Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram...

12

Transcript of Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram...

Page 1: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

Metro Evangeliese Sorg 1

Page 2: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

2

Inhoud Ontwikkelingsprogramme

• Gemeenskapsorgprogram 3

• Entuthukweni Opleiding- en Indiensplasingsprogram 4

• Joshua Jeugontwikkeling en Diensprogram 5

• MES Impilo Gesondheidsorgprogram 6

• MES Voorskoolseprogram 7

• Othandweni Straatkind/Jeugprogram 8

• Tswelopele Werkskeppingsprogram 9

• Bedieningsdepartement 10

MES - Metro Evangeliese Sorg

VisieOm die hart van die stad te verander.

MissieMES is ‘n gemeenskapsgebaseerde Christelike organisasie wat aktiwiteite inisieër en fasiliteer om mense holisties te bemagtig tot selfstandigheid, volhoubaarheid en ‘n betekenisvolle lewe.

Historiese agtergrondMES het in 1986 vanuit die NG Gemeente Jhb-Oos ontstaan as ‘n spontane evangelisasiebeweging wat gefokus het op die nood van die stad. Die behoefte aan ‘n organisasie soos MES was ‘n uitvloeisel uit die verandering wat in die stad plaasgevind het. Waar die middestad eers ‘n gesogte en florerende besigheidsen-trum en woonbuurt was, het dit verander na ‘n arm en behoeftige omgewing wat deur misdaad en ander sosiale probleme gekenmerk word. Vandag het MES 145 voltydse personeellede. MES volg ‘n holistiese benadering om mense intellektueel, fisies, emosioneel en geestelik te ontwikkel deur middel van ontwikkelingsprogramme en bediening.

Ons Strategie

Page 3: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

Metro Evangeliese Sorg 3

Gemeenskapsorg-program

MissiestellingDie program spreek die basiese nood van die behoeftige gemeenskap aan en skep sodoende ‘n ondersteunings-basis waaruit verwysings na gespesialiseerde programme gemaak kan word.

TeikengroepGemeenskapsorg fokus op die haweloses (25 jaar en ouer),behoeftige families en bejaardes.

Strategiese aktiwiteite

Basiese sorg en maatskaplike dienste• Daaglikse voedselsekuriteits- programme, verspreiding van komberse, klere en toiletware en beskikbaarstelling van stortgeriewe. • Assesserings gedurende aand-uitreike, by die hulptoonbank en oornagskuiling waar praktiese en emosionele ondersteuning gegee word. • Emosionele ondersteuning gedurende besoeke aan bejaardes.• Basiese sorg en ondersteuning aan rampslagoffers.• Noodverligting aan mishandelde vroue en kinders.• Tuisbesoeke en assesserings aan behoeftige gesinne en bejaardes in die Bertrams omgewing.Onderrig, opleiding en indiensplasing• Lewensvaardigheids- en motiveringskampe vir die hawelose gemeenskap.• Verwysings na Entuthukweni opleidings- en indiensplasingsprogram.Gesondheid• Die mobiele kliniek besoek die Bertrams omgewing een maal per week.• Verwysings na gesondheidsorgprogram gedurende aanduitreike.Behuising• 100 beddens by Ekhaya oornagskuiling.• 120 beddens by Ekuthuleni deurgangshuis.• Noodbehuising vir mishandelde vroue en kinders.• Noodbehuising vir rampslagoffers.

Page 4: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

4

Entuthukweni opleidings- en indiensplasings-program

MissiestellingOm toepaslike opleidingsprogramme vir kliënte en MES se personeel te ontwikkel, te koördineer en te fasiliteerdeur ‘n geïntigreerde diens aan hulle tebied deur die kombinering van maatskaplike sorg, opleiding en indiensplasing om te verseker dat die uittrede uit die program volhoubaar is.

TeikengroepHierdie program is gerig op al MESse kliënte en MES personeel.

Strategiese aktiwiteite

Basiese sorg en maatskaplike dienste• Assesserings,gevallekonferensies en individuele ontwikkelingsplanne vir kliënte.• Monitor studente se vordering deur die hele program.• Maatskaplike verligting aan alle studente en afgestudeerdes.• Beginnerspak vir eerste plasings (kombuisstel, beddegoed, ens).• Gesinsinstandhoudingsprogram.• Verwysings na ander vennote en diensverskaffers.Onderrig, opleiding en indiensplasing• Lewensvaardigheidsprogramme fokus op lewensvaardighede, persoonlike finansiële bestuur, werksvoorbereiding, ABET en gesondheid.• Beroepsopleidingsprogramme sluit in: rekenaaropleiding, Mikro MBA (besigheid), stoffering/houtwerk, sekuriteitsopleiding, datavaslegging, opleiding as persoonlike assistent, oproepsentrum, messel- en pleisterwerk.• Die opvolgprogram fokus op leerlingskapplasing, indiens- plasing en bystand met entrepreneurskappe.• Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon.Gesondheid• Alle studente het toegang tot die MES Impilo siekeboeg.Behuising• Behuising van studente wat die opleidingsprogramme bywoon en afgestudeerdes in die opvolgprogram.

Page 5: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

Metro Evangeliese Sorg 5

Joshua Jeugontwikkelingen -diensprogram

MissiestellingHierdie program se missie is tweevoudig: • Om ‘n veilige omgewing vir skool- gaande kinders en jongmense uit die gemeenskap by jeugontwikkelingsentrums (naskoolsentrums) te skep, waar lewensvaardighede en ander aktiwiteite gefasiliteer word wat die totale mens bemagtig om ‘n betekenisvolle lewe te lei. • Om ‘n geleentheid vir hierdie jongmense, wat onervare in die werkplek is, te skep waar hulle opleiding in ‘n verskeidenheid van vaardighede kan ontvang, terwyl hul gemeenskapsdiens verrig.

TeikengroepDie program is gemik op skoolgaande kinders (160) en gematrikuleerde jeugdiges (15)tussen die ouderdomme van 18 tot 23.

Strategiese aktiwiteite

Basiese sorg en maatskaplike dienste• Noukeurige werwing vir Joshua diensjaar.• Basiese sorg is aan alle kliënte beskikbaar t.o.v. klere, komberse & kospakkies. • Vaardigheidsontwikkeling.• Beradingsessies en assesserings met skoolgaande kinders in nood.• Bystand aan die Johannesburgse Nooddienste tydens rampe.Onderrig, opleiding en indiensplasing• Hulp met huiswerk, skooltake en voorbereiding vir eksamens by jeugontwikkelingsentrums. Aktiwiteite sluit ook ontspanningsaktiwiteite in en fokus op lewensvaardighede en leierskapontwikkeling.• Verskeie opleidingsprogramme en geleenthede is aan die Joshua jeugjaarspan beskikbaar.• Joshua span werk in die onderskeie MES programme en doen so waardevolle werksondervinding op. • Fasiliteer vakansieprogramme.Gesondheid• Toegang tot die MES Impilo siekeboeg.Behuising• Behuising word aan die Joshua diensjaarspan verskaf.

Page 6: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

6

MES Impilo Gesondheids-program

MissiestellingOm ‘n professionele en holistiese gesondheidsorgdiens aan die hawelose en behoeftige gemeenskap in die Johannes-burgse middestad te bied.

TeikengroepHierdie program fokus op Johannesburg se hawelose en behoeftige gemeenskap.

Strategiese aktiwiteite

Basiese sorg en maatskaplike dienste• Maatskaplike diens is beskikbaar vir die pasiënte by die Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum.

Onderrig, opleiding en indiensplasing• Vrywillige berading en toetsing by die “wellness” kliniek.• Ondersteuningsgroepe.• Gesondheidsveldtogte.• Opvoedkundige werkswinkels.

Gesondheid• Primêre Gesondheidsorg: Mobiele kliniek, siekeboeg.• “Wellness” kliniek: VCT en anti-retrovirale behandeling.• Pallitatiewe sorg by die Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum.

Behuising• Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum voorsien behuising aan persone met spesiale behoeftes.

Page 7: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

Metro Evangeliese Sorg 7

MES Voorskoolse Program

MissiestellingOm kinders in ‘n skoon, veilige en gesonde omgewing te onderrig om hulle te bemagtig om tot skoolgereedheidsvlak te ontwikkel.

TeikengroepDie program fokus op babas, kleuters en kinders in die ouderdomsgroep 3 maande tot 6 jaar.

Strategiese aktiwiteite

Daar is tans twee voorskole in die program, naamlik Roly Poly Voorskool (150 kinders)en Ekuthuleni (35 kinders). Nog ‘n Voorskool, Dinaledi (160 kinders) sal in Julie 2007 sy deure open.

Basiese sorg en maatskaplike dienste• Behoeftige kinders ontvang klere en kospakkies.• Twee voedsame etes word daagliks voorsien.• Personeel word opgelei om kinderste assesseer en getraumatiseerde en mishandelde kinders na gespesialiseerde dienste te verwys.

Onderrig, opleiding en indiensplasing• Intellektuele ontwikkeling van alle kinders deur die Smile Education kurrikulum. • Toegeruste speelgrond buite verseker die fisiese ontwikkeling van elke kind. • Ontspannings- en opvoedkundige uitstappies.• Ouer/onderwyser-vergaderings met werkswinkels oor bv. ouerskapvaardighede en goeie voeding vir kinders.

Gesondheid• Toegang tot die MES Impilo siekeboeg.• Gespesialiseerde gesondheidsorgdienste en assessering is deur ‘n vennootskap met Universiteit Johannesburg beskikbaar.

Page 8: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

8

Othandweni Program

MissiestellingOm ‘n holistiese en ontwikkelingsdiens aan die straatkinders/-jeug binne die Johannesburg omgewing te bied deur middel van verskillende projekte wathulle in staat stel om selfstandige ledevan die gemeenskap te word.

TeikengroepOthandweni teiken jaarliks 400 kinders /jeugdiges op die straat tussen die ouderdomme van 16-24 jaar. Dit sluit ook jong moeders met babas van die ouderdom 3 maande tot 6 jaar in.

Strategiese aktiwiteite

Basiese sorg en maatskaplike dienste• Daaglikse uitreike om die behoeftes van kinders/jeugdiges op straat te assesseer. • Ontwikkelings-assessering en implementering van gevalle- konferensie-proses met elke jeugdige wat deel van die intervensieprogram wil word. • Daaglikse voedselsekuriteitsprogram, verspreiding van komberse, klere en toiletware en voorsiening van stortgeriewe by invalsentrum.• Familie-instandhoudingsprogram. • Voogskap- en diversifiseringsprogram.• Verwysings na en ondersteuning tydens dwelmrehabilitasie.

Onderrig, opleiding en indiensplasing• Informele oorbruggingsopleidingsprogram by invalsentrum.• Formele opleidingsprogram fokus op ‘n 10 maande intervensieprogram wat lewens- en beroepsvaardighede behels.• Opvolg en indiensplasing. • Sport en ontspanning: sokker-, krieket- en netbalontwikkeling en lewensvaardigheidskampe.

Gesondheid• Alle studente het toegang tot die MES Impilo siekeboeg.

Behuising• Behuising word aan die volgende persone verskaf: studente in informele en formele opleidingsprogram, 72-uur noodbehuising, afgestudeerdes besig met die opvolgprogram en korrektiewe dienste plasings.

Page 9: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

Metro Evangeliese Sorg 9

Tswelopelewerkskeppings-program

MissiestellingOm werkskeppingsgeleenthede met gespesialiseerde opleiding tekombineer om ‘n volhoubare inkomste aan die werkers te verseker.

TeikengroepHierdie program fokus op die ontwikkeling vanwerkskeppingsprojekte.

Strategiese aktiwiteite

Basiese sorg en maatskaplikedienste• Werkers word volgens hul Individuele Ontwikkelingsplan gemonitor.• Wanneer nodig word werkers na maatskaplike werkers verwys.

Onderrig, opleiding en indiensplasing• Werkers se vaardighede en talente word ontwikkel.• Werkers word aangemoedig om hulle eie artikels te ontwerp.• Bemarking van artikels om volhoubare bestellings te verseker.• Volhoubare inkomste vir elke werker.

Gesondheid• Werkers het toegang tot die MES Impilo siekeboeg.• Dra tot ‘n gesonder omgewing by deur hersirkuleerde advertensiebordmateriaal in die gebruik van ontwerpersartikels te gebruik.

Page 10: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

10

Bedieningsdepartement MissiestellingOm die harte van mense deur die Evangelie van Jesus Christus te verander. Strategiese Aktiwiteite

• Om mense in hul verhouding met Christus te help deur Evangelisasie en Dissipelskap.

• Om die jeug deur leierskap- ontwikkeling te bemagtig om volhoubare lewens te lei.

• Om pastorale ondersteuning en sorg aan die gemeenskap in die middestad en MES personeel te gee.

• Om deur die Bybelskool en leierskapontwikkeling geestelike leierskap binne die gemeenskap en die kerk verder te ontwikkel.

• Om gereelde aanbiddings- dienste in verskeie tale te hê.

• Die MES Teologiese Kollege beoog om predikante in die gemeenskap deur middel van ‘n 3 jaar teologiese opleidingskursus te bemagtig.

• Veertig persent van die mense in die middestad is buitelanders. Buitelandse studente wat die Teologiese Kollege bywoon sal MES help om buitelandse gemeenskappe in die middestad met die Evangelie te bereik. Die uiteindelike doel is om hulle toe te rus met ‘n basis waarmee hulle na hul land van oorsprong kan terugkeer om die Evangelie van Jesus te verkondig.

Page 11: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

Metro Evangeliese Sorg 11

MadulamohoGedurende 2005 is ‘n 2de artikel 21 maatskappy vanuit MES gestig. Madulamoho spreek die behuisingsnood in die stad aan. Madulamoho se eerste behuisingsprojek, die Europa Hotel, is ‘n voorbeeld hoe ‘n vervalle gebou omskep kan word in bekostigbare behuising. Daar is 80 wooneenhede en die MES Entuthukweni opleidingsentrum is ook op die perseel. MES glo in die bou van gemeenskappe – een gebou op ‘n slag.

Universiteit van JohannesburgOpvoeding en opleiding is belangrik in enige ontwikkeling. Die Universiteit van Johannesburg het ‘n formele ooreenkoms met MES aangegaan en onderneem om MES te help met die kurrikula ontwikkeling en registrasie.

GeloofsgemeenskappeMES is dankbaar teenoor vele kerke, selgroepe, medegelowiges vir hul tyd, verbintenis, finansies en insette om die Hart van die Stad te verander. Blywende verandering vind van binne plaas.

Korporatiewe en Buitelandse DonateursMES sien ons donateurs as vennote om die Hart van die Stad te Verander. Die Korporatiewe Diensgeleenthede het verandering vir baie individue beteken – binne en buite die programme – veral vir dié wat kom dien het. ‘n Spesiale dankie vir elke bydrae.

StrategieseVennootskappe

Departement vanMaatskaplike Ontwikkeling Gedurende 2005 het MES ‘n vennootskap aangegaan met die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkel-ing om ‘n geïntegreerde sosiale ontwikkelingsplan te ontwikkel.

Om armoede doeltreffend aan te spreek, moet ‘n reeks van dienste beskikbaar wees. MES se programme werk saam Om die Hart van die Stad te verander!

Page 12: Metro Evangeliese Sorg 1 - GivenGain · • Studente se kinders word na die MES Voorskoolseprogram verwys terwyl die ouers die opleidingsprogramme bywoon. Gesondheid • Alle studente

12

MESPrivaatsak X33

Hillbrow2038

Tel: 011-725 6531Faks: 011-725 6572

E-pos: [email protected]

Artikel 21 Maatskappy 1989/004921/08 NPO No. 023-603 / PBO No. 930003011 / Artikel 18A RG/0012/09/04

Erkenning

2000: Impumelelo Toekenning 2001: Internasionale Impumelelo nominasie2006: Nominasie en op kortlys vir Gauteng Premier toekenning vir uitmuntende diens.

KernwaardesDie kernwaardes van MES is gegrond op Christelike beginsels met spesiale verwysing na:

• Liefde en omgee vir ons medemens

• Spreekbuis te wees vir geregtigheid

• Met integriteit en deursigtigheid op te tree

• Om uit te reik na alle mense ongeag ras, kultuur, godsdiens, geslag of seksuele oriëntering

Bankbesonderhede

• MES Algemeen, ABSA, Parktown• Takkode: 514205• Rekeningnommer: 3240140208

(Let wel: elke program het ook afsonderlike bankrekeninge)

Ontwerp deur Vintage Designs : 082 566 0574