Gordonsbaai/Strand …. links - SAWA · 2016. 7. 6. · Van vroeg Vrydag af het die manne al die...

12
Van vroeg Vrydag af het die manne al die pad aangedurf na Caldeon!! Want glo my …. Jy wil nie in die verkeer op die pas vassit nie!! Gordonsbaai/Strand …. links Regs … dis maar redelik droog op die oomblik op die plase … op pad na Caledon … Die boere wag nou vir die winterreëns om te kom.

Transcript of Gordonsbaai/Strand …. links - SAWA · 2016. 7. 6. · Van vroeg Vrydag af het die manne al die...

  • Van vroeg Vrydag af het die manne al die pad aangedurf na Caldeon!! Want glo my …. Jy wil nie in die verkeer op die pas vassit nie!!

    Gordonsbaai/Strand …. links

    Regs … dis maar redelik droog op die oomblik op die plase … op pad na Caledon … Die boere wag nou vir die winterreëns om te kom.

  • Na aankoms en inteken by die hek, word daar nesgeskrop en teen son-onder is almal al redelik rustig!! Die laaste paar het tot na donker nog aangekom, want ons het toe tog weer 'n ongeluk op die pas gehad!

    Gedurende die hele naweek het lede die koppie agter die kampterrein geklim en vir ons gewaai vanaf die "Vloedbos" naam op die berg. {dit was sommer goeie oefening vir almal!}

    En toe die pragtige maan die aand oor die kop verskyn - moes ons dit afneem!

  • In die heerlike warm weer wat ons Saterdag beleef het, is alle geriewe – en veral die swembad voluit geniet deur almal! Hier is 'n klompie besig om te ontspan by die swembad en die kafeetjie te besoek … as daardie toeter blaas om aan te dui die winkel is oop … hardloop die kinders … dit lyk of dit pouse is by die skool! Daar het ons allerhande lekkernye gekoop!

    Regs is die nuwe lapa te sien wat Wessel so pas daar aangebou het, dit het baie goed te pas gekom toe die wind maar goed gewaai het! Daar is nou ook 'n toegangshek na die plaas, wat dit nog baie veiliger maak – elke woonwa kry sy eie "tag" om in te kom.

    Bo lê Ian bietjie en ontspan, terwyl sussie bietjie om hom rond spring …….

  • Saterdagmiddag het 'n klomp rugbyondersteuners die rugby wedstryd bygewoon wat Wessel vir ons op die grootskerm gewys het … en wat 'n vreugde om saam met ons Stormer ondersteuners die oorwinning te kon smaak!! Lekker …..!!

    Saterdag-aand is daar lekker om die vure ontspan en rustig oral saamgekuier. Hier sit van ons gaste van Albatros, Theo en Melinda lekker en gesels by die vuur.

    Regs sit, Fred, Johan en Betsie en wag vir die vuur om bietjie uit te brand, sodat die groot braai kan begin! Wat is dan nou lekkerder as om so op 'n plaas saam met vriende te kan ontspan!

  • Sondagoggend het Ds Emile Kritzinger die erediens vir ons waargeneem. Hulle het ook die naweek saam met ons gekamp.

    Baie dankie aan die twee kampleiers van Albatros wat die naweek vir ons hanteer het, links …. Marius van der Mescht en Hennie Landman. Dit was ons eerste Vriendskapsnaweek en ons het saam met Helderberg gekamp. Hulle het ook hulle gedeelte van die kamp hanteer ~ baie dankie aan almal vir die lekker saamwerk en saamkuier die naweek ~ ons het baie goeie terugvoer gekry van almal wat 'n heerlike naweek geniet het! Sal beslis weer so maak! Kaapzicht en Noord-Boland het ook as ons gaste die naweek saam met ons gekamp. Ons was 50 woonwaens – wat die hele terrein bespreek en saamgekamp het. Daar was ook heelwat gaste wat die naweek saam met ons gekuier het: Albatros was: 28 lede, Helderberg: 17 Kaapzicht: 3 en Noord-Boland: 2 = dus 'n totaal van 50!

    Baie dankie aan almal vir hulle ondersteuning gedurende die naweek, asook al julle gaste ~ sonder julle sou ons dit nie kon doen nie!! Deel 2 volg ………….

  • Daar is natuurlik ook lekker 4x4 gery, die roete is agter teen die kop uitgelê en heelwat mense het dit aangedurf …

    Robert en Danny het ook lekker met die offroad motorfietse gery … daar is ook quad bike gery tussen-in …

  • Die terrein lê pragtig so tussen die berge en is baie rustig.

    Daar is voëlhokke en 'n skapie en kalfie waarna die kinders kan gaan kyk en wat hulle kon kosgee! Dit was 'n groot aantrekkingskrag … en as hulle eers daar was, wou hulle nie weer weg nie!

    Nog 'n deel van die regte 4x4 roete agter die koppie wat gery kon word … plek plek was dit nogal …. Erg!!

  • Hier sit Fred die kamp en bewonder vanaf die nuwe Vloedbos naam wat op die berg uitgepak is … dit was 'n treffer om dit te gaan besoek. Pragtige uitsig daar van bo af!!

  • Sondag-middag het almal begin met hulle … potjies en potbrode …. Net waar jy gekyk het was almal besig om potte te maak …. Dit was te lekker! Regs is Riana besig om haar pot te roer – lekker noedelpot! Eugene gesels in die agtergrond.

    Onder sit Jaco en Debbie en hul gaste en gesels … terwyl hulle geduldig moes wag vir die beesstert pot om gaar te word! Dit neem mos maar tyd …. maar was die wag werd!!

    Onder is Stefan besig met sy pot … die sousie moet nou ingeroer word.

    Deel 3 vervolg …..

  • Nog potte!!!

    En terwyl die manne besig was met die potte …….

    het die dames darem ook 'n bietjie vermaak nodig gehad! Hier word 'n bietjie UNO gespeel by Marietjie hulle …. moet net nie so "verneuk" nie … het party gekla!!

    Cor en Schalk besig met hulle pot, terwyl Fred inloer wat daar aangaan … Frik en Elna kuier ook 'n bietjie daar by hulle. Cor beduie hoe sy "wenpot" altyd smaak!!

  • En na almal se harde werk … was dit natuurlik die heerlike …. Eet … en … geniet van die potte wat gevolg het - en was dit lekker! Party kon nie meer wag nie!

    Peet Hugo het 'n heerlike lamsboud gaargemaak in sy pot … dit lyk te heerlik!!!

    En saam met dit, 'n lekker groentepot!! Wat 'n wenner ….

    Ons kon die al die potte inkry nie – maar daar was nog vele meer … asook baie potbrode . en almal het heerlik geeet Sondagaand!

  • Te gou was 'n lekker rusnaweek verby en almal weer op pad terug huistoe … baie het die Villiersdorp pad geneem en deur Franschoek gegaan! Baie minder verkeer op 'n langnaweek ~ en 'n pragtige pad!! Niks kom darem by ons Kaapse Berge nie!

    • Aangesien ons 'n Vriendskapsnaweek gehad het ~ was geen voorsitterstee's aan enige kant gehou gedurende hierdie naweek nie.

    • Terugvoer van ons Spesiale vergadering Saterdag is reeds aan alle lede deurgestuur.

    • Sal binnekort ons terugvoering gee saam met ons kampkennisgewing.

    Fotobeelde saamgestel deur: Corrie Schmiedeskamp Voorsitter ALBATROS