Hierdie klas strooier is ontwerp met produktiwiteit en ... · Kragtige drie-spoed grondaangedrewe...

6
ProSpread 7

Transcript of Hierdie klas strooier is ontwerp met produktiwiteit en ... · Kragtige drie-spoed grondaangedrewe...

ProSpread

7

Hierdie klas strooier is ontwerp met produktiwiteit en veelsydigheid in gedagte, en bied die middelslag- en kommersiële boer, sowel as kontrakteur, die ideale opsie vir die verspreiding van lae hoeveelhede kunsmis tot hoë hoeveelhede kalk en gips, sowel as middelslag tot hoë hoeveelhede droë organiese materiaal.

8

Eienskappe• Die hoë-gehalte, geverfde, sagte staalbak- en onderstelkonstruksie is ʼn gesweisde konstruksie van vel- en plaatmetaal terwyl die onderstel van hoë-graad buisstaal vervaardig is om krag en soepelheid te bied tydens werking.• Die Bal haakstelsel maak voorsiening vir ʼn groter mate van beweging in alle rigtings tussen die masjien en die trekker.• Die veiligheidsketting op die sleepstang is ‘n voorsorgmaatreël wat geneem is in die geval dat die haak, haakboute of trekkertrekstang breek tydens werking.• ʼn Stewige parkeerdomkrag verseker maklike koppelling en loslating van die masjien voor en na gebruik.• Hoë flotasie wiele verbeter die vastrap van die masjien op die lande en verminder kompaksie van grond. • ʼn Tandem-wielstelsel is beskikbaar op verskeie modelle. Hierdie stelsel is aan die onderstel gekoppel deur bladvere en verseker eweredige vragverspreiding oor al vier wiele. • Die duursame ingevoerde aste is van die hoogste

kwaliteit en voldoen aan die CE en/of Europese standaarde.• Losmaakbare aste laat die kliënt toe om verskillende wielmiddelpunte te hê deur verskillende asgroottes aan en af te kan bout. Dit verbeter ook die praktiese aspekte van logistieke wanneer die pad en vrag regulasies inbreuk maak op die ontwerp van die masjien.• ʼn Agterstuuras is beskibaar op verskeie modelle en laat nog meer beweegbaarheid toe wanneer daar op die lande gedraai word.• Hidroulies-geremde aste is beskibaar op verskeie modelle.• Die S-vormige trekstang laat ‘n skerper draaisirkel toe en verseker meer en verhoogde vaartbelyne beweegbaarheid. Dit beskerm ook alle hidrouliese pype en elektriese kabels en verbeter terselfdetyd die estetika en ontwerp. • ʼn Inspeksievenster word aan die voorkant van die masjien geplaas, wat toelaat dat die operateur die inhoud en volume van die materiaal in die opvangbak kan sien tydens werking.

• ʼn Inspeksieleer is beskikbaar op verskeie modelle en laat die operateur toe om toegang te verkry tot die vangbak en dit veilig en maklik te inspekteur.• Die geïntegreerde staal rooster is in staat om vreemde voorwerpe van 65mm en groter in deursnee te verwyder, wat skade aan die verspreidingsmeganismes kan veroorsaak.• ʼn ISOBUS enkelkanaalstel is beskikbaar op verskeie modelle, met ‘n “plug and play” opsie wat sal integreer met enige trekker wat ʼn ISOBUS kan gebruik. Hierdie stelsel beheer die ketting vervoerbandspoed en op sy beurt die toedieningstempo.• ʼn ISOBUS dubbelkanaalstel is beskikbaar op verskeie modelle. Hierdie stelsel beheer die draaierspoed sowel as die kettingvervoerbandspoed, wat op sy beurt die hoeveelheid en verspreidingspatroon beheer.• ʼn Lig- en kamerapakket is beskikbaar op verskeie modelle, en laat die masjien toe om op nasionale paaie gebruik te word. Die pakket sluit twee kameras in en bestaan uit hoë intensiteit LED spreiligte, wat stategies aan die agterkant van die masjien geplaas is om lig te verskaf gedurende nagbedrywighede.

Opsionele Eienskappe• Die 3CR12-bakkonstruksie het ʼn langer lewensduur as sagte staal en word gebruik met effens korroderende materiale in natter klimate waar roes- en wegvreting algemeen is.• Die 304-vlekvryestaalbak word meestal in kusgebiede gebruik waar hoogs korroderende

materiale toegedien word. (304 vlekvrye staal hou tot 20 keer langer as sagte staal)• ʼn Losstaande hidrouliese kragtoevoerpak word gebruik om voldoende olievloei te voorsien na die verskeie hidrouliese stelsel op die masjien, sou die trekker se hidrouliese stelsels onvoldoende wees.

9 As gevolg van Radium Engineering se volgehoue produk ontwikkelings proses behou Radium die reg om Spesifikasies te verander sonder vooraf kennisgewing

• Die agterste belt aanhegsel is ʼn ideale oplossing vir die strookplasing.• ʼn Boord/wingerd verspreidingstel word gebruik om materiaal onder bome en wingerde te versprei sonder om materiaal direk agter die strooier te plaas waar dit nie benodig word nie.

Kragtige drie-spoed grondaangedrewe ratkas /Veranderbare dryfratkas

Geveerde trekstang Gull Wing Staalkabinette

Deurwydte van 730mm, Verstelbare agterdeur &

Stewige kettingvervoerstselsel

Verstelbare hoë-werkverrigting hidrouliese spinnermotors & Spinnermotors aan bokant

gemonteer

Verstelbare deflekteerplate

10As gevolg van Radium Engineering se volgehoue produk ontwikkelings proses behou Radium die reg om Spesifikasies te verander sonder vooraf kennisgewing

D C B

A

IJ

F

EG

H

Enkel As Model

Dubbel As Model

11 As gevolg van Radium Engineering se volgehoue produk ontwikkelings proses behou Radium die reg om Spesifikasies te verander sonder vooraf kennisgewing

MODEL RSP073-8.0G RSP073-8.0GTD

RSP073-8.0HTD

RSP073-10.0G RSP073-10.0HS

RSP073-10.0HT

RSP073-12.0HS

RSP073-12.0HT

RSP073-15.0HT

RSP073-20.0HT

VRAGKAPASITEIT (kg) 8000 8000 8000 10000 10000 10000 12000 12000 15000 20000

KAPASITEIT (m³) 6,5 6,5 6,5 8 8 8 10 10 12,5 15

LEË GEWIG (kg) 1800 1900 1900 2300 2600 2750 2800 3000 3450 4400

OLIEVLOEI (ℓ/min) 50 50 100 50 100 100 100 100 140 140

3-SPOED GRONDAANGEDRYWE RATKAS

STD STD NVT STD NVT NVT NVT NVT NVT NVT

HIDROULIESE RATKAS (Verhouding)

OPT NVT 22:1 NVT 22:1 22:1 22:1 22:1 22:1 22:1

AS (mm) 80 80 80 90 90 2x70 120 2x80 2x90 2x120

WIELE2 x 500/60-

22.5480/80 R 34 480/80 R 34 2 x 560/60 R

22.52 x 560/60 R

22.54 x 500/50-

22.52 x 600/55-

26.54 x 500/60-

22.54 x 500/60 R

22.54 x 600/55 R

26.5

AANBEVOLE TREKKER (hp/kw) 130/97 130/97 130/97 130/97 165/123 165/123 200/150 200/150 250/186 300/223

ASSUSPENSIE NVT NVT NVT NVT NVT STD NVT STD STD STD

AGTERSTUURAS NVT NVT NVT NVT NVT NVT NVT NVT STD STD

INSPEKSIELEER NVT NVT NVT NVT STD STD STD STD STD STD

INSPEKSIEVENSTER NVT NVT NVT NVT STD STD STD STD STD STD

GEVEERDE TREKSTANG OPT OPT OPT OPT STD STD STD STD STD STD

GEÏNTEGREERDE STAAL ROOSTER OPT OPT OPT OPT OPT OPT OPT OPT STD STD

ISOBUS ENKELKANAALSTEL NVT NVT NVT NVT OPT OPT OPT OPT NVT NVT

ISOBUS DUBBELKANAALSTEL NVT NVT NVT NVT OPT OPT OPT OPT STD STD

LIG- EN KAMERAPAKKET NVT NVT NVT NVT OPT OPT OPT OPT STD STD

A - TOTALE LENGTE (mm) 5814 5814 5814 6407 6416 6393 7020 7020 7707 8594

B - SLEEPSTANG LENGTE (mm) 1948 1948 1948 1948 1948 1948 1948 1948 2154 2154

C - BAK LENGTE (mm) 3006 3006 3006 3606 3776 3776 4376 4376 4701 5601

D - AGTERSTE GEDEELTE LENGTE (mm) 852 852 852 852 852 852 852 852 852 852

E - ALGEHELE WYDTE (mm) 2461 2434 2434 2510 2510 2310 2660 2660 2560 2771

F - BAK WYDTE (mm) 2200 2200 2200 2200 2200 2200 2200 2460 2400 2400

G - WIELMIDDELPUNTE (mm) 1950 1950 1950 1950 1950 1950 1950 1950 2050 2150

H - TOTALE HOOGTE (mm) 2400 2544 2544 2558 2626 2590 2733 2486 2777 2900

I - HAAKHOOGTE (mm) 457±50 538±50 538±50 495±50 491±50 459±50 530±50 462±50 452±50 575±50

J - ASHOOGTE (mm) 585 765 765 621 622 543 623 588 585 667

Spesifikasies

12As gevolg van Radium Engineering se volgehoue produk ontwikkelings proses behou Radium die reg om Spesifikasies te verander sonder vooraf kennisgewing