INSTRUKSIES EN INLIGTING - Afrikaans-Afrikaans -...
Transcript of INSTRUKSIES EN INLIGTING - Afrikaans-Afrikaans -...
GRAAD 12
PUNTE: 100TYD: 2 ½ UUR
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
EKSAMINATOR : MNR. D. E. LAST (Queens High School)MODERATOR : MEV. J. M. PLOCKER (Kensington Secondary School)
Bladsy 1 van 10
Queens High School Department:AFRIKAANSVOORBEREIDENDE EKSAMENS
AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL
VRAESTEL 3
SEPTEMBER 2010
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
INSTRUKSIES EN INLIGTING
INSTRUKSIES:
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.AFDELING A: Opstel. (50 PUNTE)AFDELING B: Langer transaksionele tekste. (30 PUNTE)AFDELING C: Transaksionele, naslaan en informatiewe tekste (20 PUNTE)
2. Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.
3. Nommer die skryfstukke wat jy kies korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
4. Voer die opdragte, by elke vraag wat jy kies, noukeurig uit.
5. Die uiteensetting van jou skryfstukke is baie belangrik. Jy moet elke skryfstuk op 'n NUWE DUBBELBLADSY begin.
5.1.Doen die beplanning/redigering op die linkerkantste bladsy.
5.2.Skryf die woorde FINALE PRODUK aan die regterkantste bladsy.
VOORBEELD:
LINKERBLADSY
BEPLANNING/REDIGERINGKan só lyk
Onderwerp
Inleiding Paragrawe Slot
Jy kan dan op die bladsy jou foute vebeter / wys voordat jy die stuk
oorskryf.
1.2.
REGTERBLADSY
FINALE PRODUK
Byvoorbeeld:
Die sokkerwêreldbeker
Bladsy 2 van 10
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN vraag en skryf 250 – 300 woorde oor die onderwerp.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan.
1.1.
OF
1.2. Jy wil aan ‘n Opstelkompetisie deelneem wat jy in DE KAT gesien het. Die tema van die opstel is “My Familie”. Die Prysgeld is R1000.
Dink aan die volgende: Wie almal in jou familie is. Dinge wat jou familie spesiaal maak. Wat julle as ‘n familie saam doen. Iemand in jou familie aan wie jy baie naby is.
OF
Bladsy 3 van 10
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
1.3.
Jy het gedurende die Sokkerwêreldbeker een van die wedstryde by ‘n PRETPARK gaan kyk. Skryf ‘n opstel oor jou ervaring.
Dink aan die volgende:
Waar dit was. Hoe almal gelyk het wat daar was. Hoe jy gevoel het. Hoe die pretpark gelyk het. Die ondersteuners se reaksies / emosies.
OF
1.4.
“Ubuntu”…OF
1.5.
Geld kan nie geluk koop nie…Jy kan ‘n boek koop…nie kennis nie.
Jy kan ‘n posisie koop…nie respek nie.Jy kan bloed koop…nie ‘n lewe nie.
Jy kan medisyne koop…nie gesondheid nie.Jy kan ‘n horlosie koop…nie tyd nie.
OF
Bladsy 4 van 10
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
Kies EEN van die volgende visuele tekste. Laat jou gedagtes gaan en skryf ENIGE LANG OPSTEL daaroor.
1.6.
OF
1.7.
OF
Bladsy 5 van 10
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
1.8.
TOTAAL AFDELING A: 50
Bladsy 6 van 10
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTEVRAAG 2• Kies EEN vraag en skryf 120 – 150 woorde oor die onderwerp.
2.1. As die HELE wêreld ‘n klein dorpie van net 100 mense was…
Van
Asië
Van
Euro
pa
Van
Afrik
a
Van
die
res v
an d
ie W
êrel
d
Chris
ten
Nie
Chris
telik
Kan
nie
lees
nie
Ond
ervo
ed
Het '
n re
kena
ar
Wor
d ge
bore
Gaan
doo
d
Het k
os o
m te
eet
Het '
n hu
is
Het k
lere
om
te d
ra
Man
lik
Vrou
lik
0
4
8
12
16
20
24
28
32
36
40
44
48
52
56
60
64
68
72
Gebruik die bogenoemde statistieke om ‘n VERSLAG te skryf.Jy kan die volgende riglyne gebruik om jou te help:
Die dele van die wêreld wat meeste / minste inwoners het. Geloof. Sosiale realiteite. Geslag.
OF
Bladsy 7 van 10
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
2.2.
Jy het BAIE van een van die KORTVERHALE wat ons gedoen het gehou. Skryf ‘n DIALOOG waarin jy en ‘n vriend / vriendin oor die storie praat. Skryf oor dinge soos:
Die karakters in die verhaal. Wat gebeur het in die verhaal. Waarvan jy gehou het / nie gehou het nie. Wat jy geleer het uit die verhaal.
OF
2.3. Skryf ‘n BOEKRESENSIE oor ‘n boek wat jy gelees het. Onthou om dinge in te sluit soos: Die naam van die boek. Die publikasiedatum, uitgewer en prys. Die karakters. Die storielyn in kort. (Moenie die einde weggee nie.) Wat jy van die boek dink. ‘n Punt uit 10.
OF
2.4. Jy is siek en sat vir die gevaarlike SLAGGATE op ons paaie en belsuit om iets daaromtrent te doen.. Skryf ‘n FORMELE BRIEF aan jou PLAASLIKE OWERHEDE en vertel vir hulle wat jy van die situasie dink. Dink aan dinge soos:
Hoe gevaarlik dit is. Hoe lank dit neem voor die gate opgevul word. Hoe baie slaggate daar is. Hoe jy daaroor voel.
TOTAAL AFDELING B: 30
Bladsy 8 van 10
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
AFDELING C: TRANSAKSIONELE, NASLAAN- EN INFORMATIEWE TEKSTE
VRAAG 3
• Kies EEN vraag en skryf 80 – 100 woorde oor die onderwerp.
3.1.
SokkerFees
Die hoof van die skool het gesê julle mag ‘n SOKKERTOERNOOI hou vir vondsinsameling. Ontwerp ‘n ADVERTENSIE-PLAKKAAT wat jy in die skool kan opsit. Die plakkaat moet die volgende hê:
Datum. Tyd. Plek. Toegangsgeld. (Hoeveel die mense wat wil kyk, gaan betaal.) Inskrywingsgeld. (Hoeveel die spanne wat wil deelneem moet betaal) Illustrasies. Addisionele informasie soos die prysgeld vir die wenners, ens.
OF
3.2. Jou vriend / vriendin was ‘n Vrydag afwesig en julle het ‘n SBA-taak in Afrikaans gekry. Die taak is ‘n beskrywende opstel en dit moet Maandag ingehandig moet word. Skryf ‘n SMS aan jou vriend / vriendin en gee hom / haar duidelike INSTRUKSIES oor hoe die taak gedoen moet word. Hou die volgende in gedagte:
Dit is die finale poging wat gedoen moet word. Die student se algemene inligting moet op die taak wees. Die aantaal woorde moet op die taak wees. Hoe die taak met die beplanning, eerste poging, finale poging en assesseringsrubriek
saamgestel moet word. Algemene instruksies oor die doen van die taak.
OF 3.3.
Bladsy 9 van 10
QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVOORBEREIDENDE EKSAMEN
VRAESTEL 3
Dit was jou broer se 21ste verjaarsdag en jou Ouma en Oupa wat in Kaapsatd bly kon dit nie bywoon nie. Skryf ‘n poskaart aan hulle en vertel hulle wat hulle gemis het. Onthou om die volgende in te sluit:
Wie almal daar was. Hoe die saal gelyk het. Wat julle geëet het. Toesprake: Wie gepraat het. Watse geskenke jou broer gekry het.
ONTHOU: JY MOET DIE POSKAART HIER ONDER OORTREK IN JOU ANTWOORDBOEK.
TOTAAL AFDELING C: 20
VRAESTEL TOTAAL - 100
Bladsy 10 van 10
Poskaart