Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro...

8
31 Mei 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] / [email protected] Wat gebeur DV hierdie week….…… Sondag 31 Mei Gebedskrygers Erediens Koffiediens 07:30 09:15 17:30 Maandag 1 Junie Gebedskrygers 07:00 Dinsdag 2 Junie Gebedskrygers Tribe C (Gr 1-5) Plugged in (Gr 6-7) 07:00 16:00 18:00 Woensdag 3 Junie Gebedskrygers Growth Point 07:00 18:30 Donderdag 4 Junie Gebedskrygers 07:30 Vrydag 5 Junie Gebedskrygers Vroue gebed 07:00 09:00 Gebedskrygers Manne bid-uur Karnaval 06:30 06:30 Saterdag 6 Junie Uitgawe 19/2015

Transcript of Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro...

Page 1: Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid

31 Mei 2015

Iederark

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] / [email protected]

Wat gebeur DV hierdie week….……

Sondag 31 Mei

Gebedskrygers Erediens

Koffiediens

07:30 09:15

17:30

Maandag 1 Junie

Gebedskrygers 07:00

Dinsdag 2 Junie

Gebedskrygers Tribe C (Gr 1-5) Plugged in (Gr 6-7)

07:00 16:00 18:00

Woensdag 3 Junie

Gebedskrygers Growth Point

07:00 18:30

Donderdag 4 Junie

Gebedskrygers

07:30

Vrydag 5 Junie

Gebedskrygers Vroue gebed

07:00 09:00

Gebedskrygers Manne bid-uur

Karnaval

06:30 06:30

Saterdag 6 Junie

Uitgawe 19/2015

Page 2: Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid

Uitgawe 19/2015 Bladsy 2

SENDING GEBEDSVERSOEKE

HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid asb dat Vader ’n honger na die Woord in die pasiënte se harte sal plaas. Bid asb vir: Volkome herstel vir ’n persoon wat ’n

beroerte gehad het en baie aangetas is. ’n Persoon met ’n heupvervanging. Iemand op hoë ouderdom met knie-

vervanging

BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Bid asb vir: Ons voorbereiding om terug te gaan

Botswana toe. Dankie Here vir U genade, liefde, ont-

ferming en seën. Vir vriende en ’n gemeente wie ons

soveel ondersteuning en liefde gee. Die voorreg om in die Koninkryk van

God te mag werk, ons dien ‘n groot Here. Al die eer aan Hom.

VERITAS SENDING (Ds Dawie en Naomi) Ek is dankbaar om weer tuis te wees na ‘n baie geslaagde beplanningsvergadering in Lusaka. Verteenwoordigers van Uganda, die DRK, Burundu, Malawi, Mosambiek, Angola, Namibië en Zambië het saam beplan en ervaringe uitgeruil om sinvol ons gesamentlike roeping uit te lewe.

Dis nie moontlik om ‘n week se belewenisse in ‘n paar sinne weer te gee nie, daarom noem ek net enkele punte:

Daar is ‘n groeiende behoefte aan opleiding vir gemeenteleiers wat nie bloot vakke bestudeer nie maar vir elke onderwerp teruggaan na deeglike Bybelstudie. Van al die lande was die konsensus dat opleiding in Bybelskole

en Teologiese Fakulteite min aandag aan vaardigheid in Eksegese gee.

Die probleem van armoede in Afrika is baie kompleks, maar is in wese ‘n probleem van gebroke verhoudings wat die mens baie kwesbaar laat. Die “livelihood training” is reeds goed gevestig in Malawi en Zambië en is ook in Burundi en die DRK uitgerol. Dit maak ‘n merkbare verskil om armoede aan te spreek. Veskeie getuienisse is gelewer van mense (en selfs gemeenskappe) wat ‘n paar jaar gelede nog in armoede vasgevang was, wat nou hulle families goed versorg omdat hulle as verloste mense geleer het om dit wat die Here tot hulle Beskikking gestel het, as goeie rentmeesters reg te benut. Kom ons dank die Here hiervoor, en bid vir die opleidingsprogramme in elk van hierdie lande.

MALAWI SENDING (Pieter) Baie dankie: Pieter is veilig terug in Malawi en weer

aan die gang. Sy arm pyn nog in die nag en dus kry hy min slaap.

Dankie vir Hennie Smit wat hom by die lughawe gaan haal het tot by Nkhoma, en die volgende oggend tot by Desda.

Dankie vir sy bure wat hom by Desda gaan kry het.

Pieter vra ons moet asseblief bid vir: Die mense van die Village om nie moe-

deloos te raak nie. Eers het hulle mielie-lande weggespoel en in die week is ‘n trop olifante deur die village, juis toe hulle nie krag gehad het nie. Hulle het die ryslande waarop hulle nog kon reken heeltemal verwoes.

Page 3: Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid

Uitgawe 19/2015 Bladsy 3

‘N OGGEND VAN HOOP

Met internasionale oorwinnaarsdag in gedagte, hou CANSA vanjaar ʼn oorwinnaarsoggend genaamd “ʼn Oggend van hoop”. Hierdie oggend vind plaas op 6 Junie met Elsje Neethling (swemsensasie Ryk Neethling se suster) wat ʼn kanker-oorwinnaar is. Sy sal haar verhaal kom meedeel met ʼn inspirerende boodskap van hoop. Heerlike verversings en gelukkige trekkings maak deel van die program uit. Hierdie geleentheid is oop vir enigiemand wat wil kom luister; dus is enigiemand welkom om die oggend by te woon. Dit is ʼn fondswerwingsgeleentheid vir Cansa, so u ondersteuning sal hoog op prys gestel word. Elsje Neethling het ook baie interessante krale wat sy self maak en tydens die geleentheid uitstal en verkoop (Hip E beads). Gaan loer gerus op die internet na haar unieke skeppings! Die geleentheid vind plaas by die Gallery, Ferdinand Postma Biblioteek, NWU Potchefstroom. Kom ondersteun hierdie oggend en koop

ʼn kaartjie by die Cansa-kantoor in James

Marokastraat 79, teen R120 per person.

Vir navrae skakel Sr Minne by 082 520

8445

Page 4: Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid

Uitgawe 19/2015 Bladsy 4

Wat my ma my alles geleer het Sy het my geleer van bid: "Jy moet bid dat daai kol uit die mat is as ek vanaand by die huis kom" Sy het my geleer van Time Travel. "Ek sal jou tot in volgende week in klap" Sy het my geleer dat pa's slimmer as ma's is. "Gaan vra jou pa" Sy het my geleer van plantkunde. "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei" Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees. "Meneertjie/juffroutjie" Sy het my geleer van die weer. "Dit lyk of 'n orkaan deur jou kamer is" Sy het my van fauna en flora geleer. "Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie" Sy het my geleer om myself te ontdek. "Hou op om jou soos jou pa te gedra" Sy het my van wetenskap en osmose geleer. "Hou jou mond en eet jou kos" Sy het my van uithouvermoë geleer. "Jy sal daar sit tot al jou kool opgeëet is" Sy het my geleer van sintuie. "Kinners word gesien en nie gehoor nie" Sy het my van humor en hartseer geleer. "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil" Sy het my van jaloesie geleer. "Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer" Sy het my geleer daar is 'n plek en tyd vir alles. "As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite, ek het nou-net hier skoon gemaak" Sy het my van wiskunde geleer. "Sit jy al weer en tanne tel" Sy het my van logika geleer. "Want ek sê so" Sy het my van wreedheid geleer.

"Ek gaan jou g@&velle aftrek"

Page 5: Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid

Uitgawe 19/2015 Bladsy 5

Page 6: Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid

Uitgawe 19/2015 Bladsy 6

I saw heaven standing

open and there before

me was a white horse,

whose rider is called

Faithful and True.

With justice he judges

and wages war.

Rev 19:11

Page 7: Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid

Uitgawe 19/2015 Bladsy 7

HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente opgeneem word in Potch Medi Kliniek, moet hulle asseblief by op-name duidelik meld dat hulle lidmate van die NG Kerk Miederpark is. Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle tydens die weeklikse hospitaal-besoeke (Dinsdae en Donderdae) op te spoor.

GEBEDSVERSOEKE

By die sydeur en in die ingansportaal is ’n houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As jy wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n saak of dat ons by jou huis saam met jou moet kom bid, gooi jou versoek in die houer en dit sal opgevolg word.

Page 8: Iederark Mei.pdf · Bladsy 2 Uitgawe 19/2015 SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Tienie en Elize wat die Boodskap by Potch Hospitaal bring. Bid

Uitgawe 19/2015 8

Redakteur:

Naomi Scheepers

E-pos gerus enige voorstelle, idees of

bydraes na:

[email protected]

(Kritiek Welkom!)

GESOEK: Uitstallers vir 'n Kuns- en Plaasmark wat gehou word op 28 Junie 2015 te Kiekies en Konfetti, Trou- en Funksie Venue, Plot 52, Mooibank, Potchefstroom. Verkieslik plaasprodukte soos bv gro-ente, eiers, vleis asook tuisgebak en ingelegde produkte, handgemaakte ar-tikels, ens.

Beperkte spasie is beskikbaar gestel vir klein advertensies @ R100 pm (vir vier

plasings) vir ‘n spasie van 75mm x 70mm. Dit sluit ‘n outomatiese verskyning op die

webblad in. Die koste van ‘n A5 bladsy beloop dan R600 pm. Inbetalings word by die

kerkkantoor gedoen. Advertensies word vooraf opgestel en elektronies tesame met

die inbetalingsbewys na Naomi gestuur. (Naomi en die Mediabestuur hou die reg

voor om advertensies wat indruis teen die etos van die gemeente, nie te plaas nie.

Die voorreg om in die Iederark te adverteer is slegs vir ingeskrewe lidmate van die

gemeente beskikbaar.)

Die grootte van die oplaag word nie gewaarborg nie en word steeds gedruk na die

behoefte van gemeente getalle.