Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s...

8
Ekonomiese en markoorsig JUNIE 2020 Makro-ekonomiese oorsig SA: Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het sy rentekoers met 50 basispunte tot 3.75% verlaag. VK: In die VK het verbruikersvertroue in Mei 2020 effens teruggesak van -33 na -34 indekspunte, wat die laagste vlak sedert Februarie 2009 is. Japan: Ramings toon dat Japan se ekonomie in die eerste kwartaal van 2020 met 0.90% ingekrimp het, in vergelyking met die daling van 1.90% in die drie maande tot einde Desember 2019. VS: Verkope van enkelgesinbehuising het onverwags geklim na 0.60% m/m tot ‘n jaarlikse syfer van 623 duisend, meer as die verwagte val na 21.90%. Groot bewegings in aandele Groot stygings Persentasie- styging Groot dalings Persentasie- daling Hyprop Investments 21.27 Arrowhead Properties -42.68 Fortress REIT 18.12 Tsogo Sun Gaming -38.26 RDI REIT 14.58 SA Corporate Real Estate -24.07 Resilient REIT 13.10 Attacq -19.19 Sasol 13.00 Intu Properties -19.17 *Bewegings tussen 24 April 2020 en 25 Mei 2020. Bronne: PSG Wealth-navorsingspan, Bloomberg Markoorsig Aanwyser Maandelikse beweging Aanwyser Maandelikse beweging JSE Alle Aandele 1.12 S&P 500 4.18 JSE Top 40 1.66 Dow Jones Ind 2.90 USD/ZAR 7.50 Nasdaq 7.99 GBP/ZAR 8.79 FTSE 100 4.19 EUR/ZAR 6.91 Nikkei 7.68 ALBI soos op 31 Mei 2020 3.92 Hang Seng -3.69 ALBI 1-3 jaar soos 31 Mei 2020 4.09 VS 10-jaar staatseffekte opbrengs 10.00 ALBI 12+ jaar soos op 31 Mei 2020 1.80 VK 10-jaar prima effekte opbrengs -37.93 *Bewegings tussen 24 April 2020 en 25 Mei 2020. Bronne: PSG Wealth-navorsingspan, Bloomberg Ons beleggingstruikelblok vir die maand Hoe gaan markte oor vyf tot tien jaar lyk? Onderskeidende kenmerke van inansiële markte in 2020 sluit die terugkeer van onbestendigheid in, asook verskeie markgebeure soos die COVID-19-pandemie, die olieprysoorlog en afwaartse kredietgraderings. Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko’s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan Pask, PhD Hoofbeleggingsbeampte, PSG Wealth Junie 2020 Ons beleggingstruikelblok vir die maand – bl. 1 Groot bewegings in die aandelesektor – bl. 2 Makro-ekonomiese oorsig – bl. 1 Markoorsig – bl. 1 Bedryfsnuus – bl. 2 Groot bewegings in aandele – bl. 1 Die toekoms van internasionale inansiële markte – bl. 4 Gedruk op: 9 June 2020 4 van 15

Transcript of Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s...

Page 1: Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan

Ekonomiese en markoorsig

JUNIE 2020

Makro-ekonomiese oorsig

• SA: Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het sy rentekoers met 50 basispunte tot 3.75% verlaag.

• VK: In die VK het verbruikersvertroue in Mei 2020 effens teruggesak van -33 na -34 indekspunte, wat die laagste vlak sedert Februarie 2009 is.

• Japan: Ramings toon dat Japan se ekonomie in die eerste kwartaal van 2020 met 0.90% ingekrimp het, in vergelyking met die daling van 1.90% in die drie maande tot einde Desember 2019.

• VS: Verkope van enkelgesinbehuising het onverwags geklim na 0.60% m/m tot ‘n jaarlikse syfer van 623 duisend, meer as die verwagte val na 21.90%.

Groot bewegings in aandele

Groot stygingsPersentasie-

stygingGroot dalings

Persentasie-

daling

Hyprop Investments 21.27 Arrowhead Properties -42.68

Fortress REIT 18.12 Tsogo Sun Gaming -38.26

RDI REIT 14.58 SA Corporate Real Estate -24.07

Resilient REIT 13.10 Attacq -19.19

Sasol 13.00 Intu Properties -19.17

*Bewegings tussen 24 April 2020 en 25 Mei 2020.Bronne: PSG Wealth-navorsingspan, Bloomberg

Markoorsig

AanwyserMaandelikse beweging

AanwyserMaandelikse beweging

JSE Alle Aandele 1.12 S&P 500 4.18

JSE Top 40 1.66 Dow Jones Ind 2.90

USD/ZAR 7.50 Nasdaq 7.99

GBP/ZAR 8.79 FTSE 100 4.19

EUR/ZAR 6.91 Nikkei 7.68

ALBI soos op 31 Mei 2020 3.92 Hang Seng -3.69

ALBI 1-3 jaar soos 31 Mei 2020 4.09 VS 10-jaar staatseffekte opbrengs 10.00

ALBI 12+ jaar soos op 31 Mei 2020 1.80 VK 10-jaar prima effekte opbrengs -37.93

*Bewegings tussen 24 April 2020 en 25 Mei 2020.Bronne: PSG Wealth-navorsingspan, Bloomberg

Ons beleggingstruikelblok vir die maand

Hoe gaan markte oor vyf tot tien jaar lyk? Onderskeidende kenmerke van inansiële markte in 2020 sluit die terugkeer van onbestendigheid in, asook verskeie markgebeure soos die COVID-19-pandemie, die olieprysoorlog en afwaartse kredietgraderings. Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko’s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk.

Inhoud

Adriaan Pask, PhDHoofbeleggingsbeampte, PSG Wealth

Junie 2020

Ons beleggingstruikelblok vir die maand – bl. 1

Groot bewegings in die aandelesektor – bl. 2

Makro-ekonomiese oorsig – bl. 1

Markoorsig – bl. 1

Bedryfsnuus – bl. 2

Groot bewegings in aandele – bl. 1

Die toekoms van internasionale inansiële markte – bl. 4

Gedruk op: 9 June 2020 4 van 15

Page 2: Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan

JUNIE 2020

Bedryfsnuus

SA huishoudings se netto welvaart herstel met 60% sedert April

Optimisme onder beleggers dat die internasionale inansiële markte vinnig sal herstel wanneer ekonomieë begin heropen, het gelei tot ’n herstel van 60% in SA huishoudings se netto waarde sedert einde April. Die herstel kan ook toegeskryf word aan hoop dat ’n COVID-19-entstof voor die einde van die jaar gevind sal word, groter staatsondersteuning vir huishoudings en ondernemings, asook bykomende stimuleringspakkette deur die groot sentrale banke. Indien dit egter nie gebeur nie, is die algemene konsensus onder ekonome dat die pryse van

risikobates weer skerp kan daal en plaaslike huishoudings se batewaardes negatief kan beïnvloed. Beskikbare navorsing van die Nasionale Tesourie toon dat die netto waarde van Suid-Afrikaanse huishoudings in die eerste drie maande van die jaar met R828.2 miljard geval het. Die daling is gedryf deur die dalende waarde van pensioenfondse, wat belê is in aandele en effekte – wat in die eerste kwartaal met R427.6 miljard geval het, terwyl ander beleggings sowat R363.9 miljard aan waarde prysgegee het.

Groot bewegings in die aandelesektor

Die FTSE/JSE Indeks van Alle Aandele (JALSH) het tussen 24 April 2020 en 25 Mei 2020 ’n opbrengs van 1.12% aangeteken.

Basiese grondstowweGesondheidsorg Nywerheidsaandele Vaste eiendom

Verbruikersgoedere Telekommunikasiedienste Tegnologie Finansies

4.65%

2.12%3.05%1.35%

10.03%

3.61%

-4.39%-2.79%

Bron: Iress

Inhoud

Gedruk op: 9 June 2020 5 van 15

Page 3: Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan

JUNIE 2020

*Aantekening: Inligting hierbo verteenwoordig data wat tussen 24 April 2020 en 25 Mei 2020 vrygestel is.

Makro-ekonomieë oorsig (voortgesit)

SA: Suid-Afrika se Absa Aankoopbestuurdersindeks vir Vervaardiging het in April 2020 tot 46.1 gedaal vanaf 48.1 in die vorige maand. Hierdie syfer dui op die negende agtereenvolgende maand van inkrimping in fabrieksaktiwiteit, wat die uitwerking van die aanvanklike inperking van 21 dae weerspieël, waartydens maatskappye gedwing is om produksie op te skort.

VS: Die werkloosheidskoers het gespring na 14.70% in April 2020, die hoogste vlak van werkloosheid sedert die begin van die data reeks.

EU: Ekonomiese sentiment het in April 2020 met 74.7 punte gestyg teenoor die vorige maand.

Japan: Inlasie het tot 0.10% in April 2020 geval, die laagste vlak sedert November 2016.

Sjina: Nywerheidsproduksie het tot 3.90% geklim in April 2020, nadat dit met 1.10% in die vorige maand gedaal het.

Inhoud

Gedruk op: 9 June 2020 6 van 15

Page 4: Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan

JUNIE 2020

Onderskeidende kenmerke van inansiële markte in 2020 sluit die terugkeer van onbestendigheid in, asook verskeie markgebeure soos die COVID-19-pandemie, die olieprysoorlog en afwaartse kredietgraderings. Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko’s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk.

1. Effekte-opbrengste

Langertermyn-effektekoerse sal ’n belangrike rol speel in multibate-portefeuljes

Op grond van hul huidige goedkoop waardasies, sal Suid-Afrika se nominale effekte waarskynlik goeie opbrengste lewer oor die volgende drie tot vyf jaar. Data van die Nasionale Tesourie toon dat ons 10-jaarstaatseffek ’n reële koers van ongeveer 4.50% bied. Op een stadium gedurende die krisis het die koers tot 6% bo inlasie gestyg, wat ’n ongekende vlak is sedert inlasieteikens in 2000 ingestel is, en weer na die Wêreldwye Finansiële Krisis (WFK) in 2008. Dit weerspieël die onverdiende hoërisiko-premie wat by die plaaslike effektemark ingebou is en wat die negatiewe sentiment oor plaaslike bates aanvuur. Ons effektekoerse is ook hoër as dié in ander ontluikende markte, wat dikwels swakker kredietgraderings as ons s’n het. Daarom verwag ons, op grond van ons ontleding van langtermyn- billike waarde, dat plaaslike effekte reële opbrengste van ongeveer 4% per jaar sal lewer oor die volgende drie tot vyf jaar. Dit is aansienlik hoër as inlasie plus 2.5% wat oor die afgelope 15 jaar gegenereer is.

Die effekte van ontluikende markte en dié van ontwikkelde markte is tans aan teenoorgestelde kante van die spektrumData van die Nasionale Tesourie bevestig dat koerse op Suid-Afrikaanse 10-jaareffekte ’n groot gaping tussen SA en VS 10-jaareffekte skep. Die styging in plaaslike effektekoerse is ’n weerspieëling van wêreldwye onsekerheid, met ’n vinnige afverkoping van bates wat as riskant beskou word. Effektekoerse bied nou boonop goeie ondersteuning aan aandele as ’n bateklas, wat die afgelope tyd onder druk verkeer het. Terselfdertyd het die relatiewe aantreklikheid van effekte toegeneem in vergelyking met kontant, aangesien rentekoerse verlaag is om van die negatiewe impak van die dreigende resessie te versag.

2. Werkloosheid

Werkloosheidsyfers sal ’n lae basis bereik

Volgens Goldman Sachs kan werkloosheid in die VS ’n spits bereik op 25%, wat die droewige vlakke gedurende die Groot Depressie ewenaar. Die werkloosheidkoers het in April skerp gestyg tot 14.70%, terwyl die ekonomie gedurende die inperking meer as 20 miljoen poste verloor het. Ekonome by Goldman Sachs het hul raming vir die arbeidsmark van 15%

tot 25% afgegradeer “met die aanname dat meer werkers hul poste sal verloor en ’n groter persentasie van werkers as werkloos geklassiiseer sal word,” het die Wallstraatse bank in ’n onlangse verslag gesê.

Data toon dat die werkloosheidskoers gedurende die Groot Depressie in 1933 ’n spits bereik het op gemiddeld 24.9%. Die werklike werkloosheidskoers het in April skerp gestyg tot 22.80%, en Goldman Sachs het gemaan dat die koers op 35% ’n spits sal bereik, wat hoër is as verwagtings van 29%. Die bank verwag ook dat die werkloosheidsyfer teen die einde van vanjaar sowat 10% sal wees. Die voorspelling is dat werkloosheid in die VS teen einde 2021 bo 8% sal styg.

Plaaslik het die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid gewaarsku dat SA se werkloosheid selfs ’n spits van 50% kan bereik, veral weens die impak van die inperkings om die verspreiding van COVID-19 te beperk. Die Nasionale Tesourie verwag dat meer as 2.5 miljoen poste uitgewis kan word, en dat lone en salarisse met tot 30% kan val.

Ons verwag dat hierdie syfers oor die lang termyn sal normaliseer

Hoewel dit ’n paar jaar kan neem voordat die werkloosheidskoers tot vlakke voor die krisis herstel, verwag ons dat hierdie syfers oor die lang termyn sal normaliseer. Dit is ook belangrik om kennis te neem dat hierdie styging in werkloosheid nie net spesiiek in Suid-Afrika ’n probleem is nie, maar wêreldwyd.

3. Sakevertroue

Met die swak sentiment regoor die wêreld, is dit nie verbasend dat sakevertroue sedert die uitbreking van die wêreldwye gesondheidskrisis tot ongekende vlakke getuimel het nie. Ons verwag dat laer syfers weens die huidige omstandighede sal voortduur. Hier is die sakevertrouevlakke per streek.

• In die buiteland het die Amerikaanse NFIB Kleinsake-optimisme-indeks in April 2020 met 5.5 punte tot 90.9 teruggesak teenoor die vorige maand.

SA

77.8

90.9

-33

-1.81 -8-20

-40

20

40

60

80

100

0

VS UK EU Japan

Die toekoms van internasionale inansiële markte

Inhoud

Gedruk op: 9 June 2020 7 van 15

Page 5: Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan

JUNIE 2020

Graiek 1: Maksimum daling op die ALSI soos teen einde April 2020

Bron: PSG Wealth-navorsingspan Data soos op 30 April 2020

70%

60%

50%

40%

30%

20%

10%

0%

-10%

-20%

-30%

-40%

-50%1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020

Opbrengs Maksimum daling

JTD

7%

-10%-8% -9%

-10%

-3%

-11%-13%

-9%

-17%

-13%

-26%

-21%

-12%-14%

-5%

0%

-9%-11%

-14%

-10%-7%

-11%-10% -11%

-18%

-36%

0%

-46%

-23%

67%

28%

12%

22%

43%

38%

16%

29%

16%

23%

18%

8%

2%

17%

8%

-43%

-28%

-23%-24% -24%

• Vertroue onder Britse maatskappye het tot die laagste vlak nóg geval. Deloitte se jongste kwartaallikse opname onder inansiële hoofde waarsku dat slegs 16% van hierdie bestuurslui meer optimisties oor die toekoms vir hul maatskappy is in vergelyking met die vorige driemaandetydperk. Die opname het die laagste sakevertrouesyfer aangeteken sedert dit in 2007 bekend gestel is. Soortgelyk het sakevertroue in die Eurosone in April 2020 tot -1.81 teruggesak vanaf -0.28 punte in Maart.

• Asië was geen uitsondering nie. Die Bank van Japan se Tankan-indeks wat groot vervaardigers se sentiment meet, het in die eerste kwartaal van 2020 tot die laagste vlak in sewe jaar gedaal, naamlik -8 teenoor nul in die vorige tydperk, maar was nog steeds beter as markverwagtings van -10 punte.

4. Ontluikende markte

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) verwag dat ontluikende markte veerkragtiger sal wees as ontwikkelde markte

In die April 2020-uitgawe van die Wêreld- Ekonomiese Vooruitsig meld die IMF dat hy ’n wêreldwye resessie van

-3% in 2020 verwag. Die organisasie sê die kumulatiewe produksieverlies gedurende 2020 en 2021 saam kan sowat VS$9 triljoen beloop. Daar is egter goeie nuus vir ontluikende markte. Die IMF verwag ’n herstel van sowat 5.80% in wêreldwye BBP in 2021, wat gedryf sal word deur ontluikende markte soos China en Indië.

“Matige uitbreiding in die meeste ontluikende en ontwikkelde markte sal wêreldwye ekonomiese produksie help stabiliseer op ongeveer 3.60% in 2020 en daarna, wat die swakheid in groot ontwikkelde ekonomieë sal teenwerk,” volgens die IMF-verslag.

Die groei in die Chinese en Indiese ekonomieë sal die dryfkrag wees agter die wêreldwye herstel na 2020, volgens die IMF, wat voorspel dat ontluikende en ontwikkelende ekonomieë net onder 5% sal styg oor die medium termyn. Volgens die verslag sal die vooruitsig van ’n swakker Amerikaanse dollar en lae rentekoerse wêreldwyd groot sentrale banke van ontluikendemark-lande in staat stel om hul monetêre beleid meer aggressief te verslap. Die verwagting is dat ontluikende markte in die jare vorentoe sal herstel en moontlik die Amerikaanse aandelemark kan uitstof. Met laer kapitaalkoste sal privaatsektor-investering waarskynlik ook herstel.

Inhoud

Gedruk op: 9 June 2020 8 van 15

Page 6: Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan

JUNIE 2020

Graiek 2: Waardasies van die JSE Indeks van Alle Aandele het te midde van die laaste drie krisisse by ongeveer twee standaardafwykings van die gemiddelde gebly

5. Waardasies

Opbrengssyfers vir die ALSI oor die kort, medium en lang termyn

Graiek 2 illustreer die waardasies van die FTSE/JSE Indeks van Alle Aandele (ALSI) oor ’n tydperk van 18 jaar, met inagneming van die uitbreking van die SARS-coronavirus in 2003, die WFK in 2008 en die huidige COVID-19-pandemie. In elk van hierdie markskokke toon data van FactSet dat waardasies by ongeveer twee standaardafwykings van die gemiddelde

gebly het. Boonop was die langtermyn-opbrengste ná vorige markdalings uitstekend. Vanaf die mark se laagtepunt in April 2003, toe die ALSI teen ’n prys-tot-boek-verhouding (PB-verhouding) van 1.29x verhandel het, toon beskikbare data dat die daaropvolgende kumulatiewe vyfjaar-opbrengs meer as 300% was. In Februarie 2009, toe die mark ’n onderste draaipunt bereik het met ’n PB-verhouding van 1.46x ná die WFK, was die vyfjaar-opbrengs daarna 181%. Dit is ’n geannualiseerde opbrengs van sowat 22.90%. Op 31 Maart 2020 het die ALSI teen ’n PB-verhouding van 1.47x verhandel.

Waardasies op ongekende vlakke – mark nou die goedkoopste nóg

As ’n mens na PB-waardes kyk, het plaaslike aandele aan die begin van die jaar teen 1.7x verhandel, wat baie goedkoper is as hul historiese gemiddelde van 2.1x. Met ’n ontleding van historiese aandeelopbrengste vanaf hierdie waardasiepunt sedert 1980, toon Bloomberg-data dat beleggers ’n daaropvolgende vyfjaar-opbrengs van 22% per jaar gekry het. Huidige waardasies het beleggers nou reeds geposisioneer om bogemiddelde opbrengste te kry, op grond van die waarskynlike verspreiding van toekomstige opbrengste.

Met ’n ontleding van die bateklas se billike waarde oor die langer termyn, meld Bloomberg dat plaaslike aandele laer as hul langtermyn- billike waarde verhandel en die potensiaal het om reële opbrengste van sowat 8% per jaar oor die volgende vyf jaar te lewer. Hoewel ons nie kan voorspel wanneer hierdie ramings sal gebeur nie, leer die geskiedenis ons dat hulle

waarskynlik hul opwagting sal maak na so ’n lang tydperk van onderprestasie van aandele teenoor kontantopbrengste en teenoor die mark se eie geskiedenis.

Lae ekonomiese groei in ontluikende markte word veroorsaak deur die sterk dollar

Markonsekerheid het die afgelope paar maande toegeneem as gevolg van groter ekonomiese en politieke onsekerheid. Die wêreldwye gesondheidskrisis, politieke binnegevegte en hervorming wat stilstaan in Suid-Afrika, het alles bygedra tot die terugkeer van onsekerheid in die markte. Wanneer beleggers onseker is, is daar gewoonlik ’n uittog van kapitaal uit meer riskante bates, soos ontluikende markte, na veilige hawens soos die Amerikaanse dollar. Ondanks hierdie uitdagings kon aandele oor die afgelope 15 jaar nog steeds sowat 13% per jaar behaal, wat ons siening bevestig dat groeibates oor langer tydperke nog steeds waarde bied.

10 000

9 000

8 000

7 000

6 000

5 000

4 000

3 000

2 000

1 000

0

Totale opbrengs (links)

Jun

-02

Jan

-03

Au

g-0

3

Mrt

-04

Ok

t-0

4

Me

i-0

5

De

s-0

5

Jun

-06

Fe

b-0

7

Se

p-0

7

Ap

r-0

8

No

v-0

8

Jun

-09

Jan

-10

Au

g-1

0

Mrt

-11

Ok

t-1

1

Me

i-1

2

De

s-1

2

Jul-

13

Fe

b-1

4

Se

p-1

4

Ap

r-1

5

No

v-1

5

Jun

-16

Jan

-17

Au

g-1

7

Mrt

-18

Ok

t-1

8

Me

i-1

9

De

s-1

9

PB-verhouding (regs) Gemiddelde 1ste standaardafwyking 2de standaardafwyking

2.24

1.81

1.47

1.38

Bronne: FactSet, Denker Capital Data soos op 31 Maart 2020

Inhoud

Gedruk op: 9 June 2020 9 van 15

Page 7: Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan

JUNIE 2020

Graiek 3: 15-jaar totale opbrengste soos teen einde April 2020

Graiek 4: ALSI oor tydperk van 24 jaar

Nyw

erh

eid

To

p 4

0

ALSI

SW

IX A

LSI

Me

diu

mk

ap

ita

lisa

sie

Kle

ink

ap

ita

lisa

sie

Fin

an

sië

le

SA

PY

Hu

lpb

ron

ne

ALB

I

Ko

nta

nt

16.2

13 13 12.8 12.3

10.39.4 9.3 9.1

7.8 7.3

70 000

60 000

50 000

40 000

30 000

20 000

10 000

0

19

96

-01

-30

19

96

-06

-30

19

96

-11

-30

19

97

-04

-30

19

97

-09

-30

19

98

-02

-28

19

98

-07

-31

19

98

-12

-31

19

99

-05

-31

19

99

-10

-31

20

00

-03

-31

20

00

-08

-31

20

01

-01

-31

20

01

-06

-30

20

01

-11

-30

20

02

-04

-30

20

02

-09

-30

20

03

-02

-28

20

03

-07

-31

20

03

-12

-31

20

04

-05

-31

20

04

-10

-31

20

05

-03

-31

20

05

-08

-30

20

06

-01

-30

20

06

-06

-30

20

06

-11

-30

20

07

-04

-30

20

07

-09

-30

20

08

-02

-29

20

08

-07

-31

20

08

-12

-31

20

09

-05

-31

20

09

-10

-31

20

10

-03

-31

20

10

-08

-31

20

11

-01

-31

20

11

-06

-31

20

11

-11

-30

20

12

-04

-30

20

12

-09

-30

20

13

-02

-28

20

13

-07

-31

20

13

-12

-31

20

14

-05

-31

20

14

-10

-31

20

15

-03

-31

20

15

-08

-31

20

16

-01

-31

20

16

-06

-30

20

16

-11

-30

20

17

-04

-30

20

17

-09

-30

20

18

-02

-28

20

18

-07

-31

20

18

-12

-31

20

19

-05

-31

20

19

-10

-31

20

20

-03

-31

Dotcom-borrel in die VS 1995-2001

Asiese Finansiële Krisis 1997-1999

SARS virus

Wêreldwye Finansiële Krisis

H1N1 virus

Trump twiet “Ek is die Tariefman”

China-VS-handelsoorlog

Suid-Afrika verklaar inperking van 21 dae

COVID-19

Afgradering deur Moody’s

Bronne: FactSet, SBG Securities se ontleding

Bronne: Bloomberg, PSG Wealth-navorsingspan

Ons langtermynprojeksies neem altyd die risiko van markskokke in agWanneer die bewegings van die ALSI oor die afgelope 24 jaar gevolg word, kan ons sien hoe kortstondige wilde swaaie soortgelyk aan dié wat deur die wêreldwye pandemie

veroorsaak is, met verloop van tyd uitgestryk word. Dit toon dat alhoewel hierdie skerp korttermynskommelinge pynlik kan wees, hulle oor die lang termyn ’n onbeduidende invloed op die opwaartse trajek van beleggings het.

Inhoud

Gedruk op: 9 June 2020 10 van 15

Page 8: Ekonomiese en markoorsig...Terwyl die pad vorentoe uiters onseker is en aan beduidende daalrisiko s blootgestel is, bestudeer ons hoe markte oor vyf tot tien jaar kan lyk. Inhoud Adriaan

JUNIE 2020PSG Wealth inansiëlebeplanning (eiendoms beperk) is a gemagtigde inansiële-diensverskaffer. FDV 728

Vrywaring

Die opinies in hierdie dokument is dié van die skrywer en nie noodwendig die van PSG nie. Die inligting in hierdie dokument is algemene inligting. Dit is nie inansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie en

die maatskappye in die PSG Konsult Groep waarborg nie die geskiktheid of potensiële waarde daarvan nie. Aangesien individuele behoeftes en risikoproiele verskil, stel ons voor dat jy jou gekwaliiseerde inansiële

adviseur raadpleeg indien nodig. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde inansiële diensteverskaffer. RFD 728

Terugskouend het SA sy kwota uitdagings gehad oor die afgelope 15 jaar. Die WFK van 2008 en die COVID-19-pandemie het die grootste markinsinkings in die onlangse geskiedenis veroorsaak. Die impak van die sterk Amerikaanse dollar het ook massiewe druk op die ekonomieë van ontluikende markte en beleggings geplaas, en SA het dit nie vrygespring nie. Politieke woelinge in die land het ’n element van onsekerheid bygevoeg, wat ook geweldige druk op beide sake- en verbruikersvertroue geplaas het.

Desondanks kon die aandelemarkte daarin slaag om ’n opbrengs van 13% te behaal, soos graiek 3 toon. Dit is in ooreenstemming met ons vooruitskatting van inlasie plus

7% vir die tydperk vir hierdie bateklas. Dit illustreer waarom langtermynbelegging belangrik is, maar ook dat die aanname realisties bly, selfs met die wete dat verskeie uitdagings gedurende die beleggingstermyn ervaar sal word.

Fokus op die langtermyndoelwitSoos altyd is ons advies om nie op korttermyn ‘geraas’ en nuuslitse wat byna elke minuut deurkom te fokus nie. Beleggers moet onthou om op hul langtermynplanne te fokus. In die geheel beskou, is markonbestendigheid onlosmaaklik deel van enige volledige beleggingsiklus. Goeie beleggers verwag en berei hulle dus voor vir ’n sekere mate van onstuimigheid tydens die beleggingsreis.

Inhoud

Gedruk op: 9 June 2020 11 van 15