Kinderkerk Kurrikulum -...

6
Kinderkerk Kurrikulum Die volgende opwindende kwartaal-kurrikulums in Afrikaans is beskikbaar en kan bestel word by kinderssondermure, kerksondermure, Posbus 7545, Centurion, 0046. Vir meer inligting, skakel die kinderbedieningskantoor gedurende kantoorure by - 012 663 2003 x 214

Transcript of Kinderkerk Kurrikulum -...

Page 1: Kinderkerk Kurrikulum - bergseepinksterbergseepinkster.co.za/wp-content/uploads/2018/01/Kinderk...die Skepper van die hemel en die aarde. Die wildevyeboom in Jerigo waarin ‘n kort,

Kinderkerk KurrikulumDie volgende opwindende kwartaal-kurrikulums in Afrikaans is beskikbaar en kan bestel word by kinderssondermure, kerksondermure, Posbus 7545, Centurion, 0046. Vir meer inligting, skakel die kinderbedieningskantoor gedurende kantoorure by - 012 663 2003 x 214

Page 2: Kinderkerk Kurrikulum - bergseepinksterbergseepinkster.co.za/wp-content/uploads/2018/01/Kinderk...die Skepper van die hemel en die aarde. Die wildevyeboom in Jerigo waarin ‘n kort,

> JY IS GOD SE ADVERTENSIE (Gr1-3 & G 4-6)Die “Gliggie Glaggie Gloggedonsie”-reeks vir voorskoolse kinders en die “Jy is God se adverten-sie” kurrikulum vir Gr 1 – 6 maats hanteer dieselfde lestemas alhoewel elke reeks ander elemente gebruik om kinders te interesseer. Die 2 reekse is pasmaats en dit word aanbeveel om gedurende dieselfde tydstip in ‘n kinderkerk geïmplementeer te word.

Die Jy is God se advertensie-reeks is daarop gerig om Gr 1-3 kinders asook Gr 4-6 maats te help om God te loof. Ons betree die wêreld van advertensies en kyk elke keer na ‘n ander advertensie. Ons is adverteerders van God se koninkryk. ‘n Pro-duk sonder ‘n vervaldatum en met ‘n ewige leeftyd! In die wêreld van advertensies wemel dit van “g”-woorde wat ons meer van Jesus leer: geliefd, genees, gereed, getuig, gegee, gebed. Die kurrikulum maak vir 6 lesse voorsiening waarin die grootgroepaanbieding woord vir woord uiteengesit word asook die kleingroepaktwiteit per grootgroepaanbieding. Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbieding per handleiding. ‘n CD met Gliggie Glaggie se stem daarop, is ook beskikbaar. Handleidings: Daar is 2 handleidings in hierdie reeks: • Gr 1 – 3 kinders • Gr 4 – 6 kindersDie “g”-woorde fokus op die volgende Bybelverhale: geliefd (Johannes doop vir Jesus), genees (verlamde man en sy 4 vriende, twee blinde mans, stom man), gereed (5 verstandige en 5 onver-standige meisies), getuig (Hand 1:8-opdrag), gegee (die seuntjie met die 5 broodjies en 2 vissies), gebed (“boiler room” – ‘n biddende terugblik oor al die lesse).

> 4 FEES4 FEES is 4 lesse wat ‘n samevatting van 3 kurrikulums en ‘n Kersfeesles bied. Ons vier ‘n luis-terfees, leeffees, looffees en Christusfees. Om die 4 FEES kurrikulum te volg, moet die volgende kurrikula deurloop word: • Lekker Lawwe Luister Lesse • B-LééF GOD • Jy is God se advertensie vir Gr 1 – 6 kinders & Gliggie Glaggie Gloggedonsie kurrikulum vir peuters en kleuters

FEES bied dus ‘n terugblik op die bovermelde kurrikula en sluit ‘n Christusfees-les in. Hierdie 4 kurrikulums bied dus ‘n ideale jaarpakket vir kinderkerkmateriaal: • Lekker Lawwe Luister Lesse • B-LééF GOD • Jy is God se advertensie vir Gr 1 – 6 kinders & Gliggie Glaggie Gloggedonsie kurrikulum vir peuters en kleuters • 4 FEES Handleidings: • Leiersgids vir Peuters 3 – 4 jaar • Leiersgids vir Kleuters 3 – 4 jaar • Leiersgids vir Juniors in Gr 1 - 3 • Leiersgids vir Seniors in Gr 4 – 6

Die 4 FEES kurrikulum word ondersteun deur ‘n Bybelpret aktiwiteitsboekie vir Gr 1-6 leerders en ‘n Gliggie Glaggie Gloggedonsie CD vir peuter en kleutermaatjies. Die Bybelpret Aktiwiteits-boekie bied aktiwiteite wat deur die jaar dws tydens die aanbieding van die Lekker Lawwe Luister Lesse, B-LééF GOD en Jy is God se advertensie reekse gedoen is. • Bybelpret Aktiwiteitsboekie

“BACK TO” ReeksDie “BACK TO” reeks bestaan uit 4 kwartaalkurrikulums waarvan die laaste reeks “back to your family” ‘n samevatting van die vorige 3 kwartale is: • “Back to Basics”: My Pa is die Koning • “Back to School”: Leer @ Jesus • “Back to your Roots”: Ek glo • “Back to your family”: Onthou jy nog?

DBooysen
Oval
Page 3: Kinderkerk Kurrikulum - bergseepinksterbergseepinkster.co.za/wp-content/uploads/2018/01/Kinderk...die Skepper van die hemel en die aarde. Die wildevyeboom in Jerigo waarin ‘n kort,

> BACK TO BASICS: My Pa is die Koning (Gr1-3 & G 4-6)Die “BACK TO BASICS: My Pa is die Koning” kwartaalkurrikulum vir Gr 1 – 6 maats en die “BACK TO BASICS: Kareltjie Karnallie van Kammaland” kwartaalkurrikulum vir voorskoolse kinders (peu-ters & kleuters) hanteer dieselfde lestemas alhoewel elke reeks ander opwindende elemente ge-bruik om kinders te interesseer. Die 2 reekse is pasmaats en dit word aanbeveel om gedurende dieselfde tydstip in ‘n kinderkerk vir 3 jarige tot Gr 6-kinders geïmplementeer te word.

Die “BACK TO BASICS: My Pa is die Koning” kwartaalkurrikulum vir Gr 1 – 6 maats maak voor-siening vir 7 lesse waarin die grootgroepaanbieding woord vir woord uiteengesit word asook die kleingroepaktwiteit volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed) per groot-groepaanbieding ontwikkel is. Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbied-ing vir elke les. Die goue draad wat deur elke les loop is UITVINDINGS… van die eerste foto, blikkieskos, katogies, mikrogolfoonde… tot by ‘n ruimtepak! Dit bring ons by die groot Uitvinder van hemel en aarde uit… Hy is ons Pa, die Koning! Handleidings: Daar is 2 handleidings vir kleingroepleiers in hierdie reeks – vir Gr 1-3 kinders asook vir Gr 4-6 kinders. Die lestemas is: • Is jy op Sy familiefoto? • My Pa is die Koning • Met ‘n voorskoot voor die Koning • So werk die koninkryk • Blydskap in die koninkryk • Koninkrykskatte • Kopkrap-kompetisie oor die koninkryk.

> BACK TO BASICS: Kareltjie Karnallie van Kammaland (3-4 jarige peuters & 5-6 jarige kleuters)Die “BACK TO BASICS: My Pa is die Koning” kwartaalkurrikulum vir Gr 1 – 6 maats en die “BACK TO BASICS: Kareltjie Karnallie van Kammaland” kwartaalkurrikulum vir voorskoolse kinders (peu-ters & kleuters) hanteer dieselfde lestemas alhoewel elke reeks ander opwindende elemente ge-bruik om kinders te interesseer. Die 2 reekse is pasmaats en dit word aanbeveel om gedurende dieselfde tydstip in ‘n kinderkerk vir 3 jarige tot Gr 6-kinders geïmplementeer te word.

Die “BACK TO BASICS: Kareltjie Karnallie van Kammaland” kwartaalkurrikulum vir Gr 1 – 6 maats maak voorsiening vir 7 lesse waarin die grootgroepaanbieding woord vir woord uiteengesit word asook die kleingroepaktwiteit volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed) per grootgroepaanbieding ontwikkel is. Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbieding vir elke les. Die goue draad wat deur elke les loop is Kareltjie Karnallie se appstreke in Kammaland! Saam met Kareltjie Karnallie ontdek ons die basiese boustene van ons geloof en kyk met kinderlike geloof en eenvoud na ons wonderlike Hemelse Vader. Hy is ons Vader, maar Hy is ook die Koning. Kinders se reis saam met Kareltjie en sy pappa, koning Karolus Karnallie, deur die Karnallie-koninkryk maak dit makliker om God se koninkryk te verstaan.

Handleidings: Daar is 2 handleidings vir kleingroepleiers in hierdie reeks – vir peuters van 3–4 jaar asook vir kleuters van 5–6 jaar. Die lestemas is: • Kliek… kliek! Is jy op Sy familiefoto? • My Pa is die Koning • Dra jou voorskoot • So werk die koninkryk • Blydskap in die koninkryk • Koninkrykskatte • Kopkrap-kompetisie oor die koninkryk.

> LEER @ JESUS “Back to School”Die LEER @ JESUS “Back to School” kwartaalkurrikulums vir Gr 1 – 6 maats en 3 – 6 jariges is pasmaats en dit word aanbeveel dat hierdie 4 kurrikulums gedurende dieselfde tydstip geïmplementeer moet word in die volgende fases: 3 - 4 jaar, 5 – 6 jaar, Gr 1 – 3 en Gr 4 - 6. Dié kurrikulums vir voorskoolse kinders fokus op Jesus as die grootste Onderwyser en Storieverteller. In Jesus se skool luister ons na Jesus se stories. Jesus se stories word gelykenisse genoem, omdat dit ‘n lewensles vir elkeen het. Die Gr 1-6 reeks begelei kinders om uit te reik na hul onderwysers. Jesus gebruik kinders in skole om onderwysers te bemoedig, te help en vir hulle te bid.

Page 4: Kinderkerk Kurrikulum - bergseepinksterbergseepinkster.co.za/wp-content/uploads/2018/01/Kinderk...die Skepper van die hemel en die aarde. Die wildevyeboom in Jerigo waarin ‘n kort,

LEER @ JESUS “Back to School” (Gr 1–3 & Gr 4–6)Die LEER @ JESUS “Back to School” kwartaalkurrikulum vir Gr 1 – 6 maats maak voorsiening vir 7 lesse waarin die grootgroepaanbieding woord vir woord uiteengesit. Elke les het ook ‘n klein-groepaktiwiteit wat aangebied word volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed). Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbieding vir elke les, ‘n CD met Hartlike Juffrou Hanna se stem (Gr 1-3) en ‘n DVD met opwindende video-insetsels. Aktiwiteite vir elke les as bevestiging van die leerinhoud is geïllustreer en ‘n volledige lys van benodigdhede word gegee. Kinders reik elke week uit na hul onderwysers om di t wat hulle in Jesus se skool geleer het in hulle skole te gaan toepas. Dit sluit in boekmerke, kaartjies en ‘n geskenkboksie vir onderwysers asook ‘n onderneming.

Handleidings: Daar is 2 handleidings vir kleingroepleiers in hierdie reeks: Gr 1 – 3 asook Gr 4 – 6 kinders. Die lestemas is: • Leer @ Jesus • Wie ek? • Dissipels leer @ Jesus • Kinders leer @ Jesus • Jesus roep kinders • Kinders = Dissipels • Kinders = Gestuurdes

> LEER @ JESUS “Back to School” (3-4 jarige peuters & 5-6 jarige kleuters)Die LEER @ JESUS “Back to School” kwartaalkurrikulum vir peuters en kleuters maak ons klein maatjies deel van Jesus se skool om by Hom te leer hoe ons moet lewe. Ons luister na Jesus se gelykenisse en leer lewenslesse. Die kurrikulum maak voorsiening vir 7 lesse waarin die groot-groepaanbieding woord vir woord uiteengesit. Elke les het ook ‘n kleingroepaktiwiteit wat aange-bied word volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed). Die reeks word onders-teun deur ‘n volledige Power Point aanbieding vir elke les, ‘n CD met toepaslike liedere asook ‘n DVD met opwindende video’s oor Jesus se gelykenisse. Baie Besige Bettie By loer gereeld in en vermaak die maats met haar liedjies en slim sê-goed. Aktiwiteite vir elke les is volledig geïllustreer en ‘n volledige lys van benodigdhede word gegee. ‘n Plakkaatreeks per gelykenis word ook ge-bruik wat elektronies vir druk beskikbaar is.

Handleidings: Daar is 2 handleidings vir kleingroepleiers in hierdie reeks: 3 – 4 jarige peuters & 5 – 6 jarige kleuters. Die lestemas is: • Leer @ Jesus • Leer oor skapies • Leer oor vissies • Leer oor skape en bokke • Leer oor goeie dade • Leer oor saadjies en suurdeeg • Leer en bid

> EK GLO “Back to your Roots”Die EK GLO “Back to your Roots” kwartaalkurrikulums vir Gr 1 – 6 maats en 3 – 6 jariges is pasmaats en dit word aanbeveel dat hierdie 4 kurrikulums gedurende dieselfde tydstip geïmplementeer moet word in die volgende fases: 3 - 4 jaar, 5 – 6 jaar, Gr 1–3 en Gr 4-6. Dié kurrikulums fokus op ons geloofsbelydenis en help kinders om die wortel van hulle geloof te ontdek: • Ek glo in God, die Skepper van die hemel en die aarde. • Ek glo in Jesus Christus, my Redder. • Ek glo in die Heilige Gees en in die vrug van die Gees. • Ek glo die Bybel. • Ek glo aan die kerk en dat ek deel van die kerk is

Page 5: Kinderkerk Kurrikulum - bergseepinksterbergseepinkster.co.za/wp-content/uploads/2018/01/Kinderk...die Skepper van die hemel en die aarde. Die wildevyeboom in Jerigo waarin ‘n kort,

EK GLO “Back to your Roots” (Gr 1–3 & Gr 4–6)Die EK GLO “Back to your Roots” kwartaalkurrikulum vir Gr 1 – 6 maats maak voorsiening vir 6 lesse waarin die grootgroepaanbieding woord vir woord uiteengesit word. Elke les het ook ‘n kleingroepaktiwiteit wat aangebied word volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed). Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbieding vir elke les en ‘n DVD met toepaslike “video clips” vir elke les. ‘n Lys met lofprysingsliedere word ook voorsien wat die tema en inhoud van elke les bevestig. Aktiwiteite vir elke les as bevestiging van die leerinhoud is geïllustreer en ‘n volledige lys van benodigdhede word voorsien. Een van die opwindende as-pekte van hierdie kurrikulums is dat ‘n boom in die Bybel kinders elke keer lei na dit waarin hulle glo: so ontdek kinders die bome in die tuin van Eden wat hulle lei na ‘n geloofsbelydenis in God, die Skepper van die hemel en die aarde. Die wildevyeboom in Jerigo waarin ‘n kort, klein Joodjie sit om Jesus beter te kan sien, lei kinders daartoe om Jesus as Redder en Verlosser te ontdek.

Handleidings: Daar is 2 handleidings vir kleingroepleiers in hierdie reeks: Gr 1 – 3 asook Gr 4 – 6 kinders. Die lestemas is: • Ek glo in God, die Skepper van die hemel en die aarde. • Ek glo in Jesus Christus, my Redder. • Ek glo in die Heilige Gees. • Ek glo die Bybel. • Ek glo aan die kerk.

B

Y

Y

R

R

2B2Y

Y

R

RB 2B 2“BACK 2 YOUR ROOTS”

EK EK

“back to your roots”“back to your roots”

GLO ...GLO ...

‘N KWARTAALKURRIKULUMVIR Gr 1 TOT 3-KINDERS

‘N KWARTAALKURRIKULUMVIR Gr 1 TOT 3-KINDERS

EK GLO “Back to your Roots” (3-4 jarige peuters & 5-6 jarige kleuters)Die EK GLO “Back to your Roots” kwartaalkurrikulum vir peuters en kleuters begelei hulle op ‘n eenvoudige wyse tot by die wortel van hulle geloof. Hierdie kurrikulum maak voorsiening vir 6 lesse waarin die grootgroepaanbieding met al die mooi stories van die Bybel woord vir woord uiteengesit word. Elke les het ook ‘n kleingroepaktiwiteit wat aangebied word volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed). Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbieding vir elke les. ‘n Lys met lofprysingsliedere word ook voorsien wat die tema en in-houd van elke les bevestig. Aktiwiteite vir elke les as bevestiging van die leerinhoud is geïllustreer en ‘n volledige lys van benodigdhede word voorsien. Die kurrikulum bevat ook ‘n inkleurprent vir elke les. Net soos vir die junior en senior handleidings is een van die opwindende aspekte van hierdie kurrikulums is dat ‘n boom in die Bybel kinders elke keer lei na dit waarin hulle glo. Hulle ontdek dus ‘n boom, luister na ‘n Bybelstorie en bely hulle geloof.

Handleidings: Daar is 2 handleidings vir kleingroepleiers in hierdie reeks: 3 – 4 jarige peuters & 5 – 6 jarige kleuters. Die lestemas is: • Ek glo in God wat alles gemaak het. • Ek glo in Jesus wat my red. • Ek glo in die Heilige Gees. • Ek glo die Bybel. • Ek glo aan die kerk.

B

Y

Y

R

R

2B2Y

Y

R

RB 2B 2“BACK 2 YOUR ROOTS”

EK EK

“back to your roots”“back to your roots”

GLO ...GLO ...

‘N KWARTAALKURRIKULUMVIR 5 TOT 6-JARIGE KLEUTERS‘N KWARTAALKURRIKULUM

VIR 5 TOT 6-JARIGE KLEUTERS

> ONTHOU JY NOG? “Back to your Family”Die ONTHOU JY NOG? “Back to your Family” kwartaalkurrikulums vir Gr 1 – 6 maats en 3 – 6 jariges is pasmaats en dit word aanbev-eel dat hierdie 4 kurrikulums gedurende dieselfde tydstip geïmplementeer moet word in die volgende fases: 3 - 4 jaar, 5 – 6 jaar, Gr 1 – 3 en Gr 4 - 6. Dié kurrikulums fokus op ‘n terugblik oor die voorafgaande 3 kwartaalreekse: • “Back to Basics”: My Pa is die Koning • “Back to School”: Leer @ Jesus • “Back to your Roots”: Ek glo

Page 6: Kinderkerk Kurrikulum - bergseepinksterbergseepinkster.co.za/wp-content/uploads/2018/01/Kinderk...die Skepper van die hemel en die aarde. Die wildevyeboom in Jerigo waarin ‘n kort,

ONTHOU JY NOG? “Back to your Family” (Gr 1–3 & Gr 4–6)Die ONTHOU JY NOG? “Back to your Family” kwartaalkurrikulum vir Gr 1 – 6 maats maak voor-siening vir 4 lesse waarin die grootgroepaanbieding woord vir woord uiteengesit word. Elke les het ook ‘n kleingroepaktiwiteit wat aangebied word volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed). Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbieding vir elke les en ‘n DVD met toepaslike “video clips” vir elke les. ‘n Lys met lofprysingsliedere word ook voor-sien wat die tema en inhoud van elke les bevestig. Aktiwiteite vir elke les as bevestiging van die leerinhoud is geïllustreer en ‘n volledige lys van benodigdhede word voorsien.

Kinders maak in hierdie kwartaalreeks kennis met die STE-familie: Beste (duim), Wysste (wys-vinger), Langste (middelvinger), Swakste (ringvinger), Kleinste (pinkie). ‘n Aspek wat ooreenstem met elke lid van die STE-familie se karakter en naam word uit elk van die kwartaalreekse (“Back to Basics”: My Pa is die Koning; “Back to School”: Leer @ Jesus; “Back to your Roots”: Ek glo) geneem en op hierdie wyse spelenderwys aan die kinders oorgedra. Kinders leer dus in elke les 5 kernas-pekte van ‘n vorige kwartaalkurrikulum. Die laaste les is ‘n Kersfeesles. Kinders word in elke les uitgedaag om die leerinhoud van toepassing te gaan maak in hulle gesinne: “back to your family”!

Handleidings: Daar is 2 handleidings vir kleingroepleiers in hierdie reeks: Gr 1 – 3 asook Gr 4 – 6 kinders. Die lestemas is: • Onthou jy nog? “back to basics” • Onthou jy nog? “back to school” • Onthou jy nog? “back to your roots” • Onthou jy nog… wat Kersfees beteken?

BY

Y

F

F

2B 2Y

Y

F

FB 2B 2

“BACK 2 YOUR FAMILY”

ONTHOUONTHOU

“back to your family”“back to your family”‘N KWARTAALKURRIKULUM

VIR GR 4 TOT 6-KINDERS‘N KWARTAALKURRIKULUM

VIR GR 4 TOT 6-KINDERS

BESTEW

YSSTE

KLEIN

STE

BESTEW

YSSTE

KLEIN

STE

JY NOG?JY NOG?

ONTHOU JY NOG? “Back to your Family” (3-4 jarige peuters & 5-6 jarige kleuters)Hierdie kurrikulum maak voorsiening vir 4 lesse waarin die grootgroepaanbieding woord vir woord uiteengesit word. Elke les het ook ‘n kleingroepaktiwiteit wat aangebied word volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed). Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbieding vir elke les, ‘n lys met lofprysingsliedere wat die tema en inhoud van elke les bevestig, asook ‘n DVD met toepaslike “video clips” vir elke les. Aktiwiteite vir elke les as bevestiging van die leerinhoud is geïllustreer en ‘n volledige lys van benodigdhede word voorsien.

Handleidings: Daar is 2 handleidings vir kleingroepleiers in hierdie reeks: 3 – 4 jarige peuters & 5 – 6 jarige kleuters. Die lestemas is: • Onthou jy nog? “back to basics” • Onthou jy nog? “back to school” • Onthou jy nog? “back to your roots” • Onthou jy nog… wat Kersfees beteken?Hierdie kurrikulum maak voorsiening vir 4 lesse waarin die grootgroepaanbieding woord vir woord uiteengesit word. Elke les het ook ‘n kleingroepaktiwiteit wat aangebied word volgens die 6 G’s (Gebed, Groet, Getuig, Gee, Groei, Gebed). Die reeks word ondersteun deur ‘n volledige Power Point aanbieding vir elke les, ‘n lys met lofprysingsliedere wat die tema en inhoud van elke les bevestig, asook ‘n inkleurprent vir elke les. Aktiwiteite vir elke les as bevestiging van die leer-inhoud is geïllustreer en ‘n volledige lys van benodigdhede word voorsien.

BY

Y

F

F

2B 2Y

Y

F

FB 2B 2

“BACK 2 YOUR FAMILY”

ONTHOUONTHOU

“back to your family”“back to your family”‘N KWARTAALKURRIKULUMVIR 3 TOT 4-JARIGE PEUTERS‘N KWARTAALKURRIKULUMVIR 3 TOT 4-JARIGE PEUTERS

BESTEW

YSSTE

KLEIN

STE

BESTEW

YSSTE

KLEIN

STE

JY NOG?JY NOG?