LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 -...

7
7 Loffienuus 16 April 2014 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 7/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Een van die grootste probleme waarmee jongmense vandag sukkel, is hoe om goeie maniere aan te leer as hulle dit nêrens meer onder grootmense sien nie. (William Ellery Channing) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 16 APRIL KOEKVERKOPING - HOKKIE 16 APRIL GRAAD 1 (2015) - OPEDAG 16 APRIL RAPPORTE: GRAAD 4-7 18 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GOEIE VRYDAG 21 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GESINSDAG 22 APRIL OUERAAND: GRADE 1-7 23 APRIL OUERAAND: GRADE 8-12 24 APRIL GRAAD 8 (2015) – OPEDAG 24 APRIL HOP-AAND: GRONDSLAGFASE 25 APRIL KASKARAFDAG 28 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG 29 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG 30 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG 1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG 5 MEI KASKAR – WENKLAS SE AFDAG 7 MEI VERKIESING 13 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7 14 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7 15 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12 16 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12 21 MEI KOEKVERKOPING: GRAAD 12 22 MEI HIP EN HOP AAND: GRAAD 4-7 23 MEI BLOEDSKENK

Transcript of LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 -...

Page 1: LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/04/LOFFIENUUS7.17APR2014.pdf1 mei openbare vakansiedag - werkersdag 2 mei skoolvakansiedag 5 mei kaskar

7 Loffienuus 16 April 2014

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 7/2014

Webblad: www.gelofte.co.za

Een van die grootste probleme waarmee jongmense vandag sukkel, is hoe om

goeie maniere aan te leer as hulle dit nêrens meer onder grootmense sien nie.

(William Ellery Channing)

Geagte Ouer

1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u

enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is

031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels

‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra

dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief

ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander

aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad

beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

16 APRIL KOEKVERKOPING - HOKKIE

16 APRIL GRAAD 1 (2015) - OPEDAG

16 APRIL RAPPORTE: GRAAD 4-7

18 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GOEIE VRYDAG

21 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GESINSDAG

22 APRIL OUERAAND: GRADE 1-7

23 APRIL OUERAAND: GRADE 8-12

24 APRIL GRAAD 8 (2015) – OPEDAG

24 APRIL HOP-AAND: GRONDSLAGFASE

25 APRIL KASKARAFDAG

28 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG

29 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG

30 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG

1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG

2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

5 MEI KASKAR – WENKLAS SE AFDAG

7 MEI VERKIESING

13 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7

14 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7

15 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12

16 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12

21 MEI KOEKVERKOPING: GRAAD 12

22 MEI HIP EN HOP AAND: GRAAD 4-7

23 MEI BLOEDSKENK

Page 2: LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/04/LOFFIENUUS7.17APR2014.pdf1 mei openbare vakansiedag - werkersdag 2 mei skoolvakansiedag 5 mei kaskar

7 Loffienuus 16 April 2014

29 MEI HEMELVAART EREDIENS

11-27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 8-12

16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG – JEUGDAG

17–27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 4-7

27 JUNIE RAPPORTE: GRAAD 1-3

27 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE

28 JUNIE SKOLLIEKAMP EN LANDSDIENSKAMPE TYDENS VAKANSIE

3. ONS GROEI! Ons is opgewonde en dankbaar oor die groei in ons getalle sedert verlede jaar. Ons het 45 leerders

meer as op die tiende skooldag van verlede jaar. Daar is tans 682 Loffies!

4. NUWE PERSONEEL Ons verwelkom graag vir me. Chanel van Rooyen wat by ons aangesluit het as graad 1

onderwyseres. Ons vertrou dat sy ‘n lang en gelukkige verbintenis sal hê met die skool.

5. AKADEMIESE PRESTEERDERS Baie geluk aan al die Loffies wat onder die top tien akademiese presteerders in hul onderskeie

grade is. Dit is ‘n pragtige prestasie en die vrug op julle harde werk. Die name van die akademiese

presteerders in grade 8-12 word aan hierdie Loffienuus geheg. Die graad 4-7 presteerders se name

sal met die volgende Loffienuus bekend gemaak word.

6. STERKLASKOMPETISIE Die voogklasse kompeteer jaarliks teen mekaar om vas te stel watter voogklas die beste voogklas

vir die betrokke jaar is. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite word in berekening gebring om te bepaal wie

die wenklasse in die onderskeie afdelings is. Die volgende voogklasse loop aan die einde van die

eerste kwartaal voor in die kompetisie:

Graad 1-3 3.1

Graad 4-7 4.2

Graad 8-12 9.2

Baie geluk aan hierdie klasse!

7. KASKAR 2014 Baie dankie aan almal wat die kaskar aan die einde van verlede kwartaal ondersteun het. Die weer

het op die ou end mooi saamgespeel en dit ‘n baie genotvolle geleentheid gemaak. Dankie aan elke

Loffie, ouer en grootouer wat help kaskar bou het. Dankie ook aan elke Loffie wat groot moeite

gedoen het om die R120 op hul borgvorms te kry. Ons waardeer jul moeite! Die wenners van die

onderskeie wedrenne is as volg:

GRAAD 1-3 3.1 (17 RONDTES)

GRAAD 4-6 6.1 (26 RONDTES)

GRAAD 7-12 10.2 (46 RONDTES)

Ons bring graag die volgende onder u aandag:

a) Alle Loffies wat R120-00 of meer inbetaal het mag op 25 April by die huis bly. Daar sal streng

opgetree word teen leerders wat nie die R120-00 ingesamel het nie en op die betrokke dag

afwesig is. Dit is immers net regverdig teenoor leerders wat wel die R120-00 met groot moeite

ingesamel het en dus kwalifiseer vir die afdag. Ons het begrip vir gesinne wat dit moeilik vind

om die R120-00 te betaal. Daar is egter vele voorbeelde van Loffies wat moeite gedoen het om

die R120-00 self bymekaar te maak ten spyte daarvan dat hul ouers dit nie kan bekostig nie. Die

spreukwoord sê nie verniet “Waar ‘n wil is, is ‘n weg” nie.

Page 3: LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/04/LOFFIENUUS7.17APR2014.pdf1 mei openbare vakansiedag - werkersdag 2 mei skoolvakansiedag 5 mei kaskar

7 Loffienuus 16 April 2014

b) Die algehele wenklas, wat bepaal word deur rondtes gestoot sowel as die bedrag ingesamel

deur die klas, sal op 23 April aangekondig word. Hierdie klas mag op 5 Mei ook by die huis

bly.

c) Die leerders wat individueel die meeste geld inbetaal het, sal op 23 April aangekondig word en

hul kontantpryse voor 28 April ontvang.

d) Daar sal ‘n toesigklas wees vir leerders wat wel die R120 inbetaal het, maar om een of ander

rede op 25 April skooltoe moet kom.

e) Leerders wat nie die R120 inbetaal het nie, sal ‘n normale skooldag hê op 25 April en

hersiening doen in die onderskeie vakke.

f) Let asseblief daarop dat leerders wat aan die begin van die tweede kwartaal by Gelofte

ingeskryf het, ook die R120-00 moet inbetaal om te kwalifiseer vir die afdag.

8. LOJALITEIT EN VERANTWOORDELIKHEIDSBESEF Ons vind toenemend dat Loffies wat gekies word vir sportspanne onttrek aan die spanne, dikwels

op ‘n laat stadium, met die verskoning dat hulle bv. ‘n kamp gaan bywoon, ‘n verjaardagpartytjie

bywoon, ens. Met die hoeveelheid spelers tot ons beskikking skep dit geweldige probleme vir

spansporte en is dit ook ‘n reuse verleentheid vir die skool. Ons doen dus ‘n beroep op u as ouers

en op die Loffies om moeite te doen om beskikbaar te wees vir wedstryde wanneer hulle wel gekies

word vir die onderskeie spanne.

9. ONS NETBAL PRESTEER Die toernooi waaraan die O/18 1ste netbalspanspan deelgeneem het verlede Vrydag tussen Werda,

Thomas More, Westville Girls en Pinetown Girls is deur Gelofte gewen. Ons het al ons wedstryde

gewen en dring sodoende deur na die finale rondte op 10 Mei. Baie geluk aan ons netbaldogters!

10. PRESTEERDERS Baie geluk aan Justin Wiggill wat gekies is vir die O/11 KZN gholfspan wat aan ‘n interprovinsiale

toernooi deelgeneem het waartydens die KZN span ‘n derde plek verower het.

Ons wens ook graag vir Pieter du Plessis geluk wat tydens ‘n onlangse gala vier eerste plekke en ‘n

tweede plek behaal het en boonop aangewys is as die algehele beste swemmer in alle

ouderdomsgroepe.

Ons netbaldogters speel kookwater netbal wat blyk uit die hoeveelheid dogters wat PADSSA

kleure verwerf het vir netbal. Baie geluk aan die volgende dogters met hierdie pragprestasie.

O/14 - Clarinda Jacobs

O/15 - Abbigail Gilbert en Anike van Rijswijk

O/16 - Thyze Groesbeeck, Tuané Welgemoed, Denise de Jongh

O/17 - Rensche Nel, Zelmarie Janse van Rensburg, Deidre-Leigh Engelbrecht

O/18 - Jeane Rieckert, Bernelee Kok, Reinette Fritz, Lia Labuschagne

Elke Human het pragtig presteer deur gekies te word as lid van die Suid Afrikaanse JKA karatespan

wat in Oktober in Japan deelneem aan die wêreld karate kampioenskappe.

Ons wens ook graag vir Esmee de Wit geluk wat tydens die onlangse KZN atletiekkampioenskappe

‘n derde plek verower het in die skyfwerp.

Baie geluk aan Annemé Dyer, Merize Tolmay en Cindy Southey wat PADSSA kleure verwerf het

vir hokkie.

Ons is sommer baie trots op hierdie Loffies wat so pragtig presteer!

Page 4: LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/04/LOFFIENUUS7.17APR2014.pdf1 mei openbare vakansiedag - werkersdag 2 mei skoolvakansiedag 5 mei kaskar

7 Loffienuus 16 April 2014

11. ATKV-REDENAARS Die eerste ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie vir 2014 vind op 25 April 2014 te

Richardsbaai Hoërskool plaas. Die registrasie vind reeds om 07:45 – 08:00 in die skoolsaal plaas.

Verrigtinge begin stiptelik om 08:00.

Die volgende leerders is gekies om Gelofte Skool te verteenwoordig en ons wens hierdie Loffies

sterkte toe:

Ruben Potgieter, Esmalien van Dyk, Mia Zwanepoel, Charlise van Staden, Elsje Steenekamp, Miné

Nel, Lehanke Swarts, christelle Koetsier, Tian Nothnagel, Barnard du Preez, Olga Hougaard,

Jannelie du Preez, Simoné Heenop, Ryan Moffat en Jeané Myburgh.

12. APRILVAKANSIE NOMMER 2 Neem asseblief kennis daarvan dat die Nasionale Onderwysdepartement besluit het dat alle skole

sal sluit op 25 April en weer sal heropen op 5 Mei. Hierdie besluit is geneem as gevolg van die

hoeveelheid openbare vakansiedae en/of skoolvakansiedae wat in hierdie periode val. Leerders sal

op Vrydag, 25 April op die normale Vrydag uitkomtye verdaag en nie om 11:00 soos tydens

skoolvakansies nie.

13. PITKOS: VREES EN HOOP “Alle dinge sal regkom!” sê Hoop. Terwyl Vrees sê: “Dit sal nooit regkom nie!” hou hoop vol dat

dit sal. Vrees bring die aanbreek van die nag; Hoop bring die dagbreek. Vrees is verlammend; hoop

is soos ‘n opkikker. Hoop is nie net ‘n tonikum nie, maar dit verhef mense bo depressie. Dit is

kenmerk, nie net in die geval van die individu nie, maar ook in maatskaplike verhoudings en die

gemeenskap self. Dit staan direk teenoor angs, vrees en teneergedruktheid. Dit noem homself

geduld en die kleur daarvan is helder.

14. BEHEERLIGGAAM: TUSSENVERKIESING Baie geluk aan die volgende drie ouers wat verkies is tot die beheerliggaam:

Renier Meintjies, Pieter Grundling, Leonie Botha.

Ons sien met verwagting uit na hul insette en betrokkenheid op hierdie vlak.

15. VERVOERGELEENTHEID Ons is op soek na ‘n vervoergeleentheid vanaf en terug na Reservoir Hills. Indien u kan help,

kontak asseblief vir Natalie by 086 126 2533.

16. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik

bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Cheyenne Breedt, Ivan Bekker, Chantelle Dartnall, Valery Leamy, Andrea Le Roux, Natasha

Muller, Blade Horne, Lenteli van Zyl, Francois Burger, Cheralee Taljaard, André van Zyl, MJ

Dyer, Kyle Venter, Mark Walters, Megan Feast, Katelyn Fouché, Reinard Janse van Rensburg,

Thomas Sephton, Leamé Hattingh, Damian Smith, Brendan Joubert, Chanté Zaayman, Anleroux

van Tonder.

17. KLUB 100 OOP VIR ALMAL Let asseblief daarop dat Klub 100 voortaan pa’s sowel as ma’s verwelkom as lede. Die kleinspan

kan saamgebring word na die vergaderings. Vergaderings vind as ‘n reël plaas op die eerste

Dinsdag van elke maand en begin om 18:00 in die Uitspan.

Page 5: LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/04/LOFFIENUUS7.17APR2014.pdf1 mei openbare vakansiedag - werkersdag 2 mei skoolvakansiedag 5 mei kaskar

7 Loffienuus 16 April 2014

18. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal

aflaai op hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na www.school-communicator.com en volg die

stappe. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL

BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON.

19. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat

ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord.

Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig:

Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg

Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Edith van Dyk

Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Amanda Stoltz

Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Daleen Coetzee

Administratiewe navrae [email protected] Reinette Janse van Rensburg

Administratiewe navrae [email protected] Edith van Dyk

Afwesigheid van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg

Afwesigheid van leerders [email protected] Edith van Dyk

Graad 4-7 aangeleenthede [email protected] Deon Pretorius

Graad 1-3 aangeleenthede [email protected] Riette Havemann

Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator

Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator

20. E-POS Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is

uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,

aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n

elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na

[email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad

(www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie

en graag ‘n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe.

21. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te

maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte

teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks

gebruik sal maak.

Die skool se bankbesonderhede is soos volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

______________

D C PRETORIUS

ADJUNKHOOF

Page 6: LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/04/LOFFIENUUS7.17APR2014.pdf1 mei openbare vakansiedag - werkersdag 2 mei skoolvakansiedag 5 mei kaskar

7 Loffienuus 16 April 2014

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ____________________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ______________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________ _______________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

ADVERTENSIES

Page 7: LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/04/LOFFIENUUS7.17APR2014.pdf1 mei openbare vakansiedag - werkersdag 2 mei skoolvakansiedag 5 mei kaskar

7 Loffienuus 16 April 2014