Laerskool Kenmare | Skool  · Web view2017. 1. 18. · U word weer herinner aan ons skool se...

6
1 DIE KETTIE GAZETTE UITGAWE # 6 (2) 29 MEI 2015 Uit die Hoof se pen……. Geagte Ouer / Voog Na byna drie weke se gebruik wil dit voorkom of die verkeersreëlings in die oggende vir die meerderheid van ouers ‘n verbetering is op die vorige stelsel. Ons sê graag baie dankie aan elke ouer wat ingekoop het op die plan en gevolglik dit vir almal makliker gemaak het om die oggendverkeer- uitdagings by ons skool hok te slaan. Hartlik geluk aan ons junior- en seniorkoor wat tydens die Super 12- kompetisie skitterende optredes gehad het. Albei ons kore is beloon met ‘n silwer-toekenning. Baie, baie geluk en hartlike dank aan elke ouer wat onverpoos hul volgehoue ondersteuning aan hul kind en aan die skool gegee het. Ook aan mevv Pawson en Louw wil ons baie dankie sê vir ure en ure se oefeninge en afronding. U harde werk is ryklik beloon. Ons tweede-kwartaal eksamens het reeds afgeskop met ons graad sewe leerlinge en in die weke wat volg sal die res van ons grade hierby aansluit. Dit is dus uiters noodsaaklik dat u sal toesien dat u kind/ers elke dag skool sal bywoon en uiteraard baie goed sal voorberei vir hul onderskeie vraestelle. Ook die grondslagfase se assessering is weekliks ‘n prioriteit en leerlinge wat afwesig is skep ‘n geweldige groot uitdaging aan ons opvoeders om sinvolle evaluering te doen. Ons vra u samewerking in die verband. Wat die Wiskunde Olimpiade betref wil ons graag die volgende onder u aandag bring. U sou opgemerk het dat daar ‘n verduideliking op die borgvorms is aangaande die fondse wat die skool antisipeer om in te samel en ook die beplanning rakende die aanwending hiervan. Welliswaar is die meerdoelige saal en ook die sportfassiliteite op ons B-veld reeds aangebou. Die rede waarom hierdie fassiliteite genoem word op ons borgvorms is gekoppel aan die feit dat daar meer uitgebrei is op bepaalde geriewe in die projekte en dit veroorsaak dat daar ‘n tekort bestaan op die aanvanklike begroting. U sal waarskynlik saamstem dat met enige bouery, daar normaalweg ‘n verskil

Transcript of Laerskool Kenmare | Skool  · Web view2017. 1. 18. · U word weer herinner aan ons skool se...

Page 1: Laerskool Kenmare | Skool  · Web view2017. 1. 18. · U word weer herinner aan ons skool se jaarlikse Laerskool Kenmare / EPR / Eden Eiendomme Gholfdag wat DV plaasvind op Donderdag

1

DIE KETTIE GAZETTE

UITGAWE # 6 (2) 29 MEI 2015

UIT DIE HOOF SE PENUit die Hoof se pen…….

Geagte Ouer / Voog

Na byna drie weke se gebruik wil dit voorkom of die verkeersreëlings in die oggende vir die meerderheid van ouers ‘n verbetering is op die vorige stelsel. Ons sê graag baie dankie aan elke ouer wat ingekoop het op die plan en gevolglik dit vir almal makliker gemaak het om die oggendverkeer-uitdagings by ons skool hok te slaan.

Hartlik geluk aan ons junior- en seniorkoor wat tydens die Super 12-kompetisie skitterende optredes gehad het. Albei ons kore is beloon met ‘n silwer-toekenning. Baie, baie geluk en hartlike dank aan elke ouer wat onverpoos hul volgehoue ondersteuning aan hul kind en aan die skool gegee het. Ook aan mevv Pawson en Louw wil ons baie dankie sê vir ure en ure se oefeninge en afronding. U harde werk is ryklik beloon.

Ons tweede-kwartaal eksamens het reeds afgeskop met ons graad sewe leerlinge en in die weke wat volg sal die res van ons grade hierby aansluit. Dit is dus uiters noodsaaklik dat u sal toesien dat u kind/ers elke dag skool sal bywoon en uiteraard baie goed sal voorberei vir hul onderskeie vraestelle. Ook die grondslagfase se assessering is weekliks ‘n prioriteit en leerlinge wat afwesig is skep ‘n geweldige groot uitdaging aan ons opvoeders om sinvolle evaluering te doen. Ons vra u samewerking in die verband.

Wat die Wiskunde Olimpiade betref wil ons graag die volgende onder u aandag bring. U sou opgemerk het dat daar ‘n verduideliking op die borgvorms is aangaande die fondse wat die skool antisipeer om in te samel en ook die beplanning rakende die aanwending hiervan. Welliswaar is die meerdoelige saal en ook die sportfassiliteite op ons B-veld reeds aangebou. Die rede waarom hierdie fassiliteite genoem word op ons borgvorms is gekoppel aan die feit dat daar meer uitgebrei is op bepaalde geriewe in die projekte endit veroorsaak dat daar ‘n tekort bestaan op die aanvanklike begroting. U sal waarskynlik saamstem dat met enige bouery, daar normaalweg ‘n verskil is in aanvanklike berekeninge en finale berekeninge. As voorbeeld kan dien die feit dat die onthaalfassiliteite op die B-veld beplan was sonder ‘n dakgedeelte. Dit sou eers later aangebou word. Aangesien die bouproses so vining gevorder het en positiewe bedinging aangaande uitgawes op die dakgedeelte beding is, is daar besluit om die gebou te finaliseer in 2015. Die meerdoelige saal se aanbou was geen uitsondering nie en in die geval is daar besluit om ietwat hoër te bou om aan te pas by ons bestaande saal, die saal aan die binnekant ‘n moderne afwerking te gee, toe te rus met ‘n dataprojektor vir groepklasse, modern afwerking in die badkamers en ook om die twee aangesigte van die saal af te rond met plante en potte wat by ons skool se estetiese waarde sal pas.

Met verwysing na bogenoemde verduidelik ons dus waarom daar ekstra fondse benodig word. Baie dankie aan elke ouer wat reeds baie moeite gedoen het om te verseker dat die skool se beplande teiken so ver moontlik bereik word. Die teiken is slegs ‘n moontlikheid wat voorgehou word. U en u kind is baie beslis nie onder enige verpligting nie en ons waardeer elke bydrae, hoe klein dit ookal vir u mag voorkom.

Page 2: Laerskool Kenmare | Skool  · Web view2017. 1. 18. · U word weer herinner aan ons skool se jaarlikse Laerskool Kenmare / EPR / Eden Eiendomme Gholfdag wat DV plaasvind op Donderdag

Met verwysing na onlangse woelinge in die media rakende toelating van leerders tot ‘n openbare skool, sou u afgelei het dat daar sekere uitdagings is wat gesamentlik deur FEDSAS, ( Federasie van Suid Afrikaanse Beheerliggame ) en geteikende skole gehanteer is. Daar is op Dinsdag ‘n voorlopige hofbevel hieroor uitgeruik in die guns van FEDSAS. Ons sal u as ouer voortdurend op hoogte hou van enige veranderinge en gevolglike beleidsaanpassings wat daar in die nabye toekoms mag ontstaan. Vir die huidige gaan alles aan soos in die verlede en is daar niks waaroor u uself ernstig moet bekommer nie.

Sterkte aan ons Knikkies se rugby en netbal hierdie naweek op ons terrein. Ons weet dit gaan ‘n dag propvol uitdagings en plesier wees.

U word herinner aan die vriendskaplike rugbywedstryde wat op Dinsdag 2 Junie op ons terrein plaasvind teen Trinityhouse Preparatory School. Hierdie wedstryde is gereël in die plek van Noordskool se wedstryde wat afgestel is as gevolg van Noordskool se onttreking uit die liga teen Kenmare. Ons poog om hiervan ‘n jaarlikse geleentheid te maak en sien baie uit na die geleentheid om nuwe sportvriende te maak.

U word weer herinner aan ons skool se jaarlikse Laerskool Kenmare / EPR / Eden Eiendomme Gholfdag wat DV plaasvind op Donderdag 4 Junie te Krugersdorp Gholfbaan. Indien u sou belangstel om deel te neem moet u asseblief met mev Charmaine Schutte (011-955 1074 ) in verbinding tree om u deelname te bespreek.

Vriendelike groeteWouter Immelman

There is only one way to avoid criticism: do nothing, say nothing, and be nothing. –Aristotle

2

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL EN NIE BY ‘N NASKOOLSENTRUM INGESKRYF IS NIE IS ONTOELAATBAAR WANT HIERDIE LEERDERS HET NIE TOESIG NIE EN DIE SKOOL KAN NIE VERANTWOORDELIKHEID NEEM VIR HUL NA SKOOLURE NIE, U SAMEWERKING IN HIERDIE VERBAND SAL HOOG OPRYS GESTEL WORD.

PARKERINGOns versoek asb vriendelik dat ouers NIE van die personeel se parkering agter die Admin blokke gebruik maak NIE. Ongelukkig kry ons nog baie ouers wat die reël verontagsaam en soms mense vas parkeer.

PHOTOONDERRIGGELDE

Met hierdie skrywe wil ons baie dankie sê aan ons staatmaker-ouers, wat die skoolgelde so gereeld betaal. U maak dit vir ons moontlik om ons vele verpligtinge n ate kom. Nogmaals baie

dankie!Daar is egter enkele ouers wat nog nie betaal het nie, ons vra u

samewerking ook in hierdie verband. Kontak mev Magda Senekal by die Kantoor indien u problem ondervind met betaling van

skoolgelde.te betaal.

In terme van Afdeling 39 van die SASA is ouers aanspreeklik om verpligte skoolgelde te betaal.

Bankbesonderhede:ABSA – KRUGERSDORP; TJEKREK.NO. 01099240152;

TAKKODE: 632 005; Naam: LAERSKOOL KENMARE, meld asseblief die verwysingsnommer: ( bv 3CRON04)

Dit is baie belangrik sodat die gelde na die regte rekening geallokeer kan word. Faks asb. bewys van betaling na 011-955-1075 of e-pos na [email protected] of [email protected] Dankie dat ons hier

ook op u samewerking kan staatmaak.

Page 3: Laerskool Kenmare | Skool  · Web view2017. 1. 18. · U word weer herinner aan ons skool se jaarlikse Laerskool Kenmare / EPR / Eden Eiendomme Gholfdag wat DV plaasvind op Donderdag

3

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL EN NIE BY ‘N NASKOOLSENTRUM INGESKRYF IS NIE IS ONTOELAATBAAR WANT HIERDIE LEERDERS HET NIE TOESIG NIE EN DIE SKOOL KAN NIE VERANTWOORDELIKHEID NEEM VIR HUL NA SKOOLURE NIE, U SAMEWERKING IN HIERDIE VERBAND SAL HOOG OPRYS GESTEL WORD.

PARKERINGOns versoek asb vriendelik dat ouers NIE van die personeel se parkering agter die Admin blokke gebruik maak NIE. Ongelukkig kry ons nog baie ouers wat die reël verontagsaam en soms mense vas parkeer.

Page 4: Laerskool Kenmare | Skool  · Web view2017. 1. 18. · U word weer herinner aan ons skool se jaarlikse Laerskool Kenmare / EPR / Eden Eiendomme Gholfdag wat DV plaasvind op Donderdag

4

Page 5: Laerskool Kenmare | Skool  · Web view2017. 1. 18. · U word weer herinner aan ons skool se jaarlikse Laerskool Kenmare / EPR / Eden Eiendomme Gholfdag wat DV plaasvind op Donderdag

5