DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies...

12
Kol 3:11 Christus alles en in almal 1 DIE Riviertjie JENNINGSSTRAAT 55 STRAND TEL 021 853 5991 Jaargang 16 Nr 165 FEBRUARIE 2020 FB: Lourensrivier SeMense WEB: www.lourensrivier.co.za God praat op verskillende maniere met ons, maar ons moet luister en verstaan wat Hy vir ons wil sê. Verstaan jy die Boodskap? Vroeër jare toe die telegraaf die vinnigste medium was waarmee langafstand kommunikasie bewerkstellig kon word, het n jong man aansoek gedoen vir die werk as operateur van die Morse Kode by n sekere firma. Hy moes gaan vir n onderhoud en die kantoor waar hy moes wag, was baie besig en vol masjien geluide, ook die van die telegraaf in die agtergrond. n Nota op die ontvangsdame se toonbank het aansoekers versoek om n vorm in te vul en dan hul beurt af te wag. Die jong man het die vorm ingevul en saam met sewe ander aansoekers in die wagkamer gewag. Na n paar minute het hy opgestaan, na die kantoor waar die onderhoude gevoer word, gestap en ingegaan. Die ander aansoekers was verbaas en het gewonder hoekom hy sommer kon instap. Hulle was oortuig dat niemand geroep was vir n onderhoud nie en het geglo dat die jong man se optrede teen hom sou tel. Na n paar minute het die bestuurder met die jong man in die deur verskyn en aan die ander aansoekers gesê: “Menere, baie dankie dat u gekom het. Die pos is egter sopas gevul.” Die mans was ontevrede en het onder mekaar gemurmureer. Een van hulle het toe sy beswaar geopper: “Wag net, Meneer, ons verstaan dit nie. Hy het heel laaste opgedaag en u het nie eens ‘n onderhoud met ons gevoer nie. Tog word hy aangestel. Dit is nie billik nie!” Die bestuurder het hom vinnig reggehelp: “Ek is jammer, maar terwyl julle hier gesit het, het die telegraaf die volgende boodskap in Morse Kode gegee: ‘As jy hierdie boodskap verstaan, kan jy dadelik inkom. Die pos is joune.’ Nie een van julle het die boodskap gehoor of dit verstaan nie. Die jong man het dit egter verstaan en daarom is die pos syne. Ons leef in n wêreld vol besige en woelige geluide net soos in die kantoor. Mense se aandag word afgetrek en daarom hoor hulle nie God se stem as Hy deur die skepping, die Bybel, ens. met ons praat nie. Bron: algoagemeenskapskerk.com LEES BINNE Wat is nuus? 2 Wat gebeur waar en wanneer? 3 Rentmeesterskap 4 Dinamiet Kidz en Belofteland 5 Jongspan 6 Woordsoek 7 Antwoorde 8 Jeug 9 BID 10 Huwelik 11 Depressie 101 11 Advertensie 12 Het jy ‘n lekker resep, ‘n oulike storie, ‘n spesiale foto, of het jy ‘n belangrike datum wat jy wil deurgee? Vier jy ‘n 40ste of 50ste huweliksherdenking? Stuur jou foto’s, stories, resepte, en wenke na [email protected]

Transcript of DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies...

Page 1: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

Kol 3:11 Christus alles en in almal

1

DIE Riviertjie

JENNINGSSTRAAT 55 STRAND TEL 021 853 5991

Jaargang 16 Nr 165 FEBRUARIE 2020

FB: Lourensrivier SeMense WEB: www.lourensrivier.co.za

God praat op verskillende maniere met ons, maar ons moet luister

en verstaan wat Hy vir ons wil sê.

Verstaan jy die Boodskap?

Vroeër jare toe die telegraaf die vinnigste medium was waarmee langafstand kommunikasie bewerkstellig kon word, het ’n jong man aansoek gedoen vir die werk as operateur van die Morse Kode by ’n sekere firma. Hy moes gaan vir ’n onderhoud en die kantoor waar hy moes wag, was baie besig en vol masjien geluide, ook die van die telegraaf in die agtergrond. ’n Nota op die ontvangsdame se toonbank het aansoekers versoek om ’n vorm in te vul en dan hul beurt af te wag. Die jong man het die vorm ingevul en saam met sewe ander aansoekers in die wagkamer gewag. Na ’n paar minute het hy opgestaan, na die kantoor waar die onderhoude gevoer word, gestap en ingegaan. Die ander aansoekers was verbaas en het gewonder hoekom hy sommer kon instap. Hulle was oortuig dat niemand geroep was vir ’n onderhoud nie en het geglo dat die jong man se optrede teen hom sou tel. Na ’n paar minute het die bestuurder met die jong man in die deur verskyn en aan die ander aansoekers gesê: “Menere, baie dankie dat u gekom het. Die pos is egter sopas gevul.” Die mans was ontevrede en het onder mekaar gemurmureer. Een van hulle het toe sy beswaar geopper: “Wag net, Meneer, ons verstaan dit nie. Hy het heel laaste opgedaag en u het nie eens ‘n onderhoud met ons gevoer nie. Tog word hy aangestel. Dit is nie billik nie!” Die bestuurder het hom vinnig reggehelp: “Ek is jammer, maar terwyl julle hier gesit het, het die telegraaf die volgende boodskap in Morse Kode gegee: ‘As jy hierdie boodskap verstaan, kan jy dadelik inkom. Die pos is joune.’ Nie een van julle het die boodskap gehoor of dit verstaan nie. Die jong man het dit egter verstaan en daarom is die pos syne. Ons leef in ’n wêreld vol besige en woelige geluide net soos in die kantoor. Mense se aandag word afgetrek en daarom hoor hulle nie God se stem as Hy deur die skepping, die Bybel, ens. met ons praat nie.

Bron: algoagemeenskapskerk.com

LEES BINNE

Wat is nuus? 2

Wat gebeur waar en wanneer?

3

Rentmeesterskap 4

Dinamiet Kidz en Belofteland

5

Jongspan 6

Woordsoek 7

Antwoorde 8

Jeug 9

BID 10

Huwelik 11

Depressie 101 11

Advertensie 12

Het jy ‘n lekker resep, ‘n oulike storie, ‘n

spesiale foto, of het jy ‘n belangrike datum wat jy wil deurgee? Vier jy ‘n 40ste of

50ste huweliksherdenking?

Stuur jou foto’s,

stories, resepte, en wenke na

[email protected]

Page 2: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

2 Kol 3:11 Christus alles en in almal

.

Gemeentenuus BERG 80 VERJAARSDAE

MAART 2020

Ouderdom op lys is huidige ouderdom tensy verjaarsdag al verby is.

Wêreldbiddag 5 Maart

Ons nooi spesiaal ook alle Zimbabwiese mans en vroue in die Helderberg-area uit na dié

geleentheid. As jy ’n Zimbabwiese man of vrou ken, vertel hulle van dié biddag

en nooi hulle asseblief uit.

Almal is welkom.

Page 3: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

Kol 3:11 Christus alles en in almal

3

Wat gebeur waar en wanneer?

BERG-EN-SEEKLUB VIR SENIOR BURGERS Donderdag 5 Maart 09:30

Plek: Moedergemeente Somerset-Wes, Andries Pretoriusstraat Die bekende en bekroonde akteurspaar Carel Trichardt en Petru Wessels tree op

in ‘n volledige produksie (komedie). Ds. Hennie Fouche van Hottentotsholland –Gemeente doen die Skriflesing en gebed. Tee en verversings word ook bedien.

Almal is baie welkom. Koste: Lede R10 Besoekers R50.

Kom geniet ’n inspirerende Kuieroggend saam met MARTELIZE BRINK

(RSG-omroeper, regisseur en motiveringspreker)

TEMA:

HOE ONS DIE KLAPPE VAN DIE LEWE

SUKSESVOL KAN HANTEER

Datum: Saterdag 14 Maart 2020;

Tyd: 10:00;

Koste: R80 per persoon;

Plek: Suider-Strand Gemeente. Kaartjies

beskikbaar by Suider-Strand Kerkkantoor.

Page 4: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

4 Kol 3:11 Christus alles en in almal

Rentmeesterskap

Filippense 4:17-19

Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle

gawe is voor God ’n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

Betaalwyses vir alle bydraes

Inbetaling by kerkkantoor (kaartfasiliteit ook nou beskikbaar) M.b.v. dienswerker Aftrekorder (reël self by bank) EFT

Oorweeg dit asb. ernstig om bydraes met debietorders te maak. Vorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

Jy kan ook die ZAPPER selfoontoepassing as ’n addisionele manier vir Bankkollekte en dankoffer bydraes gebruik. Laai die “APP” gratis van jou selfoon se “app store” af. Jy sal deur Zapper van elke transaksie verwittig word.

Vir inligting of navrae: 021 853 5991 of [email protected]

Dankoffer Geleenthede

Nagmaal Februarie; Mei; Augustus; November

Tiende: Oktober

Bankbesonderhede Rekeningnaam: NGK Lourensrivier Bank ABSA Bank Strand Rekeningnommer: 420 580 231 (Takkode 334 312) Elektroniese oorplasing: Stuur ’n bewys van inbetaling aan kerkkantoor per e-pos, [email protected] of faks 021 853 8009 met verwysing: Naam, wyk– of satellietnommer Waarvoor bv. dankoffer, voedselfees.

Page 5: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

Kol 3:11 Christus alles en in almal

5

DINAMIET KIDZ & BELOFTELAND

DAAR IS ‘N STORIE IN ELKE KLEUR Die graad eens het onlangs meer oor kleure in die woordlose boekie geleer en kon lekker kreatief raak deur ‘n armband te maak wat al die kleure waaroor hulle geleer het, verteenwoordig. Die kleure: Goud: Laat ons dink aan 'n kroon, God dra die kroon. Hy is Koning. Swart: Is ons sonde en ons moet bid vir vergifnis. Rooi: God het sy seun, Jesus gestuur om vir ons sonde aan die kruis te sterf. Die bloed van Jesus wat gevloei het vir ons sondes en die prys betaal het sodat ons verlos kan word van sondes. Wit: Die reinheid van iemand wat God aanneem. Groen: Ons moet dink aan die groen gras en so moet ons as kinders van God ook groei en ander mense (en kinders) van God vertel.

Page 6: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

6 Kol 3:11 Christus alles en in almal

Jongspan Wie is ek? (Antwoorde bl.8)

A

B

C

Page 7: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

Kol 3:11 Christus alles en in almal

7

Page 8: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

8 Kol 3:11 Christus alles en in almal

Antwoorde

A B

C

Page 9: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

Kol 3:11 Christus alles en in almal

9

JEUG Lifeline Youth Nuus

GROOT OPWINDING ONDER DIE JEUG

Daar was onlangs baie groot opwinding en met baie goeie rede: Lifeline Jeug het sy eerste (en amptelike) man-vrou-leeu-kompetisie gehou. Daar was baie gelag en groot kompetisie gewees

soos die jeug baklei het vir die beker. Op die ou einde het Tara Kruger die beker en spog-regte huis toe gevat na 'n intense finaal. Die jeug het die kompetisie baie geniet en daar is groot opwagting vir

die volgende een.- Attie (Adriaan Lambrecht).

BEURTKRAG NIE ‘N PROBLEEM VIR Dié JEUG

Loadshedding gaan ons nie keer om God se naam groot te maak met ‘Praise and Worship’ nie. Die jeug het plan gemaak met beurtkrag en kitaar en stem ingespan vir die lofprysing.

Lifeline is hoofsaaklik vir gr 8 tot 12 leerders, maar enige jong volwassene is welkom. Die tieners kom elke Sondag om 17:30 tot 19:00 in die saal bymekaar. Enige iemand kan op enige stadium

inskakel. Dit is nog nie te laat nie. Sien julle almal Sondag!!

Lifeline Youth het Sondag 16 Februarie die Bybel op ’n nuwe manier leer ken. Die jongklomp het ‘pictionary’ en ‘30 seconds’ gespeel met Bybel stories as temas.

Vir enige navrae kontak Tijane Visser 0832870954

Page 10: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

10 Kol 3:11 Christus alles en in almal

Bid, Inligting en Dank (BID) Ds. Willem Botes en sy vrou Annalie, lidmate van Lourensrivier Gemeente, het vir 39 jaar as sendelinge in die Transkei onder die Xhosa mense gewerk. Eers vir ongeveer 8 jaar in Isilimela gemeente en daarna vir 31 jaar in Decoligny gemeente. Gedurende die tyd wat die egpaar in Decoligny was, het Lourensrivier gemeente by hulle betrokke geraak en het lidmate Decoligny dikwels besoek. Lourensrivier was een van die gemeentes wat oor die jare finansiële steun aan Decoligny gemeente gegee het en tot ds. Botes se salaris bygedra het – hulle het op ’n geloofsbasis gewerk en nie ’n vaste salaris van ’n instansie soos ’n gemeente of Sinode gekry het nie. Dit was vir ds. Botes baie belangrik om oor die jare weekliks inligting van die Decoligny gemeente aan hulle ondersteuners, individue en gemeentes, te stuur. Hierdeur is almal op hoogte gehou wat besig was om te gebeur en ter wille van voorbidding. Daarom is die woord BID gebruik, wat staan vir Bid, Inligting en Dank. Met sy aftrede in 2015 het die kerkraad van Decoligny gevra dat ds. Botes steeds inligting aan al hulle ondersteuners op ’n maandelikse basis deurgee. Daar word maandeliks ongeveer 380 eposse uitgestuur met inligting van Sam Dandala wat deur Decoligny se kerkraad aangewys is, asook inligting van Felicia Twantwa, die prinsipaal van die Sinethemba Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief:

BID: Decoligny (2020-02-14)

BID: Decoligny gemeente se eerste Kerkraad Vergadering van die jaar word gehou op 16 Februarie. Die Voorsitters van die verskillende aksies van die gemeente kom op 22 - 23 Februarie byeen vir beplanning en opleiding. Die Jeug Aksie Kamp word gehou op 7 Maart; die Vroue Wêreld Biddag op 7 Maart te Tsolo en die Manne Aksie se werkswinkel vind plaas op 15 Maart INLIGTING: Sam probeer sy bes om die krisisse op Decoligny se gronde te hanteer, maar hy sukkel en raak al hoe meer moedeloos. Tog sê hy dat hy nie wil opgee om die eiendom van die kerk te beskerm nie. Hy het egter ons gebede nodig. Daar is baie struikelblokke om die situasie op Decoligny se grond te normaliseer. Die plakkers is stelselmatig besig om Silowa Konferensie Sentrum, wat aan die Sinode behoort, te stroop. Hierdie Sentrum is teen die einde van die sewentiger jare vir die Sinode op die gronde van Decoligny gebou vir gebruik deur die Sinode. Van die mense wat op 'n stadium daar in beheer was, het dit aan verskillende instansies verhuur, maar nou staan dit leeg. Alles binne die geboue, elektriese en water koppelinge, plafonne, vensters en deure is reeds gesteel. Nou is reeds die helfte van die kamers se dakke afgesteel. Dit is vinnig besig om 'n murasie te word. Daar is ook die probleem van 'n inwoner wat nie huur betaal nie en nou sommer die omheiningsdraad geknip het om 'n nuwe ingang na sy huis te maak. Laat ons bid teen al hierdie probleme. DANK: Die fondsinsameling van die Vroue Aksie op 2 Februarie was 'n groot sukses. 'n Nuwe leraar, NW Calvary, is bevestig in die VGK Mthatha gemeente op 8 Februarie Dit gaan goed met die personeel en kinders van Sinethemba. Daar is tans 35 kinders en hulle wag vir die res om terug te kom. Die ouers neem eers hul kinders na die hoofstroom skole en wanneer hulle weer geld het, kom Sinethemba se kinders aan die beurt. (Inligting voorsien deur Sam Dandala (Decoligny) en Felicia Twantwa (Sinethemba).

Page 11: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

Kol 3:11 Christus alles en in almal

11

DEPRESSIE 101

SKRYFTERAPIE

Kom ervaar die verlossende krag van skryfterapie in ’n werkwinkel aangebied deur Lizette Rabe, professor in

joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, gebaseer op

haar boek Om tot verhaal te kom (Lapa Uitgewers).

Twee werkwinkels word aangebied, op Saterdae 7 Maart en

14 Maart en word aangebied in die Departement Joernalistiek

se lesinglokaal, Crozierstraat 26, Stellenbosch.

Dana Snyman en sy Swarthond-produkte sal ook by die

geleenthede teenwoordig wees. Die werkwinkel is van 09:00

tot 13:00, met registrasie vanaf 08:30.

Die koste is R375, wat ’n aankomskoffie/tee asook ’n teebreuk en ’n aantekeningboekie en pen insluit.

Bespreek aanlyn by Quicket. Vir meer inligting kan jy Ithemba

kontak by [email protected].

7 BELANGRIKE VRAE WAT JY JOU MAAT MOET VRA

Kommunikasie-tool Vraag 1: Wat kan ek doen om jou te help? Vraag 2: Wat kan ek doen om jou meer geliefd te laat voel? Vraag 3: Verstaan ek jou reg as jy sê... Vraag 4: Wat kan ons saam doen om daardie doelwit te bereik? Vraag 5: Wil jy hê ons moet weer daaroor gesels? Vraag 6: Wat is jou mooiste herinnering van ons saam? Vraag 7: Dink jy ons bestee genoeg tyd saam? Lees die volledige artikel op Intiem.co.za https://bit.ly/2vZKsWR

DIE HUWELIK

EN JY

Page 12: DIE Riviertjie...Kinderhuis. Dié kinderhuis is in 2008 gebou en versorg verstandelik en fisies gestremde kinders. Nuusbrief: BID: Decoligny (2020-02-14) BID: Decoligny gemeente se

12 Kol 3:11 Christus alles en in almal