GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op...

11
gees GENOOT . GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 | VOLUME 18

Transcript of GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op...

Page 1: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

geesGENOOT.GEREFORMEERDE KERK RANDBURG

NOVEMBER 2016 | VOLUME 18

Page 2: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

Dankfees 2016Ons as Brown-gesin het weer eens die Dankfees baie geniet. Dit was vir ons as gesin saam met die Gr5 katkisasie-klas 'n groot voorreg om 'n muntlegging te kon hou vir Bybelverspreiding. Ons is ook dankbaar dat ds. Thomas en Erna besluit het om by ons gemeente te bly. Ons bid julle die seën van die Here toe vir julle dienswerk wat voorlê. Die Dankie-Bly Café was weer eens fantasties. Die koeke, koffie en geselskap was onverbeterlik! Ons sien uit na nog baie Dankfeeste by GKR! Die Browns

2 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 3

Karmyn de Villiers 25 Okt 2015

Milan Crocker 6 Des 2015

Rossouw van der Walt 24 Apr 2016

Henry Kruger 25 Okt 2015

Logan van Wyk 6 Des 2015

Nicolaas Vorster 27 Mrt 2016

Willie Engelbrecht 27 Mrt 2016

Jannis Le Grand 12 Jun 2016

Luan van Rooy 17 Jan 2016

Quinn Jacobs 25 Okt 2015

Ziandri Lombard 4 Okt 2015

Joshua Jacobs 12 Jun 2016

Marcus Smith 27 Mrt 2016

Riley Laas 17 Jan 2016

Juaart Boessenkool 25 Okt 2015

Elizia van Rooyen 27 Mrt 2016

Emma Voogt 25 Okt 2015

Gerhardo Breed 28 Feb 2016

Hein Frauendorf 27 Mrt 2016

Charl Venter 1 Mei 2016

Christian Koch 27 Mrt 2016

Daniël Breed 7 Feb 2016

Dinike Redgard 25 Okt 2015

VerbondskindersDie HEER wat van geen wankel weet nie, sal nimmer sy verbond vergeet nie; al sy beloftes bly van krag tot in die duisendste geslag. Verbond met Abraham, sy vrind, bevestig Hy van kind tot kind. - Psalm 105:5

(berymd)

GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar gedoop is.

Alissa Coetzer 25 Sept 2016

Almi Jordaan 25 Sept 2016

Arielle Lottering 25 Sept 2016

Avannah Kamffer 28 Feb 2016

Ek het die feestelike eetgoed baie geniet en alles probeer. Douw Kruger

Ons dank ons Hemelse Vader wat die Randburg Gemeente so oorvloedig seën. Baie, baie dankie aan ‘n ieder en ‘n elk wat so hard gewerk het aan en by die Dankfees.Groot dankies aan die organiseerders, die bakkers en bedieners by die pannekoekstalletjies en Dankie-Bly Café en die Oulap se Rooi skenkers en werkers – elkeen wat ‘n stalletjie beman en goedere verkoop het.Baie dankie aan Chris koster en Anri Keyser wat aangebied het om oor te neem by Pierre. Baie dankie aan Chris se bekwame span met Elias aan die roer wat beslis ‘n aanwins in die gemeente is. Van ‘n Mede-genieter van ‘n héérlike naweek.

Page 3: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

4 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 5

Dankfees 2016

Vir ons was die Dankfees bietjie van ‘n “hit-and-run”. Ek en die kinders het een na die ander optometrie afsprake gehad en ons het eers ongeveer 11:30 by die fees aangekom en moes weer teen 12:00 vertrek vir die kinders se perdrylesse. Daar aangekom het my smaakbekertjies 2-liter kanne geword van verrukking vir die braaiworsgeure. Ons het die LEKKERSTE kerrievetkoeke vir spotgoedkoop gekoop en kerrie en rys vir die kinders. Alles was heerlik, die verkoopsaspekte was GOED georganiseer en die vriendelike en ontvanklike stemming het ons spyt gemaak dat ons so gou weer moes gaan. Na die kinders se perdry was ons man en muis terug om Annemarie se kuns te waardeer, te kyk wat ander mense wegmaak en dalk nog vir ons handig kan wees, tamaaie bakke, soet, lekker poeding gekoop en geëet. En uiteindelik vasgeval by die koffie en koek, waar vroue van vroeg tot laat saam met dogters van die gemeente diens gedoen het. Al was dit laat is ons orals met ‘n glimlag verwelkom en ons het by uitstek welkom gevoel. Omdat daar nie meer kliënte gekom het nie, is ons porsies sommer ook buite die kwota vasgestel. En, o ja, ons het vir R600 vleis gekoop en daaroor gedink dat een gesinsete met wyn by die Spur soveel kos en ons sou minstens vyf maal hiervan kon eet. Mense was geduldig ten spyte daarvan dat soveel werk en organisasie gemoedere kan opjaag. Gerda het soveel hooi op haar vurk gehad, maar dit met soveel sorg, effektiwiteit en deernis hanteer. Ek wens almal geluk wat van hierdie dag en ook die Sondagete ‘n groot sukses gemaak het. Erika

'n Vrolike atmosfeer van lag, gesels, saam eet en drink, gewillige sweet agter bedieningstafels, gretige (veral honger) kopers en 'n gillende jongspan op 'n springkasteel. Dís wat jou die Saterdag begroet het by ons jaarlikse Dankfees. Daarby het die gemeente Sondag saam Nagmaal gevier en sommige het daarna heerlik gesmul aan 'n bord boerekos en nagereg. Wat 'n wonderlike geleentheid was dit nie om mekaar beter te leer ken en heerlik saam te kuier nie. Dit was weereens 'n uiters suksesvolle poging met die hulp van gewillige hande en organiseerders. Ons doel was om GOD te dank vir al sy onmeetlike seëninge in ons gemeente. Aan HOM kom die eer toe. Volgende jaar maak ons weer so! Gerda Naudé

Langdurigheid van diamante... Ontmoet ons seniorlidmate

MEN

SE

MEN

SE

Veronica van Rooy

Joe en Martie Knoester het op 3 Desember 2015 hul diamant bruilofsherdenking (60 jaar) gevier!

Joe het in 1949 as twintigjarige jongman na Suid Afrika immigreer vanaf Holland. In 1953 het hy en Martie, gebore en getoë in Johannesburg, mekaar in Margate ontmoet. Sy moeder het hom vroeg in die verhouding gevra: “Is jy ernstig met Martie – as jy nie is nie, gaan ek haar vertel!”

Twee jaar later het hulle die knoop deurgehaak! Vir jare daarna het hulle elke jaar in Natal gaan vakansie hou en eers onlangs hul vakansiewoonstel verkoop.Joe het vir tien jaar as landmeter gewerk en in 1964 die deure van die “Kano Instituut vir Judo & Karate” geopen in Victory Park. Hy het as 16-jarige begin deelneem en vinnig opgang gemaak in die krygskunste. Hy het ‘n sesde dan in judo, agste dan internasionaal en ‘n vyfde dan in karate. Hy het Suid Afrika verteenwoordig en vir 45 jaar as hoof van skeidsregters in Suid-Afrika en internasionaal opgetree. Joe onthou dat sy seun Oscar as sesjarige seuntjie vir hom gevra het: “Waneer kom oom weer vir ons kuier?”

Martie het net vir vier minute judo gedoen en besluit dit is nie vir haar nie. Na ‘n loopbaan as tikster by prokureurs, het sy haar toegespits op die grootmaak van hul drie seuns, Carlo, Oscar en Ralph. Ralph is op veertienjarige ouderdom oorlede na ‘n fratsongeluk.

Saam het hul die besigheid opgebou en het 14 dojo’s bestuur in die groter Johannesburg-omgewing. Carlo en Oscar het in Joe se voetspore gevolg en is beide vandag Olimpiese skeidsregters wat op internasionale rade dien en die wêreld vol reis. Hul vyf kleinkinders is ook almal nasionale kampioene.

‘n Kuier by Joe en Martie is altyd ‘n plesierige affêre met baie lag en grappies. Hulle bly al vir 22 jaar in hul “vakansieoord” Golden Lodge. Joe het tot twee jaar gelede nog elke dag die gimnasium besoek en Martie is ‘n lopende ensiklopedie wat altyd gereed is met goeie raad van dieet tot oefening. Daar is pragtige skilderye in hul huis wat Joe self geskilder het, veral van sy geboorteland. Hul het ‘n skatkis vol mooi herinneringe en leef elke dag voluit.

Hul raad vir ons: “Vra die Here elke dag om mekaar lief te hê.”

In ons reeks artikels in die Geesgenoot oor ons seniorlidmate in die gemeente, is Margaret Buys hierdie keer aan die woord. Veronica van Rooy is haar wyksleier en het die volgende onderhoud met haar gevoer.

Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

Sy het nog voltyds gewerk en ek weet dit was moontlik omdat sy haar passie voluit kon beoefen. Die Cindy Woods tuine was ‘n lus vir die oog en ek is elke keer huis toe met ‘n paar plantjies. Behalwe vir die tuine het sy ook na die swembad omgesien en het hom gereeld met StaySoft reggesien!

Sy het vir meer as 49 jaar die boeke gedoen van die kompleks en al die inwoners gelukkig gehou.

Magrita Booysen is op 25 Junie 1925 in die Vrystaat gebore as een van vyf kinders. Hulle is van die Vrystaat na Dendron en sy het haar skoolloopbaan in Pietersburg voltooi na haar pa ‘n plaas in die noorde gekoop het.

Een van haar kosbaarste herinneringe is die saamsing om die klavier as gesin. Danksy die Here se genade en goeie gene leef drie van die kinders vandag nog.

Sy is in 1944 getroud met Gielie Kruger en hulle is geseën met drie kinders: Gielie, Rentia en Wouter wat vermenigvuldig het na agt kleinkinders.

Op 91 het tannie Margaret baie beleef – soet en suur, lig en donker. Sy het op ‘n vroeë ouderdom en toe haar kinders nog klein was, haar eerste man in 1957 verloor. Sy het ook haar tweede eggenoot, seun en kleinseun oorleef. Deur dit alles het sy nooit haar waardigheid en haar waarde in Christus verloor nie. Vandag stap sy die pad met dementia en is dit vir ons almal om haar swaar, maar sy bly moedig.

Daar is ‘n kosbare verduideliking van die siekte, “The 36-hour day”: "One father put a pile of dried beans on the table. He took little pieces of the pile away as he gave his young son the following explanation of his grandfather's illness: 'Grandpop has a sickness that makes him acts like he does. It's like having a broken leg, only little pieces of Grandpop's brain are broken. He won't get any better. This little piece of Grandpop's brain is broken, so he can't remember what you just told him; this little piece is broken so he forgets how to use his silverware at the table; this little piece is broken, so he gets mad real easy. But this part, which is for loving, Grandpop still has left."

Behalwe die plantjies het sy my ook leer blokkies brei. Sy brei vandag nog en doen dit vir solank as wat Gereformeerde Kerk Randburg se breiklub al bestaan. Rentia onthou dat haar ma altyd met liefdadigheidswerk besig was en dat sy nooit ledig kon wees nie. As een van die oudste lidmate in ons gemeente, is sy nog steeds vir elkeen van ons ‘n voorbeeld van diensbaarheid.

Page 4: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

6 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 7

GET

UIE

NIS

GET

UIE

NIS

My journey at GKR Ek kyk terug met groot dankbaarheidJain Green Pierre Joubert

When I first walked through the doors of GKR I was absolutely terrified. Lots of people (very bad) whom

I did not know (very, very bad) who were all talking in Afrikaans - which I don't speak - (very, very, very bad).

I decided that leaving would be to waste the energy it had taken to get me to the church, so I went and found myself the most tucked-away seat inside. When the pianist began playing, the other worshipers began to come in and to my complete astonishment, smiled and greeted me. Make a mental note - learn greetings in Afrikaans quickly. When Thomas came in and began the service, he said that an English translation was available, so I went and got the thingy (ask someone young if you want the correct name) and listened.

In all honesty, I wasn't expecting very much. I have been searching for God for as long as I can remember. My journey has taken me from the Calvinists to the "happy clappies", so this was just another dead end to leave behind me. But then I listened to the sermon.

And then my life began to change.

Over the next few months I stayed in the background and just observed. It has been my experience that what is said

Om terug te kyk na ses en ‘n halfjaar se betrokkenheid by ons kerk is, om gevul te word met intense dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader. Ek was bevoorreg om aangestel te word as dienswerkfasiliteerder by GK Randburg in

Oktober 2009 en kon die werk doen tot met ons verhuising na die Natal se Middelande in April 2016. Om terug te kyk is om te onthou:

Die oorgawe en erns waarmee die predikante en amptenare hul roeping opneem:

Om in noue kontak met ons predikante en amptenare te kon werk was om daagliks te beleef dat hierdie medegelowiges nie maar ‘n werk en ‘n loopbaan volg nie, hulle dien hul Hemelse Vader en daarom is alles wat hulle doen van belang en word alles met oorgawe gedoen. Daar is ‘n spontane gesindheid van mooi werk met mekaar, van omgee vir mekaar en ‘n groot erns om die omvang van hul roeping te verstaan en uit te leef. Dit was so aangenaam na my loopbaan in die korporatiewe besigheidswêreld om te kon beleef dat werk gedoen kan word sonder politieke en verskuilde agendas.

Die gesindheid van medelidmate:

Daar was aanvanklik onsekerheid by my oor presies wat my verantwoordelikhede en rol is, omdat dit die eerste keer was dat daar so ‘n aanstelling by GK Randburg gemaak is. Die manier wat lidmate my hanteer het was egter ‘n wonderlike, verrykende ervaring. Deurgaans het ek beleef dat lidmate net vriendelik wil wees, dat hulle oop is om sake te bespreek, dat hulle mekaar in ag wil neem, dat daar werklik liefde uitgeleef word teenoor mekaar. Dit was net so aangenaam om die groei en ontwikkeling by ons almal te kon beleef – in die begin was ek meer betrokke by verskeie diensgroepe en teen die einde het min diensgroepe enigsins my insette nodig gehad.

Die ontwikkeling van die werk:

Die Here het ons gelei dat die inhoud van die werk as dienswerkfasiliteerder baie verander het in die ses plus jare. Aanvanklik was die werk baie operasioneel; dit was gefokus net op ons gemeente. Die bouprojek by ons kerkterrein was ‘n intense periode. Mettertyd het ons al meer werk in klassis-verband gedoen; ek kon betrokke raak by die bestuur van die administratiewe buro in Potchefstroom. In ons gemeente het die werk later al meer gefokus op langer termynbeplanning en strategiese denke en insette. Hierdie alles was ‘n baie verrykende pad, met ‘n groot verskeidenheid van werksaamhede en met baie uitdagings.

Die uitdagings op ons pad:

Ja, daar was nooit ‘n vervelige tyd nie. Die Here se werk hou nooit op nie en Hy bring altyd nuwe uitdagings op ons pad. ‘n Groot stadsgemeente is ‘n dinamiese plek en daar is baie gawes in ons gemeente. Dan is dit goed om te verskil oor of ons byvoorbeeld ‘n skool op ons terrein moet toelaat of nie – saam slyp die Here ons om Hom te dien. Om altyd presies te weet hoe ons die Here se werk moet doen, is nie so duidelik nie. Ons sukkel om werklik te vorder om ‘n lidmate-kerk te wees. En ons het foute gemaak en sal weer foute maak. So het ons met die aanvaarding van ons model om ‘n meer lidmate-kerk te word, klem gelê op die feit dat die leierskorps min vergaderings hoef by te woon en dat daar dus nie baie tyd van elkeen verwag word nie. Dit was ‘n fout.

My hart is dus vol van dankbaarheid vir die wonderlike voorreg wat ek beleef het om dienswerkfasiliteerder by GK Randburg te kon wees. Dankbaar teenoor die Here, dankbaar teenoor elke lidmaat met wie ek kon saamwerk, dankbaar vir geleenthede om ook na buite ons gemeente se grense te kon werk. Ons roeping in Sy diens, hou nooit op nie.

Ek is nie ver van vyftig af nie. ‘n Tyd en ouderdom waarop mense konsolideer. Of miskien is dit net ek. Ek sit en dink aan wat ek in my lewe bereik het en tot watter mate my lewe en werk my verryk het. Oor bietjie meer as ‘n dekade is ek

sestig en op aftree ouderdom. Ek moet darem weet wat my nalatenskap is… en of daar een is. Op sulke tye sit ek tipies en wonder wanneer my skip inkom. En ek is nie iemand wat hou van wag nie!

In hierdie strewe om die boot teen my eie tempo in die hawe in te jaag, het ek oorhaastige besigheidsbesluite geneem, lottokaartjies gekoop en wat nog meer. R200 se kaartjies op twee geleenthede en al die geld verloor. En moes aan my kind verduidelik wat ek besig was om te doen. Op die aandelebeurs belê en daagliks gesien hoe my geldjies minder word. Aanhoudend nog verder en wyer probeer studeer. Ek het nog so futiel die boot aangepor, toe ek ‘n baie duidelike geesteservaring en besef kry: my boot is lankal klaar in die hawe en ek is te dom om dit te sien.

My boot bestaan uit my naam wat in God se hand gegraveer is “Erika, jy is Myne”; in die genade wat God gehad het om Jos se naam onsigbaar op my voorkop te graveer, in twee wonderlike kinders. In vriende wat ons liefhet, in die vermoë om verhoudings te geniet. Om deel te wees van iemand se lewe wat swaarkry. Om geseën te wees dat ek en Jos albei professionele loopbane het en ook mag werk in God se koninkryk sonder vervolging. Dat God se lig deur ons mag skyn en dat daar genoeg lampolie is vir hierdie lig. Dat ons onthou dat ons aan Hom behoort. Dat ek duisende sade in eierbokse plant, dat hulle almal van hul staanplek afwaai en dat, toe ek ‘n paar dae later eers alles bymekaarvee en weer in ‘n eierboks sit, steeds duisende begin ontkiem en groei asof hulle betaal word.

Ons het twee honde, twee katte, gee elke dag ‘n swetterjoel voëls kos en het nog visse ook. Die son skyn op ons elke liewe dag, of ons God daardie dag onthou het of nie. Dit is September. Die saad wat ons vroeër gesaai het, dra nou vrugte, die bolle blom. Alles is mooi en goed. Die reën het nog nie geval nie en die onvolmaaktheid van ons lewe spook nog gereeld, soms elke dag by my. Hoekom kinders mishandel word, hoekom dwelms bestaan, hoekom lekkers vetmaak, hoekom mense mekaar verneuk, hoekom, hoekom, hoekom… Desnieteenstaande: God is in beheer en my boot staan vasgeanker.

My skip Erika van Rooyen

in the church often stays there, but that did not seem to be happening in this church. For example, when the scope of the drought became obvious, it wasn't money that was asked for - it was water. If every family gave two five litre bottles every week, it spread the load and cost very little - even the bottles were supplied.

Now I began to see a major difference between the GKR and the other churches. No one appeared to be boasting about their contribution (and I don't need to speak the language to spot a self-satisfied and arrogant person).

One thing that has proven to be very similar in almost every other church I visited was the demand for money. The Bible-thumping, hell-raising, minister making threats about being doomed to go to hell if we didn't at least tithe (of course large donations would be very welcome - the minister has to have the funds to keep up his fire-pool) were more my experience. So to find myself in a group that gave, and did not grab, was stunning. And amazing. And heart-warming.

I think that I have found my spiritual home. Thanks be to God for sending a friend to guide me home, and thanks also for giving me a home to come to.

Pierre en Yvonne Joubert

Page 5: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

8 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 9

GET

UIE

NIS

GET

UIE

NIS

Een ry spore het ons gedraMarlize Frauendorf

Sondag 27 Maart 2016 breek vir ons met groot vreugde aan. Vandag

doop ons ons jongste, en hoe geseënd is ons nie om familie en vriende van heinde en verre by ons te hê nie. Maandag is opsy gesit om met die familie te spandeer voor die eerste lot na Port Elizabeth terugkeer.

So teen 23:30 kla Hennie van ‘n vreeslike steekpyn in sy linkerskouer en rug en voel duiselig, maar klim terug in die bed en sê hy voel beter. Hy staan weer op badkamer toe en, terwyl ek nog wonder wat fout kan wees en wat ek moet doen, hoor ek die slag. Dadelik weet ek – hier is groot fout! Ek kry Hennie op die badkamervloer. Ons ontbied ‘n ambulans en jaag hospitaal toe.

Met al die familie daar, kon dit nie op ‘n beter tyd gebeur het nie. My suster-hulle kon die ambulans volg hospitaal toe en daar by my bly terwyl my skoonouers na die kinders kon kyk.

By die hospitaal vind hulle daar is geen pols in sy regtervoet nie en verander sy status na ‘lewensbedreigend’. Ons sit in die wagkamer en die spanning, vrees en onsekerheid is byna ondraaglik. Ek bid dat daar tog nie iets ernstigs fout is nie.

Die kardioloog word gekontak en hy vra ‘n CT-skandering aan. Dit is nie ‘n standaard prosedure nie en niemand weet hoekom hy dit gedoen het nie, maar dit is wat die diagnose bevestig en vinnige behandeling kon verseker – nog ‘n teken van God se hand oor ons.

Terwyl die skandering gedoen word, kom praat die kardioloog met ons en sê hulle vermoed óf ‘n bloedklont, óf ‘n skeur in die aorta. En die keer bid ek dat dit ‘n bloedklont is, want ek weet hoe ernstig ‘n skeur in die aorta is. Dit is immers wat my skoonpa vier jaar gelede gehad het en deur ‘n wonderwerk oorleef het. Die statistieke wys dat 40% van mense met ‘n skeur in die aorta dadelik sterf en nie die hospitaal betyds bereik nie. Van die wat die hospitaal haal, sterf 1% elke uur en selfs na diagnose sterf

vyf (20%) gedurende chirurgie of kort daarna.

Maar die kardioloog bring die nuus: dit is ‘n skeur in die aorta en hy sal dadelik teater toe gaan; hulle het klaar die chirurg gekontak. Ek is yskoud en gevul met vrees. “Here, hoe dan nou? U het klaar my kind gevat, nou my man ook?”

Ek sien Hennie in ICU voor hy ingaan teater toe en kan sommer hoor daar is al vog op sy longe. Ek sien die noodtrollie staan gereed en die vrees sink dieper. Die narkotiseur probeer my bemoedig en ek huil in die chirurg se arms. Ek sien die bekommernis op almal se gesigte. Die skeur strek vanaf die hart tot in sy been. Hulle sal eers sy lewe probeer red en dan kyk of hulle sy been kan red.

Familie en vriende maak beurte om saam met my te wag. Die nuus het nou versprei en ek kry boodskappe van bekend en onbekend. En in bykans elke boodskap: ons bid. Dit is slegs gebede wat my deur die volgende paar dae (en weke) gedra het.

Aangesien hulle baie gesukkel het met bloeding, kom Hennie eers om 17:00 uit teater uit. Die chirurg kom praat met ons en ek sien hy is uitgeput. Maar die Here het hulle gelei en Hennie leef én daar is ‘n pols in sy voet.

Die volgende paar dae spandeer ek langs Hennie se bed. Ek bid dat die Here hom sal spaar ter wille van die kinders. Dit was so teen die derde dag wat daar skielik ‘n rustigheid oor my gekom het en ek net geweet het hy

gaan okei wees. Familie en vriende het in aflosspanne by die hospitaal gesit, terwyl ander na die kinders gekyk het.

Ek het ‘n “WhatsApp” groep gestig en telling verloor van hoeveel mense op die groep was. Soveel gebede! Mense wat ek nie eers ken nie, het laat weet hulle gebedgroepie bid, letterlik wêreldwyd.

‘n Paar dae later word Hennie wakker en ek is met dankbaarheid gevul. Buiten vir die wonderwerk dat hy leef én sy been behou het, word hy na slegs tien dae ontslaan.

Dis amper ses maande later en steeds bly die gebeure vir my onwerklik. Maar wat wel duidelik is, is die Here se hand in alles. Maar ongelukkig ook die werk van die duiwel. Want dit is mos juis in tye soos díé wat hy sy vatkans probeer kry en sommer wydsbeen op jou skouer kom sit en dan nog met altwee hande vashou! Die komplikasies wat Hennie sedertdien gehad het, verhoog net ‘n mens se onsekerheid. Al die ‘wat as’ en ‘sê nou maar net’ laat mens fokus verloor en jy vergeet om dit in die hande van die Here te los.

Steeds vra mense gereeld hoe dit gaan en sê dat hulle steeds bid. Die ondersteuning van vriende en familie is van onskatbare waarde en ons weet dat ook hierin die hand van die Here is. As ons terugkyk oor die laaste ses maande is daar net een ry spore – die Here s’n waar Hy ons gedra het. En dit bring berusting om te weet dat Hy ook vorentoe met ons sal wees.

Soli Deo Gloria!

Emma, Marlize, Hein en Hennie Frauendorf

Die meeste mense in ons buurt het hulle geken: Ronnie en Lena die kleurlingpaar. Waar hulle vandaan kom,

weet ons nie, hulle was maar sommer hier. Die twee het deel van my lewe geword omdat hulle oorkant ons huis in 'n stegie gebly het en bedags die sakesentrum naby ons deurgesnuffel het vir iets om te eet of te drink.

Onafskeidbaar was die twee aan mekaar verbonde. Wat hulle gekry het op hulle bedeltogte het hulle gedeel. Nie omdat daar enige fisiese aangetrokkenheid teenoor mekaar was nie, want Lena met haar verslete tekkies, langbroek en stukkende rok en trui was nie die toonbeeld van vroulike listigheid of aanvalligheid nie. Ronnie op sy beurt het ook nie besonder manlik vertoon nie, want sy krom bene en verswakte knieë het hom laat hobbel en gerem in sy stap. So het ons hulle leer ken, maar op onsigbare wyse het hulle deel van ons geword, en daarmee saam ook die vraag laat ontstaan: "Wat is die sin van hulle lewe?" Geleidelik het die antwoord op die vraag voor my oog afgespeel en het ek beskaamd gestaan dat ek enigsins kon twyfel oor hulle bestaansreg, want hulle het my iets van Hom geleer wat ek in die Bybel nooit raakgelees het nie, miskien gelees het, maar nooit verstaan het nie. Daardie onvoorwaardelike net aanvaarding van mekaar sonder voorbehoud, sonder eise of verwagtings. Lena, die mees spraaksame van die twee, het op haar manier ook iets adeliks gehad, selfs ook 'n sin vir humor - sy was ook dikwels die onderwerp van my vertellings om ander mense mee te vermaak.

Met hulle bekendstelling aan my het sy gesê sy is Lena, Lena Sekoei en hy is Ronnie, die Afrikaanse Ronnie. Nee, hulle is nie getroud nie, hy is haar houman. Die aantal jare wat hulle nou al so saam loop kan hulle nie onthou nie, maar dit is 'n hele klompie. Kinders het hulle nie - al wat hulle saam het is twee komberse en 'n stuk seil. En dan die grootste gawe wat ons ook moes hê, maar langs ons besige lewenspad verloor het - die omgee vir mekaar. Dit het hulle in oormaat gehad. Toe Lena haar been gebreek het en nie oor die weg kon kom nie, het Ronnie 'n plan gemaak. Iewers het hy 'n waentjie van 'n bekende supermark "geleen" - hulle aardse besittings in 'n sak gesit en ou Lena bo-op die sak laat sit met haar stywe been en haar van bedelplek tot bedelplek gestoot. Vir hom was dit 'n moeilike proses vanweë sy eie fisiese gebrek, maar tevrede het hy haar gehelp, want sy het hom nodig gehad en hy vir haar.

Lena het dit haar ten doel gestel om baie hoflik en beleefd altyd te vra vir hulle behoeftes. "Medam," het sy altyd begin, "kan ons miskien vanaand oorkom vir 'n ietsie te ete, dis nou te sê as Medam nie omgee nie." Om vir haar 'n haastige antwoord van: "ja dis goed kom maar," te gee was net so goed as om 'n kontrak te teken, want sy, nee hulle, het onthou. Kyk 'n rukkie later by die venster uit en die twee het langs mekaar op die sypaadjie gesit en wag vir dit wat belowe is.

Die Stegie-BewonersRia Bosman

(vervolg op bladsy 10)

Dankbaarheid was ook een van ou Lena se groot deugdes. "Medam al wat ek kan sê is duisend dankies. Medam moet weet ons waardeer alles wat Medam vir ons doen."

Alles het rustig hulle gang gegaan tot nou die dag so 'n week gelede toe Ronnie vir my kom sê dat Lena in die hospitaal is. Sommer net siek geword op die sypaadjie - iemand het die ambulans geskakel en die het haar weggeneem. Sal ek nie asseblief skakel om te hoor hoe dit met haar gaan nie. "Ag en as Medam met die nurse praat, sê vir haar om sommer Lena se medisyne vir die knieë ook te gee. Sy kla altyd van pyn in die knieë." Na 'n lang gesukkel om by die regte saal uit te kom, doen ek navraag oor Lena Sekoei. Die suster sê dat sy aan alkoholvergiftiging ly en dat die oormaat spiritus was sy gebruik het, haar gestel afgetakel het. Sy verseker my dat sy goeie behandeling kry, maar dat sy my nie kan sê wanneer sy huis toe sal kan gaan nie.

Buite by die hekkie wag Ronnie baie angstig om te hoor wat die nuus is van die hospitaal. Hy lyk baie bly oor die nuus van behandeling en versorging wat sy ontvang. Hy spreek die wens uit dat hy graag vir haar wil gaan kuier en 'n appel vat as hy net R5 gehad het.

Die volgende dag loop ek hom voor die apteek raak. Hy was toe by Lena en hy het vir haar koeldrank gekoop. Hy sê dat sy in 'n bed lê met tralies om - dit is nie vir hom erg nie, die heel ergste is dat sy hom nie geken het nie. Sy praat snaakse goed en vreeslik deurmekaar. Sy gemoed skiet vol - met die agterkant van sy growwe hand vee hy die trane wat vrylik oor sy wange vloei af. Ek probeer hom troos deur vir hom te sê hy moet die medisyne kans gee, sy sal beter word, hy is net te haastig. Ek sê vir hom hy moet maar later die aand kom vir iets te ete.

Toe ek na ete by die venster uitkyk, sien ek hom in die straal van die straatlig. Eensaam, wagtend, totaal en al oorgegee aan sy omstandighede. 'n Patetiese bondeltjie mens. Ek neem vir hom 'n bord gekookte kos. Met groot dankbaarheid aanvaar hy dit, maar wil weet of hulle vir Lena daar in die hospitaal ook sal kos gee. Dit was die laaste wat ek Ronnie gesien het. Toe ek gister by die huis kom sê hulle vir my die polisie het Ronnie dood op die sypaadjie opgetel. Te veel spiritus gedrink - hy het seker nie meer kans gesien vir die lewe vorentoe sonder Lena nie. Met wie sou hy sy halwe gebedelde beker koffie deel? Wie sou saam met hom die stuk droë brood wat die Griek vir hom gegee het eet? Skielik was die een verslete kombers (die ander een het hy verloor) en die stuk seil te groot vir hom om alleen te gebruik, want hy was gewoond om te deel. Hy het begin drink om te vergeet, haar te vergeet met wie hy sy lewe gedeel het.

Weet Lena dat Ronnie dood is? Nee sy weet nie, want sy is

Page 6: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

weet dat jy deel was om die regte basis vir daardie kindjie te help vorm. Eendag wanneer die lewe moeilik raak en mens verkeerde keuses maak, is dit hierdie basis en liefde vir God wat hulle weer gaan laat terugdraai op die regte pad. Ek bid Psalm 1:1-3 vir elke kleintjie toe: "Dit gaan goed met die mens... wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, en wat op die regte tyd vrugte dra…" Marlet Homan

Ek is nou al amper ses jaar betrokke by die aanbieding van die Bybelklassies. Dit het my blootstelling gegee aan baie kindertjies in ons gemeente wat ek die voorreg het om by die naam te ken. Dit is baie spesiaal as ek die kindertjies by die skole of winkels raakloop en hulle herken my as die “Bybelklas-tannie”. Dit is ‘n baie spesiale band wat vorm en ‘n groot voorreg om op so ‘n manier ‘n invloed op die kleintjies se lewens te mag hê.

Ons is verantwoordelik vir mekaar en die gemeenskap se kinders en die Bybelklas is ‘n kosbare geleentheid om as instrument gebruik te kan word.

Dit is altyd merkwaardig om deur die “chaos” tog te sien wanneer die kleintjies die Woord ontvang en hulle eie maak. God se beloftes geld vir ons almal…klein of groot, oud of jonk! Marieta Kotzé

Die Bybelklassies vind elke Sondag tydens die 8:00 en 10:00 diens plaas, behalwe vakansies en Nagmaal. Die klassies word verdeel in twee groepe, een vir die 2-3 jariges en een vir die 4-6 jariges. Indien jy belangstel om betrokke te raak of net meer inligting wil hê, kontak gerus vir Marilie by 082 454 7881 of [email protected].

10 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 11

KU

RSU

SSE

& V

ERRY

KIN

G

GET

UIE

NIS

(vervolg van bladsy 9)Die Stegie-Bewoners

Geplant by waterstrome, uit genade alleenFrancois Meiring

Psalm 1 beklemtoon die uitwerking van die voedsel vir die gees. Hierdie afgelope jaar was ek op hierdie manier

geseën. Ek was geplant waar God my wou hê; Sy strome het my versorg sodat my blare nie verwelk nie en boonop dit, het ek gevlieg op arendsvlerke (my hoogtes was nie deur my eie krag bereik nie). Ek wil graag my sogenaamde ‘strome’ met julle deel. Hierdie ‘strome’ het my geestelik gevoed met kennis, ervaring en wysheid. My studies, ervaring as ‘n vakleerling, en die jeugbediening is die drie waterstrome waarmee ek geseën is!

Die afgelope jaar het ek die voorreg gehad om deur middel van afstandsleer te swot. Hierdie geleentheid is moontlik gemaak deur Docenda, ‘n stelsel en ‘n organisasie om afstandstudente in die Teologiese fakulteit van die NWU Pukke te akkommodeer en van fasiliteerders te voorsien. Doktor Marina van Loggerenberg, ‘n legendariese onderwyseres, was en is my fasiliteerder. Haar man, Doktor Etienne van Loggerenberg is die Direkteur van Docenda. Beide is wonderlike mense en hulle spanwerk is iets om na op te kyk! Ek sien hulle nie net as ‘n seën vir my nie, maar vir almal wie se lewenspaaie met hulle s’n kruis.

Ek swot saam met vier ander studente in die Diepsloot-gemeente en in ons tweede semester het Doktor Kwena Semenya kom help met die Grieks en Hebreeus.

My mede-studente kom oorspronklik van verskillende plekke af. Thsediso het Vrystaat-bloed, Mnthungwa is van Natal afkomstig en ons twee Malawiërs is Tony en Robert. Ons het broers geword na die storms van ‘n lekker akademiese jaar. Verskillende tale, kulture en nasionaliteite was ‘n verrykende seën. Ons kan daarom buig in dankbare

nog steeds deurmekaar. Van die twee se lewe saam het net een verslete pienk kombers en 'n stuk seil oorgebly.

Nou huil ek vandag. By die skool kyk my kollegas en die kinders my aan. Waarom ek presies huil weet ek nie. Miskien huil ek oor ou Ronnie en Lena en die leë stegie voor ons huis. Maar eintlik huil ek die meeste oor die lewe waarin ons ons bevind omdat ons nie 'n "omgee"-lewe het nie. In ons huise met hoë mure, warm beddens en tafels vol kos leef ons net vir onsself. En as ons deel dan deel ons uit ons

oorvloed. Ronnie en ou Lena het vir my dié lewensles geleer - hulle het gedeel al was daar niks om te deel nie. Het hulle lewe sin en betekenis gehad? Ja, want ook hulle was na Sy beeld geskape. Sonder dat hulle bewus was van die groot opdrag, "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” - het hulle dit uitgeleef, waarlik uitgeleef.

Nou kan ek net op my knieë gaan en dankie sê dat Ronnie en Lena my lewenspad gekruis het, want sonder hulle sou ek 'n armer mens gewees het.

aanbidding vir hierdie geleentheid.

Saam met die Malawiërs het ek ‘n kursus, genaamd ‘Transmission’ gedoen as deel van my vakleerlingskap. Ons was geleer op ‘n basiese, maar uiters belangrike vlak hoe om te ‘preek’. Na afloop van die sogenaamde ‘Bible talk’, is ons krities beoordeel sodat ons kan groei en verbeter. Die moeilikste deel van hierdie geleenthede was die Britse taal, eerder as die afwagting van die komende kritiek. Na die tyd het ons die Evangelie volgens Markus behandel. Soos met ‘n Bible Talk word jou voorbereiding getoets met belangrike vrae in verband met die konteks van die gedeelte.

Laastens was ek ryklik geestelik gevoed met die jeugbediening. Ons het aksies gehou waar ek en die tieners ons koppe weg van skool en sy dinge kon draai en onsself geniet met alles van speletjies tot braai en films. Bo dit alles kon ons ook bietjie luister na die Lewende Woord, ‘n kragtige wapen wat ons harte verander en ons denke vernuwe. Alle eer aan Hom wat hemel en aarde skep en tog neerbuig om ons met liefde en genade te bedien!

Dankie eerstens, bo alles en almal, aan ons Almagtige Vader, vir die geleenthede wat Hy skep. Ek was deur baie seisoene hierdie jaar, dalk meer winters as lente en herfs, en somer sal nog kom, maar God het my geplant waar die seisoene dalk my vrugte kan pluk, tog verwelk my blare nie. Ek staan sterk, geanker by die beste Waterbron– dit is my troos, krag en seën. Dankie aan die wat my onderrig en my met ervaring vir die toekoms te bied - dit is die hele gemeente! Want ons is een liggaam.

Laat die kindertjies na my toe kom

Wat ‘n heerlike gevoel is dit nie om Sondagoggende al die

kindergesiggies om ons te hê nie. Met die vrolike gelag in ons ore, laat dit mens onmiddellik dink aan die gedeelte in Markus 10 waar Jesus vir sy dissipels sê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën. By die Bybelklassie streef ons daarna om ons voorskoolse kinders te begelei om lief te wees vir die Here en sy Kerk. Hier probeer ons ‘n omgewing skep waar die kinders veilig voel en waar ons hulle op ‘n ouderdom-toepaslike vlak leer uit die Bybel. Die Bybelklassie help om ons voorskoolse kinders welkom en geliefd te laat voel by die kerk en dit beklemtoon die belangrikheid van ons kinders by die kerk. Bring gerus jou kind saam met jou kerk toe. By die Bybelklassie hou ons hul nie besig sodat jy rustig in die kerk kan sit nie. NEE, ons doelwit is om ons kinders te laat hoor van God se grootheid en almag, om hul te laat sien, voel en ervaar hoe lief Jesus vir hul is. Jana de Wet & Marilie Kruger

Wat sê ons aanbieders?

Dit is vir my ‘n groot voorreg om met die kleintjies te kan werk. Hulle is onvoorspelbaar en dinge gaan nie altyd soos beplan nie, maar daar is geen groter vreugde om die kindertjies van Liewe Jesus te vertel nie. Toe ek meer betrokke wou raak by die kerk het ek dadelik geweet waar my passie lê en ek geniet hulle vreeslik baie. Adele Visser

Ek is nou al ‘n hele aantal jare by die Bybelklassies betrokke – inteendeel vandat Marlien, my oudste kind ‘n kleutertjie was en sy is nou al elf jaar oud. Ek het nét goeie herinneringe wat ek saam met my neem. Dit was wonderlik om op ‘n kreatiewe manier die Woord van God aan hierdie kindertjies te kon oordra en saam met die belangstellende gesiggies te kon groei in geloof en liefde in God. Ek hoop en bid dat daar voortgegaan sal word met hierdie liefdeswerk onder die kleutertjies. My jongste van drie kinders is nou reeds oppad graad 1 toe, dus sluit ek my termyn af en ek wil dit graag doen deur Jesus Christus se eie woorde wat Jana en Marilie hierbo aangehaal het, te beaam. Susan Brown

“Die Bybelklassies is soos kerk toe gaan, maar ek mag praat, sing en ek hoef nie stil te sit nie" - dis hoe my kinders verduidelik het hoekom hulle Bybelklassie toe wil gaan. As aanbieder is dit fantasties om te sien hoe selfs die heel skaamste kleintjie op 'n stadium begin deelneem of selfs 'n liedjie voorstel. Die Bybelklassies leer die voorskoolse kinders al 'n liefde vir die kerk en leer hulle op 'n gepaste manier meer van die Here en sy liefde vir sy kinders. Karina Voogt

Kinders sien dinge net soos dit is en ons onderskat die insig en groot vertroue wat ons kleintjies het. Dis juis NOU belangrik dat ons kinders gewoond raak om deel van die gemeente te wees en vriendskapsbande bou in die kerk - nie net met maatjies nie, maar ook met ouer mense wat vir hulle 'n vangnet of mentor kan wees eendag. Elke kind in die klassie herinner my weer aan die eenvoudige lewe en vertroue wat ons moet hê in God. Die drukkies wat ek kry na elke klassie lê my baie na aan die hart en jy

Page 7: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

12 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 13

KU

RSU

SSE

& V

ERRY

KIN

G

KU

RSU

SSE

& V

ERRY

KIN

G

Volwasse kategese gaan van krag tot krag

Living Waters-afsluiting

Etienne en Marina van Loggerenberg

Lizette van Wyk

Daar was vroeër vanjaar drie katkisante (Letitia, Human en Loura) wat reeds in Desember 2015 die eerste gedeelte van die volwasse

kategese-kursus voltooi het en aansoek gedoen het om belydenis af te lê. Letitia het in Desember 2015 ook haar babatjie gedoop en sy was baie dankbaar dat sy die geleentheid toe al kon kry.

Die drie katkisante het baie getrou die res van die kursus bygewoon tot met hulle Belydenisaflegging in Mei 2016 en bly steeds geïnteresseerd in die klasse. Dit beteken vir hulle baie en, al was daar soms kere wat hulle nie teenwoordig kon wees nie, het hulle gewoonlik vir die volgende klas opgedaag wanneer ons dit so reël. Ons is steeds met mekaar in verbinding deur middel van ‘n WhatsApp-groepie en dit werk baie goed.

Wat ons van hierdie groep opgeval het, is dat die katkisante baie leergierig is en dat hulle selfs die kerkgeskiedenis, veral die geskiedenis van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, baie leersaam gevind het. Daar is selfs opgemerk dat hulle nie graag wil ophou met die klasse nie, want hulle leer so baie.

Die nuwe groep katkisante (Michelle en Amy) wat na Mei 2016 begin het, is eweneens entoesiasties en baie hardwerkend om die werk voor te berei en gereed vir die besprekings klas toe te kom. Gesprekke vind plaas op ‘n hoë vlak en elke ontmoeting is vir ons almal die moeite werd.

Daar was ook navrae of die volwasse kategese klasse nie dalk so aangebied kan word dat dit ook nuwe lidmate wat pas by ons gemeente aangesluit het, kan akkommodeer nie. Dalk kan die Brood van die Lewe-kurrikulum ietwat aangepas word om ter inleiding en verwelkoming aan nuwe lidmate inligting te verskaf van die wat en hoe en wanneer en waar alles by ons gemeente gebeur en dan kan diegene wat voel dat hulle nie genoeg onderlê is in die Protestants-Reformatoriese leer nie, aanbly en die volwasse kategese kursus voltooi – selfs al het hulle reeds belydenis afgelê.

Dit is heel moontlik dat daar heelwat lidmate in die gemeente is wat graag hulle kennis oor die kerklike leer en lewe sal wil opknap, en daar was al versoeke dat veral die belydenisskrifte soos die Heidelbergse Kategismus weer behandel moet word. Die kurrikulum kan desnoods sodanig ontwikkel word dat dit deurlopend aangebied word op Woensdagaande en dat lidmate wat sou belangstel in ‘n bepaalde onderwerp of studiestuk, dit per geleentheid kan kom bywoon.

Dit is en bly steeds vir ons ‘n vreugde en voorreg om die volwasse kategese aan te bied en enige voorstelle is welkom en kan oorweeg word. Gee asseblief ook terugvoer oor die moontlike geleenthede om nuwe lidmate te verwelkom en bestaande lidmate te betrek by hierdie diensgroep.

Thinus, Amy, Dr. Marina, Michele en Douw

Living Waters is 'n gebedsbedienings-program waarin verhoudings, die ware identiteit in Christus, bevestig word. Soos wat mense as gevolg van gebroke verhoudings seergemaak en verwond raak, bied hierdie program die geleentheid om binne die verhoudings met medegelowiges en die werk van ons drie-enige God, weer heel te word.

Die 2016 program het ‘n afsluitings-funksie gehou in September.

Die program het in Mei begin en het uit 20 lesings bestaan. Daar was 19 deel-nemers van Pretoria tot Vanderbijlpark en nege groepleiers (vier mans en vyf dames). 'n Voorbiddingsgroepie het die groepleiers en deelnemers weekliks deur hulle gebede aan die Here opgedra.

Dit was die vierde keer wat ek groep-leier in Living Waters was en vir my persoonlik 'n groot verryking. My rol is maar net om die deelnemers se eie ervarings met die lesings te verbind deur hulle vrae te vra om hulle te lei om self met die Here te praat. Van die deelnemers het vooraf gesê dat hulle nie kan bid nie, maar in die kleingroepie gebeur dit spontaan, omdat almal onder die indruk is dat so 'n geleentheid baie spesiaal, opreg en veilig is.

Dit was elke keer wonderlik om te beleef hoe die Heilige Gees hulle lei na die waarheid – en hulle help om die leuens in hulle lewe te kan identifiseer.

Volgende jaar sal die program waarskynlik by Linden aangebied word.

Dit is 'n afspraak wat die Here met almal maak wat hulle persoonlike verhouding met Hom wil versterk en hul worstelinge na Hom wil bring.

Die rol van ʼn vaderfiguur

Hoe maak ek my seuns groot om gemaklik te wees om as 'anders'

geklassifiseer te wees? Hoe maak ek hulle groot om nie te weier om op te staan vir wat hulle glo nie? Hoe skep ek 'n omgewing waarin hulle hul volle potensiaal bereik? Hoe vestig ek hulle identiteit in God en nie in prestasies nie?

Hierdie is maar net 'n paar van die vrae wat ek myself mee bemoei het sedert ek 'n pa geword het. Ek was baie bewus daarvan dat God my met 'n ongelooflike groot verantwoordelikheid geseën het - een wat ek nie ligtelik kan opneem nie en dus was ek voortdurend opsoek vir meer geleenthede waar ek myself kan toerus om ‘n beter pa te wees.

Een so ‘n geleentheid het in September 2015 oor my pad gekom toe ek en Joop ‘n kursus van Cassie Carstens bygewoon het. Cassie het hierdie program - The World needs a Father - oor die laaste 10 jaar ontwikkel om hierdie ontsaglike behoefte aan te spreek. Ek is gedurende die drie-dag kursus diep aangeraak en het besef hoe baie die pa's in ons gemeente daarby kan baat.

Op 16 April het meer as veertig mans ‘n een-dagwerkswinkel bygewoon waar ons oorhoofs aan die mees

belangrike verantwoordelikehede van 'n pa geraak het. Ons het saam besin oor: die belangrikheid van gesinswaardes, die impak wat ons ouers op ons identiteit gehad het, hoe om ons kinders se identiteit uit te roep volgens hulle spesifieke lewensfases, hoe om hulle potensiaal te groei en bevestig, hoe om die regte emosionele klimaat in die huis te skep en hoe om morele gesag te vestig.

Die positiewe terugvoer het ons aangespoor om ‘n klein groepie mans verder toe te rus om te help met uitbreiding en uitrol van ‘n gefokusde mannebediening in ons gemeente. Na ‘n indiepte toerustingsgeleentheid in Junie het ‘n groepie van ses mans by ons aangesluit vir agt weke waar ons die uitgebreide program aangebied het.

Ons visie vir die mannebediening in die GKR is dat elke pa ten volle toegerus is om te doen wat die Here van hom verwag. Ons kinders is die toekoms en wat en hoe ons hulle groot maak, het ‘n groot impak op hoe daardie toekoms gaan lyk.Janko Kotzé

Hoe kan ek as Pa my gesin dien?Met hierdie gedagte het my reis begin na vaderskap as deel van die World needs a Father beweging. Aanvanklik het ek gedink, ag wat, dit is seker nou net weer 'n paar lesings in menslike ontwikkeling, met 'n paar selfhelpoefeninge. Gelukkig toe nie. Bybelse riglyne word gebruik om vir jou, nie net as man nie, maar ook as 'n pa en saam met ander medegelowiges jou rol as Christen in die samelewing uit te leef. Nie net kon ek saam met ander manne gesels en hierdie reis beleef nie, maar ek kon ook by hulle leer en van my ervarings vertel. Groei as individu het ek wel beleef, maar belangriker, groei as hoof van ons huishouding. Saam met my vrou kon ek ook 'n waardestelsel vestig in ons gesin. Ek het geleer van lewensfases, dissipline en belangrikste van alles, ons kon die geloofsgemeenskap in ons gesin versterk. Hierdie is 'n lewensveranderende ervaring. In vandag se lewe het ons as mans en vaders dit meer nodig as ooit! Dit is net die begin van 'n veel langer reis om ons verantwoordelikheid as mans en ouers in ons kinders se lewens vorentoe uit te leef. Pieter van der Walt

Dit was vir my 'n voorreg om deel te wees van die mannebediening kursus oor die rol van die pa in ons gesinne. Die gemeenskap van gelowiges kon hier op ‘n besonderse manier na vore kom deurdat ons as mans en pa's by mekaar kon leer en mekaar ondersteun. Ek voel ek het daardeur gegroei in my pa-wees en menswees deurdat ek beter verstaan wat my rol as pa volgens God se Woord is en deur te leer waaraan ek in myself moet aandag skenk om daardie rol aan te neem. Van die praktiese ervarings wat gedeel is, sal my lank bybly. Ek besef egter dat pa-wees ‘n dinamiese proses is wat voortdurend nuwe eise stel en aktiewe deelname van my verg. Daarom hoop ek dat die ondersteuning wat ek ervaar het in die mannebediening net die begin was en dat ons bediening aan mekaar van krag tot krag sal groei... Cornél Brown

Besprekingstyd

Page 8: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

14 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 15

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. –Psalm 23:2

Anja Opperman

Egskeiding is een van die pynvolste dinge in die lewe. ‘n Egpaar of

gesin word van mekaar losgeskeur soortgelyk aan die manier waarop jy bladsye van mekaar sal losruk wat stewig vasgelym was. Die nagevolge is verwoestend en die herstelpad lank.

Ons het hierdie jaar by GKR met ons eerste Divorce Care-program afgeskop om lede van ons gemeente en wyer gemeenskap te kry om bietjie saam te dink en gesels oor die pyn waardeur hulle in hul egskeidings moes gaan. Die program verloop oor 13 weeklikse sessies en dek die volgende onderwerpe:

1. Wat is besig om met my te gebeur? 2. Die pad na herstel 3. My woede 4. My depressie 5. My eensaamheid 6. Wat sê die instruksieboekie? 7. Nuwe verhoudings 8. Finansiële oorlewing 9. Kindersorg10. Seksualitiet as enkellopende11. Vergifnis12. Rekonsiliasie 13. Nader aan God op die pad vorentoe

Die materiaal bestaan uit video-sessies aangebied deur sielkundige, pastorale en teologiese kenners wat ervaring het in die hantering van egskeidings (sommiges ook self geskei) en sluit geskeides se worstelinge en insigte in asook waardevolle teksverse en daaglikse Bybelstudies wat by elke onderwerp pas. Maar die éíntlike waarde van die groep het daarin gelê dat deelnemers deur die verloop van die kursus meer en meer van hul eie ervarings kon deel en mekaar kon ondersteun in die verskillende fases waarin hulle hulself bevind.

Om deel te kon wees van die groepie as een van die fasiliteerders was vir my van onskatbare waarde. Dit was lekker om bande te kon bou en geloofsgemeenskap te ervaar. Ek het soveel geleer uit die gesprekke van die uitdagings waarmee mense in ‘n egskeiding gekonfronteer word en ook van die onvoorwaardelike liefde waarmee die Here ons liefhet. Christus, self ‘n uitgeworpene, verstaan en vergewe. Hy roep ons op om nader aan hom en in gehoorsaamheid te leef en maak dit moontlik te midde van die storms van die lewe.

Byna almal van ons is al op ‘n direkte of indirekte manier geraak deur egskeiding, of dit in jou huis, vriendekring of familie is. Ek wil graag elkeen uit ‘n gebroke huwelik uitnooi om die kursus te kom bywoon. Of jy al lank terug geskei is, maar nog met onbeantwoorde vrae sit, of die bom besig is om rondom jou te bars, ek kan regtig hierdie kursus vir enigeen aanbeveel. Kontak vir Jan Carel (082 414 5012) of vir my (082 786 8635) vir meer inligting oor die volgende rondte.

Wat is in die middelpunt van jou lewe?

Ons lewens roteer rondom:

• Eggenoot• Kinders• Werk• Besittings

Dit maak ons onstabiel, want enige van hierdie dinge kan van ons weggeneem word.

Die fondament van die herstel-proses is om die Here jou middel-punt te maak. K

URS

USS

E &

VER

RYK

ING

KU

RSU

SSE

& V

ERRY

KIN

G

Kan jy nog universiteit toe gaan vir R50 per jaar?

JA! Mits jy afgetree of semi-afgetree is en nog ‘n lewende belangstelling/stokperdjie het, of sommer net daarvan hou

om na interessante praatjies deur bekende en ingeligte sprekers te luister, of om sommer net gesellig met ander mense te verkeer, kan jy verseker!

Hoe en waar?

Kom sluit aan by die ‘University of the Third Age’ Johannesburg North, kortweg - U3A Joburg North. Ons kom die eerste Dinsdag van elke maand om 9:30 vir 10:00 by die kerk bymekaar. So maklik soos dit!

Ons medium van kommunikasie is Engels, maar ons lede is tipiese Suid-Afrikaners wat gemaklik tussen Afrikaans en Engels wissel. Dit is heerlik om te hoor hoe persone in groepe met mekaar gesels – elkeen praat sy eie taal (Afrikaans/Engels/Nederlands), en almal verstaan mekaar!

Wat is die U3A?

Die ‘Third Age’ verwys na die derde fase in ‘n mens se lewe - waar die eerste fase die kind, die tweede fase die werkende volwassene, en die derde fase die afgetrede of semi-afgetrede volwassene is. U3A – ‘University of the Third (afgetrede) Age’ is ‘n leer-koöperatief vir afgetrede persone van alle vlakke van die samelewing. Lidmaatskap is oop vir almal, ongeag ras, geloof, ekonomiese omstandighede of politieke oortuigings.

Waar kom die U3A vandaan?

Die U3A het in 1972, onder die beskerming van die Universiteit van Toulouse ontstaan. In die Franse model is fakulteitspersoneel en akademici die U3A kursusleiers. Hierdie model het na Engeland versprei, maar is aangepas omdat die ‘Third Agers’ besef het dat hulle die vermoë het om hul eie outonome onderriggroepe te stig en organiseer. Hierdie nuwe model is entoesiasties in meer as 30 lande aanvaar. Vandag is die U3A dus ‘n leer-koöperatief met doelwitte en beginsels om onder andere:

• die dogma van intellektuele kwyning tydens veroudering te beveg,

• om met behulp van ander afgetredenes die hulpmiddels te verskaf vir die ontwikkeling en verskerping van hul intellektuele, kulturele en estetiese omstandighede,

• om ‘n organisasie te skep waar daar geen onderskeid in klas tussen die leerder en die kursusleier is nie.

Die woord ‘university’ in die naam van die organisasie word gebruik in sy oorspronklike Latynse betekenis, wat rofweg ‘n gemeenskap van onderwysers en leerlinge wat toegewy is tot ‘n spesifieke aktiwiteit, nie noodwendig intellektueel van aard nie, beteken. Die kursusleiers is dus ervare vrywilligers. En terwyl sommiges wel afgetrede akademici mag wees, is die meeste slegs entoesiastiese amateurs!

U3A in Suid-Afrika

Die eerste U3A is met ‘n oorweldigende belangstelling in Februarie 2000 in Kaapstad gestig, Tans is die ledetal in die Groter Kaapstad meer as 8 000, en nasionaal meer as 11 000. Daar is 27 onafhanklike U3As landwyd wat kursusse aanbied wat enigiets van Afrikaans tot Yoga kan wees, en almal met ‘n verstommende omvang van ervaring en belang.

Wat gebeur by die U3A Joburg North?

U3A Joburg North is ‘n organisasie wat ten doel het om lede in informele groepe ‘Special Interest Groups’ te laat saamkom om gratis kennis, vaardighede en ervaring te deel. ‘n Minimale donasie van R5 word betaal om die gasheer/gasvrou te vergoed vir die koffie/tee tydens die byeenkoms.

Hierdie groepe kom saam in privaat huise of gratis lokale, om onder die leiding van ‘n kursusleier, meer te leer van ‘n spesifieke onderwerp of aktiwiteit.

Die meeste kursusaktiwiteite is gedurende die dag en op ‘n bepaalde tyd, en word duidelik aangedui op die ‘Special Interest Group’lys. Elke kursus vind op ‘n informele wyse, deur die onderlinge ooreenkoms van die lede en die kursusleier, sy eie styl/sillabus. Daar is egter ‘n sterk klem op deelname en betrokkenheid, sonder dat punte of sertifikate toegeken word.

By die U3A Joburg North is die leerproses net vir plesier! Geen kwalifikasies is nodig om te registreer nie en geen kwalifikasies word toegeken nie – die belangrikste eienskappe is kameraadskap en die liefde om te leer.

Vir navrae kan die volgende persone gekontak word:

Cornelia van Biljon 082 448 3038

Corlia Saayman 083 771 0049

Of besoek ons webwerf:www.u3a.org.za/U3A_JBN/JBN.htm

Page 9: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

16 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 17

BED

RYW

IGH

EDE

BED

RYW

IGH

EDE

Hierdie hande is nooit stil nieBerna van der Walt

Vanaf drieuur op ‘n Donderdag-middag weergalm vrolike

(meestal) vrouestemme deur ons saal. Daar word opgevang met die week se nuus en hier en daar weerklink ‘n ’nee, trek los jy het skeef gestik’ of ‘n ‘welgedaan, dis pragtige kwaliteit werk’. Dit is die middag wanneer die Handwerkdiensgroep bymekaarkom; masjiene woer en dinge gebeur.

Daar is sewe dames wat die klasse aanbied en daar is gemiddeld so 16 leerlinge. Hierdie jaar het ons ‘n jongman as leerling bygekry en hy is werklik ‘n sterstudent.

GK Randburg se Handwerkdiensgroep is baie jare gelede deur Ds. Nico en ‘n aantal gemeentelede begin. Van hulpbronne was daar nie sprake nie. Soos ek verstaan was ‘n aantal hekelpenne en ‘n klomp plastieksakke omtrent al waarmee hulle begin het. Van die ‘stigterslede’ is daar nog so ‘n paar werksaam, naamlik Alida Joubert, Alet du Plessis en Sarie Horn. Ida van der Merwe, wat ook ‘n stigterslid was, het vir baie jare as diensgroepleidster opgetree. Sy het egter ‘n aantal jare gelede ‘eerbare ontslag’ ontvang. Anne Ramage en Bets Basson het ook leeslesse aangebied. Daar is selfs nog een van die oorspronklike studente, Margaret, oor. Hierdie diensgroep is inderdaad baie geseënd. Ons ontvang soveel skenkings van selfs buite ons gemeenteverband dat ons in oorvloed werk. Daar is gemeentelede wat goedgunstiglik masjiene en omkapmasjiene aan ons geskenk het. Ons kan nou aan elke student ‘n masjien toeken om mee te werk. Ons voorraad, wat absoluut alles insluit wat ‘n mens vir handwerk kan benodig, vul nou al ‘n hele stoorkamer.

Ons het vroeër ons susters gevra om in hulle materiaal voorraad rond te krap vir materiaal vir baadjies vir ons studente. Die foto (regs) is van die trotse studente met hul voltooide baadjies. Die res was nog in wording tydens die fotosessie. Die studente is tans besig om bypassende rompe te maak sodat hulle ‘n uitrusting het.

Volgende jaar hoop ons dat elkeen ‘n bloes sal kan maak om hul uitrusting te voltooi. Terwyl ons baie voorraad het, het ons nie altyd genoeg van ‘n spesifieke soort nie. Vandaar die versoek vir wintersmateriaal.

Ons probeer om die maak van kledingstukke met ander handwerk af te wissel en ook tuisprojekte aan te moedig. Laslapwerk, appliek, breiwerk, hekel, borduurwerk, alles kry ‘n plekkie in ons vol program. Dorea het almal selfs aan die pantoffels maak gehad die afgelope winter.

Ons wil baie graag ons studente leer om vir hulself ‘n ander bron van inkomste ook te skep. ‘n Paar van hulle is van Zimbabwe en neem hulle nuutgeleerde vaardighede saam as hulle huistoe gaan en dra dit aan hulle familie daar oor sodat hulle ook kan probeer om ‘n bestaan te maak. So hoop ons word daar ‘n saadjie van hoop en liefde wyer versprei.

As ‘n diensgroep is ons oneindig dankbaar vir alles wat ons ontvang.

Gemeentelede is meer as welkom om ons te kom besoek of by ons aan te sluit en as daar iemand is wat voel om ons iets te kom leer, asseblief, ons leer almal graag iets nuuts en anders .Skakel my gerus: 082 448 02385 of 011 789 4690.

Baken Akademie privaatskool by ons gemeentesentrum

Soos ons almal weet word daar al vanaf 2015 ʼn Christelike privaat-

laerskool, Baken Akademie, vanaf ons gemeentesentrum bedryf. Die gelag van kinderstemme gedurende die skoolpouses is heerlik om te hoor en om die kinders gedurende die week op Cheshire Homes se gronde op hulle klouterrame en speelgoed te sien speel, is regtig ʼn aangename gesig om te aanskou. Die psalmdigter sê nie verniet in Psalm 127 dat “kinders is ‘n gawe van die Here” en daarom is dit wonderlik om al die “gawes” op ons kerkterrein te sien rondbeweeg. Daarom is dit so gepas dat hulle so sigbaar op ons terrein is! Maar skoolgaande kinders het ook onderwysers nodig en is dit nie wonderlik dat vier van ons lidmate die voorreg het om onderrig te gee by hierdie skool nie. Amanda Venter, Marteli van Rooyen, Elaine Henning en Petro Joubert het ‘n paar vrae vir ons geantwoord.

Hoe het jy by die skool betrokke geraak en hoe lank onderrig jy al hier? Amanda: Ek ken een van die aandeelhouers en ek het saam met Marteli van Rooyen by Nooitgedacght skool gehou.Marteli: Ek was so gelukkig om in 2015 deur een van Baken Akademie se bestuurslede, wat saam met my by Nooitgedacht Laerskool gewerk het, genader te word. So, ek is al van die begin af die Graad 1 juffrou.Elaine: Ek het betrokke geraak deur by die skool te kom verneem of hulle nie ‘n Afrikaans-onderwyspos beskikbaar het nie, omdat ek nie gelukkig was by die skool waar ek toe gewerk het nie. Ek is bevoorreg om nou al amper een en ‘n half jaar by die skool betrokke te wees.

Wat beleef jy van die skool se etos? A: Christenskap en Christelike riglyne word daagliks aan die leerlinge voorgehou, wedersydse respek en ondersteuning van leerlinge en ouers word uitgeleef. M: Die skool se leuse is “Wees die Lig” en ek beleef dat dit die onderwysers se deurlopende gesindheid en doelwit is om die kinders aan te moedig om só op te tree dat hulle Jesus se lig versprei.E: Die skool se Christelike, gemoedelike en rustige atmosfeer is uniek en uitsonderlik, in die sin dat ek dit nog by geen ander skool só ervaar het nie. Die rustige atmosfeer smeer beslis af op die leerders. Skoolgee is regtig nie meer so ‘n straf en uitmergelende proses vandat ek hier begin skoolgee het nie. Ek was al by vele privaat-en staatskole gewees waar die werksetiek en atmosfeer glad nie bevorderlik vir enige personeellid of leerder was nie!

Wat is die onderlinge gesindheid van die personeel en die kinders? M: Ons erken die kinders se menswaardigheid en individualiteit en behandel mekaar met respek.

Hoe is die onderlinge verhouding van die GKR se lidmate wat die terrein tydens skooltyd besoek teenoor die skool en die kinders? M: Die lidmate is baie vriendelik en belangstellend teenoor die kinders. Hulle knoop altyd ‘n geselsie aan. Ria Bosman kom elke Woensdag, na Bybelstudie, by my Graad 1 klas kuier om te kyk hoeveel tande gewissel is.E: Hier kom vele besoekers, predikante, en onbekende persone tydens begrafnisse ens.

Is die verhouding tussen skool en werkers op terrein positief? M: Hulle is wonderlik met die kinders. Daar is nie ‘n ding wat “Oom Chris” en “Oom Elias” en hulle span nie vir ons sal doen nie. Hulle dra ons op die hande!E: ‘n Wedersydse respek heers tussen die werkers en leerders. Hulle help ook op ‘n daaglikse basis tydens die onderrigproses. Ons personeel het redelik kontak met die leerders en word as “Oom Elias en “Tannie Dora” aangespreek. Dora help ook met die kleiner leerders tydens klastyd as ‘n ekstra hulp.

Is die kerk se terrein positief vir die skool se aktiwiteite? Is dit voldoende vir die kinders en personeel? A: Op hierdie stadium is dit perfek.E: Die kerkterrein is uiters geskik vir die leerders! Veral die tuine word ten volle deur die leerders benut. Die bome is ‘n groot aftrekpunt en jy vind gedurig ‘n leerder daarin! Wat die buiteterrein betref, word daar orals onder toesig gehardloop en geklim. Een dag ‘n maand word bv. wielietjiedag gehou waar die leerders met enigiets met twee of vier wiele op die terrein rondry. Leerders geniet sulke dae gate uit. Die speeltuintjie in Cheshire se parkeerarea word veral tydens pouses benut en geniet groot aftrek.

Gee ʼn bietjie statistiek van die skool vandat jy daar is. M: Ons het in 2015 met Graad R, Graad 1 en Graad 3 in die Grondslagfase begin en nou het ons Graad RR, Graad R, Graad 1, 2 en 3. Daar is ook ‘n Intermediêre- en Seniorfase.Ons het weer hierdie jaar uitstaande resultate by die Eisteddfod behaal.E: Die skool het met meer as 100% gegroei, van 20 leerders tot ongeveer

50 in 2016. Daar kom gedurig deur die termyn nuwe leerders aan vanaf groter staatskole wat nie aanpas nie, gelukkig is nie of net nie daar inpas nie.

Is daar enige iets wat jy persoonlik aan kan dink wat die GKR lidmate moet weet van die skool? Moet hulle meer betrokke wees by skool? A: Gemeenskapsbetrokkenheid is altyd goed en welkom sou dit deur die hoof en aandeelhouers goedgekeur word.E: Die skool is ‘n ware ligpunt in die donker; die skool se leuse is nie verniet “Wees die lig” nie. Glo my vry, niemand hier loop met die Bybel onder die arm nie! Dit is net so aangenaam en lekker om in so ‘n omgewing met leerders te kan werk. Die leerders is ook meer respekvol en baie kalmer en rustiger, omdat ‘n IEB-kurrikulum benadering gevolg word, wat baie minder werk behels as die CAPS-kurrikulum.

Deel iets van jou eie belewenis van die skool veral jou geestelike belewenis en hoe jy gegroei het vandat jy daar skoolhou. A: Dit is ‘n voorreg om jou dag met die Woord van God te mag begin. Leerlinge stel opreg belang in die Woord van God. Ouers vertrou die hoof en personeel.M: Net soos by die ander Afrikaanse skole in ons omgewing is dit ‘n voorreg om die Christelike geloof, wat die kinders aan hulle ouers se voete leer, in die skool te kan versterk. Die kinders in die Graad 1 klas kom almal uit Christen-huise en kom met baie interessante vrae oor geloof na vore. Ons het baie aktuele gesprekke oor praktiese Christenskap in die klas.

(vervolg op bladsy 19)

Elaine Henning en een van haar leerders

Busi I, Zanele, Busi II en Joice

Marteli van Rooyen en haar klasAmanda Venter en haar klas

Page 10: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

BED

RYW

IGH

EDE

BED

RYW

IGH

EDE

Musiek en sang verryk – Sustersaamtrek 2016 Ria Bosman

Een van die hoogtepunte op die kalender van die Gereformeerde

Kerke is sekerlik die Sustersaamtrek wat elke jaar in Maart gehou word. Sommer by die aankoms kan ‘n mens die warmte en welwillendheid in die lug aanvoel. Daar word gegroet en na die welstand uitgevra, al ken jy nie die suster nie, maar onthou die gesig van die vorige jare!Hierdie jaar se Saamtrek is gereël deur die Susters van Carletonville en Krugersdorp-Wes. Hulle het gebruik gemaak van die fasiliteite van The King’s School West Rand in Poortview. Die eerste spreker op die program was Elana Bettings. Sy was ‘n depressielyer en het heling in musiek gevind. Sy kry toe ‘n fotoboek met die titel “Psalmen in Beeld” deur die Nederlandse kunstenaar Anneke Kaai as geskenk. Aangegryp deur haar liefde vir musiek en die pragtige kunswerke oor die Psalms, het sy gevoel dat hierdie kombinasie vra om verder ontwikkel te word. Met behulp van Christa Steyn, komponeer hulle toe melodieë en lirieke wat by die verskillende kunswerke pas. Die sangeres Alma van der Watt het toe, as solis, die werk uitgevoer. Elana sê dat hierdie grootse werk haar herinner het aan die aanhaling uit die film As it is in heaven: “All music is already composed, it must just be brought to earth.”Prof. Heilna du Plooy, professor in Afrikaans aan die NWU was die hoofspreker na pouse. Sy het die tema van dié jaar se Saamtrek: “Laat God se liefde weergalm” op ‘n besondere en insiggewende wyse aangebied. Sy het gesê dat as ons gaan kyk na die Tien Gebooie, maak die Here eers ‘n stelling. Hy bevestig dat Hy die Here God is en dan gee Hy die voorskrifte van die

Wet as opdrag. Hierdie patroon, sê Heilna, herhaal homself regdeur die Bybel. God sê: “Ek is wat Ek is,” en dan word die volk gesê wat om te doen. Volgens die spreker bou Paulus sy argument van hoofstuk tot hoofstuk op Ef. 2:8-13, waar hy sê “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof... Maar nou is julle een met Christus Jesus.” In hoofstuk 4:1 kry ons die opdrag “... Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.”Heilna sê verder dat daar in hierdie tema dieselfde patroon opgesluit is. Sy klassifiseer dit as volg:1. Mens kan twee komponente in die tema van die Saamtrek onderskei.1.1. God se Liefde – die stelling1.2. Laat dit weergalm – die opdrag.God het ons lief en daarom moet ons Hom loof – met sang en gemeentesang.2. Die mens se antwoord.Daar behoort ‘n tweerigting-interaksie te bestaan tussen God en die mens. God se boodskap, soos in die Bybel verwoord, is ‘n magtige boodskap. Ons antwoord moet dus ook iets van daardie grootsheid nastreef.3. Die persoonlike, individuele belewenis en die gesamentlike belewenis.Een van die wonderlike aspekte van gemeentelike sang is dat dit ‘n aktiwiteit is wat gelyktydig individueel of persoonlik en gesamentlik of kollektief van aard is. Een onseker stem, een huiwerige, een swak stem, selfs een vals stem, word opgeneem en tussen al die ander stemme verdwyn dit.4. Die mens wat die Here loof, gebruik taal; hy vertel, hy sing, hy loof.

Gesamentlike sang en kerksang het twee komponente:4.1. Wat jy sing – die woorde.4.2. Hoe jy dit sing – die musiek.Die spreker sê dat ons God nie net loof as dit goed gaan nie. Skuldbelydenis en gebed is ook vorme van Godsverheerliking5. Maar as mens sing, kom die musiek daarby.Lofbetuiging word ‘n handeling wat jou begrip en jou liggaam betrek. Dit raak jou totaliteit as mens.Heilna sê dat mense deesdae stry oor die aard van die musiek in die kerk. Sommige wil dit vroliker hê en ander sediger. Daar is ook verskillende kulturele style en dit hoort so.6. Regdeur die Bybel kom lofliedere voor.Die Psalms is bykans deurgaans liedere oor God, vir God, lofsange, klaagsange (klaagliedere), dankliedere, liedere van wysheid en onderrig en geleentheidsliedere.In die Psalms is daar geen enkele menslike ervaring of emosie wat nie daarin voorkom nie.7. Slotsom.Die spreker het gesê dat sy ten slotte tot die volgende gevolgtrekking gekom het: Die appèl op die gemeente om die gemeentesang betekenisvol te maak, is ‘n verantwoordelikheid wat nooit nagelaat moet word nie.

Die Susters was dit eens dat ons in die toekoms met ‘n totale ander ingesteldheid aan die kerksang sal meedoen, aangespoor deur Heilna se weldeurdagte en besielende lesing.

ʼn Plek van hoopHanli van der Spoel

Die woord Nchafatso beteken “Reformed”. Dr. Kwena Semenya het hierdie opleidingsfasiliteit in 2014

begin nadat navorsing getoon het daar is baie mense in die Diepsloot-gemeenskap wat nie basiese opleiding en vaardighede het wat hulle kan help om werk te kry of self ‘n besigheid te begin nie. Meeste van hierdie mense het ook finansiële uitdagings wat dit vir hulle onmoontlik maak om dit te bekostig om na ‘n opleidingsfasiliteit te gaan.

Sou daar nog hoop vir hulle wees vir ‘n beter lewe? Om ook iets te kan bereik en deur dit God te verheerlik? Ja, verseker! Hier het ‘n deur oopgegaan deur die visie van een man gestuur deur God en geroep na Diepsloot.

Kwena het ‘n geleentheid gesien om ‘n verskil te maak en die Here het die deure kom oopmaak om op so manier vir mense hoop te gee. Dit sou nie vir hom altyd maklik wees nie en die uitdagings om hierdie projek van die grond af te kry was baie. Maar hy het, soos ons in Hebreërs 6:11 lees, end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag gelê, totdat die dinge waarop hy gehoop het, vervul is. Daar is met net 18 studente begin en vanjaar is daar 60. Dit is opnuut ‘n bewys van die groot behoefte en ook gewilligheid van hierdie mense om te leer en te groei. ‘n Hoop wat in hulle leef om ook die mense te kan word wat God vir hulle bedoel het om te wees.

Die ander groot behoefte was aan berading, omdat soveel van die jongmense in Diepsloot al iemand aan die dood moes afstaan of onaangename ondervindings gehad het. Daar is hoop vir hulle – Jesaja 53:5 sê: "Oor ons oortredings is Hy deurboor, oor ons sondes is Hy verbrysel, die staf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom."

Omdat ons hierdie wonderlike boodskap van hoop het, is daar die geleentheid om dit aan jongmense oor te dra wat nog ‘n hele lewe voor hulle oop sien lê. Hoop na vergifnis, bevryding en ware genesing om te kan leef met vrede en vreugde wat by God te vinde is.

Nchafatso Training Programme gebruik die ABET (Adult Basic Education and Training) program wat weer geaffilieer is met die IEB (Independent Examination Board) wat

geregistreer is by SETA. Hierdie studente is almal 18 jaar en ouer. Hulle het klas van Maandae tot Vrydae – sommige klasse is gedurende die dag en ander saans. Hulle gebruik handboeke en het fasiliteerders om hulle te help.

Vakke wat hierdie jaar geskryf gaan word, is onder andere:

• Kommunikasie Engels• Wiskunde• Menslike en Sosiale wetenskappe• Lewensoriëntering• Klein, Medium Ondernemingsbestuur• Ekonomiese Bestuurswetenskappe.

Daar is nog groot drome om die program verder te neem waar mense vaardighede soos teëlwerk, handvaardigheid, rekenaargeletterdheid en loodgieterswerk kan leer. Die grootste uitdagings is finansies en dat die kerkgebou wat tans gebruik word, vinnig te klein word vir ons behoeftes. Ons is opsoek na houerklaskamers of iets soortgelyks.

Nchafatso is nou ook geregistreer by SARS, wat beteken mense wat donasies maak kan ‘n kwitansie ontvang wat weer van hul belasbare inkomste afgetrek kan word.

Ons wil ook getuig van God se grootheid en getrouheid om te voorsien vir die eksamenfooie. Lof en eer aan God wat in mense se harte gewerk het sodat daar tans uit ons eie gemeente genoeg donasies geskenk is sodat die studente ingeskryf kon word vir die eksamen wat hulle in Oktober skryf.

Ons sien met verwagting uit na die resultate en glo dit is nog ‘n stap verder om vir mense hoop te gee soos wat Romeine 15:13 sê: "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!”

18 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 NOVEMBER 2016 | VOLUME 18 | 19

Laastens het Petro Joubert so getuig wat weer wys hoe groot en goed ons Hemelse Vader is:Ek het die bedrywighede by die skooltjie waargeneem telkens as ek tannie Fransa Bybelstudie toe geneem het. Ek het geen behoefte gehad om weer skool te hou nie. Ek het sonder ophou vir die Here gevra om vir my iets te gee

wat stimulerend sal wees. Ek het een Woensdag nadat ek Ta Fransa afgelaai het, gedryf gevoel om te hoor of daar vakatures vir 2015 is.My pos is meer as waarvoor ek kon wens. Ek gee fleksietyd skool en dit pas my perfek. Ek werk met die seniorklasse wat klein groepies is en dus is dissipline, interaksie en stimulasie haalbaar en kosbaar. Hierdie

pos is uit die hand van my Vader. Daar is ‘n wisseling van leerders en onderwysers, maar die leerdergetalle het verdubbel sedert verlede jaar. Die kinders gaan na groter skole vir sosiale- en sportredes.

(vervolg van bladsy 17)Baken Akademie

Petro Joubert

Page 11: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · onderhoud met haar gevoer. Ek het tannie Margaret in 2010 op 85-jarige ouderdom leer ken en was van dag een af gefassineer deur die besondere vrou.

20 | NOVEMBER 2016 | VOLUME 18

BED

RYW

IGH

EDE

What it means to me to be part of Cross Culture Church

Ilze de Vries

When we returned from London years ago and joined Gereformeerde Kerk Randburg (GKR), Chris and I

realised that after being involved with Kruger de Kock in planting a church in London, we won’t be able to just fit into a big church community again. We’ve been involved in Cross Culture Church since God planted the seed in the hearts of a number of members of GKR. First it was just Chris who was directly involved, as I could not attend planning meetings in the evenings with our two young children, Riekelt and Elsje. As the vision grew bigger, and the kids grew older, I became more involved as well. Thinking back today, our three years in London was God’s way of calling us to be His disciples and serving in His Kingdom.

I have experienced amazing personal growth with God over the past few years. Our church community grew from the GKR Churchplant, which met every two weeks on a Sunday afternoon, to Cross Culture Church (CCC), which meets weekly as a big group and also throughout the week/over weekends in smaller Life Groups. The passion and commitment I see from the members of CCC and the ongoing support we receive from GKR, is a clear sign to me that this is not just a project that we as sinful humans are trying to do, but it really is the work of God in His Kingdom!

When we made the decision at the beginning of 2015 to not be part of GKR, but just be part of CCC, I was worried that my children will miss out on being part of a church where there are set programmes for kids. It probably had a lot to do about our preconceived ideas of what a church should look like. But it is wonderful that our kids love going to church and to be part of this Cross Centred community. As a mom, who worries how her children will cope in this broken world we live in, it helps to know that they know God and see Christ as their Saviour and have a loving community of people that care for them as well.

After celebration Communion together the other Sunday, I asked Elsje what she remembers from the sermon and she said: “I love the singing and I love being reminded that Jesus died for our sins and that He is still alive and with us each day.”

Riekelt confirmed what she said by saying: “That we learn about God, that we pray for other people and that we get to know people better when we have our fellowship dinner after the church service.”

Being part of CCC brought new meaning to me of “being part of a community”. Whether it is through going away together for a weekend to get to know one another better, or chatting about silly little things over a bowl of soup at the fellowship dinner, or being reminded during the Alpha course our Life Group is doing about how great our God is, the love for Jesus Christ and therefore each other, is very clear to me. I thank the Lord that we can be called His children and His disciples and that we can serve in His Kingdom!