GRAAD 12 LENDELIKE NEDERSETTINGS OU EKSAMENVRAE 2020 … · 2020. 4. 12. · 1 GRAAD 12 –...

10
1 GRAAD 12 – LENDELIKE NEDERSETTINGS OU EKSAMENVRAE – 2020 NEDERSETTINGSTUDIE Konsepte van: Nedersetting / Standplaas / Ligging / Landelike en stedelike Klassifikasie van nedersettings volgens: Grootte en kompleksiteit / Patroon / Funksie VRAAG 1. 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat landelike nedersettingspatrone toon. Pas die beskrywings hieronder by die landelike nedersettingspatroon A of B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) neer, bv. 1.1.9 B. FIGUUR 3.1: LANDELIKE NEDERSETTINGSPATRONE 1.1.1 'n Kernnedersettingspatroon 1.1.2 Geen privaatheid nie 1.1.3 Plaasimplemente word gedeel 1.1.4 Veiligheids- en sekuriteitsrisiko 1.1.5 Gefragmenteerde (opgebreekte) landbougrond 1.1.6 Ver van basiese dienste, soos winkels en skole, af 1.1.7 Produseer groot oeste 1.1.8 Benodig groot bedrae geld om te kan boer (8 x 1)(8) 1.2 Dui aan of ELK van die stellings hieronder 'n STEDELIKE of 'n LANDELIKE nedersetting beskryf. Skryf slegs STEDELIK of LANDELIK langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Enkelfunksionele nedersetting 1.2.2 Sluit dorpe, stede, 'n metropool en 'n megalopolis in 1.2.3 Geassosieer met sekondêre, tersiêre en kwaternêre aktiwiteite 1.2.4 Sluit plaasopstalle, gehuggies en boeredorpies in 1.2.5 Toon 'n verspreide nedersettingspatroon 1.2.6 Het 'n verskeidenheid funksies, soos winkels, skole en aanbiddingsplekke 1.2.7 Gekenmerk deur primêre ekonomiese aktiwiteite 1.2.8 Vervul die rol van 'n sentrale plek (8 x 1)(8)

Transcript of GRAAD 12 LENDELIKE NEDERSETTINGS OU EKSAMENVRAE 2020 … · 2020. 4. 12. · 1 GRAAD 12 –...

  • 1

    GRAAD 12 – LENDELIKE NEDERSETTINGS

    OU EKSAMENVRAE – 2020

    NEDERSETTINGSTUDIE Konsepte van: Nedersetting / Standplaas / Ligging / Landelike en stedelike Klassifikasie van nedersettings volgens: Grootte en kompleksiteit / Patroon / Funksie VRAAG 1. 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat landelike nedersettingspatrone toon. Pas die beskrywings hieronder by die landelike nedersettingspatroon A of B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) neer, bv. 1.1.9 B. FIGUUR 3.1: LANDELIKE NEDERSETTINGSPATRONE 1.1.1 'n Kernnedersettingspatroon 1.1.2 Geen privaatheid nie 1.1.3 Plaasimplemente word gedeel 1.1.4 Veiligheids- en sekuriteitsrisiko 1.1.5 Gefragmenteerde (opgebreekte) landbougrond 1.1.6 Ver van basiese dienste, soos winkels en skole, af 1.1.7 Produseer groot oeste 1.1.8 Benodig groot bedrae geld om te kan boer (8 x 1)(8)

    1.2 Dui aan of ELK van die stellings hieronder 'n STEDELIKE of 'n LANDELIKE nedersetting beskryf. Skryf slegs STEDELIK of LANDELIK langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

    1.2.1 Enkelfunksionele nedersetting 1.2.2 Sluit dorpe, stede, 'n metropool en 'n megalopolis in 1.2.3 Geassosieer met sekondêre, tersiêre en kwaternêre aktiwiteite 1.2.4 Sluit plaasopstalle, gehuggies en boeredorpies in 1.2.5 Toon 'n verspreide nedersettingspatroon 1.2.6 Het 'n verskeidenheid funksies, soos winkels, skole en aanbiddingsplekke 1.2.7 Gekenmerk deur primêre ekonomiese aktiwiteite 1.2.8 Vervul die rol van 'n sentrale plek (8 x 1)(8)

  • 2

    1.3 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.8 D.

    1.3.1 'n Los groepering van plaasopstalle word 'n … genoem. A boeredorpie B gehuggie C metropool D dorp 1.3.2 Die presiese grond waarop 'n nedersetting gebou word: A Ligging B Standplaas C Situasie D Gebied 1.3.3 Nedersettingdigtheid verwys na die getal nedersettings per … A m². B km². C cm². D mm². 1.3.4 'n Kulturele faktor wat die ligging van 'n standplaas beïnvloed, is … A water. B weiding. C brandstof. D godsdiens. 1.3.5 'n Nedersetting word as landelik geklassifiseer as gevolg van die … A aantal mense wat in die nedersetting woon. B aantal hoë-orde-aktiwiteite. C funksie van die nedersetting. D aantal lae-orde-aktiwiteite. 1.3.6 Droëpuntnedersettings kom naby … voor. A riviere B oases C moerasse D hoogliggende gebiede 1.3.7 'n Nedersetting wat geleë is langs 'n rivier waar dit maklik oorgesteek kan word: A Ontspanningsnedersetting B Poortnedersetting C Oorbrugpuntnedersetting D Kruispadnedersetting (7 x 1)(7) 1.4 Verwys na FIGUUR 1.4. Pas die beskrywings hieronder by nedersetting A of B. Kies die antwoord en skryf slegs die letter A of B langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.7) neer, byvoorbeeld 1.4.8 A.

    1.4.1 Word met verspreide plaasopstalle geassosieer 1.4.2 Maak dit moontlik dat plaastoerusting en idees gedeel word 1.4.3 Het gefragmenteerde stukke grond 1.4.4 Het groot hoeveelhede kapitaal nodig om volhoubaar te wees 1.4.5 Gebrek aan privaatheid in hierdie tipe nedersetting 1.4.6 Toon 'n kernpatroon 1.4.7 Groter sekerheidsrisiko in hierdie tipe nedersetting (7 x 1)(7)

  • 3

    FIGUUR 1.4: NEDERSETTINGSTIPES

    LANDELIKE NEDERSETTINGS

    Hoe standplaas en ligging die vestiging van landelike nedersettings beïnvloed Klassifisering van landelike nedersettings volgens: Patroon / Funksie / buitelynvorms VRAAG 2. 2.1 Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 = J.

    KOLOM A KOLOM B

    2.1.1 Landelike nedersettings met een hooffunksie A sentrale plek

    2.1.2 'n Nedersetting wat uit 'n paar geboue bestaan wat deur een gesin bewoon word

    B kernnedersetting

    2.1.3 'n Nedersettingspatroon waar geboue ver uit mekaar geplaas word

    C lineêr

    2.1.4 Plaashuise wat langs 'n pad geleë is D kruispadnedersetting

    2.1.5 'n Nedersetting wat in die stedelike behoeftes van die omliggende landelike gemeenskap voorsien

    E enkelfunksioneel

    2.1.6 'n Nedersetting wat by 'n natuurlike deurgang in 'n bergreeks/-ketting ontwikkel

    F verspreid

    2.1.7 'n Nedersettingspatroon wat beïnvloed word deur die manier waarop paaie by mekaar aansluit

    G geïsoleerde plaasopstal

    H

    poortdorp

    (7 x 1)(7)

  • 4

    2.2 Bestudeer FIGUUR 2.2. Kies ʼn beskrywing in KOLOM A wat pas by ʼn nedersetting in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (2.2.1 – 2.2.7) neer, byvoorbeeld 2.2.8 = J. FIGUUR 2.2 NEDERSETTINGS

    KOLOM A KOLOM B

    2.2.1 Die patroon by D waar die pad die vorm van die nedersetting bepaal

    A Verspreid

    2.2.2 Die dorp by G wat ontwikkel by die oorgang van ʼn rivier B Oorbruggingsdorp

    2.2.3 Die nedersetting by H waar die waterbron die bepalende faktor is

    C Droë-punt nedersetting

    2.2.4 Die terrein by A is gekies in ʼn poging om water te vermy. D T-aansluiting dorpie

    2.2.5 Die vorm van die paaie by I is die rede vir die vorm van die dorp.

    E Liniêre vorm

    2.2.6 Die nedersetting by K het ontstaan as gevolg van die kruising van die paaie.

    F Verdedigingsdorp

    2.2.7 Die dorp by C het ontwikkel as gevolg van veiligheidsredes gedurende tydperke van oorlog.

    G Nat-punt nedersetting

    H Kruispad-dorpie

    I Kerndorp

    (7x1)(7) 2.3 Voordat 'n boer 'n standplaas vir sy/haar plaas kies, sal die boer verskeie standplaas- en liggingsfaktore in berekening bring.

    2.3.1 Onderskei duidelik tussen die terme standplaas en ligging. (2 x 1)(2) 2.3.2 Water kan beide 'n trekpleister of 'n afskrikmiddel wees wanneer 'n standplaas vir die plaasopstal gekies word. Verduidelik hierdie stelling. (2 x 2)(4) 2.3.3 Noem en bespreek EEN ander fisiese faktor wat 'n boer sal oorweeg wanneer hy/sy 'n standplaas vir 'n plaas kies. (2 x 2)(4) 2.3.4 Bespreek die rol van marktoeganklikheid as 'n liggingsfaktor wanneer 'n standplaas vir 'n plaas gekies word. (2 x 2)(4)

  • 5

    2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat 'n satellietbeeld van 'n landelike nedersetting toon wat op die binnelandse plato in Suid-Afrika geleë is. FIGUUR 2.4: SATELLIETBEELD VAN 'N LANDELIKE NEDERSETTING WAT OP DIE BINNELANDSE PLATO IN SUID-AFRIKA GELEË IS

    2.4.1 Identifiseer die landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 2.4. (1 x 1)(1) 2.4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (1 x 2)(2) 2.4.3 Waarom word hierdie tipe nedersettingspatroon met grootskaalse boerdery geassosieer? (1 x 2)(2) 2.4.4 Waarom maak hierdie tipe nedersettingspatroon boere kwesbaar vir plaasaanvalle? (1 x 2)(2) 2.4.5 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die moontlike faktore wat die ligging van hierdie nedersetting kon beïnvloed het. (4 x 2)(8)

    LANDELIKE NEDERSETTINGSKWESSIES Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne / Grondhervorming

    VRAAG 3. 3.1 Verwys na die artikel in FIGUUR 3.1 oor die toemaak van Pelgrimsrus. FIGUUR 3.1 PELGRIMSRUS “MAAK TOE”

  • 6

    3.1.1 Pelgrimsrus staar die status van spookdorp in die gesig. Wat is ʼn spookdorp? (1x1)(1) 3.1.2 Haal ʼn moontlike rede aan waarom die Departement van Openbare Werke opdrag gegee het dat besighede moet toemaak. (1x1)(1) 3.1.3 Stel voor hoe die toemaak van besighede in Pelgrim's Rest gevolge vir landelike-stedelike migrasie na ander dele in Mpumalanga sal hê. (1x2)(2) 3.1.4 Stel TWEE negatiewe sosiale gevolge voor wat die toemaak van besighede op die bevolking van Schoonplaas sal hê. (2x2)(4) 3.1.5 Verduidelik hoe die Departement van Toerisme kan ingryp om te verhoed dat hierdie dorp ʼn spookdorp word. (3x2)(6)

    3.2 Verwys na FIGUUR 3.2, 'n uittreksel oor landelik-stedelike migrasie. FIGUUR 3.2: LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE

    3.2.1 Wat is landelik-stedelike migrasie? (1 x 1)(1) 3.2.2 Die uittreksel impliseer 'hoop' uit landelik-stedelike migrasie. Wat verwag die migrante in die stedelike gebiede? (1 x 2)(2) 3.2.3 Verduidelik waarom landelik-stedelike migrasie nie altyd tot 'n verbetering in lewenstandaard van landelike migrante lei nie. (2 x 2)(4) 3.2.4 Evalueer in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die negatiewe uitwerking van landelik-stedelike migrasie op stede. (4 x 2)(8)

    3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat landelik-stedelike migrasie toon. FIGUUR 3.3: LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE

    3.3.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 1)(1) 3.3.2 Waarom word 'n magneet in die diagram gebruik om landelik-stedelike migrasie uit te beeld? (1 x 1)(1) 3.3.3 Noem TWEE stootfaktore, wat in die diagram sigbaar is, wat landelik-stedelike migrasie tot gevolg het. (2 x 1)(2) 3.3.4 Noem TWEE maniere waarop landelik-stedelike migrasie die landelike gemeenskap negatief beïnvloed. (2 x 2)(4) 3.3.5 Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare maatreëls wat in landelike gebiede ingestel kan word om landelik-stedelike migrasie te verminder. (4 x 2)(8)

  • 7

    3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4 wat 'n strokiesprent oor landelik-stedelike migrasie toon. FIGUUR 3.4: LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE

    3.4.1 Noem die stootfaktor in die strokiesprent wat tot landelik-stedelike migrasie gelei het. (1 x 1)(1) 3.4.2 Noem die trekfaktor wat John na die stad gelok het. (1 x 1)(1) 3.4.3 Verwys na die strokiesprent (raampie 4). Waarom was Joan verbaas oor John se aangetrokkenheid tot die stad? (1 x 1)(1) 3.4.4 Noem TWEE ander verwagtinge wat John gehad het waaraan NIE voldoen is toe hy stad toe getrek het NIE. (2 x 2)(4) 3.4.5 Plaaslike regerings (munisipaliteite) moet hulle jaarlikse begrotings verhoog om vir 'n instroming van landelike migrante voorsiening te maak. Verduidelik hierdie stelling in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls. (4 x 2)(8) 3.5 Bestudeer FIGUUR 3.5 wat die neiging van die landelike bevolking vanaf 2004 tot 2015 in Suid-Afrika toon. FIGUUR 354: LANDELIKE BEVOLKING (2004–2015) 3.5.1 Lewer kommentaar op die neiging van 2004 tot 2015 in die grafiek ten opsigte van mense wat in landelike gebiede in Suid-Afrika woon. (1 x 1)(1) 3.5.2 Watter persentasie Suid-Afrikaners het in 2015 in landelike gebiede gewoon? (1 x 1)(1) 3.5.3 Gee 'n geprojekteerde persentasie vir die Suid-Afrikaanse landelike bevolking in 2018. (1 x 2)(2) 3.5.4 Watter impak sal die neiging in VRAAG 3.5.1 in die toekoms op landelike gebiede hê? (2 x 2)(4) 3.5.5 Indien die neiging in VRAAG 3.5.1 voortduur, kan Suid-Afrika in die nabye toekoms 'n voedseltekort in die gesig staar. In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke volhoubare maatreëls om volgehoue voedselsekerheid te verseker. (4 x 2)(8)

  • 8

    3.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.6 wat na die impak van landelike ontvolking verwys. FIGUUR 3.6: DIE IMPAK VAN LANDELIKE ONTVOLKING

    3.6.1 Definieer die begrip landelike ontvolking. (1 x 1)(1) 3.6.2 Haal TWEE bewyse uit die leesstuk aan wat die sosiale impak van landelike ontvolking aandui. (2 x 1)(2) 3.6.3 'Plase word groter terwyl minder arbeidskrag benodig word.' (a) Stel EEN moontlike rede voor waarom plase groter word. (1 x 2)(2) (b) Bespreek hoe 'groter plase' landelike ontvolking kan laat toeneem. (1 x 2)(2) 3.6.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik hoe grondhervorming landelike ontvolking in Suid-Afrika kan verminder. (4 x 2)(8) 3.7 Die toenemende tempo van landelik-stedelike migrasie veroorsaak baie probleme vir landelike en stedelike nedersettings.

    3.7.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 1)(1) 3.7.2 Noem TWEE omgewingstootfaktore wat vir landelik-stedelike migrasie verantwoordelik is. (2 x 1)(2) 3.7.3 Hoe sal landelik-stedelike migrasie veroorsaak dat die ekonomie van landelike gebiede stagneer (ophou groei)? (2 x 2)(4) 3.7.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik waarom trekfaktore 'n las vir stedelike munisipaliteite (plaaslike regerings) is. (4 x 2)(8) 3.8 FIGUUR 3.8 toon water as 'n maatskaplike ongeregtigheid in landelike gebiede. FIGUUR 3.8: WATER AS 'N MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID IN LANDELIKE GEBIEDE

  • 9

    3.8.1 Hoe is water voor die uitvinding van die waterwiel wat in FIGUUR 3.8 getoon word, in landelike gebiede vervoer? (1 x 1)(1) 3.8.2 Hoe het die waterwiel van Wello toegang tot water in landelike gebiede verander? (1 x 2)(2) 3.8.3 Watter rol kan toegang tot water in landelike gebiede speel om armoede te verlig? (1 x 2)(2) 3.8.4 Gee 'n rede vir die swak water-infrastruktuur in Suid-Afrika se landelike gebiede. (1 x 2)(2) 3.8.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en maak volhoubare voorstelle om toegang tot water in landelike gebiede te verbeter. (4 x 2)(8) 3.9 Verwys na FIGUUR 3.9, 'n spotprent oor die 1913 Naturelle Grond Wet in Suid-Afrika. FIGUUR 3.9: 1913 NATURELLE GROND WET

    3.9.1 Definieer die term grondrestitusie. (1 x 1)(1) 3.9.2 Wat was die doel van die Naturelle Grond Wet, 1913 (Wet 27 van 1913)? (1 x 1)(1) 3.9.3 Wanneer is die 1913 Naturelle Grond Wet herroep? (1 x 1)(1) 3.9.4 Verduidelik waarom grondrestitusie op gepaste wyse met die slak verbind word. (2 x 2)(4) 3.9.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en beskryf kortliks enkele van die faktore wat die grondhervormingsproses in Suid-Afrika vertraag het. (4 x 2)(8) 3.10 FIGUUR 3.104 toon data oor grondrestitusie in die verskillende provinsies in Suid-Afrika. FIGUUR 3.10: DATA OOR GRONDRESTITUSIE

  • 10

    3.10.1 Definieer die term grondrestitusie. (1 x 1)(1) 3.10.2 Gee die totale getal grondeise wat tot op hede gemaak is. (1 x 1)(1) 3.10.3 Watter provinsie het tot dusver die grootste hoeveelheid grond vir grondrestitusie toegeken? (1 x 1)(1) 3.10.4 Lewer kommentaar op die totale grondkoste in verhouding tot die totale hoeveelheid wat vir die grondrestitusieproses toegestaan is. (1 x 2)(2) 3.10.5 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.10.4. (2 x 2)(4) 3.10.6 Verduidelik die belangrike rol wat grondrestitusie in die sosiale regsproses in 'n demokratiese Suid-Afrika speel. (3 x 2)(6) 3.11 Verwys na FIGUUR 3.11, 'n artikel oor grondhervorming. FIGUUR 3.11: GRONDHERVORMING

    3.11.1 Definieer die term grondhervorming. (1 x 1)(1) 3.11.2 Waarom het die grondhervormingsprogram misluk, volgens die artikel? (1 x 1)(1) 3.11.3 Bespreek kortliks TWEE faktore wat verduidelik waarom grondhervorming in Suid-Afrika noodsaaklik is. (2 x 2)(4) 3.11.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek metodes wat die regering kan gebruik om die mense wat na grondhervorming hervestig is, te ondersteun. (4 x 2)(8)