Geskiedenis P2 - Model 2007 - Qpaper Afr...Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS Kopiereg voorbehou...

18
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en 'n addendum van 11 bladsye. GESKIEDENIS V2 MODEL 2007 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Transcript of Geskiedenis P2 - Model 2007 - Qpaper Afr...Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS Kopiereg voorbehou...

  • Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    PUNTE: 150 TYD: 2 uur

    Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en 'n addendum van 11 bladsye.

    GESKIEDENIS V2

    MODEL 2007

    NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

    GRAAD 11

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2

    INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6.

    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae, gebaseer op die voorgeskrewe in-houdraamwerk vir 2007, wat soos volg is: VRAAG 1: Pseudo-wetenskaplike Rassisme en Sosiale Darwinisme VRAAG 2: Impak van die Tweede Wêreldoorlog op Afrika VRAAG 3: Apartheid Elke vraag tel 75 punte en begin met 'n sleutelvraag. Kandidate moet TWEE vrae beantwoord. Elke vraag bestaan uit beide die brongebaseerde vraag wat 45 punte tel en langer skryfwerk wat 30 punte tel. Kandidate se antwoorde moet die toepassing van kennis, vaardighede en insig demonstreer. Om regstreeks uit bronne aan te haal, sal tot die nadeel van kandidate strek. Skryf netjies en leesbaar.

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    3

    VRAAG 1 WATTER IMPAK HET EUGENETIKA OP PSEUDO-WETENSKAPLIKE RASSISME GEHAD? Bestudeer Bronne 1A, 1B en 1C om die volgende vrae te beantwoord.

    1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1

    1.1.2 1.1.3 1.1.4

    Definieer, in jou eie woorde, die konsep eugenetika. (1 x 2) Verduidelik of eugenetika as 'n wetenskap ondersteun kan word. (2 x 2) Wat, volgens hierdie bron, was die doel van eugenetika? (1 x 2) Verduidelik waarom jy met die volgende stelling sou saamstem of nie saamstem nie: Die rasverbeteringsleer werk met die natuurwette saam deur te verseker dat die mensdom deur die sterkste rasse verteenwoor-dig sal word. (2 x 2)

    (2) (4) (2) (4)

    1.2 Verwys na Bron 1B. 1.2.1

    1.2.2 1.2.3 1.2.4

    Wat sê die illustrasie oor eugenetika? (2 x 2) Verduidelik of die boom 'n akkurate weergawe van eugenetika is. (2 x 2) Die eugenetikabeweging het beweer dat indien hulle filosofie gevolg word ' 'n beter en meer harmonieuse gemeenskap ge-stig sou word'. In hoe 'n mate ondersteun jy hierdie argument? (2 x 3) Hoe, dink jy, sou liggaamlik gestremdes op die filosofie van eugenetika gereageer het? (2 x 2)

    (4) (4) (6) (4)

    1.3 1.4

    Verwys na Bronne 1A en 1B. In watter opsig vul hierdie bronne mekaar aan met betrekking tot die filosofie van eugenetika? (2 x 2) Bestudeer Bron 1C.

    (4)

    1.4.1

    1.4.2

    In watter mate het die eugenetikabeweging die skryf van Mein Kamph beïnvloed? (1 x 2) Op watter wyse, dink jy, was die eugenetikabeweging óf voor-delig óf nadeling vir rasseverhoudings? (2 x 2)

    (2) (4)

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    4

    1.5 1.6

    '... al die prestasies op die gebied van die kunste, die wetenskap en tegno-logie wat ons vandag voor ons sien, is bykans uitsluitlik die kreatiewe produk van die Ariese ras ... hy alleen was die stigter van alle hoër vorme van menswees ... .' Verduidelik in watter mate Bron 1A Hitler se denke in Bron 1C ondersteun. LANGER SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees.)

    (5)

    1.6.1 Eugenetika het grootliks tot Hitler se ideologie van die 'Herren-

    volk' bygedra. Bespreek.

    (30)

    OF 1.6.2 Evalueer hoe die teorieë van eugenetika pseudo-wetenskaplike

    rassisme in EEN van die volgende lande beïnvloed het: (a) Nazi Duitsland (b) Verenigde State van Amerika (c) Australië Gebruik relevante inligting uit die bronne en jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun.

    (30) [75]

    VRAAG 2 HOE HET AFRIKA-LANDE HULLE ONAFHANKLIKHEID VAN KOLONIALE HEERSKAPPY VERKRY? Gebruik Bronne 2A en 2B om die volgende vrae te beantwoord.

    2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1

    2.1.2 2.1.3 2.1.4 2.1.5

    Waarom, volgens hierdie bron, het Arden-Clarke die 'moeilikste besluit van sy loopbaan die hoof (te) bied'? (2 x 2) Hoekom het amptenare van die Britse regering na Kwame Nkrumah as ' 'n gevaarlike moeilikheidmaker en deur-trapte kommunis' verwys? (2 x 2) Wat het Nkrumah aangespoor om sy eie politieke party te stig? (2 x 2) Watter impak, dink jy, sou die stelling 'soek eers die politieke koninkryk en alle ander dinge sal volg' op die mense van Ghana gehad het? (2 x 2) Hoe was Brittanje van voorneme om Ghana na onafhanklikheid te lei? (2 x 2)

    (4) (4) (4) (4) (4)

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    5

    2.1.6 Hoe, dink jy, sou die volgende leiers op die verkiesingsuitslae

    reageer het:

    (a)

    (b) Kwame Nkrumah Arden-Clarke (2 x 2)

    (4)

    2.1.7 Watter rol, dink jy, het Afrika-nasionalisme in Ghana se onaf-

    hanklikheid gespeel? (2 x 2)

    (4) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Verduidelik die voglende begrippe: (a)

    (b) Winde van verandering ('Winds of change') Swart nasionalisme (2 x 2)

    (4)

    2.2.2

    2.2.3

    Verduidelik in watter mate die spotprenttekenaar se voorstelling van die gebeure in Afrika akkuraat is. (2 x 2) Hoekom, dink jy, word na Suid-Afrika verwys as 'Privaat Bly Weg'? (2 x 2)

    (4) (4)

    2.3 2.4

    Bestudeer Bronne 2A en 2B. Verduidelik hoe bruikbaar hierdie bronne vir 'n historikus is wat die gebeure wat na die onafhanklikheidswording die Afrika-state gelei het, bestudeer. LANGER SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees.)

    (5)

    2.4.1 Bespreek die faktore wat tot die Afrika-state se verkryging van

    onafhanklikheid van koloniale regering bygedra het.

    (30)

    OF 2.4.2 Hierdie jaar (2007) vier Ghana hulle 50 jaar onafhanklikheid van

    Britse koloniale regering. Skryf 'n opstel vir insluiting in 'n herdenkingsnuusbrief oor die rol wat Kwame Nkrumah in die stuur van Ghana na uhuru/vry-heid/onafhanklikheid gespeel het.

    (30) [75]

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    6

    VRAAG 3 HOE HET DIE VRYHEIDSMANIFES DIE APARTHEIDSREGIME UITGEDAAG? Gebruik Bronne 3A, 3B, 3C, 3D en 3E om die volgende vrae te beantwoord.

    3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1

    3.1.2 3.1.3

    Verduidelik die term apartheid. (1 x 2) Wat was die eise van die mense? (1 x 3) Verduidelik waarom grond so 'n belangrike rol in die verset teen apartheid gespeel het? (2 x 1)

    (2) (3) (2)

    3.2 Gebruik Bron 3B. 3.2.1

    3.2.2 3.2.3 3.2.4

    Wat word onder die term resolusie verstaan? (1 x 2) Verduidelik waarom jy die opstel van die Vryheidsmanifes as demokraties sal beskou. (2 x 2) Watter probleme het die organiseerders, wat die Vryheids-manifes opgestel het, ondervind? (2 x 2) Hoe bruikbaar is hierdie bron vir 'n historikus wat die opstel van die Vryheidsmanifes bestudeer? (2 x 2)

    (2) (4) (4) (4)

    3.3 3.4

    Hoe ondersteun die bewyse in Bron 3A die bewyse in Bron 3C rakende die eise van mense? (2 x 2) Bestudeer Bronne 3C en 3D.

    (4)

    3.4.1

    3.4.2

    Jy word gevra om 'n aandenkingsbrosjure vir die 50ste her-denking van die Vryheidsmanifes te ontwerp. Verduidelik watter EEN van die twee bronne jy in jou brosjure sal gebruik. (2 x 2) Verduidelik die verskil in die stemming van die mense soos in Bronne 3C en 3D uitgebeeld. (2 x 2)

    (4) (4)

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    Kopiereg voorbehou

    7

    3.5 Lees deur Bron 3E. 3.5.1

    3.5.2 3.5.3

    'Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon' en 'Alle nasionale groepe sal gelyke regte hê'. Hoekom sal 'n onder-steuner van Pan-Afrikanisme NIE hiermee saamstem nie? (2 x 2) Verduidelik waarom die Nasionale Party teen hierdie dokument gekant was. (2 x 1) 'Deure van geleerdheid en kultuur moet oopgemaak word.' Stem jy saam met hierdie beginsel of nie? Verduidelik jou ant-woord. (1 x 3)

    (4) (2) (3)

    3.6 Bestudeer Bronne 3A, 3B en 3E. 3.6.1

    3.6.2

    Verduidelik in watter mate die griewe waarna Bron 3A verwys word, in Bron 3C aangespreek is. (1 x 2) Watter eis in Bron 3B word in Bron 3E aangespreek? (1 x 2)

    (2) (2)

    3.7 LANGER SKRYFWERK

    (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees.)

    3.7.1 Die Vryheidsmanifes was 'n aanval op die onregverdigheid van

    apartheid. Bespreek.

    (30)

    OF 3.7.2 Die Vryheidsmanifes het 'n skrywe aan die African National

    Congress (ANC) gegee - 'n duidelike aanduiding van hulle eise. Deur van AL die bronne en jou eie kennis gebruik te maak, skryf 'n opstel waarin jy verduidelik hoekom die Vryheids-manifes die hoeksteen van die mense se stryd teen apartheid geword het.

    (30) [75]

    TOTAAL: 150

  • Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    Hierdie addendum bestaan uit 11 bladsye.

    GESKIEDENIS V2

    MODEL 2007

    ADDENDUM

    NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

    GRAAD 11

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2

    VRAAG 1 WATTER IMPAK HET EUGENETIKA OP PSEUDO-WETENSKAPLIKE RASSISME GEHAD? BRON 1A Charles Darwin se neef, Francis Galton, het 'n nuwe tak van wetenskaplike ondersoek ontwikkel wat op die evolusieteorieë gegrond was. Hy het dit eugenetika (rasver-beteringsleer) genoem. Rasverbeteringsleer is die wetenskap van die verbetering van die menslike 'ras' deur 'die beste met die beste' te laat voortplant. Galton het geglo dat natuurlike seleksie by die mens werk nie soos dit in die natuur werk nie, omdat mense met die proses inmeng. Gevolglik oorleef die sterkstes nie altyd nie. Van dié punt af was dit maklik vir sommige regerings om aktief betrokke te raak by die bevordering van biologiese manipulasie waartydens 'meerdere' elemente van die gemeenskap aange-moedig is om meer kinders te hê en 'mindere' elemente verhoed is om kinders te hê, by wyse van genadedood en sterilisasieprogramme vir geestesiekes, gestremdes en kinders van gemengde ras, soos wat in die VSA en Nazi-Duitsland gebeur het. In 1904 het Galton verduidelik hoe die rasverbeteringsleer volgens hom die menseras sou ver-beter:

    Eugenetika is die wetenskap wat handel oor alle invloede wat die ingebore eienskappe van 'n ras verbeter en ontwikkel. Maar wat word met 'verbetering' bedoel? Ons moet morele kwessies so ver as moontlik uit hierdie bespreking laat, op grond van die bykans onoorkombare struikelblokke wat dit veroorsaak oor of 'n karakter as 'n geheel goed of sleg is. Die wesenlike kenmerke van eugenetika kan egter maklik omskryf word. Almal sal saamstem dat dit beter is om gesond as siek, sterk as swak, en goed toegerus teenoor swak toegerus te wees vir hul rol in die lewe. Kortliks, dat dit beter is om 'n goeie eerder as 'n swak voorbeeld van jou soort te wees, wat daardie soort ookal mag wees. Daar is 'n menigte botsende ideale of andersoortige karakters of onversoenbare beskawings wat nodig is om volheid en interessantheid aan die lewe te gee. Die doel van eugenetika is om elke klas of groep deur sy beste spesimen te laat verteenwoordig, wat sal veroorsaak dat hulle meer as hulle deel tot die volgende geslag sal bydra. As dit eers geskied het, moet hulle in vrede gelaat word om hul gemene beskawing op hul eie manier uit te werk ... . Eugenetika werk met die natuurwette saam deur te verseker dat die mensdom deur die sterkste rasse verteenwoordig word. Wat die natuur blindweg, stadig en meedënloos doen, kan die mens sorgsaam, vinnig en met empatie doen. Die verbetering van ons ras is een van die hoogste doelstellings wat redelikerwys nagestreef kan word.

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    3

    BRON 1B Hierdie illustrasie toon al die gebiede waarop die aanhangers van eugenetika in die Verenigde State gedink het dat die leer nuttig sou wees. Hierdie gebiede word in die wortels van die boom gelys. Hulle het geglo dat indien eugenetika toegepas word, dit tot 'n beter en meer harmonieuse gemeenskap sou lei. Die illustrasie is van die Amerikaanse Filosofievereniging.

    VERTALING: - EUGENETIKA - Eugenetika is die selfrig van menslike evolusie - Anatomie Argeologie Onderwys Fisiologie Etnologie Godsdiens Biologie Geografie Psigiatrie Genetika Regte Chirurgie Psigologie Statistiek Medisyne Geestestoetsing Politiek Antropometrie Ekonomie Geskiedenis Biografie Geologie Genealogie Antropologie Sosiologie - Soos 'n boom onttrek eugenetika materiaal uit baie bronne en

    organiseer dit in 'n harmonieuse entiteit.

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    4

    BRON 1C Hitler het die werk van die aanhangers van eugenetika in die VSA bewonder en baie van hulle idees in sy wette wat oor ras handel, gebruik. Lank voordat hy aan be-wind gekom het, het Hitler oor sy opvattinge oor rassesuiwerheid en rassehiërargie in Mein Kampf geskryf. Dit is sy outobiografie wat hy geskryf het toe hy in die gevangenis was. Hierdie uittreksels is uit Mein Kampf soos vertaal deur Ralph Manheim, 1969, pp. 195, 263, 279:

    (a) Waarvoor ons moet veg, is om die bestaan en voortplanting van ons ras en ons mense te beveilig ..., asook die suiwerheid van ons bloed, die vryheid en onafhanklikheid van die vaderland, sodat ons mense tot wasdom kan groei vir die verwesenliking van die opdrag [aan ons gegee] deur die skepper van die heelal. (b) Dit is sinloos om te bespiegel watter ras of rasse die oorspronklike verteenwoordigers is van die menslike kultuur en gevolglik die ware grondleggers is van wat ons onder die woord 'mensdom' saamvat. Dit is makliker om hierdie vraag ten opsigte van die huidige te stel, en hier word 'n maklike, duidelike antwoord gekry. Die hele menslike kultuur, al die prestasies op die gebied van die kunste, die wetenskap en tegnologie wat ons vandag voor ons sien, is bykans uitsluitlik die kreatiewe produk van die Ariese ras. Slegs die Ariër is die stigter van alle hoër vorme van menswees ... .

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    5

    VRAAG 2 HOE HET AFRIKA-LANDE HULLE ONAFHANKLIKHEID VAN KOLONIALE HEERSKAPPY VERKRY? BRON 2A Hierdie is 'n uittreksel uit die State of Africa: History of Fifty Years of Independence deur Martin Meredith, wat die gebeurtenisse beskryf wat tot die onafhanklikheid van Ghana gelei het, wat in 1957 die eerste Afrika-land geword het wat sy vryheid verkry het.

    By die hoofkwartier by Christian Borg-kasteel, 'n sewentiende-eeuse slawefort vanwaar die Britse heersers die Goudkus die afgelope 50 jaar regeer het, word Sir Charles Arden-Clarke die oggend van 9 Februarie 1951 wakker om die moeilikste besluit van sy loopbaan die hoof te bied. Sy probleem was 'n 41-jarige gevangene in James Fort in Accra wat 'n driejaar-vonnis vir ondermynende bedrywighede uitgedien het. In die oë van koloniale owerhede was Kwame Nkrumah 'n gevaarlike moeilikheidmaker. Amptelike verslae het na hom verwys as 'n 'deurtrapte kommunis'. Hy het sy eie politieke party in Junie 1949 gestig en aan-gedring op 'Selfregering - Nou' en het gedreig om Brittanje se sorgvuldig uitgewerkte plan vir grondwetlike hervorming te laat ontspoor indien dit nie onmiddellik toegestaan word nie. In opruiende toesprake regoor die land het hy belowe dat 'Selfregering - Nou' al die griewe en swaarkry wat deur koloniale heerskappy veroorsaak is, sou laat verdwyn en dat dit 'n nuwe wêreld van geleentheid en vooruitgang sou inlei. Sy flambojante optrede en innemende glimlag het hom die bynaam 'Showboy' laat kry. Sy radikale houding het almal aangetrek: vakbondlede, oudsoldate, klerke, kleinhandelaars en onder-wysers, 'n nuwe geslag wat 'n beter lewe begeer het. Vir diegene sonder geld, sonder posisie, sonder eiendom, was Nkrumah se eis om 'vryheid' 'n verlossing. 'Soek eers die politieke koninkryk,' het Nkrumah aan hulle gesê, 'en dan sal julle alle ander dinge kry.' Die eindresultaat was 'n oorwinning vir die CPP wat 34 setels verower het, terwyl Danquah se Konvensie net drie setels verower het (die Britte het groot bewondering vir dr. Joseph Danquah gehad). Die nuus is op 9 Februarie om vieruur die oggend aan hom oorgedra deur die gevangenisowerhede. Die dilemma waarvoor Arden-Clarke te staan gekom het, is of hy Nkrumah - 'n veroordeelde misdadiger - uit die gevangenis moes vrylaat. Arden-Clarke het gelas dat Nkrumah vrygelaat moes word, en dit as 'n 'daad van welwillendheid' beskryf. Na 14 maande se gevangenisskap het Nkrumah uit die tronk gestap, onder die luide toejuiging van sy ondersteuners.

    Foto van Kwame Nkrumah en Sir Charles Adren-Clarkeby Ghana se onafhanklikheidsvieringe in Maart 1957.

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    6

    BRON 2B Hieronder is 'n spotprent deur Jock Leyden met die titel Coming with the wind. Dit beeld die groei van swart nasionalisme uit.

    DIE WINDE VAN VERANDERING RHODESIË

    SWART NASIONALISME

    KONGO

    ROY PRIVAAT BLY WEG

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    7

    VRAAG 3 WAAROM HET DIE VRYHEIDSMANIFES 'N DOKUMENT VIR DIE MENSE SE STRYD TEEN APARTHEID GEWORD? BRON 3A Die Kongresalliansie het mense versoek om hulle griewe en hulle idees oor die soort Suid-Afrika wat hulle wou hê, in te stuur. Hieronder is 'n uittreksel oor sommige van die griewe teen Apartheid:

    'ONS ROEP DIE BOERE VAN DIE RESERVATE EN TRUSTGROND! Kom ons praat oor die oop lande en die smal strokies waarop ons arbei. Kom ons praat oor die broers sonder grond en die kinders wat nie skoolgaan nie. Kom ons praat oor belasting en oor beeste en oor hongersnood. KOM ONS PRAAT OOR VRYHEID! ONS ROEP DIE MYNERS VAN STEENKOOL, GOUD EN DIAMANTE! Kom ons praat oor die donker skagte en die koue kampongs ver van ons families af.'

    BRON 3B Hierdie is 'n uittreksel oor 'n organiseerder wat in die platteland ingegaan het om eise bymekaar te maak:

    'Ons het voorstelle van vroue, plaaswerkers, van almal gekry. Ons het selfs voorstelle gekry wat op die agterkant van sigaretdosies, stukke karton of papier geskryf is. Dit was 'n moeilike taak, omdat mense nie daaraan gewoond was om hulself openlik uit te druk nie. Die vrywilliger moes versigtig verduidelik: 'Kyk, ek kan u nie sê wat om te sê nie, u moet my vertel wat u wil hê.' Eise het gewissel van die onverkrygbaarheid 'n uniform by die werk, of dat vroue toegelaat moes word om by hulle mans te woon, tot veel sterker politieke idees soos stemreg vir almal.'

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    8

    BRON 3C Hieronder is 'n foto van 'n afvaardiging wat op 26 Junie 1955 na Kliptown gemarsjeer het met hul eise:

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    9

    BRON 3D Hieronder is 'n foto van 'n deel van die skare op 26 Junie 1955 tydens die Kongres te Kliptown waartydens daar op die Vryheidsmanifes ooreengekom is:

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    10

    BRON 3E Hieronder is 'n uittreksel uit die Vryheidsmanifes:

    DIE VRYHEIDSMANIFES Ons, die mense van Suid-Afrika, verklaar hiermee voor ons hele land en die hele wêreld: • Klousule 1, Die Mense Moet Regeer, bevestig die reg van almal, ongeag ras, kleur of geslag, om te stem; • Klousule 2, Alle Nasionale Groepe Moet Gelyke Regte Hê, verleen gelykheid voor die reg, in skole, en verbied rassebeledigings; • Klousule 3, Die Mense Moet In Die Land Se Welvaart Deel, vra vir die nasionalisering van die myne, banke en nywerheidsmonopolieë, en dat alle mense gelyke ekonomiese en werksregte moet hê; • Klousule 4, Die Grond Moet Verdeel Word Onder Almal Wat Daarop Werk, eis die herverdeling van die grond, asook die afskaffing van enige beperkings op die bewegings van mense, toegang tot grond en die besit van vee; • Klousule 5, Almal Is Gelyk Voor Die Reg, beloof die afskaffing van aanhoudings of verbannings sonder verhoor, asook alle diskriminerende wette; • Klousule 6, Almal Moet Menseregte Geniet, waarborg vryheid van spraak, aan-bidding en assosiasie, en onbevange vryheid van beweging; • Klousule 7, Daar Moet Werk En Sekuriteit Wees, erken die reg van almal op werk en op gelyke betaling vir gelyke werk, lê minimum werkstoestande neer, en beloof die afskaffing van kinderarbeid; • Klousule 8, Deure Van Geleerdheid En Kultuur Moet Oopgemaak Word, erken die beginsels van vrye, universele, verpligte en gelyke onderwys, beloof om ongeletterdheid uit te wis en onderneem om alle kleurversperrings op kultuur-, sport- en onderwysgebied te verwyder; • Klousule 9, Daar Sal Huise, Sekuriteit En Gerief Wees, belowe ordentlike huis-vesting vir almal, die afskaffing van slumgebiede en omheinde dorpsgebiede, behoorlike mediese sorg vir almal, asook sorg vir bejaardes, gestremdes en weeskinders; • Klousule 10, Daar Moet Vrede En Vriendskap Wees, verklaar dat Suid-Afrika die regte van ander lande sal respekteer en wêreldvrede sal nastreef. Die Vryheidsmanifes sluit soos volg af: 'Laat almal wat hul mense en hul land liefhet, soos volg hier saam met ons sê: vir hierdie vryhede sal ons, sy aan sy, regdeur ons lewens stry totdat ons ons vryheid verkry het.'

  • Geskiedenis/V2 DoE/Model 2007 NSS

    ADDENDUM

    Kopiereg voorbehou

    11

    ERKENNINGS Baker, C. Russia 1917-1945 (Heinemann Educational) 1990 Bartels, J et al Shuters History (Shuter & Shooters Publishers) 2006 Bottaro, J. et al Oxford in Search of History Grade 11 (Oxford University Press) 2006 Brooman, J. 1992 The Age of Excess ( New York ; Longman ) Brazier,C. Racism: Shouldering Our Responsibilities(New Internationalist Magazine,March 1985) Culpin, C. South Africa since 1948 (John Murray Publishers) 2000 Downey, T. et al 2000 Russia and the USSR 1905-1995 ( Oxford; Oxford University Pres) Fiehn,T. 2005 Russia and the USSR 1905-1941 ( London; John Murray ) Goonam, Dr Coolie Doctor (Madiba Publications) 1991 Govender, S.P. et al New Generation History Grade 11 (New Generation Publishing Enterprises) 2006 Graves, F. et al Moments in History (Juta Gariep) 2006 Johnson, W. M. Black Hamites- Era of African Slavery and Slave Trade(Paper delivered Bethune- Cookman College, USA) Kelly, N. 1996 Russia and USSR 1905- 1956 (Oxford; Heinemann) Kelly, N. et al 1996 The Modern World (Oxford; Heinmann) Lane, P. 1978 The USA in the Twentieth Century (London; Batsford) Leadership vol 10 1991 Meredith, M 2005 State of Africa: History of Fifty Years of Independence.(London; J. Ball) O’ Callaghan, D. B 1974. From Roosevelt and the United States(London, Longman) Roberts, M 2001 South Africa 1948-1994(China; Longman) Robertson, J. 1986 Russia in Revolution(Oxford; Oxford University Press) Smith, N. 2000. The USA 1917- 1980(Oxford; Oxford University Press) Sunday Times: History Strikes Back At The British Empire(September 2006) Waugh, S Essential Modern World History (Canale) 2001 Woods. D. Nelson Mandela The Illustrated Long Walk to Freedom (LIttle Brown) 2001 York, B. The Soviet Union (Harrap) 1983