K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam...

12
nuus+insigte K4 2014 intelligence Die jaar wat was en die pad vorentoe 02 Gebeure wat die mark gedryf het Jaar van verrassings 06 Realistiese vooruitsig vir kleinhandelmark Beleggers deesdae meer straatwys 08 Spaar vir opvoeding Hoë koste verg fyn beplanning

Transcript of K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam...

Page 1: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

nuus+insigte

K4 2014

intelligence

Die jaar wat was

en die pad vorentoe

02Gebeure wat die mark gedryf het Jaar van verrassings

06 Realistiese vooruitsig vir kleinhandelmark Beleggers deesdae meer straatwys

08 Spaar vir opvoeding Hoë koste verg fyn beplanning

Page 2: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

02 Nuus en insigte van Sanlam Beleggings

Gebeure wat die mark in 2014 gedryf het

Jaar van verrassings – globaal en plaaslik

15 Jan IMF-hoof Christine Lagarde waarsku die deflasiespook loop

29 Jan Sa Reserwebank verras met rentekoersverhoging van 50 basispunteBron: SAUK

19 FeBBank van Japan stimuleer

likiditeit met twee leenprogramme

K1 3 Jan Fed-voorsitter Ben Bernanke tree uit

1 apR Inflasiekoers in die eurogebied op laagste vlak in meer as vier jaarBron: Financial Times

16 MRt Inwoners van die Krim stem in

’n referendum om weer deel van Rusland te word

K2

19 MRt Fed-voorsitter Janet Yellen

laat die mark skrik met haar opmerkings oor rentekoerse

3 apR IMF waarsku die wêreld stuur af op ‘jare se stadige en ondergemiddelde groei’

8 apR Japan se lopende rekening terug in surplusgebiedBron: Financial Times

28 apR Fitch gradeer Spanje se

skuld opwaarts terwyl verbruikersvertroue in Italië op die hoogste vlak in vier jaar is

Bron: Trading Economics

30 apR Verbruikersbesteding in VSa styg met 0.9%, die grootste sprong sedert middel 2009

Bron: The Wall Street Journal

15 MeI Euro-ekonomie verstewig met

skrale 0.2% in K1 te wyte aan nul-groei in Frankryk en inkrimping

van Italië se BBPBron: The Guardian

21 MeI Op 6.1% breek Sa inflasie deur die Sa Reserwebank se boonste band van 6%Bron: Statistiek SA

27 MeI Sa se reële BBp krimp met 0.6% in K1 nadat mynbou se bydrae tot BBp met 24.7% gedaal hetBron: Statistiek SA

5 Jun ESB verlaag sy hoofrentekoers tot ’n rekordlae 0.15% en ‘straf’ in ’n unieke stap banke wat nie geld uitleen nieBron: The Wall Street Journal

Page 3: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

03Besoek ons multimedia-beleggingsportaal sanlamintelligence.co.za volg ons @sanlamintel

Foto

’s: g

etty

imag

es.c

om, g

allo

en

thin

ksto

ck

Voo

rbla

dfot

o: g

etty

imag

es.c

om

3 Jul Die breë werkloosheidskoers vir die VSA daal tot 12.1%, die laagste vlak sedert Oktober 2008Bron: Amerikaanse Buro

vir Arbeidstatistieke

17 Jul Die VSA stel sanksies teen Russiese maatskappye in weens Poetin se versuim om die geweld in die Oekraïne te stuit

K3

13 Aug Japan se verhoogde verkoopsbelasting

eis sy tol met K2-syfers wat toon dat die land se ekonomie met 6.8% op ’n

jaargrondslag gekrimp hetBron: Forbes

4 Sep Die europese Sentrale Bank

verlaag sy herfinansieringskoers tot 0.05% in teenstelling met die VSA en VK se strammer

monetêre beleidBron: The Wall Street Journal

4 Sep Die FTSeurofirst 300-indeks

van top europese aandele bereik sy hoogste vlak

sedert vroeg-2008Bron: ft.com

12 Sep Syfers toon SA se fabrieksuitset het tot op die laagste vlak in vyf jaar gedaalBron: BDlive.co.za

K4 21 OKT China se BBP groei in K3 met 7.3% op ’n jaargrondslag; laer as die teiken van 7.5% vir die jaarBron: Reuters

22 OKT Min. Nene reken dat die

begrotingstekort teen 2017/18 tot -3.0% van BBP gaan krimp. Die mark verwag

belastingverhogings in FebruarieBron: Times Live

6 NOV Moody’s verlaag SA se

staatskuld tot die gradering Baa2, wat op gelyke voet met dié van Brasilië en Rusland is

Bron: Trading Economics

16 NOV Japan betree (weer) amptelik ’n resessieBron: The New York Times

25 NOV SA se BBp groei met 1.4% in K3. Die herberekende BBp vir 2013 is 4.4% meer as wat voorheen

gemeen isBron: Statistiek SA

25 NOV Die VSA se BBp groei met

3.9%, die sterkste twee opeenvolgende kwartale van

groei in ’n dekadeBron: BBC

3 DeS Die Dow Jones-nywerheidsindeks en die S&P 500 sluit op rekordhoë vlakkeBron: International Business Times

27 NOV Die prys van Brent-ruolie daal tot onder $70/vat, die laagste vlak in vyf jaarBron: The Telegraph

8 DeS Die rand tuimel tot ’n 6-jaar-laagtepunt teenoor die dollar met die tekort op lopende reke-ning hardnekkig op 6% van BBPBron: SARB se Kwartaallikse Bulletin

6 OKT Pres. Zuma kondig aan dat Lesetja Kganyago, adjunk-president van die Reserwebank, die leisels by Gill Marcus oorneem Bron: Suid-Afrikaanse Regering Aanlyn

10 Aug African Bank word onder

kuratorskap geplaas – SA se eerste bank wat vou sedert

Saambou in 2002

8 Sep China se handelsurplus word tot $49.8 miljard opgestoot,

die hoogste nógBron: The Wall Street Journal

13 NOV In ’n ongekende stap word

die onlustepolisie ingeroep om die orde in die SA Parlement

te herstel

19 NOV SA hooflyninflasie is terug binne die Reserwebank se teikenband van 3−6% Bron: Statistiek SA

20 NOV Die VSA se inflasiekoers is bestendig op 1.7%, wat onder beheer is gegewe sy langtermyngemiddelde van 3.3%Bron: Trading Economics

21 NOV China sny onverwags sy

rentekoerse te midde van kommer oor die

verlangsaming van ekonomiese groei

Bron: Reuters

Page 4: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

04 Nuus en insigte van Sanlam Beleggings

V&A

Foto

’s: C

amer

on M

cDon

ald

en t

hink

stoc

k

INSIG

V Dis ’n jaar sedert jy

besluit het om op kliëntge-sentreerdheid te fokus

en die besigheid se struktuur daarvolgens aan te pas. Wat beteken ‘kliëntgesentreerdheid’ vir jou en waarom het jy dit die besigheid se fokus gemaak? Kliëntgesentreerdheid beteken om uit te vind wat jou kliënte wil hê en dit vir hulle te gee. ’n Mens kan nie aanvaar net omdat jy ’n produk het wat goed presteer, kliënte by jou sal koop nie. Dít het ons gehad, maar ons het gevind dat baie potensiële kliënte steeds by ons mededingers koop. Toe ons die veranderinge in 2013 geïmplementeer het, was ons en is ons steeds optimisties en glo dat ons nou makliker nuwe kliënte met ons oplossings lok. Maar kliëntgesentreerdheid is nie ’n eendagwedstryd nie; dis ’n vyfdagtoets.

Ons moes basies ons kliënte­skakelingsmodel en benadering tot kliënte hersien. Ons fokus ook op die werwing van nuwe talent vir kliënteskakelingsrolle wat ons in staat sal stel om ons kliënte te diens met die vlak van gesofistikeerdheid wat hulle verwag.

V Watter veranderinge het die verskillende sake-

eenhede aangebring om meer kliëntgesentreerd te wees? Die Institusionele Besigheid (IB) segmenteer nou sy kliënte op grond van hulle behoeftes en hoe hulle ‘koop’. Hulle het hul personeel geëvalueer en die regte mense by die

Kliënt- gesentreerdheid is nie ’n eendag-wedstryd nie

Ons gesels met Johan van der Merwe, Uitvoerende Hoof van Sanlam Beleggings

regte segment geplaas terwyl nuwe talent gewerf is waar daar ’n leemte was.

Die span het ook ondersoek hoe hulle voordeel kan trek uit bestaande betrekkinge met institusionele kliënte van ander besighede in die Groep.

Die Kleinhandelbesigheid posisioneer hulself weer as tussengangers se voorkeur­beleggingsvennoot. Hulle het byvoorbeeld verkoops­handleidings vir verkope, porte­feuljebestuursvoorleggings en bemarkingsmateriaal ontwikkel.

Dié besigheid vind nou baie meer baat by die distribusiekanale van Sanlam en sy platforms. Verskeie geleenthede, soos doelontwerpte oplossings, is geïdentifiseer om die Sanlam finansiële adviseur se lewe makliker te maak.

Werknemervoordele het ook ’n Kliëntoplossingseenheid op die been gebring wat op die res van die besigheid, veral IB, se model geskoei is. Sanlam Privaat Welvaart, wat reeds goed gestruktureer was om hulle kliënte te diens, het hulle kliëntebasis verder gesegmenteer om hulle kliënte selfs beter te diens en ’n perfekte, maatpasoplossing aan hulle te bied.

V Dit was skaars ’n jaar gelede, maar het hierdie

veranderinge al begin vrugte afwerp? Ja beslis. Ek sien al hoe meer voorbeelde van hoe ons mense anders dink oor hulle skakeling met kliënte omdat hulle kliënte se behoeftes nou voorop stel.

Ek het die afgelope paar maande ook verskeie interaksies met kliënte, BlouSter­adviseurs, onafhanklike finansiële adviseurs en multibestuurders gehad en hulle vertel ons dat hulle ‘agterkom iets is anders’.

Ons was baie gelukkig om betreklik vinnig finansiële resultate te sien. Aan die kleinhandelkant, byvoorbeeld, het die veranderinge gelei tot verskeie nuwe Geïmplementeerde Konsultasie­kliënte met aansienlike bedrae geld wat na daardie stel oplossings gevloei het.

Wat institusionele besigheid betref, het die huidige produk­aanbod ’n groot aantal nuwe, bevestigde mandate (skriftelik of mondelings) gelok. Danksy ’n meer gesofistikeerde benadering tot noulettendheidsondersoeke lok ons kliënte wat ons nie voor­heen as ’n lewensvatbare verskaf­fer van oplossings beskou het nie.

Ons glo die nuwe kliënte wat ons bygekry het, sal meer mandate lok uit areas wat nie voorheen vir ons toeganklik was nie.

V Watter prestasie die afgelope jaar staan

werklik vir jou uit? Ons Werknemervoordele­besigheid het wat deur baie as die ‘transaksie van die eeu’ bestempel is, beklink; sover ons weet die grootste lewensversekeringspolis nóg wat in SA geskryf is.

Die annuïteitspolis waarborg die pensioene van 3 650 pensioenarisse lewenslank en waarborg ook dat dit jaarliks met die inflasiekoers sal styg.

Page 5: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

05Besoek ons multimedia-beleggingsportaal sanlamintelligence.co.za volg ons @sanlamintel

Foto

’s: C

amer

on M

cDon

ald

en t

hink

stoc

k

Hierdie oplossing is ’n sprekende voorbeeld van ons hoofdoelwit by Sanlam Beleggings, naamlik om die lewens van ’n wye reeks belanghebbendes te verbeter deur hul welvaart op ’n volhoubare wyse te bewaar en te groei.

V Gepraat van belanghebbendes,

transformasie het ’n impak op die gemeenskap, personeel en kliënte, maar bly ’n uitdaging vir plaaslike batebestuurders. Hoe vaar Sanlam Beleggings op dié gebied? Ons verstaan die behoefte aan transformasie en sal voortgaan om aan tersaaklike wetgewing te voldoen.

Om egter ’n betekenisvolle bydrae tot ons bedryf en die gemeenskap te lewer, moet ons SEB-kapasiteit vanaf ’n opleidingsvlak opbou. Dit is waarom inisiatiewe soos die Alternatiewe Beleggingsakademie, wat talentvolle swart gegradueer-des teiken, van kritieke belang vir ons toekomstige sukses is.

Pleks van om bloot swart batebestuurders van ander beleggingshuise af te rokkel, wat nie tot voordeel van die breë gemeenskap is nie, fokus ons op die opleiding van nuwe toetreders en plaas hulle in die arbeidsmag deur hulle elke geleentheid te bied om in batebestuurders te ontwikkel.

V Sedert sy demutualisering

in 1998 het Sanlam sy aandeelhouers, waarvan menige polishouers en kliënte is, goed beloon.

Is enige nuwe sake-eenhede vanjaar geskep om die net wyer te gooi op soek na bedryfswinste? Ja, ons volg reeds geruime tyd ’n diversifiseringstrategie om onder wisselende markomstandighede waarde vir al ons belang-hebbendes te skep. Daarom is ons baie opgewonde oor ons Afrika-beleggingsbesigheid.

Dit raak toenemend belangrik om groeigeleenthede in nie-tradisionele batebestuursarenas te vind. Daarom het ons ook ons inisiatiewe versnel om ’n toonaangewende Afrika-beleggingsbesigheid op te bou deur onder andere ons Afrika-genoteerde aandele-, eiendoms- en skuldprodukte te konsolideer in ’n afsonderlike Afrika-beleggingsbesigheid, wat in die Beleggingskern gehuisves word. St John Bungey is as die eerste Uitvoerende Hoof van hierdie nuwe Sanlam Afrika-beleggingsbesigheid aangestel en Brett Mallen as Bedryfshoof. Die besigheid sal toegang hê tot die Sanlam-groep se kennis en ondervinding van die Afrika-kontinent.

V Om mededingend te bly, moet selfs hoogs

suksesvolle besighede voortdurend innoveer en nuwe produkte bekend stel. Hoe het innovering Sanlam Beleggings se kliënte beter gedien in 2014? Innovering is saam met passie en deursigtigheid deel van ons kernwaardes. Daar is talle voorbeelde van innovering in 2014. Ek het reeds melding gemaak van die lewenslange pensioenopsie wat

gesorg het vir die grootste polis nóg wat in SA geskryf is. Ons het byvoorbeeld ook ’n kredietfasiliteit aan kliënte beskikbaar gestel met hulle genoteerde aandeleportefeuljes as sekuriteit.

Dit was ’n proaktiewe stap om kliënte te behou wat andersins dalk na die welvaartbestuursafdelings van die groot banke sou omgeskakel het. Die boek is ook winsgewend en word deur kliënte se beleggingsbates gesekureer.

Ons het ook gekyk na die uitda-gings wat strenger regulasies vir adviseurs bring en het doelge-maakte oplossings ontwerp om adviseurs se voldoenings risiko beduidend te verminder. Dié oplossings maak die Sanlam finansiële adviseur se lewe baie makliker en beteken bykomende inkomste vir die besigheid. Dit is ’n werklik suksesvolle waardetoe-gevoegde diens vir ons kliënte.

In die passiewe ruimte het ons die Satrix Low Equity Balanced Index Fund bekend gestel, en ons sal voortgaan om ons Satrix-produkreeks uit te brei waar daar ’n beleggersvraag is.

V Sanlam Beleggings bied ’n werklik omvattende

en uiteenlopende reeks oplossings met bekroonde bestuurders wat die fondse bestuur. Hoe word hierdie kennis met kliënte gedeel? Om inligting te deel en denkleierskap te bevorder, is noodsaaklik vir ’n maatskappy soos Sanlam Beleggings. Ons glo dat om inligting te deel, ons belanghebbendes beter toerus om

ingeligte besluite oor die bewaring en groei van hul welvaart te neem.

Ons het verskeie platforms waarop inligting gedeel word. Ons het vanjaar byvoorbeeld die eerste i3Summit aangebied – ’n sprekersplatform waar denk-leierskap gedeel word – ons eie sowel as dié van plaaslike kenners en internasionale besoekers soos dr. Philippa Malmgren (voormalige Withuis-adviseur). Terugvoering van die afgevaardigdes was oorweldigend positief en ons het ’n hoë standaard gestel vir toekomstige beleggingseminare. Ons deel ook dwarsdeur die jaar video-onderhoude en artikels op www.sanlamintelligence.co.za.

V Laastens, hoe sal jy jou visie vir Sanlam

Beleggings beskryf? Ons moet by daardie plek uitkom waar al ons belanghebbendes ’n emosionele band met die maatskappy het. Almal met wie ons interaksie het, moet wíl hê dat ons suksesvol is. Hulle moet in ons wíl belê, saam met ons wíl werk, by ons wíl koop en ons by hulle gemeenskappe wíl betrokke hê.

Ons het alles wat nodig is om ’n organisasie te word wat aktueel is en wat uitreik na al ons belanghebbendes en nie net na ons aandeelhouers nie. Ons hou per slot van rekening die nasie se spaargeld en beleggings in ons hande.

Om moet suksesvol wees om dit vir mense moontlik te maak om met waardigheid af te tree en om vir ’n belangrike doel te spaar, soos hulle kinders se opleiding of om hul eie besigheid te begin.

Kliënt

AandeelhouersStaat

Reguleerder Media

Polis­houers

Personeel

Verskaffers

Gemeenskap

‘Om inligting te deel en denkleierskap te bevorder, is noodsaaklik vir ’n maatskappy soos Sanlam Beleggings.’

Page 6: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

06 Nuus en insigte van Sanlam Beleggings

Hoe lyk

2015 vir die kleinhandelmark?V Dink jy

klein-handel-beleggers raak meer straatwys?

Deesdae ontleed kleinhandel­beleggers voortdurend hulle beleggings, óf onafhanklik óf met die hulp van ’n finansiële adviseur. Sedert die 2008 finansiële krisis soek beleggers eerstens groter diversifikasie oor die verskillende bateklasse heen en minder wisselvallige opbrengste. Gevolglik het die verskillende multibatekategorieë toenemend gewild geword. Beleggers verkies ook diversifisering wat fondsbestuurders betref. Dit blyk uit die feit dat diensverskaffers van gekoppelde beleggings (Lisps), wat die effektetrustfondse van verskeie bestuurders op ’n enkele platform aanbied, ’n al hoe groter hap van verkope verteenwoordig (tans meer as ’n kwart van alle kleinhandelverkope). Beleggers se soeke na uitnemende bestuurders het hulle meer bewus gemaak van hoe belangrik advies is.

V Hoe sal slimmer beleggers in 2015 druk

op die bedryf plaas? Gepaard met nuwe wetgewing en volgehoue mededinging in die bedryf, sal dit toenemend noodsaaklik vir belangegroepe in die waardeketting wees om hulle belange met dié van beleggers te versoen.

Vorentoe sal eenvoudige, maklike toegang tot finansiële dienste en groter deursigtigheid van produkte, dienste en pryse deurslaggewend vir alle belangegroepe wees om langtermynverhoudinge met beleggers in stand te hou. Dit sal ook belangrik vir batebestuurders en tussengangers wees om doelontwerpte oplossings te lewer en ’n aanlyn­ en sosiale media­profiel te hê.

V Wat verwag jy sal finansiële adviseurs se

grootste behoefte in die jaar vorentoe wees? Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) se gespreksdokument,

Kleinhandelverspreidingsoorsig, is in 2014 bekend gestel en met die verwagte implementering van die tweeledige finansiële reguleringstruktuur om die draai, sal finansiële adviseurs moet verseker dat hulle besigheidsprosesse gereed is vir die implementering van die voorgestelde beleidsveranderinge.

Die hoë koste van voldoening en die beoogde veranderinge aan vergoedingsmodelle beteken adviseurspraktyke se marges kan weerskante onder druk kom, wat selfs kleiner winste sal beteken. Finansiële adviseurs sal op die waarde­aanbiedinge waar hulle ’n mededingende voordeel het, moet herfokus en moontlik in vennootskap met ander verskaffers van nie­kerndienste moet tree.

V Indien die veranderinge aan die Wet op die

Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas (Cisca), wat verskansingsfonds-regulasies sal inkorporeer, reeds in 2015 in werking

Shaun Ruiters, Hoof van

Strategie en Kliëntoplossings,

werp meer lig op wat 2015 vir

die kleinhandel-mark inhou.

INSIG

Page 7: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

07Besoek ons multimedia-beleggingsportaal sanlamintelligence.co.za volg ons @sanlamintel

Hoe lyk

2015 vir die kleinhandelmark?Wat sê ons topbestuur?

Kokkie Kooyman, Hoof van SIM Global• Wêreldinflasiesalnaverwagtingverderdaal,watdieaansporingvirbeleggersomgeleendegelduittegee,verwyderenbetekendatgroei onderdruksalbly.

• Hoeverderdieolieprysval,hoemeerwaarskynlikraakditdatdieVSArentekoersverhogingssal uitstel.

• Dietweegrootstebedreigings virwêreldwyefinansiëlestabiliteitisdat politiekerandeiersinEuropasteunwenenweierom bankredding-

skuldterug tebetaal,envoortgesettedeflasionêredruk inChina.

• DieBroseVyfvan2014hetgekrimptotdiebrosetwee(Suid-AfrikaenTurkye).TurkyeseBBP-vooruitskattingvir2015is3.5%,sohysaldalkook ontsnap.

• Diemarkteisduur,maarwordondersteundeurlaerentekoerseenafwaartsedruk opinflasie.

• Tallegroot,internasionaleaandelemethoëdividendopbrengsteen’ngeskiedenisvanrasionelekapitaalbestuurblyondergewaardeer.

Philip Liebenberg, Hoof van Absolute Opbrengs • Geenbateklaslykgoedkoop nie.

• Dierandkanwaardebiedop vlakkeboR11.50/VSA$.

• Internasionaleeffekteissteeds duuruit’nlangertermyn-oogpunt.

• BeleidsnormaliseringindieVSAbehoort2015’ninteressantejaartemaak–hopelikmetgeleenthedewat daarmeesaamgaan.

Cora Fernandez, Uitvoerende Hoof van Institusionele Besigheid• Dieregeringsalvoortgaanomspaarviraftrededeurbelastingaansporingsaantemoedigenwerksaammetwerkgewersomspaardeursalarisaftrekkingsaantepor.

• Institusioneleenkleinhandel-produktesalselfsvinnigerkonvergeernamatesambreel-fondsegroei.Skaaliswatin2015gaantel!

• Dievolleimpakvantrusteessepersoonlikeaanspreeklikheid

teenoorfondsledeisbesigom intesink;trusteessalvolgendejaardalkweernadie bepalingsenvoorwaardesvanhulleskadeversekeringwil kyk.

• Diemeestefondsehetuitstekendeprofessionelekonsultante,maardaarisplekvirmeerprokureursrondomdie trusteetafel.

• Afrikasegroeivooruitsigteisbelowend,maarofaftreefondseindiegebiedsalbelê,salafhangvanhullegeteikendedoelwitte.

Patrice Rassou, Hoof van Aandele • Wisselvalligheidgaandiegonswoordbly.

• Omstandighedeherinneraandiegrootdotcom-borrel.

• ’nSkerpregstellingopdieaandelemarkraak’nalhoegrotermoontlikheid.

• Nywerheidsaandeleisduurop’nvooruit-PV-verhoudingvanbykans18keer.

• Hulpbronaandeleisgoedkoopenverhandeltansonderhul langtermynhistoriesetendense.

tree, hoe sal dit Sanlam Beleggings en die res van die bedryf raak? Onsdinkdiereguleringvanverskansingsfondsekantot2016uitgestelword,maaronsbeskouverskansingsfondseaseenvandienuwealfabronneindiekomendejare.Sodradieregulasieinwerkingtree,salonsasdeelvanonskernstrategiemaatpas-oplossingsaanbeleggersbiedmet’nkonsentrasieindiebreëralternatiewebeleggings-bateklasse,viaonsfondsvanfondseofenkelstrategie-verskansingsfondsbesigheid.

Uit’nbedryfsoogpuntgloonsdaaris’ngrootbehoefteombeleggersinverskansingsfondseoptevoed.Sekerekonseptewatopeffektetrustfondsevantoepassingis,isietsheelandersindieverskansingsfondsomgewing.

V Enigiets wat jy wil byvoeg ten opsigte van

jou vooruitsigte vir 2015? Diebedryfondergaantanstalleregulatorieseen

beleidsveranderingewatdiebillikebehandelingvanbeleggersenverbeterdefinansiëlestabiliteitindiehandbehoorttewerk.SanlamBeleggingsbereihomaktiefophierdieveranderingevoor,onsismetverskeiebelangegroepeingesprekenonsverwelkomdieverskuiwingnakliëntgesentreerdheid.

Onsissteedsbekommerdoordieonbestendigheidindiemarkendieuitwerkingvangeopolitiekerisikowat’nkenmerkvan2014was.Onswilbeleggersherinnerdatomopkoerstebly,hulportefeuljetediversifiseer,nuwealfabronnetevinden’nlangtermynsieningtehandhaaf,totwelvaartskeppingsallei.

Aandieadvieskantbesefonsdatdiekosteomwinsgewendtebly,vorentoekanstyg.Onshetegteroplossingsontwerpwatdiéprobleemsaltakel.Onswiladviseursaanmoedigomhullewaarde-aanbodtehersienenteversekerdathulleophulsleutelmededingendevoordeelfokus.

Foto’s:gettyimages.com

enverskaf

Page 8: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

08 Nuus en insigte van Sanlam Beleggings

Daar word dikwels gesê die grootste geskenk wat jy ’n kind kan gee, is die geloof dat die toekoms

propvol moontlikhede is. Met SA se hoë werkloosheidskoers is ’n tersiêre opvoeding die sleutel wat soveel deure moontlik vir jou kind sal oopmaak. Maar opvoeding is nie gratis nie. Hoe vermy jy die mees algemene foute en maak seker daar is genoeg om jou kind op kampus te kry?

Fout #1Onderskat hoeveel geld jy sal benodig Tans is die koste van ’n plaaslike driejaargraad gemiddeld sowat R120 000, volgens Old Mutual se navorsing. Indien die opvoedings­inflasiekoers* op 9% bly, sal dit oor 18 jaar meer as R560 000 kos om jou pasgebore baba deur univer­siteit te kry. En ons praat net van klasgelde. Verblyf­ en lewenskoste kan dié syfer verdriedubbel.

Fout #2Begin te laat spaarOm die R560 000 wat jy benodig oor 18 jaar bymekaar te maak,

sal jy R930 per maand moet belê in ’n beleggingsproduk wat verbruikersinflasie (6%) met ten minste 4% per jaar klop. Hoe later jy begin, hoe meer geld sal jy elke maand moet wegsit. As ’n ekstra inkomste verdien nie vir jou ’n opsie is nie, maak jou kind se opvoeding jou prioriteit deur nie­noodsaaklike uitgawes so ver moontlik te sny. Is satelliet­TV teen R665 per maand byvoorbeeld werklik nodig?

Fout #3Versuim om jou premie jaarliks te verhoogOm jou bydraebedrag jaarliks te verhoog, sal ’n reuseverskil maak. As jy jou byvoorbeeld verbind om die bedrag jaarliks met verbruikersinflasie te verhoog, hoef jy in jou eerste jaar met slegs R697 per maand te begin en nie R930 nie.

Fout #4Vermy hoërisiko-produkteAs jy vir ’n termyn van langer as 18 jaar belê, kan jy die onbestendigheid (risiko) bekostig van om ten minste ’n gedeelte van jou spaargeld in aandele te belê. Die bogenoemde berekeninge is gedoen met die

veronderstelling dat jou belegging verbruikersinflasie met 4% klop, wat aandeleblootstelling vereis. Maar indien jy R697 per maand belê in ’n produk wat verbruikersinflasie met slegs 1% klop (en die bedrag elke jaar met verbruikersinflasie verhoog), sal jy na 18 jaar meer as R130 000 kortkom. Maar as jy in ’n fonds belê het wat inflasie met 4% klop, sou jy jou doelwit bereik het. Jou keuse van die regte tipe portefeulje is van kritieke belang vir jou beleggingsukses.

Fout #5Betaal hoë fooieWees versigtig wanneer jy deur ’n ouergenerasie­studiepolis belê wat ingeboude kommissie­ of ander produkkostes kan insluit. As jy deur ’n effektetrust of nuwer­generasie­polis belê wat jou toelaat om die onderliggende fondse te kies, moet jy bedag wees op die fondsbestuurder se koste. Fooie sal jou beleggingsprestasie benadeel, wat dit moeiliker maak om jou doel te bereik.

Nota: Opvoedingsinflasie is tans 9% en verbruikersinflasie gemiddeld sowat 6%.

Die hoë koste van jou kind

se opvoeding verg vooruit-beplanning.

Voordele Nadele

Effektetrust Geen vasgestelde tydperk. Kan debietorder stop wanneer kontantvloei knel.As jy deur die jaar min ander rente verdien het, kan jy voordeel trek uit jaarlikse rente- en kapitaalwinsbelasting-vrystellings.Kan laekoste-fondsbestuurder soos Satrix kies.

Debietorderaftrekkings word gestaak by belegger se dood.Geen belastingvoordele vir beleggers in top-belastingkerf.

Opvoedingspolis Kan ’n byvoordeel aanheg; versekeraar betaal in werklikheid dus ’n premie namens die premiebetaler ná sy/haar dood.Belastinghantering kan beleggers in top-belastingkerf wat al hulle jaarlikse rente- en KWB-vrystellings gebruik het, bevoordeel.Hou boedelbelastingvoordele in indien korrek gestruktureer en opbrengs nie in boedel inbetaal word nie.

Betaal belasting van 27% van inkomste wat in produk verdien is; geen jaarlikse rente- of KWB-vrystelling.Om die portefeulje binne ’n polisstruktuur te plaas, kan ’n addisionele laag koste byvoeg indien die fondsbestuurder dit nie subsidieer nie. Wees bedag op ingeboude adviseursfooie.

VRYWARINGSKENNISGEWING Terwyl alle nodige stappe gedoen is om die akkuraatheid van die inligting op hierdie webwerf/advertensie/brosjure te verseker, aanvaar Sanlam Collective Investments (RF) (Edms) Bpk nie enige aanspreeklikheid vir enige eis, skade, verlies of uitgawes voortspruitend uit of in verband met die inligting nie. Geen lid van die Sanlam­groep gee enige voorstelling, waarborg of onderneming nie en neem geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir die akkuraatheid van enige inligting wat hierin vervat is nie. Die inligting wat hierin vervat is, kan nie vertolk word as finansiële advies kragtens die Wet op Finansiële Advies­ en Tussengangersdienste nie. Die gebruik van, of vertroue op, hierdie inligting word op u eie risiko gedoen. Raadpleeg asseblief ’n onafhanklike professionele finansiële adviseur voordat u enige beleggingsbesluite neem.Kollektiewe beleggingskemas is oor die algemeen medium­ tot langtermynbeleggings. Neem asseblief kennis dat prestasies in die verlede nie noodwendig ’n akkurate voorspelling van toekomstige prestasie is nie, en die waarde van beleggings/eenhede/effektetrusts mag daal of styg. ’n Opgawe van gelde, koste en maksimum kommissie is beskikbaar by die Bestuurder, Sanlam Collective Investments (RF) (Edms) Bpk, ’n geregistreerde en goedgekeurde Bestuurder in Kollektiewe Beleggingskemas in Sekuriteite. Addisionele inligting oor die voorgestelde belegging, insluitend brosjures, aansoekvorms en jaarlikse of kwartaallikse verslae, is gratis van die Bestuurder verkrygbaar. Kollektiewe beleggings verhandel teen heersende pryse en kan lenings en skriplenings behels. Kollektiewe beleggings word op die grondslag van netto batewaarde bereken, wat die totale markwaarde van alle bates in die portefeulje is, insluitend enige inkomste­oplopings en minus enige aftrekbare uitgawes soos oudit­, makelaars­ en diensfooie. Die werklike beleggingsprestasie sal verskil afhangende van die toepaslike aanvangsgelde, die werklike beleggingsdatum, die datum waarop inkomste herbelê is asook dividendweerhoudingsbelasting. Vooruitprysbepaling word gebruik. Die Bestuurder verskaf nie enige waarborg ten opsigte van óf die kapitaal óf die opbrengs van ’n portefeulje nie. Die portefeulje se prestasie sal afhang van die onderliggende bates en veranderlike markfaktore. Al die portefeulje­opsies wat voorgelê is, is goedgekeurde kollektiewe beleggingskemas kragtens die Wet op die Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas, No 45 van 2002 (‘Cisca’). Die Bestuurder het die reg om enige portefeulje vir nuwe beleggers te sluit met die doel om die portefeuljes meer doeltreffend ooreenkomstig hulle mandate te bestuur.

Vermy foute wanneer jy vir opvoeding spaar

INSIG

Foto

: get

tyim

ages

.com

Page 9: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

09Besoek ons multimedia-beleggingsportaal sanlamintelligence.co.za volg ons @sanlamintel

Foto

: get

tyim

ages

.com

Ons moet nie die belangrikheid daarvan oorspeel nie, maar indien dit so aanhou, sal die daling in plaaslike

brandstofpryse nie net SA inflasie oor die volgende jaar beduidend verlaag nie, maar ook verligting vir die beleërde verbruiker bring.

Laer inflasiekoers in 2015 verwagDie lokoprys van Brent-ruolie het van einde Augustus 2014 tot einde Desember 2014 met sowat 40% gedaal. Die prys van petrol het gevolglik teen vroeg in Januarie 2015 met 21.6% gedaal.

Indien hierdie aansienlike dalingskoers volgehou word, verlaag verbruikersprysinflasie (VPI) een jaar vooruit met 1%. Gegrond op huidige inligting verwag ons dat die gemiddelde jaarlikse styging in VPI 4.9% in 2015 sal wees. VPI sluit die jaar af op 5.5%, met ’n laagtepunt van 4.4% in Mei 2015.

’n Welkome meevaller vir ons dubbele tekortIndien alle ander faktore dieselfde bly, behoort laer olie-invoerpryse ook ’n wesenlike verbetering in die saldo op lopende rekening tot gevolg te hê. As veronderstel

word dat die aantal vate ruolie wat ingevoer word onveranderd bly, behoort die olie-invoerrekening in 2015 met sowat 2% van BBP te daal – ’n welkome meevaller gegewe dat beleggers en soewereine skuldgraderingsagentskappe op Suid-Afrika se huidige groot tekorte op lopende rekening en die begroting fokus.

Meer geld in die sak vir huishoudings en maatskappyeDit is moeiliker om die impak op reële ekonomiese aktiwiteite te bepaal. Hieroor sal daar waarskynlik nie konsensus wees nie. ’n Gewilde vertrekpunt is dat dit vanweë die laer inflasie uiteraard huishoudings se reële besteebare inkomste verhoog. Anders gestel, indien die daling in oliepryse tot vroeg in Desember 2014 verder aanhou, raam ons dat die geïmpliseerde daling in brandstofpryse huishoudings rondom R24 miljard per jaar, of 1.1% van persoonlike besteebare inkomste, behoort te ‘bespaar’. Laer brandstofpryse behoort dus meer geld in die sak vir huishoudings te beteken. Aangesien vervoer ’n groot kostekomponent van plaaslike maatskappye is, behoort dit ook ’n positiewe impak op maatskappyverdienste te hê. Die daling in die oliepryse het

buitendien nie in isolasie van ander ontwikkelings geskied nie. In die mate dat die laer olieprys die swakker wêreldvraag na olie reflekteer, is dit nie goeie nuus vir die plaaslike ekonomie nie. Trouens, die volgehoue daling in die uitvoerpryse van sleutel-kommoditeite in onlangse maande plaas weliswaar ’n demper op die tentatiewe verbetering in die ruilvoet as gevolg van die laer oliepryse.

Maar belastingverhogings kan verbruikersbesteding aan bande lê Die gunstige impak wat die daling in oliepryse op huishoudings se finansies het, sal waarskynlik gedeeltelik geneutraliseer word deur ander belangrike ontwikkelings soos die moontlike verhoging van belastingkoerse in 2015 (dalk ’n hoër BTW-koers?) en ’n verwagte skerp styging in elektrisiteitspryse.

Die oorhoofse impak van hierdie ontwikkelings op reële huishoudelike besteding en BBP-groei in 2015, ofskoon positief, sal waarskynlik gering wees. Ons reële BBP-vooruitskatting vir 2015 bly onveranderd op 2.0% tot 2.5%.

Beweegruimte vir werklike beleidskoers om laag te bly ’n Kombinasie van laer inflasie, ’n

beduidende verbetering in die saldo op lopende rekening en gematigde, tendens-tipe reële BBP-groei behoort die SA Reserwebank te oorreed om rentekoerse onveranderd te laat. Die monetêre owerhede sal waarskynlik na kerninflasie kyk, wat na verwagting hardnekkig hoog sal bly relatief tot die verwagte daling in hooflyn-VPI. Die Bank het trouens gewaarsku dat die beleidskoers die een of ander tyd sal moet normaliseer. Die rand was in 2014 nietemin bestendig op ’n handelsgeweegde grondslag en is besig om na ‘disinflasionêre’ gebied te beweeg (maar bly kenmerkend onvoorspelbaar). Toegegee, die waarskynlike impak van monetêre beleidsnormalisering in die VSA is onseker, maar gegewe die bogenoemde lyk dit redelik om te verwag dat SA se werklike beleidskoers vir ’n langdurige tydperk laag sal bly.

In die geheel gesien is die daling in oliepryse dus nie die wonderwerk waarop gehoop word nie, maar dit behoort die druk op SA huishoudings en die ekonomie ietwat te verlig.

Alle stellings in hierdie artikel is die mening van Sanlam Beleggings en die resultaat van raminge wat op die SA Reserwebank se data oor nasionale rekeninge gegrond is.

Oplaas ’n bietjie geluk

Die skerp daling in

oliepryse sedert middel-2014

is ’n welkome ontwikkeling in ’n veeleisende tyd vir die SA

ekonomie.Deur Arthur Kamp

Beleggingsekonoom

NUUS

19 Junie 2014 Net meer as $115/vatBron: ycharts.com

12 Nov 2014 Val tot onder $80/vat, laagste in 4 jaarBron: Livecharts.co.uk

27 Nov 2014 Val tot onder $70/vat, laagste in 5 jaarBron: The Telegraph

Dramatiese daling in die prys van Brent-ruolie

Page 10: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

Nuus en insigte van Sanlam Beleggings10

Stefanutti Stocks

Steinhoff

Stefanutti Stocks is ’n multinasionale, multidissiplinêre konstruksie­maatskappy met vier sleutelafdelings: geboue (residensieel en kommer­sieel), strukture (brûe, mariene en mynbetonstrukture), RPM (paaie en grondwerk, pypleidings en mynoplossings) en MEP (meganies, elektries, instrumentasie en energie). Sy bestelboek is R12.7 miljard werd waarvan ongeveer 40% buite Suid­Afrika is.

Waarvan ons hou Die SA konstruksiebedryf is die afgelope vyf jaar ernstig gestrem deur ’n beduidende afname in vaste investering, ’n gebrek aan groot infrastruk­tuurprojekte (uitgesluit Eskom), ’n oorkapasiteit in die bedryf ná die 2010 Wêreldbeker en strawwe mededinging, wat papierdun winsmarges en finansiële verliese tot gevolg gehad het. Intussen het ’n omvattende onder­soek deur die Mededingingskommissie gelei tot die vervolging van verskeie rolspelers wat van teenmededingende aktiwiteite beskuldig is.

Stefanutti Stocks het ’n paar onstuimige jare agter die rug en sy verdienste het van 2010 tot 2014 konstant gedaal (sien grafiek). Sy tussentydse resul­tate vir die finansiële jaar tot Februarie 2015 toon oplaas ’n verbetering vanaf ’n lae verdienstebasis. Sy bestelboek groei ook goed. Hoewel marges plaaslik onder druk bly, het die bestuur verskeie projekte met baie hoër mar­ges buite SA losgeslaan. Hy is in wese kerngesond met ’n sterk balansstaat en ’n stewige bestelboek wat verdienste op die herstelpad behoort te plaas.

Steinhoff is ’n toonaangewende, vertikaal geïntegreerde meubel­kleinhandelaar met bedrywighede in Europa, Brittanje, Australasië en Suid­Afrika. Die maatskappy het homself getransformeer van ’n meubelvervaardiger tot ’n geïntegreerde kleinhandelaar met ’n beduidende markaandeel in die afslag­meubelsegment in Europa.

Waarvan ons hou Die Steinhoff­groep het die afgelope paar jaar reuse­kapitaal belê om homself te herposisioneer; ’n suksesvolle oefening soos gesien kan word aan die marge­uitbreiding die afgelope twee jaar. Ons voel Steinhoff is geposisioneer vir groter hoogtes aangesien baie van die faktore wat die onlangse, groepswye bedryfsverbetering gedryf het, nog nie volle wasdom bereik het nie.

Die verbetering in die Steinhoff­groep se vertoning is grootliks toe te skryf aan ‘selfhelp’­inisiatiewe waarvan die harde werk reeds afgehandel is. Van groter belang is dat die bedryfsverbetering nie afhanklik is van ’n verbetering in die makro­omgewing in Europa nie. Daarom beskou ons hierdie aandeel se beleggingsmeriete as positief, met relatief lae risiko, en hoogs waarskynlik.

Ons hou ook van die feit dat die groep se belegging in kleinhandeleiendom gedoen is op ’n lae punt in die eiendomsiklus (teen baie aantreklike waardasies) en dat hierdie beleggingsgeleentheid nou wasdom bereik het.

Waarvan ons nie hou nie As langtermynbeleggers hou ons nie van die voortgesette gebruik van omskepbare skuldinstrumente in die befondsingsmengsel nie. Ons voel dié instrumente onderwaardeer die langtermyngeleentheid wat in die waarde van die groep se ekwiteit vir korttermynwinste via laer befondsingskoste opgesluit is – juis te meer as die instrumente uitgereik word wanneer die ekwiteitswaardasie ’n beduidende korting teenoor ons raming van intrinsieke waarde reflekteer.

Pepkor-potensiaal Steinhoff het onlangs die beoogde verkryging van Pepkor van Brait en Christo Wiese aangekondig. Dit sal die groep as een van die grootste afslagkleinhandelaars in Europa, Suid­Afrika en Australasië posisioneer. Ons wag vir die gedetailleerde prospektus en finansiële inligting van die bates wat verkry word om ’n diepte­ontleding van die beoogde transaksie te doen.

Portefeuljebestuurder Vanessa van Vuuren

laat die soeklig val op Stefanutti Stocks

Portefeuljebestuurder Charl de Villiers

laat die soeklig val op Steinhoff

Foto

’s: S

hava

n R

ahim

en

vers

kaf

Waarvan ons nie hou nie Die sikliese aard van die konstruksiebedryf vereis ’n veiligheidsmarge wanneer in dié aandele belê word. Die bewerings van samespanning en teenmededingende optrede werp ook ’n skadu oor die bedryf met dreigemente van siviele eise en verdere boetes indien nóg sondes blootgelê word. Stefanutti, wat ’n groot boete betaal het, sê hy het niks meer om weg te steek nie. Maar dit kan lank neem om kliënte, beleggers en die regering (’n sleutelwerkverskaffer) se vertroue terug te wen.

Risiko’s vir ons beleggingsargument • ’n Uitgerekte risiko van siviele eise wat onopgelos bly• Verdere verswakking in die konstruksiesektor­siklus en trae

infrastruktuurinvestering deur die regering• Onverwagte verliese van sleutelkontrakte in die huidige bestelboek.

Ons bevindingTeen die huidige aandeelprys van 660 cpa verhandel Stefanutti Stocks teen 50% van sy netto batewaarde van 1 314 cpa en word deur die mark op ’n historiese, werklike prys/verdienste (P/V) ­veelvoud van 8 keer waardeer (baie lae verdienste). Die verwagte P/V­verhouding word op 6.5 keer geraam en sy verdienste vir die jaar tot Februarie 2015 behoort ’n wesenlike verbetering vanaf die vorige jaar se bedrukte basis te toon. Met die slegte nuus reeds ingeprys, meen ons dit bied waarde – ’n sterk koopsein.

My aandeelkeuse

Stefanutti Stocks Wesensverdienste (R’000)

Prestasies in die verlede is nie noodwendig aanduidend van toekomstige prestasie nie. Bron: Sanlam Beleggings-berekeninge, November 2014

450 000

400 000

350 000

300 000

250 000

200 000

150 000

100 000

50 000

­2007

185%Groei %

Wesensverdienste (R’000) 66 377

2008

104%

135 410

2009

142%

327 169

2010

23%

403 069

2011

­16%

337 017

2012

­20%

269 811

2013

­40%

162 645

2014

­28%

117 452

H1­15

29%

86 376

2015F

51%

177 420

200%

150%

100%

50%

0%

­50%

­100%

Page 11: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

Besoek ons multimedia-beleggingsportaal sanlamintelligence.co.za volg ons @sanlamintel 11

Foto

: get

tyim

ages

.com

Sedert die FTSE/JSE-indeks van alle aandele op 29 Julie vanjaar ’n rekord-hoogtepunt bereik het, het indekse, plaaslik én internasionaal, teruggeval in ’n patroon van wisselvalligheid. Beleggers is senuweeagtig en soek raad by adviseurs of hulle moet uitklim uit die mark of nie. Kom ons kyk na vier van die mites en of daar enige waarheid in steek.

Hoë wisselvalligheid = negatiewe historiese opbrengste Wisselvalligheid is bloot die mate waarin ’n belegger se maandelikse opbrengste van die gemiddelde afwyk op ’n

maand-tot-maand-grondslag. Hoë wisselvalligheid beteken nie noodwendig ’n indeks of fonds se opbrengste is dikwels negatief nie. Dit beteken die opbrengste fluktueer in ’n breër band as wat die geval is met ’n belegging wat minder wisselvallig is.

In die onderstaande tabel, byvoorbeeld, swaai Fonds A heel dramaties tussen uitsonderlike en middelmatige maandelikse opbrengste, maar het geen negatiewe maande nie. Dit het dus ’n hoër wisselvalligheid of standaard-afwyking (1.8) as Fonds B (0.8), wat swak, maar konsekwente maandelikse opbrengste behaal het.

Hoë wisselvalligheid = ’n beermark is op pad Ons het gaan navorsing doen en geen afdoende bewys gevind dat verhoogde wisselvalligheid ’n voorteken van ’n beermark is nie. Die afgelope 15 jaar was daar drie tydperke waartydens

die wisselvalligheidsindeks (die VIX) hoër as 35 was (die gemiddelde is sowat 20). Dié tydperke was Augustus 1998, September 2002 en Maart 2009. Om vas te stel of hoër wisselvalligheid ’n beermark inlui, het ons die VIX-indeks met die maandelikse en kwartaallikse opbrengste van die FTSE/JSE-indeks van alle aandele en die MSCI-wêreldindeks vir die drie tydperke ná die VIX se hoogtepunte vergelyk.

Ons het gevind dat daar negatiewe maandelikse opbrengste na elke wisselvalligheidsafwyking was, maar een of twee maande kan kwalik as ’n beermark vertolk word. Kyk ’n mens na die kwartaallikse opbrengste ná elke afwyking in die VIX-indeks, was daar trouens geen negatiewe kwartale nie. Dus, al staan die VIX as die ‘vreesindeks’ bekend, is daar geen bewys dat ’n styging in die VIX noodwendig ’n beermark inlui nie.

Wisselvalligheid speel nie ’n rol nieLangtermynbeleggers belê in meer riskante, meer wisselvallige bates om inflasie oor tyd te klop. Wisselvalligheid is dus een van die instrumente wat gebruik word om die konserwatiewe

portefeuljes wat op korttermynbeleggers gemik is, te uitpresteer.

Wisselvalligheid is die langtermynbelegger se vriend. Dit speel beslis ’n rol.Anders as korttermynbeleggers het langtermynbeleggers tyd aan hulle kant om deur die wisselvalligheid in die mark te werk. Die onderstaande grafiek toon dat, mits beleggers bereid is om vir minstens vyf jaar in die Indeks van Alle Aandele te belê, die moontlikheid van kapitaalverlies oor die volle beleggingstermyn baie skraal is.

Vier mites oor markwisselvalligheid

Met indekse se klimtol-vertoning

die laaste tyd wat beleggers ontsenu, is dit

dalk ’n goeie tyd om party van die

mites rondom markwissel-

valligheid nek om te draai.

Wisselvalligheid is ’n goeie rede om die mark te vermy’n Algemene fout wat beleggers maak, is om hulle geld uit die aandelemark te onttrek na een of twee skerp negatiewe

maande. Deur op die kantlyn te sit, loop hulle gevaar om van die beste opbrengste van die dekade mis te loop. Die diagram hieronder toon die impak indien jy die beste 10, 20 en 30 dae van die afgelope 10 jaar misgeloop het. En hoe langer jy wegbly van die mark, hoe groter is die risiko dat jy opbrengste inboet weens jou vrees vir ’n beermark (wat dalk nooit sal realiseer nie).

Geannualiseerde opbrengste

Bron: Morningstar Direct – 10 jaar tot 31 Augustus 2014 en Sanlam Beleggings-berekeninge

25%

20%

15%

10%

5%

0%

Bly belê Mis 10 beste dae Mis 20 beste dae Mis 30 beste dae

19.76%

13.19%

8.41%

4.76%

Aantal negatiewe opbrengs-tydperke en waarskynlikheid van ’n negatiewe opbrengs

Aantal negatiewe opbrengs-tydperke Waarskynlikheid van negatiewe opbrengste

Bron: I-Net Bridge, Morningstar Direct 1976 tot Augustus 2014 en Sanlam Beleggings-berekeninge

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

20%

18%

16%

14%

12%

10%

8%

6%

4%

2%

0%

5 jaar

Aan

tal n

egat

iew

e op

bren

gs-t

ydpe

rke

Waa

rsky

nlik

heid

van

neg

atie

we

opbr

engs

te

4 jaar 3 jaar 2 jaar 1 jaar

0/404 1/416

5/428

37/440

83/452

Fonds A Fonds B

Jan 4.1 0.9

Feb 2.1 -0.1

Mrt 5.2 1.1

Apr 1.0 0.1

Mei 3.9 0.5

Jun 0.5 -0.4

Jul 4.4 1.9

Aug 0.2 -0.2

Sep 3.8 0.8

Okt 0.9 -0.8

Nov 2.2 1.0

Des 0.1 -0.4

Std-afw 1.8 0.8

INSIG

Hou by jou beleggingsplanLangtermynbeleggers wat op koers bly en die ‘geraas’ van korttermyn-markskommelinge ignoreer, en wat deur ál die marksiklusse belê bly, sal vir hulle geduld en volharding beloon word.

Page 12: K4 2014 intelligencenuus+insigte Die jaar wat was … Media...04 uus en insigte van Sanlam Beleggings V&A Foto’s: Cameron McDonald en thinkstock INSIG V Dis ’n jaar sedert jy besluit

Nuus en insigte van Sanlam Beleggings

VRYWARINGSKENNISGEWING Die Sanlam-beleggingsgroepering is deel van die Sanlam-groep. Die Sanlam-beleggingsgroepering bestaan uit die volgende gelisensieerde Finansiëlediensverskaffers: Sanlam Investment Management (Edms) Bpk (‘SIM’), Sanlam Multi Manager International (Edms) Bpk (‘SMMI’), Satrix Managers (Edms) Bpk, Graviton Wealth Management (Edms) Bpk, Graviton Financial Partners (Edms) Bpk, Radius Administrative Services (Edms) Bpk en Blue Ink Investments (Edms) Bpk en het die volgende goedgekeurde Bestuurs-maatskappye kragtens die Wet op die Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas: Sanlam Collective Investments (RF) (Edms) Bpk en Satrix Managers (RF) (Edms) Bpk. Terwyl alle nodige stappe gedoen is om die akkuraatheid van die inligting in hierdie dokument te verseker, aanvaar die Sanlam-beleggingsgroepering nie enige aanspreeklikheid vir enige eis, skade, verlies of uitgawes voortspruitend uit of in verband met die inligting in hierdie dokument nie. Geen lid van die Sanlam-groep gee enige voorstelling, waarborg of onderneming nie en neem geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir die akkuraatheid van enige inligting wat hierin vervat is nie. Hierdie dokument is slegs vir inligtingsdoeleindes bedoel en die inligting wat hierin vervat is, kan nie vertolk word as finansiële advies kragtens die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangersdienste nie. Die gebruik van, of vertroue op, hierdie inligting word op u eie risiko gedoen. Raadpleeg asseblief ’n onafhanklike professionele finansiële adviseur voordat u enige beleggings maak. Die inhoud van hierdie dokument bly die eiendom van die Sanlam Beleggings-groepering en mag nie sonder die skriftelike toestemming van die Sanlam-beleggingsgroepering gereproduseer word nie. Sanlam het volle lidmaatskap van Asisa. Neem asseblief kennis dat prestasies in die verlede nie noodwendig ’n akkurate voorspelling van toekomstige prestasie is nie en dat die waarde van beleggings / kollektiewe beleggingseenhede / effektetrusts mag daal of styg. ’n Opgawe van gelde, koste en maksimum kommissie is beskikbaar by die betrokke Bestuurder, Sanlam Collective Investments (RF) (Edms) Bpk of Satrix Managers (RF) (Edms) Bpk. Kollektiewe beleggingskemas is oor die algemeen medium- tot langtermynbeleggings. Kollektiewe beleggings verhandel teen heersende pryse en kan lenings en skriplenings behels. Kollektiewe beleggings word op die grondslag van netto batewaarde bereken, wat die totale waarde van alle bates in die portefeulje is, insluitend enige inkomste-oplopings en minus enige toelaatbare aftrekkings in die portefeulje. Portefeuljes se prestasie word op ’n NBW-tot-NBW-grondslag bereken en neem nie enige aanvangsgelde in ag nie. ’n Geannualiseerde groeikoers word gebruik vir alle prestasiesyfers vir ’n tydperk van 12 maande of langer. Inkomste word op die ex-dividenddatum herbelê. Totale opbrengsprestasie word gepubliseer. Die werklike beleggingsprestasie sal verskil afhangende van die toepaslike aanvangsgelde, die werklike beleggingsdatum en die datum waarop inkomste herbelê is. Vooruitprysbepaling word gebruik. Die Bestuurder verskaf nie enige waarborg ten opsigte van óf die kapitaal óf die opbrengs van ’n portefeulje nie. Geen prestasiesyfer in hierdie dokument is gewaarborg nie. Dit is slegs ter illustrasie en die fonds se prestasie sal afhang van die onderliggende bates en veranderlike markfaktore. Al die fondse waarna in hierdie dokument verwys word, is Cisca-goedgekeurde kollektiewe beleggingskemas. Die Bestuurder het die reg om portefeuljes vir nuwe beleggers te sluit met die doel om die portefeuljes meer doeltreffend ooreenkomstig hulle mandate te bestuur. Al die portefeuljes se portefeuljebestuur word uitgekontrakteer aan finansiëlediensverskaffers wat gemagtig is kragtens die Wet op Finansiële Advies en Tussengangersdienste. Standard Bank van Suid-Afrika Bpk is die aangewese trustee van die Sanlam Kollektiewe Beleggingskema en Standard Chartered Bank is die aangewese trustee van die Satrix Managers-skema.

Besoek ons multimedia-beleggingsportaal sanlamintelligence.co.za volg ons @sanlamintel Vir meer inligting oor die nuusbrief, kontak Sonia Jamoulle by [email protected] l 021 950 2036

Soos medebestuurder Philip Liebenberg uitwys: ‘Bewaring is die sleutelkenmerk. Dít is wat ons van ons mededingers onder-skei.’ Die onderstaande tabel toon die klein maandelikse en

kwartaallikse dalings van die SIM Inflation Plus Fund vergeleke met twee ander mededingende fondse met ’n soortgelyke mandaat en prestasierekord oor ten minste 10 jaar.

12

SIM Inflation Plus Fund verseker ’n gladder rit in onstuimige markteSoos ons 2015 ingaan is aandelemarkte aan die duur kant terwyl effektemarkte uitgelewer is aan moontlike rentekoersverhogings in die VSA. Onsekerheid en wisselvalligheid sal egter altyd met ons wees.

Die Sanlam Investment Management (SIM) Inflation Plus Fund is ’n versigtig bestuurde absolute opbrengsfonds wat beleg-gers konsekwent teen die nukke en giere van die mark be-skerm, terwyl dit aantreklike reële opbrengste lewer. Die fonds het teen 30 September 2014 ’n PlexCrown-fondsgradering van 5 gehad (sien kassie hieronder), die hoogste gradering,

wat slegs toegeken word aan fondse met mededingende opbrengste wat met heelwat minder wisselvalligheid as dié van hulle mededingers gegenereer word.

Die fonds word egter nie met een oog op ons mededingers bestuur nie; die fonds bly gefokus op twee duidelike doelwitte: om inflasie met 4% te klop en om kapitaal oor ’n rollende tydperk van 12 maande te bewaar. Oor rollende tydperke van drie jaar het die fonds sy maatstaf gerieflik geklop soos in die onderstaande grafiek getoon word deur die blou lyn (die fonds) versus die groen lyn (die maatstaf).

Liebenberg waarsku teen onrealistiese verwagtinge. ‘Die aandelemark het die laaste tyd ’n baie stewige lopie gehad. Beleggers moet dus nie verwag dat die fonds oor die volgende drie jaar sy maatstaf sal klop nie. Die fonds bied egter ’n goeie oplossing vir beleggers wat ’n inkomste en kapitaalgroei en veral verskansing teen ’n daling in die mark verlang.’

Hoe word die fonds bestuur?• Dit is ’n buigsame batetoewysingsfonds wat daarop gemik

is om bestendige, positiewe reële opbrengste te lewer.• Daalrisiko word bestuur deur:

1) diversifisering oor verskeie bateklasse heen (plaaslik en buitelands); en 2) spesifiek gebruik te maak van afgeleide instrumente om kapitaal oor enige tydperk van 12 maande te bewaar.

• Die portefeuljebestuurders evalueer die risiko-beloning-verhouding van elke bate in die fonds. Fo

to’s

: get

tyim

ages

.com

en

vers

kaf

Wat beteken ’n PlexCrown-gradering van 5?Die PlexCrown-graderings toon hoe ’n effektetrust oor tyd op ’n risiko-aangepaste grondslag gevaar het. Fondse word van 1 tot 5 gegradeer, met 1 die laagste opbrengs per risiko-eenheid en 5 die hoogste opbrengs per risiko-een-heid. Vyf verskillende risikometings word vir die gradering gebruik aangesien nie een risikometing perfek is nie. ’n Fonds moet ’n prestasierekord van ten minste vyf jaar hê om vir gradering te kwalifiseer.

fonds-feite

Oorweeg u om te belê? Hier is enkele sleutelfeite oor die fonds:Fondskategorie SA – Multibate – Medium AandeleMaks. aandeleblootstelling 60% (Regulasie 28- fonds)Maatstaf VPI + 4% oor ’n rollende tydperk van 3 jaarMin. beleggingstydperk 3 jaarPortefeuljebestuurders Gerhard Cruywagen en Philip LiebenbergAanvangsdatum 1 April 1999Aanvanklike adviesfooi (maks.) 1.14%Aanvanklike bestuursfooi 1.14%Jaarlikse adviesfooi (maks.) 1.14%Jaarlikse bestuursfooi 1.14%Totale onkosteverhouding (TOV) 1.24%Risikoprofiel Versigtig Die kleinhandelklas van hierdie fonds het ’n TOV van 1.24% tot 30 Junie 2014. Vir die tydperk van 1 Julie 2013 tot 30 Junie 2014 is 1.24% van die gemiddelde netto batewaarde van die portefeulje aan onkoste, heffings en fooie ten opsigte van die bestuur van die portefeulje betaal. ’n Hoër TOV-verhouding impliseer nie noodwendig ’n swakker opbrengs nie, en ’n laer TOV impliseer ook nie ’n goeie opbrengs nie. Die huidige TOV kan nie as ’n aanduiding van toekomstige TOV’s beskou word nie.

Sien die fondsfeiteblad by www.sanlamintelligence.co.za/fact-sheets vir meer inligting oor die fonds. Dit is gratis beskikbaar van die Bestuurder.

Opbrengste oor ’n rollende tydperk van 3 jaar

SIM Inflation Plus Fund VPI + 4% Born: Morningstar | 3 jaar tot 31 Oktober 2014

14.00

13.00

12.00

11.00

10.00

9.00

8.00

7.00

6.00

2012

/03/

31

2012

/04/

30

2012

/05/

31

2012

/06/

30

2012

/07/

31

2012

/08/

31

2012

/09/

30

2012

/10

/31

2012

/11/

30

2012

/12/

31

2013

/01/

31

2013

/02/

28

2013

/03/

31

2013

/04/

30

2013

/05/

31

2013

/06/

30

2013

/07/

31

2013

/08/

31

2013

/09/

30

2013

/10

/31

2013

/11/

30

2013

/12/

31

2014

/01/

31

2014

/02/

28

2014

/03/

31

2014

/04/

30

2014

/05/

31

2014

/06/

30

2014

/07/

31

2014

/08/

31

2014

/09/

30

2014

/10

/31

Fonds se prestasieprofiel oor 10 jaar

Bron: Morningstar Direct | 10 jaar tot 31 Oktober 2014

Styging oor die tydperk %

Maksimum daling

Beste maand

Swakste maand

Beste kwartaal

Swakste kwartaal

SIM Inflation Plus Fund 78.33 -5.65 3.98 -2.85 7.96 -2.28

Mededinger A 76.67 -8.62 5.41 -4.51 8.18 -3.07

Mededinger B 74.17 -8.35 5.95 -4.26 9.40 -3.98

Die SIM

Inflation Plus

Fund was tot

dusver veral

mededingend

in tye van

markswakheid.

Philip Liebenberg