Dr Alberts se VSA Toer
Transcript of Dr Alberts se VSA Toer
1
Verslag
Aan Gemeenteraad en Gemeente
van Marble Hall
insake leraar se studietoer na die VSA
2
Verslag aan Gemeenteraad van Marble Hall
insake leraar se studietoer na die VSA
1. Doel van die verslag: Die doel van hierdie verslag is nie ‘n poging om idees of gebruike of bedieningspraktyke wat in Amerika goed werk en my beindruk het te bepleit vir implementering in ons gemeente nie. Ek dink die belangrikste rede vir verslaggewing aan die raad en aan die gemeente is: 1.1 Dat julle ‘n idee kan kry van die geweldige omvang en wye
spektrum van blootstelling wat ons gehad het, die akademiese gehalte van insette maar ook insig in die praktyk van gemeentes by wie ons baie kon leer. Hierdie toer was in geheel een van die beste en belangrikste leerervarings van my lewe. Die besondere finansiële bydrae wat julle gemaak het is wat my betref geld wat baie goed spandeer is. Ek is persoonlik vernuwe in my denke oor belangrike vraagstukke en uitdagings in die bediening. Ek is ook bemoedig en versterk wanneer ek kon agter kom dat dinge waarmee ons in Marble Hall begin het in lyn is met beginsels wat groei en effektwiteit in ander kerke meebring. Ons is eintlik nog in die wegspringblokke en dit was ‘n voorreg om te sien wat die potensiaal en moontlikhede kan wees as ons volhard.
1.2 Terugploeg uit die leerervarings: Daar is wel ‘n aantal sake wat vir my so noodsaaklik en toepaslik vir ons gemeente is dat ek dit graag aan julle wil meedeel vir ernstige gebed en oorweging. Dit beteken nie nuwe planne of programme nie. Dalk eerder ‘n nuwe manier van dink en leef, nuwe vitaliteit vir die bestaande bedieninge wat gaandeweg van grondvlak af kan oorweeg om uit te brei op grond van skriftuurlike waardes en beginsels wat in praktyk met sukses getoets is.
3
1.3 Persoonlike vernuwing: Ek kan nie weer dieselfdse mens as voorheen wees nie. Die Heilige Gees het in my gees nuwe passie en insig gebring wat ek nie net begrip voor vra nie. Ek vra bietjie openheid en gebed van julle kant af: Vra Die Heilige Gees wat Hy met ons as ‘n span leiers en gemeente vorentoe wil doen en wat Hy met jou persoonlik vorentoe wil doen na aanleiding van die sake wat ons gaan bespreek.
4
2. Omvang van blootstelling: Ons het 36 afsprake gehad, meeste is kerke wat by elke afspraak ‘n aantal insette gemaak het. Ander is lesings by universiteite (Fuller Theological Seminary in Pasadena California, Princeton University en Calvin Seminary in Grand Rapids) Ek noem die afsprake min of meer chronologies soos dit plaasgevind het en lys net waaroor dit gegaan het: 2.1 North Avenue Presbyterian Church, Atlanta:
9 gesprekke vind plaas: (14 persone bied dit aan) Rev Jeff Meyers oor basisfilosofie van gemeente Roxie Chess oor koördinering van bedienige in een geheel Roger Young oor administrasie van die gemeente Jessica Dart en Roxie Chess oor kinder en familiebediening Besoek “Atlanta Childrens Shelter” (kinderhuis)
5
Melinda Clark en Josh Schicker oor leierskap, prediking en aanbidding
Rev. Megan Johnson en Rev. Frank Eldridge oor vroue, pastorale Sorg en klein groepe
Dan Lowery, Janie Hicks en Dr. Samuel Mwaniki oor kontekstuele evangelisasie
Cassandra Kirk oor bediening aan werkloses (“Street GRACE”)
2.2 Central Presbyterian Church, Atlanta: Dr. Stan Wood oor Sending, Kerkplanting en oplei van
leiers
Dr Steve de Claisse Walford oor die holistiese missionale kerke
Prof Thomas Long oor maniere om te preek (homeletiek) Dr Gary Charles oor hoe die gemeente geslaag het om nie
toe te maak nie in al minder residensiële omgewing.
6
2.3 North Point Community Church, Alpharetta
Lize Gore oor die visie en waardes van die kerk en veral jeugwerk
Besoek aan besondere fasiliteite vir jeugonderrig 2.4 Cancer Treatment Centres of America: Dr M Berry, Grand
Rapids, Michigan Dr Mike Berry oor die genesende waarde van vergifnis
2.5 Mars Hill Bible Church, Grand Rapids, Michigan
7
Eric Kuiper en nog twee persone verduidelik die verhaal en basisfilosofie van die kerk wat “te vinnig gegroei het” (in 15 jaar tot 20/25000 lidmate. Eerste sondag 15000!)
Woon erediens by Mars Hill by
2.6 Prof John Stewart en Dr Joel Carpenter, Grand Rapids, MI Prof John Stewart oor 5 essensies van Gemeente wees
Dr Joel Carpenter oor “Nagel institute for Study of World Christianity”
2.7 Youth Unlimited, grand Rapids, Michigan Bob de Jong, Jeff Kruithoff, Jan Boone, Dick Broene oor
Kalvinistiese Kadette
Kathryn Miller oor “Gems” klub vir dames en dogters
8
2.8 Guiding Light Mission rehabilitasiesentrum, Grand Rapids Stuart Ray oor die ontstaan
en werking van die sentrum Getuienisse tussen ons groep
en inwoners, eet saam 2.9 Calvin Seminary of the CRC, Grand Rapids, Michigan
Prof Ron Nydam oor vyf teorieë hoe om mense te verander of beïnvloed
Prof Ron Rienstra oor veranderinge in Liturgie/ eredienste 2.10 Calvary Christian Reformed Church, Holland, Michigan
Rev Frank Wevers oor missionale kerk wees
9
Joyce Johnson oor sendinguitreike Daniel Harris oor jeug Moses en Frank oor spanbenadering vir kreatiewe
voorbereiding van eredienste 2.11 Roseland Christian Ministry, Chicago, Illinois
Rev Joe Huizenga en Rev Tony van Zantan vertel die
verhaal van die projek wat die konteks van arm mense en kinders aanspreek
Besigtig fasiliteite 2.12 Willow Creek Community Church, naby Chicago, Illinois
Woon middelweek diens by
2.13 Shepherds Grove Church Woon Erediens by gelei
deur Rev Bobby Schuller (kleinseun van Dr Robert Schuller)
10
Dr James Kok en Glen oor verhaal van Crystal Cathedral
wat Shepherds Grove geword het 2.14 Forest Lawn Memorial Park en Museum, Glendale, California
Woon besigtiging en lesing/vertoning by oor “The Last Supper”, “the Crucifiction” (skildery 195 ft by 45 ft groot! bykans driekwart van rugbyveld) deur Jan Stryka en “The Ressurection” deur Robert Clark
2.15 Saddleback Community Church, Lake Forest, California Mark Carver en Bob Bradberry oor “PEACE PLAN” uitreik
Abraham Meulenberg oor “Purpose Driven Journey” Besigtig terrein, fasiliteite en Auditoriums
2.16 Fuller Theological Seminary, school of World Missions, Ca. Dr Ryan Bolger oor bereik van mense in veranderde
kulture 2.17 Fuller Theological Seminary School of Intercultural Studies
Dr Scott Sunquist oor verstaan van Christelike Sending
11
2.18 Fuller Theological Seminary, Pasadena: Dr Allan Hirsch Allan Hirsch bekende skrywer oor groeiende kerke
bespreek die 5 ampte in Ef. 4:7-11
2.19 Lake Avenue Congregational Church, Pasadena, Ca. Dr Roger Bosch oor Visie en bedieningsbeginsels Mayra Nolan oor gemeenskap uitreik bediening Jeff Madisage oor Studentebediening (jeug) Bill Mead oor volwassebediening Tsega Worku oor beradingsbediening
2.20 New City Church, Los Angeles, California
12
Past Kevin Haah oor verhaal van New City kerkplanting 2.21 Chase Oaks Church, Plano/Dallas North, Texas
Woon erediens by in Chase Oaks Jack Warren oor Visie en wyses
om dit te bereik Allen Loviness oor gr0 tot gr5 Jeug Claudia Mc Guire oor volwasse bediening Jean oor Lofprysing se DNA Jimmy Stanley oor finansies Jason Gray oor Jeug Jeff Jones, senior leraar maak ook kort inset
2.22 Prestonwood Baptist Church, Dallas, Texas Jarrett Stephens oor leierskap en prediking Josh Rolph bedieningsfilosofie met klem op missionaal
wees Clint Ivy oor Jeugbediening Mike Buster oor administrasie Jeff Young oor koördinering van bedieninge in ‘n geheel as
liggaam van Christus Charles Hebert oor Pastorale sorg en Klein groepe Matt Kendrick oor kontekstuele Evangelisasie
13
Besigtiging van gebou en fasiliteite
2.23 Dr K.L. Callahan, Nasionale Instituut vir kerkplanting en konsultant vir gemeentebou. Lesing by Prestonwood, Dallas Dr Callahan oor motiverende Bybelse beginsels wat groei
meebring
14
2.24 Nassau st Presbyterian Church, Princeton, New Jearsey Director of Music and Arts oor musiek vir die toekoms en
ontwikkeling van gemeenteliedere wat by eie identiteit pas Dr. Dave Davis oor gemeentebediening Joyce MacKichan Walker oor Adult Education en klein
groepe Corry Burg oor integrasie van eredienste met kinder en
gesinsbediening Terra Woodard oor kampusbediening en inkarnasie van
kerk in wêreld. 2.25 Witherspoon Presbyterian Church, Princeton, New Jersey
Rev Muriel Burrows vertel verhaal van Witherspoon en hoe sy uit Suid Afrika daar gekom het.
2.26 Prof. Kenda Dean, Princeton University Prof Kenda Dean oor haar navorsing tov Jeug en hoe om
hulle te bereik en behou.
15
2.27 Hopewell Methodist Church, Downingtown, Pennsylvania
16
Rev Steve Morton oor strategiese koers en doelwitte van gemeente
Kevin Dean oor “lessons learnt from South Africa” Besigtig terrein, fasiliteite en kleuterskool
2.28 National Cathedral, Washington, DC
17
Rev Richard Kukowski oor leraars en hulle opleiding Joey Rick oor kontekstuele kerk wees en klein groepe ens Iman Green oor Jeug en Families Jason Evans oor jong volwassenes
2.29 Dr Johann Bosman, Community Congregational Church Dr. Bosman oor kerkwees in korporatiewe omgewing
2.30 Prof Wentzel van Huyssteen, Princeton Theological Seminary Prof. W. Van Huyssteen oor Teologie en Wetenskap
2.31 Prof R.S. Armstrong, Princeton, NJ Prof. R.S. Armstrong oor evangelisasie
18
2.32 Prof. Craig Barnes, President Princeton Theological Seminary Prof. C. Barnes erediens bygewoon
2.33 Prof. Darrell Guder, Princeton Theological Seminary Prof. D. Guder oor Missionaal gemeente wees
2.34 Teen Challenge, Brooklyn, New York
Dave Wilkerson se niggie (“niece”) hou erediens
Lesing, besigtig fasiliteite en eet saam met inwoners
19
2.35 Fifth Avenue Presbyterian Church, Manhattan, New York Dr Scott Johnson oor geskiedenis en bediening in
gemeente Besigtig Fasiliteite en Auditoriums
2.36 Marble Collegiate Church, Manhattan, New York, waar Dr. Norman Vincent Peale baie jare leraar was (voorheen Dutch Reformed Church)
20
Dr Michael Brown oor geskiedenis, visie en bedieningsfilosofie
Rev Kirsty DePree oor gemeenteversorging (“Congregational Care”)
21
Brian Hampton oor jeugwerk Rev. Liz Testa oor kerk groei en gasvryheid (hospitality) Gayle Robinson oor beginsels vir administrasie Besigtig fasiliteite en Auditorium
22
3. Sake waaruit ons kan leer:
3.1 Identiteitvorming en waardes.
Ons kan ook praat van die DNA van die gemeente: Wie is ons, wat is ons doel, roeping en visie in die bepaalde konteks waarin Die Here ons geplaas het. Ek weet ons het reeds ‘n visie en dit hoef nooit verander te word nie, aangesien dit baie mooi Die Here se wens In Sy Woord aandui en die “fontein” metafoor spreek ons omgewing aan. Ons visie is in wese nogal baie dieselfde gedagtegang as ander wat ons gehoor en gesien het, byvoorbeeld North Avenue Presbyterean Church (Atlanta) het ‘n visie met trefwoorde: “WORSHIP, GROW, GO” En ons sê reeds in ons Marble Hall visie ons is God se fontein: Ons gaan Hom verheerlik (“worship”) mekaar versorg (“grow”) en almal om ons se dors les (“go”). Ek dink net ons moet sorg dat die visie ontwikkel tot lewensstyl wat ons persoonlike lewe en omgewing intensioneel en daadwerklik impakteer. Dit moet nooit ‘n mooi embleempie word wat ons gebou en briefhoofde versier en verder nie veel infloed het nie. Meeste van die gemeentes wat ons besoek het slaag daarin om die basisfilosofie (visie en missie) baie duidelik uit te leef in elke bediening of projek wat hulle aanpak. Die visie bepaal alles. Gewoonlik word naas ‘n treffende visie ‘n aantal waardes vermeld wat die praktiese maniere uitspel hoe die visie bereik gaan word (waarde gedrewe). Ek noem ‘n klomp voorbeelde van “Core Values” wat ons gehoor en beleef het. Ek vertaal in Afrikaans en sit soms Marble Hall se naam daar in, net om ons bietjie te laat dink aan maniere om van ons visie ook ‘n lewenswyse te maak: Ek noem hier baie voorbeelde maar ons moet nie meer as 10 sulke waardes hê nie! Hier is ‘n klompie: Radikale Gasvryheid: Interaksie met elke persoon behoort
die liefde van Jesus direk en persoonlik oor te dra. Eerste
23
besoekers moet vir ten minste 5 minute van aankoms op die hande gedra word deur opgeleide persone aangesien navorsing bewys het dat ‘n persoon wat vir die eerste keer ‘n diens bywoon binne 5 tot 10 minute reeds besluit of hy/sy weer dieselfde kerk sal besoek. Die ervaring gedurende die eerste 5 tot 10 minute is dus deurslaggewend. Waar moontlik moet die beste parkeerplek gereserveer word vir persone wat die eerste keer kerk bywoon. ‘n Mooi vlaggie kan dit doen. As hulle deur oopgaan is iemand daar met vriendelike verwelkoming, en inligting en selfs ‘n geskenkie of iets te drink. Sommige kerke het ‘n “welkom area” (hoef nie hele vertrek te wees nie) waar eerste besoekers kortliks ‘n verversinkie of inligting wat hulle benodig ontvang. Mense met kinders wil gewoonlik weet waarheen hulle kinders moet gaan vir kategese. Hierdie radikale gasvryheid is nie net iets wat eerste besoekers beleef nie, dit word die styl van elke gemeentelid (genoem familielede) in hulle interaksie met gesinne, vriende, medewerkers en gemeenskap. Leer lidmate om wanneer hulle iemand ontmoet te dink “hierdie persoon kan dalk my beste vriend word” en dan dienooreenkomstig op te tree. Dit kweek ‘n vriendelike gasvry ingesteldheid.
24
Passievolle Aanbidding: Eredienste se groot doel is om ons wonderlike Verlosser te prys en te verheerlik en sy teenwoordigheid te beleef en Sy Woord te verneem op wyses wat toeganklik vir die omgewing is. Aanbidding moet betekenisvol eerder as populêr probeer wees. Dit moet eerlik wys wie ons is en waarheen Die Here met ons op pad is. Ons spiritualiteit behoort die goeie van ons verlede te respekteer, die dinge wat Die Here nou doen en nog gaan doen feestelik te vier asook die wêreld liefdevol na Christus uit te nooi. Onthou dat dit wat Sondag gebeur die eerste stappie van kerk wees is. Ware kerk wees gebeur in die week! Elke aksie elke dag word ‘n geleentheid om God te verheerlik, nie net waar almal saam in ‘n gebou is nie!
Transformasionele Geloofsgroei: Onderrig mag nie net oordrag van kennis wees nie! Bybelstudies en Dissipelskap programme en kleingroepe se doel is transformasie en groei in ons lewe. Ons leer deur gesprekke, verantwoordbaarheid, onderlinge vertroue, gesonde verhoudinge, eerlikheid en openheid oor wat tussen ons en God en tussen mekaar gebeur. Die Woord bly die basis en die fokus is ons verhouding met God en met mekaar. Wanneer ons op hierdie basis as volglinge van Jesus groei en geestelik volwasse word, sal ons lewe gedurig ingrypend transformeer (“reformata reformans” beginsel) So tussen hakies, die gemeentes wat ons besoek het hou nooit op met onderrig aan mense omdat hulle belydenis van geloof aflê nie. Alle lidmate ontvang onderrig tot hulle oud is. Daar is gewoonlik ‘n verskeidenheid aktuele temas of bybelstudies wat aangebied word waaruit die volwassenes kies (“electicves”) en dit bywoon terwyl die kinders kategese bywoon. Soms vind dit op Woensdae plaas en as dit in kleingroepe plaasvind doen almal dit op
25
dieselfde dag terwille van gehaltebestuur (“As Christians develop faith, they become MORE teachable, not less ....” RR Osmer 1990)
Neem risikos wanneer ons uitreik en diens lewer: (“Risk Taking Missions and service”) Wanneer ons streef na behoorlike positiewe impak op ons omgewing om Die Here te verheerlik en te dien, aanvaar ons dat Die Here Sy dissipels na ongemaklike vreemde en onbekende plekke en situasies neem om Sy wil te kan nakom. Ons is gewillig om buite ons gemaksone fisies, emosioneel en geestelik uitgedaag te word om Jesus te volg. Ons is gewillig om buite gewone kerklike roetines en op plekke te beland wat ons nooit verwag het nie, as dit die prys is om Jesus te volg. Hy bepaal die konteks waar Sy fontein (Marble Hall gemeente) die dors van mense les en ons gaan dit waag om Hom daarheen te volg.
Gee oorvloedig: Ons wil die seëninge wat Die Here op ons uitgiet met ander deel op maniere wat alle verwagtings oorskry. Ons wil opofferend en onselfsugtig van ons tyd en talente gee. Ons glo ons moet meer gee as wat gemaklik is, dan kan ons op Die Here staat maak om ons volhoubaar te maak. Ons bydraes gaan verder as net gehoorsaamheid. Dit word geïnspireer deur die vreugde van gee met vryheid, soos God met vryheid vir ons gegee het.
Ons wil geken word aan ons dade en nie ons monde nie: (Die kerk het volgens Rick Warren amper soos ‘n liggaam geword waarvan die hande en voete ge-amputeer is, en al wat oorgebly het is een groot mond). Ons wil gaan leef wat ons bely, ons wil met dade van liefde getuig voordat ons met die mond getuig. Ons wil geken word aan egte aksies buite die gebou se mure, ons streef na interaksie met die gemeenskap wat bewys dat ons “die dors les van almal om ons”. Ons leef nie net vir onsself (na binne gerig) nie en wil
26
groei uit bekerings en nie net geboortes nie. Ons streef om te groei soos in Handelinge 2.
Ons hou dinge eenvoudig: Ons doen liewer ’n paar dinge goed as om te veel aan te pak wat nie werk nie. Als wat ons doen kan opgesom word as 1.Loof Die Here 2. Versorg mekaar 3. liefde na almal om ons Ons bereik dit deur: 1. Byeenkomste, 2. Groepe 3. Bedieninge
Almal in dieselfde boot (reis): Ons is almal op ‘n reis van transformasie. Ons vier elke bietjie momentum en beweging eerder as om die heel tyd te vergelyk met die einddoel. Ons inspireer deur genade eerder as met beskuldigings.
Ons boikot boikotte: Ons word geken aan dit waarvoor ons staan en nie aan dit waarteen ons is nie. Ons wil liefde bring en nie mense veroordeel nie.
Hierdie is nie ons partytjie nie: Hierdie gemeente dien Die Here en het die voorreg om die gaste wat Hy daar wil hê te nooi. Ons ontwerp ons omgewing/s nie net toepaslik vir onsself nie, maar ook vir hulle wat nog moet kom.
Ons doen dit nie alleen nie: Ons leef en werk saam in groepe en bedieninge. Ons dien die gemeenskap in samewerking met ander kerke of organisasies.
Ons gee die aflosstok aan (“pass the baton”): Ons belê in die volgende generasie en bemagtig opkomende leiers, sodat ons effektief bly in toekomstige geslagte.
Ons sweet nie oor kleinighede nie: Ons fokus op ons gesamentlike visie en Bybelse kernwaardes. Ons weier dat sekondêre/ minder belangrike goed ons gemeente verdeel.
27
Ons meet verandering: Ons is agente van God se verlossingswerk in ‘n gebroke werklikheid en meet ons effektiwiteit nie net aan persoonlike veranderings nie maar ook aan die verandering/verbetering in ons gemeenskap.
28
3.2 Kontekstuele bediening
Bestudeer die konteks waarin ons gemeente is: Dit is van die grootste belang om te weet dat Die Here die gemeente juis in ‘n spesifieke konteks en omgewing geplaas het met die doel om daardie konteks met Sy liefde te bereik. Verlossing het nie net met individue te doen wat gered word nie. God wil die hele dorp verander en deel van Sy koninkryk maak. Ons wil dus weet wie die mense is wat naby ons leef en hulle konteks aanspreek deur diens evangelisasie. Maar ons moet ook ons “key-neighbours” leer ken wat besighede, boerderye, skole, staats en munisipale instansies insluit en interaksie met hierdie hele konteks is belangrik (“holistiese benadering”) Ons kan nie net met ons eie mense besig wees nie, want ons bestaan nie net vir ons eie mense (geredde gelowiges) nie. Ons bestaan juis vir ons nie-lede. Ons is nie ‘n eksklusiewe groep of klub nie. Ons moet meer inklusief dink en geleidelik in interaksie met ons totale konteks kom. Ons ontwikkel ‘n hart vir armes, prostitute, verslaafdes, boemelaars, straatkinders, armes, vermoeënde mense, besighede, boerderye, myne, skole en inwoners: letterlik almal wat binne ons konteks en omgewing is.
Alle lidmate is uiteindelik dissipelmakers, nie net dissipels nie. Die gemeente is die arbeidsmag, nie die arbeidsveld nie. Elke lidmaat begin betekenisvolle unieke verhoudinge kweek met die “bure” in sy konteks. Dit kan die mense wat langs jou woon wees, dit kan huislose mense of kinders in die straat wees, dit kan ‘n besigheid of sportklub of skool of werkplek of ontspanningsplek wees. Selfs in ‘n kroeg (“Theology on Tap”, Princeton) kan gesprekke plaasvind! Hierdie verhoudinge se intensie is nie net bekering en wedergeboorte nie, maar die uiteindelike
29
eenwording met die liggaam van Christus en groei tot dissipels.
Verstaan van Ef. 4:7-11 kan help om gawes te ontdek wat die gemeente meer op die konteks gerig maak: Allan Hirsch se studie wys onder andere op die volgende:
Daar was besondere groei in die vroeg Christelike kerk omdat al 5 ampte in Ef.4:11 nog gefunksioneer het. Die groei was so dramaties dat dit as ‘n ontploffing gesien kan word: In 200 jaar (100 nc tot 300nc) van 25000 tot 20 miljoen en dit in ‘n tyd toe die kerk nog onwettig was en nie eers Die Bybel as gedrukte dokument gehad het nie.
Vandat die Westerse kerk besluit het dat die eerste drie ampte (Apostels, Profete, Evangeliste) in v.7 wegval, het die kerk sy vermoë om so te groei verloor. Die ampte wat oorbly (Herders,Leraars) doen net werk na binne (versorging). Die eerste drie se bedoeling is om gelowiges ook na buite te laat uitreik.
Die verwydering van die 3 ampte is ‘n groot eksegetiese fout, wat nie uit die oorspronklike Nuwe Testament (Griekse teks) regverdigbaar is nie en die kerk groot skade aangedoen het. Daar moet ‘n manier gevind word om al 5 die ampte weer as gawes vir die kerk te herwin.
Die amp van Apostel word deur charismate soms misbruik om besondere mag of iets bonatuurlik aan hulleself toe te dig. Die amp beteken in werklikheid bloot “gestuurde”, iemand met ‘n roeping deur Die Heilige Gees om die Evangelie na ander uit te dra. Die ander fout: Mense wat probeer regverdig dat die
100nc: 25000 300nc: 20miljoen
30
apostelamp nie meer kan bestaan nie argumenteer dat die amp net bedoel is vir die tyd toe die Bybel geskryf is (bedoelende Paulus was apostel om Bybel te skryf) Hierdie argument werk nie, want Paulus wou nie Die Bybel skryf toe hy geskryf het nie. Hy het briewe aan gemeentes geskryf en nie geweet dit gaan in Die Bybel opgeneem word nie. En in elk geval het nie al die Apostels geskryf aan Die Bybel nie. Apostels was nie so uniek in die Bybel se tyd nie. By die opstanding van Jesus was daar bo en behalwe die 12 nog ‘n hele klomp ander wat ook as Apostels bekend gestaan het.
Apostels is dus “gestuurdes” na die wêreld, Profete luister na God en praat namens Hom, en kan soms konfronteer/irriteer. Evangeliste is daar om mense te beïnvloed en hulle geloof te vorm. Herders raak betrokke by heelmaak van stukkende mense en Leraars leer mense, skep idees, maak dinge verstaanbaar (“connect the dots”)
Jesus het al 5 gawes/ampte in Sy lewe openbaar nl. Apostel (deur Vader gestuur), Profeet (bv.tempelreiniging), Evangelis (mense tot geloof gebring), Herder (hart vir stukkende mense), Leraar(mense geleer). As ons Sy liggaam is behoort die kerk ook al 5 ampte te beoefen en nie net twee nie! Jesus leef Sy taak uit deur die Kerk as ‘n geheel. (elke gelowige moet betrokke wees) Apostel, Profeet en Evangelis is generatiewe ampte/gawes en Herder en Leraar meer operatiewe gawes
Ons kan dus ons kerkgeskiedenis grafies aandui:
Al 5saam ( Operatiewe
en generatiewe gawes)
veroorsaak groei.
Toe kerk generatiewe
gawes uitsny is daar
afname. APE moet terug!
31
A
P
A
E H
L JESUS
Wat nou moet gebeur:
Ses Elemente veroorsaak “permanente revolusie”: APEHL met Jesus sentraal
Hierdie elemente is nog almal daar! God het klaar gegee wat die Kerk nodig het. Die foutiewe eksegese het net nie ruimte gemaak dat die gawes kan funksioneer nie. Die heraktivering van die APE gawes kan met ‘n eenvoudige “basing” en “phasing” analise vir elke gelowige toeganklik word as ons dit aanleer en deel van ons lewe maak: Ons moet net verstaan wat elk van die ampte is en onsself probeer plaas. Die diagram kan help: Kies die een wat jy dink die beste by jou pas en skryf dit in die middel (Basis). In die
Al 5saam ( Operatiewe
en generatiewe gawes)
veroorsaak groei.
Sonder APE= afname. APE terug bring weer groei!
32
voorbeeld hieronder is dit “herder”(H). Onthou jy is nie noodwendig net een nie. Gaan stel jouself dan bloot aan daardie soort aktiwiteit en kommunikeer met mense wat dit reeds doen. Beweeg dan na al die ander ook maar kom elke keer weer terug na jou basis. Jy moet in die praktyk deur blootstelling en oefening (“on the job training”) gaan vasstel watter een werklik jou basis-tipe is
Missionale integriteit: Ons gemeente wil beide die wêreld ver van ons af en ons eie plaaslike omgewing/konteks bereik met die lig van die Evangelie. Indien ons plaaslike konteks nagelaat word, is daar nie “missionale integriteit” nie. Die Here het ons met ‘n rede binne ons eie konteks geplaas en hierdie konteks se dors moet deur God se fontein geles word. Ons kan nie net ander kontekste se dors les nie, al moet ons ook by ander kontekste uitkom. Veral gelowiges met A of P of E basis-tipe gawes moet testemming en aanmoediging ontvang om daardie gawes te gaan uitleef. Hulle sal vreugde en vervulling vind omdat hulle agterkom dat hulle ‘n wesenlike verskil maak.
H
A
P
E
L
33
3.3 Leierskap en Bestuur van gemeente
Wat is leierskap in ‘n gemeente? Bestuur van verandering op maniere wat motiveer teen ‘n pas wat die meerderheid mense kan hanteer
Hoe om bg. verandering te bewerkstellig: Moet nooit begin by die probleme nie!! (prof. K. Callahan en Dr Ryan Bolger se advies. Sien ook Mark Lau Branson se “Memories, Hopes and Conversations”)
Begin deur te soek na die sterk eienskap/pe wat daar is of was, al is dit nodig om in die verlede terug te gaan en al is die sterk eienskap vervaag. (“appreciative enquiry”) Identifiseer dit en eis dit op (“claim it”) as ‘n vermoë wat bestaan en vier dit en begin dit gebruik.
Daarna moet maniere gevind word om hierdie sterk eienskap/pe nog sterker te kry. Versterk en verbeter wat sterk is!
Identifiseer dan ook latente sterk eienskappe en vind maniere om dit ook te ontwikkel.
Die “spill-over” effek veroorsaak dat swak eienskappe dan in elk geval begin verbeter en groei al is daar nie spesifiek aan gewerk nie (bv. finansies wat begin verbeter omdat verhoudinge verbeter of bywoning wat verbeter omdat onderlinge liefde en liefde na buite begin ontwikkel)
Mense word kragtig gemotiveer as hulle weet hulle maak ‘n verskil aan ander wat swaarkry (“compassion”) en as hulle deel voel van ‘n familie wat mekaar liefhet (“community) en as die goed wat gebeur hulle hoop gee vir die toekoms (“hope”)
34
Nie sonder ‘n plan nie: Bogenoemde beteken nie daar moet geen plan wees nie: (Prof. Malan Nel se woorde aan ons: “If you fail to plan you plan to fail!” is baie waar) Al die fokus op die sterk eienskappe en klem op verhoudinge en hoop en liefde neem nie weg dat ons glashelder moet weet waarheen ons op pad is nie. Ons het wel ‘n visie wat ‘n breë koers aandui. Ons kan dalk ook enkele praktiese maniere (nie baie nie en veral nie baie woorde nie) uitspel as ‘n soort reis waarop elke lidmaat beweeg. Dit kan byvoorbeeld wees (Chase Oaks Church waardes): 1. Kom soos jy is na Die Here toe (“come as you are”) 2. Word verander: gemeenskap met God en gelowiges verander mens mos = groei (“be transformed”) 3. Gaan maak ‘n verskil (“make a difference”) wat daarop neerkom dat elkeen wat na Die Here toe kom uiteindelik ‘n dissipel van Jesus word Of ons kan werk met ‘n diagrammatiese voorstelling van die reis van “mens daar buite” tot gestuurde dissipelmaker (Saddleback se Purpose Driven Journey”)
35
Let op dat die gemeenskap daar buite ingesluit word (inklusiewe benadering ipv eksklusiewe manier van kerk wees) God het “die wêreld” lief. Daar is vier toerustingsprosesse waardeur dissipels (nie slegs bekeerlinge) gemaak word uit die wêreld. Elke proses (“Membership”, “Maturity”, “Ministry”, “Mission”) het duidelike spesifieke leerdoelwitte en ‘n vyfde een naamlik “Worship” se doel is “magnification” of versterking van elke proses. Omdat konsentriese sirkels na ‘n hierargie kan lyk waarin mens uitstyg bo die ander soos die “journey” vorder, sal ek persoonlik die diagram baie duidelik as ‘n kegel en nie ‘n piramide gebruik: Dan beteken die vordering op die reis nie uitstyg bo ander nie,
Gestuurdes
Die wat dien
wil groei
Jesus aangeneem
Besoekers
Gemeenskap=wêreld, wat nie kerk toe gaan nie
36
p Die wat Dien Gestuurdes
maar verdieping in liefde en diens aan die gemeenskap wat nog nie deel van ons is nie. Dan bly die “nie lede” op ‘n manier ons fokus en erken ons dat ons bestaan ter wille van hulle wat nie lede is nie: Of mens kan dit op een lyn plaas om die gedagte van hierargie te vermy: Of die eenvoudiger proses (Chase Oaks ): Of North Avenue se:
Kom soos jy is
word verander
Gaan maak 'n verskil
Worship Grow Go
37
Kyk hoe mooi pas dit by ons eie: Ons is God se Fontein
Voor toerusting: Voordat enige van die toerustingsprosesse kan plaasvind moet die Heilige Gees eers verandering in harte laat gebeur en dit is krities belangrik dat gelowiges passievol bid en radikale liefde uitleef deur ‘n lewensstyl en houding wat die liefde van Jesus onomwonde en eerlik aan die gemeenskap en besoekers bedien (diens evangelisasie). ‘n Stuk saamleef en omgee wat ‘n vertrouensverhouding meebring is essensieël. Mense word nie meer aangespreek deur dogmatiese korrektheid of kennis of kerkverband nie. Verhoudinge en geborgenheid (“sense of belonging” soos in ‘n familie) is baie belangriker. Verder moet ons onthou dat besoekers en selfs lidmate nie meer soseer getrek of aangespreek word deur ‘n mooi vertoning (“spectator ministry”) in die kerkgebou nie. Hulle wil eerder deel wees van ‘n liefdesgemeenskap wat ‘n verskil maak (“participating ministry”) Dr. Ryan Bolger onderskei “institutional” en “organic” benadering, waar eersgenoemde meer klem plaas op “do well to spectators” en laasgenoemde klem plaas op organiese wyses van interaksie met die konteks/omgewing waar Die Here ons geplaas het. (“connecting worlds together”)
Belangrikheid van organiese groei: Aksies en bedieninge en groepe wat werklik slaag is gewoonlik begin deur lidmate wat deur Die Heilige Gees oortuig is en begin het met ‘n saak. Soms selfs deur jongmense soos ‘n kategeseklas. Aksies wat deur leiers besluit is slaag baie selde! Projekte en aksies moet van “onder” af gebore
Ons verheerlik
God
Ons versorg mekaar
Ons les die dors van
almal om ons
38
word, nie van “bo” af nie. Leiers word wel later betrokke ter wille van ondersteuning en bemagtiging en bemarking van die aksie, maar dit begin nie by hulle nie.
Eienskappe van ‘n goeie leier:
Passie en Visie: Laat iemand wat opgewonde is oor iets die ding doen wat hom opgewonde maak. Hy sal iets bereik. As iemand net doen wat sy plig is, sal hy nie iets bereik nie. (“let 1000 flowers bloom”) As jy nie passie het nie, sal volglinge ook nie passie hê nie. Dit is soos ‘n swerm bye! Daar is ‘n koningin wat chemiese stowwe afskei wat al die bye saamtrek en beheer en beïnvloed. Maak die koningin dood en die bye gaan dood!
Opregtheid en betroubaarheid: Geloof moet deurkom in ons lewe. Ons moet nie net ‘n “mond” wees wat baie praat oor ons geloof nie. Geloofsintegriteit word in ons lewensstyl en dade elke dag sigbaar.
Rus: Daar kom ‘n tyd wanneer enige leier soos Nehemia (Nehemia effek) net te moeg word om aan te gaan. Genoeg rus en is belangrik. Sommige gemeentes fasiliteer ‘n rustyd en help leiers om nie skuldig te voel wanneer hulle vir ‘n tyd lank moet rus nie. ‘n Uitgebrande leier kan nie meer lei nie.
Deelnemende leierskap: Die lede van bedieninge moet uitdruklik toestemming hê om deel te neem aan besluite en selfs leiding te neem en kreatief te dink en bid oor nuwe maniere om God te verheerlik of mekaar te versorg of die dors van almal om ons te les.
Goeie verhoudinge en vermoë om liefde te beliggaam in jou lewe volgens jou persoonlikheid en gawes. (wees jouself as jy jouself gee)
39
Vermoë om eerlik gebrokenheid met ander te deel: Dit het ‘n genesende effek en leer ander dat hulle nie skaam oor hulle eie seer hoef te wees nie (“wounded healers”/ “broken healer”) Jesus se lyding is gegrond in Sy liefde en vorm deel van Sy identiteit, al was die lyding tydelik. Pyn en lyding en gebrokenheid gebeur met ons ook (tydelik) as gevolg van die liefde van Jesus in ons. Getuienisse (“history giving”) het al baie groter verandering in mense se lewens gebring as wat baie goeie preke ooit kan doen. Miskien moet julle daaroor gaan bid en weer die baan breek om ander gemeentelede gemaklik te laat voel om dit ook meermale te doen!!
Vermoë om te “pass the baton” Daar kom ‘n tyd wanneer “the bucket stops” ‘n Goeie leier weet dit gaan nie oor homself nie maar oor ‘n saak. (God se werk, God se fees, nie ons s’n nie, al is dit vir ons ‘n fees om daar te wees). Ons behoort ander persone toe te laat en te bemagtig en te oefen om ook leiding te neem, sodat daar iemand is wat die leierskap kan oorneem wanneer ons dit nie meer self effektief kan doen nie. Poog om die span so te ontwikkel dat die saak nie verlore gaan wanneer jy nie meer kan voortgaan nie.
Kreatiewe span: Dit is ‘n groep persone wat bymekaarkom om maniere te ontwerp wat aanbiddings byeenkomste betekenisvol, meelewend (“engaging”) gedagte ontlokkend (“thaught provoking”) en onvergeetlik (“sticky”= die ervaring bly by jou vassteek) maak. So ‘n span sal gewoonlik bestaan uit die leraar wat die geleentheid/diens lei, die gemeentebestuurder, die leiers van musiekbediening, kunste, gesinsbediening, jeugbediening, getuienisbediening en
40
kommunikasiebediening. (as daar sulke mense is) Die persone kan ook afwissel en alle gemeentelede kan uitgenooi word om op rotasiebasis deel te neem (soos ons al probeer het). Hierdie span kom ten minste tweeweekliks bymakaar, vir ongeveer een uur maar kan ook meer dikwels bymekaarkom as belangrike dienste of geleenthede beplan moet word. Hulle bespreek vorige geleenthede om die “temperatuur” van die gemeente te bepaal, hulle is die “ORE” wat agterkom of dinge geslaag het, sodat toekomstige geleenthede beter beplan kan word. Die groot vraag vir die volgende geleentheid is hoe om die kern van die boodskap behoorlik tuis te bring (“to drive the point home”) en in ons lewensstyl vas te lê. Die verloop sowel as moontlike simboliek en hulpmiddele (elektronies, kuns, musiek, beligting, uitdeelstukke, geskenkies, bemarking) word deurgedink (“brainstorming”). Hoe langer vooruit dienste of reekse of geleenthede beplan kan word, hoe beter. Dit gee vroegtydig rigting en die groep het tyd om te bid en dink en reageer op wat Die Heilige Gees tussen hulle losmaak. Sekere goed steek by almal vas en bring die groep tot ‘n oortuiging wat om te doen. Voorbereiding en reëlings en bemarking kan vroegtydig in plek wees. Ongeveer twee weke voor die tyd kan die span net weer vir oulaas diep delf en finale verstellings maak. ‘n Wonderlike bemarkingsmiddel en verslaggewing- metode is die vermoë om ‘n video met klank te vervaardig. Daarmee kan baie kort en baie kragtig bemark of verslag gedoen of inligting deurgegee word. (kom ons bid daarvoor!!)
“Focusing Banquets”: Calvary Christian Reformed Church het ‘n baie mooi praktyk wat my aan ons “bedieningsraad” laat dink. (En my nogal bemoedig dat ons darem ook bietjie gevorder het) Hulle hou een maal per jaar ‘n “Focus
41
Banquet” om die gemeente en bedieninge se ideale en visie vir die jaar met die gemeente te deel en die gemeente se deelname en meelewing te versterk. Al is daar baie herhalende goed is daar tog ook nuwe goed wat wys dat ons liniêr werk (vorentoe gaan: goed ontwikkel en groei) By hulle laaste “banquet” (gemeente ete) het hulle vier jaartemas bekend gemaak: “Hitting the Streets”, “Making room in your life for people who do not know the Lord”, Going deeper in “wet cement” (meer aandag aan jeug) en “Prayer foundation” (meer fokus op gebed) Kom ons dink ‘n bietjie aan ons visioneringsvergadering met die gemeente: Hoe kan ons groter meelewing en trefkrag bewerk? Wat kan ons daar doen?
“Repetition of Mission” (Ook by Calvary CRC gehoor): Mense word nooit moeg om die visie van die gemeente te hoor nie. Dit is tog wie ons is! Dit is nie ‘n program nie, dit is ons identiteit! Hoe kan ons sorg dat ons visie nuut en vars bly. Miskien moet ons gaan kyk wat is al in lyn met die visie bereik en verhale vertel om aan te dui ons visie begin realiseer en dit vier (“celebrate”). En miskien kan ons soos Bill Hybels maak, wat graag die woord “imagine” gebruik: Kom ons droom (“imagine”) hoe Marble Hall gaan lyk as ons ‘n groter konteks se dors les as net die asgate en plakkers en wat ons weekliks met sop voed. Kom ons “imagine” ons les die geestelike dors van boerderye en besighede en skole en dokters en apteke en die munisipaliteit en polisie en ... en .... en ....... en .........
42
3.4 Jeugwerk
Hoe ons jeugwerk sien: Jeug is soos nat sement waar ons nie bang moet wees om ons hande in te sit nie. (Calvary CRC) Hoe ons die sement vorm is so belangrik dat geen moeite opoffering of koste ons moet weerhou van ons beste vir hulle nie: Die kerk behoort nie weg te skram om selfs betrokke te raak by skole, sport, kultuur, kunste, ontspanning, of avontuuraktiwiteite nie. Meeleef met hulle lief en leed, uitdagings en lewe is van groot belang, bv. gebed vir die skooljaar (“blessing of the backpack”) en verjaardae en moeilike tye bv. eksamen en siekte.
Die probleem van die gaping tussen 18 tot 28 jaar ouderdom: Volgens verskeie gemeentes (o.a. Calvary Christian Reformed Church, Prestonwood Baptist Church en Prof. Kenda Dean van Princeton Universiteit se navorsing) die volgende skokkende feite: 1. 75% van die kinders (selfs hulle wat gereeld in die kerk
sit) dink die kerk is “skynheilig”. Hulle glo nie wat verkondig word nie doodgewoon omdat lidmate en selfs hulle eie ouers dit nie uitleef in elke dag se lewe nie. Maar hulle sal dit nie sê nie omdat hulle geleer is om korrekte antwoorde te gee. Hierdie geloofwaardigheidskrisis veroorsaak dat hulle wegraak sodra hulle nie meer onder ‘n verpligting is om dienste en kategese by te woon nie.
2. Prof. Kenda Dean se navorsing dui aan dat die kerk skrikwekkend irrellevant geword het wat die jeug betref as gevolg van hierdie ongeloofwaardigheid van volwassenes. Kerke behou net 8% van hulle jeug en dan veg al die kerke op naskoolse kampusse vir die 8% en vergeet van die 92% daar buite!!
43
Kategeseklas
Kategeseklas
Kategeseklas
Kategeseklas
3. Die kerk is vir jongmense eerder veroordelend (“judgemental”) as liefdevol. Die kerk vaar nie goed met bou van betekenisvolle verhoudinge en die skep van ‘n tuiste/ familie waar jongmense genoeg liefdevolle aanvaarding vind sodat hulle sal terugkom nie.
4. Baie jongmense gebruik geloof en belydenisaflegging net om beter oor hulleself te voel. Later word hulle eerlik (erken dat geloof nie regtig tel nie) en verlaat die kerk. Geloof was net ‘n terapeutiese “band aid”.
5. Die omgewing waar jongmense kreatief kan wees om ‘n verskil te maak ontbreek. Hulle wil nie net onderrig of vermaak word nie. Hulle wil vertrou word om op hulle eie maniere belangrike werk vir Die Here te doen.
6. Die “Silo”-effek: Kategese en jeugaksies word gewoonlik gevorm binne ouderdomsgroepe of portiergroepe. Dit is nie verkeerd nie, sosialisering met hulle eie portier is baie belangrik. Maar die groep leer nie om SAAM met die res van die gemeente te leef nie. Hulle woon in elk geval nie juis dienste by nie. Die klas bied dus die enigste betekenisvolle familie ervaring, en dit word ‘n “SILO” genoem omdat dit redelik in isolasie plaasvind. Silo effek:
44
Kategeseklas
Kategeseklas
Kategeseklas
Kategeseklas
Dit is goed bedoel maar werk net solank die kinders kleiner is. Die probleem kom wanneer die groep wat mekaar vertrou en vir mekaar omgee uitmekaar moet gaan: Wanneer hulle in Matriek is is hulle nie meer verplig tot ‘n kategeseklas nie en is oorlaai met skoolwerk en ander verantwoordelikhede. Hulle kan beswaarlik nog bymekaarkom en baie kom nie eers meer eredienste toe nie. Die groep (“SILO”)begin daar reeds uitmekaar val. En as hulle skool verlaat gaan almal verskillende rigtings om te studeer of te gaan werk. Die portiergroep spat letterlik uitmekaar saam met die motiverende en versorgende krag daarvan. Ten minste 50% verdwyn en hulle begin eers heelwat later bietjie vir bietjie terugkom as hulle trou en kinders kry.
Wat het jeug nodig dat hulle nie wegraak na matriek nie: 1. Om die “Silo” effek reg te kry: Daar moet iets MEER as
net die portiergroep wees wat nie gaan wegval as hulle in Matriek of na skool uitmekaargaan nie en wat hulle aan die res van die gemeente bind.
Die prentjie moet eerder so lyk: Daar is wel nog portiergroepe maar daar is nou oorvleulende verhoudinge/ integrasie met die res van die gemeente:
45
Om dit reg te kry moet ‘n paar belangrike goed gebeur: Intergeneratiewe aanbidding: Hoe meer kinders kan konnekteer met ander ouderdomsgroepe in aanbiddingsgeleenthede hoe minder gaan hulle verdwyn as die portiergroep wegval. Daar moet meer SAAM tyd wees met die res van die gemeente, uiteindelik ten minste ses tot agt keer per jaar moet spesiale dienste (benut bv. Paasfees, Kersfees of ander geleenthede) en beplan die verloop dat die jeug deelneem en gemaklik voel om hulleself te wees. (bv. mag skree as sekere figuur op skerm kom ter wille van ‘n oomblik van plesier en vreugde/lag vir hulle) Hierdie dienste kan korter prediking en ruimte vir getuienis hê en gekoppel word aan aktiwiteite saam met gesinne tydens of na die diens, bv. tafels met verversings, watersport, visvang of enigiets wat intensioneel interaksie tussen alle ouderdomme bewerkstellig. Intergeneratiewe verhoudinge: bv. kinders wat vir bejaardes gaan kuier en liefde gee en selfs andersom. Bemagtig ouers om saam met kinders Bybelstudie en huisgodsdiens te hou en met mekaar te deel en vergifnis te beoefen as gesin en hoe om uiteindelik as gesin vir Die Here te werk, bv uitreike na armes of oues ens. Betekenisvolle Rolmodelle in ander portiergroepe of ouderdomsgroepe: Volgens navorsing gedoen by Fuller Teologiese Seminarium oor “Sticky Faith” is die ideaal ten minste vyf persone wat die kinders baie lief voor geword het en vertrou met hulle diepste geheime en pyne en vreugdes. Hierdie rolmodelle kan ‘n kategeet of onderwyser of berader of selfs ‘n eie ouer wees. Bande met die ‘n rolmodelle is ‘n kragtige manier om die band met die gemeente te behou, al is die portiergroep nie meer daar nie en al gaan die kind na ‘n ander plek om te
46
studeer of te werk. ‘n Bietjie moeite van die rolmodelle om belangstelling en kommunikasie te handhaaf sal ‘n versorgende band daar stel en die kind sal nie sommer verdwyn nie. Hoe kweek mens betekenisvolle rolmodelle: Dit kom nie net met ‘n halfuur klassie per week nie. Dit is gebaseer op LEWENSOORDRAG, wat alleen gebeur wanneer ons lank genoeg met die “nat sement” kan saamleef. Tydperke van ten minste vier dae is die ideaal, maar ‘n naweekkamp help reeds baie. Saam eet, saam werk, saam praat, saam ontspan, saam lag, saam blootgestel word aan uitdagings om “dors te les van ander om ons”. En dan, gewoonlik by die derde of vierde dag begin hulle oopmaak met hulle seer, en vrae en van daar af ontstaan vertrouensverhoudinge wat nie maklik later verbreek word nie. Ons weeklange wegbreek na Natal toe met die gr 10 groep is “MONEY WELL SPENT” al kos dit baie! Praat met die jeug wat al daar was. Dit en die kaalvoeterkamp is die heel beste ding wat ons met ons jeug regkry!! Ek is nou meer as ooit oortuig ons mag nie daardie uitstappies oor finansiële redes laat skipbreuk ly nie. Daar is in Amerika voorbeelde van sulke goed (“Christelike Kadette” vir seuns en “Gems” vir meisies by “Youth Unlimited”) wat plaaslike gemeentes help om op allerlei avontuur en opleidingskampe die lewensoordrag ding te laat gebeur tussen jeug en volwassenes.
2. Om geloofwaardigheid by die jeug terug te wen: Volwassenes moet doodgewoon buite die kerk se mure begin leef wat ons glo. As ons nie in ons huise en besighede en ontspanningsplekke ‘n verhouding met Jesus uitleef nie, beteken alles wat op Sondag geleer word niks nie. Ons moet self ook eerliker word oor ons
47
eie kwesbaarheid. As kinders sien hoe die evangelie van Jesus op ons seerplekke val en genesing bring word ons meer geloofwaardig!! (“when the gospel falls into your broken heart it makes you credible”)
3. Volwassenes se groot taak met jongmense is drie goed: (Kenda Dean navorsing o.a. “Almost Christian”)
goeie verhoudinge (“intimacy”)
opleiding vir beroep (“education + vocation”)
lewe moet iets beteken (“ideology”= ‘n groter ideaal) Hieruit blyk “belonging is not only attending” Hulle wil waarde toevoeg en nie net vermaak word nie!! Hulle het verhoudinge nodig waar hulle tuiste en liefde beleef maar wil ook blootgestel word aan werk vir Die Here bv. uitreike en aandeel aan erediens ens. Ons moet dus ruimte maak (“create space”) vir:
Ontmoetings en verhouding met God moet gebou word (“connect with God”)
Ontmoetings en verhouding met mense moet gebou word (“connect with people”)
Ontmoetings met geleenthede om waarde met lewe toe te voeg (“connect with vocation”) Hier moet ons nie bang wees om hulle ruimte te gee om te kom met idees om kreatief te wees en nuwe goed uit te dink nie. Dit berei hulle voor vir die beroepswêreld en oefen hulle om waarde toe te voeg. Voorbeeld: Kinders het ‘n begroting ontvang om mikrolenings te begin en het verstommende sukses reggekry!! (“invest in young people’s creativity”)
Kleuters: Spog oor kinders by ouers, gee kleiner kinders ‘n geskenkie (2 jariges is baie gesteld op besit van iets, die “myne” stadium) Byvoorbeeld ‘n Bybel as geskenkie gaan so ‘n indruk maak, hulle sal dit oral saamneem
48
Doelgerigtheid rondom Jeugwerk: ‘n Gemeente soos Chase Oaks het byvoorbeeld ‘n strategie dat kinders na ‘n sekere tyd ten minste moet weet: (nie ‘n toets nie)
Hoe word ek ‘n gelowige?
Wie is God? (Drie Eenheid, Genade, verlossing ens)
Wie is ek? (Implikasies van my verlossing.)
Wat is die boodskap van die Bybel? (kern)
Hoe kan my geloof groei?
Hoe leef ek as kind van Die Here?
Hoe raak ek gekonnekteer met ander? (gemeenskap)
Hoe moet ek die wêreld verstaan?
Hoe deel ek my geloof met ander? Miskien kan ons ook bietjie dink aan spesifieke uitkomste/ doelwitte/ bestekke wat ons wil bereik met kategese en jeugwerk? Dan weet elke kategeet presies watter kennis en watter ander blootstellig of groei ons ten minste wil bereik in die aantal jare wat ons kinders tot ons beskikking het. (As jy nie meet nie, weet jy nie)
Kommunikasie met ouers: Als werk baie makliker as ouers vooraf weet wat gaan gebeur. Bedoeling is belangrik (“intent”) Ouers en kinders behoort vooraf te verstaan wat die bedoeling met elke beplande aktiwiteit is.
Transformasionele Geloofsgroei behels kennis en lewensoordrag: Onderrig mag nie net oordrag van kennis wees nie, maar mag ook nie sonder behoorlike kennisoordrag plaasvind nie! Kategese se doel is transformasie en groei in ons jeug se lewe. Om dit alles te bereik, moet kennisoordrag sowel as lewensoordrag plaasvind en nooit net een van die twee nie. Niemand kan praktiseer wat hy nie ken en verstaan nie. Waar alle lidmate onderrig ontvang tot hulle oud is, hoef die stadium van belydenisaflegging nie noodwendig deur ouderdom bepaal te word nie. ‘n kind is gereed wanneer hy/sy oor
49
die nodige geloofsekerheid, geloofsgroei en geloofskennis beskik. Dan kan belydenis aflegging gebeur. Hy/sy gaan in elk geval nie ophou met onderrig ontvang nie. Hulle mag dan aan die opleidingsinsette wat volwassenes gewoonlik doen, gaan deelneem.
Lokale: Die skep van ouderdomspesifieke lokale/omgewing vir werk met die jeug kos natuurlik geweldig baie en net die groot gemeentes kry dit reg. Selfs sportvelde, “gym”-sale, sportklubs, restaurante en winkelks word ontwikkel wat beter vaar en meer kinders trek as die publieke fasiliteite in die stad (vanweë die gehalte daarvan)! Kerke slaag om ‘n leefwêreld te skep wat die brug tussen kerk en gemeenskap besonder goed oorbrug en vir jongmense dit genotvol maak om baie tyd daar deur te bring en dit maklik maak om maats van buite nader te trek. Ek dink ons moet dalk nie die moontlikheid om op klein skaal ook ‘n brug te slaan in ons dorp miskyk nie. Ons beskik oor goeie fasiliteite vir ‘n plek soos Marble Hall en meesal is dit onderbenut.
50
3.5 Kleingroepe
Kleingroepe is veral belangrik hoe groter gemeentes word Drie fokusareas is belangrik vir suksesvolle groepe:
Verhoudinge en ruimte om tuis te voel (“create space to belong”) = liefde na BINNE
Ontmoetings met God en gebed = liefde na BO
Diens/uitreik na ander = liefde na BUITE Grootte: Interessant dat 3-7 beskou word as ideaal. Nie
meer as 7 persone in ‘n groep werk die beste. Soms onderrig: By sommige kerke word die groepe
gebruik om transformasionele geloofsgroei onderrig te doen. Groepe ontvang ‘n verskeidenheid goeie gehalte studiemateriaal/kursusinsette wat gelowiges toerus om te beweeg op die reis na dissipelskap en diens volgens hulle gawes. Hulle kom meesal op dieselfde tyd bymekaar ter wille van verantwoordbaarheid. (bv. tydens kategese)
Na Buite: Groepe wat nie na buite gerig uitreik of diens lewer nie kan baie geslote raak (“kliek”) en daarom is intensionele gasvryheid na buite van groot belang vir die bereik van die visie om na binne en na buite en na Bo liefde te gee.
Die doel van groepe behoort nie hulleself te wees nie (“not our party, it is God’s party”) Om ander mense by Die Here te kry is belangrik en daarom sal gesonde groepe groei en bereid wees om die pyn van verdeling as ‘n offer aan Die Here te aanvaar. Juis die seer van verdeling word deur die Heilige Gees gebruik om nuwe groeikrag en liefde te kweek.
Groei: Die groeikrag van kleingroepe lê meer in hulle vermoë om saam vir Die Here te werk of uit te reik as in verhoudinge wat na binne gebou word. (“serving is better glue”) Blootstelling aan mense daar buite se nood (bv.
51
kinderhuis of armes) laat iets gebeur in die harte van die groep. Groepe wat net na binne fokus hou gewoonlik nie vir altyd nie.
Onderlinge vertroue, gesonde verhoudinge, eerlikheid en openheid oor wat tussen ons en God en tussen mekaar gebeur is ook belangrik. Die Woord bly die basis en die fokus is ons verhouding met God en met mekaar en met die wêreld daar buite.
Getuienisse (“History giving”) het genesende en versterkende waarde, veral as lede eerlik hulle eie kwesbaarheid bekendmaak.
Koördinering: Dit is nogal belangrik dat daar ‘n koördineerder of fasiliteerder is wat groepleiers en groepe bemagtig en ondersteun en behulpsaam is met die pyne van nuwe groepe of groepe wat leiers benodig of inligting oor onderwerpe benodig.
52
53