Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

48
HEILIGE WEEK SANGDIENS

Transcript of Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Page 1: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

HEILIGE WEEKSANGDIENS

Page 2: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Fokus op Jesus se lyding en dood

Page 3: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Toetrede

Page 4: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Hoe diep is sy lyding daar aan die kruis (koor)

Hoe diep is sy lyding aan die kruis, hoe wyd strek sy hande om te red. Hoe hoog reik sy liefde wanneer Hy bid, want Hy dink aan ons voordat Hy sterf.

Page 5: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Refrein

Ons dink aan Jesus met brood en wyn, dink aan sy lyding en aan sy pyn. So is sy liggaam vir ons gebreek, so het sy bloed vir ons gevloei. Ons dink aan Jesus met brood en wyn, ons dink aan Hom totdat Hy kom.

Page 6: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 2

Ons kom na die tafel soos Hy beveel, om saam in die nagmaalfees te deel. Sy wens is dat elkeen wat in Hom glo gevoed en versterk word in geloof.

Page 7: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Refrein

Ons dink aan Jesus met brood en wyn, dink aan sy lyding en aan sy pyn. So is sy liggaam vir ons gebreek, so het sy bloed vir ons gevloei. Ons dink aan Jesus met brood en wyn, ons dink aan Hom totdat Hy kom.Ons dink aan Hom totdat Hy kom.

Page 8: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Votum en seëngroet

Page 9: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Jesus, o dink aan my (koor)

Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.

Page 10: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Jesus, remember me (koor)

Jesus, remember me when You come in your kingdom.Jesus, remember me when You come in your kingdom.

Page 11: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Jesus, o dink aan my (gemeente)– sit

Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.

Page 12: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Jesus, remember me (gemeente)

Jesus, remember me when You come in your kingdom.Jesus, remember me when You come in your kingdom.

Page 13: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Is dit, is dít my Koning (gemeente)– staan

Is dit, is dít my Koningkyk daar, aanskou die Mens!Is dit, is dít sy kroningwie het dit só gewens?Is dit sy konings-huldedié riet, dié kleed, dié kroon?Boet Hy só vir my skulde,word só Gods Seun vertoon!

Page 14: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 2

Ja, ek kos Hom die slae,die smarte en die hoon.Vir my hang Hy, verlateen naak, met doringkroon.Vir my was daardie wonde,vir my moes Hy daar staan;Hy moes vir al my sondedie bitt’re kruisweg gaan.

Page 15: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 3

O Jesus, Man van smarte,o Liefde onbegrens,skryf diep in alle hartedie woord: "Aanskou die Mens!"O laat my nooit vergeet niedié kroon, dié kleed, dié riet!Geen groter troos in leed niedis ook vir my geskied!

Page 16: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Wie sal ons glo as ons vertel (koor)

Wie sal ons glo as ons vertelwat God se Kneg moes ly.Verag en deur sy volk verstootmoes Hy die doodstryd stry.

Page 17: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 2

Die Man van lyding ken die pyn,deur God en mens verstoot.Vir ons oortredings hang Hy daar -ons straf kos Hóm die dood.

Page 18: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 3

Deurboor, verbrysel en geslaan -dra Hy ons sondeskuld.Hy neem ons lyding op Homselfin stilte, met geduld.

Page 19: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 4

Ja, Jesus Christus, Lam van God,U is vir ons geslag.U diepe lyding maak ons vryvan skuld- en sondemag.

Page 20: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Kindertyd

Page 21: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Laat ons, Heer, u dood gedenk

Laat ons, Heer, u dood gedenk,Lewe vind in u dood,Wil ons lig en toegang skenk,Laat ons, Heer, u dood gedenk.

Ave Verum (Mozart)Elsje Nelson sopraan

Page 22: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Gebed

Page 23: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Matteus 27:27-31

27 Toe het die soldate van die prokurator vir Jesus na die pretorium saamgeneem en die hele kohort by Hom byeengebring. 28 Hulle het sy klere uitgetrek en 'n helderrooi mantel om Hom gehang. 29 Nadat hulle 'n kroon van doringtakkies gevleg het, het hulle dit op sy kop gesit en 'n riet in sy regterhand. Hulle het voor Hom gekniel en met Hom die spot gedryf: “Gegroet, koning van die Jode!” 30 Hulle het op Hom gespoeg en die riet geneem en Hom herhaaldelik op sy kop geslaan. 31 Nadat hulle met Hom gespot het, het hulle die mantel afgehaal, sy boklere vir Hom aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.

Bybel Direkte Vertaling (BDV) 2014 

Page 24: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Gebed

Page 25: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Dankoffers

Page 26: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Was jy daar toe die Heer gekruisig is? (koor)

Was jy daar toe die Heer gekruisig is?Was jy daar toe Hy wreed mishandel is?Daar aan die kruis het Hy betaal vir al ons sonde.Wat jy daar toe die Heer gekruisig is?

Page 27: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 2

Kan jy sien hoe Hy daar vir jou moes ly?Al die haat waardeur Hy geduldig bly?Daar aan die kruis het Hy betaal vir al ons sonde.Kan jy sien hoe Hy daar vir jou moes ly?

Page 28: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 5

Weet jy nou waarom het Hy daar gehang?Weet jy nou waarom Hy so swaar moes ly?Daar aan die kruis het Hy betaal vir al ons sonde.Weet jy nou Hy’t dit als vir jou volbring?

Page 29: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Fokus op Jesus se opstanding

Page 30: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Kom laat ons almal vrolik (gemeente)– staan

Kom laat ons almal vrolikvoor God die Here sing!Laat heel die aarde juigendaan Jesus hulde bring!

Page 31: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Refrein

Ons Heiland is oorwinnaar,Christus is oorwinnaar,Hy’t waarlik opgestaan!

Page 32: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 2

Die sonde met sy smarteis aan die kruis verslaan.Nou kan ons vol van vreugdena God ons Vader gaan.

Page 33: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Refrein

Ons Heiland is oorwinnaar,Christus is oorwinnaar,Hy’t waarlik opgestaan!

Page 34: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 3

Laat alles wat hier lewedie Heer se liefde prys,want Christus het na lydingweer uit die graf verrys!

Page 35: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Refrein

Ons Heiland is oorwinnaar,Christus is oorwinnaar,Hy’t waarlik opgestaan!

Page 36: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Christus het waarlik opgestaan (koor)

Christus het waarlik opgestaan,Hy het uit die graf gegaan.Daarom kan ons vrolik wees.Hy oorwin aardse vrees.Halleluja!

Page 37: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 2

Christus se woord het ons verbly:Hy gaan vir ons plek berei.Daar sal ons in heerlikheid,woon tot in alle ewigheid.Halleluja!Halleluja!

Page 38: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Prys Hom, die Hemelvors (gemeente)– staan

Prys Hom, die Hemelvors,op sy verhewe troon,loof Hom aan Wie die hemelkoorhul hulde steeds betoon.Aan Hom, die Skepperheer,kom toe die eer en mag.Sy Woord het alles voortgebring,roem ewig sy gesag.

Page 39: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 2

Loof Hom, die Lam van God,want Hy’s vir ons geslag.Hy het ons met sy bloed gekoop;besing sy reddingsmag.Uit elke stam en taalhet Hy ons vrygemaak;sy koninkryk, sy priesterdom -dít het Hy ons gemaak.

Page 40: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 3

Lof, eer en heerlikheid,die wysheid en die kragbehoort aan God daar op die troonen aan die Lam, geslag.Tot in die ewigheidsal ons die lied laat hoor;die hele skepping oraloor roep"Amen" in ’n koor.

Page 41: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Net soos die hemelkoor (koor)

Net soos die hemelkoor sy lof op aarde sing – die Seun van God wat mens kom word en vrede bring – so klink ons lied vir Jesus Christus, God se Seun:U is ons Heer!

Page 42: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 2

Die koninkryk van God, sy liefde en sy trouhet Hy aan elke mens wat luister voorgehou.So klink ons lied: Die deernisvolle Wonderdoener is die Heer!

Page 43: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 3

Die sondes van die mens – ’n mens moet dit betaal.En Jesus gee Homself aan daardie skandepaal.So klink ons lied:Die Seun van God sterf aan die kruis – Hy is die Heer!

Page 44: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 4

Die graf is oopgebreek; Hy het die dood oorwin.Ons lewe tot in ewigheid het nou begin.So klink ons lied vir Jesus Christus, die Oorwinnaar: U is die Heer!

Page 45: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Vers 5

Ons glo dat Hy sal kom, dat ons by Hom sal wees.Ons glo dat ons aansit by sy bruilofsfees.Dan klink ons lied – die Bruidegom het ons kom haal – Hy is die Heer!

Page 46: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Seën

Page 47: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Refrein (gemeente)

Ons Heiland is oorwinnaar,Christus is oorwinnaar,Hy’t waarlik opgestaan!

Page 48: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Dankie!

Albert Troskie (orrelis en liederekeuse)

Elsje Nelson (solis) Anél van Deemter (fluit) Janneke Jacobs (viool) Kerkkoor Ensemble