Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... ·...

20
Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge Februarie 2017 Jaargang 26 nommer 1 Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102 Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook GK Alkantrant, Absa-rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

Transcript of Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... ·...

Page 1: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2

DopperdingeFebruarie 2017Jaargang 26 nommer 1

Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook

GK Alkantrant, Absa-rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

Page 2: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge

RedakteurWillie PretoriusSel: 072 224 [email protected]

PredikantDs Dirk Kotzee Sel: 079 305 [email protected]

FotograafTjaart van der WaltSel: 083 3031 [email protected]

TaalversorgerGeert van JaarsveldSel: 082 820 [email protected]

UitlegDanie DreyerSel: 082 844 [email protected]

DrukwerkMarketing Support Services Tel: 012 346 2168

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2

DopperdingeFebruarie 2017Jaargang 26 nommer 1

Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook GK Alkantrant, Absa rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

VoorbladDie Celsusbiblioteek in Efese

Foto deur: Hennie Klopper

Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant Jaargang 26 nommer 1

Inhoudsopgawe

2017 1Die lewe is soos ’n diamant 2Liefde is nie liggeraak nie 3Wat dan as alle gelowe gelyk is? 4Efese 5Gemaak vir mekaar, saamgebind in Christus, diensbaar in sy Koninkryk 8Die vier Evangelies 10Die Rooms-Katolieke Kerk in 1500 11’n Stukkie Amerikaanse historiese perspektief 12Ter nagedagtenis: Francois Viljoen 13Kerssangdiens – 27 November 2016 14Nuwe kerkraadslede 14Die Koeksisterbrigade 15Koffiekroeg alias kafeïenkantien 15Blokkiesraai 18Teeskinkbeurte 18Woordsoek 19

Page 3: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 1

20172017 het in al sy glorie ’n aanvang geneem.

Plaaslike en buitelandse gebeure, met al die drama daaromheen verweef, het soos in die vorige jare normaalweg voortgegaan. In die RSA is daar sowel politieke as ekonomiese knelpunte wat ’n verontrustende effek op sy inwoners uitoefen. Persoonlike beveiliging is tans op ’n mespunt gebalanseer en alles moontlik word gedoen om ’n veilige bestaan te verseker. Selfs op internasionale terrein is dit nie veel anders nie. Daarvan getuig die toenemend aggressiewe invloed van Isis op die wêreldpolitiek.Ook die inhuldiging van Donald Trump, die nuwe Amerikaanse president, wat beroering onder ’n gedeelte van die VSA se bevolking en state wêreldwyd veroorsaak het, het nie ongesiens verbygegaan nie.

Die nuwe jaar dwing ons as gelowiges om die verband tussen die Skepping en die voorsienigheid van God Drie-enig weer in perspektief te sien. God het deur sy alwysheid die aarde en alle lewende wesens tot stand gebring. Hy onderhou en bestuur dit steeds en alhoewel Hy nie deel daarvan is nie, is Hy wel by die daaglikse gebeure betrokke. Selfs van natuurrampe is daar voor die sondeval geen sprake nie omdat dit deel van ’n gebroke aarde is wat God bewaar. Daarbenewens sorg Hy as Skepper vir die funksionering en die instandhouding daarvan om sy Raadsplan tot met die voleinding van die wêreld deur te voer wanneer die volmaakte herskepping van die nuwe hemel en aarde sal intree.

Ten nouste verweef met die Skepping is God se voorsienigheid wat die Heidelbergse Kategismus, in Sondag 10 vraag 27, beantwoord as die “almagtige en alomteenwoordige krag van God”

waardeur hy die hele skepping “onderhou en regeer”, dat alles wat ons uit sy Vaderhand ontvang “nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand ons toekom.”Hierdie duidelike antwoord beklemtoon onomwonde dat toeval nie in die gelowige se lewe bestaan nie, want God beskik oor alles.Waarom is dit vir ons as lidmate van Pretoria-Alkantrant belangrik om te weet dat God die aarde geskep en deur sy voorsienigheid in stand hou? Die Kategismus antwoord dat ons lewe as gelowiges tydens teenspoed en voorspoed deur ’n gees van geduld en dankbaarheid gekenmerk sal wees; ons toekomstige optrede deur ’n vaste vertroue in God Drie-enig gelei sal word; oortuig sal wees dat niemand ons van God se liefde sal skei nie en dat ons so in sy hand is dat geeneen “sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie”. God se voorsienigheid leer ook dat hy nie alleen vooruitsien nie, maar ook voorsien in ons daaglikse bestaan. In sy voorsienigheid het Hy ook die verloop van die geskiedenis voor die grondlegging van die wêreld bepaal en dat ons as instrumente met die uitvoering daarvan sal funksioneer.

Vir ons as gelowiges hou die voorsienigheid in alle eenvoud ’n groot troos in, naamlik dat God ons in hierdie wêreld bewaar. Wat ’n vertroosting dat ons 2017 as lidmate van Pretoria-Alkantrant, met die oog gerig na Bo, ons dagtaak en die uitbouing van God se Koninkryk mag voortsit. Laat ons optrede ook soos die van die psalmdigter in Psalm 37:3 wees: Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Mag God Drie-enig in sy alwysheid ons die krag en genade daartoe verleen!

Willie Pretorius – Redakteur

Page 4: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

2

Die LEWE!

Om te lewe is die grootste gawe van die Here God aan die mens.

Want...lewe is tog nodig voor alles!

Voor jy dinge kan doen...en besit...en werk...en liefhê...

Voor alles...is lewe nodig!

En ek dink God het dit so bedoel...vanaf die skepping:

Dat die lewe vir elke mens bekoorlik en heerlik sal wees!

Maar helaas...ons beleef dit tog nie altyd so nie *Daar is so baie dinge wat die lewe vergal *wat dit verbitter *wat dit seer maak! + Hoe baie keer voel jy nie asof jou lewe vaal en dof en glansloos geword het nie +dit het al sy bekoorlikheid en lekker verloor!

Daarom die opskrif van hierdie stukkie:

Die lewe is soos ’n diamant!

’n Diamant kan alleen skitter en glans en vonk hê... *Ja, as LIG daarop val.

In die donker...geen skittering In die donker... geen glansIn die donker...maar nog net ’n stukkie harde “klip” in jou hand In die donker...geen “liggie” nie...Totdat...*Totdat jy lig daarop laat val +En hoe helderder en kleurvoller die lig, hoe meer vonkel en skittering in jou diamant.

En jou “lewensdiamant”?

Jou “lewensdiamant” kan alleen skitter en vonkel, as die LIG van God se liefde en genade daarop skyn *Jou “lewensdiamant” kan ook skitter en vonkel as die lig van menseliefde dit verlig

En so maklik kan jou “lewensdiamant” wat glans moet hê, verdof word *dit wat vreugde moet gee, kan pynlik word*dit wat sommer net lekker moet wees, is doodgewoon aaklig *dit wat bekoring moet inhou, kan van jou “lewensdiamant” ’n dowwe stuk nuttelose “glas” maak

Daarom...Bid!

Bid elke dag daarvoor

Bid dat die waardevolle en skitterdiamant van jou lewe sal skitter en blink in die lig van God se liefde en genade

Bid daarvoor...elke dag!

En gaan sit en dink mooi...

*en ervaar dit: Opregte en innige liefde van ’n mens kan OOK jou “lewensdiamant” laat skitter.

Het jou lewe sy glans verloor?Bid...

+vir die lig van Goddelike Vaderliefde+vir die glans van Jesus se verlossingskrag

+vir die vonkel van die Heilige Gees se teenwoordigheid

En jy sal sien...daar kry jou lewe weer sin

en glansen vonkel

tot eer van Godtot heil van jouselfen tot vreugde van almal wat jou liefhet!

Die lewe is soos ’n diamant Uit: Skakerings van Emosies deur NW Ligthelm

Page 5: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 3

Liefde is nie liggeraak nieSou jy kon raai wat die grootste oorsaak vir

egskeiding in Suid-Afrika is vandag? Onlangse studies het aangedui dat ’n gebrek aan kommunikasie verantwoordelik is van bykans 70% van die skade in huweliksverhoudinge. Mense beskik nie meer oor die vermoëns om deur konflik te beur op ’n gesonde en opbouende manier rakende belangrike sake soos finansies, seks, godsdiens en ouerskap nie. Die mees algemene rede vir hierdie stilte in verhoudings blyk liggeraaktheid te wees. Huweliksmaats weerhou hulself daarvan om met mekaar eerlik te wees omdat hulle bang is oor hoe die ander party gaan reageer.

Hierdie is nie net waar in ’n huwelik nie maar ook relevant in die wyer gesinskonteks, besigheids–kultuur, politieke arena en veral sosiale media. Alhoewel mense beweer dat hulle oop is vir teregwysing, wil bestuurders nie die waarheid hoor oor hulle bestuurstyl nie, tensy dit komplimenterend is. Leiers nooi mense om terugvoering te gee, maar wil eintlik nie advies hê oor leemtes in hulle mondering nie. Sekere mans se ego’s is so groot dat hulle oorreageer wanneer hulle deur hulle wyse vrouens reggehelp word. Sommige vrouens is dikwels so “seergemaak” wanneer hulle mans die dag die waagmoed het om eerlik te praat oor die dinge wat hulle pla dat laasgenoemde liewers volgende keer niks sê nie. Liggeraakte mense reageer dan op baie verskillende maniere, soos byvoorbeeld met stilstuipe, woede, sarkasme, koudheid, bitterheid of venynigheid teenoor die ander.

Liggeraaktheid het te make met mense wat onseker is oor hulleself, en dan emosioneel kleinserig raak wanneer daar op hulle swakhede gedruk word. Dan tree hulle in ’n sekere mate soos groot babas op wat seerkry oor alles. Onseker

mense kan soms van die moeilikste mense wees om mee saam te leef juis omdat hulle so kleinserig is. Almal om hulle moet gedurig op eiers loop.

Paulus sê egter in 1 Korintiërs 13:5: liefde “is nie liggeraak nie”. Liggeraaktheid is liefdeloos omdat dit manipulerend is. ’n Liggeraakte persoon sê eintlik met sy reaksie aan al die mense rondom hom: “Moenie vir my die waarheid vertel nie want anders gaan ek negatief reageer teenoor jou.” Paulus neem egter aan dat alle gelowiges hulleself verbind het tot die groei en ontwikkeling van hulle eie persoonlike karakter. Vir dit om te kan plaasvind in die gemeenskap van gelowiges moet mense mekaar dus kan teregwys. Paulus wys juis vir Filemon (vers 8) daarop dat hy die volste reg in Christus het om hom op sy plig te wys.

Ons as gelowiges het aan mekaar daardie reg gegee die dag toe ons besluit het om Jesus ernstig te volg. Gelowiges help mekaar. Dit is dus geensins liefdeloos om mekaar reg te help soos baie liggeraakte mense beweer nie. Ons hoort dit te verwelkom as ons geestelik wil groei. ’n Liefdevolle persoon moet dus opbouende kritiek liefdevol kan gee asook liefdevol kan ontvang. Dit is die voorbeeld van Jesus. “Word groot,” sê Paulus as ’t ware: “Moenie meer soos babas wees wat skop en skree wanneer hulle nie hulle sin kry nie.”

Dink ’n bietjie hoe liggeraak of “seergemaak” Jesus kon optree teenoor Petrus toe hulle mekaar weer sien nadat Petrus Hom verloën het. Jesus kon ook sekerlik aan die kruis gereageer het met liggeraakte woede toe die einste mense vir wie Hy kom red het, Hom aan ’n kruis spyker.

Sy reaksie egter? “Vader vergewe hulle …”

Artikel in E-kerk se My Wêreld Nuusbrief Aug 2016 deur Roedolf Botha

Page 6: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

4

Die oop en pluriforme Suid-Afrika waarin ons vandag leef, het ook godsdienstige implikasies, waarop ek graag wil ingaan. Voor 1994 het Christene geweet van verskillende godsdienste, maar eintlik net in teorie. Vir alle praktiese doeleindes het ons in ’n land gewoon waar die Christendom die dominante konteks gevorm het. Vandag is dit ietwat anders: Nie net waarborg die grondwet godsdiensvryheid nie, maar toenemend kom ons in ’n oop mark in aanraking met ander gesigspunte as net dié van die Christendom. Die vraag dring homself ál meer navore: Indien alle godsdienste gelyke status en regte geniet, wat word van die absolute aanspraak van die Christendom dat daar net een weg na God is – Jesus Christus? Lei alle godsdienste na die lewende God?

Dis eintlik net God wat hierdie vraag kan beantwoord, want geen mens kan buite sy of haar eie ervaring om die totale godsdienstige prentjie objektief in oënskou neem nie. Jy kan maar net die situasie uit jou eie perspektief beoordeel. Maar dit beteken nie dat ’n mens nie antwoorde kan gee wat ten minste vrede in jou eie gemoed bring en die sekerheid gee dat jy nie op ’n totale dwaalspoor is wat op ’n ewige ramp afstuur nie.

Eerstens, alle godsdienste is historiese soekontwerpe na God, ook dié wat aanspraak maak op openbarings, soos die Christendom. Dit beteken dat in bepaalde historiese omstandighede mense deur die transendente – God – aangeraak is, waarop hulle geantwoord het met die begrip apparaat en insigte van die betrokke tyd tot hul beskikking. Van die insigte is op skrif gestel, deur geloofsgemeenskappe as kanon aanvaar en oor geslagte heen as gesaghebbende woorde van God oorgelewer.

Tweedens, in die Christendom staan die Christusfiguur sentraal. Hy word bely as God wat mens geword het, as die finale en gesaghebbende openbaring van God aan die mens. Sonder

Christus is daar nie ’n Christendom nie, maar sonder die Christendom is daar ook nie ’n Christus nie. Laasgenoemde hou in dat Christus telkens deur sy volgelinge in bepaalde tye en omstandighede geïnterpreteer word vir die wêreld. Dit het ’n goeie en slegte kant. Goed: Christus word telkens in nuwe omstandighede as ’t ware weer aktueel God-mens vir daardie tyd. Sleg: die Christendom kan Christus so oorlewer dat die kern van sy lewe en boodskap verraai word en die Christelike geloof ’n slegte naam kry. Dis nie net ’n teoretiese moontlikheid nie, maar het al gebeur. Ons eie apartheidsverlede is ’n pynlike herinnering hieraan.

Derdens, alle godsdienste sit as historiese soekontwerpe met die kenmerke van egtheid, voorlopigheid en verraad. Hulle ding met mekaar mee om die hart van God. Elkeen moet bewys dat hulle die stem van die lewende God betroubaar gehoor het. Islam beleef ’n enorme krisis – om die wêreld te oortuig dat die Islam nie gelyk aan die kalifaat van Isis is nie. Die Christendom – veral in die Weste – moet opnuut sy eienskappe van onbegrensde liefde, inklusiwiteit en diensbaarheid ontdek en uitleef.

Presies dít is wat die Christene in die eerste drie eeue sy unieke karakter bo ander godsdienste gegee het. Mense kon sien hoe lief Christene mekaar en die wêreld het.

Christene hoef nie weg te skram van die uniekheid van die openbaring in Christus nie. Ons kan die liefde van Christus prakties uitleef om aan die wêreld te wys dat dit sin maak om God te dien. Die lewensveranderende krag van die evangelie lewer sy eie getuienis omtrent Christus as die universele Heer.

Deur Hermie van ZylNuwe Testamentikus aan die Teologiese Fakulteit, UVS.

Wat dan as alle gelowe gelyk is?

Page 7: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

5Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant

Talle kere lees ons in Die Bybel of hoor in ’n preek van stede wat in die Nuwe Testament genoem word. Telkens is die gevoel of Die Bybel van ’n vae plek met nie-identifiseerbare inwoners praat wat min of geen verband met die werklikheid getoon het nie. Daarenteen is dit nie die geval nie. Efese was ’n plek waar die inwoners in die Nuwe-Testamentiese tyd, soos ons vandag, in hulle eie omstandighede, gepaard met krisisse, frustrasies en ideale geleef het.

Die geskiedenis van Efese dateer sedert die tyd van die Hitiete (3000 vC) en die bestaan van hierdie stad kan tot 5000 vC teruggespeur word. Die eerste Efesiërmuntstukke is in 700 vC gemunt. Herodotus skryf dat Efese in die 11de eeu vC deur Androcles met die behulp van kolonialiste uit die Weste herbou is. Die stad Efese is deur ’n lang linie van heersers regeer en is in 133 vC deur Attalus III aan Rome geskenk. Efese het ook ’n donker kant. In 27 vC het Sulla al die rebelleleiers

in Efese tereggestel en in 88 vC het Mithradates ’n dekreet in Efese uitgevaardig dat alle Romeine in Asië doodgemaak moes word. Meer as 100 000 mense het toe omgekom.

Gedurende die Romeinse tydperk was Efese die hoofstad van die pro-konsulêre provinsie van Asië en direk aan die Romeinse senaat onderworpe. Alhoewel Efese polities minder belangrik was, was dit vir sy uitgebreide handel bekend. Bekende figure uit die antieke tyd is in Efese gebore: Hieronder tel die filosoof Heraclitus, die digter Hippomax, die skilder Parrhasius (almal uit die vyfde en sesde eeu vC), die geograaf Artemidorus, die sterrewiggelaar (2 nC), asook die

Efese

Ligging van Efese mbt ander Nuwe-Testamentiese stede

Odeon

Artemis (Diana) en ‘n voorstelling van haar tempel

Page 8: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

6

geskiedkundige en skrywer Xenophon. Efese was veral bekend vir die tempel van die godin Artemis (Diana vir die Romeine). Sy was die godin van wilde diere, jag, diere, die maan en woude. Daarby was sy vir die Romeine ook die maagd, godin van vrouens en geboortes, wat skares besoekers na Efese gelok het. Dié stad was in die 16de eeu die toonaangewende Ioniese stad vir wetenskap en kuns. In Efese se bloeityd was die bevolking ongeveer 200 000 inwoners waarvan almal van uiteenlopende herkoms was. In 1 nC was Efese bekend as die plek waar alle godsdienste vryelik naas mekaar bestaan het. Alle gode van Klein-Asië, Griekeland, Rome, Palestina en Egipte is in Efese aanbid. Die stad is verskeie kere deur onder andere die Arabiere in 655 nC en 717 nC ingeval, gedeeltelik verwoes, deur die Turke in 1090 nC ingeneem en in 1409 nC finaal afgebreek. Daarby het sporadiese aardbewings ook tot die verval van die stad bygedra. Die stad se hawe is met verloop van tyd deur die Caysterrivier toegeslik. Die argeologiese opgrawing van Efese vind tans in ’n baie vrugbare vallei in die hedendaagse Turkye, naby die hawe van Kusadasi, plaas.

Stede, in die vroeë Christelike tyd, het aanvanklik ’n baie belangrike rol gespeel omdat dit die sentra was vir handel, reis en kultuur met ’n gekonsentreerde bevolkings. Dit volg dat as ’n stad tot inkeer gebring word, dit potensieel die hele omliggende streek kon beïnvloed. Dit is dus nie toevallig dat van die vroeë gemeentes in Antiochië, Korinthe, Phillipi, Rome en Efese gevestig was nie. Die Christendom het in Efese posgevat omdat daar ’n gevestigde Joodse gemeenskap in Efese onder leiding van Apollos bestaan het. (1 Korintiërs 1:12: Daarmee bedoel ek dat een sê: “Ek is vir Paulus;” een: “Ek is vir Apollos;” een: “Ek is vir Sefas;” en een: “Ek is vir Christus.”) Hulle was almal dissipels van Johannes die Doper en was deur Aquila en Priscilla bekeer. Die hawestad Efese, naas Antiochië, kan as die belangrikste stad van die vroeë Kerk in Asië beskou word. Alhoewel die sendbrief aan die Efesiërs in Die Bybel

opgeneem is, meen sommige dat hierdie brief inderdaad ’n omsendbrief vir verskeie gemeentes was. Die eerste keer wanneer daar van Efese in Die Bybel gelees word, skryf Paulus in 1 Korintiërs 15:32 soos volg: As ek hier in Efese as bloot sterflike mens soos teen wilde diere geveg het, wat het ek daarmee bereik? As die dooies nie opgewek word nie, ‘laat ons eet en drink, want môre sterf ons!’. Efese was baie sentraal geleë in verhouding met al die ander nuwe gemeentes van daardie tyd en terselfdertyd ook met prominente eerste Christene soos Paulus, Timoteus, en Johannes.

Die apostels was tydens die opkoms van die Christendom (37 – 42 nC) uit Jerusalem verban. Paulus het in 34 nC in Efese aangekom, vir drie jaar hier gewerk en ’n gemeente gevestig. Dit het spanning in die stad tussen Paulus en die silwersmede veroorsaak wat silwer beelde van die godin Artemis verkoop het en wie se besigheid deur Paulus se prediking nadelig geraak was. Ons lees in Handelinge 19:23-27: Juis toe het daar ’n groot opskudding ontstaan oor die leer van die Here. ’n Silwersmid met die naam Demetrius het silwer beelde van die godin Artemis gemaak en vir die vakmanne ’n goeie verdienste verskaf. Hy roep hulle en ander mense wat soortgelyke werk doen, toe bymekaar en sê vir hulle: Mense, julle weet dat

ons voorspoed van hierdie werk afhang. Julle sien en hoor self dat hierdie Paulus daarin geslaag het om nie net in Efese vir hom ’n groot aanhang te kry nie, maar ook in byna die hele provinsie Asië. Hy sê dat goed wat met die hand gemaak word, nie gode is nie. Ons bedryf staan in gevaar om ’n slegte naam te kry. En nie net dit nie. Die gevaar is ook dat die tempel van die groot godin Artemis sy betekenis sal verloor en dat sy van haar grootheid berowe sal word, hierdie godin wat in die hele provinsie Asië en oor die hele wêreld vereer word. By die aanhoor hiervan het hulle woedend geword en geskreeu: “Groot is Artemis van die Efesiërs!” Die oproer het oor die hele stad uitgebrei. Soos

Curetesstraat Hawestraat

Amfiteater

Page 9: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 7

een man het die mense na die amfiteater toe gestorm. Hulle het vir Gaius en Aristargos, twee Masedoniërs wat saam met Paulus gereis het, gegryp en saamgesleep. Uit hierdie gebeure is dit merkwaardig dat die ongelowige Demetrius, te midde van die omniteïsme in Efese, die fundamentele insig gehad het dat Christenskap slegs die aanbidding van één God vereis. Die feit dat die Christene se godsdiens monoteïsties was, het vir hom en sy medesilwersmede ’n ernstige finansiële probleem geskep.

Met ’n besoek aan die bouval van Efese, beleef `n mens nie net die fisiese plek nie, maar ook in die gees die omgewing waarin Paulus en die gemeente, te midde van al die vreemde kulture en godsdienste, die Christelike getuienis moes uitlewe en uitdra. Die huise is nogal dig teen mekaar, maar die twee wye oorblywende hoofstrate is met marmer geplavei – dit was seker effens glad in Paulus se tyd as dit gereën het! Die omniteïstiese inslag van die stad met die tempels wat nog oorgebly het, is nog sigbaar. Die wyse waarop die mense van Efese moes geleef het, word ook treffend deur die openbare toilet geïllustreer wat deur lopende water skoon gespoel was. Die meer as tweeduisend jaar oue loodgieterswerke en rioolstelsel verstom ’n mens. Ook die rol wat kultuur in die lewe van die mense van Efese gespeel

het – daar is ’n Odeon met 2 000 sitplekke waar musiekuitvoerings en vergaderings plaasgevind het. Dan is daar ook die indrukwekkende Celsus-biblioteek en amfiteater met sitplek vir 25 000 mense waar Demetrius die Efesiërs toegespreek het en waarvan die akoestiek absoluut merkwaardig is.

In Efese is daar ook bewyse dat die inwoners van daardie tyd, soos mense oor die eeue heen,ook oor ’n sondige natuur beskik het. Daarvan getuig die uitsonderlike rigtingwyser wat vir die manlike geslag die rigting na vleeslike genot aangedui het.

’n Besoek aan Efese en ander soortgelyke godsdienstige oudhede is nie alleen ’n ervaring nie, maar bevat ook `n element van bemoediging en troos.Die besoeker kom diep onder die indruk dat mense deur al die eeue soos ons geleef en berusting en vertroosting uit die evangelie van Christus geput het. Dit beklemtoon ook die ondeurgrondelike, bestierende genade en alwysheid van die Drie-enige God wat almal se lotgevalle deur die eeue heen volgens sy wil in die holte van sy hand hou.

Hennie KlopperBronne:Dr. Mark D. Roberts Ancient Ephesus and the New Testament toeganklik by:http://www.patheos.com/blogs/markdroberts/series/ancient-ephesus-and-the-new-testament/Salahattin Erdemgil Ephesus

Die godin Nike

Dokter Apteker

Openbare toilette

Prostituut-rigtingwyser

Page 10: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

8

Genesis 2:15-25, Efesiërs 5:21-33Die grootste aanslag in ons samelewing is op die

huwelik. Ek sê dit nie net omdat ek iets gesoek het om te sê nie. Dit is die waarheid, en ek bemerk dit veral hier in die stad. Kyk maar na die statistiek ten opsigte van egskeiding. Dit is iets om snags oor wakker te lê.

As ons dink aan dissipelskap, soos ons trouens al die hele jaar bepeins, dan is die boustene van dissipelskap die verhoudings waarin ons onsself bevind. Hierbinne moet ons mekaar aanmoedig, ondersteun, reghelp en doelbewus God en sy koninkryk voorop stel. Die verhouding, wat baie van ons as verwysingsraamwerk vir die bou van ’n verhouding in ons eie lewens gebruik, is die huwelik.

Dit is veral die verhouding van elkeen se ouers, in hulle huwelik, waar die basis vir ons verstaan van die werking van verhoudings gelê word. Uit hulle verhouding leer ons hoe verhoudings moet lyk. Daarom is dit so belangrik, wanneer ons die dissipelskapleefstyl in gesinne in oënskou neem, dat die huwelik juis ’n ware spieëlbeeld moet wees van wat God bedoel het hoe hierdie verhouding moet wees.

Kom ons begin by die skepping. Dit is baie belangrik, want hier in die begin kondig God aan dat die huwelik deel van die mens en sy lewe op aarde sal wees. God is die outeur van die huwelik. Dit is sy bloudruk. Hoe kan ons dink dat ons huwelik ooit die toets gaan slaag as ons nie op hierdie bloudruk bou nie? Daarom moet ons daagliks mekaar herinner hoe God se bloudruk vir hierdie verhouding lyk.

God het geskepDie eerste deel van God se ontwerpersplan

vir die huwelik is: Onthou Hy het jou gemaak. In Genesis 1:26 lees ons die begin van hierdie plan: Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld na ons gelykenis... En dan in vers 27: God het die mens geskep na sy beeld, volgens sy eie beeld het Hy hulle geskep...

Waarom is dit so belangrik om dit te weet?Eenvoudig omdat dit vir my sê wie ek as individu

in hierdie verhouding is. Ek is deur God gemaak. En omdat ek God se maaksel is, is dit belangrik om te besef dat my man of vrou my nie gemaak het nie. God het jou gemaak, liewe vrou, nie jou man nie. Laat God dan bepaal wie jy is en hoe jy moet optree, nie jou man nie. Man, dieselfde geld vir jou. God het jou gemaak, nie jou vrou nie. Sy maak nie dat jy die moeite werd mens is nie, God bepaal dit.

’n Mens se waarde is hoog. Jesus Christus betaal. Hy ag jou as sy kind. Dit is wie jy is. Hy bepaal jou waarde, nie die mens nie, nie jou vrou nie, nie jou man nie, nie jou kinders nie en ook nie jou werk nie. Ons identiteit moet ons daarin vind dat ons deur God gemaak is. Hy noem ons die kroon van sy skepping! Soveel so dat Hy ons in beheer daarvan gestel het. Jy is so belangrik vir Hom, dat hy sy Seun gegee het. Daarom moet ons die erns daarvan besef: God alleen gee my waarde in my huwelik. Nie my huwelik nie en ook nie my huweliksmaat nie.

Dit is net so belangrik om te besef dat God nie alleen jou waarde bepaal nie, maar ook dat God julle verskillend gemaak het. Hy het julle man en vrou geskep. Die man is ’n man in sy eie reg. Die vrou is ’n vrou in haar eie reg. Gee mekaar die ruimte om man en vrou te wees.

Rolle in die huwelikVervolgens het God bepaalde rolle in die huwelik

ingeskep. Die man is hoof van die gesin en die vrou is sy hulp.

Die rede waarom die wêreld nie hierdie siening wil verdra nie, is omdat ons baie kere in die huwelik sien hoe die mens daarvan iets leliks maak. Onsself maak dit ook iets leliks. Die man is die diktator en die vrou is die huishulp. Dit is egter nie wat die Here hiermee bedoel het nie.

Eerstens is die man die geestelike hoof van die gesin. Hy gee veral leiding in die geestelike groei van sy gesin wat aan hom deur God toevertrou word. Die vrou se rol is om hom te help om hierdie doel te verwesenlik.

As hoof van die gesin moet hy op ’n bepaalde manier leiding gee. Die vrou, as hulp vir die man, moet op ’n bepaalde manier optree. Dit maak Efesiërs 5 vir ons duidelik.

Gemaak vir mekaar, saamgebind in Christus,

diensbaar in sy koninkryk

Page 11: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 9

Paulus stel dit in Efesiërs 5 dat ons uit eerbied vir Christus aan mekaar moet onderdanig wees. ’n Versie wat ons baie vinnig en baie gemaklik verby lees.

Onderdanig is ’n woordjie wat direk uit die weermagstaal van dié tyd kom. ’n Soldaat was onderdanig aan sy bevelvoerder, ’n onderdaan aan die koning, ’n boodskapper aan die koning wat hom bepaal tot die boodskap wat hy moes oordra. Om dit egter so direk oor te dra in dit wat hier van ons verwag word, kan veroorsaak dat ons dinge skeeftrek. Dit gaan nie daaroor om sonder meer mekaar se bevele uit te voer soos wat ’n soldaat dit doen nie. Dit gaan eerder daaroor om die saak van jou bevelvoerder, sy visie en sy belange, joune te maak. Die boodskap wat die koning op so ’n wyse oordra is ook dit wat jy wil sê. Dit maak ’n goeie soldaat of boodskapper wat sê my bevelvoerder se saak is my saak, ek is hier om sy belange te bevorder en hom te dien.

En daarom begin hierdie gedeelte deur die klem op die wedersydse verhouding te laat val. Dit begin deur te stel dat die huwelik nie ’n “one-man show” is nie. Met die stelling, wees aan mekaar onderdanig, word die klem op ’n wedersydse verhouding geplaas. Dit handel oor man en vrou. Twee saam maak een. Om julle doel as paartjie in Christus te bereik, is dit nodig om aan mekaar onderdanig te wees! Dit sou inhou dat ons mekaar se belange bevorder. God roep jou, man, om jou vrou so te behandel dat die beste in haar na vore kom. Haar belange moet joune word. Jy lewe om haar te dien sodat sy alles kan word wat God haar gemaak het om te wees. Dieselfde geld vir jou, vrou. Jy word geroep om die beste in jou man na vore te bring. Om hom so lief te hê, te hanteer, te dien dat hy sy volle potensiaal kan bereik. Jy word dienskneg, sy jou koningin. Jy word diensmeisie, hy jou koning!

Paulus volg hierdie opdrag aan beide deur dieselfde weer aan die vrou te beklemtoon: Wees aan jou man onderdanig soos jy aan die Here onderdanig is. Waarom moet die vrou onderdanig wees? Omdat dit ’n diep emosionele behoefte binne-in hom sal aanpreek. Dit is in lyn met sy wese, wie die Here hom gemaak het om te wees! Taal van die man!

Wat is die pad na ’n man se hart? Wie weet? Sy maag? Nee, dis ’n groot leuen! Dis deur sy ego! En nou bedoel ek dit nie in die sondige sin van die woord waaraan ons manne ons inderdaad soms skuldig maak nie. Nee, hier’s die ding: Ons as manne het ’n diep behoefte om bewonder te word, veral deur daardie een spesiale vrou.

Paulus gee oënskynlik ’n makliker opdrag aan die man, naamlik om vir jou vrou lief te wees. Dit word

verder omskryf deur ’n bereidheid om jou lewe vir jou huweliksmaat te gee, soos Christus sy lewe vir sy bruid afgelê het.

Is dit werklik die makliker opdrag en enigsins ’n ander tipe opdrag? Die Here sê jy moet jou vrou agapé, naamlik selfopofferend liefhê. Hoe is dit anders as om diensbaar en onderdanig te wees?

Eenvoudig – dit is dieselfde ding maar praat na die hart van die vrou. Mans, wees vir julle vroue lief! Waarom juis lief? Omdat dit ’n diep emosionele behoefte binne-in haar sal aanspreek wat diep uit haar vrouwees kom. Dit sluit aan by hoe sy gevorm en aanmekaargesit is. Dit is haar taal!

Hoe moet ons dit doen? Soos Christus die kerk liefhet. Deur jou lewe vir

haar af te lê. Christus het sy lewe gegee om aan sy bruid, die kerk, die lewe te gee. Dit is nie ’n lewe van slaafse onderdanigheid nie of een van onderdrukking wat in sonde vasgevang is nie, maar ’n lewe van vryheid en veiligheid deur God se vryspraak. Ons as mans moet ons vrouens so hanteer dat hulle ook daardie vryheid en geluk kan ervaar! Christus het ons losgekoop sodat die Satan nie meer ’n klag teen ons kan lê nie en niks aan ons kan doen nie – Romeine 8:34. Daarin het ons veiligheid ontvang. Jy moet ook jou lewe aflê om aan jou vrou hierdie veiligheid en sekuriteit te verskaf. Nie net in die fisiese behoeftes en benodigdhede nie, maar veral in die geestelike!

Dit is waar die laaste gedeelte van Genesis 2 op betrekking het. Die mens was kaal. Dit vertel dat die sonde nie tussen hulle gestaan het nie. Dit verhaal ook dat daar niks was om weg te steek nie. Geen pretensie nie. Oop en eerlik met mekaar voor God.

Lees ons ’n entjie verder: Hulle was skaam en het in die bos weggekruip. Die sonde het tussen hulle ingekom. Nie net tussen Adam en Eva nie. Maar tussen die mens en God ook.

As ons as dissipels van Christus in ons verhoudings wil staande bly, moet ons besef dat van die felste aanslae van die duiwel op die huwelik is, want die huwelik is ’n vorm van evangelisasie. Verder is dit ’n spieëlbeeld van Christus en die kerk. Daarom moet ons as paartjie in God geanker wees.

Driebeenverhouding. Prediker 4. Ons moet God se bloudruk vir die huwelik volg, maar terselfdertyd moet ons mekaar ook aanmoedig om die beste weergawe te wees van wie God ons gemaak het om te wees.

Mag julle huwelik, of voornemende huwelik ’n weerspieëling wees van God se bloudruk van die huwelik. Mag julle huwelik die verhouding tussen Christus en die kerk uitbeeld. Mag julle huwelik hard en duidelik getuig!

Amen.Ds Dirk Kotzee

Page 12: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

10

Die publikasie van Dopperdinge is afhanklik van u bydraes. Gevolglik wil ons ’n ernstige beroep op u doen om artikels in te stuur. Die verskyning van so ’n publikasie kan nie net van die redaksie afhanklik wees nie. Hier is soveel talent in ons geledere wat nie benut word nie. Die sukses van so ’n blad word grootliks deur sy lidmate bepaal omdat dit uit die gemeente deur hulleself geskryf en op hul medegelowiges gerig is.

Artikels kan oor enige onderwerp handel wat op ’n Christelike grondslag gebaseer is. Dit kan briewe

wees wat op kerklike aangeleenthede betrekking het, gedigte, boekbesprekings, bevordering van kerksang, beplanning van gemeentelike aktiwiteite en verslag oor sodanige aktiwiteite. Ons sal dit verwelkom as ons jonger lidmate ook hulle gedagtes met ons wil deel. Op hierdie wyse word tekortkominge geïdentifiseer wat onmiddellik die nodige aandag kan geniet.

Help asseblief mee om Dopperdinge werklik ’n pronkblad te maak. Stuur u artikels in elektroniese formaat aan Willie Pretorius by [email protected]

ALLE BYDRAES SAL, INDIEN GEKEUR, VOOR PUBLIKASIE TAALKUNDIG VERSORG WORD.

Dopperdinge

Die vier Nuwe Testament Evangelies is tussen 65 en 95 nC geskryf. Daar kan nie met absolute sekerheid bepaal word wie die outeurs daarvan was nie. Die Evangelies is soortgelyke, maar nie identiese vertellings van Jesus se lewe en leer nie. Markus, Mattheus en Lukas toon die meeste ooreenkomste terwyl Johannes die meeste van die ander verskil.

Hierdie bekende vier Evangelies was die eerste optekening en die outeurs het sommige, dalk nie al die genoemde gebeure nie, self ervaar. Gedurende die antieke tyd het daar tot dertig Evangelies bestaan. Die kanonieke kwartet wat die mees

aanvaarbare was, het oorleef en die hoeksteen van die Nuwe Testament gevorm.

Die feit dat dié vier Evangelies so prominent is, word deels aan Irenaeus, ’n tweede eeuse biskop toegeskryf. Hy was ’n aggressiewe vyand van tekste en opvattings wat as kettery beskou was. Hy het die kerk probeer verenig deur te verklaar dat hierdie Evangelies die enigstes is wat Christene behoort te lees. Sy siening was gegrond op die feit dat daar vier windrigtings was en daarom behoort daar vier afsonderlike Evangelies wees. Ireaneus en ander was oortuig dat hierdie vier Evangelies die ware weergawe van Jesus se lewe en leer bevat. Teen die einde van die vierde eeu het Irenaeus se lys kerkbeleid geword en die grondslag van die Nuwe Testament gelê.

Daar was ook “verlore Evangelies” wat geleidelik uit die Christelike omgewing verwyder is. Baie van hierdie tekste kon verbrand of andersins vernietig gewees het. Sommiges is as gevolg van die feit dat hulle nie in aanvraag was nie, nie meer deur die skrifgeleerdes oorgeskryf nie. Ander geskrifte wat oorgebly het, soos die beroemde kodekse wat by Nag Hammadi in Egipte gevind is, was vir bewaring so goed versteek dat hulle eers na 1 500 jaar ontdek is.

Vertaling deur Hennie KlopperBron: Toeganklik by http://www.nationalgeographic.

com/lostgospel/timeline_04.html

Interessante brokkie:

Die vier Evangelies

Page 13: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 11

Die oorsake van die Kerkhervorming is tweeledig van aard, naamlik eerstens die gebruike en misbruike in die kerk en, tweedens die onaanvaarbare leerstellinge van die Roomse Kerk waarmee die lidmate hulle nie kon versoen nie.

Klagtes teen die Roomse kerk het gehandel oor: • hoë belastings wat op die lidmate gelê is en tot die kerk se groot rykdom bygedra het;• geestelike regspraak, die verkoop van kerklike poste vir geld en die gemaksugtige en wêreldse lewe wat die geestelikes gelei het;• die vrykoop van sondes deur aflaatbriewe met geld te koop; en • oor die wêreldsheid en sondigheid van pouse soos Sixtus IV en Alexander VI se bydrae aan moord.

Die hoof van die kerk was die pous wat in Rome gesetel was. Onder die pous het die volgende kerklike beamptes gesorteer, te wete die aartsbiskoppe, biskoppe en priesters. Saam het hulle as die hiërargie bekend gestaan, terwyl die pouslike hof die curia genoem is. Geestelikes wat hulle in kloosters van die wêreld geïsoleer het, was as die monnike bekend. Die hoogste geestelikes het op ’n kerkvergadering, konsilie, sitting gehad waar die kerkwette en leer van die kerk vasgestel is. Die pous, wat as onfeilbaar geag is, is as die verteenwoordiger van God op aarde beskou.

Met verloop van tyd het die kerk van sy oorspronklike Christelike beginsels afgewyk. Die opvatting het bestaan dat slegs die kerk die mens die saligheid kon laat verwerf. Dit kon deur geloof en goeie werke geskied terwyl die mens se eie wil ook daartoe kon meewerk. Volgens die kerk was Die Bybel nie enigste bron van waarheid nie, maar het die tradisie ook daartoe bygedra. Slegs die kerk kon Die Bybel in Latyn, ’n onverstaanbare taal vir die gewone lidmaat, verklaar.

Mense wat baie vir die kerk beteken het, is tot “heiliges” verklaar en beelde van gemaak. Mense het voor die beelde gekniel in die geloof dat hulle as bemiddelaars by Christus sou optree. Hierbenewens was daar ook baie seremonies en sewe sakramente in die kerk in gebruik, naamlik die doop, nagmaal, huwelik, aanneming, boetedoening, priesterwyding en oliesel. Mense wat die leer van die kerk verwerp het, het as ketters bekend gestaan. Hulle het voor die kerklike geregshof, inkwisisie, verskyn en is lewendig verbrand.

Teen die kerk se leer en optrede moes daar ’n reaksie intree. Die Hervorming wat sou volg, het nie soos talle historiese gebeure ’n skielike en dramatiese breuk met die Rooms-Katolieke Kerk tot gevolg gehad nie. Die hervormers sou eerder trag om die kerk intern te hervorm as om daarvan weg te breek.

Die Rooms-Katolieke Kerk in 1500

Vanjaar vind die 500-jarige viering van die Kerkhervorming plaas. Hierdie gebeurtenis het nie alleen die godsdienstige lewe van miljoene gelowiges wêreldwyd sedert 1517 beïnvloed nie, maar ook tot die stigting van nuwe state en verspreiding van die Protestantisme bygedra. Al die publikasies van die Dopperdinge in 2017 sal ’n bydrae oor hierdie gebeurtenis bevat. –Redaksie

Page 14: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

12

Vele van ons gemeentelede het ’n belangstelling in die afgelope Amerikaanse presidentsverkiesing getoon. Na-oorlogse Amerikaanse presidente het nog altyd in Suid-Afrika die belangstelling gaande gemaak. Insidente wat veral aandag getrek het, was die Kennedy-moord in Dallas, Texas, die Watergateskandaal met Richard Nixon, die poging om Ronald Reagan te vermoor en die Clintonskandaal.

Ek wil ’n paar dekades teruggaan na die Tweede Wêreldoorlog en enkele insidente en grepe daar omheen, wat die geskiedenis van die VSA en die Westerse wêreld kon verander het, kortliks toelig.

Genl George S Patton was een van Amerika se grootste oorlogshelde en mees gerespekteerde generaals van die Tweede Wêreldoorlog. Inligting het onlangs aan die lig gekom dat Patton oor te veel inligting rondom Amerikaanse en Russiese betrekkinge beskik het wat tot heelwat Amerikaanse lewensverlies gelei en ’n wending in die hele oorlog kon gebring het.

Patton is in Desember 1945 in Duitsland onder misterieuse omstandighede oorlede. Hy is baie ernstig in ’n motorongeluk in Man-heim, Duitsland, beseer en is 12 dae later oorlede. Volgens inligting het hy sodanig herstel dat sy koffers reeds gepak was om na die VSA terug te keer. ’n CIA-agent, Douglas Buzata wat in 1999 oorlede is, het in sy dagboek detail bevestig hoe hy die motorongeluk beplan en uitgevoer het. Heelwat ander inligting is onlangs ook vrygestel hoe Patton in die hospitaal vermoor is.

Patton se ambisie om met sy magte Berlyn voor die Russiese magte te bereik, is deur die opperbevelvoerder van die Amerikaanse taakmag, genl Dwight D Eisenhower, latere Amerikaanse president, belemmer wat brandstof en wapentuig, bedoel vir genl Patton se magte, aan die meer versigtige Britse genl Bernard Montgomery beskikbaar gestel het.

Patton was daarvan oortuig dat Eisenhower hom doelbewus verhoed het om die sogenaamde Falaise Gap in Frankryk gedurende die herfs van 1944 te sluit. Dit sou verhoed dat honderde duisende Duitse troepe daardeur ontsnap om weer by Duitse gevegslinies aan te sluit. Hierdie strategiese fout het tot ’n verlenging van die oorlog gelei en die dood van duisende Amerikaanse soldate gedurende die Duitse winter teenoffensief bekend as die “Battle of the Bulge” veroorsaak.

Om Stalin gelukkig te hou, is Patton se magte ook tot stilstand geroep toe hulle die Duitse grens bereik het en verhoed was om Berlyn en Praag te beset. Dit het tot die Russiese dominansie van Oos-Europa na die oorlog gelei.

Patton is deur sy meerderes as ’n bedreiging beskou, omdat hy oor teveel inligting beskik het wat hy wou openbaar maak en dit het hulle loopbane bedreig. Dit word betwyfel of Dwight D Eisenhower as president verkies sou gewees het as Patton oorleef het om sy verhaal te vertel.

Patton het die Russe nie vertrou nie en was van die Amerikaanse opperbevel se wesentlike verraad bewus wat tot die Koue Oorlog aanleiding sou gee. Hy was gereed om na die VSA terug te keer en ’n veldtog te begin om alles rakende sy veldtogte wat doelbewus gestop is en onderhandelinge met die Russe bloot te lê. Die Amerikaanse en Russiese regerings was uiters bevrees vir so ’n veldtog. Die Amerikaners het in vergaderings met Stalin basies ooreengekom om Oos-Europa aan Rusland af te staan in ruil vir sy hulp in die totstandkoming van die Verenigde Nasies – ’n droom van presidente Franklin D Roosevelt en liberale demokrate onder Harry S Truman.

Hoe anders kon die geskiedenis nie verloop het indien genl. Patton toegelaat was om sy militêre veldtog volgens sy planne voort te sit nie. Nie alleen kon die beëindiging van die oorlog met ongeveer twee jaar vervroeg gewees het nie, maar dink net aan die duisende lewens wat gespaar kon gewees het. Russiese dominansie van Oos-Europa kon voorkom gewees het. Die voortsetting van Joodse massamoorde kon verhoed gewees het.

Rondom Patton se dood is daar heelwat ander interessante feite wat indien daar ’n belangstelling is in ’n opvolgartikel verstrek kan word.

Mac Botha

Hierdie artikel bewys weer eens dat God Drie-enig die verloop van gebeure reeds voor die grondlegging van die wêreld bepaal het (Ef 1:4). Die mens wik, maar God beskik oor alle gebeure. Niks gebeur per toeval nie. – Redaksie

’n Stukkie Amerikaanse historiese perspektief

Page 15: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 13

Dit is met groot hartseer dat ons op 8 November 2016 moes afskeid neem van een van die mees gerespekteerde lidmate van ons gemeente, Francois Viljoen. Enkele weke voor sy afsterwe het hy geval en sy heup gebreek, waarvoor hy ’n operasie ondergaan het. Maar hy het nooit daarvan herstel nie en geleidelik het sy gesondheid versleg. Tot op die dag deur God bepaal, het Francois gesterf.

Francois Viljoen is 67 jaar gelede op Vaalwater, in die Bosveld, gebore as die jongste van vyf kinders en die enigste seun van sy ouers. Sy pa was ’n onderwyser en Francois het op Vaalwater, Groblersdal en grotendeels op Tzaneen grootgeword. Hy matrikuleer op Tzaneen aan Hoërskool Ben Vorster. Direk daarna gaan studeer hy aan die PU vir CHO (NWU) in Teologie. Dit is hier waar ek, bykans 50 jaar gelede, Francois ontmoet het. Ons het saam die BA-graad en Honns BA gedoen. Nagte om het ons as jong studente saam geworstel met Grieks, Hebreeus, Aramees, Latyn en Duits. Toe alreeds het ek besef: Francois is ’n hoogs intelligente en bekwame mens wat geseënd is met ’n goeie verstand. Na gebedsworsteling besluit hy egter om nie verder voort te gaan met Teologie nie, maar om oor te skakel na Regte. Hy begin met LLB wat hy spoedig voltooi met onderskeiding. Na sy Weermag-dae begin hy by die destydse Volkskas werk in hulle boedel afdeling en bevind hom spoedig in hulle Regsdienste. Na ’n tyd aanvaar hy ’n pos in die Regsdienste van Nedbank. Hy sou daar as hoof van hulle Regsdienste na 22 jaar diens aftree.

Intussen studeer hy verder en behaal ’n doktorsgraad (LLD) in Staats- en Volkereg. Later behaal hy ook ’n meestersgraad in Bank- en Beursreg. Na sy aftrede enkele jare gelede studeer hy verder en was tot met sy afsterwe besig met ’n meestersgraad in Latyn. Francois,

die ewige student met soveel mooi gawes wat die Here hom geskenk het.

Op universiteit ontmoet hy vir Elaine met wie hy 41 jaar lank getroud was. Uit hulle huwelik is drie dogters, Elaine, Nicola en Francoise gebore. Hulle het ook tweeling-kleinkinders. Sy gesin was vir Francois sy trots. Hy het op sy rustige en gedissiplineerde manier sy gesin voorgegaan in voorbeeld en daad. Daarom is sy dood vir hulle so erg en voel hulle verskeur en verflenter.

Genadiglik sal die Here, weet ons, troos en genade skenk in hierdie groot hartseer.

Vir die afgelope 30 jaar was Francois en Elaine en hulle gesin lidmate in ons gemeente. Opreg meelewend en getrou aan die Here God het hulle hulle bydrae gelewer in God se Koninkryk. Francois was ’n besondere ouderling, aangesien hy die oorspronklike tale waarin die Bybel geskryf is geken

het en kon hy met wysheid en insig lidmate in sy wyk bedien. Daarby was hy ’n opregte kind van God wat geleef het in die vaste geloof in Jesus Christus. Hy het deernis gehad vir mense en as ’n rustige en fyn mens in aanvoeling en emosionele geloofskrag het hy sy werk as ouderling gedoen. Hy en Elaine was ook getrou in die bywoning van gemeenteaksies en het hulle invloed ook daar laat geld.

Elaine het ’n wonderlike eggenoot verloor … sy dogters ’n liefdevolle pa … ek ’n goeie vriend … en ons gemeente ’n lojale en innemende ouderling en lidmaat.

Ons harte gaan uit na Elaine en haar kinders in hierdie hartseer tyd. Ons bede is en bly dat die Here hulle deur sy Gees sal vertroos, krag sal gee om, te midde van droefheid, voort te gaan. Mag hulle die nabyheid van Jesus ervaar en die ryke liefde van die Vader en die alomteenwoordige krag van die Heilige Gees.

Nico Ligthelm

Ter nagedagtenis: Francois Viljoen

Page 16: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

14

Nuwe kerkraadsledeEmile Strydom

Genie Conradie

’n Gees van opgewondenheid het dié Sondagmiddag geheers in afwagting vir die aanvang van die Kerssangdiens. Die pragtige blommerangskikking deur Sylvia Greyling het die feestelike atmosfeer verhoog. ’n Goed gebalanseerde program van sang, solo-instrument en voorlesings uit die Skrif het bygedra om die gemeente in die betekenis van die geboorte van Jesus Christus, die Verlosser, te laat deel. Ter aanvang het Anri Kotzee op die dwarsfluit, begelei deur Susan Swanepoel op die klavier, op treffende wyse ’n gewyde stemming vir die uitvoering geskep. Hierna het die vertolking van Thabang en die Bel Canto Ensemble met Mary’s Boy Child die gehoor nog meer ontvanklik vir die res van die program gemaak.

Ds Dirk het met die votum en seëngroet gevolg en die gemeente ook by die program met samesang betrek. Die uitvoering het op ses afdelings van Christus se koms gekonsentreer, naamlik vreugde, genade, krag, vervulling van die belofte, vrede en vooruitsig van sy wederkoms.

Tussendeur is gepaste Skrifgedeeltes deur ds Dirk, Danielle Greyling, Santie Gouws, Danie Gouws en Francois du Preez op treffende wyse voorgelees wat die trefkrag van die uitvoering nog verder verhoog het. Loveline en die Bel Canto Ensemble het die program op ’n hoogtepunt met The Holy City afgesluit.

Die redaksie van Dopperdinge wil Susan en almal wat daartoe meegehelp het om so ’n suksesvolle uitvoering op ’n hoë noot af te sluit van harte bedank. ’n Spesiale woord van dank aan Susan vir haar uitstekende, simpatieke begeleiding. Dankie aan almal wat die aand opgetree het. Ook aan Rina Helberg en haar span wat na afloop van die program heerlike verversings aangebied het. Laastens aan Sylvia Greyling die blomme was pragtig, dankie. Woorde ontbreek, maar wees verseker daar is groot waardering vir so ’n genoeglike funksie wat ons as lidmate van Pretoria-Alkantrant in Christus tot ’n eenheid saamvoeg.

Kerssangdiens – 27 November 2016Zizzi Zitha – Bas, Anri Kotzee – Fluit, Thabang Senekal – Bariton, Loveline Madumo – Sopraan, Jonathan Watkins – Kontratenoor, Ilze Coetzee – Sopraan, Susan Swanepoel – Orrel en Klavier

Page 17: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 15

Feitlik elke skool, kerk, sportklub of ander organisasie het in een of ander stadium ’n koeksister- of pannekoek-insamelingsveldtog geloods. Dikwels word ’n ou gesegde steeds gehoor dat menige kerk of skoolsaal deur die verkope van koeksisters, pannekoek en vetkoek gebou is.

In Pretoria-Alkantrant is die fondse, wat op hierdie wyse geïn is, nie vir kerkbou nie maar vir die ondersteuning van die Paul Krugerkinderhuis in Reddersburg aangewend. Die spandering daarvan is ook aan die kerkraad oorgelaat om dit na goeddunke, veral ten opsigte van liefdadigheid, te bestee.

Ons wil Alida en Frik Visser van harte bedank dat hulle nege jaar lank die span gelei en die organisasie asook aankope behartig het. Dit getuig van harde werk en deeglike beplanning. Na hulle uittrede is die span steeds geïnspireer om die werk voort te sit. My dank ook aan die begeesterde en ywerige baksters, saam met die paar vrywilligers, dat ons vir ’n goeie doel kan voortwoeker. Laastens, hartlike dank aan al ons ondersteuners wat gereeld van die lekker koeksisters aankoop. Sonder julle sal dit nie die moeite werd wees nie.

Sylvia Greyling

Die Koeksisterbrigade

As ek die woorde koffiekroeg of kafeïenkantien hoor, raak ek sommer opgewonde. Dit is ’n lekker, lawwe kuier waar ons lag, speel en in die geloof as jong Christene groei.

Wat ook al jou voorkeur vir ’n drinkding mag wees, ons Alkantrant se koffiekroeg het dit op die spyskaart. Van “Hug in a Mug” tot warm sjokolade opgedien in ‘n koffiebeker wat ons eie identiteit uitbeeld – ja, ons verf tot ons eie koffiebekers!

Jy mag selfs honger kom, daar sal koekies, beskuit of ‘n oliebol of twee wees om aan te knibbel terwyl ons oor onderwerpe gesels waaroor ons wonder:

• Wat gebeur met my wanneer ek sterwe?• Is my geloof die regte geloof?

• Verhoudings• Stiltetyd• En nog vele meer…Ons kuier nie net lekker met ’n beker koffie in die

hand nie, maar kyk ook graag na Louie Giglio se videos.

As tieners is ons braaf en daag selfs ds Dirk uit deur stomstreke en Pictionary met ’n Bybelvasvra as onderwerp te speel. So het ons al geleer dat dit sleg vir jou “gesondheid” is om ’n weddenskap met die dominee aan te gaan, want jy gaan definitief verloor.

Die Alkantrantkoffiekroeg is ’n plek waar tieners werklik tieners kan wees. As jy in graad 7 of iewers tot matriek is, kom drink koffie Sondaglaatmiddag by ons kafeïenkantien. Maak nuwe vriende en leer God se Woord ken.

Danielle Greyling (Gr 9)

Koffiekroeg alias Kafeïenkantien

Page 18: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

18

Teeskink- beurte

Page 19: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 19

Page 20: Dopperdinge - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/... · Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge

Saterdag aand - 04 MaartAlle gesinne wat lus is vir lag en pret! Kom geniet saam met ons ’n aand van

VET PRET!

Ons kom tussen 16:30 en 17:00 bymekaar by die kerk, waar hamburgers en skyfies aan almal voorsien word. Elkeen bou sy eie hamburger. Ons begin 18:00 met die speletjies en behoort, met die blaaskans tussen in, teen 22:00 klaar te wees.

Kostes: R50 per persoon of R200 vir families wat meer as vier is. Dit sluit in: Hamburgers & Skyfies en aankope van items vir speletjies. Elke gesin moet net sy eie koelboks met drinkgoed bring!