learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie...

201
1 KONTRAKTEREG DEEL I DIE VEREISTES VIR ‘N GELDIGE KONTRAK Eenheid 1: Inleiding tot die Kontraktereg en basiese begrippe. Leeruitkomste: Na afhandeling van hierdie eenheid moet die student die volgende kan doen: 1. Bespreek die historiese oorsprong van die Kontraktereg in Suid-Afrika. 2. Definieer die begrip “kontrak”. 3. Definieer die begrip “verpligting”. 4. Klassifiseer en bespreek die verskillende vorme van verpligtinge. 5. Onderskei tussen die terme “kontrak” en “verpligting”. 6. Identifiseer en bespreek the eienskappe of “terme” van ‘n kontrak. 7. Onderskei tussen die terme “nietig” en “vernietigbaar”. 8. Analiseer die sosiale en grondwetlike waardes veronderstel binne die kontraktereg. 9. Lys die vereistes vir ‘n geldige kontrak. Bestudeer: 1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 1. 2. Uit die Sakelys: Afrox Healthcare v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA) and Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (SCA)

Transcript of learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie...

Page 1: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

1

KONTRAKTEREGDEEL I

DIE VEREISTES VIR ‘N GELDIGE KONTRAK

Eenheid 1: Inleiding tot die Kontraktereg en basiese begrippe.

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid moet die student die volgende kan doen:

1. Bespreek die historiese oorsprong van die Kontraktereg in Suid-Afrika.2. Definieer die begrip “kontrak”.3. Definieer die begrip “verpligting”.4. Klassifiseer en bespreek die verskillende vorme van verpligtinge.5. Onderskei tussen die terme “kontrak” en “verpligting”.6. Identifiseer en bespreek the eienskappe of “terme” van ‘n kontrak.7. Onderskei tussen die terme “nietig” en “vernietigbaar”.8. Analiseer die sosiale en grondwetlike waardes veronderstel binne die

kontraktereg.9. Lys die vereistes vir ‘n geldige kontrak.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 1.

2. Uit die Sakelys:

Afrox Healthcare v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA) and

Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (SCA)

Alternatiewe studie:

1. Christie. The Law of Contract in South Africa. Fifth Edition. Chapter 1.

2. Bhana et al. Students’ guide to the Law of Contract. Second Edition. Chapter 1.

Page 2: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

2

1. Historiese Agtergrond

Volgens Christie is die kontraktereg van fundamentele belang in die moderne wêreld, omrede dit verweef is met en onlosmaaklik verbonde is aan elke vorm van ekonomiese aktiwiteit.1 Om hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg gereguleer. Die Romeins-Hollandse Reg het die beginsel aangeneem dat elke ooreenkoms wat opsetlik en ernstig gemaak is, ‘n kontrak daarstel, vanselfsprekend beïnvloed deur die kanonieke reg (spesifiek die ius gentium, of die reg van die mensdom), asook ‘n wete dat die erkenning van beloftes inherent was aan volke van Germaanse oorsprong.2 Grotius het in die 17de eeu aangedui dat die reël stipulatio=pactum=kontrak en die Romeinse onderskeid tussen hierdie konsepte nie meer bestaan het nie.

Die Suid-Afrikaanse konsep van “kontrak” Volgens Brand AR3 is Suid-Afrikaanse kontraktereg ongekodifiseer, en die kern van hierdie ongekodifiseerde stelsel is sewentiende-eeuse Romeins-Hollandse Reg.4 Toe die Hollanders die Kaap de Goede Hoop in 1652 geokkupeer het, is hierdie regstelsel in die Kaap aangeneem. In 1806 is die Kaap deur Brittanje geannekseer, en gevolglik is aspekte van Britse Reg in ons regstelsel geïnkorporeer. In 1826 moes daar besluit word of Engelse Reg Romeins-Hollandse Reg aan die Kaapkolonie moes vervang. Die Hoë Hof aan die Kaap moes terselfdertyd besluit of ‘n basies-Engelse of basies-Romeins-Hollandse konsep van “kontrak” aanvaar moes word.5 In die saak van Louisa and Protector of Slaves v Van den Berg (1830) het nog die advokate nog die hof enige verwysing na Engelse Reg gemaak, en eerder op die geskrifte van Voet, Grotius en Groenewegen gefokus. Nietemin is Engelse konsepte soos die “parole evidence”-reël gedurende die daaropvolgende eeu gedurig in die Suid-Afrikaanse kontraktereg geïnkorporeer.

Die belangrikheid van die kontrak in hedendaagse besigheid

Ryan Murray, senior lektor aan die Nottingham Law School, voorsien ‘n baie raak beskrywing van die belangrikheid van modern kontraktereg:

“The law of contract is truly remarkable. In fact, it is difficult to think of an area of law that plays a more important part in everyday life. Literally millions of contracts are formed each day and few of us will make it through 24 hours without entering into a contract. A bus ride to work, the purchase of a sandwich at lunchtime or a ticket to see a film at the cinema, these are all simple examples of contracts that pass us by without much thought as to the legal principles that govern these activities. The reason so many of us are unaware of these contractual

1 Christie 2006:12 Christie 2006: 63 Appelregter Brand is ‘n Ere-professor in die Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van die Vrystaat.4 Brand 2008:715 Christie 2006: 8

Page 3: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

3

principles is that in the vast majority of cases there will be no need to challenge the contract. Most contracts are performed without difficulty with both parties meeting their contractual obligations. Despite the number of contracts that are made every day only a tiny proportion will be challenged by the parties and out of these an even smaller amount will ever reach the courts. However, it is also important to understand the fundamental principles of contract law as it not only provides the framework for resolving disputes when things go wrong under a contract, but it also provides a framework that allows individuals to regulate their own contractual obligations”.6

2. Die term “kontrak”

Geen twee definisies van ‘n kontrak is dieselfde nie. Daar is egter sekere elemente wat altyd teenwoordig is, soos blyk uit die volgende definisies:

Nota aan student: Dit word van u verwag om uself te vergewis met al die definisies van ‘n kontrak wat hier verskaf word. In enige vraag in ‘n toets of eksamen, sal daar verwag word dat al die definisies hieronder weer te gee, tensy spesifiek anders vermeld.

Van der Merwe et al definieer ‘n kontrak as volg:

“’n Kontrak is ‘n belofte om ‘n verpligting na te kom.”

“’n Kontrak is ‘n verbintenisskeppende ooreenkoms”

“’n Ooreenkoms is slegs ‘n kontrak indien die partye bedoel om ‘n vepligting of verpligtinge na te kom”

Nie alle ooreenkomste stel kontrakte daar nie. Die verskil is dat ‘n kontrak ‘n “regsfeit” is, met ander woorde ‘n iets wat as ‘n basis ‘n empiriese realiteit en regsgevolge het.

Christie, ook ‘n Suid-Afrikaanse skrywer, definieer ‘n kontrak as volg:

“’n Ooreenkoms (wat vloei uit of ware of kwasi-mutuele toegewing) wat regsafdwingbaar is of bedoel is om regsafdwingbaar te wees”

Kerr voorsien ‘n redelik ingewikkelde definisie, of eerder ‘n verduideliking van wat ‘n kontrak behels:

“By ‘n kontrak word die regsband, die iuris vinculum, gevorm deur die partye self (of hulle agente) en binne die grense van die reg word die aard van die vepligtinge ook deur hulle bepaal. In sommige gevalle is hulle ooreenkoms feitelik/werklik

6 Murray 2008: 1

Page 4: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

4

(bedoelende beide partye verstaan en stem ooreen oor al die voorwaardes van ‘n eenvoudige koopkontrak) of voordiehandliggend (bedoelende een van die partye, wat in ‘n posisie is om te verstaan wat in ‘n kontraktuele dokument geskryf staan, teken die dokument sonder om die moeite te doen om dit eers te lees). In sommige gevalle is kontrakte werklik asook voordiehandliggend.”7

Bhana et al se definisie is eenvoudiger:

“Kontrakte is ooreenkomste tussen partye wat ‘n bedoeling het om regte en verpligtine tussen hulle te skep wat bindend is op die partye.”8

Major, ‘n Engelse skrywer, definieer die term “kontrak” as volg:

“’n Kontrak word gedefinieer as ‘n regsafdwingbare ooreenkoms. Dit beteken dat ‘n kontrak afdwingbaar is in die sin dat daar ‘n regsremedie beskikbaar is indien een party sou versuim om sy belofte in terme van die ooreenkoms na te kom.”9

Dit is duidelik uit bogenoemde definisies dat akademici soortgelyke idees het van wat die kontrak as regsdokument behels. Twee woorde wat veral gereeld opduik in die definisies is is “ooreenkoms” en “verbintenis”. Gevolglik word daar gekyk na wat met laasgenoemde bedoel word.

3. Die begrip “verbintenis”

Van der Merwe et al verduidelik die begrip “verbintenis” as volg:

“Verbintenis” is ‘n begrip komende van die Latynse obligare wat beteken “om te bind” of “te verbind”. Dit verwys na ‘n regsband (vinculum iuris) wat twee regsubjekte verbind. Die verhouding vereis aan die een kant ‘n reg op prestasie (hierdie reg behoort aan die skuldeiser) en aan die ander kant ‘n verpligting om die prestasie te lewer (hierdie verpligting rus op die skuldenaar). Die aard van die prestasie hou verband met die lewering van ‘n voorwerp (dare) of die verrigting van iets (facere) of die weerhouding daarvan om iets te verrig (non facere). Die skuldeiser se reg word ‘n persoonlike reg genoem, aangesien die objek die lewering van ‘n presasie deur ‘n ander person is. Die reg word ook ‘n “eis” genoem. Die skuldenaar se verpligting om te presteer staan somtyds bekend as ‘n “skuld”. ‘n Verbintenis handel dus oor ‘n reg en ‘n verpligting.10

Bhana et al voeg hiertoe die volgende:

‘n Verbintenis is ‘n regsband of verhouding (vinculum iuris) tussen twee persone wat beteken date en person ‘n verpligitng het om ‘n sekere prestasie te lewer, terwyl die ander party ‘n ooreenstemmende reg het om die prestasie te ontvang. Elke verbintenis behels dus een reg en een verpligting. 7 Kerr 1989:38 Bhana et al 2009: 29 Major 1990: 12310 Van der Merwe et al 2007: 2

Page 5: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

5

Dit blyk uit hierdie definisies dat daar altyd ten minste twee partye tot ‘n verbintenis is. Die party wat die verpligting het om prestasie tel ewer staan bekend as ‘n skuldenaar (debiteur), terwyl die party wat geregtig is om die prestasie te ontvang bekend staan as die skuldeiser (krediteur). Dit is belangrik om te onthou dat verbintenisse nie net deur kontrakte ontstaan nie, maar ook uit hoofde van delikte en onregverdige verryking, waarmee nie in detail in hierdie module te doen gekry word nie.

4. Verskillende soorte verbintenisse:

4.1. Natuurlike verbintenisse (obligationes naturales):

Daardie verbintenisse wat onafdwingbaar is in ‘n geregshof, soos die kontrak van ‘n minderjarige wat nie bygestaan is by die aangaan daarvan nie.

4.2. Burgerlike verbintenisse (obligationes civiles):

Daardie verbintenisse wat afdwingbaar is deur ‘n geregshof, soos verpligtinge wat ontstaan uit ‘n diens-of koopkontrak.

5. Die verskil tussen “kontrak” en “verbintenis”

“Verbintenisse” kan eenvoudig beskryf word as die gevolge van ‘n kontrak. Ten einde te bevestig dat ‘n kontrak inderdaad totstand gekom het, moet daar gekyk word na sekere historiese feite. Geen daaropvolgende gebeurtenisse kan hierdie historiese feite verander nie. Op die meeste kan die gevolg daarvan, naamlik die verbintenis, beëindig word deur vervulling of kansellasie. Die bestaan van ‘n verbintenis kan gekoppel word of onderhewig wees aan ‘n veronderstelling, ‘n voorwaarde of ‘n modus, terwyl die kontrak self nie aan sodanige kwalifiserende terme gekoppel is nie. Kontrakte is dus duidelik onderskeibaar van hulle gevolge, naamlik verbintenisse. Die begrip “kontrakbreuk” word derhalwe verkeerd aangewend, aangesien breuk eerder dui op breuk van die verpligting, en nie die kontrak nie.11

6. Eienskappe van die kontrak:

Volgens Bhana et al word verbintenisse wat deur die kontrak geskep is bepaal deur die terme van die kontrak. Hierdie terme kan in drie sub-kategorieë verdeel word:

6.1. Essentialia: Daardie elemente wat die kontrak identifiseer en van ander tipes kontrakte onderskei.

Voorbeeld: In ‘n koopkontrak is die essentialia die koopprys en die voorwerp wat verkoop word.

11 Van der Merwe et al 2007: 8

Page 6: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

6

Indien die essentialia van ‘n spesifieke kontrak afwesig is, sal die kontrak steeds geldig wees, maar dit sal ‘n verskillende sort kontrak wees.

6.2. Incidentalia: Klousules wat voorsiening maak vir residule aangeleenthede waarvoor die partye spesiale voorsiening wil maak, of die naturalia wil wysig of uitsluit.

Voorbeeld: Partye tot ‘n koopkontrak kan ‘n klousule invoeg wat bepaal dat die goedere “voetstoots” of “soos dit staan” verkoop word. Laasgenoemde beteken dat die verkoper nie ‘n waarborg gee teen latent gebreke in die goedere nie. Die partye sluit dus hierdie naturalia uit die koopkontrak uit.

6.3. Naturalia: Die regsbeginsels van die kontraktereg wat sou geld in die afwesigheid van klousules tot daardie effek in die kontrak self. Dit verwys na terme wat outomaties deur die reg aan ‘n spesifieke kontrak gekoppel word sonder dat sodanige terme deur partye ingevoeg word.

Voorbeeld: Een van die naturalia van ‘n koopkontrak is ‘n waarborg teen latente gebreke. Dit beteken dat die koper in staat sou wees om die kontrak te kanselleer of ‘n prysvermindering te eis sou die goedere ‘n latente (versteekte) gebrek sou hê. Hierdie bepaling sou outomaties deel vorm van die koopkontrak, selfs al sou die partye nie spesifiek daarop ooreenkom nie.

7. Nietig of Vernietigbaar?

‘n Kontrak is ab initio (van die begin af) nietig en het geen regseffek nie indien die grondliggende vereistes afwesig is.

‘n Kontrak is geldig maar kan nietig verklaar word indien ‘n applicant suksesvol bewys dat sekere faktore sy/haar beïnvloed het ten einde die kontrak te sluit, byvoorbeeld dwang, wanvoorstelling en onbehoorlike beïnvloeding.

8. Beginsels en beleide van die Kontraktereg: Sosiale en Grondwetlike waardes

Bestudeer in besonder Van der Merwe et al. pp. 11-18

Die siening dat ‘n kontrak deur ooreenkoms daargestel word gee erkenning aan individuele outonomie as ‘n filosofiese waarde. Kontrakteervryheid beteken dat ‘n individu vry is om te besluit of, met wie, en op watter terme hy wil kontrakteer. Die beginsel van wilsooreenstemming (“consensus”) vereis ooreenstemmng van ten minste twee “wille” vir ‘n geldige kontrak. Nietemin bepaal outonomie ook dat die belsuitnemer verantwoordelikheid moet aanvaar vir sy gekose aksies. Die beginsel van pacta sunt servanda vereis presiese afdwinging van kontraktuele verpligtinge geskep in omstandighede wat bestaanbaar is met kontrakteervryheid en wilsooreenstemming (Hierdie leerstuk insinueer dus kontrakteervryheid). Voormalige Appelregter JJ Hefer,

Page 7: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

7

wat ook ‘n buitengewone professor in die Departement Privaatreg van die Universiteit van die Vrystaat is, noem dat die pacta sunt servanda-beginsel waarskynlik die mees belangrike grondslag van die Suid-Afrikaanse kontraktereg is.12 Dit is egter onvermydelik dat die beginsel soms lei tot situasies waarin kontraktante gebonde is aan ooreenkomste wat tot hulle nadeel is. In die saak van SA Sentrale Graanmaatskappy Bpk v Shifren en Andere13 het Steyn AR beslis dat partye tot ‘n skriftelike kontrak gebonde was aan ‘n bepaling in hulle kontrak dat geen wysiging aan hulle kontrak geldig sou wees indien dit nie skriftelik was nie. In casu het twee partye ‘n huurkontrak aangegaan waarin ‘n sogenaamde “geen wysiging”-klousule ingesluit was, wat bepaal het dat geen wysiging tot die kontrak geldig sou wees indien dit nie skriftelik was nie. Die huurder wou die eiendom onderverhuur en het die mondelinge toestemming van die verhuurder gekry om dit te doen. Laasgenoemde het egter besluit om die kontrak te kanselleer op grond van die feit dat daar nie aan die “geen-wysiging”-klousule voldoen is nie. Die hof het beslis dat die mondelinge toestemming ontoereikend was.

Dit klink moontlik na “harde reg”, veral as in ag geneem word dat die beslissing reeds in 1964 uitgereik is- dertig jaar voor die inwerkingtreding van die nuwe grondwet, aanvanklik bekend as Wet 108 van 1996. Die Shifren-beslissing is egter bevestig in die saak van Brisley v Drotsky14 (wat deel vorm van die KON 214 sakelys en in detail bestudeer moet word).

Die feit dat ‘n verbintenis deur die reg erken word en die effek daarvan deur die staat verleen word, beteken dat privaat individue aan die waardes van die samelewing onderhewig is in die uitoefening van hul outonomie. Moraliteitsbeginsels of sosio-ekonomiese oorwegings mag in sekere omstandighede bepaal dat minder gewig verleen word aan die ideale van individuele outonomie en vryheid. Die reëls van die kontraktereg reflekteer pogings in die regsisteem om om ‘n balans te bereik tussen relevante beginsels en beleide, ten einde bestaande persepsies van geregtigheid en regverdigheid tevrede te stel, asook ekonomiese-, kommersiële en sosiale doelwitte. Om hierdie rede het die kontraktereg ‘n dinamiese en altyd-veranderende aard (Van Zyl, R in Janse van Rensburg v Grieve Trust 2000 (1) SA 315 (C) op 323-324). Hoofstuk 2 van die Grondwet het spesifieke implikasies vir die bogenoemde posisie: Die basiese regte in die Grondwet is ‘n konkrete uitdrukking van beginsels, beleide en waardes wat in die Suid-Afrikaanse gemeenskap voorkom. Baie regte wat aan die individu in terme van hoofstuk 2 van die Grondwet toegeken word, is ook inherent tot die kontraktereg: kontrakteervryheid, private outonomie, obenbare beleid- en belang, die boni mores, bona fides, redelikheid en regverdigheid, en gelykheid. Omdat die Grondwet die hoogste reg in die land is, en die Handves van Regte die mees onlangse uitdrukking van die waardes van die Suid-Afrikaanse gemeenskap, bind presedente deur die Hoogste Hof van Appel gemaak na inwerkingtreding van die Grondwet alle laer howe.

12 Hefer 2004: 113 1964 (4) SA 760 (A)14 2002 (4) SA 1 (SCA)

Page 8: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

8

9. Vereistes vir ‘n geldige kontrak

Oor die volgende paar lesings sal daar gekyk word na die vereistes vir ‘n geldige kontrak. Daar is ses vereistes, wat elk in detail bespreek sal word. Hulle is:

9.1 Wilsooreenstemming9.2 Formaliteite9.3 Moontlikheid van Prestasie9.4 Geoorloofdheid9.5 Sekerheid9.6 Handelingsbevoegde partye

Page 9: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

9

Eenheid 2: Die vereiste van Wilsooreenstemming (“consensus”)

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Verduidelik wat bedoel word met die “basis van ‘n kontrak”en hoe dit gevorm word.

2. Verduidelik die betekenis van die begrip “wilsooreenstemming”.3. Lys en bespreek die drie teorieë vir die bepaling van die teenwoordigheid van

wilsooreenstemming.4. Verduidelik die betekenis van die “objektiewe benadering” tot die vasstelling van

wilsooreenstemming.5. Verduidelik die betekenis van die begrip “dwaling” en identifiseer die oplossings

daarvoor.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstukke 2, 3 and 4.

2. Uit die Sakelys:

Trollip v Jordaan 1960 1 PH A 25 T

Spindrifter v Lester Donovan 1986 1 SA 303

Du Toit v Atkinson Motors 1985 2 SA 893

Allen v Sixteen Sterling Investments 1974 4 SA 174

De Jager v Grunder 1964 1 SA 446 AD.

Alternatiewe studie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. Fifth Edition. pp. 22-24

4. Bhana et al. Students’ guide to the Law of Contract. Second Edition. Chapter 3.

Page 10: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

10

1. Die basis van ‘n kontrak15

Die basis van ‘n kontrak is hetsy wilsooreenstemming, bedoelende ‘n ware “meeting of the minds” deur die partye, of die redelike geloof deur een van die partye dat daar wilsooreenstemming was. Romeinse juriste het nie aanvaar dat elke eenvoudige ooreenkoms (nudum pactum) ‘n regtens–afdwingbare ooreenkoms (contractus) was in die sin dat dit ‘n regsverbintenis daargestel het nie. Ten einde ‘n bindende ooreenkoms te wees, het hulle ‘n spesiale rede vir die aangaan van ‘n verbintenis (causa obligationis) vereis. In Romeinse tye was kontrakte slegs afdwingbaar indien hulle in baie spesifieke woorde uitgedruk is. Sekere kontrakte was slegs bindend indien hulle vergesel is van ‘n saak (contractus re), terwyl ‘n ander soort kontrak bindend was indien ‘n (fiktiewe) inskrywing in die skuldeiser se rekeningboek gemaak is (contractus litteris). Sommige ooreenkomste was regtens bindend selfs al was hulle nie vergesel van spesiale causae obligationum nie. Hierdie was die wilsooreenstemmende kontrakte (contracts ex consensus) wat bindend was bloot omdat die partye tot die kontrak ooreegestem het rakende die essensiële gedeeltes van hulle kontrak. Contractus ex consensus het ‘n kardinale rol gespeel in ekonomiese handelinge, synde dit van die mees algemene ekonomiese transaksies soos koop, huur en diens behels het.

Romeinse juriste het die feit aanvaar dat die ontmoeting van “wille” of “bedoelings” die basis van ‘n bindende kontrak kon vorm. Hulle het egter nie wilsooreenstemming as die basis van alle kontrakte aanvaar nie.

Die Germaanse Reg het nie eers wilsooreenstemming erken tot die mate wat dit aanvaarbaar was in Romeinse Reg nie. Die Germaanse konsep van ‘n bindende ooreenkoms het vereis dat daar ‘n finale doel of voltooide prestasie moes wees. Met die verloop van tyd het die bindende werking van wilsooreenstemming ‘n algemene reël geword in wat gesien is as aanvaarbare gedrag binne die filosofie van Natuurreg, en die leerstellinge van die Katolieke Kerk. Voldoening aan ooreenkomste omdat mens daaroor ooreengestem het, het ‘n morele of religieuse konnotasie verkry, net soveel as wat dit as immoreel of sondig gesien is om nie jou woord na te kom nie. Om morele en ekonomiese redes het Middeleeuse handelaars dus wilsooreenstemming as basis vir voldoening aan hulle ooreenkomste aanvaar. Wilsooreenstemming het dus ‘n deel geword van morele filosofie asook kanonieke reg, maar ook die lex mercatoria of reg van die handellars, wat internasionaal onder handelaars gegeld het.

Die uiteinde hiervan was die aanvaarding van die beginsel pacta servanda sunt as een van die regulerende beginsels van die kontraktereg, veral in die lig van die inkorporasie van Romeinse Reg in Wes-Europese regstelsels. Aan die een kant het die klem op pacta geval, met ander woorde dat blote ooreenkomste bindend kon wees sonder enige spesifieke vorm. Aan die ander kant was die woorde servanda sunt aanduidend van die feit dat dit verpligtend was om ooreenkomste te eer.

15 Van der Merwe et al 2007: 19-21

Page 11: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

11

Teen die sewentiende eeu was die tafel gedek vir die aanvaarding in die Hollandse Reg van die beginsel dat blote wilsooreenstemming gebondenheid tot gevolg gehad het.

2. Die begrip “wilsooreenstemming”

Wilsooreenstemming verwys na die sogenaamde “meeting of the minds” van kontraktante, en kan gesien word as die basis van ‘n kontrak. ‘n Kontrak ontstaan wanneer en indien die partye ooreenstem (ad idem is) om ‘n verbintenis tussen hulle te skep (of talle verbintenisse), asook oor al die besonderhede en die inhoud van sodanige verbintenis.

Indien A sy voertuig aan B wil verkoop, sal ‘n kontrak slegs totstand kom indien beide partye ooreenkom op die saak (objek) wat A moet lewer (die voertuig) en die prys wat B daarvoor moet betaal, asook op enige bykomende sake rakende die verbintenis wat die partye as belangrik beskou (byvoorbeeld dat B ‘n lening moet verkry van ‘n erkende finansiële instelling.

Redes vir gebondenheid van partye tot ‘n kontrak sluit in:

- Bedoeling van die partye;- Regsekerheid;- Goeie trou;- Beskerming van redelike verwagtinge;- Skep van onnodige risiko te voorkom.

Die algemene teorie wat ontwikkel het vir die bepaling van wilsooreenstemming is die Wilsteorie.

‘n Kontrakterende party se “wil” word gevorm deur die volgende:

Motiewe:

(a) Eie motief: Speel ‘n rol by die vraag of wilsooreenstemming bestaan aldan nie. Die ander party is onskuldig en het jou nie beïnvloed om die kontrak aan te gaan nie.

(b) Valse daarstelling van motief: Speel ‘n rol by die vraag of wilsooreenstemming bestaan aldan nie- mag lei tot vernietigbaarheid van die kontrak. Valse inligting het jou beweeg om die kontrak aan te gaan: Wanvoorstelling.

(c) Motief onbekend: Die ander partye het geen kennis van jou motief om ‘n kontrak aan te gaan nie. Dit kan lei tot ‘n situasie waar twee partye heeltemal verskillende motiewe het by ondertekening van die kontrak. Die argument is dat in so geval, daar geen wilsooreenstemming is nie.

Page 12: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

12

Besluit:

(a) ‘n Besluit word geneem na aanleiding van die motief.

(b) ‘n “Regswil” vereis dat die partye wilsooreenstemming bereik op alle aspekte van die kontrak.

(c) Die ander party dra nie kennis van die motief of besluit nie, aangesien dit nog nie bekend gemaak is nie.

Wilsverklaring:

(a) Bekend as “Aanbod-en Aannameverklarings”.Sien Van der Merwe et al. Hoofstuk 3

3. Die drie teorieë vir die bepaling van wilsooreenstemming

Dit is alreeds genoem dat die Wilsteorie ontwikkel het vir die bepaling van die teenwoordigheid van wilsooreenstemming by die kontrak, en gevolglik of ‘n geldige kontrak bestaan. As gevolg van kritiek teen die Wilsteorie het twee and teorieë ontstaan vir die bepaling van wilsooreenstemming: die Verklarings- en Vertrouensteorie.

3.1. Die Wilsteorie

Volgens die wilsteorie word wilsooreenstemming gevind die “meeting of the minds” van die partye, of consensus animorum animo contrahendi.

Die elemente van wilsooreenstemming is as volg:

Kontraktante moet ad idem wees rakende die gevolge wat hulle wil skep.

Hulle moet bedoel om hulself regtens te bind. Hulle moet bewus wees van die ooreenkoms tussen hulle.

Voordele van die wilsteorie:

In ‘n samelewing wat vryheid van uitdrukking van individuele wil en die persoonlike outonomie van elke individu as primêre waardes erken, het die teorie die voordiehandliggende voordeel dat dit uitgedruk kan word in terme van die fundamentele beginsels van die gemeenskap.

Die teorie het sterk Romeins-Hollandse wortels.

Page 13: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

13

Die teorie bied ‘n bevredigende verduideliking vir kontraktuele aanspreeklikheid waar die partye werklik in ooreenstemming is.

Kritiek teen die wilsteorie:

Die teorie vind dit moeilik om probleme met betrekking tot wanvoorstelling en dwaling aan te spreek.

Dit verduidelik nie die leerstuk van verteenwoordiging doeltreffend nie.

Dit verduidelik nie die leerstuk van reservatio mentalis na wense nie. Die teorie verskil met regspraak in terme van die oomblik waarin

wilsooreenstemming by kontrakte inter absentes bereik word. Dit is moeilik bewysbaar in die hof. Die teorie volg ‘n subjektiewe benadering.

Die wilsteorie is gebruik in die volgende sake:

Swart v Vosloo 1965 1 SA 100 AD op 104H:

A lease is a mutual contract flowing from agreement of the minds of the parties, a concursus animorum animo contrahendi.

Jonnes v Anglo African Shipping:

The general rule is that the court should determine what the true intention of the parties was.

Maize Board v J Jackson:

As a general rule parties to a contract intend it to be exactly what it purports to be. Not infrequently, however, they may endeavour to conceal its true character. In such a case, when called upon, a court must give effect to what a transaction really is and not what in form it purports to be. (Ponnan, J on 2[1])

PW Michau v The Maize Board:

He conceded, however, that he had no idea of the price of day-old chickens or poultry and that, although in terms of his agreement with Rainbow the price at which the chickens were sold would be decisive as to whether there was a profit or not, the price of chickens was to no importance to him at the time. He said he simply placed his faith in Rainbow to give him an added value on his maize.

Alhoewel bogemelde sake nie in detail bestudeer moet word nie, moet studente ‘n deeglike begrip hê van wat in elkeen gesê is.

3.2. Die Verklaringsteorie

Page 14: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

14

Volgens die verklaringsteorie word wilsooreenstemming gevind in die objektiewe ooreenstemmende verklarings van die kontraktante. Van der Merwe et al verklaar die volgende: Volgens die verklaringsteorie is kontraktante gebonde aan hul kontrakte nie op grond van hul subjektiewe, ooreenstemmende bedoelings nie, maar op grond van hul objektiewe, ooreenstemmende wilsverklarings. Die teorie neem slegs die party se wilsverklaring in ag, en nie sy bedoeling nie.

Voordele van die teorie:

Wessels, R het die volgende verklaar in die saak van South African Railways & Harbours v National Bank of South Africa Ltd 1924 AD 704 op 715-716:

The Law does not concern itself with the working of the minds of parties to a contract, but with the external manifestation of their minds. Even therefore if from a philosophical standpoint the minds of the parties do not meet, yet, if by their acts their minds seem to have met, the law will, where fraud is not alleged, look to their acts and assume that their minds did meet and that they contracted in accordance of what the parties purport to accept as a record of their agreement. This is the only practical way in which courts of law can determine the terms of a contract.

Kritiek teen die bogenoemde teorie:

Dit is subjektief van aard. Dit skep probleme by gesimuleerde handelinge. Kontrakte bevattende klousules wat partye nie noodwendig wou hê

nie, word op partye forseer. By die leerstuk van verteenwoordiging onstaan die volgende vraag:

Wie se verklaring moet voorkeur geniet: die prinsipaal of die verteenwoordiger s’n?

In die geval van kontrakte inter absentes, ontstaan die probleem dat sodra die aannameverklaring gemaak is, die aanbieder gebonde is, ondanks die feit dat hy/sy nie eers bewus is van die aanname nie.

Die volgende saak moet in detail bestudeer word:

Trollip v Jordaan 1960 1 PH A 25 T

Courts of law can only judge from external facts whether this has or has not occurred. In practice therefore it is the manifestation of their wills and not the unexpressed will which is of importance.

Page 15: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

15

Die volgende saak hoef nie in detail bestudeer te word nie, maar studente moet kennis neem van die volgende uittreksel:

Union Government v Smith:

…we must take the grammatical and ordinary sense of the words used in order to ascertain what the parties meant, even though we may doubt whether this was the intention of the parties at the making of the contract. It is our first duty to see what the parties intended by the language used.

3.3. Die Vertrouensteorie

Die vertrouensteorie bepaal dat wilsooreenstemming gevond word in die bona fides van die inter partes-verhouding. Die bona fides en gevolglike vertroue op die inligting deur die ander kontraktant verskaf moet beskerm word. Van der Merwe et al verklaar dat hierdie teorie bepaal dat ‘n kontrak gebaseer is op die bedoeling van een kontrakparty en die redelike vertroue van sy/haar kant af dat die ander party dieselfde bedoeling het. Die vertrouensteorie word gesien as aanvullend tot die wilsteorie: Indien die twee partye ooreenstemmende bedoelings het, is wilsooreenstemming teenwoordig en is dit nie nodig om te bepaal of een van die partye ‘n spesifieke idee van die ander party se bedoeling gehad het nie. Indien een van die partye fouteer het raende die bedoeling van die ander party, en wilsooreenstemming gevolglik afwesig is, stel die vertrouensteorie dat indien een party vertrou het op die idee dat wilsooreenstemming aanwesig was, ‘n kontrak totstand gekom het. Dus word ‘n kontrak geskep indien werklike wilsooreenstemming aanwesig is, of waar die bedoeling van een van die partye redelikerwys vertrou het op die ooreenstemmende bedoeling van die ander party. In die eerste geval is die kontrak gebaseer op werklike wilsooreenstemming, en in die tweede geval is dit gebaseer op die vertroue dat wilsooreenstemming teenwoordig is.

Kritiek teen die vertrouensteorie:

Dit is subjektief van aard. Ekstrinsieke getuienis moet gebruik word om die vertroue te bepaal. Dit word van ‘n party wat oor meer kennis beskik verwag om alle

inligting rakende die fynskrif aan die ander party bekend te maak.

Die volgende twee sake moet as gesag uit die sakelys bestudeer word:

Spindrifter v Lester Donovan 1986 1 SA 303

Du Toit v Atkinson Motors 1985 2 SA 893

4. Die Objektiewe benadering tot die vasstelling van wilsooreenstemming

Page 16: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

16

Die objektiewe benadering tot die vasstelling van wilsooreenstemming spruit uit die tekortkominge van die vorige drie teorieë. Wilsooreenstemming kleef aan een of albei partye, na oorweging van alle relevante en bewese getuienis voor die hof. Deur die volg van ‘n objektiewe benadering, sal ‘n hof kyk na alle getuienis rakende innerlike bedoeling, die uiterlike weergawe daarvan en enige vertroue op die gedrag van die ander party. Die effek van die objektiewe benadering is die samesmelting van die vorige drie teorieë. Een teorie word nie aangewend ten koste van die ander nie. Hierdie benadering verskaf oplossings vir die bepaling van wilsooreenstemming by die leerstuk van verteenwoordiging en kontrakte inter absentes.

Die volgende saak moet as gesag uit die sakelys bestudeer word:

Allen v Sixteen Sterling Investments 1974 4 SA 174

I accept that our law follows a generally objective approach to the creation of contracts.

Die volgende saak hoef nie in detail bestudeer te word nie, maar studente moet kennis neem van die volgende uittreksel:

Springvale v Edwards 1969 1 SA 464:

…that the test to be applied in deciding whether consensus exists, is an objective one, is firmly established in both South Africa and Rhodesia.

5.Dwaling (Error)

Die Duitse juris Von Savigny onderskei tussen twee tipes dwaling:

a.EGTE DWALING:

Dwaling is reeds teenwoordig by die wilsverklaring.

Die partye is nie op dieselfde golflengte nie- een verwys na huur en die ander na koop.

Dissensus bestaan vanaf die begin, en geen kontrak kom tot stand nie.

b. ONEGTE DWALING:

Page 17: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

17

In hierdie geval bestaan wilsooreenstemming by die wilsverklaring, maar die dwaling is geleë in die motief.

Daar bestaan twee tipes onegte dwaling:

i. Eensydige dwaling:

- Die kontrakterende party veroorsaak self sy dwaling.- Daar is wilsooreenstemming by die wilsverklaring en ‘n kontrak kom tot

stand.

Die volgende sake moet uit die sakelys bestudeer word:

Spindrifter v Lester Donovan 1986 1 SA 303Du Toit v Atkinson Motors 1985 2 SA 893

ii. Wanvoorstelling of dwaling deur die ander party veroorsaak:

- Die kontrakterende party is mislei deur die ander party sover sy bedoeling (motief) aangaan, en word derhalwe beweeg om ‘n wilsverklaring te maak.

-Die wanvoorstelling kan opsetlik, nalatig of onskuldig gemaak word.

Die volgende saak moet uit die sakelys bestudeer word:

De Jager v Grunder 1964 1 SA 446 AD.

OPLOSSINGS VIR DIE DWALINGSPROBLEEM:

Die iustus error-leerstuk:

-Hierdie leerstuk bepaal dat iemand wat fouteer het rakende ‘n element van die kontrak, mag onttrek uit so kontrak indien hy/sy kan bewys dat sy fout onskuldig, bona fide en redelik gemaak is.

- Maritz v Pratley.

Die estoppel-leerstuk:

-Die skuldige wanvoorsteller is gebonde aan sy wanvoorstelling.

c.Sekere uitlegsreëls:

Page 18: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

18

- Die contra preferentum-reël: Bepaal dat ‘n klousule in ‘n kontrak geïnterpreteer moet word met inagneming van die identiteit van die outeur van die klousule.

- Die parole-evidence reël: Bepaal dat die geskrewe dokument die enigste bron van die inhoud van die kontrak is. Geen ekstrinsieke getuienis word toegelaat nie.

Page 19: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

19

Eenheid 3Onbehoorlik verkreë wilsooreenstemming (I)

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Bespreek die agtergrond van wilsooreenstemming onbehoorlik verkry.2. Die term “wanvoorstelling” in detail te verduidelik.3. Lys en bespreek die elemente van wanvoorstelling in detail.4. Identifiseer en bespreek die twee vorme van wanvoorstelling in detail.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 4.

2. Uit Sakelys:

Preller v Jordaan 1956 1 SA 483 (A).

Bayer South Africa (Pty) Ltd v Frost 1991 (4) SA 559 (A).

Phame v Paizes 1973 (3) SA 397 (A).

Labuschagne Broers v Spring Farms 1976 2 SA 828 T

Alternatiewe studie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. Vyfde Uitgawe. Hoofstuk 7.

4. Bhana et al. Students’ guide to the Law of Contract. Tweede uitgawe. Hoofstuk 10.

5. Kerr. The Principles of the Law of Contract. Vierde uitgawe. Hoofstuk 11

Page 20: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

20

1. Inleiding

Die vereiste van ‘n werklike “meeting of the minds” van kontraktante as die basis van ‘n kontrak beteken dat die bedoeling of wille van die partye van sentrale belang is in die betrokke regshandeling.16 The uitdruk van so wil kan beÏnvloed word deur ‘n aantal faktore: vrees, ekonomiese druk, invloed deur iemand in wie die party groot vertroue het, of eenvoudig omdat hy sy ekonomiese en sosiale posisie wil verander.17 Die reg neem nie kennis van een en elke faktor wat wilsverklaring beïnvloed nie. Waar dit egter gaan oor die voldoening aan grondwetlike waardes soos goeie trou en openbare belang, moet streng gevolg gegee word aan bedoeling en moet daar aan hierdie bedoeling die nodige regsgevolge gekoppel word.18 Sekere faktore bepaal dat ‘n kontraktant geregtig is om die regsgevolge van ‘n ooreenkoms te vernietig omdat dit “defektief” was in die sin dat dit nie gesluit is in die vrye en regverdige manier wat deur die reg as vereis word vir die uitdrukking van ‘n party se individuele outonomie nie. In sulke omstandighede kan die reg ‘n “wil” as so defektief sien dat dit hoegenaamd geen regsrelevansie het nie. Geen regshandeling vind in so geval plaas nie. Hierdie posisie is egter nie die geldende een in ons moderne reg nie: Die reg staaf eerder dat daar in die bogemelde geval werklike ooreenkoms tussen die partye sal ontstaan, wat in sekere omstandighede vernietig kan word op aandrang van die party wie se wil “defektief” geword het.19 Waar toestemming onregverdig verkry is, mag die benadeelde party uit die kontrak onttrek en ‘n finansiële toekenning eis. Die presiese inhoud van die remedie hou verband met die regsaard van die handeling waardeur toestemming verkry is as kontrakbreuk of ‘n delik. Tradisioneel het die reg die aangeleentheid van vernietigbaarheid benader deur te sê dat een van twee spesifieke gronde vir terugtrede uit die kontrak bewys moes word, naamlik wanvoorstelling of dwang. Die howe het eventueel ook ‘n derde grond vir terugtrede aanvaar, naamlik onbehoorlike beïnvloeding, wat aanvanklik redelik baie kritiek verduur het, veral in die saak van Preller v Jordaan 1956 (1) SA 483 (A). In hierdie saak, wat in detail bestudeer moet word vir doeleindes van hierdie module, was die argument in die hof a quo dat onbehoorlike beïnvloeding ‘n Engelsregtelike beginsel is wat geen gelyke in die Romeins-Hollandse Reg het nie, en derhalwe nie ‘n grond daargestel het vir die restitutio in integrum nie.20 Die algemene oorweging wat die vernietigbaarheid van ‘n kontrak onderlê is die feit dat wilsooreenstemming verkry is op ‘n wyse wat as onbehoorlik in die oë van die reg gesien kan word.21

‘n Mens moet natuurlik oorweeg wat presies bedoel word met die begrip “onbehoorlik”. Daar is geen definitiewe of waterdigte verdeling tussen die drie gronde vir terugtrede uit ‘n kontrak nie, veral nie tussen dwang en onbehoorlike

16 Van der Merwe et al 2007: 10217 Van der Merwe et al 2007: 10318 Van der Merwe et al 2007: 10319 Van der Merwe et al 2007: 10320 Sien Fagan, AR se beslissing op 489.21 Van der Merwe et al 2007: 104

Page 21: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

21

beïnvloeding nie.22 In die saak van Savvides v Savvides23 het die applikant aansoek gedoen dat ‘n volmag wat sy ten gunste van haar man uitgemaak het herroep moet word op grond van wat sy “dwang” genoem het: haar man het gedreig om die gemeenskaplike huishouding permanent te verlaat. Volgens die hof kon die dreigement net so wel op onbehoorlike beïnvloeding neergekom het, aangesien dwang en onbehoorlike beïnvloeding soms saam voorkom. In die saak van Malilang v MV Houda Pearl24 wou ‘n party tot die kontrak uit die kontrak terugtree op grond van “ekonomiese dwang” in die sin van kommersiële druk, in die sin dat hy gedreig is met die “blacking” van sy skip tensy hy ‘n kontrak aangaan. Weereens het die hof verwys na die soortgelyke aard van dwaling en onbehoorlike beïnvloeding.25 Die siening is selfs al bevorder dat onbehoorlike beïnvloeding deel is van ‘n wyer konsep in Romeins-Hollandse Reg, deurdat dit uitkoms bied vir ‘n kontraktant wie se omstandighede deur die ander party misbruik is nie.26

In die saak van Plaaslike Boeredienste (Edms) Bpk v Chemfos Bpk27 het die appelafdeling buite die drie bestaande gronde vir terugtrede gaan soek. Die hof het in hierdie saak beslis dat waar ‘n kontraktant die agent van sy mede-kontraktant omgekoop het om die mede-kontraktant te beïnvloed om te kontrakteer, die prinsipaal (mede-kontraktant) uit die kontrak kon terugtree. Ondanks die feit dat die term “bedrog” aangevoer is as die grond vir terugtrede uit die kontrak, het die hof besluit dat die handeling van oorreding deur middel van omkopery nie bedrog as sulks daarstel nie, maar wel ‘n onbehoorlike manier vir die verkryging van wilsooreenstemming daarstel.28 Hierdie benadering het die moontlikheid laat ontstaan dat die tradisionele gronde vir terugtrede saamgevat kon word onder een enkele grond vir terugtrede as gevolg van ‘n aanvanklike “defektiewe” wil, naamlik onbehoorlike verkryging van wilsooreenstemming.29

In die saak van Extel Industrial (Pty) Ltd v Crown Mills (Pty) Ltd30 het die appelhof beslis dat “kommersiële omkopery” ‘n grond daargestele het vir terugtrede uit die kontrak, maar ook aanvaar dat sodanige omkopery en ander spesifieke gronde vir terugtrede dogmaties geklassifiseer kan word deurdat wilsooreenstemming, alhoewel werklik, onbehoorlik verkry is.

Alhoewel ‘n hele paar sake hierbo genoem word, hoef studente slegs die saak van Preller v Jordaan in detail te bestudeer. A deeglike begrip van hoe die ander sake in die bespreking is egter noodsaaklik.

2. Wanvoorstelling22 Van der Merwe et al 2007: 10423 1986 (2) SA 714 (A)24 1986 (2) SA 714 (A)25 Van der Merwe et al 2007: 10426 Van der Merwe et al 2007: 10527 1986 (1) SA 819 (A)28 Van der Merwe et al 2007: 10529 Van der Merwe et al 2007: 10530 1999 (2) SA 719 (SCA)

Page 22: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

22

2.1. Inleiding

Die besluit van ‘n voornemende kontraktant om ‘n kontrak te sluit word dikwels beïnvloed deur ‘n valse voorstelling deur of namens die ander party tot die onderhandelinge. Daar word gesê dat die misleide party onder dwaling verkeer. Indien hierdie dwaling daadwerklik is, ontbreek wilsooreenstemming en gevolglik kom geen kontrak tot stand nie.31 ‘n Voorstelling veroorsaak dikwels ‘n dwaling sover dit motief aangaan. Alhoewel dit nie daadwerklik is nie, en dus nie wilsooreenstemming uitsluit nie, beïnvloed so dwaling wel die kwaliteit van die wilsooreenstemming.

A is die geregistreerde eienaar van ‘n plaas. B wil die plaas koop wat in A se naam geregistreer is. A wys die plaas vir B aan op so wyse dat die valse indruk geskep word dat die plaas sekere bewoude gebiede bevat. B koop die plaas onder hierdie indruk. Hy teken ‘n koopkontrak waarin die plaas beskryf word in terme van die verkoper se titelakte. B se besluit om die plaas te koop is beïnvloed deur ‘n dwaling in sy motief, deurdat hy verkeerdelik geglo het dat die grond wat aan hom uitgewys is (en wat hy geglo het die bewoude gebied insluit) die grond was soos beskryf in A se titelakte. Indien B kan bewys dat sy toestemming onregmatiglik verkry is deurdat gegee is na aanleiding van onbehoorlike inligting verskaf deur A, is hy (B) geregtig op vergoeding in die vorm van terugtrede of ‘n finansiële toekenning, afhangende van die omstandighede.

2.2. Voorstelling en kontraktuele terme.

‘n Voorstelling wat gemaak word gedurende pre-kontraktuele onderhandelinge kan deel gemaak word van die wilsooreenstemming tussen die partye en sodoende ‘n bepaling van die beoogde kontrak word.32 ’n Voorbeeld is indien die voorstelling gewaarborg word die waarheid te wees. In die bogenoemde voorbeeld kon die partye moontlik bedoel het dat A haarself absoluut gebind het deur die voorstelling te maak dat die plaas wat verkoop word die bewoude gebied ingesluit het. ‘n Waarborg is ‘n spesiale kontraktuele bepaling wat streng nakoming vereis van die party wat die waarborg lewer.33 Sou die voorstelling dan vals blyk te wees, vind kontrakbreuk plaas, en die gewone gevolge van kontrakbreuk by wyse van waarborgbreuk sal intree. Die vraag of die voorstelling ‘n kontraktuele bepaling daarstel of slegs ‘n dwaling in motief sonder om deel te word van die kontrak moet besluit word volgens die bedoeling van die partye.34

2.3. Elemente van wanvoorstelling:

31 Van der Merwe et al 2007: 10532 Van der Merwe et al 2007: 10633 Van der Merwe et al 2007: 106 fn 2434 Van der Merwe et al 2007: 106

Page 23: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

23

2.3.1. Handeling:35

Die handeling moet in die vorm wees van ‘n voorstelling gemaak deur die kontraktant of deur iemand vir wie se handelinge die kontraktant aanspreeklik gehou kan word, byvoorbeeld die werknemer handelende binne die raamwerk van sy diens of iemand wat handel volgens ‘n mandaat. ‘n Wanvoorstelling gemaak deur derde party waarmee een van die kontraktante mislei word kan nie basis van ‘n eis teen die ander kontraktant wees nie. Sodanige misleide party moet optree tee die derde party.

‘n Wanvoorstelling is enige handeling wat ‘n besondere idee of indruk verwek by die ander kontraktant. Die handeling kan ‘n doen (commissio of positiewe handeling) wees of ‘n late (omissio of nalating om iets te doen). ‘n Wanvoorstelling in die vorm van ‘n positiewe handeling kan woordeliks (mondeling of skriftelik) of deur handeling alleen gemaak word.

Byvoorbeeld, die verklaring dat ‘n polshorlosie van suiwer goud gemaak is, is ‘n voorstelling, maar ook die uitstal van die horlosie tussen ander artikels van suiwer goud.

Ook indien twee grondgedeeltes as ‘n eenheid omkamp word, sal dit ‘n voorstelling daarstel dat die twee stukke grond inderdaad ‘n eenheid is.

‘n Voorstelling gemaak per nalating om iets te doen word gewoonlik gemaak indien ‘n persoon nalaat om sekere inligting binne sy kennis bekend te maak of nallat om ‘n foutiewe indruk waaronder ‘n ander persoon verkeer reg te stel. So ‘n nalating sal slegs vervolgenswaardig wees indien dit wederregtelik is (wederregtelikheid is ‘n element van wanvoorstelling soos hieronder bespreek), en dit hang af van die vraag of daar ‘n verpligting was om positief op te tree. Die voorstelling moet vals of ten minste onakkuraat wees. Gevolglik kan ‘n korrekte en akkurate voorstelling nooit ‘n wanvoorstelling daarstel nie. ‘n Voorstelling wat slegs gedeeltelik vals is kan egter so onvolledig of gedeeltelik waar wees dat dit onakkuraat is.

Byvoorbeeld, indien die vraag gestel word “Is enige aansoek vir versekering al ooit afgekeur of gekanselleer?” en die antwoord daarop is “Geen aansoek vir versekering is al ooit afgekeur nie”, dan laat dit die moontlikheid dat dat ‘n aansoek vir versekering wel al gekanselleer is. Die antwoord op die vraag is dus ‘n gedeeltelike waarheid.

‘n Wanvoorstelling kan direk verband hou met die feite van die verlede of die hede, byvoorbeeld die vorige voorkoms van slegte gesondheid. Dit kan ook in die vorm van ‘n opinie voorkom met spesifieke betrekking tot die toekoms, byvoorbeeld die potensiële dividende op ‘n belegging (bestudeer in hierdie geval die saak van Bayer South Africa (Pty) Ltd v Frost 1991 (4) SA 559 (A), waar die wanvoorstelling as ‘n opinie geïnterpeteer kon word). Die argument bestaan dat ‘n opinie nie ‘n wanvoorstelling 35 Van der Merwe et al 2007: 108-109

Page 24: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

24

onderworpe aan ‘n aksie daar kan stel nie. Van der Merwe et al stem nie saam met hierdie argument nie. Hulle noem die volgende:

Quite apart from the fact that opinions and similar statements more often than not contain some statement of fact as to the representor’s state of mind or knowledge, the question whether a representation was a ‘mere’ opinion or prediction bears upon the quality and reasonableness of the act or conduct, and thus relates to wrongfulness36

2.3.2. Wederregtelikheid (Onregmatigheid)

Toets vir wederregtelikheid:37

As ‘n delik sluit wanvoorstelling ‘n onregmatige handeling in. ‘n Handeling is onregmatig indien dit teenstrydig is met die norm of standaard van aanvaarbare gedrag in ‘n spesifieke gemeenskap, genoem die boni mores. Die mees onlangse verwysing na hierdie begrip word gevind in die saak van ABSA Bank Ltd v Fouche 2003 (1) SA 176 (SCA). So ‘n handeling word as onredelik gesien deur die oë van die gemeenskap, aangesien dit inbreuk maak op die standaard van redelike-of sosiaal-aanvaarbare gedrag. ‘n Voorstelling gemaak tydens kontraktuele onderhandelinge sal wederregtelik wees indien dit inbreuk maak op ‘n norm wat ‘n kontraksparty teen misleiding beskerm.

Handeling en Late38

Die wederregtelikheid van ‘n voorstelling deur ‘n handeling is meer opvallend as die wederregtelikheid van ‘n late. Laasgenoemde sal slegs wederregtelik wees indien die verteenwoordiger ‘n plig om positief te handel ten einde ‘n wanopvatting te voorkom versuim het. Die Suid-Afrikaanse Reg erken nie ‘n algemene verpligting om positief op te tree om alle verkeerde indrukke te verwyder deur alle moontlike materiële feite te openbaar nie. ‘n Late is prima facie regmatig. Die bestaan van ‘n verpligting om positief te handel sal dus berus op die omstandighede van elke individuele saak.

In die verlede het die appelhof dikwels verwys na ‘n verpligting om inligting rakende die tipe kontrak bekend te maak, eerder as in breër terme. In die saak van ABSA Bank Ltd v Fouche 2003 (1) SA 176 (SCA), op 181, het die hof die toets uiteengesit in terme van die normale deliktuele konsep van wanvoorstelling deur ‘n late:

A negotiating party is expected to speak when the information he has to impart falls within his exclusive knowledge (so that in a practical business sense the other party has him as his only source) and the information, moreover, is such that the right to have it communicated to him ‘would be mutually recognised by honest men in the circumstances’.

36 Van der Merwe et al 2007: 10937 Van der Merwe et al 2007: 10938 Van der Merwe et al 2007: 110-111

38

Page 25: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

25

Opinie39

‘n Wanvoorstelling gemaak deur middel van ‘n opinie word nie beskou as wederregtelik nie. Een rede hiervoor is dat ‘n opinie, selfs al is dit vals, meestal nie in stryd met die norm is nie. ‘n Stelling deur een party gemaak tydens kontraktuele verpligtinge wat daarop aandring dat dit neerkom op werklike feite, en wat die ander party mislei, sal wel geag word inbreuk te maak op die norm, omdat dit redelikerwys van die ander party verwag sou word om op daardie stelling te handel. ‘n Stelling wat egter duidelik slegs ‘n uitdrukking is van die maker daarvan se siening, kan nie so maklik die persoon aan wie dit gemaak word beweeg om te handel nie. Dus het die materialiteit van die feite waarna die opinie verwys besondere belang. Sover dit die redelikheid van ‘n handeling aangaan, is daar nie ‘n daadwerklike verskil in beginsel tussen voorstelle met betrekking tot feite of opinie nie.

Opvyseling40

Aanbiedinge gemaak tydens onderhandelinge ten einde ‘n ander te oortuig om ‘n kontrak te sluit, sal nie onregmatig wees indien dit neerkom op blote opvyseling nie. Opvyseling verwys na oorredende praatjies en voorstelle wat die produk van die voorsteller ophemel. In die saak van Cockroft v Baxter 1955 (4) SA 93 (C) het die hof beslis dat aanspraak dat ‘n motor ‘n”excellent engine” gehad het, terwyl die enjin in werklikheid bloot normaal was in terme van die jaar en kiolmeterlesing, nie wederregtelik was nie, aangesien dit nie ‘n wederregtelike voorstelling was nie. So ‘n stelling kom neer op eenvoudige aanprysing (simplex commendatio) solank dit nie “beyond mere praise and commendation” gaan nie. Bestudeer die saak van Phame v Paizes 1973 (3) SA 397 (A) in detail.

2.3.3. Skuld41

39 Van der Merwe et al 2007: 111-11240 Van der Merwe et al 2007: 11241 Van der Merwe et al 2007: 113-114

40

4142 Van der Merwe et al 2007: 113-114

Page 26: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

26

Skuld (culpa in die breë sin) verwys na die regtens aanspreeklikheid wat die wederregtelike handeling van die voorsteller vergesel. Skuld neem twee vorme aan, naamlik opset (dolus) en nalatigheid (culpa in die eng sin)

Opset word gedefinieer as die gedagtestaat wat daarop uit is om ‘n persoon se wil te reguleer sodat ‘n spesifieke resultaat bereik word.

Nalatigheid is die tekort aan die nodige graad van sorg in Omstandighede waarin die redelike persoon in die posisie van die Handelaar die moontlikheid van skade sou voorsien en redelike Stappe sou geneem het ten einde die skade te voorkom.42

Nie elke wanvoorstelling word deur skuld van die aanbieder of voorsteller vergesel nie. Ons hanteer later die aspek van onskuldige wanvoorstelling.

2.3.4. Kousaliteit43

‘n Wanvoorstelling sal slegs wederregtelik wees indien dit die persoon aan wie die vorstel gemaak is beweeg het om die kontrak te sluit soos dit staan. Dit beteken dat die wanvoorstelling die persoon aan wie dit gemaak is moes beweeg het om te kontrakteer waar hy/sy glad nie sou gekontrakteer het as dit nie was vir die wanvoorstelling nie. Die toets vir die aanwesigheid aldan nie van ‘n kousale band is dieslfde as in ander areas van die reg. in praktyk het dit ontwikkel tot ‘n tweeledige toets. Dit behels, in die eerste plek, die vraag of die wanvoorstelling die feitelike oorsaak van die kontrak was. In die tweede plek behels dit die vraag na die aanwesigheid van ‘n reeds bestaande feit, daargestel deur die toepassing van die conditio sine quo non-toets.

Die conditio sine qua non-toets stel die vraag of die kontrak totstand sou gekom het as dit nie was vir die wanvoorstelling nie.

‘n Persoon aan wie ‘n wanvoorstelling gemaak is, sal dus feitelike kousaliteit bewys indien hy kan bewys dat die wanvoorstelling slegs een van die faktore was wat hom beweeg het om die kontrak aan te gaan.44

2.3.5. Ongevraagde resultaat: Kontrak of Skade45

4243 Van der Merwe et al 2007: 114-1164344 Van der Merwe et al 2007: 11544

45 Van der Merwe et al 2007: 116-117

Page 27: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

27

Indien ‘n skadevergoedingseis gebaseer op wanvoorstelling gebring word, word bewys verlang van die skade in die vorm van werklike verlies inderdaad gely is as ‘n resultaat van die wanvoorstelling. Dit hou verband met die algemene reël in die deliktereg.

2.4. Die twee vorme van wanvoorstelling.

2.4.1. Skuldige wanvoorstelling:

Aangesien ‘n delik gepleeg word in geval van skuldige wanvoorstelling, word ‘n deliktuele remedie aangewend: die Actio Legis Aquiliae. Dit het niks te doen met kontrakbreuk nie: die delik word reeds gepleeg voor die ontstaan van die kontrak. Opsetlike wanvoorstelling: In hierdie geval weet die wanvoorsteller dat die feit/stelling/belofte vals is en dat dit die ander party sal beweeg om te kontrakteer. Die motief word op ‘n skuldige wyse verkry en is bedoel om die onskuldige persoon te kry om die kontrak te sluit. Nalatige wanvoorstelling: In hierdie geval moes die wanvoorsteller bewus gewees het van sy valse verklaring, soos ‘n redelike persoon sou gedoen het om seker te maak van die korrektheid van sy verklaring. Sien die saak van FF Holzhausen v ABSA Bank Ltd (280/2003) op die webblad van die Hoogste Hof van Appel (hoef nie in detail bestudeer te word nie). Sou wanvoorstelling bewys word, is die kontrak vernietigbaar. Die kontrak bly egter van krag totdat ‘n hof besluit dar wanvoorstelling inderdaad gelei het tot die sluiting daarvan. Indien die benadeelde die kontrak kanselleer, pleeg hy kontrakbreuk. Skadevergoeding by wanvoorstelling word bereken ingevolge die negatiewe interesse-metode: Slegs skade wat werklik gely is mag geëis word, nie gevolgskade nie.

2.4.2. Onskuldige wanvoorstelling:

Beide kontrakterende partye handel op ‘n bona fide, onskuldige en redelike wyse tydens onderhandelinge, maar een party ly skade as gevolg van sekere onbekende feite.

Bestudeer die volgende twee sake in verband met onskuldige wanvoorstelling:

Phame v Paizes 1973 3 SA 297 ALabuschagne Broers v Spring Farms 1976 (2) SA 828 (T)

Eenheid 3 (Vervolg)Onbehoorlik verkreë wilsooreenstemming (II)

Page 28: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

28

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Verduidelik wat bedoel word met die term “dwang”.2. Lys die elemente van dwang soos uiteengesit in die saak van Broodryk v Smuts.3. Noem en bespreek die elemente van dwang.4. Verduidelik wat bedoel word met die term “onbehoorlike beïnvloeding”.5. Bespreek die saak van Preller v Jordaan met spesifieke verwysing na die wyse

waarop die elemente van onbehoorlike beïnvloeding uit die saak verky is.6. Noem en bespreek die elemente van onbehoorlike beïnvloeding.7. Noem en bespreek die remedies beskikbaar aan ‘n benadeelde party in terme van

dwang en onbehoorlike beïnvloeding.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 4.

2. Uit sakelys:

Broodryk v Smuts 1942 TPD 47.

Malilang v MV Houda Pearl 1986 (2) SA 714 (A)

Medscheme Holdings (Pty) Ltd v Bhamjee 2005 (5) SA 339 (SCA)

Consol Limited t/a Consol Glass v Twee Jonge Gezellen (Pty) Ltd & Another2005 (1) SA 1 (SCA).

Alternatiewe studyie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. Vyfde Uitgawe. Hoofstuk 7.

4. Bhana et al. Students’ guide to the Law of Contract. Tweede Uitgawe. Hoofstuk 10.

5. Kerr. The Principles of the Law of Contract. Vierde Uitgawe. Hoofstuk 11

1. Dwang

Page 29: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

29

1.1. Inleiding46

Dit gebeur soms dat ‘n kontraktant se besluit om te kontrakteer beïnvloed word as gevolg van die feit dat hy geforseer of gedwing is om in te stem tot kontraktering.47 In die saak van Ilanga Wholesalers v Ebrahim 1974 (2) SA 292 (D) byvoorbeeld, is ‘n persoon wat posseëls van sy werkgewer gesteel het gedreig met vervolging om skuld te erken. In die saak van Salter v Haskins 1914 TPD 264, is ‘n persoon wat owerspel met sy vennoot se vrou gepleeg het gedreig om sy vennootskapsbates aan die vennoot oor te dra uit vrees vir vervolging. In die Savvides-saak, reeds genoem in die vorige lesing, het ‘n man gedreig om die gemeenskaplike huishouding te verlaat indien sy vrou nie ‘n volmag in sy guns onderteken nie, en in Malilang v MV Houda Pearl 1986 (2) SA 714 (A) het ‘n skeepseienaar geweier om sy vrag af te laai tensy hy beter besoldiging ontvang het.

Dit is belangrik om in ag te neem dat daar nie ‘n waterdigte onderskeid is tussen dwanf en onbehoorlike beïnvloeding nie (laasgenoemde is vir alle praktiese doeleindes ‘n Engelsregtelike konsep). Sien die inleiding van Lesing 3.

Van der Merwe et al noem dat dwang uitgeoefen kan waord deur middel van ‘n direkte toepassing van fisiese geweld of indirek deur middel van ‘n dreigement.48 Die direkte toepassing van fisiese geweld word vis absoluta genoem en vind plaas wanneer ‘n persoon in so mate fisies oordonder word dat daar nie gesê kan word dat so persoon hoegenaamd gehandel het nie, byvoorbeeld waar ‘n persoon se handtekening verkry word deur fisies die persoon se hand te neem en dit te laat skryf. ‘n Dreigement van moontlike geweld aan die ander kant, wat gebruik word om ‘n toestemmende uitdrukking van wil te verkry, word vis compulsiva of dwang genoem. Die wil van die bedreigde kontraktant is nietemin ‘n geldige uitdrukking van sy bedoeling: “’n Geforseerde wil is steeds ‘n wil”. Die een wat toestem handel dus, alhoewel in vrees. ‘n Voornemende kontraktant kan egter so bevrees wees dat hy nie meer ‘n regsrelevante wil kan vorm nie, in welke geval daar nie gesê word dat hy hoegenaamd gehandel het nie.49

1.2. Elemente van dwang:

Die handeling van dwang is ‘n delik. ‘n Kontraktant wat homself wil beroep op remedies vir dwang moet die elemente van ‘n delik bewys. Die klassieke saak wat hier bestudeer moet word is die van Broodryk v Smuts 1942 TPD 47.

46 Van der Merwe et al 2007: 117-11847 Van der Merwe et al 2007: 11748 Van der Merwe et al 2007: 11849 Van der Merwe et al 2007:118

Page 30: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

30

In die bogemelde saak is Broodryk, ‘n staatsamptenaar, oortuig om hom vir diensplig aan te meld deur ander staatsamptenare wat hom gedreig het met gevangehouding indien hy sou weier. In sy oorweging van Broodryk se eies vir kwytskelding van die lys van diensplig, het die hof “die elemente nodig om ‘n kontrak ter syde te stel op grond van dwang” as volg beskryf:

(1) Werklike geweld of redelike vrees daarvoor..(2) Die vrees moet veroorsaak word deur ‘n dreigement van werklike

gevaar vir die persoon of sy familie.(3) Dit moet ‘n dreigement wees van onmiddellike en werklike gevaar.(4) Die dreigement of intimidasie moet contra bonos mores wees.(5) Die morele druk moes skade veroorsaak het. 50

1.2.1. Handeling51

Die handeling is geleë in die beweeg van die ander party om ‘n kontrak te sluit deur die direkte aanwending van fisiese geweld of dreigement van geweld. Daar moet werklike beweging in die oë van die reg plaasvind. Nietemin vorm die onmiddelikheid van die ongevraagde gevolge wat die handeling van beweging bring nie deel van die handeling self nie, alhoewel in sommige omstandighede dit mag bydra tot ‘n gevolgtrekking rakende die aanwesigheid van die handeling. Die feit dat die fisiese geweld nie onmiddellik is nie, maar deur die ander kontraktant ervaar word as ‘n toekomsmoontlikheid, sluit nie die moontlikheid dat beweging wel plaasgevind het nie.

Die vereiste van “moontlikheid van onmiddellike geweld” soos uiteengesit in Broodryk v Smuts kan in hierdie lig geïnterpreteer word.

Die verwysing na “redelike vrees” in die bogemelde saak verwys nie na die handeling self in die sin dat die handeling self moet bestaan in die werklike opwekking van vrees nie. Vrees mag die resultaat wees van dwang. Die bestaan van “redelike vrees” mag dus aanduidend wees van die wederregtelikheid van die handeling, of die bestaan van ‘n kousale verband tussen die handeling en die uiteindelike skade. Dit is egter te betwyfel of die teenwoordigheid of afwesigheid van redelike vrees baie gwig in hierdie verband moet dra.

Van der Merwe et al noem dat ongevolge De Groot De jure belli ac pacis 2.11.7 die vraag of die vrees redelik was glad nie gevra moet word nie, en die kontraktant in wie hierdie vrees ingeboesem is, nie eers aangemaan moet word dat hy nie so maklik bevrees moes geword het nie.52

50 Van der Merwe et al 2007: 11951 Van der Merwe et al 2007: 119-12052 Van der Merwe et al 2007: 119 fn 121

Page 31: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

31

Sekere addisionele faktore word dikwels met betrekking tot die handeling genoem. So byvoorbeeld het die hof in die Broodryk-saak ‘n “threat of some considerable evil” teen die party of sy familie vereis. Die dreigement moet ook geloods wees teen hul lewens of fisiese integriteit. Dwang gerig op die eiendom of goedere van ‘n kontraktant behoort nie aangespreek te word nie (Van den Berg & Kie Rekenkundige Beamptes v Boomprops 1028 BK 1999 (1) SA 780 (T) op 784-785). Hierdie faktore, tesame met ander soos geslag, status en ouderdom van die ander kontraktant, is oorwegings in die proses van evaluering van die redelike kwaliteit van die handeling. Hierdie verwys spesifiek na vereiste dat daar “redelike vrees” moet wees.

1.2.2. Wederregtelikheid53

Die wederregtelikheid van ‘n handeling van dwang word bepaal deur dieselfde algemene toets wat by wanvoorstelling toepassing vind (sien lesing 3). Volgens Broodryk v Smuts moet die handeling contra bonos mores wees. Dit insinueer dat die handeling wederregtelik moet wees, of dat daar ten minste potensiële wederregtelikheid moet wees. Die vraag is of die handeling van dwang self onregmatig moet wees. Dit mag die geval wees selfs al word die kontraktant gedreig met regmatige aksie ten einde ‘n resultaat te kry waarop die kontraktant wat die dreigement maak nie redelikerwys in die omstandighede geregtig is nie. Laasgenoemde situasie het veral gelei tot die sluit van ooreenkomste onder dreigement van kriminele vervolging. Alhoewel die howe nog nie ‘n uniforme uitdrukking van hul benadering tot hierdie aangeleentheid gegee het nie, wys Van der Merwe et al daarop dat indien hierdie beslissings nouliks bestudeer word, is dit duidelik dat hul almal op dieselfde beginsel gegrond is: ‘n Dreigement van vervolging is wederregtelik indien dit aangewend word deur ‘n kontraktant ten einde ‘n prestasie te verkry wat meer voordelig is as waarop die kontraktant redelikerwys geregtig is.

Om wilsooreenstemming te verkry deur middel van ‘n dreigement van siviele verrigtinge (soos om aksie in te stel vir betaling van ‘n tjek) sal nie geredelik gesien word as contra bonos mores nie. Dit is egter, volgens Van der Merwe et al, ondenkbaar dat die boni mores sekere dreigemente van siviele aksie sal afkeur.

Soms sluit ‘n kontraktant ‘n kontrak onder dwang van ‘n derde party vir wie se handelinge die mede-kontraktant nie aanspreeklik gehou kan word nie. Soortgelyk aan die posisie rakende wanvoorstelling deur ‘n derde party, is die mede-kontraktant nie aanspreeklik vir dwang uitgeoefen deur ‘n derde party nie. Daar is egter ondersteuning in ons reg vir ‘n teenoorgestelde opinie.

1.2.3. Skuld54

53 Van der Merwe et al 2007: 120-12254 Van der Merwe et al 2007: 122

Page 32: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

32

In die algemeen sal ‘n handeling van dwang skuld insluit. Daar sal meestal ‘n opsetlike handeling wees indien die persoon wat handel besef dat sy optrede wederregtelik is. In minder opvallende voorkomste van dwang, veral in gevalle van dreigemente van strafregtelike vervolging, sal die teenwoordigheid van opset (dolus) nie so duidelik wees nie, omdat kennis van wederregtelikheid dikwels afwesig sal wees. Ondanks die feit dat die feite van ‘n saak in sekere omstandighede nalatigheid kan regverdig, is die vraag of bewys van skuld hoegenaamd ter sprake kom in geval van terugtrede uit ‘n kontrak sonder ‘n eis vir skadevergoeding. Omdat die basis van dwang geleë is in onvermoë om ‘n vrye wil te vorm as gevolg van die optrede van ‘n mede-kontraktant, kan die vraag gestel word of ‘n wederregtelike dreigement nie voldoende grond is vir terugtrede uit ‘n kontrak nie.

In die saak van Arend v Astra Furnishers (Pty) Ltd 1974 (1) SA 298 (C), het die hof die volgende bepaal:

…it is clear that a contract may be vitiated by duress (metus), the raison d’etre of the rule apparently being that intimidation or improper pressure renders the consent of the party subjected to duress no true consent…

Die hof se verwysing na “true consent” beteken dat daar geen vrye uitdrukking van wil was nie, en beteken nie dat geen regsrelevante wilsooreenstemming was nie.55

1.2.4. Kousaliteit

Die remedies vir dwang is slegs beskikbaar aan ‘n kontraktant wat kan bewys dat die aangaan van die kontrak deur dwang veroorsaak is. Die beginsels rakende kousaliteit in geval van wanvoorstelling geld ook by dwang (sien lesing 3).

1.2.5. Ongevraagde resultaat: Kontrak of skade56

Vermoënskade as resultaat van die sluit van die kontrak is ‘n voorvereiste vir ‘n suksesvolle eis vir skadevergoeding. Die howe het selfs al die elemente van dwang uiteengesit om skade in te sluit in gevalle van terugtrede uit die kontrak sonder ‘n eis vir skadevergoeding (Sien in besonder Broodryk v Smuts en Arend v Astra Furnishers (Pty) Ltd). Insover dwang as ‘n grond vir terugtrede gebaseer is op die oorweging dat ‘n uitdrukking van bedoeling nie vrylik gemaak is nie, blyk dit logies te wees dat ware (vermoëns)-skade nie bewys hoef te word in geval van terugtrede sonder skadevergoeding nie.

1.3. Dwang in verband met sake (goedere) en ekonomiese dwang57

55 Van der Merwe et al 2007: 122 fn 14656 Van der Merwe et al 2007: 12357 Van der Merwe et al 2007: 123

Page 33: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

33

Hierdie aangeleenthede is reeds hierbo aangeraak. Hou in gedagte dat “dwang in verband met goedere” nie ‘n aparte konsep in Suid-Afrikaanse reg vorm nie. Insover dit betrekking het op ‘n dreigement teen die eiendom of goedere van ‘n kontraktant, moet dit hanteer word as ‘n dreigement teen enige beskermde belang. Insover dit betrekking het op ‘n eis vir die terugbetaling van geld wat betaal is om skade aan eiendom te voorkom, verwys “dwang in verband met goedere” na ‘n eis vir verryking. The vereiste dat terugbetaling slegs toegestaan sal word indien daar op prestasie ooreengekom is onder dwang, sal dan deel vorm van die vereistes vir die condictio indebiti, en meer spesifiek moes daardie prestasie sine causa gemaak gewees het.

Waar ‘n persoon ‘n kontrak sluit onder sogenaamde ekonomiese dwang, soos in die Malilang-saak (sien hierbo), is al baie bespreek. In die saak van Medscheme Holdings (Pty) Ltd v Bhamjee 2005 (5) SA 339 (SCA) is daar besluit dat die beginsel dat ekonomiese druk in sekere gevalle dwang daar kan stel, nie deel vorm van die Suid-Afrikaanse Reg nie.

2. Onbehoorlike beïnvloeding58

2.1. Inleiding

Volgens Van der Merwe et al bestaan daar ‘n derde spesifieke grond vir terugtrede uit ‘n kontrak, wat voor die howe geopper is.59 Die argument was dat, in sekere omstandighede, ‘n kontraktant wat oortuig is om met iemand te kontrakteer wat voorheen ‘n invloed oor hom verkry het, en daardie invloed gebruik het ten einde die persoon se toestemming te verkry om te kontrakteer, uit die kontrak kan terugtree. Soos hierbo genoem, is hierdie nuwe grond vir terugtrede nie maklik aanvaar nie, soos veral blyk uit Van den Heever AR se uitspraak in Preller v Jordaan. Die hoofkritiek teen onbehoorlike beïnvloeding as ‘n grond vir terugtrede uit ‘n kontrak was dat dit histories nie deel van ons reg gevorm het nie, asook dat dit onmoontlik was om dit presies te definieer en te beperk, wat gevolglik sou lei tot onsekerheid in die afdwinging van kontrakte. Histories gesproke was die kritiek nie ongegrond nie, aangesien onbehoorlike beïnvloeding nie deel vorm van ons reg nie. Dit is verkry uit Engelse Reg, waar dit oorspronklik ontwikkel is as ‘n konsep van billikheid, deurdat dit terugtrede uit ‘n kontrak regverdig het in omstandighede waar dit nie deur die gemenereg regverdig is nie. Dit is uiteindelik geïnkorporeer in die Suid-Afrikaanse Reg deur die meerderheidsbeslissing in Preller v Jordaan.

2.2. Elemente van onbehoorlike beïnvloeding gelees met die saak van Preller v Jordaan60

58 Van der Merwe et al 2007: 124-12959 Van der Merwe et al 2007: 12460 1956 (1) SA 483 (A)

Page 34: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

34

In die bogemelde saak (wat ingesluit is in die sakelys en in detail bestudeer moet word) was die appellant ‘n dokter wat die respondent reeds etlike jare behandel het. Die respondent was krities ongesteld, van ‘n gevorderde ouderdom, en geestelik en liggaamlik uitgeput. Hy was diep bekommerd oor sy plaasbedrywighede in die guns van sy afhanklikes, sou hy doodgaan. Teen die respondent se aanvanklike twyfel, het die appellant hom (respondent) voortdurend geadviseer en eventueel oortug om vier plase in die naam van die appellant oor te dra, wat ook gedoen is. Die respondent het toe herstel en wou uit die kontrak terugtree op die grond dat die appellant sy invloed wat hy oor die respondent gehad het, op ‘n onbehoorlike wyse uitgeoefen het.

Volgens die hof61 moet ‘n kontraktant wat uit die kontrak wil tree op grond van onbehoorlike beïnvloeding die volgende bewys:

(i) Dat die ander kontraktant ‘n invloed oor hom verkry het;

(ii) Dat hierdie invloed sy weerstandsvermoë verswak het en sy wil feilbaar gemaak het;

(iii) Dat die ander kontraktant sy invloed gebruik het in ‘n gewetenlose manier om hom te oortuig om ‘n transaksie te sluit wat (a) tot sy nadeel was en (b) hy nie sou gesluit het as hy normale wilsvryheid gehad het nie.62

Weereens, soos by die ander twee gronde vir terugtrede uit ‘n kontrak, ontstaan die vraag of die vereistes deur die hof voorgestel onbehoorlike beïnvloeding as ‘n delik klassifiseer. Die howe het dit nog nooit direk ‘n delik genoem nie, maar volgens Van der Merwe et al is dit aan te bevele om met die wye konsep van onbehoorlike beïnvloeding buite die strukture van die deliktereg te handel.63

2.3. Elemente van Onbehoorlike beïnvloeding64

2.3.1. Handeling

Die handeling bestaan in die uitoefening van invloed oor die mede-kontraktant. 2.3.2. Wederregtelikheid

Volgens die howe moet die invloed van so aard gewees het dat dit die ander party se wil verswak het en dit feilbaar gemaak het, en moes ook in ‘n gewetenlose manier uitgeoefen gewees het. Dit beteken dat die handelik wederregtelik moes gewees het.

2.3.3. Skuld61 See 492G-H62 Van der Merwe et al 2007: 12663 Van der Merwe et al 2007: 12764 Van der Merwe et al 2007: 127-129

Page 35: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

35

Daar is geen duidelike aanduiding dat skuld vereis word vir suksesvolle terugtrede uit ‘n kontrak op grond van onbehoorlike beïnvloeding nie. In die konteks van kontraksluiting, bleik onnodig te wees om skuld te bewys as ‘n element van onbehoorlike beïnvloeding (sou mens egter onbehoorlike beïnvloeding as ‘n delik klassifiseer, sal skuld bewys moet word).

2.3.4. Kousaliteit

Terugtrede op grond van onbehoorlike beïnvloeding vereis bewys dat die kontrak nie gesluit sou gewees het as dit nie was vir die vir sodanige onbehoorlike beïnvloeding nie. Die oorwegings by kousaliteit in die konteks van wanvoorstelling geld ook hier.

2.3.5. Ongevraagde resultaat: Kontrak of skade

Volgens die howe vereis terugtrede op grond van onbehoorlike beïnvloeding dat die kontrak tot die nadeel van die kontraktant wat wil terugtree moes gefunksioneer het. “Nadeel” in hierdie verband beteken nie noodwendig skade nie.

2.4. Remedies vir die drie vorme van wilsooreenstemming onbehoorlik verkry:

2.4.1. Instandhouding van die kontrak:

Die slagoffer besef dat wilsooreenstemming alleenlik bereik is as gevolg van wanvoorstelling nie.

Die slagoffer sou steeds gekontrakteer het, maar:

- Sou minder betaal het as hy bewus was van die ware feite;- Hy eis vir die verskil in prys op ‘n deliktuele basis;- Hy is ongelukkig omdat die ander party nie presteer in terme van die kontrak nie (positiewe wanprestasie);- Hy eis kontraktueel.- Hy eis in terme van estoppel og kontrakbreuk-beginsels.

2.4.2. Terugtrede

- Die slagoffer voer aan dat geen kontrak ontstaan het nie, aangesien sy wil beïnvloed is deur die wanvoorstelling, en geen wilsooreenstemming ooit bestaan het nie.

- Hy sou nie gekontrakteer het as hy bewus was van die ware feite nie.

Page 36: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

36

Bladsye 130-135 van Van der Merwe et al hoef nie bestudeer te word nie.

Eenheid 4Aanbod en Aanname

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid moet die student die volgende kan doen:

1. Verduidelik die herkoms van die begrippe “aanbod” en “aanname”.

Page 37: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

37

2. Bespreek die begrip “aanbod” met spesifieke verwysing na die volgende:2.1. Elemente van ‘n geldige aanbod.2.2. Regsgevolge van ‘n geldige

aanbod.2.3. Verval van ‘n aanbod.

3. Bespreek die begrip “aanname” met spesifieke verwysing na die saak van Steyn v LSA Motors.

Study:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 3.

2. Vanuit sakelys:

Crawley v Rex 1909 TS 1105

Bloom v American Swiss Watch Co. 1915 AD 100

Steyn v LSA Motors 1994 (1) SA 49 (A)

Alternative study:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. Vyfde uitgawe. Hoofstuk 2

4. Bhana et al. Students’ guide to the Law of Contract. Tweede uitgawe. Hoofstuk 3.

1. Inleiding65

In sy eenvoudigste vorm bestaan ‘n kontrak uit ‘n uitnodiging om instemming tot skep van ‘n vepligting tussen twee of meer partye (genoem ‘n “aanbod”) en ‘n

65 Van der Merwe et al 2007: 54

Page 38: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

38

positiewe antwoord (genoem ‘n “aanname”).66 Die reëls aangaande aanbod en aanname moet dus verstaan word in die lig van hul grondliggende beginsels, naamlik dat ‘n kontrak die formasie is van ‘n gemeenskaplike bedoeling van die kontraktante deur middel van verklarings wat hul wedersydse bedoelings uitlig.67

‘n Duidelik waarneembare aanbod en aanname is nie opsig self vereistes vir die skep van ‘n kontrak nie. Aangesien ‘n kontrak ‘n juridiese handeling is, moet die ooreenkoms tussen die partye uiterlik verklaar word om regsrelevant te wees. Of spesifieke verklarings ‘n kontrak daarstel moet beantwoord word met verwysing na die algemene vereistes vir die daarstel van ‘n kontrak. Een van hierdie vereistes is die teenwoordigheid van wilsooreenstemming, en aanbod en aanname is feite waaruit wilsooreenstemming afgelei kan word.

Aanbod en aanname kan ook relevant wees in ander opsigte. Dit kan byvoorbeeld aanduidend wees van waar ‘n kontrak gesluit is, of presies wanneer dit regsgevolge tot gevolg gehad het. In die afwesigheid van spesiale bepalings in die kontrak self, sal die plek en tyd van die sluit van die kontrak bepaal word deur die reëls van aanbod en aanname. Hierdie reëls vorm ook die basis vir oplossing van probleme in die verhoudinge tussen kontrakterende partye in die voorafgaande onderhandelinge van die kontrak.68

2. Die aanbod2.1. Elemente van ‘n geldige

aanbod:69

‘n Aanbod is ‘n wilsverklaring, en word gemaak met die bedoeling om ‘n verbintenisregtelike verhouding met bepaalde of bepaalbare terme met ‘n ander te skep. Hierdie wilsverklaring moet tot die aandag van die persoon aan wie dit gerig word gebring word, om laasgenoemde in staat te stel om ‘n kontrak te skep deur aanvaarding van die aanbod.70 Alhoewel dit normaalweg aan ‘n spesifieke persoon geadresseer word, veries ‘n aanbod nie ‘n geadresseerde ten einde geldig te wees nie. ‘n Aanbod in die vorm van ‘n toekenning (“reward”) word aan die breë publiek gemaak, terwyl sekere aanbiedinge op veilings slegs aan bepaalde groepe persone gemaak word. ‘n Aanbod kan in enige spesifieke vorm gemaak word, en kan gemaak word op enige wyse wat deur die aanbieder verkies word, synde uitdruklik of stilswyend. Die aanbieder kan in die aanbod sekere formaliteite voorskryf vir aanvaarding van die aanbod. ‘n Aanbod gemaak by wyse van ‘n tender is al as oneffektief bestempel waar dit gemaak is teen openbare beleid, soos gesien in Warrenton Municipality v Coetzee 1998 (3) SA 1103 (NC)

Ten einde ‘n aanbod daar te stel, moet ‘n wilsverklaring die essensiële en materiële terme van die voorgestelde kontrak uiteensit in so mate dat blote aanname van die

66 Van der Merwe et al 2007: 5467 Van der Merwe et al 2007: 5468 Van der Merwe et al 2007: 5469 Van der Merwe et al 2007: 5670 Van der Merwe et al 2007: 56

Page 39: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

39

kontrak die regsgevolge daarvan sal bepaal of objektief bepaalbaar sal maak. In die praktyk sal wilsverklarings wat voorkom in advertensies vir die verkoop van goedere of wat tenders uitnooi vir die voltooiing van sekere werk of vir die verkoop van grond dikwels nie aan bogemelde vereiste voldoen nie, met die gevolg dat hulle nie as geldige aanbiedinge sal kwalifiseer nie.

Sien in hierdie geval die bekende saak van Crawley v Rex 1909 TS 1105, waar ‘n advertensie vir die verkoop van tabak, alhoewel dit ‘n prys gespesifiseer het, nie die hoeveelheid gespesifiseer het nie.

Selfs indien ‘n verklaring die detail van die voorgestelde verhouding met voldoende sekereheid uiteensit, sal dit slegs ‘n geldige aanbod daarstel indien dit gemaak is met die bedoeling dat die aannemer die mag sal hê om ‘n kontrak te skep deur aanvaarding van die aanbod. Die bedoeling waarmee ‘n aanbod gemaak word, indien nie uitdruklik uiteengesit nie, word verkry deur die daarstel van die uitdrukking self asook omringende omstandighede. Of ‘n wilsverklaring ‘n aanbod daarstel of niks meer is as ‘n uitnodiging om te onderhandel nie, hang af van die vraag of die elemente van ‘n aanbod teenwoordig is, en nie op die klassifikasie van die spesifieke wilsverklaring nie. Daar kan dus nie ‘n onbuigbare reël wees dat verklarings gemaak in advertensies en soortgelyke verklarings van bedoeling nooit ‘n geldige aanbod daar kan stel nie. Die regseffek van aanbiedinge deur middel van advertensies, katalogusse en omsendskrywes, asook die uitstal van goedere (met of sonder pryse op), in ‘n sefhelp-millieu of andersins, hang af van watter spesifieke wilsverklaring gemaak word, die inhoud daarvan en, in besondere gevalle, die vorm daarvan.

Christie verklaar dat “what distinguishes a true offer from any other proposal or statement is the express or implied intention to be bound by the offeree’s acceptance”71 Sou die bedoeling om gebonde te wees deur aanvaarding ontbreek, ontbreek die aanbieder die nodige animus contrahendi.72 Die begrip “gebrek aan animus contrahendi” beskryf die gevalle waar dit duidelik is uit die omringende omstandighede of die wyse waarop die aanbod gemaak is dat die aanbod nooit bedoel was om ernstig opgeneem te word nie.73

’n Aanbod gemaak as ‘n grap, byvoorbeeld, kan nie tot die sluiting van ‘n kontrak lei nie. So ook nie ‘n aanbod gemaak in woede nie, tensy die aanbieder later die aanbod volhou. Soortgelyk sal ‘n aanbod gemaak ter illustrasie van hoe ‘n aanbod gemaak moet word, of onbewustelik gemaak tydens die vertel van ‘n

71 Christie 2006: 2972 Christie 2006: 3073 Christie 2006: 30

Page 40: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

40

storie, of ‘n aanbod gemaak op ‘n vae, onpersoonlike manier, of laastens ‘n aanbod gemaak as ‘n kompliment, nooit ‘n geldige aanbod daarstel nie.

2.2. Regsgevolge van ‘n aanbod74

‘n Kontrak is ‘n tweesydige juridiese handeling, en aanspreeklikheid ex contractu is gebaseer op ooreenkoms tussen die partye. In ons reg kan ‘n verbintenis nie eensydiglik ontstaan nie, soos wel moontlik was in die pollicitatio van die Romeinse Reg nie. ‘n Gewone kontraktuele aanbod skep dus geen regte en verpligtinge tussen aanbieder en aannemer nie. Dit gee egter aanleiding tot die verwagting van ‘n toekomstige reg, aangesien die aannemer die kapasiteit het om ‘n verbintenis te skep deur aanname van die aanbod. Ongeag wat die waarde van ‘n aanbod vir die partye is, het die regsgevolge daarvan beperkte kommersiële belang. Insover dit nie verbintenisse skep nie, kan ‘n aanbod herroep word en omdat dit nie deel vorm van die boedel van die aanbieder of aannemer nie, verval ‘n aanbod by die dood van enige van die partye, en dit kan nie sedeer word nie.

2.3. Verval van ‘n aanbod75

Vanweë die feit dat ‘n aanbod geen verbintenisregtelike effek het nie, kan dit deur die aanbieder teruggetrek word (Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk v Van Aswegen 2005 (4) SA 417 (O)). Terugtrekking bly moontlik tot op die oomblik waarin die kontrak gesluit word en word nie vooruitgegaan deur ‘n tydlimiet vir aanname nie. Aangesien ‘n aanbod gemaak word met die doel om ‘n aanname aldan nie van die aannemer te verkry, is die argument al aangevoer dat die reg om die aanbod terug te trek verstryk sodra die aannemer begin om ‘n aanname te verklaar. Die terugtrek van ‘n aanbod is effektief slegs wanneer die aanemer kennis verkry van die terugtrek daarvan. ‘n Aanbieder wat nie sy besluit om die aanbod terug te trek aan die aannemer gekommunikeer het nie, kan by aanname van die aanbod aanspreeklik gehou word op subjektiewe gronde, ongeag of hy nie meer bedoel het om aanspreeklikheid te bekom nie. Omdat ‘n aanbod nie bates of laste in die boedel van die aanbieder of aannemer vorm nie, verval dit by die dood van enige van die partye.

‘n Aanbod sal verval indien dit nie deur die aannemer aangeneem word nie, en ‘n teenaanbod deur laasgenoemde is soortgelyk aan nie-aanname. ‘n Navraag deur die aannemer om sekere aspekte van die aanbod uit te klaar of ‘n versoek om sekere bepalings van die aanbod te wysig sal nie ‘n teenaanbod daarstel nie. Dieselfde is ook waar van die aanname. In geval waar die aanbod ‘n tydperk vir aanname stipuleer, verval die aanbod indien dit nie binne die bepaalde tydperk aangeneem word nie. Andersins verval ‘n aanbod indien nie binne ‘n redelike tydperk aanvaar nie.

3. Aanname76

74 Van der Merwe et al 2007: 58-5975 Van der Merwe et al 2007: 5976 Van der Merwe et al 2007: 61-68

Page 41: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

41

In die saak van Lowe v Commission for Gender Equality 2002 (1) SA 750 (W) is daar beslis dat aanname ‘n wilsverklaring is, wat aanduidend is van toestemming tot die voorstel in die aanbod gemaak en wat aan die aanbieder gekommunikeer word. Waar die aanbod ‘n eensydige kontrak veronderstel wat slegs verpligtinge vir die aanbieder bevat, sal ‘n ‘n stilswyende besluit om te aanvaar voldoende wees vir ‘n geldige aanname.77 ‘n Bedoeling om in ‘n verbintenis met die aanbieder te tree is ‘n voorvereiste van aanname. Die wilsooreenstemmende basis van ‘n kontrak impliseer dat aanname moet geskied deur middel van bewuste reaksie op die aanbod, en dat vir wilsooreenstemming om effektief te wees, dit moet korreleer met die terme van die aanbod. Die aanname moet ondubbelsinnig wees, sodat dit duidelik is vir die ontvanger daarvan by die gebruik van gewone kennis en rede dat die ooreenkoms voltooi is. Dit moet onthou word dat enigiets meer of minder as ‘n ongekwalifiseerde aanname, ‘n teenaanbod daarstel, en is vir alle praktiese doeleindes ‘n verwerping van die oorspronklike aanbod. Waar ‘n geadresseerde in sy aanname verwys na sekere terme wat nie in die aanbod aangeraak word nie, maar wel in die kontrak ingevoeg sal word sou dit aanvaar word, moet so aanname as ‘n geldige een beskou word. ‘n Versoek in die aanname of die aanbieder gewillig sal wees om sekere elemente van die aanbod te verander, sal nie die geldigheid van die aanname affekteer nie, solank as wat wysiging van die aanbod nie ‘n vereiste vir aanvaarding is nie. Volgens die voorgeskrewe handboek sal ‘n onvoltooide aanname dui op ‘n bedoeling om ‘n verbintenis met bepaalde of bepaalbare inhoud te skep, terwyl onderhandelinge op die uitstaande elemente voortduur.

Volgens Christie kan ‘n aanbod wat nie aanvaar is nie, nie ‘n kontrak daarstel nie, “since it emanates from the offeror alone, and the necessary agreement cannot be held to exist without some evidence of the state of mind of the offeree”78 Die algemene reël is dus dat geen kontrak totstand kan kom tensy die aanbod aanvaar is nie.79 ‘n Logiese maar belangrike vraag wat ontstaan is natuurlik wie die mag het om te aanvaar. Christie noem dat “a simple contractual offer made to a specific person can be accepted only by that person”80 ‘n Aanname deur ‘n ander persoon is oneffektief en bring geen kontrak totstand nie.

In die interessante saak van Steyn v LSA Motors 1994 (1) SA 49 (A), wat in detail bestudeer moet word, is ‘n geldige aanbod aanvaar deur iemand wat nie die mag gehad het om die aanbod te aanvaar nie. Gevolglik het geen kontrak totstand gekom nie.Omdat die doel van analisering van ‘n transaksie in aanbod en aanname is om vas te stel of die partye ‘n ooreenkoms bereik het, plaas ‘n party wat beweer dat hy die aanbod aanvaar het op ‘n tyd toe hy nog onbewus daarvan was, “form before substance”81

77 Let daarop dat Van der Merwe et al nie oortuig is van hierdie argument nie.78 Christie 2006: 5779 Christie 2006: 5780 Christie 2006: 5881 Christie 2006: 57

Page 42: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

42

In die saak van Bloom v The American Swiss Watch Co 1915 AD 100 het Bloom in gebreke gebly om ‘n geadverteerde prys af te haal omdat hy onbewus was van die geadverteerde aanbod of prys ten tyde van die gee van inligting aan die CID wat, indien hy bewus sou gewees het van die aanbod, die nodige aanname van die aanbod daar sou gestel het. Hy het dus gehandel sonder die nodige animus contrahendi.

Christie sê baie duidelik dat aanname “unequivocal or unambiguous”82 moet wees, sowel as antwoordend of die aanbod.83

Wyses van aanname84

Engelse skrywers soos Chitty neem die standpunt in dat ‘n wyse van aanvaarding wat net so voordelig vir die aanbieder is as die wyse wat hyself voorgeskryf het, voldoende sal wees indien hy dit duidelik gemaak het dat sy voorgeskrewe metode van aanvaarding en geen ander toegepas moet word nie.85 In so geval moet die aanbieder se wense gerespekteer word, want dit is nie vir die hof om ‘n kontrak vir die partye op te stel nie.‘n Aanbod wat dit nie duidelik maak dat die voorgeskrewe metode van aanname en geen ander aanvaar sal word nie, moet ‘n regverdige interpretasie verleen word ten einde ‘n aannamemetode te aanvaar wat gelyke bevoordeling vir die aanbieder het.86

Stilte as aanname87

‘n Noodsaaklike beperking op die aanbieder se vryheid om die wyse van aanname te bepaal, is dat hy nie die kontrak op die aannemer kan forseer deur te sê dat hy die aannemer se stilte as aanname sal aanvaar nie.88 Stilte mag egter tot aanname lei in omstandighede waar daar ‘n “duty to speak” op die aannemer rus as hy nie aanbod wil verwerp.

Eenheid 5Kontrakte Inter Absentes

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid moet die student die volgende kan doen:

82 Christie 2007: 6083 Christie 2007: 6284 Christie 2007: 64-6585 Christie 2007: 6586 Christie 2007: 6587 Christie 2007: 65-6688 Christie 2007: 65

Page 43: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

43

1. Verduidelik in detail en met die hulp van relevante regspraak die sogenaamde “vernemingsteorie” vir die bepaling waar en wanneer ‘n kontrak totstand gekom het.

2. Verduidelik kortliks Van der Merwe et al se benadering tot sekere afwykings van die vernemingsteorie in die Suid-Afrikaanse Reg.

3. Verduidelik wat bedoel word met die versendingsteorie. Evalueer krities die aanvaarbaarheid van hierdie teorie in die Suid-Afrikaanse Reg.

4. Bespreek kortliks die uitingsteorie vir die bepaling van die tyd en plek van die ontstaan van ‘n kontrak.

5. Bespreek die ontvangsteorie vir die bepaling van wilsooreenstemming met spesifieke verwysing na Christie se bydrae tot die onderwerp sowel as Artikel 23 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontraktereg. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 3 vanaf p. 55-72.

2. Vanuit die sakelys:

Reid v Jeffreys Bay Property Holdings 1976 3 SA 134 (C)

Driftwood Properties v McLean 1971 1 SA 591 (A)

Cape Explosive Works Ltd v South African Oil and Fat Industries Ltd 1921 CPD 244.

Craib v Crisp 1984 (3) SA 594 (T)

Alternatiewe studie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. Vyfde uitgawe. Hoofstuk 2 p. 70-79

1. Inleiding

Volgens Van der Merwe et al aanvaar Suid-Afrikaanse Reg dat ‘n kontrak gesluit word waar en wanneer wilsooreenstemming teenwoordig is.89 Dit beteken gewoonlik dat die kontrak totstand kom op die plek waar en die oomblik wanneer die aanbieder

89 Van der Merwe et al 2007: 55

Page 44: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

44

verneem dat sy aanbod aanvaar is deur ‘n persoon wat regtens gemagtig is om die aanbod te aanvaar (aannemer). Hierdie teorie staan bekend as die vernemingsteorie. Dit berus op die beginsel dat die primêre basis van kontraktuele aanspreeklikheid die werklike ooreenstemming tussen die partye tot ‘n transaksie is.90

Wilsooreenstemming is die essensie van die regshandeling, en behoort die afsnypunt tussen die onderhandelins- en verbintenisfases te wees. Alhoewel dit eenvoudig blyk te wees om die tyd en plek waar wilsooreenstemming totstand gekom het te bepaal, moet mens in gedagte hou dat in die huidige besigheidswêreld persone afhanklik is van aanbiedinge en aannames gemaak via die pos, faks en andere. In hierdie omstandighede word dit moeiliker om waar en wanneer ‘n kontrak gesluit is.

Die vernemingsteorie is nie die enigste teorie wat gebruik word om te bepaal waar en wanneer ‘n kontrak gesluit word nie. Drie ander teorieë bestaan vir hierdie doel, naamlik die versendingsteorie, ontvangsteorie en die uitingsteorie. Hulle sal die basis van hierdie eenheid vorm. Hierdie teorieë moet nie verwar word met die drie teorieë vir die vasstelling van die teenwoordigheid van wilsooreenstemming, soos voorheen bespreek nie.

2. Die 4 teorieë vir die bepaling van die tyd en plek van kontraksluiting:

2.1. Vernemingsteorie:

Soos hierbo genoem, vereis die vernemingsteorie die aanbieder se kennis dat sy aanbod deur die aannemer aanvaar is. Sodanige kennis kan op een van die volgende wyses oorgedra word:

Lees van ‘n brief, faksimilee, e-pos of sms van aanname (waarvan die aannemer die outeur is) van die relevante aanbod;

Luister na ‘n boodskap deur die aannemer op die antwoordmasjien van die aanbieder gelaat, of ‘n stemboodskap an aanvaarding op die selfoon van die aanbieder.

Die saak van Reid v Jeffreys Bay Property Holdings 1976 (3) SA 134 (C) stel ‘n baie interessante scenario daar. In hierdie saak was A in Kaapstad gedomisilieerd. A wou sy eiendom, geleë in Humansdorp naby Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, verkoop. B was geïnteresseerd daarin om die eiendom te koop, en het onderhandelinge gevoer met ‘n agent van A in Pinetown, Natal. B was gedomisileerd in Durban. B het gevolglik die geskrewe koopooreenkoms in Durban onderteken, en aan A se agent gegee om aan A te lewer in Kaapstad. Twee vrae is hier relevant:

1. Wie is die aanbieder en wie is die aannemer?2. Tweedens en mees belangrike: Waar het die kontrak ontstaan?

90 Van der Merwe et al 2007: 55

Page 45: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

45

Die antwoord op die eerste vraag blyk eenvoudig genoeg te wees. A het sy eiendom te koop aangebied. B het die aanbod aanvaar, en dus is A die aanbieder en B die aannemer. Hierdie is die korrekte aanname. Daar ontstaan egter verwarring indien mens in ag neem dat B die koopooreenkoms eerste geteken het. B het in werklikheid ‘n aanbod aan A gemaak vir die koop van A se eiendom, wat A deur verteenwoordiging aanvaar het. As daar uit hierdie oogpunt na die transaksie gekyk word, blyk B die aanbieder te gewees het en A die aannemer (vir die koop van A se eiendom). Dit moet egter in gedagte gehou word dat ‘n koopooreenkoms voorafgegaan word deur ‘n “aanbod om te koop”, en eers ‘n kontrak word wanneer en indien dit aanvaar word. Dus: Die aanbod is deur A gemaak, deur B aanvaar in Durban, en kennis van die aanname van die aanbod is deur A ontvang in Kaapstad.

Waar is die kontrak dan gesluit? Onthou dat ons tans besig is met die vernemingsteorie, wat bepaal dat die kontrak gesluit word op die oomblik wanneer en die plek waar die aanbieder (A) verneem dat sy aanbod aanvaar is. Alhoewel die aanname aan A se agent oorhandig is in Durban, het laasgenoemde geen gesag gehad anders as om met B te onderhandel nie. In die huidige saak is beslis dat die kontrak in Kaapstad gesluit is, aangesien dit is waar die aanbieder van die eiendom (A) verneem het dat sy aanbod deur die aannemer (B) aanvaar is.

Wat sou die posisie gewees het indien A se agent uit Durban vir A telefonies gekontak het en ‘n boodskap op A se antwoordmasjien (wat natuurlik nog nie in 1972 bestaan het nie, maar vir besprekingsdoeleindes) in Kaapstad gelaat het dat A se aanbod aanvaar is? Sou dit enige verskil gemaak het aan die vraag waar die kontrak gesluit is? Wat van die vraag wanneer die kontrak gesluit is?

In sie saak van Driftwood Properties v McLean 1971 1 SA 591 (A) was die respondent die aanbieder van spesifieke eiendom. V (namens ‘n trust) was die aannemer. Die kontrak het bepaal dat die aanbod deur V aanvaar moes word voor of op die 17de Mei 1969. Die respondent (aanbieder) het reeds die “aanbod om te koop” (wat by aanname ‘n koopkontrak sou vorm) geten op die 30ste April 1969. V het toe die dokument geteken op 17 Mei 1969, en sodoende klaarblyklik ‘n geldige aanname van die respondent se aanbod gemaak.

Nietemin, op die datum van aanname van die respondent se aanbod (17 Mei 1969) het laasgenoemde nog geen kennis gehad dat sy aanbod aanvaar is nie. Die aannamebrief is gepos op 18 Mei 2009, en is slegs deur die respondent ontvang op 27 Junie 1969, wat vanselfsprekend die datum was waarop die respondent finaal verneem het dat sy aanbod aanvaar is.

In sy uitspraak kwoteer die hof vir Grotius91 deur die volgende te sê:

…I may make an offer in two ways. I can either make an offer and say that the contract will be established by your mere acceptance; or I can make the offer and say that the contract will be completed when I come

91 De Jure Pacis ac Belli, Bk. 2, Chap. 11, para.15

Page 46: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

46

to hear of your acceptance. And if there is a doubt upon the matter, we must always presume that the second was the case…

In die bogemelde saak het die hof beslis dat “die handtekening van V op 17 Mei 1969 ‘n geldige kontrak daargestel het”.

Die vernemingsteorie is die algemene reël in die Suid-Afrikaanse Reg met betrekking tot kontrakte inter absentes. Daar is egter enkele uitsonderings op die algemene reël:

Met betrekking tot poskontrakte volg Suid-Afrikaanse Reg die versendingsteorie (sien die bespreking van die Cape Explosives-saak hieronder).

Die ontvangsteorie word deur wetgewing voorgeskryf by internet-transaksies. Sien in besonder Artikel 22 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie- en Transaksies 25 van 2002, saamgelees met die Wet op Elektroniese Kommunikasie van 2005.

Waar die partye self die oomblik en plek van kontraksluiting bepaal (soos in die saak van Reid v Jeffreys Bay Property Holdings).

Die saak van A-Z Bazaars v Minister of Agriculture 1975 (3) SA 468 (A). In hierdie saak het die aannemer die aanbod aanvaar deur middel van ‘n brief. Hy het toe sy aanname teruggetrek deur middel van ‘n telegram, wat vinniger as die brief gearriveer het. Die staat het geargumenteer dat die onteieningsaanbod reeds deur die aannemer aanvaar was, en dat die later-gestuurde telegram geen effek gehad het op die oomblik waarop die kontrak gesluit is nie. Die Kaapse Provinsiale Afdeling het die versendingsteorie gevolg. Op appel het die hof die Onteieningswet wat in daardie stadium van toepassing was, geïnterpreteer. Die Onteieningswet het bepaal dat aanname “gelewer” moes word aan die Minister. Die telegram was eerste “gelewer”, en gevolglik was die versendingsteorie nie op onteienings-aanbiedinge van toepassing nie.

Dit moet onthou word dat elke feitesituasie op su eie meriete beoordeel moes word.

Vir verrykingsdoeleindes kan u kyk na die saak van Kergeulen Sealing and Whaling v CIR 1939 AD, wat effens in kontras staan met die A-Z Bazaars-saak.

1.2. Afwykings van die vernemingsteorie.

Volgens die howe is dit oorspronklik aanvaar dat die tyd en plek van kontraksluiting bepaal moes word na gelang van die vernemingsteorie, ongeag of die partye ‘inter

Page 47: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

47

praesentes’ of ‘inter absentes’ gekontrakteer het.92 Dit was ook erken dat die aanbieder ‘n wyse van aanname kon voorskryf wat dit onnodig sou maak dat hy van die aanname in kennis gestel moes word. Hierdie beginsel word steeds vandag aanvaar- lees weer die Driftwood-saak.

Die feite van ‘n spesifieke saak sal beslissend wees in enige poging om ‘n spesiale wyse van aanname gemik op die afwyking van die vernemingsteorie daar te stel. Die volgende is voorbeelde van sake wat sodanige afwyking kan regverdig:

- Geografiese skeiding van partye;- Vorm en kommersiële aard van die voorgenome kontrak;- Die bestaan van ‘n verlydingsklousule;- Verklaring dat die kontrak by handtekening gesluit sal word.

In die saak van Cape Explosive Works Ltd v South African Oil and Fat Industries Ltd 1921 CPD 244 is ‘n nuwe benadering rakende kontrakte wat inter absentes deur die pos aangegaan is, aangeneem (die sogenaamde “poskontrakte”).

In die bogenoemde saak het die hof saamgestem dat vanuit ‘n teoretiese perspektief die vernemingsteorie pas by die moderne siening dat kontrakte gebaseer is op ooreenkoms tussen die partye.93 Nietemin is die versendingsteorie onder invloed van die Engelse Reg in die Cape Explosives-saak as die mees pragmatiese manier om die tyd en plek van kontraksluiting van poskontrakte vas te stel.94 Volgens die hof sal ‘n poskontrak ontstaan op die plek en oomblik waar die aanname gepos word:

…waar in normale omstandighede die Poskantoor as kanaal van kommunikasie gebruik word, en ‘n geskrewe aanbod gemaak is, sal die aanbod ‘n kontrak daarstel wanneer die aannamebrief gepos word.”95

Die korrektheid van die Cape Explosive-saak is bevestig in die Kergeulen Sealing and Whaling-saak.

Daar word van studente verwag om die Cape Explosives-saak in detail te bestudeer, alhoewel dit nie in die sakelys verskyn nie. Studente moet die saak by die biblioteek verkry.

1.3. Die Versendingsteorie:

Sover dit die oorspronklike redes vir die bekendstelling van die versendingsteorie in verband met poskontrakte aangaan, sien die baie

92 Van der Merwe et al 2007: 6893 Van der Merwe et al 2007: 6994 Van der Merwe et al 2007: 6995 Van der Merwe et al 2007: 68

Page 48: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

48

interessante artikel van Simon Gardner, Trashing with Trollope: A Deconstruction of the Postal Rules in Contract in die Oxford Journal of Legal Studies Vol 12, No.2 (1992).Let daarop dat hierdie artikel nie in detail vir eksamendoeleindes bestudeer hoef te word nie, maar die student sal voorsien van ‘n duidelike begrip van waarom die versendingsteorie hoegenaamd deel vorm van die Suid-Afrikaanse Reg.

Die hedendaagse toepassing van die versendingsteorie word verduidelik (of toegelaat?) aan die hand van die gebruik van die posdiens vir doeleindes van aanbod en aanname.96 In die Cape Explosives-saak is die versendingsteorie gebruik as gevolg van die skynbare pratiese gerief daarvan. Die regter in die bogenoemde saak (Searle R) het gesê dat “baie verwarring en komplikasies” sal ontstaan indien die reël nie aangeneem word nie, aangesien “the acceptor would certainly be at a loss to know when his notification reached the offeror and his hands would be tied if he was assured on this point.” 97 Van der Merwe et al noem dat die aannemer oor die algemeen bevoordeel sal word deur die toepassing van hierdie teorie, omdat die aannemer sodra die aanname gepos is, sekerheid het dat daar wel ‘n kontrak gesluit is, ongeag of die aanbieder ooit kennis van die aanvaarding gekry het.98 Vanselfsprekend sal soortgelyke omstandighede nie voordelig vir die aanbieder wees nie (kyk wat gebeur het in die Driftwood Properties-saak). Sou die aanbieder by gebrek aan die ontvangs van ‘n antwoord van die aannemer omdat die aanname in die pos verlore geraak het, sou aanvaar dat die aanbod verwerp is, en op daardie aanname ‘n kontrak met ‘n ander sou sluit, sal hy (die aanbieder) die risiko dra.99 Dit blyk onregverdig te wees teenoor die aanbieder- daar is geen rede waarom die aannemer bo die aanbieder bevoordeel moet word nie. Die verduideliking is afkomstig uit die Engelse Reg. Die versendingsteorie het ontstaan in die Engelsregtelike sisteem in omstandighede waarin dit regverdig geblyk het om die risiko van verlies te plaas op die party wat onderhandelinge deur die pos inisieer het. Dit is geargumenteer dat die hedendaagse aanspreeklikheid van die posdiens resulteer in ‘n redelike vertroue van die aannemer dat sy aanname in die normale loop van sake tot die kennis van die aanbieder sal kom. Hierdie vertroue sal dan ‘n onmiddellike basis vir ‘n kontrak skep in ‘n stadium waar daar geen consensus ad idem is nie.100

Die vraag moet gestel word of die posdiens, hetsy in Suid-Afrika of die Verenigde Koninkryk, werklik so betroubaar is as om te aanvaar dat ‘n aannemer in die normale loop van sake kan vertrou dat sy aanname aan die aanbieder gelewer sal word. Dit moet egter genoem word dat die versendingsteorie slegs ‘n risiko op die aanbieder plaas sover sulke risiko/risiko’s inherent is aan die posdiens. Eksterne of abnormale omstandighede wat die funksionering van die posdiens raak sal derhalwe die toepassing van die versendingsteorie uitsluit.

96 Van der Merwe et al 2007: 6997 Van der Merwe et al 2007: 7098 Van der Merwe et al 2007: 7099 Van der Merwe et al 2007: 70100 Van der Merwe et al 2007: 71

Page 49: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

49

Sal die versendingsteorie geld in geval waar aanname by wyse van ‘n brief volg op ‘n aanbod inter praesentes gemaak of telefonies inter absentes gemaak? Vind die antwoord in Van der Merwe et al, p. 71.

Die oomblik van versending van ‘n aanname bepaal slegs die tyd en plek van die sluiting van ‘n poskontrak in die afwesigheid van teenstrydige aanduidings. In die saak van A-Z Bazaars (Pty) Ltd v Minister of Agriculture 1975 (3) SA 468 (A) ‘n teenstrydige aanduiding inderdaad gevind in die voorskrifte van ‘n wet: Artikel 6 van die Onteieningswet 55 van 1965 het bepaal dat die betrokke kontrak slegs in werking sou tree indien ‘n skriftelike aanname aan die minister gelewer word, en dat die aannemer, wat ‘n aannemingsbrief gepos het, sodanige aanname kan neutraliseer by wyse van ‘n telegram wat voor die aannemingsbrief ontvang is.101 ‘n Verdere voorbeeld van ‘n teenstrydige aanduiding is gevind in die saak van SA Yster & Staal Industriële Korporasie v Koschade 1983 (4) SA 837 (T), waarin die bepalings van die aanbod self die bedoeling van die aanbieder aangedui het dat die oomblik van ontvangs van die aanname deurslaggewend sal wees102 (dit stem ooreen met die vernemingsteorie). Terselfdertyd kan die aard van ‘n spesifieke transaksie aanduidend wees van ‘n spesifieke bedoeling.103

In terme van die versendingsteorie kan geldige aanname van ‘n aanbod op een van die volgende wyses plaasvind:

Gooi van ‘n brief in ‘n posbus; Die spreek van ‘n aaname in die antwoordmasjien van die aanbieder se

telefoon; Die stuur van ‘n aanname vir die boodskapper; Die stuur van die aanname via telegram- sien Craib v Crisp.

In die saak van Craib v Crisp 1984 (3) SA 594 (T) wou die respondent haar eiendom is Sedgefield, Natal verkoop. Sy het ‘n mandaat verleen aan ‘n eiendomsagent om ‘n koper te kry vir die genoemde eiendom. ‘n Dokument genaamd “aanbod om te koop” is gevolglik geteken deur die voornemende koper (die applikant in die huidige saak). Die laaste bladsy van die aanbod om te koop het voorsiening gemaak vir die handtekening van die verkoper as aannemer van die aanbod om die eiendom te koop, gemaak deur die respondent. Daar was geen aanvaarding van die aanbod deur enige skrif op die dokument nie.

Wat gebeur het, is dat die eiendomsagent die respondent telefonies gekontak het om haar mee te deel van die bestaan van die skriftelike aanbod om te koop sowel as die terme daarvan, en haar versoek het om haar aanname van die aanbod per telegram (waarvan die inhoud deur die eiendomsagent aan die respondent dikteer is) te stuur. Sodanige telegram is toe gestuur en het onomwonde gestaaf dat die aanbod aanvaar is.

Die respondent wou egter uit die kontrak terugtree om die volgende redes:101 Van der Merwe et al 2007: 72102 Van der Merwe et al 2007: 72103 Van der Merwe et al 2007: 72

Page 50: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

50

i. Die stuur van die telegram het nie voldoende aanname van die aanbod vir die koop van onroerende eiendom daargestel nie.

ii. Kommunikasie van die aanname geadresseer aan die verkoper se agent kon nie gesien word as ‘n aanname van die koper se aanbod nie.

Die hof se beslissing het soos volg daarna uitgesien:

Met verwysing na rede (i) hierbo, het die hof gesê dat ‘n telegram inderdaad ‘n geldige aanname van die aanbod daargestel het, veral in die lig van Artikel 1 van die Wet of Formaliteite vir die Verkoop van Onroerende Goedere 71 van 1969, wat in daardie stadium gegeld het. (Dit moet in ag geneem word dat alhoewel ‘n skrywer soos Christie saamstem met Preis, R se beslissing in die saak, is De Wet & Yeats van ‘n ander opinie rakende die aangeleentheid).

Sover dit rede (ii) hierbo aangaan, het die hof gevoel dat onder die omstandighede waarin die respondent deur die eiendomsagent versoek is om ‘n telegram van aanvaarding van die aanbod te stuur, tesame met die feit dat die inhoud daarvan aan die applikant gekommunikeer is lank voordat die respondent besluit het om uit die kontrak terug te tree, ‘n bindende kontrak gesluit was.104

1.4. Die Uitingsteorie

Die uitingsteorie bepaal basies dat ‘n kontrak gesluit word op die oomblik wanneer en die plek waar die aannemer sy aanname van die aanbod uiter.

Dit kan geskied op een van die volgende wyses:

Verbale uitdrukking; Die neerskryf van ‘n aanname van die aanbod; Die diktasie van ‘n aanname aan ‘n ander; Die insleutel van ‘n aanname in ‘n rekenaarprogram soos Microsoft

Word; Die uitdruk van ‘n aanname deur gebaretaal.

Die probleem waarmee mens gekonfronteer word is natuurlik dat die aanbieder nie noodwendig bewus is van die aanvaarding van sy aanbod ten tyde van die uiting van die aanname nie. Dit laat die vraag na die teenwoordigheid van consensus ad idem tussen die aanbiedeer en die aannemer. Hierdie probleem is dieselfde as die ervaar deur die versendingsteorie.

1.5. Die Ontvangsteorie

104 Craib v Crisp, 601-602

Page 51: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

51

Wat hierdie teorie ‘n baie relevante en belangrike een maak, is die feit dat Suid-Afrika aangewend word met betrekking to internettransaksies, ingevolge artikels 22 en 23 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002.

Volgens Christie stel bogemelde wetgewing e-pos kontraktering sover as moontlik op ‘n gelyke voet met tradisionele kontraktering.105 Artikel 23 van die genoemde wet bepaal as volg:

23. A data message –

(a)used in the conclusion or performance of an agreement must be regarded as having been sent by the originator when it enters an information system outside the control of the originator or, if the originator and addressee are in the same information system, when it is capable of being retrieved by the addressee;

(b)must be regarded as having been received by the addressee when the complete data message enters an information system designated or used for that purpose by the addressee and is capable of being retrieved and processed by the addressee; and

(c)must be regarded as having been sent from the originator’s usual place of business or residence and as having been received at the addressee’s usual place of business or residence.

Christie noem dat die bogemelde artikel veronderstel dat wanneer die skepper van die boodskap se boodskap die geaddresseerde se inligtingstelsel bereik, dan bly dit daar. Tegnologie vorder tans egter so vinnig dat hierdie veronderstelling dalk nie korrek is nie, aangesien die skepper nog sy besluit kan verander en die boodskap uit die geaddresseerde se inligtingstelsel kan onttrek. Indien dit gedoen word voordat die geaddresseerde die boodskap oopgemaak en geprossesseer het, sou dit onrealisties wees om te bepaal of die geadresseerde dit wel ontvang het, of selfs of die skepper dit wel gestuur het. 106

Eenheid 6Pacta de Contrahendo

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Verduidelik wat bedoel word met die begrip pactum de contrahendo en onderskei hierdie begrip van ander vorme van voorkeurkontrakte.

105 Christie 2006: 78106 Christie 2006: 79

Page 52: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

52

2. Bespreek die regsaard van die opsiekontrak.3. Lys en bespreek die vereistes vir die opsiekontrak. 4. Bespreek kortliks die breuk van ‘n opsiekontrak en die remedies beskikbaar aan

‘n party wat skade gely het as gevolg van sodanige breuk.5. Lys voorbeelde van voorkeurkontrakte.6. Verduidelik kortliks wat bedoel word met die begrip “voorkeurreg”.7. Bespreek die vereistes van ‘n voorkeurreg.8. Onderskei tussen opsies en voorkeurkontrakte.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontraktereg. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 3 vanaf p. 77.

2. Vanuit die sakelys:

Venter v Birchholtz 1972 (1) SA 276 (A)

Hirschowitz v Moolman 1985 3 SA 739 (A)

Ficksburg Transport (Edms) Bpk v Rautenbach 1988 (1) SA 318 (A)

De Jager v Burger 1994 (1) SA 402 (C).

Dettmann v Goldfain 1975 (3) SA 385 (A)

Alternatiewe studie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. Vyfde Uitgawe. Hoofstuk 2 p. 37.

4. Bhana et al. Students’ guide to the Law of Contract. Tweede uitgawe. Hoofstuk 3. (vanaf p 62 verder)

1. Pacta de contrahendo

1.1. Inleiding

Volgens Van der Merwe et al is ‘n pactum de contrahendo ‘n kontrak gemik op die sluiting van ‘n ander kontrak. 107 ‘n Voorbeelde uit die Suid-Afrikaanse Reg is die opsiekontrak en die voorkeurkontrak.

107 Van der Merwe et al 2007: 77

Page 53: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

53

Die opsiekontrak beperk die aanbieder se kapasiteit om die aanbod terug te trek. ‘n Voorkeurkontrak het dit ten doel om ‘n voorkeurreg te skep namens ‘n persoon vir die aangaan van ‘n ander soort kontrak, sou so persoon besluit om hoegenaamd so kontrak te sluit.108 Sekere kontinentale regsisteme sien nie die bogenoemde kontrakte as pacta de contrahendo nie, maar gebruik hierdie term vir verbintenisregtelike ooreenkomste wat wat een of beide van die partye verbind om eventueel ‘n substantiewe kontrak van welke aard ookal te sluit.109 Hierdie tipe van voorkeurkontrak verskaf slegs ‘n reg om aan te dring op die samewerking van die ander party tot die sluit van die substantiewe kontrak. Kontrakte van hierdie aard is relevant waar partye wat reeds wilsooreenstemming bereik het oor die sluit van die substantiewe kontrak, maar onwillig is om dit onmiddellik te sluit, hulself wens te beskerm teen latere weiering om die kontrak te sluit.110

Die konsep pactum de contrahendo in sy wydste sin sluit ook ‘n verskeidenheid ander reelings in wat ‘n verskeidenheid funksies verrig. Dit moet onderskei word van pre-kontraktuele reëlings, wat geen verbintenisregtelike effek het nie. Pre-kontraktuele reëlings sluit memoranda van verstandhouding in, hoofde van ooreenkoms, ooreenkomste in beginsel, of briewe van bedoeling. Die hoofgebruik van hierdie pre-kontraktuele ooreenkomste is om vertroue te bewerkstellig deur ‘n toegwydheid tot die aangaan van die kontrak te demonstreer deur die partye of om enige vordering in onderhandelinge op rekord te plaas. Dit verskaf ‘n hersiening van vordering gemaak deur prokureurs, identifiseer uitstaande faktore en voorsien ‘n basis vir verdere vordering tot ‘n bindende ooreenkoms.111 Die gevolge van hierdie ooreenkomste hang af van die interpretasie van hul terme in die konteks van hul besondere omstandighede.112

Waar so ‘n dokument ‘n gedeeltelike ooreenkoms beslaan, is die vraag of dit waaroor ooreengekom is onafhanklik kan bestaan van wat uitgelaat is vir latere onderhandeling. Sou die dokument ‘n bedoeling openbaar om later verbintenisse en ‘n voldoende graad van sekerheid oor die ooreengekome terme daarvan te skep, kan die presiese aard daarvan nie bepaal word nie. Verbintenisse, selfs al is hulle slegs gedeeltelik of beperk, kan op ooreengekom word en effek kan daaraan gegee word.113

In die saak van Hirschowitz v Moolman 1985 3 SA 739 (A) (wat in detail bestudeer moet word), het Corbett AR die volgende gesê:

‘n Pactum de Contrahendo is bloot ‘n ooreenkoms om in die toekoms ‘n kontrak te sluit.114

Christie noem dat mits die ooreenkoms ontstaan uit ‘n ferm aanbod en nie te vaag is nie, die ooreenkoms bindend sal wees. Dit volg dat as die vergoeding of prys vasgestel of

108 Van der Merwe et al 2007: 77109 Van der Merwe et al 2007: 77110 Van der Merwe et al 2007: 77111 Van der Merwe et al 2007: 79112 Van der Merwe et al 2007: 79113 Van der Merwe et al 2007: 79114 Christie 2006: 37

Page 54: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

54

bepaalbaar is, die kontraktuele verpligtinge nagekom moet word indien dit opgeëis word binne die grense van die pactum.115 Elke eis insinueer ‘n apart-identifiseerbare kontrak bevattende sy eie bepalings asook bepalings van die pactum.116 Gevolglik bestudeer ons twee pacta de contrahendo, naamlik die opsiekontrak en die voorkeurkontrak. Onthou dat daar ook ander is.

2. Opsiekontrakte:

2.1. Regsaard:117

Van der Merwe et al noem ‘n opsie “’n regskonsep wat ‘n kontrak tussen twee partye, die opsiegewer en die opsiehouer, beslaan, om ‘n aanbod om te kontrakteer (die substantiewe aanbod) oop te hou.”118 Die kontrak wat die substantiewe aanbod op hierdie manier oophou, word die opsiekontrak genoem. Aanname van die substantiewe aanbod sal lei tot die daarstelling van die substantiewe kontrak soos deur die ooreenkom beoog, en dit word gereguleer deur gewone beginsels rakende die aanname van aanbiedinge. Die opsie-ooreenkoms is onderskeibaar van die substantiewe kontrak, en die siening dat die opsiekontrak bestaande is uit die substantiewe kontrak gekwalifiseer deur ‘n opskortende voorwaarde is verwerp in die saak van Venter v Birchholtz 1972 (1) SA 276 (A) op 283, waar Jansen AR die volgende te sê gehad het:

The option is seen as a unique contract, which is dissected as an offer to purchase accompanied by an agreement to keep the offer standing for a specific period. Although the grantor of the option’s obligation to sell may probably be seen as conditional, no conditional contract of purchase exists, and the exercising of the option does not amount to the compliance to a condition by the purchaser.119

Die saak van Venter v Birchholtz moet in detail bestudeer word, en spesifieke aandag moet gegee word aan hoe die hof handel met die regsaard van die opsiekontrak.

Die opsiekontrak skep minstens een verbintenis, in terme waarvan die opsiehouer die reg het dat die opsiegewer sy substantiewe aanbod oop moet hou vir aanname, of nie die aanbod terugtrek nie. Die opsiegewer het dus ‘n verpligting om niks te doen om die opsiehouer te verhoed om ‘n afdwingbare kontrak te sluit deur uitoefening van die opsie nie.120 Die opsiehouer geniet verder ‘n regsbeskermdemag om ‘n substantiewe kontrak te sluit deur uitoefening van die opsie. Die uitoefening van hierdie mag, wat nie onttrek kan word deur die opsiegewer nie, word ondersteun deur die bepalings van die pactum de contrahendo.121 ‘n Aanbod kan slegs deur middel van ‘n opsiekontrak onherroeplik gemaak word. Van der Merwe et al voel dat ‘n eensydige verklaring van ‘n aanbieder dat

115 Christie 2006: 37116 Christie 2006: 37117 Van der Merwe et al 2007: 79-84118 Van der Merwe et al 2007: 80119 120 Van der Merwe et al 2007: 80121 Van der Merwe et al 2007: 80

Page 55: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

55

die aanbod onherroeplik is, oneffektief in ons reg is.122 ‘n Aanbod wat ‘n tydsbeperking bevat, beperk slegs die aannemer se mag van aanname, maar voorkom nie terugtrede nie.

2.2. Vereistes

‘n Opsiekontrak moet voldoen aan die algemene vereistes vir kontrakte.123 Alhoewel daar al bepaal is dat ‘n tydsduur vir die oophou van die aanbod ‘n vereiste is vir ‘n opsiekontrak, kan daar nie gesê word dat dit ‘n werklike vereiste is nie. ‘n Beter siening, volgens Van der Merwe et al, is dat hierdie “vereiste” in werklikheid nie ‘n vereiste vir ‘n gelsige opsiekontrak is nie, en dat ‘n opsie wat nie ‘n tydsduur spesifiseer waarbinne dit uitgeoefen moet word nie, of wat bepaal dat dit ‘n onbeperkte tydsduur het, nie ongeldig is vir vaagheid nie, alhoewel dit tot ‘n einde mag kom na ‘n redelike tydsverloop.124

Die vereistes vir ‘n opsiekontrak kan as volg gelys word:

2.2.1. Die objek van die opsie moet duidelik omskryf word.2.2.2. Die prys/koste van die objek moet bapaald of bepaalbaar wees.2.2.3. Die wyse van betaling vir die objek moet bepaald wees.2.2.4. Die tydsduur waarbinne die opsie uitgeoefen moet word, moet bepaald wees.

(sien egter die bogenoemde argument).

Die partye mag ooreenstem op die wyse of manier waarop die substantiewe aanbod aanvaar moet word. In hierdie geval is daar twee belangrike sake vir doeleindes van hierdie eenheid, naamlik Ficksburg Transport (Edms) Bpk v Rautenbach 1988 (1) SA 318 (A) en De Jager v Burger 1994 (1) SA 402 (C).

2.3. Nuttige klousules wat in ‘n opsiekontrak gevoeg kan word:125

2.3.1. ‘n Beperking op die oordrag/sessie van die opsie (pactum de non cedendo).2.3.2. Teenprestasie vir die gee en hou van die opsie.2.3.3. Klousule wat die erf van die opsie verbied.

2.4. Kontrakbreuk en remedies

Die breuk van ‘n opsiekontrak en die gevolge daarvan word gereguleer deur die algemene beginsels van die kontraktereg.126 ‘n Gepoogde terugtrek van die substantiewe aanbod gaan nie die uitoefening van die opsie vooruit nie en die opsiehouer is geregtig om die opsiekontrak teen die opsiegewer af te dwing deur

122 Christie het ‘n ander opinie. Sien Van der Merwe et al 2007:81123 Van der Merwe et al 2007: 82124 Van der Merwe et al 2007: 83125 Grobler 2006: 39126 Van der Merwe et al 2007: 84

Page 56: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

56

middel van ‘n interdik.127 Die opsiehouer mag skadevergoeding eis ten einde in die posisie geplaas te word waarin hy sou gewees het as die opsie behoorlik uitgeoefen is. Die regte voortvloeiende uit ‘n opsiekontrak mag sedeer word, tensy daar faktore is wat sessie verbied (soos die pactum de non cedendo-klousule). Die uitwissing van verbintenisse voortvloeiende uit opsiekontrakte word gereguleer deur die beginsels vir die uitwissing van verbintenisse in die algemeen.128

Ten einde die student te assisteer om ‘n nog beter begrip te verkry van die aard van die opsiekontrak en sessie daarvan, word die saak van Dettmann v Goldfain 1975 (3) SA 385 (A) voorgeskryf vir gedetailleerde studie.

3. Voorkeurregte129

3.1. Regsaard3.1.1. Algemeen:

‘n Kontrak kan gesluit word ten einde ‘n kontraktant ‘n voorkeurreg te verleen vir die aangaan van ‘n ander kontrak met die ander kontraktant. Voorbeelde van sodanige kontrakte, bekend as “kontrakte van voorkeur” of “voorkeurkontrakte” is die volgende:

Kontrakte wat ‘n “reg op eerste weiering” skep, wat ‘n voorkeurreg is vir die huur van eiendom;

Kontrakte wat ‘n “right of pre-emption” skep, wat ‘n voorkeurreg is vir die koop van eiendom;

‘n Voorkeurreg kan ook geskep word deur ‘n kontrak wat aan die verkoper die reg verleen om iets aan ‘n ander te verkoop.

3.1.2. Reg van eerste weiering:

‘n Kontrak wat ‘n reg van eerste weiering skep, plaas nie ‘n verpligting op die gewer van die reg om die subjek te verkoop nie. Die houer van die reg verkry slegs ‘n voorkeurreg om die subjek te koop, sou die gewer wel besluit om dit te verkoop. Dit kan dus geargumenteer word dat die reg voorwaardelik is in die sin dat die voorkoms daarvan onderhewig gemaak word aan die plaasvind van ‘n gebeurtenis (die gewer se besluit om te verkoop). Hierdie “gebeurtenis” is al beskryf as ‘n “trigger event” in die saak van Breytenbach v Stewart 1985 (1) SA 167 (A). In normale omstandighede en in beginsel bepaal die kontraktante die gebeurtenis wat die reg in in werking bring.

Hoe word ‘n ooreenkoms egter in praktyk gestruktureer ten einde ‘n voorkeur van welke aard ookal te verleen? Die reëling wat mees algemeen toegepas word, en ook die een wat die howe verkies, is die een waarin bepaal word dat indien die gewer

127 Van der Merwe et al 2007: 84128 Van der Merwe et al 2007: 84129 Van der Merwe et al 2007: 85-93

Page 57: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

57

besluit om sy eiendom te verkoop, is hy verplig om ‘n aanbod aan die houer van die reg te maak. Dit is ook al geargumenteer dat die voorkeurreg reeds ‘n inherente aanbod van die gewer aan die houer bevat sou die gewer besluit om te verkoop. In die laasgenoemde gevalle is die voorkeur-meganismes van so aard dat dit die houer van die reg instaat stel om die subjek van die reg te bekom.

Die toestaan van ‘n voorkeurreg beperk die gewer daarvan se reg om afstand te doen van die subjek/voorwerp, en, aangesien die beperking op vervreemding verval indien die houer van die reg afstand doen van die voorkeurreg, verskaf ‘n vrywillige aanbod van die houer van die reg aan die gewer ‘n uitweg uit die beperking uit, sou die houer besluit om nie die aanbod te aanvaar nie.

3.2. Vereistes vir die voorkeurreg:

‘n Kontrak wat ‘n voorkeurreg skep moet, net soos die opsiekontrak, aan alle vereistes vir ‘n kontrak in die algemeen voldoen. Voorkeurkontrakte meld dikwels die prys van die voorwerp waarteen die houer mag koop, of stel die prys objektief bepaalbaar. Die argument dat die kontrak wat die voorkeurreg vooruitgaan die essentialia van die substantiewe kontrak moet vooruitloop, en dat die kontrak dus ‘n substantiewe aanbod met die oog op ‘n substantiewe kontrak, is problematies, alvolgens Van der Merwe et al.130 In Hirschowitz v Moolman het die appelafdeling van die Hooggeregshof die meer tradisionele benadering gestaaf dat ‘n substantiewe aanbod nie ‘n vereiste vir ‘n voorkeurkontrak is nie. In laasgenoemde kontrak word die bepaling van die prys oopgelaat na gelang van die gewer. In die Hirschowitz-saak het die hof staatgemaak op die aanname van ‘n algemene reël dat enige pactum de contrahendo moet voldoen aan formaliteite voorgeskryf deur die substantiewe kontrak en ‘n verdere aanname dat wetgewing wat formaliteite daarstel andersins gefrustreer sal word.

3.3. Onderskeid tussen opsies en voorkeurkontrakte.

Volgens die howe behels ‘n opsie ‘n aanbod aan die een aan wie dit gemaak word, wat deur laasgenoemde aanvaar kan word, terwyl in die geval van ‘n voorkeurkontrak, bestaan daar geen aanbod ten tyde van die gee van die voorkeurreg nie, en die gewer is nie verplig om ‘n aanbod te maak tensy hy besluit om die eiendom te vervreem nie. Gevolglik is aanname van die aanbod in die opsiekontrak deur die opsie-houer voldoende vir die uitoefening van die opsie, terwyl die uitoefening van ‘n reg van eerste weiering “die tweeledige aksie invoer”- die maak van ‘n aanbod en aanname. Omdat ‘n opsiekontrak ‘n aanbod wat oopgehou moet word insluit, sal ‘n ooreenkoms wat nie die slit van ‘n substantiewe kontrak in die vooruitsig stel nie, nie ‘n opsiekontrak kan wees nie. Sodanige ooreenkomste is al “gewone voorkeurkontrakte” genoem. Hulle veronderstel nie net die geval waar die gewer verplig is om eventueel ‘n aanbod te maak nie, maar ook daardie gevalle waar die verpligting van die gewer ‘n negatiewe een is. Die onderskeid word vaag wanneer wat beskryf word as ‘n voorkeurkontrak sekere bepalings van die substantiewe

130 Van der Merwe et al 2007: 87

Page 58: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

58

kontrak in die vooruitsig stel. Dit verskaf ‘n basis vir die argument dat ‘n kontrak bevattende ‘n reg van eerste weiering ‘n substantiewe aanbod moet bevat. Dit het to gevolg dat ‘n wat beskryf is as ‘n kontrak van eerste weiering inderwaarheid ‘n voorwaardelike opsie word. Die tradisionele onderskeid tussen opsies en voorkeurkontrakte kan behou word op die basis dat selfs indien die bepalings van die substantiewe kontrak gespesifiseer word in die pactum de contrahendo, sal die kwalifikasie dat die gewer slegs aan sodanige bepalings gebonde sal wees sou hy dit verkies, die nodige animus contrahendi vir ‘n aanbod vooruitgaan. ‘n Verdere moontlike punt van onderskeid is dat, waar in die geval van ‘n ware opsie die aanbod oopgehou moet word, is dit ‘n eienskap van die kontrak van eerste weiering dat die substantiewe aanbod ter eniger tyd teruggetrek kan word voor aanname, mits die gewer nie meer wil verkoop nie.

Eenheid 7Formaliteite

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Analiseer en bespreek die agtergrond en huidige posisie aangaande die voldoening aan formaliteite as vereiste vir ‘n geldige kontrak.

Page 59: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

59

2. Verskaf ‘n kritiese bespreking van die regsposisie aangaande formaliteite deur die partye tot ‘n kontrak bepaal.

3. Analiseer die posisie rakende nie-wysigingsklousules in die Suid-Afrikaanse Reg vanaf die Shifren-beslissing in 1964 tot die Cecil Nurse-beslissing in 2008.

4. Verskaf ‘n kritiese bespreking van die regsposisie rakende formaliteite deur die reg en wetgewing bepaal.

5. Verduidelik die posisie rakende nie-voldoening aan formaliteite.

6. Analiseer en evalueer krities die posisie en teenwoordigheid van die “parol evidence”-reël in die Suid-Afrikaanse Reg, met spesifieke verwysing na regspraak.

7. Analiseer en bespreek krities die posisie rakende rektifikasie (regstelling) in die Suid- Afrikaanse Reg.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontraktereg. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 5.

2. Vanuit sakelys:

Goldblatt v Freemantle 1920 AD 123

SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Bpk v Shifren en Andere 1964 (4) SA 760 (A)

Miller and Another NNO v Dannecker 2001 (1) SA 928 (C).

Cecil Nurse (Pty) Ltd v Nkola 2008 (2) SA 441 (SCA)

Akasia Road Surfacing (Pty) Ltd en ‘n ander v Shoredits Holdings Ltd en Andere 2002 (3) SA 346 (SCA)

1. Inleiding

Suid-Afrikaanse reg volg ‘n informele benadering tot die skep van kontrakte. Dit is beslis in die saak van Goldblatt v Freemantle 1920 AD 123, wat nie ingesluit is in die sakelys nie, maar wel in detail bestudeer moet word vir hierdie eenheid. Suid-Afrikaanse reg erken beide uitdruklike kontrakte en bepalings, waar die bedoeling van die partye verbaal (mondelings of skriftelik) en stilswyende kontrakte en terme, waar die bedoeling verlry

Page 60: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

60

word uit die ongesproke handelinge van die partye.131 In die saak van Conradie v Rossouw 1919 AD 279 het die appelafdeling van die Hooggeregshof die eenvoudige Romeins-Hollandse konsep van ‘n kontrak as ‘n ernstige en opsetlike ooreenkoms in die Suid-Afrikaanse Reg inkorporeer. Volgens Christie volg dit logieserwys dat geen spesifieke formaliteite vereis word vir die sluit van ‘n afdwingbare kontrak nie.132

Ten einde die algemene reël dat geen formaliteite vereis word vir die sluit van ‘n afdwingbare kontrak nie te versterk, verskaf Christie die volgende voorbeelde:

Innes, J in Timoney and King v King 1920 AD 133 op 141:

“An acceptance may be inferred from conduct”

Eloff, J in Ally v Dinath 1984 2 SA 451 (T) op 454F:

“the principle is firmly established that any contract can be brought about by conduct”.

Daar is ook gevalle waar wetgewing sekere formaliteite voorskryf vir die sluiting van ‘n kontrak. ‘n Goeie voorbeeld is die Wet op Vervreemding van Grond. Artikel 2 van hierdie wet lui as volg:

FORMALITIES IN RESPECT OF DEEDS OF ALIENATION

2 Formalities in respect of alienation of land

(1) No alienation of land after the commencement of this section shall, subject to the provisions of section 28, be of any force or effect unless it is contained in a deed of alienation signed by the parties thereto or by their agents acting on their written authority.

(2) The provisions of subsection (1) relating to signature by the agent of a party acting on the written authority of the party, shall not derogate from the provisions of any law relating to the making of a contract in writing by a person professing to act as agent or trustee for a company not yet formed, incorporated or registered.

(2A) The deed of alienation shall contain the right of a purchaser or prospective purchaser to revoke the offer or terminate the deed of alienation in terms of section 29A.

In effek beteken hierdie artikel dat indien enige vervreemding van grond (of koopkontrak) van onroerende eiendom nie in geskrewe vorm is nie, sal so kontrak ab initio nietig wees. Die rede waarom wetgewing soms sekere formaliteite vir die sluit van ‘n geldige kontrak voorskryf, is omdat formaliteite bydra tot regsekerheid en wanpraktyke voorkom. Dit dien ook ‘n waarskuwende en beskermende doel deur onderskeid te tref tussen onderhandelinge en aanspreeklikheid, en kan aangewend word om beskerming te bied aan diegene wat die risiko van uitbuiting loop, en om te assisteer in die identifikasie van die tipe kontrak wat die partye aangegaan het.133

131 Van der Merwe et al 2007: 152132 Christie 2006: 105133 Van der Merwe et al 2007: 152, vn 3

Page 61: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

61

Vanselfsprekend sal ‘n skriftelike kontrak sekere voordele oor ‘n mondelinge kontrak hê. Christie verskaf die volgende drie voordele van skriftelike kontrakte:

(i) Die voorbereiding van die kontrak geen aan die partye die tyd om hul posisies te oorweeg alvorens hulle hulself bind deur hul handtekeninge.134

(ii) Die bewyslas word vereenvoudig: sodra die verweerder se handtekening bewys of erken is, is die eiser verlos van die bewyslas, en die bewyslas is dan op die verweerder om te bewys dat daar bedrog, wanvoorstelling, dwang of onbehoorlike beïnvloeding was.135

(iii) Die kans op verskille rakende die inhoud van die kontrak word beperk, aangesien die bepalings op skrif is vir almal om te sien.136

Hierby kan die volgende voordele gevoeg word:

(iv) Litigasie word beperk.(v) Regsekerheid word geskep.(vi) Remedies kan voorlpoig ingesluit word.

Dit is natuurlik ook moontlik dat die kontrakte self die voldoening aan formaliteite as ‘n voorvereiste vir die geldigheid daarvan bevat. Hierdie situasie moet egter nie verwar word met die geval waar die ooreenkoms op skrif gestel word bloot om bewyswaarde te verleen nie. Op skrif stel vir hierdie besondere rede kan sekere regsgevolge hê, maar stel nie die funksionering van die dokument onderhewig aan ‘n formele vereiste nie.

In die saak van Bailes v Highveld 7 Properties (Pty) Ltd 1998 (4) SA 42 (N) is daar gestipuleer dat selfs in geval van kontrakte onderhewig aan statutêre formaliteite, kan partye ‘n groter graad van formaliteite aan die kontrak koppel as wat deur die wetgewing vereis word.

Formaliteite deur die partye selfs of deur wetgewing vereis mag uiteenlopend van aard wees, maar oor die algemeen word dit vereis dat die ooreenkoms op skrif moet wees en geteken deur die kontraktante.137 Daar is dus basies twee gevalle waar formaliteite nagekom moet word ten einde ‘n geldige kontrak daar te stel: formaliteite vereis deur kontraktante, en formaliteite vereis deur wetgewing.138

2. Formaliteite deur partye bepaal139

Partye stel gewoonlik hul ooreenkoms op skrif vir bewysregtelike redes eerder as ‘n geval van formaliteite. Indien skrif as ‘n formaliteit bedoel is vir die sluiting van ‘n

134 Christie 2006: 105135 Christie 2006: 105136 Christie 2006: 105137 Van der Merwe et al 2007: 153138 Bhana et al 2009: 86139 Van der Merwe et al 2007: 153-162; Christie 2006: 105-108; Bhana et al 2009: 91-97

Page 62: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

62

kontrak, sal geen regsgevolge ontstaan en geen kontrak totstand kom alvorens die dokument op skrif gestel is nie. ‘n Party tot die kontrak kan waarskynlik nie gedwing word om aan die formaliteit uitkoms te gee nie. Partye kan egter ‘n mondelinge ooreenkoms aangaan met ‘n bepaling dat die ooreenkoms tussen hulle op skrif gestel sal word.140 Dit gebeur dikwels dat tydens onderhandelinge voor aangaan van die kontrak, of in die bepalings van ‘n informele kontrak self, melding gemaak word van ‘n geskrewe kontrak of om die bepalings van die kontrak op skrif te stel.141 Dit laat die vraag ontstaan of die informele kontrak bindend is en die geskrewe dokument slegs vir bewysredes van die bepalings van die kontrak bestaan, alternatiewelik of daar dan geen kontrak sal wees alvorens die geskrewe dokument opgestel en geteken is nie. Christie gaan selfs so ver as om vir Grotius te kwoteer in die beantwoording van hierdie vraag:

The contract of sale may be made in writing or without writing. A written sale is not considered to be complete until the writing has been fully executed. But with us, although there is no mention of writing this is understood not to be with a view to a written contract, but merely for the purpose of reducing to writing the terms agreed upon for better remembrance and proof, unless there is clear evidence of a contrary intention.142

Hierdie beginsel is aangeneem in Goldblatt v Fremantle: Die bewyslas is op die party wat wat aanvoer dat ‘n informele kontrak nie bedoel was om bindend te wees tot en met dit op skrif gestel is en geteken is nie. Innes R het die volgende te sê gehad in bogenoemde beslissing:

Subject to certain exceptions, mostly statutory, any contract may be verbally entered into; writing is not essential to contractual validity. And if during negotiations mention is made of a written document, the Court will assume that the object was merely to afford facility of proof of the verbal agreement, unless it is clear that the parties intended that the writing should embody the contract. At the same time it is always open to parties to agree that their contract shall be a written one; and in that case there will be no binding obligation until the terms have been reduced to writing and signed. The question is in each case one of construction.143

Dit is presies wat in Goldblatt v Fremantle gebeur het. Die partye het ‘n mondelinge kontrak aangegaan, maar gestipuleer dat die kontrak nie van krag sou wees alvorens dit op skrif gestel is nie. Gevolglik het die partye self ‘n formaliteit geskep, en by gebreke aan voldoening daarvan sou dit resulteer in nietigheid van die kontrak.

Van der Merwe et al noem egter dat ‘n selfgeskepte formele vereiste vir die skep van ‘n kontrak (soos die een in Goldblatt) elimineer kan word deur ‘n daaropvolgende mondelinge ooreenkoms om daarmee weg te doen.144 Sodra die kontrak skriftelik gesluit is, kan die kontraktante dit mondeling kanselleer, tensy formaliteite ook vir kansellasie voorgeskryf is. Ongeag of partye skrif as ‘n formaliteit stel of slegs vir bewyswaarde, kan die ooreenkoms informeel gewysig word, maar in geval waar partye skrif as die enigste

140 Van der Merwe et al 2007: 153-154141 Christie 2006:105142 Grotius 3 14 26, as quoted in Christie 2006: 106143 At 128-129, as quoted in Christie 2006:106144 Van der Merwe et al 2007: 154

Page 63: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

63

wyse van wysiging voorgeskryf het by wyse van ‘n sogenaamde nie-wysigingsklousule, sal die posisie anders wees.145

Die posisie rakende nie-wysigingsklousules in kontrakte146

Die nie-wysigingsklousule vorm deel van die kontrak, en indien dit wyd genoeg gefraseer word om die klousule self in te sluit, mag geen gedeelte van die kontrak gewysig word op enige wyse anders as in skrif nie. ‘n Nie-wysigingsklousule mag ook aangewend word om mondelinge wysiging van ‘n klousule wat formaliteite vir kansellasie bepaal, te voorkom. Nie-wysigingsklousule is bedoel om kontraktante te beskerm teen dispute en probleme ten aansien van bewys in geval van wysiging van hul kontrak. Die afdwinging van so klousule ten aansien van ‘n daaropvolgende informele ooreenkoms deur die partye om hul kontrak te wysig blyk in konflik te wees met die vryheid wat kontraktante moet hê om hul vorige wilsooreenstemming deur gevolglike ooreenstemming te wysig (studente word herinner aan die saak van Brisley v Drotsky in eenheid 1 van hierdie module). Nie-wysigingsklousules word egter deur die howe afgedwing juis op die veronderstelling dat die afdwinging daarvan nie indruis teen openbare belang en beleid dat effek gegee moet word aan kontrakte wat vryelik aangegaan is nie. In die finale instansie is die besluit van die howe om nie-wysigingsklousules af te dwing ‘n beleidsbesluit, gebaseer op ‘n voorkeur vir kommersiële sekerheid en die vermyding van litigasie. Die streng afdwinging van nie-wysigingsklousules deur die howe veroorsaak dikwels probleme vir kontraktante, en ‘n verskeidenheid wyses is al ontwikkel ter versagting van die effek wat bekend staan as die “Shifren straight jacket”.

In die saak van SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy v Shifren en Andere 1964 (4) SA 760 (A) het die eisers in die hof a quo (respondente in die huidige saak) skadevergoeding geëis teen die verweerders (appellante in die huidige saak) omdat laasgenoemde, in stryd met die kontrak tussen hulle, hul regte aan ‘n ander sedeer het sonder (skriftelike of mondelinge) toestemming van die eiser. Die spesifieke kontrak het die volgende terme bevat:147

11.Die huurder sal nie die reg hê om die eiendom of enige gedeelte daarvan te onderverhuur nie, en sal ook nie die reg hê om hierdie ooreenkoms aan enige ander persoon te sedeer sonder die skriftelike toestemming van die eienaar nie.19. Enige wysiging aan die bepalings van hierdie ooreenkoms moet in skrif wees, andersins sal sodanige wysigings van geen krag of effek wees nie.

Die appellant het die sessie erken, maar gepleit dat hy ‘n mondelinge ooreenkoms met die respondent aangegaan het in terme waarvan laasgenoemde ingestem het tot die sessie op voorwaarde dat die appellant verantwoordelikheid sou neem vir betaling van die huurgeld deur die sessionaris.

Die saak het aanvanklik gedien voor Erasmus R, wie besluit het dat die partye geregtig was om mondelings ooreen te kom dat mondelinge toestemming tot die sessie voldoende

145 Van der Merwe et al 2007: 154146 Van der Merwe et al 2007: 154-158147 Sien Shifren p. 764

Page 64: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

64

sou wees. Hierna is die saak verwys na Potgieter R, wat nie met Erasmus se beslissing saamgestem het nie. Die vraag voor die appelafdeling, soos gestel deur Steyn, RP, was dus of, ondanks die bewoording van klousules 11 en 19 hierbo genoem, die partye ‘n geldige mondelinge ooreenkoms kon sluit waarkragtens die kontrak gewysig kon word sodat mondelinge toestemming vir sessie aanvaar sou kon word. Regter Steyn het tot die volgende gevolgtrekking gekom:

Dit kan nie afgelei word uit die feit dat die partye geregtig was om hul ooreenkoms mondelings te vernietig nie, dat hulle dieselfde vryheid besit het met betrekking tot die mondelinge wysiging van hul ooreenkoms waar hul uitdruklik besluit het dat geen wysiging van hule ooreenkoms geldig sou wees indien dit nie op skrif was nie. Aan die ander kant kan dit ook nie van die genoemde feit afgelei word dat die partye toegelaat is om te wysig sonder inagneming van die formaliteit nie.

Dus het Regter Steyn bevind dat ‘n skriftelike kontrak nie mondelings gewysig kon word nie.

In die saak van Miller and Another NNO v Dannecker 2001 (1) SA 928 (C), het die verweerder sekere takregte (“franchise rights”) van ene T gekoop met betrekking tot ‘n gastehuis vir die bedrag van R350 000.00. ‘n Gedeelte van die kooprys was betaalbaar by ondertekening van die kontrak en die balans in twee verdere paaiemente. Klousule 15.2 van die kontrak het as volg gelees:

This agreement constitutes the entire agreement between the parties who acknowledge that there are no other oral or written understandings or agreements between them relating to the subject-matter of this agreement. No amendment or other modification of this agreement shall be valid or binding on a party hereto unless reduced to writing and executed by both parties hereto.

Alhoewel hierdie saak effens verskil van die aangeleentheid en ook die feite in die Shifren-saak (in die huidige saak vind die pactum de non petendo toepassing, wat ‘n ooreenkoms is om nie ‘n reg af te dwing nie), is die volgende stelling deur Ntsebeza, AR interessant:

The dictates of public policy and the views of the community would never be served by a slavish adherence to a non-variation clause in the face of an agreement in the form of a pactum.

Sorg moet geneem word om nie mondelinge wysiging van ‘n kontrak te verwar met mondelinge afstanddoening van die verpligting om ‘n skriftelike kontrak slegs skriftelik te wysig nie. In die saak van Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co (Ltd) 1975 (3) SA 273 (T) het die hof die volgende gesê:When a contract provides that dissolution thereof can only take place in writing, such a restriction can be revoked by oral agreement. When the contravt contains a further provision that no provision of the contract can be varied other than in writing, it entrenches the restriction on revocation and oral dissolution is no longer possible. An oral waiver is valid, but only by a party in regard to a right which accrues exclusively to himself in terms of the contract. A already existing right of action arising out of breach of contract can also be waived orally.

Hierdie is in effek ondersteuning van Steyn, RP se siening in Shifren.

In die saak van Brisley v Drotsky hierbo genoem, wou ‘n huurder die staatmaak op ‘n nie-wysigingsklousule aanveg op die basis dat dit in die omstandighede “onredelik, onbillik

Page 65: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

65

en en istryd met die beginsels van bona fides (goeie trou)” sou wees. Hierdie argument is natuurlik afkomstig uit die Miller-saak hierbo genoem. Die argument dat oorwegings van goeie trou relevant is in die assessering van of ‘n ooreenkoms of bepaling aan die kriterium van openbare beleid voldoen, is heelhartig verwerp deur die hoogste hof van appel.148 Dit is voorgehou dat daar geen algemene regverdige diskresie bestaan het op grond warvan ‘n hof kon beslis om nie ‘n nie-wysigingsklousule af te dwing op grond van die feit dat dit teen goeie trou was nie.149 Die etiese beginsel van goeie trou maak dus nie direk inbreuk op die kontraktereg nie, maar word erken deur middel van die tegniese, swartletter reëls en institute van kontraktereg leerstukke waarin dit gebalanseer word met ander beginsels en beleide. Ongeregverdige gevolge wat mag ontstaan uit hoofde van die Shifren-beslissing moet gekorrigeer word deur die toepassing van “besondere reëls en beginsels” van die kontraktereg.150

In die saak van Cecil Nurse (Pty) Ltd v Nkola 2008 (2) SA 441 (SCA), het die respondent ‘n voltooide waarborg en aansoek om krediet aan die appellant oorhandig. Die waarborg het bepaal dat wysigings daaraan slegs bindend sou wees indien dit op skrif was. Die appellant het aksie in die landdroshof ingestel op grond van die waarborg vir betaling van ‘n skuld. Die respondent het toe aangevoer dat die waarborg foutiewelik deur sy assistent aan die appellant gestuur is terwyl hy (respondent) nog besig was om te onderhandel ten einde sy aanspreeklikheid te verminder. Die landdroshof het in die guns van die appellant beslis, maar die beslissing is ter syde gestel deur die hof a quo. Die appelafdeling het bevind dat toe die oorspronklike waarborg geteken deur die borg gestuur is aan en ontvang is deur die skuldeiser, geldige borgkontrak totstand gekom het. Of daar ‘n wysigende dokument aan die krediteur gestuur is, was irrelevant. Dit was niks meer as ‘n voorgestelde wysiging van ‘n dokument wat reeds in werking was nie. Die onus was egter op die borg om te bewys dat die krediteur ingestem het tot die voorgestelde wysigings, en sodoende ‘n “nuwe” borgooreenkoms geskep het.

Die hof het derhalwe beslis dat die skuldeiser nie tot die voorgestelde wysiging toegestem het nie.151

Die huidige regsposisie is dus dat ‘n skriftelike kontrak nie gewysig kan word deur ‘n daaropvolgende mondelinge een nie. Die volgende paragraaf deur Neels in die Tydskrif vir Suid-Afrikaanse Reg moet egter in gedagte gehou word:

Die howe moet hul diskresie tot regstelling in ‘n beginselvaste en huiwerige mate toepas. Die beginsels van regsekerheid en outonomie vereis dat die wilsooreenstemming wat deur die kontrakspartye bereik is of die redelike geloof dat dit bereik is as motivering moet dien. Slegs in omstandighede waarin onredelikheid of onbillikheid van die voorafgaande regsbeslissing duidelik is, moet dit gekorrigeer word op grond van vars reëls en beginsels.152

148 Van der Merwe et al 2007: 155149 Van der Merwe et al 2007: 156150 Van der Merwe et al 2007: 156151 Cecil Nurse (Pty) Ltd v Nkola 2008 (2) SA 441 (SCA)152 Neels 1999: 700

Page 66: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

66

Ten slotte noem Van der Merwe et al dat daar wel situasies mag wees waarin die beperkings van die Shifren “straight jacket” verslap mag word vanweë openbare beleid of estoppel ontwikkel met inagneming van die reg op waardigheid.153

3. Formaliteite deur die Reg vereis:

Christie noem die volgende:

In evolving the general principle that any serious and deliberate agreement, made with the intention that a lawful obligation should be established, is enforceable, the Roman-Dutch lawyers of the 17 th century must be credited with a very considerable achievement. It is no longer necessary to investigate whether they were mainly influenced by canon law, ius gentium (the law of mankind) or Germanic custom, because the achievement remains with us except in respect of certain classes of contracts for which the law prescribes certain formalities. The only justification for prescribing formalities can be to ensure reliable evidence of the terms of the contract and so cut out wasteful litigation caused by faulty memory or attempts to maintain fraudulent claims or defences.154

Bogenoemde is basies ‘n antwoord op die vraag waarom die reg soms formaliteite vir kontrakte vereis. Wetgewing wat formaliteite vir kontrakte voorskryf het dikwels verskillende oogmerke, wat relevant is tot die interpretasie van die voorskrifte van die betrokke wet. Byvoorbeeld, die oogmerk van die Wet op Vervreemding van Grond is die promovering van sekerheid aanggande transaksies vir die vervreemding van grond, om sodoende dispute te verminder en bedrog met betrekking tot hierdie klas van transaksie te beperk.155

Die volgende is voorbeelde van wetgewing wat formaliteite vir kontrakte vereis:

Die Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981 (reeds genoem), wat vereis dat vervreemding van grond skriftelik moet geskied en geteken wees deur die partye of deur hulle agente handelende volgens skriftelike volmag.

Die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956 vereis dat borgooreenkomste opskrif moet wees en geteken wees deur of namens die borg. In terme van dieselfde wet, moet ‘n eksekuteurskenking ook op skrif wees en geteken wees deur die donateur of sy skriftelik-gemagtigde agent.

Volgens die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 moet kredietooreenkomste in dokumentêre vorm wees ten einde te voldoen aan die verskeie kategorieë van sodanige dokumente en moet gelewer word aan die verbruiker op die voorgeskrewe wyse.

153 Van der Merwe et al 2007: 162154 Christie 2006: 109155 Van der Merwe et al 2007: 164

Page 67: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

67

Om te bepaal of statutêr-opgelegde formaliteite in ‘n bepaalde geval geld, moet die ooreenkoms geïnterpreteer word om te bepaal of dit die essensiële kenmerke van die tipe transaksie bevat wat deur die spesifieke wetgewing gereguleer word. Die howe het al voorgehou dat ten einde frustrasie van die oogmerke van die wetgewer te voorkom, materiële wysigings aan skriftelike kontrakte ook op skrif moet wees ten einde effektief te wees. Dit geld ook wanneer die besondere wet nie na wysigings as sulks verwys nie. Hierdie benadering van die howe is nie sonder probleme nie: dit mag wel gebeur dat ‘n kontraktant wat ooreengestem het tot ‘n informele wysiging (soos ‘n informele toestemming tot die verlenging van die tydstip vir prestasie) poog om die gevolge van sy eie ooreenkoms te ontsnap bloot omdat hy staatmaak op die formele ongeldigheid daarvan.

Onderhewig aan hierdie beperkings kan ‘n kontraktant wat die geldigheid van ‘n informele wysiging waartoe hy mag toegestem het betwis, bepaal word afstand te gedoen het van sy reg om op die relevante gedeelte van die skriftelike kontrak te mag staatmaak. Daar bestaan ook ‘n neiging in regspraak om effek te gee aan ‘n informele ooreenkoms wat ‘n tydsverlenging verleen of prestasie uitstel op grond van die feit dat so informele ooreenkoms nie ‘n wysiging van die kontrak is nie, en derhalwe nie aan die voorgeskrewe formaliteite hoef te voldoen nie.156

4. Nie-voldoening aan formaliteite157

Nie-voldoening aan formaliteite lei to nietigheid van die transaksie. Prestasie wat gelewer is in terme van ‘n formeel-defektiewe ooreenkoms word beskou as gemaak sonder regsgronde (sine causa), en kan teruggeëis word op grond van ‘n verrykingsaksie. In terme van die gemenereg is die korrekte remedie in gevalle waar prestasie ‘n geldbedrag of lewering van goedere behels, ‘n condictio. Vir gevalle van prestasie in terme van ‘n formeel-defektiewe vervreemding van onroerende eiendom, het die howe ‘n sui generis verrykingsaksie gefabriseer teenstrydig met die gemenereg. Onder hierdie leerstuk is die teruggawe van prestasie toegelaat ongeag die tegniese vereistes van die relevante condictiones, maar was beperk in die sin dat die ontvanger van die prestasie die aksie kon wen deur sy kant van die ooreenkoms na te kom (en dus die prestasie behou). Geen aksie was beskikbaar in geval waar beide partye volkome presteer het nie. Dus, alhoewel ‘n party wat presteer het nie op grond van die kontrak kon dagvaar vir teenprestasie nie, was terugverkryging van sy eie prestasie slegs moontlik waar die ontvanger van die prestasie onwillig was om te presteer, of indien dit vir so ontvanger onmoontlik was om te presteer. Hierdie reël, wat bekend begin staan het as “die reël in Carlis v McCusker”, is hewig gekritiseer as teenstrydig met die beginsels van verrykingsaanspreeklikheid, as dat dit onsekere resultate het en dat dit nie verrykingseise in geval van defektiewe huurkoopooreenkomste in ag geneem het nie. In 1981 het die wetgewer dus gepoog om die situasie te konsolideer deur die inwerkingstelling van die Wet op Vervreemding van Grond. Die Wet laat teruggawe toe nie net van wat gepresteer is in terme van ‘n formeel-defektiewe vervreemding van grond nie, maar ook van rente en vergoeding vir nadelige gevolge van die verrykende gebeurtenis. Indien die grond aan die koper daarvan oorgedra

156 Van der Merwe et al 2007: 166157 Van der Merwe et al 2007: 172-173

Page 68: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

68

is, en laasgenoemde het volledig presteer, word die vervreemding as ab initio geldig in alle opsigte beskou.

5. Die parol evidence-reël

“THE PAROL EVIDENCE RULE IS A DOG WHICH HAS BEEN GIVEN A BAD NAME”

CHRISTIE 2006: 192

Ondanks die probleme wat met die “parol evidence”-reël verband hou, dien die reël die belangrike doel om te verseker dat indien die partye ooreengekom het dat ‘n kontrak skriftelik sal wees, die partye se besluit gerespekteer sal word, en die daaropvolgende dokument of dokumente sal die enigste getuienis van die bepalings van die kontrak wees.158 Van der Merwe et al voeg hierby dat aangesien die partye self hul ooreenkoms geïnkorporeer het in ‘n dokument wat ‘n volle en finale verrekening van hul wilsooreenstemming is, word ekstrinsieke getuienis (mondelinge of ander getuienis tot die dokument) rakende die onderhandelinge en die inhoud van die ooreenkoms as irrelevant en misleidend gesien.159

Van der Merwe et al bepaal dat wanneer ‘n dispuut ontstaan rakende ‘n ooreenkoms wat op skrif gestel is, sal ‘n party dikwels die behoefte hê om ekstrinsieke getuienis te bring om sy weergawe van die inhoud en bedoeling van die kontrak te stel. In sulke omstandighede vind die “parol evidence”-reël toepassing om die aard en omvang van die getuienis wat gebring mag word te bepaal.160 Die reël het in die Engelse reg ontstaan en is in ons reg aanvaar onder die bedoeling dat dit deel van die bewysreg vorm.

Wat presies beteken die “parol evidence”-reël en wat behels dit? Van der Merwe et al word gebruik ter beantwoording van hierdie vraag, asook regspraak:

Corbett JA in Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A) at 943B:

It is clear to me that he aim and effect of this rule is to prevent a party to a contract which has been integrated into a single and complete written memorial from seeking to contradict, add to or modify the writing by reference to extrinsic evidence and in that way to redefine the terms of the contract…

To sum up, therefore, the integration (parol evidence) rule prevents a party from altering, by the production of extrinsic evidence, the recorded terms of an integrated contract in order to rely upon the contract as altered.

Die appelafdeling in Lowrey v Steedman 1914 AD 532 543:

The rule is that when a contract has once been reduced to writing no evidence may be given of its terms except the document itself, nor may the contents of such document be contradicted, altered, added to or varied by oral evidence.

158 Christie 2006: 192159 Van der Merwe et al 2007: 174160 Van der Merwe et al 2007: 173

Page 69: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

69

Solomon JA in Marquard & Co v Biccard 1921 AD 366 op 373 (volgens Christie een van die mees bekende Engelsregtelike beskrywings van die reël):

The rule of the law of evidence upon which he relies is nowhere more clearly stated than by Lord Denman in the well-known case of Goss v Nugent (5 B & Ad 54): ‘By the general rules of the common law if there be a contract which has been reduced into writing, verbal evidence is not allowed to be given of what passed between the parties either before the written instrument was made or during its preparation, so as to add to or subtract from or in any manner to vary or qualify the written contract’.

Watermeyer JA in Union Government v Vianini Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd 1941 AD 43 op 47 (in wat bekend staan as die voorste saak in hierdie verband):

Now this court has accepted the rule that when a contract has been reduced to writing, the writing is, in general, regarded as the exclusive memorial of the transaction and in a suit between the parties no evidence to prove its terms may be given save the document or secondary evidence of its contents, nor may the contents of such document be contradicted, altered, added to or varied by parol evidence.

Botha JA in National Board (Pretoria) (Pty) (Ltd) v Estate Swanepoel 1975 3 SA 16 (A) op 26 (waarin die term “integrasiereël” aanvaar is):

The rule is well summarized by Wigmore, Evidence, 3rd ed vol 9 sec 2425, as follows:

‘This process of embodying the terms of a jural act in a single memorial may be termed the integration of the act, ie its formation from scattered parts into an integral documentary unity. The practical consequence of this is that its scattered parts, in their former and inchoate shape, do not have any jural effect; they are replaced by a single embodiment of the act.

In other words: When a jural act is embodied in a single memorial, all other utterances of the parties on that topic are legally immaterial for the purpose of what are the terms of their act.’

Die “parol evidence”-reël bestaan uit twee onderskeibare reëls, naamlik die “integrasiereël” (sien Botha AR se verduideliking hierbo) en die interpretasiereël. Eersgenoemde bepaal die mate waartoe ekstinsieke getuienis toelaatbaar is ten einde die bepalings of inhoud van daardie deel van ‘n kontrak te bepaal.161 Die interpretasiereël bepaal wanneer en tot watter mate ekstrinsieke getuienis gebring mag word ten einde die woorde wat in die dokument gebruik word te interpreteer as ‘n finale refleksie van die transaksie. ‘n Dokument wat voorhou om ‘n volledige weergawe van die transaksie te wees, word geag ‘n integrasie te wees. Waar dit vasgestel word dat ‘n bepaalde dokument nie ‘n integrasie van die ooreenkoms daarstel nie, geld die “parol evidence”-reël nie. Die “parol evidence”-reël geld hoofsaaklik in litigasie tussen partye tot die kontrak, maar dit mag ook relevant wees waar die terme van die kontrak in dispuut is tussen litigante wat nie partye tot die kontrak is nie.162

Wanneer sal die “parol evidence”-reël toelaatbaar wees?

Die beperking van ekstrinsieke getuienis verwys slegs na getuienis wat die bepalings van die kontrak soos in die dokument gereflekteer, teëgaan. Ekstrinsieke getuienis vir die teëgaan van erkennings van feite in ‘n dokument opgeneem is dus nie onderhewig aan die reël nie, en so ook nie getuienis om die nietigheid of vernietigbaarheid van die kontrak te

161 Van der Merwe et al 2007: 174162 Van der Merwe et al 2007: 174

Page 70: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

70

bewys nie. Ekstrinsieke getuienis wat verband hou met die bepalings van die kontrak, maar wat nie onversoenbaar met die dokument is nie, sal as aanvaarbaar gesien word. So is dit al voorgehou dat “parol evidence” wat verband hou met ‘n dokument wat deel is van ‘n “groter dokument” en wat bedoel is om die “hoofdokument te help uitvoer” of in respek van ‘n mondelinge ooreenkoms wat ‘n byvoeging tot die skriftelike kontrak daarstel. Daar is verder gesag vir die siening dat ekstrinsieke getuienis toelaatbaar is vir die bepaling van die bestaan van ‘n “voorafgaande onlangse mondelinge ooreenkoms dat die skriftelike kontrak nie effek sal neem alvorens die plaasvind van ‘n sekere gebeurtenis nie”, maar die toepassing van hierdie gesag is onseker.

Ekstrinsieke getuienis om te bewys dat ‘n party wat oënskynlik as ‘n prinsipaal gekontrakteer het in werklikheid slegs ‘n agent was om die prinsipaal bekend te stel, is toelaatbaar.

Van der Merwe et al voel dat daar twyfel bestaan oor die voortdurende bestaan van die “parol evidence”-reël in Suid-Afrikaanse Reg.163 Die reël beperk die getuienis toelaatbaar vir die bepaling van die bedoeling van die partye in skriftelike kontrakte- ‘n anomalie in ‘n regsisteem wat kontraktuele verbintenis baseer op die bedoeling van die partye.164 Dit is verder ‘n beleidsoorweging of ‘n regsisteem die rasionaal agter die reël moet aanvaar, naamlik dat sekerheid bevorder moet word, dispute verminder moet word, en benadeling beperk moet word.165

6. Rektifikasie166

Partye wat hul ooreenkoms op skrif stel loop die risiko dat, toevallig of deur een van hulle se werking, die dokument nie hul ooreenstemmende bedoeling akkuraat reflekteer nie. As gevolg van die subjektiewe benadering wat deur die Suid-Afrikaanse Reg gevolg word, en ook die basis van kontraktuele aanspreeklikheid, volg dit dat partye nie gebonde gehou kan word aan ‘n dokument wat nie hul ware bedoelings weergee nie. ‘n Party tot ‘n foutiewe ooreenkoms moet derhalwe kan staatmaak op ware wilsooreenstemming en selfs om die dokument te korrigeer ten einde hul ware bedoeling te weergee. So ‘n korreksie van ‘n kontraktuele dokument deur ‘n regsbevel word genoem rektifikasie (natuuurlik sal regsinmenging onnodig wees indien partye self ooreenstem tot korregering).

Die kontrak self as ‘n regshandeling word nie gerektifiseer/gekorrigeer nie. Wat wel gerektifiseer word, is die dokument, insover dit nie weergee wat die kontraktante bedoel het om die inhoud van die regshandeling te wees nie. In die saak van Spiller v Lawrence 1976 (1) SA 307 (N) op 310, het die hof gemeld dat “al wat die hof ooit aanraak is die dokument”. Alhoewel rektifikasie al as ‘n nodige byvoeging tot die “parol evidence”-reël beskryf is, is dit nie gebaseer op hierdie reël nie. Dit is ook nie gebaseer op spesiale gronde soos die exceptio doli generalis, goeie trou of regverdigheid nie (wat almal al gebruik is om die doel van rektifikasie te verklaar). Rektifikasie is ‘n logiese gevolg van 163 Van der Merwe et al 2007: 178164 Van der Merwe et al 2007: 178165 Van der Merwe et al 2007: 178166 Van der Merwe et al 2007: 178-185

Page 71: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

71

die beginsel dat ‘n kontrak gebondenheid tot gevolg het as gevolg van werklike wilsooreenstemming of ‘n redelike geloof dat wilsooreenstemming teenwoordig is.

Wanneer mag ‘n party rektifikasie eis?

Rektifikasie mag geëis word sonder bykomende eise, en ‘n hof mag versoek word om slegs ‘n dokument te rektifiseer, ten einde die ooreenstemmende bedoeling van die partye korrek weer te gee. Aangesien slegs die dokument, en nie die juridiese handeling in daardie dokument vasgevang nie, gerektifiseer word, stel rektifikasie nie wysiging van die kontrak daar nie. Volgens die howe moet die party wat aanspraak maak op rektifikasie bewys dat as gevolg van dwaling die dokument nie die ware bedoeling van die partye reflekteer nie, asook hoe die dokument gewysig moet word ten einde wel die korrekte bedoeling weer te gee.

Bewys van ‘n voorafgaande ooreenkoms (“gemeenskaplike bedoeling”) oor die bepalings van die kontrak is ‘n voldoende grond vir rektifikasie. So ‘n voorafgaande ooreenkoms hoef nie noodwendig ‘n kontrak daar te stel nie. Rektifikasie is dus moontlik waar skrif ‘n konstitutiewe vereiste vir die kontrak is, en selfs waar die ooreenkoms eers geformuleer is toe dit op skrif gestel is. Rektifikasie kan ook toegelaat word waar daar geen voorafgaande gemeenskaplike bedoeling was nie, byvoorbeeld waar ‘n bedrieglike kontraktant wie voorstel dat hy ‘n gemeenskaplike bedoeling met sy mede-kontraktant bereik het, die dokument opstel op so wyse dat hy in gebreke bly om te voorkom dat dit die dokument die gemeenskaplike bedoeling uiteensit. Dit sal ook die geval wees waar ‘n party wat bewus is van ‘n ander party se wanopvatting rakende hulle ooreenkoms, stilbly daaroor. Hier sal rektifikasie die redelike geloof van die party wat aan die wanopvatting ly na vore bring.

In die saak van Akasia Road Surfacing (Pty) Ltd en ‘n Ander v Shoredits Holdings Ltd en Andere 2002 (3) SA 346 (SCA) het die partye ‘n skriftelike kontrak aangegaan, asook ‘n supplementêre kontrak in terme waarvan die respondente sekere besighede en bates verkoop het, sowel as ‘n kliëntebasis vir daardie besighede. Die koopprys is as volg bepaal:

- R6 237 000 vir die besighede en bates;- R400 000 vir die onroerende eiendom;- R2 582 000 vir die kliëntebasis.

Een van die bates in die aanhangsel tot die kontrak is beskryf as ‘n “new asphalt plant” met ‘n markwaarde van R2 990 850. Die appellante het aangevoer dat by die sluit van die kontrakte, hierdie “asphalt plant” nog onvoltooid was. Die kontraktante wou hul kontrak laat rektifiseer deur byvoeging van die volgende klousule:167

The purchaser shall pay the full sum of R2 990 850,58 in respect of the new asphalt plant to the sellers as hereinbefore provided, regardless of the fact whether the aforesaid asphalt plant is completed and erected at the time of signature hereof or not. The sellers shall be obliged to complete and erect the new asphalt plant according to plan and to the purchaser’s full satisfaction on or before 31 October 1996. The completion and

167 Sien Akasia Road-Saak, 349

Page 72: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

72

erection of the new asphalt plant shall be effected at the seller’s cost. Should the seller fail to complete and erect the new asphalt plant, or should the sellers fail to commence with the completion and erection of the aforesaid new asphalt plant immediately after the builders’ holidays of December 1995/January 1996, the purchaser shall be entitled to complete and erect the asphalt plant at the purchaser’s cost, whereupon the purchaser shall be entitled to deduct the full amount of the moneys expended upon the construction and erection of the aforesaid plant from the outstanding balance from time to time owing and due to the sellers in terms of this agreement.

Die hof het die volgende bevind:168

Rectification of a contract has as its purpose the bringing of the written document into harmony with the true intention of the contracting parties, which intention they failed, by reason of a common mistake, to put into writing. If that true intention is vague, it might affect the validity of the rectified contract but not a defendant’s claim for the rectification of the contract. The law is not, after all, that effect should be given to a written document which incorrectly reflects the agreement between the parties on the ground that the incorrect written version does indeed constitute a valid contract while that upon which the parties actually agreed does not constitute a valid contract.

Eenheid 8Moontlikheid van Prestasie

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid moet die student die volgende kan doen:

1. Verskaf ‘n agtergrond tot die posisie rakende moontlikheid van prestasie as ‘n vereiste vir ‘n geldige kontrak in die Suid-Afrikaanse Reg.

168 Sien Akasia Road-Saak, 347

Page 73: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

73

2. Onderskei volledig tussen die begrippe subjektiewe (relatiewe) onmoontlikheid en objektiewe (absolute) onmoontlikheid, met spesifieke verwysing na die sake van Blou Bul Boorkontrakteurs v McLachlan en South African Forestry Co Ltd v York Timbers Ltd.

3. Bespreek kortliks die effek van onmoontlikheid van prestasie op ‘n kontrak.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 6.

2. Vanuit sakelys:

South African Forestry Co Ltd v York Timbers Ltd 2005 (3) SA 323(SCA)

Blou Bul Boorkontrakteurs v McLachlan 1991 (4) SA 283 (T)

Alternatiewe studie:

3. Bhana et al. Students’ Guide to the Law of Contract. Tweede Uitgawe. Hoofstuk 4 Para. 4

1. Inleiding

Die prestasie waarop ooreengekom is moet objektief-gesproke moontlik wees ten tyde van die sluit van die ooreenkoms, ten einde ‘n geldige kontrak daar te stel. In geval van impossibilium nulla obligatio est (aanvanklike objektiewe onmoontlikheid) sal geen verbintenis deur die ooreenkoms geskep word nie. Die blote feit dat omstandighede rakende die sluit van die kontrak die bedoeling van die kontraktante voorafgaan, maak nie die kontrak nietig as gevolg van onmoontlikheid nie.169

169 Van der Merwe et al 2007: 186

Page 74: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

74

Aanvanklike moontlikheid van prestasie was alreeds ‘n vereiste wat vir kontrakte in die Romeinse-en Romeis-Hollandse Reg. Opinies rakende die presiese omvang van aanvanklike onmoontlikheid van prestasie verskil en die regseffektiwiteit daarvan het verskil, maar ‘n algemene bepaling is eventueel ontwikkel dat individuele volisie slegs moontlik was tot die mate dat dit gerig was op dit wat moontlik was.170 ‘n Onderneming om iets te doen wat onmoontlik was kon nie gesien word as ‘n rasionale keuse nie, en het dus die sluit van ‘n kontrak ondermyn. Hierdie benadering onderlê die vereiste van aanvanklike moontlikheid van prestasie in moderne reg insover ‘n kontrak op werklike wilsooreenstemming gebaseer is. Waar ‘n kontrak op ‘n objektiewe fondasie gebaseer is, kan dit gesê word dat dit bloot onredelik sou wees om iemand aan ‘n onmoontlike prestasie gebonde te hou.171 Daar is geen rede om die leerstuk aan die hand van ‘n stiswyende bepaling te koppel nie: die effek van onmoontlikheid resulteer vanuit objektiewe beleidsoorwegings onderliggend aan die teoretiese basis van kontraktuele aanspreeklikheid.172

Die uitgangspunt blyk te wees dat omdat geeneen van die partye sou gekontrakteer het indien hulle bewus was van die werklike stand van sake nie, kan die risiko van aanvanklike onmoontlikheid nie aan een van hulle toegeskryf word nie. Hierdie benadering stem ooreen met die leerstuk onderliggend aan eventuele onmoontlikheid.173

2. Die betekenis van “onmoontlikheid”

2.1. Subjektiewe (Relatiewe) onmoontlikheid:

Subjektiewe onmoontlikheid beteken dat, alhoewel iemand anders dalk instaat kan wees om die prestasie te verrig, die skuldenaar nie daartoe instaat is nie. Dit verwys dus na die onvermoë van ‘n spesifieke debiteur om te presteer.

Voorbeeld: ABC Steenmakers ontvang ‘n bestelling vir die vervaardiging van 1 Miljoen bakstene. Vanweë fisiese en inherente tekortkominge, kan ABC Steenmakers nie daardie hoeveelheid stene vervaardig nie. Dit beteken egter nie dat geen steenmaker daardie hoeveelheid stene sal kan vervaardig nie, net dat ABC dit nie kan doen nie.

2.2. Objecktiewe (absolute) onmoontlikheid:

170 Van der Merwe et al 2007: 186171 Van der Merwe et al 2007: 187172 Van der Merwe et al 2007: 187173 Van der Merwe et al 2007: 187 vn 9

Page 75: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

75

Objektiewe onmoontlikheid behels ‘n algemene onvermoë om te presteer: In die oë van die reg, is niemand in staat om te presteer nie.174 Voorbeelde van objektief-onmoontlike prestasies is:

Die lewering van iets wat nie bestaan nie, hetsy of dit wel bestaan het en toe vernietig is, of nooit bestaan het nie.

A res extra commercium, soos ‘n poging om ‘n natuurlike persoon te verkoop.

Iets wat aan die koper behoort is opskortend vanuit sy oogpunt, soos ‘n mandaat om aandele op die aandelebeurs te verkoop wat onmoontlik is aangesien die aandele nie gelys is nie.

Die toets vir objektiewe onmoontlikheid is ‘n pragmatiese standaard. Terwyl ‘n absolute fisiese onmoontlikheid die toets sal slaag, sal ‘n prestasie wat fisies moontlik is onmoontlik wees indien aandringing daarop onredelik in die omstandighede sou wees. Waar prestasie deur die reg verbied word, sal die onvermoe presteer as objektiewe onmoontlikheid of wederregtelikheid gesien word. Waar dit duidelik is dat die ooreenkoms ongeldig sal wees, soos dikwels uit wetgewing blyk, sou dit raadsaam wees om die reëls van wederregtelikheid hier toe te pas.175 Waar ongeldigheid nie so duidelike vereiste is nie, sal die beginsel van objektiewe onmoontlikheid gepas wees om met die aangeleentheid te handel. Indien so geval hanteer word as ‘n geval van wederregtelikheid, sou dit nodig wees om die morele kwessie asook ander openbare en private belange in ag te neem.176

Indien prestasie bloot moeilik is, sou dit nie lei tot objektiewe onmoontlikheid nie, maar tot subjektiewe onmoontlikheid (hierdie is ‘n feitevraag- sien die saak van Blou Bul Boorkontrakteurs hieronder). Nietemin kan prestasie so moeilik wees en lei tot sodanige ekonomiese en ander druk dat dit as objektief onmoontlik beskou kan word in terme van die toepaslike standaard. Die onvermoë van die skuldenaar en die algemene onvermoë om te presteer mag tergelykertyd voorkom, met gevolglike objektiewe onmoontlikheid, byvoorbeeld waar ‘n persoon in persoonlike hoedanigheid moet optree op ‘n spesifieke tyd, maar dit alreeds onmoontlik is om te doen.

Byvoorbeeld, indien ‘n kunstenaar se bestuurder onderneem dat die kunstenaar oor ‘n uur ‘n vertoning op ‘n spesifieke plek sal lewer, maar op daardie tydstip is die kunstenaar 10 000 km ver.

Ook, waar ‘n huurder nie betrekking kan neem van die huureiendom nie as gevolg van ‘n voorheen-onbekende manifestasie van ‘n allergie vir sekere van die boumateriale. Geen persoon in die posisie van die opsigter is in ‘n posisie om die bouperseel as geskik vir daardie spesifieke huurder te verklaar nie.

174 Van der Merwe et al 2007: 188175 Van der Merwe et al 2007: 188176 Van der Merwe et al 2007: 188 vn 21

Page 76: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

76

‘n Aanvanklike onmoontlikheid wat die skuld is van ‘n party tot die kontrak, sal nie kontraktuele aanspreeklikheid uitsluit nie.177

3. Die effek van onmoontlikheid.

Subjektiewe onmoontlikheid van prestasie voorkom nie die skepping van ‘n verbintenis nie.178 Indien die skuldenaar dan nie eventueel presteer nie, sal hy aanspreeklik wees vir kontrakbreuk.

Objektiewe onmoontlikheid van prestasie ten tyde van aangaan van die ooreenkoms sal lei tot ‘n situasie waar geen verbintenis ontstaan in terme van daardie prestasie nie. Verder ontstaan geen verpligting in terme van enige ooreengekome teenprestasie nie.

Prestasie kan wel gewaarborg word moontlik te wees. Die party wat die waarborg gee sal gebonde gehou word aan die kontrak en sal aanspreeklik wees vir breuk van die waarborg indien hy in gebreke sou bly om korrek te presteer, selfs al sou dit blyk dat die prestasie objektief onmoontlik is.179

Blou Bul Boorkontrakteurs

Die eiser en verweerder het ‘n skikkingsooreenkoms in die Landdroshof aangegaan waarin daar ooreengekom is dat die eiser ‘n boorgat sou skoonmaak tot ‘n diepte van 132 meter, teen R18 per meter skoongemaak. Hy sou ook die nodige materiaal op daardie diepte laat installeer, ook teen R18 per meter. Nadat boorwerk begin het, is staalpype en afval in die boorgat gevind, wat verdere boorwerk objektief onmoontlik geemaak het.

Die volgende woorde van Eloff, RP is relevant tot hierdie eenheid:

Waar onmoontlikheid geopper word, gaan dit nie meer oor die vraag na die teenwoordigheid van wilsooreenstemming nie. Wat wel toepaslik is, is dat een van die wyses waarop ‘n verbintenis tostand gekom het, geëlimineer kan word. Dit moet genoem word dat die appellant se eis tot onmoontlikheid slegs kan slaag indien die onmoontlikheid (objektief gesproke) absoluut is. Verder kan die eis slegs slaag indien die eiser nie prestasie op enige manier gewaarborg het nie.180

Die meer onlangse saak van South African Forestry Co Ltd v York Timbers Ltd 2005 (3) SA 323 (SCA) verskaf ‘n effens meer gekompliseerde feitestel.

Twee kontrakterende partye het ‘n kontrak aangegaan meer as dertig jaar voor die huidige hofsaak. In elke geval was die Suid Afrikaanse Regering die verkoper van sagtehout-stamme verkry vanaf twee regeringsplantasies in die Mpumalanga Provinsie. Die partye het ooreengekom dat sou enige geskil tussen hulle ontstaan rakende die bepalings van die kontrak, die Ministerie van Bosbou genader sou word ter beslegting van die geskil. Indien die Minister in gebreke sou bly om die geskil te besleg, sou die aangeleentheid vir arbitrasie verwys word. In 1982 het die respondent (York) alle regte

177 Van der Merwe et al 2007: 189178 Van der Merwe et al 2007: 189179 Van der Merwe et al 2007: 190180 Opp. 286

Page 77: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

77

en verpligtinge van die ander party oorgeneem in terme van beide kontrakte. Met effek vanaf 1 April 1993, het die regering op sy beurt al sy regte en verpligtinge onder die kontrakte na die appellant (South Afrivan Forest Company Ltd) oorgedra, in ooreenstemming met die bepalings van Artikel 4 van die “Management of State Forests Act” 128 van 1992.

Dit het eventueel gebeur dat die appellant die Minister genader het vir ‘n besluit rakende ‘n geskil wat tussen die partye ontstaan het. Die Minister het nie geweier om betrokke te raak nie (soos wat hy voorheen gedoen het), maar geweier om die opinie te lewer wat deur die appellant gevra is. Die appellant se saak was gebaseer op die feit dat die kontrakte verval het as gevolg van intredende onmoontlikheid, aangesien die Minister geweier het om sy funksies in terme van die kontrake na te kom. Die appellant het gevolglik die twee kontrakte gekanselleer.

Brand, AR het die volgende voorgehou:

…an order is issued declaring that the plaintiff validly cancelled the two contracts between the parties, referred to as the Swartfontein agreement and the Witklip agreement, on 10 November 1998.

Eenheid 9Geoorloofdheid

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Verduidelik wat bedoel word met die begrip “ongeoorloofdheid”.2. Verduidelik kortliks hoe begrippe soos “openbare belang” en “goeie waardes” die

geoorloofdheid aldan nie van ooreenkomste bepaal.

Page 78: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

78

3. Verduidelik in detail hoe ongeoorloofdheid bepaal word, met spesifieke verwysing na die saak van Sasfin v Beukes.

4. Analiseer die par delictum –reël as ‘n element van die gevolge van ongeoorloofdheid.

5. Verduidelik wat bedoel word met ooreenkomste ter beperking van handelsvryheid.

6. Bespreek die saak van Magna Alloys v Ellis, met spesifieke verwysing na die wyse waarop Suid-Afrikaanse howe met handelsbeperkings gehandel het in die verlede, en hoe hierdie saak die posisie verander het.

7. Interpreteer die begrip “openbare belang” in die konteks van die geoorloofdheid aldan nie van handelsbeperkings in kontrakte.

8. Analiseer die probleeme geïdentifiseer in die saak van Coetzee v Comitis met verwysing na handelsbeperkings in sportkontrakte.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 7.

2. Vanuit sakelys:

Sasfin (Pty) Ltd v Beukes 1989 (1) SA 1 (A)

Mort NO v Henry Shields-Chiat 2001 (1) SA 464 (C)

Klokow v Sullivan 2006 (1) SA 259 (SCA)

Magna Alloys v Ellis 1984 (4) SA 874 (SCA)

Coetzee v Comitis and Others 2001 (1) SA 1254 (C)

Alternatiewe studie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. 2006. Hoofstuk 10

1. Inleiding

1.1. Die begrip “geoorloofdheid”

‘n Ooreenkoms moet regmatig wees ten einde ‘n kontrak daar te stel, met die gevolg dat ‘n wederregtelike (onregmatige) ooreenkoms nie ‘n verbintenis sal skep nie. Die rede waarom geoorloofdheid ‘n vereiste vir ‘n geldige kontrak is, berus op die belange of oortuigings van ‘n gemeenskap wat waarde heg aan die erkenning van transaksies tussen individue, naamlik dat dit verkieslik is dat kontrakte wat vryelik aangegaan word,

Page 79: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

79

afgedwing moet word.181 Ooreenkomste wat nie in konflik is met die belange en oortuigings van die gemeenskap nie, hoef nie noodwendig afgedwing te word nie. Kontrakte wat “ongrondwetlik” is, is onafdwingbaar, veral waar sterk openbare beleid oorwegings betrokke is.182 Ooreenkomste is ongeoorloof indien hulle indruis teen statutêre- of gemenereg. Ongeoorloofdheid tree in waar die sluiting van die kontrak of die ooreengekome prestasie of die doel waarvoor die kontrak gesluit word, teenstrydig met die reg is.183 ‘n Statutêre-of gemeenregtelike reël mag uitdruklik bepaal dat sekere ooreenkomste onregmatig is. Dit is egter nie altyd die geval nie.184

1.2. Openbare belang en goeie sedes:

Ooreenkomste sal ongeoorloof wees indien hulle contra bonos mores (teen die goeie sedes) is, of indruis teen openbare belang of beleid. Onthou dat die reg nie sedes afdwing bloot omdat hulle sedes is nie, maar dat die reg tot ‘n mate morele inhoud absorbeer in regsleerstukke of selfs spesifieke reëls.185 Die rede vir die inkorporering van sedes is natuurlik vir doeleindes van geregtigheid, tot die mate dat laasgenoemde deel vorm van die doel en funksie van die reg.186 Die onderskeid tussen boni mores aan die een kant en openbare belang en beleid aan die ander kant is onduidelik. In praktyk is die term boni mores met betrekking tot ongeoorloofdheid van toepassing op ooreenkomste verwant aan alledaagse sedes of gedrag deur ‘n besondere gemeenskap bepaal. Voorbeelde sou wees die norme wat seksuele sedes en eerlike gedrag bepaal.187 Die volgende ooreenkomste is teen openbare belang en beleid:

Ooreenkomste wat nadelig is vir die staat. Ooreenkomste wat die adminsitrasie van geregtigheid verhinder. Ooreenkomste wat ‘n persoon se handels- of ekonomiese vryheid

beperk.

Ooreenkomste wat in lyn is met openbare beleid en in die openbare belang is sluit die in wat in lyn is met goeie sedes.

2. Bepaling van ongeoorloofdheid.

Soms is ooreenkomste tot so mate teenstrydig met openbare belang dat die blote aangaan daarvan wederregtelik sou wees.188 Die ongeoorloofdheid van sulke ooreenkomste word gevind in wetgewing of die gemenereg.

Voorbeelde van sulke verbiedinge is:

Verbiedinge verbandhoudend met die verkoop en verspreiding van:

181 Van der Merwe et al 2007: 191182 Van der Merwe et al 2007: 192183 Van der Merwe et al 2007: 192184 Van der Merwe et al 2007: 192185 Van der Merwe et al 2007: 192186 Van der Merwe et al 2007: 193187 Van der Merwe et al 2007: 193188 Van der Merwe et al 2007: 196

Page 80: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

80

Alkohol: Die Drankwet 59 van 2003.

Dwelms: Die Dwelm en Dwelmverkeerwet 140 van 1992.

Gevaarlike wapens: Die Wet op Gevaarlike Wapens 71 van 1968.

Edelgesteentes: Die Wet op Diamante 56 van 1986.

Goedere op Sondae en buite goedgekeurde werksure: Verskeie wette wat koopure reguleer.189

Voorbeelde van gemeenregtelike voorbehoude:

Pogings om die jurisdiksie van die hof te ondermyn. Pogings om ‘n kontraktant te ontneem van die geleentheid om homself

te verdedig of aansoek te doen vir ‘n administrasiebevel. Ooreenkomste met vyandige state/persone. Sekere pacta de quota litis (ooreenkoms in die litigasieproses). Sekere pacta commissoria. Sekere pacta successoria. Sekere huweliksopbrekingooreenkomste vir ‘n toekenning. Ooreenkomste waarin afstand gedoen word van beskerming verleen in

terme van die “Prescription Act” wat teen openbare beleid is.190

Dit is moontlik dat ‘n ooreenkoms wat wettiglik aangegaan is onregmatig is as gevolg van die prestasie wat in terme daarvan vereis word. So sal ‘n ooreenkoms om ‘n misdaad of ‘n delik te pleeg onregmatig wees. Die verkoop van ‘n pistool deur ‘n gelisensieerde handelaar aan ‘n gelisensieerde koper sal regmatig wees, maar nie indien die koper die pistool wil gebruik om iemand dood te maak nie.191 Selfs indien nog die kontrak nog die prestasie onregmatig is, kan die kontrak steeds onregmatig wees vanweë die oogmerk waarvoor dit gesluit is. Byvoorbeeld, indien die koper nie homself tot die verkoper verbind om ‘n moord te pleeg nie, maar die verkoper weet dat die koper beoog om iemand te vermoor, sal die ooreenkoms onregmatig wees vanweë die oogmerk: Beide partye moet dieselfde regmatige oogmerk hê. Indien een van die kontraktante onbewus is van die ander se motief, kan daar nie gesê word dat die ooreenkoms ‘n onregmatige motief het nie.192

Waar dit duidelik is dat ‘n bepaling onregmatig is, is die situasie eenvoudig. Waar die situasie egter nie so eenvoudig is nie, moet mens die geneigdheid van die bepaling om teen die openbare belang/beleid of boni mores te wees, in ag neem. Hierdie geneigdheid

189 Van der Merwe et al 2007: 196190 Van der Merwe et al 2007: 197191 Van der Merwe et al 2007: 197192 Van der Merwe et al 2007: 198

Page 81: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

81

sal egter op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys moet word ten einde ongeoorloofdheid tot gevolg te hê.193

In die saak van Sasfin (Pty) Ltd v Beukes 1989 (1) SA 1 (A) was die appellant ‘n maatskappy wat besigheid gedoen het as finansier, en die respondent was ‘n narkotiseur. Die partye het ‘n afslagkontrak aangegaan in terme waarvan die respondent verplig was om enige boekskulde wat hy gehad het en wou verkoop het aan die appellant aan te bied vir verkoping. Die koop van sodanige boekskulde sou gereguleer word deur die genoemde afslagkontrak.

Op dieselfde datum wat bogemelde kontrak gesluit is, het die respondent ook ‘n sessie-dokument ten gunste van die appellant en twee ander maatskappye geteken, in terme waarvan die volgende aan die skuldeisers (bogenoemde drie maatskappye) gesedeer is:

…all claims, rights of action and receivables which are now and which may at any time hereafter become due to me/us by all persons (hereinafter referred to as my/our debtors) without exception, from any cause of indebtedness whatsoever (“the claims”) as continuing covering security for the due and proper performance of all obligations which I/we may have in the past owed or incurred or may at the present or in the future owe or incur to all or any of the creditors from whatsoever cause and whenever arising…

In effek het die respondent alle skulde aan hom verskuldig aan die appellant gesedeer. Die vraag voor die hof was of hierdie sessie ‘n geldige/geoorloofde een was.

Smalberger, AR het beslis, met Van Heerden, AR en Rabie AR wat saamgestem het in ‘n minderheidsbeslissing, dat ons gemenereg nie ooreenkomste toelaat wat teenstrydig met openbare beleid is nie. Hy het verduidelik dat in bepaling van die betekenis van openbare beleid, die belange van die gemeenskap van uiterse belang is. Ooreenkomste wat duidelik onbestaanbaar is met die belange van die gemeenskap, hetsy of hulle teenstrydig met die reg of moraliteit is, of selfs met sosiale-of ekonomiese vooruitgang, sal onafdwingbaar wees.

Die geleerde regter het verder beslis dat “geen hof moet wegskrum van die plig om ‘n kontrak as teenstrydig met openbare beleid te verklaar sou dit nodig wees om dit te doen nie. Die mag om kontrakte strydig met openbare beleid te verklaar moet egter met voorsorg en slegs in die meed duidelike gevalle uitgevoer word, sodat onsekerheid nie ontstaan rakende die geldigheid van kontrakte as gevolg van ‘n arbitrêre-of nalatige gebruik van hierdie mag nie.”194

In die saak van Mort NO v Henry Shields-Chiat 2001 (1) SA 464 (C), het Davis, R die volgende obiter- opmerkings gemaak rakende die beginsel van bona fides in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg:195

For the past thirty years…it has been repeatedly claimed that in modern South African law of contract contracts are bonae fidei.

193 Van der Merwe et al 2007: 198194 Sien pp. 2 en 3.195 Op 474 A/B-475 I

Page 82: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

82

...but it is clear that if the doctrine is to be taken seriously then the primary importance accorded to the private autonomy of contracting parties must be reconsidered as must the hegemony of the will theory of contract which survives even in the context of dicta which nod in the direction of social responsibility.

…Like the concept of boni mores in our law of delict, the concept of good faith is shaped by the legal convictions of the community. While Roman-Dutch law may well supply the conceptual apparatus for our law, the content with which concepts are filled depends on an examination of the legal conviction of the community- a far more difficult task. This task requires that careful account be taken of the existence of our constitutional community, based as it is upon principles of freedom, equality and dignity.

…In short, the constitutional State which was introduced in 1994 mandates that all law should be congruent with the fundamental values of the Constitution. Oppressive, unreasonable or unconscionable contracts can fall foul of the values of the constitution.

3. Gevolge van ongeoorloofdheid: Die in pari delictum-reël.

Delictum, volgens Van der Merwe et al, verwys na ongeoorloofdheid.196 Die vraag wat dikwels gevra word is of die uitdrukking in pari delicto noodwendig bepaal dat ‘n party wat verhoed word om terug te eis ten minste in dieselfde graad in delicto moes wees as die ander party.

Aan die een kant is die argument dat daar nie tussen verskillende grade van ongeoorloofde gedrag onderskei kan word nie. Hierdie argument berus op die fei dat dit prakties onmoontlik om tussen hierdie verskillende grade van ongeoorloofde gedrag te onderskei. Hierdie benadering sal bepaal dat indien eiser in enige manier in delicto is, die reël sonder uitsondering of verslapping toegepas sal word.197 As gevolg van die onderskeid tussen ongeoorloofdheid en immoraliteit is dit al voorgestel dat die par delictum-reël moet geld slegs as die party wat sy prestasie wil terugeis immoreel gehandel het.198

In die saak van Klokow v Sullivan 2006 (1) SA 259 (SCA) het Cachalia, WAR genoteer dat die par delictum-reël, “which curtails the right of the delinquent party to avoid the consequences of his performance or past performance of an illegal act, is concerned with the moral guilt of contracting parties, not heir criminal liability. Where a contract is in contravention of a statute, the question whether or not the plaintiff is also prima facie liable for prosecution under the (Liquor) Act, albeit as an accomplice, has no direct bearing on the question of his moral turpitude.199

Die partye in die bogenoemde saak het ‘n skriftelike ooreenkoms aangegaan in terme waarvan die eiser (in die hof a quo) van die verweerder ‘n besigheid sou gekoop het wat gespesialiseer het in volwasse vermaak, wat die verkoop van drank aan sy kliënte ingesluit het. Die eiser het die helfte van die koopprys reeds aan die verweerder oorbetaal, en derhalwe oorname van die besigheid geneem. ‘n Maand na die oorname van die besigheid, het die eiser die besigheid aan die verweerder teruggegee, en terugbetaling van die gedeelte van die koopprys geëis.

196 Van der Merwe et al 2007: 206197 Van der Merwe et al 2007: 206198 Van der Merwe et al 2007: 206199 pp. 259-260

Page 83: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

83

Die basis van hierdie saak is dat die eiser beweer het dat die verweerder (die houer van ‘n dranklisensie) die ooreenkoms aangegaan het wat die eiser ‘n beherende aandeel in die besigheid verleen het sonder om die toestemming daarvoor te verkry vanaf die voorsitter van die Drankraad. Hierdie was ‘n late in terme van Artikel 38 van die Drankwet, wat as volg bepaal:

Die houer van ‘n lisensie sal nie toelaat dat enige ander persoon ‘n beherende aandeel in die besigheid waarop die lisensie betrekking het, verkry nie, tensy die voorsitter, op aansoek van die houer, toestemming verleen het dat so persoon so aandeel in die besigheid kon verkry.

Die verweerder het van sy kant af aangevoer dat die Wet ‘n verpligting op die eiser geplaas het om (tesame met die verweerder) skriftelike aansoek vir die betrokke lisensie by die Voorsitter van die Drankraad moes doen. Dit is nie deur die eiser gedoen nie. Die verweerder het derhalwe gepleit dat die eiser verbied was om die geësde bedrag terug te eis, aangesien beide partye in pari delicto was.

Die hof het beslis dat voor die beslissing in Jajbay v Cassim in 1939, ‘n party wat homself wou onttrek van die gevolge van ‘n onregmatige of immorele kontrak moes bewys dat hy met “skoon hande” die hof nader. Hierdie “skoon hande”-leerstuk van die Engelse Reg is soortgelyk aan die par delictum-leerstuk van die Romeinse Reg. ‘n Eiser wat bevind in pari delicto te gewees het, kon nie enige geld of eiendom terugeis wat aan ‘n verweerder oorhandig is nie, en indien so eiser sy eis op so kontrak sou baseer, sou hy alleenlik op daardie basis in sy eis misluk. In die Jajbay v Cassim-saak het die hof erken dat die streng toepassing van die par delictum-reël in sommige gevalle onregverdige resultate mag oplewer tussen partye tot ‘n onregmatige kontrak. Ten einde onregverdigheid te voorkom, het die hof dus aangevoer dat die reël verslap moes word in gevalle waar ongeregtigheid voorkom moet word of openbare beleid bevorder moet word.

Die Appelafdeling het bevind dat daar geen rede vir die eiser was om ‘n verslpping van die par delictum-reël te bepleit op grond van openbare beleid nie, of dat die verweerder onregverdig verryk is nie.

Alhoewel die sak van Jajbay v Cassim 1939 AD 537 nie voorgeskryf is vir hierdie module nie, sal dit studente baat om dit te lees.

Die volledige reël lees as volg: in pari delicto potior est conditio defendentis.

4. Ooreenkomste ter beperking van handelsvryheid200

Van der Merwe et al definieer ‘n kontrak ter beperking van handelsvryheid as “’n ooreenkoms waarby iemand beperk word in sy vryheid om sy ambag, professie, besigheid of ander ekonomiese aktiwiteite te beoefen.”201 ‘n Handelsbeperking word 200 Van der Merwe et al 2007: 212-218201 Van der Merwe et al 2007: 212

Page 84: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

84

opgelê om die ekonomiese belange van die persoon in wie se guns dit elê word, te beskerm. Werkgewers beperk dikwels werknemers in hul dienskontrakte tot die mate dat ‘n werknemer wat die diens van sie werkgewer verlaat onderneem om nie met sy voormalige werkgewer te kompeteer nie, hetsy onafhanklik of in die diens van ‘n ander. Baie vennootskapsooreenkomste bevat ‘n klousule wat vennote wat die vennootskap verlaat verbied om met die huidige vennootskap te kompeteer.

Die feit dat ‘n ooreenkoms ‘n beperking op een van die partye plaas maak nie die ooreenkoms aanvegbaar as sulks nie. Indien die beperking egter so beperkend is op een van die partye dat die teen openbare belang is, sal dit ongeoorloof en onafdwingbaar wees.

In die saak van Magna Alloys v Ellis 1984 (4) SA 874 het die respondent aksie ingestel teen die appellant in die hof a quo waarin hy aangevoer het dat hy ‘n ooreenkoms met laasgenoemde aangegaan het vir die koop van van die appellant se apparaat (meestal sweisapparaat) en dat hy ten tyde van die instel van die aksie nog nie die kommissie vir die verkoop van sodanige apparaat ontvang het nie. In terme van ‘n bepaalde klousule in die kontrak het die respondent onderneem om vir ‘n tydperk van twee jaar na verstryking van die ooreenkoms om welke rede ookal, en binne ‘n radius van 10 kilometer van ‘n sekere geografiese area, nie die volgende te doen nie:

i. Direk of indirek hetsy as ‘n vennoot, werknemer, agent, verkoopsman of verteenwoordigerenige besigheid aan te gaan in kompetisie met die appellant nie;

ii. Enige ding te verkoop in substans of materiaal, waarvan die funksie, gebruik of doel dieselfde is as die van die appellant nie;

iii. Kliënte of besigheid te werf vir die verkoop van die produk hierbo genoem binne die area hierbo genoem;

iv. Enige persoon, firma, assosiasie op korporasie te assisteer of te bevorder wat kompeteer met die die appellant nie.

Die respondent het gevolglik aangesluit by ‘n kompeterende firma van die appellant. Die respondent het die volgende geëis:

The clause is a covenant in restraint of trade in that it purports to restrict the common law right of the plaintiff to trade or work and the defendant seeks, pursuant to this clause, an order which has the effect of interdicting the plaintiff from continuing with his present work. The agreement being, by virtue of the above facts, a covenant in restraint of trade, is prima facie void and unenforceable. The onus is upon the defendant to satisfy the Court that the restraint is reasonable. The plaintiff contends that the entire clause is unreasonable and unenforceable.

Die appellant het op sy beurt aangevoer dat die spesifieke klousule wel redelik en derhalwe afdwingbaar was om die volgende rede, soos gestaaf in die klousule self:

The agent (respondent/Ellis) acknowledges that the training materials, advice and assistance of the company’s supervisors, customer lists, route sheets and other confidential information, all given to him by

Page 85: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

85

the company (appellant/Magna Alloys) or acquired or formulated by him during the effectiveness of this agreement as a result of his having access to the aforementioned aids and information and dealing in the company’s products are of such a nature as to make it reasonable and necessary for the protection of the company that the agent will not compete with the company within or in the vicinity of the geographical area in question for custom amongst the customers or potential customers of the company for the period hereinafter mentioned.

Die hof het beslis dat op verskeie geleenthede in die verlede die Suid-Afrikaanse howe Engelse Reg in hul beslissings gevolg het deur te verklaar dat elke handelsbeperking-klousule prima facie onwettig was, aangesien dit teen die openbare beleid was. ‘n Party wat andersins beweer het, moes dit bewys. Rabie AR het die volgende te sê ooor hierdie punt:

Mens kan dus met sekerheid aanvaar dat daar geen proklamasie in ons gemenereg is wat ‘n handelsbeperkingsklousule ongeldig verklaar bllot as gevolg van die aard daarvan nie. Gevolglik is daar geen gesag in ons gemenereg vir die navolging van die siening dat wat so lank deur ons howe gebruik is dat ‘n handelsbeperking prima facie ongeldig is nie. Dit is ‘n beadering wat die Engelse Reg volg.

Natuurlik beteken die hof se uitspraak in bogenoemde geval nie dat alle handelsbeperkingsklousules noodwendig geldig is nie. Wat dit wel beteken is dat elke feitestel op sy eie meriete oorweeg en beoordeel moet word. Sou ‘n hof bevind dat ‘n handelsbeperkingsklousule wel inbreuk maak op openbare belang, moet so klousule ongeldig bevind word. Dit is egter nie prima facie ongeldig nie. Handelsbeperkings moet soos alle ander kontraktuele bepalings hanteer word en is dus in beginsel afdwingbaar.202 Hierin lê die belang van die Magna Alloys-saak.

Die begrip “openbare belang” en die grondwetlike waardes daarin vervat.

Ten einde bepaal of ‘n bepaalde handelsbeperkingsklousule inderdaad indruis teen openbare belang, moet mens eers vasstel wat “openbare belang” behels. Van der Merwe et al noem dat twee grondwetlike vryhede of waardes konflikteer wanneer die geoorloofdheid van ‘n handelsbeperkingsklousule ter sprake kom: kontrakteervryheid en handelsvryheid.203 Een kan nie voorkeur geniet ten koste van die ander nie. Die feit dat ‘n kontraktuele handelsbeperking in beginsel afdwingbaar mag wees is bestaanbaar met die algemene benadering vir die skep en afdwinging van kontraktuele bepalings in Romeinse-en Romeins-Hollandse Reg soos verstaan deur die Suid-Afrikaanse howe. Dit is alreeds hierbo in die Magna Alloys-saak genoem dat die provinsiale howe in Suid-Afrika die Engelsregtelike benadering gevolg het aangaande die vraag of en wanneer ‘n handelsbeprekingsklousule onregmatig sou wees. Die posisie in die Engelse reg was (en is steeds) dat hendelsbeperkingsklousules prima facie onregmatig en nietig is (sien Magna Alloys-saak). Indien die handelsbeperking in die omstandighede egter redelik tussen die partye (inter partes) is en nie teen die openbare belang nie, is dit geldig en afdwingbaar.204

Kontrakteervryheid is dus die waarde wat verkies word.205

202 Van der Merwe et al 2007: 215203 Van der Merwe et al 2007: 213204 Van der Merwe et al 2007: 214205 Van der Merwe et al 2007: 214

Page 86: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

86

Kontrakteervryheid as ‘n primêre waarde kan ook afgelei word vanuit sekere voorskrifte van die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, naamlik die blote feit dat sekere basiese regte slegs effektiewelik beoefen kan word indien die spesifieke persoon vryelik kontrakte kan sluit, asook die voorskrifte rakende die beperking van basiese regte.

By die bepaling van obenbare belang ten opsigte van handelsbeperkings, kyk die howe dikwels na die “redelikheid” van ‘n beperking. Hierdie “redelikheid” moet nie verwar word met redelikheid “inter partes” nie. Howe fokus egter op individuele belange in die algemeen asook op spesifieke beskermingswaardige belange van die kontraktante. Of die beperking inter partes redelik is aldan nie is nie opsig self ‘n aanduiding van geoorloofdheid nie, maar onredelikheid kan wel ‘n belangrike aanduiding wees dat die beperking teen openbare belang is.

Die mees belangrike faktore wat in ag geneem moet word by bepaling van openbare belang is die volgende:

Die aard van die beperkende aktiwiteit; Die geografiese area waarbinne die beperking moet funksioneer; Die tydperk van die beperking; Die besondere belange wat deur die beperking beskerm moet word,

soos besigheids-of ambagskonneksies, kliëntebasisse of werksgeheime.

‘n Beperking wat kompetisie uitskakel sonder om ook ‘n regserkende belang te beskerm, sal gewoonlik teenstrydig wees met openbare belang. Hierdie oorweging is van toepassing op alle soorte beperkings, insluitende daardie tussen werkgewer en werknemer, aangesien werknemers nie meer in ‘n ongunstige onderhandelingsposisie teenoor werkgewers gesien word nie.206 Of ‘n beperking teenstrydig is met openbare belang word as ‘n reël bepaal deur die omringende omstandighede ten tyde van die hof se uitspraak in die verband, en nie ten tyde van die sluit van die kontrak nie. Soms is dit egter nodig om te kyk na die omstandighede wat geheers het ten tyde van teken van die kontrak. Neem in ag dat openbare belang ‘n ewig-veranderende inhoud het en selfs mag verander het sedert die sluit van die kontrak, of in die toekoms nog mag verander.

‘n Hof is nie beperk daartoe om ‘n eenvoudige keuse te maak tussen die afdwinging van die geheel van die dokument, aldan nie, maar mag beslis dat ‘n spesifieke dokument deels afdwingbaar en deels onafdwingbaar is.207 Die bewyslas om geoorloofdheid van ‘n handelsbeperkingsklousule te bewys rus op die party wat staatmaak op die bestaan van so klousule.208 Indien ‘n beperking wat teenstrydig met die openbare belang is in werking bly, sou daar goeie rede wees om die bewyslas vir die bewys van teenstrydigheid op die kontraktant wat die beperking aanveg te plaas.206 Van der Merwe et al 2007: 216207 Van der Merwe et al 2007: 217208 Van der Merwe et al 2007: 217

Page 87: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

87

Daar is onduidelikheid rakende die hele kwessie van openbare beleid en grondwetlike regte. Die rede hiervoor is dat die teks van die grondwet nie die presiese verhouding tussen en handelsvryheid, kontrakteervryheid en, bowenal, vryheid van persoonlike keuse uiteensit nie.

Die probleem met handelsbeperkingsklousules in sportkontrakte:Coetzee v Comitis and Others 2001 (1) SA 1254 (C).

In bogenoemde saak was die applikant ‘n professionele sokkerspeler gekontrakteer deur Ajax van Kaapstad. Slegs maande voor die verstryking van sy kontrak, is hy beseer, met die gevolg dat hy vir die Vasco da Gama-klub moes speel, ten einde stelselmatig wedstrydfiksheid te herwin. Hy was egter steeds onder kontrak by Ajax.

Toe die applikant volle fiksheid bereik het, het hy die respondent (Comitis) genader, wat hom in kennis gestel het dat Ajax nie meer in sy dienste belang gestel het nie. Die applikant is gevolglik deur Hellenic genader, maar Comitis het ‘n oordragfooi vanaf Hellenic verlang om aan Ajax betaal te word alvorens laasgenoemde die applikant van ‘n “clearance certificate” sou voorsien. Die hof het bevind dat SAFA se regulasies in terme van oordragfooie wat ten opsigte van spelers betaal moes word ongrondwetlik was, aangesien dit handelsbeperkingsklousules daargestel het wat teenstrydig was met openbare belang-en beleid.

Oorweeg nou die volgende scenario:

Coetzee se kontrak met Ajax het verval. Ajax stel steeds baie belang in Coetzee se dienste as speler en is gretig

om hom by die klub te hou. Coetzee ontvang ‘n uitstekende aanbod van Hellenic om vir hulle te

kom speel, ‘n aanbod wat Ajax nie kan klop nie. In die oorspronklike kontrak tussen Coetzee en Ajax, was daar ‘n

klousule wat as volg gelees het:

Die speler stem in om, as die huidige kontrak verval, nie vir enige klub wat in direkete opposisie met die huidige een is te speel vir ‘n tydperk van 1 (een) seisoen na afloop van die huidige kontrak nie, mits die klub steeds geïnteresseerd is in die speler se dienste en begerig is om ‘n nuwe kontrak met die speler aan te gaan vir ‘n termyn van 1 (een) seisoen.

Oor die loop van die vorige twee jaar, het Ajax honderde duisende rande belê in Coetzee se ontwikkeling en loopbaan. Voordat hulle met hom gekontrakteer het, was hy ‘n onbekende speler met ‘n baie klein geldwaarde. Vanweë die kwaliteit van afrigting by Ajax asook ander faktore, het Coetzee die bemarkbare speler geword wat hy is.

Alhoewel Ajax nie Hellenic se aanbod kan klop nie, verstaan hulle dat Coetzee ontwikkel het in ‘n baie beter speler as toe hulle aanvanklik met hom gekontrakteer het, en is heeltemal gewillig om hom ‘n

Page 88: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

88

aanbod vir kontraktering te maak wat in al sy behoeftes sal voorsien, alhoewel nie so groot soos die Hellenic-kontrak in monetêre terme nie.

Coetzee voer aan dat die bogenoemde handelsbeperkingsklousule inbreuk maak op sy handelsvryheid soos verleen deur Artikel 22 van die Grondwet.

Ajax voer aan dat indien hulle nou Coetzee se dienste as speler sou verloor, nadat hulle honderde duisende rande in sy ontwikkeling as speler belê het, sou dit ernstig inbreuk maak op hulle reg tot regverdige arbeidspraktyke soos verleen deur Artikel 23 (1) van die Grondwet.

Wat nou moet gebeur, is ‘n balanseringstoertjie: Watter reg behoort die meeste gewig te dra- die speler se reg tot handelsvryheid of die klub se reg tot regverdige arbeidspraktyke? Sou dit werklik teen openbare beleid wees om ‘n speler verplig om vir ‘n beperkte tyd te bly by ‘n klub aan wie die speler basies sy hele loopbaan te danke het?

In enige tipe assessering sal van die student verwag word om die bogemelde twee vrae te kan beantwoord na gelang van sy/haar eie, goed-gemotiveerde opinie.

Eenheid 10Sekerheid

Leeruikomste:Na afhandeling van hierdie hoofstuk, moet die student die volgende kan doen:

1. Verduidelik wat bedoel word met die vereiste van sekerheid in terme van die geldigheid van ‘n kontrak.

2. Bespreek die gevolge van onsekerheid.

Bestudeer:

Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 8.

Alternatiewe studie:

Bhana et al.Students’ Guide to the Law of Contract 2009. Hoofstuk 4 para. 3

Page 89: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

89

1. Inleiding:

Die betrokke ooreenkoms moet sekerheid bring rakende sy regsgevolge. Die kontraktante het ‘n verpligting om die aard en praktiese aspekte van die prestasie en verpligtinge duidelik te omskryf. Onvermoë om dit te doen sal heel waarskynlik aanleiding gee tot nietigheid van die ooreenkoms. Howe was in die verlede onwillig om die partye te verlig van die verpligting om die gevolge van hul transaksie vir hulself te bepaal. Ongeag of die ooreenkoms mondeling of skriftelik is, of stilswyend aangegaan is deur ‘n handeling, bly die vraag of dit die ooreenkoms in so manier definieer dat dit die vepligtinge uiteensit sodat ‘n hof dit sou kon afdwing.209 Die toets in hierdie verband is ‘n objektiewe een210 en ‘n ooreenkoms mag dalk nietig wees weens vaagheid ongegag die partye se geloof dat ‘n kontrak gesluit is.

Ekstrinsieke getuienis is nie toelaatbaar om te bewys dat ‘n kontrak op sigwaarde nietig is weens vaagheid nie indien dit nie linguïstiese gestaaf kan word nie. Die vraag na

209 Van der Merwe et al 2007: 222210 Van der Merwe et al 2007: 222

Page 90: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

90

vaagheid moet beantwoord word na gelang van die omstandighede wat geheers het ten tyde van die aangaan van die kontrak.211

‘n Ooreenkoms kan poog om sekerheid daar te stel deur middel van ‘n volledige beskrywing van die prestasies en ander aspekte rakende die beoogde verhouding tussen die partye.212 Waar dit onprakties sou wees, of vir besigheidsdoeleindes ongevraagd, om die gevolge van ‘n kontrak volledig uit te spel by die sluit daarvan, mag sekere aspekte van die kontrak oopgelaat word vir bepaling in ‘n latere stadium. Hierdie wyse van te werk gaan is toelaatbaar, mits die latere bepalings objektief haalbaar is.213

Alhoewel hierdie vereiste vir ‘n geldige kontrak wat inhoud aan betref nie so breedvoerig soos ander veresites vir ‘n geldige kontrak is nie, is dit moontlik die belangrikste, aangesien goeie skryfvaardighede en taalgebruik vereis word om daaraan te voldoen. Die prestasie en teenprestasie moet so duidelik omskryf word dat enige moontlikheid van vaagheid in terme van die prestasie uit die weg geruim word.

In die volgende eenheid sal aandag geskenk word tot die formulering van sekere klousules in ‘n kontrak. Die vereiste van sekerheid sal in skerp fokus kom in daardie eenheid.

2. Gevolge van onsekerheid214

‘n Ooreenkoms wat onseker is ten opsigte van noodsaaklike aspekte daarvan bring geen verbintenis mee nie en dieselfde geld waar die ooreenkoms op materiële wyse onseker is, tensy die geaffekteerde gedeelte onderskeibaar is van die dokument as ‘n geheel. Die moontlikheid dat onsekerheid in ‘n kontraktuele bepaling, wat bedoel is vir die eksklusiewe voordeel van een van die partye, omseil kan word deur afstanddoening van daardie bepaling deur die relevante party, is verwerp. Prestasie in terme van ‘n kontrak wat nietig weens vaagheid is mag geëis word deur middel van ‘n verrykingsaksie, mits die vereistes vir ‘n erkende verrykingsaksie teenwoordig is.

Einde van Deel I

211 Van der Merwe et al 2007: 223212 Van der Merwe et al 2007: 223213 Van der Merwe et al 2007: 223214 Van der Merwe et al 2007: 243

Page 91: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

91

KONTRAKTEREGDEEL II

INHOUD EN WERKING VAN ‘N KONTRAK

Eenheid 11Klousules in ‘n Kontrak

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Stel die “partye”-klousule in ‘n kontrak op deur sekere inligting te gebruik.2. Analiseer die “partye”-klousule volledig.3. Onderskei tussen opskortende en ontbindende voorwaardes.4. Bespreek die regsposisie rakende tydsklousules in kontrakte.5. Stel die “kontrakbreuk”-klousule op.6. Stel die “volledige ooreenkoms”-klousule op.

Page 92: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

92

Bestudeer:

Van der Merwe et al 2007. Hoofstuk 9

1. Inleiding

In hierdie deel van die module word aandag geskenk aan die opstel van sommige klousules wat in meeste kontrakte voorkom. Die oogmerk is nie om die student toe te rus met al die gereedskap wat nodig is vir akkurate en doeltreffende opstelwerk nie, maar om die student met ‘n inleidende agtergrond tot hierdie klousules te voorsien. Voorbeelde van elke bespreekte klousule word voorsien, en daar word van studente verwag om hierdie klousules te kan opstel vir toets-en eksamendoeleindes.

Die volgende klousules sal hanteer word:

Partye tot die kontrak; Voorwaardes; Terme; Kontrakbreuk; Domicilium citandi et executandi; Volledige ooreenkoms

Page 93: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

93

1. Partye

As gevolg van die aard daarvan as ‘n regsband, behels ‘n verbintenis ten minste twee persone en ‘n prestasie.215 Die persone tussen wie die regsband bestaan, is die partye tot die verbintenis. Die party wat die verpligting het om die prestasie te lewer is die skuldenaar (debiteur). Die party met die ooreenstemmende reg om die prestasie te ontvang, is die skuldeiser (krediteur). Die skuldenaar is aan die passiewe kant van die verbintenis en die skuldeiser aan die aktiewe kant.216 ‘n Kontrak kan tussen slegs twee persone gesluit word. Daar kan egter meer as een party aan albei kante van die verbintenis wees.217 Gewoonlik word die kontrakterende partye ook die partye tot die verpligtinge wat daaruit voortvloei, maar nie altyd nie. Ander persone as die kontraktante word partye tot die verbintenis indien ‘n kontrak deur verteenwoordiging of ten gunste van ‘n derde gesluit word.218

Voorbeelde van partye-klousules in kontrakte :

I.

1. Johnny Walker, Identiteitsnommer 720512 3045 085 is ‘n ongetroude persoon wat sy huis in sy persoonlike hoedanigheid verkoop.

2. Jane Doe, Identiteitsnommer 780512 3046 087, is getroud buite gemeenskap van goedere en koop die bogenoemde huis vanaf Johnny Walker .

3. Beskryf die twee partye in die koopkontrak tussen hulle.

1. Johnny WalkerIdentiteitsnommer: 720512 5045 085Ongetroud

(Hierna verwys as “Die Verkoper”)

2. Jane Doe Identiteitsnommer: 780512 3046 087Getroud buite gemeenskap van Goedere

(Hereinafter referred to as “the Purchaser”)

Analise:

Dit is alreeds genoem dat die minimum aantal persone tot enige ooreenkoms 2 (twee) partye is. Derhalwe die nommering van die partye 1. en 2.

215 Van der Merwe et al 2007: 245216 Van der Merwe et al 2007: 245217 Van der Merwe et al 2007: 245218 Van der Merwe et al 2007: 245

Page 94: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

94

Die partye se name, identiteitsnommers en huwelikstatus is van kardinale belang in die beskrywing van die partye in die kontrak. Die verkoper is ongetroud, en mag derhalwe op sy eie kontrakteer. Alhoewel die koper getroud is, is sy buite gemeenskap van goedere getroud, wat beteken dat sy ‘n aparte boedel van haar eggenoot besit.

Elke syfer in die identiteitsnommer van die partye het ‘n spesifieke betekenis, en derhalwe moet sorg geneem word om ‘n persoon se identiteitsnommer presies neer te pen soos in die voorbeeld hierbo genoem, met die nodige spasies tussen syfers soos aangedui. Die betekenis van die syfers is as volg:

780512 3046 087:

i. Die “780512” is die geboortedatum van die betrokke party.ii. Die “3” is ‘n verwysing na die geslag van die party (0-4 verwys na vroulik, en

5-9 na manlik).iii. Die “046” is ‘n vervolginsnommer vir ‘n kombinasie van geboortedatum en

geslag, betekende dat hierdie persoon die 46ste vroulike geboorte op daardie spesifieke dag was.

iv. Die “0” is ‘n aanduiding van die party se burgerskap. ‘n “0” is aanduidend dat die persoon ‘n Suid-Afrikaanse burger is en ‘n “1” dui ‘n buitelander aan.

v. Die tweede laaste syfer sal gewoonlik ‘n “8” of ‘n “9” wees.vi. Die heel laaste syfer is ‘n kontroleringsyfer.

Studente moet kennis hê van wat presies ‘n Suid-Afrikaanse identiteitsnommer behels, en moet bogenoemde analise ken vir toets-en eksamendoeleindes.

Vir doeleindes van effektiwiteit word aliase aan die partye gegee (“Die Verkoper” en “Die Koper”) soos hulle bekend sal staan vir die res van die kontrak.

II.

1. ABC Investments (Eiendoms) Beperk, registrasienommer 1978/10025/21 wens sommige van hul onroerende eiendom te verkoop aan

2. James Hudson, identiteitsnommer 771212 6234 085, wat binne gemeenskap van goedere getroud is met Jane Hudson, identiteitsnommer 781224 3445 087.

3. Peter Williams, ‘n direkteur van die genoemde maatskappy, is gemagtig om die koopkontrak van die onroerende eiendom te onderteken namens die maatskappy kragtens ‘n resolusie gedateer 12 April 2000.

4. Beskryf die partye in die koopkontrak.

1. ABC Investments (Eiendoms) BeperkRegistrasienommer: 1978/10025/21

Hierin verteenwoordig deur Peter Williams in sy hoedanigheid as Direkteur, kragtens ‘n Resolusie van Direkteure gedateer 12 April 2000.

Page 95: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

95

(Hierna verwys as “Die Verkoper”)

2. James HudsonIdentiteitsnommer: 771212 6234 085

en

Jane HudsonIdentiteitsnommer: 781224 3445 087Getroud Binne Gemeenskap van Goedere met Mekaar.

(Hierna vewys as “Die Kopers”)

Analise:

‘n Maatskappy is ‘n regspersoon wat nie regshandelinge sonder verteenwoordiging kan aangaan nie. In hierdie geval is een van die direkteure gemagtig om die spesifieke kontrak namens die maatskappy te teken. Die magtiging moet gemeld word vir doeleindes van wilsooreenstemming en geoorloofdheid.

In die geval van die kopers, is die partye binne gemeeskap van goedere getroud. Dit beteken dat alhoewel hulle twee aparte privaat persone is, word hulle deur die reg gesien as een entiteit met een boedel. Derhalwe moet partye wat binne gemeenskap van goedere met mekaar getroud is altyd saam kontrakteer.

III.

1. ‘n Sekere trust, wat nog nie geregistreer is nie, wil eiendom koop van Jane Doe, ‘n persoon wat ingevolge die Skotse Reg getroud is.

2. Die trust sal verteenwoordig word deur Johnny Walker in sy hoedanigheid as toekomstige trustee.

3. Beskryf die partye in die koopkontrak.4. Verskaf u eie besonderhede waar nodig.

1. Jane DoeIdentiteitsnommer: 598399Getroud, welke huwelik gereguleer word deur die wette van Skotland.

(Hierna verwys as “Die Verkoper”)

2. Johnny Walker, in sy hoedanigheid as trustee van ‘n trust nog geregistreer te word.

Page 96: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

96

(Hierna verwys as “Die Koper”)

2.Voorwaardes:

‘n Voorwarde in ‘n kontrak verwys na ‘n klousule waarkragtens ‘n kontraktuele prestasie onderhewig gemaak word aan die plaasvind van ‘n onsekere toekomstige gebeurtenis.

Die vereistes vir ‘n voorwaarde is as volg:

Onsekere toekomstige gebeurtenis; Die gebeurtenis moet fisies en juridies moontlik wees; Gebeurtenis mag nie net afhanklik wees van die aanbieder daarvan nie,

byvoorbeeld “Ek sal jou R50 gee as ek so voel” nie.

Twee hooftipes voorwaardes word onderskei, naamlik die opskortende voorwaarde en ontbindende voorwaarde.

‘n Opskortende voorwaarde stel die volle werking van die verbintenis uit totdat sekerheid bereik is aangaande die uitvoering aldan nie van die voorwaarde.219

‘n Voorbeeld van so voorwaarde sal as volg wees:

“Walker stem ooreen om aan Doe ‘n bedrag van R10 000.00 te leen op voorwaarde dat laasgenoemde sy LL.B-graad binne vier jaar verwerf.”

‘n Ontbindende voorwaarde stel nie die werking van die verbintenis uit nie: die verbintenis tree ten volle in werking, maar mag tot ‘n einde kom indien aan die voorwaarde voldoen word aldan nie. ‘n Voorbeeld sou as volg lees:

“Walker stem in om aan Doe ‘n motorvoertuig te gee, maar indien Doe nie die LL.B-graad binne vier jaar verwerf nie, sal Walker die motorvoertuig terugneem met onmiddellike effek.”

3. Tydsklousule220

‘n Tydsklousule is ‘n kontraktuele bepaling wat ‘n verbintenis kwalifiseer met verwysing na ‘n sekere oomblik of gebeurtenis in die toekoms- ‘n dies certus an.221 ‘n Tydsklousule verskil van ‘n voorwaarde deurdat eersgenoemde verwys na ‘n toekomstige tydstip of gebeurtenis wat defnitief gaan plaasvind, alhoewel dit onseker is presies wanneer dit gaan plaasvind. ‘n Tydsklousule kan egter, soos ‘n voorwaarde, opskortend of ontbindend wees. ‘n Opskortende tydsklousule sal die effek hê dat die verbintenis ‘n aanvang neem sodra die kontrak gesluit word, maar die volle werking wat uitgestel word tot die aanbreek van die toekomstige oomblik of gebeurtenis. Aangesien die toekomstige

219 Van der Merwe et al 2007: 289220 Van der Merwe et al 2007: 294221 Van der Merwe et al 2007: 245

Page 97: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

97

oomblik of gebeurtenis seker is om aan te breek, verskil die posisie rakende die vervulling van ‘n opskortende tydsklousule van die vervulling of mislukking van ‘n opskortende voorwaarde. Die effek van ‘n opskortende tydsklousule hang af of dit ten gunste van die skuldenaar (pro debitore) of ten gunste van die skuldeiser (pro creditore) is. In die eersgenoemde geval word die prestasie waaraan die skuldenaar moet voldoen uitgestel, terwyl dit steeds moontlik bly. Die skuldenaar is vry om te presteer voor die vasgestelde tyd of gebeurtenis en die skuldeiser mag nie weier om die prestasie te ontvang nie. Indien die klousule ten gunste van die skuldeiser is, kan daar nie presteer word voor die tyd of gebeurtenis vasgestel vir die prestasie nie. Dit beteken dat die prestasie uitgestel word. Die skuldeiser kan nie verplig word om die prestasie te ontvang voor die aanbreek van die vasgestelde tyd of gebeurtenis nie, alhoewel hy gemagtig is om prestasie voor die tyd af te dwing. Indien ‘n tydsklousule ten gunste van die skuldeiser is, in ‘n mate dat dit bedoel is om hom te beskerm teen verlies aan rente, mag die skuldenaar vroeg presteer indien hy rente vir die hele periode betaal.

‘n Ontbindende tydsklousule bepaal dat ‘n verbintenis sal eindig op ‘n toekomstige datum of gebeurtenis. Gewoonlik funksioneer ontbindende tydsklousules nie terugwerkend nie, maar kontraktante kan anders ooreenkom.

4. Kontrakbreuk

Een van die positiewe aspekte van kontrakteervryheid is dat kontraktante hul eie remedies in geval van kontrakbreuk kan bepaal. ‘n Tpiese klousule sal soos volg lyk:

KONTRAKBREUK

Sou enige van die partye in gebreke bly om aan die vereistes hierin te voldoen, en in gebreke bly om te presteer binne 7 (sewe) dae vanaf skriftelike kennisgewing om te voldoen, sal die ander party in sy diskresie die reg hê om:

a) Spesifieke nakoming van die prestasie te eis;b) Die kontrak te kanselleer, enc) Skadevergoeding te eis vir skade wat gely is vanweë die ander party se breuk, insluitende alle

regskoste.

5. Volledige ooreenkoms

Die insluit van klousule soortgelyk aan die volgende sal verseker dat geen addisionele kontrakte of voorskrifte die aard van die ooreenkoms tussen die partye sal beïnvloed nie. So klousule sal as volg lees:

VOLLEDIGE OOREENKOMS

Die partye kom ooreen dat hierdie die volledige ooreenkoms tussen hulle sal wees, en dat geen addisionele byvoegings, beloftes, waarborge of mondelinge ooreenkomste, hetsy uitdruklik of per implikasie, regtens bindend sal wees nie.

Page 98: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

98

Geen wysiging van hierdie dokument sal geldig wees indien dit nie skriftelik gedoen word en deur beide partye tot hierdie ooreenkoms geteken is nie.

Einde van Deel II

KONTRAKTEREGDEEL III

KONTRAKBREUK

1. Inleiding

Volgens Van der Merwe et al is kontrakbreuk oorspronklik (deur De Wet & Van Wyk) beskryf as “wanprestasie”.222 Wanprestasie in die strengste sin van die woord is die breuk van ‘n belofte om te presteer deur ‘n kontraktant, wat in die kontrak vervat is. ‘n Kontraktant wat beloof het om op die eerste dag van die maand te presteer sal wanprestasie pleeg indien hy laat presteer. So persoon sal ook skuldig wees aan wanprestasie indien hy foutiewelik presteer. ‘n Kontraktant wat laat presteer, pleeg negatiewe wanprestasie, terwyl ‘n kontraktant wat foutiewe prestasie lewer positiewe wanprestasie sal pleeg.

Sou ‘n kontraktant byvoorbeeld beloof om op die dertigste van die maand te presteer, maar op die tiende van daardie maand ontken dat hy aanpreeklik is om te presteer, is hy nog nie in breuk van sy belofte nie. Nietemin stel sy aksie kontrakbreuk daar in die vorm 222 Van der Merwe et al 2007: 325

Page 99: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

99

van repudiasie, aangesien sy handeling op die tiende aanduidend is dat hy nie op die dertigste gaan presteer nie. ‘n Kontraktant onderneem gewoonlik nie om nie die objek van die prestasie te vernietig alvorens prestasie nie, maar sou hy die objek wel vernietig voor die prestasiedatum, sal hy skuldig wees aan onmoontlikmaking van prestasie.

Kontrakbreuk kan gepleeg word deur die skuldenaar sowel as die skuldeiser. In terme van ‘n besondere kontrak kan die skuldeiser moontlik ‘n verpligting hê om saam te werk met die skuldenaar om laasgenoemde instaat te stel om aan eersgenoemde te presteer. Sou die skuldeiser in gebreke bly om aan hierdie verpligting te voldoen, hetsy deur nie die prestasie betyds te ontvang nie (negatiewe wanprestasie) of deur te weier om prestasie te ontvang (repudiasie) sal hy skuldig wees aan kontrakbreuk.

Tradisioneel word vyf vorme van kontrakbreuk onderskei, naamlik:

Mora debitoris (negatiewe wanprestasie deur die skuldenaar) Mora creditoris (negatiewe wanprestasie deur die skuldeiser) Repudiasie Onmoontlikmaking van prestasie Positiewe wanprestasie

Die korrekte benadering, volgens Van der Merwe et al, sou wees om kontrakbreuk in vier hoofkategorieë te verdeel, naamlik mora of negatiewe wanprestasie, positiewe wanprestasie, repudiasie en onmoontlikmaking van prestasie. Hierdie vorme kan weer in twee hoofkategorieë verdeel word, naamlik wanprestasie en voorafbreuk van kontrak (repudiasie en onmoontlikmaking van prestasie.223

Eenheid 12Mora Debitoris

Negatiewe wanprestasie deur die skuldenaar

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Verskaf ‘n kritiese inleiding tot die aard van kontrakbreuk, en noem ook kortliks die vorme en kategorieë van kontrakbreuk en wat dit behels.

2. Bespreek die aard en vorme van mora debitoris.3. Lys en verskaf ‘n kritiese bespreking van die vereistes vir mora debitoris.4. Onderskei tussen die terme mora ex re en mora ex persona.5. Onderskei tussen mora debitoris en ander vorme van kontrakbreuk in die

algemeen.6. Analiseer die aspek van kansellasie op grond van mora debitoris met spesifieke

verwysing na die saak van Kragga Kamma Estates CC v Flanagan 1995 (2) SA 367 (A).

Sake:

Ponisammy v Versailles Estates 1973 1 SA 372 (A)

223 Van der Merwe et al 2007: 337

Page 100: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

100

Nel v Cloete 1972 (2) SA 150 (A)

Willowdene Landowners v St Martin’s Trust 1971 (1) SA 302 (T)

South African Forestry Co Ltd v York Timbers Ltd 2005 (3) SA 323 (SCA)

Kragga Kamma Estates CC v Flanagan 1995 (2) SA 367 (A)

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 10.

Alternatiewe studie:

3. Christie The Law of Contract in South Africa. Vyfde Uitgawe. Hoofstuk 13.

Aard en vorme van Mora Debitoris224

Mora debitoris verwys na die wederregtelike versuim van die skuldenaar om betyds te presteer. Mora vind plaas wanneer die skuldenaar hetsy in gebreke bly om betyds sy prestasie te tender, of betyds ‘n onvolledige of gebrekkige prestasie tender.225 Mora kan uit die aard daarvan slegs voorkom met inbegrip van positiewe verbintenisse. Omdat die skuldenaar hoegenaamd nie presteer nie, kan hierdie vorm van kontrakbreuk as negatiewe wanprestasie beskryf word.

Verskillende vorme van mora kan onderskei word:

Mora ex re;Mora ex persona;Mora ex lege.

Hierdie vorme word later bespreek.

Versuim (mora) as ‘n vorm van breuk verwys slegs na die tyd waarop prestasie moet plaasvind. Mora kan slegs plaasvind waar die prestasie moontlik bly ondanks die

224 Van der Merwe et al 2007: 337-339225 Van der Merwe et al 2007: 338

Page 101: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

101

versuim. Hier is die tyd en inhoud van die prestasie so nouliks aan mekaar verbonde dat dit sinneloos sou wees om na die prestasiedatum te presteer- versuim van die skuldenaar stel gewoonlik onmoontlikmaking van prestasie daar.226 Hierdie beginsel is geformuleer in Algoa Milling Co v Arkell & Douglas 1918 AD 145.

Indien ‘n fotograaf ‘n afspraak het om foto’s by ‘n troue te neem op ‘n bepaalde datum, sal dit geen nut hê indien hy ‘n week later opdaag nie: deur sy versuim het hy die prestasie onmoontlik gemaak.

Indien ‘n werknemer nie opdaag vir werk nie, word prestasie in terme van die periode wat verbygegaan het onmoontlik.

Mora is van voortdurende aard insover dit oor ‘n periode kan aanhou. Indien ‘n skuldenaar presteer nadat hy vir ‘n sekere tyd in mora was, vervul hy sy verpligting ten opsigte van daardie spesifieke verbintenis, maar dit stel nie die kontrakbreuk van die verlede ter syde nie. Hy sal steeds aanspreeklik wees om die skuldeiser te vergoed vir enige skade gely as gevolg van die kontrakbreuk.227 Indien die skuldeiser ‘n reg verkry het om uit die kontrak te tree op grond van die skuldenaar se mora, kan hy nie van sy reg ontneem word deur ‘n aanbod om te presteer nie. ‘n Skuldenaar wat alreeds in versuim is kan ook nog ‘n ander vorm van kontrakbreuk pleeg, naamlik om defektiewe prestasie te lewer.228 Deur te presteer, sal die skuldenaar ‘n einde aan sy versuim maak, maar omdat prestasie defektief is, sal hy positiewe wanprestasie gepleeg het. Die skuldenaar sal dan aanspreeklik wees vir sy mora van die verlede sowel as vir die positiewe wanprestasie.229

Vereistes vir Mora Debitoris

Die element van handeling in geval van mora is ‘n late of versuim om te handel soos ooreengekom, dit wil sê om prestasie te tender terwyl die skuldenaar regtens verplig is om prestasie te tender.230 Indien die versuim om te handel egter lei tot onmoontlikheid van die prestasie, kan die versuim nie hanteer word as mora nie, maar dit mag dalk ‘n ander vorm van kontrakbreuk daarstel, soos byvoorbeeld onmoontlikmaking van prestasie.231

Ten einde kontrakbreuk daar te stel moet die versuim om prestasie te tender onregmatig wees. Voordat daar egter gepraat kan word van die onregmatigheid aldan nie van die versuim, moet die skuld eers opeisbaar wees. ‘n Skuld is nie afdwingbaar voor die datum vir prestasie nie, of, indien geen datum vir prestasie bepaal is nie, voor ‘n redelike tyd verloop het nie.232 Afhangende van die omstandighede rondom die kontrak kan “redelike tyd” beteken dat die prestasie direk na ondertekening van die kontrak opeisbaar is.

226 Van der Merwe et al 2007: 338227 Van der Merwe et al 2007: 339228 Van der Merwe et al 2007: 339229 Van der Merwe et al 2007: 339230 Van der Merwe et al 2007: 339231 Van der Merwe et al 2007: 339232 Van der Merwe et al 2007: 339

Page 102: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

102

Vereistes:

I. Die skuldenaar moet in mora wees.

In sie saak van Ponisammy v Versailles Estates 1973 1 SA 372 (A), is ‘n skriftelike kontrak gesluit tussen die appellant en ene Pienaar namens ‘n maatskappy wat in daardie stadium nog geregistreer moes word. Die skriftelike koopkontrak het die volgende bepaling bevat:

Payment of the purchase price shall be secured by a banker’s guarantee to be furnished within thirty (30) days after approval of the diagrams of the property sold by the Surveyor-General.

Die koopkontrak het egte nie ‘n kansellasie-klousule bevat nie (‘n klousule wat die verkoper in staat stel om die kontrak te kanselleer indien daar versuim aan die kant van die koper sou wees).

Op 24 September 1970 het die Landmeter-Generaal die vereiste diagram goedgekeur. Die appellant is egter nie ingelig van sodanige goedkeuring deur die verantwoordelike landmeter tot en met laat November 1970 nie. Dit het beteken dat die 30 dae genoem in die klousule hierbo alreeds verval het teen die tyd wat die partye verneem het van die goedkeuring van die diagramme. Gevolglik het die appellant se prokureur ‘n skrywe gerig op 24 November 1970 waarin sy vereis het dat Pienaar ‘n waarborg aan die appellant moes voorsien teen 23 Desember 1970. Vroeg in Desember 1970 het Pienaar sy prokureur ingelig, wat op sy beurt die appellant ingelig het, dat hy (Pienaar) nie die vereiste waarborge teen 23 Desember sou kon lewer nie. Die twee partye se regsverteenwoordigers het toe ingestem dat Pienaar die bedrag van R200.00 as deposito sou betaal, en dat die keerdatum vir die lewering van die waarborge uitgestel sou word na 23 Januarie 1971.

Op die 21ste Januarie 1971 het Pienaar die appellant se regsverteenwoordiger laat weet dat hy steeds nie die vereiste waarborge kon lewer nie, maar dat ‘n maatskappy genaamd Sapekoe (Pty) Ltd geïnteresseerd was om die eiendom van Pienaar te koop. Die appellant se regsverteenwoordiger het die ooreenkoms toe “gekanselleer” vanweë die feit dat die waarborge nie binne die gespesifiseerde tyd gelewer is nie, en die appellant het die eiendom aan ‘n nuwe koper, Mnr Venter, verkoop. Pienaar se regsverteenwoordiger het aangevoer dat daar geen reg was om te kanselleer in terme van die kontrak nie, en toe die nodige waarborge (laat) verskaf. Pienaar het ook ‘n interdik teen die appellant verkry om haar te forseer om nie die eiendom aan Mnr Venter oor te dra nie. Die hof a quo het toe besluit dat die appellant die eiendom aan die respondent moes oordra.

On die appelahof het die appellant aangevoer dat die koopkontrak gekanselleer is omdat Pienaar namens die respondent versuim het om die bankwaarborg waarvoor daar in die kontrak voorsien is, te lewer binne die tydperk in die kontrak gespesifiseer. Addisioneel het die appellant se prokureur nie net aanvanklik tot uitstel vir lewering van die waarborg ingestem nie, maar dat sy ook die respondent in mora geplaas het (indien die waarborg nie voor 23 Januarie 1971 gelewer is nie) en wat die addisionele effek van ‘n

Page 103: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

103

“kennisgewing van terugtrede” sou hê wat die verweerders (appellante) in staat sou stel om die ooreenkoms te kanselleer by versuim van die respondent om te presteer.

Muller, AR het die volgende relevante woorde gespreek:

Where time is not of the essence of the contract, but one of the contracting parties elects to make it so, giving a notice of rescission (a unilateral act), he should at least take care that the notice is clear and unequivocal, so that the other contracting party is aware of the consequences of a failure on his part to perform timeously.

Die hof het beslis dat alhoewel die appellant inderdaad die respondent in mora geplaas het, die plaas van iemand in mora nie kansellasie van die kontrk meebring nie. Die hof het dus die hof a quo se beslissing bekragtig.

Mora ex re

Dit mag gebeur dat kontraktante nie ooreenkom op ‘n spesifieke prestasiedatum nie. Indien hulle wel op so datum ooreenkom, sal versuim om prestasie voor of op daardie datum te tender prima facie onregmatig wees. In so geval hoef die skuldeiser nie prestasie van die skuldenaar te eis nie, want dies interpellat pro homine (letterlik: “die dag vereis van die persoon”). Mora wat op hierdie wyse plaasvind staan bekend as mora ex re, wat beteken mora in die aard van omstandighede. Ten einde ex re plaas te vind, moet die kontrak ‘n “presiese berekenbare datum” bevat, soos beslis in die saak van Van der Merwe v Reynolds 1972 (3) SA 740 (A). In die saak van LTA Construction v Minister of Public Works & Land Affairs 1995 (1) SA 585 (C) het ‘n boukontrak bepaal dat die kontrakteur geregtig was op finale betaling sodra die ingenieur gesertifiseer het dat die werk in orde was. As gevolg van die onsekerhede wat bestaan voordat so sertifikaat uitgereik kon word, is daar beslis dat daar geen ooreenkoms rakende ‘n “presiese bepaalbare dag” was nie.”233 ‘n Datum sal slegs ‘n “presiese bepaalbare dag” wees indien dit nie slegs seker is dat dit wel sal aanbreek nie, maar ook wanneer dit sal aanbreek. In die saak van Repinz v Dacombe 1994 (3) SA 756 (E) het die hof beslis dat alvorens vervulling ‘n skuldenaar sekerheid moet hê rakende sy prestasiedatum, maar dat sekerheid nie hoef te bestaan by sluiting van die kontrak nie. Gevolglik, indien die kontrak lees dat prestasie vervul moet word binne ‘n sekere tyd na die plaasvind van een of ander gebeurtenis, kan mora ex re plaasvind na afloop van daardie gebeurtenis, ongeag of daar onsekerheid heers by kontraksluiting of die genoemde gebeurtenis wel gaan plaasvind en indien wel, wanneer.

Mora ex persona

Waar ‘n kontrak nie ‘n prestasiedatum stipuleer nie, sal die skuldeiser gewoonlik stappe moet neem ten einde die skuld in te vorder. Die skuldeiser moet die skuldenaar in mora plaas deur middel van ‘n aanmaning of kennisgewing dat die skuldenaar teen ‘n sekere datum moet presteer. Die skuldeiser bepaal dus die prestasiedatum deur middel van ‘n eensydige regshandeling. Die doel van die aanmaning is om die skuldenaar presies in kennis te stel wanneer hy moet presteer. Mora wat voorkom deur middel van aanmaning,

233 Van der Merwe et al 2007: 341 vn 88

Page 104: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

104

word mora ex persona genoem, aangesien dit ‘n handeling van die skuldeiser verlang. ‘n Aanmaning (interpellatio) moet die skuld wat afgelos moet word aandui en moet ‘n spesifieke tydstip vir prestasie bepaal, wat redelik sou wees in die omstandighede. Dit moet ‘n onvoorwaardelike en duidelike eis bevat dat die skuldeieser op prestasie aandring. In geval van ‘n wederkerige kontrak moet so eis, waar nodig, ‘n tender van prestasie deur die skuldeiser bevat.

Die redelikheid van die prestasiedatum moet bepaal word slegs na gelang van die omstandighede rakende so prestasiedatum waarvan die partye bewus was by die aangaan van die kontrak of wat hulle op daardie stadium redelikerwys sou kon voorsien. ‘n Aanmaning wat nie duidelik ‘n prestasiedatum bevat nie mag aanduidend wees dat prestasie onmiddellik vereis word. So ‘n aanmaning mag dalk redelik wees in geval van geldskuld, maar nie noodwendig in alle ander gevalle nie.

In die saak van Willowdene Landowners v St Martin’s Trust 1971 (1) SA 302 (T) is geen prestasiedatum in die oorspronklike kontrak gestipuleer nie, en geen kansellasiereg is in die kontrak ingesluit nie. Die een party kon egter die ander party in mora plaas deur die ander party ‘n redelike tyd te gun om te presteer en dat, indien binne daardie redelike tyd nie gepresteer word nie, ‘n kansellasiereg ontstaan het. Dit is toe besluit dat “die tyd wat vir prestasie verleen word, redelik moet wees in die omstandighede. Indien dit nie die geval is nie, het die aanmaning geen effek nie”234 In hierdie saak is ‘n periode wat deur die een kontraktant aan die ander verleen is vanaf 26 Maart 1969 tot 30 Junie 1969 deur Claassen, R as onvoldoende beslis, en derhalwe was die mora oneffektief.Die aanmaning of kennisgewing van die skuldeiser kan die volgende vorme aanneem:

- Interpellatio iudicialis: Formele aanmaning by wyse van ‘n dagvaarding;- Interpellatio extra iudicialis: Informele aanmaning by wyse van ‘n brief,

telefoon, sms ens.

II.Die prestasie moet opeisbaar wees.

Die prestasieword nie opeisbaar alvorens die bepaalde prestasiedatum aangebreek het of alvorens ‘n redelike tyd verloop het nie. Van der Merwe et al het dit baie duidelik gestel: Mora kan nie plaasvind in terme van ‘n ongelikwideerde skuld nie. ‘n Skuldenaar kan nie teen die afdwinging van die verbintenis appelleer deur verskonings soos dat die prestasie onderworpe is aan ‘n opskortende voorwaarde wat nog nie aan voldoen is nie of dat die prestasiedatum nog nie aangebreek het nie.

III. Die versuim moet veroorsaak word deur die skuldenaar en/of sy werkers.

“Skuld” in hierdie opsig verwys na skuld in die deliktuele sin. Van der Merwe et al noem dat die plig om die afwesigheid van skuld te bewys op die skuldenaar rus deur middel van ‘n excusatio a mora. Indien die versuim deur die skuldeiser veroorsaak word, handel ons met mora creditoris.

234 Willowdene Landowners v St Martin’s Trust: 307

Page 105: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

105

IV. Die prestasie moet moontlik bly ondanks versuim om te presteer.

Indien die prestasie onmoontlik geword het, het ons te doen met ‘n verskillende tipe kontrakbreuk, naamlik onmoontlikmaking van prestasie.

Sien in hierdie geval die saak van South African Forestry Co Ltd v York Timbers Ltd 2005 (3) SA 323(SCA), wat bestudeer is in Eenheid 8 van hierdie module.

Onderskeid tussen mora debitoris en ander vorme van kontrakbreuk.

Volgens Van der Merwe et al kan mora maklik onderskei word van ander vorme van kontrakbreuk.235 In die geval van positiewe wanprestasie lewer die skuldenaar wel prestasie, maar dit is defektief. Waar prestasie voorkom word, is dit onmoontlik en kan versuim nie bestaan nie. ‘n Versuim kan ook nie repudiasie daarstel nie, aangesien ‘n mens nie redelikerwys kan aflei dat prestasie nie in die toekoms gelwer kan word nie of dat dit defektief sal wees nie.236

Spesifieke gevolge van mora debitoris

‘n Spesifieke gevolg van mora debitoris is dat dit die verbintenis uitstel. Dit beteken dat indien die prestasie onmoontlik word nadat die skuldenaar in mora verval het, hy nie verskoon sal word op grond van die onmoontlikheid nie. In sulke omstandighede sal die aanspreeklike kontraktant skuldig wees aan onmoontlikmaking van die prestasie.237

Kansellasie op grond van mora debitoris238

Daar is ‘n rede waarom Van der Merwe et al spesifiek voorsiening maak vir ‘n bespreking van hierdie spesifieke kansellasiegrond nie. Die rede is dat die Romeins-Hollandse Reg nie voorsiening gemaak het vir ‘n algemene kansellasiegrond op grond van kontrakbreuk nie. In geval van mora debitoris, was ‘n skuldeiser slegs geregtig om die kontrak te kanselleer indien die kontrak ‘n kansellasieklousule of lex commissoria bevat het. ‘n Kansellasieklousule kon in ‘n kontrak voorgekom het of daar ‘n prestasiedatum was aldan nie. Waar ‘n prestasiedatum nie bepaal was nie, moes die skuldeiser die skuldenaar in mora plaas deur middel van ‘n interpellatio (sien hierbo) alvorens hy sy reg om te kanselleer kon uitoefen.

Onderworpe aan ‘n lex commissoria geld dieselfde beginsel in die moderne Suid-Afrikaanse Reg. Omdat Romeins-Hollandse Reg egter nie doetreffende geleentheid vir kansellasie op grond van mora daargestel het nie, het die Suid-Afrikaanse howe die Engelsregtelike leerstuk van “time is of the essence of the contract” aangeneem. (die term word baie gebruik in die Ponisammy v Versailles- en Nel v Cloete-sake). Die gevolg hiervan is dat die kansellasie van ‘n kontrak nie langer hoef te berus op ‘n uitdruklike lex commissoria nie. ‘n Reg om te kanselleer word ook erken as die skuldenaar in mora 235 Van der Merwe et al 2007: 346236 Van der Merwe et al 2007: 346237 Van der Merwe et al 2007: 346238 Van der Merwe et al 2007: 347

Page 106: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

106

is, hetsy ex re of ex persona. Die noodsaaklikheid van spoedige prestasie kan blyk uit ‘n verskeidenheid van omstandighede, insluitende:

Die kontrak kan ‘n prestasie bevat wat onderworpe is aan prysspelings; Die prestasie lan verband hou met kos of mode-artikels wat ‘n sekere

aantrekking of vervaldatum in die mark het; Die prestasie kan van ‘n spekulatiewe of kommersiële aard wees.

In die Engelse Reg kan ‘n skuldeiser (na sluiting van die kontrak) “time of the essence of the contract” maak deur aan die skuldenaar ‘n kennisgewing van terugtrede te gee. Suid-Afrikaanse howe het dieselfde benadering aangeneem. Indien ‘n skuldenaar in mora is, kan die skuldeiser by wyse van ‘n eensydige handeling ‘n reg om te kanselleer verkry deur die skuldenaar in kennis te stel dat hy die reg om te kanselleer voorbehou indien die skuldenaar nie teen ‘n sekere datum presteer nie.239 In so kennisgewing moet die skuldeiser aan die skuldenaar ‘n redelike tyd gun om te presteer, met inagneming van die stappe wat die debiteur sal moet neem ten einde prestasie te bewerkstellig.

Alhoewel bogenoemde as ‘n “kennisgewing van terugtrede” beskryf word, kanselleer so kennisgewing nie die kontrak nie, maar waarsku bloot die skuldenaar van moontlike kansellasie. Ten einde kansellasie mee te bring, met ander woorde om teru te tree, word ‘n verdere regshandeling vereis, naamlik ‘n kennisgewing dat die skuldeiser die kontrak kanselleer. Deur die kennisgewing ‘n “kennisgewing van bedoeling om te kanselleer” te noem in plaas van ‘n “kennisgewing van terugtrede”, sal die moontlikheid van onduidelikheid uitgeskakel word. In die saak van Kragga Kamma Estates CC v Flanagan 1995 (2) SA 367 (A), het die appellant en respondent ‘n koopkontrak gesluit waarin ‘n lex commissoria voorgekom het, wat die verkoper gemagtig het om die kontrak te kanselleer in geval van kontrakbreuk deur die koper. In terme van die kontrak, was die koopprys R120 000.00, betaalbaar as R70 000.00 by ondertekeing van die kontrak en R50 000.00 teen R500.00 per maand. Die respondent het later aangevoer dat sy (die respondent) inderwaarheid later die kontrak gekanselleer het, aangesien die appellant nie die R70 000.00 betaal het nie. Addisioneel het die respondent aangevoer dat sy die appellant aangemaan het om binne ‘n redelike tyd te betaal, dat die appellant dit nie gedoen het nie, en dat sy (die respondent) gevolglik die appellant in kennis gestel het van die kansellasie van die kontrak.

Nestadt AR het beslis dat die versuim van die appellant om die R70 000.00 te betaal mora ex re daargestel het, aangesien betaling op ‘n spesifieke tyd gemaak moes word: by ondertekening van die kontrak. Nadat die appellant egter in mora geplaas is, het die respondent aangehou om die R500.00 per maand te ontvang. Met ander woorde, sy het ‘n kennisgewing van voorneme om te kanselleer gegee, maar nie ‘n kennisgewing van kansellasie nie.

Die regter het verder beslis dat hy nie saamgestem het met die standpunt dat die respondent aan die appellant uitstel verleen het vir die betaling van die R70 000.00 nie,

239 Van der Merwe et al 2007: 348

Page 107: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

107

en dat die respondent eerder aan die appellant kennis moes gegee het van haar voorneme om te kanselleer in geval van nie-betaling.

Gevolge van mora debitoris.

Voortsetting van die verbintenis (perpetuatio obligationes): Indien die prestasie onmoontlik raak nadat die skuldenaar in mora verval het, bly die skuldenaar steeds aanspreeklik vir prestasie. Indien die prestasie onmoontlik word na sluiting van die kontrak, die verbintenis nietig.

Rente a temporae morae: Verwys na rente op die verleis van inkomste wat tydige prestasie vir die skuldeiser sou beteken. Die rentekoers word deur wetgewing bepaal, maar kan ook kontraktueel bepaal word.

Rente in duplum: dit beteken dat rente nooit die kapitaalsom van skuld mag oorskry nie, en is gebaseer op openbare belang en regverdigheid. Dit is aangeraak in die saak van LTA Construction v Administrateur Transvaal 1992 (1) SA 473 (A).

Oordrag van risiko: In ‘n koopkontrak gaan alle risiko oor vanaf die verkoper na die koper op die datum waarop die kontrak perfecta is.

Eenheid 13Positiewe Wanprestasie

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Analiseer en bespreek die aard en vorme van Positiewe Wanprestasie.2. Lys en bespreek krities elke vereiste van Positiewe Wanprestasie.3. Onderskei tussen Positiewe Wanprestasie en ander tipes kontrakbreuk.4. Bespreek die spesiale gevolge van Positiewe Wamprestasie.5. Bespreek die moontlikheid van kansellasie van ‘n kontrak op grond van positiewe

wanprestasie.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 10.

2. Vanuit sakelys:

Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977 (3) SA 670 (A)

Page 108: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

108

Shatz Investments (Pty) Ltd v Kalovyrnas 1976 (2) SA 545 (A)

BK Tooling (Edms) Bpk v Scope Precision Engineering (Edms ) Bpk 1979 (1) SA 391 (A)

Alternatiewe studie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. 2006. Hoofstuk 13

Aard en vorme van positiewe wanprestasie240

Positiewe wanprestasie verwys na die wyse waarop ‘n verbintenis uitgevoer word. Twee vorme van positiewe wanprestasie word onderskei:

- Gebrekkige prestasie.- Gedrag teenstrydig met ‘n kontraktuele verbod.

Gebrekkige prestasie:

Of prestasie gebrekkig is, hang primêr af daarvan of die prestasie ooreenstem met die bepalings van die kontrak.241 “Bepalings van die kontrak” verwys nie net na die wilsooreenstemmende bepalings (uitdruklik of stilswyend) nie, maar ook na die ex lege bepalings of naturalia van die kontrak. Lewering van ‘n gebrekkige objek of ‘n objek waartoe die skuldenaar geen titel het nie, stel positiewe wanprestasie daar. Prestasie kan gebrekkig wees hetsy of dit gemaak is voor, op of na die keerdatum vir die prestasie.

Gedrag teenstrydig met ‘n kontraktuele verbod:

In die saak van Shatz Investments (Pty) Ltd v Kalovyrnas 1976 (2) SA 545 (A) het die appellant en respondent ‘n huurooreenkoms aangegaan wat die volgende klousules bevat het:

240 Van der Merwe et al 2007: 349-350241 Van der Merwe et al 2007: 349

Page 109: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

109

4. The lessee (respondent in die saak onder bespreking) shall be entitled to use the leased premises for the purpose of carrying on the business of a restaurant, take-away-foods and general dealer, and for no other purpose whatsoever, save with the consent of the lessor, which consent shall not unreasonably be withheld.

5a. The lessor (appellant in die saak onder bespreking) agrees to give full protection to the lessee by not letting any of the existing other shops, and those still to be erected in the same building, for the same nature of business or allied business, as that of the lessee, i.e. coffee bar, fish and chips, tea room, take-away foods, steak house etc., and such like, other than bakery and allied lines produced on the premises.

Klousule 5a is ingevoeg op die appellant se versoek, behalwe vir die benadrukte woorde, wat ingevoeg is op die respondent se versoek.

Toe die ooreenkoms nog in onderhandeling-fase was, het die appellant oorweeg om een van die ander winkels in dieselfde gebou as ‘n bakkery te gebruik. Die respondent het daartoe ingestem, mits die bakkery nie gebak of wegneemetes soos “kosher” en ander Joodse kos verkoop het nie. Die respondent het voortgegaan met die uitrusting van die gehuurde eiendom as ‘n restaurant en verkoop van wegneemetes.

Terwyl die respondent in die proses was om sy besigheid oop te maak, het ‘n advertensie verskyn teen die vakante hoekwinkel van die gebou dat ‘n nuwe bakkery (Quinta Bakery) daar sou oopmaak en dat hierdie bakkery gebak en wegneemetes sou verkoop. Die appellant het ook in daardie stadium alreeds met die eienaar van Quinta Bakery gekontrakteer op daardie terme. Toe die Quinta Bakery oopgemaak het, het dit ‘n onmiddellike en aansienlike effek gehad op die besigheid van die Miami Restaurant, die naam van die respondent se restaurant en wegneemete-besigheid. Die hof a quo het korrek beslis dat die appellant kontrakbreuk in die vorm van positiewe wanprestasie gepleeg het.

Vereistes vir Positiewe Wanprestasie.242

Gedrag in die vorm van positiewe wanprestasie kan beskryf word as “enige gedrag van die skuldenaar wat eventueel resulteer in die lewering van ‘n gebrekkige prestasie”.243 Die twee hoofvereistes is:

a. Die skuldenaar moes presteer het.

Wanneer kan daar gesê word dat die skuldenaar presteer het? As ‘n reël kan prestasie slegs gelewer word met die samewerking van die skuldeiser. Die skuldenaar sal prestasie moet aanbied (tender) en sal slegs presteer het indien die prestasie deur die skuldeiser aanvaar is. Indien ‘n skuldenaar voldoende, korrekte en volledige prestasie aanbied, en sodanige prestasie deur die skuldeiser geweier word, sal laasgenoemde skuldig wees aan kontrakbreuk in die vorm van mora creditoris. Indien die skuldenaar egter gebrekkige prestasie aanbied en dit word geweier deur die skuldeiser, is daar geen sprake van

242 Van der Merwe et al 2007: 350-354243 Van der Merwe et al 2007: 350

Page 110: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

110

voltooide prestasie nie, maar slegs ‘n poging om wanprestasie te pleeg. Daar kan slegs wanprestasie plaasvind waar daar inderdaad ‘n prestasie gelewer is.244 Sodra gebrekkige prestasie gelewer is, is positiewe wanprestasie as ‘n handeling van kontrakbreuk voltooid. Die skuldeiser as ontvanger van die gebrekkige prestasie, het geen verpligitng om die prestasie aan die skuldenaar terug te gee vir herstel van defekte nie. Nietemin het Jansen AR in die saak van BK Tooling v Scope Precision Engineering (Edms) Bpk 1979 (1) SA 391 (A) opgemerk dat ‘n skuldeiser wat nie die kontrak gekanselleer het nie verplig is om die gebrekkige prestasie aan die skuldenaar terug te gee sodat laasgenoemde alle gebreke kan herstel. Hierdie opmerking deur die regter impliseer dat indien ‘n kontraktant staatmaak op die verweer van wederkerigheid en dus teenprestasie eis, is hy verplig om die ander party toe te laat om te presteer of om die gebrekkige prestasie te herstel, sou so prestasie steeds moontlik wees.245

Die kontraktante kan egter ‘n uitsondering op hierdie reël maak deur middel van ‘n uitdruklike of stilswyende ooreenkoms.

‘n Kontrak bepaal dikwels dat indien wanvoorstelling plaasgevind het, die skuldenaar in kennis gestel moet word om sy gebreke binne ‘n bepaalde tyd te herstel. In so geval sal die skuldenaar ‘n “tweede kans” gegun word en kan daar geen aksie teen hom geneem word alvorens die tydperk verstryk het nie.

b. Die gelewerde prestasie moet gebrekkig wees.

Hierdie vereiste hou verband met die vereiste van wederregtelikheid wat geset word vir kontrakbreuk. Of die prestasie gebrekkig is, hang totaal af van of dit voldoen aan die voorskrifte van die kontrak. Indien die prestasie nie voldoen aan die kontraktuele standaard nie, is die gedrag prima facie wederregtelik en stel dit kontrakbreuk daar, tensy die tekortkoming te wyte is aan vis maior of omstandighede buite die beheer van die skuldenaar. Waar van die skuldenaar verwag word om tot die voordeel van ‘n derde te presteer (soos in die geval van ‘n deskundige soos ‘n argitek of ingenieur) is goedkeuring van so derde van kardinale belang by die bepaling of die prestasie gebrekkig is.246

Positiewe wanprestasie by wyse van gedrag of handeling teenstrydig met ‘n kontraktuele verbod kan slegs teenwoordig wees indien die skuldenaar ‘n handeling verrig het en daar bevind word dat so handeling in konflik is met die spesifieke obligatio non faciendi.

‘n Verdere vraag is of skuld ‘n vereiste is vir positiewe wanprestasie. Ter beantwoording van hierdie vraag, moet daar onderskei word tussen waarborge en ander bepalings. Waarborge skep streng aanspreeklikheid in die sin dat onmoontlikheid van prestasie en ‘n fortiori geen verweer daarstel as die waarborg nie voldoende uitgevoer is nie. Die vraag of skuld inderdaad ‘n vereiste is, is nog nie baie aangeraak nie. Van der Merwe et al voel dat skuld in beginsel nie ‘n vereiste of ‘n verweer vir positiewe wanprestasie moet wees nie.247

244 Van der Merwe et al 2007: 351245 Van der Merwe et al 2007: 351 vn 156246 Van der Merwe et al 2007: 353247 Van der Merwe et al 2007: 354

Page 111: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

111

Onderskeid tussen Positiewe Wanprestasie en ander vorme van kontrakbreuk.248

Omdat positiewe wanprestasie slegs kan voorkom deur middel van ‘n positiewe handeling, verskil dit van die vorme van negatiewe wanprestasie insover laasgenoemde bestaan uit ‘n negatiewe handeling, naamlik versuim om te presteer. Prestasie wat nie voldoen aan die bepalings van die kontrak nie verskil van repudiasie insover sodanige wanprestasie slegs kan plaasvind indien prestasie reeds plaasgevind het, terwyl repudiasie plaasvind voor daadwerklike prestasie plaasgevind het en die situasie daarstel dat die kontraktant nie gaan presteer soos in die kontrak vereis nie. Dus kan ‘n aanbod (tender) van ‘n gebrekkige prestasie repudiasie daarstel. Gedrag teenstrydig met ‘n obligatio non faciendi resulteer in positiewe wanprestasie, alhoewel so verpligting ook gerepudieer kan word, byvoorbeeld waar die skuldenaar vooruit aandui dat hy iets gaan doen wat hy onderneem het om nie te doen nie. Soos met repudiasie, is onmoontlikmaking van prestasie ‘n vorm van kontrakbreuk in anticipando wat gepleeg word voor werklike prestasie en vir daardie rede kan dit onderskei word van positiewe wanprestasie.

Spesiale gevolge van positiewe wanprestasie.249

‘n Skuldeiser in geval van positiewe wanprestasie besit die gewone remedies vir kontrakbreuk. Indien die skuldeiser gebrekkige prestasie ontvang het, kan hy besit van sodanige prestasie behou en aandring op herstel van gebreke. Die vraag wat ontstaan is of ‘n skuldeiser gebrekkige prestasie mag weier, wat aangebied is of alreeds aanvaar is, ten einde behoorlike prestasie af te dwing. Die algemene opinie was dat dit toelaatbaar was vir die skuldeiser om gebrekkige prestasie te verwerp (vir watter rede ookal) slegs as dit ernstig of substansieel gebrekkig was.

In die BK Tooling-saak het die appelafdeling die leerstuk van substansiële prestasie verwerp vir die doeleindes van die verweer van wederkerigheid met verwysing tot wederkerige kontrakte. Die hof het voorgehou dat ‘n skuldeiser wat nog nie presteer het nie, sy prestasie kan terughou totdat die skuldenaar akkuraat en volledig presteer het. In ooreenstemming hiermee stel Van der Merwe et al voor dat selfs waar die verweer van wederkerigheid nie ter sprake is nie, ‘n skuldeiser ‘n gebrekkige prestasie verwerp alhoewel dit substansieel volledig is, ten einde volledige prestasie te verkry. Die enigste voorwaardes is dat die gebrek nie kleinlik moet wees nie en dat prestasie steeds moontlik moet wees. Indien volledige en gepaste prestasie nie meer moontlik is nie, is die skuldeiser slegs geregtig om prestasie te weier indien dit substansieel gebrekkig is. In so geval kan die skuldeiser die prestasie verwerp en ‘n geldbedrag as surrogaat daarvoor eis. Indien die prestasie nie substansieel gebrekkig is nie, moet die skuldeiser die gebrekkige prestasie hou en tevrede wees met skadevergoeding.

248 Van der Merwe et al 2007: 354-355249 Van der Merwe et al 2007: 355-356

Page 112: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

112

Verwerping van gebrekkige prestasie is nie opsigself kansellasie nie. Indien prestasie geweier word vir doeleindes van behoorlike prestasie of skadevergoeding, bly die kontrak van krag en elke kontraktant moet steeds presteer. Indien die gebrekkige prestasie egter geweier word met die doel van kansellasie, word die kontraktuele verbintenis beeïndig.

Kansellasie op grond van Poitiewe Wanprestasie250

‘n Lex Commissoria is vereiste vir kansellasie van die kontrak op grond van positiewe wanprestasie. In die afwesigheid van so kansellasieklousule kan ‘n kontraktant slegs terugtree indien kontrakbreuk ernstig is. ‘n Reg op terugtrede kan nie verkry word deur kennisgewing van voorneme om te kanselleer nie (sien die vorige eenheid vir meer inligting omtrent hierdie kennisgewing). Ten einde die erns van kontrakbreuk te bepaal, is ‘n toets al in verskeie maniere gestel, byvoorbeeld:

- Die breuk moet tot die wortel van die kontrak gaan;- Die breuk moet ‘n essensiële gedeelte van die bepaliong van die kontrak raak;- Die kontrakbreuk moet so ernstig wees dat dit nie redelik sou wees om te

verwag dat die skuldeiser die gebrekkige prestasie moet behou en tevrede moet wees met skadevergoeding ten einde die wanprestasie te supplementeer nie.

Die teenstrydige belange van die party in breuk van die kontrak en die onskuldige party moet op gelyke voet bereg word. Wat ook bepaal moet word, is of die kontrakbreuk so ernstig is dat dit regverdig sou wees vir die onskuldige party om uit die kontrak te tree. Dit sal afhang van regterlike diskresie.

Indien prestasie deelbaar is en slegs ‘n gedeelte daarvan is ernstig gebrekkig, kan die onskuldige party slegs pro tanto ook terugtree. ‘n Skuldeiser wat geregtig is om terug te tree kan dit onmiddellik doen, sonder om ‘n geleentheid vir herstel te bied. Indien die skuldeiser nie die kontrak kanselleer nie, maar eerder skadevergoeding eis, kan die skuldenaar nie aandring op behoorlike prestasie in plaas van die betaling van skadevergoeding nie.

250 Van der Merwe et al 2007: 356-357

Page 113: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

113

Eenheid 14Repudiasie

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Analiseer die oorsprong en aard van repudiasie. Die analise moet ‘n bespreking van die historiese aard van repudiasie insluit sowel as die verandering wat teweeggebring is deur die saak van Tuckers Land and Development v Hovis en enige opposisie tot die “nuwe benadering” tot repudiasie.

2. Lys en bespreek die vereistes vir repudiasie met verwysing na die saak van Highveld 7 Properties v Bailes 1999 (4) SA 1307 (SCA).

3. Onderskei tussen repudiasie en ander vorme van kontrakbreuk in die algemeen.4. Bespreek die spesifieke gevolge van repudiasie. 5. Bespreek kansellasie op grond van repudiasie.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 10.

2. Vanuit sakelys:

Tuckers Land and Development v Hovis 1980 (1) SA 645 (A)

Page 114: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

114

Datacolor International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty) Ltd 2001 (2) SA 284 (SCA)

Highveld 7 Properties v Bailes 1999 (4) SA 1307 (SCA).

Alternatiewe studie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. 2006. Hoofstuk 13

Oorsprong en aard van repudiasie251

Die kontrakbreukvorm bekend as repudiasie was as sulks onbekend in die Romeins-Hollandse Reg. die beginsel dat dit kontrakbreuk daarstel, is verkry uit die Engelse Reg.

Repudiasie verwys na enige gedrag van ‘n kontraktant waarvolgens ‘n redelike persoon in die posisie van die onskuldige kontraktant kan aflei dat die eerste kontraktant nie bedoel om sy verpligtinge na te kom nie, byvoorbeeld waar ‘n kontraktant foutiewelik die geldigheid van ‘n kontrak betwis. Gedrag wat repudiasie daarstel kan oor ‘n tydperk voorkom, en dit is ook moontlik dat een verbintenis op verskeie geleenthede gerepudieer word. Volgens die tradisionele siening van repudiasie, bestaan dit uit ‘n aanbod van die een kontraktant om die ooreenkoms te kanselleer, en kontrakbreuk kom eers voor wanneer hierdie “aanbod” deur die ander party aanvaar is. Aanvaarding van hierdie aanbod lei tot die onmiddellike beëindiging van die ooreenkoms tussen die partye. Aan die ander kant, indien die repudiasie geïgnoreer word, sal kontraktuele verhoudinge voortgaan, omdat daar geen kontrakbreuk teenwoordig is nie.

In die saak van Tuckers Land and Development v Hovis 1980 (1) SA 645 (A), was daar ‘n duidelike stap weg van die houding dat repudiasie in terme van aanbod en aanname verstaan kon word.252 Die respondent het twee erwe vanaf die appellant, ‘n ontwikkelaar, gekoop in ‘n voorgestelde uitbreiding. Die koopkontrak was opskortend en onderhewig aan die suksesvolle ontwikkeling van die uitbreiding. Die respondent het sekere betalings gemaak, maar later agtergekom dat die appellant sekere probleme begin ondervind het

251 Van der Merwe et al 2007: 358252 Van der Merwe et al 2007: 360

Page 115: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

115

om die uitbreiding geproklameer te kry, en as gevolg daarvan ‘n nuwe plan opgetrek het vir voorlegging aan die owerhede. Die probleem was egter dat die twee erwe wat die respondent vroeër van die appellant gekoop het, nie op die nuwe plan verskyn het nie. Die respondent het hierdie weglating van die erwe as ‘n handeling van repudiasie gesien en die kontrak gekanselleer. In ‘n lywige analise van wat repudiasie behels, het Jansen AR die volgende te sê gehad:

It could be said that it is now, and has been for some time, felt in our domain, no doubt under the influence of the English law, that in all fairness there should be a duty upon a promisor not to commit an anticipatory breach of contract, and such a duty has in fact often been enforced by our Courts.

Die vraag moes gevra word of die appellant se handeling ‘n redelike persoon sou beweeg om te glo dat hy (die appellant) nie bedoel het om die kontrak te eer nie. Jansen AR het hierdie vraag in die positief beantwoord, en beslis dat die appellant inderdaad repudiasie gepleeg het. Die respondent was derhalwe gemagtig om uit die kontrak te tree en terug te eis wat hy reeds betaal het. Voorlopige kontrakbreuk is in hierdie geval voorgehou as kontrakbreuk wat onmiddellik intree as gevolg van die breuk van ‘n ex lege-verpligting, voortvloeiende uit die bona fides om nie repudiasie te pleeg nie.253 Jansen AR het hom uitgespreek teen die gebruik van die begrippe aanbod en aanname in hierdie opsig en eerder die keuse van ‘n skuldeiser om te reageer op repudiasie as ‘n keuse beskryf.

Verdere ondersteuning vir hierdie nuwe benadering word gevind in ‘n beslissing dat repudiasie voorkom op die plek waar die onskuldige party kennis neem daarvan, en nie op die plek waar die repudiërende party ingelig word dat sy repudiasie aanvaar is nie, aangesien dit in lyn sou moes wees met die konstruksie van aanbod en aanname (dit is beslis in die saak van Veneta Mineraria Spa v Carolina Collieries (Pty) Ltd 1985 (3) SA 633 (D), wat nie in detail vir hierdie eenheid bestudeer moet word nie). Die nuwe benadering word ook ondersteun deur die reël dat indien ‘n kontraktant repudieer en sy mede-kontraktant verkies om die repudiasie te ignoreer, kan die benadeelde party op grond van repudiasie tydelik verskoon word van sy plig om sekere stappe te neem wat hy andersins sou moes geneem het.

Opposisie teen die “nuwe benadering” tot repudiasie.

In die saak van HMBMP Properties (Pty) Ltd v King 1981 (1) SA 906 (N) moes die hof beslis wanneer verjaring met inbegrip van ‘n skedevergoedingseis ‘n aanvang geneem het.254 Indien aanname van repudiasie ‘n vereiste sou wees, kan verjaring nie ‘n aanvang neem voor aaname nie, maar indien aaname nie vereis word nie, sou verjaring ‘n aanvang neem sou gou as wat repudiasie plaasvind.255 Die hof het in hierdie saak beslis dat repudiasie slegs kontrakbreuk daarstel indien dit aangeneem/aanvaar word. Die hof het verder beslis dat verjaring ‘n aanvang neem op die datum van aanname/aanvaarding van repudiasie. In Culverwell v Brown 1990 (1) SA 7 (A) het die hof voorgehou dat repudiasie “merely affords the injured party an election to terminate the agreement by accepting the repudiation…and unless and until that happens the repudiator’s obligation

253 Van der Merwe et al 2007: 360254 Van der Merwe et al 2007: 361255 Van der Merwe et al 2007: 361

Page 116: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

116

to perform and the other party’s right to receive performance remain wholly unaffected.”256

Hierdie standpunt is in direkte kontras met die “nuwe” benadering. Die hof het ook voorgehou dat ‘n skadevergoedingseis slegs ontstaan by aanname van die repudiasie, aangesien daar voor aaname geen kontrakbreuk teenwoordig is nie.257

In die saak van Datacolor International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty) Ltd 2001 (2) SA 284 (SCA) is die tradisionele benadering finaal verwerp. Dit beteken dat die huidige posisie is dat repudiasie opsig self kontrakbreuk is omdat die gedrag self onregmatig is en nie omdat dit in kontrakbreuk ontaard as gevolg van aanbod en aanname nie. Aanname van die repudiasie word nie vereis om die repudiasie as kontrakbreuk te voltooi nie, maar word slegs gesien as ‘n uitoefening van die keuse om terug te tree.258

Vereistes vir repudiasie.

Van der Merwe et al verduidelik dat repudiasie “enige gedrag deur ‘n kontraktant waardeur ‘n redelike persoon in die posisie van die onskuldige kontraktant sou kon aflei dat die eerste kontraktant, sonder regsgronde, nie bedoel om sy verpligtinge in terme van die kontrak na te kom nie” is.259 Dit moet egter genoem word dat ‘n kontraktant wat regmatig prestasie weier op grond van ‘n klousule in die kontrak, nie die kontrak repudieer nie, maar eerder afdwing.

Ten einde kontrakbreuk in die vorm van repudiasie te voltooi, moet daar aan drie vereistes voldoen word:

a. Die verweerder moes gedrag geopenbaar het wat ‘n bedoeling aandui om nie in die toekoms aan die voorskrifte van die kontrak te voldoen nie. Die toets is of, regverdig geïnterpreteer, die verweerder ‘n opsetlike en ondubbelsinnige bedoeling openbaar om nie langer gebonde te wees nie. Die reg vereis nie net objektiewe oorweging van die verweerder se gedrag nie, maar die impak daarvan op die ander party om ook oorweeg te word.

b. Die eiser moet hierdie gedrag as kontrakbreuk aanvaar het, soos aangevoer is in die saak van Highveld 7 Properties v Bailes 1999 (4) SA 1307 (SCA).

c. Die eiser moes aan die verweerder kennis gegee het dat hy sy gedrag as kontrakbreuk aanvaar het.

In die saak van Highveld 7 Properties v Bailes het die respondent onroerende eiendom aan die eerste appellant verkoop in terme van ‘n skriftelike koopkontrak. Die eiendom sou dien as ‘n gholfbaan-woonarea. Die oorspronklike ooreenkoms het die appellant verplig om stappe te neem tot die versekering van goedkeuring van ‘n ontwikkelingsplan 256 28E257 Van der Merwe et al 2007: 361-362258 Van der Merwe et al 2007: 362259 Van der Merwe et al 2007: 362

Page 117: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

117

vir die eiendom en om, binne sewe dae na sodanige goedkeuring, aan die respondent sekere waarborge vir die betaling van die kooprys te voorsien. Nadat die oorspronklike ooreenkoms gesluit is, het die partye onderhandelinge gevoer met die oog op moontlike wysiging van die ooreenkoms. Dit was bedoel met die oog op die verandering van die grense van die betrokke eiendom en ‘n dienooreenkomstige verandering van die koopprys. As gevolg van hierdie onderhandelinge, het die respondent aanvaar dat wilsooreenstemming bereik is aangaande die nuwe grense en die nuwe koopprys vir die eiendom. Die appellant het ontken dat enige sodanige ooreenkoms ontstaan het. Die respondent het nietemin prestasie van die appellant vereis in terme van die ooreenkoms in dispuut. Hy het ook aansoek gedoen vir die wysiging van die ontwikkelingsplan vir die eiendom, wat die nuwe grense gereflekteer het, en toe aangedring dat die appellant waarborge lewer ten opsigte van die verhoogde koopprys, met die dreigement van regsaksie sou die appellant in gebreke bly.

Die appellant het uiteindelik aangeneem dat die respondent se aandrang op die implementering van die nuwe kontrak in dispuut aanduidend was van repudiasie van die oorspronklike kontrak. Hy het gevolglik hierdie repudiasie aanvaar en die kontrak gekanselleer. Die hof a quo het beslis dat die ooreenkoms in dispuut nie bewys is nie, maar dat die respondent se gedrag nie op repudiasie van die oorspronklike dokument neergekom het nie. Op appel het Streicher, AR beslis dat die vraag wat beantwoord moes word was of die gedrag wat deur die respondent geopenbaar is, repudiasie daargestel het. Die toets wat aangewend moes word was of sodanige gedrag, regverdig geïnterpreteer, ‘n duidelike en onomwonde bedoeling om nie langer gebonde te wees nie daargestel het. Op appel het die hof dus die hof a quo se beslissing verwerp, en beslis dat die respondent se gedra inderdaad repudiasie daargestel het.

Onderskeid tussen repudiasie en ander vorme van kontrakbreuk:260

Repudiasie verskil van negatiewe wanprestasie insover as ‘n versuim per se nie ‘n redelike gevolgtrekking regverdig dat prestasie geweier word of dat gebrekkige prestasie gelewer sal word nie. Repudiasie verskil van positiewe wanprestasie deurdat repudiasie voor werklike prestasie voorkom, alhoewel repudiasie ook positiewe wanprestasie in die vooruitsig kan stel. In sommige gevalle kan ‘n kontraktant se gedrag repudiasie sowel as positiewe wanprestasie wees. Vir dit om te gebeur, moet die boodskap oorgedra word dat die skuldige party se bedoeling is om nie aan die spesifieke verpligitng te voldoen in die toekoms nie. Repudiasie verskil van onmoontlikmaking van prestasie insover as repudiasie eventuele wanprestasie in die vooruitsig stel met relatiewe en nie absolute sekerheid nie.

Spesifieke gevolge van repudiasie:261

Repudiasie per se vervroeg nie die keerdatum vir prestasie nie, en gee ook nie aanleiding tot mora debitoris waar geen keerdatum vir prestasie vasgestel is nie. Indien ‘n

260 Van der Merwe et al 2007: 364-365261 Van der Merwe et al 2007: 365

Page 118: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

118

kontraktant sy plig om te presteer versuim, affekteer dit sy mede-kontraktant se uitstaande ooreenstemmende plig om te presteer selfs al verkeis laasgenoemde om die kontrak ondanks repudiasie in stand te hou.

Kansellasie op grond van repudiasie:262

Enige ware voorkoms van repudiasie regverdig kansellasie. In terme van die “nuwe” benadering tot repudiasie soos hierbo bespreek, lei repudiasie van enige kontraktuele verpligting tot kontrakbreuk, alhoewel repudiasie van ‘n mindere verpligting nie kansellasie sal regverdig nie. Die skuldeiser sal slegs gemagtig wees om terug te tree indien die vooruitsigtelike wanprestasie kansellasie sou regverdig. Indien mora dus verwag word, kan die skuldeiser terugtree op grond van repudiasie mits ‘n lex commissoria in die kontrak voorkom of indien “time is at the essence of the contract”.

Van der Merwe et al voel dat kansellasie waarskynlik ook toegelaat moet word indien die skuldenaar volledig repudieer deur aan te dui dat hy hoegenaamd nie gaan presteer nie.

Eenheid 15Onmoontlikmaking van Prestasie

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Verduidelik die aard van onmoontlikmaking van prestasie, met spesifieke verwysing na die onderskeid tussen absolute en relatiewe onmoontlikheid.

2. Lys en bespreek die vereistes vir onmoontlikmaking van prestasie.3. Onderskei tussen onmoontlikmaking van prestasie en ander vorme van

kontrakbreuk in die algemeen.4. Bespreek die spesifieke gevolge van onmoontlikmaking van prestasie.5. Bespreek kansellasie op grond van onmoontlikmaking van prestasie.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde uitgawe. Hoofstuk 10, pp. 366- 369.

2. Vanuit sakelys:

Administrator, Natal v Edouard 1990 (3) SA 581 (A).

Alternatiewe studie:262 Van der Merwe et al 2007: 365

Page 119: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

119

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. 2006. Hoofstuk 13.

Aard van Onmoontlikmaking van Prestasie.

Onmoontlikmaking van prestasie berus in gedrag na die sluiting van die kontrak waarmee die skuldenaar dit vir homself onmoontlik maak om te presteer.263 Sodanige gedrag kan ‘n positiewe handeling of ‘n passiewe late om te presteer wees. Die gevolglike onmoontlikheid kan geheel of gedeeltelik wees. Prestasie is onmoontlik indien dit fisies onmoontlik is maar ook waar dit fisies moontlik is maar vir aalle redelike en praktiese doeleindes onmoontlik is.

In die saak van Administrator, Natal v Edouard 1990 (3) SA 581 (A) het ‘n mediese dokter onderneem om ‘n pasiënt te steriliseer onmiddellik na die geboorte van haar derde kind. Die dokter het toe versuim om die sterilisasie uit te voer, met die gevolg dat die vrou weer swanger geword het. Die dokter se versuim het onmoontlikmaking van prestasie daargestel aangesien hy onderneem het om sy pasiënt (suksesvol) te steriliseer.

Onmoontlikmaking van prestasie kan plaasvind voor, op of na die datum wat vir prestasie vasgestel is. Uit die aard daarvan vind dit egter gewoonlik plaas voor werklike prestasie. Prestasie kan absoluut (objektief) of relatief (subjektief) onmoontlik wees.264 Absolute onmoontlikheid van prestasie voorspel wanprestasie met absolute sekerheid, terwyl relatiewe onmoontlikheid wanprestasie slegs met relatiewe sekerheid voorspel. ‘n Mens kan Van der Merwe et al se argument dus verstaan dat relatiewe onmoontlikheid van prestasie eerder as ‘n vorm van repudiasie moet klassifiseeer as onmoontlikmaking van prestasie.265

263 Van der Merwe et al 2007: 366264 Van der Merwe et al 2007: 366265 Van der Merwe et al 2007: 366

Page 120: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

120

Kontrakbreuk in die vorm van onmoontlikmaking van prestasie is voltooid sodra prestasie voorkom is.266

Vereistes vir Onmoontlikmaking van prestasie:

Onmoontlikmaking van prestasie kan slegs kontrakbreuk daarstel indien die spesifieke gedrag inbreuk maak op ‘n kontraktuele verbintenis en derhalwe onregmatig is.267 Indien post-kontraktuele onmoontlikheid van prestasie te wyte is aan vis maior of casus fortuitous, sal die besondere verbintenis in geheel of gedeeltelik uitgewis word en tot aanvanklike onmoontlikheid van prestasie lei.268 In hierdie omstandighede is daar geen kontrakbreuk nie, aangesien die element van wederregtelikheid (onregmatigheid) ontbreek.

Skuld is ‘n verdere vereiste vir onmoontlikmaking van prestasie.

Onderskeid tussen onmoontlikmaking van prestasie en ander vorme van kontrakbreuk.

Onmoontlikmaking kan van mora onderskei word in soverre in die eersgenoemde geval, prestasie nie meer moontlik is nie.269

Die onderskeid tussen onmoontlikmaking en positiewe wanprestasie is geleë in die feit dat eersgenoemde plaasvind voor prestasie gelewer is.

Repudiasie en onmoontlikmaking word onderskei deurdat onmoontlikmaking gevolglike wanprestasie met absolute sekerheid voorspel, terwyl repudiasie dit slegs met relatiewe sekerheid voorspel.270

Spesifieke gevolge van onmoontlikmaking van prestasie:271

Geen bevel vir spesifieke nakoming kan gegee word waar prestasie in die geheel onmoontlik geword het nie. Indien prestasie slegs gedeeltelik onmoontlik geword het, kan ‘n skuldeiser spesifieke nakoming vereis van die moontlike gedeelte van die prestasie en skadevergoeding eis in terme van die onmoontlike gedeelte. ‘n Verbintenis word nie uitgewis deur algehele onmoontlikmaking van prestasie nie, en die skuldenaar bly aanspreeklik in terme van verbintenis. Die skuldeiser mag terugtree uit die kontrak maar mag ook besluit om dit in stand te hou. Indien laasgenoemde sou besluit om die kontrak in stand te hou, kan hy nie skadevergoeding eis as surrogaat vir die prestasie nie. Van der Merwe et al argumenteer dat ‘n meer oortuigende siening sou wees dat die verbintenis

266 Van der Merwe et al 2007: 367267 Van der Merwe et al 2007: 367268 Van der Merwe et al 2007: 367269 Van der Merwe et al 2007: 368270 Van der Merwe et al 2007: 368271 Van der Merwe et al 2007: 368-369

Page 121: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

121

inderdaad deur totale onmoontlikheid uitgewis word, en dat die kontraktant wat kontrakbreuk pleeg aan die ander party skadevergoeding moet betaal.272

Eenheid 16Mora Creditoris

Negatiewe wanprestasie deur die skuldeiser.

Leeruikomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Bespreek kortliks die aard van mora creditoris.2. Lys en bespreek kortliks die vereistes vir mora creditoris.3. Onderskei tussen mora creditoris en ander vorme van kontrakbreuk in die

algemeen.4. Evalueer krities en bespreek die gevolge van mora creditoris.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde uitgawe. Hoofstuk 10, pp. 372.

2. Vanuit sakelys:

Pienaar v Boland Bank 1986 (4) SA 102 (O)

LTA Construction v Minister of Public Works & Land Affairs 1992 (1) SA 837 (C)

Alternatiewe studie:272 Van der Merwe et al 2007: 372

Page 122: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

122

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. 2006. Hoofstuk 13.

Aard en vorme van mora creditoris

Mora creditoris vind plaas waar die skuldeiser wedeeregtelik versuim om sy samewerking te verleen ten einde die skuldenaar in staat te stel om te presteer nie.273 Mora creditoris kan plaasvind voor aanbied van die prestasie deur die skuldenaar. Hierdie vorm van kontrakbreuk kan dieselfde vorme as mora debitoris aanneem.

Indien ‘n werkgewer versuim om gebruik te maak van dienste soos deur sy werknemer aangebied, is prestasie deur die werknemer vir daardie spesifieke tydperk onmoontlik.

Vereistes vir mora creditoris

In die LTA Construction-saak is daar beslis dat waar van ‘n skuldeiser vereis word om saam te werk alvorens prestasie getender word en ‘n keerdatum vir prestasie wel vasgestel is, moet die skuldeiser sy prestasie op die bepaalde tyd lewer, andersins sal hy in mora ex re verval. Indien geen keerdatum vir prestasie in die kontrak bepaal is nie, of indien die skuldenaar wil presteer voor of na die keerdatum, moet die skuldenaar die skuldeiser se samewerking vereis deur hom in mora ex persona te plaas.274

Ander vereistes vir mora creditoris is as volg:

Die skuld (prestasie) moet moontlik wees.

273 Van der Merwe et al 2007: 372274 Van der Merwe et al 2007: 372

Page 123: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

123

Die skuldenaar moes behoorlik presteer hetof ten minste behoorlike prestasie aangebied het.

Die skludeiser moes versuim het om die prestasie te aanvaar of om sy samewerking te gee in die prestasie deur die skuldenaar.

Die krediteur of sy werksmense moet in versuim wees. Die krediteur moet skuldig wees. (element van skuld)

Onderskeid tussen mora creditoris en ander vorme van kontrakbreuk.

Dit moet in gedagte gehou word dat mora creditoris nie die enigste vorm van kontrakbreuk is wat deur die skuldeiser gepleeg kan word nie. Hierdie vorm van kontrakbreuk verwys slegs na versuim (negatiewe wanprestasie) van die skuldeiser.

Byvoorbeeld, waar ‘n kontrak van locatio conductio operis van die skuldeiser vereis om instruksies, tekeninge, spesifikasies, materiale of gereedskap te verskaf, en hy dit foutiewelik doen of ‘n gebrekkige item verskaf, kan dit tot positiewe wanprestasie aanleiding gee.

Ook waar ‘n skuldeiser die verkeerde perseel aan ‘n bouer uitwys om op te bou, pleeg hy positiewe wanprestasie. Dieselfde geld vir die kliënt van ‘n oogarts wat nie korrekte antwoorde op die arts se vrae verskaf nie, met die gevolg dat die bril wat die kliënt kry oneffektief is.

Mora creditoris kan van repudiasie onderskei word deurdat waar ‘n skuldeiser op so manier handel dat die skuldenaar redelikerwys kan aflei dat die skuldeiser nie na behore gaan presteer (saamwerk nie), dit repudiasie sou wees.

Dit verskil van ander vorme van kontrakbreuk deur die krediteur na gelang van dieselfde oorwegings, mutatis mutandis, as die wat op mora debitoris van toepassing is.

Spesifieke gevolge van mora creditoris275

Wanneer ‘n skuldeiser in mora verval ten opsigte van ‘n verbintenis, verval die mora van die skuldenaar in terme van daardie verbintenis onmiddellik, aangesien ‘n skuldenaar en skuldeiser nie gelyktydig op grond van dieselfde skuld in mora kan wees nie.276 Die skuldenaar word egter nie verskoon van sy aanvanklike mora nie.277

Vanaf die oomblik van mora creditoris, is die skuldenaar slegs aanspreeklik vir skade as gevolg van sy erge nalatigheid. Vanaf die oomblik van sy mora rus die risiko van moontlike onmoontlikheid op die skuldeiser.

‘n Waarborg in terme van die hoofskuld word gelewer by die versuim van die skuldeiser. Die plig om rente op die hoofskuld te betaal deur die skuldenaar moet dus staak by mora 275 Van der Merwe et al 2007: 373276 Van der Merwe et al 2007: 373277 Van der Merwe et al 2007: 373

Page 124: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

124

van die skuldeiser. Dieselfde geld ten opsigte van betaling vir die gebruik van goedere wat die skuldenaar aangebied het om terug te gee.278 ‘n Skuldenaar word nie van sy skuld vrygestel bloot omdat die skuldeiser in mora is nie. ‘n Skuldenaar is egter geregtig om te dagvaar vir teenprestasie, mits hyself behorlike prestasie aangebied het. ‘n Skuldenaar is geregtig op ‘n bevel van spesifieke nakoming, met ander woorde ‘n bevel wat die skuldeieser beveel om prestasie te ontvang. ‘n Skuldeiser sal aanspreeklik wees vir skade, soos verspilde koste, deur die skuldenaar gely as gevolg van mora creditoris.279

Die volgende sake demonstreer die werking van hierdie vorm van kontrakbreuk soos hanteer deur die howe, en moet in detail bestudeer word:

Pienaar v Boland Bank 1986 (4) SA 102 (O)LTA Construction v Minister of Public Works & Land Affairs 1992 (1) SA 837 (C)

KONTRAKTEREGDEEL IV

REMEDIES

Eenheid 17Die Wederkerigheidsbeginsel

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid, moet die student die volgende kan doen:

1. Bespreek krities die aard van die wederkerigheidsbeginsel en die exceptio non adimpleti contractus soos toegepas in die saak van BK Tooling (Edms) Bpk v Scope Precision Engineering (Edms) Bpk 1979 (1) SA 391 (A)

2. Lys en bespreek die vereistes vir die toepassing van die wederkerigheidsbeginsel3. Bespreek die voordele van die reg om prestasie terug te hou.4. Analiseer die gevalle van verslapping van die wederkerigheidsbeginsel.

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde uitgawe. Hoofstuk 11, pp. 388- 392.

2. Vanuit die sakelys:

278 Van der Merwe et al 2007: 374279 Van der Merwe et al 2007: 374

Page 125: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

125

BK Tooling (Edms) Bpk v Scope Precision Engineering (Edms) Bpk 1979 (1) SA 391 (A)

Alternatiewe studie:

3. Christie. The Law of Contract in South Africa. 2006. Hoofstuk 14.

Inleiding tot die Wederkerigheidsbeginsel:

Volgens Van der Merwe et al is verbintenisse wederkerig as hulle aangegaan word op ‘n basis van een in ruil vir ‘n ander.280 ‘n Wederkerige kontrak, wat gereguleer word deur die wederkerigheidsbeginsel is ‘n kontrak in terme waarvan prestasie deur ‘n eiser ‘n voorwaarde is vir teenprestasie. ‘n Party tot ‘n wederkerige kontrak kan dus prestasie weerhou ten einde teenprestasie te verseker.281 Die reg om prestasie te weerhou is algemeen bekend as die exceptio non adimpleti contractus (hierna verwys as die exceptio).282 Die exceptio is ‘n buitengewone remedie, aangesien dit nie ‘n aksie is waarmee litigasie begin word nie, maar bloot ‘n eis in replikasie.

In gevalle van wederkerige verbintenisse waar die gebrek in prestasie van een kontraktant die die kansellasie van die ooreenkoms regverdig nie, aangesien die gebrek nie ‘n kardinale gedeelte van die kontrak raak nie, is die ander kontraktant geregtig om teenprestasie terug te hou teryl hy in besit van die gebrekkige prestasie bly.

Feite van die BK Tooling-saak:

Teen die einde van 1973 het die appellant ‘n plan ontvang vir die implementering van ‘n rubberpas aan die enjins van sekere Ford-voertuie vanaf ‘n maatskappy genaamd Paulstra. Paulstra sou die artikel vervaardig en aan Ford lewer. Ten einde die artikels te vervaardig en te lewer, sou Paulstra yster-vorms benodig. Die appellant sou ‘n tender vir die vervaardiging en lewwering van hierdie vorms inhandig.

280 Van der Merwe et al 2007: 388281 Van der Merwe et al 2007: 388282 Van der Merwe et al 2007: 388

Page 126: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

126

Die plan wat deur die appellant vanaf Paulstra ontvang het, het volledige mates bevat en ‘n speling van 0,5 mm toegelaat. Basies sou dit simmetries wees, bestaande uit twee identiese helftes wat op mekaar sou pas. Die appellant het die nodige tekeninge opgetrek vir die vervaardiging van die vorm en het teen die einde van 1973 die respondent versoek om die metaalvorms te finaliseer ten einde ‘n prototipe daar te stel. Hierdie prototipe is aan Paulstra oorhandig, wat dit as aanvaarbaar gevind het, en Paulstra het ‘n bestelling van 16 vorms teen R5000 elk ingesit. Twee aparte bestelvorms is gebruik vir die bestelling, wat beide die volgende bewoording bevat het:

Delivery= 20 May 1974 latest. The purchaser reserves the right to cancel the whole or part of this order at any time after the mentioned delivery date for goods not yet received.

Die respondent is deur die appellant aangesê om sekere fyner werk ook te doen, waartoe laasgenoemde nie in staat was nie, met betrekking tot die vorms. Op die 8ste Maart 1974 het die respondent ‘n brief aan die appellant gestuur met die volgende inhoud:

We thank you for your verbal enquiry and have pleasure quoting as follows:

The sinking of 32 rubber moulds.Price for one mould (one top and bottom impression)…R150.

Material to be supplied by yourselves pre-machined as discussed with (the appellant).

Delivery: 9 weeks after receipt of order and material.

Die appellant het eers die voltoiide produkte op 19 Junie 1974 ontvang, alhoewel hyself verantwoordelik was vir van die versuim. Die appellant het nie die respondent betaal in terme van ‘n nota dat betaling gemaak moes word nie, en die respondent was onwillig om werk te doen ingevolge ‘n tweede bestelling van vorms. Die respondent het ook oorsee gegaan en eers op 20 Julie teruggekeer. Teen daardie tyd was die appellant onder geweldige druk van Paulstra om die vorms te lewer en was bang dat Paulstra die ooreenkoms sou kanselleer tussen hulle. Die respondent is oortuig om die tweede stel vorms vir die appellant te voltooi, en dit is deur laasgenoemde ontvang op 12 Augustus 1974.

Op die 15de Augustus 1974 het Paulstra die vorms getoets. Die vorms het nie voldoen aan die ooreengekome spesifikasies nie, en Paulstra het geweier om die vorms te ontvang. Op die 16de Augustus 1974 het die respondent die appellant gekontak rakende betaling van eersgenoemde se rekening. Die appellant het die respondent meegedeel dat hy nie sou betaal nie, aangesien die werk nie na wense gedoen was nie. Die respondent het toe versoek dat die vorms aan hom teruggegee word sodat hy die nodige regstellings kon doen, maar die appellant het geweier.

Toepassing tot die huidige aangeleentheid.

Die respondent in die hof a quo het sy eis gebaseer op die exceptio deur te ontken dat die eiser “has duly performed its obligations”. Jansen AR het opgemerk dat die basis van die

Page 127: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

127

exceptio ‘n erkenning is dat met kontrakte wat wederkerige verpligtinge daarstel, ‘n kontraktant die reg het om nie te presteer voordat die ander party presteer het nie.

Jansen AR het ‘n paar “aspekte” genoem van die wederkerigheidsbeginsel en die aanwending daarvan deur middel van die exceptio, naamlik:

a. In kontrakte waarin wederkerige verpligitnge geskep word, is dit basies ‘n geval van bepaling of die verpligtinge so nou aan mekaar verbonde is dat wederkerigheid van toepassing is.

b. Die opvolg van prestasie en teenprestasie hang ook af van die kontraktuele bepalings. Indien geen ander bedoeling duidelik is nie, moet die kontraktant in locatio conductio operis, byvoorbeeld, eerste presteer.

c. Op grond van die feit dat die terughou van die objek wat verkoop word alreeds in die Corpus Iuris beskou is as analoog in die hou van ‘n pand, sou mens verwag dat die exceptio slegs as ‘n verweer geld totdat teenprestasie gelewer is. Die reg om prestasie terug te hou is dus ‘n wyse om teenprestasie af te dwing. Dit vervul ‘n soortgelyke funksie as retensiegeld in boukontrakte. Aan die ander kant volg dit dat, aangesien prestasie moontlik bly en die kontrak nie gekanselleer word nie, die ander party steeds kan presteer. Hierdie moontlikheid is vergelykbaar met die Suid-Afrikaanse leerstuk van mora en purgatio morae.

d. Indien die reg om (prestasie) te weerhou analoog is aan die hou van ‘n pand, kan dit afgelei word dat ‘n party se eie prestasie teruggehou kan word totdat teenprestasie volledig gemaak is. In geval van locatio conductio operis is dit soveel meer die geval dat die kontraktant volledig moet presteer alvorens hy geregtig is op die kontrakprys.

e. Volgens Voet 19.1.23 is die onus op die eiser, wanneer die eksepsie teen hom gerig word, om te bewys dat hy sy kant van die kontrak nagekom het. Sedertdien is hierdie beginsel nog nooit betwyfel sover dit ons reg aangaan nie.

In die BK Tooling-saak is die hele toepassingsveld en reg verbandhoudende met die wederkerigheidsbeginsel hersien.

In beginsel moet ‘n kontraktant wat prestasie eis deur su mede-kontraktant in sy stukke pleit dat hy alreeds presteer het of dat hy gereed is om te presteer. Indien sy pleitstukke nie sodanige inligting bevat nie, kan die ander kontraktant aanvoer dat die pleitstukke geen aksiegrond openbaar nie. Die kontraktant wat die bewerings maak, sal hulle natuurlik moet bewys. ‘n Ontkenning van die bewerings deur die ander kontraktant is ‘n verweer in terme van die wederkerigheidsbeginsel.283

Vereistes vir die toepassing van die wederkerigheidsbeginsel:

283 Van der Merwe et al 2007: 389

Page 128: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

128

Die beginsel kan slegs toepassing vind as die verbintenis wederkerig is, en as beide die kontraktante gelyktudig moet presteer of as die kontraktant wat prestasie eis, voor die verweerder moet presteer. ‘n Kontraktant wat ‘n verpligting het om eerste te presteer, kan nie daardie prestasie weerhou op grond van die wederkerigheidsbeginsel nie, selfs al het hy redelike gronde om te glo dat die ander kontraktant nie gaan presteer nie.284 Verbintenisse is wederkerig indien die kontraktante wil hê dat een verpligting in ruil vir ‘n ander geskep word. Kontrakte soos koop-, huur-, mandaat-, locatio conductio operis- en versekeringskontrakte word gewoonlik as wederkerige kontrakte hanteer.

‘n Wederkerigheidsverhouding mag bestaan waar meer as een verbintenis geskep word in ruil vir ‘n teenprestasie. Wederkerige verbintenisse mag selfs ontstaan uit aparte kontrakte, soos beslis is in die saak van Wynns Car Care Products (Pty) Ltd v First National Industrial Bank Ltd 1991 (2) SA 754 (A). As ‘n reël moet partye tot ‘n wederkerige kontrak gelyktydig presteer, tensy hulle anders ooreengekom het. Die wederkerigheidsbeginsel kan gebruik word nie net waar die kontrak steeds van krag is nie, maar ook waar dit gekanselleer is en regte wat reeds verkry is, die kansellasie oorleef.285

Voordele van die reg om prestasie te weerhou.

Die reg om teenprestasie te weerhou is ‘n instrument vir die afdwinging van spesifieke nakoming. In hierdie sin is dit al met ‘n pand vergelyk, in die sin dat die verweerder prestasie mag weerhou totdat die eiser volledig presteer het.286

Die exceptio word ook voorgehou as ‘n tydelike verweer gerig daarop om spesifieke nakoming van ‘n prestasie te verkry wat steeds moontlik is. Die verweer is egter nie noodwendig tydelik van aard nie, en mag ook beskikbaar wees waar prestasie nie meer moontlik is nie.287

Die exceptio is nie beskikbaar om ‘n eis anders as ‘n eis in terme van die kontrak af te dwing nie, soos byvoorbeeld ‘n eis vir skadevergoeding gebaseer op wanvoorstelling of kontrakbreuk nie. Laastens is die wederkerigheidsbeginsels, insluitende die reg om prestasie te weerhou nie, nie ‘n kontraktuele remedie nie, maar slegs ‘n vereiste vir die toelating van ‘n eiser se reg om te presteer.288

Verslapping van die wederkerigheidsbeginsel:289

Sou die kontraktant onvolledig presteer met betrekking tot ‘n ondeelbare verbintenis, en die mede-kontraktant die kontrak in stand hou, kan laasgenoemde die onvolledige prestasie behou of dit verwerp en volledige prestasie eis.290 In die laaste geval, kan die

284 Van der Merwe et al 2007: 389285 Van der Merwe et al 2007: 390.286 Van der Merwe et al 2007: 390287 Van der Merwe et al 2007: 390288 Van der Merwe et al 2007: 391289 Van der Merwe et al 2007: 391-392290 Van der Merwe et al 2007: 391

Page 129: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

129

kontraktant wat wanprestasie gelewer het nie teenprestasie eis nie, tensy volledige prestasie aangebied word. In terme van die nou verdwene leerstuk van substansiële prestasie, kon ‘n kontraktant slegs onvolledige prestasie weier indien dit substansieel onvolledig was. Vir doeleindes van die wederkerigheidsbeginsel is die leerstuk van substansiële prestasie verwerp in die BK Tooling-saak. Die huidige klem is op die reg van ‘n kontraktant om volledige prestasie in terme van ‘n kontrak te mag ontvang. ‘n Kontraktant van wie prestasie geëis word deur sy mede-kontraktant, mag in beginsel sy prestasie weerhou totdat sy mede-kontraktant volledig presteer het. Indien ‘n verweerder sy prestasie weerhou, sal hy die eiser die geleentheid moet bied om onvolledige prestasie te herstel, mits behoorlike prestasie steeds moontlik is. Die verklaring hiervoor is dat ‘n verweerder wat die kontrak in stand hou en staatmaak op die verweer van wederkerigheid in effek slegs aandring op behoorlike prestasie en derhalwe slegs geregtig is om prestasie terug te hou in soverre behoorlike prestasie uitstaande is. Indien onvolledige prestasie eventueel herstel word deur die eiser, verval die verweer van wederkerigheid.

Eenheid 18Spesifieke nakoming, Knsellasie en Skadevergoeding.

Leeruitkomste:Na afhandeling van hierdie eenheid moet die student in staat wees om:

1. Identifiseer, analiseer en bespreek krities die remedie van spesifieke nakoming.2. Identifiseer, analiseer en bespreek krities die remedie van kansellasie.3. Analiseer en bespreek die eis vir skadevergoeding en wat dit behels, met

spesifieke verwysing na die saak van Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977 (3) SA 670 (A).

Bestudeer:

1. Van der Merwe et al. Kontrakte. Algemene Beginsels. Derde Uitgawe. Hoofstuk 11.

Vanuit sakelys:

2. Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977 (3) SA 670 (A).

Alternatiewe studie:

3. Christie.

Page 130: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

130

The Law of Contract in South Africa. 2006. Hoofstuk 14.

1. Spesifieke nakoming:

1.1. Vorme.

Prestasie in forma specifica verwys na prestasie waarop die kontraktante ooreengekom het. ‘n Eis vir spesifieke nakoming is dus gebaseer op die kontrak, en die die breuk daarvan nie. Waar ‘n kontrak verkeis om die kontrak in stand te hou en skadevergoeding te eis omdat hy nog nie sy mede-kontraktant se prestasie ontvang het nie, moet die waarde van die prestasie op die tydstip toe dit gelewer moes word, in ag geneem word. Indien skadevergoeding (addisioneel tot spesifieke nakoming) bereken moet word, moet alle omringende omstandighede in ag geneem word.

In praktyk word skadevergoeding gewoonlik geëis addisioneel tot spesifieke nakoming.

1.2. Die reg tot spesifieke nakoming:

In die vroeë Romeinse reg kon ‘n kontraktant wat kontrakbreuk gepleeg het nie aangesê word om ‘n saak te lewer of ‘n diens te lewer nie- slegs om ‘n geldbedrag te betaal. In latere Romeinse tyd en in die Romeins-Hollandse reg het ‘n eis vir spesifieke nakoming moontlik geword.291 In sommige gevaale is spesifieke nakoming nie toegestaan nie, byvoorbeeld waar prestasie subjektief- of objektief onmoontlik geword het of waar die skuldenaar insolvent is. In so geval sou die eiser met skadevergoeding tevrede moes wees. In Suid-Afrika is die beginsel aangeneem in sake soos Farmer’s Co-operative Society v Berry 1912 AD 343 and Haynes v King William’s Town Municipality 1951 (2) SA 371 (A), dat ‘n kontraktant geregtig is op

291 Van der Merwe et al 2007: 383

Page 131: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

131

‘n bevel van spesifieke nakoming, maar dat die hof ‘n diskresie het om sodanige bevel te weier.292 Onder die invloed van Engelse reg (wat die benadering volg dat spesifieke nakoming ‘n buitengewone remedie is), het die howe hulle diskresie uitgeoefen op so wyse dat dit voorgekom het asof ‘n bevel vir spesifieke nakoming outomaties verwerp sou word in die volgende omstandighede:

- Indien dit vir die hof moeilik sou wees om toe te sien dat nakoming van sy bevel geskied;

- Indien skadevergoeding voldoende vergoeding sou bied.

Hierdie rigiede benadering van die howe het “spesifieke omstandighede” verander na algemene reëls, en die feit bevestig dat in terme van Suid-Afrikaanse reg, ‘n bevel vir spesifieke nakoming geweier moet word slegs in spesiale omstandighede.293 Die appelafdeling het herbevestig dat ‘n kontraktant geregtig is op ‘n bevel van spesifieke nakoming in die saak van Benson v SA Mutual Life Assurance Society 1986 (1) SA 776 (A), behalwe waar spesifieke spesifieke nakoming onmoontlik is of die skuldenaar insolvent is. Die hof se diskresie om spesifieke nakoming te weier word gesien as ‘n regterlike diskresie wat uitgeoefen moet word in orrenstemming met openbare beleid en in so wyse dat dit nie opsig self ongeregtigheid teweeg bring nie.

In die saak van Haynes v King William’s Town Municipality hierbo genoem, het die eiser ‘n kontraktuele eis gehad om gereeld ‘n sekere hoeveelheid water te ontvang van ‘n dam wat die dorp met water voorsien het. Ten spyte van ‘n kwaai droogte en ‘n watertekort, en ten spyte daarvan dat sy nie die water nodig gehad het nie, het die eiser spesifieke nakoming geëis. Die hof het geweier om ‘n bevel van spesifieke nakoming toe te staan, aangesien so bevel teenstrydig met openbare belang sou wees.

2. Kansellasie294

Kansellasie van ‘n kontrak, ook verwys as “terugtrede uit die kontrak”, word gedefinieer deur Van der Merwe et al as ‘n “eensydige regshandeling waardeur sekere gevolge van ‘n geldige kontrak beëindig word.”295 Kansellasie is ‘n kontraktuele remedie vanweë die feit dat dit verkry word uit ‘n kontraktuele bepaling, wat by kontrakbreuk intree. Die bepaling sal gewoonlik ‘n ex lege-bepaling wees.

Kansellasie is ‘n buitengewone remedie wat slegs in sommige omstandighede beskikbaar is, naamlik waar kontrakbreuk ernstig is, of waar die kontrak voorsiening maak vir ‘n reg op terugtrede (die sogenaamde kansellasieklousule of lex commissoria). Algemene praktyk is vir kontraktante om ooreen te kom dat kansellasie slegs mag plaasvind na ‘n sekere skriftelike eis van een party aan die ander nie binne ‘n sekere tyd nagekom is nie.

292 Van der Merwe et al 2007: 383293 Van der Merwe et al 2007: 383294 Van der Merwe et al 2007: 398-400295 Van der Merwe et al 2007: 399

Page 132: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

132

‘n Kontraktant wat ‘n reg verkry het op terugtrede, is nie noodwendig verplig om dit te doen nie, maar bly geregtig op spesifieke nakoming. Is daar egter spesiale omstandighede waarin ‘n kontraktant sou kon terugtree eerder as om op afdwinging van die kontrak aan te dring? In die Engelse reg, is die algemene reël dat indien ‘n kontrak gerepudieer is, die ander party nie die repudiasie hoef te aanvaar en die kontrak te kanselleer nie, maar spesifieke nakoming mag eis.296 In Suid-Afrikaanse reg is daar geen reël dat die slagoffer van repudiasie moet terugtree bloot omdat instandhouding van die kontrak sou resulteer in ‘n prestasie wat “gemors” word. Sodanige “mors” van ‘n prestasie kan egter ‘n hof beweeg om ‘n bevel van spesifieke nakoming te weier. Enige beperking op ‘n kontraktant se bevoegdheid om spesifieke nakoming te eis in sulke omstandighede sou in so geval ie beperk gewees het tot gevalle van repudiasie nie, maar behoort tot alle gevalle van kontrakbreuk toepassing te vind.297 Indien ‘n hof sou weier om ‘n bevel vir spesifieke nakoming toe te staan, kan die eiser steeds skadevergoeding eis indien hy skade gelei het, maar sy eis sou onderhewig wees aan die mitigasieplig (sien later in hierdie eenheid). ‘n Kontraktant wat skadevergoeding wil eis na kansellasie, kan verplig word om op ‘n geskikte tyd te kanselleer ten einde sy skade te beperk.Die reg om te kanselleer is nie ‘n subjektiewe reg nie, maar ‘n mag of bevoegdheid.298

3. Die eis vir skadevergoeding299

3.1. Uitgangspunt.

Die eiser (onskuldige party) moet in die finansiële posisie geplaas word waarin hy sou gewees het as dit nie vir kontrakbreuk was nie, insoverre hy in hierdie posisie geplaas kan word deur die betaling van geld en sonder onnodige moeilikheid vir die skuldige party (Victoria Falls & Transvaal Power Co Ltd v Consolidated Langlaagte Mines Ltd 1915 AD 1). Hierdie wye vertrekpunt word na verwys as “positiewe interesse”, en sluit die werklik geleë skade sowel as die verlies aan wins in.

Bestudeer die saak van Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977 (3) SA 670 (A) in detail.

3.2. Werklike skade moet gely word.

‘n Eiser mag slegs skadevergoeding eis indien werklike skade aan sy boedel gely is. Nie alle kontrakbreuk sal werklike skade tot gevolg hê nie. Gevolglik sal alle eise vir inbreukmaking op persoonlikheidsregte uitgesluit wees, asook eise vir “mental distress”. ‘n Hof sal egter ‘n diskresionêre bedrag toeken vir persoonlike en fisiese ongemak. Die skadevergoeding moet bereken word indien dit nie presies bepaalbaar is nie.

3.3. Kousaliteit en die eis vir gevolgskade.

296 Van der Merwe et al 2007: 400297 Van der Merwe et al 2007: 400298 Van der Merwe et al 2007: 400299 Erkenning word hiermee gegee aan Prof N.J. Grobler: KON 224 Studiegids 2006, vir hierdie gedeelte.

Page 133: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

133

Ons huidige reg word gereguleer deur die beslissing in Shatz Investments v Kalovyrnas (sien positiewe wanprestasie). Die geleë skade moet kousaal verbind wees aan die kontrakbreuk self.

Twee aspekte van kousaliteit is relevant:

Die bepaling van die (werklike en gevolg-) skade self. Die presiese oomblik van berekening van al die gevolgskade.

In die Holmdene Brickworks-saak het die hof beslis dat die “skuldige party se aanspreeklikheid beperk word in terme van die breë beginsels van kousaliteit en afgesonderdheid tot:

a. Daardie skadevergoeding wat natuurlik vloei vanuit die spesifieke soort breuk en wat die reg aanneem die partye ooreengekom het as gevolg van die breuk; en

b. Daardie skadevergoeding wat, alhoewel veroorsaak is deur die kontrakbreuk, gewoonlik deur die reg gesien word as te ver verwyder om terugeisbaar te wees, behalwe in die spesiale omstandighede wat die sluiting van die kontrak omring, waar die partye werklik of na bewering bedoel het dat hulle deur die breuk bevoordeel sou word.

Vir die verhaal van spesifieke skade, word die volgende vereis:

Spesiale omstandighede. Beide partye het die soort skadevergoeding voorsien indien

kontrakbreuk sou voorkom. Beide partye moet bewus wees van bogenoemde spesiale

omstandighede. Beide partye moes die terugeis van skadevergoeding voorsien het. Die terugeis van hierdie spesiale skadevergoeding moes duidelik in ‘n

besondere geval geëis word.

3.4. Die Mitigasieplig

Die mitigasieplig behels basies die volgende:

Die eiser moet die akkumulasie van sy skadevergoeding beperk. Die beginsel is dat die eiser nie skadevergoeding kan eis vanaf die verweerder vie skade wat hyself veroorsaak het nie. Die eiser moet aktiewe stappe neem om verdere skade te voorkom. Hierdie stappe moet nie duur of te moeilik wees vir die eiser nie.

3.5. Die “Once-and-for-all”-reël.

Dit is ‘n beginsel in ons reg dat ‘n persoon slegs een keer ‘n hof kan nader vir dieselfde aksiegrond. Indien ‘n eiser litigasie instel, moet hy vir alle bedrae gelyktydig eis.

Page 134: learning.ufs.ac.zalearning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources...  · Web viewOm hierdie rede word internasionale handelsbetrekkinge tot ‘n goort mate deur die kontraktereg

134