Inniriet Magazine - Pongola

26
inniriet your lifestyle guide - PONGOLA - jou leefstyl gids magazine april 2015 Pongola se posduilub Die nuwe kredietamnestie Ons gesels met die kreaewe dames van Sumbunny’s Vintage Pinkster - wat beteken dit vir jou?

description

Lifestyle Guide - Pongola - Leefstyl Gids

Transcript of Inniriet Magazine - Pongola

Page 1: Inniriet Magazine - Pongola

inniriet your lifestyle guide - PONGOLA - jou leefstyl gids

mag

azin

e

april 2015

Pongola se posduifklub

Die nuwe kredietamnestie Ons gesels met die kreatiewe dames van

Sumbunny’s Vintage

Pinkster - wat beteken dit vir jou?

Page 2: Inniriet Magazine - Pongola

… ek sê

Inniriet magazine is published & distributed by :

Quickbus 0013 CC Tel : 082 810 0808

Fax : 0866 160 979 or 034 4133 458

email : [email protected]

Shop no 6, Senekal Centre, Martin St, Pongola

Inniriet is published in English and Afrikaans.

Rates are per placement. Should an advertiser use

the services of an advertising agency, the advertiser

will be liable to pay the agency’s commission.

No advertisement will be placed unless payment has

been received in full before the booking deadline.

Artwork will be sent to the client for approval or

changes.

Please take care to CHECK YOUR PROOF COPY

CAREFULLY as only 2 changed proofs will be

permitted before final approval.

If your advert is not designed by Quickbus 0013 CC,

you will be responsible for submitting a suitable copy

by the dead-line date. Artwork requirements: JPEG /

TIFF / PDF (CMYK + 300dpi).

Quickbus 0013 CC will not be held responsible for

any printing errors in regard to artwork supplied by

the client.

Editor : Roléne van der Merwe Tel 082 810 0808

Information is correct at press time. The facts and

opinions in INNIRIET do not necessarily reflect the

opinion of the editor, other than those expressed by

the editor. INNIRIET magazine is published digitally on

a monthly basis by Quickbus 0013 CC.

© 2015 INNIRIET MAGAZINE. All rights reserved.

Reproduction in part or whole without permission is

prohibited.

Wie, waar, wanneer ...

14 Mei 2015

Hemelvaartdiens by NG Kerk om

18h00—(sop- & broodaand)

20 Junie 2015

Wyn in die Tuin

Kaartjies by Weich & Kriel

24 Juie 2015

Pongola Akademie Matriekafskeid

24 - 26 September 2015

Tierviskompetisie

17 Oktober 2015

NG Kerk Basaar

Ek het onlangs ‘n wonderlike staaltjie gehoor van drie werkloses wat by ‘n plaas

om werk gaan aanklop het. Hulle kon nêrens werk kry nie omdat elkeen van hulle

een of ander gebrek gehad het. Die een het met ‘n kierie geloop, die ander een het

‘n boggelrug gehad en die derde het ‘n stywe been gehad.

Die boer het hulle jammer gekry en het besluit om hulle die geleentheid te gee om

hulself te bewys. Die boer het vir hulle saad gegee en gevra dat hulle dit vir hom

moet plant. Die drie werkers is daar weg en het dadelik aan die werk gespring. Die

eerste man het sy kierie geneem en ‘n gat in die grond gedruk, die tweede werker

met die boggelrug het afgebuk en die saadjie in die gat geplant. Die derde werker

het met sy stywe been die grond weer oor die gat toegeskraap. Die boer was

verheug om te sien watse gedugte span hulle maak. Hierdie drie werkers het hulle

nie blind gestaar teen hul gebrekke nie, maar het gewerk met dit wat hulle gehad

het!

Die probleem met baie mense vandag is dat hulle glo dat hul talente en gawes nie

waardig genoeg is nie. Ek glo dat elke mens met een of meer gawes geseën is. Party

mense ontdek dit baie vroeg in die lewe en ander ontdek dit eers later per ongeluk. Jou talente gaan jou nie ontdek nie, jy moet

aktief na jou talente gaan soek. Dit is verstommend dat wanneer ons ons talente ontdek, dan is die sukses ook sommer daar. ‘n

Mens kry baie verskillende gawes en talente en alles is nie noodwendig aan ‘n beroep gekoppel nie. Vriendelikheid, bedagsaamheid

en geduld is ook talente. Om die vermoë te hê om te luister as iemand praat en medelye met iemand se probleme te hê, is ook ‘n

talent. Jy is dalk nie iemand van baie woorde nie, maar jy kan wel saam met iemand huil.

Jy mag dalk dink dat jou talente klein en nietig is en dat jy dit nie regtig kan gebruik nie. Te veel van ons se lus is geblus omdat ons

ons ophou met dinge waarvoor ons nie geroep is nie. As jy jou talente weer wakker sal maak, sal jou talente jou weer wakker maak!

Jy is nie sonder talente gebore nie! Begin om weer te droom, begin om weer te doen wat vir jou lekker is en wat jy geniet. Daar is

geen einde aan wat jy kan doen as jy begin om te woeker met jou talente nie!

Hoekom ‘n e-tydskrif?

Die lewe word net vinniger, duurder en

voller!

Drukkoste is duur en ons is groen - ons

bespaar papier en sodoende die natuur

vir die nageslag.

Met hierdie e-tydskrif bespaar jy geld,

die ruimte wat tydskrifte sou opneem

en het jy die gerief om dit te lees enige

tyd waar en wanneer jy wil.

Waar kry jy die e-tydskrif?

Besoek ons webtuiste by :

www.inniriet.com of ons Facebook blad

by Inniriet.

Stuur ook vir ons jou e-pos adres by

[email protected] as jy nog nie jou

tydskrif per epos ontvan g het nie.

Roléne van der Merwe - Redakteur

Het jy ‘n talent waarvan jy ons meer wil vertel

of ken jy iemand met ‘n besonderse talent?

Epos ons by [email protected] of skakel by

082 8100 808. Ons wil graag elke maand ‘n

persoon aan ons lesers bekendstel.

Epos ons by

[email protected] as jy ‘n

datum op ons kalender wil

plaas.

Page 3: Inniriet Magazine - Pongola

LIFE ISN’T ABOUT

FINDING YOURSELF.

LIFE IS ABOUT

CREATING

YOURSELF.

Page 4: Inniriet Magazine - Pongola

April in the Garden

You will benefit in the long run by spending a little time in your garden, cleaning out the dead plants and sweeping up the fallen leaves.

(You should add them to the compost heap.)

Your containers and window boxes will appreciate a generous layer of new potting soil so remove about one third from the top and

replace it with the new soil.

Climbing sweet peas must be trained up a wire or a trellis; removing all unnecessary tendrils and superfluous growth at the base of the

plants. Keep well watered until your plants are established.

It’s time to repot potted plants that have outgrown their containers. Choose a pot two sizes bigger than their original home. Carefully

remove the plant from its pot. Cut back any dead or straggly roots and tease out tangled roots. Place it in the new pot with a fresh

helping of potting soil and some liquid plant food. Firm the plant in place and water well.

Garden pests are still out and about at this time of the year feasting on new growth. This is what you should be looking out for:

Autumn is the peak season for leaf miner. Leaf miner causes twisting and curling on new leaves. Control with regular applications of

Eco Insect Control SC.

Take a close look at the plants in the garden, now that the leaves are starting to thin out on deciduous trees, shrubs and roses, it's a

good time to see if there are any scale insects on the stems and branches. Scale is a sap sucking insect that can cause severe damage

to many types of plants in the garden. They can be eradicated by spraying with Malasol or Oleum in the cooler months.

Watch out for ant movement, as they are the main culprits for transferring disease around the garden. Sprinkle Ant Dust around their

holes and along their trails. This is one of the best times to attack these problems.

April is the perfect time to buy and plant out primula, poppy, pansy and gazania seedlings. Keep the seedling trays once you have

planted out your winter colour as they are perfect for sowing any seeds you buy in spring. Plant out perennial plants, such as lupins,

Shasta daisies, and aquilegias.

Planting new roses now will allow them to ‘settle-in’ during winter and will also

give them a head start in spring. Make sure that you continue to spray your roses

against fungal diseases such as mildew and black spot.

April is an excellent planting and transplanting month for all trees and shrubs. The

worst of the summer heat is over. Before transplanting trees or shrubs, prepare

the soil in the new position by adding plenty of compost and fertiliser. Water the

tree and the hole where it will be planted well before transplanting.

Page 5: Inniriet Magazine - Pongola

Maak die hierdie jaar ‘n paasfees

van kleur. Borde en oondbakke

beskikbaar by ons Pick n Pay.

Aksensueer jou voorkoms met juwele en ‘n hoed.

Plaaslik by Sable & Minx beskikbaar.

Kussings en hasie beskikbaar by Donatella

Page 6: Inniriet Magazine - Pongola
Page 7: Inniriet Magazine - Pongola

Ons gesels met Monique Jacobsz en Elsa Coetzer van Sumbunny’s Vintage.

Waar het dit ontstaan?

Monique het vir haar suster ‘n babatee gereël. As deel van die tema het sy vir Elsa gevra om borslappies te maak as

geskenk. Dit was so gewild onder die dames wat die babatee bygewoon het, dat Monique die idee gekry het om

hierdie in ‘n besigheid te omskep.

Hul produkreeks

Die reeks bestaan tans uit bababorslappe, troos kombersies asook kopbande vir babadogterjies. Vir die moderne

vrou van vandag het hulle krale en serpe asook halssnoere.

Die halssnoer reeks bestaan meestal uit kant

en gehekelde blommetjies met pêrels.

Alles is “vintage” en daar is tot kamee’s

uit ouma se dae.

Waar vind jy hul produkte?

Produkte is lokaal beskikbaar by

Grace’s love en vir jou eie katalogus

stuur ‘n epos na :

[email protected]

of besoek hul Facebook blad by

Sumbunny’s Vintage

Page 8: Inniriet Magazine - Pongola

BALLADE VIR ‘N ENKELING - LEON VAN NIEROP

In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek.

En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder

versagting, aangepas vir 2014. Dit begin wanneer een van die land se gewildste

skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry 'n

voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar

hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap 'n perdebynes oop van verraad,

donker geheime, moord en mislukte verhoudings. Maar wanneer sy by die eintlik rede

uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van

haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat

het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie. Maar nog erger: Carina besef dat daar

sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan

stel . . .

BOEKE BLOGS

IKARUS - DEON MEYER

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.

Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.

En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.

Ikarus is die eerste Afrikaanse boek wat gelyktydig in drie formate verskyn: gedruk,

elektronies en oudio.

kate-tin.blogspot.com

All my life, food has been my love, passion, and my escape. Met one

of those annoying people who insist that ever since they were 8

years old, they wanted to be a chef? I am one of those; the ultimate

food nerd. With an abnormally large cookbook (and cookie cutter)

collection to go with it. During the week I plan the food content of

South African's first daily breakfast show, Expresso which we

broadcast live from a penthouse studio in Cape Town every

morning. On weekends, I relax by getting creative in the kitchen

and making gateaux and homemade sourdough bread from scratch

or perfecting macarons for my blog (as you will notice, I lean rather

heavily towards the sweet stuff!)

BLOG OF THE MONTH IDIOME & UITDRUKKINGS Uitdrukking: Iets met ‘n knippie/korreltjie/greintjie sout neem

Betekenis: Iets nie as die volle waarheid aanvaar nie

Waar kom dit vandaan?

In ‘n resep van Plinius die Ouere, die voorste Romeinse

wetenskaplike van die eerste eeu n.C., word figuurlik

verwys na iets wat addito grano salis (met ‘n greintjie sout

daarby) opgeneem moet word. Sout maak dit meer

aanvaarbaar.

Page 9: Inniriet Magazine - Pongola

Dek ‘n tafel vir Paasfees

Ons het gehou by ‘n neutrale kleurskema van wit, silwer en

swart. Versterk jou dekor-elemente met regte hoendereiers, ‘n

klippie uit jou tuin en silwerware uit ouma se kombuis.

Stilering en handwerk ELIZE LOMBARD

Foto’s ROLENE PHOTOGRAPHY

Page 10: Inniriet Magazine - Pongola

LEKKER SKAAPBOUD

Bestanddele:

2½ tot 3 kg ontbeende skaapboud Braaivleis spesery (opsioneel) ½ tot 1 koppie room Sout en peper na smaak Fyn appelkooskonfyt verdun met asyn Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. 2. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. 3. Smeer konfyt oor boud binne en buite. 4. Bind vas met tou. 5. Plaas op foelie met die blink kant na binne, gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. 6. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure, toets en sit voor.

Bak & Brou

Die wonder van die Lourierboom Die Lourierboom is een van ons bekende bome in Suid Afrika en is baie gewild by kokke want die blare is baie geurig en word in allerhande disse gebruik. Hierdie boom is in die familie Lauraceae en die orde is Laurales. Die avokadopeerboom behoort ook aan hierdie familie.

Wêreldwyd is daar 2000 spesies wat tot die Lauraceae behoort waarvan 10 in Suid Afrika voorkom en 9 daarvan is bome. Verskeie van hierdie bome wat tot die Lauraceae familie behoort is van ekonomiese belang, soos die Avokadopeer, Cinnamom zeylanicum (wat kaneel lewer) en dan die Lourierboom. Dit is ‘n baie waardevolle boom om teen heinings te plant omdat hy ‘n baie mooi regop vorm het. Die blare van hierdie boom is ovaal of spiesvormig met ‘n duidelike aar in die middel en dit groei dig teen die takke. Die klein bessies verskyn so tussen die blare en vertoon mooi.

Die lourierboompies groei maklik en hulle het nie spesiale aandag nodig nie. ‘n Plekkie in die son en gereelde water is genoeg. Hulle vertoon pragtig in potte en ons kan hulle in allerhande vorms snoei, of laat hom net aan die natuur oor om te groei en met tyd kan hy ‘n redelike groot boom raak. Die stam van hierdie lourierboompies in potte kan nogal in snaakse vorms groei en vertoon baie mooi en lyk so kunstig. In die Mediterreense streke groei die lourierboom wild en hulle is nie gevoelig vir koue nie.

Lourierblare en bessies is gewild en word ook as medisyne gebruik. Jy kan ‘n tee van die blare maak en dit warm drink voor slaaptyd . Daar word geskryf dat dit sal help om jou heerlik te laat slaap en dit is ook goed teen verkoue, slegte spysvertering, moegheid en ook rumatiek. Dit is seker daarom dat dit in voedsel gebruik word. Die olie van die lourierbessies word gebruik in lyfrome, en ook in antiseptiese salwe. Die room is ook baie goed vir rumatiese pyn. Smeer aan en geniet die aroma en die verligting van pyn.

Miere, miet en kakkerlakke hou nie van lourierblare nie, daarom kan u gerus ‘n paar blaartjies agter in die koskas plaas en hou ‘n

blaartjie of twee waar rys en meel gestoor word. Dit sal die insekte weghou van die kruideniersware en u kaste sal ook lekker ruik.

“Soms slaag ek, soms misluk ek,

Maar elke dag is ‘n skoon lei en ‘n vars geleentheid.”

Page 11: Inniriet Magazine - Pongola

KYK SO OF JOU REKORD SKOON IS Die verwydering van verbruikers se negatiewe kredietinligting en inligting oor vonnisse waarvan die skuld betaal is, staan bekend as

"kredietamnestie". Op 1 April moet alle geregistreerde kredietburo`s begin om negatiewe inligting oor verbruikerskrediet te verwyder.

Dit moet teen 31 Mei klaar wees.

Dié negatiewe inligting behels:

Subjektiewe klassifikasies van verbruikersgedrag, soos "oortreder", "wanbetaler", "stadige betaler", "gevlug" en "nie kontakbaar";

Negatiewe klassifikasies met betrekking tot die opdwinging van betaling, soos "oorhandig vir invordering", "regsaksie" of "afgeskryf”;

Enige inligting oor skuld-dispute wat verbruikers aanhangig gemaak het, ongeag in wie se guns die dispuut besleg is; en

Enige merk, simbool, teken of ander manier waarop negatiewe kredietinligting in die betalingsprofiel van verbruikers vervat is.

Wanneer daar `n siviele hofbevel oor skuld was, insluitende verstekvonnisse (waar die skuldige party nie teenwoordig was nie), moet

die inligting verwyder word - maar net as die bedrag ter sprake wel betaal is.

Verbruikers moet kredietburo`s nader om hul kredietstatus na te gaan. As hulle so gou as moontlik skuld betaal waaroor vonnisse

uitgespreek is, kan hulle nog voordeel trek uit die amnestie.

Die hoofdoelwit van die amnestie is sodat verbruikers met `n skoon lei kan begin.

Die inisiatief verwyder nie verbruikers se plig om hul skuld te betaal nie, maar wil hulle aanspoor om hul skuld meer pligsgetrou en

betyds te betaal.

Jy sal steeds `n betalingsprofiel hê, maar die negatiewe inligting daarin word verwyder.

As jy `n vonnis op jou kredietverslag het, moet jy eers die skuld afbetaal en die bewys van betaling aan kredietburo`s stuur.

Hulle sal dit eers verifieër en dan, waar toepaslik, die negatiewe inligting verwyder. Elke verbruiker is wetlik geregtig op een gratis

kredietverslag per jaar van elkeen van die 13 geregistreerde kredietburo`s.

Kontak die 13 geregistreerde kredietburo`s hier:

TransUnion - 0861 482 482

Experian SA - 0861 105 665

Xpert Decisions Systems (XDS)- 011 645 9100

Compuscan - 0861 514131

Consumer Profile Bureau- 010 590 9505

CreditWatch - 011 483 0086

Crosscheck Information Bureau - 010 590 9505

Inoxico - 010 001 0540

LexisNexis Risk Management- 011 245 6500

Managed Integrity Evaluation- 012 644 4000

Robertsons International Reports - 011 777 4000

Tenant Profile Network- 086187 6000

Tenant Watch Business Activities - 011 394 6828

As jy `n geskil het met een van die kredietburo`s, bel:

Nasionale Kredietreguleerder- 0860627627

Kredietombudsman- 0861 662 837

“Die hoofdoelwit van die

amnestie is sodat

verbruikers met `n skoon

lei kan begin.”

Page 12: Inniriet Magazine - Pongola

Maak vrede met verspeelde kanse

Ons almal het goed waaroor ons spyt is, goed wat ons wens ons vroeër geweet het, mense wat ons te na gekom het ... Maar deur

jouself daaroor te verwyt, gaan jou nie jonger laat voel nie.

’n Duitse studie het getoon dat mense ouer as 65 jaar wat verspeelde kanse as deel van die lewe sien, gelukkiger is as dié wat oor en

oor daaroor dink.

Ons het ‘n sielkundige gevra hoe jy oor dinge kom wat kon, moes of sou gewees het.

VRAAG: Hoe begin jy jouself vergewe vir kanse wat jy deur jou vingers laat glip het?

ANTWOORD: Gaan dink eers presies oor wat jy kon gehad het, wat jy verkeerd gedoen het of

watter verkeerde keuse jy gemaak het. Jy kan nie iets laat gaan as jy nie weet presies

waaroor jy spyt is nie.

VRAAG: Maar gaan jy nie slegter voel as jy heeltyd dink oor dit wat jy verloor het nie?

ANTWOORD: Dis nodig om dinge in perspektief te sien. As jy vyf jaar later terugkyk, weet jy

dit was die verkeerde keuse, maar in daardie stadium het jy gedoen wat jy gedink het die

beste was. Maak vrede daarmee.

VRAAG: En dan?

ANTWOORD: Dit help soms om met iemand daaroor te praat. Gaan gesels met ’n vriendin en

vertel haar waaroor jy spyt is. Sy sal haar sekerlik met jou situasie kan vereenselwig of haar eie storie kan vertel. Om jou spyt met

iemand te deel, gaan dit nie wegvat nie, maar om dit te deel en te weet ander mense het dieselfde “foute” gemaak, kan ’n bietjie

troos bring.

VRAAG: Hoe gemaak om nooit weer spyt te wees nie?

ANTWOORD: Ons is nie gevrywaar teen verkeerde keuses of spyt nie, maar wanneer jy volgende keer voor ’n groot besluit te staan

kom, raak rustig, haal asem, en luister na jou lyf en jou instink.

BOERERATE

Wonder jy soms oor Oupa of Ouma se boereraat - wel ons het ‘n paar rares gaan uitsnuffel vir jou.

Vir sommer enige pyn of kwaal

Zambuk salf!

Sooibrand

Drink twee eetlepels asyn. Die probleem sal vir ‘n kort rukkie erger voel, maar dan verdwyn.

Tandpyn

Byt ‘n aspirien op die tand vas en smeer die wang waar die tand is met bruin skoenpolitoer of rook perdemis

Oorpyn

Braai ’n vars krap en gooi ’n paar druppels twee keer per dag in die seer oor.

Vratte

Neem een lang haar van jouself, bind dit styf om die vraatjie, sny ander deel van haar af. Los tot vraatjie afval. Het bietjie hulp nodig

van iemand om te help. (Dit sê ongelukkig nie wat jy moet doen as jy kaalkop is nie …)

Sproete

Melk ’n perd en was die gesig twee keer per dag met die melk.

Krampe

Sit jou regterskoen voor die linkerskoen neer, sodat die een se toon na die ander een se polvy kyk. Die kramp sal verdwyn.

So terloops - moet asseblief nie die rate gebruik alvorens jy dit met ’n dokter bespreek het nie.

Page 13: Inniriet Magazine - Pongola

DIY : hanging jars with spoon holders

Put your old glass jars to good use by embarking on a fun DIY

project to breathe some beauty into your home or exterior

space. Hang salvaged jars from old spoons that are bent to form

hooks, and

screwed to the

wall. Then fill

your glass jar

with some soil

and your

favourite

flowers.

- sadecor -

Nowadays it would seem the only way to get kids to play outdoors is to spend half your savings on expensive toys and entertainment. But let’s go back to basics for a second and look at tyres.

Available from most panel beaters and wheel fitters, second-hand tyres are easy to acquire for next to nothing. And with a little imagination and patience, they can be turned into a variety of quirky kiddie pastimes, not to mention stylish outdoor décor pieces for mom:

Stack a whole lot of tyres on top of each other in a random fashion for kids to crawl over and under.

Burry a large tractor tyre and line it with durable plastic before filling it with sand – to make a sandbox!

Start a veggie garden with the kids, filling tyres with potting soil and planting a different veggie variety in each.

Make individual seesaws! Cut a tyre in half so you have a half-moon shape and attach a length of timber to the open side. Paint it beautifully and attach a handle bar.

Plant the tyres halfway in the ground for the kiddies to play leapfrog with.

Stack two tyres on top of one another and top it with a piece of round wood. Simply top with a cushion for excellent weather proof outdoor chairs.

Make a good ol’ tyre swing and hang it from the tree outside.

- momtrepeneur -

DOSYNE IDEES MET EIERHOUERS

Hou al jou leë eierhouers en maak liefklike dekor vir jou huis en

speelgoed vir die kinders.

Page 14: Inniriet Magazine - Pongola

Ons raak nostalgies en stuur ‘n poskaart “SY roep my in die rigting van haar hart, waar die wintervure brand en die nagte vir die somer lê en wag. Sy giet haar trane in die

see, sy stuur haar woorde met die wind, na die strande

van lankvergete smart.

“Vier seisoene kind, met die winter in jou oë. Waar het ek

jou verloor? Vier seisoene kind, met die liefde in jou palm

– kyk, jou oseaan is kalm. Vier seisoene kind, vier seisoene

kind, stuur my nog ‘n poskaart met die wind.

“Sy maak vir my ‘n ‘painting’ van die herfs, as die

akkerbome rus en die wolke soos vlamme oor ons waai.

Sy gee vir my ‘n soet Septembergeur as die Boland lê en

bloei, met die somer wat klop hier aan my deur.

“Stuur my nog ‘n poskaart met die wind, stuur my nog ‘n

poskaart met die wind, stuur my nog ‘n poskaart met die

wind…” – Laurika Rauch.

Diep woorde, mooi woorde – woorde waarmee baie van ons ons kan vereenselwig.

Wanneer laas het jy ’n poskaart ontvang, so ’n bondige ouwêreldse proesel woorde en prent wat jou wegvoer na ’n plek en ’n tyd en ’n

gemoedstoestand ver van hier?

Dié poskaart-gier wat die wêreld op horings neem, word Postcrossing (http://www.-postcrossing.com) genoem: ’n aanlyn projek – of

eerder ’n kruising tussen die internet en outydse slakkepos – waarmee jy jou naam en adres op ’n webwerf registreer sodat jy soveel

poskaarte soos jy wil, kan stuur en ontvang. Om te begin kan jy hoogstens vyf name versoek wat die stelsel lukraak kies en uitspoeg,

elkeen met ’n kode. Jy gooi die poskaart(e) in die pos (met die unieke kode daarop). Wanneer die ontvanger dit kry, registreer hulle die

kode op die webwerf en kan hulle ook vir jou ’n boodskap los. Die oomblik as die kode geregistreer word, spoeg die stelsel weer jóú

naam uit vir ’n lukrake persoon, wat dan vir jou ’n poskaart stuur.

Paulo Magalhães van Portugal het Postcrossing op 14 Julie 2005 begin as ’n stokperdjie omdat hy mal is oor die verrassingselement

van poskaarte uit die uithoeke van die wêreld. Die webwerf het al meer as 464 064 lede in 222 lande wat al altesame 22 553 104

poskaarte gestuur het. Terwyl jy hier lees, is ’n verstommende 508 155 poskaarte op pad na hul bestemming.

Rusland is die land met die meeste lede, en een van die hoofredes hiervoor is ewe verbysterend: Die jonger geslag Russe wat met

internet en e-pos grootgeword het, het halsoorkop verlief geraak op die konsep van slakkepos omdat die meeste van hulle nog nooit ’n

brief of ’n poskaart ontvang het nie!

So stuur ‘n e-poskaart met virtuele groete of vergeet van tegnologie, koop ‘n seël en stuur ‘n outydse poskaart per pos!

MAAK SO JOU EIE POSKAART met herinneringe vir vriende en familie

Nie lus om dit self te doen nie. Laat

druk plaaslik jou eie poskaarte by Ciska

Signs & Designs of Luvilee Designs by

Rolene

Page 15: Inniriet Magazine - Pongola

Stuur ‘n briefie met ‘n posduif ...

Posduiwe is spesiaal geteëlde duiwe. Die posduif is al gebruik van die vroeë 1150 in Bagdad en toe later by Genghis Khan. Posduiwe

het ook handig te pas gekom in die Eerste- en Tweede Wêreld oorloë as

boodskappers - vandaar die naam posduif.

Die duiwe se hokke was op skepe gehou vir noodboodskappe. Indien ‘n

skip raakgeskiet was en besig was om te sink sou die bemanning posduiwe

uitstuur met hulle koördinate in die boodskaphouertjie wat aan die duif

vasgemaak was. Sodoende is baie lewens gered.

’n Bekende posduif, genaamd Cher Ami, het tydens die Eerste Wêreld

oorlog ’n boodskap geneem oor die vyand se grense, waar die posduif in sy

bors en been geskiet is. Cher Ami het sy been verloor, maar hy het aanhou

vlieg vir nog 25 minute om by sy bestemming te kom. Dié posduif is toe

met die Franse ‘Croix de Guerre’ medalje vereer.

Nog ’n posduif held is G.I. Joe wat tydens die Tweede Wêreld oorlog duisende Britse troepe gered

het. Die soldate het hul posisie in ’n Italiaanse dorpie wat deur alliansie vliegtuie gebom sou word

met ‘n posduif gestuur.

G.I. Joe het binne 20 minute 20 myl gevlieg om by die vliegveld hoofbasis te kom, waar die vliegtuie

klaar besig was om hulle enjins aan te sit.

Dié posduif is met die ‘Dicken’ medalje vereer vir braafheid. In 1860 het Paul Reuter, wat die ‘Reuters

Press’ begin het, 45 posduiwe gebruik om nuus en aandeelpryse te stuur tussen Brussels en Aachen.

Duiwe was en is ’n goeie posdiens omdat hulle tot 80km per uur kan vlieg vir meer as 966km per

dag. Hul kan self vinniger vlieg as die afstand in korter afstande opgedeel word.

’n Studie wat oor 10 jaar uitgevoer is by die Oxford Universiteit, het bewys dat alle duiwe paaie

gebruik om hulself te oriënteer. Die duiwe sal selfs by ’n T-aansluiting draai in die rigting waarin sy

bestemming is. Ander teorieë is dat hulle met die aarde se magnetiese veld vlieg, op die uitkyk vir

visuele landmerke met die son se hulp as kompas.

Wanneer duiwe loop wieg hulle koppe voor- en agtertoe. Dit is nodig omdat duiwe nie drie-

dimensioneel kan sien nie. Hulle visie is mono-visueel. Duiwe kan geleer word om geel en rooi

lewensbaadjies uit te ken.

Duiwe is een van net ses voël spesies wat die spieëltoets geslaag het deur te konseptualiseer dat dit

’n refleksie is wat hy sien en nie ’n ander duif nie. Duiwe kan ook al 26 letters van die alfabet herken

en hulle kan die verskille sien tussen mense en foto’s en ook mense herken.

Ons plaaslike posduifklub

Pongola posduifklub vlieg onder KZN Combine – wanneer die duiwe vlieg word al die duiwe op een trok gelaai en kom by Ladysmith

bymekaar. Vandaar word dit in twee roetes gedeel – noordelike en ‘n westelike roete.

Pongola vlieg saam met Richardsbaai, Empangeni en Melmoth in die Zululand unie. Die Pongola klub bestaan uit 10 lede waarvan 9

lede in die 2015 seisoen vlieg.

Die seisoen begin einde Mei en die wedvlugte duur vir 16 weke. Die noordelike roete begin op Vrede en eindig op Messina. Die

westelike roete begin op Kestel en eindig op Mafikeng. Die eerste wedvlug van die 2015 seisoen is op 30 Mei 2015 en die seisoen

eindig op 20 September 2015.

In die Combine kry die eerste 100 duiwe punte. In die unie kry die eerste 50 duiwe punte en in die klub kry die eerste 10 duiwe

punte.

Pongola klub gee tans 6 bekers uit : Klub kampioen, Noord ope kampioen, Noord jaaroud kampioen, Wes ope kampioen, Wes jaaroud

kampioen en Junior kampioen(skoolkinders)

Page 16: Inniriet Magazine - Pongola

Tydens die 2014 prysuitdeling is die volgende bekers uitgedeel :

Klub kampioen Danie van Rooyen

Noord ope kampioen Danie van Rooyen

Noord jaaroud kampioen Berdine Jacobsz

Wes ope kampioen Michiel Jacobsz

Wes jaaroud kampioen Danie van Rooyen

Junior kampioen Berdine Jacobsz

Hoogtepunte van 2014 seisoen

Berdine Jacobsz is nie net die junior klub kampioen nie, maar ook die junior kampioen in Zululand. Sy wen ook die Pongola klub se

Noord jaaroud kampioen trofee en stof al die seniors in die klub uit.

Danie van Rooyen Jnr wen ‘n medalje in die Zululand Middelburg jaaroud wedvlug – dit is die eerste seisoen wat hy deelneem en dit is

‘n groot prestasie vir hom en sy duif.

Danie van Rooyen Snr wen die Vrede jaaroud Zululand medalje.

Michiel Jacobsz se duif behaal ‘n uitmuntende prestasie in die Griekwastad wedvlug. Die duiwe is vrygelaat om 06h45 en moet ‘n

afstand aflê van 843.160km. Die duif arriveer om 23h58 terug by sy hok. Dit is ongewoon van ‘n duif om in die nag te vlieg.

Michiel Jacobsz wen ‘n Zululand medalje en KZN medalje vir die Marble Hall ope en verdere medaljes vir die Pietersburg ope in

Zululand en KZN.

Baie geluk aan die medaljewenners en bekerwenners. Die klub sien uit na ‘n groot seisoen in 2015.

BEDANKINGS

Die klub wil net graag die volgende persone of instansies bedank vir die skenking van trofees :

Weich & Kriel Prokureurs

Pongola Feeds

Michiel Jacobsz

Danie van Rooyen Snr

‘n Spesiale dank aan oom Boet Jacobsz vir sy getroue ondersteuning, bystand en raad. Ons dank jou oom Boet!

Enige persoon wat wil aansluit by die klub of belangstel kan Michiel Jacobsz skakel by 078 451 8030, Coen Meyer by 082 324 3064 of

Danie van Rooyen Snr by 083 310 7953.

Besoek gerus die webtuiste by :

http://www.kznrpu.co.za/

FONDSINSAMELING VIR 2015 Die duiweklub van Pongola is besig met ‘n fondsinsameling vir die komende seisoen. Die koste van ‘n kaartjie beloop R25.

Die eerste prys is ‘n aand by Amakhosi Lodge vir 2 mense;

Tweede prys is ‘n naweek vir ‘n familie van 5 mense by Senekal Tente kamp;

Derde prys – ‘n skaap en ‘n rooibok.

Ondersteun asseblief hierdie poging van die duiweklub.

Foto’s verskaf

Page 17: Inniriet Magazine - Pongola
Page 18: Inniriet Magazine - Pongola

Pinkster (beteken 'die vyftigste dag') is 'n Christelike fees ter herinnering

aan 'n belofte wat Jesus aan sy volgelinge gemaak het. Vyftig dae ná sy

opstanding het Jesus 'n helper, die Heilige Gees, gestuur om sy dissipels,

wat in Jerusalem was (Handelinge 2:1-41), met nuwe krag te beklee.

Pinkster word sedert die 3de eeu as 'n Christelike fees gevier. In

ooreenstemming hiermee val die Christelike Pinksterfees op die vyftigste

dag ná Paasfees.

Die fokus van Pinkstertyd is natuurlik op die Heilige Gees wat uitgestort is

op Pinksterdag om sy kerk toe te rus om die evangelie na die uithoeke van

die aarde uit te dra. Pinksterfees is dus ook ‘n sendingfees.

In die NG Kerk het 'n unieke tradisie ontstaan rondom Pinkster, naamlik om in die week voor Pinksterfees Pinksterdienste en bidure te

hou. Hierdie tradisie het sy oorsprong in 1860 gehad, toe 'n kragtige herlewing in die kerk uitgebreek het. Hierdie herlewing was sterk

sendinggerig. Mense het in hierdie tyd gereeld bymekaargekom in gebed in afwagting op en as voorbereiding op Pinkstersondag.

In 'n sekere sin kan ons sê dat Pinkstersondag die geboorte van die kerk was. Voor die uitstorting van die Gees was die dissipels 'n

groepie bang, verwarde en verbouereerde mense gewees. Ná Pinkster het hulle die evangelie vreesloos verkondig! Met Pinkster het

God sy kerk deur sy Gees tot stand gebring as 'n instrument om die goeie nuus uit dra.

Pinkstersondag self behoort 'n dag vol musiek, sang, kleur, blomme en vreugde te wees.

- Petrus Botha -

Die storie agter die paashaas ... Paasfees word gevier wanneer Christene regoor die wêreld die kruisiging van Jesus herdenk, en dink aan die tyd toe die mens sy

sonde ontdek het en Christus dit van hom weggeneem het. Die Nuwe Testament leer ons dat Jesus ná die derde dag weer opgestaan

het uit die dood en opgevaar het na die hemel. Maar as die opstanding van Jesus Christus die oorsprong van Paasfees is, waar kom die

Paashaas dan nou eintlik vandaan, want hy word tog nêrens in die Bybel genoem nie?

Daar word geglo dat die haas ’n oeroue simbool van vrugbaarheid is. So ook is eiers ’n simbool van vrugbaarheid en nuwe lewe. Eostre

was die godin van vrugbaarheid in Noord-Europa, nog voor die koms van Christus. Dit is juis van haar waar die Engelse woord Easter

afkomstig is. Eostre se metgesel was niks anders as ’n haas nie, vir wie sy glo die vermoë gegee het om een maal ’n jaar eiers te lê.

In die tyd toe Christenskap nuut was, was dit volgens oorlewering algemeen onder Christene om van hul ou idees en tradisies met

nuwes te probeer kombineer. Dit het ’n mengsel van heidense en Christelike tradisies geskep.

Die Paashaas kom oorspronklik van Duitsland — van so vroeg as die 15de eeu. Duitse nedersetters wat na Amerika geïmmigreer het,

het glo hul tradisies met hulle saamgeneem, insluitende die Paashaas, wat as Osterhase of Oschter Haws bekend was. Osterhase, of

die Paashaas, soos hy vandag bekend is, het helder gekleurde eiers gelê wat hy vir soet kinders gevat het wat die aand voor die tyd

spesiale nessies in hul hoede of kappies reggemaak het daarvoor. Oor die jare heen het die tradisie

gegroei, en later het die Paashaas nie meer net eiers gebring nie, maar sjokolade en lekkergoed ook.

Dit was ook in Duitsland waar die sjokoladehasies in die 1800’s ontstaan het, wat deel uitgemaak het

van die Paasfeesvieringe. Pleks daarvan om nessies in hoede vir hom reg te maak, het die Paashaas sy

“skatte” in versierde mandjies begin los.

Vandag sien Christene en nie-Christene ewe veel uit na Paasfees as ’n tyd om die lewe en familie te

vier, en kindertjies kan nie wag vir hul Paasmandjies vol eiers en sjokolade wat die Paashaas kom

aflewer nie.

Maar wat sê die kerk oor hierdie heidense tradisies wat so deel van ons Christelike samelewing geword

het? Volgens ds. Wollie Wolhuter van die NG Kerk het paaseiers ’n simbool van nuwe lewe geword,

soos ’n kuiken wat uit ’n dooie eierdop uitkom. Die leë eierdop is vir Christene simbolies van die leë

graf en die opstanding van Christus. Die Paaseiers word buite in die tuin weggesteek, wat die

ontdekking van nuwe lewe in die tuin simboliseer, met ander woorde, soek en vind nuwe lewe.

Page 19: Inniriet Magazine - Pongola
Page 20: Inniriet Magazine - Pongola

Die eerste Volkswagen Kombi was gedurende 1947 gebou. Sedertdien is daar nagenoeg 11 miljoen gebou. Hierdie veeldoelige vervoermiddel is baie gewild. Van “ma se huurmotor” tot strand en branderplank vervoermiddel, tot besigheid aflewering voertuig.

Die jongste opgegradeerde Trendline 2.0 liter, turbodiesel aangedrewe model is ‘n baie bruikbare voertuig en is daar soveel noodsaaklike toerusting geinstalleer dat dit goed vergelyk met ‘n normale sedan motor.

Die opdatering bestaan uit ‘n sewespoed DSG ratkas, lugsakke, gefiltreerde lugversorger, radio, onafhanklike veerstelsel voor en agter, geventileerde skyfremme met ABS, elektroniese ewenaar slot en enjin beheerde remstelsel.

Vir binne gerief is daar ook ‘n elle lange lys van toerusting om die rygerief te verbeter. Die sykant skuifdeure bevat slotte wat verhoed dat kinders die deure van binnekant-af kan oopmaak. Tesame met dit sluit die deure outomaties die oomblik wanneer die voertuig in beweging kom. ‘n Sleephaak met

outomatiese swaai voorkoming maak deel uit van die veiligheidstoerusting.

Rubber matte is deel van die basiese model met ‘n plat laaigebied wat ongeweer 60 sentimeter bokant grondvlak is.

Gasgevulde stutte verseker dat die agterdeur self oopgaan en oop bly wanneer goedere gelaai word. Beide die twee rye sitplekke kan verwyder word en is daar ‘n laaioppervlakte van 5,8 kub. meter laaispasie beskikbaar en is dit moontlik om 970 kg. goedere te laai. Met die twee sykant glydeure en die agterklap oop, is toegang tot die laaigebied sonder moeite.

Die 1968 kub.sentimeter vier silinder turbodiesel enjin verrig sy taak met gemak. 103 kW is beskikbaar by 3600 o.p.m en die maksimum wringkrag van 340 Nm is beskikbaar tussen 1750 en 2500 o.p.m.

Na verneem word is die brandstofverbruik ongeveer 8,6l/100km en die brandstofhouer neem 80 liter brandstof.

Neem ‘n toetsrit met die Volkswagen T5 kombi 2.0 TDI

Die waarde van klassieke motors styg jaarliks, en deur die regte aankope vroegtydig te doen, kan die belegging jou beste pensioenskema word.

Dit is die mening van ’n kenner wat vasgestel het dat klassieke motors deesdae ’n al meer gesogte beleggingsmoontlikheid geword het.

Klassieke motors uit Suid-Afrika het onlangs in Amerika beland waar hulle teen astronomiese pryse van die hand gesit is op motorveilings wat deur afslaers gehou word en slegs konsentreer op die ouer voertuie.

Van die voertuie se waarde het dramatiese stygings getoon, en enkeles is verkoop teen ’n prys wat 120% hoër is as wat in Suid-Afrika daarvoor betaal sou word.

Sedert 2007 het die pryse van klassieke voertuie sodanig toegeneem dat dit die aandag getrek het van die invloedryke New World Wealth wat beleggings oor ’n wye front monitor.

Wat dit vir versamelaars aanloklik maak om nog meer voertuie aan te koop, is blykbaar omdat die tyd glo aangebreek het waar die binnebrandmasjien mettertyd vervang gaan word.

Versamelaars sê dit gaan ’n ontploffing meebring wat veral klassieke motors se pryse deur die dak sal laat vlieg en feilik onbekostigbaar gaan maak.

’n Voorbeeld van hoe klassieke motors se pryse gestyg het, is die 1962 Ferrari GTO wat onlangs in die VSA vir meer as R450 miljoen verkoop is. -vryburger-

Rykes koop nou diamante

Moederaarde se diamante word al minder wat aan die gulsige mensdom gebied kan word, en die blink klippies met hulle verskeidenheid van kleure beland nou in die sakke van die superrykes van die wêreld. Gekleurde stene van meer as een karaat is nou die rykes se beleggingsveld en die aanvraag word al groter uit Oosterse lande, waarvan Indië blykbaar op die voorpunt is.

Kenners meen die beperking op beskikbaarheid van nuwe diamantvelde, en die kleiner wordende produksie by bestaande myne, is van die hoofredes waarom die klippies nou in so ’n groot aanvraag is. Die navorsing en bevinding wat deur Wealth Report gepubliseer is toon ook dat gekleurde diamante sedert 2005 met meer as 160% gestyg het. Die uiters gesogte blou diamante het die tyd met sowat 350% gegroei, terwyl pienkes met 160% verhoog het. ’n Blou diamant van 9,75 karaat is verlede jaar vir net onder die $33 miljoen (byna R400 miljoen) verkoop aan ’n versamelaar van Hongkong.

Page 21: Inniriet Magazine - Pongola

Egskeiding - bestrede of onbestrede? Dit belangrik om die basiese stappe en regte ten opsigte van die proses te ken en te verstaan. Alle egskeidings word op grond van ‘n aksie prosedure aan die hof voorgelê deur enige een van die partye, hetsy die man of die vrou. Die egskeiding sal begin met ‘n konsultasie by ‘n Prokureur waar die omstandighede van elke individuele saak bespreek word en die meriete daarvan in ‘n dagvaarding op skrif gestel word. Hierdie dagvaarding word dan aan die ander party gestuur deur middel van betekening deur ‘n Balju. Dit is baie belangrik om te verstaan dat indien daar kinders betrokke is, die proses verander deurdat die Gesinsadvokaat betrokke raak en kan gelas dat daar onderhoude gehou of ondersoeke gedoen word. Die Dagvaarding begin die proses van ‘n egskeiding, alhoewel baie paartjies verkies om gesamentlik ‘n prokureur te sien en ‘n skikking te bereik. Hierdie is onbestrede egskeidings en is gewoonlik vinniger en goedkoper. Die skikking wat die partye bereik het, word dan ‘n bevel van die hof gemaak tydens die toestaan van die egskeidingsbevel deur die Hof. Na ontvangs van die dagvaarding het die verweerder/ander party 10 (tien) dae om verdediging aan te teken. Dit is hier waar die grootste verskille in egskeidings voorkom aangesien sekere egskeidings onverdedig is en ander egskeidings verdedig word deurdat die verweerder sy/haar eie prokureur kry om die egskeiding teen te staan of om die meriete soos uiteengesit in die dagvaarding te weerlê. BESTREDE EGSKEIDING Na verdediging aangeteken is het die verweerder dan 20(twintig) dae om te pleit, dit is by hierdie gedeelte van die litigasie waar die verweerder die eiser se weergawe in dispuut plaas en die teendeel pleit, of die eiser se weergawe erken of gedeeltelik ontken. Daar is ‘n drastiese verskil in die kostes sodra die egskeiding ‘n bestrede egskeiding word omdat die litigasie dan tegnies begin en pleitstukke en skrywes heen en weer van die een prokureur na die ander gewissel word. Sodra die verweerder gepleit het, kan die eiser repliek lewer (antwoord) op die verweerder se pleit om goed wat nie duidelik is nie, duidelik te stel. In meeste egskeidings word daar op hierdie stadium oorweeg om die egskeiding te skik en sal daar ‘n konsultasie gereël word tussen die partye. Indien die egskeiding nie geskik word nie, gaan dit voort en word daar ‘n voorverhoor konferensie tussen die prokureurs en advokate gehou om die meriete van die saak te bespreek. Daarna sluit die pleistuk fase en begin die blootleggings fase. Die blootlegings fase kan baie tydsaam wees omdat albei partye dokumente moet voorlê wat hulle saak (inkomste, uitgawes en bates) bewys. Dit is belangrik dat die meriete en die bewyse ooreenstem en indien daar enige verskille teenwoordig is, die verweerder dan daardie verskille of ongeruimdhede na vore sal roep en die teendeel sal beweer en bewys. Daarna word daar aansoek gedoen vir ‘n hofdatum (‘n verhoor datum). Op datum van die verhoor, tree die Advokate op namens hulle onderskeie kliënte en die saak word voor die hof geargumenteer. Die voorsittende regter neem dan alles in ag en maak ‘n bevinding. ONBESTREDE EGSKEIDING Onbestrede egskeidings is baie goedkoper as bestrede egskeidings omdat daar eenvoudig minder werk ingaan en minder of geen litigasie teenwoordig is nie. Onverdedigde egskeidings kan op twee maniere geskied. Eerstens kan die tyd uitloop waarbinne verdediging aangeteken kon word, of waarbinne ‘n pleit gelewer moes word. Die dagvaarding sowel as die bewys dat die dokumente afgelewer was, word op die verstek vonnis rol geplaas vir ‘n sekere dag. Daarna word ‘n advokaat aangestel om op daardie dag die hof toe te spreek oor die meriete, waarop die hof dan die eiser roep om te getuig oor die meriete wat in die dagvaarding genoem is. Die hof neem die meriete in ag en sal die egskeiding toestaan of nie toestaan nie. Die tweede manier is die mees algemene en dit is waar die partye ‘n skikking bereik het. ‘n Skikkingsooreenkoms word opgestel met inagneming van die meriete en onderhewig aan goedkeuring van die gesinsadvokaat (indien kinders teenwoordig is). Waar daar kinders betrokke is, sal die skikkingsooreenkoms eers na die gesinsadvokaat gestuur word vir goedkeuring en endossering. Die dagvaarding word dan op die aansoek rol geplaas en ‘n advokaat word aangestel om op daardie dag die hof toe te spreek oor die meriete. Die eiser sal geroep word om te getuig en die skikkingsooreenkoms te bevestig, waarna die hof dan die skikkingsooreenkoms ‘n hofbevel sal maak. Dit neem gewoonlik ongeveer 10 (tien) dae om ‘n getekende hofbevel te kry van die hof, sodra die Hof sy bevel gemaak het. Inligting verskaf deur Tom Wessels Prokureurs. Indien u enige navrae het skakel hom by (034) 413 1118.

Page 22: Inniriet Magazine - Pongola

Ons kinders sê ...

Ontmoet vir Karen Venter Karen is die eienaar van die Optrometric Centre in die Senekal Sentrum. Sy behaal haar B.OPtom graad by die Universiteit van

Johannesburg in 2008 en was by Pionier op skool. Sy is getroud met Louw en hy is werksaam by Pongola Toyota.

Wat het jou laat besluit om ‘n oogkundige te word?

My ouer sussie, Sandra, is ook ‘n oogkundige, en die kurses het opwindend gelyk.

Watter raad kan jy aan ons lesers gee?

Dit is belangrik om elke 2 jaar ‘n oogtoets te ondergaan en mense met diabetes moet elke jaar ‘n oogtoets doen.

Maak seker dat die sonbrille wat jy koop UV proteksie bied en dat dit gepolariseerd is.

Hoe goed is die ‘oor die toonbank’ leesbrille wat ons almal gebruik?

Dit is nie ‘n probleem nie, ek verkoop dit self. ‘n Maklike toets om te sien of dit voldoende vir jou is, is om eers die een oog toe te

maak en te kyk wat jy kan lees en dan weer die ander oog. Indien iets nie duidelik is nie, beteken dit jy plaas te veel stremming op

een oog en moet jy waarskynlik ‘n voorskrif bril kry.

Op watter ouderdom moet ‘n mens jou kind se oë toets?

Dit is goed om ‘n algemene oogtoets in Gr 1 te laat doen. Ons toets dan ook vir kleurvisie (kleurblindheid) en diepte persepsie (3d).

‘n Opvolg oogtoets as die kind hoërskool toe gaan word ook aanbeveel.

Is daar tekens wat daarop kan dui dat jou kind se oë verswak het?

Jou kind sal naby aan die TV sit - dit is nie altyd te wyte aan swak oë nie.

Hy/sy sal ook nie daarvan hom om te lees nie en sal kla dat hulle nie op die bord kan sien nie. Hoofpyne kan ook as gevolg van

verswakte sig wees.

Is dit veilig om oogdruppels te gebruik?

Ja maar gebruik dit net vir die aanbevole tydperk anders kan infeksie intree as die oogdruppels besmet word. Probeer ook liefs om

nie oogdruppels met preserveermiddels te gebruik nie. Die oog word afhanklik daarvan.

Kan alle oë kontaklense dra?

Ja, daar is nou nuwe kontaklense op die mark vir ovaal oë en ‘n nuwe drie-in-een kontaklens.

Onthou om jou kontaklense skoon te hou. Moet dit asseblief nie met water was nie. As jou kontaklense nie gemaak is om mee te

slaap nie, moet jy dit uithaal voor jy gaan slaap.

Kom ontmoet vir Karen by The Optometric Centre in

die Senekalsentrum.

Haar ure is vanaf 08h30 tot 16h00 met ‘n etensuur

tussen 13h00 en 14h00.

Tel : (034) 413 1388

Page 23: Inniriet Magazine - Pongola
Page 24: Inniriet Magazine - Pongola
Page 25: Inniriet Magazine - Pongola

To advertise here email us at

[email protected]

or phone 082 8100 808

RATES :

Full page - R950

Half page - R550

Quarter Page - R350

Business Card - R250

We distribute the

Inniriet Magazine to :

1789 email addresses

We post the magazine on

various facebook pages

Inniriet is also available

on the Inniriet website at

www.inniriet.com

Can you afford not to

advertise your craft and/or

your business??

Next issue of Inniriet Magazine will be on

1 May 2015

Rates include the design of your

advertisement.

Page 26: Inniriet Magazine - Pongola

Pongola through my lens ...