Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · om nader aan God te beweeg en te ervaar hoe Hy...

49
Die krag van ’n vrou wat bid

Transcript of Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · om nader aan God te beweeg en te ervaar hoe Hy...

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 3 12/7/2012 12:14:05 PM

Die krag van

’n vrou wat bid

26 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

P HOOFSTUK EEN p

Here, trek my nader sodat ekmeer intiem saam met U kan wandel

oordat ek die Here leer ken het, was ek betrokke by

allerhande soorte okkulte praktyke en Oosterse en New

Age-godsdienste. Ek het na God gesoek in elkeen van

hierdie godsdienste, in die hoop om betekenis of ’n doel vir my

lewe te vind. Ek was desperaat om ’n manier te vind om uit die

emosionele pyn, vrees en depressie te ontsnap wat ek elke dag van

my lewe ervaar het vandat ek ’n kind was. Ek het gedink daar moes

vir seker ’n God wees en as ek net goed genoeg kon wees om naby

aan Hom te kom, sou iets van sy grootsheid dalk op my afgee en

dan kon ek beter voel oor myself en my lewe.

Natuurlik kon ek dit nooit regkry nie, want die gode wat ek

gedien het, was afsydig, koud en ver weg. Dit het my net al hoe de-

pressiewer gemaak, want ek is grootgemaak deur ’n ma wat afsydig,

koud en ver weg was, om nie eens te praat van gewelddadig, vrees-

aanjaend en wreed nie. Daar is later vasgestel dat sy geestelik versteur

was en ek het haar sedertdien vergewe vir alles wat ek onder haar

moes deurmaak. Tog het die herinnerings aan my kinderjare uit-

eindelik opgebou tot ’n sneeustorting van pyn wat so ondraaglik

geword het dat ek op die ou end deur my eie hooploosheid versmoor

is en verpletter is deur selfmoordgedagtes en wanhoop.

Maar dit was eers op die laagste punt in my lewe, toe ek 28 jaar

oud was, dat ek uitgevind het wie God regtig is en Jesus as my

Verlosser aanvaar het. Dit het ’n proses van verlossing, genesing

V

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 26 12/7/2012 12:14:06 PM

27

en herstel aan die gang gesit, ’n proses wat ek nooit gedroom het

moontlik was nie.

Vandat ek die Here in my lewe ontvang en begin ervaar het hoe

sy lewe in my werk, kon ek die gemene deler sien in al daardie

ander godsdienste en praktyke waarin ek voorheen verstrengel was.

Hierdie ooreenkoms is dat die gode van elkeen van daardie gods-

dienste geen mag het om te red of ’n menslike lewe te verander nie.

Maar die God van die Bybel het. Hy is die ware, lewende God. En

wanneer ons Hóm vind en Hóm ontvang, kom woon sy Gees ín

ons. Deur die krag van sy Gees verander Hy ons van binne af na

buite én Hy verander ons omstandighede en ons lewe op ’n won-

derbaarlike manier.

Ek het ook geleer dat Hy ’n God is wat gevind kan word. ’n God

wat geken kan word. ’n God wat naby aan ons wil wees. Dit is hoekom

Hy Immanuel genoem word, wat beteken “God mét ons”. Maar Hy

nader tot óns soos ons tot Hóm nader (vgl. Jak. 4:8).

As ek saam met jou iewers kon gaan sit en persoonlik met jou

kon gesels oor jou lewe, sou ek jou vertel dat as jy die Here in jou

lewe het, die antwoord op wat jy nodig het binne-in jou is. Dit is

omdat die Heilige Gees van God in jou is en Hy jou in alle dinge sal

lei en jou alles sal leer wat jy moet weet. Hy sal jou en jou

omstandighede verander soos jy in jou hoogste verwagtings nie kon

dink moontlik is nie, as jy net sal ophou probeer om dit sélf reg te

kry en Hóm sal toelaat om dit op sý manier en op sý tyd te doen.

Dit gaan hier nie daaroor om te streef daarna om goed genoeg

te wees om tot by God te kom nie, want daar is geen manier hoe

enigeen van ons goed genoeg kan wees nie. Dit gaan daaroor om

die goedheid van God toe te laat om ín jou te wees. Dit gaan daaroor

om nader aan God te beweeg en te ervaar hoe Hy nader aan jou

beweeg. Dit gaan daaroor om intiem saam met God te lewe en oor

die heelheid wat in jou bewerk sal word as gevolg daarvan.

Ek weet wat jy wil hê

Ek het in die afgelope drie of vier jaar al baie gereis om met vroue-

groepe te gesels. Byna oral waar ek was in hierdie tydperk het ek ’n

opname gedoen vir die boek wat ek toe besig was om te skryf met

die titel The power of a praying® husband. Ek wou weet hoe vroue

Here, trek my …

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 27 12/7/2012 12:14:06 PM

28 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

wou hê daar vir hulle gebid moes word. Hulle reaksie was nie ver-

basend nie, maar die feit dat dit in elke stad en dorp eenparig was,

was verstommend. Die grootste persoonlike behoefte van alle vroue

wat deel was van my ondersoek, was dat hulle geestelik sou groei

en ’n diep, sterk, lewenskragtige, lewensveranderende, geloofgevul-

de lewe saam met God sou hê. Ek het op die ou end opgehou met

die ondersoek, want die resultate was altyd dieselfde. En ek het

verstaan.

Ek is seker dat jy, soos ek en baie ander vroue, ’n diep, intieme,

liefdevolle verhouding met God wil hê. Jy sal nie hierdie boek lees

as dit nie jou begeerte is nie. Jy smag na die nabyheid, die band en

die bevestiging dat wie jy is, goed en begeerlik is. Maar God is die

enigste Een wat dít alles die hele tyd aan jou kan gee. Jou diepste

behoeftes en verlangens sal slegs vervul word in ’n intieme verhou-

ding met Hom. Niemand kan jou ooit so goed ken of so baie liefhê

soos Hy nie. Daardie onversadigbare verlange na méér wat jy ervaar,

die leegheid wat jy wil hê die mense naaste aan jou moet vul, is

daar geplaas deur God sodat Hý dit kan vul.

God wil hê ons moet smag na Hom. En wanneer ons besef dat

dit na Hom is wat ons verlang, word ons vry. Ons word vry om die

verlange, eensaamheid en leegheid binne-in ons te identifiseer as

ons teken dat ons met oop arms nader aan God moet beweeg en

Hom moet vra om ons te vul met meer van Hom. Maar hierdie diep

en intieme verhouding met God wat ons almal begeer en waarsonder

ons nie kan leef nie, gebeur nie sommer net nie. Ons moet dit

soek, daarvoor bid, dit koester en bewaar. En ons moet aanhoudenddaarna soek, daarvoor bid, dit koester en bewaar.

Vyf goeie maniere om vas te stel

of jy net oppervlakkig saam met God lewe

1. As jy die Here volg net vir wat Hy vir jou kan doen, lewe jy net op-

pervlakkig saam met God. As jy Hom lief genoeg het om Hom te

vra wat jy vir Hom kan doen, groei jou verhouding dieper.

2. As jy net tot God bid wanneer die lewe moeilik raak of wanneer jyiets nodig het, lewe jy oppervlakkig saam met God. As jy vind dat

jy baie keer op ’n dag tot God bid omdat jy daarvan hou om in sy

teenwoordigheid te wees, groei jou verhouding dieper.

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 28 12/7/2012 12:14:06 PM

29

3. As jy kwaad word vir God of teleurgesteld voel in Hom wanneer Hynie doen wat jy wil hê nie, wandel jy net oppervlakkig saam met

God. As jy God kan prys ongeag wat in jou lewe gebeur, groei

jou verhouding met Hom dieper.

4. As jy God liefhet net vir wat Hy doen, lewe jy net oppervlakkig

saam met Hom. As jy Hom liefhet en aanbid vir wie Hy is, groei

jou verhouding met Hom al hoe dieper.

5. As jy dink jy moet God smeek of sy arm draai om Hom so ver te kryom jou gebede te beantwoord, lewe jy net oppervlakkig saam met

Hom. As jy glo dat God die gebede wat jy bid ooreenkomstig sy

wil sal beantwoord, groei jou verhouding met Hom al hoe dieper.

Bring tyd alleen saam met Hom deur

Ons kan nooit nader aan God beweeg, Hom goed leer ken of die

soort intieme verhouding wat ons begeer, ontwikkel as ons nie tyd

alleen saam met Hom deurbring nie. Dit is in hierdie privaat tye dat

ons verfris, versterk en bekragtig word. Dit is dan dat ons na ons

lewe kan kyk vanuit God se perspektief en ontdek wat werklik be-

langrik is. Dít is wanneer ons verstaan aan wie ons behoort en in

wie ons glo.

God het so baie om te sê in jou lewe. Maar as jy nie eenkant

gaan sit, weg van die bedrywigheid van jou dag en tyd alleen saam

met Hom deurbring in stilte en afsondering nie, sal jy nie hoor wat

Hy sê nie. Jesus self het baie tyd alleen saam met God deurgebring.

As enigiemand dit kon bekostig om dit nié te doen nie, sou dit

sekerlik Jesus gewees het. Hoeveel belangriker is dit dan nie vir

ons om dit te doen nie?

Ek weet dit kan moeilik wees om tyd te vind om alleen te wees.

Veral wanneer die vyand van jou siel nie wil hê jy moet alleen saam

met God wees nie. Maar as jy dit ’n prioriteit maak om ’n spesifieke

tyd van elke dag opsy te sit om te bid, en dit miskien ook in jou

dagbeplanner neerskryf soos jy met enige ander belangrike datum

of afspraak doen, en as jy vasbeslote is om hierdie vaste afspraak

met God na te kom, sal jy antwoorde op jou gebede sien soos nog

nooit vantevore nie.

Onthou, as jy nie baie bid nie, kan jy nie verwag dat jou lewe

oornag sal verander nie. Dit neem tyd om die massiewe skip van

Here, trek my …

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 29 12/7/2012 12:14:06 PM

30 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

jou lewe om te draai en in ’n ander rigting te stuur. Jou lewe her-

posisioneer hom nie onmiddellik die oomblik wanneer jy aan die

stuur raak nie. Jy kan in werklikheid in die begin skaars enige ver-

anderings raak sien. Dit is dieselfde met gebed. Gebed kan jou

lewe radikaal verander, maar dit gebeur nie noodwendig die oomblik

wanneer jy jou eerste paar woorde uiter nie. Dit mag ’n tydperk van

aanhoudende gebed verg voordat jy uiteindelik die omgewing sien

verander. Dit is normaal; moet dus nie moed opgee nie. Jy sal sommer

gou in volle vaart in ’n nuwe rigting beweeg. Mense gee te dikwels

moed op net voor hulle eerste deurbraak tot in die ryk van beant-

woorde gebede. Onthou, hierdie reis is nie ’n minireis rondom die

hawe nie; dit is ’n lewenslange reis om jou bestemming te bereik.

Om moed op te gee is nie ’n opsie nie.

Die Name van God

Sukkel jy ooit om name te onthou? Ek sukkel daarmee. Veral wan-

neer ek ’n groot klomp mense gelyk ontmoet. Ek kan gesigte en

name afsonderlik onthou, maar ek sit nie altyd die regte naam by

die regte gesig nie. En dit laat my soms in die moeilikheid beland.

Met God is dit heeltemal anders. Hy het net een gesig, maar so baie

Name. Maar as ons nie al sy Name ken nie, verstaan ons dalk nie al

die aspekte van sy karakter nie.

God het letterlik honderde Name. Soms lyk dit egter of ons

sukkel om maar net ’n paar van sy bekendste Name te onthou. Ons

vergeet dalk een van God se Name net wanneer ons dit juis moet

onthou. Byvoorbeeld, ons dink dalk aan God as ons hemelse Vader,maar vergeet dat Hy ook ons Man en ons Vriend is. Of ons onthou

Hom as ons Trooster, maar vergeet dat Hy ook ons Redder is. Ons

dink dalk aan God as ons Beskermer, maar kan nie onthou dat Hy

ook ons Geneser is nie. Sommige mense dink nooit aan God in

ander terme as hulle Verlosser nie, wat op sigself meer is as wat

ons verdien. Maar God wil vir ons selfs meer wees as ons Verlosser.

Hy wil hê ons moet al die aspekte van sy karakter ken, want die

manier waarop ons God herken, sal die manier hoe ons lewe, beïn-

vloed.

Elkeen van God se Name in die Bybel verteenwoordig ’n manier

waarop Hy wil hê ons Hom moet vertrou. Vertrou jy God om jou

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 30 12/7/2012 12:14:06 PM

31

Sterkte te wees (vgl. Ps. 18:2)? Is Hy jou Vrede (vgl. Ef. 2:14)? Is Hy

die Hersteller van jou eer wanneer jy terneergedruk is (vgl. Ps. 3:4)?

Is Hy jou Suiweraar (vgl. Mal. 3:2-3)? Jou Wysheid (vgl. 1 Kor. 1:24)?

Jou Raadgewer (vgl. Ps.16:7)? Jou Rusplek (vgl. Jer. 50:6)? Elkeen van

God se Name is heilig en ons moet elkeen van sy Name as heilig

behandel.

Toe ek in die sekulêre vermaaklikheidswêreld gewerk het, het

ek die woord “Jesus” ’n honderd keer ’n dag gehoor, uitgespreek as

’n vloekwoord deur mense met geen eerbied, liefde of begrip vir

Jesus nie. Dit was toe ek Jesus aanvaar het dat ek besef het presies

in watter mate daardie Naam ’n vloekwoord is wanneer dit so ydellik

gebruik word. Om God se Naam ydellik te gebruik bring ’n vloek

op wie dit ook al op hierdie manier gebruik, omdat dit ’n oortreding

is van een van die tien gebooie. “Jy mag die Naam van die Here jouGod nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik,nie ongestraf laat bly nie” (Eks. 20:7). Dit is ook ’n oortreding van

God se grootste opdrag, naamlik: “‘Jy moet die Here jou God liefhêmet jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en metal jou krag’” (Mark. 12:30). Niemand wat vir God liefhet, gebruik sy

Naam ydellik nie.

Dieselfde woord – “Jesus”, wanneer dit in liefde uitgespreek word

deur die een wat Hom aanbid – hou egter groot krag in. Krag om te

red, te verlos, te genees, te voorsien, te beskerm, en soveel meer.

Om sy Naam ydellik te gebruik sny al hierdie kragte uit jou lewe

uit. Daar is ook groot krag in elkeen van God se Name, en wanneer

dit in geloof, liefde, begrip en eerbied uitgespreek word, bring dit

seën in jou lewe en laat jou geloof groei.

Byvoorbeeld, God se Naam is altyd ’n veilige plek om heen te

hardloop in ’n tyd wanneer jy hulp nodig het. Die Naam van dieHere is ’n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling (Spr. 18:10).

As jy siek is, hardloop na jou Geneser toe. As jy nie jou rekening

kan betaal nie, hardloop na jou Voorsiener toe. As jy bang is, hard-

loop na jou Skuiling toe. As jy deur donker tye gaan, hardloop na

jou ewige Lig. Deur sy Naam met eerbied en dankbaarheid uit te

spreek nooi jy Hom om juis dít vir jou te wees. Daar is dikwels so

baie wat ons nie in ons lewe het nie eenvoudig omdat ons God nie

erken as die antwoord op daardie behoefte nie. Hoe kan jy genees

word as jy God nie erken as die Geneser nie?

Here, trek my …

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 31 12/7/2012 12:14:06 PM

32 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

In die volgende lys van God se Name het ek maar net 30 ingesluit.

Daar is honderde meer in sy Woord. Al is Hy een God het Hy soveel

dimensies dat Hy aan Homself baie Name gegee het sodat ons

Hom kan verstaan. Dit is die enigste manier waarop ons, wat so

klein is, God, wat so groot is, kan begin verstaan. Ek stel voor dat jy

elke keer wanneer jy nog ’n Naam van God in die Bybel ontdek, dit

onderstreep, dit in die kantlyn neerskryf of dit by ’n lys voeg wat jy

self opstel. Dit sal jou herinner aan wie God vir jou wil wees. Terwyl

jy die volgende lys lees, vra God om elkeen van hierdie Name vir

jou te wees op ’n nuwe, werklike en lewensveranderende manier.

Dertig goeie Name om God te noem

1. Geneser (vgl. Mal. 4:2) 16. Sterk Vesting (vgl. Spr. 18:10)

2. Verlosser (vgl. Jes. 59:20) 17. Rusplek (vgl. Jer. 50:6)

3. Redder (vgl. Ps. 70:6) 18. Gees van die waarheid (vgl. Joh. 16:13)

4. Skuiling (vgl. Ps. 43:2) 19. Beskermer (vgl. Ps. 144:2)

5. Toevlug (vgl. Jes. 25:4) 20. Ewige lewe (vgl. 1 Joh. 5:20)

6. Vriend (vgl. Joh. 15:14) 21. Almagtige (vgl. Jer. 31:35)

7. Advokaat (vgl. Heb. 9:24) 22. Here wat vrede gee (vgl. 2 Tess. 3:16)

8. Hersteller (vgl. Ps. 23:3) 23. Lewende water (vgl. Joh. 4:10)

9. Ewige Vader (vgl. Jes. 9:5) 24. Rots (vgl. Ps. 18:32)

10. Liefde (vgl. 1 Joh. 4:16) 25. Man (vgl. Jes. 54:5)

11. Middelaar (vgl. 1 Tim. 2:5-6) 26. Helper (vgl. Heb. 13:6)

12. Versorger (vgl. Nah. 1:7) 27. Wonderbare Raadsman (vgl. Jes. 9:5)

13. Brood wat lewe gee (vgl. 28. Die Here wat gesond hou (vgl. Eks.

Joh. 6:35) 15:26)

14. Skuilplek (vgl. Ps. 32:7) 29. Hoop (vgl. Ps. 71:5)

15. Ewige Lig (vgl. Jes. 60:20) 30. God van bemoediging (vgl. Rom. 15:5)

As jy elke nou en dan deur hierdie lys Name lees en elke Naam

hardop sê en vir God dankie sê dat Hy dit vir jou is, sal jy ver-

stom staan oor hoe jou geloof sal groei en hoeveel nader aan God

jy sal voel.

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 32 12/7/2012 12:14:06 PM

33

My gebed tot God

Here, ek nader vandag tot U, dankbaar dat U tot my sal

nader soos U belowe in u Woord (vgl. Jak. 4:8). Ek smag daarna

om in u teenwoordigheid te wees en ek begeer ’n dieper en intiemer

verhouding met U. Ek wil U ken op elke manier wat U geken kan

word. Leer my wat ek moet weet om U beter te kan ken. Ek wil nie

iemand wees wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis

van die waarheid kan kom nie (vgl. 2 Tim. 3:7). Ek wil die waarheid

weet oor wie U is, want ek weet dat U naby is aan almal wat U in

opregtheid aanroep (vgl. Ps. 145:18).

Ek is oop vir wat U ook al in my wil doen. Ek wil U nie beperk

deur U nie te erken op elke moontlike manier nie. Ek verklaar

vandag dat U my Geneser, my Redder, my Verlosser en my Trooster

is. Vandag het ek die spesifieke behoefte om U te ken as my (voeg

’n Naam van die Here hier in). Ek glo dat U dit vir my sal wees.

God, help my om elke dag tyd te maak om U alleen te ontmoet.

Stel my in staat om alles wat my daarvan kan weerhou te weer-

staan en uit te skakel. Leer my om te bid soos U wil hê ek moet

bid. Help my om meer te leer van U. Here, U het gesê: “As iemand

dors het, laat hy na My toe kom en drink!” (vgl. Joh. 7:37). Ek dors

na meer van U, want ek is in die woestyn sonder U. Ek kom

vandag na U toe en drink diep van u Gees.

Ek weet U is oral, maar ek weet ook dat daar dieper manifes-

tasies van u teenwoordigheid is wat ek so graag wil ervaar. Trek

my nader aan U sodat ek in u teenwoordigheid kan vertoef soos

nog nooit tevore nie.

P GOD SE BELOFTES AAN MY p

Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle

hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

JAKOBUS 4:8

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander

Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,

naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld

hh

h h

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 33 12/7/2012 12:14:06 PM

34 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom

nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken

Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

JOHANNES 14:16-17

Dit was die wil van julle Vader

om die koninkryk aan julle te gee.

LUKAS 12:32

Tot nou toe het julle nog nie in my Naam

gebid nie. Bid, en julle sal ontvang,

sodat julle blydskap volkome kan wees.

JOHANNES 16:24

Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely,

want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.

HEBREËRS 10:23

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 34 12/7/2012 12:14:06 PM

1

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 225 12/7/2012 12:14:18 PM

Die krag van ’n

biddende man

32 DIE KRAG VAN ’N BIDDENDE MAN

HOOFSTUK EEN

��������

k het op ’n keer ’n voetbalwedstryd gesien waar dietuisspan besig was om te verloor en daar minder asvyftien sekondes van die wedstryd oor was. Hulle

het ’n drie nodig gehad om te wen, maar alles was teen hulle.Hulle kon net nie ’n telling aanteken binne daardie kort tydjienie. Dit het gelyk of die wedstryd verby was. Die opposisie-span en sy ondersteuners het al begin feesvier. Party mensehet selfs die stadion begin verlaat. Maar die verloorspan enafrigter het nie moed opgegee nie. Hulle het ook nie toegelaatdat hulle moraal ondermyn word nie. In plaas daarvan hethulle met die onwaarskynlikste spel vorendag gekom. Deurdie verrassendste opeenvolging van bewegings het dietuisspan in die doodsnikke van die wedstryd op dramatiesewyse ’n drie gedruk. Dit was so verrassend dat selfs nuusver-slae daarna verwys het as ’n wonderwerk.

Jou huwelik is soos daardie voetbalwedstryd. Jy en jouvrou is ’n span. En sy wil die waarborg hê dat jy die geloofhet om te bly glo dat alles nog op die laaste oomblik omgekeerkan word. Selfs al is dinge moeilik en het julle by ’n doodloop-straat gekom, moet jy die geloof behou. Ja, selfs al vier dievyand by voorbaat jou neerlaag en lyk dit vir jou of allesverlore is. Sy het die versekering nodig dat jy ’n troefkaartin jou hand het wat jou as wenner uit die stryd gaan laattree. Sy wil hê jy moet glo dat niks by God onmoontlik is nieen dat jy daarom nooit sal ophou hoop vir die onmoontlikeom te gebeur nie.

Wanneer jou vrou weet jy bid, is sy vol vertroue omtrental hierdie dinge.

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 256 12/7/2012 12:14:20 PM

33

In my opname wat ek onder die vroue gemaak het, het 85persent van hulle gesê die belangrikste gebed wat hulle mankan bid, is dat hy die man, eggenoot en hoof van die huis salword wat God wil hê hy moet wees. Dit is die belangriksteplek waar ’n man moet begin bid.

���������������������

�����������������������

Die goeie ding omtrent gebed – of dalk juis die probleem metgebed, afhangende van jou perspektief – is dat ons na Godmoet gaan. Dit beteken dat ons met niks kan wegkom nie.Dit beteken dat die Here enige negatiewe gedagtes, verkeerdegesindhede, ongevoeligheid van hart of selfsugtige motieweaan die kaak gaan stel. Vurige en opregte gebed lei daartoedat die diepste geheime van ons hart oopgevlek gaan word.Dit kan nogal ongemaklik wees. Dit kan selfs met een woordellende spel.

As daar een ding is wat ek van gebed geleer het, dan is ditdat as ons enige onvergewensgesindheid, bitterheid, selfsug,hoogmoed of enige ander griewe koester ons gebed niebeantwoord sal word nie. As daar sonde in my hart was, soudie Here nie geluister het nie (Psalm 66:18). Ons hart moetreg wees wanneer ons bid. Ons almal, mans én vroue, stelons eie gebede in gevaar sodra ons nie vanuit ’n regverdigehart bid nie.

Wat binne-in ons hart is wanneer ons bid, het ’n groterinvloed op die feit of ons gebede beantwoord word as die werk-like gebed self. Dis die rede hoekom God, wanneer ons totHom nader in gebed, vir ons vra om eers alles te bely wat niein ons hart behoort te wees nie. God vereis dit sodat niks onsvan Hom sal skei nie.

Die Bybel sê: Net so moet julle, manne, verstandig methulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere,eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genadevan die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag wordnie (1 Petrus 3:7, OAV, beklemtoning deur die outeur).

HAAR MAN

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 257 12/7/2012 12:14:20 PM

34 DIE KRAG VAN ’N BIDDENDE MAN

Die verstandige saamlewe met jou vrou beteken deels datjy sal besef dat jou vrou behoefte daaraan het dat jy vir haarin die bres sal tree, haar sal beskerm en sal liefhê. En omdatjulle mede-erfgename van die genade van die lewe is, moet jyhaar eer in jou gedagtes, deur jou woorde en jou dade. As jydit nie doen nie, word jou gebede verhinder. Dit beteken áljou gebede, nie net dié vir jou vrou nie. Baie mans was nognie getuie van antwoorde op hulle gebede nie. Dis net omdathulle nie hierdie sleutelstap geleer het nie. Een van die bestemaniere om jou vrou te eer is om vir haar te bid vanuit ’nhart wat rein is voor God.

Vra God om jou te wys wat jy moet raaksien omtrent dietoestand van jou hart. Jy mag moontlik die volmaakte huwe-lik hê en sielsgelukkig wees. Tog het jy ten opsigte van jougesindheid teenoor jou vrou nog nie die peil bereik wat Godvan jou verwag nie. Bely alles aan God wat Hy aan jou open-baar. Sodra ons ons minder-as-volmaakte gesindhede aandie Here bely, help Hy ons om dit af te lê. Die moeilikste deelvan jou taak as ’n man wat bid, dit sal jy ontdek, is nie dietyd wat dit in beslag neem nie. Die moeilikste is dat jy moetbid met ’n hart wat guns vind in God se oë. Dis hoekom jy byjouself moet begin wanneer jy vir jou vrou bid.

Moenie bekommerd raak nie! God het dieselfde beginselgeleer vir die vrou wat bid. Baie vroue het vir my vertel dathulle op hierdie stadium die boek dwarsoor die kamer gegooien uitgeroep het: “Vergeet dit! Dit gaan ek sowaar nie doennie!” Natuurlik het die Heilige Gees hulle nie laat vryspringnie. Uiteindelik het hulle die boek weer gaan optel en aan-gehou lees. As jy dus lus het om hierdie boek dwarsoor diekamer te gooi en te sê: “Vergeet dit. Dit gaan ek sowaar niedoen nie!” sal dit ’n geskikte tyd wees om dit nou te doen. Ekweet sommer jy sal dit weer optel omdat jy bitter moeg gaanword as jou gebede onbeantwoord bly.

��������������������������

God het vir Adam met besondere kwaliteite geskape. Toghet Hy geweet dat Adam ’n metgesel nodig het; ’n wederhelf

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 258 12/7/2012 12:14:20 PM

35

wat by hom sou pas, wat hom sou aanvul en van hom volledigmens sou maak (vergelyk Genesis 2:18). Daarom het Godvir Eva geskape. Ten spyte van al die grootheid wat in jouopgesluit lê, liewe broeder, het God jou vrou gemaak sodatsy jou kan aanvul en van jou volledig mens kan maak. Jy, opjou beurt, doen dieselfde vir haar.

Toe jy en jou vrou getroud is, het julle volgens God eenvlees geword (vergelyk Genesis 2:24). Dis wonderlik dat onsgeskape is om een met ons maat te wees, nie waar nie? Ditvoel moontlik wanneer ons met ons huwelik begin. Daar isdie verwagting van eenheid in daardie eerste oomblik wan-neer jy bewus word dat julle bestem is om meer as net vriendete wees. Daar is ’n bewustheid van eenheid gedurende dietydperk van hofmakery. Die belofte van eenheid volg in dieverlowingstydperk. Die verklaring van eenheid met die aflêvan die huweliksbeloftes. Die verrukking van eenheid tydensdie wittebrood. Die opwinding van eenheid namate ’n tuistegevestig word. Dan, êrens langs die pad, word die eenheidafgetakel deur ’n subtiele wegdryf van mekaar.

Hoe gebeur dit?Die antwoord is die wêreld, die vlees en die duiwel. Die

wêreld sluip in saam met die grootmaak van kinders, diebeoefening van loopbane en die hantering van die besig-weesvan die lewe. Ons begin meer bekoring of afleiding in ditvind as in ons maat. Ons vlees neem oor wanneer ons besluitom selfgesentreerd te wees in plaas van selfopofferend. Endan is daar Satan.

God het aan die begin die huwelik ingestel. Satan is sedert-dien besig om dit tot niet te probeer maak. Jy en jou vrou isna God se beeld geskape (vergelyk Genesis 1:27). Satan wiljou egter herskep na sy beeld. Satan wil nie hê jou huwelikmoet suksesvol wees nie en hy het ’n plan vir die verwoestingdaarvan agtermekaar. Selfs op hierdie oomblik is hy besigom planne te maak om jou huwelik te vernietig. Maar aanjou, my kosbare broeder, is die mag en gesag gegee om deurjou gebede ’n einde daaraan te maak. Wanneer jy vir jou vroubid, hou dit die wêreld op ’n afstand. Dit omskep ’n selfsugtigehart en dit laat die duiwel se planne ontspoor. God het vir

HAAR MAN

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 259 12/7/2012 12:14:20 PM

36 DIE KRAG VAN ’N BIDDENDE MAN

jou gevra om vir jou vyande te bid. Hoeveel te meer moet jybid vir die persoon vir wie jy veronderstel is om lief te hê enmet wie jy een geword het? Maar eerste van alles moet jy virjouself bid.

��������������������������������

������������������������������

God beveel ons in die Bybel: ... Wees almal eensgesind, me-delydend, liefdevol, goedhartig, nederig (1 Petrus 3:8). As jyag slaan op hierdie vyf riglyne, kan dit sonder twyfel joulewe en jou huwelik verander. Meer nog, dit kan van jou dieman en eggenoot maak wat God graag wil hê jy moet wees.Dis beslis die moeite werd om hieroor te bid.

�� ������������Dis aaklig om onenigheid in ’n huwelik te hê. Dit laat onsellendig voel. Dit beïnvloed ongetwyfeld elke terrein van onslewe. En dis waarskynlik die ding wat die naaste is aan diehel wat ons ooit op aarde sal ervaar. As dit lank genoeg aan-hou, kan dit alles vernietig. Jesus het gesê: ... “Elke koninkrykwat onderling verdeeld is, gaan te gronde, en geen stad ofhuis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie” (Matteus12:25). Dis vreesaanjaende voorspellings hierdie. Maar gebedis die sleutel waardeur eenheid in die huwelik gehandhaafkan word.

Man en vrou kan nie heeltemal onafhanklik van mekaarlewe sonder om ’n duur prys daarvoor te betaal nie. Dit maakvan hulle onvolledige mense. Tog het die Here bepaal dat dievrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonderdie vrou nie ... (1 Korintiërs 11:11). Omdat mans en vroueegter van mekaar verskil, gebeur dit baie maklik dat hulleelkeen totaal verskillende paaie begin loop. Selfs in ’n huwelikwaar man en vrou ’n baie innige verhouding het, is die tweemaats tog nie letterlik aan mekaar vas nie. Jy en jou vrouhet heel moontlik verskillende beroepe, belangstellings enaktiwiteite, maar as julle gereeld saambid en vir mekaar

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 260 12/7/2012 12:14:20 PM

37

bid, sal dit julle in harmonie met mekaar hou en sal jullenog saam die paadjie loop. Sonder hierdie eenheid van denkeen gees wat die gebed vir ons voorsien, raak mens alte maklikgewoond daaraan dat die ander een nie daar is nie. En aseen van julle in julle hart stadigaan ’n wrok daaroor beginopbou, kan dit julle uitmekaar laat dryf. Julle kan begin omjulle geestelik, liggaamlik of emosioneel van mekaar tedistansieer sonder dat julle dit eens regtig besef.

Dit is besonder belangrik dat man en vrou dieselfde geloofen oortuigings sal deel. Om eerlik te wees, dis ’n goeie puntwaar julle kan begin bid. Julle hele verhouding word in gevaargestel as julle nie op dieselfde golflengte is wat hierdie terreinbetref nie. Byvoorbeeld: as julle na verskillende kerke gaan,of julle gaan na ’n kerk waar een van julle nie gelukkig voelnie, of een van julle gaan kerk toe terwyl die ander een kon-sekwent nie gaan nie, kan ’n gebrek aan eenheid bevorderword.

As jy aan nog ander kwessies soos hierdie kan dink watverdeeldheid tussen jou en jou vrou gebring het, bid dan spe-sifiek daaroor. Vra God om jou eie hart te verander waarnodig sodat jy weer ’n eenheid kan vorm saam met jou vrou.As jou vrou se gesindheid en perspektief moet verander, biddaarvoor. Bid dat sy in staat sal wees om dit te verander. Jouhuwelik sal vir altyd ’n sterk krag wees as julle twee eensge-sind is.

�� ��������������Het jy al ooit gesien dat jou vrou swaarkry, maar jy weet niewat om daaromtrent te doen nie? Party mans word onge-duldig in so ’n geval. Ander voel totaal verlore of oorweldig,gevolglik onttrek hulle hul eenvoudig. As jy besef dat dit besigis om met jou te gebeur, vra God om jou ’n hart vol medelyete gee. Om medelye te hê met jou vrou beteken om innigesimpatie te hê ten opsigte van enige gebied waar sy swaarkry,en ’n sterk begeerte om daardie swaarkry te verlig.

’n Aspek van medelye is dat jy eenvoudig net ’n oor moethê wat luister. Dit beteken jy moet luister sonder dat jydaardie veraf blik in jou oë het wat te kenne gee: “Ek het

HAAR MAN

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 261 12/7/2012 12:14:20 PM

38 DIE KRAG VAN ’N BIDDENDE MAN

belangriker dinge om te doen. Kom ons kry hierdie ding netvinnig agter die rug.” Jou vrou verwag nie van jou dat jyalles moet regmaak nie. Sy wil net weet dat jy hoor wat inhaar binneste omgaan. Sy wil ook net weet dat jy omgee oorhoe sy voel.

In die verlede het my man gewoonlik net drie sekondes(ek het tyd gehou) geluister voordat hy by die kamer uit-gestap het. As ek wou hê hy moet ’n volledige sin hoor, moesek óf agter hom aan hardloop óf ek moes die sin klaarmaakwanneer ek hom ’n volgende keer sien. Selfs al het ek hom sover gekry om regtig te gaan sit en na my te kyk terwyl ekpraat, moes ek hom nog vra om vir my een of ander aan-duiding te gee dat hy inderdaad verstaan wat ek vir homwou sê. Gewoonlik het ek iets gesê soos: “Knip jou oë as jymy kan hoor.” As hy dan sy oë geknip het, het dit soveel bete-ken dat hy my stem gehoor het. Nou het hy egter medelyemet die dinge wat my pla, en hy luister met sorg. Daardieoomblikke van luister saam met sy aanduidings dat hy me-delye het, het werklik soos medisyne ingewerk op ons ver-houding.

Bid dat God vir jou ’n hart vol medelye sal gee, en diegeduld om te luister wanneer jou vrou wil hê jy moet luister.Dis ’n fyn kuns wat die moeite werd is om aan te leer. Ditkan jou by ’n punt van eenheid bring met haar waarvan jyvoorheen nog net gedroom het.

�� �������������Jesus het ons lief met getrouheid, eenvoud, standvastigheiden passie. Dit maak vir Hom nie saak hoe onvolmaak ons isnie. As ’n man sy vrou nie op dieselfde manier liefhet nie,gaan hy sy gesag en sy leierskap misbruik. Die gevolg gaanwees dat hy haar mishandel. Omdat jy een is met jou vrou,moet jy haar behandel net soos jou eie liggaam. Jy sal tognie moedswillig enigiets doen om jou eie liggaam seer te maakof dit te vernietig nie. Jy het tog jou eie liggaam lief en geetog daarvoor om. ... Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hyhomself liefhet ... (Efesiërs 5:33).

Jack Hayford, wat 23 jaar lank reeds ons leraar is, het

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 262 12/7/2012 12:14:20 PM

39

altyd gesê hy weet wanneer ’n vrou werklik deur haar manbemin word, omdat sy met die jare al hoe mooier word. Jackhet ’n innerlike skoonheid opgemerk wat nie verflou nie, maarmet die tyd eerder vermeerder wanneer ’n vrou bemin word.

Jy het geen idee hoeveel jou liefde vir jou vrou betekennie. Moenie dit van haar weerhou nie. As jy dit doen, gaan jyhaar op die een of ander manier verloor. Die Bybel sê: Moenie’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyldit in jou mag is om dit te bewys nie (Spreuke 3:27). Vra Godom vir jou ’n nog groter liefde vir jou vrou te gee. Vra Homook om jou te help dat jy dit op so ’n manier vir haar kan wysdat dit haar beeldskoon maak.

� �����������������Is daar enigiets omtrent jou vrou wat jou pla? Is daar ietswat sy doen of sê, of nié doen of sê nie, wat jou irriteer? Komjy agter dat daar iets omtrent haar is wat jy graag wil ver-ander? Wat gebeur wanneer jy probeer om daardie veran-derings af te dwing? Hoe reageer sy wanneer jy vir haar wysjy is geïrriteerd? Het jy al ooit sommer net moed opgegee engesê: “Dit help níks nie. Sy gaan tog nooit anders wees nie”?

Die waarheid is dat ons almal maar sukkel om te verander.Hoe hard ons ook al probeer, ons kan onsself nie op enigebetekenisvolle manier verander nie. Dis net God wat bly-wende veranderings in ons kan bewerkstellig. Slegs sy kragkan ons herskep. Dis hoekom gebed ’n teerder en sekerdermanier is om veranderings in jou vrou te sien plaasvind.

Is jou vrou byvoorbeeld gereeld laat vir iets, en dit terwyljy daarvan hou om betyds te wees? Sy doen dit heel waar-skynlik nie met opset nie. Sy is dalk iemand wat ’n swaktydsberekening het of anders probeer sy te veel doen. Biddat God haar sal help om dinge beter te organiseer, of dat synie te veel hooi op haar vurk neem nie, of dat sy ’n beterbegrip van tyd sal verkry. Bo alles, moenie dat woede, onge-voeligheid of afbrekende gesindhede insluip nie. Kritiek watbedoel is om jou vrou te laat verander werk eenvoudig nie.Dit sal nooit die resultate oplewer wat jy graag wil hê nie. Alwat werk, is gebed.

HAAR MAN

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 263 12/7/2012 12:14:20 PM

40 DIE KRAG VAN ’N BIDDENDE MAN

Moet dus liewer nie ongeduldig wees met jou vrou se swak-hede nie. Vra liewer vir God om jou teer en ontvanklik temaak sodat jy daaroor vir haar kan bid. Vra God om jou tewys hoe haar swakhede ’n aanvulling kan wees tot jou sterkpunte. En onthou: die aspekte waarin jy en jou vrou ooreen-stem, kan julle eenheidsband versterk. Die maniere waarinjulle van mekaar verskil, kan egter dinge interessant hou.

!� ���������Praat jy ooit met jou vrou op ’n manier wat as ongeskik be-skou sou word as jy so met ’n vriend of sakevennoot sou praat?Is jy die hele dag by die werk vriendelik teenoor een en almal,maar dan haal jy jou frustrasie, uitputting en woede op jouvrou uit sodra jy tuiskom? Laat jy ooit voor ander mensekritiek oor jou vrou oor jou lippe rol? Indien wel, as ’n susterin die Here wat besonder baie omgee vir beide jou en jouvrou, laat my toe om vir jou die eerste ernstige opdrag inhierdie boek te gee:

Hou op daarmee!Die huwelik is moeilik genoeg sonder dat een van die

partye ongeskik, wreed of onbedagsaam hoef te wees. Daaris niks wat ’n huwelik meer soos ’n hel op aarde laat voel nie.Niks is meer ontstellend, ’n groter foltering, meer benouendof emosioneel meer uitlokkend nie. Niks kry dit ook beterreg om die slegste in ons na vore te bring nie as ’n huwelikwaar een van die partye nie eens beleefd kan optree nie. Ekhet al van talle huwelike gehoor wat ontbind is omdat dievrou so lank reeds onbeskof behandel is dat sy al ’n wrokbegin opbou het. Sy het stelselmatig woede begin opkrop enhet bitter en wanhopig begin word. Met ander woorde, sywas besig om die soort persoon te word wat sy nooit wouwees nie. Ons moet genoeg omgee vir ons maat dat ons salophou om dinge te doen wat haar seermaak of ontstel.

Daar is niks wonderliker as die manlike stem nie. Dit het’n sterk, diep en ryk kwaliteit. En die klank van manstemmewat saamsing, is een van die pragtigste klanke op aarde.Maar die manlike stem kan ook vreesaanjaend wees, veralvir vroue en kinders. Die meeste mans het geen idee hoeveel

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 264 12/7/2012 12:14:20 PM

41

krag daar in hulle stem opgesluit lê nie. Wanneer ’n manpraat, het sy woorde beide die vermoë om te skep en die magom te vernietig. Sy woorde kan soos ’n skerp mes wees watverwond en doodmaak. Of dit kan ’n strelende salf wees watgenees en lewe bring.

Ek sê nie dat jy nie eerlik en openlik met jou vrou oorkwessies in julle lewe moet gesels nie. Doen dit gerus, sit jougedagtes en gevoelens op die tafel. Maar moenie toelaat datjou woorde ontaard in wapens van kritiek wat vernietig watjy wil bewaar nie. Selfs wanneer ons dit nie bedoel nie, kandit gebeur dat ons ongeduld of uitputting ons woorde mindernederig en hoflik laat klink. Onthou: Die koninkryk van Godis immers nie ’n saak van praatjies nie, maar van krag (1Korintiërs 4:20). Dis nie die woorde wat jy uiter nie, dis diekrag van God daaragter wat die verskil sal maak. As jy eersbid voordat jy oor ’n sensitiewe onderwerp praat, sal jouwoorde krag hê en sal jy seker maak dat jy vanuit ’n hartpraat wat reg ingestel is.

Jou vrou is geskape as ’n gawe van God om jou aan te vul.Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar dievrou ter wille van die man (1 Korintiërs 11:9). Maar sy moetbehandel word soos die gawe van God wat sy is sodat daardievolwaardige seëninge in jou lewe ’n werklikheid kan word.Jou vrou sal haarself bewys as jou grootste bate as jy haarwaardeer en eer. Die Bybel sê vir ons: (E)n wat ons vra, kryons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen watHy goedvind (1 Johannes 3:22). Bid dat God jou sal help omop ’n nederige, hoflike manier met jou vrou te praat. Dit salvoorwaar guns vind voor God se aangesig. En as jy nie sooptree nie, bid dat God jou innerlik sal oortuig dat jy daaraanskuldig is.

As jy oor hierdie vyf Bybelse padwysers bid, gaan dit joulewe en jou huwelik omkeer. En dit maak nie saak hoe fan-tasties jou huwelik is nie, God wil nog steeds hê dat dit nógbeter moet word. God gee ons die opdrag: ... (L)aat God julleverander ... (Romeine 12:2). Dit beteken dat daar altyd ruimteis vir verbetering. Dis dus te verstane dat ons huwelik ook

HAAR MAN

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 265 12/7/2012 12:14:20 PM

42 DIE KRAG VAN ’N BIDDENDE MAN

sal verbeter namate ons individueel verbeter. Naas jou liefdevir jou vrou is die grootste gawe wat jy jou vrou kan gee, joueie geheelheid. Haar vurigste begeerte vir jou is dat jy dieman sal word wat God jou geskape het om te wees. Dit moetook jou begeerte wees. God het vir jou die krag, briljantheid,mag, gesag en die wonderlike en bewonderenswaardige eien-skappe gegee wat eie is aan ’n man. Vra God dat Hy jou moetleer hoe om dit goed en tot sy eer te gebruik. Vra God om vanjou alles te maak waarvoor Hy jou geskape het. Dan sal jy enjou vrou altyd ’n wenspan wees.

���"

Bid asseblief vir jouself dat:

1. jy die man vir jou vrou sal wees wat God wil hê jy moetwees.

2. jy sal weet hoe om jou vrou regtig lief te hê.3. jy in al jou besluite deur die Heilige Gees gelei sal word.4. jy verlos sal word van negatiewe gedrag.5. jy woorde sal kies wat sal opbou en nie sal afbreek nie.6. jy die begeerte sal hê om vir jou vrou te bid.7. jy geestelik, emosioneel en verstandelik sal groei.

���������������#�������������

Michael is ’n platevervaardiger en liedjieskrywer. Hy enStormie is reeds 28 jaar getroud en hulle het drie volwassekinders.

Ek het so pas die verhaal gehoor van nog ’n vrou wat in ’nhuwelik vasgevang was waar sy die baasspelerige maniereen uitsprake van haar man moes verduur. Die uiteinde was’n egskeiding. Dit was ’n huwelik waar haar menings nievan waarde geag is of nodig was nie. Sy het gevoel dat sy niegerespekteer word nie, nie regtig bemin word nie, dat symagteloos en nutteloos was. Die ergste deel hiervan is datsulke dinge ontstellend dikwels plaasvind, selfs in Christelike

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 266 12/7/2012 12:14:21 PM

43

huwelike. Waar dit in werklikheid op neerkom, is dat baiemans eienaardige interpretasies van sekere dele van dieBybel leer ken het. Hierdie waninterpretasies is deur on-kunde versprei, maar ook as gevolg van sommige mans sebehoefte om te voel dat hulle as die “priester” in die huis oormag beskik. Dis geen wonder nie dat die feministe so op loopgegaan het.

Hoewel sommige vroue seergekry en skade opgedoen hetdeur die ekstremisme van die vroue se bevrydingsbeweging,kan ek baie goed verstaan hoe dit ontstaan het. Ons manskan baie beter vaar as ons maar net ons vrou liefhet soosChristus die kerk liefhet. Ek weet ek kan bid, en ek bid datek wel sal bid. Ek glo dat God deur die gebed vir ons mansdie gereedskap sal gee wat ons nodig het om ons vrou metgroot respek en toegeneentheid te hanteer. So kan ons virhulle die steunpilare word wat hulle nodig het.

Christus het vir die kerk gesterf. Ons moet daarom virGod vra om ons te help om die standaard te verhoog wat Hyvir ons het. Dan sal ons ons vrou hoër ag as onsself. Op daar-die manier kan ons huwelik ’n totaal ander verhaal vertel.

HAAR MAN

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 267 12/7/2012 12:14:21 PM

44 DIE KRAG VAN ’N BIDDENDE MAN

��������

Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees enmaak my standvastig (Psalm 51:12). Wys my waar mygesindheid en gedagtes nie is wat U graag wil hê ditmoet wees nie, veral teenoor my vrou. Oortuig my vanmy skuld wanneer ek onvergewensgesind is. Help myom enige vorm van woede te laat vaar. So kan ek keerdat daar nie verwarde gedagtes by my opkom nie. Asdaar in my gedrag iets is wat moet verander, stel myin staat om veranderings te maak wat gaan hou. WatU ook al aan my openbaar, sal ek aan U bely as sonde.Maak van my ’n man na u eie hart. Stel my in staatom die hoof van my huis en gesin te wees net soos Udit vir my bedoel het toe u my geskape het.

Here, wys vir my hoe ek regtig vir (vrou se naam)in gebed kan omvou. Stel my in staat om met begripmet haar om te gaan en haar te eer sodat my gebedenie verhinder word nie (vergelyk 1 Petrus 3:7). Here,sit die sprankel terug in ons liefde vir mekaar. Geneesenige wonde wat ons van mekaar laat wegdryf het.Gee vir my geduld, begrip en medelye. Help my omliefdevol, goedhartig en nederig teenoor haar te wees,net soos U my beveel in u Woord (vergelyk 1 Petrus3:8, OAV). Maak dit vir my moontlik om haar lief te hênet soos U haar liefhet.

Here, ek bid dat u vir my en (vrou se naam) by ’nnuwe mylpaal van eenheid met mekaar sal bring. Maakons een van gedagte. Wys vir my wat ek nodig het sodatdit ’n werklikheid kan word. Vul my hart met u liefde.Laat hierdie liefde oorvloei in woorde wat sal opbou,nie afbreek nie. Oortuig my elke keer diep binne-inmy hart wanneer ek nie volgens u voorskrifte lewenie. Help my om die man te wees wat U wil hê ek moetwees.

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 268 12/7/2012 12:14:21 PM

45

�����������

... “Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat ensaam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees” ...elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet,en ’n vrou moet aan haar man eerbied betoon.

– Efesiërs 5:31, 33 –

As iemand hom doof hou vir die wet van die Here, saldie Here ’n afsku hê van so ’n man se gebed.

– Spreuke 28:9 –

Mans, julle moet julle vrou liefhê soos Christus diekerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

– Efesiërs 5:25 –

Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid virmekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ’ngelowige het ’n kragtige uitwerking.

– Jakobus 5:16 –

Die mans behoort hulle vrou so lief te hê soos hulleeie liggaam. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, wantniemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteen-deel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerkdoen ...

– Efesiërs 5:28, 29 –

HAAR MAN

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 269 12/7/2012 12:14:21 PM

978-1-77000-514-3.indd 1 2/15/10 2:27:03 PM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 425 12/7/2012 12:14:31 PM

Verander

jou

huwelik

deur gebed

1

As kommunikasie in duie stort

��

Die moeilikste ding omtrent ’n huwelik is dat daar twee mense betrokke is. Ons almal weet ook die probleem lê mos gewoonlik

by die ander persoon. As ons dinge op ons eie moes uitwerk, sou ons dit sekerlik goed gedoen het, maar ons drome, begeertes, aspirasies, ver moëns, denke, aannames, behoeftes en gewoontes moet by ons eg-ge noot s’n inpas. Daarvoor is drie dinge nodig: kommunikasie, kom-munikasie en kommunikasie.

Verbaal, emosioneel en liggaamlik.Die fondament van ’n huwelik wat ’n leeftyd sal hou, kan net deur

kommunikasie gelê word. Dit is die manier waarop intimiteit verkry word. Elke keer wanneer daar geen kommunikasie is nie, ly intimiteit grootliks daaronder. En ’n huwelik sonder intimiteit is besig om te kwyn. Jy en jou eggenoot moet albei in staat wees om ’n mate van ge-hegt heid in julle huwelik te ervaar; ’n versekering dat julle in dieselfde span speel. Sonder goeie kommunikasie sal julle dit nie ervaar nie.

Die hegste verhouding wat jy ooit sal hê, is met jou eggenoot, want julle deel alles. As jy nie met hom (haar) kan kommunikeer nie – of hy (sy) nie met jou nie – baan julle die weg vir ’n ondraaglike bestaan. As jy nie weet wat jou eggenoot dink of voel nie, is dit onmoontlik om ’n lewe saam te bou. As nie een van julle weet wat die ander een se innerlike planne en drome vir die toekoms is nie, hoe kan julle saam daaraan werk om dit te bereik?

Hoe kan jy jou toewyding aan die verhouding wys as jy dit nooit met jou eggenoot deel nie? Hoe ervaar jy dat julle altyd daar sal wees

978-1-77000-514-3.indd 34 2008/10/07 11:34:03 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 458 12/7/2012 12:14:33 PM

35Stormie Omartian

vir mekaar as julle nie met mekaar praat nie? As jy nie jou vrese en innerlike kwellinge deel nie, hoe kan jy die nodige bemoediging ont-vang?

As daar nie goeie verbale kommunikasie is nie, is daar nie ’n emo-sionele verbintenis nie, en dit beteken daar sal ook nie goeie fi sieke intimiteit wees nie. Dié deel van julle lewe saam sal dan ’n daad sonder enige gevoel of passie word. As een van julle glo die kommunikasie in julle verhouding is nie goed genoeg nie, moet julle ’n paar veranderings maak.

Tyd vir verandering

Het dit al ooit vir jou gevoel of jou lewe op een plek vashaak? Dat jy nie verby die punt kan kom waar jy jou tans bevind nie? Dit kan in ’n huwelik ook gebeur. Jy kan in ’n groef raak. Jy kan vasgevang voel in ’n verhouding wat nie groei nie, nie beter word nie en geen toekoms het nie. En slegs een van julle – of dalk nie een van julle nie – is bereid om enigiets te verander om dinge beter te maak.

God is ’n God van verandering. Alhoewel Hý nooit verander nie – Hy is gister, vandag en vir altyd dieselfde – wil Hy nie hê óns moet so wees nie. Dit is omdat Hy nie nodig het om te verander nie. Ons moet. Hy is volmaak. Ons nie. Hy wil hê ons moet voortdurend verander, want Hy begeer dat ons al meer soos Hy word. As ons teësinnig is om verander te word, staan ons God ook teë, want dit is God se doel om ons te verander.

As een of beide mense in ’n huwelik die veranderende, trans for-me rende en volmaakte werk van die Heilige Gees teëstaan, sal slegte gewoontes vir seker kop uitsteek. Ons sondige geaardheid is nou een-maal so; dit stuur altyd op ver nietigende dinge af. Hoe langer hierdie slegte gewoontes aanhou, hoe dieper grawe hulle hulle in. Die goeie nuus is egter dat God se krag enige slegte gewoontes in ’n oogwink kan vernietig, ongeag hoe lank hulle al daar is. Selfs slegte gewoontes ten opsigte van kommunikasie in jou huwelik kan heeltemal verwyder word. Enigiemand kan leer om beter te kommunikeer as hulle maar net bereid is om ’n poging aan te wend.

Die huwelik is nie iets wat ’n mens aanpak om te sien wat jy daaruit

978-1-77000-514-3.indd 35 2008/10/07 11:34:03 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 459 12/7/2012 12:14:33 PM

36 Verander jou huwelik deur gebed

kan kry nie. Dit gaan daaroor dat jy jou elke dag moet afvra wat jy daarin kan sit. Die huwelik is ’n verbondsverhouding, wat beteken dat dit veronderstel is om ’n verbintenis te wees tot die dood ons skei. Ongelukkig gebeur dit te dikwels dat die huwelik lank voor die mense sterf. Om te trou is net die begin van julle verhouding. Om getroud te wees maak jou vry om veilig genoeg te voel om jou ware kleure te wys – in voor- en teëspoed – sodat jy kan sien waar jy God se genesing en verandering nodig het. Om getroud te bly hang af van julle albei se vermoë om met mekaar te kommunikeer.

Die enigste manier waarop julle nader aan mekaar kan groei en nie weg van mekaar af beweeg nie is deur goeie kommunikasie. Op watter ander manier kan julle liefde en respek betoon? Hoe anders kan julle werklik in dieselfde span speel? Wat sal met ’n sportspan gebeur as een speler hom nooit tot die res van die span verbind nie? Dit sal ’n ramp wees. Hulle sal nooit hulle doel bereik nie. Hulle sal nooit oorwinning smaak nie. Dit is presies dieselfde in ’n huwelik. Daarom is dit geheel en al selfsugtig en vernietigend om te weier om met jou eggenoot te kommunikeer.

Heel van die begin af

Die huweliksverhouding was heel van die begin af deel van God se plan. Selfs al kon Adam elke dag met God kommunikeer, het God ge sien dit is nie genoeg nie. God het gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke” (Genesis 2:18). God kon nog ’n man gemaak het sodat Adam ’n gholfmaat kon hê, maar Hy het nie. Hy het ’n vrou gemaak wat sy gelyke is. Dit beteken sy was nie bloot ’n domkop met ’n goed geboude liggaam nie. Sy het hom aangevul. Sy het hom gehelp. En hy het haar kameraadskap en ondersteuning nodig gehad. Hy het iemand nodig gehad met wie hy op dieselfde vlak kon kommunikeer. As Adam dit alles op sy eie kon doen, sou hy nie vir Eva nodig gehad het nie.

God het vir Eva gemaak van die rib wat Hy uit Adam uitgehaal het (Genesis 2:21-22). Dit beteken ’n man sal altyd iets kortkom sonder sy vrou. Sy vul hom aan. Net so het ’n vrou ’n soortgelyke gevoel dat sy as ’n man se steunpilaar aan sy sy hoort.

978-1-77000-514-3.indd 36 2008/10/07 11:34:03 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 460 12/7/2012 12:14:33 PM

37Stormie Omartian

Ek ken al baie lank ’n hele paar alleenlopende mans en vroue wat nou in hulle 60’s is en nooit getrou het nie. Dit maak nie saak hoeveel vriende hulle in hul lewe het nie, hulle beleef steeds tye van intense eensaamheid. Dit raak ook al hoe erger hoe ouer hulle word. Ek weet daar is uitsonderings, soos die mans en vroue wat hulle lewe aan God se diens toewy en deur sy genade nie dié tipe eensaamheid ervaar nie. Die meeste alleenlopende mense worstel egter hiermee. God het heel van die begin af gesien dat ’n man en vrou ’n diep behoefte het om met mekaar te kommunikeer.

Ek het ’n opname onder vroue gedoen voordat ek The Power of a Praying® Husband geskryf het, en een van die belangrikste dinge waar aan vroue ’n behoefte het, is dat hulle eggenoot meer met hulle moet praat. Dit is ’n baie belangrike punt in ’n huwelik. Jy is dalk al 30 jaar met ’n swak kommunikeerder getroud – of jy is dalk self een –maar God kan julle albei verander. Ons álmal kan leer om beter te kom mu ni keer.

Ek ken ’n egpaar wat meer tyd in stilte deurbring as wat hulle ge-sels. Hulle baklei so baie wanneer hulle praat dat hulle besluit het om liewer glad nie te kommunikeer nie. Dit is ’n onnatuurlike leefwyse. As jy in ’n soortgelyke situasie is, vervul jy nie die plan wat God vir jou huwelik het nie. Kommunikasie gaan eerder daaroor om God se wil te doen as jou eie. Dit gaan eerder daaroor om te doen wát reg is as wat dit is om te besluit wié reg is. As jy God in jou huwelik wil verheerlik, bid dan dat julle twee goeie kommunikasie sal hê. Daarvoor is twee harte nodig wat genoeg vir mekaar omgee om te weier om selfsugtig te wees.

As jou man (vrou) nie in hierdie stadium wil verander nie, wees dan bly dat God eerste in jou kan werk terwyl jy bid dat die Heilige Gees in hom (haar) werk. God kan jou help om nie so seergemaak te voel deur jou eggenoot se slegte kommunikasievaardighede nie. Die Here kan vir jou soveel vreugde en opwinding gee oor jou lewe in Hom dat jy nie verwerp sal voel wanneer jou man (vrou) stil is nie. As jy die een is wat sukkel om te kommunikeer, vra vir God om jou hart teenoor jou eg genoot te versag sodat jy ’n begeerte sal hê om jou liefde en gedagtes openlik uit te druk.

Jy en jou eggenoot het op julle troudag een geword in God se oë

978-1-77000-514-3.indd 37 2008/10/10 01:57:04 PM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 461 12/7/2012 12:14:33 PM

38 Verander jou huwelik deur gebed

(Efesiërs 5:31), maar julle is sedertdien deel van die proses om een te word in julle daaglikse lewe saam. Om hierdie konsep van totale een heid dag vir dag uit te leef gebeur nie vanself nie; dit verg tyd en inspanning. Beide man en vrou moet kompromieë aangaan om dit reg te kry. Wanneer een persoon ophou om enigsins moeite te doen om dinge uit te praat of die huwelik te verbeter, word dit vir die ander een ’n nag merrie. As net die een kommunikeer en die ander een nie, stuur die huwelik op ernstige probleme af. Wanneer net een persoon die totale gewig van die huweliksverhouding probeer dra, sal dit nie lank werk nie.

Hoekom ek weet hoe belangrik kommunikasie is

As jy soos ek reeds ’n egskeiding moes beleef, sal jy weet hoe pyn lik dit is en jy sal dit nooit weer wil deurmaak nie. Jy weet ook dat wanneer jy ’n egskeiding oorweeg, jy ’n lys maak in jou kop van al die dinge wat gaan verander en dan vra jy jou af: Is dit die moeite werd? Balanseer die voordele die verliese uit? As die kommunikasie sleg is, of as die enigste kommunikasie negatief is, dink jy op die ou einde jy het nie veel om te verloor nie en baie om te wen.

Toe ek die eerste keer getroud was – voordat ek ’n gelowige geword het – was daar hoegenaamd geen kommunikasie in ons verhouding nie. Ons was glad nie op dieselfde golfl engte ingestel nie. Ek het die punt bereik waar dit gevoel het of ek in die hel leef en ek was gereed om enig iets prys te gee net om weer hoop, verligting en ’n mate van vrede te ervaar. Ek wou so graag uit die verhouding wegkom dat ek alles net so agtergelaat het. Ek het net die besittings gevat wat ek aan die begin van die huwelik gehad het, selfs al het ek vir twee jaar gewerk om hom te onderhou terwyl hy die hele dag by die huis gesit en televisie kyk het. Ek wou daardie doodsbestaan nie nog een enkele dag beleef nie en ek kon glad nie insien dat die lewe ooit weer anders sou wees nie.

In sy kultuur het mans nie ’n vinger gelig om in die huis of op enige ander plek te help nie. Hulle het klaarblyklik ook nie gewerk nie. Ek het besef ek kan nie vir tien tot twaalf ure per dag werk en dan by die huis kom en kos maak en opruim omdat dit is wat hy van my vereis het nie. Hy het my elke dag beoordeel en al die maniere opgenoem waarin

978-1-77000-514-3.indd 38 2008/10/07 11:34:03 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 462 12/7/2012 12:14:33 PM

39Stormie Omartian

ek nie aan sy ma se standaarde voldoen het nie. Hy wou hê ek moes soos sy wees, maar ek kon dit eenvoudig nie doen nie. Hy het elke dag ure by haar huis deurgebring terwyl ek by die werk was, en hy was nog steeds daar wanneer ek in die aand by die huis kom. Dit het gevoel of ek weer alleen bly, behalwe dat ek nie soveel pret gehad het nie. Ek was ook nie sterk genoeg om die konstante kritiek te hanteer sonder enige bemoediging of ’n gevoel dat hy vir my lief is nie. Ter sy verdediging moet ek sê dat hy waarskynlik net van my die vrou probeer maak het wat hy wou hê, en ek kon op daardie stadium net nie alles doen nie.

Hy was nie ’n gelowige nie en het verskriklik kwaad geword toe hy van my bekering hoor. Ons was nog nie eers ’n jaar getroud nie toe ek elke Sondag alleen begin kerk toe gaan het. Hy het gedink dit is ’n mors van tyd aangesien ek eerder die huis kon skoonmaak of nog ’n werk kon kry om hom te onderhou. Ek het een Sondagmiddag van die kerk af gekom en my gees het werklik verfris gevoel. Ek het met hom oor die Here probeer praat. Hy was woedend en het hard en dreigend vir my gesê hy verbied my om ooit weer Jesus se Naam in sý huis te noem en ook nie vir so lank as wat ek met hom getroud is nie. Dit was die laaste strooi wat my huwelik fi naal laat knak het. Ek het reeds aan ’n baie dun takkie oor ’n afgrond gehang en toe uiteindelik die hoop en ’n rede gevind om te leef, en nou wou hy die takkie afkap. Hy kon my netsowel versmoor het.

Kort daarna het ek besluit om aan sy eis te voldoen om nooit weer Jesus se Naam in sý huis of in sý teenwoordigheid te noem nie. Dit het natuurlik beteken ek moes sy huis en sy teenwoordigheid verlaat. Nadat ek hom verlaat het, kon ek nie net weer vrylik asemhaal nie, maar ook Jesus se Naam noem net waar en wanneer ek wou. Dit was bevrydend.

Toe ek weer getroud is, was dit anders. Die belangrikste verskil is dat my tweede man, Michael, ’n gelowige is. Ons het saam kerk toe ge-gaan. Ons het saam gebid. Ons het saam na Christenhuweliksberaders toe gegaan. Daar was dus altyd hoop dat ons al twee kon verander. Ek het ook geglo ons kan enige moontlike probleem maklik oplos.

Ons al twee het egter die huwelik met diepliggende onsekerhede be tree. Hy het soos ’n mislukking gevoel omdat hy nie aan sy ma se ver-wagtings kon voldoen nie. Ek het soos ’n mislukking gevoel omdat my

978-1-77000-514-3.indd 39 2008/10/07 11:34:03 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 463 12/7/2012 12:14:33 PM

40 Verander jou huwelik deur gebed

geestesiek ma absoluut geen verwagtings van my gekoester het nie. Toe sy herhaaldelik vir my gesê het ek is niks werd nie en dat ek nooit iets sou bereik nie, het ek geen rede gehad om haar te betwyfel nie, selfs al het ek desperaat na een gesoek. My man was dus kwaad en depressief. Ek was angstig en depressief. Ons was twee stukkende mense en dit was maklik om mekaar seer te maak. Alhoewel ons aan die begin goed ge kommunikeer het, was daar tye wanneer hy woedend teen my sou uitvaar. Ek het gedink hy is onnodig wreed en het my daarom onttrek, wat hom laat dink het ek gee nie om nie. Met verloop van tyd het ons al moeiliker gekommunikeer, en dit was aaklig.

Toe ons huwelik ná baie sulke jare uiteindelik ’n krisispunt bereik het, wou ek my goed vat en loop. Terwyl ek op ’n dag daaroor gebid het, het die Here egter vir my gewys dat as ek elke dag vir my man bid soos God wil hê ek moet, Hy my as ’n instrument sal gebruik om ons hu welik te genees en te red. Ek het ja daarop geantwoord en leer bid op die manier wat die Here vir my gewys het. Namate ek gebid het, het ek veranderings begin sien, veral in ons kommunikasie. Dit het nie oor nag gebeur nie. Dit was meer of ons dag vir dag die grondgebied betree het wat God wou hê ons moes oorwin en ons het nooit opgegee wanneer daar terugslae was nie.

Die lyding van ’n ongelukkige huwelik is afskuwelik, want daar is geen uitweg nie. Tensy julle ’n egskeiding kry en die verhouding ge heel en al tot niet maak, is jy vasgevang daarin en moet jy dit maak werk. As jou eggenoot nie bereid is om enigiets te doen om dit beter te maak nie, is dit ’n nagmerrie. Dit is hoekom dit so belangrik is om vir goeie kommunikasie te bid. Ja, dit is baie goed om God se Woord te lees en kerk toe te gaan waar daar behoorlike Bybelonderrig plaasvind, maar ek het al te veel Christelike huwelike in egskeiding sien eindig. Ek het selfs al gesien hoe te veel mense wat uitstekende Bybelonderwysers is hulle man of vrou verlaat. Ek het ook gesien hoe huwelike tussen mense wat nooit kerk toe gaan of die Bybel lees nie ’n leeftyd hou. Daar is dus meer nodig om ’n huwelik te red as ’n mooi antwoord soos: “Lees die Bybel en hou aan kerk toe gaan.” Selfs al glo ek hierdie twee dinge is noodsaaklik, moet jy steeds meer doen. Jy moet bid en bid, en jy moet spesifi ek oor julle kommunikasie bid, want daarsonder het jou huwelik nie ’n kans nie. Ek wil spesifi eke maniere met jou deel

978-1-77000-514-3.indd 40 2008/10/07 11:34:03 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 464 12/7/2012 12:14:33 PM

41Stormie Omartian

waarop ek leer bid het oor ons kommunikasie; dit het ’n groot verskil in ons verhouding gemaak.

Bid dat jy aangenaam sal wees

Hoeveel huwelike kon gered word as beide die man en vrou maar net aangenaam teenoor mekaar was? Ons noem dit gewone ordentlikheid. Die Bybel sê: “Liefde bou op” (1 Korintiërs 8:1). Dit beteken die liefde maak sterker. Die liefde gebruik nie gemene en sarkastiese woorde wat afbreek nie. Wát ons sê en hóé ons dit sê, kan óf liefde óf algehele min agting kommunikeer. Liefdelose woorde van kritiek vernietig ’n hu weliksverhouding; daarom moet ons ons afvra of die satisfaksie wat die gebruik daarvan bring werklik die seerkry en vernietiging werd is wat dit veroorsaak. God dink nie so nie. Hy sê ware liefde “handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie” (1 Korintiërs 13:5). Jy het geen rede om jou eggenoot sleg te behandel nie. As jy jou huwelik wil verbeter, is om bloot aangenaam te wees ’n goeie beginpunt.

Wanneer iemand se eggenoot hulle sleg behandel, keer dit dat hulle veilig genoeg voel om hulle diepste gedagtes en emosies te deel, en dit sny ’n belangrike deel van hulle verhouding af. As jy reeds slegte ge-woontes ontwikkel het en krities en onsensitief teenoor jou eggenoot is, bely dit dadelik en vra God om jou hart te verander. As jou man (vrou) dikwels negatief of krities met jou praat, bid dat hy (sy) ’n oom-blik van ontnugtering sal ervaar. Bid dat die gevaarlike gevolge van sulke onbedagsame woorde aan hom (haar) geopenbaar sal word. Ek weet dit lyk nutteloos om enigiets te doen as jy die enigste een is wat ’n poging aanwend en dit lyk of jou eggenoot niks doen nie, maar ek het gevind as jy die regte ding doen, al doen jou eggenoot dit nie, sal God jou seën. En dit maak ’n groot verskil.

Het jy al getroude mense gesien wat soos vreemdelinge vir mekaar is? Ek het ’n egpaar geken wat sekerlik die ou spreekwoord “as jy nie iets moois kan sê nie, bly liewer stil” gememoriseer het, want hulle het nooit enigiets gesê nie. Ten minste nie vir mekaar nie. Hulle het ’n lewelose huwelik gehad. As een eggenoot emosioneel afgesny is of glad nie kommunikeer nie, dwing dit die ander een om alle worstelinge

978-1-77000-514-3.indd 41 2008/10/07 11:34:04 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 465 12/7/2012 12:14:33 PM

42 Verander jou huwelik deur gebed

alleen te hanteer. Wanneer daar geen verenigbaarheid is nie, is daar nie-mand om die lewe mee te deel nie. En wanneer sommige mense besef hulle kan nie op hulle eggenoot reken vir vriendskap en emosionele ondersteuning nie, word dit te maklik om na iemand anders te draai wat bereid is om dit te doen. As jy nie aangenaam kan wees nie, kan julle nie vriende wees nie en sal julle huwelik ’n toets vir uithouvermoë wees.

Vriende geniet mekaar se geselskap. Hulle tree nie soos vreemdelinge op nie. Hulle sê nie woorde om die ander een af te breek en enige hoop of vreugde te vernietig nie. As jy en jou man (vrou) nie goed vaar in die vriendskapafdeling nie, vra vir God om julle te help verander. As julle nog al die tyd vriende is, vra vir God om julle te wys hoe om beter vriende te wees as wat julle in die verlede was.

God sê ons woorde is kragtig. As die tong mag het oor dood en lewe, moet ons ons woorde versigtig kies (Spreuke 18:21). Bid dat God jou en jou eggenoot sal help om vriendelike, liefdevolle, positiewe, op-bouende, bemoedigende en lewegewende woorde teenoor mekaar te gebruik. Vra vir God om in beheer van julle huwelik te wees en sê vir Hom jy sal doen wat ook al nodig is om te sien dat dit word wat Hy wil hê dit moet wees. Selfs al beteken dit jy moet aangenaam wees wan-neer jy nie lus voel nie.

Bid dat jy altyd betroubaar en eerlik sal wees

’n Huwelik moet op vertroue gebou word. As julle me kaar nie kan ver trou nie, wie kan julle dan vertrou? Wanneer jy vir jou eg genoot jok, doen jy dus een van die ergste dinge wat julle verhouding kan beskadig. Die Bybel sê duidelik: “Moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek” (Kolossense 3:9). Elke leuen het gevaarlike en verreikende gevolge. “’n Vals getuie bly nie ongestraf nie; wie leuens kwytraak, kom nie vry nie” (Spreuke 19:5). Die ergste gevolg is dat leuens jou van God verwyder.

Leuens verwyder julle ook van mekaar en keer die vloei van goeie dinge wat God vir jou per soon lik het.

Dit is belangrik om in ’n huwelik beide betroubaar en eerlik te wees. Daar is ’n duidelike verskil tussen die twee. Wanneer jy ’n leuen ver tel,

978-1-77000-514-3.indd 42 2008/10/07 11:34:04 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 466 12/7/2012 12:14:33 PM

43Stormie Omartian

is jy nie betroubaar nie, maar dit is moontlik om die waarheid te praat sonder om eerlik te wees. Dit gebeur wanneer jy nie die volle waar-heid praat nie. Jy het dalk nie ’n leuen vertel nie, maar jy het nie alles openbaar wat jy behoort te openbaar nie. Dit beteken nie jy moet elke liewe ding openbaar teenoor elke mens wat jy teëkom nie, want dan sal niemand naby jou wil kom nie. Jy moet egter eerlik wees met jou eggenoot, want hy (sy) sal vir die res van jou lewe by jou wees.

Jy weet of jy ’n leuen vertel het of nie, maar jy kan soms onbewustelik nie heeltemal eerlik wees oor jou ware gevoelens nie omdat jy nie weet hoe om dit uit te druk nie. Jy is nie heeltemal eerlik as jy nie jou ge-voelens en gedagtes gedeel het nie. ’n Persoon wat nooit met sy (haar) eg genoot kommunikeer nie, kan nie heeltemal eerlik wees nie, want al-ge hele eerlikheid vereis goeie kommunikasie. Dit is natuurlik nie goed om elke liewe gedagte wat by jou opkom met jou eggenoot te deel nie, want dan sal hy (sy) ook nie naby jou wil kom nie. God sal egter vir jou on derskeidingsvermoë gee indien jy Hom daarvoor vra.

Hier is ’n paar dinge om oor eerlikheid te onthou.

1. Wees eerlik oor hoe jy voel oor die dinge wat jou eggenoot doen. Jy moet jou gevoelens uitdruk wanneer iets omtrent jou eggenoot se optrede jou vreeslik pla. As jy nie met hom (haar) eerlik is hier-oor nie, sal niks ooit verander nie. Dan sal bitterheid en woe de in jou hart kom nesmaak en dit sal lei tot haatdraendheid en on-ver ge wensgesindheid. Jy moenie net weet wát om te sê nie, maar ook wánneer om dit te sê. God sal altyd die beste regter daaroor wees. Wanneer jy dus vir jou man (vrou) iets belangriks moet sê wat moeilik is om te hoor, vra God om vir jou die regte tyd te wys. Vra Hom om jou eggenoot se hart voor te berei om dit te hoor en dat Hy vir jou die regte woorde sal gee sodat jy in liefde by die waarheid kan bly (Efesiërs 4:15). Die Bybel sê daar is ’n tyd om stil te bly en ’n tyd om te praat (Prediker 3:7). Vra vir God om jou te help sodat jy sal weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly.

2. Wees eerlik oor die manier waarop jy dinge sien. Dit is belangrik dat albei van julle julle gedagtes, planne, vrese, kommer, hoop en dro-me vir die toekoms sal deel. Julle moet openlik oor hierdie dinge praat. Elihu het vir Job gesê: “Ek moet praat, ek moet my gemoed

978-1-77000-514-3.indd 43 2008/10/07 11:34:04 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 467 12/7/2012 12:14:34 PM

44 Verander jou huwelik deur gebed

lug” (Job 32:20). Dit is presies wat jy ook sal ondervind. As jou man (vrou) iemand is met wie dit moeilik is om te kommunikeer, vra vir God om daardie muur in sy (haar) hart af te breek. Buiten dat julle na ’n berader toe moet gaan wat julle al twee sal help om openhartig te praat, het julle die werk van die Heilige Gees nodig om dit reg te kry. Bid dus dat dit sal gebeur. ’n Man en vrou is heeltyd besig om by me kaar aan te pas, want geen twee mense ís dieselfde of blý die selfde nie. (Selfs al lyk dit met tye of niks ooit verander nie.) Hul le kan egter nooit behoorlik by mekaar aanpas as hulle nie weet watter aanpassings om te maak nie. As jy nie eerlik is met jou eg ge noot oor hierdie dinge nie, kan jy maklik verkeerde aannames en aanpassings maak.

3. Wees eerlik oor jou verlede. Toe ek besef het dat my en Michael se verhouding ernstig raak, het ek geweet ek kan my nie verder aan hom verbind sonder om heeltemal eerlik oor my verlede te wees nie. Voordat ek egter vir hom alles vertel het, het ek gebid dat God sy hart sal voorberei om dit te ontvang en dat Hy vir my die regte woorde sou gee en die regte tyd sou wys.

Hy het reeds van my ma geweet, maar het eers ná ons troue die erns van haar siekte besef toe ons vir ’n naweek by my ouers gaan kuier het. Daar was egter ander dinge wat ek hom moes vertel en ek het nie geweet of hy my as gevolg daarvan heeltemal sou verwerp nie. Hy was gelukkig heeltemal aanvaardend van wat ek hom vertel het en het gesê dit verander glad nie wat hy van my dink nie. Dit was ’n groot verligting om dit in die ope en van my gewete af te kry.

Ek ken ander mense wat die geheime uit hulle verlede eers lank ná hulle troue met hulle eggenoot gedeel het. Die feit dat hulle so lank gewag het, het die mate van vertroue geskok wat vroeër in die verhouding gevestig is. Wanneer jy heeltemal eerlik is oor jou ver-lede, help dit jou om suksesvol te leef in die hede. Dit help jou om beter in die toekoms in te beweeg wat God vir jou het. Jy wil tog nie altyd oor jou skouer kyk om te sien of iets uit die verlede jou jaag nie. Hoe gouer jy eerlik is hoe beter.

4. Wees eerlik oor alles wat jy doen. Ek ken ’n man wat voortdurend vir sy vrou jok oor die dinge wat hy doen. Hulle het nie ’n hegte

978-1-77000-514-3.indd 44 2008/10/07 11:34:04 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 468 12/7/2012 12:14:34 PM

45Stormie Omartian

ver houding nie en sy oneerlikheid kan maklik in die toekoms tot ’n egskeiding lei. Elke leuen breek die vertroue af, en wanneer ’n man of vrou vertroue verloor, verkrummel die fondament van hulle huwelik. Vertroue kan natuurlik herstel word indien die een wat jok, bely dat hy (sy) dit doen en waarlik berou het. As jy moet jok oor die dinge waarmee jy besig is, is jou prioriteite heeltemal verkeerd. Jy plaas nie vir God eerste en jou man (vrou) tweede bo alle ander dinge nie.

TIEN DINGE OOR DIE WAARHEID

1. Die waarheid is dít waarop jy jou gedagtes moet rig. “Alles wat waar is, daarop moet julle julle gedagtes rig” (Filippense 4:8).

2. Die waarheid is ’n besluit wat jy neem oor die woorde wat jy ge-bruik. “Ek praat net die waarheid, ek het ’n afsku van wat ver-keerd is” (Spreuke 8:7).

3. Die waarheid is die manier waarop jy kies om te leef. “Ek kies die betroubare pad, ek lewe volgens u bepalings” (Psalm 119:30).

4. Die waarheid maak jou vry. “Julle sal die waarheid ken, en die waar heid sal julle vry maak” (Johannes 8:32).

5. Die waarheid beskerm jou. “Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas” (Efesiërs 6:14).

6. Die waarheid reinig jou siel. “Noudat julle julle in gehoor saam-heid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers on ge-veins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê” (1 Petrus 1:22).

7. Die waarheid behaag God. “Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe” (3 Jo hannes vers 4).

8. Die waarheid kan op jou hart geskryf word. “Moenie dat troue lojaliteit en waarheid by jou ontbreek nie; leef daarmee saam soos iets waardevols wat jy om jou nek dra, skryf dit op die tafel van jou hart” (Spreuke 3:3, Die Multivertaling Bybel – ).

9. Die waarheid bring jou na God se lig. “Wie volgens die waar heid

978-1-77000-514-3.indd 45 2008/10/07 11:34:04 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 469 12/7/2012 12:14:34 PM

46 Verander jou huwelik deur gebed

handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is” (Johannes 3:21).

10. Wanneer die waarheid in jou hart is, ervaar jy God se teen woor-digheid soveel meer terwyl jy bid. “Die HERE is naby al mal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid” (Psalm 145:18, 1953-vertaling).

Bid dat God sy liefde in jou hart sal uitstort

Die beste manier om goeie kommunikasie met jou eggenoot te hê is om in die eerste plek goeie kommunikasie met God te hê. As die woorde van Matteus 12:34: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor” waar is, moet jy vir God vra om jou hart elke dag tot oorlopens toe te vul met sy liefde sodat jy liefdevolle woorde spreek. Die Bybel sê: “Geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n rustelose kwaad, vol do de-like gif” (Jakobus 3:8). As dit van ons afhang, sal ons instinktief woor-de gebruik wat seermaak en afbreek. Die Bybel sê ook: “Die plan ne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die Her e” (Spreuke 16:1, 1953-vertaling). Ons kan ons hart voorberei deur te bid en God se Woord in sy teenwoordigheid te lees.

Wanneer dit in ’n huwelik moeilik is om die waarheid te hoor, vra vir God vir ’n groter porsie van sy liefde waarmee jy dit kan oordra. Elke keer wanneer jy met ’n negatiewe gesindheid of vanuit ’n liefdelose hart praat, belemmer dit jou eggenoot se vermoë om te hoor wat jy sê. Vra vir God om jou die wysheid te gee om die regte dinge op die regte manier te sê. “Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe” (Spreuke 16:23, 1953-vertaling). Wanneer jy moeite doen om woorde te gebruik wat liefde kommunikeer, sal jy suk ses behaal. God verbly Hom daaroor en dít bring altyd groot be loning.

Moenie toelaat dat vyandigheid die oorhand oor julle verhouding kry nie. Argumenteer met eerlike kommunikasie en liefdevolle woorde. “Om rusie te begin, is om ’n damwal te breek; staak liewer die getwis voor die vloed jou tref” (Spreuke 17:14). Vra vir God om jou hart so met sy liefde te vul dat jou woorde soos genesende water van be moe-

978-1-77000-514-3.indd 46 2008/10/09 02:49:17 PM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 470 12/7/2012 12:14:34 PM

47Stormie Omartian

diging en herstel sal wees in plaas van ’n oop sluis wat ernstige skade aanrig.

Bid dat jy die tekens kan verstaan

Ons het ’n klein wit Chihuahua met lang hare. Dit is eintlik my dogter se hond, maar as gevolg van haar werk en reisskedule kon sy hom nie saamvat toe sy uit die huis is nie. ’n Mens kan seker maar sê hy is ons kleinkind-hond. Sy naam is Wrigley, maar ek en Michael noem hom “The Great I Want”. Die rede hiervoor is dat hy altyd iets wil hê behalwe wanneer hy slaap. Wrigley kommunikeer wat hy wil hê deur penorent op sy agterpote te sit en sy voorpote teen mekaar te hou asof hy bid. Dan beweeg hy sy voorpote op en af terwyl hy onophoudelik tjank. Hy kan in daardie posisie bly sit vir langer as wat jy gedink het moontlik is. ’n Mens kan nog die regopsittery en die biddende hande ig noreer, maar daar is geen manier dat jy die getjank kan ignoreer nie. Dit sal jou mal maak. Die enigste manier waarop jy hom sover kan kry om op te hou is om hom eenvoudige vrae te vra oor die dinge wat hy gewoonlik wil hê en dan te kyk hoeveel keer hy sy voorpote op en af beweeg. Omdat hy altyd álles wil hê, sal sy voorpote ten minste een of twee keer op en af beweeg op enigiets wat jy sê. Ons moet sekere sleutelwoorde gebruik, soos: “Buitetoe?” “Kos?” “Vashou?” “Bed?” “Kombers?” “Been?” “Koekie?” “Speelding?” “Stap?” “Ry?” Hy weet baie goed wat elkeen beteken.

Wil jy buitetoe gaan? Wil jy kos hê? Wil jy hê ek moet jou vashou? Wil jy ’n koekie hê? Wil jy jou been hê? Wil jy ’n ent gaan ry? Om die waarheid te sê, ons het al geleer om nie “ry” te sê tensy ons van plan is om dit te doen nie. Dit maak nie saak hoe nodig hy het om “buitetoe” te gaan of hoe lus hy vir “kos” is nie, om te gaan “ry” kry voorkeur bo enigiets anders. En as jy eers die “r”-woord gesê het, sal jy doodgetjank word as jy dit nie dadelik doen nie.

Wanneer ons hierdie vrae vir Wrigley vra, moet ons fyn oplet op hoeveel keer sy biddende voorpote op en af beweeg. Een keer vir “been”, twee keer vir “kos”, twee keer vir “vashou”, en so gaan dit deur die hele lys, want al sy behoeftes is relatief. Die woord wat die grootste op-en-af-beweging kry, dui op die ding wat hy die graagste

978-1-77000-514-3.indd 47 2008/10/07 11:34:04 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 471 12/7/2012 12:14:34 PM

48 Verander jou huwelik deur gebed

wil hê. Die enigste woord waarop hy nie reageer nie is “bad”. Ek het dié woord al ’n paar keer genoem, maar Wrigley gaan sit net doodstil met ’n uitdrukking op sy gesig wat sê: “Kyk deur my. Kyk deur my.” Eenkeer toe hy baie angstig was om buitetoe te gaan het hy sy pote om-trent ses keer in twee sekondes beweeg en ons het dadelik geweet dit is ’n noodgeval.

Die interessante ding is dat Wrigley se gesigsuitdrukking nooit ver-ander terwyl hy met die biddende voorpote beduie nie; jy kan dus nie aan sy gesigsuitdrukking agterkom wat hy wil hê nie. Hy tjank ook op dieselfde toon. Dit is die subtiele tekens in sy liggaamstaal wat ’n mens in ag moet neem om agter te kom wat hy wil hê.

Die punt van hierdie vertelling is dat ons soms baie versigtig na ons eggenoot se liggaamstaal moet kyk om agter te kom wat hy (sy) wil hê of wat in sy (haar) gedagtes aangaan. Ons moet die regte vrae vra en in staat wees om sy (haar) reaksie daarop te interpreteer. Ons moet tussen die reëls lees. Vra God om jou in staat te stel om die belangrike tekens in jou man (vrou) raak te sien. Vra God om jou te help om so duidelik te kommunikeer dat jou man (vrou) nie nodig het om na te-kens in jou liggaamstaal te soek nie.

Bid dat julle dit sal geniet om dinge saam te doen

Wat doen jy en jou man (vrou) graag saam? Dit is goed as jy aan iets kan dink. As jy egter sukkel om aan een ding te dink, is dit ’n pro bleem vir julle verhouding. Ten einde goeie kommunikasie te hê moet daar dinge wees wat julle saam kan geniet, selfs al is dit iets so eenvoudig soos om saam na ’n sonsondergang te kyk of boeke te lees of te gaan stap of uit te eet. As julle saam werk, het julle nogtans iets bui ten werk nodig wat julle saam kan doen.

Ek en my man het vir ’n klein rukkie saam probeer gholf speel. Ons het tennis ook probeer, maar dit was my man se doel om my ten alle koste te wen terwyl ek dit net wou geniet. Ek het nie daarvan gehou om my lewe te waag ter wille van ’n bietjie pret nie. Ons het toe maar op gehou daarmee.

In hierdie stadium van ons lewe en te danke aan ’n wonderbaarlike antwoord op my man se gebede, hou ons al twee van Amerikaanse

978-1-77000-514-3.indd 48 2008/10/07 11:34:04 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 472 12/7/2012 12:14:34 PM

49Stormie Omartian

voet bal. (Om daarna te kyk, nie om self te speel nie.) Hy het vir my ’n boek gekoop met die titel Football for Dummies, my saamgevat na die wedstryde toe en hy was bereid om dieselfde ding oor en oor te verduidelik totdat ek dit verstaan het. Dit was nie ’n maklike taak vir my man met sy ongeduldige tipe A-persoonlikheid nie, maar omdat dit vir hom belangrik was, het hy deurgedruk. Dit was ook die moeite werd, want ek is mal oor dié sport. Nou kyk ons saam na die wedstryde op televisie en gaan kyk wanneer ons span in die dorp speel. As jy weet hoe oortuig ek altyd was dat dit die grootste mors van tyd is, sal jy besef wat ’n groot wonderwerk dit is. Ek en Michael het gebid dat ons iets sal kry wat ons graag saam wil doen. Hy het gewen. Ek doen nog steeds alleen inkopies.

Bid dat julle in elke seisoen van die lewe nader aan mekaar sal groei

Daar is baie seisoene in die lewe en in die huwelik, en jy moet bid dat jy en jou eggenoot nader aan mekaar sal groei en nie verder van mekaar af weg nie. Jy wil nie een oggend wakker word en ontdek dat jy langs ’n vreemdeling lê net om te besef hy (sy) is die persoon met wie jy getroud is nie. Soms verander situasies. Jou eggenoot was dalk aanvanklik die broodwinner in die gesin, maar toe het jy om die een of ander rede die broodwinner geword. Of toe julle kinders gekry het, moes jy ontdek die perfekte man is toe nie die perfekte pa nie. Of jou eggenoot wat eens die perfekte vrou was, is nou skielik net die perfekte ma. Of die kinders gaan uit die huis uit. Of hulle kom terug nadat hulle reeds uit die huis uit weg was. Of daar is veranderings wat julle werk, gesondheid en fi nansies betref. Al hierdie dinge kan kommunikasie beïnvloed of ’n ernstige kommunikasiegaping veroorsaak.

Die bewys van jou liefde vir jou eggenoot is die bereidheid om te ver ander namate julle lewe saam vorder. Vra God om julle albei in staat te stel om altyd sensitief te wees vir wat in elke seisoen in die an-der een se binneste aan die gang is, en om enige nodige aanpassings te maak in die manier waarop julle kommunikeer. Op dié manier sal julle steeds saam groei.

978-1-77000-514-3.indd 49 2008/10/10 08:11:16 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 473 12/7/2012 12:14:34 PM

50 Verander jou huwelik deur gebed

Bid dat julle mekaar sal eerbiedig

Is dit nie vir jou aaklig wanneer jy saam met ’n ander egpaar is en die een sê iets krities, afbrekends of oneerbiedigs van die ander een nie? Niks laat mense meer ongemaklik voel as ’n man of vrou wat hul eg-ge noot voor hulle afkraak nie. Dit kan jou selfs in die ongemaklike situasie plaas waar jy kant moet kies in die saak, wat jy inderwaarheid nie kan doen nie, want niemand ken die innerlike werking van iemand anders se huwelik nie. Soms blyk dit dat die aanvallige en wonderlike persoon inderwaarheid die beledigende een is wat vriendelik is met almal behalwe sy (haar) eggenoot. En die eggenoot wat bitter en ongeskik voorkom, het eintlik maar net die toppunt bereik van wat hy (sy) kan hanteer.

Mans word spesifi ek vermaan om hulle vroue te eerbiedig, en wan-neer hulle nalaat om dit te doen sal hulle gebede nie beantwoord word nie. “Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder” (1 Petrus 3:7, beklemtoning deur die outeur). Dit is ’n baie ernstige ge-volg en moenie ligtelik opgeneem word nie.

Mans moet hulle vroue liefhê, en vroue moet hulle mans eerbied be toon en aan hulle onderdanig wees (Efesiërs 5:22-33). Vir vroue is god vrugtige onderdanigheid iets wat jy gewillig doen. Dis nie iets wat jou man jou dwing om te doen nie. Dít is slawerny. Onderdanigheid word op ’n godvrugtige manier gekommunikeer deur aan jou man eerbied te betoon. Dit is egter vir ’n vrou baie makliker om aan haar man onderdanig te wees wanneer hy aan God onderdanig is, en dit is ook hoe God dit wil hê. Dit is vir haar moeiliker as hy nie aan God onderdanig is nie, of indien hy haar in enige opsig met minagting behandel. Vra vir God om jou en jou man (vrou) te help om volgehoue eerbied, respek, waardering en liefde aan mekaar te bewys, veral voor ander mense.

978-1-77000-514-3.indd 50 2008/10/07 11:34:05 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 474 12/7/2012 12:14:34 PM

51Stormie Omartian

TIEN DINGE OM TE ONTHOU OOR DIT WAT JY SÊ

1. Kies jou woorde versigtig. “Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom” (Efesiërs 4:29).

2. Sagte woorde het meer krag as harde woorde. “’n Sagte tong verbreek die gebeente” (Spreuke 25:15, 1953-vertaling).

3. Jy moet dink voor jy praat. “’n Regverdige mens dink voor hy antwoord; goddelose mense sê net slegte dinge” (Spreuke 15:28).

4. Moenie te veel praat nie. “Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig” (Spreuke 10:19).

5. Jou woorde kan jou laat struikel. “Ons struikel almal in baie op-sigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy vol maak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou” (Jakobus 3:2).

6. Vriendelike woorde is lewegewend. “Aangename woorde is heu-ning, soet en geneeskragtig vir die mens” (Spreuke 16:24).

7. Jou woorde kan vernietigend wees. “Die tong is maar ’n klein lig-gaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. ’n Klein vuur tjie kan ’n groot bos aan die brand steek” (Jakobus 3:5).

8. As jy ’n goeie lewe wil hê, moet jy jou woorde tel. “As iemand die lewe liefhet en ’n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens” (1 Petrus 3:10).

9. Jou tong kan deur die vyand geïnspireer word. “Die tong is ook ’n vuur, ’n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die lig gaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die ge-boorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek” (Jakobus 3:6).

10. Jou onvriendelike woorde maak jou seerder as wat dit jou eg ge-noot maak. “Op grond van jou eie woorde sal jy vryge spreek of veroordeel word” (Matteus 12:37).

978-1-77000-514-3.indd 51 2008/10/07 11:34:05 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 475 12/7/2012 12:14:34 PM

52 Verander jou huwelik deur gebed

Bid dat julle al twee ore sal hê wat luister

’n Groot deel van kommunikasie is dat julle moet leer luister. Dit be-te ken jy moenie al die praatwerk doen nie. Dit beteken jy moet God vra om jou ore te gee wat hoor en ’n hart wat bereid is om te ontvang wat jou eggenoot sê. Julle kan mekaar se laste dra en op dié manier uitvoering gee aan die wet van Christus deur eenvoudig te luister hoe jou eggenoot oor sy (haar) laste praat (Galasiërs 6:2). As jy met iemand getroud is wat te selfbehep is om te luister, of wat weier om te luister omdat dit dan lyk of hy (sy) nie in beheer is nie, of wat geen waarde heg aan wat jy sê nie, bid dat God vir hom (haar) ore sal gee wat hoor. Glo my, daar is groter impak wanneer God iemand oortuig dat hy (sy) nie luister nie as wanneer jy dit probeer doen.

Partykeer dink ons ons weet wat die ander persoon sê, maar God sê jy moenie antwoord voordat jy deeglik geluister het nie. “Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande” (Spreuke 18:13). Luister beteken dat jy nie praat terwyl die ander een praat nie. Hoe sal jy bly kan wees saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur (Romeine 12:15) as jy nie goed genoeg luister om te weet of hulle bly is of treur nie? As dit voel of jou eggenoot nooit na jou luister nie – of dat jou man (vrou) sê jy luister nooit nie – vra vir God om julle albei se hart ontvanklik te maak om te luister. Hy beantwoord graag dié gebed.

Bid dat die vyand nie sal slaag om die kommunikasie te ont wrig nie

Hou altyd in gedagte dat die vyand van jou siel ook die vyand van jou huwelik is; daarom is hy ook die vyand van julle kommunikasie. Het dit al ooit gebeur dat daar skielik iets tussen jou en jou eggenoot kom wanneer alles goed gaan en wat dan die kommunikasie ontwrig sodat julle skielik heeltemal verby mekaar praat? Daar is skielik verwarring of ’n argument of ’n wanopvatting van wat gesê is en jy kan nie die re de daarvoor verstaan nie. Dit is een van die vyand se algemeenste teg nieke om kommunikasie tussen ’n man en vrou te ontwrig. Dit kan in selfs die wonderlikste huwelike gebeur en op so ’n subtiele manier

978-1-77000-514-3.indd 52 2008/10/10 08:11:16 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 476 12/7/2012 12:14:34 PM

53Stormie Omartian

dat jy dink dit is júlle wat dit veroorsaak. Vra vir God om julle albei bewus te hou van die vyand se poging om

onmin en misverstande tussen julle te veroorsaak. Moenie toelaat dat dit gebeur nie. As jy sien dat dit reeds gebeur het, verklaar dat omdat God vir julle is, niemand teen julle kan wees nie, nie eers julleself nie.

GEBEDE VIR MY HUWELIK

��

Gebed vir beskerming

Here, ek nooi U om in ons huwelik teenwoordig te wees. Ek bid dat U my en my man (vrou) sal beskerm sodat die kommunikasie tussen ons op geen manier in duie sal stort nie. Stel ons in staat om altyd ons gedagtes en gevoelens met mekaar te deel en help ons om te weier om mense te wees wat nie met mekaar praat nie. Leer ons om mekaar genoeg te vertrou om ons diepste hoop, drome, vrese en probleme met mekaar te deel. Help ons om elke dag ook met U te kommunikeer sodat die kommunikasie tussen ons altyd goed sal wees. Leer ons hoe om openlik ons liefde vir mekaar uit te druk en weerhou ons van enige luiheid of selfsug wat sal veroorsaak dat ons nalaat om dit te doen. Help ons om te weier om afbrekende woorde te gebruik, maar net woorde wat die ander een opbou (Efesiërs 4:29).

Verlos ons van enige versoeking om vir mekaar oor enigiets te jok of mekaar te bedrieg (Levitikus 19:11). Help ons om heeltemal eerlik oor alles te wees. Leer ons om met waarheid, wysheid en be-grip te praat. Ons wil nie altyd iets leer, maar nooit tot die kennis van die waarheid kom nie (2 Timoteus 3:7).

Leer ons om na mekaar te luister en die tekens in mekaar raak te sien wat ons beter begrip sal gee. Help ons om iets te kry wat ons saam kan geniet sodat ons nader aan mekaar kan groei en nie verder van mekaar af weg nie. Stel ons in staat om te alle tye liefde, waardering en eerbied vir mekaar te kommunikeer. Leer ons om die

978-1-77000-514-3.indd 53 2008/10/07 11:34:05 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 477 12/7/2012 12:14:34 PM

54 Verander jou huwelik deur gebed

vyand se plan raak te sien waardeur hy ons huwelik wil vernietig. Stel ons in staat om sy metodes te verstaan en om raak te sien wan-neer hy onmin en misverstande tussen ons probeer veroorsaak. Help ons om dadelik gesag oor te neem wanneer hy ons aanval, veral ten opsigte van kommunikasie. Help ons om alle rusies tussen ons op ’n liefdevolle en bedagsame manier op te los. Stel ons in staat om altyd eensgesind met U en met mekaar te wees. Ek bid dit in Jesus se Naam.

Gebed vir ’n deurbraak in myself

Here, ek nooi U om in my teenwoordig te wees en my te verander waar ek verandering nodig het. Openbaar aan my dié kere toe ek nie die regte woorde of dinge teenoor my man (vrou) gekommunikeer het nie en ek sal dit as sonde bely, want ek het nie deel aan die heer-likheid van God nie (Romeine 3:23). Leer my hoe om openlik en eerlik te kommunikeer sodat ek opregte en betroubare woorde kan spreek (Spreuke 8:6-9). Ek weet ek kan nie in u teenwoordigheid lewe as ek nie met my hele hart die waarheid praat nie (Psalm 15:1-3). Neem enige bedrog in my hart en valsheid in my gedagtes weg sodat daar geen boosheid in my sal wees nie (Spreuke 17:20).

Ek bid dat u liefde so oorvloedig in my hart sal wees dat dit tot uiting sal kom in alles wat ek sê. Gee vir my die regte woorde vir elke situasie. Help my om aan my man (vrou) waardering te betoon vir al die goeie dinge wat hy (sy) doen. Maak my oë oop indien ek dit nie altyd raaksien nie. Gee my ore om werklik te hoor wat my man (vrou) sê sodat ek sy (haar) laste kan help dra bloot deur te luister. Maak my gewillig om te luister en help my om nie te gou te praat nie (Jakobus 1:19). Gee my die wysheid om goeie tydsberekening te hê.

Here, U is groter as enigiets wat ek moet trotseer en sterker as al die dinge wat my en ons huwelik teenstaan. Dankie dat U vir my gesag oor die vyand gee. Ek bid dat ek altyd sy hand in ons lewe sal raaksien sodat ek nooit sal toelaat dat enige van sy planne ons verhouding ontwrig nie. Ek bid dat my mond suiwer wysheid sal praat en dat wat ek sê van insig sal getuig (Psalm 49:4). Ek dank U

978-1-77000-514-3.indd 54 2008/10/07 11:34:05 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 478 12/7/2012 12:14:34 PM

55Stormie Omartian

by voorbaat vir die antwoorde op my gebede. Ek bid dit in Jesus se Naam.

Gebed vir ’n deurbraak in my man (vrou)

Here, ek dank U vir my man (vrou) en bid dat U sy (haar) hart ont vanklik sal maak vir alles wat U vir hom (haar) en ons huwelik het. Help hom (haar) om U beter te leer ken, om u weë te verstaan en om dinge vanuit u perspektief te sien. Help hom (haar) om ons twee te sien soos U ons sien. Verander wat nodig is in hom (haar) sodat niks hom (haar) sal keer om die doel te bereik wat U vir sy (haar) lewe en ons lewe saam het nie.

Here, vul my man (vrou) se hart met u liefde sodat dit tot uiting kom in die woorde wat hy (sy) spreek. Help hom (haar) om die ge volge van enige onbedagsame en kwetsende woorde te verstaan. Help ons albei om meer oordeelkundig te wees oor wat die ander een seermaak. Praat deur ons sodat ons woorde vir mekaar u woor-de sal wees. Help ons om instrumente van u vrede en genade te wees elke keer wanneer ons met mekaar praat. Oortuig my man (vrou) se hart van dié kere toe hy (sy) woorde gebruik het wat my seergemaak en U in oneer gebring het. Stel hom (haar) in staat om woorde te gebruik wat lewe bring in plaas van dood, woorde wat opbou en nie afbreek nie. Gee hom (haar) meer kennis van u weë sodat hy (sy) sal weier om negatiewe woorde te spreek. Help hom (haar) om openlik te kommunikeer en dat ons nie ’n koue stilte tussen ons sal toelaat nie.

Here, help my man (vrou) om eerlik te wees oor alles. Oortuig hom (haar) in sy (haar) hart van enige leuens wat hy (sy) vir my of enigiemand anders vertel het en breek enige gedagtes in hom (haar) af wat sê dit is aanvaarbaar om te jok, of dat daar verskillende weergawes van die waarheid is. Maak hom (haar) sterk om die va-der van die leuen te weerstaan en om te weier om voor enige ver-soeking tot leuentaal te swig (Johannes 8:44). Help hom (haar) om op te hou met elke vorm van bedrog (1 Petrus 2:1). Mag hy (sy) weier om vasgevang te word deur sy (haar) eie woorde (Spreuke 6:2). Mag daar geen skeiding tussen ons wees nie, want ons is eens-

978-1-77000-514-3.indd 55 2008/10/07 11:34:05 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 479 12/7/2012 12:14:34 PM

56 Verander jou huwelik deur gebed

ge sind en het dieselfde oortuiging (1 Korintiërs 1:10). Waar hy (sy) in die verlede nie goed gekommunikeer het nie, help hom (haar) om dit nou te doen. Dankie dat U ons rots en ons Verlosser is (Psalm 78:35). Ek bid dit in Jesus se Naam.

ANKERS UIT DIE WOORD

��

Mag wat ek sê en wat ek dink

tog vir U aanneemlik wees,

Here, my Rots en my Verlosser.

Psalm :

Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie,

het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword.

Korintiërs :

Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê

nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou.

Jakobus :

Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos

hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief.

’n Vrou moet aan haar man eerbied betoon.

Efesiërs :,

Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle

aan die Here onderdanig is. Mans, julle moet julle vrouens liefhê

soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

Efesiërs :,

978-1-77000-514-3.indd 56 2008/10/07 11:34:05 AM

Copy of 978-1-86829-965-2_inside1st paper.pdf 480 12/7/2012 12:14:34 PM