LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave...

52
MAART 2005

Transcript of LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave...

Page 1: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

MAART 2005

It Manager, 03/01/-1,
“Resource material” implies that it contains information, subject content or worksheets that can be used directly in the classroom for teaching.
Page 2: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERAREA: KUNS EN KULTUUR

HULPMIDDELS: SENIOR FASE

INHOUD

AFDELING 1

1. INLEIDING

2. AGTERGRONDGESKIEDENIS

3. OORSKAKELING VAN SPESIFIEKE UITKOMSTE NA LEERUITKOMSTE

4. DIE ONDERRIG VAN DIE LEERAREA

4.1Unieke kenmerke van die Kuns en Kultuurleerarea4.2Beplanning vir Samehangendheid4.3Beplanning vir vordering tot die VOO4.4Onderrigbenadering in Kuns en Kultuur4.5Assessering in Kuns en Kultuur4.6Tydstoekenning vir Kuns en Kultuur in die Senior Fase

5 DIE SENIOR FASE LEERDER6. LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE

6.1 Dans6.2 Drama6.3 Musiek6.4 Visuele Kuns

AFDELING 2

7 TABELLE VIR BEPLANNING

Hierdie dokument behoort tesame met die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 9 (Skole) Kuns en Kultuurleerareaverklaring gelees word

2

Page 3: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

AFDELING 1

1. INLEIDING

Die ontwikkeling van ‘n nuwe kurrikulum is ‘n dinamiese voortgesette, soekende en ontdekkende proses. ‘n Kurrikulum is ‘n raamwerk wat ‘n stellasie van vordering voorsien ten opsigte van die bereiking van leerprestasie. Dit verskaf leiding m.b.t. wat leerders veronderstel is om te leer en wat opvoeders veronderstel is om te onderrig en te assesseer.

Die nuwe kurrikulum, die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (HNKV), het twee ontwerpeienskappe, naamlik leeruitkomste (LUs) en assesseringstandaarde (ASe). Hierdie dokument poog om opvoeders en ander leerprogramontwikkelaars te help om die konsepte wat vasgelê is in die Leerarea: Kuns en Kultuurassesseringstandaarde, te verstaan.

Die assesseringstandaarde gee 'n aanduiding van die minimum vlak waarop die leeruitkomste bereik moet word. Hierdie assesseringstandaarde verteenwoordig nie aktiwiteite wat een maal gedoen word en daarna afgemerk kan word nie. Vaardighede en kennis, houdings (gesindheid) en waardes (VKDWs) is in die assesseringstandaarde vasgelê en opvoeders behoort hulle te kan identifiseer met betrekking tot hul beplanning en assessering. Die VKDWs verskaf die boustene vir die stelsematige opbou van die assesseringstandaard vlak van die leeruitkomste in ‘n spesifieke graad. Die VKDWs wat vir die gebruik in ‘n lesplan of leermodule gekies word, verskaf ook die assesseringskriteria vir daardie spesifieke leerafdeling.

2. AGTERGRONDGESKIEDENIS

Kurrikulum 2005 is hersien en dit het gelei het tot die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring. Die provinsies was terselfdertyd besig met die implementering van K2005 en die bevindings van die hersiening het sekere tekortkomings bevestig. Die WKOD het daarvolgens besluit om die K2005 aan te pas om van die aspekte waarna in die hersiening verwys is, in te sluit. Hierdie aanpassings staan bekend as die ‘Bastermodel'. Opvoeders behoort nie die veranderings as radikaal te ervaar nie aangesien die bastermodel nou inskakel met die HNKV.

3. OORSKAKELING VAN SPESIFIEKE UITKOMSTE NA LEERUITKOMSTE

Tydens die versterking en vereenvoudiging van K2005, is die ag Spesifieke Uitkomstes (SUs) in Kuns en Kultuur in vier Leeruitkomstes (LUs) saamgevat. Hierdie vier Leeruitkomstes word as fokusareas in die WKOD se bastermodel geïdentifiseer.

HNKV Leeruitkomste K2005 Spesifieke UitkomsteLU 1 Skepping en Aanbieding SU 1, SU 6 Skep en Bied aanLU 2 Besinning SU 3, 4, 8 Besin, KultuurLU 3 Deelname en Samewerking SU 2, SU 7 Persoonlike en Sosiale

VaardighedeLU 4 Uitdrukking en Kommunikasie SU 3, SU 5 Ondersoek en Kommunikasie

4. ONDERRIG VAN DIE LEERAREA

4.1 Unieke Kenmerke van die Kuns en KultuurleerareaDie uniekheid van die Leerarea: Kuns en Kultuur kom ten beste na vore in die geleenthede wat geskep word vir die koestering en ontwikkeling van kreatiwiteit. Dit is ten alle tye gemoeid met die uitdrukking en kommunikasie van alle vorms van geletterdheid - insluitend visuele, mondelinge, gehoor, spasiële, bewegings, en kulturele geletterdheid.

4.2 Beplanning vir SamehangendheidU beplanning mag op ‘n spesifieke LU fokus, maar die ander uitkomstes sal altyd teenwoordig wees (verwys na die WKOD Leerprogram se Modelvoorbeelde, 2005). Dit is inherent in hierdie leerarea om gunstige omstandighede te skep vir die integrasie van meer as een ASs. Dit sal

3

Page 4: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

samehangendheid bevorder, die dekking van die kurrikulum vergemaklik en oorbelading en onnodige oorvleueling voorkom.

In Graad 7 is daar byvoorbeeld vier assesseringstandaarde in LU 1, een in elke Kunsvorm wat na Menseregte verwys. Hulle kan al vier saamgesnoer word en d.m.v. ‘n geïntegreerde module behandel word. In Graad 8 is daar dertien assesseringstandaarde in LU 2 en in LU 4 wat Sosiale Geregtigheidskwessies aanspreek. Hulle kan ook d.m.v. ‘n geïntegreerde module behandel word. Die integrasie van assesseringstandaarde het noodsaaklik geword om die kurrikulum te kan dek.

Die onderrig van die onderskeie diskrete kunsvaardighede vir Dans, Drama, Musiek en Visuele Kuns behoort spesifiek in die Senior FASE apart plaas te vind om vordering te verseker. Daarna kan hulle in ‘n taak of projek saamgesnoer word.

4.3 Beplanning vir Vordering tot VOO

In Graad 8 en 9 word daar in LU 1 addisionele assesseringstandaarde verskaf om leerders van voldoende vaardighede te voorsien om een van die vyf kunsvakke in Graad 10 vir VOO (Dans, Drama, Musiek, Visuele Kuns of Ontwerp) te kies. Hierdie addisionele assesseringstandaarde kan gebruik word in skole waar gespesialiseerde onderrig moontlik is.

4.4 Benadering tot die onderrig van Kuns en KultuurDit is noodsaaklik om 'n ondersoekende, eksperimenterende, ervarende en bemoedigende benadering in die onderrig van kuns en kultuur te handhaaf. ‘n Veilige en ondersteunende omgewing behoort geskep te word sodat leerders in ‘n atmosfeer van aanvaarding kan werk. Beplanning moet voorsiening maak vir verskeie leerstyle en oorspronklike idees wat leerders met hulle saambring. Die onderrig behoort altyd aanmoedigend, entoesiasties, insigryk en opbouend te wees.

Dit is noodsaaklik vir vordering dat vaardighede binne elke kunssoort ontwikkel word. Die opbou van vaardighede in Kuns en Kultuur vereis gereelde beoefening. Leer word binne die kunste as lateraal eerder as linieêr beskou. Baie van die aktiwiteite word jaar na jaar op effens verskillende maniere herhaal met ‘n toename in kompleksiteit.

4.5 Assessering van Kuns en KultuurVerwys na die Kuns en Kultuur Opvoedersgids vir die Ontwikkeling van Leerprogramme: Afdeling 2.5

Om ‘n veilige omgewing in Kuns en Kultuur te skep, behoort assessering vriendelik, opbouend, ondersteunend en aanmoedigend te wees. Die mees belangrike aspek van assessering is om die leerproses te ondersteun. Dit behoort deel te vorm van die beplanning en moet nie as ‘n nagedagte bygevoeg word nie.

In die Senior fase sluit assessering die volgende in: basislynassessering aan die begin van die jaar om vorige kennis te bepaal diagnoserende assessering wanneer tekortkominge na vore kom vormatiewe assessering om leerproses te ondersteun (assessering vir leerproses) summatiewe assessering van wat geleer is (assessering van leerproses)

Vormatiewe assessering vind natuurlik plaas tydens u betrokkenheid by die leerders en die proses, produk, aanbieding en opvoering behoort in aanmerking gehou te word. Formele summatiewe assessering behoort na periodes van betekenisvolle leer plaas te vind. Vermy 'n oormat van assessering. Dis nie nodig om elke taak of aktiwiteit formeel te assesseer nie.

Portefeuljes behoort bewyse van vyf verskillende soorte summatiewe assessering te hê, bv.

UITVOERING JOERNAAL NAVORSING UITSTALLING TOETSE

4

Page 5: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

▪ Aanbiedings: Mondeling; geskrewe; prakties; visueel

▪ Opvoering(s)

▪ Skeppende Joernaal

▪ Visuele Dagboek▪ Selfbesinnings-

werkblaaie

▪ Projekte▪ Ondersoeke▪ Praktiese take▪ Opdragte▪ Besprekings,

Debatte▪ Mondeling en

Visueel

▪ Uitstallings▪ Portefeulje

▪ Praktiese Toetse

▪ Teorietoetse

Assessering behoort deursigtig te wees – leerders behoort vooraf te weet wat die kriteria is waaraan voldoen moet word. Self- en eweknie-assessering moet aangemoedig word. Leerders moet geleer word om terugvoering te bied wat ondersteunend, vriendelik, krities en opbouend is.

4.6 Tydtoekenning vir Kuns en Kultuur in die Senior Fase:Kuns en Kultuur is geregtig op 8% van elke week se rooster.

In Graad 7 (26,5 uur-week = 1590 minute), dit beteken:5 dae siklus 127 minute 2 uur 7 minute per siklus7 dae siklus 178 minute 2 uur 58 minute per siklus8 dae siklus 203 minute 3 uur 23 minute per siklus10 dae siklus 254 minute 4 uur 14 minute per siklus

In Grade 8 en 9 (27.5 uur week = 1690 minute), dit beteken 5 dae siklus 135 minute 2 uur 15 minute per siklus 7 dae siklus 189 minute 3 uur 9 minute per siklus 8 dae siklus 216 minute 3 uur 36 minute per siklus 10 dae siklus 270 minute 4 uur 30 minute per siklus

5. DIE SENIOR FASE LEERDER

Leerders is besig om al hoe minder kind te wees. Senior fase leerders word nou adolossente en is besig om hulself emosioneel en akademies vir volwassenheid voor te berei. Die veranderings in hulle liggame wat deur hormone veroorsaak word, laat hulle selfbewus en onseker in hulle nuwe wêreld voel. Tegnologie bied talle uitdagings terwyl die leerders ‘n wêreld betree wat aanhoudend politiese omwentelinge ondergaan, sosiaal onstabiel en potensieel gevaarlik is. Hierdie bedreigings word deur die radio, beeldradioskerms en die internet tuisgebring. Terselfdertyd word die leerders deur die massamedia van die globale kultuur bewus gemaak, wat hulle begeertes en drome ver-Amerikaans. Omdat hule dit dikwels in botsing is met hul eie kulturele ontwikkeling, voel hulle dikwels onseker en verward.

Ons lewe in 'n tyd waarin ons leerders dikwels verantwoordelikhede dra wat op die skouers van ouer mense behoort te rus, en dit gebeur telkens dat hulle ‘n sosiale rypheid ver verby hul jare toon, terwyl hulle nog besig is om akademies en emosioneel te groei.

Dit is nodig dat leerders respek ontwikkel vir hulle eie oordeel. Dit behoort gegrond te wees op gesonde waardes, gesonde agting vir die self en kritiese denkvaardighede. Dit is nodig dat hulle leer om hulself en mekaar te vertrou en om die vermoë te ontwikkel om in groepe saam te werk. Hierdie sosiale vaardighede, kritiese denkprosesse en persoonlike waardestelsels kan die grondslag skep vir die volwassenes waarin hulle mag ontwikkel en kan ons nasie versterk, sodat ons ‘n land kan opbou wat gekenmerk word deur lewendige en unieke individue.

Die opvoeder se rol moet nie onderskat word nie. Die opvoeder is ‘n rolmodel; die een wat uitdagings stel; die een wat stabiliteit en leiding bied; die raadgewer en die middel tot kennis. As middelpunt vir die leerproses, dra die opvoeder ‘n groot en waardevolle verantwoordelikheid.

6. LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE

5

Page 6: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

Die vier Kuns en Kultuurleeruitkomstes werk nie in isolasie nie. Wanneer iemand besig is om te skep en iets aan te bied (LU 1), is so 'n persoon besig om uitdrukking te gee en te kommunikeer (LU 4). Alles wat in Kuns en Kultuur gedoen word, verg persoonlike deelname en/of sosiale interaksie (LU 3). Daar moet voortdurend oor enige kunswerk waarby 'n mens betrokke is, besin te word (LU 2).

Die assesseringstandaarde word onder die hoofde Dans, Drama, Musiek, Visuele Kuns en Oorkoepelend geklassifiseer. Die assesseringstandaarde wat onder Oorkoepelend gelys word, is van toepassing op enige kunsvorm of kultuur en verskaf die geleentheid vir geïntegreerde aktiwiteite.

Die assesseringstandaarde word losweg gerangskik rondom breër organiseringsbeginsels wat die kurrikulumtransformasie steun om sodoende die onderrig van die verskeie kunsvorms met mekaar te skakel.

Graad 7 Menseregte, erfenis, nasiebou, marginale kultureGraad 8 Globale sake – sosiale geregtigheid, populêre kulture, kunsindustrieë en loopbaneGraad 9 Plaaslike tot globale kulture, tegnologieë, massamedia, magsverhoudings, bemarking

Hierdie organiseringbeginsels word in die assesseringstandaarde weerspieël en verskaf die konteks vir integrering. Maar hierdie kontekste behoort nie die ondersoek van kunsvaardighede en kennis binne ‘n verskeidenheid kontekste te beperk nie. Dit is veral belangrik om die spesifieke vaardighede wat vir elke kunsvorm benodig word, onafhanklik van enige spesifieke konteks uit te bou

Die verskillende kunsvorms in hierdie leerarea het baie in gemeen en toon ook unieke verskille. Elke kunsvorm het sy eie besondere vaardighede, kennis en taal (terminologie), maar daar is wel gedeelde konsepte en ook oorvleueling. Die visuele kuns, dans en drama het byvoorbeeld te doen met ruimte (spasie) en fokus daarop, maar op verskillende maniere. Dans, musiek en visuele kuns werk almal met patrone van verskillende soorte. Dans, vanweë die afhanklikheid van ritme, het ‘n hegte verhouding met musiek. Drama gebruik beweging (dans) om karakter en aksie uit te druk. Kultuur steun alles wat ons in hierdie leerarea doen, omdat daar niks is wat los van ons kultuur staan nie.

Die VKHWe wat in die assesseringstandaarde vervat is, word hulle hieronder volgens elke kunsvorm sowel as die oorkoepelende indeling graad vir graad uiteengesit om opvoeders te help om dit te herken. U is veronderstel om die WKOD Kuns en Kultuurleerplanne se Modelvoorbeelde te lees vir leiding in die beplanning van leerprogramme en geïntegreerde assesseringstandaarde.

6

VKHWe =vaardighede,

kennis, gesindhede en

waardes

Page 7: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: DANS GRAAD 7

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, VERTOLKING EN AANBIEDING ASSESSERINGSTANDAARDE7.1.1.1 Berei die liggaam met veilige danspraktyke voor en gebruik die liggaam op gesonde wyse, byvoorbeeld: opwarming en afkoeling; goeie postuurs- en gewrigsoplyning; veilige landing na spronge; veilige rek-/strekbewegings7.1.1.2 Improviseer om choreografiese ontwerpsbegrippe te verken: ruimte – rigting, vlakke, simmetrie, asimmetrie; tyd – duur, pas, maatslag, frasering; krag – om toe te gee aan en weerstand te bied teen swaartekrag, aktiewe en passiewe beweging.7.1.1.3 Skep en bied dansreekse aan wat, onder andere, op menseregtevraagstukke fokus en dit uitdaag, soos sosiale en kulturele houdings teenoor dans en houdings teenoor geslag en liggaamlike gestremdheid in dans.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Voorbereiding van die liggaam vir dans, insluitend opwarming en afkoeling d.m.v.

fokusoefeninge, opwarming van elke deel van die liggaam, met skud, swaai, opkrul en oopkrul van die rugraat en sywaartse buiging.

Liggaamsvoorbereidingsoefeninge vir verbetering van die postuur, opbou van krag, koördinasie, beheer en soepelheid. Die ontwikkeling van vaardighede soos koördinasie, krag, soepelheid, stamina, uithouvermoë en beheer verg baie tyd en benodig gereelde oefening.

Om die doel van opwarming te verstaan (om te fokus, asem inname te vermeerder om addisionele energie vir die voorbereiding van spiere en gewrigte vir beweging te skep) en afkoeling (ontspanning, kalmering om chaos in die gange te vermy, asemhaling en hartklop te reguleer).

Veilige danspraktyk bv. in lyn bring van knieë, heupe, enkels; goeie postuur, bewustheid van ander leerders in dieselfde spasie, buig van knieë by landing na 'n sprong;

Ontwikkeling van danstegnieke, die leer en uitvoering van danspassies, volgorde en danse, die vermoë om danse uit te voer en te onthou.

Die uitbreiding van die strekwydte van bewegings wat verskillende dele van die liggaam kan uitvoer

Die vermoë om te improviseer, die ondersoek van kontraste soos hoog-laag, naby-ver, groot-klein d.m.v. lokomotoriese bewegings (stap, hardloop, huppel, galop, gly, hop, spring en spronge) en aksiale bewegings (wring, draai, styg, afsak, krul, kantel, ens.)

Improvisering met idees en beelde, danssekwensies komponeer en die aanbieding van idees deur danskomposisies. Leerders behoort baie geleentede te hê om beweging te ondersoek en ervaar asook om hulle eie idees uit te druk en daarmee te eksperimenteer

7

Page 8: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LU 3: DEELNAME EN SAMEWERKING ASSESSERINGSTANDAARD7.3.2.1 Toon vaardighede wat vertroue tydens samewerking met ‘n maat opbou deur middel van aktiwiteite soos: om kontrasterende en aanvullende vorms te skep wat visueel doeltreffend is; om maniere uit te dink om saam met ‘n maat gewig uit te balanseer

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Improvisasie aktiwiteite met ‘n maat, as ‘n spieëlbeeld te werk; roep en reageer, (alternatiewe

bewegings – die een leerder kommunikeer ‘n idee d.m.v. beweging en die ander reageer daarop d.m.v. beweging); aktief en passief (een van die twee beweeg die ander een wat passief bly), invul van die maat se oop (negatiewe) spasies (afwisselling tussen beweging en stilte – een maat skep ‘n fatsoen en die ander poog om sy/haar liggaam binne hierdie fatsoen in te pas); nabootsing (een maat agter die ander en besig met presiese nabootsing van al hulle bewegings); kontrasvorming (die een maat skep 'n fatsoen wat laag is en die ander skep 'n hoë een), ens – ondersoek baie kontraste bv. breed en smal; groot en klein; horisontaal en vertikaal); komplemetering (een vorm ‘n fatsoen, die maat voeg by of pas die fatsoen aan met sy/haar eie liggaam)

Kontakimprovisasie – werk met aanraking en verplasing van gewig; sosiale vaardighede; bewustheid van persoonlike spasie en die deel van spasie

Sensitiwiteit teenoor ander; bewustheid van regte; vermoë om in ‘n groep te werk

LEERUITKOMSTE 2: BESINNING en LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARDE7.2.2.1 Doen navorsing oor ‘n tradisionele dans in die gemeenskap deur mense, boeke of video’s te raadpleeg en

bied dit in die klas aan.7.2.2.2 Toon waarnemingsvaardighede deur komponente van danse wat in Suid-Afrika gesien word, die

ooreenkomste en verskille in terme van bewegingstyl, doel en die gebruik van dansers, kostuums en musiek te beskryf.

7.4.1.1 Ondersoek die doel en funksie van verskillende tradisionele, klassieke en inheemse danse in Suid-Afrika wat aspekte van nasionale erfenis weerspieël, en bied dit aan.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Navorsingsvaardighede: die opspoor van hulpbronne, onderhoudvoering, selektering,

kategorisering Gebruik van dansterminologie Die vermoë om met insig waar te neem; sensitiwiteit teenoor verskillende kulturele

gedragspatrone en norme Aanbiedingsvaardighede bv. oordra van sinvolheid deur kommunikasie Visuele Geletterdheid– die vermoë om danse te waar te neem en te analiseer

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSTANDAARDE: OORKOEPELEND7.3.1.1 Omskep persoonlike ervarings in uitdrukkingsvorme.7.3.1.2 Gebruik kunsaktiwiteite om individuele en kollektiewe identiteit uit te druk..

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Ondersoek van probleme van eie identiteit bv. as leerder, dogter/seun, broer/sister, lid van

span/klub/groep/geestelike gemeenskap/ plaaslike gemeenskap, ens. Gebruik van eie ervaring en idees as materiaal vir die maak van kunswerke in enige

kunsvorm

8

Page 9: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

GRAAD 8: DANS

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARDE: GENERIES8.1.1.1 Leer en voer passies van danse uit populêre kulture op.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Identifisering en omskrywing van populêre kultuur; die leer, onthou en reprodusering van

danspassies in die toepaslike styl en met aandag op detail gevestig

LEERUITKOMSTE 2: BESINNING en LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARDE8.2.2.1 Bespreek danse in eie sosiale, kulturele en historiese konteks, met die klem op geslag, gestremdheid en mag.8.4.1.1 Begryp en praat oor mense se wisselende vermoëns en inklusiwiteit in terme van dans..8.4.1.2 Debatteer die rolle wat tradisioneel in dans aan die verskillende geslagte toegeken is en verken en druk

verskillende standpunte uit.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Visuele geletterdheid – die vermoë om na danse te kyk en kommentaar lewer oor wie dans,

hoe hulle dans, hoekom hulle dans en watter idees, gesindhede en waardes uitgebeeld word. Erkenning van sake rakende Sosiale Geregtigheid soos geslagsongelykhede in Dans – die

verskille tussen die maniere hoe mans en vrouens in verskillende kulture dans, gesindhede teenoor mense met verskillende vermoëns en gebreke in Dans en magsongelykhede.

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSTANDAARD8.3.2.1 Doen navorsing en deel inligting oor opleiding en loopbane in dans, en verduidelik: die soorte dansverwante loopbane wat daar is; die soort eienskappe wat daarvoor benodig word; die soort opleiding wat nodig is.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Navorsingsvaadighede soos die opspoor, selektering, evaluering en gebruik van inligting met

betrekking tot loopbane in en verwant aan dans, en die soort vaardighede en ingesteldheid op wat vereis word om 'n loopbaan in die kunste te volg

9

Page 10: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARDE: BYKOMEND/ADDISIONEEL8.1.2.1 Doen die volgende om die liggaam voor te berei: doen vasgestelde opwarming wat die liggaam strek en versterk; toon toenemende kinestetiese bewustheid (bewegingsin), konsentrasie en bewustheid van die korrekte en veilige

gebruik van die ruggraat en ledemate; beweeg met koördinasie, styl en musikaliteit in passiekombinasies oor ruimte heen.8.1.2.2 Improviseer, komponeer en kombineer bewegingsmotiewe deur die gebruik van: bewegings of gebare; herhaling en stiltes; kontrasterende dinamika.8.1.2.3 Voer danspassies en kombinasies daarvan uit minstens twee style of tradisies van Suider-Afrika op.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die ontwikkeling van ‘n opwarmingsroetine wat die gedagtes op dans fokus, die liggaam

d.m.v. verhoogde suurstofinname voorberei en alle spiere en gewrigte opwarm 'n Begrip van die belangrikheid van opwarming en afkoeling aan die einde van ‘n klas Liggaamskondisioneringsoefeninge wat bewustheid van die veilige gebruik van die liggaam

ontwikkel, uitbreiding van die omvang van die beweging wat verskillende dele van die liggaam kan uitvoer en soepelheid, koördinasie, musikaliteit, beheer, krag, balans en elevasie ontwikkel.

Danswoordeskat, passies en volgreekse uit enige dansvorm ‘n Ontwikkelende bewustheid van dansstyl en -vorm Die vermoë om te improviseer en daardeur ‘n breë danswoordeskat op te bou met die gebruik

van beelde (“images”) en alledaagse gebare om idees te ondersoek Kontrasterende dinamika m.b.t. aspekte van ruimte (spasie), tyd en krag, asook die

verkenning van bewegings wat sterk en swak, hoog en laag, vinnig en stadig, naby en ver, sag en hard is

Speel met die gebruik van herhaling om patrone te vorm of ‘n idee te beklemtoon en die gebruik van stilte om beweging op dié manier te beklemtoon

Die aanleer van danspassies uit twee verskillende dansstyle vereis die vermoë om danspassies en -reekse te volg, te onthou, en te reproduseer en om detail waar te neem. Dit vra ook ‘n oop gemoed wat verskillende maniere van doen erken en bevestig.

10

Page 11: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR GRAAD 9: DANS

Teen die einde van Graad 9 oefen leerders keuses uit ten opsigte van die dissiplines wat hulle vir die VOO-fase wil volg. Die leerproses in hierdie graad het dus groter diepte en dien as voorbereiding vir die keuses wat hulle aan die einde van die jaar moet maak.

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING: DANSASSESSERINGSTANDAARD: GENERIES9.1.1.1 Neem deel aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die vermoë om met inagneming van die gebruik van tyd te improviseer (ritme, tempo, pas),

spasie/ruimte (rigting, vlakke, bane, fatsoen, grootte, patroon), krag (glad, rukkerig, sterk, swak) en om verskeidenheid in bewegingswoordeskat te improviseer, bv. met lokomotoriese bewegings (stap, hardloop, huppel, hop, gly, spring, spronge maak, galop) en aksiale bewegings (draai, wring, swaai, skud, rol, val ens.)

Die vermoë om kort danse saam met ander persone te komponeer, met inagneming van struktuur, bv. 'n duidelike begin en einde, oorskakeling tussen bewegings, die opbou van bewegingsmotiewe, bewegingsfrasering, hoogtepunt(e) van die dans, groepering van deelnemers, en uitdrukking van 'n abstrakte idee of 'n tema, opvoering, kostumering, beligting, die gebruik van rekwisiete, ens.

Die vermoë om goeie samewerking met ander in die dans te lewer, bv. in die deel van spasie, volle deelname

Aanbieding van vaardighede soos duidelikheid, bewustheid van ander deelnemers in die dans

LEERUITKOMSTE 2: BESINNING en LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARDE9.2.2.1 Besin oor en vergelyk hoe sosiale danse hul tyd weerspieël, met die klem op geslag, gebrek en mag.9.4.1.1 Verduidelik hoe dans die heersende waardes van ‘n tyd weerspieël en daardeur gestalte kry, en hoe dit deur musiek, plek, mode en tegnologie beïnvloed word.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Waarnemings- en kritiese denkvaardigheid - kritiese aanskoue van danse in terme van die

gebruik van manlike en vroulike dansers in verskillende rolle in verskillende kulture en dansvorms (skakel aan by visuele kuns en drama).

Verkenning en bepreking van sosiale danse by kulturele byeenkomste, partytjies en sosiale byeenkomste, bv. balsaal, Latyns-Amerikaans, die 'twist', lyndanse, diskodans, om dit in verband te bring met wat in die samelewing op 'n gegewe tydperk plaasvind of plaasgevind het.

Aanskoue van danse in die gemeenskap, op die verhoog, op televisie, op video of waar ook al beskikbaar en bespreking van hoe dans beïnvloed word deur wat op 'n spesifieke tydstip in die gemeenskap plaasvind; die soort musiek, die stemming wat deur die musiek oorgedra word, die ritmes en instrumente wat gebruik word; waar die dans plaasvind, bv. op die verhoog, in die buitelug, teen 'n godsdienstige of seremoniële agtergrond; die klere wat gedra word, die mode van die tyd wat voorgestel word; die tegnologie wat gebruik word, bv. beligting, klank, video, rolprente ens.

11

Page 12: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 3ASSESSERINGSTANDAARD9.3.2.1 Neem opverantwoordelike wyse deel aan vertrouensoefeninge – gebruik oogkotak, die oordrag en ontvangs

van gewig (kontakimprovisasie), en die verkenning van aktiewe en passiewe rolle.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die skep van 'n veilige omgewing in die klaskamer met die gebruik van oefeninge wat

vertroue kweek en speletjies (met Drama geskakel); kontakimprovisasie, bv. om 'n maat se gewig veilig te ontvang, aanraking met sensitiwiteit – sonder aanraking van die skaamdele of om mekaar seer te maak, om mekaar in spasie/ruimte met sorg te hanteer; om aktief (selfgemotiveerd) of passief (deur iemand anders beweeg) te dans.

12

Page 13: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDING VAN DANSASSESSERINGSTANDAARDE: BYKOMEND9.1.2.1 Doen akkuraat, ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende

bewegingsreekse, wat liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl insluit.9.1.2.2 Beweeg gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse.9.1.2.3 Leer en voer werk met gepaste styl en bewegingsgehalte op,, wat deur ander gechoreografeer is en

afkomstig is uit minstens twee kulture – wat die volgende mag insluit::o Klassiek/tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers);o Kontemporêr.

9.1.2.4 Skep ‘n dans met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die vermoë om 'n vasgestelde opwarmingsroetine wat deur die opvoeder gelei word,

akkuraat uit te voer met aandag op detail gevestig Liggaamskondisionering om veilige danspraktyke, tonus, beheer, koördinering, musikaliteit,

balans, elevasie, krag en soepelheid te ontwikkel en die bewegingsstrekwydte van die verskillende liggaamsdele verder uit te brei

Danswoordeskat, danspassies en reekse met toenemende kompleksiteit, ontwikkeling van koördinasie

'n Toenemende bewustheid van dansstyl en -vorm Aanbiedingsvaardighede soos projeksie, bewustheid van die gehoor, duidelikheid,

bewustheid van ander deelnemers in die dans Danstegniek met klem op die ontwikkeling van diepte in 'n spesifieke dansvorm Danspassies, samestellings en kort danse in minstens twee dansstyle/-vorms met die

vermoë om danse in die gepaste styl van die dansvorm te volg, na te boots, te interpreteer, te onthou en te reproduseer

'n Begrip van die verskille in styl tussen die twee dansvorms 'n Vermoë om te improviseer en te komponeer – gebruik van danspassies en idees wat uit

twee of meer verskillende Suid-Afrikaanse dansstyle afkomstig is en die samestelling daarvan om 'n oorspronklike dans te skep

Komposisiestrukture soos 'n duidelike begin, middel en einde, oorskakeling tussen bewegings, opbou van bewegingsmotiewe, bewegingsfrasering, groepering en patroonskepping met dansers, toneelopvoering, kostumering, beligting en die gebruik van rekwisiete, ens.

Kreatiwiteit, vertroue, laterale denkvermoë, openheid vir nuwe idees Progressie in dans vind plaas deur uitbreiding van die woordeskat, beheer, krag, koördinasie,, uitdrukking, innovering, sensitiwiteit jeens ander

13

Page 14: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: DRAMA GRAAD 7

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARD7.1.3.1 Volg ‘n onderwysergeleide opwarmingsroetine.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Opwarming by die aanvang van 'n dramaklas wat die atmosfeer vir 'n ‘ongewone' klas skep. Dit

behoort die volgende in te sluit: fisiese opwarming van die liggaam, stemoefeninge om die resonansie [diepte] van die stem te verbeter en wat sodoende projeksie bevorder, en artikuleringsoefeninge om die lippe meer soepel te maak.

ASSESSERINGSTANDAARDGebruik die verkenning van menseregtevraagstukke in Suid-Afrika as grondslag vir groepimprovisasies wat: ‘n begrip van die basiese dramatiese struktuur (wie, wanneer, waar, wat) toon; karakters wat uit waarneming, nabootsing en die verbeelding tot stand gebring word, toon; sommige dramatiese elemente soos groepering, vorm en klimaks insluit om betekenis en gevoel oor te dra.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die verkenning van 'n verskeidenheid kwessies deur drama – gerig deur die volgende vrae: Wat is die situasie? Wie is die karakters? Waar vind dit plaas? Wanneer vind dit plaas? Toneelkonstruksie, bv. begin, middel, klimaks en einde Groepering van karakters sodat hulle te alle tye sigbaar is Inagneming van die gehoor (wat moet kan verstaan en meelewe terwyl hulle kyk) Menseregtekwessies: Dit is werklike kwessies in Suid-Afrika, dus moet die situasies en

karakters van die werklikheid getuig, bv. leerders kies 'n reg en vind 'n situasie waarbinne hierdie reg ondersoek kan word (integreer met ander kunsvorms)

LEERUITKOMSTE 2: BESINNINGASSESSERINGSTANDAARD7.2.3.1 7.2.3.1 Herken en identifiseer elemente van drama (bv. prosessies, kantering) soos dit oor tyd heen in kulturerele

en sosiale uitdrukkingsvorme voorkom bv. openingsplegtighede, rock-konserte, gladiators, staatsgebeurtenisse, sport).

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in:o Dramatiese elemente wat algemeen by prosessies, kantering (“chants”), troues, 'rock'-konserte

en sportgeleenthede voorkom, soos Rituele elemente soos herhaling, voordrag en om in harmonie te beweeg as ‘n groep Dramatiese elemente soos spanning, fokus en klimaks Analise van die doel van opvoerings, bv. vir 'n spesiale geleentheid of ter ere van iets of

iemand

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN MEDEWERKINGASSESSERINGSTANDAARD7.3.3.1 Werk met sensitiwiteit in ‘n groep saam om tonele rondom persoonlike en sosiale vraagstukke te verken en te

ontwikkel en met altenatiewe oplossings vir probleme te eksperimenteer.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Groepsvaardighede soos die aanvaarding van mekaar se idees, luistervaardighede,

aanvaarding van mekaar as mense Selektering van 'n kwessie, analisering daarvan en daaropvolgende ontwikkeling tot 'n aantal

tonele wat elk 'n alternatiewe oplossing vir die probleem bied. Struktuur van tonele – elkeen behoort 'n begin, middel, klimaks en einde te hê en die karakters

moet duidelik uitgebeeld wees Omgewing of konteks - waar die toneel plaasvind moet ook duidelik wees.

14

Page 15: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

ASSESSERINGSTANDAARD7.3.3.2 Toon die vermoë om aandagtig te luister, op tekens te reageer en harmonieus in ‘n groepsgedramatiseerde

koraalvers of gedramatiseerde prosastuk te praat en te beweeg.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die vermoë om te luister en te reager as belangrike deel van kommunikasie en die lewering

van koorvoordrag Die kies van gedigte wat die ‘groep se ervaring’ aandui, in plaas van een persoon s'n Die rangskikking en indeling van die teksreëls sodat die betekenis behoue bly Die vermoë tot vertolking sonder versteuring van die digter se ritme en musiek Die rangskikking van verskillende groeperings en bewegings Die deelname van almal, selfs die uiters skugter kind, sonder dat enigeen uitstyg bo die ander,

aangesien die suksesvolle voordrag van die gedig almal se gesamentlike verantwoordelikheid is.

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEASSESSERINGSTANDAARD7.4.2.1 Doen navorsing oor ‘n voorbeeld van ‘n inheemse opvoering, soos ‘n lofdig of volksverhaal, en bied dit aan..

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Definieer inheems – wat is die betekenis van 'inheems'? (hoort van nature by ons). Inheemse opvoerings wat ons kulture en lewensbeskouings weerspieël, insluitend mondelinge

vertellings / ntsomis (tradisionele oorgelewerde verhale), lofgedigte ('n gedig wat ter ere van iemand geskryf is) en geskrewe volksverhale (tradisionele stories).

Die vermoë om te besin oor wat hulle in gemeen het Die vermoë om te selekteer en op die tradisionele wyse aan te bied

15

Page 16: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: DRAMA GRAAD 8:

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGINGASSESSERINGSTANDAARD: GENERIES8.1.3.1 Stel ‘n eenvoudige opwarmingsroetine saam wat gebaseer is op die onderwyser se oefeninge, om met die klas te deel.8.1.3.2 Neem, met die onderwyser se bystand, deel aan die skep en aanbieding van ‘n geskrewe skets of afgeronde

improvisasie wat op populêre kultuur gebaseer is. Hierdie item behoort: kennis van die teikengehoor te toon; hulpmiddels wat tot die stuk bydra, te gebruik; gepaste dramatiese elemente te gebruik; ander kunsvorme in te sluit

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Fisiese liggaamlike opwarming, stemopwarming, resonansieoefeninge om die drakrag van die

stem te bevorder, artikulasie-oefeninge om die soepelheid van die kaak, tong en lippe te verbeter en 'n ontspanningsoefening teen die einde as voorbereiding vir die volgende aktiwiteit

Die betekenis van Populêre Kultuur Vertroue in die werk van beide die opvoeder en die leerder Vermoë om die werk vir 'n gehoor aan te bied Vermoë om te beplan Bewustheid van die teikengehoor – wie gaan die opvoering aanskou? Die rol van hulpmiddels - hoe dra kostuums/rekwisiete by tot die waarde van 'n stuk? Struktuur soos in Graad 7 geleer, met insluiting van spanning Bewustheid van die tyd en die plek – sal die gehoor weet waar en wanneer dit plaasvind? KarakteriseringSkakel met ander kunsvorms ten opsigte van die verkenning van populêre kultuur

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARD: BYKOMEND8.1.4.1 Oefen en bied, met die onderwyser se ondersteuning, ‘n solo-item aan, bv. ‘n gedig, prosa-uittreksel of monoloog wat die volgende toon: skeppende gebruik van die eienskappe van spraak – toonhoogte, pas, tempo, verposing, infleksie, beklemtoning en

toon; verbeeldingryke interpretasie van die stuk.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die keuse van 'n geskikte uittreksel vir die leerder Die verstaan van die inhoud en betekenis, die klimaks van die stuk, die stemming van die stuk

en of dit verander Die gebruik van stembuiging en toonhoogte om betekenis te beklemtoon, die gebruik van

verposing en tempo om op te werk na die klimaks en stemtoon om die stemming te skep Die gebruik van die leerders se idees vir die aanbiedings

LEERUITKOMSTE 2: BESINNING ASSESSERINGSTANDAARD8.2.3.1 Doen navorsing oor menseregte- en omgewingsvraagstukke en interpreteer dit in kleingroep-rolspel.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die betekenis van ‘rolspel’: om as't ware in iemand anders se skoene te staan en hul

gesindhede/houdings en waardesstelsels oor te neem Sosiale geregtigheid – breër begrip van die menseregtekwessies wat in Graad 7 nagevors is Omgewingskwessies wat eie lewe en ander se lewens affekteer Die vermoë om te besin oor hoe hierdie kwessies ander mense se lewens affekteer of

geaffekteer het Die voorbereiding van 'n toneel, in iemand anders se rol, oor 'n kwessie

16

Page 17: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN MEDEWERKINGASSESSERINGSTANDAARD8.3.3.1 . Identifiseer loopbane in die formele teater en massamedia, en verken moontlike ontwikkelingsgeleenthede in

die informele drama- en dramaverwante sektor.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Navorsing oor die formele teater (professionele toneelspelers) en die massamedia (toneelspel

vir Televisie, die radio en advertensies), Gemeenskapsteater, Teater in die Onderwys, en vermaaklikheids opvoeding

Navorsingsvaardighede – verkryging van inligting oor hoe om 'n drama- of 'n kuns en kultuuronderwyser te word.

Navorsing oor hoe Drama in die skool vir Voorligting- en Lewensvaardigheidsopvoeders tot hulp kan wees

Navrae oor hoe drama deur dramaterapeute vir terapie gebruik word Navorsing oor “terugspeel” teatergroepe wat mense aanmoedig om hul stories te vertel en die

stories dan as deel van 'n genesingsproses opvoer

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARD8.4.2.1 Identifiseer ouderdom-, geslag-, klasse- en kulturele stereotipering in stories, teater, rolprente, televisie of radio

oor tyd en in die hede.8.4.2.2 Ontwikkel ‘n kort stuk of toneel om probleme rondom stereotipering, diskriminasie en vooroordeel in die skool of

plaaslike gemeenskap te benadruk.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Identifisering vanstereotipes in stories, die teater, rolprente, televisie en radio ten opsigte van

ouderdom, geslag, klas/status en kultuur Vergelyking van die verlede met die hede. Hoe het dinge verander? Hoekom? Verkenning van hoe diskriminasie en vooroordeel met stereotipering skakel en hoekom dit

probleme veroorsaak Die vermoë om 'n voorbeeld te vind en 'n scenario te beplan wat die probleem illustreer Die vermoë om die dramatiese struktuur soos voorheen bespreek, te gebruik

17

Page 18: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: GRAAD 9: DRAMA

Teen die einde van Graad 9 kies leerders die dissiplines wat hulle vir die volgende VOO-fase wil volg. Die leerproses in hierdie graad het dus meer diepte en dien as voorbereiding vir die keuses wat hulle aan die einde van die jaar moet uitoefen.

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARD: GENERIES9.1.3.1 Voer ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uit.9.1.3.2 Neem deel aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n

dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Fisiese en stemopwarming om die liggaam en die stem op te warm, artikuleringsoefeninge om

die organe wat vir artikulasie gebruik word meer soepel te maak Organiseringsvaardighede wat van groot belang is vir die beplanning van enige dramatiese

item Samewerkingsvaardighede in groepe, om na mekaar te luister, verantwoordelikheid vir

verskillende take te aanvaar en mekaar te ondersteun

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARD: BYKOMENDNeem deel aan ‘n opvoering sowel as ‘n deel van die produksie daarvan. Die opvoering behoort die volgende te toon: ‘n begrip van die basiese verhoogkonvensies; die gebruik van meer komplekse, dramatiese elemente soos spanning, simboliek en tydsberekening waar gepas; die gebruik van taal, gebare en beweging om karakters te skep; die gebruik van kostuums, rekwisiete, stelle, ligte of ander beskikbare hulpmiddels; bewustheid van die gehoor.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Ondersoeking van aspekte van produksie soos regissering/afrigting (wie beweeg hoe en waar

en die tipe karakter), beligting (hoe verskillende ligte en kleure variasie in atmosfeer kan skep), klank (die gebruik van musiek- en klankeffekte) en ontwerp (kostuums, rekwisiete en toneeldekor)

Ondersoeking van aspekte van opvoering, bv. karakteruitbeelding – volgens ouderdom en nering – gepaste taalgebruik, gebare en manier van beweeg

Optreevaardighede, bv. pas, spanning en die gebruik van simbole om die stuk te verbeter LEERUITKOMSTE 2: BESINNINGASSESSERINGSTANDAARD9.2.3.1 Ontleed die positiewe en negatiewe invloed van televisie, radio, dokumentêre of ander rolprente op ons lewens.9.2.3.2 Skryf ‘n oorsig van ‘n plaaslike of ander dramaproduksie, met verwysing na verhoogkonvensies en drama-elemente

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Ondersoeke van televisie, die radio, rolprente en dokumentê rolprente waarna die leerders kyk Die vermoë om krities na te dink oor hoe hierdie programme hulle positief sowel as negatief

beïnvloed Skryf van 'n resensie, bv. oor 'n rolprent, televisie- of radioprogram, of 'n kulturele,

godsdienstige of gemeenskapsgebeurtenis wat deur die leerder bygewoon is Analisering van die produksie ten opsigte van die gebruik van spasie, dramatiese struktuur en

karakterisering

18

Page 19: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN MEDEWERKINGASSESSERINGSTANDAARD 9.3.3.1 Speel in ‘n klein groepie die leiersrol in dramatiese oefeninge en rolspel, en toon ‘n bewustheid vir waarom dit

nodig is om saam te werk en verantwoordelikhede te deel en vir die gevolge van oorheersing binne die groep.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die vermoë om leiding te gee en in beheer te wees maar steeds te hoor wat ander te sê het,

ander met sensitiwiteit te hanteer en 'n atmosfeer van deelname en respek te skep.

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARD9.4.2.1 Gebruik ‘n drama-aanbieding om kritiek te lewer op die uitwerking wat sepies, radioprogramme of ander

beskikbare vorms van die uitvoerende media op mense se waardes en gedrag het.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE)EN WAARDES sluit in: Waarneming en bespreking van die gewildste sepies, radioprogramme, kulturele en

gemeenskapsopvoerings wat deur die leerders gesien word Analisering van hoe die toneelspelers se waardes van hul eie verskil en hoe die toneelspeler

se gedrag van hul eie verskil Uitbeelding van hierdie verskille in 'n aanbieding wat hul impak uitbeeld

19

Page 20: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: MUSIEK GRAAD 7

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARDE7.1.5.1 Kombineer en meng verskillende tromspeltegnieke en perkussiepatrone om ritmiese sinne te vorm.7.1.5.2 Improviseer en skep musiekfrases deur begrippe soos gemoedstemming, vorm en kontras te gebruik.7.1.5.3 Lees en sing of speel die C-toonleer en eenvoudige melodieë in G-majeur.7.1.5.4 Komponeer musiek, liedjies of wysies rondom menseregtevraagstukke of om ‘n opvoering of aanbieding oor

menseregte te begelei.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begeleiding op tromme en nie-melodiese slaginstrumente wat suiwer ritmies is – leerders kan

met verskillende ritmiese patrone eksperimenteer. Tromspeeltegnieke, soos die klapgeluid wat ontstaan wanneer die vingers bymekaar op die

rand van die membraan geslaan word; 'n dieper, gedempte geluid ontstaan wanneer die hand bak gemaak word en op die middel van die trom geslaan word; nog 'n geluid kom van die gebruik van 'n spesiale ring wat op die wysvinger gedra word en teen die houtdop van die trom getik word.*

Instrumentele spel op ander melodiese slaginstrumente, bv. marimbas of xilofone, om eenvoudige melodiese frases en musiekstukke te vorm om enige ander kunsaktiwiteit te vergesel.

Hersiening van basiese ritmiese patrone met kombinasies van kwart-, agste- en halwe note om ritmiese vraag-en-antwoordpatrone te skep wat kontrasterende instrumentgeluide behels bv. tromme met trillers (“shakers”) of tromme met tromstokke ens.

Luister na opnames wat gevoelens van vrede, woede en vreugde oproep. Improvisasie van musiekfrases om ‘n verskeidenheid van emosies soos woede, treurigheid,

geluk te illustreer, sowel as kontraste, bv. die skep van ‘n woedebui wat deur 'n gevoel van vrede gevolg word. Eksperimenteer met harde en sagte geluide, vinnige en stadige, asook hoë en lae geluide

Hersiening van die basiese Majeurtoonleerstruktuur. Toonlere kan op enige noot begin maar dan moet kruise (<) of molle (=) bygevoeg word om die struktuur akkuraat te hou. Die < lig die toonhoogte van ‘n noot met ‘n halwe toon terwyl ‘n = die toonhoogte van ‘n noot met ‘n halwe toon verlaag. Wanneer nuwe toonlere geskryf word, moet die toonafstande (afstand tussen twee opeenvolgende note) dieselfde bly. Indien die toonafstand (interval) te klein is, moet die tweede noot dus deur middel van die byvoeging van ‘n < verhoog word. Indien die toonafstand te groot is, moet ‘n = langs die tweede noot geplaas word om die toonafstand kleiner te maak.

Komposisie is ‘n persoonlike aktiwiteit. Leerders behoort te eksperimenteer met hulle stemme en/of melodiese instrumente om te besluit watter wysie die huidige aktiwiteit die beste pas.

* Nzewi, O'Dyke. "An Introduction to African Modern Classical Drumming" in Oehrle, Elizabeth (red.) The Talking Drum. 12:September 1999 (bl.17-18)

20

Page 21: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 2: BESINNING ASSESSERINGSTANDAARDE7.2.4.1 Klassifiseer Afrika-instrumente volgens of dit snaar-, stryk-, lug-, houtblaas-, koperblaas-, of slaginstrumente is.7.2.4.2 Bespreek enige van die volgende soorte klank, hoe dit gespeel word, en wat die klank voortbring tromme – gemaak van hout, kalbasse of klei – om die verskillende membrane wat uit bees-, bok-, of donkievel

bestaan, te wys; slaginstrumente – ratels, klokke, klapstokke, gesplete gongs, mbira, xilofoon, kalimba, likembe, lamallafoon; snaar-/strykinstrumente – musiekboë, luite, liere, harpe, siters, kora, xalam; houtblaasinstrumente – fluite gemaak van bamboes, riet, hout, klei en been; trompette gemaak van dierehorings en hout; klarinette uit die savannastreek, gemaak van doerra- of sorgumstingels; flügelhorn, saksofone en kitare.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die versameling van prente en, waar moontlik, opnames van die instrumente waarna in die

kurrikulum verwys word. Uitsortering van die nagevorste materiaal in ‘familiegroepe' bv. ideofone, membranofone ens. Uitstal van die prente in die klaskamer en gereelde byvoeging van nuwes deur die loop van die

jaar. Bespreking van hoe die geluid by verskillende groepe instrumente gevorm word. Klankproduksie

met behulp van 'n skuif (“slide”) (wat die toonhoogte verander deurdat die lengte van die pyp waardeur die lug vibreer verander word), bv. ‘n tromboon/skuiftrompet, of die toemaak van gate (om die vibrerende lengte van die pyp langer te maak), bv. verskillende soorte fluite.

Bespreking van die materiale en tegnieke wat gebruik word om verskillende instrumente te maak.

21

Page 22: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSTANDAARDE7.3.4.1 Sing en/of speel Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture met die gepaste ritme, tempo en dinamika7.3.4.2 Skep gepaste melodiese of nie-melodiese begeleiding vir enige Suid-Afrikaanse volksliedjie, lofsang of

melodie.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Versameling van opnames en, waar moontlik, bladmusiek van ‘n verskeidenheid Suid-

Afrikaanse liedere Onderrig van geselekteerde liedere d.m.v. herhaling van rondtes, asook lees van bladmusiek Bespreking van die verskillende style, die struktuur en inhoud van volksliedere en lofsange Eksperimentering met verskillende ritmes, tempo (spoed), en dinamika (hard en sag) om as

begeleiding vir die geselekteerde liedere te gebruik

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARDE7.4.3.1 Ondersoek en verduidelik die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse musiekvorms in Suid-Afrika gebruik word

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Navorsing en bespreking van verskillende soorte musiek wat by kulturele of tradisionele

geleenthede gebruik word, bv. by troues, begrafnisse, sportgeleenthede, politieke vergaderings ens.

Ondersoek van die tipe instrumente (solo of groepe) wat moontlik by hierdie geleenthede gebruik word en of daar slegs instrumente of slegs vokale musiek gebruik word.

22

Page 23: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: MUSIEK GRAAD 8

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING (VERTOLKING) EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARDE8.1.5.1 Generies: Leer en bied liedjies of musiek uit die populêre of plaaslike kultuur aan.8.1.6.1 Addisioneel: Komponeer en voer ‘n 4-maatmelodie met kwartnote, agtstenote en halfnote op.8.1.6.2 Lees, skryf en sing of speel toonlere en eenvoudige melodieë in die C-majeur, G-majeur en F-majeur.8.1.6.3 Skep ‘n geïntegreerde musiekaanbieding wat ‘n boodskap vertolk en dans, drama en visuele elemente

insluit. VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Generies: Versameling van opnames en, waar moontlik, geskrewe partiture (“scores”) van ‘n

verskeidenheid populêre liedere en ook liedere van plaaslike kulture sodat hulle opgevoer kan word.

Addisioneel: Kennis van maatslag (“beat”) en maatstrepe (“bars”), bv. ‘n melodie wat bestaan uit ‘n aantal maatstrepe (klein gedeeltes), wat almal presies dieselfde aantal maatslae bevat. Daar kan 2, 3 of 4 maatslae in ‘n maatstreep wees en dit sal deur ‘n maatteken (“time signature”) aangedui word bv. 3/4 beteken dat daar drie kwartnootmaatslae in elke maatstreep is.)

Komposisie is ‘n persoonlike aktiwiteit. Leerders behoort met hulle stemme en/of melodiese instrumente te eksperimenteer om te besluit watter wysie by die huidige aktiwiteit pas.

Kennis van die struktuur van ‘n Majeurtoonleer. G Majeur sal ‘n F# benodig terwyl F Majeur ‘n B= sal benodig om die basiese struktuur te behou.

Kennis van die name en plasing van verskillende note op die 5 lyne van die notebalk Komponering van toepaslike musiek om ‘n geïntegreerde aktiwiteit te versterk

LEERUITKOMSTE 2: BESINNINGASSESSERINGSTANDAARDE8.2.4.1 Luister na en toon hoe die gebruik van meerstemmigheid (polifonie) in Afrikamusiek aan deelnemers

gelykmatige ruimte bied om aan die maak van musiek deel te neem.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Kennis van die struktuur van ‘n 12-eenheid poliritmiese partituur (“score”). Die getal 12 word

gebruik omdat dit in eenhede van twee, drie en vier verdeel kan word. Opvoering van poliritmes op ‘n verskeidenheid instrumente met ‘n aantal groepe. Luister na elke individuele ritme, asook na wat in ander groepe gebeur. Luister na die gapings of stiltes in ‘n ritme. Die speel van individuele gedeeltes op nie-melodiese en melodiese instrumente soos pype,

tromme, stokke en trillers (“shakers”)

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSTANDAARDE8.3.4.1 Doen navorsing en deel inligting oor musiek- en musiekverwante loopbane en opleiding wat verkry word met

ander.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Navorsing oor die vereistes vir opleiding in die musiekwêreld, bv. as operasanger;

instrumentele solospeler; ‘n speler in ‘n orkes of musiekgroep; betrokkenes by die musiek van wêreld van die teater of ballet, bv. klankingenieur.

Inligting m.b.t. die musiek-uitgewersbedryf Reklame vir sangers, instrumentspelers en musiekgroepe deur radio, beeldradio en die

gedrukte media

23

Page 24: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARDE8.4.3.1 Identifiseer en verduidelik geslag- en/of kulturele stereotipering in die lirieke en instrumente wat oor tyd heen

gebruik is en in die hede gebruik word.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Luister en bespreking van sommige opnames van ‘n verskeidenheid vokale kunstenaars bv.

Brenda Fassie en EMINEM met spesiale aandag op die woorde Bewustheid van omstrede kwessies, soos: Is dit slegs swart kunstenaars wat Rap sing?

Speel slegs wit mense klassieke musiek? Sensitiviteit teenoor verskuilde mediaboodskappe, bv. die besigtiging van advertensies en die

identifisering van diegene wat spesifiek mansprodukte bevorder en diegene wat spesifiek vroueprodukte bevorder; luister na die musiek wat vir hierdie advertensies gebruik word

Herkenning van die stemming wat geskep word deur sekere soorte musiek wat spesifieke tipes instrumente en stemme gebruik.

Die vermoë om op te let, vrae te vra en ongelykhede te identifiseer, soos hoekom slegs mans gewoonlik sekere instrumente soos ‘n groot kerkorrel of kontrabas speel?

24

Page 25: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR GRAAD 9: MUSIEKTeen die einde van Graad 9 kies leerders die dissiplines wat hulle vir die volgende VOO-fase wil volg. Die leerproses in hierdie graad het dus meer diepte en dien as voorbereiding vir die keuses wat hulle vir die volgende jaar moet uitoefen.

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARDE: GENERIES9.1.5.1 Gebruik die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente en maak musiek wat in ‘n 5/4-, 7/8-, 12/8- en

4/4-metrum opgevoer word.9.1.5.2 Organiseer en bemark ‘n musiekuitvoering ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en

produksie daarvan

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Luister na 5/4 en 7/4 ritmes bv. “Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck.

Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese slaginstrumente saam met ‘n opname van hierdie ritmes Gebruik slag instrumente en tromme en komponeer individuele ritmes met onreëlmatige

maatslae Organiseer ‘n klaskonsert wat die volgende insluit:

Versameling en aanbieding van liedere en/of stukke wat in die loop van die jaar geleer is. Reël oudisies en besluit op items vir die program; Stel 'n repetisierooster en taaklys op vir alle spelers, plekaanwysers, verhoogbestuurder en

verhoogwerkers; Maak plakkate om die konsert te adverteer en ontwerp ‘n program vir die individuele items; Bespreek of daar verversings sal wees en indien wel, watter soort; Bespreek die befondsing en all finansies.

ASSESSERINGSTANDAARDE: ADDISIONEEL9.1.5.3 Reads , writes and sings or plays scales and melodies in Db, Ab,Bb and Eb Majors9.1.5.4 Blends the styles of own choice from immediate cultural environment and those used in West, East, Central

or North Africa.9.1.5.5 Uses ululation, vocalic lilting, crepitation and mouth drumming to create a climax in a musical situation.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Hersiening van Majeurtoonlere wat reeds geleer is en die skryf van nuwes in die

progressiewe orde van Bb, Eb, Ab en Db. Hierdie progressiewe orde verseker dat daar stelselmatig elke keer nog 'n mol verskyn

Luister na opnames van musiekstyle van regoor die vasteland van Afrika, insluitend style soos Kwaito, Jazz, Kwassa-Kwassa, Gospel, Hip-Hop, High Life en Soukous.

Bespreking van bogenoemde verskillende style met verwysing na melodie en ritme en 'n probeer om ‘n geselekteerde tipe lied te komponeer.

Die vermoë om ululasie te gebruik (gil of huil as teken van verdriet of juiging), te knetter (om die geluid van kraking of rateling te maak) en oefen ook hoe om ‘n deuntjie of ‘n sangerige (“lilting”) manier te sing

.

25

Page 26: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

ASSESSERINGSTANDAARDELEERUITKOMSTE 2: BESINNING

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN MEDEWERKINGASSESSERINGSTANDAARD9.3.4.1 Neem die rol van dirigent, sanger, musikant, bestuurder of begeleier in ensemble-musiekaktiwiteite.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Vaardigheid in die gebruik van instrumente om ‘n lid van 'n instrumentele groep te kan wees Bewustheid van en vermoë om 'n reëlmatige maatslag vol te hou terwyl ander sing of musiek

maak Vermoë om te dirigeer in 2-, 3- of 4-slagtyd en musikante op die regte plek in die partituur

(“score”) in te bring Vaardighede wat benodig word vir die simpatieke, maar ferm begeleiding van 'n ander

instrumentis of sanger, d.w.s. om so iemand te ondersteun en nie te oorweldig nie Vermoë om die organisering te behartig met betrekking tot datums vir optredes, repetisietye,

vervoer en vergoeding vir 'n musikant of 'n groep musikante.

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARDE9.4.3.1 Verduidelik hoe die tegnologie musiek oor tyd heen geaffekteer het.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Ondersoeke na die ontwikkeling van die instrument m.b.t. hoe dit vervaardig word, bv. die

gebruik van ebbehout en plastiek in klarinette en blokfluite Navorsing oor die geskiedenis van opneemtegnologie van wassilinders af tot by MP3 digitale

tegnologie Navorsing oor die ontwikkeling van die vervaardiging van musiekinstrumente in die

elektroniese eeu, bv. die elektriese kitaar en die Hammond-orrel ens. Vermoë om die oorskakeling van analoë tot digitale tegnologie te verduidelik

26

9.2.4.1 Ontleed hoe musiek in liedere, rituele, openbare geleenthede, rolprente, opera of advertensies gebruik word om ‘n reaksie te ontlok.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Ontwikkeling van die luistervermoë om die leerders te bemagtig om te besluit of die musiek

gepas is vir die geleentheid, rolprent of advertensie Kritiese besinning, bv. of marsmusiek by ‘n doopdiens pas Die vermoë om musiek te analiseer ten opsigte van dinamika, tempo, ritme en stemming met

betrekking tot ‘n gebeurtenis of geleentheid. Die vermoë om te kan evaleer of die musiek / liedjie ‘n produk suksesvol kan aanbeveel, bv.

sou ‘n rustige babaliedjie gebruik kon word om ‘n kragtige 4X4 motor te adverteer?

Page 27: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: VISUELE KUNS GRAAD 7

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARDE7.1.7.1 Skep kuns, kunshandwerk of ontwerpstukke wat kommentaar op menseregtevraagstukke lewer en die volgende toon: die vermoë om op ‘n elementêre vlak met ‘n wye reeks materiaal, tegnieke, gereedskap en vaardighede te

eksperimenteer; die vermoë om simbole en patrone te identifiseer en te gebruik.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die verstaan van die vyf kunselemente: lyn, toonwaarde (lig en donker), fatsoen (“shape”) en

vorm, tekstuur en kleur, en verkenning van elk op sy eie en almal tesame, d.m.v. 'n wye reeks praktiese projekte;

Die verstaan en toepassing van kleurteorie, met inbegrip van primêre, sekondêre, tersiêre kleure, verwante en komplementêre kleure, tinte en skakerings

Die verstaan van fatsoen in ruimte / spasie in tweedimensionele werk (plat) en vorm (wat ruimte beslaan) in driedimensionele konstruksies.

Tekenwerk in 'n verskeidenheid media, bv. potlood, houtskool, stokkies wat in ink gedompel word, vetkryt, balpuntpen, met die gebruik van konsepte soos toonwaarde, lyn en tekstuur

Verfwerk, collage (kunswerke wat geskep word deur voorwerpe en uitgeknipte beelde {“images”} op papier te plak) en gemengde media (gebruik van 'n verskeidenheid materiale)

Maak van driedimensionele werke in verskeie media, byvoorbeeld karton en papier, opgetelde materiale, natuurlike voorwerpe en klei

Vertolking van persoonlike ervarings deur die maak van ekspressiewe kunswerke Begrip van die feit dat simbole fatsoene is wat iets anders verteenwoordig (soos die wit duif

wat as 'n simbool vir vrede gebruik word) en die skep en gebruik van persoonlike simbole in die leerder se werk

Verstaan en gebruik van patroon, wat uit herhaling van sommige of al die kunselemente ontstaan

ASSESSERINGSTANDAARD7.1.7.2 Gebruik riglyne om eie kunswerk uit sy of haar portefeulje te kies, voor te berei en vir ‘n klasaanbieding te

monteer.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die selektering, onder leiding van die opvoeder, van individuele kunswerke wat gedurende

die jaar voltooi is. Hierdie werk moet voorberei en aan die einde van die jaar met sorg uitgestal word vir 'n klasaanbieding. Leerders is besig om die vermoë te ontwikkel om hul eie werk krities te beskou en om 'n keuse uit hul eie portefeuljes te maak.

LEERUITKOMSTE 2: BESINNINGASSESSERINGSTANDAARDEVersamel inligting uit uitstappies, onderhoude of ander bronne om die bydrae van kuns, kunshandwerk en ontwerp op die alledaagse lewe en op Suid-Afrika se erfenis te ontleed.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die insameling en interpretering van inligting (hoe om iets te verstaan en sin daaruit te maak); Die voer en opname van 'n onderhoud (hoe om gepaste vrae op te stel en te vra en hoe om

die antwoorde selektief neer te skryf); Die gebruik van hierdie inligting om te verstaan hoe kuns, kunshandwerk en ontwerp 'n

bydrae tot die alledaagse lewe maak, bv. ontwerp in die media, klereontwerp, tekstielontwerp, keramiekontwerp, binnenshuise ontwerp, modeontwerp ens. Daar is baie meer voorbeelde wat deur leerders opgespoor kan word en waaroor hulle navorsing kan doen. Leerders moet probeer begryp hoe hierdie ontwerpe en kunswerke deel van ons nasionale identiteit kan vorm.

27

Page 28: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN MEDEWERKINGASSESSERINGSSTANDAARD7.3.5. Bespreek, beplan en deel hulpmiddels en hulpbronne met ander om ‘n kollektiewe kunswerk of aanbieding wat

nasiebou in Suid-Afrika bevorder, te lewer.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Groepwerk en die deel van inligting en vaardighede Verstaan van basiese konflikhanteringsvaardighede Begrip van wat betrokke is by 'n gesindheid wat 'n sterk en verenigde land kan bevorder

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSSTANDAARD7.4.4.1 Ondersoek en doen ‘n aanbieding oor die oorsprong, doel en rol van tekens, nasionale of tradisionele simbole,

standbeelde, erfenisterreine, liggaamsversiering, kunswerke, kleredrag of argitektuur

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Navorsing oor die oorsprong van tekens en simbole (Hoe hule ontstaan het en hoe hulle tans

gebruik word), standbeelde (Hoekom hulle gemaak is, wie hulle gemaak het en wat hulle verteenwoordig), erfenisterreine (Waar hulle is, hoekom hulle belangrik is en wat daar gebeur het), liggaamlike versiering (Hoekom liggame versier word, hoe hulle versier word, watter materiale vir die versiering gebruik word), kunswerke (Hoekom hulle gemaak is, wie hulle geskep het, watter materiale gebruik is, wanneer hulle gamaak is en wat die kunswerk vir ons sê), kleding (Kulturele kleding of mode: Wat is die doel van die kledingstuk, die materiale, konstruksiemetodes, ens.) of argitektuur (Wat is die doel van die gebou, waar is dit, waarvan is dit gebou, hoe lyk die plan daarvan, ens.)

28

Page 29: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: GRAAD 8: VISUELE KUNS

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSTANDAARDE: GENERIES8.1.7.1 Skep en bied ‘n artefak aan waarin idees uit die populêre kultuur of die massamedia gebruik word.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die skep van ‘n driedimensionele voorwerp (‘n voorwerp wat ruimte beslaan) met gebruik van

idees wat afkomstig is van die radio, beeldradio of tydskrifte, of van huidige populêre kultuur. Populêre kultuur is die oorheersende kulturele idee wat in die algemeen beskou word as die aanvaarbare manier om te dink, doen en glo. Hierdie projek kan teen die einde van die jaar voltooi word. Dit kan slegs gebeur nadat leerders ondervinding opgedoen het van vaardigheidsoefeninge wat lei tot ‘n begrip van ruimte, ’n grondige kennis van die kunselemente, ‘n deeglike begrip van die gebruik van materiale en hoe om ‘n tema of idee wat van die media afkomstig is, te vertolk en te ontwikkel om ‘n kunswerk te word.

ASSESSERINGSSTANDAARD: BYKOMEND:8.1.8.1 Skep kuns, kunshandwerk of ontwerpstukke wat die volgende toon: Differensiasie tussen die organiese en nie-organiese aspekte van die geboude en natuurlike omgewing in die

ontwerp, waarnemingstekenwerk en tweedimensionele en driedimensionele werk; interpretasie en uitdrukking van eie begrip van kultuur en erfenis..8.1.8.2 Selekteer, bied aan en monteer onafhanklik eie kunswerke vir ‘n skoolaanbieding

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begrip van die verskil tussen organiese fatsoene van die natuurlike wêreld soos klippe, blare,

boomstompe, en die geometriese, mensgemaakte (nie-organiese) fatsoene van die beboude omgewing soos deure, vensters, trappe, ens.

Die maak van tekeninge, collages, werk in gemengde media of skilderye, d.w.s. twee-dimensionele werke wat hierdie begrip reflekteer

Die maak van modelle en beeldhouwerk, d.w.s. driedimensionele werk (werk wat ruimte beslaan en volume het) wat die begrip van organiese en nie-organiese vorm vertoon.

Die gebruik van persoonlike begrip van kultuur en erfenis om ‘n visuele kunswerk te maak. Dit kan twee- of driedimensionele kuns insluit.

Werk wat verrig is sonder die leiding van die opvoeder, sodat die leerder se eie werk krities benader kan word en werkstukke uit sy/haar eie persoonlike portefeulje geselekteer en uitgestal kan word

LEERUITKOMSTE 2: BESINNING ASSESSERINGSTANDAARDE8.2.5.1 Identifiseer en verduidelik hoe fotografie, rolprentvervaardiging, beeldhouwerk en afdrukvervaardiging menseregteskendings kan dokumenteer.8.2.5.2 Lewer kommentaar op die komposisie, styl en onderwerp van kunswerke (bv. landskappe, portrette, stillewes, openbare kuns of weerstandskuns) oor tyd heen

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Vind van voorbeelde en besprekings oor hoe fotografie, rolprentmaak, beeldhou en drukkuns

gebruik kan word om menseregteskending op te teken. Waar ‘n tekort aan hulpmiddels hierdie opdrag bemoeilik, kan leerders hulle eie collages of visuele beelde skep en voorgee dat hulle fotos vir ‘n tydskrif of koerant skep, waarin hulle menseregteskendings beskrywe.

Begrip en bespreking oor fatsoen/vorm in ruimte (komposisie), die manier waarop tegnieke en materiale in kunswerke gebruik is, asook die onderwerpe/ temas wat kunstenaars steeds en dwarsdeur die geskiedenis gebruik het. Dit kan onlangse of ouer geskiedenis wees.

29

Page 30: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSTANDAARDE8.3.5.1 Doen navorsing oor loopbane in kuns, kunshandwerk, argitektuur, ontwerp en verwante loopbane en opleiding en deel dit met ander.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Navorsing m.b.t. werk in die areas wat reeds genoem is en die aanbieding van hierdie

inligting aan ‘n klasgroep op ‘n ordelike en logiese manier. Inligting moet aandui of die werk in die informele of formele omgewing plaasvind, watter opleiding nodig is, waar die opleiding beskikbaar is, hoe lank die opleiding duur en wat dit kos. Verdere inligting moet insluit watter vaardighede vir die spesifieke werk noodsaaklik is, die soort aktiwiteite wat nodig is, en die plek waar die werk uitgevoer word.

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARDE8.4.4.1 Beskou en ontleed kommunikasie in verkillende massamedia en identifiseer ooglopende of veskuilde

boodskappe, vooroordeel, stereotipering of propoganda.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begrip en interpretasie van die massamedia en die opsporing van verskuilde of duidelike

boodskappe in die gedrukte media (koerante en tydskrifte) en ook op programme en advertensies oor radio en beeldradio. Hierdie verskuilde boodskappe sluit die volgende in: vooroordeel (of die onregverdige beïnvloeding van die publiek), stereotipering (of die onrealistiese aanname dat mense volgens tipe gekategoriseer kan word, bv. alle meisies hou van pienk en alle mans is sterk), of propaganda (‘n boodskap wat uitgestuur word en ‘n spesifieke politieke party of siening bevoordeel).

30

Page 31: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: VISUELE KUNS GRAAD 9

Teen die einde van Graad 9 kies leerders die dissiplines wat hulle vir die VOO-fase wil volg. Die leerproses in hierdie graad het dus meer diepte en dien as voorbereiding vir die keuses wat hulle aan die einde van die jaar moet uitoefen.

LEERUITKOMSTE 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN AANBIEDINGASSESSERINGSSTANDAARD: GENERIES:9.1.7.1 Skep kuns, handwerk of ontwerpstukke wat: idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee; demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp vrymoedig gebruik word..

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Gebruik van eie idees en ervarings om kunswerke en kunshandwerk wat persoonlik en

beeldend is, te maak. Die gebruik van die vyf kunselemente met selfvertroue en insig en die doelmatige toepassing

daarvan in ontwerp en kunswerke.

ASSESSERINGSTANDAARDE: GENERIES9.1.7.2 Ontwikkel ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begrip vir die proses wat betrokke is by die verkoop van kuns en kunshandwerk, insluitend

aan wie, waar en hoe. Realistiese toekenning van pryse en die gebruik van advertensies moet ook aangemoedig word. Ander uitvloeisels sou reklametegnieke en menslike verhoudings met moontlike kliente insluit. Hierdie assesseringsstandaard bou voort op die vaardighede wat in Graad 8 verwerf is.

ASSESSERINGSTANDAARDE: ADDISIONEEL9.1.8.1 Skep kunswerke wat die volgende toon: Voorbereidingsaktiwiteite soos sketse, die insameling van visuele verwysings en die seleksie van gereedskap en

materiaal; die gebruik van konvensionele of eksperimentele prosesse en tegnieke, met aandag aan gepaste keuse van

materiaal; verkenning en voorstelling van spesifieke patrone en ontwerpsmotiewe wat in die Suid-Afrikaanse geskiedenis

voorkom

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Voorafbeplanning en beplanning vir die maak van ‘n kunswerk, wat georganiseerde denke en

toepaslike voorbereiding vereis in terme van persoonlike ondersoek na hulpmiddels, voorbereidende tekenwerk en die selektering van die regte gereedsakp en materiale.

Gebruik van maklik bekombare en bekende kunsmateriale soos verf, potlode en pastelle, sowel as verkenning van verskillende en nuwe tegnieke en materiale. Dit kan moderne tegnologie, soos die fotostate en rekenaarverwekte beelde insluit, en ook materiale soos glas, plastiek, ens. Die gebruik van materiale moet ten alle tye getuig van 'n goedoorweegde en geskikte proses.

Gebruik van patrone en ontwerpe wat deel vorm van die geskiedenis van ons land, byvoorbeeld soos die geometriese fatsoene van Ndebele-versierings en patrone en simboliek in kralewerk

ASSESSERINGSTANDAARDE: BYKOMEND9.1.8.2 Selekteer, bied aan en monteer eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n

openbare aanbieding.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Selektering en tentoonstelling van leerders se kunswerke vir 'n openbare uitstalling. Die vaardighede

wat hier belangrik is, betrek weereens die vermoë tot kritiese selektering, aanbieding, georganiseerde denke en gepaste voorbereiding, sowel as om in 'n groep te werk en behoorlike tydsbestuur toe te pas. In Graad 9 behoort leerders ook verantwoordelik te wees vir die skriftelike verduidelikings en etikette wat nodig is om hulle werk te identifiseer.

31

Page 32: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 2: BESINNINGASSESSERINGSTANDAARDE9.2.5.1 Organiseer en bemark ‘n musiekuitvoering met betrekking tot van die beplanning, reklame, fondsinsameling en

produksie daarvan.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Navorsing, versameling en analisering van data, en verduideliking van die

lewensomstandighede van 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar, byvoorbeeld Irma Stern of Willie Bester of die keramiekkunstenaar Ardmore; 'n Afrika-kunstenaar soos die Namibiese John Muafengejo; of 'n internasionale kunstenaar soos Van Gogh of Picasso, met beskrywing en begrip vir hoe die werk van die kunstenaar die resultaat van die invloede op sy/haar lewe was, en van die sosiale en historiese omstandighede wat rondom hom/haar geheers het.

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSSTANDAARD9.3.5.1 Omskep sintuiglike ervarings en persepsies van mag in sosiale verhoudings in visuele kunswerke

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: 'n begrip van mag in sosiale verhoudings en die gebruik daarvan in 'n kunswerk, byvoorbeeld

die erkenning van magsreklame /advertensies en die gebruik daarvan in 'n kunswerk; of die mag van eweknie-druk, sosiale druk, en gebruikmaking daarvan in 'n kunswerk

ASSESSERINGSTANDAARDE: MEDIA BYKOMEND:9.3.6.1 Maak ‘n video of ander mediaproduk gebaseer op ‘n onderwerp van haar of sy eie keuse; die produk moet die volgende toon: begrip van die medium wat gekies is; goeie aanwending van tegniese vaardighede; duidelike uiteensetting van intrige of vraagstukke; gepaste gebruik van ontwerpskenmerke; begrip van die teikengehoor.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Afhangend van die hulpmiddels by die skool of huislike omgewing, moet die leerder 'n video,

"power point" aanbieding, advertensie, plakkaat, ens, maak wat vertroudheid met die gekose medium, goeie vakmanskap en tegniese vaardigheid, duidelike blootstelling van die kwessie wat die leerder vir kritiese kommentaar uitgesonder het, gepaste gebruik van die kunselemene, letterwerk, komposisie, kleur, ens. en kennis van die gehoor vir wie die werk bedoel is, toon.

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSSTANDAARD 9.4.4.1 Verduidelik hoe kultuur, lewenstyle, oortuigings en modes deur kuns weerspieël en beïnvloed word.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begrip vir en bespreking van die feit dat die werk van enige kunstenaar 'n weerspieëling is

van die kultuur, lewensstyl, oortuigings en mode van sy/haar tyd asook van die kunstenaar se eie ervaring. Dit behels die ekspressiewe aard van die kunste.

ASSESSERINGSSTANDAARD 9.4.4.2 Pas mediaproduksievaardighede toe, met inagneming van teikengroep, doel en ontwerpselemente (bv. skep ‘n

advertensie, klasnuusbrief, plakkaat, T-hemp, logo of advertensieklingel.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die gebruik van vaardighede wat belangrik is by die produsering van 'n media-voorbeeld,

soos 'n klasnuusbrief, 'n plakkaat, ens, met bewustheid van die gehoor vir wie dit bedoel is (die lesers van die nuusbrief, diegene wat die plakkaat sal sien); die doel wat gedien word (die nuusbrief sal die leser inlig, die plakkaat verskaf inligting of 'n uitdaging) en die ontwerpelemente (kleurgebruik, gebruik van spasie, plasing van letterwerk en beelde, ens.)

32

Page 33: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: OORKOEPELEND GRAAD 7

LEERUITKOMSTE 2: BESINNINGASSESSERINGSTANDAARDE7.2.1.1 Vind uit oor ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar uit die verlede of hede, uit enige kunsvorm, en doen verslag aan

die klas.7.2.1.2 Verduidelik waarom dit nodig is om ‘n land se inheemse kennisstelsels en erfenisartefakte in galerye, teaters,

kultuurterreine en natuurlike erfenisterreine bewaar.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in:Let wel: die kunstenaar kan 'n danser, musikant, dirigent, regisseur, akteur, skilder, grafiese kunstenaar, beeldhouer ens. wees. Navorsingsvaardighede – opsporing en selektering van inligting Gebruik van navorsingsvaardighede wat leerders in staat stel om 'n onderhoud te voer, te

lees, te luister en neer te skryf, sin te maak uit inligting, en die inligting op 'n betekenisvolle en interessante manier (mondelings, visueel, en of skriftelik) vir die klas aan te bied

Kennis van loopbane en opleiding in 'n verskeidenheid van kunsvorms Waardering vir die geskiedenis en tradisies van eie en ander se kulture, en begrip en

waardering vir ooreenstemmings en verskille Begrip vir die behoefte om hierdie sisteme en artefakte te waardeer, te beskerm en te bewaar

sodat toekomstige nageslagte daardeur verryk kan word; uitstappies na bewarings-, kulturele en erfenisterreine kan waardevol wees

Begrip vir hoe die verlede die hede affekteer en tot die hede bydra

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSTANDAARD7.3.1.1 Omskep persoonlike ervarings in uitdrukkingsvorme7.3.1.2 Gebruik kunsaktiwiteite om individuele en kollektiewe identiteit uit te druk.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS (GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Gebruik van eie ervarings om 'n persoonlike reaksie in en van die kusvorms te skep Begrip van hoe om 'n persoonlike ervaring te ïnterpreteer en te herskep en uit te druk in visuele kuns,

drama, dans of musiek sodat dit met ander gedeel kan word. Gebruik van vaardighede en elemente in een of meer van die kunsvorms om 'n sin van die self, en die

self as deel van 'n groep, hetsy 'n klasgroep, kulturele groep of as 'n Suid-Afrikaner, te toon

33

Page 34: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: OORKOEPELEND GRAAD 8

LEERUITKOMSTE 2: BESINNING ASSESSERINGSTANDAARD8.2.1.1 Verduidelik die belangrikheid van werksbesit en kunstenaarskopiereg in mondelinge kunsvorme en geskrewe komposisies.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begrip en bespreking van die feit dat, ten spyte daarvan dat ‘n kunswerk deel van ons lewens

word, dit die eiendom van die kunstenaar bly, bv. die mondelinge tradisionele kunsvorms, musiek ens.

Bespreking van die oortreding van outeursreg wanneer musiek op DVDs en CDs onwettig gekopieer en verkoop word

ASSESSERINGSTANDAARD8.2.1.2 Bespreek hoe die kunste bygedra het, en kan bydra, tot sosiale en kulturele verandering (bv. as ‘n spieël, in

dokumentêre, as voorstelle, kommentaar, voorspellings).

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Gesprekke rakende die rol wat deur die kunste gespeel word om mense van belangrike sake,

bv. HIV/VIGS bewus te maak en hoe hierdie bewustheid denkpatrone en sosiale optrede kan verander.

Bespreking van die verskillende maniere hoe die kunste ons gemeenskappe kan verander, deur die media en die blootstelling van mense aan die kunstenaar se denke en sienswyses.

Bespreking van hoe die kunste kulturele verandering deur kanale soos die massamedia kan beïnvloed.

ASSESSERINGSTANDAARD8.2.1.3 Gebruik die kunste om ‘n bewustheid van omgewingsvraagstukke te toon.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Bespreking en bewustheid van omgewingskwessies soos besoedeling, droogte, natuurlike

bronne, en soeke na maniere om hierdie bewustheid deur middel van een of meer van die kunsprosesse uit te beeld.

34

Page 35: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSTANDAARDE8.3.1.1 Beoefen entrepreneursvaardighede deur saam te werk om kunswerke te bemark.8.3.1.2 Pas tydsbestuur en selfdissipline toe om by sperdatums te hou.8.3.1.4 Werk saam om: interdissiplinêre aanbiedings te organiseer en doeltreffende organisasievermoëns en –vaardighede rondom

beplanning, bestuur en bemarking te toon; take en verantwoordelikhede doeltreffend te deel, bv. deur verskillende rolle in groepprojekte te speel.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Werk in 'n groep om kunswerke te bemark. Vaardighede sluit bespreking in, deel van idees en

deeglike beplanning en behoort op die vaardighede wat in Graad 7 geleer is, te bou. Leer van doeltreffende tydsbestuur deur die tydige inhandiging van take, beplanning en

uitvoering van werk teen die regte tyd, en om dit sonder toesig te doen. Werk in 'n groep om ‘n aanbieding te organiseer wat drama, dans, visuele kuns en musiek op

‘n geintegreergde manier insluit. Wys die vermoëns van ‘n groep om voor te berei, vooruit te beplan, die geleentheid te

adverteer en die proses te bestuur. Deel van take in ‘n groep sodat elke leerder ‘n gelyke maar verskillende rol gegee word wat

belangrik is en wat self-agting ondersteun.

ASSESSERINGSTANDAARDE8.3.1.3 Verken en bespreek opleiding en loopbane op die gebied van kuns en kultuur – gebaseer op navorsing en terreinbesoeke.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Ondersoeking van die moontlike werksgeleenthede wat deur Kuns en Kultuur-gebaseerde

dissiplines geskep word. Die navorsing van moontlike loopbane in die kunste. Besoeke aan werksterreine en die moontlike gebruik van “job-shadowing” aktiwiteite sodat

leerders die geleentheid kry om kennis in te win i.v.m. spesifieke kunsverwante loopbane. Die versameling van genoeg toepaslike inligting sodat dit in die klaskamer bespreek kan word.

35

Page 36: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

KUNS EN KULTUUR: OORKOEPELEND GRAAD 9

LEERUITKOMSTE 2: BESINNINGASSESSERINGSTANDAARDE9.2.1.1 Identifiseer die samestellende dele van ‘n geïntegreerde Afrikakunsvorm

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die opsporing van die geïntegreerde kunste wat saam ‘n kunsvorm skep. 'n Drama-produksie

kan byvoorbeeld musiek, kostuum, programontwerp en moontlik ook dans insluit. ‘n Kunstentoonstelling kan dramatiese aanbiedingsvaardighede en dalk beweging, ens. insluit.

ASSESSERINGSTANDAARD9.2.1.2 Ontleed die wisselwerking tussen wêreld- en plaaslike kultuur9.2.1.3 Ontleed hoe kulture mekaar beïnvloed en verander.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begrip vir die idee dat globale kultuur, soos bv. Amerikanisme, die plaaslike kultuur kan

beïnvloed deur die media en advertensies, verskillende soorte blootstelling (sepies, dokumentêre rolprente, op radio of/en beeldradio, nuusuitsendings, ens.).

Begrip oor hoe kulture mekaar deur blootstelling en invloed kan affekteer en hoe hierdie effek uiteindelik die kulture kan verander. Britse kultuur kan byvoorbeeld deur Afrika-kultuur beïnvloed word om kralewerk as deel van hulle mode in te bring, terwyl Afrika-kultuur populêre sportskoene as ‘n wenslike byvoeging tot hulle kleredrag kan inbring.

ASSESSERINGSTANDAARD9.2.1.4 Bespreek die rol van tegnologie oor tyd heen in die vorming van prosesse en produkte in drama, dans, musiek of kuns

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begrip en bespreking van die manier waarop moderne tegnologie die kunste beïnvloed.

Voorbeelde sluit in hoe rekenaars die visuele kunste beïnvloed, hoe opnameprosesse musiek beïnvloed, en hoe rolprente beide dans en drama beïnvloed. Tegnologie het veranderings en vordering gebring wat daarsonder nie sou gebeur het nie.

ASSESSERINGSTANDAARD9.2.1.5 Bespreek en vertolk die begrippe mag, beheer en oorheersing in die massmedia en populêre kultuur.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Begrip en gesprekke oor hoe die massamediamag ‘n dominerende rol in ons lewens uitoefen.

Voorbeelde hiervan is die soort programme wat gebeeldsaai word, die idees wat uitgestuur word en ook die soorte liggaamsvorm en mode wat as begeerlik aangedui word.

ASSESSERINGSTANDAARD9.2.1.6 Identifiseer die bronne van kulturele inligting (soos ouer lede van die gemeenskap, geleerdes en kunstenaars

uit die gemeenskap, biblioteke, museums, erfenisterreine of die Internet) om ‘n betekenisvolle komponis, musikant, kunstenaar of speler in die geskiedenis van musiek, dans, visuele kuns of drama te ondersoek.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Opspoor van beskikbare en toepaslike inligtingsbronne wat die leerder toelaat om ‘n

belangrike persoon in een van die kunsvorms maklik na te vors. Die gebruik van ontwikkelende navorsingsvaardighede om ondersoek in te stel en op te

teken.

36

Page 37: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

LEERUITKOMSTE 3: DEELNAME EN SAMEWERKINGASSESSERINGSTANDAARDE9.3.1.1 Toon sorg vir en sensitiwiteit teenoor ander se gevoelens, waardes en houdings tydens die oplossing van

probleme wat in kunsaktiwiteite ontstaan.9.3.1.2 Toon gewilligheid om nuwe kulturele idees te verken en die vermoë om stereotipes te heroorweeg.9.3.1.3 Erken individuele, groeps- en veranderende identiteite. Insluitend nasionale, etniese, geslags- en taalgroep,

ens.9.3.1.4 Druk eie identiteit en uniekheid in enige kunsvorm uit.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Bewyse van ‘n ontwikkelende vermoë om as deel van ‘n groep te werk, en om sorg en

sensitiwiteit vir die gevoelens van die ander in die groep te toon. Verkenning en belangstelling in idees wat nie noodwendig uit sy/haar eie kultuur kom nie, en

die vermoë te toon om weg van stereotipes te beweeg, bv. alle seuns raas en alle meisies giggel.

Erkenning daarvan dat die gemeenskap gedurig verander en die vermoë om te sien waar en wanneer hierdie veranderings plaasvind.

Besinning oor watter van die veranderings gesond en natuurlik is en watter nie wenslik is nie. ‘n Positiewe verandering mag die aanvaarding wees van diegene met 'n verskillende kultuur, godsdiens of taal, en ‘n negatiewe verandering sou die wegbeweeg van die bewaring van die omgewing wees.

Kennis van die waarde van jouself, jou identiteit, jou eiesoortigheid en die vermoë om dit in een van die kunsvorms uit te druk. ‘n Gesonde gevoel van waarde is belangrik in hierdie assesseringstandaard.

LEERUITKOMSTE 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKERINGASSESSERINGSTANDAARD9.4.5.1 Kombineer afsonderlike kunsvorme om ‘n nuwe uitdrukkingsvorm te skep.

VAARDIGHEDE, KENNIS, HOUDINGS(GESINDHEDE) EN WAARDES sluit in: Die gebruik van ‘n kombinasie van twee of meer van die kunsvorms wat deur die leerarea

omvat word om ‘n nuwe vorm van uitdrukking te skep wat persoonlik en uniek is. Die toepassing van al die vaardighede en kennis wat in die Senior Fase geleer is.

37

Page 38: LEARNING AREA: ARTS AND CULTURE · Web view“Take 5” en die “Unsquare Dance” deur Dave Brubeck. Leerders kan die maatslag van die musiek klop of klap. Speel tromme of nie-melodiese

AFDELING 2

7. TABEL VIR BEPLANNING

Die volgende tabel is geskep om met kurrikulumbeplanning binne en ook tussen grade in die Senior Fase te help. Dit is afkomstig van die HNKV Leerarea Verklaring vir Kuns en Kultuur.

Die tabel dek die leeruitkomste en assesseringstandaarde van Graad 6 tot Graad 9 om vordering aan te dui. Die assesseringstandaarde is vir gerieflikheidshalwe genommer:▪ Die EERSTE nommer is verwant aan die GRAAD.▪ Die TWEEDE nommer is verwant aan die LEERUITKOMSTE.▪ Die DERDE nommer is verwant aan die BAAN se opskrif (KUNSVORM of

OORKOEPELENDE).▪ Die FINALE nommer is verwant aan die ASSESSERINGSTANDAARD se lys van nommers.

Ter opsomming: Die nommers reflekteer die: GRAAD / UITKOMSTE / BAAN / ASSESSERINGSTANDAARD.

Dit is nie nodig om Assesseringstandaarde in volgorde te hanteer nie.

Die tabelle is beskikbaar op die WKOD Kurrikulum Direktoraat web-tuiste by: http://curriculum.wcape.school.za/ncs/index

Download die tabelle en bêre hulle op u skool se rekenaar vir gebruik tydens beplanning

38