NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-7-Desember-2014_.pdf · 1. Johannes...

4
NG GEMEENTE KATHU AFKONDIGINGS 7 Desember 2014 Ek en jy, as gestuurde gemeente, dien die Here met vreugde deur by mekaar en by ander betrokke te wees. Die deuroffer gaan vandag vir: Bybelverspreiding Oggenddiens 09:00 / Aanddiens 18:30 Leraar: Ds André de Villiers Teks: Mark 1:1-8 Tema: Kersfees vra bekering Baie dankie aan Lilian Cronjé vir die pragtige blomme in die kerk. Teedrink ná die erediens Kom drink ’n koppie tee saam met ons ná die erediens. Baie dankie aan Erna Markram wat help met die teeskink. BELANGRIKE DATUMS VIR DIE WEEK Desember 2014 7 Doop 09:00 21 Kersliedere by Kerslig 19:00 25 Kersdiens 08:00 31 Middernagdiens 23:30 Welkom aan alle nuwe lidmate! Baie welkom aan al die nuwe lidmate. Ons hoop dat julle gou sal tuis voel in ons gemeente en betrokke sal raak by al ons aktiwiteite. Al wat jy hoef te doen is om die klein vormpie wat tydens die erediens aan jou uitgedeel is te voltooi. Die per- soon met die pers serp sal dit dan weer tydens die dankoffer by jou kom haal. Hulle sal ook na die erediens agter in die kerk teenwoordig wees om ’n geselsie met jou aan te knoop. Die ander vorm kan jy dan na die tyd voltooi en aan ons terugbesorg. Pamflette met al die bedieningsleiers se kontakbesonderhede is agter by die dienstafel beskikbaar. Wanneer die wêreld sê dat jy moet opgee, fluister Hoop: “Probeer nog een keer!” Registreer nou: Hoop-reeks 8 Feb-22 Mrt 2015 Kontak Susan Schoeman 073 231 3330 of die kerkkantoor vir meer inligting.

Transcript of NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-7-Desember-2014_.pdf · 1. Johannes...

Page 1: NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-7-Desember-2014_.pdf · 1. Johannes was nie sélf die goeie nuus nie, maar hy vertel ons die goeie nuus van Jesus wat

NG GEMEENTE KATHU

AFKONDIGINGS 7 Desember 2014

Ek en jy, as gestuurde gemeente, dien die Here

met vreugde deur by mekaar en by ander betrokke te wees.

Die deuroffer gaan vandag vir: Bybelverspreiding

Oggenddiens 09:00 / Aanddiens 18:30

Leraar: Ds André de Villiers

Teks: Mark 1:1-8

Tema: Kersfees vra bekering

Baie dankie aan Lilian Cronjé vir die pragtige blomme in die kerk.

Teedrink ná die erediens Kom drink ’n koppie tee saam met ons ná die erediens. Baie dankie aan Erna Markram wat help met die teeskink.

BELANGRIKE DATUMS VIR DIE WEEK – Desember 2014 7 Doop 09:00 21 Kersliedere by Kerslig 19:00 25 Kersdiens 08:00 31 Middernagdiens 23:30

Welkom aan alle nuwe lidmate!

Baie welkom aan al die nuwe lidmate. Ons hoop dat julle gou sal tuis voel in ons gemeente en betrokke sal raak by al ons aktiwiteite. Al wat jy hoef te doen is om die klein vormpie wat tydens die erediens aan jou uitgedeel is te voltooi. Die per-soon met die pers serp sal dit dan weer tydens die dankoffer by jou kom haal. Hulle sal ook na die erediens agter in die kerk teenwoordig wees om ’n geselsie met jou aan te knoop. Die ander vorm kan jy dan na die tyd voltooi en aan ons terugbesorg. Pamflette met al die bedieningsleiers se kontakbesonderhede is agter by die dienstafel beskikbaar.

Wanneer die wêreld sê dat jy moet opgee,

fluister Hoop: “Probeer nog een keer!”

Registreer nou: Hoop-reeks 8 Feb-22 Mrt 2015

Kontak Susan Schoeman 073 231 3330 of die kerkkantoor vir meer inligting.

Page 2: NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-7-Desember-2014_.pdf · 1. Johannes was nie sélf die goeie nuus nie, maar hy vertel ons die goeie nuus van Jesus wat

LERAARS

Ds André de Villiers - Blok A

Missionale Bediening

084 679 3274

[email protected]

Ds Heinrich Viljoen - Blok B

Jeugbediening

082 352 6611

[email protected]

Ds Schalk van Schalkwyk - Blok C

Blok-bediening en Kleingroepe

084 673 1075

[email protected]

Carlise Brooks - Jeugwerker

076 657 4722

[email protected]

KANTOORPERSONEEL

053 723 2217 053 723 1071

Kassier: Brenda Kernekamp

[email protected]

Koster: Rita Roodt

073 505 5932

Kommunikasie / Skriba: Ernalize du Toit

[email protected]

Ondersteuningsdienste: Amoré Pretorius

[email protected]

Fasiliteitskoördineerder: Marié Smith

083 704 0476

[email protected]

Orrelis: Adri Scholtz

082 924 4163

BELANGRIKE INLIGTING

Kerkkantoor

053 723 1071 / 2217

[email protected] / [email protected]

Kantoorure:

Maandag tot Vrydag: 08:00 - 13:00

Bankbesonderhede:

www.ngkathu.co.za

Gaan “like” ons bladsy

om op hoogte te bly

van die gemeentenuus!

Vir die BOUFONDS:

NG Gemeente no 2

ABSA Kathu

Rek 1990 146 086

Vir Dankoffers:

ABSA Kathu

Rek 1990 590 024

Page 3: NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-7-Desember-2014_.pdf · 1. Johannes was nie sélf die goeie nuus nie, maar hy vertel ons die goeie nuus van Jesus wat

Vrae vir persoonlike oordenking Preek: Sondag 7 Desember 2014

1. Johannes was nie sélf die goeie nuus nie, maar hy vertel ons die goeie nuus van Jesus wat kom. Besef jy dat ek en jy ook soos Johannes daagliks vir mense die goeie nuus van Jesus bring (deur wat ons sê en doen)? Hoe voel jy hieroor? Hoe slaag jy daarin?

2. Vir Markus (die skrywer) gaan dit om Jesus. Die doel van die goeie nuus is dat mense sal erken dat Hy die Seun van God is. Ervaar jy in Kerstyd ’n hernude fokus op Jesus as jou Here, of verdwyn Hy in die vakansie-atmosfeer?

3. Wat sou jy wou verander of aanpas in jou daaglikse lewensprogram om weer nader te beweeg aan Jesus?

Die wiele rol al amper! Baie dankie aan elke skenking wat ons reeds ontvang het! Ons is oorweldig deur almal se bydraes. Sonder hierdie bydraes sou dié groot projek net ’n droom kon bly. Die fondsinsameling om vir Delta Cross Minis-tries ’n meer betroubare voertuig te koop, het al wonderbaarlik gevorder. Ons benodig nog net R6 000 voor ons die voertuig kan aankoop. As daar net 12 persone elkeen R500 kan skenk, gaan ons die teiken bereik. Julle is welkom om die uitdaging na julle vriende en familie buite ons gemeente aan te stuur. Ons is nou in die pylvak, die wenstreep is al in sig!

Vir navrae, kontak Rudolph Jooné 082 371 3901.

Bokse vol lifde – Ons harte loop oor! Nieuwoudtville Kerssangdiens

Baie dankie aan elke lidmaat wat met soveel entoesiasme bygedra het tot die Bokse vol liefde-projek. Julle het soveel harte in die Nieu-woudtville-gemeenskap aangeraak met hierdie gebaar van liefde. Ons is oorweldig deur almal se reaksie. Dankie dat ons op julle kan staat-maak. Dankie dat julle vir ander tot seën is. Dankie dat julle deel is van ons opdrag om uit te gaan en uit te reik na ander, ook buite ons onmiddellike omgewing.

Kerkkantoortye – Desember-Januarie Die kerkkantoor sal Woensdag 24 Desember om 13:00 sluit en weer Maandag 5 Januarie 2015 oopmaak.

Sendelingnuus by www.ngkathu.co.za Vir nuus oor ons sendelinge in Zambië, be-soek ons webwerf!

As jy hierdie vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, moet jy nie bekommerd wees nie. Ons het drie besonderse aanbiddingsgeleenthede in Desember: 21 Desember 2014 – Kersliedere by Kerslig om

19:00. Bring gerus jou eie stoel, kombers, kers en piekniekmandjie en kom kuier saam met ons buite op die gras. 25 Desember 2014 – Kersdiens om 08:00. 31 Desember 2014 – Middernagdiens om

23:30.

Page 4: NG GEMEENTE KATHUngkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/Afk-7-Desember-2014_.pdf · 1. Johannes was nie sélf die goeie nuus nie, maar hy vertel ons die goeie nuus van Jesus wat

Gebedsbediening: Ons saambidgeleenthede voor die erediens 08:15 in lokaal no 2, sluit vandag af tot verdere kennis-gewing in Januarie 2015. Kom ons bid asseblief elke Maandagaand almal saam, tussen 20:00 tot 20:30, vir padveiligheid, padwoede, en roekeloosheid in ons dorp en op al ons paaie. Volhard asb hiermee tot die einde Januarie 2015.

Gebedslys

Ons bid:

Manskoene en seunsklere benodig Barmhartigheid benodig asb hoërskool-seunsklere.

Vir versoening tussen ouers en kinders, en tussen egpare. Ons bid dat God herstel, genesing en vergifnis sal bring.

Vir beskerming teen vervolging van Chris-tus-gelowiges regoor die wêreld.

Vir ons jeug: dat waar hulle ook al vakansie hou, hulle nie buitensporig plesierig en roekeloos sal wees nie.

Vir die buitengewone ringsitting vandag 7 Des in Kuruman.

Heb 13:15 Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat Sy naam bely.

Wil jy ’n kosbare preek met iemand deel?

Al die preke word Sondae opgeneem. As jy belangstel om ’n spesifieke preek te bestel, kontak gerus die kerkkantoor.

Vir al ons lidmate wat aansterk ná ’n siekbed of operasie.

Vir baba Liam, Marietjie Cornelissen se sus-terskind, wat aansterk ná komplikasies by geboorte.

Vir Jannie Claassens. Hy is gediagnoseer met asbestose en verduur baie pyn.

Vir Mariné Pretorius, dogtertjie van Werner en Jolice, sy het probleme met haar oortjies, maag en koors. Spesialis-afspraak 17 Des.

16 Dae van Gebed teen geweld in die gesin. 25 Nov – 10 Desember. Bid vir Godgegewe

wysheid om konflik te hanteer.

Boekrak met Bybelstudiemateriaal

Het jy ’n boekrak wat in jou pad staan en stof vergader? Skenk dit asb vir die kleingroepbe-diening. Ons kan dit nuttig gebruik. Het jy Bybelstudiemateriaal (boeke of DVD’s) wat jy graag vir die kleingroep-boekrak wil skenk? Enige Christelike materiaal is baie welkom! Bring dit asb. na die kerkkantoor of kontak vir Susan Schoeman by 073 231 3330. Ons wil kleingroepe aanmoedig om van hier-die boekrak en diens gebruik te maak, sodat almal Bybelstudiemateriaal kan uitruil.

Aansoeke vir die gedenkmuur is oop! Ligging van die gedenkmuur op die terrein: Op die grasperk wat grens aan Mopanilaan. Verskillende fases na gelang van die behoeftes Verkoop van nissies: R2 100 per nissie (ENKEL – graniet ingesluit) Daar sal 32 nissies beskikbaar wees R2 700 per nissie (DUBBEL – graniet ingesluit) Daar sal 70 nissies beskikbaar wees Doen bespreking gekoppel aan nommers. Vir enige navrae of besprekings, kontak die kerkkantoor by 053 723 1071. Bespreking geskied sodra volle bedrag betaal is. Volledige dokumente is ook beskikbaar by www.ngkathu.co.za Let wel: Daar is tans 8 nissies verkoop, sodra ons nog 7 nissies verkoop het, sal die bouwerk begin.