NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die...

11
1 11 September 2015 1. GEMEENTES BIED AAN: KOM VIER FEES SAAM MET NG GEMEENTE BERG EN DAL: Hierdie gemeente is vanjaar 59 jaar oud en almal word uitgenooi om op Vrydag 18 September 2015 vanaf 12:00 tot 20:00 ‘n heerlike kermis saam met hulle te kom geniet – daar gaan feesgevier, gekuier, gespeel en geëet word! Die bekende kerkgebou is by die groot sirkel in Dan Pienaar, regoor Willem Postma skool. ‘n Feestelike Lentelofprysing vind ook die Sondagoggend (20ste) om 09:30 in die kerkgebou plaas, die teksgedeelte is Psalm 104. Klik hier vir alles wat Vrydag by die kermis aangebied gaan word - ondersteun gerus hierdie plesierigheid! Vir navrae, kontak vir Rita by 051 436 2750. NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE WILGEHOF: Klik hier vir die amptelike uitnodiging, sowel Gratis kerrie en rys sal ook beskikbaar wees as vir meer inligting oor die spreker NG GEMEENTE UNIVERSITAS-WES (ROOIKERK): Die bekende gospelsanger, Willie Joubert tree ook by hierdie gemeente (h/v De Bruyn- en Van Schalkwykstraat, Universitas) op tydens die aanddiens, Sondag 20 September 2015 om 18:00. Toegang is slegs ‘n bankkollekte vir Willie Joubert, ná afloop van die diens, word maalvleisvetkoeke en poeding ten bate van die Stilbaai Standdiensspan verkoop. Vir navrae, skakel 072 160 0147. ‘N GROOT FEESNAWEEK BY NG GEMEENTE KROONHEUWEL-NOORD: Hierdie gemeente in Kroonstad skop die naweek op Woensdag 23 September 2015 (klein-Saterdag) af met die uiters gewilde eenman-vertoning van Frank Opperman, die Klaagliedere van Ds Tienie Benade. Hierdie vertoning vind om 19:00 by die Stadskouburg plaas. Alle sitplekke moet bespreek word en kaartjies kos R100pp wat by Jaar 13 - Uitgawe 28 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za Op berge en in dale - oral voor God se aangesig

Transcript of NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die...

Page 1: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

1

11 September 2015

1. GEMEENTES BIED AAN:

KOM VIER FEES SAAM MET NG GEMEENTE BERG EN DAL: Hierdie

gemeente is vanjaar 59 jaar oud en almal word uitgenooi om op Vrydag 18 September 2015 vanaf 12:00 tot 20:00 ‘n heerlike kermis saam met hulle te kom geniet – daar gaan feesgevier, gekuier, gespeel en geëet word! Die bekende kerkgebou is by die groot sirkel in Dan Pienaar, regoor Willem Postma skool. ‘n Feestelike Lentelofprysing vind ook die Sondagoggend (20ste) om 09:30 in die kerkgebou plaas, die teksgedeelte is Psalm 104. Klik hier vir alles wat Vrydag by die kermis aangebied gaan word - ondersteun gerus hierdie plesierigheid! Vir navrae, kontak vir Rita by 051 436 2750.

NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE WILGEHOF:

Klik hier vir die amptelike uitnodiging, sowel Gratis kerrie en rys sal ook beskikbaar wees as vir meer inligting oor die spreker

NG GEMEENTE UNIVERSITAS-WES (ROOIKERK): Die bekende gospelsanger, Willie Joubert tree ook by hierdie

gemeente (h/v De Bruyn- en Van Schalkwykstraat, Universitas) op tydens die aanddiens, Sondag 20 September 2015 om 18:00. Toegang is slegs ‘n bankkollekte vir Willie Joubert, ná afloop van die diens, word maalvleisvetkoeke en poeding ten bate van die Stilbaai Standdiensspan verkoop. Vir navrae, skakel 072 160 0147.

‘N GROOT FEESNAWEEK BY NG GEMEENTE KROONHEUWEL-NOORD: Hierdie gemeente in

Kroonstad skop die naweek op Woensdag 23 September 2015 (klein-Saterdag) af met die uiters gewilde eenman-vertoning van Frank Opperman, die Klaagliedere van Ds Tienie Benade. Hierdie vertoning vind om 19:00 by die Stadskouburg plaas. Alle sitplekke moet bespreek word en kaartjies kos R100pp wat by

Jaar 13 - Uitgawe 28 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Op berge en in dale - oral voor God se aangesig

Page 2: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

2

Rellings of die kerkkantoor te koop is.

PROGRAM VIR DONDERDAG 24 SEPTEMBER (Openbare vakansie- en nasionale braaidag!): Klik hier vir die volledige program – daar vind ‘n klomp lekker dinge plaas! Inskrywingsvorms vir alle kompetisies kan verkry word deur jou e-pos adres, asook die bepaalde kompetisie waarvoor jy wil inskryf, byvoorbeeld die worsbraai-, potjiekos of gholfkompetisie, na 083 453 6681 te SMS.

SONDAG 27 SEPTEMBER word die naweek afgesluit met die groep Inside Out wat die erediens gaan waarneem en daarna is daar 'n heerlike gratis dankie-sê ete vir NG Kroonheuwel en Kroonheuwel-Noord se mense. Rig enige navrae aan Christo Weideman by 083 453 6681.

Kyk ook by Herhalings, pt 7 vir gebeure wat by ander gemeentes plaasvind en reeds hier verskyn het: NG Fichardtkruin: Basaar op 12/9 NG Senekal-Noord: Juanita du Plessis op 18/9 NG Pellissier: Padwedloop en pretdraf op 23/9 NG Oranjeville: Lentefees op 26/9

2. ANDER GEBEURE IN ONS STREEK:

REGSTELLING: Die Te Deum Laudamus-koor, soos in die vorige advertensie

genoem, bestaan nie meer nie, die koor wat wel by dié geleentheid gaan optree, is die SOLI DEO GLORIA Kamerkoor, met Chris Crouse as die koorleier - ondersteun gerus hierdie musikale geleentheid.

OPLEIDINGSGELEENTHEID BY NG GEMEENTE HUGENOOT: Die NG Gemeente Hugenoot bied op Saterdag 19

September 2015 vanaf 09:00 tot 12:00 hierdie geleentheid aan. Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor by 051 436 2659.

Page 3: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

3

ENGO SE JAARLIKSE FONDSINSAMELINGSFUNKSIE: Dit is weer daardie tyd van die jaar! Die jaarlikse

fondsinsamelingsfunksie vir die projek, Vir Ons Kinders, is om die draai en hulle maak op almal se ondersteuning staat om van hierdie funksie, asook die projek, ‘n groot sukses te maak. ENGO Vrystaat ondersteun byna 4 000 kinders in kinderhuise en pleegsorg met die fondse uit hierdie projek! Die funksie vind op Woensdag 23 September 2015 om 18:30 vir 19:00 plaas by Imperial GM (h/v St Georges- en Kerkstraat, Bloemfontein). Klik hier vir die volledige advertensie-biljet – indien iemand bereid is om as borg of donateur betrokke te raak, kontak gerus vir Rachell Scott @ 071 612 2930, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

PRETSTAP – AURORA SENTRUM: Hierdie fondsinsamelingsgeleentheid vind op Saterdag 26 September 2015 plaas –

die hele familie kan kom saamstap, die afstand is slegs 1.5 km en loop deur die dieretuin – klik hier vir meer inligting en ook hier vir die inskrywingsvorm. Vir enige navrae, skakel 051 447 7271.

SHEPHERD VBO-WERKSWINKELS:

MENSE (ONS/EK) EN WAAR PAS EK (ONS/MENSE) IN, IN GOD SE STORIE?: Aanbieder: Ds Gys van Schoor Ds Gys van Schoor is predikant by Durbanville Moedergemeente. Hy is die inisiatief agter Die Sentrum vir Geloofsvorming wat landswyd die geloofsvormingsreis vir predikante begelei. Hy's ook die skrywer van die reeks wat gemeentes help op die pad van Geloofsvorming.

Datum: 19 - 20 Oktober 2015 Plek: UV, Teologie Gebou, K21 – Bloemfontein Tye: Maandag 09:00 - 17:00 (middagete ingesluit); Dinsdag 09:00 - 13:00 VBO-punte: 20 Koste: R900.00 Registreer: SMS D25150, naam en e-posadres na 31029

GEBOU OM TE HOU: BLOK 2 EMOSIONELE INTELLIGENSIE (EI) VIR EFFEKTIEWE BEDIENINGSGROEI/ONTWIKKELING: Die werkswinkels is oop vir alle leraars, eggenotes, gemeenteleiers, sielkundiges, maatskaplike werkers en belangstellendes!

Aanbieders: Drs Annette Prins & Annette Weyers Datum: 2 - 4 November 2015 Tye: Dag 1: 13:00 - 16:00, Dag 2: 08:30 - 16:00, Dag 3: 08:30 - 13:00 Plek: Teologiese Fakulteit, Kamer 120, UV - Bloemfontein VBO-Punte: 20 per blok Koste: R1 400.00 Registrasieproses: SMS D25150, naam en e-posadres na 31029. Vroeë registrasies ontvang 10% afslag indien u 'n maand vooruit betaal. LW: Aanbieding onderhewig aan getalle.

3. BOUPROSES - DIE ARGIEF IN DIE VRYSTAAT: Dit vorder goed! Klik hier vir onlangse foto’s.

4. MEDIAVRYSTELLING - BYBELGENOOTSKAP VAN SA: Op 8 September 2015, Internasionale

Geletterdheidsdag, het die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) sy Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies in isiXhosa, vir die eerste keer in Port Elizabeth bekend gestel – klik hier vir meer hieroor.

5. AURORA SENTRUM NUUSBRIEF: Klik hier vir hul jongste nuusbrief.

6. VAKATURES:

LERAAR (Vastetermyn, kontrak 3 Jaar): Die NG Gemeente King William’s Town (Sinode Oos-Kaap) beskik

oor hierdie vakante pos. Klik hier vir meer inligting – sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 16 Oktober 2015.

Kyk ook by Herhalings, pt 7 vir ander vakante poste.

Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Meer - Vakatures.

Page 4: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

4

7. NB! HERHALINGS VAN BERIGTE: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos verskyn

het, word hier vir jou gerief herhaal.

8. VERJAARSDAE: Baie geluk aan die personeellid en leraars wat gedurende die komende week,

hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees:

11 September: Mnr Johan Coetzer - SINODALE KERKKANTOOR - 051 406 6723, 082 925 0596, [email protected]

15 September: Ds Dries Cronjé – VILJOENSKROON - 056 343 0051, 082 921 0435, [email protected] 16 September: Ds André Barlow – FICHARDTPARK - 051 522 4492, 084 547 9999, [email protected]

9. TEN SLOTTE:

Groetnis tot volgende week.

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

INDIEN U OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS U WIL , KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!) VRYPOS KANSELLEERGee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na

hierdie adres.

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

KERMIS – NG BERG EN DAL: KOM GENIET DIE TREFFERS VAN ELKE JAAR:

‘n MIDDAGETE van 12:00-14:00 met jou eie keuse van worsbroodjie, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding en koeldrank – net reg vir die honger magies ná skool...

Vanaf 15:00 tot anderkant skemeraand:

‘n warm braai-ete (lamstjop, wors, pap & sous) met iets te drinke, daarby kom 2 500 heerlike pannekoeke 500 porsies warm kerrie-en-rys 500 bakkies regte basaarpoeding koffie, tee, koeldrank met soutigheid of soetigheid daarby

OM SAAM TE NEEM HUISTOE:

‘n verskeidenheid koeke, soutterte, kleinkoekies en beskuit kerrie-en-rys, boereworsbroodjies, vars vleis,

gemmerbier

Page 5: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

5

KOM SNUFFEL UIT:

oortollige bruikbare stukke (wit olifanttafel met alles en nog wat...) boeke! boeke! boeke!

“Berg-en-Dal: ‘n halfeeu voor God se aangesig” (ons gedenkboek wat baie lof ontvang as ‘n eietydse geskiedenis oor hierdie Afrikaanse buurt van Bloemfontein

te koop @ R 100.00 stuk)

EN TE LUISTER OF TE DOEN:

heerlike feesmusiek VIR DIE KLEINSPAN: wip-en-spring-en-gly in die kasteel, gesigverf en ‘n verskeidenheid

van speletjies (met pryse te wen!)

klim die kerktoring uit! VIR TIENERS: speel saam, klim in die kerktoring op

KOM VIER SAAM MET ONS FEES – HIER, BY DIE GROOT SIRKEL IN DAN PIENAAR òF NEEM IETS TE ETE HUISTOE EN GAAN GENIET DIT DAAR...

DIS VRYDAG EN HEERLIKE LENTE!

VIR NAVRAE: SKAKEL RITA BY 051 436 2750

TERUG NA INHOUD

PROGRAM - GROOT FEESNAWEEK BY NG GEMEENTE KROONHEUWEL-NOORD:

TERUG NA INHOUD

Page 6: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

6

ENGO SE JAARLIKSE FONDSINSAMELINGSFUNKSIE:

TERUG NA INHOUD

BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA - BYBELGEBASEERDE GELETTERDHEIDSBOEKIES IN ISIXHOSA:

Hierdie basiese geletterdheidsprojek wat uit twee boekies bestaan, My eerste Bybel Doen en Leer Boek (IBhayibibhile yam yoKwenza nokuFunda: INcwadi-1) en My 2de Bybel doen en Leer Boek (IBhayibibhile yam yoKwenza nokuFunda: INcwadi-2), is veral op voorskoolse kinders en grondfaseleerders (Graad R, 1 en 2) gerig.

Die BSA het twee gekwalifiseerde moedertaalsprekers genader om te help met die ontwikkeling, vertaling en redigering van die isiXhosa boekies. Hulle is me Pamela Ncapai, 'n voormalige onderwyseres wat tans betrokke is by die opleiding van Graad R-onderwysers en me Ncebakazi Faith Saliwa-Mogale van NF Saliwa Publishing.

'n Paar jaar gelede het die Bybelgenootskap bewus geraak van duisende kinders in veral arm woonbuurte wat deur die dag in dagsentrums versorg word, maar geensins aan enige vorm van geletterdheid blootgestel word nie. Baie van hierdie kinders het ook nie die voorreg om die ontvangsfase (Graad R) by te woon nie. Vergelyk 'n mens hulle omstandighede met die van kinders uit bevoorregte huise wat reeds voor hulle met skoolopleiding begin, gemiddeld aan ongeveer 400 uur van geletterdheidstimulasie blootgestel word, is dit duidelik dat baie gemarginaliseerde kinders hulle skoolopleiding met 'n agterstand begin.

Na deeglike navorsing het die Bybelgenootskap besluit om Bybelgebaseerde geletterdheidsmateriaal te ontwikkel. Die program is gebaseer op die Doen en Leer-metode wat deur wyle dr Rose Botha ontwikkel is en wat goedgunstiglik aan die Bybelgenootskap beskikbaar gestel is. Die boekies betrek feitlik alle sintuie om basiese lees- en skryfvaardighede te ontwikkel. Die onderwyser se taak word vergemaklik deur die gebruik van kleurvolle illustrasies, ikone, flitskaarte en verskillende aktiwiteite soos lees, skryf, syfers, teken en sing. Beide die Engelse en Afrikaanse boekies is reeds sedert 2013 beskikbaar. Die Sesotho boekies word tans voorberei waarna isiZulu en Sepedi sal volg.

Met verwysing na geletterdheid het ds Dirk Gevers, die Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap, die voormalige Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, aangehaal: Literacy is a bridge from misery to hope. It is a tool for daily life in modern society… Literacy is, finally, the road to human progress and the means through which every man, woman and child can realize his or her full potential.

Die taak van die Bybelgenootskap is gemeenskapsgerig en met hierdie projek wil ons 'n verskil in ons gemeenskappe maak deur hoop te bring en ons mense te help om hulle volle potensiaal te bereik, sê ds Gevers. Nie net kan hierdie boekies 'n bydrae lewer tot die lees- en skryfvaardighede van ons kinders nie, maar hulle kan ook reeds op 'n baie vroeë ouderdom begin om die Bybel, met sy boodskap van hoop, te ontdek.

Danksy Bybelgenootskapdonateurs is duisende van hierdie boekies reeds gratis beskikbaar gestel aan kinders wat in veral arm dele van ons land woon. Die Bybelgenootskap maak gebruik van implementeringsvennote, byvoorbeeld kerke, skole, organisasies en individue. Enige persoon wat kan lees kan, met behulp van flitskaarte en 'n handleiding wat saam met die boekies voorsien word, iemand anders help om die basiese lees- en skryfvaardighede te bemeester. Indien meer inligting

Page 7: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

7

benodig word, kontak asseblief u naaste Bybelhuis, of skakel 021 910 8705, of stuur 'n e-pos aan [email protected]

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – LERAAR (Vastetermyn, kontrak 3 Jr), NG KING WILLIAM’S TOWN:

Gemeenteprofiel: Die NG Gemeente King William's Town is aan die voet van die pragtige Amatolaberg geleë, 50 km van Oos-Londen en deel van die Buffalostad Metropool. Naasliggend is Bisho, administratiewe hoofstad van die Oos-Kaap. Die gemeente is deel van 'n gemeenskap waar die nasate van Duitsers, Britte, Afrikaners en Xhosas saam na 'n beter toekoms streef. Die gemeente bestaan uit sowat 155 belydende en dooplidmate. Baie van hul lidmate is entrepreneurs en tweederdes van die gemeente is onder 60 jaar. Hulle beskik oor 'n moderne, doelmatige kerkgebou, met 'n pragtige saal. Die kerkgebou is aan die hoofweë na Oos-Londen en Bisho geleë.

Die gemeente is nie 'n tipiese klein, plattelandse gemeente nie. Hulle plaas klem op geestelike toerusting vanuit die Skrif, dissipelskap, reik uit oor grense met 'n gemeenskapsgeoriënteerde model, is 'n ruimte waar vreemdelinge vriende word en bou aan sterk onderlinge verhoudinge. Aangesien daar baie jongmense in die gemeenskap is wat tans nie kerklik inskakel nie, is dit vir hulle 'n prioriteit om na hulle uit te reik. Hulle wil vars uitdrukkings van kerk-wees bevorder.

Voltydse termynbepaalde leraarspos: Die gemeente het 'n vakature vir 'n leraar in 'n driejaar-termynkontrak. Dit is 'n ontwikkelingspos met gedeeltelike sinodale befondsing.

Fokusareas vir leraar:

Skrifgegronde bediening onder kinders, jeug, skoolverlaters, werkende jongmense en seniors.

Innoverende besoeke om lidmate te bereik in beide die werkplek en tuis.

Bemagtiging van gesinne, wat gesins- kategesekampe- en lydenstydbyeenkomste insluit.

Verbreding van gemeentegrense na die gemeenskap.

Fokus op sosiale geleenthede van die gemeente

Leraarsprofiel:

'n Mens-mens wat in die volle spektrum van gemeentewees kan inpas. Die leraar moet 'n hart en liefde vir kinders, jongmense en seniors hê.

Iemand wat 'n groei-strategie vir die gemeente kan implementeer, wat insluit: netwerkvorming, geestelike groei, uitreik na nie-kerklikes, die insluit van jongmense en die bediening aan seniors.

Kan gemaklik in beide Afrikaans en Engels bedien.

Goeie administratiewe, asook elektroniese/rekenaarvaardighede.

Musikale vaardigheid kan as verdere aanbeveling dien.

Indien getroud, is dit belangrik dat die leraar se eggenoot hom/haar as lidmaat sal ondersteun / 'n hart vir die bediening sal hê.

Vergoeding: Die TKVI, (totale koste van indiensneming) wat na gelang van die leraar se behoeftes gestruktureer kan word, beloop R330,000 per jaar.

Aansoeke: Aansoeke geskied op die voorgeskrewe aansoekvorm, vergesel van 'n CV (maksimum vier A4 bladsye). Die kontakbesonderhede van twee referente moet verskaf word. Die aansoekvorm is beskikbaar by www.ngkok.co.za/gemeentes/kwt/kwt.doc (gebruik hierdie skakel om die dokument af te laai). Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering. Posadres: Pre-Advies, NG Kerk King William's Town, Posbus 103, KING WILLIAM'S TOWN, 5600. E-pos: [email protected]

Sluitingsdatum: Vrydag 16 Oktober 2015 om 16:00 Die suksesvolle kandidaat sal verkieslik so gou as prakties moontlik diens kan aanvaar. Navrae: Uittredende leraar: Ds Piet Nel, 043 642 6316 / 083 320 7191, e-pos [email protected] Voorsitter kerkraad: Br Johann Badenhorst, 082 574 9160, e-pos [email protected]

Die kerkraad behou die reg voor om nie 'n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.

TERUG NA INHOUD

Page 8: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

8

HERHALINGS:

INHOUD:

1. ALGEMEEN:

KERKKALENDER – VAKANSIE, KERKLIKE FEES- EN BIDDAE & SKOOLKALENDER 2016: Vir diegene wat reeds begin beplan aan 2016, klik

hier vir dié kalenders.

VROUELIDMATE VAN DIE NG KERK VRYSTAAT BIED AAN: ‘n Spesiale naweek (2 – 4 Oktober

2015) vir alle vroue-predikante en predikantsvroue in die Vrystaat, om te kom asemskep! Dié naweek vind by twee venues plaas sodat almal ‘n geleentheid kry om dit by te woon – kies die een naaste aan jou!:

Bloemfontein – vir vroue Suid, Oos en Wes van Bloemfontein Plek: Menuha Spreker: Dr Johan Nel Tema: “Word stil en bons” Koste: R250

Sasolburg – vroue Noord van Bloemfontein Plek: 52 Oaks Gastehuis, Sasolburg Spreker: Ronell Burger Tema: “Die tyd is NOU!” Koste: R250 Oornag (R150 vir dagbesoekers)

Besprekings vir hierdie bederfnaweek kan vanaf 27 Augustus 2015 by Joanie @ 051 406 6732 (k) gedoen word.

GEMEENTES EN VROUELIDMATE - ONTHOU DIE DATUM 6 MAART 2016!: Gemeentes plaas

die volgende inligting asseblief op julle kalender vir 2016! Die Wêreldbiddag vir vroue is so ‘n unieke geleentheid en vroue regoor die wêreld moet dit saam vier! ‘n Gesamentlike Wêreldbiddag vir Vrouebyeenkoms van die NG Kerk, NGKA en VGK word beplan vir DV Sondag 6 Maart 2016 om 10:00 by die Tweetoringkerk (NG Bloemfontein in die middestad) – die gasspreker by hierdie geleentheid is die bekende skrywer, Maretha Maartens en alle vroue in die Bloemfontein-omgewing is welkom om dit by te woon. Vir meer inligting, kontak vir mev Cecile Strauss @ 083 395 2240, of vir Anso Steyn @ 082 773 2612.

GEPUBLISEERDE AGENDA VAN DIE ALGEMENE SINODE 2015: Die 16de vergadering van die

Algemene Sinode van die NG Kerk, vind vanaf 4 – 9 Oktober 2015 in Pretoria plaas. Die Agenda vir hierdie vergadering is vir publikasie op die webblad van die Algemene Sinode geplaas – klik hier om dit te lees, of af te laai. Almal se voorbidding vir hierdie belangrike vergadering van die NG Kerk word versoek.

2. GEMEENTES BIED AAN:

NG FICHARDTKRUIN:

Page 9: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

9

NG SENEKAL-NOORD BIED AAN – JUANITA DU PLESSIS!: Die bekende en gewilde sangeres tree

Vrydag 18 September 2015 om 19:00 ten bate van hierdie gemeente op by die Hoërskool Witteberg. Die koste beloop R100pp en daar sal ook verversings te koop wees. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar, kontak asseblief vir Ina Atkinson @ 083 379 9097.

NG PELLISSIER – PADWEDLOOP EN PRETDRAF: Die Kosmandjie

ondersteuningsgroep bied hierdie geleentheid aan op Woensdag 23 September 2015 by die kerkterrein in Pellissier. Inskrywings kan reeds vanaf 14:00 by die kerk gedoen word – die pretdraf begin om 17:15 (1 km of 5 km) en die padwedloop van 10 km begin om 18:00. Koste: 1 km = R10 / 5 km = R20 / 10 km = R40 / tydelike wedlooplisensies = R25. Prysgeld, medaljes, gelukstrekkings, asook energiedrankies en verversings gaan beskikbaar wees – terme en voorwaardes geld. Rig enige navrae aan Giep van Zyl @ 082 381 8120.

NG ORANJEVILLE SE LENTEFEES: Hierdie geleentheid vind op Saterdag 26 September 2015 vanaf

08:00 by die kerksaal te Malanstraat 42, plaas. Die volgende lekkernye en aktiwiteite sal beskikbaar wees: Pannekoek, sosaties, boereworsrolle, kerrie en rys ‘n Lekkergoed- en poedingtafel ‘n Vleistafel (billike pryse) – vleis kan vooraf bestel word by kontaknommer hieronder ‘n Teetuin met heerlike gebak ‘n Pretstap en muntlegging ‘n Veiling Tentoonstelling van antieke motors Treintjieritte vir die kinders Vir navrae, kontak vir Nunette @ 072 246 8100

3. RETREAT:

LEEF BEWUS, GENEES BEWUS – ‘N ASEMSKEP RETREAT: Hierdie geleentheid vind vanaf 18 – 20

September 2015 by die Botaniese Tuine in Bloemfontein plaas. Klik hier vir die program en hier vir die registrasievorm.

4. VAKATURES:

TENTMAKERSPOS VIR EMERITUS: Die NG Gemeente Vanwyksvlei (Sinode Noord-Kaap), adverteer

hierdie pos. Klik hier vir meer inligting – sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 15 Oktober 2015, met diensaanvaarding 1 Desember 2015.

VOLTYDSE LERAAR: Die NG Gemeente Soutpansberg (Noordelike Sinode) beskik tans oor dié

vakante pos. Vir meer inligting, klik hier – sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 30 September 2015, met diensaanvaarding op 1 Januarie 2016.

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – TENTMAKERPOS VIR EMERITUS, NG VANWYKSVLEI:

Alle belangstellende emeriti-leraars van die NG Kerk wat geroepe voel om in die bediening te staan en bereid is om grondpaaie te trotseer, word genooi om aansoek te doen vir hierdie pos.

Gemeenteprofiel: Hierdie plattelandse gemeente in die Noord-Kaap is sowat 90 km van Carnarvon en 130 km van Prieska geleë, grondpad na beide dorpe. Bestaan uit 75 belydende en 13 dooplidmate en het twee plaas- en twee dorpswyke.

Leraarsprofiel:

- Geroepe is vir bediening in ’n plattelandse gemeente. - Leierseienskappe besit met goeie menseverhoudings wat na lidmate op alle sosiale vlakke en ouderdomme kan

uitreik. - ’n Passie vir mense – jeug en ouerwordende lidmate.

Page 10: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

10

Pligte:

- Pligte soos omskryf in Artikel 9. - Bereid wees om huisbesoek te doen.

Vergoeding:

- Salarispakket van R144 000 per jaar, allesinsluitend. - Gratis pastorie, water, elektrisiteit en telefoon. - Pastorie ten volle gemeubileer. - Voertuig vir kerklike gebruik, brandstof vir kerk se rekening.

Aansoeke:

’n CV moet vergesel wees van twee referente met kontakbesonderhede:

Per pos: Die Skriba, Posbus 21, Vanwyksvlei 8922 E-pos: [email protected] Sluitingsdatum: Donderdag 15 Oktober 2015 Diensaanvaarding: 1 Desember 2015 Navrae en besonderhede:

Voorsitter van Kerkraad: Abel Augustyn - 084 662 0905 Hoofouderling: Heila Holtshauzen – 072 135 7394 Skriba: Mara Augustyn – 084 530 4406 of 053 383 3779

Indien u naam op die kortlys is, moet u beskikbaar wees vir ’n onderhoud met die kerkraad en/of om ’n proefpreek te kom lewer. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

TERUG NA INHOUD

VAKATURE - VOLTYDSE LERAAR, NG SOUTPANSBERG:

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die bogenoemde vakature bekend:

GEMEENTEPROFIEL: Die NG Kerk Soutpansberg-gemeente is ‘n klein tradisionele verbondsgemeente met spesiale behoeftes wat uit dorps- en plaaswyke bestaan. Die gemeente, met ʼn geskiedenis van oor die 60 jaar, val binne die Ring van Louis Trichardt en is geleë in Louis Trichardt.

LERAARSPROFIEL:

Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde. Van die kandidaat sal verwag word om by die bestaande strukture in te skakel en moet effektief in spanverband kan

saamwerk. ‘n Goeie prediker wat Skrifgetrou preek en die Woord aktueel, boeiend en verstaanbaar vir oud en jonk uitlê. ‘n Leier met goeie menseverhoudinge wat na lidmate en die gemeenskap op alle sosiale vlakke kan uitreik. ‘n Leraar met ‘n sterk pastorale bewussyn wat die waarde van huis-, sieke- en bejaardebesoeke hoog ag, van

kardinale belang. Aktivering en begeleiding van gesinne en die gemeentejeug. Die kandidaat moet dinamies en aanpasbaar wees met geestelike integriteit en geloofwaardigheid. Die suksesvolle kandidaat se hele gesin moet bereid wees om meelewend in te skakel by die aktiwiteite van die

gemeente.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket, minstens Vlak 1 met inagneming van die voorgestelde sinodale skale, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Daar is ‘n ruim pastorie oorkant die kerkterrein beskikbaar (naby die plaaslike skole), waarin die suksesvolle kandidaat moet woon.

AANSOEKE:

‘n Aansoekbrief vergesel van CV van hoogstens drie (3) bladsye en ‘n vyf minute video-insetsel van die aansoeker, insluitend name en kontakbesonderhede van minstens drie (3) referente kan per e-pos aangestuur word na: Die voorsitter van die Diensverhoudinge Bediening, Leanda Le Cornu by [email protected]

SLUITINGSDATUM: 30 September 2015 DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016

NAVRAE: Leanda Le Cornu by 082 895 8576

Page 11: NG GEMEENTE HEUWELSIG BIED AAN: NG GEMEENTE … UITGAWE 28-2… · hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 11 September: Mnr Johan Coetzer

11

Die kandidate wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ‘n naweek-onderhoud en preekbeurt in die gemeente, saam met eggenote (indien getroud). Die kerkraad behou die reg voor om nadat die proses voltooi is, nie ‘n aanstelling te maak nie.

TERUG NA INHOUD

150 Jaar – Onblusbaar