EKURHULENI NOORD DISTRIK LEWENSWETENSKAPPE … · Die embrio word ingeplant in die uteruswand. ‘n...

15
Lewenswetenskappe Graad 12 Junie Eksamen 2018 1 EKURHULENI NOORD DISTRIK LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN 2018 PUNTE: 150 TYD: 2½ UUR INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. Beantwoord AL die vrae. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. Begin die antwoorde van elke vraag bo-aan 'n NUWE bladsy. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink. Teken diagramme of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. MOENIE grafiekpapier gebruik nie. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. Skryf netjies en leesbaar. Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye

Transcript of EKURHULENI NOORD DISTRIK LEWENSWETENSKAPPE … · Die embrio word ingeplant in die uteruswand. ‘n...

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie Eksamen 2018

1

EKURHULENI NOORD DISTRIK LEWENSWETENSKAPPE

GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN 2018

PUNTE: 150 TYD: 2½ UUR INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.

Beantwoord AL die vrae. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. Begin die antwoorde van elke vraag bo-aan 'n NUWE bladsy. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink. Teken diagramme of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. MOENIE grafiekpapier gebruik nie. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

2

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1.1 Hieronder is ‘n lys van die gebeure wat volg op bevrugting by die

mens.

1

2 3 4

Die embrio word ingeplant in die uteruswand. ‘n Sigoot word in die fallopiusbuis gevorm. Seldeling vind plaas om ‘n bal van honderde selle te vorm. Die blastosist bly vir ‘n paar dae vry in die uterus.

Watter EEN van die volgende verteenwoordig die korrekte volgorde waarin die gebeure hierbo plaasvind?

A B C D

2,3,4,1 2,1,3,4 3,2,4,1 1,3,2,4

1.1.2 Die beheersentrum in die liggaam wat geaktiveer sal word

wanneer ‘n atleet ontwater is, is die...

A

B C D

serebellum serebrum corpus callosum pituitêre klier

1.1.3 Die resultaat van meiose in ‘n diploïede sel is:

A

B C D

vier identiese gamete. vier haploïede gamete. twee verskillende diploïede gamete. vier gamete met dieselfde getal chromosome as die ouersel.

1.1.4 ‘n Genetikus dui aan n swanger vrou dat sy n eweredige kans het

om aan die A-tipe of AB-tipe bloedgroep behoort. Dit beteken dat die genotipe van haar en haar man die volgende behoort te wees:

A

B C D

IAIA en IBi

IAIB en IBi

IAi en IBIB

IAIB en IAi

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

3

1.1.5 Watter EEN van die volgende verwys na ontwikkeling by party

voëls waar die eiers buite die liggaam uitbroei en die pasgebore voëltjies onbeweeglik en totaal afhanklik van hul ouers is?

A

B C D

Vivipari en altrisiële ontwikkeling. Ovipari en altrisiële ontwikkeling. Vivipari en vroegselfstandige/ prekosiale ontwikkeling. Ovipari en vroegselfstandige / prekosiale ontwikkeling.

A B C D

hierdie gedeelte van nuleïnsuur vir ‘n ketting met agt aminosure sal kodeer. die volgorde gegee, komplimentêr sal wees aan die volgorde C T C G T G C T T. die nukleïensuur getoon, die suiker ribose bevat. die nuleïensuur getoon, is DNA.

1.1.6 Die volgende data verteenwoordig ‘n klein gedeelte van die volgorde van nukleïensuurbasis van ‘n diersel:

A G C U C G U U Van hierdie data kan met redelike sekerheid afgelei word dat...

1.1.7 Watter EEN van die volgende gebeur wanneer jy op ‘n helder sonnige dag lees en dan opkyk na ‘n berg in die verte?

A B C D

Die pupille vergroot. Die silliêre spiere ontspan. Die lens word meer konveks. Die radiale spiere van die iris trek saam.

1.1.8 Watter EEN van die volgende hormone word in oormaat saam met adrenalien afgeskei in die situasie soos hieronder geïllustreer?

A B C D

Insulien Testosteroon Tiroksien ADH

(2x8) (16)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

4

1.2.1

1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 1.2.6 1.2.7 1.2.8

Die vergroting van die interne deursnee van bloedvate sodat meer bloed kan vloei. Die veselagtige uitlopers van ‘n neuron wat die senuwee-impuls na die selliggaam van dieselfde neuron vervoer. ‘n Siekte waar die hormonale beheer van bloedglukose gebrekkig is as gevolg van ‘n tekort aan insulien. Moomeer van ‘n proteïen. Die deel van die brein wat spiertonus, balans en ewewig handhaaf. Die verbinding tussen aminosure in ‘n proteïen. Die organel in ‘n sel waarop proteïensintese plaasvind. Die onvermoë van een of meer chromosome om tydens meiose te skei.

(8)

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B,

BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.8) in die ANTWOORDBOEK.

KOLOM I KOLOM II

1.3.1 Die aantal chromosome in ‘n normale mens se liggaam.

A B

23 chromosome 46 chromosome

1.3.2 Beïnvloed die oorerflikheid van bloedgroepe.

A B

Kodominansie Veelvoudige dominansie

1.3.3 Hormoon wat deur die pituïtêre klier / hipofise afgeskei word.

A B

Aldosteroon FSH

1.3.4 Die struktuur wat susterchromatiede verbind.

A B

Sentromeer Sentriool

1.3.5 ‘n Hol bol selle waarin bevrugte ovum ontwikkel.

A B

Chorion Amnion

1.3.6 Fase waar chromatiedes na teenoorgestelde pole getrek word.

A B

Anafase I Anafase II

1.3.7 ‘n Skielike verandering in die volgorde van die stikstofbasisse in DNA/DNS.

A B

Translasie Transkripsie

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8).

(7 x 2) (14)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

5

1.4 Bestudeer die diagram van die manlike geslagstelsel hieronder:

.

1.4.1 Skryf die LETTER (A tot G) en NAAM van die volgende neer:

1.4.2 Noem die manlike hormoon wat verantwoordelik is vir die

ontwikkeling van sekondêre geslagskenmerke gedurende puberteit.

(2)

1.4.3 Skryf die LETTER (A tot G) van die volgende neer:

TOTAAL AFDELING A: 50

(a)

(b) (c)

Die deel waar meiose plaasvind. Die deel wat semen en urine na buite die liggaam vervoer. Die deel waar onvolwasse spermselle gestoor word.

(2)

(2) (2)

(a)

(b)

Die deel waar die hormoon genoem in VRAAG 1.4.2 geproduseer word. Die deel wat chirugies deurgesny word gedurende manlike sterilisasie.

(2)

(2) (12)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

6

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Die diagramme hieronder toon selle wat gedurende meiose verdeel.

2.1.1 2.1.2 2.1.3 2.1.4

Gee die name van die dele genommer B, D, en E. Hoeveel chromosome het Sel 3? Verduidelik of Sel 3 N of 2N is. Verduidelik TWEE rede waarom meiose belangrik is.

(3) (1) (2) (4) (10)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

7

2.2 In ertjies is ronde saadvorm (R) dominant oor gerimpelde saadvorm (r) en

geel saadkleur (Y) is dominant oor groen saadkleur (y). ‘n Ertjieplant wat

homosigoties is vir rondesaad en groen saadkleur het, word gekruis met ‘n

ertjieplant wat heterosigotiese ronde saadvorm en heterosigotiese geel

saadkleur het. Die kruising word in ‘n punnet-diagram hieronder voorgestel:

2.2.1 Wat is die persentasie kans dat die nageslag.......sal wees?

2.2.2 Gee die gamete wat aan die volgende nageslag oorsprong gegee het:

2.2.3 Gee die fenotipe van nageslag Rryy. (1)

(6)

fenotipe verhouding van die nakomelinge van hierdie kruising.

(a)

(b)

Homosigoties vir ronde saad. Heterosigoties vir beide saadvorm en kleur.

(1)

(1)

(a)

(b)

RRyy

RrYy

(1)

(2)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

8

2.3 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg:

2.3.1 Identifiseer strukture B, C en E. (3)

2.3.2 Noem en beskryf die fase van proteïensintese wat by struktuur F

plaasvind.

(7)

(10)

Proses A

Organel A

Vormende molekule E

Molekule C

Struktuur D

Proses F

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

9

2.4

‘n Wetenskaplike het eksperimente uitgevoer om vas te stel of ‘n vasektomie (knip van die manlike vas deferens) enige invloed op die produksie van testosteroon het.

Hy het twaalf volwasse Reuse Afrika-rotmannetjies in drie groepe verdeel. ‘n Vasektomie is op die regter testis van die rotte in Groep 1 en 2 uitgevoer. Na 6 en 8 weke is die rotte se bloed getoets om testosteroonvlakke te bepaal. Seminale vloeistof is uit altwee testes geneem en ge-analiseer. Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.

RESULATE NA 6 EN 8 WEKE GENEEM

Groep Behandeling Aantal weke tussen

vasektomie en toetsing

Gewig van testis (g)

Spermtelling (x 106/ml)

Beweeglikheid

van sperme

%

Testos teroon

vlak (ng/ml)

R testis

L testis

R testis

L testis

1 Vasektomie op regter testis gedoen

8 weke 1.75 2.26 0.25 0.35 22 0.65

2 Vasektomie op regter testis gedoen

6 weke 2.53 3.22 7.2 14.1 19 1.1

3 Onbehandeld 8 weke 5.51 5.35 71.0 68.2 83 1.4

(Bron: Makerere Medical School, Uganda 2013)

2.4.1 Formuleer ‘n moontlike hipotese vir hierdie ondersoek. (2) 2.4.2 Gee ‘n rede waarom rotte in Groep 3 onbehandeld is. (1) 2.4.3 Bereken die …

(a) verskil tusen die gewig van die linker testis van die rotte in Groep 1 en Groep 3. (2)

(b) persentasie afname in die spermtelling van die linker testis in Groep 1 en Groep 3. Toon alle bewerkings. (3)

2.4.4 Wat is ‘n moontlike rede vir die afname in vertiliteit van die onbehandelde

testes in groepe 1 en 2?. (2) 2.4.5 Noem TWEE maniere hoe die betroubaarheid van hierdie

ondersoek verbeter kan word. (2)

2.4.6 Verduidelik wat die negatiewe impak van ‘n vasektomie op ‘n man kan wees. (2) (14)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

10

VRAAG 3

3.1.1 Noem die prosesse wat plaasvind by:

3.1.2 Verduidelik die effek op die ovariale siklus wat hierbo getoon word indien ‘n voorbehoedmiddel wat progesteroon bevat, ingespuit word voordat die siklus begin.

(3)

3.1.3

Beskryf die veranderinge wat plaasvind onder die invloed van hormone vanaf 1 tot 2 op die diagram.

(4) (9)

3.1 Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van ‘n eiersel in ‘n vroulike ovarium. 2n en n verwys na chromosoomgetal (2n is diploïed en n is haploïed).

(a)

(b)

A

B

(1)

(1)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

11

3.2

Bestudeer die gegewe diagram en beantwoord die vrae wat volg:

3.2.1 Identifiseer dele A, B en D. (3)

3.2.2 Beskryf hoe die wisseling van nutriënte, afvalprodukte en

gasse tussen die fetus en die moeder sal plaasvind ten spyte van die feit dat die moeder se bloed nie met die fetus se bloed meng nie.

(3) (6)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

12

3.3 ‘n Ondersoek was uitgevoer om te bepaal wat die effek van ‘n rookgewoonte tydens swangerskap op die baba se gewig by geboorte sal wees. Babas wat gebore is met ‘n gewig van 2 499 g of minder, het ‘n lae geboortegewig. Die tabel hieronder vergelyk die persentasies van babas met ‘n lae geboortegewig wat gebore is by ‘n moeder wat gerook het tydens swangerskap met moeders wat nie gerook het tydens swangerskap nie in 2009.

GEBOORTEGEWIG (gram) PERSENTASIE VAN TOTALE GEBOORTES (%) IN 2009

MOERDERS WAT GEROOK HET MOEDERS WAT NIE GEROOK

HET NIE

<1 000 0,7 0,2

1 000 – 1 499 0,9 0,3

1 500 – 1 999 2,2 1,1

2 000 – 2 499 7,1 3,2

[Aangepas uit www.ainw.gov.au]

3.3.1 Teken ‘n histogram om die persentasie van geboortes by elke

gewigsgroep by moeders wat gerook het aan te dui.

(6)

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

13

3.4 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg:

3.4.1 Identifiseer gedeelte E. (1)

3.4.2 Terwyl hierdie eksamenvraestel beantwoord word, is sekere

veranderinge in die oog nodig sodat die letters kan fokus nadat jy na ‘n voorwerp (bv. ‘n muurhorlosie) omtrent 6 meter van jou tafel gekyk het. Wat word hierdie aanpassing van die oë genoem?

(1)

3.4.3 Identifiseer gedeeltes D en H in die diagram en verduidelik kortliks

die rol wat elke deel speel by die aanpassing van die oog soos verwys in VRAAG 3.4.2.

(4) (6)

Struktuur van die menslike oog

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

14

3.5 ‘n Ondersoek is gedoen om die refleks van pasgebore babas met die van prematuur babas (vroeggebore, voor voltermyn) te vergelyk. ‘n Baba se kanse op oorlewing word deur ‘n dokter geëvalueer en met die Apgar telling aangedui. Die kriteria vir hiedie toets sluit hartklop, asemhaling, spiertoon, kleur en reflekse in. Die volgende reflekse word getoets: die palm-greep, suig en sluk, beweeg kop in rigting van aanraking op wang en die looprefleks. In ‘n Amerikaanse hospitaal is data van 1500 babas oor twee jaar bymekaar gemaak en vereenvoudig, dit word in die onderstaande tabel aangedui.

Swangeskap periode. /

Gebore op (weke)

Aantal babas

Refeks-tyd van palm

greep (sekondes)

Gemiddelde Apgar telling

(uit 10)

24 334 4,7 4.1

28 271 3,8 5.2

32 304 3,4 5.4

36 331 2,3 7.6

38 337 1,9 8.9

3.5.1 Noem die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1) 3.5.2 Maak ‘n gevolgtrekking uit die data en inligting hierbo. (2)

3.5.3 Die palm-greep refleks word getoets wanneer die dokter sy vinger in die palm van die baba se hand plaas. Beskryf die pad van die refleks-aksie in die senuweestelsel van ‘n gesonde baba. (7)

3.5.4 Watter deel van die baba se brein beheer die volgende?

(a) Asemhaling en hartklop. (1) (b) Interpretasie van gehoor, sig en reuk. (1) (c) Vinnige groei van die baba. (1)

(13)

TOTAAL AFDELING B: 80

Lewenswetenskappe Graad 12 Junie 2018

15

AFDELING C VRAAG 4

4.1 Karabo het in die woestyn geloop, sonder water, vir twee dae, toe sy skielik ‘n geluid agter haar hoor. Sy het haar kop gedraai en sien toe ‘n slang wat in haar rigting beweeg. Sy het bang geword, omgedraai en weggehardloop. Terwyl sy besig was om te hardloop, het sy gestruikel en geval. Beskryf hoe haar liggaam gedurende die twee dae waterinhoud gereguleer het en bekskryf hoe haar balans herstel sou word, nadat sy geval het.

Inhoud Sintese

17) (3)

LET OP: GEEN punte sal gegee word vir antwoorde in die vorm van vloei diagramme, tabelle of diagramme nie.

TOTAAL VIR AFDELING C: 20

GROOTTOTAAL: 150