Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 ›...

8
13 April 2014 Jaargang 3 #13 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Geseënde vervloektes Dr Raymond Potgieter Theme: My Shepherd, His sheep Scripture reading: Psalm 23 & John 10:1-21 Text verse: Psalm 23:1 11:30 International Service Ds Willem Steyn 18:00 Aanddiens Tema: Die Heilige Gees laat my onthou en besef, wat Jesus gedoen het Lofpr�ing Loof die Here ons Verlosser! Lied 199 Loof die Here uit die hemel Lied 219 Laat ons sing van ons Verlosser Lied 385 Loof loof die Here dis volbring Sing: Ps. 67-2:1,2,3 Geloofsbelydenis(12 Artikels) Sing: Lied 190:1,2 (Kinderbegeleiding) Sing: Ps.51-1:1,5 HK vr &antw 39 Skriflesing: Galasiërs 3:1-14 Teks: Galasiërs 3:13 Sing: Sb.18-8:1,2,3,4 Sing: Ps.134-1:1,2 Amen: Sb.13-3 Sing: Ps.84-1:1, 84-2:3, 84-1:6 Geloofsbelydenis van Nicea Sing: Sb.8-1:1, 2 Sing: Ps.89-1: 6 Skriflesing: Johannes 14 Teks: Johannes 14: 16, 25-26 Sing: Sb.1-2: 1, 2, 3 Amen: Sb.13-3

Transcript of Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 ›...

Page 1: Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 › lantern_2014-04-13.pdf2014/04/13  · Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

13 April 2014Jaargang 3 #13

09:30 OggenddiensDs Fanie Coetzee

Tema: Geseënde vervloektes

Dr Raymond PotgieterTheme: My Shepherd, His sheep

Scripture reading: Psalm 23 & John 10:1-21 Text verse: Psalm 23:1

11:30 International Service

Ds Willem Steyn18:00 Aanddiens

Tema: Die Heilige Gees laat my onthou en besef, wat Jesus gedoen het

Lofpr�ingLoof die Here ons Verlosser!

Lied 199 Loof die Here uit die hemelLied 219 Laat ons sing van ons VerlosserLied 385 Loof loof die Here dis volbring

Sing: Ps. 67-2:1,2,3Geloofsbelydenis(12 Artikels)

Sing: Lied 190:1,2 (Kinderbegeleiding)Sing: Ps.51-1:1,5HK vr &antw 39

Skriflesing: Galasiërs 3:1-14 Teks: Galasiërs 3:13Sing: Sb.18-8:1,2,3,4

Sing: Ps.134-1:1,2Amen: Sb.13-3

Sing: Ps.84-1:1, 84-2:3, 84-1:6Geloofsbelydenis van NiceaSing: Sb.8-1:1, 2Sing: Ps.89-1: 6Skriflesing: Johannes 14Teks: Johannes 14: 16, 25-26Sing: Sb.1-2: 1, 2, 3Amen: Sb.13-3

Page 2: Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 › lantern_2014-04-13.pdf2014/04/13  · Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

2

Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................

Wil jy ook by ons gemeente inskakel? Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Welkom hier!Ferdi, Celia, Petro en Abrie

Kruger082-879-4406 / 074-180-3449

Motlatsing Moreki073-284-3422Jurgens Britz082-551-3732

Teeskinkbeurte

Baie dankie!

13 AprilKG 15 (Rineé Pretorius) &

Wyk 22 (Ina Hoogenboezem)

20 AprilGeen teeskinkbeurte geskeduleer

agv langnaweek

27 AprilKG 19 (Olivia Conradie) & Wyk 24 (Cornelia Wessels)

PaasprogramDie Potchefstroomse Mannekoor bied ‘n Paasprogram aan vir die Gemeenskap van Potchefstroom. Almal is baie welkom.Dis gratis. ‘n Donasie om onkoste te dek sal waardeer word.Datum: Vandag om 15:30Plek: GK Die BultKontak: Babs Brouwer: 018-294-3781 / 083-306-4525

Stel jou voor dat jy die leiding van die kon-sistorie vergadering moet neem en die afkondigings in die kerk moet waarneem op jou verjaardag. Dit is net ‘n resep om jou in ‘n groot verleentheid te plaas.Dit is ook dan dat jy die liefde en deernis van die kerkraad en gemeente op sy beste ervaar.Baie dankie vir die pragtige blomme waarop ons baie trots is en dat ek myself kon gelukwens en die blomme kon laat kry by die afkondiginge.Baie, baie dankieJaap Verhoef

Baie dankie

In die wintermaande drink die lidmate van die Internasionale Diens ook tee en koffi e (ipv koeldrank). Onthou daarom om nie die urn, koppies, ens. te bêre na

die Afrikaanse Oggenddiens nie.

Geskenkpakke vir VenterskroonDie lidmate in die Venterskroonkkerk is meestal plaasarbeiders, sommige is werk-loos. In die meeste huise is nie yskaste, of lopende water nie. Een maal per jaar, net voor die winter, maak ons vir elkeen ‘n groot geskenkpak. Op hierdie manier be-wys ons aan hulle iets van die liefde van Christus.Wat kan jy gee? Wintersklere of somers-klere vir mans, vroue en kinders. (Ons kry gewoonlik te min kinderklere) ook skoene, komberse, of toiletware.Bring dit asseblief na Fransa by die kerk-kantoor (Maandae tot Vrydae van 08:00 - 13:00), of skakel my. Ons pak die pakkies op Saterdag 17 Mei van 8:30 tot 12:00.

Marie de Klerk (082-442-0018)

Page 3: Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 › lantern_2014-04-13.pdf2014/04/13  · Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

3

Liefdegawesby die deure13 April

Oggend: EmeritaatsfondsAand: Bybels (Roodepoort)20 AprilOggend: SustentasieAand: Meelewingsfonds 27 AprilOggend: Teologiese StudentekasAand: Meelewingsfonds

Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

Nobington en Fortunate Murambadoro was sewe jaar lank ‘n teologiese student en ekonomiestudent hier en lidmate van ons gemeente. Hulle seun Asher is hier gebore en gedoop. Hy is op die oomblik in ‘n Afri-kaanse skool in Roodepoort omdat hy dit so verkies. Met ons besoek in Desember aan Nob-ington en Fortunate in hulle gemeente in Roodepoort was ons getref deur die lief-devolle geloofsgemeenskap en dat hulle baie mense met die Evangelie bereik. Op daardie Sondagoggend het 12 nuwe gelowiges van alle ouderdomme hulle geloof bely. Jaap kon hulle gelukwens en het gehelp om die nagmaal te bedien. Maar daar was seker net soveel mense op die lys wat nog moet kom belydenis aflȇ. Elkeen kry by die geleentheid ‘n nuwe By-bel as geskenk. Daar was nie genoeg Eng-else Bybels in voorraad nie. Daarom vra ons die gemeente om ruim by te dra sodat ons soveel as moontlik Bybels aan hulle kan skenk. Vanaand is so ‘n geleentheid.

Jaap en Annatjie Verhoef

Liefde- gawe vanaand

Bybels vir nuwe gelowiges in Roodepoort

Vanaand is daar weer ‘n geleentheid vir gesamentlike jeugbediening by Gere-formeerde Kerk Potchefstroom-Oos. Die laer- en hoërskool kinders kom om 17:45 bymekaar.Die laerskool kinders se tema vir hierdie jaar is: Die Kerk Werk Wêreld Wyd. Ons gaan hierdie Sondag saam Etiopië toe. Ons gaan bietjie iets oor koffie leer en saam ook luister na die storie van Filippus en die Etiopiër (Handelinge 8:26-40). Ons vra dat julle asseblief sal onthou om julle dankie-sê-sakkies saam te bring. Dit is die bruin papiersakkies wat julle laas gekry het en waarin julle ietsie vir oumense moes sit. Ons wil met die volgende aksie Ons Hulde ouetehuis toe gaan en dit daar gaan uit-deel. Hoërskool jongmense, ons gaan verder leer oor wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus te wees. Ons gaan hierdie keer stil staan by wat my houding teenoor ander mense moet wees as ek dissipels wil maak. Ruan Steyn gaan bietjie met ons hieroor praat en vertel van wat hy onlangs op ‘n uitreik Malawië toe beleef het. Daar gaan vir julle hot chocolate wees, so bring asse-blief ‘n beker saam!Soos laas gaan daar ook hierdie keer iets lekker vir al die jongmense wees en is al-mal welkom om na die erediens saam ‘n koppie koffie of tee in die Skuur te geniet.

Ds Karel Steyn

Gesamentlike Jeugbediening

Die kosbank het weer voorraad nodig. Enige skenkings van nie-bederfbare

kos word baie waardeer. Gee asseblief by die kerkkantoor af

(weeksdae) of sit in die portaal (Sondae).Hierdie skenkings word gegee aan

behoeftige lidmate of ander mense in die omgewing wat hulp nodig het.

Page 4: Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 › lantern_2014-04-13.pdf2014/04/13  · Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

4

Antwoord asb by Fransa Vorster 018 2974843 of Ans Geertsema 073 192 8976 voor 9 Mei 2014.

Ontbyt vir 70-plussersDie Omgeegroep vir Seniors nooi jou uit om op Donderdagoggend, 15 Mei, om half-tien, heerlik te kom saam eet en kuier in die kerksaal.

Kom geniet ’n prettige en kleurvolle

ietsie-ommie-nek-ontbyt!

Datum: 15 Mei 2014Tyd: 09:00 vir 09:30Plek: Kerksaal

Toegang: Vergeet jou beursie en sit ’n strikdas/serp/krawat/das/ietsie-ommie-nek.

PaasfeesdiensOp Goeie Vrydag (18 April) hou ons om 09:00 ’n Paasfeesdiens. GK Oos en Mooirivier kom vier hierdie geleentheid saam met ons. Bring gerus vriende en familie saam!

LANGVERLOF DS. FANIESoos in sommige ander gemeentes het die kerkraad by ons ook die gebruik om na elke vyf jaar in die bediening aan predikante langverlof van drie maande toe te staan. Die doel van die langverlof is om aan die predikante geleentheid te gee vir persoon-like verdieping in hulle verhouding met die Here, om saam met hulle gesinne tyd deur te bring, om goed te rus en om tyd te kry om aan sake aandag te gee waarvoor daar in die gewone drukte van die bedienings-werk nie tyd is nie.Hiervolgens sal ds Fanie vanaf Vrydag 18 April vir die res van die kwartaal met langverlof wees. Ds. Willem sal DV in 2015 na vyf jaar in die bediening langverlof ontvang.Dit is vir die kerkraad belangrik dat die momentum van die bedieninge IN, OP en OOR die Bult voortgaan en daarom gaan sover as moontlik probeer word om nie ekstra las op ds Willem se skouers te laai nie. Ons is bevoorreg met soveel gawes dat dit ook nie hoef te gebeur nie.Die pastorale dienswerk aan ouer lidmate word gewoon deur die betrokke ouder-linge gedoen. Hierbenewens het die vol-gende lidmate ingewillig om in die tyd ook pastoraal betrokke te raak:• Ben de Klerk by lidmate wat in Huis Eike-laan woon• Herrie van Rooy by lidmate in Groen Wilgers en Noordbrugoord• Ferdi Kruger by van die ouer lidmate wat elders woon.Enige navrae in verband met hulp wat beno-dig word kan via Fransa by die kerkkantoor gereël word.

Page 5: Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 › lantern_2014-04-13.pdf2014/04/13  · Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

5

Gedagtes oor, en ‘n gebedslys vir die komende verkiesing op 7 Mei (Regter Neels Claassens, Geref Kerk Linden)

Die krisisse wat ons land die afgelope paar jare sedert Marikana, beleef het, was nie om ons volk te straf nie maar om te kyk hoe die Huisgenote van God sal reageer en opstaan om die antwoord te wees op sulke gebeure. Hoe gaan ons in die bresse tree? Soos gebed ons in 1994 van ‘n bloed-bad behoed het (iets wat internasionale joernaliste verwag het), so glo ek ook dat ons die groot gebeure van 2014 in gebed moet onderdompel (“soaking prayer”). Van nou tot na die verkiesing moet ‘n toegewyde tyd van voorbidding en intersessie wees. Hoe ons die gebedsaksie moet struktureer, is ‘n saak vir bespreking en besluit onder mekaar. Die items wat ek graag wil voorstel vir voortdurende gebed is die volgende:

1. Die bepaling van die stem dae moet betyds geproklameer word.2. Die stemdatum moet billik wees teenoor alle deelnemende partye.3. Die stemlokale moet billik gespasieerd wees sodat almal binne redelike trefafstand van ‘n lokaal woon.4. Die stemlokale moet behoorlik en betyds toegerus wees met genoeg stembriewe vir almal wat daar wil stem.5. Die stembriewe moet behoorlik verseel wees.6. Die stemlokale moet beman/vrou wees met eerlike mense van absolute integriteit met geen vooroordele nie.7. Die neutraliteit van elke stemlokaal moet onaantasbaar wees.8. ‘n Gees van samehorigheid en nasietrots moet by elke stemlokaal heers.9. Totale afwesigheid van enige kospakkies, omkopery, korrupsie, sabotasie, intimidasie, geweld of onbehoorlike beinvloeding moet by elke stemlokaal geld.10. Die uitsaaimedia moet gelyke en billike ruimte bied aan alle partye om hul standpunte te stel.11. Die media moet vrye toegang tot alle fasette van die stemproses gegun word.12. Die logistiese vervoer van toerusting na alle stemlokale moet betyds georganiseer word so-dat dit betyds afgelewer word.13. Behoorlike begrip van en onderskeiding tussen elektroniese stemtellery en hand stemtellery moet geld by alle stemlokale.14. Opleiding en keuring van IEC staf moet betyds en voldoende afgehandel word.15. Sekuriteitswagte moet behoorlik en eerlik opgelei word.16. Posstemme moet reelmatig en apart gehanteer word en behoorlik verseel word.17. Oorsese Suid Afrikaners moet ook die geleentheid kry om na behore hulle stemme uit te bring.18. Alle stem dispute moet vinnig en akkuraat deur die stemhowe aangehoor word en vinnig beslis word.19. Die lede van die stemhowe moet onbevooroordeeld uitspraak lewer sonder vrees of guns.20. Die IEC Raad se lede moet eerlik en opreg wees in die uivoering van hulle taak.21. Dat die uitslag van die verkiesing onbetwisbaar vry en regverdig sal wees, ongeag die uitslag en dat alle partye dit sal aanvaar.22. Dat ‘n nuwe Parlement van 400 onkreukbare lede verkies sal word wat dit hul trots sal maak om behoorlike diens te lewer en die Grondwet na te volg en uit te voer.23. Dat nuwe Provinsiale Rade en Plaaslike Besture verkies sal word wat dit hul trots sal maak ombehoorlike diens te lewer en die Grondwet na te volg en uit te voer.24. Dat bekwame mense verkies sal word wat graag diens wil lewer aan diegene waaroor hulle regeer.

Page 6: Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 › lantern_2014-04-13.pdf2014/04/13  · Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

6

“Noah” Die fliek “Noah” is op almal se lippe... Hoe moet ons as Christene reageer op hierdie fliek wat op Wikipedia beskryf word as “a 2014 American epic biblically-inspired fantasy film....., and based on the story of Noah’s Ark.” Is hierdie fliek werklik op die Bybel gebaseer? Wat verkondig hierdie fliek? Wat sê ek vir vriende oor hierdie fliek?Saam fliek - Dinsdag 20:30 by Ster-Kinekor in die Mooirivier Mall. Ons kom 20:00 by die G5 Koffiekamer bymekaar vir diegene wat vervoer benodig.Fliek bespreking - Woensdag 19:00 in die G5 Koffiekamer. As jy reeds die fliek ge sien het, of dit op ‘n ander tyd wil kyk, is jy ook welkom om aan die bespreking te kom deelneem.Almal, oud en jonk (miskien nie laerskool-kinders nie, daar is ‘n ouderdomsbeperking op die fliek) is welkom!

“Noah”

Almal wat jonk van gees is en graag betrokke wil wees by die bediening op die Bult.

Wie is G5?

Vietnam BesoekJy weet waarskynlik teen die tyd dat ons gemeente betrokke geraak het met ie-mand wat in Hanoi, Vietnam as Engelse onder wyser werk. Hy het begin om die Evangelie daar te verkondig en rondom hom ʼn groepie gelowiges ontstaan. As gevolg van sy besoek verlede jaar aan Potchefstroom, het Magdaleen Venter be-sluit om vir ʼn jaar soortgelyke werk te gaan doen om sodoende in te skakel en mee te werk aan die verkondiging van die Evan-gelie. Ons kerkraad het besluit om haar te help om te gaan. Sy is reeds daar en dit lyk asof sy moontlik werk kan kry. Die aanpas-sing in ʼn totaal vreemde omgewing is nie vir haar maklik nie. Bid asb. dat die Here vir haar duidelikheid sal gee oor haar roeping en taak daar.As ʼn verdere stap het ons kerkraad besluit dat dit nodig is om iemand te stuur om te gaan luister en kyk na of, hoe en waar ons gemeente betrokke kan wees in die uitdra van die Evangelie in die onbereikte land. Iemand uit die gemeente, wat so sterk oor die saak voel, het besluit om in te staan vir die koste van so ʼn besoek. Nou word dit DV ʼn werklikheid wanneer ds. Fanie en Judie DV Vrydag vir twee weke na Vietnam vertrek.Bid asb vir ʼn veilige reis en geseënde tyd daar saam met die gelowiges. Mag die Here hulle ook van die Bose bewaar in ʼn kommunistiese en heidense wêreld waar daar slegs 1% Christene woonagtig is.

Cantabile Dameskoor bied ten bate van Cansa ʼn ontbyt aan met

Steven Sterling en Ryan Walt.Datum: 10 Mei 2014

Plek: Crista GalliTyd: 09:00 vir 09:30

Prys: R150 per persoon (sluit ontbyt in)Kom bederf jou moeder vir Moeders-dag! Kaartjies beskikbaar by Cansa se

kantore (James Morokalaan 79) of kon-tak Frances Minné by 018-294-8253 /

Marie Marx by 083-502-3787

http://www.facebook.com../gkpotchbult../gkpotchbultG5../VenterskroonBediening../GKBultProjekte../BultInternationalChurch

@gkpotchBult #potchG5 #gkbult

Page 7: Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 › lantern_2014-04-13.pdf2014/04/13  · Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

7

Ouderlinge en Diaken aan diensOuderlinge: Fanus vd MerweKobus vd Walt

Diaken: Cecile Eloff

Tannie Bettie Coetzee (082-697-2388) gaan Maandag vir mediese ondersoeke. Ons dink aan haar.Tannie Marietjie de Klerk (018-297-1590) het haar 9e agterkleinkind ontvang. Baie geluk!Ons dink aan Rina de Beer (083-277-6996) wat die week met haar kankerbehandeling begin het. Mag die Here die behandeling seën en vir jou lewenskwaliteit gee;Stephan van der Merwe (018-297-3669) het die afgelope tyd behandeling vir de-pressie ontvang. Ons is dankbaar dat dit beter gaan;Tannie Anna Malan (082-897-7954), die vrou van dr Chris Malan het geval en seer-gekry. Ons dink aan hierdie emeritus-eg-paar van die gemeente wat tans in die Paarl by hulle kinders is.Riana van der Westhuizen (082-415-8629) gaan Maandag vir ʼn operasie. Ons bid dat die uitslag daarvan gunstig sal wees en dat verdere behandeling nie nodig sal wees nie.Vusi Mulele se ma is Maandagoggend skielik oorlede. Ons dra vir Vusi, asook vir GP, Hesme, Naude en Stef Schoeman aan die Here op met die bede dat Hy hulle sal vertroos.Susan Campher (083-335-7731) is in die Mooimed hospitaal, waar sy behandeling ontvang vir ‘n bloedklont na die geboorte van haar en Andries se babatjie.

MeelewingVandag, 13 AprilJaco Matthee 082-325-3510Riandi Muller 082-906-6054Consolate Ngoy 071-759-5294

Dinsdag, 15 AprilPoen Coetzee 082-474-4538JP Grobler 072-041-3267Marthie Lessing 018-294-3582Pierre van Rensburg 083-680-6514

Woensdag, 16 AprilHenri van Rensburg 076-150-0194

Donderdag, 17 AprilJohan Smit 084-585-3976Hennie Venter 083-630-0201

Vrydag, 18 AprilMarianne Pretorius 072-595-8930

Saterdag, 19 AprilJanke Kruger 072-985-7930Christiaan Schoeman 084-297-1210

Verjaarsdae

1

21

19

21

Koepel-uitreikBenewens die mooi werk wat reeds in Ven-terskroon gedoen word bestaan daar ʼn behoefte aan hulp om die Evangelie daar, in samewerking met die gemeentetjie, nog verder uit te dra. In samewerking met Ca-chet word daar beplan aan ʼn Koepel-uitreik wat gaan inhou dat van ons lidmate fisies daar gaan help met uitdra van die Evange-lie. Indien jy belangstel kan jy met Ben of Marie de Klerk of ds Fanie skakel. Het jy geweet?

• Jy kan die Lanter� elke week per e-pos kr�• Jy kan die preke op CD of ons webblad kr�• Jy kan elke dag op Facebook ’n herinnering kr� van wie in die gemeente verjaarSkakel Fransa by die kerkkantoor vir navrae

Page 8: Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens › ... › 3 › 12334611 › lantern_2014-04-13.pdf2014/04/13  · Jaargang 3 #13 13 April 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

8

Skribas: Ig Vorster: 082-788-5902 Jaap Verhoef: 018-294-6502Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Annatjie Verhoef: 072-391-2552Kosters (Molenstraat): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204Internasionale diens: Ray Everson: 018-290-6782Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kleuterbediening: Marida Coetzee: 084-678-3863Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843

Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

Kontakons

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Judie Coetzee: 082-619-4620Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Finansiële kommissie: Carools Reinecke: 082-568-5652Eiendomskommissie: Johan van Dijk: 076-383-9150Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: 084-520-1086Saalverhurings: Molenstraat: Kerkkantoor: 018-297-4843Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525Breekware: Molenstraat: Elma de Kock: 083-302-5282Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Bankbesonderhede

Lees in die nuutste uitgawe van Die Kerkblad

• FOKUS: “Die Here het regtig opgestaan”• Die geloofwaardigheid van die Christen-dom as geheel, meer nog, die Persoon, aansprake en betekenis van Jesus Christus vir vandag, hang af van die vraag of Jesus uit die dood opgestaan het. Prof. Callie Coetzee skryf hieroor in “Van die redak-teur”.• In die Brandpunt-artikel skryf prof. Fran-cois Viljoen oor die geweldskultuur in Suid-Afrika, en vra die vraag of geweld aanvaarbaar geword het.• Wat is die betekenis van die leë graf? Prof. Sybrand Strauss skryf hieroor in “Die graf van Lasarus en die graf van Jesus”.• Wat ’n volk met hulle dooies doen, staan in die nouste verband met hulle geloof. Prof. Paul de Bruyn skryf oor hierdie uiters aktuele saak in “Lykverbranding en op-standing uit die dood”.Skakel Angie Mokobi by (018) 297 3986 of stuur ‘n e-pos na [email protected] om op Die Kerkblad in te teken.

Saaier van die Woord-fondsDie tekort aan predikante in ons kerkver-band gaan in die toekoms waarskynlik al groter word. Om teologiese studente te help om gedurende die lang en duur stu-dies finansieel te oorleef, het Sinode 2012 besluit dat ‘n fonds tot stand gebring moet word om die studente te help. Die bedoe-ling is dat van die beleggingsgroei uit die fonds gebruik word. So het die Saaier van die Woord-fonds ontstaan. Lidmate wat hul geroepe voel om tot die fonds by te dra, kan ‘n direkte inbetaling maak by Reke-ningnaam: Admin Buro van die Geref Kerk, Bank: Absa, Rekeningnommer: 6-7014-0040. Takkode: 632-005 Depositoverwys-ing: 0591/002 Saaiers van die Woord.U is welkom om meer besonderhede by die voorsitter van die fondsdeputate, Koos Smit (082-466-9884) te, kry.

Andries en Susan Campher is dringend opsoek na ‘n 2-slaapkamer woonstel of

meenthuis om dadelik te huur. Skakel asb vir Andries by 083-335-7731

as jy kan help.