‘n Damp van ‘n damp

26
‘n Damp van ‘n damp .....alles is.....

description

‘n Damp van ‘n damp. .....alles is. ‘n Vraag. Wat is die doel van ‘n fiets.......?. Hoe vêr kan jy toer met ‘n fiets?. Hoe vinnig kan jy beweeg met ‘n fiets?. Watter fiets is die beste vir die doel?. Is daar sin in die gebruik van ‘n fiets?. ‘n Antwoord op ‘n vraag. - PowerPoint PPT Presentation

Transcript of ‘n Damp van ‘n damp

Page 1: ‘n Damp van ‘n damp

‘n Damp van ‘n damp

.....alles is.....

Page 2: ‘n Damp van ‘n damp

‘n Vraag

Wat is die doel van ‘n fiets.......?

Hoe vêr kan jy toer met ‘n fiets?

Hoe vinnig kan jy beweeg met ‘n fiets?

Watter fiets is die beste vir die doel?

Is daar sin in die gebruik van ‘n fiets?

Page 3: ‘n Damp van ‘n damp

‘n Antwoord op ‘n vraagDoel - Om van punt A na B te beweeg met menskrag

Hoe vêr - Onbeperk, so lank jou stamina en die pad aanhou – 120,805 km/per jaar (Tommy Godwin, 1939)

Hoe vinnig - Die wêreldrekord is tans 133 km/h sonder sleurstroom (Sam Whittingham, 2009)

Watter een - Die duurste fiets, sterkste of ligste?

Watter sin - Hernubare energie, stilte, gesondheid?

Page 4: ‘n Damp van ‘n damp

Eenvoudige vraag – direkte antwoord

Antwoord = Verwagting

Page 5: ‘n Damp van ‘n damp

Damp = “Vapour”Damp van ‘n damp = “vapour of vapour”

H1892hebel habelFrom H1891; emptiness or vanity; figuratively something transitory and unsatisfactory; often used as an adverb: - X altogether, vain, vanity.

BRIEF, DECIDUOUS, EPHEMERAL, EVANESCENT, FLASH, FLEETING, FUGACIOUS, FUGITIVE, IMPERMANENT, PASSING, SHORT-LIVED,

TEMPORARY, TRANSIENT, MOMENTARY, VAPOUR

As damp nie konkreet is nie, nie “substans” het nie, dan is “damp van damp” uiters “dun”

VanityH1892 of vanities, H1892

Page 6: ‘n Damp van ‘n damp

Die tema van ‘n redenaarsgesprek in die Bybel

Die mees kontroversiële boek in die Ou Testament

Twee vertellers in die boodskap – ‘n “framing” of raam verteller, en ‘n 1ste persoon verteller.

Die gesprek begin deur dat die redenaar aan die gehoor se dat hy niks te sê het nie, want alles is damp.

Die sleutel frase wat die vraag ontsluit, word 29 keer herhaal in die 12 hoofstukke. Die frase kom net in die boek voor, nêrens anders in die Bybel nie.

Die man wat die boek geskryf het, het die tweede meeste boeke in die Ou Testament geskryf (3) – net Moses het meer.

Die skrywer was geen dwaas nie – hy kon uit ervaring praat oor alles wat hy skryf

Page 7: ‘n Damp van ‘n damp

PredikerRaam verteller

Prd 1:1-11

Raam verteller

Prd 12:9-14

1de persoon verteller

Prd 1:1-12 tot 12:8

Tema van die “redenasie” is die antwoord op ‘n vraag

Prd 1:2 Alles tevergeefs (damp) , sê die Prediker, alles tevergeefs (damp) , dit is alles tevergeefs (damp) ! Prd 1:2 Vanity (damp) of vanities (damp) , saith the

Preacher, vanity (damp) of vanities (damp) ; all is vanity (damp) .

Page 8: ‘n Damp van ‘n damp

Die opening raam:Prd 1:3 Watter voordeel het die mens (vraag - wat is die doel van ‘n fiets) van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son? (retoriese vraag – antwoord reeds in 1.2 gegee)Prd 1:4 Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan. (die mens se tydelikheid teenoor die skepping se permanensie) Prd 1:5 En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan. (eentonige siklus – hyg van oos na wes) Prd 1:6 Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug. (versterking van sinnelose herhaling – noord na suid)Prd 1:7 Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie (niks kom klaar, eindig altyd half); na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer. Prd 1:8 Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie. Prd 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie. Prd 1:10 Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het. Prd 1:11 Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.

Eentonige repetisie, niks word bereik nie, alles onafgehandel, paradokse

Page 9: ‘n Damp van ‘n damp

Die 1de persoon vertel dat:• Harde arbeid niks baat nie (is luiheid dan geregverdig?)• Baie geleerdheid, kennis en wysheid niks blywende waarde het nie (moet ek ophou skoolgaan, studeer?)• Vreugde en plesier niks bevrediging bring nie (moet ek dikmond bly?)• Drank en dwelms geen verbetering in die toestand bring nie• Oprigting van groot werke niks tot stand bring nie (moet ek alle kreatiewiteit opsy skuif?)• Daar geen geregtigheid is nie (kan ek dan saam begin steel?)• Geen sigbare bewys van beter dinge te vinde is nie (is mismoedigheid geregverdig?)• Edel optrede nie beloon word nie (sal ek my goeie dade laat vaar?)• Die verdrukte nie bevry word nie (sal ek dit net so laat sonder om te help?)• Die skuldige nie aan die pen ry nie (sal ek opgee om reg te doen?)• Daar geen verskil is tussen die goeie en slegte wat onheil of voorspoed betref nie (is daar dan geen ingryp van God in ons lewens nie?)

Page 10: ‘n Damp van ‘n damp

...en dan gebeur dit met hom:• Hy raak ontnugterd• Verloor hoop• Begin homself te haat, sy bestaan, sy omstandighede en die sinnelose wêreld• Smag na ‘n einde van sy lewe• Verval in wanhoop, depressie

In kort, toe hy agterkom sy nuwe, duur, fiets kom nêrens, al trap hy hoe hard – dat nog geen enkel wedren voltooi het, al meld hy by elkeen aan – dat die wêreld om hom nog presies net so lyk as toe hy destyds begin trap het -

...toe hou hy op met trap, en wil van sy fiets afklim om nooit weer te ry nie. Hy sien geen doel meer in trap nie

Page 11: ‘n Damp van ‘n damp

Maar die rede vir sy teleurstelling is nie die fiets, of sy eie onvermoë, of selfs sy afrigter nie -

Die wortel van sy neerlaag lê in sy (foutiewe) verwagting. Die onvervulde verwagting het hom

van sy blydskap geroof, teleurstelling gebring, verdoem tot die gesindheid van ‘n verslane mens

– hom verslaan vir ewig.

As die vraag net anders gestel was, sou hy ‘n ander antwoord (verwagting) gehad het...

Wat is die doel van ‘n fiets? Wat is die sin in die lewe, jou verwagting?

Page 12: ‘n Damp van ‘n damp

Wat is die doel van ‘n fiets hier binne?

Page 13: ‘n Damp van ‘n damp

“onder die son”

Page 14: ‘n Damp van ‘n damp

Wat is die doel van ‘n mens se lewe onder die son?Prd 1:13 En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is ‘n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.

Prd 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie. Prd 1:14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind. Prd 2:3 Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te

verkwik—terwyl my hart my met wysheid sou lei—en om aan die dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die mensekinders, wat hulle moet doen onder die hemel gedurende die getal van hulle

lewensdae. Prd 2:11 Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het—en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind, en daar was geen

voordeel onder die son nie. Prd 2:17 Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat alles tevergeefs is en ‘n gejaag na wind. Prd 2:18 En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan ‘n mens wat ná my sal

kom. Prd 2:19 En wie weet of hy ‘n wyse sal wees of ‘n dwaas? Tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs. Prd 2:20 Daarom het ek my begewe om my hart aan wanhoop oor te gee vanweë al die arbeid wat ek met moeite verrig het onder

die son. Prd 2:22 Want wat het die mens vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son?Prd 3:1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd: Prd 3:2 ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te roei wat geplant

is, Prd 3:3 ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou, Prd 3:4 ‘n tyd om te ween en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te weeklaag en ‘n tyd om van vreugde rond te spring, Prd 3:5 ‘n tyd om klippe weg te gooi en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels en ‘n tyd om ver te wees van omhelsing, Prd 3:6 ‘n tyd om te soek en ‘n tyd om verlore te laat gaan, ‘n tyd om

te bewaar en ‘n tyd om weg te gooi, Prd 3:7 ‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om aanmekaar te werk, ‘n tyd om te swyg en ‘n tyd om te spreek, Prd 3:8 ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir

vrede.

Page 15: ‘n Damp van ‘n damp

Prd 3:9 Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei? Prd 3:10 Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel. Prd 3:11 Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot

end, kan uitvind. Prd 3:12 So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. Prd 3:16 Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die

gereg—daar was onreg, en die plek van geregtigheid—daar was onreg. Prd 4:1 Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir

hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag, maar daar was vir hulle geen trooster nie. Prd 4:2 Daarom het ek die dooies wat lankal gesterf het, gelukkig geprys bo die lewendes wat nog lewe, Prd 4:3 en gelukkig bo hulle altwee hom wat nog nie gewees het en die

verkeerde werk wat onder die son plaasvind, nie gesien het nie. Prd 4:7 En weer het ek ‘n vergeefse moeite gesien onder die son: Prd 4:8 Daar is een allenig sonder ‘n tweede, ook het hy geen seun of

broer nie; tog is daar geen einde aan al sy moeitevolle arbeid nie, sy oë kry ook nie genoeg van rykdom nie. Vir wie tog vermoei ek my en laat my siel gebrek ly aan die goeie? Ook dit is tevergeefs en ‘n

verkeerde saak. Prd 4:15 Ek het gesien hoe al die lewendes wat onder die son wandel, aan die kant van die jongman was, van die tweede, wat sy opvolger sou word; Prd 4:16 daar was geen einde aan al die

mense, aan almal aan wie se hoof hy gestaan het nie. Tog sal die nageslag hulle nie oor hom verbly nie; so is dit ook tevergeefs en ‘n gejaag na wind. Prd 5:2 Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart

nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde (onder die son). Daarom moet jou woorde min wees. Prd 5:13 Daar is ‘n smartlike onheil wat ek onder

die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie ongeluk. Prd 5:18 (5:17) Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy

arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel. Prd 6:1 Daar is ‘n onheil wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die

mensdom:

Page 16: ‘n Damp van ‘n damp

Prd 6:2 ‘n Man aan wie God rykdom en skatte en eer gee, sodat hom niks ontbreek van alles wat hy kan begeer nie, maar God stel hom nie in staat om daarvan te geniet nie, want ‘n vreemde geniet dit; dit is

vergeefse moeite en ‘n bitter lyding. Prd 6:12 Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe wat hy soos ‘n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die mens bekend maak wat ná hom sal wees onder die son?Prd 8:9 Dit alles het ek gesien deurdat ek my

hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in ‘n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.Prd 8:15 Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens

onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son. Prd 8:16 Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word—ja, selfs bedags en snags niemand met sy oë die slaap sien nie— Prd 8:17 het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die

mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan—hy sal dit nie kan uitvind nie!Prd 9:3 Dit is ‘n verkeerde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan dit na die dooies toe!Prd 9:4 Want solank as iemand by al

die lewendes behoort (onder die son – op aarde), is daar hoop; want ‘n lewendige hond is beter as ‘n dooie leeu. Prd 9:5 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie,

en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Prd 9:6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat

gebeur onder die son nie.Prd 9:9 Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son—al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.Prd 9:11 Weer het ek onder die son gesien dat die

wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal.

Page 17: ‘n Damp van ‘n damp

Prd 9:13 Ook het ek dit as wysheid gesien onder die son, en dit was groot in my oog: Prd 9:14 daar was ‘n klein stadjie en min manne daarin, en ‘n groot koning het daarteen gekom en dit omsingel en groot

beleëringswerke daarteen gebou. Prd 9:15 En daarin is ‘n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie. Prd 10:5 Daar is ‘n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, ‘n dwaling wat van die maghebber uitgaan: Prd 10:6 die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit. Prd 10:7 Ek het slawe te perd

gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop. Prd 11:7 Verder, soet is die lig, en goed is dit vir die oë om die son te aanskou. Prd 11:8 Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in dié almal

verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid. Prd 11:9 Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en

wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge (wat onder die son gebeur het) in die gerig sal bring. Prd 11:10 En weer verdriet uit jou hart, en

hou die kwale weg van jou liggaam (lewe gesond) , want die jeug en die jonkheid is nietigheid (damp) .Prd 12:1 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie— Prd 12:2 voordat die son en die

lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën, Prd 12:3 dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak,

omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word, Prd 12:4 en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word – (die dag wanneer die son daar nie meer sal wees nie) .

Page 18: ‘n Damp van ‘n damp

Onverwagse insluitings (paradoks)

• Geniet die lewe• Pas jou gesondheid op• Wees bly oor wat jy kry en vermag• Moenie alleen deur die lewe gaan – kry ‘n maat en geniet mekaar• Die lig is soet, en dis mooi om na die son te kyk – sien die natuur• Hardloop al is jy nie vinnig nie, veg al is jy nie ‘n held nie• Geniet wat jy eet, wat jy drink• Geniet die geselskap van jou maats• Geniet jou jonkheid• Vind dinge om te geniet te midde van jou moeitevolle lewe• Moet nie ‘n kans om goed te doen, laat verbygaan nie

Hoe maak hy sulke afleidings as sy “antwoord” is dat alles damp van damp is?

Page 19: ‘n Damp van ‘n damp

Die sluiting raam:

Van onder die son gesien is alles sinneloos, word niks bereik nie, is alles onafgehandel -

Van bo die son (hemele) word elke werk, elke optrede, elke gedagte geweeg (geoordeel) volgens die groter toets (reg) – die betekenis

en waarde van die lewe hier onder die son, lê in die verborge dinge daar bo die hemele.

Prd 12:9 En behalwe dat die Prediker ‘n wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel. Prd 12:10 Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is—woorde van waarheid. Prd 12:11 Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep

ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee. Prd 12:12 En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees. Prd 12:13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Prd 12:14 Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.

Page 20: ‘n Damp van ‘n damp

As jy bewys van die verborge dinge soek hier “onder die son”, sal jy altyd teleurgesteld eindig, in:

• Frustrasie met eentonige reëlmaat van alles• Frustrasie met ooglopende onreg wat ongestraf gaan• Frustrasie met dinge wat nie tot voleinding kom nie• Frustrasie met teenstrydighede wat plaasvind• Frustrasie met gebrek aan erkenning• Frustrasie met die nietigheid van alles wat jy jou tyd mee mors.

Dit is onmoontlik om die werklikhede van ‘n lewe “onder die son” te verander, ignoreer of te bowe te kom deur

“positiewe denke”, of enige ander menslike proses, logika, wysheid of sin – as dit moontlik was sou die wysste van alle mense, Salomo, daardie antwoord kon vind na al sy

studies daaroor!

Page 21: ‘n Damp van ‘n damp

Maar ek lag lekker hieroor! En ek lag saam met goeie geselskap.

Jahweh lag vir die mense (wat probeer om hierdie sinnelose stelsel, uit eie wysheid, sinvol te maak,

verstaan of vertolk). Wat probeer om met ‘n oefenfiets, iewers heen te ry!

Psa 2:1 Waarom woel (trap) die nasies en bedink die volke nietige dinge? Psa 2:2 Die konings van die aarde staan

gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Psa 2:3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Psa 2:4 Hy wat in die hemel woon, lag (vir die onder die son wat probeer verander aan

Sy raadsplan) ; die Here spot met hulle.

Page 22: ‘n Damp van ‘n damp

‘n Vreemdsoortige bemoediging

...opgesluit in ‘n paradoks van bevindinge wat alle doel in die lewe as damp verklaar, maar daardeur alle doel in die lewe

herstel....

Page 23: ‘n Damp van ‘n damp

Die ontwerp doel van die produk:• Onder die son is ontwerp om nêrens heen te gaan nie – soos ‘n oefenfiets• Onder die son is ontwerp om met die verstand van ‘n mens nie sin te maak nie• Onder die son is ontwerp as ‘n “weggooibare” stelsel• Onder die son is die belangrikste tyd vir mens se ewigheid “bo die son”• Onder die son filter die koring van die kaf – dis ‘n filter, nie die koring self nie• Onder die son is ontwerp as ‘n eksamen wat jou antwoorde toets – tot die einde• Onder die son is ontwerp om sy waarde te verloor soos die mens oud word – want waar jou skat is sal jou hart wees – en ons is bedoel om by Vader te wees “bo die son”• Onder die son is die enigste plek waar ons “fiks” kan word in voorbereiding vir die ware wedloop “bo die son”• Onder die son se “PT” kursus is aflêbaar deur alle kandidate – Jahshua self het dit ook kom deurgaan – en dissipline (gehoorsaamheid) geleer wat hy saam met Hom terug geneem het na die wêreld “bo die son”• Onder die son is ‘n kursus wat binne ‘n gimnasium plaasvind – dit is nie die einde nie, maar die voorbereiding vir die begin.• Alles wat jy kies, dink

Page 24: ‘n Damp van ‘n damp

Alles onder die son wat jy kies, dink, doen, versuim om te doen

het (eendag) ‘n direkte gevolg “bo die son”. Om dit te glo, is ‘n saak van keuse – kies om dit nie te glo

nie, en alles onder die son is damp van damp. Kies om te glo, en alles onder die son verkry ‘n nuwe vastigheid, waarde en sin.

Page 25: ‘n Damp van ‘n damp

Geniet die oefening, verstaan waar jy jou bevind – maar bedink die

heerlikheid van die wedloop waarvoor jy voorberei word, al drup

die sweet tans op een groter wordende kol hier onder jou

oefenfiets op die grond, onder die son.

Page 26: ‘n Damp van ‘n damp

Amen