laaste Gedenkboek

104

Click here to load reader

Transcript of laaste Gedenkboek

Page 1: laaste Gedenkboek

GEDENKBOEKVAN DIE

NED. GEREF.MOEDERGEMEENTE

BULTFONTEIN

1873 - 2008

1

Page 2: laaste Gedenkboek

Opgestel deur:Nelia van Huyssteen

Samestelling, bladuitleg en foto`s:Johan van Rensburg

Mag elkeen van u wat hierdie bundel lees, geraak word deur die

Almag en Krag en Genade van ons Here Jesus Christus, hoe Hy `n gemeenskap laat groei het, geseën en gelei het tot waar ons

vandag staan. Ons erken ons diepe

afhanklikheid van Hom, en eer en loof en prys

Hom vir die verlede, die hede en die toekoms.

Mag Sy genade met ons

2

Page 3: laaste Gedenkboek

wees, Sy krag oor ons en Sy Liefde en beskerming met ons. Seën word u toegebid.Johan van Rensburg

Bronne:Bultfontein 1874 – 1974Met dank aan die opstellers: Wyle Mnr. M.N. BreytenbachMnr. S.J.J. Coetzee

Dankie aan almal wat `n inset gelewer het om hierdie gedenkboek moontlik te maak.

Spesiale dank aan Koos en Sannie Theron en Muriel Bezuidenhout.

Gedruk deur Wepener drukkers. 2008

Voorwoord

Graag rig ek, as die tans dienende leraar, die volgende woorde tot die gemeente met die 135 ste verjaardag

viering van ons kerk.

Allereers, al die lof, dank, aanbidding en eer aan ons hemelse Here wat alles moontlik gemaak het.

Uit wie en deur wie alle dinge bestaan. Dit is vir my en Sandra ’n baie groot voorreg om hierdie

Gemeente sedert Oktober 1995 te kon bedien.

Daar is min gemeentes wat voor 1900 gestig terwyl ons gemeente reeds 135 jaar agter die rug het.

Daar is ’n baie besondere stukkie geskiedenis: gegewe die feit dat ons kanselkleed in die 1900 gedurende

die Anglo Boereoorlog gesteel is en 70 jaar in die buiteland bewaar is voordat dit in ’n baie goeie toestand

aan ons teruggegee is.

As ’n hoofsaaklik landbou gemeenskap het die gemeente ’n besondere karakter. As dit met die

landbou goed gaan, gaan dit met ons almal goed en andersom. Dit gaan goed met Bultfontein. Ons is

seker een van die mees bevoorregte gemeenskappe en gemeentes in die land. Ons het pragtige, diep

gelowige mense in ons gemeente, waar God en Sy woord vir ons kosbaar is. Eredienste, bidure, pastorale

sorg en ander byeenkomste bly belangrik. Ons wil graag van bo, na binne en na buite groei en so ’n

verskil in ons samelewing maak. Ons moes die afgelope jare lidmate aan die dood afstaan, onder andere

ons orrelis en ons eer ook haar plekkie in ons gemeente.

Ons het deur die jare baie gegroei en aanpassings gemaak. Ons lidmate se geestelike behoeftes en

spiritualiteit bly steeds kosbaar. Die redding van mense is altyd belangrik. Tydens eredienste het die

gebruik van die digitale bord en dataprojektor onmisbaar geword. Die verskillende terreine van

3

Page 4: laaste Gedenkboek

bediening sluit barmhartigheid in want dit is belangrik om verligting aan die tydelike nood te gee. So het

Bultfontein se Noodfonds die lig gesien waaruit baie mense gehelp word asook die H.P. Botha Trustfonds.

Ons getuienisaksie, Amos het al baie groot vrug opgelewer asook David Mokomela, wat Sondae

kerkdienste op plase hou. Phahameng se nood word steeds as hoë prioriteit beskou. Ons het ook begin

om betrokke te raak by werk in Dagestan, Rusland, by wyse van voorbidding en ’n jaarlikse deurkollekte.

Die versorging van ons jeug en bejaardes bly steeds belangrik. Dit bly ’n uitdaging om altyd almal

betrokke te kry en om in ’n moderne- en post moderne wêreld steeds gestuurdes van ons Meester te wees.

Mag elke lidmaat en die inwoners van Bultfontein altyd opkyk na die Here en vashou aan PS. 127:1

As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou, tevergeefs. Weet dat God nooit laat vaar

die werke van Sy hande nie.

Baie geluk en seën toegebid en baie dankie vir die voorreg om in diens van die Koning van die kerk

te mag staan in Bultfontein se gemeente en gemeenskap, hoop om nog lank te kan bedien.

Ds. Gert en Sandra Delport.

DIE GESKIEDENIS VAN DIE N.G. MOEDERKERK VAN BULTFONTEIN

Die oorspronklike plaas Bultfontein, so genoem omdat daar ’n sterk fontein teen die bult bokant

die plaasopstal ontspring het, se naam sou later ook die naam word van die gemeente en dorp

word.

In die pioniersdae van die Afrikaner se geskiedenis was die stigting van ’n gemeente en die

bou van ’n kerk altyd een van die eerste prioriteite. Reeds voor die stigting van die dorp, het van

die gemeentelede uit die wyk Onder-Vetrivier, onder leiding van J.M. Theunissen briewe aan die

gemeentes Bloemfontein en Winburg geskryf waarin hulle vra dat ’n gemeente op Bultfontein

gestig moes word. Op ’n vergadering van die gemeente Bloemfontein, gehou op 2 Junie 1873,

is besluit om die versoek toe te staan omdat Bultfontein so ver van Bloemfontein, Boshof, en

Winburg af is. Die kerkraad van Winburg het ook op 5 Julie 1873 ingestem dat die Bultfontein

gemeente gestig moes word. Dit was die negentiende gemeente in die Vrystaat met ’n sieletal

van 2000 waarvan 650 lidmate was.

Volgens die Almamak voor de Nederduitsch Gereformeerde Kerk van Zuid-Afrika voor het

jaar 1876 is die stigtingsjaar van die gemeente 1873. Volgens ’n brief, November 1873.

Die eerste doopsbediening vind op 11 Januarie 1874 op Bultfontein onder ’n bokseiltent

plaas, daar is twaalf kinders gedoop. Die eerste 25 lidmate is op 3 Mei 1894 voorgestel. Die

lidmate wie se name vroeër in die lidmateregister aangeteken is, het van ander gemeentes af

4

Page 5: laaste Gedenkboek

gekom. Bultfontein het nie ’n eie predikant gehad nie en ds. J.H. van Wyk van Boshof was die

konsulent. Die volgende name van kerkraadslede word genoem:

Ouderlinge: J.N. van Dyk, H.W. Ras en A. Dreyer.

Diakens: C.P. Prinsloo, A.M. Prinsloo, J.P. Maree, H.J. le Roux, J.M. Theunissen en H.D.

Combrinck.

Die gemeente is afgestig van die gemeentes Bloemfontein, Boshof, Winburg en Kroonstad.

Volgens die notule van die ringsvergadering van 15 April 1875 was die grenslyne soos volg:

Van Kopje Alleen na Kalkfontein, vandaar na Breedkopje, vandaar na Biesjesbult by Bodenberg,

die noord oostelike punt, vandaar na Tafelkop oor Rietspruit, vandaar na Middelkop, vandaar na

Klippan, die plaas van Petrus Myburg, vandaar na Bosjesmanfontein, vandaar na die plaas van

die heer Hendrik Badenhorst, vandaar na Aäronslaagte, vandaar na die plaas van die heer

Naahaus, vandaar met een wydte lyn na die plaas van die heer G. Bezuidenhout aan die

Vaalrivier, met Vaalrivier op tot aan Zandspruit, vandaar die driehoeklyn van Kroonstad in die

wyk Onder-Vetrivier tot aan Kopje Alleen.

Dit was ’n uitgestrekte gemeente en daar sou later verskeie gemeentes afstig. Gemeentes is

soos volg afgestig: Brandfort 1875, Hoopstad 1876, Ventersburg 1890, Bothaville 1891,

Dealesville 1904, Odendaalsrus 1905, Theunissen 1909, Hertzogville 1917, Soutpan 1927,

Wesselsbron 1927 en Bultfontein Oos in 1954.

De Fakkel, amptelike kerkblad van die N.G. Kerk in daardie tyd, berig dat die gemeente

dadelik begin organiseer het om ’n kerk te bou. Dit het besonder voorspoedig gegaan en in 1876

p.15 verskyn die volgende kennisgewing in De Fakkel:

Kerknieuws

Bultfontein, district Winburg,

De plechtige inwijding van de nieuwe Ned. Ger. Kerk aldaar, zal volgens aankondiging van den

W. Eerw. Heer P.A.C. van Heijningen, Consulent, op 4 Februarie 1876 plaats hebben.

5

Page 6: laaste Gedenkboek

Eerste kerkgebou van die Ned. Geref. Gemeente

Bultfontein

Die naweek van 4 tot 6 Februarie is die kerk feestelik ingewy. De Fakkel het ’n volledige berig

geplaas waaruit ons die volgende brokkies aanhaal: Ds. Van Heyningen se teks vir die

inwydingsrede was 2 Kor. 3: 7 – 8 Die wet wat in letters op klip gegraveer is, het in heerlikheid

gekom. Hierdie heerlikheid, wat tog gou sou verdwyn, het op die gesig van Moses so geskitter

dat die Israeliete nie na hom kon bly kyk nie. As die bediening wat tot die dood lei, met soveel

heelikheid gekom het, hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening wat deur die Gees

geskied, dan nie wees nie?

Ten spyte van swaar reën was die opkoms goed. Die kerk het omtrent driehonderd sitplekke

gehad. Die preekstoel van mahoniehout (R400) is deur die susters geskenk, mnr. J. Theunissen,

wat ook voorsitter van die boukommissie was, het die nagmaalservies gegee en die kinders van

die gemeente, die klok. Die heer Theunissen het die dag bekend gemaak dat die boukontrakteur

’n foutiewe berekening gemaak het en daar was nog R500.00 uitstaande. Die gemeente het

spontaan bygedra en op R22.00 na, was die gebou betaal voor die einde van die naweek.

Op die ringsvergadering te Harrismith, gehou 14 tot 17 April 1875, is die gemeente

Bultfontein vir die eerste keer genoem. Op die Sesde Sinode, gehou te Smithfield vanaf 11 April

1877, is ouderling Johannes Hendrikus Viljoen die afgevaardigde van Bultfontein.

In Mei 1877 skryf die kerkraad van Bultfontein, onder andere J.N. van Dyk en J.H. Viljoen,

’n brief aan die Vrystaatse Volksraad waarin hulle vra dat daar in die begroting voorsiening

gemaak word vir die salaris van ’n predikant. Hulle noem die volgende redes:

1 Bultfontein is as afsonderlike gemeente erken op die ringsvergadering gehou in

November 1973.

2 Reeds in Mei 1874, met die sitting van die Vrystaatse Volksraad, het Bultfontein dorp

status gekry.

3 Die gemeente het 1500 siele.

4 Bultfontein is 10 uur te perd van Bloemfontein, 10 uur te perd van Winburg, 10 uur te

perd van Boshof en 14 uur van Kroonstad af.

Die Volksraad het daarteen besluit maar die volgende jaar is die saak heroorweeg en `n

sekere bedrag is op 10 Junie 1878 begroot as salaris vir ’n predikant.

In 1879, op die Agtste Sinode, was Bultfontein nog sonder ’n predikant. Die gemeente is

verteenwoordig deur ouderling Hendrik Jacobus le Roux wat hom saam met die here Viljoen en

Van Dyk beywer het vir die stigting van die gemeente.

6

Page 7: laaste Gedenkboek

Die plaas Bultfontein is in 1873 vir R2 000.00 deur ’n paar persone van A. McCullum

gekoop met die doel om ’n dorp te stig. Hulle het die eienaars gebly tot 1885 toe hulle dit aan

die kerkraad van die N.G. Kerk verkoop het. Op 25 Junie 1887 is die plaas Bultfontein no. 223,

distrik Hoopstad, op die naam van die kerkraad van die N.G. Kerk geregistreer. Die grootte van

die plaas was 5933 morge (4223 hektaar)

Ds. Paul August Winter

Tydens die Sinode van 1879 het die leraar van die Duits-Lutherse kerk in Bloemfontein, ds.

P.A. Winter, aansoek gedoen om tot die evangeliebediening van die N.G. Kerk in die Vrystaat

7

Page 8: laaste Gedenkboek

toegelaat te word. Hy is in 1851 gebore en sy vader was ’n Duitse sendeling wat in 1838 na

Suid Afrika gekom het en onder die Koranna stamme noord van die Oranjerivier (die Vrystaat)

gewerk het.

As gevolg van swak gesondheid is ds. Winter senior terug na Duitsland. Daar het Paul op

Luckau skoolgegaan en die byname Knappe Afrikaner of Wilde Afrikaner gekry. Na sy

teologiese studies in Berlyn het hy in 1874 na Suid Afrika teruggekeer as sendeling op Bethanie.

Die volgende jaar het hy die beroep na die Duitse gemeente in Bloemfontein aangeneem en die

gemeente bedien tot in 1879 toe hy, na Colloquium Doctum toegelaat is as predikant van die

N.G.Kerk. Na sy legitimasie word hy op 7 Oktober 1879 beroep en op 6 Desember 1879 is hy

as die eerste predikant op Bultfontein bevestig.

Ds. Winter het vir Bultfontein baie beteken. Hy was ’n goeie prediker, ’n deeglike pastorale

arbeider en gebore leier. Vir die N.G. Kerk in die Vrystaat was hy ’n aanwins. Hy is

herhaaldelik herkies as voorsitter van die noordelike ring wat bestaan het uit Bultfontein,

Winburg, Kroonstad, Heilbron, Hoopstad en Parys. Teen 1885 was hy vier keer moderator van

die Vrystaatse sinode en een keer assessor.

Ten spyte van swak gesondheid ds. Winter in 1892 met ’n ossewa deur Betsjoeanaland

(Botswana) getoer. In dieselfde jaar skryf ds. Winter, as moderator, ’n artikel in die Desember

uitgawe van De Fakkel om mense te bemoedig aangesien duisende stuks groot- en kleinvee van

siekte in die Vrystaat gevrek het. ’n Ernstige sprinkaanplaag het ook die gebied geteister en baie

lidmate het dit as plaag van God gesien en geweier om die sprinkane te bestry. Ds. Winter het

mense egter aangemoedig om die plaag te bestry.

Die gemeente het bestendig gegroei. Volgens die Kerkalmanak van 1896 was die sieletal

1900 en die lidmate 800 en dit nadat vier gemeentes reeds afgestig het. Die ou kerk was

heeltemal te klein en het bouvallig geraak. Op 2 Maart 1895 is op ’n gemeentevergadering

besluit om ’n nuwe kerk te bou.

8

Page 9: laaste Gedenkboek

Tweede kerkgebou van die N.G. Kerk Bultfontein

Die werk is opgedra aan mnr. J.H. Schimper en sy broer van Middelburg (Kaap). Hulle het

die kerk op Dewetsdorp kort tevore voltooi en ds. W.A. du Toit van Dewetsdorp het baie gehelp

met die opstel van die plan. Die bousom was R11 400.00. Dit het R600.00 vir ekstra sement

ingesluit om ’n fondament van drie meter te gooi omdat die grondformasie so swak was. Asook

R800.00 vir die transport van die boumateriaal van Brandfort-stasie na Bultfontein. De Fakkel

het berig dat die totale bousom R12 300.00 was.

Die kerk se fondamentgedeelte is met blou ysterklip gebou en dit is opgerig op dieselfde plek

waar die ou kerk gestaan het. Die hoeksteen het van die plaas Waterbron van mnr. A.M.

Prinsloo gekom. Dit is op 11 Januarie 1896 gelê deur die heer J.M. Theunissen, volksraadslid

vir die wyk Onder-Vet- en Vaalrivier. Mnr. Theunissen se belangstelling en opoffering het baie

vir Bultfontein beteken. Ds. Winter se teks by geleentheid van die hoeksteenlegging was: Deze

steen zal ulieden zijn tot eene getuigenis.

Volgens mnr. H.M.G. Davin, resident vrederegter, het vertel dat daar ’n bottel onder die

hoeksteen ingemessel is waarin dokumente geplaas is om vir die nageslag te bewaar. Daar was

onder andere ’n opsomming deur ds. Winter van die werksaamhede van die kerk en die politieke

toestande van daardie tyd in die Vrystaat. Met die sloping van die kerk in 1949 is ’n afskrif

daarvan gemaak en heelwat van die gegewens vir hierdie boek is daaruit gehaal. Verder was

daar verskeie muntstukke, onder andere ’n 1887 Koningin Victoria gouepond, ’n 1892 Paul

Kruger halfkroon. Daar was ook seëls, good for bewyse, eksemplare van koerante en

kerktydskrifte soos De Burger, The Friend, De Kerkbode en kerkalmanakke.

Die inwyding van die kerk was vir die gemeente ’n dag van groot vreugde maar ook van

hartseer. Van die goewermentskantoor af, waar die dienste gehou is solank die kerk in aanbou

was, het ’n optog van 800 mans na die nuwe kerk gestap. Ds. W. Robertson van Petrusburg het

die wydingsrede gehou. Onderling Izaak Meintjies, ’n toegewyde kerkman wat ook ruim tot die

boufonds bygedra het, het ’n nuwe harmonium geskenk.

Dieselfde dag het die geliefde eerste leraar van die gemeente aangekondig dat hy ’n beroep

na Hartebeesfontein in die Z.A.R. aanvaar het waar hy tydens die krisisjare met groot vrug

gearbei het tot met sy vertrek in 1903 na Middelburg, Kaap. Hierdie waardige kerkman was vir

agttien jaar predikant op Bultfontein en het, deur die genade van God, ’n stewige fondament gelê.

9

Page 10: laaste Gedenkboek

Ds.en Mev. Winter

Eerste Pastorie van

die Ned. Geref.

Gemeente

Bultfontein.

Ds. Jacob Arnoldus Pienaar

Na vier onsuksesvolle beroepe het die vyfde beroep geslaag en het proponent J.A .Pienaar in

November 1897 aangeneem. Op 20 Januarie 1898 is hy deur 30 perderuiters en 56 karre buite

die dorp ontmoet en deur ds. G. Radloff van Hoopstad bevestig. Die teks vir ds. Pienaar se

intreepreek was Exodus 17:12 Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe ’n klip

gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. Aäron en Hur het sy arms van

weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder.

10

Page 11: laaste Gedenkboek

Ds. Pienaar was nog skaars gevestig toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek. Hy was ’n

vurige volksman en is saam met die Vrystaters op kommando as veldprediker. Daar is sterk

sprake dat hy selfs die wapen hanteer en aan gevegte deelgeneem het, onder andere op Damplaas

in die Boshof distrik. Hy is gevang en in die tronk aangehou maar later vrygelaat om as

kapelaan onder die inwoners van die konsentrasiekamp op Howick in Natal te werk. Na ’n paar

maande is hy toegelaat om weer as veldprediker op kommando te wees.

Tydens die Anglo Boereoorlog is die pastorie as fort gebruik en die kerk as hospitaal.

Die eerste kerkraadsvergadering na die oorlog in op 6 Desember 1902 gehou. Ds. Pienaar moes

die kerkraad vertel dat alle kerkboeke, nagmaalservies en ander benodighede, ondermeer die

kanselkleed verdwyn het. Die ligte was weg, die nagmaalstafel en banke vernietig. Alles was

verwoes, die pastorie was as fort gebruik en by ds. Pienaar se terugkeer het verflenterde Bybels

in die tuin rondgelê. Afgesien van die moeilike omstandighede het hy ’n positiewe boodskap vir

die kerkraad gehad.

Elkeen moet opgewek word om “in eendracht, getrouwheid, liefde en met nieuwe moed de

hand aan den ploeg te slaan en in de krächt en in den naam des Heeren zijn werk in Zijn

verwoesten wijngaard te aanvaarden. Kermen en klagen zal ons niets helpen. Wij moeten -

opnieuw beginnen en de vervallene en verwoeste muren van Jeruzalem weer opbouwen tot eer

des Heeren en tot heil van onsterfelijke zielen, en onze oogen op Hem gericht houden, van Wien

wij allen kracht, hulp, raad, wijsheid, moed kunnen verwachten en gewisselijk zullen ontvangen.

Hy helpe ons!!” Ds. Pienaar het self hierdie boodskap uitgeleef en was werklik die spil waarom

die heropbou in Bultfontein gedraai het. Sy gemeente het feitlik alles verloor en hy was tevrede

met die karige salaris wat hulle in hierdie tyd van armoede kon betaal, mits dit nie onder R200.00

per jaar was nie. Vanaf 1900 tot 1902 toe hy saam met die Boeremagte in die veld was, het hy

geen salaris gekry nie en eers in 1912 is R100.00 aan hom vergoed vir hierdie tydperk.

Tydens en na die oorlog het ds. Pienaar met hooggeplaastes gekorrespondeer in verband met

die armoede en nood van sy gemeentelede. Hy het onder andere aan Emily Hobhouse geskryf

oor geld wat sy gestuur het om hulpbehoewendes na die oorlog te help. Sy het geld beskikbaar

gestel om tien weefskole in die ou Boererepublieke te begin en op daardie manier die mense te

help om geld te verdien. Een van die weefskole is op Bultfontein gestig.

In die konsentrasiekamp het hy dasse in die kleure van die Vierkleur van Transvaal, die

Transvaalse vlag is so genoem, gemaak. Een van die dasse het hy aan president M.T. Steyn

gestuur wat, weens sy gesondheidstoestand in Cannes, Frankryk was. Mev. Steyn het hom per

brief bedank en verseker van die president se opregte dank. Ook generaal C.R. de Wet het so ’n

11

Page 12: laaste Gedenkboek

das gekry. Die generaal het hom ook per brief bedank, ook vir sy werk onder die burgers op

kommando.

Teen 1903 is die gemeentesake weer genormaliseer. Sitplekke in die kerk is verhuur teen

pryse wat gewissel het van 25c tot 75c per jaar en dit het ’n welkome inkomste verseker. ’n

Christelike Strewersvereniging is vir die jongmense gestig want “Wij moeten alles doen om onze

jeugd voor onze Kerk te bewaren.” ’n Harmonium is aangekoop en R4.00 per maand is begroot

as salaris vir ’n orreliste. Oor Nagmaal naweke sou daar geen vergaderings of basaars wees nie

want daar word saamgekom “om feest te vieren en wel in rust en stilte.”

Bultfontein het nog aan die N.G. Kerk behoort en dit was ’n groot probleem vir die kerkraad.

Daar is gereeld verteenwoordigers op die dorpsbestuur benoem. Reeds in Junie 1904 het ds.

Pienaar ’n regsmening by advokaat J.B.M. Hertzog gevra in verband met die verkoop van die

dorpsplaas en sy raad was om so gou moontlik te verkoop. Op ’n gemeentevergadering ’n

maand later is besluit om die grond te verkoop maar 1000 morge (856 hektaar) uit te hou vir

gebruik deur kerkgangers. Die besluit is egter nie uitgevoer nie. Op die kerkraadsvergadering

in Oktober is pryse vir die erwe vasgestel. Dit het gewissel van R60.00 vir ’n hoekerf tot

R14.00 vir swakker erwe. Daar was baie aansoeke van inwoners wat erwe wou koop en daar is

’n spesiale komitee uit die kerkraad benoem om dit te behartig.

Per proklamasie van die luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie, H. Goold-Adams,

op 4 November 1904 is die voorwaardes van die Villages Management Ordinance op die

kerkplaas van Bultfontein van toepassing gemaak en is bepaal dat 500 morge (428 hektaar)

uitgehou word vir gebruik deur lede van die N.G. Kerk. Op daardie grond sou die inwoners van

die dorp geen weidingsregte of ander voorregte geniet nie.

In 1906 het kerkraadsvergaderings ’n paar buitengewone dinge opgelewer. Die eerste is dat

die heer J. Viljoen die wenslikheid van die stigting van ’n munisipaliteit genoem het. Advokaat

Hertzog se mening is ingewin en het hy het dit aanbeveel. Inwoners was ontevrede daarmee en

het per brief protes aangeteken by die kerkraad. Die tweede saak was dat ’n kontrak met H.

Beckley aangegaan is om minerale te soek op die kerkgrond. Hy moes die eerste jaar R500.00

prospekteergeld betaal en vir elke betalende myn R60 000.00. Derdens het die kerkraad ’n brief

van die sekretaris van die krieketklub gekry waarin grond vir ’n krieketveld gevra is en daar is

besluit om, onderhewig aan sekere voorwaardes, erwe af te staan vir ’n openbare speelgrond.

Dit is waar die sportgronde tot 1973 was. Later is die grond aan Senwes verkoop wat hul nuwe

geboue daar opgerig het.

Die dorpsbestuur moes ’n dorp bestuur maar het geen vaste eiendom gehad nie. Die bates

het aan die kerk behoort, dit het wrywing veroorsaak en die ontwikkeling van die dorp gestrem.

12

Page 13: laaste Gedenkboek

In Oktober 1908 het die dorpsbestuur ’n gereelde bydrae van die kerk gevra en die kerkraad het

besluit om 20% van die verkoopprys van erwe aan hulle af te staan vir ontwikkeling en

instandhouding van die dorp.

Die kerk se finansies was ook maar power. Bydraes vir die kerk was meestal diere en

kontant was skaars. Die kerk se skape is dikwels vir R1.00 verkoop. Weidingsregte teen 15c

per kop vir grootvee en 5c per kop vir kleinvee was ook ’n bron van inkomste. Ds. Pienaar het

aangeteken dat die weduwee D.J. Meintjies van Valschfontein soms groot bedrae geld aan die

kerk geleen het teen een persent en dit was hoogs gewaardeer.

In 1910 was daar sprake van om ’n nuwe pastorie te bou en in 1911 van ’n skoolkoshuis.

Die Onderwysdepartement wou nie die ou C.N.O. skool se koshuis aanvaar nie. In 1915 is dit

omskep in ’n saal, die sogenaamde bliksaal wat jare lank gebruik is. In 1912 is ’n tender

voorlopig aanvaar is vir die bou van ’n nuwe pastorie maar van bou was daar geen sprake nie. In

1920 het ’n komitee van 21 vroue die bou van ’n nuwe pastorie bepleit. Die kerkraad wou eers

die geld insamel voordat daar gebou word maar op ’n gemeentevergadering is besluit om te bou.

Die nuwe pastorie is op 25 Maart 1923 ingewy.

Gedurende die 1914 rebellie het ds. Pienaar weer by die Vrystaatse magte aangesluit. Hy is

gevang en was vir `n tyd op Hoopstad in die tronk en later op Kimberley.

Tweede pastorie, ingewy

25Maart 1923

Van tyd tot tyd is daar gepraat van die

stigting van ’n munisipaliteit. In 1915 is

die kerkraad se goedkeuring daarvoor gevra

maar die antwoord was dat wêreldtoestande te onseker is. In 1919 is die saak op elke

kerkraadsvergadering bespreek maar geen besluit is geneem nie.

Die finansiële posisie van die kerk was benard. In 1930 en 1931 moes lenings van R2 000.00

en R1 000.00 by ’n plaaslike bank en van die Vrystaatse Sinode geleen word. In 1933, tydens

die groot droogte, kon ds. Pienaar se salaris nie betaal word nie en het hy afstand gedoen van

R100.00 per jaar van sy salaris. In hierdie tyd het mev. Pienaar se gesondheid verswak en het sy

’n jaar in Skotland deurgebring. Die koshuis se finansies was ook benard en die gemeente wou

die woord skuld nie weer hoor nie.

13

Page 14: laaste Gedenkboek

In die dertigerjare het die kerk en dorpsbestuur eindelik tot ’n vergelyk gekom. Op ’n

openbare vergadering het die inwoners besluit om die dorp van die kerk te koop en ’n

munisipaliteit te stig. In September 1931 is besluit om Bultfontein vir R5 000.00 te verkoop,

behalwe die 500 morge (428 hektaar). Kort daarna het die kerkraad egter weer daarteen besluit.

Op 5 September 1936 is aangekondig dat die dorpsbestuur die dorpsplaas vir R4 500.00 van die

kerk gekoop het, plus 15% netto winste van betalende myne wat op die grond ontwikkel mag

word. So kon die kerkskuld wat sedert die Anglo Boereoorlog opgehoop het, gedelg word.

Tydens ds. Pienaar se bediening is verskeie projekte aangepak, en het ook die Geloftefees,

daardie tyd Dingaansfees genoem, ’n instelling geword en sedert 1916 is dit jaarliks as ’n

gemeentefees gevier. In 1920 het die kerkraad vir die leraar ’n motor gekoop om sy

gemeentewerk mee te doen. In 1930 is besluit om kelkies tydens Nagmaal te gebruik, die besluit

is egter eers veel later uitgevoer. Van 1937 af het ds. Pienaar, wat ook die skriba was, die notule

in Afrikaans begin hou en sitplekke in die kerk is nie meer verhuur nie.

Op 14 Februarie 1942 het ds. J.A. Pienaar sy laaste kerkraadsvergadering gelei en op 2

Maart, ná 44 diensjare, het hy sy emeritaat aanvaar.

Soos die meeste predikante, het hy ondersteuners en teenstaanders gehad. Daar was selfs

petisies om sy bedanking te eis en hy is by die ring aangekla. Hy is aangekla dat hy ’n valse leer

verkondig: “De leraar zou gepredikt hebben: men moet de ‘Handsuppers’ niet vergewen.” Dit

word deur ds. Pienaar ontken, waarna hy twee broers versoek om die man te gaan sien “en in

liefde met hem te spreken.” Gedurende die onderhoud is hy van

mening dat “de leraar te scherp preekt.” Hierop reageer ds.

Pienaar en sê dat hy vasbeslote is om hierdie saak tot die einde toe

deur te voer. Broer Walleis “moet of bewijzen wat hij zegt of zijne

woorden terug trekken.” Die saak is blykbaar later bygelê want ’n

versoek van die man wat die aanklag gemaak het om die konsistorie

en sy meubelment vir skooldoeleindes te gebruik word toegestaan.

Deur gereelde, toegewyde huisbesoek, het ds. Pienaar ’n

persoonlike stempel afgedruk. Die Sendingkerkgebou is gedurende

die oorlog totaal vernietig, eredienste is eers in die stal en daarna in

die waenhuis van die pastorie gehou. Die gemeente het hier ook sy

plig gedoen, grond is aan die sendinggemeente beskikbaar gestel en

op 19 Maart 1904 word ’n nuwe kerkgebou ingewy. “de gemeente

is dankbaar dat zij nu weer een vaste plaatz der aanbidding heeft.”

14

Page 15: laaste Gedenkboek

Ds. Pienaar het altyd met erns die regte pad probeer aantoon en ook die volksaak gedien. Hy

was uiters pligsgetrou en in sy 44 jaar op Bultfontein was hy slegs drie Sondae, afgesien van die

oorlogsjare, nie op die kansel nie. Van 1934 tot 1940 was hy actuarius van die Vrystaatse Sinode

en dikwels was hy voorsitter van die Noordelike Ring.

Na sy demissie het hy op Theunissen gaan woon waar hy in 1950 oorlede is.

Alta Pienaar, Ds. Pienaar se kleindogter vertel:

Wanneer ons, na hul aftrede, by Oupa en Ouma Pienaar op Theunissen gaan kuier het, het Oupa

ons na sy studeerkamer geroep. Hy het altyd XXX pepermente in sy lessenaarlaai gehad.

Elkeen moes sy hand hou vir EEN lekker vir die dag.

Later was hy al baie swak. Baard netjies en oë nog lewendig. Hy het op `n rooi

binnebandjie agter sy lessenaar gesit en daardie

keer het ons elkeen ’n Paul Kruger een sjieling

gekry. Die gebaar was om ons te bind aan die

verlede.

Ds. en Mev. Pienaar

Ds. en Mev. Cilliers

Ds. Jan

Daniël

Cilliers

Na een onsuksesvolle beroep is ds. en mev. Cilliers

op 1 Augustus 1942 as die derde leraarspaar uit die

15

Page 16: laaste Gedenkboek

gemeente Bloemhof ontvang. Mev. Cilliers is ’n kleindogter van ds. Winter, die eerste predikant

van Bultfontein.

Onder ds. Cilliers het ’n paar dinge verander, dankoffer is anders insameling, die wyke is oor

ingedeel, gemeente programme is gedruk ens. Die bou van ’n nuwe kerk was ’n prioriteit en ’n

kerkboufonds is in 1944 gestig.

Ds. Cilliers het baie aandag aan bouprojekte gegee. ’n Koshuis was dringend nodig en in

September 1944 het die kerkraad R3 600.00 geskenk daarvoor. Daar is ook in die gemeente

gekollekteer en Langverwagkoshuis is aansienlik uitgebrei. Daar is ook ’n kommissie uit die

kerkraad benoem om ’n geskikte terrein te soek waar die nuwe kerk gebou moes word. Die

keuse het geval op die vier erwe wes van die kerkhof aangesien dit die beste grondformasie

gehad het. H. Vermooten is as argitek aangestel en die boumeesters was Moffett Building &

Contracting (Pty) Ltd.

Op Dinsdag 1 Februarie 1949 is die eerste sooi op die nuwe kerkterrein deur die oudste

rustende ouderling, mnr. Frikkie Bredenkamp gespit. Die naweek van 8 Mei het die gemeente

sy vyf en sewentigste verjaardag gevier en by die geleentheid is die hoeksteen van die nuwe kerk

deur ds. Cilliers gelê. Voor die hoeksteenlegging was daar ’n optog van 600 manslidmate gelei

deur die ringspredikante en –afgevaardigdes.

Optog

vanaf die 2de

kerkgebou na

die huidige

kerkgebou.

Ds. J. A. Pienaar het die Sondag die feesrede gehou. Onder die hoeksteen is al die

voorwerpe wat onder die ou kerk se hoeksteen was weer ingebou, plus nog ’n paar munte soos ’n

goue pond en goue tiensjielingstuk.

’n Nuwe orrel is vir R6 000.00 by die firma R. Muller gekoop, ongelukkig was die nie `n

baie goeie koop nie. Die ou kerkklok is aan die Gereformeerde gemeente verkoop, die ou kansel

aan Soutpan en die meeste van die banke aan Paul Roux se gemeente. Die nuwe kansel is deur

16

Page 17: laaste Gedenkboek

die kinders van die gemeente betaal en die kanselkleed is deur die Kindersendingkrans geskenk.

Die finale koste van die nuwe kerk was R61 600.00 en deur die ywer van die pastoriepaar is die

bousom die jaar na die kerkinwyding betaal. Die kerk is die naweek van 8 Mei 1950 ingewy.

Die nuwe orrel is op 14 Oktober 1951 in gebruik geneem maar toe was ds. Cilliers reeds op

die punt om na Ottosdal te vertrek. Die teks vir sy afskeidsboodskap was Fil. 4:1 Daarom, my

broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na

julle. Julle is my blydskap en my kroon. Op die laaste kerkraadsvergadering wat ds. Cilliers

gelei het, is die wenslikheid van ’n hulpprediker bespreek. Die gemeente het te groot geword vir

een predikant. Die gemeentemotor is aan ds. Cilliers verkoop en daar is ook besluit om voortaan

reistoelae aan predikante te betaal as hulle hul privaat motors gebruik vir gemeentewerk.

Ds. Cilliers wou graag ’n tweede koshuis laat

bou. Die kerkraad het besluit om R40 000.00 by

die Provinsiale Administrasie te leen vir die doel.

Die laagste tender was egter R44 000.00.

Daar is toe besluit om ’n nuwe pastorie te bou en

die ou pastorie as koshuis te gebruik. Die gebou

is vir R10 000.00 aan die Administrasie aangebied.

Die werk het reeds begin toe ds. Die

huidige pastorie, gebou in ds. Cilliers se

termyn Cilliers beroep is.

Nege jaar en drie maande was ds. Cilliers op Bultfontein en daar

was groot waardering vir sy werk en gesindheid. Daar is soms kleiner

bedrae aan die predikantspaar geskenk as blyke van waardering. Albei

was ernstig siek terwyl hulle op Bultfontein was en hulle het ook ’n

kindjie verloor. Dit het die bande versterk en die gemeente het met

groot hartseer van hulle afskeid geneem.

Ds. Cilliers is in Desember 1968 oorlede, vier maande nadat hy sy

emeritaat op Lydenburg aanvaar het.

Die eerste drie leraars

van die gemeente

17

Page 18: laaste Gedenkboek

Die drie kerkgeboue wat

deur die eerste drie

leraars in gebruik geneem

is.

Ds. Zacharias Blomerus Loots

Proponent Loots het aan die einde van1951 sy studie aan die kweekskool op Stellenbosch

voltooi en op 19 April 1952 is hy op Bultfontein bevestig. Hy het kans gesien om alleen die

groot gemeente te behartig en vir eers is daar nie ’n hulpprediker beroep nie. Op 14 Junie 1952

is ds. Loots getroud met mej. S.E. Visagie van Strydenburg.

In Julie 1953 is besluit om ’n tweede leraar te beroep en in Augustus is ds. (later doktor) J.J.

de Klerk van Lindley beroep. Hy is in Oktober bevestig.

In Ds. Loots se tyd het die orrel het probleme gegee maar daar is nie veel aan gedoen nie.

18

Page 19: laaste Gedenkboek

Die kerk se finansies het in die vyftigerjare baie verbeter en baie veranderinge is gemaak.

Op 8 Mei 1954 is besluit om ’n dogtersgemeente af te stig. Die lidmate van die oostelike deel

van die distrik was baie geesdriftig oor die gedagte en Bultfontein Oos kom tot stand as die elfde

gemeente wat van Bultfontein afstig.

As bruidskat is die ou kerk ter waarde van R12 000.00,

geldelike vergoeding van R16 000.00 en die bliksaal ter waarde van

R3 000.00 plus die erwe waarop die kerk en saal gestaan het aan die

nuwe gemeente geskenk. Ds. J.J. de Klerk is eenparig deur die

gekombineerde kerkraad van Bultfontein Oos as leraar ‘gekies’ op

16 September 1954.

Ds. J.J. de Klerk

Mede Leraar saam

met Ds. Loots en

eerste leraar van Bultfontein –Oos.

Bultfontein – Oos 11de afgestigde

gemeente.

Aan die begin van 1954 het die kerkraad besluit om ’n blanke

sendeling beroep. Eers op die eerste kerkraadsvergadering van

1955 is ds. L.T. van Zyl (later doktor) beroep.

19

Page 20: laaste Gedenkboek

Dr. L.T. van Zyl

Ds. B.H. Groenewald

Sendeling Sendeling

Ds. Loots was gedurende die jaar vier maande oorsee om o.m. ’n studie van evangelisasie te

maak. Op die laaste kerkraadsvergadering van die jaar is besluit om R10 000.00 by die

Provinsiale Administrasie te leen om by Langverwagkoshuis aan te bou. Aan die einde van

1956 is besluit om ’n sendingpastorie vir R10 000.00 te bou in President Swartstraat.

In 1957 het ds. Loots ’n beroep na Bainsvlei

aanvaar en ook ds. Van Zyl het vertrek. Ds. B.H.

Groenewald is op 4 Augustus 1957 hier as

sendeling bevestig en ds. F.A. Dreyer twee maande

later.

Ds. en mev

Dreyer met

eregaste tydens

die

inwyding van

die nuwe

kerksaal, Sept.

1960

Ds. F. A. Dreyer

Ds. Dreyer van Dewetsdorp was die tweede beroep. Hy is op

11 Oktober 1957 bevestig en gedurende sy bedieningstydperk is

groot bedrae geld aan geboue bestee.

Op sy eerste kerkraadsvergadering is die dringende behoefte

aan huisvesting vir skoliere bespreek. Daar is besluit om R30

000.00 by die Provinsiale Administrasie te leen vir aanbou en

20

Page 21: laaste Gedenkboek

herstelwerk aan Langverwag. Die volgende jaar is R1 600.00 geleen vir ’n monteergebou by

Nelieshof.

Die ou kerk wat deur mnr. J. H. Reeder gekoop is, is deur hom vir twee jaar gratis tot

beskikking van die gemeente gestel om as saal gebruik te word tot in Junie1958.

Daar was behoefte aan ’n kerksaal en ’n gesamentlike saal vir die twee gemeentes is oorweeg

maar dit het nie gerealiseer nie. ’n Tender vir R39 550.00 van bou aannemer Knoester is

aanvaar en in September 1960 was die gebou voltooi. Ds. Cilliers, ’n vorige predikant, het die

wydingsrede gehou.

Die orrel was steeds ’n probleem. Ds. Dreyer het met S.A. Orrelbouers onderhandel om die

orrel uit die orrelkamer te haal en op die oostelike galery te plaas. Dit is in 1959 vir R3 600.00

gedoen. ’n Nuwe kerkhorlosie is in 1961 vir R1 740.00 geïnstalleer en daar is verbeteringe

aangebring vir ’n verdere R6 000.00.

Reeds in 1958 was daar sprake om die sendinggemeentes te skei en in Junie 1962 is so ’n

besluit geneem.

In Desember 1962 het ds. Dreyer ’n beroep na Alberton Oos aanvaar en vroeg in die nuwe

jaar is van hom en mev. Dreyer afskeid geneem. Daar was groot waardering vir die

toewyding waarmee die pastoriepaar hul

werk in die gemeente gedoen het. Die

besondere gees waarin mev. Dreyer die

gemeente gedien het en die lieflike

verhouding en samewerking tussen haar

en die susters is spesiaal genoem.

Kerk en saal na 1962

Ds. Röthner

Oosthuizen

Na vyf onsuksesvolle beroepe het ds. Oosthuizen van

Luckhoff aangeneem en hy is op 7 September 1963 bevestig.

Tydens sy verblyf op Bultfontein is daar baie groot projekte op

sendinggebied aangepak.

21

Page 22: laaste Gedenkboek

In September 1963 het die sendingkommissies van Bultfontein en Bultfontein-Oos saam

besluit om die sendinggemeente te verdeel en daar is twee sendinggemeentes gestig. Dit het

beteken dat daar nuwe geboue nodig was. ’n Pastorie vir ’n blanke sendeling is op die hoek van

Diamant- en Pastoriestraat gebou en ’n sendingleraar is beroep volgens dieselfde salarisskaal as

die moedergemeente se leraar.

Die ou swart woonbuurt is in daardie tyd ontruim en in die nuwe swart dorp is in 1964 twee

huise vir evangeliste gebou. Voor die einde van die jaar het die kerkraad die oprigting van ’n

sierlike sendingkerk vir met 800 sitplekke goedgekeur. Die boukoste was R22 000.00. Die

projek het die moederkerk baie gekos en die kerkfondse was uitgeput. Ds. Oosthuizen het die

dankofferstelsel hersien. Daar is ook deeglik beplan vir die armsorgwerk wat die kerkraad en

O.V.V. saam gedoen het.

Nelieshof, die meisieskoshuis, heet ontoereikend geraak en die kerkraad het besluit om die

ou pastoriegedeelte te sloop en met ’n nuwe gebou te vervang. Die kerkraad sou R140 000.00

leen vir die projek en die planne was reeds geteken. In 1968 het die Provinsiale Administrasie

egter besluit om die koshuise oor te

neem en hulle sou nou die bouwerk

doen.

In Oktober 1969 het ds.

Oosthuizen na Vryburg vertrek.

Ds. Oosthuizen en

gesin.

Ds. Jacob Abraham Claassens

Na ses maande en etlike onsuksesvolle beroepe het ds.

J.A. Claassens in Mei 1970 ’n beroep aanvaar vanaf die

gemeente Windhoek-Hoogland. Op 27 Junie 1970 word hy

hier bevestig. Hy is op Ficksburg gebore en het aan die

Universiteit Pretoria die grade B.A. B.D. behaal. In 1946 het

hy die proponentseksamen afgelê en die volgende jaar is hy

22

Page 23: laaste Gedenkboek

in die gemeente Lichtenburg bevestig. Hy het die gemeentes Bospoort, Wolmaransstad,

Lichtenburg, Delareyville-Oos en Windhoek-Hoogland bedien.

In Transvaal het ds. Claassens in die sinodale kommissies vir sending, evangelisasie en

openbare sedelikheid gedien. In Suidwes-Afrika ook in die sinodale sending- spoorweg- jeug-

evangelisasie- en die permanente leerkommissie. Mev. Claassens se nooiensvan was du Toit.

Ds. Claassens het ernstige en prikkelende boodskappe gelewer waarvoor die gemeente groot

waardering gehad het.

Die kerk het reeds alle nodige geboue gehad, en dit moes net in stand gehou of verbeter

word. In 1973 is besluit om ’n nuwe orrel te koop maar na skerp prysstygings is die bestelling

gekanselleer. Die bestaande orrel is deeglik opgeknap en van ’n nuwe speelkas voorsien. Daar

is nuwe matte in die kerk gelê. Die twee items sou R10 000.00 kos en die opknap van die

kerkgeboue ’n verdere R6 000.00.

Die gemeente het gegroei tot meer as 900 lidmate en 25 wyke. Dit het weer te veel geword

vir intensiewe bearbeiding deur een leraar. Finansieel het dit goed gegaan met die lidmate en dit

kan gesien word in hul dankoffer bydraes. In 1943 was die rekord bedrag R6 000.00, in die

vyftiger jare R10 000.00, die jare sestig, R25 000.00 en in 1973 R34 000.00.

Die Vrouesendingbond en Vrouediensaksie (Vroeër bekend as die Sustershulpdiens) werk

albei onder toesig van die kerkraad.

Deur die jare het die twee organisasies

duisende rand ingesamel en die kerkraad

baie gehelp.

Ds. Claassens het ’n beroep ontvang

en vertrek op 24 Maart 1974 na

Riversdal.

Ds. Claassens en

gesin

Leraars se briewe aan die N.G. Moedergemeente

Bultfontein

Ds. Z.B. Loots :

Ek wil graag soos Paulus sy sendingbriewe begin met “Genade en vrede vir julle van God

ons Vader en die Here Jesus Christus.”

23

Page 24: laaste Gedenkboek

Op 21 April 1952 is ek op Bultfontein georden en bevestig met handoplegging deur

ringspredikante. Omtrent 1000 kerkgangers was teenwoordig. Die lidmatetal was nagenoeg

1600.

Met my koms in die gemeente het ek by die bankbestuurder loseer terwyl die pastorie in

aanbou was want die ou pastorie was te kolossaal en is aan die Departement as meisieskoshuis

verkoop.

’n Nagmaal naweek het bestaan uit agt dienste en ’n biduur. Pinksterdienste op die dorp

en in die wyke het vir die tien dae bestaan uit 21 boodskappe.

Met ds. (later prof.) De Klerk se koms na die gemeente in 1953, het ons twee soos Dawid en

Jonatan saamgewerk en die inkomste en kerkbywoning het fenomenaal verbeter.

Die sendinggemeente was klein, slegs 120 lidmate. Ná ds. van Zyl se koms het die

sendinggemeente binne twee jaar gegroei tot 4000 lidmate, op daardie stadium die grootste in

die O.V.S.

Wat die pastorale werk betref kan ek en die lidmate van daardie tyd getuig dat ek met die

erns van die ewigheid my prediking en herderlike besoek gedoen het. Hierdie dienslewering was

’n vreugde, daar was dae van blydskap maar ook dae van hartseer. Vreesloos is oproepe

gedoen tot aanbidding, bemoediging, onderrig, vertroosting, vermaning, sonder vrese vir

aanstoot. God se Woord het gepraat. Hoeveel vreugde het ons nie met huwelikspare by die

huweliksbevestiging gedeel nie en dan later die doop aan die nageslag bedien. Menige keer het

ons die bedroefde familie voorgegaan met voetstappe na die laaste rusplek om uit Gods Woord

blywende vertroosting te bied by die laaste groet.

Skokkend was dit om by meer as een strefbed te staan en uit die mond van die sterwende

moes hoor “Die waarskuwingswoord van die Ds. het waar geword. Die deur van die hemel is

vir my toe.” Of: “Ds., wat jy gesê het is bewaarheid, ek het my teen God te pletter geloop.”

Daar was ook die mooie belydenis van ’n ou vader: “Vanmôre om drieuur het ek God gevind.”

Of: “Ek is 84 jaar oud en het blind geword maar in die goeie dae toe ek kon sien, het ek my

Bybel gelees en God se Woord in my hart gebêre. Nou, in my blindheid, haal ek so baie maal

die Woord uit my hart tot troos.”

Wat ons gesin betref is ek op 14 Junie 1952 met Susan Visagie van Strydenburg getroud.

Drie kinders is uit die huwelik gebore. Marlene, die oudste, ’n onderwyseres, is getroud met Ds.

Jaco van Rooyen. Hulle het twee dogters wat akademies goed presteer. Die tweede dogter,

Amanda, ’n apteker, is getroud met Dr. Chris Cronjé, ’n tandarts. Hulle het drie dogters en ’n

seun. Hul oudste dogter is reeds ’n tandarts en die ander wil ook tandartse word.

24

Page 25: laaste Gedenkboek

Die jongste seun, Rias, is predikant op Koster. Rias en Ina, ’n onderwyseres, het twee

dogters en ’n seun. Al drie presteer goed.

In 1991 het ek in Pretoria-Noord afgetree. Ek het in my bediening permanent en deeltyds in

meer as 130 gemeentes opgetree, insluitend in Nederland en ook byna vyf maande onder die Suid

Afrikaners in Paraguay. Op 87 jaar, tree ek nog gereeld in gemeentes op.

Watter boodskap pas dan by so ’n gemeente feesviering? Allereers ’n saluut aan almal wat

’n positiewe aandeel gehad het in die ontstaan en voortbestaan van die gemeente. Aan die

bouers van die gemeente, lidmate, jongmense en kinders vra ons om die stoflike en geestelike

erfenis van jul voorgeslagte in ere te hou.

Naas die dankbaarheid aan God Drie Enig vir sy oorvloedige genade en kragtige dade, is

daar tog seker net ’n eenvoudige dog alles omvattende wens en bede dat die Koning van Sy Kerk

sal bly voortbou, soos in die verlede, op die een vaste fondament van suiwer geloof. Let op wat

Miga 6: 8 sê: “Wat vra die Here anders van jou as om reg te doen, liefde te betuig en

ootmoedig met jou God te wandel.”

Mag hierdie feesviering ’n verdieping by al sy lede teweegbring. Die gevolg sal wees dat

hierdie gemeente vanself ’n selfs nog kragtiger getuie en dader as tevore op alle terreine sal

wees.

Agter lê ’n roemryke verlede maar voor ’n onbekende pad. Daarom wil ek en my eggenote

in die taal van 1 Petrus 2:5 vir u sê: “Laat julle soos lewende stene opbou tot ’n huis, ’n heilige

priesterdom om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.”

Seënbede,

Z.B. Loots.

Márlene, oudste kind van Ds. Zachie en mev. Susan

Loots, gebore 13 Desember 1953 en woonagtig te

Bultfontein tot 1957. Daar word met vreugde teruggedink

aan ’n wonderlike tyd toe ons op Bultfontein

woonagtig was. Ons beste wense vergesel u as

Gemeente.

Seënwense, Márlene van Rooyen.

Amanda, tweede kind van Ds. Zachie en mev.

Susan Loots, gebore 13 Januarie 1956 en woonagtig te

Bultfontein tot 1957. Alhoewel ek vir ’n kort rukkie

25

Page 26: laaste Gedenkboek

van my lewe op Bultfontein woonagtig was, kan ek getuig dat dit ’n baie gelukkige tyd vir ons

gesin was.

Ons beste wense vergesel u as gemeente,

Amanda Cronjé.

Rias, jongste kind van Ds. Zachie en mev. Susan Loots, gebore 24 Mei 1958 in Bloemfontein.

Ons beste seënwense word vir u toegebid.

Rias Loots.

Ds. en Mev. Loots.

Ds. en Mev. Loots op hul troudag.

BULTFONTEIN NED. GEREF.- GEMEENTENOVEMBER 1974 TOT OKTOBER 1978

DS HJ BRANDT

Ons wens Bultfontein Moedergemeente geluk met die 135 ste jaar van hulle bestaan. Ons is die Here dankbaar vir soveel genade en liefde in Sy Kerk. Ons bede is dat die huidige en toekomstige leraar en kerkraad met die goeie werk in Sy Koninkryk sal voortgaan tot by Christus se Wederkoms.

Een middag op Umtali in Zimbabwe het ons ‘n oproep van Bultfontein ontvang. Hulle het gevra dat ons mev. Bessie Rheeder, wat by haar dogter in die Burmavallei gekuier

het, gaan vertel dat haar man in Bultfontein oorlede is. Hulle het dr. Nico Oosthuizen gevra om haar met sy vliegtuig te gaan haal. Op so ‘n manier het ons paaie met dr. Nico s’n in Umtali gekruis. Tydens ‘n konsultasie in Bultfontein het ‘n pasiënt hom gevra vir ‘n aanbeveling vir ‘n predikant om op die groslys vir die beroep geplaas te word. Hy het die Brandt-familie aanbeveel, omdat ds Brandt se vrou vir hom sulke lekker wors gegee

26

Page 27: laaste Gedenkboek

het! Deur die leiding van die Heilige Gees het ons die beroep aanvaar en arriveer in Bultfontein in November 1974 waar ons vier gelukkige en vrugbare jare spandeer het.

Ons aankoms in Bultfontein was net so dramaties. Ons meubels wat al vier weke vantevore uit Umtali weg is, het nog nie in Bultfontein aangekom nie. Ons het vanaf Salisbury (Harare) gevlieg en mnr en mev Breytenbach het ons by die lughawe ontmoet. Dit was al donker toe ons in Bultfontein aankom. Mnr Breytenbach ry by die ouetehuis , verligte kerk en saal verby en hou by ‘n klein wit huisie stil met die woorde: “En hier is nou die pastorie”! Ons was reeds van baie vroeg die oggend op pad en in die lug . Die Brandjies was almal teen dié tyd baie moeg en stout. Hy kon nie glo wat hy hoor toe die nuwe predikantsvrou ‘n kragwoord uiter ten aanskoue van die pophuisie/pastorie nie! Ons meubels is oornag opgespoor en terwyl ons die volgende oggend saam met dr. Nico koffie drink, hou die trekwa stil. Toe het ons alreeds ondervind dat die lidmate van Bultfontein hartlike en hulpvaardige mense is wat hard kan werk, want baie gou was die pastorie vol mense wat uitpak en regskuif. Só het ons julle leer ken en só sal ons julle altyd onthou, vol hartlike liefde en samewerking! Julle het ons gedra met julle liefde, gasvryheid en opregtheid!

Die Brandt-kinders het ook baie mooi herinneringe aan Bultfontein. Hulle het baljaar saam met die gemeente-kinders en soms kleilat gegooi teen die wit mure van die pastorie. Ons kan die Here nooit genoeg dank vir die mooi en doelmatige pastorie wat ons as tuiste kon geniet het nie - ook die baie vrugtebome was ‘n genot. Daar was ook uitdagings, nie net in die bediening en gemeentewerk nie, maar ook persoonlik. So ‘n uitdaging het van Boet Muller gekom. Hy was ‘n baie konserwatiewe ouderling wat verknog was aan sy manelbaadjie. Hy’t gesê as daar weer ‘n baba in die pastorie sou kom, sal hy van sy manel afskeid neem. Nou ja …… geen mens kan so ‘n uitdaging ignoreer nie! Toe het die Here ons geseën met die koms van Francois en Boet moes sy manel maar groet.

Wie onthou nog die eerste basaar (kermis) op die skouterrein! Die kerkraad wou nie glo dat dertig+ beeste, ‘n klomp skape en varke in die gemeente gekollekteer kon word, en ook nie dat soveel vleis bewerk en verkoop sou kon word nie! Maar hulle het gekollekteer, gewerk en ‘n kermis gehou waaroor koerantberigte geskryf is om die geweldige sukses daarvan te besing. En watter pret was dit nie! Een van die deelnemers aan die musikale motors (soos “musical chairs”) kon nie met haar wit hoëhaksandale vinnig genoeg hardloop nie en beveel toe die predikant om met haar skoene te ruil. En daar staan ons eie ds. Brandt in die wit sandale met swart sokkies by die mikrofoon, tot groot pret van almal! Daarna het die gemeente elke jaar net so lekker saamgewerk om basaar te hou tot eer van die Here.

Die hoogtepunt was die vrug van die Evangelie-bediening in Bultfontein soos ons dit ervaar het in die lewens van baie lidmate deur hulle geloofstoewyding, liefde en ondersteuning van mekaar. Al was dit droogte en stofstorms, was daar altyd ‘n gees van hoop en optimisme omdat hulle oog altyd op die voorsiening van ons Hemelse Vader was.

Die Basberg Geloftefees was ook elke jaar ‘n hoogtepunt waar ons as volksgenote by herhaling herinner is aan die Bloedrivier Gelofte en die inhoud daarvan.

27

Page 28: laaste Gedenkboek

Toe ons die beroep na Middelburg-Suid gemeente ontvang het, was ons glad nie bereid om te gaan nie, maar die Here het ons op ‘n wonderbaarlike wyse oortuig dat ons móét gaan. Dit was met groot hartseer dat ons afskeid geneem het van ‘n gemeente wat ons baie liefgehad het, maar as ons terugkyk, weet ons dat die dit wil van die Here was.

Terwyl ons skryf, dink ons aan baie dierbare gelowiges wat nie meer daar is nie, maar wat vir ons in die hemel wag.

Die Brandt gesin

Groete van die Brandt-familie aan Moedergemeente Bultfontein.---ooo0ooo---

Hennie en Helena Brandt

Ds. en mev. Potgieter:

Ds. G.D.J. Potgieter is op 28 April 1939 op Robertson gebore. Hy skryf sy Senior

Sertifikaat eksamen op Fauresmith, Hoërskool Werda en studeer B.A. Admissie aan

die UOVS (1962) en B.Th. aan die universiteit van Stellenbosch, 1965. Op 3

Februarie 1962 tree hy in die huwelik met Cornelia Maria Johanna van der Vyver. Uit

die huwelik is daar vir hulle ’n dogter en drie seuns gebore.

Op 29 Januarie 1966 word ds. Potgieter op Okahandja (SWA) in sy eerste gemeente bevestig.

Hy dien later in die gemeentes Molteno, Oudtshoorn-Wes, Oos-Londen Noord, Bultfontein en

28

Page 29: laaste Gedenkboek

Bloemfontein waar hy op 25 Oktober 1998 sy emeritaat aanvaar. Bultfontein het hom

teruggebring Vrystaat toe en dit is iets waaroor hy bly is.

Hy is gemaklik met homself en daarom gemaklik met sy gemeentelede, ’n aardse mens

sonder voorgee wat maklik ’n paar trekke aan ’n pyproker se pyp vat en dan kla omdat sy tong

brand. Predikante distansieer hulle gewoonlik van die politiek maar ds. Potgieter het selfs die

moed om politieke vergaderings met skriflesing en gebed te open. Op ’n aand toe daar ’n lekker

bui reën uitsak sê hy: “Hoor net die boeremusiek”

Ds. Potgieter se warm, vriendelike geaardheid het hom geliefd en gewild gemaak onder sy

gemeentelede op Bultfontein. Hy is lief vir mense en kan waarlik deel in ander se vreugde en

hartseer. Omdat hy so betrokke was by alles wat op die dorp gebeur het, was hy baie na aan sy

gemeentelede en daar was groot waardering vir sy meelewing met die gemeenskap. Op die

gholfbaan het hy ook buite die grense van sy gemeente vriende gemaak en mense nader aan die

Hemelse Vader gebring.

Die gemeente het met hartseer totsiens gesê vit die predikant wat vir amper ses jaar hul

geestelike leier maar ook hul vriend was.

Ds. Johannes Antonie Christoffel Erasmus

Ek en Susan het die voorreg gehad om vir sowat vyf jaar die

gemeente te bedien. Dit was ’n voorreg omdat ons in die vyf

jaar kosbare ondervinding opgedoen het vanweë die

gemeentelede met ’n groot verskeidenheid van geaardhede.

Met ons ontvangs langs die pad is ons na die pastorie waar

ouderling Basie Bruwer my meegedeel het dat die gewoonte

hier is dat die dominee sy vrou op die arms oor die drumpel

moes indra. Dit was nie moontlik nie en oom Basie het ook

nie kans gesien om my te help nie! Dieselfde aand met ons

onthaal is ek uitgeroep na ’n sterfgeval en was dit die eerste

van talle begrafnisse wat ek in die gemeente sou waarneem.

Probleemgevalle was nie uitgesluit nie, gelukkig is die meeste op vriendskaplike wyse

opgelos en kan ek van slegs een geval onthou waar ek moes voel hoe dit voel wanneer ’n

predikant die deur gewys word.

29

Page 30: laaste Gedenkboek

Tydens ons verblyf alhier was mnr. Dries Potgieter die bankbestuurder en was ons

onmiddellike bure. Hy was baie lief om hanslammers groot te maak en uiteraard was die boere

nie suinig om hom te voorsien nie. So nou en dan het hy ook vir my een oor die muur gesit maar

dit was gewoonlik van die swakkeres en ek moes hom later vra om maar te stop want ek kon nie

voorbly met die sterwensbegeleiding nie.

’n Insident wat ek goed onthou was een Saterdag waar ek ’n huwelikspaar moes bevestig.

Teen die middag kom daar onverwags vriende van ver by ons aan om tee te drink. Ons het

onder die koelteboom in die tuin gesit toe ek besef ek moet gereed maak vir die troue. Toe ek

klaar was en die kamer wou verlaat om uit te gaan was my verbasing groot want die deur het

sommer vanself gesluit. Ruk en pluk het niks gehelp nie en die tyd het begin uitloop. Roep en

skree het ook niks gehelp nie want Susan en ons vriende het steeds in die tuin gesit. Ten einde

laaste moes ek deur die bolug van die deur, kop eerste, uitgaan en het Susan en ons vriende my

gevang om nie met my kop eerste die vloer te tref nie. Diaken Nols Brummer het later kom

ondersoek instel en gevind dat iets met die deurslot verkeerd gegaan het.

So van broer Nols gepraat. Een oggend tydens die erediens skryf hy ’n nota met dié woorde:

“Kyk die spore teen die dak.” Hy stuur dit toe in die ry van die diakens af en een na die ander

lees dit en kyk dan op na die dak.

Die stofstorms in Bultfontein sal nie maklik vergeet word nie en baiekeer het mense gesê :

“Kyk hier kom Boshof nou oor!” Die erge reën en oorstromings van 1987 – 88 sal ook altyd in

ons geheue wees. Ouderling Danie Pretorius is toe oorlede en met die besoek aan die plaas het

ons so vasgeval dat ek en Susan en nog ander, naastenby vir ’n kilometer kaalvoet en met

opgerolde broekspype moes loop om by die huis te

kom.

Ons het gedurende 1989 tot ander insigte

gekom en uit die N.G. Kerk bedank om ons by die

Afrikaanse Protestantse Kerk aan te sluit.

Ten slotte wil ek en Susan u gemeente hartlik

gelukwens met die herdenking van die bestaan van

die gemeente en bid ons u baie jare van ryke

seëninge in die gemeente toe.

Seënwense,

Ds. Jan en Susan Erasmus

Ds. en mev. Erasmus.

30

Page 31: laaste Gedenkboek

Hendrik Gabriel Greeff

Liewe Gemeente van Bultfontein,

Wanneer ’n mens verjaar is dit altyd weer ’n geleentheid om te dink aan waarheen jy oppad

is. Natuurlik kan jy dan nie anders as om ook te dink aan die pad wat verby is nie. Voorraad

opname tyd. Onthou tyd.

’n Gemeente onthou mos deur sy mense, deur hulle wat op ’n stadium deel was van daardie

gemeente. Ek was een van daardie mense wat deel was van hierdie gemeente en daarom kan dit

nie anders as dat dit ook vir my persoonlik ’n onthou tyd is nie.

Ja, ek dink terug en ek onthou. Ek onthou hartseer tye maar gelukkig was daar soveel meer

goeie tye. Al die hartseer tye vertel tog maar eintlik van liefde. Liefde wat seergekry het oor ’n

pa of ma of man of vrou of selfs kinders wat deur die dood weg is. Of ’n liefde wat stukkend

geraak het in gebroke verhoudings. Liefde wat teleurgestel het, vertroue wat geskaad is. Ek

was so bevoorreg om in hierdie tye saam met hierdie mense te wees. Saam seer te kry maar

gelukkig ook saam te lag en vrolik te wees.

Ja, ons het baie feesgevier ook. Elke kermis of basaar was ’n fees. By vele huweliksfeeste

het ek gedeel in die vreugde. Ook verjaarsdae en talle vierings en byeenkomste waarvoor ek

dink Bultfontein nogal bekend is. Soms was dit groot geleenthede, soms kleiner geleenthede

maar dis onthou sake wat by ’n mens sal bly.

Ek onthou hoedat tant Bessie Rheeder gereeld vir my ’n briefie van bemoediging geskryf het

of om dankie te sê. Ek onthou vir tant Rennie Vos wie se briefies met ’n lekkerny daarby ek

gereeld op die kansel gekry het en die pepermente van een van die diakens. Toe een van die

ander lidmate, ’n ietwat stout lidmaat, dit hoor het hy besluit om ook sy deel by te dra. Een

Sondagoggend was daar toe ’n hele bossie bokkoms vanaf die Weskus op die kansel. Die

gevolg was dat ek daardie oggend gepreek het met my neus in die lug.

Wie sal ooit vir Marie Barnard kan vergeet. Ons het gereeld by hulle geëet, veral op ’n

Sondag na die diens. Die volgende dag was ek dan gewoonlik siek van die ryk kos. Sy het ook

niks daarvan gedink om met haar slaapklere by die pastorie op te daag nie. Terwyl sy by

AVBOB gewerk het, het sy gemaklik in die etensuur ’n slapie gevat in een van die kiste.

So het talle pragtige mense ons pad gekruis. Ek het selfs ’n pa en ’n ma geërf. Maar julle

was almal vir my werklik soos broers en susters en ouers. Ons het baie liefde in hierdie

gemeente beleef. Daarvoor wil ek dankie sê. Ek was altyd oortuig dat Jesus se liefde hier die

31

Page 32: laaste Gedenkboek

botoon voer. Ek vertrou dat dit steeds so is. Dit en die wete dat ons sonder Sy genade niks is

nie.

’n Groot deel van ons kinders se grootword jare het hulle hier beleef. Dit was ook vir hulle

’n goeie tyd. Baie sal dalk onthou dat ons seun, Pieter, gewoonlik sy hemp en skoene uitgetrek

het sodra hy in die kerk gekom het. Die pastorie gesin het gewoonlik agter die ouderlinge gesit,

dan het Pieter besluit om van agter af onder die ouderlingsbanke deur te kruip tot voor in die

kerk. Hy het dus die ouderlinge redelik wakker gehou. As jy wou weet waar Pieter is, kon jy

maar net kyk watter ouderling sit skielik regop.

Die Here het egter besluit om ons op ’n nuwe pad te lei van daar af. So het ons pad dan

geloop deur Dealesville, tot in Alexandria. Ook op hierdie pad het ons vele hoogtepunte beleef.

Ongelukkig was daar ook die terugslae, die “aarde toe kom” ervarings. Gelukkig kon ons steeds

op die Rots bou. Na ’n egskeiding, wat altyd baie traumaties is,

het die Here aan my ’n nuwe gesin gegee. Nou het ek nie net

drie kinders nie, maar vyf. Ek is selfs al ’n oupa. Ek hou egter

nie baie van die titel nie, aangesien ek my nie met die “ou”

daarin wil assosieer nie.

Ons is tans in ’n nuwe gemeente, waarin die Here ons met

groot vrug gebruik. Ek is dankbaar om te kan sê dat dit met ons

goed gaan.

Groete van die Greeffs en baie geluk met hierdie verjaarsdag

van die gemeente. Dankie vir julle liefde en mag Sy liefde julle

lei om van krag tot krag te gaan.

Ek bid Sy seën vir julle toe, Henk Greeff.

Ds. Gerhardus Petrus Delport

Ds. Delport word op 17 Julie 1995 met die vierde beroepsvergadering van N.G.

Moedergemeente Bultfontein beroep. Die naweek van 6 tot 8 Oktober 1995 word hy en

Sandra as die dertiende leraarspaar in Bultfontein ontvang.

Hy bring sy kinderjare in Meyerton en Ventersdorp deur en matrikuleer in 1974 op

Meyerton aan die Hoërskool Dr. Malan. Hy studeer aan die Potchefstroomse Universiteit en

doen sy teologiese opleiding aan die Universiteit Pretoria waar hy in 1981 gelegitimeer word.

In 1983 word hy in sy eerste gemeente, Kameelboom, georden. In 1986 word hy kapelaan in

die S.A.W. met standplaas Messina en in 1990 verhuis hy na Eerste Vesting.

32

Page 33: laaste Gedenkboek

Hy is slegs die derde leraar wat Bultfontein langer as 10 jaar bedien. In 2014 sal hy die

tweede plek inneem.

In 1979 tree hy in die huwelik met Sandra Strydom. Uit die huwelik is drie pragtige

dogters gebore. Marike

werk tans in Bermuda.

Suzanne werk vir die

Ouditeur Generaal en

Karien is ’n student. Al

drie bekwaam hulle as

ouditeure.

Ds. Gert Delport

en gesin.

Sandra het in

Vereeniging grootgeword

waar sy haar skoolloopbaan voltooi het. Sy studeer huishoudkunde aan Tukkies. Sy stel die

werk van die Here eerste en ondersteun ds. Gert in al sy werk, lewer kommentaar op sy preke

en is altyd beskikbaar. Om met mense te werk is vir haar ’n vreugde. Sy is kreatief en hou

daarvan om met haar hande skeppende werk te doen. Vir haar gesin is sy ’n egte moeder en

gee vir hulle net die beste.

Ds. Gert en Sandra is vriendelike mense vir wie Godsdiens ’n werklikheid is. Humor

ontbreek glad nie. Ds. Gert se preke spreek van die liefde en genade van God. Sy roeping as

predikant is vir hom ’n werklikheid. Reeds op die ouderdom van 5 jaar was hy seker dat hy

eendag predikant wil word en sy gebed is dat hy dit enduit sal kan wees.

Kerkraadsvergaderings lei hy op ’n bekwame wyse. Sonder om die vergadering af te

skeep word sake flink en vinnig afgehandel. Ds. Gert ken sy kerkraad in alle

gemeenteaktiwiteite. Hy en Sandra staan vas in hulle geloof.

Ds. Gert se ywer vir sending het veroorsaak dat daar tans uitreik aksies aan die gang is na

Phahameng en na `n sendingwerker in Rusland.

Wanneer daar ’n noodgeval kom waar ’n predikant benodig word tree hy onmiddellik op.

Hy sal selfs sy tee half gedrink los om dadelik bystand te verleen. In gevalle van siekte of

dood vergesel Sandra hom. Tydens’n afdag of vakansie, en hy word benodig is hy, waar

moontlik, altyd beskikbaar. Andersins bel hy of reël met ’n ander predikant vir bystand.

33

Page 34: laaste Gedenkboek

Voorwaar ’n pragtige dienskneg en diensmaagd in die Here se diens.

Kerk Amptenare

1873 - 2008

Kosters: Mnr. J.F. Kachelhoffer

Mnr. Vogelsang

Mnr. A. Burger

Mnr. B. Burger

Mnr. P. Brill (23 jaar)

Mnr. W. Botes

Mev. J. Botes

Mev. Bettie van Wyk

Mev. Joekie Strauss

Mnr. Eric van Zyl

Mnr. J.P. Marx

Mnr. Gert Prinsloo

Mev. Bambie Olivier

Mnr. Isak Smith

Mnr. S.P. Cilliers

Kassiere: Ds. P. Winter

Mnr. M. Theunissen

Ds. A.J. Pienaar

Mnr. C.P. Brink

Mnr. H.C. Edmeades

Mnr. Pollie Beukes

Mnr. P.G. Gouws

Mnr. J. Van Wyk

Mnr. Isak Smith

34

Page 35: laaste Gedenkboek

Skribas: Ds. Winter

Ds. Pienaar

Mnr. B.H. Becker

Mnr. P.M. Fourie

Mnr. T.H. le Roux

Mnr. J.H. Wright

Mev. R. Liebenberg

Mev. B. Olivier

Mnr. Isak Smith

Mev. T. Theron

Mnr. Johan van Rensburg

Orreliste: Mej. L. Van Niekerk

Mej. J. Meyer

Mej. J. Bosman

Mej. K. Britz

Mej. S. Mostert

Mej. E. Kotzé

Mev. Ds. De Klerk

Mnr. C.M.F. Kruger

Mev. J.S. Smith

Mej. E. Nel

Mev. A. Ferreira

Mnr. J. Beukes

Mev. M. Barnard

35

Page 36: laaste Gedenkboek

Geskiedenis van die

kanselkleed.

Die kanselkleed is in 1896 met die

inwyding van die nuwe kerkgebou

aan die N.G. Kerk op Bultfontein

geskenk deur Johannes Hendricus

Viljoen. Hy is gebore in Graaf

Reinet. Later woon hy in die

Hoopstad distrik wat in daardie stadium nog onder die N.G. gemeente Bultfontein geval het.

Hy het dikwels op die kerkraad gedien as waardige en toegewyde ouderling.

Die kleed is van blou fluweel met handgeborduurde woorde in silwerdraad en silwer fraiings

onderaan. Die naam van die skenker en die datum is onder die fraiings geborduur.

Die woorde op die kanselkleed is die van Lukas 10:42 Een ding is nodig. Die Een ding is

geloof in Jesus Christus.

Reeds vroeg in die Anglo Boereoorlog het ’n Kanadese soldaat wat aan die oorlog

deelgeneem het, die kanselkleed gebuit en dit by sy tuiskoms as geskenk aan sy vriendin, Edith

Lockhardt gegee. Sy is gebore op 31 Maart 1882 in Hacton, New Brunswick en in 1913 getroud

met dr. Frank S. Bonell van die mediese instituut van Jefferson. In 1915 verhuis hulle na

Fairfield, Iona waar dr. Bonell as spesialis praktiseer. Hul seun Robert is in Januarie 1917

gebore en hul dogter Ruth in Augustus 1918.

Die kinders het die geskiedenis van die kanselkleed geken en ook geweet dat dit hul moeder

dit graag aan die gemeente van wie dit gevat is, wou teruggee maar sy het nie geweet waarheen

om dit te stuur nie. Edith is in 1957 oorlede en haar man in 1971. Na haar vader se dood het

Ruth in Februarie 1972 die Suid Afrikaanse ambassade gekontak, die verhaal van die kleed vertel

en versoek dat dit aan die oorspronklike kerk terugbesorg moes word, of aan ’n museum geskenk

moes word.

Sy en haar man het die kleed as geskenk aan die Suid Afrikaanse ambassade gegee. Hierdie

brief is deur Ruth Bonell Moyer en Robert M. Moyer onderteken.

Die kanselkleed, wat ’n oorlog deurgemaak en vir 70 jaar in die vreemde bewaar is, is aan

Bultfontein Moedergemeente terugbesorg. Op 2 Junie 1972 het ds. Claassens, wat op daardie

36

Page 37: laaste Gedenkboek

stadium leraar op Bultfontein was, dit aan dr. Van der Merwe, Moderator van die Vrystaat,

oorhandig om in die oorlogsmuseum te bewaar.

Op 22 Oktober 2008 het ds. Gert Delport ’n versoek aan kol. Frik Jacobs by die

Oorlogsmuseum gerig waarin hy vra dat die kanselkleed aan Bultfontein Moedergemeente

teruggegee moet word. ’n Maand later het ons die blye nuus ontvang dat die versoek toegestaan

gaan word. Die kanselkleed sal in Februarie 2009, tydens ons 135 jarige verjaardagviering,

amptelik aan die kerk teruggegee word.

Die Oorlogsmuseum het ook belowe om dit een keer per jaar op Bultfontein te kom

ontsuur sodat dit goed bewaar sal bly. Ons opregte dank aan Kolonel Jacobs en sy raad, asook

aan Jan Höevers, wat ons met raad en daad bygestaan het in ons poging om die kleed terug te kry

Hier en daar het iets verander

Lank gelede het vroue handskoene, hoede en sykouse kerk toe gedra. Hierdie bykomstighede

het volgens die mode van die dag verander en veral die hoede het in vele vorme verskyn, ’n

ontwerper se droom. Van klein, ronde hoedjies wat so bo op die kop sit, tot breërand weergawes

wat die gesig half versluier en die uitsig van almal wat agter die draer daarvan sit, totaal versper.

Die hoed was gewoonlik redelik kleurvol en is versier met blomme, vere, strikke en linte om van

die gewilde hoedspeld nie eers te praat nie want dit was ’n kunswerk op sy eie. ’n Voordeel van

die hoed was dat dit tydkorting vir klein dogtertjies gebied het as die preek te lank word, ’n mens

kon vir ure daarna kyk.

’n Goedgeklede vrou se handskoene was altyd dieselfde

kleur as die hoed. Hierdie vertakking van die klerebedryf het

seker floreer want ’n mooi hoed was maklik duurder as ’n rok en

elke uitrusting het vir sy eie hoed gevra.

Mans se kerkdrag was ’n pak klere en ’n das. Die kerkraad

was uitgevat in wit hemde met wit dasse en swart manelpakke.

Die predikant was elke Sondag met wit hemp en das en sy toga

op die preekstoel en hy is nooit sonder ’n pak en das op straat

gesien nie.

Gedurende die sewentiger jare het die kleredrag vir almal

begin verander. Handskoene het eerste in die slag gebly en kort

daarna die hoed en sykouse. Mans het sonder baadjies begin

37

Page 38: laaste Gedenkboek

kerk toe gaan en later ook sonder ’n das. Die word in ’n kort sin gesê maar daar is meer as ’n

dekade lank gepraat en gestry oor kleredrag voordat dit verander het.

Gedeeltes van teksverse, altyd sonder skriftuurplase, is gereeld aangehaal. Party vír en

ander téén meer informele drag maar almal het ewe ernstig verklaar Dit staan in die Bybel. Die

gemeente het lankal meer gemaklik aangetrek voordat die kerkraad toegelaat is om sonder

manelle in die kerkraadsbanke te sit. Later is hulle verlos van die manelle maar moes steeds

swart pakke dra. Laastens het die Herder ook sy toga uitgetrek.

In die tagtigerjare het vroue dit begin waag om met langbroekpakke, toe hoogmode, kerk toe

te gaan. Dit het ’n paar rimpels op die water veroorsaak maar nie te erg nie.

`n Familie uitgevat vir `n

troue of kerkdiens in die

vroëe jare.

Vroëe jare se

kleredrag, moontlik

was die dames in rou.

Jonkmans, uitgevat

vir `n troue.

`n Paartjie op hul troudag.

38

Page 39: laaste Gedenkboek

In 1971 het iemand agtergekom dat Mendelssohn die troumars oorspronklik vir ’n heidense

blyspel gekomponeer het en die gort was gaar. Die troumars is heidens en mag nie in die kerk

gespeel word nie. Kerkraadsbesluite het dit verbied en bruide het onder die geklank van ander

klassieke musiekstukke, wat waarskynlik ook maar vir heidense blyspele gekomponeer is, die

kerk ingekom. Tot op ’n dag, so is vertel, toe ’n kwaai ma vir die predikant gesê het, as die

troumars nie speel nie, trou haar kind nie. Die troumars ís toe gespeel en was nog nooit weer

heidens nie.

Sedert die stigting van kerke in Suid Afrika is daar altyd ’n naweek lank nagmaal gevier.

Saterdagmiddag was voorbereiding, Saterdagaand was daar ’n aanddiens waartydens katkisante

en kerkraadslede voorgestel is. Sondagoggend was daar ’n vroeë biduur, later die oggend was

dit nagmaal en die middag die dankseggingsdiens. Dit het sin gemaak in die tyd toe gemeentes

baie uitgestrek was en lidmate met perdekarre en ossewaens kerk toe gegaan het. Gedurende die

sewentiger jare het dit verander. Voorbereiding het na die Sondag voor nagmaal verskuif maar

die dankseggingsdiens is steeds dieselfde middag gehou. ’n Paar jaar later het dit verander en

word die dankseggingsdiens die Sondag na nagmaal gehou.

In die negentigerjare is die eerste vrouediakens, onder

andere mev. Connie de Wet, bevestig. Kort daarna was die

meeste diakens vroue en die eerste vroue ouderling is gekies.

Mev. Connie De Wet een van die

eerste vroue diakens

Soos al die ander dinge, het kerkmusiek ook verander. Daar

word lankal nie meer net gesange en psalms gesing nie.

Verskeie liedboekies het verskyn en ons het met ’n arm vol

boeke kerk toe gegaan, daarom was die elektroniese bord

waarop die woorde gelees word, baie welkom. Die orrel is ook lankal nie meer die enigste

musiekinstrument wat in die kerk gebruik word nie.

Soos reeds gesê, het alle registers van voor die Anglo-Boereoorlog verlore geraak. Uit die

vroegste inskrywings in ons doop- en lidmaatregister kry ons die volgende inligting. In

September 1901 het ds. A.P. Kriel vier kinders gedoop. Dit is opvallend dat hulle nie op

dieselfde dag gedoop is nie. Op 8 September is Marthinus Prinsloo Muller gedoop, op 9

September, Cornelius Johannes Botes en Jacob Barend Maré, op 11 September is Abrahamina

39

Page 40: laaste Gedenkboek

Paulina Pretorius gedoop, vreemde name maar haar pa was Abraham Paul en sy is beslis na hom

vernoem. Ons kan aanvaar dat al die lidmate nie geweet het dat daar ’n predikant gaan wees nie

en dat sommige mense later gehoor het daarvan en tog hulle kinders gebring het om gedoop te

word. Ds. Kriel was seker bereid om die kinders wat na hom toe gebring is te doop omdat dit

buitengewone omstandighede was. Die vroue het waarskynlik alleen hulle kinders gedoop want

alle weerbare mans was immers op kommando.

Die vroegste inskrywings van jong lidmate wat beleidenis van geloof afgelê het, is 2 Junie

1907. Daarna is daar gereeld twee keer per jaar

jong lidmate voorgestel.

Die eerste

dooplidmate-register

wat na die Anglo-

Boereoorlog

in gebruik geneem is.

Met die inwyding van die nuwe Moederkerk, is daar 38 jong lidmate voorgestel. Een van

hulle, Jan Botha, woon nog in Bultfontein distrik en is steeds lidmaat van die Moederkerk.

Op 14 Mei 1950 is daar 13 babas gedoop en drie van hulle, Pepsie Maritz, Danie le Roux en

Japie le Roux, woon ook nog in Bultfontein maar is nou lidmate van Bultfontein Oos.

Japie le

Roux

Pepsie

Maritz

(gebore

Du Toit)

40

Page 41: laaste Gedenkboek

en Danie le Roux

Jan Botha

Heelwat herstelwerke is na die begin van hierdie eeu aangepak. Hier volg `n paar daarvan.

’n Tweedehandse orrel is in 2002 van die Brandfort gemeente gekoop vir R30 000.00, die

afbreek daarvan het R12 000.00 gekos en die oprigting hier ’n verdere R65 000.00, ’n totaal van

R107 000.00.

Op 19 Augustus 2004 is besluit om die kerk se dak nuut te teel vir die bedrag van

R167 000.00.

Doopvont

Nog iets in die Moederkerk wat kosbaar is en waarvan

niemand werklik die geskiedenis ken nie, is die doopvont.

Die agtkantige, doopvont is ’n meter hoog en dit is

oorgeblaas met goud. Agter op die bord waarin die

doopwater gehou word, is die woorde: Een geschenk van

Juffroun F. Le Clus 1897 gegraveer. Niemand weet

enige iets meer van die skenker of die doopvont nie.

In die sewentiger jare het die gemeente weer te groot geword om deur een leraar bedien te

word. Daar is besluit dat daar ’n proponent beroep sal word in plaas van ’n medeleraar.

Die proponent het in Huis Vergeet My Nie, die latere Die Bult Aftreeoord, gewoon en die

bediening van die inwoners was hoofsaaklik sy taak.

Een van die proponente was ds. Henk Greeff. Nadat ds. Potgieter ’n beroep na

Bloemfontein aanvaar het, is ds. Greeff beroep en op Bultfontein

georden en bevestig.

41

Page 42: laaste Gedenkboek

Later is daar van ’n emeritusleraar se diens gebruik gemaak en dit werk baie uitstekend. Die

bejaardes vind aanklank by ’n ouer persoon en hy is nie net hul geestelike leier nie maar ook hul

vriend en vertroueling. Die huidige emeritus leraar is Ds. Kobus Odendaal

woonagtig naby die tehuis, en altyd beskikbaar

vir sy “geliefde Oumensies”.

Ds. Kobus en Mev. Susan

Odendaal,

Die Bult-Aftreëoord is onlosmakend deel van

Bultfontein Moedergemeente. Twee Ouderlinge en twee diakens bedien die twee Aftreë-

oordwyke, wyke 19 en 20.

Dienste vanuit die Moeder Gemeente sowel as uit die Oos-Gemeente word aan die inwoners

d.m.v televisie en radio bedien. Ook word hul eie nagmaal aan hulle in die Te-Huis bedien. Al

behoort die inwoners aan verskillende denominasies, vind almal baat by die NG. Bediening in die

Aftreëoord.

Ook hier sien ons dieVader se hand in alles, die groei, die vooruitgang en die samesyn van

die dierbare inwoners. Mag die Here se seën ook hier op die personeel se harde werk rus.

42

Page 43: laaste Gedenkboek

Die Bult-aftreëoord in sy babaskoene in die vroëe

sewentigerjare.

Ook die kerkraad het dit nie

vrygespring.

Vroëer is daar verwys na die lidmate

wat“ontdooi” het, maar ook die kerkraad en

leraars het van die streng swartkleredrag na

amper informeel verander, soos op die

bygaande foto`s gesien kan word.

Kerkraad uit vervloeë dae,

gedurende Ds. Claassens se

termyn.

Kerkraad uit Ds. Oosthuizen se termyn

43

Page 44: laaste Gedenkboek

Ou en nuwe kerkraad – 2008

Sendingwerk van die N.G. Kerk

Oral waar ’n gemeente van die NG Kerk gestig is, is die evangelie aan die plaaslike bevolking

verkondig. So vroeg as 1877 is aangeteken dat ds. G.A. Maeder, ’n sendeling van Witzieshoek,

Bultfontein besoek het en begin het met sendingwerk. In De Fakkel van Maart 1893 is genoem

dat hier in 1879 met sendingwerk begin is.

In die begin jare het die predikant van die blanke kerk die sendingwerk gedoen. Ds. Winter,

seun van ’n sendeling en self ook opgelei as sendeling kon dit baie goed doen. Volgens die

argief van die sendingkerk was die eerste twee lidmate van die plaaslike sendinggemeente Petrus

en Catherine Tamboekie wat op 30 April 1883 deur ds. Winter bevestig is. Twee van hulle

kinders is egter reeds op 4 Maart 1880 gedoop. Hul ouers was nog nie lidmate nie, so hulle is

waarskynlik deur ander lidmate gedoop. Die registers van die sendingkerk het, net soos die van

die blanke kerk gedurende die oorlog verdwyn. In 1888 was daar 11 lidmate en in 1893 reeds

125. Op daardie stadium was katkisant Petrus, waarskynlik Tamboekie, die blanke leraar

behulpsaam. Die aantal lidmate het stadig gegroei.

Reeds voor die Anglo Boereoorlog was daar ’n sendingkerk dit is egter gedurende die oorlog

totaal vernietig, sodat eredienste eers in die stal en daarna in die waenhuis van die pastorie gehou

is. Die gemeente het, afgesien van die moeilike omstandighede, gehelp. In notules van die

Moederkerk sien ons dat daar in 1903 grond vir ’n sendingkerk geskenk is asook R50.00 en op

19 Maart 1904 word ’n nuwe kerkgebou ingewy. “De Gemeente is dankbaar dat zij nu weer een

44

Page 45: laaste Gedenkboek

vaste plaatse der aanbidding heeft.” Ds. Pienaar sou die gemeente 44 jaar lank met volharding

bedien tot met die aanvaarding van sy emeritaat in 1942. In 1907 was daar sprake van ’n blanke

sendeling maar die voorstel is op ’n gemeentevergadering afgestem.

Teen 1910 het evangelis James Mabote hier onder die swart mense begin werk tot met sy

dood in 1936. Daar was behoefte aan ’n ander kerk en in 1929 waarborg die Oranje Vroue

Sendingbondtak op Bultfontein 5% rente op ’n lening van R200.00 as die kerkraad van die

Moederkerk ’n nuwe sendingkerk laat bou.

Die eerste blanke sendeling wat hier gewerk het, was ds.

W.F. Loots.

Eerwaarde W.F. Loots 1ste

Sendeling

Hy is deur die Algemene Sendingkommissie van die Vrystaatse kerk na Bultfontein gestuur en

hy skryf dat dit vir hom onvergeetlike dag was toe hy as jong proponent met sy aankoms deur

klompie swart kinders toegesing is:

Utlua Moruti oa Morena

Welkom dienskneg van die Heer

Sy salaris was R25.00 per maand waarvan hy R10.00 losies in die koshuis van die blanke

skool moes betaal waar hy gebly het. Hy moes ook toesig hou en die godsdiens waarneem. Hy

was ook ’n hulpprediker vir ds. Pienaar. Hy het nie ’n voertuig gehad nie en het elke dag lokasie

toe geloop om sy werk daar te doen. James Mabote, die evangelis en die swart skoolhoof,

Johannes Marokane het hom baie gehelp. Die skoolhoof het hom geleer Sesotho praat sodat hy

later selfs in die taal kon preek. Om sy gemeentelede op plase te besoek en saam met die

evangelis huisbesoek te doen, het hy soms ’n kar en perde by goedgesinde boere geleen.

Ds. Loots se verblyf op Bultfontein was baie kort. Op 3 September 1932 het hy na Vosburg

vertrek en vir die volgende dertien jaar het die werk maar stadig gevorder sonder die leiding van

’n blanke sendeling. Na die dood van Mabote het

evangelis David Tsenoli die werk voortgesit. In Oktober

1939 is ’n nuwe, groter sendingkerk ingewy.

In 1945 is die eerste sendeling beroep in kombinasie

met Hoopstad. Dit was ds. R.H. Venter van Reitz en hy het

op Hoopstad gewoon.

45

Page 46: laaste Gedenkboek

Ds. R.H. Venter

Hy moes in twee gemeentes werk en was ook konsulent in nog vyf ander gemeentes waar hy

minstens moes nagmaal hou en doop. In 1950 was daar omtrent 500 lidmate. Ds. Venter se

gesondheid het verswak en in 1950 is hy oorlede.

Eers in 1955 is ds. L. T. Van Zyl (later doktor) bevestig as die eerste voltydse sendeling op

Bultfontein en daarvandaan het die sendinggemeente sterk gegroei.

Op 4 Augustus 1957 is ds. B.H. Groenewald hier bevestig.

Dr. L.T. van Zyl Ds.

B.H. Groenewald

Hy het die gemeente beter georganiseer, die insameling van dankoffer verander en

sodoende die sendinggemeente meer selfstandig te maak. Hy het van bandmasjiene gebruik

gemaak om preke op plase te lewer. Die plaasskole het van 3 tot 22 vermeerder in die ses

jaar van sy bediening, nog twee evangeliste is aangestel en die kerk het geweldig gegroei

soos die getalle wys:

1957: 700 lidmate 200 in die Sondagskool

1963: 1600 lidmate 1300 in die Sondagskool

Op een stadium was daar 850 siele in die katkisasieklasse!

As gevolg van hierdie groei het die sendinggemeente Bultfontein Oos in 1963 afgestig.

Net na die afstigting, op 1 Desember 1963, het ds. Groenewald na Schweizer Reneke vertrek.

46

Page 47: laaste Gedenkboek

Ds. W. G. J. Bothma het aan die begin van 1965 die werk kom voortsit en bestendig. ’n

Swart leraar en ’n evangelis het ds. Bothma baie gehelp. Die kerk groei steeds tot ’n sieletal van

9000, 2800 lidmate en 800 katkisante. Netjiese kerke en huise vir evangeliste

is deur die blanke moedergemeentes gebou.

Ds. W.G.T. Bothma en gesin

Ds. P.S.

du Plessis

en gesin

In die sendinggemeente Bultfontein Oos het ds. P.L. Mulder, en later ds. P.S. du Plessis saam met

twee evangeliste gewerk.

Die sendinggemeentes het op ’n stadium gevra om onafhanklik van die blanke gemeentes te

werk en daar is aan die wens voldoen.

Op 1 Maart 1994 is AMOS TRUST gestig met die visie: Elke plaas vir Christus.

AMOS AGRIMINWERKSAAMHEDE OOR TIEN JAAR IN BULTFONTEIN .

Volgens die Woord was Amos 'n skaapboer uit Tekoa, Ds. Hennie Viljoen het in 1993 aan die

Heer se sendingroeping gehoor gegee en die skaapboer se naam gebruik vir AMOS TRUST

wat op 1 Maart 1994 formeel gestig is, as 'n interkerkiike organisasie, gerig op die totale

plaasgemeenskap, boere, arbeiders en kinders in Af rika. Visie: "Elke piaas vir Christus".

Missie: Om elke persoon in Af rika wat deel vorm van die landelike en boerderygemeenskap,

die geieentheid te bied om in 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus te staan en volgens

die Bybelse waardes en norme te leef. Sedurende 2003 verander die naam van Amos Trust na

47

Page 48: laaste Gedenkboek

Amos Agrimin en tydens 'n strategiese beplanningsgeleentheid in November 2005, is besluit

om die Visiesteiiing van Amos te verander. Elkeplaas vir Christus word vevang met

"Living and farming God's way".

Gedurende Maart 1999 het 16 lidmate, van Moeder- en Oos gemeente die A£S en N£K in

Afrika, 'n AMOS Seminaar in Hoopstad bygewoon en daaruit het die Amos-aksiegroep,

"Buitfontein vir Christus" ontstaan. Die eerste Koordineerder was Elsie Cariitz en die

Visiedraer Ceciie Marais. Die doel van die aksiegroep was om:

(1) opleiding na lede van die plaasgemeenskap te bring wat hulie in staat stei om self weer hui

gesinne en ander iede van hui eie gemeenskap te leer.

(2) om werkgewers opnuut bewus te maak van hui verantwoordelikheid teenoor hui werkers op

geestelike gebied.

In Augustus 1999 het die eerste 17 studente onder beskerming van die Aksiegroep met die

kursus "Grondwaarhede van die Woord" begin. Ds. Petrus Mentjes was die eerste dosent.

Dit was 'n een jaar kursus, wat na twee jaar verleng is. Mnr. David Makomela is sedert 2000

die dosent en nog 83 studente is reeds opgelei. Op heelwat plase word plaasgodsdiens en

sondagskool gehou deur oud studente, in samewerking met die werkgewer.

Kursus materiaal, Plaasgodsdiens boeke, Invaltyd dagstukkies en kinderlektuur is beskikbaar

by Amos Agrimin Hoofkantoor.

Die huidige Amos Aksiegroep bestaan uit 11 lede en ons bring die eer aan God vir die voorreg

om deel te kon wees van die projek in ons distrik, ons dank aan Kerkrade wat dit moontlik

gemaak het.

BARMHARTIGHEIDS-DIENS IN MOEDER-GEMEENTE

BULTFONTEIN.

AGTERGROND-OMSTANDIGHEDE;

Die totstandkoming van die O.V.V. (V.V.A.) spruit voort uit die nood wat bestaan het in die gemeenskap na die Tweede Vryheidsoorlog en Rebellie. Ds. J. A.Pienaar bygestaan deur sy eggenote het alles in hul vermoe gepoog om die materiële en geestelike nood in die gemeente aan te spreek na beëindiging van die oorlog. Die O.V.V.(Oranje Vroue Vereniging) was die Vereninging waardeur die Kerk 'n diens gelewer het aan die behoeftiges in die gemeenskap.

48

Page 49: laaste Gedenkboek

Dit wat hierdie egpaar tot stand gebring het se waarde was onskatbaar. Beide het groot empatie gehad vir barmhartigheid. In die Groot Geloofswoordeboek van Adrio Kunig beskryf hy barmhartigheid as; "Daar is nie veel verskil tussen barmhartigheid en genade nie. As ons oor God dink, lê woorde soos genade, barmhartigheid, ontferming, troue liefde en guns naby mekaar."

DIE STIGTING VAN DIE O.V.V.

Op 29 Januarie 1898 is Proponent J.A. Pienaar as tweede leraar in die nege-jaar oue gemeente bevestig. Hy sou vir vier-en-veertig jaar in Bultfontein in die bediening staan. Ds. Pienaar is getrou bygestaan deur sy eggenote Mev. Johanna Magdalena Moller Pienaar, gebore Naude vanaf Robertson afkomstig. Mev. Pienaar het naskools in Wellington in tale gestudeer waaronder Grieks en Hebreeus. Hierdie bekwame predikantsvrou het opvoeding hoog op haar prioriteitslys gehad en dit gepromoveer.

Ds. Pienaar het skaars sy voete gevind in die gemeente toe die Tweede Vryheids-oorlog uitbreek. Ds. Pienaar het as veldprediker die burgers op kommando vergesel, was op 'n stadium gevange maar later toegelaat om weer as veldprediker op te tree.

Die trauma van die oorlog, die verwoesting van die land en die geestelike letsels wat dit gelaat het, is in omvang later eers besef nadat dit nagevors en beskryf is. Lord Kitchner se "Verskroeide Aarde Beleid" om plase te verwoes, huise af te brand, vee te dood en vroue en kinders na konsentrasie-kampe te vervoer, het geestelike en materiële nood van ontelbare skade gelaat. In Bultfontein-distrik was slegs een opstal wat nie afgebrand is nie, op die plaas van die Wessels-familie naby die huidige Brandfort-pad. Die woning het vir baie jare behoue gebly maar is nou bouvallig en onbewoon.

Gesien in die lig het die leraar van die gemeente, Ds. J.A. Pienaar wat self baie opgeoffer het en ontbeur het verklaar, "Kermen en klagen zal ons niets help.Wij moeten opniew beginne en de vervalle en verwoeste muren van Jerusalem weer opbouwen" by aanskoue van die verlies en verwaarlosing van die kerk-eiendom van die gemeente. Ds. Pienaar het selfs aan Emily Hobhouse, "Heldin uit die vreemde" soos sy bekend gestaan het, geskryf en om fondse gevra. Hierdie Engelse dame, wat soveel agting geniet het by die Boere, se oortuiging was dat die mens die kosbaarste is in God se Skepping.

In Junie 1903 het sy die dorpe Boshof en Hoopstad besoek Die muilwaentjie was oorlaai met meel, koffie en blikkieskos tot so 'n mate dat sy vir haar eie bagasie en beddegoed skaars plek gehad het .Die vergunning van rantsoene was reeds verstryk maar Mej. Hobhouse het met behulp van die "Distress Fund'" en met behulp van vriende hulp verleen. Ds. Pienaar het ook fondse ontvang. Mej. Hobhouse kon nie alle boere help met ploeg-osse nie maar het spanne ploeg-osse gehad wat van plaas tot plaas

49

Page 50: laaste Gedenkboek

gegaan het en boere gehelp het. Die ploeg-osse het bekend gestaan as "Mej Hobhouse se ploeg-osse”. Opvoeding was ook hoog op mej. Hobhouse se prioriteitslys. By baie boere-gesinne was 'n gees van absolute verslaenheid teenwoordig.

Ds. en mev. Pienaar was die baan-brekers wat naaste-diens in ons gemeenskap daar gestel het. In 1904 is die A.C.V.V. in Kaapstad gestig en die S.A.V.F. in Transvaal. Soortgelyke takke is in die Vrystaat gestig en op 25 Maart 1908 het President Steyn en sy eggenote Tibbie formeel op die plaas De Rust in Bloemfontein die O.V.V. gestig.

STIGTING VAN DIE O.V.V. TAK VAN BULTFONTEIN .

Sekerheid bestaan dat die Tak op 26 Februarie 1916 gestig is. Mev. Pienaar kan met sekerheid as stigter genoem word. Sy het ook met enkele uitsonderinge van 'n paar tydperke die Voorsittersstoel geneem tot 1942.

In navorsing na ander stigterlede kom in Kongres-verlae die name voor van ander dames wat verseker ook stigterslede en medewerkers was. Behalwe in die geval van mev. G.M.M. van Wyk, die groot-moeder van Coen Van Wyk, kom geen verdere besonderhede ingewin word nie. Danksy die geskrewe herinneringe van wyle Mnr. A.C. van Wyk, prokureur en later Adminstrateur van die Vrystaat, het hierdie waardevolle inligting behoue gebly.

Mev. Van Wyk is in 1880 te Sutherland gebore en het in 1900 aan die College for Teachers, Kaapstad, gekwalifiseer. Sy beklee verskeie poste- vanaf 1905 te Katboskuil plaasskool, distrik van Bultfontein. In 1907 tree sy in die huwelik met mnr. C.H. van Wyk, 'n veeboer van Warmhoek, die familie-plaas waar Coen en A.C. van Wyk tans nog boer.

Mev. Van Wyk word deur haar kleinseun, Coen, onthou as 'n sosiale en mensliewende persoon met 'n passie vir kerklike en maatskaplike betrokkenheid. Sy het met toewyding as lidmaat bystand verleen aan die opheffmg van minderbevoorregtes. Sy het vir jare gedien op die O.V.V. en Vroue-sendingbond se besture. Mev. van Wyk was dikwels die afgevaardigde na Kongresse, wat veel geverg het, in aggenome die infra-struktuur van destyds.

Die agt-en-dertig kilometer grondpad tussen die plaas Warmhoek en Bultfontein moes met kar en perde afgelê word tot die gesin in 1926 'n motor bekom het. Tussen Warmhoek en Bultfontein was meer as twintig hekke. Kerkbesoek was een keer per maand en tydens nagmaal-naweke het hulle in die dorpshuis oorgebly. Dorpshuise of kamers is bewoon deur heelwat plaas-lidmate tydens nagmaal omdat vanaf Saterdag-oggend tot Sondag-middag vergaderings, bid-ure, eredienste en kerk-basare geskied het. Ander lidmate het met wa-en osse en tente op die Kerk-terrein uitgekamp. `n Gesin trots op pad

Wanneer mev.van Wyk kongresse bygewoon het het sy haar jong kinders gelaat in die sorg van die Hellmuth-gesin, Doornpan. Die families was huisvriende.

50

Page 51: laaste Gedenkboek

Mev. Van Wyk naas mev. Pienaar het met baie beplanning en deursettings-vermoe meer as hul deel gedoen. Beide het later gesondheidsprobleme ondervind, mev. Van Wyk is in 1951 oorlede. Beide mevve. Pienaar en van Wyk was tengunste van naskoolse opvoeding en het hiermee blywende waardes toegevoeg aan mense se lewens. Dit alles het geskied teen die agergrond van die depressie, droogtes, muisplaag in 1916, (gevalle van buile-pes is bekend) die 1918-griep epidemie en die droogte van 1933. Vanaf Staatsweë het min hulp gekom, die Boere kon na die oorlog 'n beraming maak van skade en aansoek om befondsing doen. In hierdie verband het Emily Hobhouse 'n groot rol gespeel deur in die bresse te treë vir die verarmde Afrikaners. Dikwels het die verarmdes slegs ses pennies uit die pond ontvang as gevolg van knoeiery deur amptenare. Staats-pensioene is eers na 1934 ingestel.

BYWONING VAN O.V.V. KONGRESSE 1918 TOT 1960.

Die Bultfontein-tak het alle kongresse bygewoon. As aanduiding van die tak se vroeë funksionering word die volgende inligting in die kongres-verslae gevind. Let gerus op na die hoë getal lede. Notule-boeke van hierdie tydperk ontbreek. Slegs kongresverslae is gevind.

Sewende kongres; November 1918 te Bloemfontein.Ledetal; 60.Sekretaresse; Mev. Werdmuller.

Agste Kongres; November 1920 te Zastron.Verteenwoordiger; Mev. H. de Bruyn.Ledetal; 62 ` Die Tak stel voor dat die Hoofkantoor geskikte boeke onder takke versprei oor diesedelike onderrig vir kinders.

Negende Kongres; November 1921 te Ventersburg. Verteenwoordig; Mev. Sarel Combrinck. Ledetal; 64. Sekretaresse; Mev. J. Wessels.

Tiende Kongres; Mei 1923 te Heilbron.Verteenwoordiger; mev. Prinsloo.Ledetal; 60.Mev. Ds Pienaar was op hierdie stadium 'n hoofbestuuurslid.

Elfde Kongres; Mei 1924 te Fauresmith. `n Kinder-begrafins na die oorlogVerteenwoordigers; Mevve. H. de Bruyn en C. Brink.Ledetal; 63.Mev. Ds. Pienaar was steeds op die Hoofbestuur. Sy lei 'n Bidstond en lees voor uit 2Konings 4; vers 1 tot 7 en beklemtoon veral vers 2; die beginsel van selfhelp. Dit moet altyd die strewe wees om armes te help om hulself te help. Die band tussen gesinslede moet verbeter word, hulle moet deel in mekaar se lief en leed. Soos die vrou met die kruik vol olie, het elkeen van ons een of ander gawe van die Here ontvang. Ons moet dit gebruik anders verroes dit en word deur motte verteer. Vroue moet die besef he van die nood, daarmee simpatiseer en hulp verleen.

Twaalfde Kongres; Maart 1925 te Kroonstad. Verteenwoordigers; Mevve. Davin en J. Wessels. Ledetal; 66.

51

Page 52: laaste Gedenkboek

Dertiende Kongres; Mei 1926 te Dewetsdorp.Verteenwoordigers; Mevve. H. de Bruyn en Viljoen.Ledetal; 80.Die Tak versoek dat skoolboeke vir skoolkinders nie dalk goedkoper verkry kan wordnie. Die Hoofbestuur beloof om die Onderwys Departement te nader.

Vyftiende Kongres; Mei 1928 te Brandfort.Verteenwoordigers; Mevve. Pienaar en Jan Viljoen.Ledetal; 88.Vergaderings gehou; 2 bestuurs en ses ledevergaderings.Mev. Pienaar steeds op die Hoofbestuur.Tak doen verslag dat slegs aan die armes gegee word waar hulp gevra word. Kinders opNormaal-kollege en Tegnieseskool word met geld gehelp.

Sestiende Kongres; November 1929 te Bethlehem. Mev. PienaarVerteenwoordig; Mev. Van Wyk.Ledetal; 74.Vergaderings gehou; 7 lede vergaderings.Inkomste van die Tak; 43 Pond, 2 sjielings en 11 pennies. Die lede-gelde het op diestadium 11 sjielings per lid per jaar beloop. Daar word ook berig dat daar baie behoeftigesis in die gemeenskap maar dat hulp slegs verleen word as daarom gevra word.

Sewentiende Kongres; November 1930 te Reddersburg.Verteenwoordiger; Mev. P. Castelyn.Ledetal; 72.Vergaderings gehou; 2 bestuurs en 5 ledevergaderings.Daar is baie arm mense in die omgewing maar hulp word net verleen as daarom gevraword. Daar word 'n jaarlikse bydrae gegee aan die armsorgkommissie. Losies van 'ndogter in die hostel word betaal.

Agtiende kongres; Oktober 1931 te Ficksburg.Verteenwoordiger; Mev. C. van Wyk.Ledetal; 75.Inkomste van Tak; 77 Pond, ses sjielings en 11 pennies.( 1 Pond en 7 pennies per lid.)

Twintigste kongres; November 1934 te Clocolan.Verteenwoordiger; Mev. C.H. van Wyk..Sekretaresse; mev. S.M. Joubert.Hoofbestuur Opvoedingsfonds van 34 pond is verleen aan Gideon Nel van Bultfontein.Beskrywingspunte;

• Tak vra of jong meisies ook lede van O.V.V. kan word. Kongres meen dit is'n goeie idee.• Bultfontein-tak vra ook wat gedoen kan word met 'n arm gesin van nege

52

Page 53: laaste Gedenkboek

kinders. Die eggenote kan nie die gesin onderhou nie en die eggenoot gebruik ongeveer die helfde van sy loon vir drank. Mnr. Oberholtzer van die Departement van Arbeid sê hulle is besig met twee dwangkolonies waarheen sulke persone gestuur kan word.

• Bultfontein-tak versoek dat die goewermentsdokter plaasskole jaarliks besoek, kinders gratis ondersoek en behandel. Die kongres besluit dat meer skoolgesondheidsdienste versoek sal word, veral vir plaasskole.

Een en twintigste kongres; November 1935 te Trompsburg.Verteenwoordiger; Mev. F. Bredenkamp.Ledetal 50.Takvoorsitter; Mev. Van Wyk.

Twee en twintigste kongres; September 1936 te Johannesburg. Verteenwoordigers; Mevve. H. Bosnian en G. van Wyk. Ledetal 56.

Ses en twintigste kongres; Maart 1942 te Bloemfontein.Verteenwoordiger; Mev. B. Nel.Sertifikate ontvang; Mevve; J.A. Pienaar, P. Maree, H. Prinsloo, C.H. Van Wyk en mej. J Ludik.

Agt en twintigste kongres; April 1946 te Bloemfontein. Verteenwoordigers; Mevve. Joubert en F. Beukes. Eresertifikaat ontvang; Mev. A. Castelyn.

JUBILEUM KONGRES : Maart 1958 te BloemfonteinVerteenwoordigers; Mev. Ds. Dreyer en mev. M.F. Muller.Eretekens ontvang; Lede bo sestig jaar en meer as twintig jaar lid van die O.V.V.;Mevve. M.F.Muller, Nel en Prinsloo.

Kongres ; September 1960 te Bethlehem. Verteenwoordigers; Mevve. A.J. Muller en I. Louw. Ereteken twintig jaar diens; Mev. M.F. Hellmuth.

PLAASLIKE BYEENKOMSTE EN DIENSLEWERING;

Tot en met 1960 ontbreek notule-boeke en word daar slegs berig oor kongresse en twee plaaslike byeenkomste wat gereel is; 'n Voedingsdag gehou in 1940 en 'n Gesondheidsdag gehou op 26-10-1942.

Die Voedingsdag was 'n sukses, soos berig deur die Sekretaresse mev. Frieda Beukes, moeder van Willie en Johan Beukes. Daar is 'n film vertoon soos verkry vanaf Hoofkantoor en lesings deur mej. S.H. Odendaal vanaf Hoofkantoor. Die beampte van Departement van Arbeid het nie opgedaag nie en mev. Beukes berig dat die boere baie teleurgesteld was .'n Wins van 19 pond is gemaak.

Tydens die Geondheidsdag het die skool vroeg 'n optog gehou . Om tienuur het almal in die Saal vergader (Waarskynlik die ou bliksaal wat as kerksaal gedien het. Dit was op die perseel waar Piet Strydom tans die bande-plek het.) Ds. Cilliers het die verrigtinge geopen met Skriflesing en gebed. Hy het hierna die aanwesiges ingelig oor die reuse taak wat die O.V.V. verrig in die gemeenskap .Ook het hy die stigting van 'n Noodhulp-liga bepleit .Die Presidente van die O.V.V., mev. Fourie, het hierna die aanwesiges toegespreek met kern-gedagte dat gesonde ouers ook gesonde kinders het. Mnr. Strauss van Spoorwee het hierna berig wat reeds gedoen word om gesondheid op treine te bevorder. Mnr. Strauss het ook die gevare van rotte en muise in die oordra van buile-pes bespreek en die belangrikheid van hygiene in dorpe. Mev.Ayton het hierna die belangrikheid van 'n

53

Page 54: laaste Gedenkboek

goed-ingerigte sieke-kamer bespreek. (Mev. Ayton en haar eggenoot het op die plaas Fairfield gewoon.) Hierna het die plaaslike geneesheer Dr. Joubert 'n lesing oor veneriese siektes gelewer. Daarna was 'n pouse waartydens verversings bedien is.

Die mans en kinders is hierna na 'n tent om na 'n lesing van ene mnr. Mostert te luister terwyl suster die dames ingelig het oor voorgeboorte-sorg. Verversings is die dag verkoop,terwyl dogtertjies in die strate gekollekteer het. Mev. Lettie Nel, moeder van Tannie Petro du Toit het 'n pragtige uitstalling gemaak van die aktiwiteite van die V.L.U. Mev. Nel was die Presidente van die V.L.U. Suster Kato Bredenkamp die Distriks-verpleegster het weer 'n uitstalling van 'n goed ingerigte Baba-kamer gemaak.

Suster Bredenkamp het vir baie jare 'n kraam-inrigting in Bultfontein gehad, 'n netjiese woonhuis waar Hanlie Combrinck vandag haar kliniek bedryf. Gesondheidssorg van hoogstaande gehalte is gelewer deur Suster Bredenkamp en Dr. Joubert.

Ek onthou baie goed hoe my moeder wat self 'n lid was van die O.V.V. gereeld met deernis uit die tuin groente en vrugte, plaasbotter, eiers, melk en vleis verpak het as gawes aan behoeftige gesinne op die dorp. Teenoor hulle wat swaar gehad het moes ons met respek optree en my ouers het vir jare kontak behou met diesulkes .Uit dit wat my moeder nagelaat het is selfs lesings deur haar opgestel en

waarskynlik deur haar voorgedra tydens byeenkomste, die feite is wetenskaplik baie korrek ondanks baie beperkte bronne destyds. Daar was beslis maatskaplike probleme soos alkoholisme,werkskuheid en materiele nood aanwesig. Ook hierdie notules ontbreek.

FUNKSIONERING VANAF 1 951 TOT 2006;

Danksy jaarverslae vanaf 1951 en notules vanaf 1961 kon meer besonderhede oor die Tak se aktiwiteite verkry word. Inligting is geselekteer met die doel om 'n aanduiding te gee van die strewe, gebruike en werkswyse van die Tak.

Die ledetal het sedert 1960 tot 2004 vanaf 45 tot 8 afgeneem. Aanvanklik was die O.V.V. die welsynsarm waardeur die Kerk 'n diens gelewer het aan hulle wat dit benodig het. Tot en met 1962 was die Leraarsvroue die Voorsitters. Hierna het ander dames die Voorsittersstoel gevul. Sedert die laat sewentigerjare het die onderskeie Kerke deur die gebruik van Kommissie van Vroue-lidmate (Diensaksies) Barmhartigheids-diens begin lewer . Ook ander funksies is gelewer deur die Kerke self.in 1994 het die O.V.V. so 'n laagtepunt bereik dat ontbinding as onvermydelik beskou is. Mev. Christene Duvenhage het hier die leisels geneem en daar was weer 'n opbloei -periode. Huidig is ons weer by 'n laagte-punt.

In 'n terugblik oor die verlede staan twee groot projekte sedert die sewentiger-jare soos reuse monumente van diens, samewerking en ywer deur bemiddeling van die O.V.V..

BEJAARDESORG;

Talle bewyse is in notules en jaarverslae gevind dat bejaardesorg die Tak na aan die hart gelê het. Reeds in die jaarverslag van 1957 word gevind dat 'n komitee vir "Besoek aan

54

Page 55: laaste Gedenkboek

Bejaardes" bestaan. Vanaf 1958 is hierdie Komitee, "Komitee in belang van bejaardes" genoem. Volgens die jaarverslag van 1963 was 91 persone "onder sorg."Slegs twee was beskou as ekonomies hulpbehoewend. Die meeste bejaardes het nog onafhanklik gewoon. Uit die 91 was slegs daar een persoon wat nie gesondheidsprobleme ondervind het nie. Hulle is gereeld besoek, leesstof is verleen sowel as eetgoed. Die hoogtepunt was op 5-12-1963 toe mev. Cowley een honderd jaar oud geword het. Soos gebruiklik is alle bejaardes uitgenooi en elkeen het 'n geskenkie ontvang. Mev. Cowley was die eregas. Ds. en mev. Pietie Coetzee (geliefde leraars-paar van Bloemfontein) teenwoordig en ds. Coetzee het die skriflesing, gebed en boodskap gebring. Voordrag, sang en konsertina-items is gelewer waarna tee, gepaste eetgoed en botterbroodjies bedien is.

Sedert 1957 het die gedagte in Bultfontein ontstaan om 'n inrigting daar te stel vir bejaardes, 'n kraaminrigting en ook 'n verpleeg-inrigting. In 1961 is 'n openbare vergadering belê en 'n komitee gekies om die aanvoorwerk te doen . Geen staatsteun vir so 'n drie-ledige doel kon verkry word nie en in 1967 is besluit om net 'n tehuis vir bejaardes daar te stel. Die Departement van gemeenskapsbou het 'n lening van Rl14 000-00 voorsien. Bydraes uit die gemeenskap was ongeveer R25 000.00 waarvan die O.V.V. alleen R10 000 .00 bygedra het. Huis Vergeet-My-Nie is op 29-09-1971 ingewy en deur veertig inwoners betrek. Die Tak het vir 200 gaste tee en verversings bedien.

Die jaarverslag van 1972 maak melding van een duisend tuisbesoeke by bejaardes asook dat 'n kuierhoekie by Huis-Vergeet-My-Nie as basis gestig is.

Die jaarlikse onthaal vir bejaardes was nou 'n instelling. Die volgende aanhaling uit die 1974 jaarverslag dui die mooi gesindheid aan waarmee hierdie funksie aangebied is; "Op 1 November kon ons gesellig verkeer met ons bejaardes.Daar is heerlik gesmul aan die lekkernye so met vlytige hande vir hul voorberei.By die ingang van die stadsaal is elke gas verwelkom met 'n skouer-ruikertjie, waar alles nog meer feestelik vertoon het met vrolike blomme op die tafels met smaaklike borde eetgoed. Die onthaal is vir ons Tak en vir die bejaardes die groot gebeurtenis van die jaar. Dis ook dan dat mev. Wendzich een van ons getroue, talentvolle lede die geleentheid nog aangenamer maak met haar klavierspel, wat die ou mensies se gedagtes terugvoer na verloe dae."Behalwe vir die jaarfunksie vir bejaardes is tenminste twee algemene vergaderings per jaar gehou by Huis-Vergeet-My-Nie. Belangstellendes, dikwels oud-O.V.V. lede is uitgenooi, 'n gepaste spreker is genooi en die dag is opgeluister met sang of voordrag-items en heerlike verversings."

Gedurende 1976 het die Bejaardesorg-komitee een duisend vyf honderd besoeke afgelê. Volgens die jaarverslag van 1977 het die bejaardesorg-komitee in daardie stadium uit ongeveer dertig lede bestaan. Bejaardes is op pensioendae vervoer na die Poskantoor, voetversorging is tuis gedoen en 'n kuierhoekie is gereeld gehou. In 1979 is die Kuierhoekie gestaak.

Daar is egter begin met 'n bejaarde-gimnastiekklub onder leiding van mevve. Maartens en Kotze. Hierdie Gim-trim groep het baie gewild geword en gereelde oefen-sessies baie aangename vrye-tyds besteding. Mev. Maartens verlaat Bultfontein gedurende 1986 en mev. Vermeulen bygestaan deur Denise Oosthuizen neem oor.

In 1989 begin Ds. Duvenhage met Kom-Weer Diensgroep en met behulp van entoesiastiese dames soos mev. Pienie Smith bereik hierdie aktiwiteit groot hoogtes, soveel so dat dit steeds bestaan en die hoogtepunt van menige bejaarde se maandelikse byeenkoms is. Daar was selfs 'n Komweer-orkes in die vroeë negentigerjare onder leiding van mev. Marie Prinsloo (Tans Gouws.) Wie sal vergeet hoe mooi Oom Louw du Toit met sy mondfluitjie gespeel het, Japie Pienaar op die trekklavier, Oom Barend Bornman met sy mondfluitjie, Ansie Durand met haar trekklavier, Oom Hendrik du Toit en talle ander. Onder Tannie Pienie se leiding was selfs 'n bussie vir Kom Weer aangekoop. Ons is so dankbaar dat die Kom Weer orkes weer 'n aanvang geneem het onder bekwame leiding van Tannie Marie Gouws. Dit verleen luister aan menige samekoms.

55

Page 56: laaste Gedenkboek

Bejaardes is selfs geneem vir vakansies by die see en opvoerings. Mev.Hannetjie Botha het hier 'n groot aandeel gehad. Vir etlike jare het, Kom Weer diensgroep, ook wegneem-etes geborg ten bate van behoeftige en verswakte bejaardes in die gemeenskap vanuit die tehuis vir bejaardes.

RINKINK KLEUTERSKOOL .

Tydens 'n algemene jaarvergadering op 19-10-1979 het die moontlike oprigting van 'n kleuterskool vir die eerste keer ter sprake gekom. Die volgende vergadering is deur mevve. Flemming en Verschuur van Hoofbestuur bygewoon. Hulle het die vergadering oor die positiewe effek van kleuteronderrig asook oprigtingsprosudure ingelig. Die Takbestuur het die nodige aanvoorwerk gedoen en op 21 Maart 1980 het die lede kollekte-lyste vir die projek gekry. Die bal was aan die rol vir die grootse onderneming en vir die volgende veertienjaar het dit 'n groot deel van die Tak se aandag en energie in beslag geneem.

Die volgende aanhaling uit die jaarverslag vir 1980\81 dui die situasie soos op 31-03-1981 aan; "Ons opregte dank aan die bestuur en ouers. Rinkink Kleuterskool het ge-open op 13-10-1981. Ons huur tans 'n gebou van die Administrasie (Paaie) tot ons gebou het. Daar is twintig voltydse kleuters en veertig wat Maandae en Vrydae die skool bywoon. Die bywoning syfer bly konstant-ons is hard besig om fondse in te samel met die oog om te kan bou.

Gedurende April 1981 ontvang die Tak 'n skrywe van Hoofkanoor waarvolgens 'n lening van Rl 0,000 teen 8 % rente vir Rinkink toegestaan is .Die Tak self het toe ongeveer R7,000 ingesamel en besluit om te begin bou. Volgens die jaarverslag van 1981\82 is 'n bestaande gebou op die perseel, waaroor die Tak reeds beskik het, teen R25,000 gerestoureer en is in Oktober 1981 oorgetrek.. Daar was twee voltydse en een deeltydse onderwyseres in diens. Een voltydse pos is van staatsweë gesubsideer. Die ander twee onderwyseresse sowel as die bedryfskoste is deur die Tak betaal. Deurlopende fondsinsamelings was dus nodig. Tydens die Tak se afsluitingsfunksie op 18 November 1983 waarheen plaaslike belangstellendes sowel as Hoofbestuurslede genooi is, is 'n tjek van R6,OOO aan mev. Flemming oorhandig. Daarmee was die lening van Rl0,000 wat in 1981 aangegaan is, afbetaal.

Die behoefte aan nog 'n klaskamer en 'n stoorvertrek het spoedig ontstaan. 'n Lening van R6 000,00 is aangegaan en die aanbouing is gedurende 1984 gedoen. Hierdie lening was aan die einde van 1985 reeds terugbetaal.

Gedurende 1988 is 'n verdere opgradering van die gebou aangepak. Staatssubsidie is daarvoor ontvang maar 'n skuldlas van ongeveer R6 000.00 is oorgehou. 'n Lening vir die bedrag is teen 'n gunstige rentekoers by Hoofkantoor verkry om die bankskuld te delg. Teen Maart 1994 het die skuld by Hoofkantoor nog sowat R7 800.00 bedrae. Die Tak het nie kans gesien vir verdere terugbetaling nie en gevolglik die gebou aan die Bultfonteinse Munisipaliteit aangebied met voorwaarde dat die Tak 'n huurkontrak van vyftig jaar met die Munisipaliteit aangaan. Hoofbestuur was egter nie ten gunste van die verkoop van die gebou nie en het besluit om eerder die volle bedrag van skulde af te skryf. Soveel is reeds belê in die Keuterskool, eienaarskap is dus behou deur die O.V.V. Tak.

Sedertdien funksioneer Rinkink selfstandig en aanvaar die Beheerraad volle flnansiële verantwoordelikheid. Baie energie, harde arbeid en optimisme het van Rinkink Kleuterskool 'n spogskool gemaak en voorbeelde van baie kleuters wat hier 'n grondslag ontvang het, vul vandag belangrike betrekkings .Op 7 Oktober 2008 het die personeel en leerlinge finaal voorbereide klasse gevul op die terrein van Bultfontein Hoërskool.

56

Page 57: laaste Gedenkboek

In die gemeenskap arbei hulle, wat alma mater trots besit, vir die uitbou van die gemeenskap en sal hierdie bakermat van opvoeding weer benut word tot voordeel van ons gemeenskap Ons bring hulde aan Voorsitters soos mevve.J Breedt, S.Hellmuth, R.Wessels,E- Davin S.Grobler en C.Duvenhage wat 'n diens van onskatbare waarde gelewer het

FONDSINSAMELINGS;

Notules verleen 'n goeie aanduiding van die Tak se aktiwiteite om fondse in tesamel.Hoofsaaklik is die volgende metodes aangewend;Donasies ontvang; Veral in 1981 ten bate van Rinkink kleuterskool.Straatkollektes; Een elk in 1973 en 1976 gehou.Kollektelyste; Vanaf 1962 tot 1980 is lede vier keer versoek om te kollekteer.Straattafels; Vanaf 1967 tot 2004 ongeveer veertien straattafels gehou.Troues; Vanaf 1963 tot 1990 is agt huweliksonthale onderneem vir fonds insameling.Etes; Vanaf 1974 tot 1993 is voorsiening van nege voile etes vir groepe onderneem..Plaasvendusies; Vanaf 1967 tot 1989 is by agt vendusies verversings verkoop.Skoustalletjie; Vanaf 1981 tot 1985 is by drie skoue voedsel verkoop.Konserte; In 1980 en 1981 kaartjies vir 'n koorgroep en hipnotiseerder vir 'n deel van die inkomste.

Volgens notules was hierdie funksies in besonderhede en gemotiveerd aangepak . Funksies was hoog suksesvol aangebied.

"n Interessante aanhaling uit 'n notule van 'n plaas-vendusie op 19-04-1972 op die plaas van mnr. Koos Rheeder, Excelsior, lees as volg. “ Twee skape sal gereed wees vir braai. Jaffles sal verkoop word asook kospakkies bestaande uit 'n toebroodjie en twee frikkadelle. Kerrievleis en rys sal deur die Voorsitster mev. Emma Davin gebring word. Mev. S.Mostert frikkadelle, O.Muller koue boud, C.Marais eiers en fikkadelle.. Mev. E.van Wyk neem verantwoordelikheid van pannekoek. Sy sorg ook vir breekgoed en panne van O.V.S.B.(Oranje Vrystaat Sendingbond,) Twee dosyn brode deur die volgende; Mev. Wendzich een dosyn, mev. Du Rand ses en mev. Marx ook ses. Mev.Hellmuth een pond margarien en ook mev. D.Claasens. Mev. M.Muller gee bydrae van een rand. Afwesige lede sal per foon om 'n bydrae gevra word. Mevve. S. en Basie Mostert, E. Davin en Pienie Smith sal gebakte poedings gee. " Die getal vendusiegangers is egter onbekend. Dit is egter bekend dat die plaas Excelsior nege en twintig kilometer grondpad vanaf Bultfontein is. Mnr. Rheeder het "darem geriewe en hulp" voorsien. Die opbrengs van hierdie verkoping was sewentig Rand.

Wat het hierdie vroue gemotiveer? Die strewe om 'n diens aan die naaste te lewer? Die volgende aanhaling uit 'n notule van 15 September 1967 verskaf miskien 'n deel van die antwoord; "Mev.Muller (waarskynlik mev.Ousus Muller die grootmoeder van wyle Naas Muller) sê

57

Page 58: laaste Gedenkboek

funksies is daar om geld in te samel en 'n gesellige verkeer onder lede te verseker, daar leer ons mekaar ook beter ken en word nuwe vriendskapsbande gesmee."

WERKSAAMHEDE VAN DIE O,V.V. VANAF 1994 TOT 2008;

Barmhartigheidsdiens is deur die onderskeie Kerke self hanteer. Mev.Duvenhage het met baie ywer haar daarop toegee om vroue in Phahameng te bemagtig om hulself te help. Vanaf die S.A.V.F. in Transvaal het ons die "Vroue Uitreik" gidse ontvang en vir 'n groep vroue op weeklikse basis hierdie leersame lesings tot self-opvoeding aangebied. Mev. Duvenhage het selfs gepoog om 'n O.V.V. tak in Phahameng te stig. Die Tak het onder leiding van Lilian Acron 'n baie geslaagde ouerleidingskursus op maandelikse basis aan gebied. Lilian het ook babamelk by die kliniek in Phahameng verkoop asook met 'n naaldwerk-groepie begin. Dit was baie geslaagd. Magda Rossouw het hier net so 'n waardevolle diens gelewer.

Mev. Pienie Smith het met baie entoesiasme in 1995 die Voorsittersstoel oorgeneem. Onder haar leiding het ons weer groot hoogtes bereik. Benewens die ouerleiding, naaldwerk-groepie, Vroue-uitreik lesings, het Albert Pretorius namens die O.V.V. skole besoek en films vertoon rakende alkohol-misbruik. Tannie Pienie het ook 'n groot insameling geloods waartydens fondse, klerasie, komberse en klere ingesamel is. Die funksie was 'n reuse sukses, soveel so dat ons met 'n klere-kamer vir die breë gemeenskap kon begin.

In hierdie jare was die nood-voedsel pakkie voorsien deur die O.V.V. die enigste waarop ek in dienslewering by die Munisipaliteit aan noodlydendes in Phahameng kon voorsien. Kerstyd is aan bejaardes in ons gemeentes wat nie bevoordeel is met kerspakkies vanuit die onderskeie Kerke, 'n Kerspakkie verleen. Ook is 'n pakkie eetgoed op Kersdag aan behoeftige bejaardes in Bultfontein Versorgingsdienste verleen.'n Hoogtepunt van die jaar was toe mevve. L.Verschuur en Gerda Botha van Hoofkantoor op 20 November 1995 aan die tak (sonder maatskaplike werker in diens) 'n trofee vir beste prestasie van die jaar aan die Voorsitter, mev. P.Smith oorhandig het. ' n Koor van Bultfontein Versorgingsdienste het pragtige kersliedere gesing.

Hoogte-punte hierna was die besoek van mev. Cunningham van die tak op Bloemfontein met 'n insiggewende lesing oor Alzheimersiekte op 25 November 1996 by Bultfontein Versorgingsdienste. Die Tak was ook betrokke by Kansa en die volgende Voorsitter, Lilian Acron word aangewys as Vonkelvrou van Kansa.

Die O.V.V. het ook leiding geneem deur die gemeenskap in te lig oor maatskaplike probleme, op 9 Maart 1998 lig twee maatskaplike werkers van Bloemfontein tydens 'n groot byeenkoms die aanwesiges in oor aborsie en aanneming. Die nuwe Aborsie-wetgewing het in werking getree.

Op 2 September 1998 het ds. Christo Greyling van Stellenbosch by 'n werkswinkel, deur die Tak gereël, as spreker opgetree. Vigs is 'n realiteit in die gemeenskap en hierdie werkswinkel is as baie positief ervaar deur belangstellendes en leiers in die gemeenskap.

Op 19 November 1998 is weereens 'n suksesvolle werkswinkel aangebied deur Dr. Sandra Ferreira, maatskaplike dosent aan U.O.V.S. oor "Verlieshantering."

Die Voorsitter van die O.V.V. het die tak verteenwoordig by Rinkink Kleuterskool en het waardevolle diens gelewer. Fondse ingesamel tydens straattafels en donasies is gebruik as noodfonds vir die Maatskaplike Werker ten bate van noodlydendes in Phahameng en ook vir lidmate wat kerklos was. Gemolesteerde kinders is met behulp van die O.V.V. verwys na Famsa vir berading.

58

Page 59: laaste Gedenkboek

Dit was meestal swart kinders. Die O.V.V. het ook 'n kamer ingerig by die Polisie-stasie waarheen gemolesteerde kinders geneem kom word, voorsien kon word van skoon onderklere en 'n sagte speelding. `n Swart vrou is opgelei om die maatskaplike werker behulpsaam te wees waar kinders gemolesteer is en die taal 'n probleem was.

SAMEVATTEND;

Ons staan met die huidige V.V.A.(Vrystaat Versorging in Aksie) of soos ons dit geken het by 'n monument wat 92 jaar oud is.Vele vroue in die gemeenskap het van groot-moeder, moeder tot dogter 'n diens gelewer. Wat het hulle geinspireer? Ek glo dit was geloof in praktyk, sender hierdie praktiese uitlewing sou daar geen wesenlike waarde gewees het vir hulle geloof in hul medemens in nood.

Gun my om namens baie ontvangers 'n krans te lê op die grafte van hulle ons reeds vooruit gegaan asook om 'n ruiker van blomme te verleen aan hulle steeds arbeidsaam in ons gemeenskap. Weet verseker, ons dade groot of klein, is soos klippies wat ons in die poel van tyd gooi. Self verdwyn hulle, maar die sirkels op die water kring uit tot in Ewigheid. Daar is nog 'n taak om te vervul, daar is steeds nood wat aangespreek moet, miskien net onder 'n ander koepel. Erkenning van dank aan Wila Loock wat behulpsaam was met die navorsing. Ook aan Coen en Herculina van Wyk met beskikbaarheid van dokumente.3 Oktober 2008.

ARTIKEL VIR FEES-UITGAWE; DIENS VAN BARMHARTIGHEID.

AGTERGROND;

Barmhartigheid is 'n Bybelse opdrag aan ons en deel van die Kerk se dienslewering.In ons gemeenskap was Ds. en mev. Pienaar die grond-leggers na afloop van die Anglo-Boere-oorlog.Bultfontein was 'n klein dorpie en nie gereken nie, gevolglik het die dorp saam met die plase deurgeloop onder swaard, bajonet en vuur. Die oorlewende lidmate was verarm, gestroop van waardigheid en verslae. Terselfdertyd het 'n verwoestende droogte geheers van 1902 tot 1904 wat verdere vee-vrektes en mislukte oeste tot gevolg gehad het

Hierdie Christen gefundeerde uitreik na hulpbehoewende lidmate het sedertdien 'n gevestigde diens in ons Kerk geraak met geinspireerde skenkers, dikwels nasate van vroeere weldoeners.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID OOR ELF-JAAR PERIODE.

Die afgelope elf jaar word Barmhartigheid gestruktueerd hanteer deur Ds. Gert Delport, die Hoof-diaken (tans Hannes Prinsloo) en myself.

Wyle Oom Herklaas Botha het 'n bedrag geld nagelaat in Trust, waarvan die rente vir Barmhartigheid aangewend kan word.(H.P. Botha-fonds.) Die Finansiele Kommissie met toestemming van die Kerkraad, bewillig verdere fondse vir die doel, as die rente-inkomste nie genoegsaam is nie.

Wyle Oom Herklaas was goed bekend aan my en kan beskryf word as 'n besondere persoon. Hy het gereeld na my kantoor by die Munisipaliteit gekom en ek onthou horn as nugter-denkenk, gelowig en uniek. Tuis het hy in eenvoud geleef, met oorleg en was lank die versorger van sy eggenote.

Kort voor sy oorlye het Oom Herklaas hierdie besondere bemaking aan ons Gemeente en Oos-

59

Page 60: laaste Gedenkboek

gemeente in sy testament gedoen.Ek was innig dankbaar teenoor horn en tydens 'n persoonlike besoek aan hom in Bultfontein Versorgingsdienste, was sy nugtere en weldeurdenkte opdrag aan my; " Moenie spykers koop nie.(mors) Koop kos vir honger kinders en mense."Die ander opdrag wat ook na aan sy hart gelê het was dat om, om te sien na behoeftige bejaardes wat opgeneem moes word in die tehuis en wat nie oor genoegsame fondse beskik nie.

Met evaluering van versoeke om hulpverlening, staan die gedissiplineerde voorbeeld en opdrag van Oom Herklaas my dikwels helder voor die gees.Die doel van hulpverlening is om lidmate sodanig behulpsaam te wees dat hulle met vrymoedigheid kan inskakel by die Kerk en menswaardig kan oorleef.

Armoede en swaarkry maak ons nie minder werd nie, 'n mens se karakter word deur sy inbors, integriteit en idealisme bepaal.

Ons het oor jare 'n stewige ondersteuningsstelsel verkry met lidmate oor gemeente-grense heen, wat uitreik na ander lidmate wat nood ondervind. Armoede het toegeneem omdat lewenskostes die hoogte ingeskiet het. Ek kan die Vader nie genoeg dankie sê vir die sterk ondersteunings-stelsel waarop ek kan terug val nie.

Armoede onder mede-lidmate neem toe omrede;

• Genoegsame voorsiening vir die oudag dikwels onvoldoende is.• Salarisse en pensioene onvoldoende is om verblyf en verpligtinge by die Munisipaliteit te verhaal en lewenskoste te dek.Waar kinders is, is hul inkomste dikwels van so 'n aard dat hulself moeilik die mas opkom.• Verswakkende gesondheid en mediese kostes.•• Spesiale onderrig is onbekostigbaar duur vir kinders wat in die normale stroom-lyn van onderrig nie kan meedoen nie.• Die moeilikste langtermyn maatskaplike probleem om te hanteer is onvoldoende skoling, onvermoë om 'n eie situasie te besef tesame met swak morele waardes.

Barmhartigheid is ook die opheffing van die mens deur die opheffing van sy siel. Barmhartigheid loop hand aan hand met Evangelisasie. Andersins het dit geen Ewigheids waarde.

Ons is bevoorreg en geseënd om maandeliks vanaf twee skenkers genoegsame, vars mielie-meel van hoogstaande gehalte te ontvang. Ook veertig sakkies vars artappels elke maand vanaf Maart tot Oktober gedurende die oestyd. Beide voeselsoorte is deel van 'n geballanseerde diee't en spaar 'n groot deel van 'n begroting.

Met die skenking van 'n bees, word die vleis in gewig by Nelmar "gebank".Soos benodig vir maand-pakkies, word dit in ekonomiese maat in die vorm van wors, maalvleis en 'n klein hoeveelheid pot-stowe-vleis onttrek. Elke gesin ontvang in hierdie vorm sy klaar bewerkte, verpakte vleis. Hierdie fantastiese diens word kosteloos deur Nelmar oor jare reeds, gelewer.

Van tyd tot tyd word groente geskenk, en ook vars asook gekraakte eiers vanaf die Eier-plaas. Ander skenkings soos blikkies-kos, kruideniersware en brood, ingesamel deur spesifieke projekte in die gemeenskap, word ook gegee aan hulle in die dorp by wie nood bestaan. Ons het uitstekende samewerking met ander Gemeentes en poog om oorvleueling uit te skakel.

Ons beskik ook oor 'n goed toegeruste klere-kamer wat behartig word deur twee opregte Christen

60

Page 61: laaste Gedenkboek

lidmate met ongekende ywer. Skenkings kom oor gemeente-grense heen en skenkings sluit dikwels breekgoed, linne-ware en baba-benodigdhede in.

Sedert ek op 1 Mei 2008 die kantoor by die Moederkerk-saal betrek het, ontvang ons ook kontant as skenking om nood aan te spreek. Skenkers word presies ingelig waarvoor skenkings aangewend word. So kon ons pragtige komberse in die winter aankoop met kontant bewillig vir die doel. Ander behoeftes van hulpbehoewendes kon ook so aangespreek word. Andersins word kontant inbetaal in die Bultfontein Noodfonds wat deur die Hoofdiakens van die bestaande Kerke in die dorp in samewerking met die Maatskaplike Werker aangewend kan word.

Die hoogtepunt van die jaar is wanneer 'n spesiale kers-projek van stapel gestuur word ten bate van hulle wat nood het in ons gemeente Weereens dra skenkers en wyke soveel by, dat aan elke gesin 'n besondere pakkie verleen kan word.

Vanaf Wyk 26 is ook 16 ton mielies bewillig ten bate van Barmhartigheids-diens se begroting hierdie afgelope oesjaar. Sulke vertroue, deelname en empatie laat my besef dat God getrou is in Sy Belofte van Voorsiening.

Barmhartigheid is ook Genade, dit is die krag om die werklikheid onder oë te neem, om te erken soms is alles verkeerd maar tog te weet alles sal reg wees in jou lewe. Genade is een woord vir alles wat God vir ons is, in Gedaante van Jesus Christus. ( Lewis Smedes.)

Ons kan Genade nie verdien of koop nie, maar as ons aan God behoort, behoort Sy Genade reeds aan ons.

BULTFONTEIN NOODFONDS .

Die Bultfontein Noodfonds was die breinkind van Ds. Gert Delport. In 1999 het die gemeente 'n baie goeie oesjaar beleef en lidmate het versoek dat 'n Dankseggingsdiens gehou moes word. Ds. Gert het voorgestel dat die insameling tydens die diens sou gaan vir die stigting van die Bultfontein Noodfonds. Dit het almal welgeval.

In Augustus 1999 is die spesiale dankdiens gehou met lidmate uit al die gemeentes. 'n Geseënde bedrag van R15 000.00 is ingesamel en`n spaarrekening is by Absa geopen.

Die Hoofdiakens van die Moedergemeente, Oos Gemeente, Gereformeerde Gemeente en A.G.S. dien op die Bestuur saam met die Maatskaplike Werker. Fondse word aangewend om buitengewone behoeftes aan te spreek oor gemeente-grense heen. Daar word behoorlik boek gehou en dit word gereeld ge-oudit.

Behoeftes in die verlede aangespreek;

• Brille op pakket-basis vir behoeftige lidmate.

MuMuriel Bezuidenhout. 1710/2008

61

Page 62: laaste Gedenkboek

• Nood-verblyf vir gestrande gesinne in die boemelaar-kamer in Bultfontein Hotel.• Eenmalige etes vir Boemelaars.• Nood voedsel pakkie vir behoeftige gesinne op eenmalige basis totdat hulle inskakel by bestaande kerke • Nood mediese pakket-gelde vir behoeftiges by ons plaaslike geneeshere.• Hulp met begrafnis-kostes van hulpbehoewende lidmate.• Sportdrag, skooldrag, warm klerasie(skool-verband), bykomende hulp met skool-toere ten bate van behoeftige leerlinge.• Kerkskoene vir veral mans-lidmate indien ons nie daaroor beskik in die klere-kamer.

AANVULLING VAN DIE FONDS;

• Kerssangdiens.• Donasies.• Spesiale kollekte tydens 'n Ere-diens.

Hierdie besondere fonds word na behore hanteer en bestuur. Vir baie noodlydendes was dit in die verlede tot groot hulp.Ons opregte dank aan ons Hemelse Vader en sovele barmhartige Samaritane in Bultfontein.

. Muriel Bezuidenfiout. 16/10/2008

INSIDENTE EN STAALTJIES UIT DIE VERLEDE.

KONINGS-BESOEK OP 8 MAART 1947;

My Ouma, Muriel Bornman wat op die plaas Inkpan gewoon het, het graag vertel hoe nuuskierig hulle was om die Konings-gesin te sien van aangesig tot aangesig. Ouma het self baie ontbeur tydens die Boere-oorlog en het vir jare 'n slegte gevoel jeens die Engelse gekoester. So het hulle gestewel en gespoor langs die draad stelling ingeneem,spesiaal daar geplaas om die aanwesiges nie te naby die hoë gaste te laat kom nie, weens veiligheidsredes. Die ouer mense het net swart gedra tydens gewyde geleenthede, kerkhoed, handskoene en veral Prinses Margaret moes die aanwesiges baie snaaks gevind het, want sy vra vir die Burgemeester of is ons maar so agterlik.? Hy was so

62

Page 63: laaste Gedenkboek

verbaas dat hy senu-agtig sommer "ja" antwoord.. Die Konings-gesin is verseker nie hoog aangeskryf nie!

Die Koningklike familie arriveer in Bultfontein

EERSTE DANKOFFER VAN 1000 POND;

Wyle Oom Faan Becker, ouderling in ons plaaswyk, woonagtig op Susannasfontein, het altyd vertel hoe aangedaan ds. Cilliers was toe die dankoffer die eerste keer die 1000.00 pond kerf bereik het. Hy was so hartseer en het die gemeente; "Prys die Heer" laat sing terwyl almal se oë vol trane was.

VERWELKOMING BY SKOOL VAN PROPONENT LOOTS;

Met aankoms van Proponent Loots, later ds. Loots die eerste keer by Bultfontein Hoërskool moes ons hom verwelkom met onder andere 'n gewyde gesang. Ons het baie hard geoefen en ek as jong kind kon nie verstaan hoekom ons hom, "Ruwe Storme breek in Woede" toesing nie?

INWYDING VAN DIE PASTORIE;

Ds. en mev. Loots was die eerste leraars-paar wat die groot pastorie betrek het. Die hele gemeente is genooi om die pastorie te besigtig van vertrek tot vertrek. In elke kamer het 'n suster "wag" gestaan.

ONTVANGS VAN NUWE LERAAR-PARE JARE GELEDE;

Dit was die gebruik van die gemeente om die spens te vul voor 'n nuwe dominie kom. Die susters het vooraf haarfyn beplan en gereël wie van hulle die taak sou oorneem van die nuwe "Mevrou" deur reg te staan as gasvroue. Heerlike etes is voorberei, verversings is verskaf wat aan die Pastorie-paar en gaste 'n warm en heerlike ontvangs verleen het. Die pastorie-paar was gekoester en die lidmate het meestal naby aan die Kerk geleef.

KINDERKRANS IN DIE VYFTIGER-JARE;

In die vroee vyftiger-jare het ons Kinderkrans gehad in die ou Bliksaal. Aan die oorkant van die straat was 'n kafee waar die kinders gou die pennie vir die Kinderkrans kon kleinmaak vir vier oortjies. Een oortjie het 'n swart niekerbol gekoop en die res is in die Kinderkrans se bordjie in, waarmee Sendelinge ver hiervandaan die heidene mee kon bekeer. My gewete het my baie gepla as ek met 'n swart mondjie,"Laat ons skyn vir Jesus" sing. Later was die kinderkrans in die ou Kerk en daar het wyle Tannie Ellie van Wyk weer met toe oë tussen die kinders deur gestap as ons sing met Pellie Wessels agter haar aan, toe oë net soos Tannie Ellie en ook sing-sing terwyl hulle albei hande klap op maat van die musiek. Pellie is vandag 'n Senior Advokaat by die Balie in Bloemfontein.

TUISKAMERS IN BULTFONTEIN VIR LIDMATE;

63

Page 64: laaste Gedenkboek

Heelwat lidmate het tuiskamers gehuur in Bultfontein waar ons kon oorbly met Nagmaal-naweke en as daar 'n ernstige sieke in die gesin was. Aan die Bliksaal was 'n ry kamers wat deur lidmate gehuur is. Ook by ander inwoners soos by wyle Oom Martiens Bosman. Hierdie kamers was agter die woonhuis, nou gesloop. Dit is die oop stuk grond voor die Munisipaliteit. Ons gesin en Ouma-hulle het een kamer gedeel, nou ondenkbaar. Ouma en Mamma het heerlike koue etes voor die tyd voorberei. Al was ons baie beknop op mekaar, en al was daar voortdurend 'n rot in die kamer, was die oorbly een heerlikheid.

SLOPING VAN DIE OU KERK IN 1958 .

Die ou Kerk het met die tyd almeer bouvallig geraak en hoewel dit gebruik is vir Gemeente-aktiwiteite was niemand toegelaat om op die gallerye te gaan nie. In Junie 1958 is besluit dat die Kerk gesloop moes word. My vader, Koos Rheeder het gehou van 'n uitdaging en aanvaar 'n weddenskap om die gebou binne drie weke te verwyder, 'n Haas onmoontlike taak.. Terwyl die dakplate losgemaak word, gly 'n jong swart werker en val van bo-af, langs 'n pilaar af tot op die grond. Almal was dood-verskrik. Pappa het die jong werker na dr. Joubert, die plaaslike geneesheer geneem wat geen breuk of skade aan die werker kon diagnoseer nie. Die werker was gou op sy pos en die gebou betyds gesloop. Vandag dink ek nostalgies terug aan die sonlig wat deur die gekleurde ruite, stofstrepe op 'n na-middag na Nagmaal maak. Ds. Cilliers wat ons aanspreek as "Broeders en Susters," en in my hart weet ek, hy maak seker 'n fout!

Die Jeug van toeka tot nou.

Deur die jare heen het daar verskeie persone “voorgevat” en die jeug bearbei, hulle gelei

na Jesus Christus in die skool en in die kerk.

Skoolkinders, en definitief ook Sondagskool-kinders,

uit 1910.

64

Page 65: laaste Gedenkboek

Sondagskool uitstappie in

die negentigerjare

Te Rob-Ferreira vakansie

oord.

Die belydenisklas

van 1991

met jeugouderking

Koos Theron en

kategete Christene

Du Plooy en Connie

de Wet.

Ds. Henk Greeff

in aksie tydens

`n Sondagskool

uitstappie op `n

lidmaat se plaas.

65

Page 66: laaste Gedenkboek

Ds. Delport tydens `n kamp te

Aliwal-Noord,

slegs `n week of twee nadat hy

in Bultfontein bevestig is.

Die kategese het groot hoogtes bereik onderleiding

van Broer Koos Theron en vele uitstappies en baie

pret maak dit `n tyd om te onthou. Broer Herman

Meiring het by Broer Koos Theron oorgeneem en

na jare se wonderlike leiding het Broer Johan van Rensburg in 2007 oorgeneem. Met `n

spesiale span kategete en die seën van die Here kan ons geestelik

groei, nog meer na Jesus lei.

Selfs die jongstes

oefen kliphard vir hul

optrede, Moedersdag

2008.

Die SKJA is baie bedrywig en

onder die pragtige leiding van

Surina De Winnaar en en haar hele gesin groei dit werklik van krag tot krag. Elke

Maandagaand, ook in die vakansies, is daar SKJA en behoede dit as “die grootmense”

vergeet. Gou word ons daaraan herinner en is die saal oop en die spulletjie aan die

woeker.

66

Page 67: laaste Gedenkboek

Saam met Oos-Gemeente, die Geref. Kerk asook die AGS kry ons elk `n beurt om die

jeug gedurende vakansies besig te hou. Moedergemeente se beurt gedurende die

September vakansie was werklik `n sukses en die kinders het dit geniet.

Daar is baie pret tesame met die bediening van die

woord.

Daar word ook

tydgemaak om saam

met die belydenisklas

te gaan kamp. Dit het

oor die jare heen `n

vaste deel van die

kategese-toerusting geword.

Belydenisklas-kamp

2008 te Maselspoort.

Ds. Gert Delport ewe trots

met sy

“Jesus is Lord” hoedjie tydens die 2008

Kategese prysuitdeling.

67

Page 68: laaste Gedenkboek

Belydende Lidmate 2008

Ons het nie net gewerk nie, daar was ook baie pret,

tydens Oesfeeste, Gemeente feeste, bybelse etes

asook ander gemeentelike byeenkomste. Die Leraars

het selde uitgesit en deel aan al die pret en plesier,

party keer met lagwekende gevolge. Die

hoofouderling, Broer Koos Theron dink ook niks

daarvan om sommer in `n baie kort rokkie

op die verhoog te verskyn nie.

Koos en Sannie Theron

tydens

`n

bybelse

ete.

68

Page 69: laaste Gedenkboek

Die jeug deel net so

lekker aan die pret.

Gemeente pret by die

sportsgronde

Sommige

kerkraadslede

69

Page 70: laaste Gedenkboek

steur hulle nie aan haarstyle nie, of is baie bang vir

die haarkapper.

Gedurende ds. Henk Greeff se termyn het die

gemeente ook baie aan pretstap en pretdraf

deelgeneem. Daar was die berugte gemeentestap na

Soutpan en `n kruiwa is ingespan om sommige

lidmate, waaronder soms die leraar, vir `n wyle op te

laai en dan kon die voete `n bietjie rus. Daar was ook

heerlike oesfeessametrekke en ds. Gert is `n groot

voorstaander van `n oesfees. Dan word daar heerlik

gekuier en almal kry `n kans

om hul talente tydens die “melodramas” onder die

maatemmer uit te haal.

Gemeentekamp, Maselspoort April`85

70

Page 71: laaste Gedenkboek

Ds. Erasmus en sy kudde tydens `n gemeentekamp te

Rob Ferreira Sept. `85

Ds.

Erasmus was weer lief daarvoor om in noue kontak

saam met sy gemeente gemeentekampe by te woon.

Menige lidmaat en gesin het baat gevind by hierdie

kampe en dit word nou nog onthou.

Ou dokumentasie rakende

die

Moedergemeente se

geskiedenis.

Bewys van aankoop en

verskeep van orrel vanaf

Kaapstad na Durban.

71

Page 72: laaste Gedenkboek

Erkenning van die Kerkraad vir die verlening van die

boupermit van die nuwe kerkgebou 1948

72

Page 73: laaste Gedenkboek

Korrespondensie insake die kerkbanke wat in

Queenstown gemaak is.

Diensbeurte van

ouderlinge en

diakens in

konsistorie.

Jaartal nie

bekend.

Slotwoord

Ons voorouers het die diepe

behoefte aan ’n eie kerk, nader

aan hul tuiste, gevoel. Tussen

doringbome, onder die karige

skuiling van ’n bokseil, is die

eerste erediens op Bultfontein

gehou. Omdat daardie mense

lief was vir hul kerk, omgegee

het vir mekaar en bo alles,

gelowig was en geweet het dat

hul hulp slegs van hul Hemelse Vader af kom, is ons gemeente gestig.

Deur die jare was daar groei en ’n mens kan dit amper met die weduwee se kruik vergelyk.

Hoe meer gemeentes afgestig is van Bultfontein, hoe groter het Bultfontein gemeente geword.

73

Page 74: laaste Gedenkboek

Die Here se genade was altyd vir ons genoeg, het ons deur goeie en slegte tyd gedra.

Daarom gaan ons, die nageslag van die stigters van ons kerk, met vertroue die toekoms in.

Omdat ons weet, dieselfde barmhartige Vader wat ons gemeente tot hier gelei het, sal ons ook in

die toekoms lei op die pad wat Hy vir ons bepaal het.

Nelia Van Huyssteen

Eerste kaart van die dorp

Bultfontein

Eerste kaart van die

plaas Bultfontein

74

Page 75: laaste Gedenkboek

Oorspronklike Kaart en Transport van die plaas

Bultfontein

75

Page 76: laaste Gedenkboek

76