Die maatjies van die bos is in die skool. · 2020. 4. 20. · Kyk, ons maatjies in die bos is nou...
Transcript of Die maatjies van die bos is in die skool. · 2020. 4. 20. · Kyk, ons maatjies in die bos is nou...
Die maatjies van die bos is in die skool.
Dis ‘n treurige storie (maar
met ‘n gelukkige
einde!)
Deur Kathryn Warner en aangepas deur Johanna Pienaar
Dit is Juffrou Uil.
Sy hou skool by Laerskool Bosland. Sy is baie
lief vir boeke en lees graag. Vandag is haar
hart baie seer.
Iemand het hierdie boek baie sleg behandel! Kyk vir die arme padda. Daar is bo-oor hom gekrap met kryt en ‘n potlood!
Kyk na meneer Slak! Daar is prentjies orals rondom hom geteken.
Wag ‘n bietjie! Is dit sap en sjokolade oral op Sarie Skoenlapper? Geen wonder sy lyk so ongelukkig nie!
Dit lyk asof iemand in die modder gespeel het terwyl hulle hierdie boek gelees het. Meneer Skilpad hou nie van modder nie!
Daar is plakkers en nogmaals plakkers op hierdie bladsy! Daar is selfs ‘n plakker op Willie Wurm geplak! Willie is lus om te huil!
Agge nee! Dit word net erger en erger! Iemand het hierdie bladsy geskeur. Arme
Valie Voëltjie!
Kyk, ons maatjies in die bos is nou weer gelukkig! Hulle weet dat jy mooi sal werk met hierdie boek en ook met AL die ander boeke in die klas.
Hoe kan ons mooi na boeke kyk? Wat dink jy?