Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie...

24
Dertig boodskappe vir die kreatiewe gees Dr. Eben Smith Kaleidoskoop

Transcript of Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie...

Page 1: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

M

ense sê mos dat God daar is en dat Hy sorg, maar ons weet

ook uit ervaring dat dit moeilik is om dit te glo. Dit is asof

God soms net skoonveld is. Dit is egter in die kreatiewe

gees van mense waar die teenwoordigheid van God opnuut ontdek kan

word. In hierdie werk word die leser uitgenooi om langs die vuurherd

van God te sit en die kreatiewe vonkies van mense te geniet of dalk sou

’n mens kon sê dat dit die kreatiewe vonkies van God is. Dit is immers

God wat die mens gemaak het om met vaardigheid te kan skep, vorm,

dig en sing. Hierdie boek is dan ook ’n kaleidoskoop van kunsvorme

waar die skrywer metafories werk om eeue-oue teksgedeeltes op ’n

alledaagse manier verstaanbaar te maak.

Voorts is die boek ook deurweef van die kunswerke van Olivia

Botha. Die eenvoud waarvan dit getuig, bring die onskuld in elkeen van

ons na vore om weer met kinderlike oë na God te soek.

Dertig boodskappe vir die kreatiewe gees

Dr. Eben Smith

KaleidoskoopK

ale

id

osk

oo

p | D

ertig boodskappe vir die kreatiew

e geesD

r. E

be

n S

mith

Page 2: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer
Page 3: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

Dertig boodskappe vir die kreatiewe geesDr. Eben Smith

Kaleidoskoop

Page 4: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer
Page 5: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

vir Mariki

Page 6: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

Kaleidoskoop

Dertig boodskappe vir die kreatiewe gees

Uitgegee deur Dragon Wealth Media | [email protected]

www.dragonadvisor.com

Kopiereg © 2013 Eben Smith | Alle regte voorbehou

Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer

gereproduseer of in enige vorm deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese

middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname,

mikroverfilming, via die internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring

of -ontsluiting.

Ontwerp en uitleg deur Maryke Venter

Kunswerk op omslag deur Olivia Botha | www.artdeolivia.co.za

Geset in Crimson 10/18

Page 7: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

Inhoudsopgawe 1. Op die fondamente van ander 1 Air on a G-string uit Suite nr. 3 (Musiek) Jeremia 6:16

2. Hoop op God en geniet die lewe! 6 Titanic (Filmkuns) 1 Timoteus 6:17-21

3. Wonderaars oor wonders 11 Sonneblomme (Skilderkuns) Johannes 2:23.-25

4. Die kyk in Sy oë 17 Die haan het gekraai (Beeldendekuns) Lukas 22:31-34 en 22:54-62

5. Die adres op my pakkie 22 Frederic Chopin (1810-1849) (Musiek) Lukas23:33-43

6. Edele onvolmaaktheid 27 Mr. Holland’s Opus (Filmkuns) Psalms 16

7. Slaaf van God of kind van God? 33 Die verlore seun (Skilderkuns) Lukas 15:11-32 en Romeine 8:13-17

Page 8: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

8. Die kruis in my oorlogsformasie 38 Kruiskerk te Dingaanstat Efesiërs 2:11-18 (Argitektoniese-ontwerp)

9. Wet van minderhede 43 Eine Kleine Nachtmusik (Musiek) 1 Samuel17: 55-58 en 2 Konings 5:9-12

10. Beskermhere of tronkbewaarders? 49 The Cider House Rules (Filmkuns) Hebreërs.9:10-11

11. God se vingerafdrukke 54 Die laaste oordeel (Skilderkuns) Genesis 3:1-11 en Filippense 1:3-11

12 Net ’n druppel aan ’n kraan 59 Witkoljanfrederik op ’n kraan 1 Johannes 2:12-17 (Beeldende-kuns) en Eksodus 20:17

13. Die melodie en sy snykante 65 Für Elise (Musiek) Matteus 22:34-40

14. Selfrespek in die spieël 70 Seven years in Tibet (Filmkuns) 1 Konings 1:1-21

15. Jy kon Judas gewees het! 74 Die laaste avondmaal (Skilderkuns) Johannes 13: 21-30

16. God se vuil-voet-mense 79 Rotstekeninge (Argeologiese Skatte) Deuteronomium 6:1-9 en Genesis 1:25-28; 2:4b-7

17. God se vreemde wiskunde 85 Amadeus (Musiek en Filmkuns) Jeremia 12: 1-5

18. Die pyn van ware geluk! 90 Shadowlands (Filmkuns) Romeine 5:1-5

19. God se ideale wêreld 95 Die ideale wêreld (Skilderkuns) Markus 14:32-42

Page 9: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

20. Toeskouers en slagoffers 100

van die Colosseum Openbaring 6:9-11 en Colosseum (Argitektoniese wonder) 7:13-17

21. Die glinster in God se oog 105 Johann Sebastian Bach (Musiek) Haggai 2:2-9

22. Magtelose dienswerk 110 Schindler’s List (Filmkuns) Matteus 20:18-28

23. Opsoek na die beste lewe! 114 ’n Dans na die musiek van die tyd (Skilderkuns) Spreuke 30:7-9

24. God, die Kryger 119 Boerekryger (Beeldende-kuns) Sagaria 4:1-14 en Psalms 13:1-6

25. Mense-vuur word Gods-lewenswater 125 Ludwig von Beethoven (Musiek) Matteus 1:1-17

26. Mure wat verkrummel 129 The Shawshank Redemption (Filmkuns) II Korintiërs 10:3-6

27. God se glans in die alledaagse 134 Frans Claerhout (Skilderkuns) Hebreërs 2:14-18

28. Rots vir my geslaan 139 Easter Eiland (Argeologiese Erfenis) 1 Korintiërs 10:1-5 en Numeri 20:1-13

29. ’n Gesprek met Beethoven 143 Ode aan die Vreugde (Musiek) 1 Johannes 4:7-21

30. In verwondering teenoor mense 149 Die koringversamelaars (Skilderkuns) Johannes 13:1-17

Die skrywer en die kunstenaar 154

Page 10: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer
Page 11: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

Op die fondamente van ander

Air op die G-snaar uit Suite nr. 3

Lees: Jeremia 6:16

So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie.

Vra na watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar

hulle het gesê: “Ons sal nie daardie pad loop nie (Jer. 6:16).”

Many of us lack enthusiasm because we sit around waiting for it to

magically descend upon us. Good luck, but don’t bet on it happening.

~ Michael LeBoeuf

1

1

Page 12: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

H

eel, gepas is dit dikwels Air on a G-string van Bach wat die

huweliksgaste by vele troues geselskap hou, terwyl almal vir

die bruid wag om op te daag. Of dit altyd vir die wagtende

en senuweeagtige bruidegom help is te betwyfel, maar hierdie mooi

melodie vir strykers wat uit die

tweede beweging van Bach se

suite Nr. 3 in D kom, het nogal die

manier om die onstuimige gemoed

kalm te maak. Amper asof dit die

belofte inhou om ’n mens se gees

op ’n ver reis te neem waar jy en

vrede met mekaar in harmonie

kan vertoef.

Wat egter interessant is

van hierdie beroemde stukkie

werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit

gekomponeer het (1720), die ontdekking gemaak het dat dit vir hom

baie beter klink in die laagste snaar op die viool - die G-snaar - terwyl

Bach dit oorspronklik in D gekomponeer het. So het Wilhemj dit

dan ook oorgeskryf, sodat dit net in die G-snaar gespeel moet word.

Vandaar dan ook hierdie komposisie se naam, Air on a G-string.

Natuurlik is hierdie omskrywing van Bach se melodie nie oral

ewe goed ontvang nie en daarom praat José Rodriguez-Lopez selfs

van Wilhelmj se “berugte verwerking”, wat die oorspronklike melodie

“gedegradeer” het tot “’n pompeuse (oordadige) gebaar”. Uiteindelik is

almal natuurlik geregtig op hulle eie mening, maar wat ’n mens miskien

wel van Wilhelmj kan sê, is dat hy die moed gehad het om sy unieke

J.S. Bach – God, musiek en familie was sy lewe.

Kaleidoskoop

2

Page 13: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

inslag aan ’n besonderse musiekwerk te gee. Of mense nou van die nuwe

verwerking hou of nie, die feit van die saak is dat Wilhemj se stempel

daarop geplaas is. Hy het vir ’n bepaalde rigting ’n keuse gemaak en nou

dra Bach se komposisie die naam van die keuse wat hy uitgeoefen het!

As die profeet Jeremia met die ongehoorsame volk Israel praat, is

dit juis wat hy vir hulle vra. Hulle moet by die kruispaaie gaan staan en

vra na die beste pad om te loop. Hulle moet die vraag na hulle eie lewens

vra en ’n keuse uitoefen oor die stempel wat hulle daarop wil afdruk.

Dit is asof die Here deur die profeet vir hulle wil sê: “Kom tog net tot

’n besluit!”. Hulle is soos ’n trop besluitelose skape wat nie weet watter

koers om in te slaan nie. En so is ons ook dikwels besluiteloos en laat

ons toe dat die lewe met al sy eise ons maar net in ’n rigting dryf, sonder

dat ons weet wat daardie rigting is.

Hierdie besluit van Israel is nie maar net ’n leë besluit van wat

ék met mý lewe wil doen nie. God wil hê dat hulle in die eerste plek by

die kruispad moet staan om vir Hom ’n keuse te maak. As gelowiges is

die keuses wat ons in die lewe uitoefen daarom ook nooit keuses wat

los van God staan nie. As ons vir die goeie kies is dit altyd ’n keuse vir

die beste manier van saamwees met mense en met God. Daarom dat die

keuse van ’n rigting ook vir ’n mens vrede inhou. Vrede omdat ek weet

dit maak nie saak wat ek besluit nie, God sal met my wees. En al gebeur

dit so dat ek moet vind dat ek die “verkeerde” keuse gemaak het, was dit

juis die leerskool waardeur God my laat gaan het sodat ek sekerheid kan

verkry oor wat ek moet doen. Daarom moet ons nooit te ontsteld wees

oor die verkeerde keuses wat ons so dikwels maak nie, want was dit nie

daarvoor nie, sou ons dalk nie uitgekom het by die regte keuse wat ons

uiteindelik moes maak nie.

3

Hoofstuk 1 | Op die fondamente van ander

Page 14: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

Om by die kruising te staan, is altyd ’n krisistyd en dit is juis krisisse

wat ons dikwels in die eerste plek daar laat beland het. Op die kruising is

jy skielik weer op ’n nulpunt, so asof alles wat jy weet en wat jou tot hier

gebring het, nie meer tel nie. Die verandering van werk, van skool, van ’n

vriendekring of die binnegaan van ’n nuwe lewensfase, is alles dinge wat

’n mens maar weer van vooraf op ’n kruising plaas. Die positiewe hiervan

is egter dat ’n mens weer voorraadopname van die lewe maak en weer

moet besluit wat die lewe die moeite werd maak. As die Here vir die volk

uitnooi om by kruispaaie te gaan staan, sê dit ook vir ’n mens dat jy nie

noodwendig vir ’n krisis hoef te wag voordat jy jou eie lewe in oënskou

neem nie. Begin sommer nou en oorweeg jou lewensopsies: soek na die

plekke waar jy en God julle stempel saam kan afdruk.

As die Here die volk uitnooi om na die kruispaaie te gaan, dan

is dit ook nooit met leë hande nie. Daar is ook die ou paaie wat baie

geloofshelde soos Abraham, Isak en Moses voor hulle geloop het -

modelpaaie wat al oor en oor beproef is. Dit is die paaie waarop God

wil hê dat hulle hulle eie unieke stempels moet afdruk. So het Wilhemj

van die ou pad van Bach se wysie wat 151 jaar te vore geskryf is, sy eie

unieke skepping gemaak.

So het dit ook maar met die meeste dinge in die lewe gewerk.

Dit was die Switsers wat vir hulle mooi horlosies bekend was, maar dit

was die Japannese wat die digitale horlosie aan ons kom voorstel het.

Dit was Isaac Newton wat die grondlegger van die moderne fisika was

en ander het weer op sy werk voortgebou. Einstein het byvoorbeeld sy

bekende relatiwiteitsteorie nie maar net uit die lug gegryp nie. Hy is

geprikkel deur die werk van die Weense fisikus en filosoof, Ernst Mach,

Kaleidoskoop

4

Page 15: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

wat in die tagtigerjare van die negentiende eeu sekere uitsprake oor

middelpuntvliedende krag gemaak het.

Die ou paaie is daar. Ons moet net daarna vra en dan daarop

bou. Dalk moet ons dit sterker stel: daar is niks wat God so gelukkig

maak soos mense wat hulle potensiaal uitleef en gedurig soek na nuwe

maniere van saamleef, -doen en –wees met God nie!

Gebed Soos die prinses in die sprokie van die “Padda-prins”, wat haar

goue bal verloor het en dit weer naarstigtelik soek, Here, is almal

van ons op die een of ander manier seker maar besig om ons

lewensgeluk te soek. Help my dat ek die prins in elke padda-

geleentheid sal sien sodat mý lied ook op mý G-snaar sal klink.

Breinflitse

5

Hoofstuk 1 | Op die fondamente van ander

Page 16: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

E

BEN SMITH was 14 jaar voltyds predikant in die NG Kerk.

Daarna is hy deur ’n bekende versekeringsmaatskappy aangestel

as ’n korporatiewe spesialis vir die Vrystaat, Noord-Kaap en

Noordwes streke. Hy dien steeds as predikant op Soutpan. Verder gee

hy ook deeltyds klas by die Sakeskool en Teologie fakulteite aan die

Universiteit van die Vrystaat. Hy het ’n honneursgraad in filosofie, ’n

doktorsgraad in Teologie en ’n MBL. Hy is ook direkteur van die Dragon

Advisor maatskappy wat daarna streef om mense verantwoordelike

finansiële bestuur te leer. Hy is getroud met Mariki, ’n sielkundige in

Bloemfontein en hulle het twee kinders, Enric en Hanli.

154

Page 17: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

O

LIVIA BOTHA is gebore in Virginia in die Vrystaat. Haar

kunsloopbaan begin op 11- jarige ouderdom. Een van haar

skilderye is reeds op 14-jarige ouderdom aan die Suid

Afrikaanse ambassade in Amerika oorhandig. In matriek is sy aangewys

as een van die top 10 ABSA entrepreneurs. Olivia beskou haar kuns

nie net as ’n werk nie, maar ook as haar bediening. Dit is haar begeerte

dat haar kuns ’n stukkie blydskap moet wees wat mense in hulle huise

ophang. Verder is sy ook betrokke om minderbevoorregte kinders te

help om in klein kunstenaartjies te ontwikkel. Olivia is getroud met

Karel wat haar groot ondersteuning en liefde in die lewe is.

155

Page 18: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

Bel-en-bestel

by 083 280 4441 of [email protected]

(dragonadvisor.com)

As hierdie boek jou geïnspireer en bemoedig het, kan jy ook die ander

publikasies van dieselfde skrywer bestel.

Utopia is ’n hoë definisie DVD wat afgeneem is by die Groot Gat van

Kimberley. Die delwers van ouds het waarskynlik gemeen dat welvaart

geleë is in die gat waar die diamante uitkom. In hierdie DVD word

verskillende stilhouplekke in die museum-dorp die sleutel wat ware

welvaart oopsluit.

156

Page 19: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

Bloudruk is ’n Bybelstudie-boek wat deur groepe of individue gebruik

kan word. Dit is ’n werksboek waar die leser deur middel van eksegetiese

en kultuurhistoriese feite begelei word om te verstaan dat God sorg in

’n wêreld waar almal moet spook om kos op die tafel te sit. Die vertroue

in God se sorg is ’n voorvereiste vir enige mens wat in ’n gesonde

verhouding met geld wil staan.

157

Page 20: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer
Page 21: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer
Page 22: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

Die Einde

Page 23: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer
Page 24: Kaleidoskoopdragonadvisor.com/wp-content/uploads/2013/10/Kaleidoskoop-extract.pdfvan hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer

M

ense sê mos dat God daar is en dat Hy sorg, maar ons weet

ook uit ervaring dat dit moeilik is om dit te glo. Dit is asof

God soms net skoonveld is. Dit is egter in die kreatiewe

gees van mense waar die teenwoordigheid van God opnuut ontdek kan

word. In hierdie werk word die leser uitgenooi om langs die vuurherd

van God te sit en die kreatiewe vonkies van mense te geniet of dalk sou

’n mens kon sê dat dit die kreatiewe vonkies van God is. Dit is immers

God wat die mens gemaak het om met vaardigheid te kan skep, vorm,

dig en sing. Hierdie boek is dan ook ’n kaleidoskoop van kunsvorme

waar die skrywer metafories werk om eeue-oue teksgedeeltes op ’n

alledaagse manier verstaanbaar te maak.

Voorts is die boek ook deurweef van die kunswerke van Olivia

Botha. Die eenvoud waarvan dit getuig, bring die onskuld in elkeen van

ons na vore om weer met kinderlike oë na God te soek.

Dertig boodskappe vir die kreatiewe gees

Dr. Eben Smith

Kaleidoskoop

Ka

le

id

osk

oo

p | D

ertig boodskappe vir die kreatiew

e geesD

r. E

be

n S

mith