HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is...

8
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Uitdeelbybels Baie dankie vir u volgehou gebede en ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Eugene H Peterson sê die mens is ‘n ‘skeppende mens’ (homo faber). Die mens ge- bruik instrumente vir sy voortbestaan. Die mense het instrumente nodig om mee te werk, te bou, te boer, te kook, te eet, te skryf. Sekere instrumente is van yster en ander van hout. En dan is daar ook nog die instrumente van woorde om mee te praat. Gebed is ook ‘n instrument wat God (deus faber) gemaak het. Hier volg ‘n Gebedsinstrument: Genadige God, hoor my gebed Laat U genade my genadiger maak teenoor ander Laat U liefde my meer liefdevol laat optree teenoor ander Laat U vrede my inspireer om vredemaker te wees Laat U krag my bemagtig om die kragtelose te help Laat U oorvloed my inspireer om my oorvloed te deel (Jorge A. Gonzale verwerk) U is welkom, ook met u woord-instrumente. Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 29 MEI 2016 SONDAG 5 JUNIE Ds Anton Duvenhage MATT 17:1-8 DIE VERHEERLIKING VAN JESUS Hoe verstaan ons Jesus? Val ons nie dalk soms in die slag- gat om Jesus slegs te sien as “liewe Jesus sag en teer” (soos Hy dikwels in kinderstories uitge- beeld word nie)? Wanneer julle hierdie week Matt 17 lees, plaas julself in Petrus se skoene en vra jouself af hoe jy sou reageer indien jy in sy situasie was. Dit sal goed wees indien julle in julle gesinne die vorige hoofstuk ook lees (Matt 16), sodat julle die beklemtoning van Jesus se identiteit beter kan verstaan. AANDDIENS VANAAND @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Tema: Hoe reageer ons op rassisme? Teks: Matt 15:10-20 Ons nooi graag alle tieners en jongmense, maar onthou u is almal baie welkom! Teentrix klasse na die diens DIENSSENTRUM SONDAGMIDDAG 15:30 Alle 50 plussers welkom! Navrae Hannie 081 271 2290 DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS PREDIKERS & PREKE? (JONA 3:1-5) Ons het verlede week gevra dat u moet dink aan: (a) Die mooiste preek wat jy al ooit gehoor het en (b) die swakste preek ooit. My keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies: Jona se swakste preek was die mees suksesvolle preek ooit Nineve kom tot bekering!) Die lees van die Jona-verhaal bring by my baie vrae op: Hoekom was hierdie sendeling so verdoemend teenoor Nineve? Hoekom sou Jona God se genade weerhou? En ons in Suid-Afrika? Hoekom gun die een die ander nie ook ‘n plekkie onder God se son nie? Moontlik hoor ons nie wat die Here vir ons wil sê nie Hy sê: ‘Liewe Suid-Afrika, glo julle nie dat Ek my genade aan julle almal wil skenk en dat Ek My seën oor julle almal wil uitstort nie? oor die ANC, DA, EFF, ja oor al julle partye, oor al die rasse, oor al julle taal en kultuur groepe, oor julle #MUSTFALL studente, oor al julle kerke en julle denominasies, selfs met al julle dooppraktyke? Mag ek nie..? Ja, Ek mag en Ek wil en Ek sal. Moenie soos Jona wees nie. Bid tot My, vra en ontvang die versoening in Christus. Weet: Jesus se kruis is die brug na mekaar en na julle toekoms!’

Transcript of HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is...

Page 1: HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies:

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Uitdeelbybels

Baie dankie vir u volgehou gebede

en ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Eugene H Peterson sê die mens is ‘n ‘skeppende mens’ (homo faber). Die mens ge-

bruik instrumente vir sy voortbestaan. Die mense het instrumente nodig om mee te

werk, te bou, te boer, te kook, te eet, te skryf. Sekere instrumente is van yster en

ander van hout. En dan is daar ook nog die instrumente van woorde om mee te

praat.

Gebed is ook ‘n instrument wat God (deus faber) gemaak het.

Hier volg ‘n Gebedsinstrument:

Genadige God, hoor my gebed

Laat U genade my genadiger maak teenoor ander

Laat U liefde my meer liefdevol laat optree teenoor ander

Laat U vrede my inspireer om vredemaker te wees

Laat U krag my bemagtig om die kragtelose te help

Laat U oorvloed my inspireer om my oorvloed te deel

(Jorge A. Gonzale – verwerk)

U is welkom, ook met u woord-instrumente.

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

29 MEI 2016

SONDAG 5 JUNIE Ds Anton Duvenhage

MATT 17:1-8

DIE VERHEERLIKING VAN JESUS

Hoe verstaan ons Jesus?

Val ons nie dalk soms in die slag-

gat om Jesus slegs te sien as

“liewe Jesus sag en teer” (soos

Hy dikwels in kinderstories uitge-

beeld word nie)?

Wanneer julle hierdie week

Matt 17 lees, plaas julself in

Petrus se skoene en vra jouself

af hoe jy sou reageer indien jy in

sy situasie was.

Dit sal goed wees indien julle in

julle gesinne die vorige hoofstuk

ook lees (Matt 16), sodat julle

die beklemtoning van Jesus se

identiteit beter kan verstaan.

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

DS ANTON DUVENHAGE

Tema: Hoe reageer ons

op rassisme?

Teks: Matt 15:10-20

Ons nooi graag alle tieners

en jongmense, maar onthou

u is almal baie welkom!

Teentrix klasse na die diens

DIENSSENTRUM

SONDAGMIDDAG 15:30

Alle 50 plussers welkom!

Navrae Hannie 081 271 2290

DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

PREDIKERS & PREKE? (JONA 3:1-5)

Ons het verlede week gevra dat u moet dink aan:

(a) Die mooiste preek wat jy al ooit gehoor het en (b) die swakste preek ooit.

My keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste

is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee

hakies: Jona se swakste preek was die mees suksesvolle preek ooit – Nineve kom

tot bekering!)

Die lees van die Jona-verhaal bring by my baie vrae op:

Hoekom was hierdie sendeling so verdoemend teenoor Nineve?

Hoekom sou Jona God se genade weerhou?

En ons in Suid-Afrika?

Hoekom gun die een die ander nie ook ‘n plekkie onder God se son nie?

Moontlik hoor ons nie wat die Here vir ons wil sê nie – Hy sê:

‘Liewe Suid-Afrika, glo julle nie dat Ek my genade aan julle almal wil skenk en

dat Ek My seën oor julle almal wil uitstort nie? – oor die ANC, DA, EFF, ja

oor al julle partye, oor al die rasse, oor al julle taal en kultuur groepe, oor

julle #MUSTFALL studente, oor al julle kerke en julle denominasies, selfs

met al julle dooppraktyke?

Mag ek nie..? Ja, Ek mag en Ek wil en Ek sal. Moenie soos Jona wees nie. Bid tot My, vra en ontvang die versoening in

Christus.

Weet: Jesus se kruis is die brug na mekaar en na julle toekoms!’

Page 2: HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies:

ONS BID VIR ... Cebella Krige

Hannatjie Oosthuizen

Francois Lombaard

Gawie Liebenberg

Berry Pfügler,

Ester Bester

Hester Bekker

Rina vd Westhuizen

Helene Alberts

Boma vd Westhuizen

Cissy Coetzee, Johan Theron

Wilma Ehrenberg

Betsie Liebenberg

Joyce du Toit, Fanie Schmidt

MEEGEVOEL

* Met kinders Deon Perry en

Zelda Baard asook familie van

9-Ster se Esmé Perry. Roudiens

DV Maandag, 30 Mei om 10:00

NG Kerk Hermanus.

* Met Lettie Watson met die

heengaan van haar suster.

* Met Sanet Theunissen en

familie met die heengaan van

haar man Danie. VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 082 895 9479

MA. 30 MEI DI. 31 MEI WO. 1 JUNIE

11:00 ONDERSTEUNINGSGROEP vir

mense met MNS, MS, spierdistrofie,

Parkinsons, Alzheimer en alle vorme

van Dimensie. Welkom!

(Dienssentrum sitkamer)

18:00 KERKRAADSVERG in die Ark.

Ons vra u voorbidding asb.

SOPKOMBUIS

24een GEBEDSWAG VANDAG

Bid gerus saam by u huise.

11:00 - 13:00 KLEREKAS

18:00 BYBELSKOOL by NG Hermanus

(Dr Johan van Schalkwyk). Die boek

Sefanja word bespreek.

DO. 2 JUNIE VR. 3 JUNIE SA. 4 JUNIE

09:00 BYBELSKOOL by NG Onrus.

(Dr Johan van Schalkwyk). Die boek

Sefanja word bespreek.

09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE Teetuin

10:00 GEBED in die Gebedskamer.

Ons bid saam vir Sondag se diens, vir

ons Gemeente en gemeenskap.

Kom bid saam!

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 5 JUNIE ?

08:30 GEBED: Ons bid saam in die

Gebedskamer vir die diens. Kom bid

saam!

09:00 EREDIENS: Ds Anton Du-

venhage gaan voor. Baie welkom!

10:15 NUWE INTREKKERS tee in

die sysaal.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 30C)

Ps 80 God almagtig, herstel ons tog! Laat U guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.

God almatig, kom tog terug! Kyk neer vanuit die hemel. Ontferm U tog oor hierdie land.

Ps 82 Ons God en Vader, laat asb reg geskied aan armes en wese. Verdedig die saak van die hul-

peloses en behoeftiges. Bevry die armes en behoeftiges; verlos hulle uit die greep van goddelose mense.

Ps 90 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Kom terug ,Here! Hoe lank gaan U nog uitstel? Onferm U

tog oor ons. Vul ons tog met genade in die oggend, dan sing ons van vreugde die hele dag.

Ps 95 Kom laat ons aanbid en neerbuig, en kniel voor die Here ons Maker.

Hy is ons God en ons is sy volk, die skape onder sy sorg.

Ps 84 Hoe lief het ek u woonplek, Here, die magtige! Here , ek verlang, ek

hunker na u woning. Met my hele wese, liggaam en gees, wil ek jubel! Oor die lewende God.

18:00 AANDDIENS

DR WILHELM BURGER

Ons nooi spesiaal alle tieners en

jongmense, maar onthou u is

almal baie welkom!

Teentrix klasse na die diens.

SPESIALE GEBED

Ons bid vandag spesiaal

vir die gemeenskap van

Stanford. Ons bid vir ‘n oplossing

wat tot eer van God en Sy

Koninkryk sal wees.

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

TEENTRIX Gr 6 - 11 @ 18:00 na die aanddiens.

BAIE DANKIE! Wat n voorreg om deel te wees van Onrusgemeente!! Dankie vir gebede, oproepe en boodskappe in hierdie moeilike tyd met die afsterwe van ons kleinseun en broerskind. Julle gebede het ons gedra en die liefde van God het ons toegevou. Baie dankie. Hennie en Pollie Botha

Page 3: HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies:

BID VIR SUID AFRIKA! 40-DAE (7 MEI–15 JUNIE 2016)

Suid-Afrika – die jeug stig brand en sommige Parlementariërs praat van ‘n gewapende

opstand. Sommige leiers mag hulle beroep op die Grondwet (as dit hulle pas) en ander

mag dit ignoreer (as dit hulle nie pas nie.) Onversoenbaar?

Wat kan die kerk(e) bydra tot versoening?

Die laaste wat ons kan doen is wat Jona gedoen het. Jona het gesê ‘Ek sterf eerder voor ek die genade van God aan Nineve gaan skenk ’. Daarom het Jona gevra hulle moet hom oorboord gooi om te verdrink! Ons moet

(anders as Jona) God se genade uitdeel en Sy seën afbid op almal, ook ons Nineve!

U sal weet:

Wat die parlement sê is tog belangrik, maar wat God sê is bepalend.

U sal ook weet:

Die Kruis is Suid-Afrika se Brug na Mekaar en na Môre’. Glo u dit ...?

Kyk wat doen die Suid-Afrikaanse kerke van 7 Mei tot 15 Junie!

Google (1): jericho walls. Dit bring u by (2): International Prayer Network. Dit neem u na (3): 40 Days of

Prayer for Reconciliation.

U kan hierdie baie deeglike Gebedsgids oopmaak in Engels of Afrikaans. (Ons het reeds Saterdag, die

7de Mei begin, maar u kan nou nog inval).

U kan ook (alleen of as groep) na ons nuut geklede gebedskamer gaan. Op die tafel vind u ‘n kopie van die

Gebedsrooster met ‘n paslike dagstukkie en gebedsversoek (moet dit asb. net nie verwyder nie!).

Hierdie 40 Dae Gebedsaksie (7 Mei tot 15 Junie) sluit sy eerste rondte af met ‘n gebedsbyeenkoms in die Orlando

Stadium op Saterdag 11 Junie. Op 16 Junie (Jeugdag) is daar ‘n (nie-politiese) diens in die groot Regina Mundi kerk.

En dan begin daar ‘n twee rondte van 16 Junie tot 16 Desember (die Dag van Versoening!)

Navrae by Clifford (Tel. 028 316 4895)

Die Manne-ontbyt saam met Theuns Stofberg op Sat 17 Mei was ‘n GROOT sukses. Indien u by ‘n mannegroep wil inskakel, kontak asb vir Wilhelm.

Page 4: HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies:

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 30 Mei - 5 Jun

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus ‘n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Kom en sit koppe bymekaar en maak iets nuttigs en mooi.

NAALDWERK: Rita Ferreira (028 316 2981) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op ‘n Dinsdag (09h30 – 10h00) na die Dienssentrum.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u 'n versorger of versorging benodig.

TRIMGIM in Ark om 10h00 – 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede).

VOETE- EN HANDE VERSORGING vanaf 08h00: Maak ‘n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931.

DONDERDAG, 2 JUNIE

WOENSDAG, 1 JUNIE

DINSDAG, 31 MEI

MAANDAG, 30 MEI (DIENSSENTRUM GESLUIT)

10:15 SPELETJIESOGGEND: Kom speel lekker Rummicub en ander speletjies. Daar is alreeds 'n groep wat dit geniet - kom speel saam!

'n Groot waardering aan al die dames wat die

KOLWYNTJIE so getrou ondersteun

met hulle gebak, hulp in die kombuis en om as

kelners op te tree. As dit nie vir julle was nie, was

die KOLWYNTJIE al lankal iets van die verlede.

Ook baie dankie aan al die besoekers wat ons so

gereeld besoek.

Vir net R30 kan jy 'n koppie koffie of tee saam

met 'n eetdingetjie van jou keuse ontvang.

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 3 JUNIE

09:30 - 11:30

WELKOM!

WOL GESOEK ASSEBLIEF

Ons wil graag 'n houer met wol en breipenne in die sitkamer sit sodat

enigiemand wat die sentrum besoek sommer 'n stukkie kan

brei. So kan ons dalk 'n kombersie maak en vir iemand wat dit nodig

het, skenk. Ons benodig egter wol. As u dalk iewers 'n bietjie wol oor het, skenk dit asseblief vir die dienssen-

trum.

DANKIE!

DIE DIENSSENTRUM EN FYNARTS

SONDAG 12 JUNIE & DONDERDAG 16 JUNIE Die Dienssentrum het die geleentheid om te help by die FynArts. Hulle benodig egter baie hulp want die gaste en deelnemers is baie. Indien enige persoon bereid is om te kom help met vooraf voorbereiding, te help op die dag/middag van die geleentheid kom gee asseblief u naam vir Joan of Hannie by die Dienssentrum. PROGRAM Sondag, 12 Junie: Net na kerk tee en toebroodjies vir 200 deelnemers. Om 15h30 help met die regsit en bediening van sop, brood en souttert vir 200 deelnemers. Om 16h30 te help met die bediening van koffie/tee vir die gaste (ongeveer 500) Donderdag, 16 Junie: om 12h00 te kom help met die maak en reg-sit van hotdogs en koel-drank vir 60 deelnemers (kinders).

Page 5: HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies:

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

INDIEN U ENIGE INLIGTING

BENODIG.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

VRYDAG MARKIE BY DIE DIENSSENTRUM

Onrusrivier Dienssentrum het 'n Kolwyntjie Teetuin op 'n Vrydagoggend vanaf

9h30 - 11h30 waar die lekkerste gebak en lekkerste koffie/tee in die dorp

verskaf word saam met die vriendelikste kelnerinne. Ons wil hierdie teetuin

verder uitbou deur kwartaalliks 'n markie te probeer hou op dieselfde dag wat

die teetuin plaasvind.

Ons eerste markdag vind plaas op Vrydag,

10 Junie, vanaf 09h00 -12h00.

Ons nooi enigiemand uit om sy/haar produkte in die OnsTeater by die Onrusrivier Dienssentrum op Vrydag, 10

Junie, vanaf 09h00 - 12h00 te kom uitstal. Vir die eerste markie gaan ons u slegs R10 per tafel vra.

Indien u belangstel om te kom uitstal en u produkte te verkoop kontak asseblief vir:

Joan en Hannie by 028 316 1745 (Maandae tot Vrydag 9h30 - 12h30)

KONTAK NOMMERS

ONDERSTEUNINGSGROEP - MAANDAG 6 JUNE @ 11:00

Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons,Alzhei-

mer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede na 'n onder-

steuningsgroep wat op Maandag, 6 Junie, om elf uur tot twaalf uur

in die sitkamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie

maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n

Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en

kom gesels saam of sit net agter-

oor en luister na die res van die

groep en kry weer motivering!

Navrae: Erika Oosthuysen.

MAANDAE BY DIE DIENSSENTRUM: Tannie Hannie gaan vir 'n onbepaalde tyd besig wees met ander werk. Ons

wil haar van harte bedank vir haar onbaatsugtige werk wat sy die afgelope drie jaar saam met tannie Joan by die

dienssentrum verrig het. Haar vriendelikheid en die uitlewing van haar Christenwees sal gemis word. Sy groet eg-

ter nie. Sy kom weer terug! Tannie Joan gaan dus alleen by die dienssentrum wees. Omdat dit baie stil is op 'n

Maandag en ons nog sukkel om 'n program aan die gang te kry vir Maandae (wasdag en dorp toe gaan dag) het ons

besluit om die dienssentrum Maandae te sluit.

VRYWILLIGERS: Ons benodig dringend mense wat vir tannie Joan kan help. Wat sluit dit in: oop- en toesluit van

die dienssentrum; help met nuwe persone wat wil aansluit - gee inligting en help met invul van vorm en betaling van

ledegeld; ontvang ledegeld en ander geld wat inbetaal word vir die dienssentrum; maak van tee/koffie vir be-

soekers aan die dienssentrum; antwoord van die telefoon; vriendelikheid en behulpsaamheid! Tannie Joan het 'n

doktorsgraad in skottelgoedwas - ek glo sy sal u baie vinnig kan touwys maak! Dit is altyd lekker om by die

dienssentrum in te gaan en so vriendelik ontvang te word. Indien u belangstel om te kom uithelp (soms) of om saam

met tannie Joan daagliks daar te wees - kontak asseblief dringend vir tannie Joan by die dienssentrum.

GEBRUIK MAAK VAN DIE DIENSSENTRUM: Ons hoor nog daagliks van bejaardes wat alleen is by hulle huise en

niemand wat hulle besoek nie. Die dienssentrum wil graag sy deure oopmaak vir hierdie mense. As u weet van ie-

mand wat alleen is, kontak asseblief vir Joan by die dienssentrum. Ons sal planne maak om die bejaarde tuis te gaan

haal. Daar is van Dinsdae tot Vrydae 'n program by die dienssentrum en enigiemand kan enige tyd inskakel. U hoef

nie alleen by die huis te wees nie.

VERVOER VAN VERSORGERS: ons het steeds 'n probleem met versorgers wat om 19h00 in die aand huis toe moet

gaan. Ons wil graag 'n lys van vrywilligers opstel wat vir ons met Plan B kan help. Ons gaan DV iemand kry wat die

mense in die aand kan huis toe neem, maar daar kan altyd 'n krisis

wees en dan soek ons iemand wat daardie aand die versorger kan

huis toe neem. As u bereid is om ons met Plan B te help kontak

asseblief vir Joan by die dienssentrum.

Page 6: HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies:

SING !! Efes 5 : 19 “en sing onder mekaar psalms, lofge-

sange en ander geestelike liedere; sing met julle hele

hart tot eer van die Here”

Lied 296:

Ek is uwe, Heer, het U stem gehoor

van U liefde meld dit my

en ek strewe reeds deur geloof omhoog, om

steeds naby U te bly.

Refrein :

Trek my nader, nader nader dier'bre Heer,

deur U kruisdood ook vir my;

Trek my nader, nader, nader dier'bre Heer,

na U eens deurboorde sy.

KOM ONS LEES SAAM : Joh 15 : 14 en 15 HEILIGE VRIENDSKAP

Jan was in 'n motorongeluk en Gert ('n vreemdeling) het sy lewe gewaag om Jan uit die brandende motor te red.

Nou is hulle vriende vir altyd.

Ons is ook gered deur 'n “Vreemdeling”. Hy het Sy lewe gegee (Kol 2 : 13) Nou is ons vriende vir altyd

(Gen 33 : 11a)

MAAR: Ek en my 'Vriend' : Wat is die hoofeienskappe van ons vriendskap (verhouding)?

1 Hy het sy lewe gegee om my boete te betaal --- sal ek my lewe gee ? (letterlik en figuurlik)

2 Hy het my lief. Hy het dit bewys (Joh 3 : 16) --- het ek Hom lief? Wys ek dit?

3 Hy vertrou my met wat Hy my gee en ook dat ek sal doen wat Hy vra --- vertrou ek Hom

dat Hy doen wat Hy sê en belowe ? (Num 23 : 19)

4 Hy is betroubaar; “Ek sal jou vertel van groot en wonderlike dinge” --- is ek betroubaar met die

inligting om dit reg te gebruik?

5 My Vriend sien om na my deur my behoeftes raak te sien en daarin te sorg --- volg ek Sy voor-

beeld om ander se behoeftes raak te sien? (Matt 25 : 34 – 40 , 46)

6 Vriende spandeer tyd saam, baie tyd, ure en dae --- spandeer ek tyd saam met Hom en hoe

lank? 5 min, 10 min, 1 uur of glad nie? Môre is nog 'n dag! En hoe minder tyd vriende saam

spandeer, hoe verder verwyder raak hulle van mekaar en hulle weet later nie meer wat om vir

mekaar te sê nie. DAN kwyn die vrienskap en eindig!

7 My Vriend skaam Hom nie dat ons vriende is nie --- is ek skaam voor mense om openlik Sy

vriend te wees? Vertel ek vir ander dat Hy my vriend is? (2 Kor 2 : 14b) (Rom 10 : 9 – 10)

8 Vriende sit soms sonder om te praat in mekaar se teenwoordigheid en dit is genoeg --- sit jy

soms net saam met jou “Vriend” en geniet mekaar se teenwoordigheid? Die liedjie sê – 'O die

reine vreugd' van 'n enkel uur voor U troon, o Heer! As ek kniel en U in Gebed ontmoet, en as

kind met U verkeer. Trek my nader , nader, nader dierbre Heer ...'

Jan is gered deur 'n vreemdeling wat sy lewe op die spel geplaas het. Nou is hulle lewenslange vriende.

Ons is gered deur 'n “Vreemdeling” wat Sy lewe as losprys gegee het --- het jy dit aanvaar??

Het jy nou 'n “Vriend” tot in ewigheid? (1 Kor 15 : 22)

SONDEBELYDENIS

Voor U wet, Heer, staan ons skuldig. Liefde is die groot gebod! Liefde is ons steeds verskuldig aan

ons naaste en ons God. Ons wil U gebod bewaar, maar ons struikel baie kere. Leer ons liefde vir

mekaar, maar bo al vir U, o Here.

24EEN GEBEDSWAG

WOENSDAG 1 JUNIE 2016

Page 7: HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies:

GEBED : Jes 49 : 8 “So sê die Here : Op 'n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou

gebed verhoor, op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help. “ (U kan ook Ps. 33 lees)

40 DAE GEBED: DAG 26. 1 JUNIE 2016 – HANTEER DIE SEER: WOEDE, HAAT, WRAAK

EN BITTERHEID Skrifgedeeltes vir oordenking: Jes. 53:5–6; Luk. 6:27–28; Rom. 12:17–19; 1 Joh. 4:20.

OORDENKING: NOG STEEDS ’N GEVANGENE?

In sy boek No future without forgiveness skryf Desmond Tutu van drie veterane uit die Viëtnamese Oorlog

wat by die Viëtnamese Oorlogsgedenkteken in Washington staan. Al drie was krygsgevangenes wat jare lank

in ’n krygsgevange kamp swaargekry het. “Het jy die Viëtkong al vergewe vir wat hulle jou aangedoen het?”

vra die eerste veteraan. “Vergewe? Ek sal hulle nooit vergewe nie!”, roep die tweede uit. Die derde kyk na sy

maat en sê: “Dit lyk my jy is nog steeds ’n gevangene”. Dis ’n les wat ons ernstig moet opneem. Die gevoelens

van woede en haat van baie mense in ons land, oor wat alles in die verlede met hulle gebeur het, oor wat nou

nog met hulle gebeur, is verstaanbaar. Maar daar moet iets aan gedoen word. Ons moet die persone help om

oor hul ervarings te praat. Ons moet hulle begelei om veral ook met God oor hul gevoelens te praat. Want Hy

bring genesing en vrede.

In Kaapstad het ’n Anglikaanse priester, vader Michael Lapsley sy Institute for the Healing of Memories gestig. Hy was die heel laaste slagoffer van apartheid, toe die veiligheidspolisie nog vir hom ’n briefbom

gestuur het ná die vrylating van Mandela. Hy was byna dood en moes ’n jaar in die hospitaal deurbring. Hy het

albei sy hande, sy een oor en sy een oog verloor. Sy gesig en sy lyf is permanent geskend. Maar hy het

uiteindelik opgestaan – en vandag help hy duisende mense in ons land en vér in die buiteland om die spoke van

hul verlede, die slegte herinneringe waarmee hulle gedurig worstel, te oorwin. Hy help hulle om hul herinneringe

te genees. Jesus is die groot heelmeester, vertel hy vir die mense. Hy kan julle genees, soos Hy my gesond

gemaak het – as julle Hom toelaat. Sien jy kans om die selfde te doen, om by vader Lapsley aan te sluit?

Vader God, ek verneder myself vandag voor U. Ek bely dat ek ook gevoelens van woede, haat en wraak in my hart koester. Hoe baie keer wou ek myself nie wreek op iemand wat my fisies of emosioneel seergemaak het nie? Hierdie emosies vernietig my. Soms was my woede geregverdig. Help my om woede konstruktief aan te wend en ten goede verandering te bring. Verwyder die wortel van haat en bitterheid wat in my hart groei en verhinder dat ek versoen met ander mense. Ek gee nou my begeerte om wraak te neem in U hand oor. Ek vertrou dat U my sal deurdrenk met u reg en geregtigheid. Bevry my nou van hierdie emosies. Amen!

GEBEDSPUNTE:

Vra die Here om jou te help om te onderskei wie en watter spesifieke situasie jou kwaad maak. Vra

Hom om die hele ding in perspektief te bring – hoe sien Hy dit? Gee daardie persoon by name aan die

Here oor.

Vra die Here om jou tot by vergifnis te bring. Onthou dat vergifnis nie sonde goedpraat nie, maar jou

help om vry te kom van ’n situasie of persoon wat jou gevange hou. Spreek vergifnis uit teenoor die

persoon wat die seer veroorsaak het.

Bid dat die Here die Kerk in Suid-Afrika sal help om ’n instrument te wees wat die verwydering van

die wortels van haat, bitterheid en wraak kan in harte van baie Suid-Afrikaners kan fasiliteer.

Bid dat die Heilige Gees bevryding en genesing sal bedien aan duisende woedende mense wat nog nie

vryheid van vergifnis beleef het nie.

SLOT :

“Wat 'n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan; wat 'n voorreg om

gedurig tot God's troon deur Hom te gaan! Hoe verbeur ons tog die vrede, ag,

hoe dikwels ly ons smart, net omdat ons nie ons node uitstort in God's Vaderhart.”

Deut 31 : 8 “Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat

nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Vir enige navrae, versoeke of kommentaar, kontak asb vir Annette McMillan by 072 903 9189. Ons bid saam asb NGK & VGK Gemeentes vir 24uur aaneen.

Page 8: HartklopMy keuse vir die mooiste is Jesus se ‘Bergpredikasie’ en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende ‘8-Woorde Preek’ aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies:

BYBELSKOOL Die 1ste(18:00 Hermanus) en 2de (9:00 Onrusrivier) Junie lees ons die profeet Se-fanja. Dr.Johan van Schalkwyk begelei ons. No-tas is beskikbaar. Almal is welkom! Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895.

MOSAÏEKGROEP BYEENKOMS 30 MEI 2016 om 15h00 by Dienssentum. Dave Wreford is ons spreker en hy gaan met ons gesels oor die ondervinding met sy vrou se kanker, sy navors-ing oor alternatiewe kanker behandelings en sy bevinding met sy navorsing oor hoe belangrik voedsame eetgewoontes vir die voorkoming van kanker is. Enige persoon wat belangstel is welkom om saam met die groep die praatjie te kom bywoon. Ons sal dit waardeer as ons ook ondersteuning van buite te hê. NUWE GROEP VIR JONG VOLWASSENES WOENSDAE @ 19:00 - 20:30 DIENSSENTRUM Ons nooi graag alle 18 - 35 jariges uit na ‘n nuwe groep gelei deur ds Anton Duvenhage. Dit is ‘n informele groep wat oor relevante kwessies van die modern samele-weing gaan praat uit die oog van die christelike geloof. Mans, vroue, getroud, nie getroud - u is almal welkom! Navrae: Anton Duvenhage (071 641 7029)

JEUG UITREIK TYDENS WINTER SKOOL- VAKANSIE (CALITZDORP) 9 – 15 JULIE Jy word uitgenooi om deel te wees van ’n uitreikspan saam met Stellenberggemeente gedurende die Junie / Julie vakansie. Daar word van jou verwag om dit eers biddend te oorweeg. Onthou jy gaan om te dien, nie om gedien te word nie. Dalk wil jou ouers saamgaan as leiers? Dalk het hulle ‘n kombi of bakkie beskikbaar? Laat weet ons asseblief. Koste: R 950 Vorms by die kerkkantoor beskikbaar. Navrae: Ds Anton. NUWE INTREKKERS TEE - SONDAG 5 JUNIE Direk na die erediens. Kontak asb vir Freda by 084 257 7457 om te bevestig. BARMHARTIGHEID: Carel en Erika wil graag die hele barmhartigheidspan ontmoet op Woensdag, 15 Junie, om elf uur in die sysaal. Ons gaan rondom 'n lekker koppie tee/koffie en 'n pannekoek (of twee) ons koppe bymekaar sit oor barmhartigheid, probleemare-as en oplossings. Ons nooi dus almal uit wat betrokke is by die: sopbediening, kospakkies, doeke, klerekas. RSVP asseblief voor Vrydag, 10 Junie by Mervian (kerkkantoor ontvangs). AFGETREDE LERAARS Ons jaarlikse byeenkoms vir afgetrede leraars en vroue van leraars vind vanjaar op Woensdag 1 Junie 2016 plaas. Ons nooi u vir tee en ‘n ietsie om 10:00. Kontak asb die kerkkantoor by NG Kerk Hermanus (028-312 3904)

KOSPAKKIES 20 JUNIE DV Tandepasta en toi-letseep sal waardeer word. BAIE DANKIE! 'n Groot waardering aan al die wyke wat so getrou hulle bydrae's bring wat agter in die KERKKALENDER gespesifiseer is. DANKIE!

MET DIE UITREIK NA CALITZDORP benodig Anton serpe en musse en dit kan enige grootte wees. Dit moet kan pas vir babas tot bejaardes! As u bereid is om te help om te brei? Kontak asseblief vir Erika by 028 316 3115 of 079 322 0998. Dankie!

AANDAG ALLE WYKSLEIERS: Julle het pos in jul rakkies by die kerkkantoor. Baie dankie vir al jul moeite, sorg en liefde!

BABYSITTERS VIR BYBELSTUDIEGROEP WOENSDAE 19:00 - 20:30 Van die lede van die nuwe jong volwassenes groep wat op Woensdae bymekaar kom, het jong kinders. Ons wil graag dit vir hulle moontlik maak om ook hierdie wonderlike nuwe groep te kan bywoon, en soek daarom persone om op Woensdagaande na die jonges om te sien terwyl hul ouers by die ybelstudie is.Kontak asb vir Ds Anton.

PRINSES PROJEK SOEK ‘N ROK Hul benodig dringend ‘n Blou damesrok (Grootte: 42 - Rok of pakkie) vir ‘n troue vir iemand spesiaal. Kontak asb vir Helen by 083 650 7131.

HARTKLOP BORGE GESOEK vir Junie & Julie. Adverteer jou besigheid in die Hartklop. Koste R1200 vir die maand. Kontak Karin.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 071 641 7029

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

EXCEED HUMAN RESOUCE CONSULTANTS People are the core of our business. We specialise in recruiting, selecting and placing people in various business sectors and industries.

Telephone: 021 880 6160

Website: www.exceedhr.co.za

Email: [email protected]

Stellenpark Business Park, Unit

F3, 2nd Floor, R44, Stellenbosch