JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewWiskundeklub se leerders moet nog akademies...

9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 3 29 Januarie 5 Februarie 2016 OUERS: SKOOLGELD / KOSHUISGELD: Ouers moet kennis neem dat skoolgeld vir die hele jaar aan die begin van elke jaar op u rekening geplaas word. U het wel die vergunning om daardie bedrag per maand (vóór die 7de) af te betaal. Koshuisgeld is kwartaalliks betaalbaar. Ouers moet skriftelik by die Beheerliggaam aansoek doen om dit per maand te kan betaal. Bewyse van enige elektroniese inbetalings moet asseblief per epos of faks bevestig word. [email protected] of 053 5910103. Verwysing: U kind se naam en van + waarvoor die betaling is. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak. OUERKLASBESOEK EN -VERGADERING: [AFSKEURSTROKIE] Ons nooi al ons ouers uit na ons Ouervergadering wat op Maandag, 1 Februarie om 7:45 in die skoolsaal plaasvind. Ouers kan met die vergadering punte op die agenda plaas. Ouerklasbesoek vind op op die volgende tye plaas: Graad 2: 13:00 – 14:00 in die graad 2-klas Graad 3: 13:15 – 14:15 in die graad 3-klas Graad 4 – 7: 14:15 tot 16:00 in die skoolsaal. Elke onderwyser sit by ‘n tafeltjie en spreek 1 ouerpaar op ‘n slag. Ouers wat ‘n spesifieke onderwyser wil spreek, kan wag tot die plek voor ‘n onderwyser se tafel vakant raak. U kan hierdie geleentheid gebruik om met onderwysers oor u kind se welstand, aanpassing en akademiese vordering te gesels. KURSUS – ONDERWYSERS: Die skool verdaag op Woensdag, 3 Februarie vir alle leerders om 12:00. Die onderwysers het ‘n verpligte Departementele kursus. Daar sal geen buitemuurs op daardie dag wees nie, behalwe die 0/13 rugbyproewe. Swemklub gaan normaal voort. Wiskundeklub se leerders moet nog akademies geëvalueer word voordat die klub kan funksioneer. Wees asb. nog geduldig. NAUTILUS: Graad 4 – 7 leerders wat aan die eerste Nautiluskompetisie op Saterdag, 27 Februarie wil deelneem kan hulle inskrywingsgeld van R150 by die klasonderwysers inbetaal. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 12 Februarie SMS-WEB: Daar is steeds ouers wat nog nie by SMS-web geregistreer het nie. Ons moet alle ouers registreer sodat ons vir u belangrike reëlings per sms kan deurstuur. Dit kos slegs R60 om een selfoonnommer vir die hele jaar (2016) te registreer. Sperdatum vir registrasie: Vrydag, 5 Februarie. AFWESIGE LEERDERS: Ons herinner ouers weereens daaraan dat u nie leerders in skoolure mag kom haal tensy u vooraf (ten minste ‘n dag voor die tyd) die skool skriftelik in kennis gestel het nie. Leerders mag nie sonder ‘n geldige rede uit die skool bly nie. Indien u kind siek is, moet u die kantoor voor 7:20 in kennis stel. (Nie net die leerkrag nie) Na twee afwesige dae word ‘n doktersertifikaat vereis. Agterstallige werk moet deur leerder ingehaal word. PANNAR EKSTRAVAGANZA:

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewWiskundeklub se leerders moet nog akademies...

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 3 29 Januarie – 5 Februarie 2016OUERS:SKOOLGELD / KOSHUISGELD:Ouers moet kennis neem dat skoolgeld vir die hele jaar aan die begin van elke jaar op u rekening geplaas word. U het wel die vergunning om daardie bedrag per maand (vóór die 7de) af te betaal. Koshuisgeld is kwartaalliks betaalbaar. Ouers moet skriftelik by die Beheerliggaam aansoek doen om dit per maand te kan betaal. Bewyse van enige elektroniese inbetalings moet asseblief per epos of faks bevestig word. [email protected] of 053 5910103. Verwysing: U kind se naam en van + waarvoor die betaling is.Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

OUERKLASBESOEK EN -VERGADERING: [AFSKEURSTROKIE]Ons nooi al ons ouers uit na ons Ouervergadering wat op Maandag, 1 Februarie om 7:45 in die skoolsaal plaasvind. Ouers kan met die vergadering punte op die agenda plaas.

Ouerklasbesoek vind op op die volgende tye plaas:Graad 2: 13:00 – 14:00 in die graad 2-klasGraad 3: 13:15 – 14:15 in die graad 3-klasGraad 4 – 7: 14:15 tot 16:00 in die skoolsaal. Elke onderwyser sit by ‘n tafeltjie en spreek 1 ouerpaar op ‘n slag. Ouers wat ‘n spesifieke onderwyser wil spreek, kan wag tot die plek voor ‘n onderwyser se tafel vakant raak. U kan hierdie geleentheid gebruik om met onderwysers oor u kind se welstand, aanpassing en akademiese vordering te gesels. KURSUS – ONDERWYSERS:Die skool verdaag op Woensdag, 3 Februarie vir alle leerders om 12:00. Die onderwysers het ‘n verpligte Departementele kursus. Daar sal geen buitemuurs op daardie dag wees nie, behalwe die 0/13 rugbyproewe. Swemklub gaan normaal voort. Wiskundeklub se leerders moet nog akademies geëvalueer word voordat die klub kan funksioneer. Wees asb. nog geduldig.

NAUTILUS:Graad 4 – 7 leerders wat aan die eerste Nautiluskompetisie op Saterdag,27 Februarie wil deelneem kan hulle inskrywingsgeld van R150 by die klasonderwysers inbetaal. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 12 Februarie

SMS-WEB:Daar is steeds ouers wat nog nie by SMS-web geregistreer het nie. Ons moet alle ouers registreer sodat ons vir u belangrike reëlings per sms kan deurstuur. Dit kos slegs R60 om een selfoonnommer vir die hele jaar (2016) te registreer. Sperdatum vir registrasie: Vrydag, 5 Februarie.

AFWESIGE LEERDERS:Ons herinner ouers weereens daaraan dat u nie leerders in skoolure mag kom haal tensy u vooraf (ten minste ‘n dag voor die tyd) die skool skriftelik in kennis gestel het nie. Leerders mag nie sonder ‘n geldige rede uit die skool bly nie. Indien u kind siek is, moet u die kantoor voor 7:20 in kennis stel. (Nie net die leerkrag nie) Na twee afwesige dae word ‘n doktersertifikaat vereis. Agterstallige werk moet deur leerder ingehaal word.

PANNAR EKSTRAVAGANZA:Ons skool verskaf verversings by die PANNAR Ekstravaganza op Donderdag, 11 Februarie. Dit is ‘n groot insamelingsprojek vir ons skool. Graag wil ons ouers vra om donasies van die volgende te gee:Vleis, koekmeel, eiers en houtOuers wat op daardie dag kan help met die maak van verversings kan met die koördineerder, Charmainé van Niekerk by 0720677995 skakel. Ons het ook manne nodig wat kan help braai. Ons maak staat op ons ouers om met hierdie groot projek behulpsaam te wees. As jy net vir ‘n uur of twee kan werk is dit ook reg.

KLEREWINKEL:WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM]Daar word slegs een bestelling vir 2016 geplaasOuers het tot Vrydag, 26 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir die winter te bestel. Kostes is as volg:

ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:

1Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)

22 - 32 R400,00 34 - 44 R450,00

2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R280,00 34 - 44 R320,003 Sweetpakbroek: 22 - 32 R170,00 34 - 44 R200,00

Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is.

LEERDERDEELNAME:KLEURGALA:Baie dankie aan al die ouers wat as beamptes/helpers tydens die Kleurgala

opgetree het. Dankie aan ons Ouerleierkomitee wat heerlike verversings verskaf het. Ons waardeer julle harde werk!Baie geluk aan die volgende swemmers:Junior Victor Ludorum: Riko SwartJunior Victrix Ludorum: Leané van EedenSenior Victor Ludorum: Wessel van NiekerkSenior Victrix Ludorum: Michela Steenkamp

Rekords verbeter tydens die gala:Naam: Item/s:

0/8 Riko Swart 100m IM, 25m rugJannes Krause 25m bors

0/9 Leané van Eeden 50m vlinder, 50m vryEvan Burger 100m borsIzeldi Jacobs 100m bors

0/11

Wessel van Niekerk

200m IM, 50m rug, 50m vlinder, 100m rug, 50 vry

0/12

Theunie vd Merwe 200m bors, 100m bors

Junior van Niekerk 200m IM Elana le Roux 100m vryMiandi Steenkamp 50m vlinder, 100m rug

18 Rekords verbeter – Baie geluk!

INTERSKOLE GALA:Alle swemmers wat tydens die Kleurgala ‘n eerste en tweede plek behaal het swem by die Interskolegala op 8 Februarie. Ouers moet kennis neem dat die Interskole galaspan nie die swemspan is wat gekies is om Vrystaat kampioenskappe toe te gaan nie. Ons sal baie dankbaar wees as die ouers wat by die Kleurgala gewerk het, weer vir ons as beamptes by die Interskole Gala kan optree. Stel asseblief vir mnr Alfred Hodgson in kennis indien u nie weer beskikbaar is nie.

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPEDie swemspan na die Vrystaat Swemkampioenskappe op 16 en 17 Februarie sal ook vroeg in volgende week gefinaliseer word.

SONE ATLETIEKBYEENKOMS:Baie dankie aan Wilna Roelofse en Sonja van Niekerk wat gehelp het om ons atlete op die regte plekke te kry. Baie geluk aan ons atlete wat vir die Motheo/Xhariep Kampioenskappe (13 Februarie) gekwalifiseer het. Die lys van name word by die nuusbrief ingesluit.

FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]

Atlete wat vir die Motheo/Xhariep Kampioenskappe gekwalifiseer het, en wat vir die Fichardtpark Atletiekbyeenkoms op Vrydag, 5 Februariewil inskryf moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 1 Februarie saam met hulle R15 inskrywingsgeld by die klasonderwysers inhandig. Atlete wat inskryf sal inligting en programme ontvang.

EUREKA ATLETIEKBYEENKOMS:Sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 30 Januarie aan die Eureka Atletiekbyeenkoms deelneem. Hulle het programme ontvang.

RUGBYPROEWE:0/13 Rugbyproewe om ‘n Toerspan te kies, vind op Woensdag, 3 Februarie om 15:00 plaas.

SKAAK: Baie geluk aan ons skaakspelers wat met die kwalifiserende toernooi goed presteer het:Johandre vd Berg: 4/5 Phillip Noeth: 2½/5 HJ Noeth: 2½/5 JG Noeth: 1/5

ALGEMEEN:GRAAD 1 KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief ‘n geldjie en kom ondersteun die graad 1-koekieverkoping op Maandag, 1 Februarie.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYSNic en Sarie Knoetze (kleinkind

in hospitaal)Annelie van Wyk (HLS)

WOONSTEL TE HUUR:

Een slaapkamer woonstel Stoof en lugverkoeling

Lubbestraat 35

Kontak Louwtjie Steenkamp: 0828083316

AFSKEURSTROKIE: FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS (Vrydag, 5 Februarie)

OUER: _______________________________________________

WIL GRAAG MY KIND VIR DIE FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMSINSKRYF:

ATLEET: ________________________________________________

ITEMS: __________________________________________________

EK NEEM SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

Busgeld van R50 vooraf betaalbaar.

HANDTEKENING: __________________________DAT.: ___________

VALENTYNSJOLElkeen, oud en jonk, kom en bederf jou geliefde en geniet ‘n heerlike aand saam met ons gaskunstenaar:

CRIZAANDatum: Vrydag, 12 FebruariePlek: Kanon Hotel

SPESIALE AANBIEDING:Koop ‘n pizza en kry ‘n gratis glasie wyn

Navrae: Riana - 0826805816

BESTELVORM: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder:

GR: ___

Naam van leerder:

GR: ___

Nommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)

Bedrag: RNommer van Sweetpakbaadjie:

Bedrag: RNommer van Sweetpakbroek:

Bedrag: RTotale bedrag ingesluit:

R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________

Voorbeelde van elke nommer is by die Klerewinkel beskikbaar en leerders kan dit aanpas as die Klerewinkel

oop is.Gebruik die bestelvormpie om klere te bestel.

Navrae: Suzaan Wessels 0843120715ALLE SKOOL- EN SPORTKLERE MOET GEMERK WEES.

KONTAK ANNEMé 082 665 3064 SOEK Dancing Owls Ballet Studio OP FACEBOOK VIR FOTOS EN VIDEOS VAN 2015.

BALLET KLASSE

WANNEER: Elke Donderdag middag, tye sal nog bevestig word. Kammaland klas sal tydens skooltyd plaasvind.

WAAR: In Kammaland Kleuterskool se klaskamers.FOOIE: Registrasie R100

Maandeliks R240 OF R570 per kwartaalKLERE – Tussen R400 en R450 vir n pakket van skoene, kort en lang sykouse, leotard en rompie. Items kan apart ook gekoop word soos finansies toelaat.

Voltooi asseblief die skeurstrokie en stuur terug na die kantoor voor Vrydag, 29 Januarie indien u belangstel. Klasse begin 4 Februarie.

Naam:____________________________________ Graad:_____

Tyd op ‘n Donderdag middag wat u kind sal pas: ___________

Ma se naam en van: ___________________________________

Kontaknommer: ______________________________________

SOEK JY NA IETS WAT HEEL ANDERS IS AS DIE GEWONE!?Moredou Padstal bied ‘n verrassingsboksie aan vir twee geliefdes,

ideale vir ‘n piekniek of sommer saam met vriende.Beskikbaar met Sjampanje of Vonkeldruiwesap,

jou boksie jou keuse!Kostes: R150.00 per boksie,

en het alles en nog meer vir twee mense!Bestel asb by Moredou Padstal voor of op 12 Februarie 2015

Kontak Odrie: 073 231 4757.Boksies word op 13 Februarie 2016,

enige tyd tussen 10:00 – 13:00 opgetel.

VALENTYNSDAG IS HIER!!

‘n Heerlik “buffet” word aangebied op 28 Februarie 2016 te Moredou Padstal.

Ons bied aan:x1 Voorgereg, x2 Vleise, x1 Soet groete, x1 Sout groente,

x2 Stysels, Slaai, x1 Warm poeding, x1 Koue Poeding.

Koste: R 130.00 per persoonR 70.00 per kind, 10 jaar en jonger.GEEN eie drank word toegelaat nie,

en geen vergunnigs sal gemaak word op die dag nie!Moredou Padstal het sy eie lisensie en drankies sal te koop wees te Moredou Padstal

vir die aangeleentheid.Besprekings vir aansit sowel as wegneemetes moet asb geplaas word

voor of op 24 Februarie 2016.Kontakpersoon: Odrie 073 231 4757

HOOP ONS SIEN JOU DAAR!!

MOREDOU PADSTAL HOU ETE!DATUM: 28 FEBRUARIE 2016TYD: 12:00PLEK: MOREDOU PADSTAL