K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria...

8
VOORSITTER SE BOODSKAP VIR 2017 JANUARIE 2017 KNIPOOG Elke nuwe jaar wat oopskuif laat ons toe om sekere verwag- tings te koester. Verwagtings is dit wat ons laat uitsien na vandag en more en die dag daarna. Sonder ‘n toekomsperspek- tief is ons arm en planloos en “laat God’s water oor Sy akker loop” As dit ooit belangrik was om uit te sien na wat op ons wag, dan is dit in die goue jare van ons lewe. Jare wat rypheid en begrip ge- bring het, maar ook jare waarin ons maklik nutteloos kan voel. Die “aktiewe aftrede” wat hier by Die Oog ‘n wekwoord is, is bel- angriker as wat dit op die oog af lyk! Aktiewe aftrede impliseer dat ons nie aktief kan wees in isolasie nie en derhalwe ook nie selfgesentreerd mag wees nie. Aksie is sinvol as ons deur geesgenote gedra en vriende betrek word en waardeer word. Daarom mag daar nie plek wees vir verwy-dering en seermaak nie. Met DIE OOG op 2020 kan ons die horison vooruitskuif. Dit gee dan vir ons geleentheid om nou en more doelwitte te stel sodat ons teen 2020 kan bly by ‘n aftreelandgoed wat uniek en lekker is. My wense is dat ons enige en elke poging om ons te verdeel en te verwilder sal beveg met die erns wat dit verdien. Ons veg dan in wese teen verdagmaking en teen alles wat ons rus en stille sekerheid bedreig. Ons veg teen alles wat twyfel en disrespek probeer kweek. Deur mekaar se voete te was en te salf word ons eenheid verseker soos wat ons Meester dit voorgeleef het in sy laaste ure. “As iemand onder julle groot wil wees, moet hy die minste wees. Wie homself verhoog sal verneder word.” Dankie aan elke persoon wat hulle selfloos offer ter wille van opheffing en versoening in DIE OOG! Hoe gering die gebaar ook mag wees. Dit kan in ons tuine wees, in ons sorgeenheid, in ons bewaking deur die nagte, in ons voedselbereiding, in ons kantore en werkswinkels, in ons raadsale, in ons oefensale en swembaddens en sportvelde…. Oral waar ons u hart optel en diep dankbaar is daarvoor! Kom ons groei in eenheid saam in 2017 – met die oog op 2020! Jakes Labuschagne Voorsitter Raad van Trustees Mag 2017 net voorspoed En Geluk bring

Transcript of K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria...

Page 1: K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog

V O O R S I T T E R S E B O O D S K A P V I R 2 0 1 7

J A N U A R I E 2 0 1 7

K N I P O O G

Elke nuwe jaar wat oopskuif laat ons toe om sekere verwag-tings te koester. Verwagtings is dit wat ons laat uitsien na vandag en more en die dag daarna. Sonder ‘n toekomsperspek-tief is ons arm en planloos en “laat God’s water oor Sy akker loop” As dit ooit belangrik was om uit te sien na wat op ons wag, dan is dit in die goue jare van ons lewe. Jare wat rypheid en begrip ge-bring het, maar ook jare waarin ons maklik nutteloos kan voel. Die “aktiewe aftrede” wat hier by Die Oog ‘n wekwoord is, is bel-angriker as wat dit op die oog af lyk! Aktiewe aftrede impliseer dat ons nie aktief kan wees in isolasie nie en derhalwe ook nie selfgesentreerd mag wees nie. Aksie is sinvol as ons deur geesgenote gedra en vriende betrek word en waardeer word. Daarom mag daar nie plek wees vir verwy-dering en seermaak nie. Met DIE OOG op 2020 kan ons die horison vooruitskuif. Dit gee dan vir ons geleentheid om nou en more doelwitte te stel sodat ons teen 2020 kan bly by ‘n aftreelandgoed wat uniek en lekker is. My wense is dat ons enige en elke poging om ons te verdeel en te verwilder sal beveg met die erns wat dit verdien. Ons veg dan in wese teen verdagmaking en teen alles wat ons rus en stille sekerheid bedreig. Ons veg teen alles wat twyfel en disrespek probeer kweek. Deur mekaar se voete te was en te salf word ons eenheid verseker soos wat ons Meester dit voorgeleef het in sy laaste ure. “As iemand onder julle groot wil wees, moet hy die minste wees. Wie homself verhoog sal verneder word.” Dankie aan elke persoon wat hulle selfloos offer ter wille van opheffing en versoening in DIE OOG! Hoe gering die gebaar ook mag wees. Dit kan in ons tuine wees, in ons sorgeenheid, in ons bewaking deur die nagte, in ons voedselbereiding, in ons kantore en werkswinkels, in ons raadsale, in ons oefensale en swembaddens en sportvelde…. Oral waar ons u hart optel en diep dankbaar is daarvoor! Kom ons groei in eenheid saam in 2017 – met die oog op 2020! Jakes Labuschagne Voorsitter Raad van Trustees

Mag 2017 net voorspoed

En

Geluk bring

Page 2: K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog

Ben Nortje kom tans van die Magaliesberg omgewing by Hartebeespoortdam.

Hy het vanaf ‘n senior polisiebeampte by BSA Police in Zimbabwe, in beheer van ‘n eenheid en verantwoordelik vir wetstoepassing, deur ver-dere studie hom bekwaam elektriese voorman, elektriese kontrakteur en later tot Algemene In-standhoudingsbestuurder.

Sy tegniese ervaring het hom in staat gestel om algemene bestuur en instandhouding te doen op ‘n baie wye vlak. Hy was vir sowat 20 jaar verantwoordelik vir die bestuur en implimentering van opknappingsprogramme by die SUN INTERNATIONAL GROEP. Dit het beheer, bestuur en tenderprosedures ingesluit en die toesien dat volgens begroting projekte betyds afgehandel word.

Hiervoor was dit nodig dat personeelverhoudings, groepopleiding en mannekragaangeleenthede in lyn was met die wette en risikobestuurbeleid.

Hy het met die regulasies en wette te doen gehad om die dienste en standaarde te handhaaf van alle tegniese aspekte by opgraderings. Dienste soos watervoorsiening, rioolaanleg en elektriese sisteme en ander siviele dienste was essensieel in sy projekte.

Mnr Nortje het uitgebreide ervaring om probleme van gaste, inwoners en werkers te bestuur. Hy het kantore en personeel bestuur in Suid-Afrika maar ook oor die grense van etlike Afrikastate.

Ons glo hy is goed toegerus om die uniekheid van Die Oog as aftreelandgoed te bestuur met die nodige dissipline maar ook empatie met die inwoners en personeel. Sy ervaring plaas hom in goeie posisie om die ontwikkelings in die geheel te begryp en ingeligte bydraes te maak. Onderhandelings met die Ontwikkelaar behoort ook deur sy kundigheid positief te wees.

Ons verwelkom Ben en Alet in ons midde en beloof steun en agting aan hom. Die pos van Landgoedbestuurder vereis toewyding en ondersteuning van almal wat hier woon en besoek.

Jakes Labuschagne

Voorsitter Raad van Trustees

K N I P O O G

BEN NORTJE,

LANDGOED-

BESTUURDER

VAN DIE OOG

DIE DIENSSENTRUM EN VERSWAK-

TESORG FASILITEIT SÊ BAIE DANKIE

AAN DIE BOSKLOKKIES Die komitee van die Bosklokkiebos tuinbouklub het ‘n ongelooflike

insameling van R2650.00 oorhandig aan die SCFFA.

‘n Groot dankie en waardering aan elkeen wat bygedra het en wat

die insameling ten bate van die SCFFA moontlik gemaak het. Dit is

verblydend om sulke mense wat omgee in ons midde te hê – elke

sent stop ‘n gaatjie toe.

Vanaf die Bestuur, Staf en Inwoners sê ons weer eens baie dankie.

Page 3: K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog

K N I P O O G Bladsy 3

KVV se Pajama Party Afskop Algemene Vergadering vir Januarie 2017 het soos lekker koshuis inblynaweek gevoel.

Omtrent 40 Oppi Oog vrouens het sak en pak met pajamas, slippers, kopdoekies en Teddiebere by die saal opgedaag. Die hele saal was vol matrasse op die vloer en ons het so sit/lê, met ons jaarprogram beplanning afgeskop.

Almal het pakkies springmielies, koeldranke en sneesdoekies reggekry. Lekker gemaklik het ons " Letters to God" fliek op die groot skerm gekyk.

Na ‘n heerlike huilsessie het ons warm sjokolade gedrink en groot verskeidenheid sjokolade koekies vir die hol kolle geëet.

‘n Motiveringspraatjie is aangebied en almal het pen en papier vir die tekensessie gekry. Na lekker lag en skerts is die eerste klomp huishenne huis toe.

Ons tweede fliek "Shall we dance" was'n regte "chick" fliek vir ons dames gewees en almal het so dans-dans deur die saal gedraai na die vertoning.

Nadat almal vir die aand se slaap reggemaak het, is daar geleer hoe om korrek asemhalingsoefeninge en strekoefeninge te doen om beter en deurnag te kan slaap. Na lekker lag en grappies is somige bed toe en ander klompie eers warm swembad toe waar daar met die voete in die water nog tot laataand diep dinge gesit en gesels is.

6uur Saterdagoggend is almal wakker gekraai deur Gerda die hoender haan (hen). Met lekker koffie, beskuit in die bed en toe kussing geveg met lekker lag het ons die oggend afgeskop. Rustig in kringetjie gesels en uit Die Woord gelees en met gebede geopen.

Gou-gou is die saal opgeruim en tassies gepak voordat baaibroeke aangetrek is en ons almal in die water lekker baljaar en oefeninge gedoen het tot 8.30.

Al die negatiewe van 2016 is agtergelaat en ons almal is vol positiewe idees en lus vir die lewe vir 2017 die oggend huistoe. Min geslaap, maar vol energie het ons mekaar gegroet en huistoe met 'n huppel in die stap. Almal is die eens, dit gaan ons weer doen!

Gerda v.d. Walt

KVV Voorsitster

Januarie 2017

KVV se “Pajama Party”

Page 4: K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog

So gebeur die lewe met ʼn mens – in hierdie geval, met my. Eendag was ek en die Generaal in die dorp toe ons ʼn oproep kry van ʼn vriendin van ons, Wilma van Heerden. Sy is ʼn “all-rounder-mens.” Daarmee bedoel ek dat sy die soort van mens is wat alles kan doen en ook heeltyd daarmee besig is. “Sal jy en Carin my asseblief kom sien as julle terug is by Die Oog?” Sy wil nie sê waaroor dit gaan nie. Ek sal hoor as sy praat. Sulke dinge stres my mos op, want ek wonder dan heeltyd waar ek alweer in die moeilikheid is! Ek het mos hierdie singuliere gawe ontvang om professioneel van myself ʼn krater te kan maak. Wel, die uiteinde van die saak was dat sy voel die Here het dit op haar hart gelê om ʼn bekendstellingsaand van my drie digbundels te reël - hier by Die Oog. So gebeur dit dat twee vriendinne – met die ondersteuning en hulp van hulle mans – die bekendstellingsaand reël. Die twee dames wat groot vriendinne van mekaar is, is toe nou Wilma van Heerden en Judith Bouwer. Hulle het die aand beplan met ʼn skuifievertoning en musiek en voordrag van verskillende van my gedigte. Verskillende mense het voorgedra. Wat die aand vir my baie besonders gemaak het, was dat Willem en Rhea Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog nooit my sterk punt nie. So skryf ek toe in my opregste eerlikheid vir een van my

vriende: “T.o.v. die windgataand self, stres ek

maar baie. Vir twee redes: Die eerste is dat

ek as persoon dit nie werd is nie. Ek weet

mos wie ek is. Die tweede is dat my

geskriffies ook nie daardie standaard het dat

dit op hierdie manier erkenning moet/kan/

behoort te kry nie. So-iets soos hierdie

windgataand kan net maak dat ek 'n baie

groter gat uit die aand uitstap as wat ek as 'n

vermeende held daarin gegaan het!”

Onnodig om te sê dat ek toe by die persoon ʼn hewige afranseling gekry het omdat ek so-iets durf skryf! Ek het vooraf gou ʼn paar foto’s geneem van die gaste. Daar was baie mense - meer as honderd. Die twee gasvrouens wat die besigheid aangebied het, verdien alle eer. Hulle was heeltyd hoogs bekwaam en totaal in beheer van die aand - selfs toe die krag vir die hoeveelste keer afgaan en sommer finaal af bly ook. Die klank - terwyl daar elektrisiteit was - is deur Jan en Petro Lange behartig. Hulle weet wat hulle doen met daardie apparaat. Die foto links is van Judith. Sy is die voorsitter van die Digtersvereniging. Sy het onder andere ʼn gedig voorgedra wat ek in Kaapse styl geskryf het oor die “Sonne” (sonde). Op die foto links onder is Wilma besig om Koperson te resenseer, Op my vraag waarom sy hierdie aand so graag wil reël, het sy gesê dat sy vir my blomme wil gee terwyl ek nog lewe, want sy gaan nie my begrafnis bywoon nie. Daarop het ek toe maar geantwoord: “Ja, want ek weet mos jy hou nie van reënboogtoebroodjies nie!”

Daar is baie gedoen tydens die program. Drie persone het elkeen ʼn resensie gelewer op elkeen van die digbundels. Talle mense

Die Windgataand

Bladsy 4 K N I P O O G

Thinus du Plessis

Page 5: K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog

Bladsy 5 K N I P O O G

het voordragte gedoen. Die mannekoor het gesing – sonder elektrisiteit om die klavier te kon gebruik. En hulle was goed! Carel van Heerden het “Träumerei” op die klavier uitgevoer.

Swaer Chris (bo) het twee gedigte voorgedra. So het ek die steun van al my vriende en familie gehad vir die aand. Sy neef (Dr) Willie Pretorius, het ʼn resensie op die derde digbundel aangebied het. Hy het ook een van my seun Stephan se gedigte voorgedra. So het baie mense bygedra om ʼn mooi aand te skep. Sover ek weet het almal dit geniet - soveel as wat die kragonderbreking dit toegelaat het.Die aand is afgesluit met ʼn groot braai waar almal in die soel naglug rondom tafels gesit en ons kos geniet het. Ek het ook – toe ek aan die woord gestel is - my dank betuig aan Geert van Jaarsveld wat die bladuitleg van al die bundels gedoen het. Sy kon nie daar wees nie, want sy het ʼn dag of wat voor die windgataand ʼn beroerte gekry. Mag die Here se seën gee dat sy weer sal herstel. Ek het ook spesiaal dank betuig aan Erna Louw wat al die buiteblaaie van die digbundels geskilder het. Ek het ook die simboliek van elke buiteblad verduidelik.

Mag ek dus met hierdie skets my diepste dankbaarheid teenoor die Here en almal wat Hy op my oudag rondom my gevoeg het, betuig. Dankie aan almal wat voordragte gedoen het, en reëlings getref het, en my SwaerChris wat al die vleis van die gaste gebraai het. Dankie aan die musiekmakers: Dis Gert en sy mannekoor en Carel wat ʼn spesiale stuk voorgedra het. Julle Bosveldvriendjie groet julle tussen groen en juigende bome uit.

DIE GARINGDRAADJIES Hierdie is ‘n Kwiltgroep wat by Die Oog gebaseer is. Toe ek die stig van ‘n kwiltgroep op Die Oog in 2013 oorweeg het, het ek gereken dat ‘n maksimum van vyf dames miskien sal deelneem…. Sjoe, het ek my misgis!

Die Kwiltgroep, of dan Die GARINGDRAADJIES, bestaan vandag uit 23 vaste lede. Dis ‘n groep dames wat deur middel van hulle gedeelde passie oor tyd hegte vriendskappe gevorm het. Tydens lappiegesprekke word lief en leed ook gedeel en só word alle probleme, die land s’n en andersins, maklik opgelos!

Die bymekaarkomplek is weekliks op Dinsdagmiddae in die Sorgsentrum se sitkamer. Die oogmerk is om kwilters so gou as moontlik toe te rus met die regte basiese kwilttegnieke sodat elkeen bemagtig voel om kwilte van hul keuse te kan aanpak en suksesvol af te handel. Ons jaarprogram dien as padkaart. Die doelwit is om soveel as moontlik kwilters te kry om aan die projekte deel te neem. Die GARINGDRAADJIES het reeds ‘n suksesvolle uitstalling agter die rug gedurende 2016.

Indien jy belangstel om deel van hierdie groep te word, gesels met die groepleier. Omdat nuwe lede sonder kwiltervaring moeilik by die bestaande aktiwiteite aanpas, word beplan om nuwelinge elke tweede jaar op te lei in die elementêre kwilttegnieke voordat hulle by die hoofgroep aansluit. As jy ‘n bestaande kwilter is, is dit makliker. ‘n Buddy-sisteem word ook in plek geplaas om minder ervare kwilters te ondersteun.

Die groepleier is Elize Duncan, 082 903 1461.

Page 6: K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog

Ons verblijf in “Die Oog”

K N I P O O G Bladsy 6

Onderstaande is ‘n getuigskrif vir Die Oog deur

besoekers uit Nederland, Jannie en Rik van Hout:

Om de winter in Nederland te ontvluchten zijn we

op vakantie in Zuidelijk Afrika. Wij verblijven 4

weken in Die Oog, waarvan er al drie weken voorbij

zijn. Wij logeren in een huis dat aan de rand van

het park ligt en hebben uitzicht op een bosje waar

bokken rondlopen en waar veel verschillende

vogels, vlinders en andere insecten zitten. Achter

onze tuin stroomt een beekje dat als het flink

geregend heeft wel op een kolkende bergbeek lijkt.

Het park is ruim opgezet en oogt gezellig. Wij

kunnen gebruik maken van allerlei faciliteiten. ’s

Morgens vroeg, vanaf 5 uur, gaan we in het

verwarmde zwembad (rond 33 graden) baantjes

trekken of dobberen in het heerlijke water. Er zijn

dan altijd nog enkele vroege opstaanders die het

zelfde doen. Het valt op dat de mensen een praatje

komen maken, heel belangstellend zijn en zelf ook

wat informatie geven. Elke ochtend wordt je

begroet en na de eerste keer onthouden ze je

naam.

’s Middags tijdens het eten in het restaurant kom je

de bewoners weer tegen en is het weer groeten en

soms een kort gesprekje, heel vrijblijvend en toch

betrokken. Het eten in het restaurant is een buffet

waar je eten op het bord wordt opgeschept. Lekker

vlees en Afrikaanse stoofpotjes en gevarieerde

groente rijst en/of aardappelen en altijd een

nagerecht en ’s zondags ook een voorgerecht. De

kok loopt rond en heeft voor ieder een aandacht en

een glimlach. Bovendien is het naast lekker en

gezond zeer goedkoop.

De bewoners van het park zijn vooral senioren die

hier hun oude dag doorbrengen. Alles wat je nodig

hebt is aanwezig, van kapper tot medische

voorzieningen. Wij hebben ook kennis gemaakt met

jongere mensen die hier een huis gebouwd hebben

en hier met hun jonge kinderen wonen. Zoals we al

zeiden de mensen zijn open en vriendelijk en

nemen je op in hun gemeenschap. Wij waren zelfs

uitgenodigd voor de buurtbraai, iedereen nam

eigen vlees en drinken mee en de salades, saus en

pap en nagerechten werden door verschillende

mensen verzorgd. Het was gezellig en iedereen

had aandacht voor iedereen.

Je voelt je echt thuis in “Die Oog”.

SPORT & SPELETJIES

OPENING: 21 Feb 2017 TYD: 15:00 tot laat WAAR: In die Olienhoutsaal en op die stoep Kom speel en geniet!! Bingo Vingerbord Veerpyltjies (darts) Pluimbal Tafeltennis Rummy cub Kaartspeletjies Skaak

Indien jy voorheen tennis gespeel

het en belangstel om weer tennis

te speel, kontak Dina Beetge,

083-460-0469. Ons is 'n paar

van Die Oog wat by die sportklub

in Naboom speel en geniet dit

baie. Ons sosiale dae is

Woensdae en Saterdae middae

van 14h00. Indien jou tennis

bietjie verroes is, slaan ons graag

eers met jou.

Indien jy Brug wil speel of wil leer

Brug speel, kom Dinsdae of

Vrydae 13h45 na die eetsaal waar

die brugspelers bymekaar kom.

Enigeen is welkom. As jy graag wil

speel, maar nie voorheen gespeel

het nie, leer ons jou. Die meeste

van ons het maar onlangs geleer.

Brug is 'n goeie spel om die denke

en geheue flink te hou. Ons oud-

ste speller is 88 en sy is 'n

bobaasspeler. Ouderdom is nie 'n

faktor nie. Dit is ook 'n heerlike

sosiale tydverdryf.

Brug

Tennnis

Page 7: K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog

K N I P O O G Bladsy 7

PILATES OEFENING BY DIE OOG

Elke Maandag en Donderdag word Pila-tes oefeninge in Olienhoutsaal vir In-woners aangebied. Sodra jy besluit, kan jy saam begin oefen. Dis lekker om saam te oefen. Indirek moedig ons me-kaar steeds aan.

Om te oefen, is om self beheer te neem van jou eie toestand van onfiksheid. Deur te oefen, gaan jy jou liggaam se spiere versterk, en jou balans verbeter.

Eric Maisel, 'n Amerikaanse praktiese psigoterapeut, (wat mense help om uitdagende persoonlike situasies te leer hanteer), sê verder dat dit nodig is om elke dag "weer van vooraf te begin". Daarvoor het jy 'n gemotiveerde en eerlike besluit nodig. Anders bly jy voortdurend 'n verskoning soek om op te skop.

As dit nodig is, praat hardop met jouself oor jou eie oefen-besluit. Maak jou oefen-besluit bekend aan mense wie se opinies vir jou saak maak. As dit moont-lik is, kry vir jou 'n oefenmaat. Gereelde oefening wek nuwe lewenslus! Jy gaan beter voel en sommer ook beter lyk!

Sien eers jou dokter as jy 'n mediese toestand het. Sorg dat jy gesond en gebalanseerd eet Kry genoeg slaap, en kyk met veantwoordelikheid na jou self. Oefen gereeld. So gaan jy vir "Vadertyd" (wat vir ons almal sit en loer, en dophou) op sy neus slaan, deur sy proses (en die gevolge) van natuurlike veroudering bietjie terug te druk.

Onthou, almal begin maar by die begin, maar jy is nie in kompetisie met enige iemand anders nie. Jy werk net teen jouself, vir jouself. Bel vir Martie op 083 569 4518 om in te skakel, of om meer besonderhede te kry.

Of daag net op !

Page 8: K N I P O O G · 2017. 2. 11. · Pretorius en Pieter en Wiida Scholtemeijer spesiaal van Pretoria af gery het om die aand te kom bywoon. Windmakerigheid of aandagtrekkery was nog

K N I P O O G Bladsy 8

Koorleier: Elize Duncan 082 903 1461

Die Andanté-Koor het begin as ‘n dames-sanggroep gedurende 2012. Hierdie sanggroep het toe onder leiding van Ansie Koekemoer gestaan en het bestaan uit sodat ses lede wat weekliks bymekaar gekom het. Na ‘n paar maande sê Ansie dat sy sien nie meer kans om voort te gaan nie, en besluit Elize dis heeltemal te lekker om saam te sing en gaan sy toe voort met die koördinering van die dames sanggroep. Die sanggroep het stadig maar bestendig begin groei, veral toe ‘n paar manne vra of hulle ook kon aansluit.

Op daardie stadium het ons geen begeleier gehad nie, en maak ons toe gebruik van klankbande (backing tracks).

Die getalle bly groei en daarmee saam verander die samesangklank geleidelik meer na ‘n koorklank. Die voorstel word toe gemaak dat die sanggroep omskakel na ‘n volwaardige koor, wat beteken ‘n meer formele struktuur, die inbring van stemme en die aanpak van koorliedere.

Die lede was dit eens en na ‘n tweemaandelange soeke vir die ‘regte’ naam, is die Andanté-Koor gebore. Die woord Andanté is ‘n amptelike musiekterm wat beteken : sagvloeiend…melodieus. Presies die padkaart wat die Andanté-Koor nastreef. Isabel McDermott het aan die begin van 2015 as begeleier by die koor aangesluit, sy vorm is onlosmaaklik deel van die koor.

Die Andanté-Koor bestaan tans uit sowat 26 vaste koorlede, met ‘n bykomende 11 wat per geleen-theid saam oefen. Oefening is weekliks op Woensdagmiddae tussen 15:00-17:00.

ANDANTÉ het reeds drie onafhanklike konserte aangebied. Die eerste se tema was AMEN, die tweede se tema was LIEFDE en op 12 November 2016 HALLELUJA!! Inkomste wat met koorkonserte ingevorder word, word aangewend om onkostes te dek waarvan afdrukke die grootste tol eis. Koortrappies en stoeloortreksels is ook al met dié geld aangekoop.

As jy deel wil word van die Andanté-Koor, gesels met die koorleier. Onthou, jy hoef nie vorige ervar-ing of ‘n solostem te hê nie, jy moet net nootvas wees. Maar wat wel van koorlede verwag word, is toewyding en erns met die bywoning van oefening.

Tans is ANDANTÉ op soek na alte, tenore en

Gert Bouwer, Oog inwoner, historikus en geloftedag spreker het vir ons Oog inwoners verlede jaar 16/12/2016 ‘n uitstekende Geloftedag viering aangebied. Jakes Labuschagne was die voorsitter en Jan Bouwer het ‘n gepaste erediens daarna gehou. Gert en Judith Bouwer se seun het n DVD opname van die geleentheid gemaak wat te koop aangebied word. Willie en Loen Klopper het ons Olienhoutsaal prentjiemooi en paslik versier.

Geloftedag

16 Desember2016

Gert Bouwer aan die woord

Dr. Jakes Labuschagne as voorsitter

DIE ANDANTÉ-KOOR

VAN DIE OOG