Leerderboek: Kwartaal 4 - Online Manual for School Management
Leerderboek: Kwartaal 4...komkomper Eckhard Cloete ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding dit sluk mense...
Transcript of Leerderboek: Kwartaal 4...komkomper Eckhard Cloete ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding dit sluk mense...
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6
Leerderboek: Kwartaal 4
Informele aktiwiteite: Week 3 & 4
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 2
Luister en praat
Kyk na die illustrasie en bespreek die vrae saam met jou klasmaats en
onderwyser.
• Hoeveel verskillende moderne items sien jy in die prentjie?
• Kies twee items en bespreek die voor- en nadele van die items.
Kyk ook na die logo’s van die verskillende sosiale media kommunikasie netwerke.
Bespreek die voor- en nadele van sosiale media in klasverband.
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 3
Taalspeletjie
Selfone veroorsaak dat mense SMS-taal gebruik. Bespreek die boodskappe in
klasverband. Jou onderwyser of ‘n klasmaat kan die boodskap op die bord in goeie
Afrikaans oorskryf.
Verwerk en aangepas uit: Piekfyn Afrikaans graad 6
Ht j hswrk gdn? Ht ju bdsk gky
Mz ju bja
k wl km
kr
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 4
Lees die gedig saam met jou onderwyser en klasmaats.
komkomper
Eckhard Cloete
‘n rekenaar is ‘n vreemde ding dit sluk mense vir dae aaneen in die skerm maak snaakse patrone op hul bekommerde gesigte maak hulle rûe krommer en krommer totdat hulle oplaas heeltemal gehipnotiseer hulself afsluit en slegs nog met ‘n lui hand klik klik klik die klein skootrekenaar is die ergste my pa sê dis sy werk en dra dit saam na koffiewinkels, krieketwedstryde op ons eetkamertafel het dit ‘n ereplek hy sê volgende jaar kry ek ook een ek sê ek sou ‘n vlieër verkies tegnologie, my kind, sê hy dan en gebruik woorde soos vooruitgang en kommunikasie sonder om sy oë van die skerm af te neem. maar ek, ek hou dinge fyn dop wanneer niemand kyk nie gaan ek en my pa se werk bietjie kwaliteittyd saam bestee ek het gehoor laptops is mal oor swem
Bron: Piekfyn Afrikaans Leesboek graad 6
Woordverklarings
gehipnotiseer - betower
kwaliteittyd - tyd waarin mens iets doen wat belangrik is
onheilspellend - iets wat slegte dinge voorspel
skerm - ‘n rekenaarskerm
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 5
skootrekenaar - ‘n rekenaar wat rondgedra kan word
tegnologie - rekenaars en selfone kan gebruik word om inligting te kry en met mekaar te praat
vooruitgang - vordering maak
Lees en kyk
Ons het twintig kinders by ons skool ondervra oor watter sosiale netwerk hulle
gebruik om met mense kontak te maak. Bespreek die grafiek met jou klasmaats
en onderwyser en beantwoord die vrae mondeling in klasverband.
Whats app
SMS
0 1 2 3 4 5 6 7
1. Wat stel die woorde en syfers op die X- en die Y-as voor?
2. Watter sosiale netwerk word die meeste gebruik? Waarom dink jy word dit die
meeste gebruik?
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 6
3. Watter sosiale netwerk word die minste gebruik? Waarom dink jy word dit die
minste gebruik?
4. Is daar ‘n sosiale netwerk wat deur ewe veel leerders gebruik word?
5. Watter sosiale netwerk gebruik jy? Waarom gebruik jy die sosiale netwerk?
Taalstukture & -konvensies: Bywoorde
Skryf die bywoorde in die volgende sinne:
1. Die man in die motor ry vinnig.
2. Die man bedel gereeld by die verkeerslig.
3. Robert sien dadelik die vrou en die kind.
4. Hier is vir jou kos.
5. Ek gebruik nou my selfoon.
‘n Bywoord beskryf die werkwoord:
Die seun hardloop vining/soggens/buite.
Bywoord van tyd sê vir ons wanneer iets gebeur,
byvoorbeeld: daagliks, dadelik
Bywoord van wyse / manier sê vir ons hoe iets gebeur,
byvoorbeeld vining, stadig.
Bywoord van plek sê vir ons waar iets gebeur, byvoorbeeld: buite, binne, daar.
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 7
Taalstukture & -konvensies: Selfstandige naamwoord
Eienaam: Die naam van ‘n persoon
Skryf die selfstandige naamwoorde in die volgende sinne neer:
1. Die man in die motor ry vinnig.
2. Die man bedel gereeld by die verkeerslig.
3. Robert sien dadelik die vrou en die kind.
4. Hier is vir jou kos.
5. Ek gebruik nou my selfoon.
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 8
Skryf die byvoeglike naamwoorde in die volgende sinne neer:
1. Die kwaai man ry met ‘n splinternuwe motor.
2. Die werklose man bedel gereeld by die besige verkeerslig.
3. Robert sien dadelik die arm vrou en die honger kind.
4. Hier is vir jou lekker kos.
5. Ek gebruik nou my nuwe selfoon.
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 9
Voltooi die volgende internsiewe vorme:
1. Baie donker is …
2. Baie klein is …
3. Baie blou is …
4. Baie wit is ...
5. Baie warm is …
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 10
Taalstukture & -konvensies: Voorsetsels
‘n Voorsetsel (preposition) dui aan waar iets of iemand is.
Skryf die voorsetsels in die volgende sinne neer:
1. Die man in die motor ry vinnig.
2. Die man wat bedel staan tussen die motors.
3. Robert sien dadelik die vrou en die kind buite in die son.
4. Hy staan teen die boom.
5. Ek loop deur die huis.
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 11
Skryf die volgende syfers as telwoorde.
1. 7
2. 50
3. 66
4. 126
5. 31ste
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 12
Skryf die voornaamwoorde in die volgende sinne neer:
1. Die man ry in sy motor.
2. Die vrou eet haar kos.
3. Ek dra my tas.
4. My pa en my ma koop vir hulle nuwe selfone.
5. Sy doen haar werk.
Vul die regte voornaamwoord in:
6. Die mense het …eie motor.
7. Hy doen … eie werk.
8. Ek en my broer stap skool toe. …bly naby die skool.
9. Ek doen… eie werk.
10. My pa werk op … eie rekenaar.
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 13
Taalstukture & -konvensies: Lidwoorde
Taalstukture & -konvensies: Voegwoorde
Daar is 2 lidwoorde in Afrikaans
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 14
Gebruik die woord in hakies om die sinne aan mekaar te verbind
1. Robert Mokoena sien die kind wat bedel…hy sê dit is kindermishandeling. (en)
2. Die man bedel, … hy het nie werk nie. (want)
3. Die man is ryk, … hy wil nie vir die bedelaar geld gee nie. (maar)
4. Die kakkerlakke bly in vullisdromme, … is hulle vuil. (daarom)
5. Hy koop ‘n nuwe selfoon … sy vrou kos koop. (terwyl)
Afrikaans EAT Graad 6: Kwartaal 4 week 3 & 4: Leerders 15
Taalstukture & -konvensies: Sinonieme & antonieme
Sinonieme Selfde Sinonieme is woorde wat dieselfde betekenis het.
Leer die volgende sinonieme.
1. Die meisie / dogter het ‘n rok aan.
2. Ek skryf ‘n storie / verhaal.
3. Wanneer jy verjaar kry jy ‘n geskenk / persent.
4. ‘n Mielieplant is ‘n reuse / groot grassoort.
5. As my ma kwaad is, gil / skree sy op ons.
Antonieme Anders
Antonieme is woorde wat die teenoorgestelde (opposite) betekenis het.
Leer die volgende antonieme.
1. Die begin van die storie is kort.
Die einde van die storie is lank.
2. ‘n Haas hou van rou groente.
‘n Haas hou nie van gaar groente nie.
3. Die mes is skerp, want dit sny die vleis maklik.
Die mes is stomp, want dit kan nie die vleis sny nie.
4. Ek gaan slaap vroeg in die aand.
Ek gaan slaap laat in die aand.
5. Party hase is mak en is goeie troeteldiere.
Party hase is wild en is slegte troeteldiere.