NEURALE STRUKTURE

20
NEURALE STRUKTURE

description

NEURALE STRUKTURE. Uitkomste. Moet vertroud wees met die anatomie en funksie van die neurale strukture . Moet vertroud wees met die doel van die neuraal dinamiese toetse . Moet vertroud wees met die neuraal dinamiese evaluerings toetse - PowerPoint PPT Presentation

Transcript of NEURALE STRUKTURE

Page 1: NEURALE STRUKTURE

NEURALE STRUKTURE

Page 2: NEURALE STRUKTURE

Uitkomste Moet vertroud wees met die anatomie en funksie

van die neurale strukture. Moet vertroud wees met die doel van die neuraal dinamiese toetse. Moet vertroud wees met die neuraal dinamiese evaluerings toetse Moet vertroud wees met die kliniese beeld van ‘n pasiënt met neurale simptome. Moet vertroud wees met die algemene beginsels van behandeling van neurale simptome. Moet vertroud wees met die kontra-indikasies van neurale mobilisasies.

Page 3: NEURALE STRUKTURE

Inleiding Neurale pyn sensitiewe strukture moet altyd in gedagte gehou word

Veral by pasiënte wat onderworpe was aan trauma

Dit is moontlik dat die inflammatoriese proses ook die senuweewortel en senuwee- wortelskede kan affekteer

Page 4: NEURALE STRUKTURE

Inleiding Dit lei tot abnormaliteite in terme van mobiliteit

Meningeale senuweewortel skede het ‘n goed ontwikkelde pynreseptor sisteem wat verantwoordelik is vir vreemde pyndistribusie

Adhesies kom algemeen voor a.g.v. swak limfvatiese dreinering in die area

Page 5: NEURALE STRUKTURE

Inleiding Senuweewortel wat ‘n voorsetting is van dura mater kan ook verantwoordelik wees vir simptome in ‘n ander area – kontinuïteit van sisteem

Algemene oorsaak is verminderde mobiliteit van die neurale strukture

Page 6: NEURALE STRUKTURE

Inleiding Tydens normale fleksie en ekstensie bewegings, beweeg die spinaalkoord ongeveer 7 – 10 cm en moet neurale strukture rondom ook goeie mobiliteit hê

Meganiese stimulasie van nie-beseerde senuwee is pynvry, maar oormatige verlenging of druk stimuleer die nervi nervorum wat aaleiding gee tot pynrespons en isgemie

Isgemie lei tot naalde en spelde, pyn en spier response

Page 7: NEURALE STRUKTURE

Kliniese beeld Rare patrone van verwysde pyn

Strepe van pyn

Pyn op die spanningspunte

Blok van pyn om ‘n gewrig

Gevoel van brand of swelling

Simptome kom voor na inneem van sekere posisies of aktiwiteite wat strekking veroorsaak

Page 8: NEURALE STRUKTURE

Doel ‘n Neurodinamiese toets evalueer/toets die pyn sensitiwiteit/provokasie van die mechano-sensitiewe neurale strukture en die reaksie van die beskermende spiere om te verleng om die neurale weefsel

Page 9: NEURALE STRUKTURE

Evalueringstegnieke

Passiewe nek fleksie (PNF) Reguit been optel (RBO) Mid-lumbale saktoets Saktoets Upper limb tension test (ULTT)

Page 10: NEURALE STRUKTURE

Algemene beginsels

Verduidelik aan pasiënt wat jy gaan doen en wat hulle moet doen

Voer een komponent van die toets op ‘n slag uit

Beoordeel beperkinge in die bewegings (begin van weerstand, pyn of enige ander simptome)

Let op na kwaliteit van beweging

Page 11: NEURALE STRUKTURE

Algemene beginsels

Hou altyd prikkelbaarheid in gedagte

Wees konsekwent met aanvangsposisie (bv kussing)

Let op na pyn respons (area en aard)

Moet nie noodwendig pyn uitlok nie

Hou dop en korrigeer postuur en kulbewegings

Page 12: NEURALE STRUKTURE

Algemene beginsels

Toets vir simmetrie – vergelyk beide kante met mekaar

Sensitiserende en desensitiserende komponente kan bygevoeg word

Hanteer korrek of moet nie die moeite aangaan nie

Page 13: NEURALE STRUKTURE

Positiewe toets Positiewe toets word gesien indien:

die pasiënt se simptome uitgelok kan word

herprodusering van pyn

meer spierreaksie as aan die teenoorgestelde kant

indien daar enige beperking in die mobiliteit is

indien dit anders is van die normale

Page 14: NEURALE STRUKTURE

Behandeling Beide nie-neurale en neurale strukture moet behandel word

Sagteweefsel moet voorberei word voordat neurale mobilisasies uitgevoer word

Mobiliseer dus altyd eers gewrig, sagteweefsel en dan neurale strukture

Hou altyd tekens en simptome ten opsigte van prikkelbaarheid en intensiteit dop

Page 15: NEURALE STRUKTURE

Behandeling Begin altyd distaal mobiliseer bv DF

Gr II kort van pyn en weerstand, stadig

Dowwe, konstante pyn moet vermy word tydens behandeling

Gewrig of spier moet in midomvang wees aangesien die skeidingsvlak meer oop is

Page 16: NEURALE STRUKTURE

Behandeling Werk in 20 sek of 20 bewegings en vermeerder die behandeling elke keer met 20

Her-evalueer altyd tekens en simptome

Neurologiese evaluering is belangrik

Tuisoefeninge kan gegee word na die tweede dag van behandeling

Neurale strukture moet nie opstrek laat rus word nie

Page 17: NEURALE STRUKTURE

Behandeling Minder beweging en waarskynlik meer littekenweefsel

Naalde en spelde mag ervaar word tydens behandeling – moet dadelik na behandeling verdwyn

Plaas senuwee op strek en voeg dan komponente by

Deur omvang van beweging Graad III en IV

Alle komponente moet evalueer word

Page 18: NEURALE STRUKTURE

Behandeling Behandel naby oorsprong van simptome

Kan ook AP op radius doen terwyl arm in ULTT geplaas is

Kry volle strek voordat sterk tegnieke uitgevoer word bv RBO met rotasie

Maak ten alle tye seker dat gewrigte sterk neurale mobilisasie tegnieke kan hanteer

Goeie reaksie op behandeling, maar kan maklik opgeflikker word – wees dus baie versigtig!

Page 19: NEURALE STRUKTURE

Kontra-indikasies Akute senuweeworteldruk

Verergering van neurologiese beeld

Siektetoestande wat die neurale strukture affekteer bv diabetes

Koord en cauda equina tekens

Maligniteite

Akute inflammasie

Page 20: NEURALE STRUKTURE

Kontra-indikasies Saktoets moet nie uitgevoer word tydens ‘n moontlike diskus herniasie of onstabiliteit nie

Wees versigtig by prikkelbare toestande

Toets altyd neurologiese tekens voor en na mobilisasie van neurale strukture

Vasgekleefde spinaal koord