New Life September Bulletin

16
1 09/2015 Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS. Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible. Artist: Kiera Bowker (age 8) Giant painting spring flowers

description

New Life AFM Montagu aims to bring people to Jesus by any means. The monthly bulletin serves to keep our friends informed about what's happening in our ministries and community.

Transcript of New Life September Bulletin

Page 1: New Life September Bulletin

1

09/2015

Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS.

Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier!

Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

Artist: Kiera Bowker (age 8) Giant painting spring flowers

Page 2: New Life September Bulletin

2

BIRTHDAYS & ANNIVERSARIES* IN SEPTEMBER &

OCTOBER

September

5 Brian Arendse 8 Thea van Nooi 11 Kootjie Laubscher

12 Susan Retief 17 Philip Fouché 17 Cornis Fouché

18 Corlia v Rooyen 19 Ron McCabe 20 Makkie van As

24 Allan McKay 24 Francois Bosman 26 Riana Strydom

27 Babs Conradie 27 Sanne du Plessis 27 Jean du Toit

28 Lynette Vorster 29 Armand du Toit 30 Anton Strydom

3 Julian & Hennah

Flesch

18 Francois & Maraleze

Bosman

24 Johan & Thea Van

Nooi

28 Louwtjie & Janine

Strauss

26 Stephan & Jean-Marie

vd Walt

October

4 Johann Wolmarans 6 Nienke Strauss (11) 9 José Greffrath

10 Anton Boyder (6) 10 Nadia Burger 11 Hannah Tompson

(11)

12 Cobus Uys 13 Estelle Marx 15 Marina Negus

17 Isabel Zacherlasse 24 Gavin Anger 24 Janine Strauss

25 Johan Stemmet 26 Callum Flesch (8) 29 Danté Beukes (8)

30 Jana Uys 31 Ambrose Booysen (14) 31 Dea Johnstone-

Robertson

3 Johan & Alta Stemmet 15 Marina Negus 16 Allen & Zelda

Roscherr

Datum Dag Bediening Geleentheid

Sep 9 Sept Wo Transformasie Bid-Stap

26 Sept Sat Mannebediening Regmaakdag

Okt 5-9 Okt Ma-Vr Tieners & Kinders Jeugkamp

23-25 Okt Vr-So Vrouebediening Vrouekamp

Nov 1 Nov Son Transformasie Uithoeke vd Aarde Sondag

29 Nov Son aand Mannebediening Manneaand - Jaarafsluiting

Des

6 Des Son NL3 Qlub Kinderkerk Jaarafsluiting

25 Des Vry Spesiale Dienste Kersoggenddiens

31 Des Do Spesiale Dienste Oujaarsaanddiens

Page 3: New Life September Bulletin

3

UIT PASTOOR LOURENS SE HART: OM DIE WAARHEID TOE TE PAS

Want as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n

dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n

spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en

vergeet dadelik hoe hy gelyk het. (Jakobus 1:23-24)

Toe ek nog op skool was het een van my vriende `n

interessante hond gehad. Hierdie brakkie het self nie

geweet hoe hy lyk nie. Kom hy voor `n spieël dan begin

hy grom. Die hare staan orent op sy rug. Ek en my maat

moet keer, ander val die hond homself aan. In daardie

huis kon hulle geen lae spieëls hê nie.

God se Woord is ook soos `n spieël waarin `n mens `n beeld van jouself sien. Maar, as

jy die Woord nie toepas nie, is jy soos iemand wat vinnig wegstap en probeer vergeet

wat jy gesien het. Dan was die spieël vir jou van min nut. Ek en jy moet dus ernstig

wees om daagliks in die spieël te kyk, nie omdat dit noodwendig `n oulike spieël of `n

mooi weerkaatsing is nie.

Ons moet kyk vir dieselfde rede waarom

ons soggens in `n gewone spieël kyk. Jy

sien jou hare is deurmekaar. Jy sien dat

jou baard so `n bietjie ruig is. Jy sien dat

gister se maskara nie meer reg lyk nie.

Die spieël gee inligting. Dan neem jy die

inligting en maak werk van die saak.

Uiteindelik stap jy by die deur uit, en jy is

reg vir die dag.

Dit is hoe God se Woord vir ons moet

wees. Dit moet normatiewe gesag in

ons lewens hê. Ons moet die waarheid

wat ons sien gebruik, toepas en uitleef.

Groete

Lourens

Page 4: New Life September Bulletin

4

Bydrae deur Annie Naudé | [email protected]

By Nuweleweland is ons aan die woeker met ons heel eerste fondsinsameling. Ons wil baie graag vir ons kinders ‘n stel van hierdie spons vorms aankoop.

Die mammas van Nuweleweland werk saam om ‘n heerlike oggend vir ander mammas te reel. Ons gassprekers vir die oggend is Elsabé Mini en Nadia Naudé. Saam is dit hulle passie om vir ouers te leer hoe belangrik dit is om met hulle kinders te speel en tyd te spandeer. Daar sal koek en tee bedien word en met die dae wat so vlieg is dit ‘n goue geleentheid om by ‘n bietjie klets en kuier uit te kom. Kaartjies vir die oggend is beskikbaar by Annie in die Nuweleweland kantoor.

Page 5: New Life September Bulletin

5

GELUK Bydrae deur Susan Retief | [email protected]

Waarom beny ons gelukkige mense? Wat sou hulle geheim wees – 'waarom ontduik geluk my gedurig, hoekom kan ek nie ook geluk smaak nie?'

Jy kan! Inteendeel, dit is nie so moeilik soos wat ons dink nie; hierin lê die geheim – jy kan kies hoe en waaraan jy dink! Wanneer jy besef dat jou gedagtes, mond, gemoedstoestand en houding inmekaar geweef is; wanneer gedagtes in woorde verander en wat jy sê 'n emosionele uitwerking op jou gemoedstoestand en houding het, het jy 'n deurbraak gemaak en kan jy jou uitkyk verander!

Dit is onmoontlik om 'n positiewe lewe te hê met 'n negatiewe uitkyk!

Spreuke 23:7 sê immers – 'Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;'

Om die lewe te kan geniet moet jy begin met 'n positiewe gedagtekeuse. Dit is regtig so eenvoudig. Ongeag wat huidiglik in jou lewe aangaan, wanneer jy kies om gelukkig te wees, gedagtes van hoop koester, baseer op God se Woord, omvou God se liefde ons en vul ons met vreugde en vrede. Alhoewel ons nie altyd beheer het oor alle onsmaaklike en hartseer omstandighede in ons lewens nie, het ons wel beheer oor hoe ons dit kan benader. Ons gedagtes is gekoppel aan ons gemoedstoestand, só as ons beter wil voel, moet ons beter dink.....

Romeine 12:2 'En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.'

God het vir elkeen van ons 'n wonderlike en perfekte plan. Om meegesleur te word deur wêreldse denke verdoof ons God se stem en vernuwe nie ons gedagtes om meer soos God te dink nie.

Wees eerlik met jouself – waarop is jou fokus nou en hoe beïnvloed dit jou geestelike- en emosionele lewe? Sien jy 'n definitiewe konneksie? Wat bring negatiewe, kritiese en suur gedagtes anders as hartseer en depressie, verwarring en 'n vashouplek vir die duiwel! Maar wanneer ons God se plan vir ons lewe volg, volhard in gebed, bring dit vreugde en geluk in ons lewens, moed en determinasie deur die werking van die Heilige Gees.

Om 'n staproete te volg, begin met die eerste tree. Dit maak nie saak hoe vermoeiend en uitgerek die roete vir jou voel nie, wanneer jy genoeg treë in die regte rigting gee, sal jy uiteindelik jou bestemming bereik ….

Laat Spreuke 23:7 'n impak op jou lewe hê!

Page 6: New Life September Bulletin

6

MEET OUR TECHNICAL TEAM

Our technical team ensures that the sound, visuals and lots more are working at every service.

Thank you for all your effort behind the scenes!

Front: Melissa Rottcher, Stephan van der Walt

Back: Emile Verreynne, Jaco Bruwer

Page 7: New Life September Bulletin

7

INSPIRATIONAL PEOPLE – DASHRATH MANJHI December 24, 2013 in Inspirational People

Dashrath Manjhi was, in many ways, a very unassuming man.

A poor labourer from the Bihar region of India, tragedy struck when his wife died due to a lack of medical treatment. Between his town and the nearest doctor was a mountain that made the trip 70 kilometres long and she was unable to receive necessary treatment for an accident before succumbing to her injuries.

Broken-hearted, but determined not to allow others from his village to suffer the same fate, Dashrath spent the next 22 years of his life on a single-minded purpose.

Armed with a hammer, chisel, shovel and wheelbarrow, he worked day and night to single-handedly carve a 360 foot road through the mountain that could be accessed by bicycle and motorbike, dramatically increasing access to schools, markets and medical facilities for his village and 60 others.

What an extraordinary achievement!

I’m inspired by Dashrath because he reminds me that one person can make a difference.

I don’t know what your mountain is, but if you have the faith, the passion, the focus and are willing to roll up your sleeves, you

too can do remarkable things that make a difference in the world around you.

Dashrath himself said, “What I did is there for everyone to see. When God is with you, nothing can stop you.”

And in Matthew 17:20, Jesus says, “Truly I tell you, if you have faith as small as a mustard seed, you can say to this mountain, ‘Move from here to there,’ and it will move.”

So let me ask you, do you have the faith to move mountains, or at least carve a big road through one?

Page 8: New Life September Bulletin

8

MUSIEKBEDIENING Bydrae deur Annie Naudé |[email protected]

Dit is ons weeklikse voorreg om voor die gemeente te kan staan en nie net onsself te kan uitleef deur musiek nie, maar ook toeskouers te kan wees van hoe die gemeente vreugde ervaar wanneer hulle die Here se naam grootmaak. Dankie dat u vir ons as ‘band’ so seën deur saam met ons die Koning van die konings se naam groot te maak.

Is dit nie fantasties dat ons as komplekse mense saam kan kom en met soveel harmonie lofsange aan ons Vader kan bring nie. Met harmonie verwys ek nie net na die klankgolwe wat van ons instrumente en stemme af kom nie, maar ook na die liefde, eer en aanbidding wat vanaf ons harte in die mooiste offer opvaar na God toe.

Dawid het so gebid:

“Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor U aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!” – Psalm 19:14

Ek bid elke week ook so. Die akkuraatheid van die note wat ons sing is nie naastenby so belangrik soos die gesindheid waarmee hulle gesing word nie. Die woorde van dankbaarheid wat uit ons harte vloei laat enige vals noot verander in die mooiste melodie in die ore van God.

Toe die Here vir Samuel gestuur het om vir Dawid as koning te salf het hy vir hom hierdie instruksies gegee:

“Kyk nie na sy voorkoms nie… want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.” – 1 Samuel 16:7

Kom ons hou aan om ons geestelike oë op die Here te rig en te sing van al Sy wonderlike eienskappe. Hy sien ons harte en ons wil Syne ken.

Page 9: New Life September Bulletin

9

GET INVOLVED! Contribution by Helen Gooderson | [email protected]

RAD Foundation, a local NPO, is a member of LSAAG (Langeberg Substance Abuse Awareness group). They have joined the R.A.E.L (Recovering Addicts/Alcoholics Empowering Lives) in spreading the word AGAINST SUBSTANCE ABUSE by supporting the ORANGE FRIDAY WAVE.

This is an initiative which strives : TO EDUCATE AND CREATE AWARENESS OF

HOW SUBSTANCE ABUSE IS KILLING A GENERATION - WE NEED TO STAND TOGETHER WITHOUT FEAR OR FAVOUR!

For more information on how to become involved in ANY way – please contact Helen Gooderson: [email protected].

Join the Facebook page to receive information and updates - https://www.facebook.com/RAELorangefriday?sk=info&app_data&tab=page_info

Page 10: New Life September Bulletin

10

ONS LAND MOET TERUGKEER NA GOD! Bydrae deur Daleen Marais | [email protected]

Vir ‘n tyd lank, sonder dat ek daarvoor soek, kry ek gereeld skrif uit die Woord met dieselfde boodskap. Een oggend terwyl ek en Johan oppad is Worcester toe, gesels ons so en bevestig hy net weer my tema vir die maand. Hy sê: “Daar is soveel boeke geskryf wat mense vertel oor wat moet, wat moenie, hoe moet jy leef, hoe moet jy nie leef nie, terwyl die wonderlikste boek met die meeste waarhede en die beste leiding voor die handliggend is. Mense moet nie net die Bybel opneem en dit lees nie, maar wat jy lees moet toegepas word.”

Dit is waarby ek wil uitkom : Ons het God se Woord nodig, wat hierdie deurmekaar volk leiding wil gee, wat

opdrag gee dat ons moet terugkeer na God.

Die volgende skrifgedeeltes wil ek met julle deel :

Deuteronomium 28. Let veral op Deut. 28:9 – As jy die opdragte van die Here jou God gehoorsaam en doen wat Hy wil, sal die Here jou sy heilige volk maak soos Hy beloof het Hy sal doen. In hierdie eerste deel van Deut. 28 kry ons die opdrag om gehoorsaam te wees en dit sal lei na ‘n belofte van seën, maar vanaf vers 15 sê die Here dat vloeke ons sal oorweldig as ons ongehoorsaam bly. Hier is dus ‘n keuse. Die koste van die lewe is volkome oorgawe aan Jesus Christus en as volk Hom te gehoorsaam vir seën in hierdie land

Lees Jeremia 6:27-30 – Oordeel van die Here sal oor sy volk kom as Hy die mense van die land toets en hulle is hardkoppig, korrup en loop oral en kwaadpraat, hulle onreg kan nie gesuiwer word nie. Die Here sal hulle weggooi omdat hulle ongehoorsaam bly, maar dan in Jer. 7:1-17 gee die Here sy volk nog ‘n kans en sê Hy dat as ons na Hom moet luister. God sal genadig wees as ons ophou om verkeerde dinge te doen. Ons moet regverdig optree teenoor alle mense. Hou op om vreemdelinge, weduwees en weeskinders uit te buit, om onskuldige mense te vermoor en ander gode te dien; dan sal Hy toelaat dat ons in die land bly wat Hy lank gelede aan ons voorvaders gegee het.

Jesaja 51:4, sê die Here : Luister na My, my volk. Hoor mooi Israel, want my onderrig sal van My af uitgaan, my oordeel sal ‘n lig wees vir die volke. My redding kom gou, my verlossing is oppad. Jes. 51 hou die wonderlikste belofte in vir God se volk as ons na Hom luister. Indien ons gehoorsaam is aan Hom, ons vol vreugde en blydskap sal wees en hartseer en smart sal verdwyn.

Psalm 92 is vol belofte van die Here se trou dat Hy vir ewig bestaan en dat ons kan juig oor sy handewerk. In vers 7 en 8 verwys die Psalm na die onkundige, die dwaas, die goddeloses wat floreer, die boosdoeners wat woeker met sukses, dat hulle vir goed vernietig sal word. Die Here se regverdigheid is vir ons ‘n rots.

Page 11: New Life September Bulletin

11

Lees Klaagliedere 5. Die vraag word daar gestel : Is dit dan vir altyd? Hoe lank sal dit sleg gaan met die volk? Dan gee God die gerusstelling in Numeri 6:24 – Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou liefde gee. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee. Dis ‘n hoë priesterlike seën wat van God kom. * God se seën maak ryk en heilig en dis die beste seën. * God wil, Hy kan en Hy sal ons ryklik seën.

Kom ons lees nie net God se Woord nie, maar ons doen wat Hy van ons in Sy Woord vra. Kom ons begin by onsself, in ons gesinne, in ons kerk, in ons dorp sodat dit uiteindelik sal uitkring na die res van die land. Ons land moet terugkeer na God en besef waar ons heil vandaan kom. Sonder God sal ons nie Sy vrede, vreugde en seën ervaar nie.

BIBLE VERSES THAT WILL MAKE YOU THINK Isaiah 49:16 “Behold, I have engraved you on the palms of my hands; your walls are continually before me.”

Sometimes when I’m out of paper, I write a phone number, name, or jot down a note on the palm of my hand but it quickly disappears but here is the God of the Universe saying that your name has been engraved on the palms of His hands and not just one of His hands…but on both of them. The word “engraved” is from the Hebrew word “chaqaq” and means “to cut out” and it resembles that of the very finger of God engraving the Ten Commandments on tables or slates of stone. Engraving is permanent. It cannot be erased and what God engraves stays engraved. God never writes something down only to pull out an eraser. Also, your walls are continually before God meaning that wherever you dwell, you are constantly in view of God. What a tender verse this is and it should really make you think.

http://www.whatchristianswanttoknow.com

Page 12: New Life September Bulletin

12

KINDERBEDIENING Bydrae deur Thys Verreynne [email protected]

Met die warmer weer tel die bywoning van ons kinders by die Kinderkerk weer mooi op en is ons opgewonde oor elke kind wat daar is. Ons sing lekker saam en is dit met groot vreugde wat daar gesing word vir die Here. As bedienaars is dit tot groot vreugde om waar te neem hoe die groei in ons kinders plaasvind.

Die kamp is op almal se lippe en is almal opgewonde om te kan gaan. Ons moedig elke kind aan om te gaan, want dit gaan DIE KAMP wees om by te woon.

Kom loer in by die Kinderkerk en kom kyk hoe kindervriendelik word dit gemaak met die kinders se eie kunswerke en lekker warm kleurvolle matte wat sorg vir ‘n heerlike warm gevoel. Elke kind het sy eie boekie om sy eie notas te maak, om in te kleur en sommer net om te geniet.

Ons is tans besig met die Wapenrusting van God en leer ons hoe om staande te bly in die stryd wat wat ons tans veg. Ons het ook selfs geleer hoe jy die Evangelie kan bring sonder ‘n Bybel by jou deur sekere kleure te gebruik. Die woordlose boekie is met hulle behandel en het die kinders geleer om die Woord te kan bring op enige manier, selfs met kleure!

Ons nooi alle kinders om betrokke te raak by die Kinderkerk, want dit is die plek waar jy sal wil wees.

Page 13: New Life September Bulletin

13

TRANSFORMASIE & SENDINGNUUS Bydrae deur Tina Verreynne |[email protected]

Om ‘n geleentheid in ‘n gemeenskap raak te sien en om self ‘n verskil te maak, ‘n verandering te maak, moet ons onthou dat die eerste grondverhouding waarbinne ons staan, is ons verhouding tot God. Ons mense is geskep om God se Woord te kan hoor en daarop te kan antwoord. Die tweede grondverhouding wat in die mens geskep is, is sy verhouding tot sy naaste en sy medemens. Mense het mekaar nodig en moet ons mekaar met liefde dien. Sien geleenthede raak en raak betrokke. Doen self iets en moenie wag dat ander dit moet laat gebeur nie. Bid vir wysheid en gee die eerste tree in gehoorsaamheid om te doen wat jy weet jy moet doen. Die beloning van gehoorsaamheid is altyd die moeitewerd en so verreikend.

Woensdag 9 September bid ons weer vir ons dorp en omgewing. Sluit om 18:30 by ons aan vir 'n bid-stap vanaf die kerkgebou in

Joubert Straat.

We will be praying for our town and community on Wednesdag 9 September @ 18:30. Please join us for the Prayer Walk - leaving

from the New Life AFM Church in Joubert Street.

Page 14: New Life September Bulletin

14

Bydrae deur Tina & Annamarie

Tel: 023 100 0049

Dit is met soveel vreugde dat ek elke middag die kerk se deure kan oopsluit en alles kan regkry vir die kinders om te kom leer. Ons spog met ‘n deurklokkie wat elke kind tog so graag wil lui! Die veiligheid van ons kinders is vir ons belangrik, want elke kind is kosbaar.

Oom Ollie en tannie Jo is nie meer betrokke by die nasorg nie. Hulle wil graag uitkom by dit waarvoor die Here hulle geroep het. Ons is baie dankbaar vir hulle hulp om die nasorg op die been te kon bring. Hulle het belowe om so van tyd tot tyd by ons kom kuier. Ons wens hulle sterkte toe vir al hul planne. Mag hulle God se groot genade en liefde net meer ervaar. Onthou ons is lief vir julle!

Annamarie Boyder help nou elke middag vir Tina en is tot groot hulp, veral met die Graad R en Graad 1. Ons is tans 13 kinders en ons weet dat die nasorg ‘n groot bydrae lewer en ‘n noodsaaklike diens is in ons gemeenskap. Die liefde vir elke kind en die

omgee vir elkeen maak verseker ‘n groot verskil in elke kind se lewe. Alle eer kom God toe wat ons daagliks lei om te doen wat ons moet doen.

Ons beplan om met ‘n vakansietoesigprogram te begin wat die werkende ouers baie sal help omdat die kinders deur die skool termyne na skool versorg word, maar wat nou tydens vakansies? Waarheen dan met die kinders? Dit sal voldag wees en die kinders sal versorg word en met lekker aktiwiteite bederf word.

Die kinders sien uit na die kamp van die jaar!!!

Kontak Tina vir meer besonderhede.

Page 15: New Life September Bulletin

15

Page 16: New Life September Bulletin

16

Morning service Oggenddiens

Sunday 08:30 – 09:30 (English service) Sondae 10:00 – 11:15

Communion Nagmaal

1st Sunday of the month 1ste Sondag van die maand

Woordskool / Prayer service

Sondae / Sunday 18:30 – 19:30

Creche Gedurende oggenddienste / During morning services

Kinderkerk / NL3Q Gedurende oggenddienste / During morning services

Men @ 6 Vrydae 6:00 – 7:00 in die kerksaal

Dames biduur Dinsdae 9:30 – 10:30 in die kerksaal

Ps Lourens du Plessis 023 614 2260 [email protected]

KONTAK ONS / CONTACT US Abigails Wendy Strydom 084 501 7377 [email protected]

Admin Petru Groenewald 0733705416 [email protected]

Ouderlinge / Elders Johan Stemmet 082 572 3855 [email protected]

Gebedsaksie / Prayer action Hannes van Rooyen

084 517 1226

Jeug / Youth Richard Thomson 083 990 1910 [email protected]

Kinderkerk / NL3Q Thys Verreynne 082 867 9086 [email protected]

Kommunikasie Zelda Roscherr 082 469 0094 [email protected]

Manne / Men Cobus Uys 082 789 5079 [email protected]

Leadership Development Dave Smith 0829907955 [email protected]

Musiekspan / Worship team Annie Naudé 079 877 3929 [email protected]

NuweLeweLand Akademie Annie Naudé 023 100 0049 [email protected]

Nuwe Lewe Studente Sentrum Tina Verreynne 023 100 0049 / 076 287 4415 [email protected]

Sondag / Sunday Creche Alet Stemmet 079 346 1086 [email protected]

Tegnies / Technical Stephan van der Walt

079 311 9971

Terrein & Geboue / Maintenance Frans White 073 318 1626 [email protected]

Transformasie / Transformation Tina Verreynne 076 287 4415 [email protected]

Vroue / Women Elsa van Heerden 083 641 5826 [email protected] Bankrekening besonderhede:

AGS Nuwe Lewe Sentrum | ABSA Bank Branch 632005 Rek Nommer / Acc number: 1050140225

Volg ons op “www.facebook.com/NLMontagu” of soek “Nuwe Lewe Montagu” www.nlmontagu.org