312 639 babas) gehad.Van die babas wat in 2012 gebore

is, het net 36% by albei ouers ge-woon. Altesaam 79% van jong kin-ders bly by hul ma en 38% by hul pa.

Luidens die verslag was die ma’swat saammet hul biologiese kindersgewoonhet, jonk enmeestal nooit ge-troudnie.Hulle is ooknie ekonomiesonafhanklik nie.Dat 74% (864 618) van die kinders

sonder ’n pa of ma grootword, is al-lermins ideaal.Ma’s wat so jonk geboorte skenk,

is boonop in baie gevalle nog nie instaat om self ’n inkomste te verdiennie.Hoe gaan hulle voldoende vir die

kind kan sorg?Verdien ’n kind om in armoede

groot te word?Nee.

GEBEURTENISSE op 27 November indie verlede:1893 – Nieu-Seeland se inwoners gaan

na die stembus en die eerste keer ter wê-reld mag vroue ook stem.1895 – In Parys onderteken Alfred No-

bel sy laaste testament. Dié testament laatonder meer toe dat sy landgoed gebruikword om die Nobelpryse te begin.1961 – Die Sowjetunie stel ’n onmiddel-

like verbod op kerntoetse sonder interna-sionale beheer voor.1987 –Die 27-jarige Suid-AfrikanerOdi-

le Harrington word in Harare tot 25 jaartronkstraf gevonnis omdat sy in Zimbab-we op die ANC gespioeneer het.1996 – Suid-Afrika verbreek sy diplo-

matiekebandemetdieRepubliekvanChi-na (Taiwan) ten gunste van Rooi China.2005 – Die Grabouwer Karin Kortjé

wen die derde Suid-Afrikaanse Idols-sangkompetisie.2005 – Die eerste gedeeltelike gesigoor-

planting word in Frankryk voltooi.Geboortes op die dag:1701 – Anders Celsius, Sweedse ontwer-

per van die Celsius-skaal (sterf in 1744).1798 – Andries Pretorius, Voortrekker-

leier (sterf in 1853).1929 – Winkie Direko, voormalige pre-

mier van die Vrystaat (sterf in 2012).1940 – Bruce Lee, Chinees-Amerikaanse

akteur (sterf in 1973).1942 – Jimi Hendrix, Amerikaanse ki-

taarspeler en sanger (sterf in 1970).1968 – Michael Vartan, Frans-Ameri-

kaanse akteur.

Te veel of temin alte onnodigHannes Noëth

ASdaar nou een ding iswatmy lank-moedigheid beproef, is dit as iemand20 km/h voor my ry . . .Ek weet ek moet geduldig wees en

daardie lankmoedigheid so ver rekas wat ek kan, maar, ai, dit beproefmy. In Kimberley ry mense dikwelshierdie spoed. Iemand sal voor jouindraai en het jou waarskynlik niegesien nie en dan begin die groot be-proewing.Blok ná blok sal dit so uitwerk dat

jy nie kan verbysteek nie, nie kan af-draai nie, maar net geduldig moetbly volg.Natuurlik is te vinnig verkeerd en

gevaarlik,maarvandagwonder ekofte stadig ook verkeerd is. Dit laat my

dink aan ’n dokter wat in ’n stadium’n baie sterk saak uitgemaak het datpasiënte wat te vroeg vir afsprakekom dit net somoeilikmaak soos diéwat te laat kom. Só vertel hy, skepdit soms ’n probleem asmense gouergehelp wil word terwyl hulle eintlikeers oor ’n uur of twee daar moetwees. Hy reken om ’n uur vroeg opte daag is net so ongeskik soos om ’nuur laat op te daag.Dit laat my toe dink aan die ou

spreekwoord op die plaas waar baiegou vir jou vertel is dat al wanneerte goed is, is te voet en te perd. In dié

stadium is dit by ons te droog en indie Kaap te nat. ’n Mens kan net niewen nie. Oor die “te” in die natuurkan ons nie veel doen nie, maar onskanwerk aan ’n paar “te’s” in ons eielewe.So aan die einde van die jaar is dit

miskiengoeddat onsnou so ’nbietjiesif en kyk of ons niemeer balans kanprobeer handhaaf nie. Dalk sien onsdie nood omons temin raak, dalk eetons te veel of te min. Dalk werk onste hard of rus te veel, dalk word onste vinnig kwaad.Ek weet nie, gaan soek maar die

“te” in jou lewe en probeer balanskry.Intussen het ek ’n hele Twyfelhoe-

kie uitgedink terwyl ek teen 20 km/hagter iemand aankruie . . .

KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelo-pe week:) Die hoof van die departement van ver-voer, veiligheid en skakeling is maande na-dat hy van onder meer bedrog en die oortre-ding van die Wet op Openbare Finansiesaangekla is, steeds in sy pos.Steven Jonkers het inMei vanjaar op aan-

klagte van bedrog en korrupsie van R24 mil-joen in die hof verskyn. Hy staan ook teregopdrie aanklagte ingevolgedieWet opOpen-bare Finansies.Alternatiewelik staan hy tereg op drie

aanklagte ingevolge die Nasionale Wet opLandelike Vervoer en bykomend twee aan-klagte van korrupsie. Sy rol is om te verse-ker die departement behou ’n verskaffing-en voorsieningstelsel wat billik, redelik,deursigtig, mededingend en koste-doeltref-fend is.) Van die 552 skole in die Noord-Kaap isdaar 414 skole wat van skoolgeld kwytge-skeld is en meer as R170 miljoen word hier-voor begroot. Volgens Lehuma Ntuane,kommunikasiehoof van die onderwysdepar-tement, betaal 179 000 van die 261 845 geregi-streerde leerlinge nie skoolgeld nie. Ntuane

sê die meeste van hierdie skole wat nieskoolgeld betaal nie, is in die FrancesBaard- en die John Taolo Gaetsewe-dis-trik geleë.) Duisende inwoners van die Diamant-stad sal vanjaar sonkrag kan gebruik omhul Kersetes gaar te maak wanneer dieDoornfontein-sonkragaanleg buite diestad teen middel Desember genoeg elek-trisiteit virmeer as 6 000huishoudings salverskaf. Die ingebruiknemingproses vandie aanleg sowat 15 km buite die stad hetbegin.) ’n Kombinasie van geduld en ’n raps ge-luk het ’n amateur-natuurlewefotograafdie geleentheid gegee om in beeld vas telê hoe twee jagluiperds ’n springbok vas-trek. Aanvanklike teleurstelling toe hygedink het hy het so ’n geleentheid misge-loop, het spoedig in opwinding verandertoe dié toneel hom skielik voor hom afge-speel het.André Marais, ’n oud-Kimberliet wat

nou in Pretoria woon, het die spogfoto’sin die Kgalagadi-oorgrenspark geneem.) Die Steenkamp-moorde is gepleeg omglo Marthella Steenkamp (14) se verkrag-ting te verdoesel, omdat dít die minderja-rige beskuldigde se lewe sou vernietig ashaar ouers daarvan moes uitvind.Só het adv. Hannes Cloete aangevoer in

die verhoor waar ’n 17-jarige seun aange-kla word van verkragting, regsverydelingen moorde.Die verhoorhervat vandagmet die staat

en verdediging se slotbetoë.

SKETS: Danie Cronjé.

Só maak die weer Minimum MaksimumDonderdag 14 °C 33 °CVrydag 14 °C 34 °CSaterdag 14 °C 33 °C

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 5

SYN

C/1

2045

Tel011 453 9888011 452 7139011 974 4902

YUM RestaurantSupport Centre Bryanston: 010 001 7100

www.kfc.co.za

Share the

love

Family Box Meal

13490

KFC TelKFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road)KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street)KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)

053 832 9607053 831 2255053 832 9554

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR AWEEK. CAMPAIGN RUNS FROM 1 OCTOBERTO 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 November – 30 November 2013.All prices are inclusive ofVAT.Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.

cellc.co.za

JHB

4445

2

LOWESTCALL RATEGUARANTEED FLAT

YOUR SHARE OFYOUR SHARE OFYOUR SHARE OF

R2 MILLIONALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLYENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN

EVERY WEEK.

LG G2 Smartphone

R349PMx24

ON STRAIGHT UP 100*

FEATURES: Stunning 5.2” Full HD IPS display,13MP OIS camera with multi-point focus,Blazing fast 2.30GHz Quad Core CPU.

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

100SMS/MMS

100MINUTES

100MB DATA

Nokia Lumia 520 Smartphone

R139PMx24

ON STRAIGHT UP 100*

FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfectshot always with Smart Shoot, Free VoiceGuided Navigation.

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

100SMS/MMS

100MINUTES

100MB DATA

Samsung Galaxy S4Smartphone

R389PMx24

ON STRAIGHT UP 100*

FEATURES: Dual Camera, Group Play,S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

100SMS/MMS

100MINUTES

1GBMB DATA

CHANGETO CELL C AND

Samsung Galaxy S4

CALL RATECALL RATE

INCLUDES

1GBDATA PM

Available at the following Cell C stores:New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444

Calling all buildersand DIY enthusiasts!

PPC, in partnership with Calgro M3,

is looking for teams of 2 to be on

our new building reality TV show.You and your partner could win a

brand new Toyota Hilux TurboDiesel with 1 ton of cement and

R250 000 cash!

You must have experience in building and plastering to be a part ofthe PPC Building Better Homes Challenge. Your partner (wife, brother,sister, father, son, friend, etc.) is not required to have any building experience.Both you and your partner need to bring your South African ID books to the audition.

Entry Details:Who must come: Both you and your partnerTo find your nearest audition, SMS “PPC”and your province to 30PPC (30772)or go to www.ppc.co.za Follow us on

Terms and conditions apply. Should your team be successful you will both need to be available to come for a second interview.You will both need to be able to travel between 20 January 2014 and early March 2014 for the TV production.Please note that the actual vehicle prize might differ from image depicted.

TJDR55432P P C C E M E N T ’ S

BETTER HOMESC H A L L E N G E

BUILDING

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 7

DIE egpaar Gert enHetty van Vuuren hetverledeweek65 jaar segetroude lewe gevier.Hulle is op 20 Novem­ber 1948 in Mafikenggetroud. Albei het van­jaar hul 88ste verjaar­dag gevier. Die egpaarwoon die afgelope 45jaar al in dieDiamantstad, ensteeds in hul eie wo­ning. Foto: Verskaf

Vrydag 29 November: DieACVV Ons Huis bied Wonder-nag op Bethlehem, die Kersver-haal met dialoog en musiek,aan. Dit begin om 10:00. Gratis.Saturday, 30 November: The

Battle at Magersfontein Moun-tain Bike Race takes place atthe Magersfontein MemorialGolf Estate. Registration is from06:00 to 07:00 and the startingtime is 07:30. The closing datefor pre-entries is 28 November.A total of R10 000 in prize-mo-ney is up for grabs. The entryfees are R150 for the 85 km, R80for the 40 km and R50 for the10 km river circuit fun ride.Contact Ane on 083-284-8313 orvia e-mail: [email protected] 4 Desember: ’n

Biddag vir broodnodige reën indie Noord-Kaap word in dieskoolsaal van die Laerskool

Newton gehou. Dit begin om19:00. Bel past. Johan Vrey by082-471-8121.Thursday, 5 December: The

Kimberley College of Magictakes some amazing thrillingmagical entertainment to theKimberley Library. LeadersEdwin Tsiolo and Tebogo Keswaare honing their skills andaspirant magicians in theirthird year are ready to enter-tain and amuse with coins,cards, ropes, silk handkerchiefsand incredible sponge balls.They will share their juggling

skills and magical mysteries –with secretly appearing andvanishing floating and multiply-ing objects of delight. The show,free of charge, starts at 10:00.) Indien jy ’n gebeurtenis inKimberley aanbied, stuur gerusdie inligting aan Noordkaap. Ditword gratis geplaas. Indien ditdie Woensdag wanneer diekoerant beskikbaar is, moetverskyn, moet dit Noordkaapdie vorige week voor Vrydagom 10:00 bereik. Jy kan dieinligting na [email protected] e-pos, dit na 086-214-7986 faks of per SMS na 45533stuur. SMS moet begin met NK.

Vier 65goue jare

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

Ruan Bruwer

DIE beste verhale en humorvan Herman Charles Bosmanis nou in die gelyknamigeboek beskikbaar, soos vertaaldeur die digter Johann deLange.

Die eerste deel van hierdieversameling is Craig MacKen-zie se keur uit die stories vanmoontlik die grootste Suid-Afrikaanse skrywer in Engelsin die eerste helfte van die20ste eeu.

Bosman gebruik dieberoemde oom SchalkLourens en verskeie andervindingryke en vermaaklikestorievertellers as mondstuk-ke.

Die tweede deel bevat diebeste van Bosman se humoris-tiese skrywerk, gekeur deurStephen Gray.

Kategorie: Humor, versa-melings en algemeen.

Formaat: Sagteband, 320bladsye.

Uitgewer: Human & Rous-seau.

Onlangse publikasies: Best ofBosman, Seed-Time and Harvestand Other Stories en Verborgeskatte.

Oor die skrywer: HermanCharles Bosman bly een vanSuid-Afrika se beroemdstestorievertellers. Hy het diewêreld op ’n unieke maniergesien en ’n intense opwindingdeur sy stories oorgedra.

Sy werk is lank reeds as deelvan die klassieke kanon vanSuid-Afrikaanse letterkundeerken. Sy werk bly steedsrelevant – Duitse en Amerikaan-se uitgawes van Mafikeng Roadand other stories het onlangs

verskyn.Bosman het in Engels en

Afrikaans grootgeword. Hy hetsy loopbaan as onderwyser by ’nAfrikaanse skool in die GrootMarico-distrik begin. Baie vansy stories het hul ontstaan hiergehad.

Hy is in 1930 op paroolvrygelaat nadat hy die helftevan sy tienjaar-vonnis (vir diemoord op sy stiefbroer) uitge-dien het.

Hierna het hy sy eie uitgewe-ry begin en as joernalis gewerk.Hy is in 1951 op 46-jarigeouderdom dood.) Om ’n kans te staan omhierdie plus vyf anderAfrikaanse boeke te wen,gaan na www.noordkaap.co.zaen volg die aanwysings.

Bosman op sy bestein dié boek vervat

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 9

Slegs die beste!Eureka is

op sy presteerders

trots

In Laerskool Eureka sal ek . . .'n Christen weesin Afrikaans onderrig wordelke geleentheid gebruikmyself en ander respekteermy voorberei vir die toekoms'n balans handhaafverantwoordelik optree

visie

Hoofleiers 2014

Tel: 053 8612855 Faks: 053 8613849 E-pos: [email protected] www.laerskooleureka.co.za• • •

Trofee-wenners in Grondslagfase

Trofee-wenners in Seniorfase

Troefee-wenners akademie, veelsydigheiden kultuur

Marozé v/d BergProvinsiale Kleure:

Redenaars

Mininke SmithSA Dogters o/10Skaak: No 1

Kiara WakefordSA Dogters tennis-span

Maleisië

Rudolf LubbeTennis no 5 in SA

seuns o/12

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

DIE woord fotografiekom van tweeGriekse woorde: ligen skryf.Alles in fotografie

gaan oor lig, lig ennogmaals lig. Ditword deur die fotoen onderskrifbeklemtoon.Dit sal jou loon as

jy die verskillende elemente en gebruikevan ’n kamera verstaan.’n Kamera bestaan uit drie basiese

elemente: ’n opening wat lig inlaat, ’nmeganisme waarmee jy die tydsduur vandie lig wat ingelaat word, kan beheer en ’nfilm of sensor waarop die lig val wat dandie beeld vasvang.Vir elke foto verskil die aantal elemente.

Jy moet dus die regte kombinasie hiervankies om ’n foto te neem.Hou die volgende in gedagte wanneer jy

foto’s neem:) Watter storie wil jy met jou foto vertel?) Hoe helder of donker wil jy die foto hê?) Wat is jou belangrikste en minderbelangrike fokuspunte in die foto (dieagtergrond of voorgrond)?) Wat is die kamera se afstand van dieonderwerp?Elke DSLR-kamera gee vir die fotograaf

die keuse om op die outoverstelling af tesit en dus so die kamera self te laat besluitoor die verskillende beligting sodat ’n fotonie oor- of onderbelig is nie. Ons verwysna “mik en druk”.Daar is ook semi-outomatiese keuses

waar die fotograaf een element self beheeren die kamera dan berekende besluite oordie res van die verstellings (settings) maaksodat die foto nie oor- of onderbelig salwees nie.Om ’n suksesvolle fotograaf te wees moet

jy al die gebruike van jou kamera ken enkan toepas saam met die tegnieke wat elkestyl en kuns van fotografie definieer.Die handbeheerkeuse (manual) is waar

die fotograaf alle verstellings self beheeren self moet seker maak ’n foto is korrekbelig.Die P-gebruik op jou kamera gee jou ’n

bietjie meer beheer as die outomatieseverstelling.Dit is vir iemand wat niks van hul

kamera weet nie.As jy ’n goeie fotograaf wil wees, moet jy

liefs nie met die stelling peuter nie. Die Pstaan nie vir professioneel nie.Die S-gebruik is waar jy die sluiterspoed

van die kamera kan stel.Met die verstelling kan jy enigiets

afneem – van aksie- tot stadige foto’ssoos van byvoorbeeld watervalle.

PREFERENCEWILL BE GIVENTO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINEWITHTHE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN.

Only candidates who meet the stated requirements will be considered.APPLICATIONS RECEIVED AFTERTHE CLOSING DATEWILL NOT BE CONSIDERED.

How to apply:Interested applicants can forward an abridged CV to:

[email protected] or fax: 086 236 1188.The onus is on you to ensure that the reference

number is reflected on your application.Closing date: 13 December 2013.

If you have not been contacted within 30 days after theclosing date, kindly deem your application as unsuccessful.

www.ayandambanga.co.za 115810

Exciting Career OpportunityKuruman

United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent onsustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growingmanganese mine.UMK has been awarded aMining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman.Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and2 million tonnes of manganese each year?With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock yourtalents.

Environmental Officer (Ref. EO 115810)

The incumbent will be responsible to implement specified components for the EnvironmentalManagement System, cost-effective measures and compliance with legal, and interested andaffected parties requirements in order to ensure effective Environmental Management.Minimum requirements: • Matric, degree or Diploma in the field of Natural Sciences orEngineering • Registered as a Professional Natural Scientist or Engineer •Aminimumof 3-5 years’relevant experience in the mining industry • Strong computer skills • A thorough understandingof applicable legislation • Ability to work independently • Ability to communicate across all levelsand disciplines • Ability to maintain quality results • Systematic approach • Commitment to Healthand Safety, Environmental and Quality requirements.Responsibilities: • Enforce compliance with legislation and procedures • Set up mechanisms tomonitor environment impact e.g. water, electricity and pollutants • Liaise with stakeholders e.g.Municipalities, Eskom, etc. • Conduct incident investigation • Waste management and pollutants• Soil rehabilitation • Keep impact register updated • Recommend alternative strategies to reduceenvironmental impact • Liaise with Department of Mineral and Resources.Key performance indicators: • Development and implementing an Environmental land and soilmanagement plan • Compile and monitor a biodiversity plan.

Please note that the reference MUST be quoted on your application.Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medicalcertificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric andother assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentialsmay be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

TE KOOP

ALLERLEI

1655

LIONS CHRISTMAS CAKES: 1 kg,R70.00. Contact 084 642 0038 orcollect at The Bakers Dream, cor.George and Waterworks Streets.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLERING: THERMGUARDLITE NK.Koel in somer, warm in winter.SABS. Gratis kwotasies. 082 3880307 of 053 832 9194.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

CHOCOLATES/SWEETS/BIS-CUITS/CHIPS/SWEET TOYS.Start a wholesale distribution busi-ness. Affordable!Myer 012 5475467. [email protected]

VAKANSIE

& REIS

PLAASVAKANSIES

2660

HARTENBOS: Netjiese akkommoda-sie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewebuite seisoen. Ook eiendom te koop.Skakel 083 236 1294 of044 695 0682.

EIENDOMME

LOSIES AANGEBIED

3280

BETREKKINGS

3600

ADMINISTRATIEF

3605

APPLICANTS NEEDED FORDATA, copy/paste work in 2014.For info SMS name and address to071 548 6944.

Lig diesleuteltot foto’s

’n ALGEMENE fout sluip in wanneer ’n ka­mera se flits nie sterk genoeg is nie.Wat dangebeur as jy mense voor en agter op ’n fotohet, is dat die flits net die voorstemense be­lig. Dié foto is ’n goeie voorbeeld hiervan.Die mense op die voorgrond is mooi duide­lik, maar nie diemense agter nie. In die spe­sifieke geval moes die fotograaf nader ge­staan het, want van die flits se lig het dievoorgrond (dooie ruimte) onnodigbelig. Diemense moes ook almal veel nader aan me­kaar gesit het, aangesien die flits net niesterk genoeg was om die mense in die ag­terste ry te bereik nie.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 11

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

Prices apply to Game Kimberley store only.

Prices valid from 27 November - 1 December 2013

Potatoes 7kgAnd OnionsPocket 7kg

BUNDLE

DEAL

R

60

R

25each

Clover Full CreamOr Low Fat FreshMilk 2l

R

18each

HotdogRolls 6’s orHamburgerBuns 6’s

per pack790

KameelhoutBoerewors4790

per kg

Beef TexanSteak5690

per kg

Lean BeefMince5590

per kg

Watermelon

R

29each

Chocolate OrVanilla Cake

R

30each

Coke, Tab,Coke Zeroor CokeLight 2l

1250each

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

SENSEI TERRY SULLI­VAN of the De Beers JKAKarate Centre was givena special award at the re­cent 50th anniversary ce­lebrations of the SouthAfrican JKA Karate Asso­ciation. It was for the re­cognition of 50 years ofloyal service to the asso­ciation. Sullivan has beeninvolved with karate for52 years, having startedwith karate in Durbanback in 1961.

AFTER the SAJKA Central Regional Gasshuku in Welkom, first andsecond dan black belt gradingwere heldwith a couple of karatekasof the De Beers and Tendo JKA Karate Centres achieving success.They are from the left, front: Nicky Human and Chad Mpisi (bothpromoted to first dan black belt); back: Cayle Damons (promotedto second dan black belt), Sensei Anton de Beer and Rizane Hunter(first dan black belt).

Receivesaward

Ruan Bruwer

CROSSFIT se gewildheid neem toe endit is ’n snelgroeiende sportsoort.Sedert Crossfit in Mei in Kimberley

geopen het, was dit net ’n kwessievan tyd voor die eerste Crossfit-by-eenkoms aangebied sou word.Dít het Saterdag by The Boma net

buite Kimberley op die N8 plaasge-vind.Deelnemers van verskillende

ouderdomme en geslagte het in 14spanne teen mekaar gewedywer inwat bekend gestaan het as dieCrossfit-derby.Volgens die koördineer, Steven

Graaff, het die gebeurtenis uit ’nverskeidenheid uitdagings bestaansodat dit so inklusief moontlik is. Dieoudste deelnemende man was 59 enoudste vrou 63 jaar oud. Niemand hetvooraf geweet wat die uitdagingsgaan wees nie.“Dit maak dit interessant as

niemand weet wat kom nie, wantanders kan deelnemers voor die tydnet vir daardie spesifieke uitdagingvoorberei. Ons wil almal ’n gelykekans bied, want dit moet jou algehelefiksheid toets. Die uitdagings hetbestaan uit ’n kombinasie vanliggaamsoefeninge, gewigte en kardio.Ons glo ons volgende byeenkoms salaansienlik groter wees,” het hy gesê.Benewens die beste mans- en

vrouespan was daar ’n beste gemeng-de span.“Ons het gedink om dit spesifiek in

spanverband aan te bied, want ditmoet ’n familie-ding wees.”Graaff sê tydens die oefeninge in

die week word die oefenprogramvoortdurend aangepas sodat ’n mensse liggaam nie ’n oefening gewoondraak nie, maar dit voortdurend as

’n uitdaging beskou.Oefeninge vind soggens tussen

05:00 en 08:00 en smiddae van 16:00tot 18:30 by die Kestell-kinderhuisplaas.Instrukteurs is byderhand om

oefeninge te demonstreer.

Sport groei vinnig

DIE naaswenners in die vroue­afdeling, die Bomb Squad, doen hul finaleuitdaging – gewigte optel. Van links is die spanlede Lizet du Plessis, Liezeldu Toit, Nadine van Wyk en Anli Conradie. Foto: Ruan Bruwer

Ruan Bruwer

DIE span wat vanaand dieloot in die eindstryd van dieT20 McDonalds-Staatsaand-reeks wen, behoort dit sterkte oorweeg om eerste te kolf.Die Laerskole Eureka en

Newton sê mekaar om 18:00op eersgenoemde se veld diestryd aan.In 15 van die 19 wedstryde

wat beslis is (3 het uitgereënen in 1 het ’n span diepunte prysgegee), het diespan wat eerste gekolf het,geseëvier.Die eindstryd was veron-

derstel om verlede Vrydagbeslis te word, maar diereën het die laaste sê gehad.Wedstryde is oor sewe

weke beslis waarin sewelaerskole (Kimberley-Junior,die gekombineerde spanNoordelikes en die Laersko-le Eureka, Herlear, Jacobs-dal, Newton en Staats) seo.13-spanne mekaar aange-durf het.Eureka is nog onoorwonne

nadat hy al ses sy groepwed-stryde gewen het en in syhalfeindstryd met Noordeli-kes klaargespeel het.

Newton het in sy halfeind-stryd gemaklik met Staatsafgereken toe laasgenoemdenet 44 lopies in ’n jaagtogvan 104 vir ’n sege konaanteken.In die ooreenstemmende

wedstryd in die groepfasetussen Eureka en Newtonhet eersgenoemde met 19lopies gewen.Eureka het toe 136 lopies

in sy 20 beurte opgestapelen Newton tot 117 lopiesbeperk.Interessant is dat albei

spanne ’n speler onder diedrie toplopiemakers entopboulers het.Brett Moses (Newton) het

204 lopies in 6 wedstrydeaangeteken met LiamBruwer van Eureka 179lopies in 7 wedstryde.Enrico Lubbe van Eureka

se 19 paaltjies is verrewegdie meeste. Dit is ’n indruk-wekkende boulgemiddeldvan 3,8.Newton se Ferdi van

Soelen se 9 paaltjies teen ’ngemiddeld van 7,7 is eweindrukwekkende syfers. Hyhet net 2,9 lopies perboulbeurt afgestaan.

Loot kanuitslag bepaal