Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem...

36
Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika Die April 2011 Nr 228 Ligdraer

Transcript of Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem...

Page 1: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika

DieApril 2011

Nr 228

Ligdraer

Page 2: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

“ G r o t e r l i e f d e h e t niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee” Joh 15 : 13

VoorbladIndien u ‘n artikel in die Ligdraer wil plaas, kontak die redakteur, Hermann Havenga, by die volgende nommers:

Huis 018 462 9304Selfoon 084 437 6266of e-pos aan [email protected]

Besoek gerus die Kerk se webwerf by

www.cvsa.co.za

Om die Ligdraer in PDF formaat te ontvang, stuur ‘n e-pos aan

[email protected] Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika

DieLigdraer

Page 3: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Inhoud1 Laat u wil geskied

9 Prys sy Naam

9 Selfs 4 maal per dag

11 God is goed

12 In Memoriam - Oom Pieter van Rensburg

13 Psalm 121

16 Here wat wil U hê moet ek doen?

17 Baie diep haal Hy my uit

19 Die roepstem van die Heer

21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945

23 Verjaarsdae 70

25 Huwelike

26 Nuwe lidmate

27 Dopelinge

28 Sterfgevalle

29 Algemene Inligting

31 Spesiale dienste 2011 en 2012

+

Page 4: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Fa

nie

Vis

ag

ie (

Le

raa

r)

Laat u wil geskied!

Ek wonder of een van ons die bewustheid het van die waarde van een siel? As ons dit sou besef sal ons dalk op 'n ander manier deur die lewe gaan. As ons vir 'n oomblik stilstaan en dink dat die Seun van God sy luisterryke hemel verlaat het. Hier binne-in ons Hemelvader se hart was daar 'n kommer oor 'n verloregaande wêreld, siele wat 'n ewige nag instort. Ek wil nie eintlik vir u vanmôre 'n boodskap bring nie, ek wil vir u 'n getuienis kom lewer:

Verlede Sondag het ek vir u vertel dat ek die sleutel ontdek het van kindwees van God. Hoe meer en dieper ek in hierdie onderwerp ingrawe van die gedagte: nie my wil nie Here, maar U wil, het ek besef dit is die grootste boodskap wat ek vir u kan gee. Dit lyk as ek vir u 'n boodskap moet gee om saam met u te vat in die jaar, dan

is dit dat u net op die plek moet kom waar u in opregtheid sê: “Here, van nou af nie meer wat ek wil nie, maar wat U wil.”

Dinsdagmiddag het ek daar in my kantoor ingegaan en gaan doen wat ek gesê het. Ek het met opregtheid na die Here toe gegaan. Voor ek verder gaan – ek bid vir jare vir 'n salwing met die Heilige Gees. Ek probeer beter lewe, ek probeer hier dit en daar dat, maar niks gebeur nie. Dinsdagmiddag kom ek met my swakheid na die Here toe. Ek sê vir Hom: “Here Jesus, nou wil ek nie meer nie, van nou af wil ek doen wat U wil hê ek moet doen.” Ek het baie groot met die Here ontmoet, en dit was vir my so spesiaal dat ek dit wil aanbeveel by elke kind van God. Dit is die sleutel tot saligheid, soos ek verlede week vir u gesê het. Dit is

Boodskap van ons leraar

Sondagoggend 6 Februarie 2011

Jes 55:6: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is;

roep Hom aan terwyl Hy naby is.”

421

Page 5: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

422

die sleutel tot volkome kind van God wees. Dit is die sleutel om die werk van die Here te doen. Dit lê daarin om die wil van God ten volle te doen. Dit is die sleutel van gehoorsaamheid. Om gehoorsaam te wees is om te doen wat God wil hê jy moet doen, en net dit.

Vroeg Woensdagmôre word ek wakker en ek hoor die liedjie wat br Kobus van Rensburg se dogter Michelle Kersdag gesing het: “Daar's 'n vuur binne my, en dit brand ja, dit brand.” Dit het by my gebly, die hele dag. Die volgende môre het ek weer wakker geword met die woorde: “Hier is 'n vuur binne-in my en dit brand my.” Ek het besef die Here het in sy groot volmaakte liefde sy salwing met die Gees andermaal vir my gegee om hierdie werk op aarde te kan doen. Dit is eintlik wat ek vir u wil sê. Ek het verlede week ook aangehaal van ons ou reëltjie waar die Here Jesus sê: “Moenie onverstandig wees nie maar verstaan wat die wil van God is. Moenie dronk word van wyn nie, daarin is losbandigheid, maar word met die Gees vervul.”

So kan ek die een na die ander voorbeeld uithaal van wat God wil. Dit is sy wil dat nie een mens verlore gaan nie. Terwyl ek hierdie dinge beleef en oordink het, kom daar 'n kommer in my hart oor ons volk en die volk se kinders, en die toestand van hulle sieleheil. Ek het besef dit is seker die grootste geskenk wat 'n evangeliedraer ooit kan ontvang: dié dag wanneer iemand na wie hy/sy hul hand na uitgereik het sê: “Die Here het my siel gered.” Ek wil vanmôre net so raak aan 'n paar klein dingetjies en u aandag daarop vestig

dat dit soms 'n kommer in ons gemoed is wanneer ons sien hoe die Christendom lewe. Ek wil vandag oor die Christendom praat, nie die verloregaande wêreld nie. Oor u en my opdrag om die wêreld in te gaan en die evangelie te verkondig. Dan wonder ek, hoe lyk ons lewe? Daar is dalk 'n verkeerde begrip aan ons oorgedra van hoe 'n kind van God lyk. Ek het tot die besef gekom dat as u en ek kan sien hoe lyk die ewigheid, hoe lyk die verlorendheid, en hoe lyk die saligheid, sal ons ons aandag en klem verskuif om te besef dat my mense is besig om verlore te gaan, en ek doen niks daaraan nie.

Hoeveel keer is ons as ouers geneig om vir ons kinders die beste te begeer. Ons wil so graag hê hulle moet presteer. Ons spandeer soveel tyd daaraan om hulle by die plekke te bring waar hulle hul bekwaam vir 'n toekoms wat voorlê. Ons is baiemaal begaan oor hoe ons meer geld kan bymekaarmaak om vir hulle iets weg te sit vir na die tyd. Ons is bekommerd oor baie dinge in die lewe, en in hierdie proses van jaag van die een dag na die volgende om die beste te gee, is daar mense wat nooit bekommerd is oor hulle kinders wat besig is om verlore te gaan nie. Ons is meer bekommerd oor ons bankrekening as oor ons kinders se sieleheil. So kan ek van die een ding na die volgende gaan. Ek wil weer vir u sê, ek wil dit by u laat: As jy nie die wil van die Here doen nie, sal jy die hemel nie ingaan nie. Daar is nie 'n ander manier om genade by die Here te ontvang nie. Hy sê dit: “Hulle sal kom en sê: maar ons het dit op straat

Page 6: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

geleer, ons het duiwels uitgedryf, ons het baie wonderwerke gedoen”, dalk mense genees, en Hy sal sê: “Ek ken julle nie omdat julle nie die wil van my Vader gedoen het nie.”

Die sleutel in die hemel in, lê by die wil van God, en Hy wil ons elkeen met sy Heilige Gees vul, en as u vir jare al bid vir die Heilige Gees, dan het ek ook vanmôre die sleutel vir u kom gee. Gee u wil ten volle aan die wil van die Here oor. Baie jong vrouens is bang hulle mans gaan hulle miskien los as hulle hierdie besluit maak. Dierbare dames, die Here sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. Mans het ander dinge, soos sy aansien by die werk, of wat dit ook al mag wees, sal daaronder ly. Ons lewe in 'n wêreld wat smag na u en my aanraking. Ek het gelees van 'n prediker wat vir sy kerkraad gesê het: “Ons het 'n groot probleem en wie gaan my help? Ons sal iets moet begin doen, die werk van die Here begin doen, ons mense kwyn weg.” 'n Boer het opgestaan en gesê: “Ek het nog nooit iets gedoen nie broers, maar ek sal jou help dominee.” Later kom iemand by die dominee en sê: “Moet hom net nie vra om te bid nie, want hy kan nie bid nie, en moet ook net nie vra dat hy voor mense moet optree nie, want hy het nie die vermoë nie.” Maar die nag het dit gesneeu en hierdie boer het na die smid toe gery in die dorp en hy het sy perd buite vasgemaak en ingestap. Die jong smid sê toe vir hom: “Maar oom, hoe is dit dat jy hier aankom deur hierdie weer?” Die beskrywing sê die boer het bitterlik begin ween en die jongman aan sy skouers gevat en gesê: “Tom, toe jou

pappa oorlede is het hy julle as kinders vir my agtergelaat, in my voogdyskap. Ek het julle laat grootword en die lewe laat ingaan. Maar ek het julle nooit gevra om 'n Christen te word nie.” Hy het omgedraai en is terug huis toe. Daardie nag het hy longontsteking opgedoen en in die volgende paar dae byna gesterf. Hierdie jong smid het opgestaan in die diens en gesê: “Hierdie woorde van hierdie vader was meer werd as al die boodskappe wat ek in my lewe gehoor het, en die Here het my siel gered.”

Wat ek eintlik vir u probeer sê is, u is nie te onbekwaam om vir Jesus iets te doen nie. Dit is waarom die Here Jesus vir sy dissipels gesê het: “Wag totdat julle krag van bo ontvang het.” Al die werk wat u uit uself doen gaan 'n mislukking wees. Ek kan u dit vandag waarborg. Maar al die werk wat u deur die krag van die Heilige Gees doen, sal lewe en oorvloed bring. Ek het so aan hierdie gedeelte in Jesaja gedink en selfs die deel waar Jesus met die vrou by die put praat. Hy het die koste van 'n siel geken. Hy het vir die massas gekom, maar ook vir die individu. Ek sien Hom waar Hy daar by die put gaan sit en 'n vrou wat na hierdie put toe kom op die verkeerde tyd van die dag. Sy was al vyf keer getroud en die man wat sy nou het is nie hare nie. Volgens die Joodse tradisie was jy afgeskryf as jy drie maal geskei was. Dan wil hulle met jou niks te doen hê nie. Dit is waarom sy in die middaguur daar na die put toe gaan. Maar die Saligmaker van die wêreld het vir haar gesit en wag. Dit is nie vir 'n Jood geoorloof om met 'n Samaritaan te

423

Page 7: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

praat nie, wat staan nog met so 'n slegte vrou. En die Here sê vir haar: “Vrou, hierdie water wat Ek vir jou gaan gee, gaan binne-in jou 'n fontein word wat uitborrel.” Dit is die vuur wat die Here in 'n sondaarhart sit wat uitborrel. Daardie vuur wat bly brand en wat maak dat daar 'n lus in jou binneste is om vir 'n mens te sê: “Kom ons dien die Here met opregtheid, kom ons maak 'n ewige besluit. Kom ons sit ons hand in die hand van die Here. Kom ons wil tot beskikking van sy wil, dat Hy in die toekoms wil, en nie meer: 'ek wil' nie.”

Miskien is daar by menigeen van u dalk nog 'n wortel van bitterheid. Vergifnis is een van die groot struikelblokke wat in ons pad staan om by die plek uit te kom waar die Here met ons kan ontmoet. Moontlik is daar in u lewe 'n wortel van bitterheid. Iemand het miskien aan u iets gedoen wat u nog nie vergewe het nie. Dan sê die Woord van die Here jy moet eers gaan regmaak voor jy jou offer na die altaar toe bring. Ek wil vir u hierdie gebeurtenis vertel wat ek van Corrie ten Boom gelees het. Ek weet nie wie van u het al van haar gehoor nie? Sy was 'n skrywer wat uit die Duitse konsentrasiekampe kom. Sy het al hierdie dinge beleef, en toe sy dit oorleef het sy begin skryf en praat oor vergifnis. By geleentheid het sy in München in Duitsland 'n toespraak gaan lewer oor vergifnis. Sy sien toe tussen die skare kom 'n man deurgestrompel en gespook na haar toe – hy sukkel om voor by haar uit te kom. Eers sien sy net sy jas, sy sê maar soos hy nader kom sien sy die pet van

die S.S. en sy uniform. Sy sien daardie oë en sy weet dit is een van die wreedste wagte wat hulle in daardie martelaarskampe gehad het. En skielik gaan daar deur haar gedagtes hierdie tyd van die helder ligte, hulle klere en skoene wat op 'n hopie lê en hoe hulle nakend met die uitgeteerde liggame voor die spottende oë van hierdie wag moes verby stap. Sy sê haar sussie en almal wat sy in daardie kamp geken het, het gesterf. En dit kom by haar op: vandag gaan jy getoets word. Sy sê sy weet nie of hierdie man haar herken het nie, maar sy herken hom en sy het nogal aangehaal van die tyd wat hulle in hierdie plek was waar hulle so verag en gemartel was.

Hy sê vir haar: “Dame, jou toespraak het my beïndruk. Ek was 'n wag daar in die kampe, maar nie lank na dit nie het die Here ook my siel gered.” Sy dink by haarself gelukkig herken hy haar nie. Die volgende oomblik steek hy sy hand uit en hy sê vir haar: “Sal jy my vergewe?” Haar gedagtes maal deur haar kop, maar na 'n rukkie besef sy hier kan sy nie meer wat sy voel nie, nou moet sy 'n besluit maak en doen wat sy preek, en sy steek die stywe handjie uit na die hand toe. Toe hy haar hand vat, gebeur daar iets met haar: Uit haar skouer kom 'n stroom van krag tot binne-in haar hand en sy sê vir hom: “Meneer ek vergewe jou. Ek vergewe jou van harte!” Dit is somtyds so moeilik om iemand wat soveel skade aan jou gedoen het werklik te kan vergewe. Hierdie man was van die wreedste wat daar was. Maar wanneer die Seun van God se

4

Page 8: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

genade en sy Wondergees in 'n mens inkom, maak hy hierdie besluit: “Here ek wil.” Daar gaan nie 'n towerstaffie geswaai word en u verander nie. Vergeet dit. U het ook 'n wil. U het ook 'n keuse en kan ook besluit. Vanmôre sê die Here die sleutel lê in 'n eenvoudige woord van: “Jy wil wat Ek wil.” So eenvoudig.

Terwyl ek hierdie deel lees in Jesaja 55 wat sê: “Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet. Waarom weeg julle af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.” Ek het so 'n smakie van wat dit is wanneer die siel hom in vettigheid begin verlustig. Dit lyk al hierdie aardse dinge wat ons so najaag en na strewe het vir my skielik geen belang nie, niks. Dit is daardie vrede en blydskap, daardie vuur wat hier binne-in 'n sondaarhart brand wat maak dat ek wil uitreik en vir elkeen sê: Moenie verlore gaan nie, moenie dat u kinders verlore gaan nie. Ons moet so lewe en optree dat ons kinders in ons spore hemel toe kan gaan. Dit help nie jou professor seun of dogter sit 'n ewigheid in die hel nie. Dan liewer skade ly en hemel toe gaan.

Ek het teruggedink aan my tyd daar in Bloemfontein, en besef daar het 'n almagtige God al met 'n nietige mens begin praat. Sondagoggende het ek nie na ander kerke toe gegaan nie, ek het daar in my eie kamertjie in my huis my kinders bymekaar gekry en 'n stukkie gelees en gebid. Maar daar

het 'n ewige God gesien dit is met opregtheid wat ek die Here wil dien in my lewe. Daar het Hy vir my kinders iets gegee wat hulle saam met hulle moet neem. Hulle kan van see tot see gaan, maar hierdie vuur wat hier in my brand, sal jy nêrens anders kry as op die plek waar die Here u geroep het om Hom te aanbid en te dien nie. Wat 'n voorreg. Ek luister Woensdagaand na ons moeder waar sy sê: “Hier het die Here vir my iets gegee wat só spesiaal is dat ek nie nodig het om enigiets op ander plekke te soek nie.” Waarna soek u? Waarna smag u? Is dit nie na die vulling van hierdie wonderlike krag van bo-af nie? Dan sê hierdie versie waarby ons stilgestaan het: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.” Weet u hoe naby Hy vanmôre is? Weet u hoe borrel daardie fontein nog hier uit? Weet u dat ons erfenis hier voor die kansel weggebêre lê? U en ek is oppad om een of ander tyd die stokkie oor te gee. Waar is oom Fanie Roos? Waar is oom Faan Visagie? Waar is tant Hannie Duminy? Ek kan hulle so die een na die ander opnoem. Waar is hulle mantels? Hulle lê hier, hulle het afgeval. Oom Pieter van Rensburg, oupa Maans, noem hulle op. Wanneer ons sien die werk van die Here moet vooruit gaan dan besef ons hier is 'n geslag wie se aandag heeltemal op ander dinge toegespits is as om te help om die werk van die Here te doen.

Het u vanmôre 'n aflosstokkie, 'n mantel wat hier lê wat u kan kom optel? Is u lus om saam met my te sê: “Here, ek wil vorentoe met opregtheid,

425

Page 9: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

nie meer wat ek wil nie, maar wat U wil.” Onthou, opregtheid is die leuse. Toe ek hierdie jaar die datum die eerste keer skryf en ek sien 2011, toe sien ek die nou pad hemel toe tussen die twee ene lê. Ek het geweet die Here gaan my daarlangs roep in hierdie jaar. Die Here roep ons elkeen, nie een is te swak of te sleg om vir die Here iets te doen nie. Al is u soos daardie man wat maar net sê: “Ek het nog nooit vir jou gesê word 'n Christen nie.” Dan werk jy vir die Here, en as jy dit vol van die Heilige Gees doen, dan begin daar lewe in ander mense ontstaan. As u en ek so lewe en so optree en met opregtheid na die Here toe kom, sal die Here uit die hemel uit hierdie mooi werk andermaal weer bekragtig en niemand sal dit keer nie. Wat 'n voorreg. Wat 'n voorreg om vir u te kan sê: “My reis is na die stad omhoog, waar Jesus Koning is.” Hier binne-in my siel is 'n bekommernis oor elkeen wat hier is. Dit sê nie u is nie reg nie, dit sê net vir u die Here lê iets op u hart, 'n kommer, 'n bekommernis, sodat ek sal sien die jonger geslag kom na vore

en sê: “Hier is ek, ek gaan die Here dien.” Waar lê u wortels? Waar lê u erfenis? Waar het die Heilige Gees al met u 'n pad gemaak en geloop? Is u nie lus om saam met my te sê: “Here Jesus, ek gee nie om wat op my lewenspad kom nie, maar my prioriteite moet ek agter mekaar kry en my siel is die kosbaarste van alles.” ?

Ek dink so terug aan my ou grootvader wat hier op die markplein in Klerksdorp gesê het: “Al val ek nog 'n duisend maal ek sal weer opstaan en ek sal die Here dien.” Dit is my erfenis. As hy nie opgestaan en aangehou het nie, was ek vandag nie hier nie. Wie van u se ouers het u so weggegee? Wie van u besef ons is in hierdie tyd besig om stadig maar seker al verder en verder weg van die baan te gaan waarin die Here ons geroep het? Laat ons vanmôre stil word en opkyk na die troon van genade toe en as dit vir u in u hart reg val, maak saam met my 'n besluit: “Here, van nou af nie meer wat ek wil nie, net wat U wil.”

Doen slegs u wil, Heer, u wil met my,

U, Pottebakker, en ek die klei;

vorm my en maak my net soos U wil,

op U slegs wag ek, needrig en stil.

426

Page 10: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Daar was onweer in die lug, of laat ek sê in die huis, want ek was dronk en my vrou was woedend, en natuurlik ek ook.

Ek het al my klere ingepak en stasie toe gegaan met die hoop dat ek van my klere kan verkoop om geld te kry vir 'n treinkaartjie, maar die mense wou niks weet nie – al kon hulle sien ek was dronk. Ek kon darem geld kry vir 'n bottel drank, en het op die stasie Pretoria toe probeer bel vir geld. Ek kon nie deurkom nie, maar het die sekuriteitswag gevra of hy belangstel in van die klere. Hy het, maar hy het ook nie geld gehad nie.

Toe het ek maar die bottel leeggedrink en geloop. Sonder tas natuurlik. Ek onthou dit was 'n nagmerrietog deur die reën en nag tot ek eindelik voor Checkers was waar ek geskuil het voordat ek huis toe kon loop. By die huis het ek geklop aan die deur, maar my vrou was nie tuis nie. Ek kon dit nie verstaan, want ek het vroue stemme gehoor as ek by die venster klop. Die polisie het later gekom en gesê ek moet loop. Ek kry Annetjie by my dogter. Ek het geweet ek kan nie meer in Klerksdorp bly nie – ek was sonder klere, s iek en vol selfverwyt. Die middag is ek weer weg dorp toe, en gaan by my

vriend aan wat my geld gee. Met die geld koop ek 'n half bottel brandewyn en sigarette. Ek besluit om weer stasie toe te gaan, maar op pad daarheen kry ek 'n motorhawe en 'n wegsteek stoepie (ek weet nou nog nie waar dit was nie). Die petroljoggie het my toestemming gegee om daar 'n bietjie te rus.

Terwyl ek daar rus, het iets met my gebeur. Ek glo nie ek het gebid nie, dit was meer 'n oopmaak van my hart met al die sondes. Ek het besef ek is alleen, sonder mens en sonder my Jesus Christus. Ek weet nie of ek van die drank gedrink het nie, maar die bottel was al weer boomskraap. Ek het skielik, onverklaarbaar op my voete gespring, met vrede en vreugde wat my oorspoel. Ek weet ek het hard geskree en uitgehardloop na die motorhawe langsaan. Toe ek die joggie vertel wat gebeur het, het hy my net verbaas aangekyk. Ek het verleë omgedraai, want sy gesig het my vertel hy glo nie wat ek praat nie. Maar ek het die gevoel geken, want ek het dit voorheen ondervind. Ja broers en susters, moontlik was dit die vrede van die Heilige Gees, maar hoekom sou die Here my die vrede gee en nie die Heilige Gees nie? Dit is vir my vandag nog amper onmoontlik om te glo dat die Here ons swakke

Dri

es

du

To

itPrys sy Naam!

427

Page 11: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

sondaars so lief het dat hy 'n dronk man sal seën met sy lieflike Heilige Gees.

Die môre vroeg voor Checkers oopmaak, was ek daar. Die gevoel was daar, maar die geloof het ontbreek. Ek het weer gedrink. Die heel dag was ek by Checkers en het gedrink, maar het nie dronk geword nie. Ek het gevoel en geweet ek moes wag vir iets, maar het nie geweet wat nie. Checkers het toegemaak en ek het maar my botteltjie gevat. Op pad na ons leraar toe, het daar 'n swart man op 'n fiets na my toe gekom. Ek het hom glad nie herken nie, maar hy het gesê hy soek na my want my tas is by die stasie. Hy was op pad huis toe, maar het eers weer saam met my stasie toe gegaan om my tas vir my te gee. Ek het my tas daar op 'n bankie oopgemaak, en was verbaas dat alles nog daarin was. Ek het die man al die klere gegee wat hy daardie eerste aand wou gehad het, en het hom bedank vir die tas. Ek moes terug gaan huis toe (waarvoor ek nie baie lus was nie), maar het geweet ek moet. Ek het nog steeds die gevoel van die Heilige Gees in my binneste gehad.

Ek het voor 'n leë kafee gaan sit, darem eenkant, maar verwaarloos, ongeskeer, ongekam, vuil en my gesig byna nerfaf gebrand deur die son. Daar kom toe 'n jong man en meisie by die kafee uitgeloop, draai om en kom terug met 'n halwe brood en 'n halwe liter melk. My hele houding het seker gesê ek is honger. Later die aand, toe dit tyd word dat die kafee sluit, het ek besef daar is baie rondlopers. Ek het gesien hoe hulle na my en die tas kyk – ek was 'n maklike prooi. Daardie tyd was daar

seker 'n bende engele wat my omring het. Ek het opgestaan en stadig geloop, want ek was swak en die tas was swaar, maar ek het geweet om te bly sit sal nie help nie, ek moes iets doen – al is dit net loop. Net voor ek by die West End gebou kom, kom daar drie swart mans aan en ek weet dit is verby. Ek het die tas neergesit, maar toe ek opkyk was hulle weg. Ek het besef dat God se bewarende Hand my beskerm het. Toe ek by die gebou verby stap het die nagwag my vriendelik gegroet. Ek het oor die pad gestap, maar omgedraai en hom gaan vra of ek die nag daar kan deurbring, want ek was bang hulle vat my tas. Hy het gesê dit is in orde en vir my 'n plek gewys waar ek kon rus. Ek kon daar lekker slaap en het weer gedrink. Gelukkig was die bottel nou leeg, en kon ek dit weggooi. Die volgende oggend het broer Johannes le Grange my daar gekry en my seun Danie gebel, en hy het my kom haal. In daardie toestand – vuil en half dronk, kan ek niemand kwalik neem wat nie kan glo hoe die Here my in so 'n toestand kon aanraak nie.

Toe ek gesond was, en die gevoel van die Heilige Gees steeds in my binneste ervaar het, het ek kerk toe gegaan en aan ons evangelis, br Fanie Visagie vertel wat die Here vir my gedoen het. Ek het verwag dat my vertelling ongeloofwaardig sou wees, maar hy het my geglo toe ek vir hom sê die Here het my gered, terwyl ek in 'n besope toestand was. Ek dank die Here vir sy Gees wat Hy in my hart gesit het. Loof die Here, die Begenadiger, halleluja, prys sy Naam!

428

Page 12: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Siekte is iets wat ons elkeen tref. Wanneer ons siek word, wil ons soms die simptome eers self dokter en kyk of ons nie die siekte so kan wen nie. Dit kan verkoue, griep, maagkrampe, naarheid of selfs hoofpyn wees. Soms in ons eie onkunde, vererger ons net die toestand, en dit dwing ons om 'n afspraak met die dokter te maak. Meeste van die tyd loop jy selfs tot twee weke met daardie pyn, of probleem voordat jy by die dokter uitkom. Dan wonder jy wanneer jy in die spreekkamer sit, waarom het ek nie al lankal 'n afspraak gemaak nie?

Die dokter ondersoek jou en sy diagnose was presies wat jy gedink het fout was, maar jy het die verkeerde medisyne gebruik. Hy gee dan vir jou antibiotika en sê gebruik dit drie keer per dag. Jy kry ook 'n inspuiting om als af te rond. Hy verseker jou dan dat jy sommer gou beter sal voel, en sê ook, as dit nie werk nie, kom so gou moontlik terug sodat ons dieper in die toestand kan inkyk.Hierdie dokter is mens net soos ek en jy, en kan ook foute maak. Ons gaan egter huis toe en luister na wat hy gesê het. Ons eet op tyd, sodat ons die pille daarna kan drink, om te voorkom dat ons die nagevolge daarvan moet dra. Ons stel selfs die wekker sodat ons die

pille stiptelik kan drink, om so gou moontlik gesond te word.

In ons daaglikse lewe gaan dinge ook verkeerd. Ons verhoudings verbrokkel, finansies ontbreek, armoede en werkloosheid tref ons. Dalk is ons slagoffers van misdaad, kapings of selfs verkragtig. Hierdie is siektes van die wêreld wat ons as Christene tref. Ons leef in 'n siek wêreld! Wat doen ons wanneer ons kruppel loop as gevolg van so 'n siekte? Dokter ons dit eers self? Sê ons ag, dit is seker God se wil? Ek is maar sondig, so ek aanvaar my straf. Aanvaar jy om 'n sukkel bestaan te maak? NEE!!! Ons is kinders van God. Hy is die Koning van die heelal, en ons is sy kinders. Hoekom wil ons die leuens van Satan glo?

Vra jouself die vraag. Hoe gaan dit met my? Met my verhouding, huwelik, finansies? Hoe gaan dit met my kinders? Vra jouself dan ook die vraag, hoe gereeld het ek onthou om antibiotika te drink? God se woord is ons antibiotika, en gebed is die inspuiting. Dit is beskikbaar vir ons elkeen. Ons is so bevoorreg om in 'n land te bly waar ons nog die Woord vryelik kan bekom, en te kan lees net waar ons gaan! Wat is jou verskoning? Hoe gereeld maak jy

Ge

rha

rd N

el

Selfs 4 maal per dag

429

Page 13: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

tyd om jou antibiotika en inspuiting te neem?

Ek wil 'n voorbeeld gebruik. Kom ons sê die “siekte” wat jou tref is 'n finansiële probleem. Hoe hanteer jy dit? Baie belangrik: Moenie jouself probeer genees nie! Nee my vriend, jy gaan probeer en 'n leuen gaan in jou oor gefluister word, wat jy gaan begin glo, sonder dat jy een pilletjie gedrink het. Jy gaan sieker en sieker word en voor jy jou kan kry, is daar geen genesing nie. As jy in die dokter se spreekkamer sit, voor jy nog pille by die apteek gaan kry het, gee hy jou die inspuiting. Dit is jou eerste stap. Gebed. Praat met God, deel jou kommer met Hom en gee die probleem vir Hom. Dan begin jy met jou antibiotika. Lees die Woord. Ja my vriend, selfs drie maal per dag. Jy het 'n siektetoestand, en jy moet die Woord vat. God se Woord word nooit oud nie. Dit verveel nie, want daar is lewe in. Dit bring jou ook op die punt waar jy nederig voor God staan, en besef jy is niks, God is alles!

Jesus het aan die kruis vir ons sondes gesterf. Ons vergeet soms dat dit nie al was waarvoor Hy gesterf het nie! Hy het gesterf sodat ons vry kan wees. Vry van sondes ja, maar ook vry van siekte, pyn en lyding. Vry van swaar jukke, want God se las is lig. Vry van vloeke wat oor jou uitgespreek is. Vry van bande wat jou bind. Ons is duur gekoop!!!

Dit beteken egter nie om Christen te wees is maklik nie. Dit beteken nie ons is vry van beproewings nie. Wanneer beproewing oor ons pad kom, word ons geloof beproef. Wanneer jy die

beproewing slaag, dan groei jy. So, beproewing is nodig, nie maklik nie, maar nodig! Dan sê ek ook, wanneer beproewing kom, en ons faal, dan hou God se liefde ons veilig. God se liefde is nimmereindig. Hy wil jou optel, en na höer hoogtes neem, maar wat is my en jou besluit? Gaan ons na God vir ons inspuiting? Vat ons gereeld ons antibiotika? My vriend, God se Woord en gebed is vir ons wat sy kinders is, soos water vir 'n plant. Ons kan nie daarsonder nie! Ons sal vergaan! Die vrug van die sonde is die dood!

My laaste stelling wat ek wil maak is dit: wie wil ons tevrede stel? Wat is vir ons belangrik? As ons drie maal per dag die Woord lees, hardop bid, gaan mense dalk sê: “O, hy loop met die Bybel onder sy arm.” Ek kan nie onthou dat iemand al gesê het: “O, hy is so siek, hy loop met sy sak antibiotika onder sy arm” nie. En as hulle so sê, wat maak dit saak? Jy wil gesond word, wil jy nie? Laat mense maar sê jy loop met die Bybel onder jou arm, jy weet wat goed is vir jou!

Dankie Here vir 'n oop kanaal van gebed na U toe. Dankie dat U elke gebed hoor en dat u Vaderhart oop is om elkeen wat na U kom, te help. U Woord sê, as 'n aardse vader wie se kind van hom brood vra weet wat goed is en dit doen, hoeveel te meer sal U, ons hemelse Vader, nie vir ons gee wat ons vra nie?

Die Woord sê ook, maak die begeertes van jou hart aan die Vader bekend. Wat is jou siekte vandag? Kom en lê dit aan die Vader se voete. Hy weet wat jy nodig het, maar jy moet Hom vertrou, en Hom daarvoor vra!

4210

Page 14: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Juniemaand verlede jaar was ek met vakansie toe ek na 'n week begin siek

voel het. Ek het gedink dit is 'n maagseer en kry toe 'n voorskif daarvoor,

maar dit het nie enige verligting gebring nie - ek het gesukkel om te loop

en baie siek gevoel.

My seuns Francois en Lukas het my kom haal en na 'n paar dae by die huis

met geen beterskap nie, word ek in die hospitaal opgeneem. Ek was baie

benoud en het gedink ek het brongitis. In dié toestand sien ek my vader

wat al 47 jaar oorlede is, en my oorlede man. Ek gaan praat toe met my

man en vra hom of hy my kom haal. Hy sê toe: “Ek wag hier tot jy kom, dan

gaan ons saam.” Ek kom toe by 'n hekkie, my twee broers Pieter en Freddie

Roos, wat ook nie lank gelede oorlede is nie, staan met hul arms op die

hekkie en ek vra: “Kom julle my haal?” Hulle glimlag net en ek kan nie

deurgaan nie. Ek sien 'n bal op 'n grens (ek vermoed dit moes ek wees).

Dit neig om oor te gaan, maar aan die see se kant is dit baie donker.

Tienuur die aand skakel ek ons leraar en sê vir hom hy moet asseblief vir

my bid, ek is baie siek en die nag is donker, alhoewel ek nooit beangs

gevoel het nie.

Die volgende dag voel ek beter. Na deeglike ondersoek sê die spesialis ek

het hartversaking en die brongitis is water op my longe. Hy stuur my vir 'n

hartsonar, en die persoon sê: “Mevrou ek kan nie glo jy lewe nie, jou hart

is heeltemal verswak. Jy moes as kind rumatiekkoors gehad het. Die

boonste twee hartkamers werk al vir jare nie.”

Ons voorganger se gebed het 'n draai gebring aan die siekte. Ek wil hom

weereens bedank. Die Here het my nog 'n kans gegun om vir my kinders,

kleinkinders en die volk en die volk se kinders te bid. My dank aan my

hemelse Vader

Ma

rie

Sw

an

ep

oe

l

God is Groot

4211

Page 15: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Oom Pieter sal ons altyd onthou

aan Jesus, sy vrou en kinders getrou.

Hy was sagmoedig van gees,

maar eintlik geestelik 'n reus.

Ons het hom nooit kwaad gesien,

altyd vol liefde en teerheid vir tannie Lien.

Hy kon die viool met gevoel bespeel,

dit het die hartsnare geroer en gemoed gestreel.

Oom Pieter was ons geliefde oom,

met 'n liefde vir blomme, plante en iedere boom.

Hy was 'n snoeier van formaat

altyd gereed met vrugteboom-raad.

Hy het gehelp met skottelgoed was -

soms met langbroek en das.

Nooit gaan ons weer op aarde saam verjaar,

maar Kersfees gaan hy in die hemelorkes

speel, sing en baljaar.

Sy voetspore sal altyd in ons hart bly.

Ons jubel nou:

“Dankie Heer, vir 'n mens soos hy.”

Lily

be

th va

n Z

yl

In MemoriamOom Pieter van Rensburg

4212

Page 16: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Hy wat jou beskerm slaap nooit nie. Bedags sal die son jou nie steek nie, en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie. Die Here beskerm jou teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan nou en vir altyd. Op skool was ek nie lief vir sport nie, want ek het gou moeg geword en kon ook nie ver hardloop nie. Ek was nie 'n sieklike kind nie, daarom dat dit nie nodig was om my dokter toe te neem nie. Ek was darem baie kwaad vir Heila, Gert en Nanna omdat hulle mangels uitgehaal was en myne nie.

Tien jaar gelede het 'n kardioloog my hartklep gerek met die ballon metode, en ek was daarna weer lewenslustig, en kon alles doen. Die tyd het verloop en elke keer het ek my afsprake in Durban gemis, omdat ek altyd 'n verskoning gereed gehad het hoekom ek nie dokter toe kan gaan nie.

Verlede jaar het my pa my gebel en my behoorlik gesmeek om op te hou rook. Ek het belowe dat ek sal, maar ek het nie. Eintlik het my pa met elke geleentheid probeer om my te oortuig om dit te laat staan. Na die gesprek op die foon het dit my gepla en die aand lees ek in die Bybel: Hoekom wil jy doodgaan voor jou tyd? Die son laat ondergaan terwyl dit nog dag is?

Op daardie stadium het ek kroniese asma en ek gebruik vier verskillende asmapompies om asem te kry. Maar ek kry nie o o r w i n n i n g o o r d i e r o o k gewoonte nie. Ek probeer, maar die oorwinning kom nie. Die Here het met my gepraat en ek het gekies om nie die stem van die Here te gehoorsaam nie, want die Here sê jy is tot alles in staat deur Jesus wat jou die krag gee. Ek is baie lief vir musiek en maak sommer my eie liedjies wanneer ek Bybel lees. Die dag is ek weer besig met 'n liedjie, Jesaja 43: Jy is Myne, omdat jy vir My kosbaar is sal Ek jou beskerm. Moenie bang wees, moenie vrees nie. Ek is jou God, die Allerhoogste. Aan God kom toe al die eer. Omdat jy vir My kosbaar is, sê die Heer, sal Ek jou beskerm. Moenie bang wees, moenie vrees.

Saterdag werk ek die hele dag. Ons is besig by die diabetiese kliniek, en ek kry die middag eers na vyf klaar. My dogter kom kry my by die werk. In die motor het ek begin hoes. Sy het gevra of sy my hospitaal toe moet neem, maar ek sê toe nee, dit sal nou verby wees (ek het toe alreeds 'n hele paar keer sulke ervarings gehad). Min het ek besef dat ek op die rand van die dood is.

Eliz

ab

eth

Ro

ss

Psalm 121

4213

Page 17: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Maandag begin ek met pyn in my kakebeen. Die hoesbuie is nou erger, en ek het 'n naarheid wat nie weggaan nie. Die dokter wat my sien sê ek moet dadelik in Durban by 'n kardioloog uitkom, want dit is angina. Ek word o p g e n e e m e n h u l l e d o e n ' n angiogram. My mitrale hartklep het heeltemal ineengestort, en die dokter deel my mee dat ek 'n meganiese hartklep sal moet kry. Ek het my pa gebel, en Sondag het hy en Bibi deurgevlieg en die dag by my gebly. Maandag is ek teater toe. Ek het respiratoriese ineenstorting gekry, en my man het die kinders laat kom omdat ek op daardie stadium baie siek was. Ek het van niks geweet nie, maar my dogter het my agterna vertel dat ek vir haar gesê het hulle moenie bekommerd wees nie, die Here is hier by my. Ek kan dit nie onthou nie, maar sal so graag wou: hoe wonderlik moes dit nie gewees het nie!

Ek is so dankbaar teenoor die Chr i s te l i ke Ve ren ig ing : D ie jongmense was in Durban en die kerk se mense besoek my en bid vir my in Durban. Dit was baie spesiaal. Dominee Nico Janse van Vuuren van Umhlanga NG Kerk het my ook besoek. Wannneer mens so ver van die huis af is, en daar niemand is om vir jou te bid nie en jy alleen in die hospitaal lê is dit moeilik, en dan besef jy eers hoe wonderlik dit is om aan 'n kerk te behoort wat omgee. In die hospitaal op die televisie is daar ook nie godsdienstige kanale nie.

Ek word ontslaan en sterk by die huis aan, maar is nog baie swak en kan nie

self bad of aantrek nie. Die Here praat met my, en sê ek mag nie twyfel nie, anders is ek soos 'n brander in die see en kan God niks vir my doen nie. Die Here sê ook: “Wees stil en weet God is in beheer, wees stil en moenie kla nie, wees sterk.” Ek doen longontsteking op, en elke hoes is pynlik met die wond. Dit pyn van alle kante af. My pa bel my en bemoedig en praat en bid vir my. My man stoot my in 'n rolstoel vir x-strale, en Bibi stuur vir my 'n sms wat soveel vir my beteken het: “Here gee haar krag en net 'n tikkie genade om te weet die son sal weer skyn, dis nie net heeltyd nag nie. Ek weet dis moontlik vir U om haar te kan optel vandag.” Die Here vat my hand en dra my deur die longontsteking.

Terwyl ek so siek is luister ek na Radio Kansel en dit help en bemoedig my. Na vele reekse antibiotika besluit die dokter om die drade wat my borsbeen vashou uit te haal, want my liggaam bly dit verwerp en die wond word nie gesond nie. Ek bel my pa, en Fanie bid vir my in die kerk die Sondag voordat ek moet ingaan vir die operasie. Terwyl ek op die teatertafel lê hoor ek die liedjie: “You raise me up so that I can stand on mountains, you raise me up to be so much more than I could be.”

Toe ek daar wakker word het ek die vreeslikste pyn. Dit brand soos ek nie kan beskryf nie. Die belofte wat die Here my gee is: “Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit verander nie... sê die Here wat jou liefhet.” (Jesaja 54:10). Hy ís dáár by jou. Hy

4214

Page 18: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

wás nog die hele tyd dáár! Daar het ek besef hoe groot die liefde van Jesus is, en hoe groot was die geskenk wat Hy gebring het deur vir my aan die kruis te sterf. Want deur sy wonde het daar vir my genesing gekom. En deur sy wonde is my sonde vergewe en wat 'n voorreg om te weet dat my naam in die Boek van die Lewe is. As jy nie seker is nie, moet jy vandag nog seker maak. Die tyd is min. God se beloftes bly dieselfde, vandag en môre. Ek kan getuig dat die Here by sy belofte gebly het in Jesaja 43: “As jy deur water moet gaan, is Ek by jou; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie... want Ek is die Here jou God,

die Heilige van Israel, jou Redder.” Hy wat jou beskerm slaap nooit. Ek is verlos van die rookgewoonte - ek is nou vry; die boeie is gebreek. Aan God kom toe die eer, lof en aanbidding, want aan sy liefde is daar geen einde. Ek gebruik geen asmapompies nie, en is terug by die werk. Ek voel goed en gesond.

Baie dankie vir elkeen wat my in gebed opgedra het, en baie dankie vir die Skype. Ek geniet die kerkklok die meeste, ons het nie kerkklokke in Richardsbaai nie. En die sang - veral na die gebed en die uitspreek van die seën van die Here. Baie, baie dankie.

“Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom.

My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.

Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.

Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.

Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid”

Psalm 121

4215

Page 19: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Wat sal ek die Heer vergeld vir al sy weldade aan my? Wat sal ek Hom bring uit dank vir sy genade? As ons waarlik dankbaarheid aan die Here het, sal ons ook kinderlik onderworpe aan Hom wees. En omdat ons onderworpe is aan Hom, kan ons ook met vrymoedigheid vra: “Here wat wil U hê moet ek doen?”

Die Heilige Gees neem 'n baie belangrike plek in ons gebedslewe in. Om reg te bid moet ons die intieme gemeenskap met God ken, deur die inwoning van sy Gees in ons hart. Die inwonende Heilige Gees vorm ons tot gehoorsaamheid, en maak ons lewe diensbaar in die saak van die Meester. Dan word ons lewe 'n kragtige getuienis vir Hom. Die Here self is die weg, die waarheid en die lewe. Deur Hom alleen kan ons na die Vader gaan. Rom 8:26-28: “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.”

Liewe leser, as jy alles in jou lewe met God deel, deel Hy die rykdom van sy geestelike skatkamer met jou, veral sy kosbaarste en grootste gawe – die liefde. Dit leef in jou gees en word deur jou ganse lewe weerkaats. Broer Johannes Strydom het Woensdagaand 5 Januarie 2011 die diens waargeneem. Ons was maar min in getal, soos alle Woensdagaande. Hy het vir ons voorgelees uit 2 Tim 1:3-14. Dit handel oor voorouers en die geloof, en ek het verlang na ons voorouers wat reeds vooruitgegaan het. Ek het gevoel hulle is maar in die gees by ons. Br Johannes het ook 2 Tim 4:7 gelees: “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.” Dan ook Gal 5:22: “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Watter wonderlike woorde. As ons aan al hierdie vereistes voldoen, sal alles vir ons ten goede meewerk.

Ons leraar het die diens afgesluit met gebed, en hy het gevra dat die Here ons gemeente moet help dat ons nederig, getrou en onderdanig agter hierdie Gees sal aangaan. Wie van u sien kans daarvoor? Kom ons maak dit ons voorneme om ernstig vir ons leraar en sy gade te bid vir gesondheid, krag en wysheid, want hy is die skakel tussen ons en ons Verlosser. Dat hy vir ons sal sê: “So spreek die Here”, en dat ons sal luister en doen wat die Here wil hê ons moet doen. Dan is ek seker die Here sal ons besoek met herlewing.

Mie

mie

van

He

erd

en

Here, wat wil U hêmoet ek doen?

4216

Page 20: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Maandag 8 September 2008 het 'n baie tragiese ding met my gebeur. Ek het 'n baie spanningsvolle tyd deurgemaak. Ek het die Sondag vroeër gaan slaap, want ek het baie sleg gevoel. Die volgende oomblik hoor ek die ambulans dame vra my ma na watter hospitaal hul my moet neem - dit was 4 uur die oggend. Ek onthou toe die dames my in die ambulans laai toe sien ek die rooi ligte en daar het 'n yskoue wind gewaai. By die hospitaal aangekom het ek weer 'n epileptiese aanval gehad, ek het geweldige pyn gehad in my bene. Ek kon nie meer loop nie. Ek is later die middag opgeneem in die ISE waar oom Fanie Duminy my kom besoek het. Soos wat hy my vertel het, het hy gesien ek is baie siek, waarna hy vir oom Fanie Visagie gaan haal het om vir my te kom bid. Terwyl ons leraar en oom Fanie daar by my bid, gaan die hemel oop en ek sien die mooiste gesig: Die Here het 'n stukkie van die ewige lewe aan my openbaar deur my die hemelpoorte te laat aanskou. Dit is 'n goue poort met

pêrels in. In die poort het daar engele gestaan en hul het langs my bed gesing. Hulle het ook gewag vir God se bevel om my te kom haal, maar dit was nie my tyd nie. Ek was nie bang om dood te gaan nie. Die engele was gewone mense met wit rokke aan. Hiermee wil ek graag dankie sê aan my neef Hannes Scholtz, sy sussie Melanie en 'n vriend van hulle wat vir my kom sing het die aand voor ek ontslaan is. Ons is na dokter Visser waar hy gesien het albei my heupe is gebreek. Hy het aan my gesê ons moet dit maar aanvaar - die pyn sal stabiliseer. Ons is na dokter Vlok wat ons toe verwys het na dokter Botha in Randfontein. Hy het aan my gesê ek het 'n 60/40 kans om weer te kan loop. Ek het aan hom gesê my geloof is 100%. Op 25 Mei 2009 word my eerste heup vervang met groot sukses. Op 11 Januarie 2010 word my tweede heup vervang. Daarna het ek in 'n baie diep depressie verval en ek het 'n invalide geword. Ons is terug na dokter Botha op

Pie

ter

le R

ou

xBaie diep haal

Hy my uit

4217

Page 21: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

25 Mei 2010. Hy sê toe my heupe is 100%, alles hang net van myself af. My sussie, Cornelia en Jacqueline Geldenhuys van Pretoria het my gehelp om in 'n rehabilitasie sentrum opgeneem te word. Ek was twee weke daar, en het as 'n wrak ingegaan en soos 'n kampioen daar uitgestap. Deur die Here se wil is ek nou in 'n tehuis waar ek 'n akker vir Hom moet bewerk, moet arbei en siele win. Soos my ouma Lettie sê as ek net een siel na

die Here toe bring, dan het ek 'n hoop op die hemel. Mag die Here my daartoe help. Ek wil ook dankie sê aan almal wat vir my deur die jare en nog steeds bid. Deur my siekte in Pretoria, spesiale dankie aan oom Neels Botha vir sy vele besoeke en Pretoria se gemeentelede vir al jul liefde, sang, gebede en besoeke. Dankie ook aan Willem en Louis vir al hul moeite.

4218

Page 22: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Die sagte roepstem van die Heer

hoor ons jare al nie meer.

Op aarde het sy goue spore reeds verdof,

want Hy woon nou in die hemelhof.

Maar die stem van Jesus kom tog sag,

na dié wat hoopvol op Hom wag.

In die oggend as die voëltjies sing

is daar 'n boodskap wat hul bring.

Die boodskap sê ons Koning Heer

sal vir ewig bly regeer.

Hy bly altyddeur getrou,

as ons net aan Hom vashou.

Die stem van Jesus kom tot my

in 'n kind se laggie bly.

Die liefde het uit Hom gestraal

wanneer daar kinders om Hom dwaal.

Die stem van God se Heilige Gees

vertel presies waar ons moet wees.

Soms kom die stem so soet en sag -

ander kere skerp, en met baie krag.

Lo

uis

Na

ge

lDie roepstem van die Heer

4219

Page 23: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Die Heer se stem praat uit sy Woord

met mensehande klein en groot.

Luister mooi en jy sal hoor -

hoe sy soet stem jou bekoor.

Ons hoor sy stem in soveel dinge,

al is ons maar net wêreldlinge.

Die wind wat deur die bome suis,

die branders wat so rol en bruis.

Die Heer se stem praat soms met my,

om my 'n boodskap te laat kry.

Dat Hy my in sy hand sal hou,

as lewensstorms om my vou.

My vriend, kom luister en word wys -

al is jy jonk, al is jy grys,

na die roepstem van die Heer,

wat aan jou hart klop, so teer.

Maak oop jou hart en ook jou oor,

wyl jy die roepstem van jou Meester hoor.

Anders gaan Hy dalk weer weg,

en wie maak dan jou hemelplekkie reg?

4220

Page 24: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Teks, Jesaja 55 vers 3: Neig julle oor en kom na My toe, luister en julle siel sal lewe: Ek wil met julle 'n ewige verbond maak en aan julle gee die gewisse weldadighede van Dawid. Die oor moet nyg na die God van die hemel, die hart moet nyg om te verstaan wat wil die Here hê van die mens; die hart moet soek om die wil van God te doen. Die mens wat sy eie weg wil gaan sonder om ag te gee op die Gees van God wat ons Leidsman behoort te wees se lewe sal 'n groot mislukking wees. Ons kan nie waag om die lewe voort te sit sonder verseker te wees van die lig van die Heilige Gees wat ons siele bestraal.

Liewe broers en susters, ons herdenk vandag die dag toe die Heilige Gees met 'n kragdadige werking vier-en-vyftig jaar gelede die begin van hierdie Geeswerk aangekondig het. Die Gees was onmisbaar en dierbaar vir die instandhouding van ons kerk in die algemeen, daarom moet julle Hom rein bewaar en stiptelik gehoorsaam; as Gods kinders 'n onvolmaakte lewe lei of onversigtig of hooghartig of eiesinnig of selfstandig wil wees, dan sal dieselfde Gees bedroef word en weggaan. Die Heilige Gees is ons erfdeel, laat Hom toe om besit te neem van u harte dan is u hemel verseker, want die Heilige Gees moet u voorberei vir die hemel. Ek was een van die grootste wêreldlinge en het die Geeswerk gehaat en beveg, maar toe Gods Gees my siel verlig, moes ek soos 'n Paulus omdraai en deur die krag van dieselfde Gees verkondig ek nou 45 jaar lank in hierdie Geeswerk Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker van sondaars.

In die lewens van Gods kinders moet gekenmerk word, nederigheid, minlikheid, verdraagsaamheid, eensgesindheid, heiligheid, liefde en vrede wat nie toegeëien word nie maar moet uitgeleef word as 'n gawe ingeplant deur die Heilige Gees.

My langdurige krankheid het my groot leed veroorsaak, omdat ek nie my geestelike werk kan behartig soos voorheen, veral na ek met die laaste nagmaaldienste op Baviaanskrans in April, die ernstige kou in my bors ontwikkel het wat nou nog my hele gestel steeds meer en meer verswak, voel ek nog meer gekrenk in die gees. Na ek met die Heer te rade gegaan het met my krankheid, het die Heer my laat verstaan dat dit sy wil en beskikking is en Hy 'n doel daarmee het; naamlik dat die broers en susters moet toetree om te help die geestelike werk voortsit; die Heer wil hê dat elke lid ernstige aandag sal skenk aan die deeltjie wat hy of sy moet bydra en elkeen moet iets doen vir Jesus en sy Koninkryk.

Liewe broers en susters, die Here verlang en laat weet dringend as 'n boodskap uit die hemel: Maak tyd om mekaar te besoek en praat oor die ewige dinge; stel belang

Herdenkingsdiens26 Desember 1945 - FJ Roos

4221

Page 25: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

in mekaar se geestelike welstand, moet nooit nalaat om saam te bid vir uself, vir verloregaande siele, vir die Geeswerk en veral vir 'n magtige herlewing. Stel belang in die geestelike vooruitgang van u kinders, maak seker dat hulle die kinderdiens en Sondagskool gereeld bywoon; praat met soekende siele en probeer 'n siel wen vir Jesus. Luister na die boodskap: Neig u oor en kom hoor en u siel sal lewe. As u vir die Here sê: ek hoor, ek kom en ek gaan doen wat Hy laat weet het en u doen dit glo ek die Heer sal my nog spaar en herstel. Broers en susters, ek herhaal, besoek mekaar maar laat Jesus die middelpunt van u besoeke en gesprekke wees. Op die plase moet ook tyd gemaak word vir die alles belangrike saak want dit bly vir ewig. Ek begeer dit van harte dat elke broer en suster sal 'n ewige onherroeplike besluit maak in swakheid of in krag om iets te doen vir die gekruisigde Heer Jesus; is Hy dit dan nie werd nie? Ek het duisende myle afgery met perdekarre om die wonderlike evangelie van verlossing te verkondig .... Ek begeer dan van harte dat almal ook die kinders wat vandag gewillig is om te sê "Heer ek hoor, ek kom, ek besluit om te gaan doen wat U van my verlang" die hande moet opsteek: (Na die gemeente hulle hande opgesteek het, het ons leraar vanaf die kansel, 'n kragtige gebed opgestuur en die Heer gevra om die voorneme en besluit te bevestig waarna hy voortgegaan het met die boodskap.)

Broers en susters, wees getrou, die Here sal u help en krag gee; ons tydjie is baie kort; kyk maar waar is die voorgeslagte, hulle het waardig gelewe en waardig gesterwe, hulle het gebreek met alles wat teen Gods wil was en u moet hulle voorbeeld volg, en dit des te meer omdat ons die tekens sien wat die spoedige koms van Jesus op die wolke aankondig. Moenie gerus en tevrede lewe terwyl die wêreld bedreig word met daardie drie geeste waarvan ons moet uitvlug, nl. die wêreldgees, die onsedelike gees en die onenige gees; hulle is reeds middels in die hand van Satan om die mensdom voor te berei vir die groot stryd teen die Almagtige. Die rooi draak waarvan ons in Openbaring lees, is afgestoot en voer kryg teen Gods volk en is besig om siele in te samel vir die oordeel. 'n Tyd gelede het die Here aan my bekend gemaak ek moet aan die broers en susters sê: Hy wil almal die mag gee oor die krag van Satan om as volle oorwinnaars vir Christus te lewe, maar dan moet julle uitgaan en wegkom van alle sondige dinge en verbode weë en invlug in die veilige Rots Jesus. Laat ons die Gees van God dierbaar ag en rein bewaar, so moet ons liggaam rein wees want dit is die tempel waarin die Heilige Gees moet woon. In vers 2 van Jes. 55 lees ons: ..waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? As hier nog 'n broer is wat geld uitgee vir sterk drank of wyn, of tabak, hou op daarmee, dit bring smaadheid op die werk van die Heer, dit werk teen die Heilige Gees.

Ek het ernstig gebid en gevra die Here moet die Geeswerk staande hou totdat Hy kom en as iemand die Werk wil skade aandoen deur 'n vreemde leer of wat ook al, moet die Here hom wegneem, die Heer moet net eers sy siel red. Werk saam soos die Gees lei, en wees Hom gehoorsaam dan sal u deur die krag van die Heilige Gees 'n volle oorwinning behaal in die stryd en u einde sal seker salig wees.

4222

Page 26: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Verjaarsdae

V erjaarsdae 70+

Junie2 Frans Blom Klerksdorp3 Marieta Visagie Klerksdorp6 Brechtje Labuschagné (Van Jaarsveld) Pretoria12 Frikkie le Grange Klerksdorp14 Sarie van Rensburg (Van Rensburg) Bothaville15 Bessie Labuschagné (Pypers) Klerksdorp24 Ria Labuschagné (Rossouw) Klerksdorp24 Sakkie Pretorius Klerksdorp25 Chris Snyman Vanderbijlpark28 Annetjie van Deventer(Swanepoel) Klerksdorp29 Pieter Rossouw Klerksdorp

Mei1 Kitty Pretorius (Swanepoel) Klerksdorp3 Lissie Blom (Minnaar) Klerksdorp5 Dorie Strydom (Scholtz) Klerksdorp6 Marie Stehlik (Pretorius) Klerksdorp8 Duifie Brand (Duminy) Springs9 Koos Botha Klerksdorp11 Lienie van Rensburg (Meyer) Klerksdorp12 Gert Swanepoel Klerksdorp13 Thys Rossouw Klerksdorp15 Ems Duminy (Botha) Klerksdorp15 Sannie Strydom (Smit) Pretoria23 Hester Kruger (Beytell) Klerksdorp27 Sienie du Plessis (Visagie) Klerksdorp

4223

Page 27: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Verjaarsdae

Julie1 Jan Kriel Vanderbijlpark6 Jackie le Grange Klerksdorp8 Malie Bosman (Van Rensburg) Klerksdorp11 Annatjie le Roux (Kruger) Klerksdorp11 Engela Roos (Smit) Klerksdorp15 Kitty Kriel (Strydom) Klerksdorp18 Kosie Rossouw Leeudoringstad19 Sannie Lindeque (Roos) Klerksdorp19 Charles Duminy Klerksdorp19 Pinkie Esterhuizen Pretoria21 Lief van Rensburg Lichtenburg23 Gert Scholtz Klerksdorp26 Drienie le Grange (Strydom) Klerksdorp27 Caroline Visagie (Van Rooyen) Klerksdorp28 Hannie Stopforth (Duminy) Klerksdorp29 Mienie Sampson (Stopforth) Klerksdorp31 Kobus Swanepoel Klerksdorp

Augustus1 Rudolph van Eeden Klerksdorp5 Peet Bosman Klerksdorp5 Martie Swanepoel (van Niekerk) Klerksdorp11 Boetie Jordan Gansbaai12 Gert Strydom Klerksdorp13 Poppie Duminy (Strydom) Pretoria18 Maggie Rossouw (Le Grange) Klerksdorp22 Ria Lubbe (Labuschagné) Klerksdorp25 Tienie Duminy (Rossouw) Klerksdorp26 Marie Rossouw (Harmzen) Klerksdorp

4224

Page 28: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Huwelike

Wynand van der Westhuizen en

is op 4 September 2010 by Memoire in Mulderdrift

deur ds Van As in die huwelik bevestig

Anél Strydom

42394225

Page 29: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

4226

Nuwe Lidmate

Klerksdorp 24 Desember 2010

Ebert BothaElizma CloeteLeon du RandtJacques du ToitNaomi Fourie

Elsje Janse van RenburgMichelle Janse van Rensburg

Nicola LindeJuan-Marie Rossouw

Kallie RossouwKariesa SnymanGerhard Strydom

Beatrix SwartSirinda van der Merwe

Frankus VisagieLumé Visagie

Bloempark 13 November Mei 2010

Christi Liebenberg

Page 30: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Dopelinge

Naam Ouers Plek DatumDylan Krafs Etienne en Mariaan Vryburg 2010/10/28Lehani Rossouw Johan en Chantel Klerksdorp 2010/12/25Charlize Strauss Charl en Riekie Klerksdorp 2010/12/25Jasmin Swart Beatrix Klerksdorp 2010/12/25

4227

Page 31: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

S terfgevalle

MarkRoos

1967.10.072011.02.21

Pietervan Rensburg

1932.08.172010.11.17

Sonja Palm

1979.12.262010.11.05

MartjieVenter

1923.07.202010.12.11

Koosvan Zyl

1937.11.302010.12.30

LoureenPutter

1964.01.062011.02.27

4228

Page 32: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

Finansiële ondersteuningDie Kerk se bankbesonderhede is as volg:

Christelike Vereniging van Suid-Afrika

ABSA bank (Tjekrekening) ABSA bank (Tjekrekening)Klerksdorp tak (kode 632 005) Pretoria tak (kode 323 345)Rekeningnommer 3030 230 018 Rekeningnommer 40 5155 4280

KerkkantoorGisela PretoriusTelefoon 018 462 2381Faks 018 462 4203 / 086 219 7949Selfoon 074 893 4115E-Pos adres [email protected] Posbus 330, Klerksdorp, 2570Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag 07:30 - 12:00

Adresveranderinge'n Vriendelike versoek aan al ons lidmate om wanneer u verhuis ons so gou moontlik van u nuwe telefoonnommer, woon- en posadres te voorsien met vermelding van u vorige adres en kontaknommer.

Sodoende bly ons rekords op datum en kan ons u Ligdraer korrek versend en ook by u huisbesoek doen wanneer ons in u omgewing is. U kan die nuwe besonderhede aan enige van ons evangeliste verskaf, dit faks of e-pos na die kerkkantoor

lgemene inligtingA

4229

Page 33: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

KontaknommersLeraar Evangelis Koos Botha 018 462 4959 082 335 6454Evangelis Neels Botha 012 807 5802 082 562 5628Evangelis Fanie Duminy 018 406 4118 082 823 4861Evangelis Fanie Visagie 082 331 0432

Fanie Visagie 018 462 1282 082 324 3248

Klankopnames

Alle Jongelingsverenigings, Bybelstudie-opnames asook die boodskappe op Sondae in Klerksdorp sowel as tydens spesiale dienste is op CD beskikbaar teen die volgende pryse (versendingskoste uitgesluit):

R20 per CD R40 per MP3 CDR50 per CD in argief (10 jaar en ouer) asook alle spesiale Cd’s

Buiten bogenoemde is daar ook 'n verskeidenheid ander CD's beskikbaar.

Bestellings en betalings kan gedoen word by die kerkkantoor of by br Gert Strydom (083 654 4949 of 018 462 6833)

Lidmate kan inskakel op eredienste vanuit Klerksdorp op Sondagoggende en -aande. Op hierdie stadium is die internetverbinding by Baviaanskrans, Bloempark en Ebenhaezer te swak vir inskakeling.

Die doel van hierdie fasiliteit is om vir lidmate wat 120 km en verder van een van ons kerke af woon, die geleentheid te gee om in te skakel op bogenoemde dienste. Verdere versoeke mag deur ons Leraar op meriete goedgekeur word.

Die verbinding word gedoen deur Skype.com en die Kerk se gebruikernaam is: cvsaskype. Vir meer inligting kan br Hermann Havenga gekontak word by 084 437 6266 of per e-pos aan [email protected]

Direkte inskakeling op eredienste

4230

Page 34: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26

S pesiale dienste

2012Pretoria10 tot 12 Februarie

Baviaanskrans9 tot 11 Maart

Ebenhaezer5 tot 8 April

Bloempark4 tot 6 Mei

Klerksdorp18 tot 27 Mei

Pretoria3 tot 5 Augustus

Baviaanskrans7 tot 9 September

Ebenhaezer5 tot 7 Oktober

Bloempark9 tot11 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

2011Pretoria11 tot 13 Februarie

Baviaanskrans11 tot 13 Maart

Ebenhaezer21 tot 24 April

Bloempark13 tot 15 Mei

Klerksdorp3 tot 12 Junie

Pretoria12 tot 14 Augustus

Baviaanskrans9 tot 11 September

Ebenhaezer7 tot 9 Oktober

Bloempark11 tot13 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

4231

Page 35: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26
Page 36: Ligdraer April 2011 vir web April 2011 vir web.pdf · 17 Baie diep haal Hy my uit 19 Die roepstem van die Heer 21 Herdenkingsdiens 26 Desember 1945 23 Verjaarsdae 70 25 Huwelike 26