GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3,...

19
1 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels GEOMORFOLOGIE Dreineerstelsels in Suid-Afrika Taak 1. Kenmerke van dreineerbekkens. (Bl. 120 - 125) 1. Wat is ‘n dreineerbekken? 2. Omskryf die volgende kenmerke van dreineerbekkens: (a) Opvangsgebied (b) Rivierstelsel (c) Waterskeiding (d) Sytak (e) Riviermonding (f) Oorsprong (g) Samvloeiing (h) Watertafel (i) Oppervlakteafloop (j) Grondwater (k) Interfluviale gebied (l) Infiltrasie 3. Beskryf die volgende soorte riviere: (a) Standhoudende rivier (b) Periodiese rivier (c) Episodiese rivier (d) Eksotiese rivier 4. Teken eenvoudige sketse om die diepte van die (a) watertafel tydens droëseisoen en (b) watertafel tydens hoë reënval seisoen. 5. Verwys na FIGUUR 1.1 en beantwoord die volgende vraag. Kies ‘n verduideliking uit KOLOM B wat pas by die term/konsep in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (5.1 – 5.7) in jou antwoordboek neer. Bv. 5.8 - H.

Transcript of GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3,...

Page 1: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

1

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

GEOMORFOLOGIE

Dreineerstelsels in Suid-Afrika

Taak 1. Kenmerke van dreineerbekkens. (Bl. 120 - 125)

1. Wat is ‘n dreineerbekken?

2. Omskryf die volgende kenmerke van dreineerbekkens: (a) Opvangsgebied (b) Rivierstelsel (c) Waterskeiding (d) Sytak (e) Riviermonding (f) Oorsprong (g) Samvloeiing (h) Watertafel (i) Oppervlakteafloop (j) Grondwater (k) Interfluviale gebied (l) Infiltrasie 3. Beskryf die volgende soorte riviere: (a) Standhoudende rivier (b) Periodiese rivier (c) Episodiese rivier (d) Eksotiese rivier 4. Teken eenvoudige sketse om die diepte van die (a) watertafel tydens droëseisoen en (b) watertafel tydens hoë reënval seisoen. 5. Verwys na FIGUUR 1.1 en beantwoord die volgende vraag. Kies ‘n verduideliking uit KOLOM B wat pas by die term/konsep in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (5.1 – 5.7) in jou antwoordboek neer. Bv. 5.8 - H.

Page 2: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

2

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

KOLOM A KOLOM B

5.1 Interfluviale rif A ’n Hoogliggende gebied wat die grens vorm tussen twee dreineerbekkens.

5.2 V-vormige vallei B Die begin van ‘n rivier of ‘n sytak.

5.3 U-vormige vallei C Gebied in ‘n dreineerbekken tussen die sytakke van die hoofstroom.

5.4 Samevloeiing D Kronkelende vorm van die hoofstroom of sytak van ‘n rivier.

5.5 Waterskeiding E Bolope van ‘n riviersisteem.

5.6 Oorsprong F Middellope van ‘n riviersisteem.

5.7 Meander G Die plek waar ‘n sytak en die hoofstroom mekaar ontmoet.

6. Verwys na FIGUUR 1.2 wat die verskil in stroom afloop van ‘n tipiese riviersisteem, vanaf die bolope tot die benedelope, op die dwarsprofiel aantoon. (a) Verduidelik die term stroom afloop. (b) Hoe sal die stroom afloop van A na C verander? (c) Verduidelik die verwantskap tussen die gradiënt en die spoed van die rivier by A. (d) Gee ‘n rede waarom diagram A dié spesifieke vorm het. (e) In ’n paragraaf van ongeveer 8 reëls verduidelik die verskil tussen die middel en die benedeloop.

Page 3: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

3

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

(a) Identifiseer die dominante reliëfkenmerk waaroor die Oranjerivier vloei. (b) Identifiseer die drie stadiums van die Oranjerivier gemerk A, B en C. (c) Teken ‘n benoemde deursneeskets van die Oranjerivier by stadium A.

(b) Noem die oorheersende tipe erosie wat geassossieer word met jou skets in vraag 7 (c).

(e) Noem die Oranjeriviersytak wat as D aangetoon word. (f) Waarom word daar na die Oranjerivier as ‘n eksotiese rivier in sy benedeloop, verwys? (g) Die bou van die Gariepdam (E) het die volume en spoed van die water se vloei deur stadiums B en C van die Oranjerivier verminder. Watter impak het dit op menslike aktiwiteite.

Page 4: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

4

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Taak 2. Dreineerpatrone, Dreineerdigtheid en Stroomorde. (Bl. 126 – 132) 1. Kyk na die sketse hieronder en benoem die rivierpatrone A – G. Beskryf hoe

elkeen vloei en verduidelik ook hoe die onderliggende strukture van elkeen lyk.

A B C

D E F

G

Page 5: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

5

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

2. Wat is dreineerdigtheid?

3. Hoe lyk die formule vir dreineerdigtheid?

4. Beskryf hoe die volgende faktore die dreineerdigtheid van ‘n gebied kan

beïnvloed:

(a) Gesteentetipe en grondsoorte. (b) Klimaat van gebied. (c) Plantegroei 5. Wat is stroomorde? 6. Hoe word die stroomorde van ʼn rivier bepaal?

7. Gee die wette van stroomordes wat die verband tussen die stroomorde en faktore soos gradiënt, aantal strome, stroomlengte en die grootte van die dreineerbekken toon. 8. Wat is ‘n rivierafloop. 9. Kyk na die twee sketse hier onder en benoem die tipe stroomvloei wat deur A en B voorgestel word. Verduidelik ook hoe die vloei by elkeen plaasvind.

Page 6: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

6

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Taak 3. Die rivierprofiele en stadiums van ‘n rivier. (136 – 140)

1. Wat is ʼn dwarsprofiel?

2. Wat is ʼn lengteprofiel?

3. Kyk na figuur 3.1 en beantwoord die volgende vrae oor ʼn lengteprofiel van ʼn

rivier:

(a) Wat is ‘n tydelike erosiebasis? (b) Noem ‘n paar voorbeelde van tydelike erosiebasisse. (c) Wat is die permanente erosiebasis? (d) Wat is die verskil tussen (a) gegradeerde stroom en (b) ʼn ongegradeerde

stroom? (e) Wat is ‘n knakpunt/knikpunt? (f) Wat is verjonging? (g) Beskryf die VYF oorsake wat ‘n veranderring in die permanente erosiebasis (verjonging) kan veroorsaak. (h) Noem die verskillende landvorme wat kan ontstaan na verjonging. (i) Wat stel die stippellyn op die skets voor? (j) Beskryf die profiel van die landvorm genoem in vraag 3 (i). (k) Wanneer sal so ‘n profiel soos genoem in vraag 3 (i) ontstaan?

Figuur 3.1 Lengteprofiel van ʼn rivierstelsel.

4. Kyk na figuur 3.2 wat ‘n lengteprofiel van ʼn rivier voorstel en beantwoord die

volgende vrae:

(a) Benoem die fases van die rivier gemerk A, B en C. (b) In kolom vorm gee die verskille tussen die drie fases van ‘n rivier. Verwys na die volgende: vorm van vallei, stroomvloei, afsetting en erosie, tipe sytakke, waterskeidings, stroomversnellings, afloop en riviervrag.

Page 7: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

7

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

A B C

Page 8: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

8

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Taak 4. Fluviale landvorme. (Bl. 141 – 150)

1. Wat is ʼn vloedvlakte en hoekom is die grond so vrugbaar?

2. By watter fase van die rivier kry ons vloedvlaktes?

3. Kyk na figuur 4.1 en benoem die tipe landvorme in ‘n vloedvlakte gemerk A - G.

4. Kyk na figuur 4.1 en teken ʼn dwarsdeursnit van X na Y. Benoem oewer X en Y.

Dui ook aan by watter oewer daar erosie plaasvind en by watter oewer daar

afsetting plaasvind.

Figuur 4.1 Vloedvlakte

5. Beskryf hoe die volgende landvorme lyk en hoe hulle ontstaan.

(a) Delta (b) Vlegstroom (c) Hoefystermeer / Meander merk. (d) Stroomversnelling (e) waterval (f) alluviale waaier (g) Canyon of ravyn (h) levees/oewerwalle (i) kolkgate

6. Benoem die volgende delta landvorme gemerk A – D.

Page 9: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

9

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Taak 5. Stroomroof. (Bl. 151 – 152)

1. Verwys na FIGUUR 5.1 op die aangehegte BYLAE, wat verskillende eienskappe

van stroomroof aandui. Gee EEN woord/term vir elk van die volgende

beskrywings.

(a) 'n Stroom wat die water van 'n ander stroom onderskep. (b) 'n Stroom waarvan die bolope onderskep is. (c) 'n Stroom wat kleiner is as die vallei waardeur dit vloei. (d) Die punt waar 'n energieke stroom die water van die ander stroom onderskep. (e) 'n Droë vallei waar geen stroom meer vloei nie.

Figuur 5.1 Stroomroof.

2. Verwys na FIGUUR 5.2 wat stroomroof illustreer en beantwoord die volgende

vrae:

(a) Definieer die term stroomroof. (b) Rivier C is by aktiewe terugwaartse erosie betrokke. (i) Wat beteken terugwaartse erosie? (ii) Gee 'n moontlike rede waarom terugwaartse erosie plaasvind. (c) Sal stroomroof 'n invloed hê op die vloei-kenmerke van rivier B by sy oorsprong? (d) Noem die verskynsels gemerk D en E wat ontstaan as gevolg van stroomroof. (e) Stroomroof bring veranderinge in beide rower- en geroofde strome mee. Verduidelik sommige van die fisiese veranderinge wat in die rower- en geroofde strome onderskeidelik sal voorkom.

Page 10: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

10

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Figuur 5.2 Stroomroof van twee riviere,

3. Verwys na FIGUUR 5.3 wat die proses van stroomroof illustreer en beantwoord

die volgende vrae.

Figuur 5.3 Die proses van stroomroof.

Page 11: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

11

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

(a) Vergelyk die hoogtes van riviere A en B. (b) Waarom is die hoogteverskil, waarna in VRAAG 3. (a) verwys word, noodsaaklik vir stroomroof om voor te kom? (c) Wat word verskynsel D genoem? (d) Beskryf TWEE veranderinge wat in rivier C plaasgevind het nadat

stroomroof voorgekom het. (e) Verduidelik waarom 'n mens kan sê dat die benedeloop van rivier B verjonging ondergaan het nadat stroomroof voorgekom het.

4. Verwys na FIGUUR 5.4 wat 'n rivierbekken toon.

(a) Noem die tipe rivier gemerk A. (b) Bepaal die stroomorde by B. (c) Verduidelik hoe die beboste gebied die stroomafloop sal beïnvloed. (d) Identifiseer die dreineerpatroon sigbaar in die gebied genaamd Cap Mountains. Stroomroof het by punt C voorgekom. (e) Verduidelik die konsep roofelmboog. (f) Stel TWEE eienskappe voor wat die Ronrivier sal hê om ʼn ander rivier te

kon beroof. (g) Watter impak het stroomroof op nedersetting D wat langs die verarmde rivier voorkom?

Page 12: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

12

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

5. Verwys na die proses van stroomroof in FIGUUR 5.5.

Figuur 5.5 Stroomroof

(a) Noem die tipe erosie wat by A plaasvind. (b) Verduidelik die term rowerstroom/roofstroom. (c) Watter een, rivier X of rivier Y, is die rowerstroom? (d) Gee TWEE moontlike redes waarom rivier X 'n hoër erosiekrag het. (e) Wat het by B met die rivier gebeur en wat noem ons hierdie gebied? (f) Skryf 'n paragraaf waarin jy die fisiese en ekonomiese impak van stroomroof op die geroofde stroom ontleed. 6. FIGUUR 5.6 illustreer die konsep van stroomroof.

(a) Noem TWEE faktor wat daartoe aanleiding kon gee dat die Bergrivier deur die waterskeiding kon erodeer om die Kortrivier te roof. (b) Noem TWEE kenmerke van stroomroof wat by punt X kan ontwikkel. (c) Waarom word daar na die onthoofde stroom (Kortrivier), in skets B, as 'n verarmde stroom verwys? (d) Noem TWEE gevolge wat stroomroof op die rower-stroom (Bergrivier) in skets B het. (e) Skryf 'n enkele paragraaf waarin jy ʼn gedetailleerde verslag gee van hoe

stroomroof menslike aktiwiteite langs die Kort- en Bergriviere onder- skeidelik beïnvloed.

Page 13: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

13

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Taak 6. Geërfde en Antesedente dreineerpatrone. (Bl. 153 – 154)

1. Verwys na FIGUUR 6.1.

(a) Identifiseer die tipe dreineringspatroon in diagram B.

(b) Gee ‘n moontlike rede vanaf diagram B om jou antwoord te staaf.

(c) Verskaf TWEE eienskappe van die rivier in diagram B.

(d) Behalwe vir die dreineringspatroon in FIGUUR 6.1 is daar nog ‘n dreineringspatroon naamlik die geërfde dreineringspatroon. In ‘n paragraaf, verduidelik die vorming en eienskappe van ‘n geërfde dreineringpatroon.

Figuur 6.1 Antesedente dreineerpatroon.

Page 14: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

14

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Taak 7. Vloeihidrogram. (Notas)

1. Figuur 7.1a en b is ‘n hidrogram van die Zambezirivier, stroomaf van die

samevloeiing met die Shire-rivier by punt 6.

(a) Verskaf byskrifte A tot D soos dit op die hidrograaf gemerk is. (b) Verduidelik die verskil tussen lyne C en E. (c) Verduidelik hoe en wanneer die hidrogram sal verskil nadat ʼn tropiese

sikloon oor die noorde van Mosambiek getrek het. Figuur 7.1 a Zambezirivierbekken. Figuur 7.1 b Hidrogram van die Zambezi rivier.

Page 15: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

15

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

2. Wat word bedoel met die terme afvoer, vertragingstyd, kumek en deurvloei? 3. Verduidelik waarom 'n hidrograaf in 'n stedelike gebied steiler is as in 'n landelike gebied. 4. Waarom sal die vertragingstyd langer wees in 'n gebied met digte plantegroei?

Figuur 7.2 Die invloed van grondgebruik.

5. Figuur 7.3 toon vloedhidrogram vir strome in verskillende gebiede, maar

tydens dieselfde storm, aan.

Figuur 7.3 ʼn Hidrografiek vir twee verskillende gebiede.

(a) Soek drie verskille tussen die vorm van die twee hidrogram. Antwoord deur die volgende te skryf: Die hidrografiek vir die stadsgebied ........... maar die hidrografiek vir die landelike gebied .......... (b) Stel redes voor vir die verskille tussen die twee hidrogram.

Page 16: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

16

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

6. Bestudeer figuur 7.4 wat ʼn vloedhidrogram toon en beantwoord die volgende

vrae:

(a) Hoeveel uur lank het dit gereën. (b) Hoeveel uur lank was die rivier in vloed? (c) Ongeveer hoe lank was die vertragingstyd? Figuur 7.4 ʼn Vloedhidrogram. Figuur 7.4 ‘n Vloeihidrogram.

Page 17: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

17

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Taak 8. Opvangsgebiede- en rivierbestuur. (Bl. 158 – 159)

1. Bespreek SES redes waarom die bestuur van dreineerbekkens en opvang- gebiede belangrik is. 2. Bespreek NEGE impakte wat mense op dreineerbekkens en opvangsgebiede kan hê.

3. Verwys na FIGUUR 8.1 wat 'n spotprent oor rivierbesoedeling is.

Figuur 8.1 Rivierbesoedeling

(a) Noem TWEE wyses waarop 'n stedelike gebied tot die besoedeling van riviere bydra. (b) Stel TWEE maatreëls voor wat ingestel kan word om waterbesoedeling vanaf stedelike gebiede te verminder. (c) Beskryf SES maniere hoe menslike aktiwiteite ʼn negatiewe invloed op

riviere het.

4. Ten einde 'n opvanggebied te bestuur, moet die hele gebied wat deur die rivier

gedreineer word, die sytakke ingesluit, in ag geneem word. Wat stroomop in

die sytakke gebeur, sal die rivier stroomaf beïnvloed. Bewaring van die hele

dreineerbekken moet volhoubaar wees sodat komende geslagte voordeel uit

die waterstelsel en die gepaardgaande ekosisteme kan put.

Met verwysing na FIGUUR 8.2, skryf SES maatreëls wat ingestel kan word om

die dreineerbekken in FIGUUR 8.2 te herstel sodat dit weer 'n volhoubare

eenheid kan word.

Page 18: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

18

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

Page 19: GEOMORFOLOGIE...3 H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels 7. Verwys na FIGUUR 1.3, ‘n kaart wat die bo-aansig van die Oranjerivier, van oorsprong tot monding toon.

19

H/S Zwartkop Graad 12 - Geomorfologie Dreineerstelsels

5. Bestudeer FIGUUR 8.3 gebaseer op fluviale prosesse en dreineerbekkens. Na hewige neerslag in hierdie dreineerbekken sal die rivier nie onmiddellik sy afvoerpiek bereik nie. Hierdie verskil in tyd tussen die neerslagpiek en die afvoerpiek, staan as tydsverloop (vertragingstyd) bekend. (a) Identifiseer die dreineerpatrone by D en E onderskeidelik. (b) Gee EEN voorbeeld van 'n natuurverskynsel wat die rivier se afvoer sal verhinder. (c) Gee EEN voorbeeld van 'n mensgemaakte verskynsel wat die rivier se afvoer sal verhinder. (d) Stel TWEE positiewe uitwerkinge voor wat die bladwisselende woud (bos) moontlik op die opvangsgebied kan hê. (e) Verduidelik waarom daar 'n tydsverloop (vertragingstyd) tussen neer-

slagpiek en afvoerpiek is. (f) Waar, by stasie A of stasie B, sal die tydsverloop (vertragingstyd) langer wees? Verduidelik jou antwoord op VRAAG 5. (f)