NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9...

20
Kopiereg voorbehou PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 1 antwoordblad. LANDBOUWETENSKAPPE V1 VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcript of NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9...

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Kopiereg voorbehou

PUNTE: 150 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 1 antwoordblad.

LANDBOUWETENSKAPPE V1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 2 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae.

2. Beantwoord AFDELING A (VRAAG 1) op die aangehegte

ANTWOORDBLAD.

3. Plaas jou ANTWOORDBLAD vir AFDELING A (VRAAG 1) binne-in die ANTWOORDEBOEK.

4. AFDELING B (VRAAG 2, 3 en 4) moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word.

5. Begin elke vraag van AFDELING B op 'n NUWE bladsy.

6. Lees AL die vrae aandagtig deur en maak seker dat jy beantwoord wat gevra word.

7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

8. MOENIE die antwoorde van vrae OPBREEK NIE.

9. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 3 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae

gegee. Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

1.1.1 Die ondergrond wat baie nat is vir 'n deel van die jaar ontwikkel

gewoonlik 'n … kleur.

A geel B donker C gevlekte D rooi 1.1.2 Kleikolloïede het 'n aantal negatiewe ladings wat aan hulle die

vermoë verskaf om katione te adsorbeer. Watter van die volgende situasies het die hoogste katioonadsorpsievermoë?

A Kleideeltjies met 'n 1:1 gelaagde struktuur B Kleideeltjies met 'n groot interne oppervlakarea C Kleideeltjies met sterk bindingskragte tussen die lagies D Kleideeltjies wat vanaf die kaolinietkleiminerale ontwikkel

het

1.1.3 Watter EEN van die volgende is NIE 'n eienskap van sandgrond

NIE?

A Moeilik om te bewerk B Lae waterhouvermoë C Gebrekkig aan plantvoedingstowwe D Gewoonlik suur onder hoë reënvaltoestande 1.1.4 Die hoeveelheid kapillêre water in die grond is van die …

afhanklik.

A grondkleur B grondtemperatuur C grondreaksie D kohesiekragte 1.1.5 Aalwurms wat parasieties op plante teer, word ook … genoem. A slakke B myte C nematodes D arthropode

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 4 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.6 Papajas is plante met eenslagtige blomme. In 'n papajaplantasie

het 'n boer weens onkundigheid al die manlike plante afgesny en slegs die vroulike plante gelos om te groei en volwassenheid te bereik. Hierdie aksie sal tot gevolg hê dat … ontstaan.

A selfbestuiwing B afspening C vroeë vrugvorming D voortydige rypwording van vrugte 1.1.7 'n Belangrike voorvereiste vir die registrasie van 'n

plaagbeheermiddel is die …

A afbreekbaarheid van hierdie natuurlike bestanddele. B hoër toksisiteitsvlakke vir effektiewe beheer. C langer toksisiteitsperiodes vir effektiewe beheer. D aanwendbaarheid van die plaagmiddels. 1.1.8 Alhoewel irisse en gemmer wel blomme vorm, word hulle

voortgeplant deur van 'n … gebruik te maak.

A blaar B bol C saad D risoom of wortelstok 1.1.9 Die diagram hieronder stel 'n struktuur voor wat gebruik word in

beheerde landbouproduksiestelsels. Die hoofdoel met die gebruik van so 'n struktuur is om die … -proses in plante te verbeter (optimaliseer).

A geotropisme B fotosintese C transpirasie D gutasie

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 5 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.10 … is 'n tipe boerderystelsel waar lewende organismes in water

versorg word.

A Hidrologie B Permakultuur C Akwakultuur D Hortokultuur (10 x 2) (20) 1.2 In die tabel hieronder word 'n stelling en twee moontlike antwoorde verskaf.

Besluit of die stelling in KOLOM B verband hou met EEN, BEIDE, of GEEN van die antwoorde in KOLOM A. Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A – D) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

Voorbeeld: KOLOM A KOLOM B A Okulering B Enting

geslagtelike voortplanting

Antwoord: Die stelling verwys na: SLEGS A SLEGS B A EN B GEEN A B C D

KOLOM A KOLOM B

A Vars en gedeeltelik ontbinde organiese materiaal

1.2.1

B Akumulasie van klei, Aℓ2O3 en Fe2O3

ondergrond

A 'Sweepstert' by blomkool 1.2.2 B 'Pieringblaar' in wingerd

kom voor weens 'n molibdeentekort in plante

A Ureum 1.2.3 B (NH4)2SO4

bemestingstof gebruik tydens die voorbereiding van lande om grond met 'n lae pH-waarde reg te stel

A Omskakeling van atmosferiese koolstofdioksied na plantkoolstof

1.2.4

B Omskakeling van diereproteïen na ammonium

NIE deel van die stikstofkringloop NIE

A Lande word vir 'n jaar braak gelaat

1.2.5

B 'n Peulgewas word meestal ingesluit

'n sisteem waar verskillende gewasse jaar na jaar opeenvolgens op 'n stuk grond verbou word

(5 x 2) (10)

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 6 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs

die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) op die aangehgte ANTWOORDBLAD neer. 1.3.1 Die komponent van grond wat die mees stabiliserende effek op

grondtemperatuur het

1.3.2 'n Bepaalde kombinasie en opeenvolging van diagnostiese

horisonte

1.3.3 Die proses of omskakeling van ligenergie na chemiese

potensiële energie

1.3.4 Die chemikalieë wat gebruik word om SLEGS die ongewenste

plante op 'n gesaaide land te dood

1.3.5 Die sisteem wat gebruik word om die oortollige water uit die

grond te verwyder in 'n land wat versuip is (5 x 2) (10)

1.4 Verander die onderstreepte woord(e) in die volgende om die stellings

WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

1.4.1 Permakultuur is die verbouing van plante in 'n medium anders as

grond deur die wortels van 'n volledige voedingstofoplossing te voorsien.

1.4.2 Min of meer eweredige verspreiding van kunsmis oor die

beplante area of die area waar geplant gaan word, word bandplasing genoem.

1.4.3 Passiewe ioonabsorpsie is die absorpsie van

plantvoedingstofelemente vanuit die grond teen die konsentrasiegradiënt.

1.4.4 Die vorming van donkerkleurige, amorfe, kolloïdale materiaal

vanaf organiese materiaal word nitrifikasie genoem.

1.4.5 Die komponent van grondlug wat die aktiewe element suurstof

verdun, is koolstofdioksied. (5 x 1) (5)

TOTAAL AFDELING A: 45

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 7 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. VRAAG 2 2.1 Voordat 'n komposgat gegrawe is, het 'n boer alle organiese oorblyfsels van

die grondoppervlak verwyder. Die boer het die gat gegrawe tot hy deur 'n deel van die onderliggende rots gesny het. Voordat die gat met organiese materiaal vir komposbereiding gevul is, het 'n grondkundige wat daar verbygekom het, opgemerk dat vier meesterhorisonte blootgelê is in hierdie grond met verskillende grade van afwyking vanaf die moedermateriaal.

2.1.1 In volgorde (van bo na onder), skryf die VIER meesterhorisonte neer

wat in die komposgat blootgelê is, wat die grondkundige se oog gevang het.

(4) 2.1.2 Lei af wat die samestelling van die organiese oorblyfsels is wat van

die oppervlakte verwyder is voordat daar begin is om die gat te grawe.

(2) 2.2 Dink aan versuipte grond waarin geen suurstof teenwoordig is nie. Stel EEN

gevolg voor wat hierdie toestand in die grond op die volgende prosesse kan hê:

2.2.1 Grondvorming (1) 2.2.2 Ontkieming (1) 2.2.3 Ontbinding van organiese materiaal (1) 2.2.4 Mikrobiese aktiwiteit (1) 2.3 Daar is twee hoof sferoïdale struktuurtipes, naamlik granulêr en

krummelstruktuur. Dui die EEN wat jy vir die verbouing van groente in julle skooltuin sou aanbeveel.

(1)

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 8 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4 Die tekening (eenvoudige kaart) hieronder stel 'n vallei in 'n deel van Suid-

Afrika voor. Rigtings word op hierdie kaart aangedui.

2.4.1 Dui die aspek (helling), A of B, aan waar die grond warmer sal wees. (1) 2.4.2 Verduidelik die rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (2) 2.5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. Biljoene ton suikers word jaarliks deur middel van fotosintese geproduseer

en tog vervaardig die ligreaksies in fotosintese nie regtig enige suiker nie. Al wat hier wel geproduseer word wat die vorming van suiker aanhelp, is ATP en NADPH. Vanaf hierdie punt gebruik die ensieme in die stroma, of spasie buite die tillakoïed, die ATP en NADPH om suiker te vervaardig. In die stroma word die gedeeltelik vervaardigde suikermolekules deur ensieme aangeskuif teen 'n ongelooflike spoed, hulle word geherrangskik, gelaai met energie afkomstig vanaf ATP, koolstofdioksied word bygevoeg, hegting van waterstof vind plaas en uiteindelik word 'n drie-koolstof-suiker weggestuur om êrens anders in die sel verder verander te word na glukose en 'n reeks ander variasies.

2.5.1 Noem die spesifieke ligging in die chloroplast waar die ligreaksies

plaasvind. (1)

2.5.2 Buiten ATP en NADPH, noem die gas wat tydens die ligreaksie

gevorm word. (1)

2.5.3 Skryf die naam neer wat gegee word aan die suikermolekule wat aan

die einde van fotosintese gevorm word. (1)

2.5.4 Dui EEN anorganiese verbinding aan wat dien as 'n reagens in die

proses van fotosintese. (1)

NOORD

WES

SUID

OOS

stroompie

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.6 Studies het gewys dat deur veen/turf (nat, suiwer organiese materiaal) met

kunsmisstowwe te meng, die retensie van nitrate in die grond verhoog.

2.6.1 Onderskei tussen loging en adsorpsie van plantvoedingstowwe. (4) 2.6.2 Verduidelik wat moontlik die retensie van nitraatione veroorsaak het. (2) 2.6.3 Skryf die chemiese naam van 'n beskikbare stikstofbron in die grond

neer wat minder aan loging blootgestel is. (1)

2.7 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die wetenskap wat GG-voedsel ondersteun, word biotegnologie genoem – die

gebruik van moderne genetika om plante, diere en mikro-organismes vir voedselproduksie te verbeter. Dit maak dit moontlik om gene oor te plaas tussen totaal onverwante organismes en kombinasies daar te stel wat nie moontlik sal wees met konvensionele metodes nie. Telers kan nou kwaliteite van ander organismes neem en dit in die genoom van 'n plant plaas – soos rypweerstandbiedendheid van 'n vis, siekteweerstand van virusse en insekte. Veronderstel dat boere nie wil hê dat hulle aartappels en appels bruin moet verkleur wanneer hulle gesny of gekneus word nie. Navorsers kom tot die redding deur die geen wat vir hierdie verkleuring verantwoordelik is, te verwyder en dit dan met veranderde weergawes wat die verbruiningproses keer, te vervang. Of laat ons aanneem dat 'n beetprodusent vroeër wil plant om 'n hoër opbrengs te verkry. Gewoonlik kan die boer nie so vroeg plant nie aangesien die beet in die koue weer sou vries. Biotegnologie tree in werking wanneer die gene van visse wat maklik in koue water oorleef, in die beet oorgeplant word. Die resultaat is dat GG-beet temperature so laag soos -6,5 °C kan weerstaan, meer as twee maal die laagste temperatuur wat beet normaalweg sou kon weerstaan.

[Aangepas uit: Awake! 22 April 2000]

2.7.1 Waarvoor staan die afkorting GG? (1) 2.7.2 Planttelers maak van biotegnologie gebruik om plante te verbeter. Gee

TWEE voorbeelde uit die uittreksel wat aandui hoe plante verbeter is deur hierdie tegniek te gebruik.

(2)

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 10 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.8 Die tabel hieronder wys die samestelling van 'n tipiese voedingstofoplossing vir

die kweek van tamaties in 'n grondlose medium.

KODE (A – J)

CHEMIESE STOF GRAM PER LITER WATER

A Kaliumnitraat 0,4 g/l B Kalsiumnitraat 0,3 g/l C Kaliumhipofosfaat 0,2 g/l D Magnesiumsulfaat 0,2 g/l E Ystersitraat 50 mg/l F Mangaansulfaat 5 mg/l G Sinksulfaat 0,5 mg/l H Kopersulfaat 0,1 mg/l I Boorsuur 1,0 mg/l J Natriummolibdaat 0,05 mg/l

2.8.1 Dui die kode aan van die chemiese stof met die hoogste konsentrasie en

noem TWEE makro-elemente wat in die chemiese stof voorkom. (3)

2.8.2 Watter mikro-element word deur die chemiese stof met kode J voorsien? (1) 2.8.3 Dui die kode van die chemiese stof, afgesien van stikstof, aan, wat deel

vorm van die chlorofilmolekuul. (1)

2.9 Marginale grond is nie geskik vir gewasproduksie oor die lang termyn nie,

aangesien dit oor 'n lae produktiwiteit beskik (lae gemiddelde opbrengste). 'n Belangrike beginsel in plaasbeplanning behels die verdeling van weidingskampe van bewerkbare grond. Baie gewasprodusente het sekere van hulle marginale lande uit gewasproduksie onttrek. Op hierdie lande het hulle aangeplante weidings gevestig.

Noem TWEE kriteria van grond wat sou bydra om te bepaal dat die land/grond as

marginaal geklassifiseer word. (2)

[35]

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 11 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. VRAAG 3

3.1

'n Groep leerders in Graad 12 is van apparaat voorsien om die fisiese ontleding van die grond op 'n sekere plaas te doen. Nadat die persentasies van die drie hoofgrondfraksies verkry is, moes hulle die tekstuurdiagram (hieronder aangedui) gebruik om die onderskeie tekstuurklasse van die grond te bepaal.

.

Die tabel hieronder wys 'n paar van die resultate wat hulle verkry het. GRONDMONSTER % SAND % SLIK % KLEI

A 55 25 20 B 95 3 2 C 30 20 50

3.1.1 Bepaal die tekstuurklas vir grondmonster B en bespreek krities VIER

praktiese maniere waarop 'n boer so 'n grond meer produktief kan maak. (5)

3.1.2 Watter van die grondmonsters in die bostaande tabel sou jy aanbeveel as

die geskikste vir bewerking? (1)

3.1.3 Dui die grondmonster (A, B of C) aan wat hierbo aangedui word met die

hoogste kapillariteit. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)

Die tekstuurdiagram wat in Suid-Afrika gebruik word

% Slik % Klei

% Sand

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 12 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.2 'n Voornemende koper moes tussen twee plotte, A en B, kies. Die eienskappe

van die gronde van hierdie plotte word in die tabel hieronder saamgevat.

PLOT KLEUR TEKSTUUR STRUKTUUR

A

Lig

Sandleem 50% enkelkorrel 35% krummel 15% blokagtig

B

Grys

Klei

50% kolomagtig 40% plaatagtig 10% enkelkorrel

3.2.1 Stel voor watter plot hierbo genoem, onderhewig is aan versuipte

toestande. (1)

3.2.2 Plaaslike boere gebruik gewoonlik ploeë wat deur osse getrek word om

hul grond te bewerk. Lei af watter en van die plotte hierbo die maklikste sal wees om te bewerk.

(1)

3.2.3 Aanhoudende grondbewerking sal tot lae produktiwiteit en gevolglik

armoede lei. Gee VIER redes waarom daar 'n afname in produksie op plot A sal wees weens aanhoudende roofbou (ongewenste grondbewerking).

(4)

3.3 Afgesien daarvan dat onkruid plae en siektes huisves, kompeteer hulle ook met

gewasse vir bronne soos voedingstowwe, water, lig en ruimte. Dit is daarom uiters belangrik om onkruidbeheer toe te pas om sodoende 'n hoë gewasopbrengs te verseker.

3.3.1 Noem TWEE hoof onkruidbeheermaatreëls. (2) 3.3.2 Identifiseer enige TWEE beginsels waarop geïntegreerde plaagbeheer

gebaseer word. (2)

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 13 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Geslagtelike voortplanting by plante behels die produksie van blomme en sade

wat uiteindelik vir vermeerdering aangewend word. Die diagram hieronder toon 'n lengtesnit deur die blom van 'n tweesaadlobbige plant. Beantwoord die vrae op die diagram gebaseer.

3.4.1 Skryf 'n gesamentlike term neer vir die dele A, B, C en D. (1) 3.4.2 Dui die letter aan wat na die spesifieke posisie verwys waar versmelting

van die manlike en vroulike gamete plaasvind. (1)

3.4.3 Gestel die meeldrade (andresium) van die bostaande plant word

heeltemal verwyder voor volwassenheid, maar bestuiwing en bevrugting vind wel plaas. Watter tipe bestuiwing sal plaasvind?

(1)

3.4.4 Beskryf die verskynsel van dubbele bevrugting in sulke blomme. (4) 3.5 Gebrekkige reënval, ontbossing, oorbewerking en vele ander faktore dra

wêreldwyd by tot 'n tekort aan water vir landboudoeleindes.

Noem DRIE effekte wat 'n tekort aan water op plantfisiologie en gewasproduksie

wêreldwyd sal hê. (3)

G

H A

B

C

D

E

F

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 14 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.6 Gevallestudie 'n Koshuisskool het boerderygrond van 180 hektaar. Ongeveer 120 hektaar van

die grond is gebruik om groente vir die mark te produseer. Amper 30 hektaar van die grond is moerasagtig en kan nie vir grondbewerking gebruik word nie. 'n Paar jaar gelede terug het die plaaslike gemeenskap met die skool onderhandel en die res van die grond (ongeveer 30 hektaar) met wattel- en gombome beplant. Die bome beset nou die meeste van die grond tot op die oewers van die stroom wat deur die skoolplaas vloei. Voordat die bome geplant is, was die grond bedek met grasveld wat deur beeste bewei is. Daar was ook baie wildsbokke en tarentale op die grasveld, maar nou het hulle uit die gebied verdwyn. Tradisionele genesers het gewoonlik die gebied besoek om 'medisyneplante' te versamel. Daarbenewens het talle mense ook die gebied besoek om dekgras te sny in die winter. Ongelukkig is die gras en 'medisyneplante' nou almal weg. Die stroompie wat deur die skoolplaas gevloei het, het ook nou opgedroog weens die wattel- en gomboomplantasie. Dit het die skool sonder enige waterbron vir die besproeiing van hulle groenteland gelaat. Alhoewel die wattel- en gombome sekere voordele vir die gemeenskap ingehou het, het dit ook 'n negatiewe impak op die vegetasie, waterbronne en wildslewe van die gebied gehad.

3.6.1 Stel 'n manier voor waarop die ondergrondse water bereik kan word en

dui aan hoe dit verskuif kan word om as 'n bron vir besproeiing by die groenteland te dien.

(2)

3.6.2 Watter plant genoem in die gevallestudie het geneeskundige waarde?

Noem die groep mense wat hierdie plante gebruik. (2)

3.6.3 Dui die plant in die gevallestudie aan wat gebruik is om skuiling aan die

inheemse mense te verskaf. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)

3.6.4 Noem EEN negatiewe effek wat die wattel- en gombome (indringerplante)

in die gevallestudie op die groenteland gehad het. (1) [35]

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 15 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy VRAAG 4

4.1 Ondersoeke op 'n plaas in jou area is deur 'n grondkundige gedoen. Die verslag hieronder is later saamgestel en aan die gemeenskapsleier beskikbaar gestel.

GRONDPROFIELVORM Lokaliteit Sisulu Park 135 Eienaar John Martins Grootte 98 hektaar Profielnommer 00187 Bogrond Vertiese A-horisont Ondergrond Sagte plintiese B-horisont Grondkleur Donker Grondtekstuur Blokagtig Organiese materiaalinhoud 1%

4.1.1 Noem die TWEE meesterhorisonte wat in die verslag genoem word. (2) 4.1.2 Alhoewel die grondkleur donker is, is die donker kleur nie te wyte aan die

organiese materiaalinhoud nie. Regverdig hierdie stelling deur na ander moontlike redes te verwys waarom die grond donker van kleur kan wees.

(2)

4.2 Ammonifikasie, denitrifikasie en nitrifikasie is stappe in die stikstofkringloop. Die

kringloop behels die omskakeling van stikstofverbindings, veral proteïene in die grond deur grondmikrobes.

Dui die eindproduk van ELK van die stadiums van die stikstofkringloop wat hierbo

genoem word, aan. (3)

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 16 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.3 Die twee hoofvorms van grond kolloïdale materiaal is humus en klei. Die silikaat-

kleiminerale word geklassifiseer as óf 'n 1:1 óf 'n 2:1 tipe kleimineraal, afhangend van die samestelling en volgorde van die silika tetraëdriese en aluminium oktaëdriese plate soos in die diagram hieronder aangedui word.

4.3.1 Lei af watter tipe kleimineraal (A of B) 'n hoër katioonadsorpsievermoë het en gee 'n spesifieke voorbeeld daarvan.

(2)

4.3.2 Die 1:1 tipe kleiminerale is minder taai as hulle nat is en kraak ook nie as

hulle droog is nie. Noem TWEE gebruike van hierdie kleie, buiten die gebruik as groeimedium vir plante, wat landbouverwant is.

(2)

4.3.3 Bespreek hoe die teenwoordigheid van die 2:1 tipe kleiminerale die

beskikbaarheid van katione (voedingstowwe) in die grond sal beïnvloed. (3)

B

A

Afstandkonstante

Min of geen interne adsorpsie- oppervlak

Eksterne adsorpsie- oppervlak

Eksterne adsorpsie- oppervlak

Interne adsorpsie- oppervlak

Veranderlike afstand

Veranderlike afstand

Page 17: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 17 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.4 Omtrent 14 miljoen mense in Suid-Afrika het nie altyd genoeg voedsel om te eet

nie. In ongeveer 20% van hierdie mense is die persentasie kinders wat te klein is vir hulle ouderdomme ongeveer 40% daarvan. Hierdie situasie word vererger deur die gebruik van goeie landbougrond vir die verbouing van biobrandstofgewasse. 'n Groter persentasie van hulle leef in landelike gebiede as bestaansboere. Hierdie boere gebruik inheemse boerderymetodes waar produksiesisteme nie vir wetenskaplike metodes aangepas is nie en boerdery van reën afhanklik is.

4.4.1 Noem TWEE voorbeelde van gewasse wat vir die produksie van

biobrandstowwe verbou word. (2)

4.4.2 Bespreek krities TWEE maniere waarop die landboukundige uitset onder

die landelike boerderygemeenskap verbeter kan word. (2)

4.5 Die data hieronder stel kropslaaiproduksie voor van 'n produsent wat verskillende

tipes anorganiese bemesting afwissel. Die kunsmistoediening was soos volg: Kalksteenammoniumnitraat: tydens week 1 tot 4 Ru-fosfaat: tydens week 5 tot 7 Ureum: tydens week 8 tot 12

WEEK GEMIDDELDE HOOGTE VAN PLANTE (mm)

KUNSMIS TOEGEDIEN

1 2,6 2 4,5 3 6,3 4 8,2

LAN

5 8,4 6 8,5 7 8,5

Ru-fosfaat

8 8,6 9 10,5

10 12,8 11 14,7 12 16,3

Ureum

4.5.1 Noem TWEE kunsmisstowwe vanuit die data wat vir kropslaai geskik is. (2) 4.5.2 Identifiseer die voedingstof teenwoordig in die kunsmisstowwe genoem in

VRAAG 4.5.1 wat die kropslaaiplante vinniger sal laat groei. (1)

4.6 'n Sak kunsmismengsel 2:3:2 (28) het 'n massa van 100 kg. 'n Boer wil 42 kg

fosfor op 3 hektaar (14 kg fosfor per hektaar) land toedien. Hoeveel sakke van die kunsmismengsel sal benodig word?

(5)

Page 18: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

Landbouwetenskappe/V1 18 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.7 Navorsing het bewys dat die insluiting van gemmer en knoffel in die diëte van

mense hul immuniteitstelsel baie verbeter. Jy sien die entrepreneursgeleentheid om hierdie gewasse op 'n stuk grond naby jou huis te plant. Skryf die naam van elk van hierdie plante neer en langsaan die metode van voorplanting wat jy sou gebruik.

(2)

4.8 Die diagramme hieronder stel verskillende vorms van mikro-besproeiing voor.

A B

Identifiseer die tipe mikro-besproeiing wat die geskikste is vir: 4.8.1 Pruimbome met 'n wye en vlak wortelstelsel op baie sanderige grond (1) 4.8.2 'n Wingerd wat groei op kleigrond met min water beskikbaar vir

besproeiing

(1) 4.9 Die diagramme hieronder illustreer die uitleg van drie verskillende tipes

dreineringstelsels wat algemeen gebruik word.

Vanaf hierdie stelsels, wat A – C gemerk is, maak 'n afleiding oor watter een die geskikste sal wees vir gebruik op 'n sportveld by 'n skool (byvoorbeeld sokkerveld). Gee 'n geldige rede vir jou antwoord.

(2)

Page 19: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

19Landbouwetenskappe/V1 19 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou

4.10 'n Boer het vir baie jare monokultuur beoefen en het 'n geleidelike afname

in opbrengs waargeneem. Nadat 'n Landbouvoorligter oor die probleem geraadpleeg is, is daar aanbeveel dat die boer wisselbou toepas om die vrugbaarheid van die grond verbeter en te benut deur die volgende gewasse te gebruik: patats, grondboontjies, boontjies en mielies. Ontwerp 'n wisselbouprogram deur die volgende rooster oor te teken en die gepaste gewasse aan te dui. WENK: Daar is 'n gesondheidsrisiko om gewasse wat tot die grondboontjiefamilie behoort, twee jaar na mekaar te plant.

1 2

MIELIES

4

3

(3)

[35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150

Page 20: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ... - Curriculum · Landbouwetenskappe/V1 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.6 Studies het gewys dat

20Landbouwetenskappe/V1 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NSS

Kopiereg voorbehou

ANTWOORDBLAD VIR AFDELING A NAAM: __________________________________________ VRAAG 1.1

(10 x 2) (20) VRAAG 1.2

SLEGS A SLEGS B A EN B GEEN 1.2.1 A B C D 1.2.2 A B C D 1.2.3 A B C D 1.2.4 A B C D 1.2.5 A B C D (5 x 2) (10) VRAAG 1.3 1.3.1 _____________________________

1.3.2 _____________________________

1.3.3 _____________________________

1.3.4 _____________________________

1.3.5 _____________________________ (5 x 2) (10) VRAAG 1.4 1.4.1 _____________________________

1.4.2 _____________________________

1.4.3 _____________________________

1.4.4 _____________________________

1.4.5 _____________________________

(5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45

1.1.1 A B C D 1.1.2 A B C D 1.1.3 A B C D 1.1.4 A B C D 1.1.5 A B C D 1.1.6 A B C D 1.1.7 A B C D 1.1.8 A B C D 1.1.9 A B C D 1.1.10 A B C D