Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd...

10
VANOGGEND SE DIENS (DR. CLIFFORD HEYS) Tussen die koorsang en Kersliedere vertel Leo Tol- stoy vir ons ‘n aangrypende Kersverhaal. ‘n Bejaarde skoenmaker met die naam van Pappa Panov kry in ‘n droom die boodskap dat Jesus vir hom op Kersdag kom besoek. Toe Kersdag aanbreek is Pappa Panov gereed vir sy Eregas. Maar al wat opdaag is Jesus. Ja, ‘n straatveër (vir wie Pappa Panov ‘n koppie koffie gee), en ‘n stout seuntjie (vir wie Pappa Panov ‘n koekie gee) en ‘n jong vroutjie met ‘n baba (aan wie Pappa Panov huisvesting gee). Pappa Panov gaan daar aand teleurgestel kamer toe - Jesus het toe nooit kom kuier nie? Daardie nag verskyn Jesus in ‘n droom aan Pappa Panov en Jesus bedank die skoenmaker vir sy gasvry- heid en liefde .... Lees Matteus 25v34-40. Clifford vertel verder. HARTLIK WELKOM Ons bid u ‘n Geseënde Nuwe Jaar toe ....! Ja, dit is vandag die 30ste November 2014. Dit is ook die viering van die eerste Adventsondag 2014. En op die eerste Adventsondag vier ons die kerk se nuwe jaar! Die woord ‘Advent’ beteken ‘koms’. Ons berei ons voor vir ons ontmoeting met die Here Jesus! Hy kom en Hy kom vir seker! Maranatha! Die 4 Adventsondae is die Sondae voor Kersfees, dws. 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms. Elke Adventsondag steek ons ‘n kers aan. Die eerste kers simboliseer ons Hoop, die tweede ons Vrede, die der- de ons Vreugde en die vierde die Liefde! En op Kersdag steek ons die groot wit kers aan dié kers simboliseer Jesus, die Lig vir die Wêreld (Joh 8v12). Soos die Wyse manne uit die Ooste, bring ons ook aan Jesus hulde: Jesus is destyds gebore toe die magtige keiser Augustinus in Rome regeer het. En ons het ‘n maand na hom vernoem (Augustus). Maar vandag bereken ons ons jare voor of na Christus. Wees Lig! Hartklop 30 November 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles ONS VERWELKOM GRAAG ONS DOOPOUERS VANOGGEND: Arnold en Melissa Dietstein met Leila Sophia Vihaan en Minette Jansen van Veuren met Arend Adriaan Ons bid Vader se seën in oorvloed vir jul gesin. Mag u Adventskerse helder brand!

Transcript of Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd...

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

VANOGGEND SE DIENS

(DR. CLIFFORD HEYS)

Tussen die koorsang en Kersliedere vertel Leo Tol-

stoy vir ons ‘n aangrypende Kersverhaal. ‘n Bejaarde

skoenmaker met die naam van Pappa Panov kry in ‘n

droom die boodskap dat Jesus vir hom op Kersdag

kom besoek. Toe Kersdag aanbreek is Pappa Panov

gereed vir sy Eregas. Maar al wat opdaag is Jesus.

Ja, ‘n straatveër (vir wie Pappa Panov ‘n koppie koffie

gee), en ‘n stout seuntjie (vir wie Pappa Panov ‘n

koekie gee) en ‘n jong vroutjie met ‘n baba (aan wie

Pappa Panov huisvesting gee). Pappa Panov gaan daar

aand teleurgestel kamer toe - Jesus het toe nooit

kom kuier nie?

Daardie nag verskyn Jesus in ‘n droom aan Pappa

Panov en Jesus bedank die skoenmaker vir sy gasvry-

heid en liefde .... Lees Matteus 25v34-40.

Clifford vertel verder.

HARTLIK WELKOM

Ons bid u ‘n Geseënde Nuwe Jaar toe ....!

Ja, dit is vandag die 30ste November 2014. Dit is ook die

viering van die eerste Adventsondag 2014. En op die

eerste Adventsondag vier ons die kerk se nuwe jaar!

Die woord ‘Advent’ beteken ‘koms’. Ons berei ons voor

vir ons ontmoeting met die Here Jesus! Hy kom en Hy kom

vir seker! Maranatha!

Die 4 Adventsondae is die Sondae voor Kersfees, dws.

4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember.

In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms

en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

Elke Adventsondag steek ons ‘n kers aan. Die eerste

kers simboliseer ons Hoop, die tweede ons Vrede, die der-

de ons Vreugde en die vierde die Liefde! En op Kersdag

steek ons die groot wit kers aan – dié kers simboliseer

Jesus, die Lig vir die Wêreld (Joh 8v12).

Soos die Wyse manne uit die Ooste, bring ons ook aan

Jesus hulde: Jesus is destyds gebore toe die magtige

keiser Augustinus in Rome regeer het. En ons het ‘n maand

na hom vernoem (Augustus). Maar vandag bereken ons ons

jare voor of na Christus.

Wees Lig!

Hartklop 30 November 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

ONS VERWELKOM GRAAG ONS DOOPOUERS

VANOGGEND:

Arnold en Melissa Dietstein met Leila Sophia

Vihaan en Minette Jansen van Veuren met Arend Adriaan

Ons bid Vader se seën in oorvloed vir jul gesin.

Mag u Adventskerse helder brand!

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

MA. 1 DESEMBER DI. 2 DESEMBER WO. 3 DESEMBER

10:00 DIENSSENTRUM: Kom kuier saam

met Joan en Hannie! Welkom!

Sopkombuis

10:00 DIENSSENTRUM: Kom wees

kreatief saam met Joan Ollewagen 028 316

2127/082 710 2787 & Hannie Koch by die

Dienssentrum. Indien jy nie oor vervoer beskik

nie, ons sal jou kom oplaai! Ons gaan ‘n tafel by

die Voedselfees hê en ons produkte verkoop

tbv die Dienssentrum. Kom werk saam!

10:00-12:00 DIENSSENTRUM: Kliniek Indien u bekommerd is oor u bloeddruk, suiker

ens. kontak vir sr. Calitz by 072 152 5623 en

maak ‘n afspraak.

DIENSSENTRUM:

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

afspraak by Marilyn (082 532 6931). Kom sit

agteroor en ontspan. Koop vir u vriend/

vriendin/familie ‘n geskenkbewys (Kersfees-

geskenk) by Marilyn vir ‘n heerlike voete– of

hande behandeling.

10:00 Trimgim in die sysaal. Kom oefen

saam! Almal welkom. Lede R30 p.m. en nie

lede R45 p.m.

DO. 4 DESEMBER VR. 5 DESEMBER SA. 6 DESEMBER

10:00 Fliek in OnsTeater - Faan se trein Die Kolwyntjie Teetuin is gesluit tot Feb ‘15

10:00 Ons BID saam (Gebedskamer)

ONS BID VANDAG SPESIAAL VIR

ALLE REISIGERS OP DIE PAAIE.

ONS BID VIR GEDULD EN ‘N

VEILIGE REIS NA BESTEMMINGS.

WAT GEBEUR SONDAG 7 DESEMBER ?

TWEEDE ADVENTSONDAG

09:00 EREDIENS - Ds Jaco Sieber-

hagen gaan voor. Welkom!

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 11)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 33)

PO

LSSLAG VIR DIE W

EEK

SIEKTE & NOOD

God met ons!

Jesus, dankie vir hierdie spesiale

tyd van die jaar waar ons net nog

meer en intens bews kan wees van

U teenwoordigheid. Ons vier U

geboorte, ons vier die feit dat U

as mens onder ons kom woon het.

Maar nog meer, vier ons die feit

dat U elke dag, elke oomblik by

ons is. Ons eer U vandag daar-

voor, Immanuel!

Jes 43 : 4 Here, dis wonderlik om te weet dat ek regtig vir U kosbaar is! Baie dankie dat

U my liefhet net soos ek is. Help my om U bo alles lief te hê, om myself lief te hê en om ander lief te hê soos wat ek myself lief het.

Fil 3 : 14 Here, ek wil so graag die mens wees wat U wil hê ek moet wees. Ek wil so

graag die dinge doen wat vir U belangrik is en wat U met plesier na my laat kyk. Ek wil U eer met my hele lewe. Neem asb my ged-agtes oor, want ek wil graag regte gedagtes dink en reg lewe.

Deon Smith

Kobie Swart

Anneline Nöthling

Tokkie Vorster

Ester Bester

Veronica Schoeman

Magriet Louw

Ferdi Groenewald

Linda du Preez

Coreen Nel

Sarie van Staden

Nonnie Blignaut

Koos Viljoen

Marie Mostert se seun

DeWet

Ria Viljoen se seun

Alric Warmenhoven

Ammi Schutte se ma

Nellis Beyers

Nell Smit

Ons bid in hierdie tyd ook

vir alle alleen mense.

Vader, help elkeen besef

dat hulle nooit alleen is nie.

IMMANUEL

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

ZAbba Vader . . .

Job 38 : 4 Here, as ek die skepping aanskou, kan ek nie anders as om te glo dat U bestaan

nie. U is magtig en onsagwekkend groot, Ons begryp dit nie altyd nie, maar U alleen kan ons tot insig bring. Maak asb my oë oop vir U grootheid en goedheid.

As jy wil opgee, bid

As iemand wat jy liefhet,

swaarkry, bid

As jy moedeloos voel, bid

As jy nie weet wat om te

doen nie, bid Joyce Meyer

Ps 139 : 1 – 3 Here, dankie dat U my so goed ken en nog steeds liefhet. Ek verstaan dat ek

eendag van alles aan U rekenskap sal moet gee. Help my asb om my hart te deursoek en my sonde voor U te bely sodat ek vergewe kan word.

Eks 20 : 3 – 4 Here, ek erken en eer U as die enigste God. Bewaar my van al die afgode wat my

lewe bedreig. Dankie dat ek U nie deur middel van 'n beeld in my lewe tuis te bring nie. Dankie dat U elke oomblik by my is. Help my om nie my vertroue in ander dinge of mense te stel wat vir my afgode kan raak nie.

GEEN KATEGESE

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

19 DESEMBER @ 17:00

KERSPARTYJIE VIR

KINDERS - DONASIES

GESOEK

Ellen Ellis en Andriesa van Rooyen reël elke jaar 'n ge-selligheid by die VGK Zwelihle vir sondagskoolkinders (so plus minus 40 kinders). Elkeen kry 'n pakkie met ietsie in soos lekkers, chips, 'n speelding, inkleurpotlode, papier om op te teken ens. Hulle kry ook koeldrank en koek en hulle hou vir ons 'n konsert - gewoonlik die kersverhaal in hulle taal en tradisie (baie oulik). Nou wil ons net vra of daar gemeentelede is wat skenkings wil maak van lekkers / klein geskenkies / pakkies kleinkoekies / boekies / papier / potlode ens. U kan dit asb na die kerkkantoor bring. Gemeentelede is welkom om die konsert by te woon - ons sal graag alles bymekaar wil hê teen die einde van November.

Vir enige navrae, kontak asb vir Hettie Roux by 073 143 8270.

NUUS VAN DIE DIENSSENTRUM Baie belangrik: Alle navrae oor die dienssentrum, alle inbetalings en gelde van die dienssentrum word nou by die dienssentrum

self hanteer LET WEL vanaf Maandae tot Vrydae van 9h30 – 12h30.

Die dienssentrum soek ‘n dinamiese fondsinsamelaar wat spesifiek funksies vir die dienssentrum gedurende 2015 sal reël om

sodoende fondse in te samel. Indien u belangstel kontak asseblief vir Erika by 028 316 3115 of 079 322 0998.

Ons wil baie graag met ons “oppasdiens” by die dienssentrum begin. Indien u graag dorp toe wil gaan of dalk ‘n ander afspraak moet nakom, maar

u is bekommerd om u moeder/vader/eggenoot by die huis te laat is u welkom om die persoon by die dienssentrum af te laai. Gewillige hande sal die

persoon versorg. Die diens is op die oomblik gratis vir lede beskikbaar vanaf 9h00 – 12h30 van Maandae tot Vrydae.

Indien u dalk geskenkies (iewers agter in u kas) het wat u graag vir die dienssentrum se tafel by die Voedselfees wil skenk kontak asseblief vir

Joan Olwagen of Hannie Koch.

ALGEMEEN:

Pieter Hurter van Helpende Hande wil baie graag sorg dat die kinders wat oor die Kerstyd in die hospitaal is elkeen ‘n gebreide teddiebeer

ontvang. Sy doel is om gedurende 2015 te sorg dat alle jong kinders van Hermanus ‘n teddiebeer bekom. Indien u by hierdie projek betrokke wil

raak kontak asseblief vir Erika Oosthuysen.

Liewe vriende, ons nooi u almal nou reeds uit na die fees van alle feeste!! Dit gaan behoorlik ‘n smul-sensasie

wees met al die heerlikste eetgoed. En dan is daar die saamkuier! Ons het wel julle hulp nodig asb met die vol-

gende om dit ‘n groot sukses te kan maak.

1. BESTANDDELE: Eiers, melk, meel, olie, uie, aartappels, tamaties, blikkies gemengde groente, Tastic rys,

poedings, koeldranke. Bring asb na die kerkkantoor in sakkies duidelik gemerk: ‘VOEDSELFEES’. Ons sal dit

waardeer indien u dit by die kantoor kan besorg teen Maandag 1 Desember sodat ons kan sien wat nog aange-

koop moet word. Ons gaan ook asb YS benodig nader aan die tyd.

2. KONTANT BYDRAE: Daarmee kan ons al die ekstra’s aankoop, veral die vars produkte ‘n dag voor die tyd.

U is welkom om dit na die kerkkantoor te bring (merk duidelik asb).

3. HANDE EN TYD: Heelwat van die stalletjies het hulp nodig om te bedien, te help met die verkope en van

hulle ook ‘n dag of wat voor die tyd met voorbereiding.

4. SPESIALE VERSOEKE: Ons benodig asb baksels beskuit of slegs ‘n pakkie van 500g sal ook waardeer

word. Gee asb u naam en aantal soos belowe deur na Muriel Oettler by 083 335 5195 of by die kerkkantoor.

POEDING TAFEL: Ons benodig nog heelwat poedings en helpers. ‘n Groot asb en baie dankie !!

Vir enige navrae, donasies of om hulp aan te bied, kontak asb die kerkkantoor of vir

Bennie Walden by 082 458 8653 of [email protected]

Personalia:

2015 Ons gee die ruiker vandag aan die Redaksie en

medewerkers aan die 2015 Jaarprogram. Die 2015 Jaarprogram is ‘n sterk belydenis na

binne en ‘n hoorbare getuienis na buite. Die Gees van die Here werk!

KOLWYNTJIE TEETUIN @ DIENSSENTRUM

Aan al die besoekers wat ons die afgelope jaar ondersteun het, BAIE DANKIE! Aan al die kelners vir julle heerlike gebak, julle diens in die kombuis asook julle gasvryheid betoon aan al die gaste, BAIE DANKIE! Dit was 'n suksesvolle en geseënde jaar! BAIE DANKIE, VADER, VIR U GOEDHEID. ONS EER U DAARVOOR. Baie belangrik: Die teetuin sluit tot Februarie 2015 DV.

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

SING LOFLIEDERE Ps 25 (Agter in die Liedboek - Psalmtekste

van Totius 1937)

Vers 2 – Leer my, Heer, u regte weë, wys die

regte pad my aan; maak my hart daartoe

geneë, om met lus daarop te gaan. Wil my deur

u waarheid leer, lei my dwalende gedagtes;

want U is my heil, o Heer! U is ek altyd te

wagte.

NADER TOT GOD Lied 258 Vreugdevolle tyding, bron van hart

verblyding - evangelie woord! Woord van lig

en lewe, rig ons aardse strewe as bevrydings-

woord - deur sy Gees laat God dit wees:

woorde van sy openbaring, van sy heilsverkla-

ring.

OORDINK Lees asb. - Joh 14 : 1 – 14 WAARHEEN

IS JY OPPAD?

'Road', Pad, Weg - 'n Weg of pad is om op te

loop of te ry // om van punt A tot by punt B te

kom // My lewe is van punt A na punt B / ge-

boorte » dood // Baie dinge kan oppad

gebeur // Ek kom op die een of ander manier

aan die anderkant uit // Jesus sê , “Ek is die

weg” // Die weg om by DIE LEWE uit te

kom //Ons moet dus deur Hom, met Hom, in

Hom op die pad (weg) loop om anderkant (by

DIE LEWE) uit te kom // Maar Jesus is

eerstens die weg om by die Vader uit te

kom // Dan verstaan ons eers wat die waar-

heid is.

Waarheid - Wat waar is , is waar (en eg) //

24een Gebedswag NGK & VGK GEMEENTES

WOENSDAG 3 DESEMBER 2014

Wat 'n leuen is, is 'n leuen // Daar is baie

leuens en lokvalle op die weg wat nie IN Jesus

geloop word nie // Die groot meester van die

leuen (die duiwel) sorg daarvoor // hy sê die

Bybel is net 'n storieboek, dit is nie werklik

waar nie // hy sê Jesus is nie uit 'n maagd ge-

bore nie // hy sê Jesus het nooit uit die dood

opgestaan nie // hy sê, jy mors jou tyd met

hierdie dinge // MAAR JESUS Sê : “Niemand

kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As

julle My ken, sal julle my Vader ook ken.” (lees

ook Joh 18 : 37) Die enigste waarheid is Jesus.

Ons is gered in Hom as Hy in ons is en ons in

Hom // Dan is Hy ons enigste hoop en ons oog

moet op Hom wees.

Lewe : Deur Jesus ontdek ons DIE LEWE. // “

In die huis van my Vader is daar baie woonplek.

As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê

het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.

En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed ge-

maak het, kom Ek terug en sal julle na My toe

neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En

julle ken die plek waarheen Ek gaan.” // Saam

met Jesus in die hemel – aan die einde van die

lewe op aarde.

SONDEBELYDENIS Ons bely ons sondes, want Hy is getrou en

regverdig en sal ons sondes vergewe, wat uit 'n

eerlike, opregte hart bely word.

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

sal lei om te doen wat reg is en nie noodwendig

wat gou en polities wys is nie. BID dat politisie

nie net hul eie selfgeregtige belange sal dien

nie. BID dat daar oplossings in bestuur en ar-

beid sal kom wat redelik is. BID dir Vader se

seën op ons land en dat ons op Hom sal vertrou

vir geregtigheid en vrede.

Ons BID in hierdie tyd van die jaar vir ons poli-

sie en verkeerspolisie en alle veiligheids

maatskappye dat die Here hulle sal beskerm en

dat hulle in die uitvoer van hulle pligte kalm sal

wees.

Ons BID ook vir al die dokters en personeel van

hospitale en klinieke dat die Vader hulle krag en

insig sal gee in die behandeling van pasiënte.

Ons BID vir al die vakansiegangers dat hulle

verantwoordelik en bedagsaam sal wees. Ons

BID vir hulle veiligheid en dat hul die rustyd sal

geniet.

Ons BID vir almal wat tydens die vakansietyd

alleen sal wees, dat iemand hulle sal raaksien en

besoek.

ONS SLUIT AF Lied 274 “Leer my soos Henog met U wandel en

deur geloof U te behaag. Leer my om tot U eer

te handel totdat die nuwe more daag. Dié wat

U aanhang, op U steun, is in die gees, Heer,

met U één.”

Mag die God van

genade en liefde oor u almal die wag hou

en u seën met vrede.

VOORBIDDING

ONS BID VIR DIE MIDDE – OOSTE:

Israel : BID dat daar opreg na oplossings

gesoek sal word en dat wyse besluite geneem sal

word. Palestynse gebied : DANK die Here

vir die Bybelwerk wat daar gedoen word en dat

by die jaarlikse boekeskou toegelaat word dat

Bybels uitgestal mag word. Jordanië : Bid asb

vir die Brood en Botter-projek waardeur

probeer word om in die basiese lewens- en

geestelike behoeftes van Siriese vlugtelinge te

voorsien. BID dat die vrywilligers effektiewe

instumente sal wees om hierdie mense met die

Woord te bereik. Libanon : BID asb vir poli-

tieke stabiliteit in hierdie land. DANK die Here

dat die Bybelgenootskap van Libanon duisende

Siriese vlugtelinge geestelik ondersteun.

Turkye : BID asb vir eenheid onder die kerke in

Turkye. BID dat die Here Turkse Christene sal

bewaar en vir nuwe geleenthede om die evangelie

met ander te deel. BID vir vrede in Turkye en

die hele Midde-Ooste. Irak :BID asb vir die

Christene wat in Irak woon. Bid dat mense

ontvanklik vir die bybelse boodskap sal wees.

Sirië: BID asb ernstig vir vrede in hierdie land

en 'n einde aan die godsdienstige konflik. Dui-

sende mense het hulle lewens verloor en duisen-

de bevind hulle as vlugtelinge in ander lande.

BID dat die Here die harte van Siriërs sal aan-

raak sodat hulle weer in vrede kan leef.

ONS BID VIR SUID-AFRIKA: BID die

Vader om ons te help in hierdie tyd van onseker-

heid en toetsing. BID dat alle Suid-Afrikaners

sal besef dat ware burgerskap begin by Chris-

tenskap. BID dat ons mense die regte houding

sal openbaar in alles wat ons sê en doen, met

harte wat begrip toon. BID dat ons gewillig sal

wees om morele doelwitte te soek en na te

streef. BID vir die regering dat die Here hulle

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

WELKOM NUWE INTREKKERS

Okt & Nov 2014

Christa Bird (Wyk 3A) Anneke & Japie Louw met Anja en Robbie (Wyk 10)

Theun & Annamarie van Dyk (Wyk 10) Martin & Wilmie Eveleigh (Wyk 13)

Sonja Viljoen (Wyk 16) Reenen & Beate Muller (Wyk 19)

Juan & Lesley Gerber met Zander en Liam (Wyk 20) Dirk & Selmarie Slot (Wyk 23)

Elilze Knoetze (Wyk 28) Linda & Bertie Kotze (Wyk 30 C) Schalk van Niekerk (Wyk 34 A)

Hennie & Maureen Scheepers (Wyk 34B)

ARTIKEL 1 STEMPROSES OOR DIE BELYDENIS VAN BELHAR AS

VIERDE BELYDENISSKRIF

U word daaraan herinner dat, indien u met ons leraars in gesprek wil tree

oor die Kerkraad se getuienis aangaande die wysiging van Artikel 1 van die

Kerkorde soos aan die gemeente voorgehou op Sondag 23 November

2014, u steeds welkom is om dit te doen. Afskrifte van die resolusie wat

deur die Kerkraad aanvaar is, asook die teks van die Belydenis van Belhar

self, is by die Kerkkantoor beskikbaar.

RIEKERT BOTHA DVD’S BESKIKBAAR

Ons herinner u graag aan die dvd's van die Riekert Botha reeks wat bestel is. Dis nou

beskikbaar by die kerkkantoor. Vriendelike groete

MERVIAN VAN DER MERWE

NG KERK HERMANUS WORD 8O JAAR OUD

Ons gemeente vier vanjaar ons 80ste bestaanjaar.As deel van ons vieringe sing ons dorp se eie bekende tenoor, FANIE DEJAGER op 3 DESEMBER OM 19:OO IN DIE KERKGEBOU. Die kaartjies, wat ‘n kaas en wyn ete/vingerete

insluit, beloop R60pp. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor in Hermanus.

Anra Visser van die Paarl tree ook op by die geleentheid op. Dit beloof ‘n aand van wonderlike sang te wees.

KERSMARK IN DIE GROBBELAARSAAL (HERMANUS)

3 - 19 DESEMBER 2014

WEEKSDAE: 09:00 - 18:00 SATERDAE: 09:00 - 17:00

DINSDAG 16 DES: 10:30 - 17:00 Kom koop gerus u tuisgemaakte kersgeskenke, lekker eetgoed, ligte mid-

dagetes, tee, koffie ens. U is almal baie welkom. Vir enige navrae, kontak Hester by 074 165 6794.

NUUS UIT DIE SENDINGVELD Aan al ons vriende op Onrus en Graaff-Reinet,

Ons het vandag nagmaal op Aloekop gehad en soos altyd het ons gewens dat julle ook daar kon wees. Hoe bly sal Aloekop se mense nie wees om jul weer te sien nie. Die lidmate van Aloekop het Deleste gevra om `n tweede kleuterskool te begin in hul gemeenskap. Julle sal onthou dat ons reeds `n kleuterskool begin het in die ou plaashuis naby d kerk. Ouderling Zoleka en sy vrou bly ongeveer 1km vanaf die kerkie. Hulle is baie oulike mense en speel `n leiersrol in hul gemeenskap en ons kerk. Daar is baie van ons lidmate in daardie omgewing. Nou wil hulle ook daar in die plaaslike gemeenskapsaaltjie met `n skooltjie begin. Daar is reeds 27 kinders wat hul name opgegee het, en die getal sal vinnig groei.

Delesté wil eintlik nie nog skole open nie omdat sy al te veel op haar kerfstok het, maar hoe sê mens nou nee vir hierdie getroue lidmate van Aloekop. Die meeste van hulle leef in groot armoede en wil graag hul kinders se omstandighede verbeter.

Die probleem is dat mens geld nodig het om `n skooltjie te begin- stoeltjies, tafels, speelapparaat, boeke, skryfgoed, prente ens. Moet gekoop word. Die juffrou moet opgelei word en iets betaal word. Jy moet eers die skooltjie goed aan die gang kry voor die regering belangstel om te help.

Ons voel maar altyd sleg om geld te vra maar julle is al lank by Aloekop betrokke en ken daardie mense. Daarom neem ons vrymoedigheid en noem die saak aan julle.

Aangeheg `n paar foto`s van kinders vandag by die kerk en van Delesté en Mnr en Mev Zoleka by die gemeenskapsaal. Groete en liefde, Christo en Delesté Wooding.

Kontak vir Hennie Booysen: tel. 028 312 4165 / 083 456 8753 epos: [email protected] indien jy dmv toerusting, skryfbehoeftes,

apparaat of finansiëel betrokke wil raak. Baie dankie!

Page 7: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

Die volgende blaadjie sal beskikbaar wees op Sondag 25 Jan 2015. Inligting moet asb by Karin wees

vroegtydig. Epos: [email protected] / 028 316-2116 of bring dit na die kerkkantoor.

** Onthou asb dat hierdie diens tans vir lidmate van die NG Gemeente Onrusrivier is. Dankie!

POSTE BESKIKBAAR

Just Properties in Hermanus benodig persone wat belangstel in ‘n loopbaan as eiendomskonsultant (vorige ervaring nie ‘n prio-

riteit nie). Kontak asb vir Philip by 082 9000 697.

DIENSTE BESKIKBAAR

TUISONTHAAL : (3-GANG BOEREKOS) Vir Kersetes, Huweliksherdenkings, Verjaardae en ander spesiale geleenthede in die gerief van jou eie huis. Vir meer inligting skakel AnnaC by 072 369 6124. VLERMUISNES Teetuin Tee & Tuin & “Cup Cake”. Wo. Do. & Vry 10:00-12:00. Bespreek by Annatjie 028 316 2418. DIE BEMER MASJIEN het homself al deur die jare bewys met sy uitstekende resultate. Al u PYNVERWANTE siektes en SIRKULASIE probleme kan op n veilige, goedkoop en natuurlike manier met elektromagnetisme ver-lig word. Kontak gerus vir Corina by: 028 316 2699 of 082 864 5299. NUWE NUUS!!!! OOM MANIE SE HOUTWERF IS VOL HOUT!!!!!! Geleë te Viljoenstraat 5, Onrusrivier. Verskeie soorte braaihout, potjiekoshout en kaggelhout. Myrtle, rooikrans, kameeldoring, bloekom/blue gum en black wattle!!! Kom loer in of kontak gerus vir alle bestellings !!!! Ons doen ook aflewerings op aanvraag. Maak seker dat u genoeg braaihout het vir die vakansie en belê solank in kaggelhout vir die volgende Winter!!!!! TELEFOON: 060 9667 433 SKOONMAAKDIENSTE BESKIKBAAR: Ons maak huise en kantore skoon onder voltydse persoonlike toesig. As u verhuis, sal ons graag kom opruim. Uitstaande diens! Ma - Sa. Kontak Hannelie Visser by 076 115 7382. OVERBERG HANDYMAN: Ek is beskikbaar vir enige bouwerk, plaveisel, visdamme bou, verwerk, vullis verwydering en bome sny. Kontak David by 082 644 3574. DROËWORS - HEERLIKE OU TRADITIONELE BOERE RESEP @ R145 / kg. Bestandele: Beesvleis, stertvet, asyn, worcesterous, sout, peper, koljander, naeltjies. Geen sintetiese derm, Gesonde koup vleis, Geen bygevoegde MSG, Gluten, Word weekliks vars gemaak. Vries baie goed. Kontak Elize vir bestellings 0846647788. PROBLEMS WITH ANTS, SPIDERS AND ANY OTHER INSECTS? Use the well-known odourless Bioway In and around the house. It is completely safe near children and pets. (100% Biodegradable). Available in 500ml , 1Litre, 2 Litre and 5 Litre. For more information contact: Deon 0845045600 / Elize 0846647788. BIOWAY MULTI - INSECT AND DUSTMITE KILLER Safest of all insecticides | Eco friendly | 100 % Biodegradable | Green Kills ants, bed-bugs, fishmoths, dustmites, flies, spiders, lice, mosquitoes, cockroaches & all other insects. Safe to use near children, animals & birds. Has a water base with NO unpleasant & harmful gasses Odourless, stainless & NOT poisonous to touch or inhale The Only registered product in S.A that kills dust mites (Dust mites causes allergies, sinus & hay fever). HOW DOES Bioway Multi Killer WORK? The active ingredients attack the nerve system, paralising the insect which results in death a few moments later. Contact Elize for more information Cell: 0846647788 Email: [email protected] DIENSTE BESKIKBAAR: Gys du Plessis (076 103 5508) is ‘n afgetrede onderwyser en stel belang daarin om: Huise op te pas en troeteldiere te versorg as hul eienaars met vakansie gaan (Onrus / Sandbaai / Vermont). Ek bied ook ekstra lesse in Afrikaans aan.

Page 8: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

NUUS UIT DIE SENDINGVELD

Niehan en Carmen Koekemoer van Milange, Mosambiek. E-pos adres: [email protected]

Wat beplan ons om in 2015 vir God se Koninkryk te bereik? Die strategiese plan vir 2015 is basies afgehandel. Ons is tevrede en opge-wonde oor die impak wat ons vir God se Koninkryk in 2015 sal kan maak met die betrokkenheid van ons huidige ondersteuners. Sekerlik sal als nie volgens plan verloop nie, want soos Spreuke 16:9 sê: “`n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming”. Hier is `n opsomming van wat beplan word:

600 kinders in 4 bosskole word bedien (meer skole indien meer ondersteuning) Ondersteuning van 6 bosskool- en 3 regeringsonderwysers deur opleiding, motivering en dissipelskap Hulp met ontwikkeling van die bosskool “villages” d.m.v. `n bate-gebasseerde benadering. Help mense om hulself te help. Een selfonderhoudende bosskool word verder bemagtig Netwerkvorming met regering, landbou organisasies, mediese sorg, water & sanitasie en ander Nie-Wins Organisasies om die totale kind (village) se behoeftes aan te spreek. Bosbiblioteke met materiaal rakende geestelike groei, onderwys, boerdery, mediese sorg en water & sanitasie. Een evangelisasie en gebedsuitreik gedurende Julie/Augustus in elke bosskool village deur Milange Gemeente Jeug of SA uitreik groep Evangelisasie deur selfonderhoudende Engelse kursus aan regeringsamptenare Adviseurs by kerk se eie selfonderhoudende kleuterskool Navorsing oor kleuterskoolprogram spesifiek vir die bos. Aanmoedig van sosiale entrepreneurskap & Rentmeesterskap Advies rakende Christen jeugaand (koffiekroeg) in Milange Julle as ondersteuners sal dus van volgende jaar af die geleentheid hê om op `n wyer vlak by die mense van Mosambiek betrokke te wees. Dit weerhou egter niemand om hul gebedsfokus of bemarking in hul gemeente meer op die saak te fokus waaroor hul sterk voel nie. Sommige stel meer belang in bosskole en onderwyserondersteuning, terwyl ander se belangstelling by entrepreneuskap, direkte evangelisasie, mediese sorg- of boerdery lê. Ander stel dalk belang in navorsing oor boskleuterskole. Idee vir betrokkenheid: Jy is dalk `n boer, dokter of onderwyser en het raad of `n bemoedigende boodskap of storie wat jy met die Christen boer, dokter of onderwyser hier wil deel? Jy kan dit altyd vir ons aanstuur en ons kan jou raad of storie in die villages ver-sprei deur ons nuusbrief aan die onderwysers.

KOM HELP VERSIER ONS GEMEENTE SE KERSBOOM HIERDIE JAAR

Ons wil hierdie jaar graag elkeen van u deelmaak van ons simboliek en Advent versierings by Onrusgemeente.

Daarom nooi ons u om in die komende weke die groot kersboom op die verhoog te help versier. Maar dit is met baie

spesiale versierings. Ons wil hierdie jaar spesiaal dink aan persone wat nie hier by die familie kan wees nie, ons wil

dink aan mense wat gesterf het die afgelope jaar (of selfs jare terug). Ons wil dink aan iemand wat vir jou baie

spesiaal is, iemand wat veral in 2014 jou baie na aan die hart was.

HOE GAAN ONS DIE BOOM VERSIER?

Bring gerus ‘n foto, ‘n kersversiering, ‘n kaartjie

of iets wat jou spesiaal aan hierdie persoon laat

dink en kom hang dit op die boom (daar sal hakkies

wees).

WANNEER KAN JY DIT KOM OPHANG?

Tydens elke Sondagdiens sal daar gedurende die

dankoffers tyd wees daarvoor. U is ook welkom

om dit voor of na die diens te doen of kom gerus

gedurende die week (kantoor tye) en kom hang dit

op.

Ons bid dat hierdie Adventstyd vir u elkeen baie

spesiaal sal wees met ‘n kersboom vol onthou!

Page 9: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

WAT IS ADVENT?

Met Kersfees vier en verkondig ons dat ‘die Woord vlees geword en onder ons kom woon het’ (Joh 1:14). Advent is nie dieselfde as Kersfees nie, maar is ‘n tyd van verwagting en voorbereiding op die koms van Christus. Die woord Advent beteken ook letterlik ‘koms’. As Christene vier ons nie die Adventstyd asof Christus nog nie gebore is nie, ons vier dit met die wete dat Christus gekruisig is en opgestaan het. Tog ervaar, vier en verkondig ons in dié tyd iets van die hoop waarmee Israel in donker en uitsiglose tye op die koms van die Mes-sias gewag het. Op hierdie wyse is Advent 'n tyd vir terugkyk na Israel se verwagting van die Messias, én ook ‘n vooruit kyk na die wederkoms as finale gestalte van Christus se triomf oor die magte van sonde en dood wat met die gebeure van Paassondag ‘n werklikheid geword het. Ad-vent dra dus die betekenis van swangerskap en afwagting. Ons verlang na die geboorte (lees ook: wederkoms) van die Seun. Ons hele lewe word op die een of ander manier spandeer in afwagting – gebeure van hoop, verwagting en onvoltooide verlossing. Waar ‘om te wag’ in ons gejaagde, moderne samelewing geassosieer word met ‘n vermorsing, wil Advent ons leer om geduldig te wag op die Here. Om te wag word ‘n kuns waarin geleer word dat (soos in die geval van swangerskap) niks van waarde tereg kan kom sonder ‘n tyd van stille ontwikkeling nie. Daarom dat simbole soos om te bak, fermentering, rypwording alles dui op ‘n proses van wat besig is om te word. So berei ons onsself voor vir die viering van Kersfees én Christus se wederkoms.

WAAR KOM DIE TRADISIE VAN ADVENT VANDAAN? Die voorbereiding vir Kersfees het ‘n lang tradisie. Reeds so vroeg as in die vierde eeu nC is daar in Spanje en Frankryk begin met liturgieë wat dui op die kerklike voorbereiding vir Kersfees. In die sesde eeu is soortgelyke liturgieë ook in Rome in gebruik geneem. In Rome was dit aanvanklik egter net bekend as ‘n enkele dag se vas ter voorbereiding van Kersfees. Gregorius die Grote was die eerste persoon wat die lengte van Advent vasgestel het op vier weke. Die tema van die Tweede Koms van Christus was altyd domi-nant in hierdie kerklike seisoen. Tot so laat as die twaalfde eeu was dit beskou as ‘n tyd waarin wit klere gedra is en die Gloria in Excelsisgesing is.

SIMBOLE EN RITUELE IN ADVENT In Adventstyd word die hoop op Christus gevier in die eredienste, maar ook in jou persoonlike lewe. Dit is ‘n besondere simboolryke tyd en bied die geleentheid om deur allerlei simbole en rituele ons geloof te vier.

Sedert die 16de eeu is purper die gebruiklike kleur vir Advent in die Westerse kerk. Soms is blou ook gebruik. In die antieke wêreld was purper die koninklike kleur omdat net die koninklikes die kleurstof kon bekostig. Een van die sterk visuele hulpmiddels in dié tyd is die sogenaamde Adventskrans. Dit bestaan meesal uit vier kerse en ‘n groter wit Christus-kers in die middel.

Drie van die kerse is purper of donkerblou en ‘n vierde rooskleurig. Dit kan bydra tot die gevoel van verwagting deur op elke Adven-tsondag ‘n kers aan te steek. Die gebruik om gewoonlik elke Sondag ‘n kers aan te steek, terwyl die vorige kerse wat aangesteek is bly brand met die aansteek van ‘n volgende kers. So brand al vier kerse tydens die vierde Sondag, terwyl die groot wit Christus-kers in die middel op Kersdag aangesteek word. Die rooskleurige kers, wat juis ‘n uitsondering van die ander kerse is, word ge-woonlik op die derde Sondag aangesteek deurdat hierdie Sondag se kers geassosieer word met die vreugde wat tiperend is van ons Adventvieringe. Die Adventskrans self leen dit uitstekend tot veral skool- en gesinsaktiwiteite rondom die betekenis van Advent-styd. Vir kinders is dit ‘n uitstekende manier om die betekenis van ‘om te wag’ oor die vier weke tot en met Kersdag tuis te bring.

In baie tradisies is dit ook ‘n bekende gebruik om kinders in Adventstyd te betrek by die maak van ‘n Adventskalender. ‘n Ad-ventskalender help ons om die dae af te tel na Kersfees toe, en bring dus ook iets tuis van afwagting en ‘n geduldige wag waarvan Advent die betekenis dra. Een van die gewildste vorme van so ‘n kalender is dat dit in die vorm van ‘n huis is met vier vensters en een deur. Dit word gewoonlik op karton geteken en gemaak, maar op so ‘n manier dat die venstertjies en deur kan oopmaak. Ver-skillende kinders kan dan verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n venstertjie en iets daaragter teken of plak wat met die Kersboodskap geassosieer word. Elke Sondag is dit dan deel van die verrassing dat een so ‘n venstertjie oopgemaak word, terwyl die deur op Kersdag self oopgemaak word. Die gebruik van die Kersboom is baie bekend. Tog het dit ‘n sterker godsdienstige betekenis as wat die meeste mense vermoed. Die Kersboom verwys terug na die boom van die lewe in die tuin. Die boom herinner ons so aan die skepping, asook dat Christus weer sal kom om die skepping te verlos (Rom 8:19- 20). Die voorbereiding en versiering van die Kersboom kan iets van die voorbereiding en wag op die koms van die Koning weerspieël. Die tradisie van die Isai-stomp sluit aan by die teksvers uit Jes 11:1, waar ons lees dat ‘n takkie uit die stomp van Isai sal uitspruit. Volgens tradisie word die stomp van Isai (ook genoem die familieboom van Jesus) gesimboliseer deur ‘n droë stomp met ‘n rooi lint daarom. Woorde soos Maranata (kom, Here Jesus) en Immanuel (God met ons) kan ‘n sentrale plek in Adventstyd inneem en vir kinders verduidelik word. Die gedagtes van wag en waak is sentraal in Adventstyd, en stilte is hiervoor belangrik. Stilte kan juis as alternatief dien op die gejaag en geraas wat dikwels met die tyd voor Kersfees gepaardgaan. Die sing van Kersliedere in eredienste en by ander byeen-komste dra by tot die viering van die Adventstyd.

KLEURE IN ADVENT EN MET KERSFEES Die kleure in Advent moet ons herinner aan die koms van die Koning. Die mees

algemene kleure wat gebruik word is daarom koningsblou en purper.

Ons bid dat u elkeen die ware betekenis van Kersfees weer van vooraf sal besef en ervaar hierdie Adventstyd. Mag ons Vader u elkeen in Sy

oorvloed seën in hierdie spesiale tyd.

Page 10: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-11-28 · 4 Nov. en 7, 14 & 21 Desember. In hierdie Adventstyd vier ons Jesus se eerste koms en ook die verwagting van Sy tweede (weder-) koms.

SPOELKLIPPE Baie dankie vir almal se betrokkenheid by ons aktiwiteite van die afgelope jaar. Dit was 'n wonderlike, geseënde jaar! AL DIE DANK EN EER AAN ONS HEMELSE VADER. BYBELSKOOL Die skool het verdaag. Baie dankie vir jul ondersteuning. ‘n Spesiale dank aan ons mede-aanbieders – Johan van Schalkwyk en Kobus Kellerman. En as daar enige voor-stelle is vir DV 2015, laat ons asseblief weet. Navrae: Clifford by 028 316 4895 ENKELLOPENDE GROEP BY DIENSSENTRUM @ 15h30 elke Sondagmiddag: Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en ‘n behoefte het aan geselskap. Kom kuier saam! Vir enige navrae, kontak Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290 HUIS LETTIE THERON Jannie du Toit se “Doep is nie dood nie” Vertoning Maandag 1 Desember 2014 om 19h00 Munisipale Ouditorium R 80 per persoon ten bate van Huis Lettie Theron Kaartjies beskikbaar by: NG Kerkkantoor: Hermanus & Onrus Niel du Toit Alg. Handelaar & HLT.

NUWE MOEDERSKAMER IN DIE KONSISTORIE BESKIKBAAR VANAF

SONDAG 7 DES 2014 Ons nooi graag alle ouers met woelwaters

om gebruik te maak van die meer ruimer en gemaklike ‘moederskamer’ in die konsisto-rie vanaf Sondag 7 Des. Die moederskamer

aan die bokant van die sysaal is steeds beskikbaar, veral vir ouers met baba’s.

Navrae: Hanna by die Kerkkantoor.

FLIEK-PROGRAM IN ONSTEATER

DONDERDAG 4 DES. 10:00

Fliek: FAAN SE TREIN

WOENSDAG 10 DES.15:00

Fliek: FROZEN

ALMAL IS WELKOM!

Slegs 'n donasie.

ONSTEATER SLUIT DAARNA TOT

FEBR.2015 DV.

MENGELMARKIE: Saterdag 6 Des by die DeWetsaal, Roosstraat, Onrusrivier. Kom vroeg en kry iets lekker vir die naweek!

WYKSBYEENKOMS: WYK 27 Afsluiting op 12 Des 2014 om 18:00 by Her-man & Magda, China Maraisln 8, Fisherha-ven 079 802 4234.

KOSPAKKIES 19 DES. DV Namens die kospakkie-ontvangers wil ons net weer se baie dankie vir almal se getroue en gereelde bydrae's van die afgelope jaar! Mag ons VADER sy seëninge oor julle almal uitstort.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

VERVOER VIR VERSORGERS GESOEK:

Ons het regtig ‘n behoefte aan mense wat bereid

sou wees om ons versorgers heen-en-weer te

ry. Ons kan byvoorbeeld nie iemand in Vermont

versorg nie, want die taxi laai die persoon by die

grootpad af en die persoon moet die hele pad in-

stap en weer die aand uit en dis gevaarlik. So

moes ons ook al by ander plekke “nee” sê om

iemand te versorg weens die vervoer. Dit is en bly

‘n groot probleem met die taxis.

Ons vra dus of iemand kans sien om met die

vervoer van versorgers heen-en-weer van Hawston

af te help, sal dit baie waardeer word. Dit sal

wees ongeveer 06h30 soggens en weer 13h00

smiddae en dan weer 19h00 in die aand. Ons vra

dat die bejaarde moet betaal vir die vervoer van

die taxis – sommige doen dit en ander nie. So ons

kan dalk ook hier vir ‘n lidmaat wat bereid is om te

help noem dat die persoon in ‘n mate gehelp sal

word met die brandstof. Vir enige verdere navrae,

kontak gerus vir Erika. Baie dankie!

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl

082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

4 Mimosa Rd, Industrial Area (028) 312-2280