Hart en hand 28 julie 2013 tvs
-
Upload
gerformeerde-kerk-brooklyn -
Category
Documents
-
view
232 -
download
9
description
Transcript of Hart en hand 28 julie 2013 tvs
Gereformeerde Kerk Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof
Oggenddiens
Genade-atmosfeer Griffel van Wyk
Hoe maak mens kinders groot? Veral as hulle Christelike waardes en moraliteit begin bevraagteken. Dwing jy net harder...? Of moes jy al lankal by die storie agter die storie begin: Die atmosfeer van genade waarin God Hom aan ons bekend stel... en wat ook die atmosfeer in Christenhuise behoort te oorheers.
Eredienste Duxbury: 09:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Deut. 6:20-25 Sang: Ps 145b:1, 2, 3, 4 Ps 134a:4 Sb 1-1:2, 3, 6 Ps 147a:1, 2, 4 (tweede melodie)
Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Prediker 2:24-25 Prediker 3:12-13 Sang: Sal aangekondig word. Karmel- en Troyestraat
Vandag se eredienste
word deur die
Hervormde Kerk gereël.
New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau
28 Julie 2013
Saam op pad met God
Aanddiens
Ruildiens Dr Douw Breed (Waterkloofrand) Waterkloofrand het in 1963 afgestig van die Gereformeerde Kerk Brooklyn. Vroeg in sy bestaan is die eerste predikant beroep wat tans nog die emerituspredikant van die Gemeente is, nl Prof Bouke Spoelstra. Daarna is die Gemeente bedien deur oorlede ds Peet de Wet, deur dr Neels Smit (oorlede), ds Chris Hattingh (oorlede) en tans dr Douw Breed. Tot voor afstigting van die Gereformeerde Kerk Rietvallei in 1987 het die Gemeente gegroei van 236 lidmate tot 978. Na afstigting was die getal 590 en dié het in hierdie jaar (2010) verminder tot 380 (310 belydende en 70 dooplidmate)
Hart & Hand Hart & Hand
“ Onvoorwaardelike liefde, naby,vêr, wyd en diep ”
Gelukwense Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!”
(Jesaja 52:7)
28/7 Mashudu Kruger 084 096 1872
29/7 Frans du Buy 072 211 1857
29/7 Richard Harman 083 416 2140
29/7 Hannes Otto 082 781 2397
29/7 Yoané Penning 083 706 2758
29/7 Lize Rossouw 012 333 5097
29/7 Inge van Dijk 072 430 1119
30/7 Louis Cloete 084 440 6777
30/7 Sakkie Coetzee 072 216 4339
30/7 Danélle Prinsloo 083 299 7322
31/7 Bernard de Winter 012 807 8959
31/7 Annalie Grove 082 879 6654
31/7 Manè van der Schijff 012 348 4094
31/7 Annelize van der Walt 082 324 2552
31/7 Tinus van Staden 083 668 6415
1/8 An van der Merwe 083 510 7480
2/8 Carla Kruger 084 470 3480
2/8 René Lemmer 012 348 8138
3/8 Cornel Claassen 012 332 0205
3/8 Bingle Kruger 082 453 2417
Multimedia- en
klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.
Kosbank ’n GROOT dankie vir soveel gemeentelede wat die afgelope tyd bygedra het tot die kosbank. Bydraes is egter steeds welkom, aangesien die kosbank in heelwat behoeftes voorsien. Berei asb. ’n ekstra porsie, vries dit en gee dit Sondag by die kerk aan Erna Kruger (082 453 2417) of aan enige Agapé-lid.
Eljadahuis
Uit Eljadahuis se nuusbrief kom die volgende versoek: ’n Groot probleem by Eljadahuis is tans die gebrek aan ruimte. As alles goed gaan, kan die hersonering en goedkeuring van bouplanne vir uitbreiding aan die einde van Julie afgehandel wees. Eljadahuis benodig egter dringend R15 000 vir die diensteheffing se verhoging. Hulle doen ’n beroep op enigiemand wat wil of moontlik kan help om ’n bydrae te gee. As 30 mense elkeen R500 gee, het Eljadahuis al voldoende om die bal aan die rol te sit. Die stadsraad het reeds die R45 000 vir die hersonering aan Eljadahuis geskenk, maar die diensterekening moet Eljadahuis self betaal. By voorbaat dankie.
Diakonie van Pretoria-Wes:
Fondsinsameling Die diakonie van Pretoria-Wes verkoop “Best Braai”-houtskool, brikette en vuur-aanstekers as deel van hul fondsinsamelingsprojek. Houtskool verkoop @ R22 en vuur-aanstekers @ R15. Indien jy belang stel, plaas jou bestelling Sondae by Marga Koelman.
Baie dankie vir jou finansiële
bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Vandag: Jeug-kleingroepe
Maandag: Dissipelskap-kafee
Dagboek
Brooklyn Brokkies Sperdatum: 9 Augustus. Stuur berigte asseblief aan Johanna Hellberg by [email protected] voor 9 Augustus.
KAARTJIES
Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R75 vir studente en R50 vir skoolkinders. Dit is beskikbaar by Marga op Sondae in die kerkkantoor en op ander tye by Wina, Elfrieda, Bets, Frikkie, Harm, Danie en die kerkkantoor.
Hoekom hou ons biltongfees? Vir die lekker samesyn Om gemeentelede wat skaars is te onthaal Om ’n besondere bydrae te lewer tot die gemeente se na-mekaar-reik en na-buite-reik Opbrengs gaan vir liefdadigheid binne en buite die gemeente
Bydraes en inbetalings vir biltongfees Merk asseblief inbetalings duidelik PROJEKTE – BILTONGFEES en JOU NAAM baie duidelik by enige inbetaling. Rekening
ABSA Tjekrekening 40-7921-5606
Kennisgewing aan gashere/vroue
van die biltongfees Kom haal asb. jul gasheerbriewe af by Wina, Bets of Marga, asook biltongkaartjies wat nog nie afgehaal is nie. Ons versoek julle ook om asb. die korrekte getal gaste aan u tafel so gou as moontlik deur te gee.
Elektriese biltongkerwer Enigeen wat ’n elektriese biltongkerwer het en van Woensdag 14 Augustus beskikbaar is om te kom help biltong kerf, kontak asseblief vir Fanie.
Wanneer :16 Augustus 2013 Waar : Hoofsaal, St. Mary's Diocesan School for Girls, Pretoria, op dieselfde terrein as die Gereformeerde Kerk Brooklyn by Duxburyweg 174, Hillcrest. Tyd : 18:30 vir 19:00
Voorbidding – Laos Die meerderheid Christene in Laos is vanuit die Khmu-groep. Tog word daar nie na hulle uitgereik nie – die Bybel is nog nie in hul moedertaal beskikbaar nie en min kerke en organisasies bedien Khmu-Christene. Bid dat die Here meer bedieningswerkers vir die Khmu-gelowiges sal oprig en dat Christenleiers onder hulle gekweek sal word.
Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die
liggaam van Christus is, wil ons graag
mekaar se lief en leed deel, meeleef
en daaroor saambid. Indien jy
bewus is van enige siekte of krisis,
neem die vrymoedigheid en kontak
die kerkkantoor of Joëlna Heslinga
by 082 374 1974 sodat ons dit onder
die aandag van die gemeente kan
bring. Kontak gerus een van die
predikante vir meer sensitiewe
persoonlike sake.
Meelewing Oom Petrus Bekker se suster is oorlede en Maandag begrawe. Ons bid die familie die Here se vertroosting toe. Mariaan Simpson is op 17 Julie oorlede en die afgelope week begrawe. Ons dink aan haar familie in ons gebede.
Groot DANKIE vir
Brooklyn se NIE-KOFFIE-
FONDS! ’n Groot dankie vir die mildelike bydraes tot Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS! Ons bedieninge in en vanuit die gemeente kan steeds voortgaan om te groei met die heerlike verwelkomende geur van koffie in die lug! Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen.
Ons het ’n hele spektrum van bediening waardeur ons ons kinders op Sondae help om op hul vlak in hul geloof en navolging van Jesus te groei. Een van hierdie aspekte is begeleiding aan die 7-9-jariges tydens eredienste in die kwartaal. Hierdie ouderdomsgroep verdaag net voor die preek uit die erediens en kom in die saal bymekaar en daar word die woord op hul vlak interaktief aan hulle bedien. Marga Koelman neem hier die leiding, maar sy het hulp nodig om haar ook hierin af te los en te ondersteun. Kontak haar gerus by 082 923 2346.
Bediening deur Bybels Die Bybelgenootskap het ’n opwindende nuwe inisiatief om gemeentes te help om ’n bediening deur middel van Bybels te begin. Hulle het ’n hele uitgewerkte plan met allerhande innoverende idees om die gebruik van Bybels onder gemeentelede te verhoog asook om ’n gemeente te help fondse insamel om self Bybels te versprei en ook die Bybelgenootskap te ondersteun. Indien jy belang stel om só ’n bediening deur middel van Bybels in ons gemeente te lei of te ondersteun, kontak Griffel asb. by [email protected] of 082 354 3726.
Help kinders tydens eredienste!
Gelukwense Van harte geluk aan Adriaan en Karin Venter met die doop van hul babadogter, Annabella, vanoggend. Mag sy julle nog baie vreugde en plesier verskaf.
Vergadering:
Ouderlinge en medewerkers Op Dinsdag 30 Augustus om 19:00 word alle ouderlinge en medewerkers versoek om asseblief ’n vergadering oor kleingroepe in die kerksaal by te woon.
Jaaprogram 2014 Al die diensgroepleiers word gevra om die datums van aktiwiteite vir 2014 voor of op 1 September aan Rentia deur te gee.
Kantoor
Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
WEBtuiste
Sondae Administrasiehulp
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Predikante verbonde aan die gemeente:
Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)
012 348 2467 083 446 6096 [email protected]
Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 [email protected]
Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]
Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 [email protected]
Reëlings Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt
28 Julie Duxbury Ouderling
Matthys van der Hout
Diaken
Soekie Kruger
Onder die
diens Diakonale
werk By die deure
Uitreikfonds
Esther
28 Julie Troyestr Dienste deur Hervormde
Kerk
4 Aug Duxbury Ouderling
Roelof Grové
Diaken Steyn van
Wyk
Onder die
diens Diakonale
werk By die deure
Ekumenisiteit Geref. Jeug Buitelands
Soekie/Ronel
4 Aug Troyestr
Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.
Hierdie week 29 Julie 2013 Eienskappe van ‘n dissipel Aanbieder: Paul Grobler
ADVERTENSIES
Lente-koorfees Op 1 September om 14:30 gaan ses kore weer die krane oopdraai om hul lof vir die Here, ons God, uit te sing en saam te jubel oor God se voorsiening van die mooi seisoen: LENTE! Die Randburgse Mannekoor, Albertonse Dameskoor, Oos-Randse Kinderkoor, Afriliki’s en Centurion Cantus tree op! En……’n Marimba-orkes kom saam musiek maak en heerlike lente saam met ons vier in die Gereformeerde Kerk Centurion, Basdenstraat. Bring ’n mooi donasie vir die opbou van die nasie! Meer navrae: kontak Philip Pretorius by 082 462 6190 of Lorraine Duvenage by 082 877 3880. Sien jou daar!
1. MEUBELS GESOEK ’n Lidmaat is op soek na ’n klerekas en ’n laaikas. Indien u daarmee kan help, kontak Rentia asb. by die kerkkantoor.
2. ALGEMENE TUINDIENSTE BENZ Tuindienste. Algemene tuindienste, op weeklikse en/of maandelikse basis, snoeiwerk en tuinvullisverwydering; en/of enige ander ad hoc-verfraaiing van tuin. Kontak Frans Bekker by 072 271 3778.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enigiets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur jou advertensie na die kerkkantoor by: [email protected] Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal sleg\ drie weke geplaas word. Indien jy dit weer geplaas wil hê, verander die bewoording en stuur dit weer in.
Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.
Tema: Moses
Storielyn Bybelverse Datum
Sprinkane Eks 10:1-7 29 Jul
Weer voor die koning
Eks 10:8-20 30 Jul
Donkerte Eks 10:21-29 31 Jul
Oudste kinders gaan dood
Eks 11:1-10 1 Aug
God gee die Pasga
Eks 12:1-14 2 Aug
Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.
Kitsveiling tydens
biltongfees
Lidmate wat wil word genooi om iets besonders vir die veiling te skenk Uitsonderlike wyn, port of brandewyn
of enige ander aandenking ’n Land Rover-kenteken Skaars items, ’n bok se klok Iets van jou eggenoot wat jy uit die pad
wil kry Verlede jaar is R9 000 só ingesamel kom ons mik vir ’n opbrengs van R20 000 uit die veiling