:~dier,~kunde,~kundige,~land,~leer,~literatuur,~ wêreld. · 2020. 6. 11. · Die woordeboek gee...

15
1 C Oefen taal bl. 91 Werkboek 1 Taalfokus 1: Werk met ‘n woordeboek ‘n Woordeboek is alfabeties opgeteken. Wanneer jy ‘n woord naslaan, kyk eers na die woord se eerste letter. Daarna kyk jy na die tweede letter. Verfyn so jou soektog weer alfabeties. Een woord kan meer as een betekenis hê daarom is die konteks waarin die woord gebruik word baie belangrik. Die woordeboek gee ook ander inligting as net die betekenis of definisie van elke woord. Jy kan ook die meervoud, woordsoort en samestellings sien. Jy kan ook idiome in die woordeboek kry. Soek die trefwoord en die idoom sal opgeteken wees. Kom ons kyk na die woord: lettergreep woordsoort meervoud definisie definisie fa•bel s.nw.(-s) 1. Verdigte vertelling met opvoedkundige doel: Die fabels van Esopus. 2. Versinsel, leuen, verdigsel: Dis sommer pure fabels. Dit behoort tot die ryk van die fabels, is ‘n versinsel. [Lat.fabula storie] fabel:~dier,~kunde,~kundige,~land,~leer,~literatuur,~ wêreld. Samestellings oorsprong Kwartaal 2 Week 5-6 15 Junie 2020

Transcript of :~dier,~kunde,~kundige,~land,~leer,~literatuur,~ wêreld. · 2020. 6. 11. · Die woordeboek gee...

  • 1

    C Oefen taal bl. 91

    Werkboek 1

    Taalfokus 1: Werk met ‘n woordeboek

    ‘n Woordeboek is alfabeties opgeteken.

    Wanneer jy ‘n woord naslaan, kyk eers na die woord se eerste letter. Daarna

    kyk jy na die tweede letter. Verfyn so jou soektog weer alfabeties.

    Een woord kan meer as een betekenis hê daarom is die konteks waarin die

    woord gebruik word baie belangrik.

    Die woordeboek gee ook ander inligting as net die betekenis of definisie van

    elke woord. Jy kan ook die meervoud, woordsoort en samestellings sien.

    Jy kan ook idiome in die woordeboek kry. Soek die trefwoord en die idoom sal

    opgeteken wees.

    Kom ons kyk na die woord:

    lettergreep woordsoort meervoud definisie definisie

    fa•bel s.nw.(-s) 1. Verdigte vertelling met opvoedkundige

    doel: Die fabels van Esopus. 2. Versinsel, leuen,

    verdigsel: Dis sommer pure fabels. Dit behoort tot die

    ryk van die fabels, is ‘n versinsel. [Lat.fabula storie]

    fabel:~dier,~kunde,~kundige,~land,~leer,~literatuur,~

    wêreld. Samestellings oorsprong

    Kwartaal 2

    Week 5-6

    15 Junie 2020

  • 2

    Opdrag 1

    Slaan die volgende in ‘n woordeboek na. Skryf die definisie en die woordsoort

    neer.

    1. brandmerk 2. skuiling 3. veronderstel

    4. fantasties 5. bont 6. verteller

    7. buitelyn 8. onsigbare 9. distrik

    Opdrag 2

    Skryf die meervoude van die volgende woorde neer. Gebruik jou woordeboek om die

    meervoude na te slaan. Maak seker jy weet hoe om die meervoud in die

    woordeboek na te slaan.

    1. vlug 2. masjien 3. storie

    4. fabel 5. skildery 6. leuen

    Opdrag 3

    Kyk weer na die woordeboek definisie van fabel op bladsy 1.

    1. Soek ‘n woord in die definisie wat sê watter doel ‘n fabel het.

    2. Uit watter taal kom die woord fabel? Kyk spesifiek na die gedeelte tussen [ ]

    3. Kyk na die moontlike samestellings van die woord fabel. Kies een samestelling en

    maak ‘n sin daarmee.

    4. Slaan die woord aap na. Kyk of jy ‘n idoom onder die woord aap kan kry. Skryf die

    idoom neer.

  • 3

    C Oefen taal bl. 92

    Werkboek 1

    Taalfokus 2: Leenwoorde

    Waar kom ons woorde vandaan?

    Afrikaans is ‘n taal wat uit ander tale woorde leen.

    Afrikaans leen woorde uit Maleis, Khoisan, Engels, Frans, Duits, Nederlands,

    Italiaans, Latyn, Zoeloe en Xhosa.

    Sommige leenwoorde word net soos in die oorspronklike taal gespel.

    - Ubuntu – Zoeloe

    - Croissant – Frans

    - Cowboy, rock (musiek) – Engels

    - Pizza – Italiaans

    - Tsotsi – Xhosa

    Ander leenwoorde word op ‘n Afrikaanse manier gespel.

    - Oukei – Engels (OK)

    - Aikôna – Zoeloe (hawukona)

    - Riksja – Hindi (riksha)

    - Sjampanje – Frans (champagne)

    - Tsoenami – Japannees (tsunami)

    Kwartaal 2

    Week 5-6

    16 Junie 2020

  • 4

    Opdrag 1

    Trek die tabel oor in jou boek. Kyk na die volgende kolom met woorde uit ander tale.

    Kies een woord uit elke taal en maak ‘n sin van die woord. Jy moet agt sinne maak.

    Een uit elke taal.

    Byvoorbeeld: Ons gaan vannaand by ‘n Franse restaurant eet. (Frans).

    Frans mayonnaise restaurant garage croissant

    Engels blog rap optof snob

    Portugees sambreel bottel amper tronk

    Maleis baie sosatie piering baadjie

    Khoisan aitsa abba eina hoeka

    Afrikatale ayoba impi shongololo Indaba

    Spaans tornado kitaar sigaar Kafeteria

    Japannees soesji karate judo

    Opdrag 2

    Pas die volgende leenwoorde en verklarings bymekaar.

    Kolom A Kolom B

    ‘n musiekinstrument

    ‘n huurmotor

    ‘n tradisionele heler

    vleis en groente op ‘n stokkie

    ‘n ronde stuk deeg met bolaag

    ‘n afdak wat met gras bedek is

    insekte

    pizza sosatie sangoma lapa goggas kitaar taxi

  • 5

    C Oefen taal bl. 92-93

    Werkboek 1

    Taalfokus 3: Enkelvoudige sin

    ‘n Enkelvoudige sin

    Bevat slegs een gesegde.

    Die gesegde is die groepie werkwoorde wat saam een handeling aandui.

    Die persoon/ding verantwoordelik vir die handeling is die onderwerp.

    Die persoon/ding wat die handeling ondergaan, is die voorwerp.

    Die woord of groep woorde wat die onderwerp of voorwerp beskryf, is die

    byvoeglike bepaling.

    Die woord of groep woorde wat die gesegde beskryf, is die bywoordelike

    bepaling.

    Kom ons ontleed die volgende sin

    Voorbeeld:

    Die spekskietende Uilspieël gaan later ‘n onware storie vertel.

    spekskietende – byvoeglike bepaling wat die onderwerp (Uilspieël) beskryf.

    Die Uilspieël – onderwerp wat die handeling uitvoer.

    gaan vertel – die gesegde wat die handeling beskryf.

    later – bywoordelike bepaling wat die gesegde beskryf.

    ‘n storie – die voorwerp wat die handeling ondergaan.

    onware – byvoeglike bepaling wat die voorwerp, (‘n storie) beskryf.

    Kwartaal 2

    Week 5-6

    17 Junie 2020

  • 6

    Opdrag 1

    Enkelvoudige sinne.

    Deel die volgende sinne op in ‘n gesegde, onderwerp en voorwerp. Jy kan die

    verskillende deel met verskillende kleure onderstreep of vorms om dit trek.

    Voorbeeld:

    Onderwerp – ow.

    Gesegde – g.

    Voorwerp – vw.

    ow. g. vw. byvoeglike bepaling

    vreet gras in die veld.

    1. Die seuns speel heerlik en opwindende rugby.

    2. Die vliegtuig vlieg oor die huise.

    3. Ons leer vir ons toets.

    4. Die muis hol weg van die kwaai en ratse kat.

    C Oefen taal bl. 92-93

    Werkboek 1

    Taalkfokus 4: Voorsetsels

    Voorsetsels

    Word gebruik om posisie aan te dui.

    - Hy het die stoel agter hom geskuif.

    - Hy sit die groente in die mandjie.

    - Hulle stap deur die woud.

    - Ek het voor in die ry gaan staan.

    Voorsetsels word ook gebruik om verhouding aan te dui.

    Die skaap

  • 7

    - Sy praat oor die telefoon.

    - Die dief is op heterdaad betrap.

    Nog voorsetsels: oor, aan, agter, bo,buite, by, deur, in, met, na, om, onder,

    op, per, teen, ten, tot, tussen, uit, van, vir, voor.

    Opdrag 1

    Vul die voorsetsels in. Skryf die sin oor en onderstreep die voorsetsel.

    1. Die by sit ______ die man se neus.

    2. As die bye klaar gewerk het, vlieg hulle terug _______ hulle korf.

    3. Die skilder hou sy kwas _______ sy hand.

    4. Die bye zoom _______ die heuningfles.

    5. Daar is ‘n brug ________ die rivier.

    6. Die landgraaf vra _____ Uilspieël wat sy ambag is.

    7. Die landgraaf hou baie _______ die skilderye wat Uilspieël vir hom wys.

    8. Die landgraaf se vrou is verbaas ______ die feit dat haar man deur Uilspieël

    mislei is.

    9. Die landgraaf is kwaad _____ Uilspieël omdat hy hom bedrieg het.

    Opdrag 2

    Skryf net die voorsetsel in elke sin neer.

    1. Op ons terugreis het dit goed gegaan.

    2. Die by spring oor die mieliebos.

    3. Die seun het onder ‘n doringboom gaan lê.

    4. Hulle sien die klipskeur langs die pad.

    5. Hulle sit die heuning in die skottels.

  • 8

    Deurlopende assessering:

    Werkboek 1

    Voltooi die deurlopende assessering op bladsy 96. Voltooi nommer 1 – 6.

    KABV (DBE) werk:

    Bladsy 109-115.

    Gebruik bl. 112 -113 om jou te help met die 19de Junie se werk. Jy kan dit gebruik

    as deel van jou beplanning vir die volgende werk.

    D Skryf: Skryf ‘n kort fabel

    Werkboek 2

    Skryf ‘n fabel van tussen160-170 woorde.

    Jy moet ‘n breinkaart en ‘n eerste weergawe skryf. Skryf die eerste weergawe

    in potlood.

    Deel jou breinkaart op in Wie? Wie is jou karakters. Waar? Waar speel dit af?

    Wat gebeur? Die verloop van jou storie moet ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde

    hê. Maak seker jy deel dit so op. Skryf die naam van jou fabel in die middel.

    Redigeer jou eerste weergawe.

    Kyk op bl. 95 na die kontrolelys. Maak seker jou fabel voldoen aan die lys.

    Kwartaal 2

    Week 5-6

    18 Junie 2020

    Kwartaal 2

    Week 5-6

    19 Junie 2020

  • 9

    Skryf jou finale weergawe netjies oor. Maak seker van jou sinskonstruksies en

    spelling. Skryf asseblief mooi en netjies.

    Jou fabel kan of ‘n les hê of dit kan ‘n wolhaarstorie wees.

    As jy ‘n ernstige fabel skryf MOET jou verhaal ‘n les hê.

    - Dink aan die fabel van die haas en die skilpad – die les in die storie is-

    as jy nie die vinnigste nie, kan jy steeds wen.

    As jy ‘n wolhaarstorie skryf, KAN jou storie onrealisties en vol oordrywing

    wees.

    Vir albei soorte fabels:

    - Besluit wie jou karakters gaan wees (mense en/of diere).

    - Dink aan waar jou storie gaan afspeel.

    - Wat gaan in jou storie gebeur?

  • 10

    Memorandum van 8 -12 Junie 2020

    Week 5 – 6

    8 Junie 2020

    Woordeskat

    Werkboek 1

    1. spekskieter – spek-skie-ter – iemand wat grootpraat of iemand wat bogstories

    vertel.

    2. fabels – fa-bels – verdigte vertelling met opvoedkundige doel.

    3. Uilspieël – uil-spie-ël – iemand wat verspotte dinge doen of sê.

    4. wolhaarstories – wol-haar-sto-ries - kafpraatjies of ‘n geklets. Onwaar stories.

    5. adellike – a-del-li-ke – van adel, iemand tot die stand van die edeles behoort.

    6. landgraaf – land-graaf – adellike titel van ‘n Europese heerser direk

    ondergeskik aan die koning.

    7. liggelowig – lig-ge-lo-wig – geneig om alles sonder ondersoek, maklik te glo.

    8. etlike – et-li-ke – meer as een.

    9. sedeles – se-de-les – vermaning omtrent wat goed of kwaad is.

    10. vertellings – ver-tel-lings – handling van vertel.

    11. vermiste – ver-mis-te – iemand wat spoorloos verdwyn het.

    12. bogstories – bog-sto-ries -nog ‘n manier om kafpraatjies of wolhaarstories te

    sê.

    13. kafpraatjies – kaf-praat-jies – onsinnige praatjies (bogpraatjies).

    14. humoristies – hu-mo-ris-ties – vol humor of grappig.

    15. edele – e-de-le – ‘n hooggeplaasde persoon. ‘n Aanspreekvorm vir sommige

    hooggeplaasdes.

  • 11

    Week 5-6

    Tema 8 Wolwaarstories

    9 Junie 2020

    A Luister en praat bl. 86

    Luistertoets bl. 86 (antwoord in volsinne). Die luistertoets tel uit 8 punte.

    1. Tienduisend-en-een. 2. Hy het hulle op die linkerboud gebrandmerk.

    3. PB – Pa sê by. 4. Die bont by met die wit voorpoot was weg.

    5. Hulle kon die by se skoenspore volg. 6. Die haan spring in die water en roei met

    sy vlerke.

    7. Op ’n eiland waar hy voor ‘’n ploeg ingespan was. 8. Spekskietstories.

    Tref met taal bl. 86 (werkboek 1)

    Idiome: Trek die tabel oor en pas die idiome by die korrekte betekenis. Skryf kolom A

    net so oor, maar skryf die korrekte betekenis langs die idioom.

    Kolom A Kolom B

    Idioom Betekenis

    1. Dis sommer pure fabels Dit is onwaar

    2. ‘n Leuen het ‘n kort been Leuens word gou ontdek

    3. Lieg soos ‘n tandetrekker Baie groot leuens vertel

    4. ‘n Liegbek ‘n Leuenaar

    5. ‘n Wit leuen vertel ‘n Onskuldige leuen vertel

    6. Iemand in die nek kyk Iemand bedrieg

    7. Iemand aan die neus lei Iemand bedrieg

    8. Iemand om die bos lei Iemand bedrieg

  • 12

    Week 5-6

    Tema 8 Wolwaarstories bl. 87

    10 Junie 2020

    Werkboek 1

    Werk met woorde

    1. Kies die korrekte woord tussen hakies:

    a. Die vrou het ‘n infame (leun / leuen / leen) vertel.

    b. Sy vriend is so (gelowig / liggelowig / omkoopbaar) en glo sowaar alles wat

    hy sê.

    c. ‘n (Spekvreter/ Spekskieter / Spektakel) is ‘n persoon wat baie

    wolhaarstories vertel.

    d. Al haar vertellings is (humeurig / humorloos / humoristies / humorsin).

    e. Hy het hom ‘n (papie / pappie / pap) gelag!

    2. a. Is die eerste reël letterlik of figuurlik bedoel?

    Figuurlik.

    b. Verduidelik jou antwoord by a.

    Die waarheid veroorsaak nie liggaamlike pyn nie, maar geestelike of

    emosionele pyn.

    c. Wat beteken “dis nie altemit nie?”

    Dit is verseker so.

    d. Wat is die “ding” wat almal so begeer?

    Die waarheid.

    Gee die regte vorm van die woord tussen hakies:

    e. Iets wat iemand begeer, is sy begeerte.

  • 13

    f. Verduidelik hoekom niemand die ding wat hulle so begeer, wil besit nie.

    Dit is juis omdat die waarheid ‘n mens so seer kan maak dat jy dit liewer nie

    wil hê nie, al begeer jy dit.

    Week 5-6

    Tema 8 Wolwaarstories bl. 88-89

    11 Junie 2020

    B Lees en kyk

    Werkboek 1

    Antwoord in volsinne.

    Beantwoord die post-lees op bladsy 89. Beantwoord vraag 1-10.

    1. Die by was gebrandmerk.

    2. Hy kon goed swem.

    3. Die by is gebrandmerk. Die by word opgesaal. Die hoenderhaan word agter die by

    vasgemaak. Die by swem goed. Die mieliepitte groei binne twee dae in ‘n ruigte. Die

    by spring oor die mieliebos.

    4.a. Daar was ‘n mieliebos in die rivier.

    b. Die by het oor die mieliebos gespring

    5.a. Die by het ’n klipskeur vol heuningkoeke gemaak.

    b. Die verteller was so bly dat hy die heuning saam huis toe wou neem.

    6. Hulle het houers vir die heuning gaan haal.

    7. Binne drie dae is hy elf maande ouer as sy pa.

    8. Die mielies in die rivier het hom die grootste mielieboer gemaak.

    9. Almal sal hulle eie einde hê. (Ons sal in die klas daarna kyk.)

  • 14

    10. Ooreenkomste:

    Die stories het dieselfde titel.

    In albei stories raak die by weg.

    Die haan help die verteller in beide stories.

    In beide stories word die by opgesaal en die hoenderhaan word agter hom

    vasgemaak.

    Verskille:

    In die een storie het die by ’n boer gehelp en in die ander storie weet ons nie

    waar die by was nie.

    In die een storie het die haan met sy vlerke geroei en in die ander het die by

    goed geswem.

    In die een word daar niks van die terugtog huis toe vertel nie, maar in die

    ander een word die terugtog in detail bespreek.

    Lees teks 2 (‘n Kortverhaal) op bl. 89-90 twee keer.

    Beantwoord die post-lees op bladsy 90. Beantwoord vraag 1-6.

    1. Hy het gesê dat hy ‘n kunstenaar is. Hy het beskilderde doeke wat hy gekoop

    het as sy eie werk gewys.

    2. Waar, hy wou ’n familieportret hê en was bereid om enige iets daarvoor te

    betaal.

    3. Mense wat na sy werk kyk en nie werklik van adellike afkoms is nie, sal niks

    kan sien nie.

    4. Hy wou nie hê Uilspieël moet dink dat hy nie van adellike afkoms is nie.

    5. Uilspieël was ‘n bedrieër wat hom om die bos gelei het.

    6. As jy te bewus van jou status is, kan dit die manier waarop jy die werklikheid

    sien, beïnvloed.

  • 15

    Vat saam: Kom ons vergelyk.

    Kom ons kyk bietjie na die twee stories wat julle gelees het.

    1. Hoekom sê ons teks 1 is ‘n spekskietstorie?

    Die fabel is vol allerande onmoontlikhede.

    2. In watter opsig stem teks 1 en teks 2 ooreen? Skryf een sin neer.

    Albei tekste het te doen met hoe mense die werklikheid sien.

    3. Noem een belangrike verskil tussen die twee tekste.

    Storie 1 is lighartig, terwyl storie 2 ’n belangrike morele les het.