Heimat eerstejaarsboekie

9
HEIMAT Manskoshuis Eerstejaarsboekie 2014

description

 

Transcript of Heimat eerstejaarsboekie

Page 1: Heimat eerstejaarsboekie

HEIMAT Manskoshuis

Eerstejaarsboekie 2014

Page 2: Heimat eerstejaarsboekie

Brief van ons Primarius

Sean Smit

Baie geluk met jou keuse om deel te word van die beste mansdorpskoshuis op die NWU-PUK. Met hierdie keuse het jy jou lewenspad op die NWU-PUK bevestig, en ʼn beter keuse kon jy nie maak nie.

Deur jou betrokkenheid gaan HEIMAT jou verwysing word tot alle mylpale wat jy deur jou kursus gaan bereik, of dit sport, akademie of kultuur is. HEIMAT beteken Vaderland of Tuiste, en dit is presies wat vir jou wag na O&B, ‘n tuiste, ‘n broederskap sterker gevestig as bloed alleen. HEIMAT gaan jou dwing om ‘n beter standaard vir jou self te stel, en gaan jou uitdaag om die beste vorm van jy te word wat jy kan word, niks meer, niks minder nie.

Ons word die “gentlemen” op kampus genoem, en HEIMAT trotseer in daardie etiket, omdat dit boekdele spreek van die karakter van die koshuis, ‘n kultuur wat ons kweek en na streef elke dag.

Jou beste vriende wag vir jou in HEIMAT, jou grootste prestasies wag vir jou in HEIMAT, jou lewenslange trots wag vir jou in HEIMAT, ‘n voorreg waarna duisende studente na smag. Baie geluk met jou keuse om deel te word van die beste tuiste op kampus. Ek sien uit om elke eerstejaar te leer ken, en jou deel te vorm van die ontembare gees.

FEROCIA

Sean Smit

Primarius: HEIMAT Manskoshuis

Page 3: Heimat eerstejaarsboekie

Brief van ons Onderprimarius

Niki Henning

Geagte voornemende eerstejaar

Eerstens, wil ek jou gelukwens met jou keuse om by HEIMAT Manskoshuis aan te sluit – dis vir my ‘n eer om jou binnekort een van broers te kan noem! Tweedens, wil jou baie welkom heet. Die jaar wat voorlê gaan, soos altyd, in meer as een opsig alle verwagtinge oortref – daarvan verseker ek jou!

In HEIMAT is daar ‘n paar grondliggende beginsels waarin ons baie sterk glo. Ek glo vas dit is hierdie beginsels wat die verskil maak tussen net deel was van ‘n koshuis, en ‘n lewenswyse wat gekweek word om jou die res van jou lewe by te staan. Die broederskap en liefde vir mekaar wat hier gekweek word, kan nie maklik met woorde gedefinieer word nie.

Gedurende julle eerstejaar is ek die persoon wat meestal na julle gaan omsien. Indien julle vrae het, deur moeilike tye gaan of op enige vlak, akademies of andersins, sukkel, is julle welkom om na my te kom vir hulp. Indien ek julle nie kan help nie, sal ek iemand kry wat dit kan doen! Ons kyk uit vir mekaar en los nooit ‘n man agter nie.

Nou wil ek vir julle elkeen ‘n uitdaging stel: raak betrokke. Ek daag ieder en elk van julle uit om deur jou jaar betrokke te raak by ten minste 2 aktiwiteite van jou keuse en om by elke aksie te probeer uitkom. Hierdeur, kan ek jou my woord gee, sal jy broers vind wat myle vir jou sal stap, ‘n koshuistrots ontwikkel wat niemand ooit by jou kan wegneem nie en jou universiteitsloopbaan so vreugdevol maak dat jou kleinkinders nog hulle kleinkinders van jou sal vertel! Dit is werklik die beste tyd van jou lewe – maar dit hang absoluut van jou af hoe great jy dit gaan maak! En betrokkenheid is die sleutel.

Ek wens julle baie sterkte toe met die laaste gedeelte van die jaar en ek hoop jul elkeen het ‘n wonderlike vakansie. Gaan rus goed uit en kom met nuwe energie om Ontvangs en Bekendstelling aan te pak – dis waar die pret begin.

FEROCIA

Niki Henning

Onderprimarius, Eerstejaars en Finansies: HEIMAT Manskoshuis

Page 4: Heimat eerstejaarsboekie

Die Huiskomitee vir die 2013/2014 termyn

Sean Smit

Primarius, Seniors, Tug en Ou manne

071 852 4403

Niki Henning

Onderprimarius, Eerstejaars en Finansies

083 533 6707

Hannes Kotzé

Werwing, Klerasie, Borge

072 614 7977

Wian Lubbe

Sport

079 799 7496

Page 5: Heimat eerstejaarsboekie

Snyman van den Berg

Kunste

072 777 5413

Carl Maass

Sosiaal, Klubhuis, Instandhouding, Sekretaris

076 262 2966

Rohan Bezuidenhoudt

SJGD, Akademie, Projekte

074 355 9725

Janus de Beer

JOOL

084 487 3832

Tshepo Plaatjie

AKSA

078 700 3883

Page 6: Heimat eerstejaarsboekie

Eerstejaarspakket

Die eerstejaarspakket omsluit alles wat ingesluit is by die registrasiegelde.

Die registrasie gelde vir 2014 is vasgestel op R1 200. Die volgende items is als hierby ingesluit:

- HEIMAT slick hemp - HEIMAT slick broek - HEIMAT pet - HEIMAT das - HEIMAT ‘hoodie’ - NWU-PUK hemp - Slick sonbril - HEIMAT champ

Opsionele items:

NB! Hierdie opsionele items is bykomstig tot die eerstejaarspakket. Hieronder is ʼn volledige uiteensetting van wat elke item behels. Ons moedig julle ten sterkste aan om van hierdie items gebruik te maak, aangesien die Ontvangs- en Bekendstellingsprogram (O&B) ʼn strawwe tyd is en hierdie net elke eerstejaar se lewe baie sal vergemaklik. Die items is slegs te koop by die HEIMAT klubhuis op die eerste dag van Ontvangs en Bekendstelling (11 Januarie 2014). Ons vra ook dat julle sover as moontlik asseblief die korrekte geld sal kan saambring, aangesien kleingeld-administrasie baie moeilik is op die dag!

- Etepakket: Die etepakket kos R800 en sluit 2 etes per dag in vanaf Maandag die 13de Januarie tot Vrydag die 24ste Januarie (uitgesluit Saterdag en Sondag). Die etes word voorberei deur Rent-a-Chef in Potch en hulle maak gebruik van ʼn gebalanseerde spyskaart wat elke dag roteer. Hierdie etepakket is slegs betaalbaar die dag van ontvangs by die klubhuis (Saterdag 11 Januarie). Die pakkette word direk by hulle bestel. Indien julle sou belangstel daarin om hiervan gebruik te maak, kom maak asseblief ʼn draai by die klubhuis, waar julle daar direk met hulle kan gesels oor voorkeure en/of allergieë. *In ons ondervinding help hierdie pakket spesifiek baie tydens die Ontvangs- en Bekenstellingsprogram (O&B), aangesien eerstejaars dan nie in hul kort af tye moet hardloop of ry om kos te gaan koop nie.

- Waterpakkette: Die waterpakket kos R70 en geld vir die hele Ontvangs- en Bekendstellingsprogram (O&B), asook JOOL-tydperk vir ʼn eerstejaar om

Page 7: Heimat eerstejaarsboekie

soveel as wat hy wil sy waterbottel vol te maak. Die water wat beskikbaar sal wees hiervoor is Oasis water. Aangesien die NWU-PUK vereis dat ʼn eerstejaar ten alle tye sy waterbottel by hom moet hê tydens Ontvangs en Bekendstelling, is hierdie van groot nut dat ʼn eerstejaar nie ʼn aksie of kontaksessie moet verlaat om sy waterbottel te gaan vol maak of om water te gaan drink nie. Dit dien ook veral tydens JOOL ʼn groot doel, aangesien waterpunte op die JOOL-plaas ver is en eerstejaars in die hitte onder ʼn tent moet sit en blommetjies vou en druk. Dit is van kritiese belang dat eerstejaars genoeg water drink om sodoende nie gedehidreerde te word nie. *In ons ondervinding vind eerstejaars dat Potch-water baie sleg smaak, veral die wat nie van Potch af kom nie. Dus vind hulle ook die Oasis water baie meer aangenaam om te drink as die Potch-water.

- Vitamienpil-pakkies: Die vitamienpil-pakkies is ʼn diens gelewer aan alle eerstejaars van die NWU-PUK. Dit kos R2 per pakkie en elke pakkie bevat 30 pille. Dit is tydens Ontvangs en Bekendstelling by die koshuis te koop.

- JOOL-pakkette Die JOOL-pakket is beskikbaar vir elke eerstejaar spesifiek vir die JOOL-tydperk. Dit is ʼn wonderlike tydperk vir enige student om deel te neem aan die feestelikhede en om student-wees vir die eerste keer werklik te begin ervaar. Die JOOL-pakket kos ongeveer R250 (finale pryse moet nog deurgegee word) en sluit die volgende items in:

Sleephemp JOOL overall

- Eerstejaarsdinee kaartjie:

Die eerstejaarsdinee is elke jaar tydens Ontvangs en Bekendstelling ʼn wonderlike aand waar alle eerstejaars saam dinee hou. Hier word mense van ander koshuise ontmoet en meisies word sonder ophou geneem vir ʼn dans. Dit is elke jaar ʼn vreugdevolle aand en ʼn warm herinnering in byna elke NWU-PUK se geheue. Die kaartjies kos ongeveer R150 en sluit alle kos en toegangsfooie in. Op hierdie aand ontvang die HEIMAT eerstejaars ook hul HEIMAT dasse.

- HEIMAT Formele Dinee: Die HEIMAT formele dinee se kaartjies sal ook op hierdie eerste dag te koop wees. Die prys is nog nie vasgestel nie.

Page 8: Heimat eerstejaarsboekie

Ander vorms Hierdie is ander dokumentasie wat ingevul moet word vir elke eerstejaar. Ons vra dat julle asseblief so gaaf sal wees soos om hierdie vorms uit te druk en saam te bring die eerste dag van Ontvangs en Bekendstelling (die 11de Januarie 2014). Van die mediese vorm benodig ons 4 ingevulde kopieë. Van die transformasie-vraelys benodig ons 1 kopie. Ek heg beide vorms aan die e-pos.

Ander inligting

- Indien jy enige sporttoerusting (jou krieketkolf, rugby oefenklere, tokse, tennisraket, atletiekklere ensovoorts) kan saambring, vra ons groot asseblief dat jy wel doen! Die eerstejaarsporte skop tydens Ontvangs en Bekendstelling al af en daar gaan nie tyd wees vir huis toe gaan voor dit nie. Die ander sporte spring ons ook al vroeg mee weg!

- Indien jy enige musiekinstrumente (kitaar, viool, keyboard, trompet ensovoorts) kan saambring, bring dit gerus saam! Ons nooi jou graag om deel te neem aan die eerstejaarskonsert – dit is hope pret en ons werk baie lekker saam met die dames van Dinki (ons sleep).

- Ons vra ook groot asseblief dat elke eerstejaar ten minste 4 blikkies kos of pakke meel saambring. Ons gee dit aan ons SJGD-projek – Thakaneng kinderhuis. Enige ou klere en/of komberse is ook welkom!

- Indien jy ‘n fiets het – bring hom saam!! Ons het elke jaar ‘n aksie waar al die HEIMATters op hul fietse klim en deur die dorp ry en pit-stops maak! Ons noem dit Tour de HEIMAT en dit is een van ons lekkerste aksies! Dan natuurlik ook afgesien van die feit dat alles op die NWU-PUK fietsry-afstand is, help dit soms baie as jy kan ry en nie hoef te stap nie!

- Alle eerstejaars wat kan, bring groot asseblief R30 se kleingeld saam vir die JOOL-optog!

Page 9: Heimat eerstejaarsboekie

HEIMAT

Koshuislied (Op die wysie van Jerusalem)

Ferocia, Ferocia!

Dis soos ons gees moet wees! Ontembaar, onwankelbaar,

Ons glo en bou op JOU!

My hart is vol, my krag is sterk, Dis hier waar my liefde lê!

Die pitkos van my siel is hier, Ons vaderland, HEIMAT!

Interessante feite oor HEIMAT

Titels: 2de tot 4de jaars staan bekend seniors, en ons noem hulle ‘Oom’.

5de jaars en ouer staan bekend as ‘plooiballe’, en ons noem hulle ‘Oupa’.

Die Klapheis: Die HEIMAT klubhuis staan bekend as die Klapheis.

Ons naam:

HEIMATters skryf altyd HEIMAT in hoofletters.

Leuse: Ons leuse is Ferocia – dit beteken ‘Ontembare Gees’.

Kleure:

Die HEIMAT kleure is groen, wit en pers. Groen staan vir lewe en groei.

Wit staan vir reinheid. Pers staan vir koninklikheid.