Die visgraat 14

12
Skoolkoerant van Dr. CF Visserskool Uitgawe 14 Tweede Kwartaal 2014 LIBRA MOTORS For all your fuel needs Quick Shop 24 Hrs Service Dezi Verwey wys die sonneblompit Hanko Kruger Jy hoor seker gereeld dat die onderwysers sê: “Is jou ore blompotte?” Jy sal nie jou ore glo vir wat jy nou gaan hoor nie. Dezi Verwey, gr 2 leerder van Dr. CF Visserskool, het dit bewys en hierdie is nie ‘n geval van “mielies in iemand se oor plant” nie! Sy het die dag van die dansafsluiting gekla dat haar oor seer is. Haar ma het vir haar koorsmedisyne gegee. In Desember het sy dokter toe gegaan. Die dokter het gesê dat daar was in Dezi se oor is, en het ‘waxol’ voorgeskryf. Vier dae later gaan sy weer dokter toe. Die dokter sê Dezi het ‘n abses in haar oor, maar dit raak nie beter nie. Vanjaar 11 Junie gaan Dezi na Dr. Grobbelaar, wat ‘n oor-, neus- en keel spesialis is... toe bring hulle eers die kloutjie by die oor. Die dokter sien dat daar ‘n sonneblompit in haar oor is en haal dit uit! Die Verweys weet nie hoe die pit daar gekom het nie, maar vermoed dat dit deur swem of buitespeel daar beland het. En Dezi? Wat sê sy daaroor? Sy was baie verbaas toe die pit daar uitkom en is net dankbaar dat sy nou weer die ene ore kan wees. Sy is moeg daarvoor om met ‘n halwe oor na alles te luister. Pasop! Die gedagte dat ore blompotte kan wees is dalk nie so vergesog nie! MAZELSPOORT ROAD BLOEMFONTEIN 9301 P.O. BOX 3203 TEL: (051) 441-7682 FAX: (051) 441-7782

description

Die visgraat 14

Transcript of Die visgraat 14

Page 1: Die visgraat 14

Skoolkoerant van Dr. CF Visserskool

Uitgawe 14 Tweede Kwartaal 2014

LIBRA MOTORS

For all your fuel needs

Quick Shop

24 Hrs Service

Dezi Verwey wys die sonneblompit

Hanko Kruger

Jy hoor seker gereeld dat die onderwysers sê: “Is jou ore blompotte?” Jy sal nie jou ore glo vir wat jy nou gaan hoor nie. Dezi Verwey, gr 2 leerder van Dr. CF Visserskool, het dit

bewys en hierdie is nie ‘n geval van “mielies in iemand se oor plant” nie! Sy het die dag van die dansafsluiting gekla dat haar oor seer is. Haar ma het vir haar koorsmedisyne gegee. In Desember het sy dokter toe

gegaan. Die dokter het gesê dat daar was in Dezi se oor is, en het ‘waxol’ voorgeskryf. Vier dae later gaan sy weer dokter toe. Die dokter sê Dezi het ‘n abses in haar oor, maar dit raak nie beter nie. Vanjaar 11 Junie gaan Dezi na Dr. Grobbelaar, wat ‘n oor-, neus- en keel spesialis is... toe bring hulle eers die kloutjie by die oor. Die dokter sien dat daar ‘n sonneblompit in haar oor is en haal dit uit! Die Verweys weet nie hoe die pit daar gekom het nie, maar vermoed dat dit deur swem of buitespeel daar beland het. En Dezi? Wat sê sy daaroor? Sy was baie verbaas toe die pit daar uitkom en is net dankbaar dat sy nou weer die ene ore kan wees. Sy is moeg daarvoor om met ‘n halwe oor na alles te luister. Pasop! Die gedagte dat ore blompotte kan wees is dalk nie so vergesog nie!

MAZELSPOORT ROAD

BLOEMFONTEIN 9301

P.O. BOX 3203

TEL: (051) 441-7682

FAX: (051) 441-7782

Page 2: Die visgraat 14

__________________________________________________________________________________________

2 NUUS Die Visgraat, Tweede Kwartaal

JAHN’S ELECTRICAL

Electrical Contracting, Maintenance

and Certification

Jahn Verwey

0825695763 E-mail:

[email protected] Fax: 086 206 3206

Office: 082562 7764

Vir die rol, is sy die meeste van die tyd op die agtergrond, terwyl die kamera partykeer op haar sal fokus. Die stel van “Black Sails” lyk baie soos ‘n regte eilanddorpie van 1715, wat in die Karibiese Eilande is. Dit voel asof jy teruggaan in tyd as jy op die stel werk. Daar is regte huisies, geboue en strate waarin hul beweeg. Daar is selfs ‘n nagemaakte see en strand. Juf. Anso kuier bietjie by haar ouers en het vir twee weke weer bietjie kom uithelp as onderwyseres by die skool. Sy begin weer in Oktober aan die derde seisoen verfilm.

Die stel van “Black Sails”

(Foto’s: Anso)

Antoiné van Eeden

Die afgelope jaar bly Juf. Anso van Eeden al in die Kaap waar sy in die filmbedryf werk. Sy het al verskeie internasionale advertensies en ‘n TV reeks gedoen. Ongelukkig was sy nog nie in een Suid-Afrikaanse advertensie, TV reeks of film nie. Sy hoop regtig dat sy 'n kans sal kry om ook eendag in so iets te wees. Van September tot April word daar heelwat oorsese advertensies, TV reekse en flieks in die Kaap verfilm. Juf. Anso het al klein rolletjies gehad in advertensies vir Duitsland, Asië, Maleisië en Australië.

Juf. Anso met haar kostuum vir

haar rol in “Black Sails”

Sy het ‘n hoofrol gehad in ‘n advertensie vir Amerikaanse en Kanadese TV. Die advertensie was vir “Go daddy”. Vir die advertensie is hulle in ‘n lugballon bo Kaapstad opgevat. Dit was ‘n besonderse belewenis. In Augustus verlede jaar was sy ook in die kinderproduksie, “The Ugly Duckling”, wat in die Milnerton Playhouse opgevoer is. Van Oktober tot Mei het sy aan die tweede siesoen van “Black Sails” verfilm. Dit is ‘n Amerikaanse TV reeks wat oor seerowers gaan. Hulle moes elke dag klere aantrek wat uit die 1715’s kom. In die somer het hul sommige dae ongelooflik warm gekry. Sy moes elke dag 4h00 op die stel wees en dan tot 19h00 werk. In die oggend wanneer sy by die studio aankom, moet sy eers haar kostuum aantrek, daarna moet sy vir haar hare en grimering gaan. Daar het hulle haar hare gevleg en op haar kop vasgesteek. Daarna word sy grimeer sodat sy lyk asof sy vuil is.

Advertensies

‘n Groot dankie aan almal wat in hierdie uitgawe geadverteer

het. Met jul hulp kon ons hierdie uitgawe druk.

Kom ons ondersteun hul ook asseblief in hul

besighede!

Page 3: Die visgraat 14

Die Visgraat, Tweede Kwartaal NUUS 3

Ané Els

John en Josephine is Visser- familie en die Vissie-familie word groter.... Dr. Visser Skool verwelkom Nelson Moatobako. Op die dag van die 29e April 2014 het John en Josephine geboorte geskenk aan ‘n 2.5kg baba seun. Hy was 50cm lank. Vandag is hy reeds amper twee maande oud. Al is hy nog piepklein, het hy reeds sy eie identiteit. Sy suster Allen, in Gr 5, vertel as hy haar stem hoor, maak hy sy klein ogies reusagtig groot en ondersoek haar aandagtig. Wanneer mamma Josephine praat, lag hy te lekker en as pappa John praat, kyk hy dadelik op. Al het hy so ‘n kleine lyfie, maak hy groot lawaai wanneer hy honger is. Die naam Nelson is aan hom gegee ter nagedagte aan oud President Nelson Mandela. Nelson, hier by Dr. Visserskool is reeds ‘n skoolbank met jou naam op!

Die eerste prys is deur Elize-Marie Sauerman gewen, die tweede prys Mev du Preez en die derde prys deur David. Die leerder wat die meeste boekies verkoop het is Brayn de Bruyn in Gr 2K met 27 boekies en Jaco Brits in Gr 4SO was ‘n kortkop agter hom met 21 boekies. Die nuwe kosverkope lokaal is ook sommer met die geleentheid ingewei met die verkoop van die koskaartjies daaruit. Die skool wil dan ook die volgende borge bedank: Naval Hill Spar, Checkers en Jahn’s Electrical. Met hulle ruim bydraes was die dag weereens ‘n groot sukses. Laastens ‘n groot dankie aan ons eregaste, die beeste! Sonder julle “drop” bydrae sal die dag nie moontlik wees nie.

Zantus Zeelie

Op 7 Junie 2014 het Dr. Visserskool weer sy jaarlikse Beesdrop aangebied en wat ‘n geleentheid was dit nie. Daar was lekker kos en vermaak vir oud en jonk. Die kunstenaar, Urnus Human, se musiek het bygedra tot ‘n lekker feestelike atmosfeer. Hierdie jaar het elke graad ‘n kleur verteenwoordig en was elke stalletjie mooi opgevrolik met helder kleure. Die stalletjie van die Pink Fat Ladies het baie aandag getrek met hulle besonderse uitrustings. Verskillende vertonings is aangebied waaronder ‘n hondevertoning, trompoppies en ‘n radio-beheerde helikopter wat vir die kinders lekkers afgegooi het.

“The Pink Fat Lady”-stalletjie

Hondevertoning bied hope vermaak

Page 4: Die visgraat 14

4 NUUS Die Visgraat, Tweede Kwartaal

Trompoppies van Sand du Plessis Hoërskool Dolverlief op Hamburgers?

Kerrie-en-rys by Sponge Bob Cheetah sosaties

Groot pret in die pretpark!

Urnus Human Modelvliegtuig vertoning Smurfie boereworsrolle

(Foto’s: Ansie)

Page 5: Die visgraat 14

Die Visgraat, Tweede Kwartaal NUUS 5

Ons Vissies maak dit duidelik: “There is no bussiness like Show bussiness.”

Ari-ila, half-nimf en half-aardmannetjie (Foto: Ilda)

Ané Els

Vir die heel eerste keer in Dr. CF Visserskool se geskiedenis het ons aan die “English Speech Festival” deelgeneem. Dit het plaasgevind vanaf 12 tot 15 Mei. Die Speech Festival is gehou by St Michael School in die Jubilee Hall. Die Vissies het hul Tweede taal behoorlik soos strelende musiek op die ore laat klink en pragtig presteer. Dr Visser is trots op die 21 leeringe wat deelgeneem het. Almal het puik presteer. Uitslae: JC du Randt A++ Ané Els A++ Ari-ila Peacock A++ Ruhan Smith A++ Naomie Broodryk A+

Zantus Zeelie A+ Paul Kruger A+ Luhann Kruger A+ Damian Kriel A+ Hanko Kruger A Roechelle Koekemoer A Danelle Joubert A Charlaine Crause A Nico Roodt A Michael Neveling A Christiaan Snyman A Groepe: Shadow A+ Teacher A As ‘n deelnemer was dit vir my die lekkerste om in Engels ‘n gedig voor te dra en ons skool met trots te verteenwoordig. Mede skoliere ek moedig julle aan om volgende keer deel te neem.

(Foto’s: Hanko)

Luan Verwey

Op ‘n koel herfsoggend by Dr. Visserskool is ons verras met ‘n warm besoek van die VEK Kerugma gemeente. ‘n Klompie vriendelike tannies van die gemeente het vir elke kind in ons skool ‘n paar lekker warm handskoene gebrei. Tannie Annemarie het ons kom vertel van Jesus se liefde en dat Hy

Mnr. Kirsten kry ook handskoene

wil hê dat ons mooi dinge met ons hande sal doen. Almal was baie bly dat hulle hande nou lekker warm kon kry. Lekker warmbrakke was ook op die spyskaart vir daai hol kol op almal se maag. Baie dankie VEK Kerugma vir ‘n heerlike oggend!

Page 6: Die visgraat 14

6 REDAKTEURSBRIEF Die Visgraat, Tweede Kwartaal

________________________________________________________________________________________

RESENSIE

Luhann Kruger

Google Earth is ‘n soek-enjin wat my altyd laat voel asof ek ‘n ruimtereisiger is wat na die aarde kyk. Ek tik in die soek-spasie: “Dr. CF. Visser, Tibbie Visserlaan, Estoire, Bloemfontein”. Iets wat speldekop-klein is, trek my soos ‘n magneet nader en nader...tot ek na ‘n perfekte bo-aansig foto van ons skool kyk.

In my verbeelding sien ek hoe vreemde ruimtewesens planne beraam om ons te besoek. Sê nou net blou is hul gunsteling kleur! Sê nou net hulle soek na alles wat blou is en neem dit na hulle Blou Planeet? Gaan hulle ons dalk kom opsuig in hul blinkblou vlieënde pierings? Lyk hulle soos Smurfies of Yoda’s? Ek glimlag oor my lawwe idee en keer terug na die werklikheid.

Redaksie Redakteur: Luhann Kruger Armand Immelman, Gr. 7

Michael Kühn, Gr. 6 Antoiné van Eeden, Gr. 6

Hanko Kruger, Gr. 5 Ané Els, Gr. 5

Zantus Zeelie, Gr. 4 Luan Verwey, Gr. 4

Roechelle Koekemoer, Gr. 4 Koördineerder: Ansie Kruger

Ek speel met die wieletjie van die muis onder my vingers en zoom terug in die ruimte in. Die hele aarde lê vasgevang op die skerm van my rekenaar. Ek kyk na ‘n deeltjie van God se skepping. Nog voor God die sterre gemaak het, nog voor Hy die see of die berge gemaak het, voordat God enige iets gemaak het, het Hy iets gedoen. Wat? Hy het vir JOU liefgehad... en JOU gekies om Syne te wees. “Even before He made the world, God loved us and chose us,” Ephesians 1:4 (NLT). Die grootheid van die gedagte tref my opnuut. Ek weet waar Dawid die wortels gegrawe het... En jy?

Antoiné van Eeden

Die fliek, met Hans Christian Andersen se “The Snow Queen” as inspirasie, gaan oor twee susters, die prinsesse Elsa en Anna. Elsa kan ys optower, maar na ‘n ongeluk besluit haar ouers dat sy haar gawe moet wegsteek, selfs vir Anna. Op die dag van Elsa se kroning bars daar chaos uit. Sy vlug en ‘n ysige winter daal oor haar koninkryk neer.

Anna sit haar agterna. Sy wil die vloek ophef. Die liefdesverhaal is nie die hooffokus nie en die towenaar is nie boos nie. Sy word net verkeerd verstaan. Dan is daar Olaf, ‘n skreeusnaakse sneeuman, en Sven, die takbok, wat die lagspiere prikkel. Dis beslis ‘n fliek om te sien.

Page 7: Die visgraat 14

Die Visgraat, Tweede Kwartaal PRETBLAD 7

deur Luhann Kruger

RUBRIEK

Wat dink dié hondjie?

EWENAAR

YODA

SODA KATEGESE

SKOONSUSTER

Stuur ‘n sms na 0849731895 met

jou ‘Hond se gedagte’, naam en

graad. Miskien word jou gedagte in

die volgende “Visgraat” geplaas.

Michael Kühn

Kinders vra: “Wat is daarmee verkeerd om te vloek?” “Ek wou by my skoolmaats inpas. Ek dink dis waarom ek die gewoonte aangeleer het om te vloek.”—Melanie. “Ek het nie gedink dat dit so verkeerd is om te vloek nie. Ek was heeltyd daaraan blootgestel—by die skool sowel as by die huis.”—David.

WAAROM word dit dikwels as normaal beskou wanneer volwassenes vloek, maar wanneer jongmense dit doen, word dit as skokkend beskou? Waarom vloek jy gewoonlik? □ Omdat jy kwaad is □ Om aandag te kry □ Om by jou maats in te pas □ Om selfversekerd te lyk □ Om jou teen gesag te verset Onder watter omstandighede is jy die meeste geneig om te vloek? □ By die skool □ In e-posse, kitsboodskappe of SMS’e □ Wanneer jy alleen is Hoe regverdig jy dit? □ Ouers doen dit □ Onderwysers doen dit

□ Vermaak is deurtrek daarvan

□ Dis nie so erg nie—dis net woorde □ Ek vloek net wanneer ek saam met mense is wat nie daardeur gepla word nie. Dink mooi hieroor: Onthou! Dis nie net woorde nie. Jesus het gesê: “Jou woorde toon wat in jou hart is” (Lukas 6:45) Kolossense 3:2: “Hou julle verstande gerig op die dinge daarbo.” Elke Vissie het dus ‘n goeie rede om vuil taal te vermy. Gee jouself ‘n “High- Five” as jy dit regkry om nie te vloek nie! Jy sal nie ’n geskenk waaraan jy waarde heg misbruik nie, nie waar nie? Waarom sou jy dan die gawe van spraak misbruik?

Page 8: Die visgraat 14

8 ONDERHOUD Die Visgraat, Tweede Kwartaal

NUUS

Tannie Marita van Aswegen

Hanko Kruger

Tannie Marita is betrokke by Dr. Visserskool vanaf 1980 toe haar oudste kind begin skool gaan het. In 1984 het sy by Dr. Visser begin met Kinderkrans hou. Toe was hulle ‘n hele paar tannies en het elkeen ‘n klas gevat. Soos die jare aangestap het, het net tannie Marita oorgebly. Sy doen dit omdat sy baie graag wil hê die kinders moet vir Jesus leer ken, want Hy is die belangrikste Een om te ken in mens se lewe. “Dit is so lekker om saam met kinders opgewonde te raak oor Jesus wat ons liefhet, sonder dat ons iets hoef te doen om dit te verdien. Hy is SOMMER net vir ons lief,” sê sy. Tannie Marita het Bybellesse van Amos, Kinders van Afrika, Kingdom Visuals en haar eie uitgewerkte lesse. Elke week voor sy haarself voorberei, bid sy en vra vir die Here om haar die regte keuse te laat doen oor watter les geskik is. Sy berei haar elke keer weer voor asof dit ‘n splinternuwe les is.

Armand Immelman

Julle almal ken seker die liedjie “Lekker verjaar Frikkie!”, wat oral te sien en te hoor is? Nou ja, probeer meneer Kirsten in die plek van Frikkie sit, dan sing jy dit so by jouself. Ai, ek dink Meneer het sy verjaardag baie geniet en dit was vet pret.

Meneer Kirsten kon rustig in sy leuenstoel

sit en na die advertensies kyk.

Tannie Marita kry baie terugvoer van kinders wat die Bybelgedeeltes onthou. Daar is ook kinders wat hulle lewens vir die eerste keer aan die Here oorgee. Daar is baie kinders wat klaar kinders van die Here is en wat deur die lesse groei om die Here nog beter te leer ken. Dit is vir die kinders vet pret om die Bybelverse te leer en ook die sentrale waarheid wat hulle leer, soos ‘n kreet te skree. Hulle is ook dol oor die prente, veral die flenniebord wat sy van Amerika af saamgebring het. Tannie Marita werk ook met Sotho kinders by Uitkoms Plaasskool en bring ook vir hulle dieselfde lesse uit die Bybel. Sy skryf ook stories vir kinders en hou daarvan om saam met haar kleinkinders die koppie op die plaas te gaan klim. Tannie Marita se gunsteling ding om te doen is om in die bed te lê en ‘n lekker boek te lees. Iets waarvan sy niks hou nie, is om saam met iemand in ‘n motor te ry, en te sien hy of sy konsentreer nie op wat hulle doen nie. Met hierdie beriggie oor tannie Marita wil ons Vissies dankie sê dat sy nou al vir 30 jaar getrou Jesus se hande, voete en stem is. Dankie vir elke liefdevolle woord, elke liefdevolle aanraking en vir die liefdevolle saamstap in ons lewens. Ons is lief vir Tannie. – (Redaksie, namens AL die Vissies)

Page 9: Die visgraat 14

Die Visgraat, Tweede Kwartaal NUUS 9

Die tema van die hele verjaarsdag was “inkopies doen” saam met meneer Kirsten. Die kinders was in ekstase oor hul eie aandeel aan die fees en het dit baie geniet. Meneer kon behoorlik kies en keur tussen al die produkte wat die leerders voorgestel het. Daar was Dr. Woef, die veearts en Praatkos vir Meneer se papegaai. Sommige leerders wou saam met hom ‘n Wilbur Smith storieboek en Liquerice lekkers gaan koop. Meneer kon gereedskap koop en ‘n Jeep se kwaliteite beskou. Gholfstokke, CAT skoene, ‘n Audi A3, Epol hondekos, ‘n skootrekenaar, Blackberry en selfs Coke het op die winkelrakke gewink. Uiteindelik het Meneer toe vir hom ‘n nuwe GPS vir sy motor aangeskaf met die verjaardaggeld wat die Vissies gebring het. Hoop Meneer geniet dit! Stywe lyne...ag myle!

Dr. Woef

Papegaaikos

Wilbur Smith storieboek Liquerice

Gereedskap Jeep

Coke Blackberry Skootrekenaar

Audi A3 Gholfstokke CAT skoene

(Foto’s: Riekie)

Page 10: Die visgraat 14

10 NUUS Die Visgraat, Tweede Kwartaal

Luhann Kruger “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God...” Die graad 6 en 7 klasse was op 16 April uitgenooi om na die Passiespele te gaan kyk wat deur Fichardpark Laerskool opgevoer is in die Sand du Plessis teater. Dit het gegaan oor Jesus se kruisiging uit Johannes se oogpunt. Die verhaal is baie goed vertolk. Die boodskap van Jesus se liefde was duidelik en opbouend. Al die karakters het die boodskap met passie oorgedra. Dit was hartseer om te sien hoe Jesus gely het, maar Hy het vir ons sondes gesterf en daarom moet ons dankbaar wees. Ek dink die passiespel het almal teenwoordig aangeraak. Dit was ‘n lekker ervaring en ons sê dankie vir al die onderwysers wat daar betrokke was.

Hanko Kruger ♫“Daar’s ‘n houtkruis, ja, ‘n Redder aan ‘n houtkruis vasgeslaan. Ja, daar was ‘n houtkruis en daarom sal ek sing.”♫ Op 18 April het juf. Ansie vir al die Vissies ‘n aanbieding gedoen oor die kruis van Jesus. Jesus het aan die kruis gesterf om my verhouding met God heel te maak. Elkeen wat hierdie boodskap verstaan en vir hom/haarself gevat het, kon sy/haar naam aan ‘n houtkruis vasgespyker het. God het elke mens geskep met ‘n spesiale plekkie (die mens se gees) wat net Hy kan volmaak.

Mense maak dikwels die plekkie vol met wêreldse dinge en dink dan dat hulle gelukkig sal wees. Dis egter nét God wat ewige blydskap kan gee aan die mens wat aan hom/haarself sterf en toelaat dat die Heilige Gees in hom/haar leef. Dit is net soos ‘n kar wat met brandstof ry en nie met pap of tamatiesop kán ry nie. Die Bybel sê as ons iets anders in die kern van ons lewe sit, behalwe God, dan kan ons ook nie behoorlik leef nie. Ons het elkeen ‘n klein houtkruisie gekry om ons te herinner dat ons nie vir onsself leef nie, maar dat Jesus deur ons wil leef.

Page 11: Die visgraat 14

Die Visgraat, Tweede Kwartaal NUUS 11

# Nutsman

# Klein

bouprojekte

# Vis- en Visdam-

deskundige

Kontak: Louis

082 4977 461

Roechelle Koekemoer Die seisoen het afgeskop met verskeie Netbaldae vir al die ouderdomme by verskillende skole. Die gr 1 span het net twee wedstryde gespeel waarvan hulle albei gewen het. Die o/13A span het ook al hul wedstryde gewen. Al die spanne het hard gewerk, fiks geword en balwerk geoefen. Elke Woensdag was dit tyd vir wedstryde en almal was baie opgewonde. Die busryery was groot pret. Ons het die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n wen vir al die spanne teen Phamisang. Hoop ons het volgende jaar weer ‘n suksesvolle en lekker seisoen.

Gr 1 span

o/9 span

o/13 span

o/11 span o/13 span

Telnr: 051 433 4869

Andries Pretoriusstraat 130

Page 12: Die visgraat 14

12 NUUS Die Visgraat, Tweede Kwartaal

Trok alleen R25,00 per vrag/km Trok en wa beeste R32,00 per vrag/km Trok en wa skape R33,00 per vrag/km

Min vrag onder 45km R1 300,00 Alle vragte BTW uitgesluit

Michael Kühn

Op 12 April 2014 skop Dr. CF Visser se rugbyseisoen amptelik af met ‘n wedstryd teen Heide. Daaropvolgende wedstryde is ook gespeel teen Batho, Olympia, Rocklands en Grey College. Daar was ook afsonderlike rugbydae waarby al ons spanne betrokke was. Van al die wedstryde wat Visserskool die seisoen gespeel het, het die Gr 1 span van mnre. Bernard en Nicolaas 2 gewen en 1 verloor. Die o/9’s van mnr. Ronnie het al 4 wedstryde gewen. Die o/11 span van mnr. Zak het 4 gewen en 1 gelykop gespeel. Die o/13 span van oom Louis het 3 wedstryde gewen en 2 verloor. Die hoogtepunt van die seisoen was dat 3 uit die 4 spanne van Dr. Visser vir Grey gewen het. Daar is ook besluit dat ons in 2015 in ‘n hoër liga wil speel. Hier by Dr. Visserskool streef almal – spelers, ouers en afrigters daarna dat elke speler wel sy beste moet gee, maar die belangrikste is dat elke speler sy rugby moet geniet.

o/13 span o/11 span

o/9 span Gr 1 span