LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is,...

12
LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Eerste Kwartaal 2017 First Term SPORTS REPORT

Transcript of LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is,...

Page 1: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

LAERSKOOL DE HOOP

PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG Eerste Kwartaal

2017 First Term

SPORTS REPORT

Page 2: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

Atletiekverslag

Die eerste kwartaal was weer besig en vol hoogtepunte. Ons atlete het week na week uitmuntend presteer met pragtige uitslae by elke byeenkoms. Ons Interhuisatletiek is een van die grootste sportdae op ons kalender. Elke jaar sorg dit vir groot opgewondenheid onder atlete en ouers en hierdie jaar was geen uitsondering. Leerders het in groot getalle opgedaag om punte vir hul onderskeie spanne bymekaar te maak. Dit was twee dae vol aksie en hope vermaak vir al wat ‘n toeskouer was. Four of our learners were selected for the Western Province team. They are: Louw du Toit, Adrienne Gallop, Kayla Greeff and Karien Jooste. Adrienne Gallop and Louw du Toit were also selected for the Western Cape Team at the South African Championships!

Ons jaarlikse Interskole Atletiekbyeenkoms, wat vir die 18de jaar

geborg is deur BENBEL, het weereens voortreflike atletiek

opgelewer. Anders as vorige jare, was die kompetisie baie sterk,

wat gesorg het vir talle naelbyt-oomblikke. Die vier skole het

vanjaar goed opgeweeg teen mekaar, met De Hoop en Hendrik

Louw wat mekaar die stryd aangesê het om die beker.

Caroline Noyce broke the javelin and discus record for u/13girls.

Adrienne Gallop was named Senior Victrix Ludorum.

Page 3: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

Tennisverslag

De Hoop se tennisseisoen het afgeskop met ’n spanbou-naweek

vir die 0/13A- en B-seuns- en dogtersspanne. Die spanne het op

Vrydag 27/2 vir 3 ure afrigting ontvang en daarna is daar lekker

ontspan by die skool en oorgeslaap in die aktiwiteitsentrum. Op

Saterdag 28/2 het hulle by Kenridge gespeel teen ‘n

gekombineerde span van Kenridge en omgewing. Enkels, dubbels

en gemeng is gespeel. Die naweek is afgesluit met Tenpin Bowling

by die Grand West.

Daar is vanjaar 14 spanne ingeskryf vir ligawedstryde. Ons het ook

‘n ekstra 0/13-seunsspan roteer wat elke tweede week gespeel

het. Vyftien spanne, vyf oefengroepe(spelers wat potensiaal toon)

en nege grade-groepe is elke week afgerig. Die uitslae van die

seisoen was oor die algemeen goed, maar daar moet ook in ag

geneem word dat De Hoop se A- en B-spanne in die A-afdeling

Page 4: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

speel, die C- en D-spanne speel in die B-afdeling en die E-spanne

in die C-afdeling. Op die telbord is die uitslae dalk nie altyd so

goed nie, maar spelers kry geleentheid om op ’n Donderdag teen

’n goeie opponent te speel, eerder as om elke week maklik te

wen.

De Hoop se 0/11A- en 0/13A-spanne neem op 24-25 Februarie

deel aan die Eikestad Dubbels- en Gemengde toernooi. Dit is elke

jaar ’n heerlike toernooi met sterk kompetisie. Die 0/11’s maak

egter skoonskip en wen die toernooi oortuigend. Die 0/13’s speel

gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor

hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was

aan die orde van die dag. Die Sun City-spanne het op Sondag 26/2

vertrek. Elf seunsspanne en ag dogtersspanne van verskillende

dele van die land het deelgeneem aan hierdie toernooi. Die seuns

verloor in die finaal teen Eikestad en eindig dus tweede. Die

dogters speel in die finaal teen Willem Postma van Bloemfontein

en wen die toernooi deur pragtige tennis te speel. Ons is baie

trots op ons spelers vir die besondere manier waarop hulle De

Hoop op en vanaf die baan verteenwoordig het. Hulle was ware

ambassadeurs.

De Hoop kan baie trots wees op Megan Gibbs en Hanmaré

McAslin wat gekies is vir die Wes-Kaap Disa Interprovinsiale

Laerskole tennisspan(die span bestaan uit 6 spelers) wat die

komende vakansie in Bloemfontein gaan deelneem. Hulle speel as

nr 1 en nr 2 vir hierdie span. Hulle sal meeding teen die bestes in

die land. Verder is 10 van ons spelers gekies vir die Wes-Kaap Disa

A-span(die span bestaan uit 8 spelers): Luke Bosman, Ian Thom,

Schalk Beukes, Lisa-Marie du Toit, Danielle Millard, Daniel Knott,

Johan van Wijk, Annika Kruger, Amelia Kruger en Lené le Roux.

Ons het ook 10 spelers wat die Wes-Kaap Disa B-span

Page 5: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

verteenwoordig: Melt van As, Justin Cowley, Zack van der

Westhuizen, Lerize de Villiers, Carla le Roux, Leon du Toit, Dylan

Esterhuyse, Corné Thom, Ané de Villiers en Lara Truter. Voorwaar

’n pragtige prestasie met 22 leerders wat gekies is!

’n Groot en spesiale dankie aan al ons afrigters en personeel wat

betrokke is by die tennis van De Hoop. Dankie vir elkeen se bydrae

om vir so baie leerders ֹ’n geleentheid te skep om tennis te speel

en deel te neem.

Adéle Serfontein

TENNISORGANISEERDER

OPSOMMING: UITSLAE VAN TENNISWEDSTRYDE VIR EERSTE KWARTAAL 2017

De Hoop span Liga Aantal wedstryde Gewen Verloor Gelykop

o

Seuns 0/13A 0/13A 4 2 2

Seuns 0/13B 0/13A 4 2 2

Seuns 0/13C 0/13B 5 4 1

Seuns 0/13D 0/13B 5 1 2 2

Seuns 0/13E1 0/13C 3 3

Seuns 0/13E2 0/13C 2 1 1

Dogters 0/13A 0/13A 3 3

Dogters 0/13B 0/13A 4 1 3

Dogters 0/13C 0/13B 3 2 1

Dogters 0/13D 0/13B 4 1 2 1

Seuns 0/11A 0/11A 5 5

Seuns 0/11B 0/11A 4 1 2 1

Seuns 0/11C 0/11B 4 4

Dogters 0/11A 0/11A 4 4

Dogters 0/11B 0/11A 5 3 2

TOTAAL 59 31 15 13

FANTASTIESE UITSLAE!

Page 6: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

Krieketverslag

Ons krieket het ’n goeie seisoen beleef. Ons getal spelers het aansienlik gegroei, wat gesorg het vir diepte op 0/11-en 0/13- vlak. Die groot getal krieketspelers het ook aan ons die uitdaging gebied om bykomende wedstryde te reël. Ons het vir ongeveer 60 leerders op 0/11- en 0/13- vlak ’n speelbeurt gegee hierdie kwartaal. Bykomende afrigters is aangestel om die getal spelers in elke groep te beperk. Afrigters het die geleentheid gekry om meer aandag te gee aan al die basiese vaardighede van die spel. Ouderdomsgroepe is in verskillende tydgleuwe ingedeel om seker te maak spelers werk in klein groepe met ’n afrigter per groep. Die sukses van die krieketseisoen is te danke aan elke speler en afrigter. Baie dankie vir al julle harde werk en opofferings.

Stefan Sharp Hoof van Krieket

Span Wedstryde gespeel

Gewen Verloor

0/11A 5 4 1

0/11B 5 5

0/11C 5 4

0/13A 5 5 0/13B 5 4 1

0/13C & D 4 2 2

TOTAAL 29 24 5

Page 7: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

Mini-Krieketopsomming

Ons mini-krieket onder leiding van mnr Sharp het in die eerste kwartaal aansienlik verbeter in vergelyking met verlede jaar hierdie tyd. Die fokus was op individuele vaardighede en ontwikkeling. Ons het belê in ’n groter afrigtingspan wat verseker dat groepe so klein as moontlik kon bly. Ons het weekliks ongeveer 130 mini-krieketseuns geakkommodeer by oefeninge. Speelgeleenthede vir ons kinders is vir ons belangrik, maar bly ’n uitdaging met die so baie kinders. Ons het probeer om elke week vir 60 kinders die geleentheid te gee om ’n wedstryd te speel.

Span Wedstryde gespeel

Gewen Verloor Gelyk

0/9 A 5 2 3

0/9 B 5 3 2

0/9 C 5 3 2

0/9 D 5 4 1

0/8 A 5 1 4

0/8 B 5 2 3

0/8 C 5 1 4

0/8 D 5 3 2

Page 8: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

Swemopsomming

Dit was 'n bedrywige swemkwartaal met nie minder nie as 8 galas. Ons het die kwartaal afgeskop met ons jaarlikse kleuregala op 13 Januarie. Daarna het ons aan verskeie galas in en om die Helderbergkom deelgeneem en pragtige uitslae by die volgende galas behaal: Eversgala Prestige (2de plek), Sonegala (2de plek) en Dolfyntjiegala (1ste plek). Aflosgalas: Somerset College Gemengde Aflosgala (1ste plek), Somerset House Meisies Aflosgala (1st plek), Beaumont Seunsaflosgala (2de plek). Soos met die atletiek, pronk die Benbel Interskoleswemtrofee weer in ons kas. Ons swemspan het tydens die jaarlikse Benbel Interskole die punte ingeryg en seker gemaak De Hoop word weer as die algehele wenner gekroon. Six of our learners received their Western Province colours and one participated at the South African swimming championships in Durban. They are: Nicole Bougas, Caroline Noyce, Ruan Lategan, Matthew Beetge, Joshua Krige and Jade Bradley. Nicole Bougas het tydens die SA kampioenskappe haar 50 m borslagtyd

verbeter van 37.99 na 36.43 sekondes en sodoende die tweede plek behaal

(silwer) in die finaal en is dus nou nommer twee op die SA ranglys vir die

afstand. Sy het in 3 finale van die 50 m borslag, 100 m borslag en 200 m

borslag geswem. In die 8 items waaraan sy deelgeneem het, het sy ook al

haar vorige tye verbeter. Dit is ‘n besondere prestasie, Nicole! Ons is so trots

op jou.

Baie geluk aan al ons swemmers en afrigters vir julle toewyding gedurende hierdie seisoen.

Page 9: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

DE HOOP DAGLIG-SPREILIG-TOERNOOI Ons 4de Daglig-Spreiligtoernooi was weereens ‘n reusesukses.

Daar was altesaam 19 skole wat deelgeneem het. Dit was ’n

spoggeleentheid waarop Laerskool De Hoop trots kan wees. Die

telling by so ’n sportgeleentheid is ’n bysaak.

Baie dankie aan DE HELDERBOSCH KWIKSPAR, ons hoofborg, vir

julle getroue ondersteuning.

Page 10: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

SES-AAN-’N-KANTTOERNOOI

Ons jaarlikse Ses-aan-’n-kanttoernooi

het weer voortreflike spel en vermaak

opgelewer. Hierdie jaar het die

toernooi ’n nuwe baadjie aangetrek.

In plaas van 20 spanne ,is daar nou 24.

Die spanne wat die meeste lopies deur

die loop van die twee dae aangeteken

het, het deurgedring na die uitspeel-

rondtes.

Die nuwe formaat het natuurlik gesorg

vir meer wedstryde en groter

hoogtepunte. Die atmosfeer was

gelaai, met talle toeskouers wat hulle

spanne kom aanmoedig en

ondersteun het. Die samesyn tussen

ouers en onderwysers was aansteek-

lik.

Baie geluk aan die Pedagoge wat as

die algehele wenners gekroon is.

Ons wil graag ons borge, ROLA en

King Pie, bedank vir hulle bydrae en

positiewe gesindheid teenoor ons

skool.

Page 11: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde

Indoor Hockey

On Monday 20 February the annual u/12 and u/13 Boys and Girls indoor hockey tournament brought to completion an incredible indoor hockey season for De Hoop. The u/12 Boys, as well as the u/13 Boys and Girls, won the tournament. The tournament, which was played over 4 weeks, was dominated by De Hoop. They entertained the crowd with their excellent hockey skills. The tournament was a good way to get the season started, laying the foundation for the field hockey season ahead. We would like to thank all the players for their good behavior and the parents for their support throughout the tournament.

Page 12: LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL ...gelykop in die finaal teen Eikestad en, na potte getel is, verloor hulle met slegs 1 pot. Pragtige tennis en goeie sportmangees was aan die orde