Die Kosmos - SAWA€¦ · Ek haal graag die woorde aan van woorde van Henrietta Schoeman, President...

18
DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 18 Die KOSMOS Jaargang 36 Uitgawe 4 November 2014 Geseënde Christusfees Die Oosvaal Bestuur wens u en u familie ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe jaar toe. Wees asseblief veilig gedurende hierdie tyd. Die foto hierbo is by De Voetpadkloof geneem van Lance se woonwa

Transcript of Die Kosmos - SAWA€¦ · Ek haal graag die woorde aan van woorde van Henrietta Schoeman, President...

DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 18

Die KOSMOS

Jaargang 36 Uitgawe 4 November 2014

Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013

Geseënde Christusfees

Die Oosvaal Bestuur wens u en u familie ‘n geseënde

Kersfees en voorspoedige Nuwe jaar toe.

Wees asseblief veilig gedurende hierdie tyd.

Die foto hierbo is by De Voetpadkloof geneem van Lance se woonwa

DIE KOSMOS BLADSY 2 VAN 18

OORDENKING

Geskryf deur Charl Bredell

Om tot beskikking van

God te wees

"Ek is tot beskikking van die Here.” (Lukas 1:38a)

Kom ons maak gereed vir die beste Kersfees ooit! Hoekom? Omdat dit elke Jesus-mens se eie wilsbesluit is om nie net te oorleef van jaar tot jaar nie, maar om elke dag met ‘n splinternuwe verwagting te lewe! Ja, nie net oorleef nie, maar meer intens te lewe en met baie groter invloed te lewe. Beplan ‘n spesiale Kersfees, neem nuwe besluite oor Kersfees, wees gereed vir ‘n totale ommekeer deur die Gees van God in jou! Hoe kan hierdie Kersfees die beste ooit vir jou as Jesus-mens wees?

Kom ons gaan kuier vir ‘n tydjie by die Lukas Evangelie se vertelling rondom die geboorte van Jesus. Die engel Gabriël verskyn aan Maria om haar voor te berei op die geboorte van haar Seuntjie, Jesus. Hy vertel vir haar wie hierdie besondere Kind van haar gaan wees: “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” Maar dan is sy ‘n maagd, wat nog geen seksuele omgang met haar verloofde, Josef, gehad het nie, sodat sy moet hoor: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.” Want let op wat sê die engel: “Niks is vir God onmoontlik nie.”

Maar dan antwoord Maria met hierdie besonderse woorde: "Ek is tot beskikking van die Here.” Kersfees in hierdie wêreld het onder andere begin met Maria se gewilligheid om beskikbaar te wees vir die geboorte van die Verlosser van alle tye!

Jou en my beste Kersfees kan begin met ons elkeen se gewilligheid om beskikbaar te wees om die Verlosser van alle tye aan die wêreld bekend te maak en uit te leef. Die beste Kersfees ooit gaan oor ‘n nuwe beskikbaarheid vir Jesus self! Slaan ‘n totaal nuwe blaadjie om vir hierdie Kersfees. Laat die Gees toe om jou nuut te laat dink, oor hoe hierdie Kersfees die beste ooit vir Jesus kan wees!

INHOUDSOPGAWE

Voorbladnuus.............................1

Oordenking……….…............…..2

Redaksie………..…………..........3

Van die Voorsitter………..….......3

Voogdelys…………….….…........4

Verjaarsdae……………...............5

Huweliksherdenkings…..............5

Lief en Leed................................5

Lekkerbek……..….……...…........6

Kersboodskap………...………….7

Onthou jy nog…………………….7

Uit God se Apteek.......................8

Uit die Natuur………………..…...9

Saamtreknuus……….…...........10

Toekennings……………………11

Voorraad...................................11

Tegnies.....................................12

Tieners......................................13

Senior Burgers..........................14

Kleuters……………...…….…....17

Jaarprogram………..………......18

DIE KOSMOS BLADSY 3 VAN 18

i

‘n PAAR WOORDE

VAN ANDRé

Dagsê Geagte Vriende

Ons laaste kamp van die jaar was

groot pret met ‘n boemelaarsaand die

Vrydag en ‘n konsert die Saterdag

aand.

Baie dankie aan almal wat die

naweek so ‘n lekker feesnaweek

gemaak het, amper vergeet ek van

kersvader en die geskenke.

Ek wil ook vir almal in Oosvaal en in

die groter SAWA ‘n geseënde

Christusfees toewens, en ‘n baie

geseënde kersdag. Mag die Here se

genade en liefde by julle en in julle

wees gedurende die tyd. Ek deel

graag ‘n gebed wat ek in ‘n tydskrif

gelees het en wat gepas is vir

kersfees.

"Here Jesus Christus, help ons om U

grootheid te erken soos die wyse

manne uit die Ooste dit erken het en

aan U eer gebring het, Amen."

‘n Voorspoedige nuwe 2015 aan

almal, ek wens julle almal net geluk

en vrede toe vir 2015.

Pas julle self en julle geliefdes mooi

op gedurende die feesseisoen.

Mooi bly tot volgende jaar.

SAWA Groete

André

REDAKSIE

Hallo Vriende

Ek haal graag die woorde aan van

woorde van Henrietta Schoeman,

President van die VLU. Sy het dit

wat in my hart is, so mooi in woorde

omskep:

Die woorde van Koos du Plessis se lied “

Somerkersfees” (Welkom, o stille nag van

vrede – Lied 358) raak my altyd baie diep.

Die refrein se woorde veral laat mens baie

diep besin oor die waarde en betekenis

van Kersfees.

“Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan

God die eer. Skenk ons ‘n helder

Somerkersfees in hierdie land, o Heer.”

Met Kersdag wat vinnig nader kom, is die

winkels stampvol en beplan ‘n ieder en elk

aan maaltye, geskenke, vakansies en

familie- kuiers. Ons raak behep met die

uiterlike vertoon van kersbome en liggies.

Die ware betekenis van Kersfees raak weg

in die mensgemaakte rituele en tradisies.

My hartswens is dat elke mens op aarde

die wonder sal raaksien van ‘n God wat na

die wêreld toe gekom het om ons lig te

wees. Ek wens elkeen die vrug van die

Gees toe: liefde, vreugde, vrede,

vriendelikheid, geduld nederigheid,

getrouheid en goedhartigheid.

Mag ons aan God alleen die eer gee.

‘n Geseënde Christusfees aan almal en

mag die nuwe jaar met entoesiasme en

nederigheid aangepak word, met God as

stuurman van ons lewens.

Groete en mooi bly.

Marianne

DIE KOSMOS BLADSY 4 VAN 18

VOOGDELYS

André en Marianne Erasmus (Tel André 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr. 25, Secunda

David en Rea van As (Tel David 071 867 0129; Rea 083 235 0921) e-pos Adres: [email protected]; [email protected] Straatadres: Waterbergstr. 9, Secunda

Lance en Retha Batts (Tel Retha 082 873 6016) e-pos Adres: [email protected] Straatadres: Bostonstr 3, Secunda

André en Annemarie Fourie (Tel Andre 082 871 7620; Annemarie

082 852 0657 ) e-pos Adres: [email protected];

[email protected] Straatadres: Krokodilrivierstr. 7, Secunda

Hennie & Monica Oosthuyzen; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anriëtte van Schalkwyk; Neil & Henriëtte van Wyk; Henry Viviers; Francois & Mariane Ueckermann en Johan & Magda van Dyk

Kobus & Annatjie Bester; Peet & Elsie Jonker;

Corné & Christa Thirion; Chris & Thiana

Bornman; Alta van Heerden; Brad & Astrid

Blake ; Gert & Lena van Rensburg; John &

Yolanda Brummer en Martiens & Alta Grobler

Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize

Saayman; Frans & Ohna Steyn; Neil & Marietta

Parks; Jacques Fourie; Div de Villiers en

Wimpie & Rita Meintjes;

Kobus & Hannatjie Roets; Nico Botha; Danie &

Annelie Meyer; Sakkie & Gretha Mocke; Francis

& Marlize Hodgeman; Edwin & Rene

Sieberhagen en Johan & Karin Burger

DIE KOSMOS BLADSY 5 VAN 18

VERJAARSDAE

Januarie

01 - Hanco Meintjes 05 – Ronnie Moorcroft 05 – Gert van Rensburg 07 – Jacques Fourie 17 – Frans Steyn 19 – Alta Grobler 25 – Nicola Saayman 27 – Christa Thirion 29 – Johan van Dyk 30 – Rene Sieberhagen 30 – Henriette van Wyk 30 - Martiens Grobler

HUWELIKSHERDENKINGS

Desember

02 – Gretha Mocke 09 – Minke Hodgman 12 – Francis Hodgman 13 – Magda Moorcroft 18 – Rea van As 26 – David van As 29 – John Brummer 30 – Elsie Jonker 30 – Nico Botha (Snr)

LIEF EN LEED

Dit gaan baie beter met Magda van Dyk

Chrizanne Venter het erekleure vir Kultuur ontvang

Ons hoop dit het goed gegaan met al die skoliere van 2014, en dat 2015

‘n besonderse jaar vir julle sal wees

Januarie

02 - Chris & Thiana Bornman

03 - Peet & Elsie Jonker

Desember

01 – Theo & Elize Saayman

02 – Johan & Magda van Dyk

10 – André & Annemarie Fourie

18 – Frans & Ohna Steyn

DIE KOSMOS BLADSY 6 VAN 18

LEKKERBEK – Kondensmelkballetjies en

Mishopies

Resep bron: Kampkos en wenke

KONDENSMELKBALLETJIES:

1 Pakkie Mariebeskuitjies baie fyn gemaak 1 K Klapper

1 Blikkie Kondensmelk (Volroom) Ekstra klapper om in te rol

Meng Kondensmelk en klapper goed en voeg dan die fyn Mariebeskuitjies by.

Meng baie goed.

Rol in Balletjies en rol dan in klapper.

Plaas op waspapier in lugdigte houer of in klein papierkoppietjies (Cup Cakes).

Variasie:

Gebruik Karamel Kondensmelk in plaas van gewone.

Druk ‘n kersie of neut in balletjie in vir 'n verrassing.

MISHOPIES: [ONGEBAKTE KOEKIES ]

2 k suiker 1 k botter (in blokkies gesny)

½ k melk of water ½ k kakao

2 k hawermout 2 k klapper

2 t vanilla

Meng suiker, botter, melk en kakao en roer oor stadige hitte totdat die suiker opgelos en die

botter gesmelt is.

Verhoog die hitte en laat die mengsel kookpunt bereik.

Kook vir 5 minute sodra dit begin borrel.

Meng intussen die hawermout en klapper en hou gereed.

Verwyder kakao-mengsel van die hitte en roer die vanilla by.

Roer die hawermoutmengsel by en skep lepelsvol in hopies op ‘n gesmeerde bakplaat of

skinkbord.

Laat koud word en plaas in die koelkas.

DIE KOSMOS BLADSY 7 VAN 18

KERSBOODSKAP:

LANCE BATTS, GEBIEDSVOORSITTER

Streek Voorsitter, bestuur en lede.

Hiermee wens ek en Retha elke lid van Gebied Oos Transvaal ‘n baie geseënde

kersfees toe. Mag jul ‘n wonderlike kersfees geniet maar baie belangrik, dat ons ook nie

die ware betekenis van kersfees sal vergeet nie en dat die Here deel sal wees van ons

feesvieringe.

Voorspoedige 2015 aan jul ook en mag jul streek in die nuwe jaar net van krag tot gaan

gaan. Die van jul wat met verlof gaan gaan, geniet die rustydperk met jul families en kom

asb veilig terug. Wees maar versigtig op die paaie en rus genoeg oppad na jul

bestemmings.

As Gebiedsvoorsitterspaar sien ek en Retha uit om weer in die Nuwe jaar saam jul te

kamp en te kuier.

Groete

Lance Batts

Gebiedsvoorsitter

ONTHOU JY NOG…..

‘n Lekker Stukkie nostalgie wat jou sal laat terugdink aan die Goeie ou

Dae toe ons nog jonk was…..

Byskrifte deur Leo Kritzinger

By hierdie teken

kon jy ‘n troepie

die

geleentheid bied

om weer sy ma se

kos te kon geniet.

DIE KOSMOS BLADSY 8 VAN 18

UIT GOD SE APTEEK – Klappermelk

Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen

Compared to cow’s milk it’s easier to digest because the body uses 3 less enzymes for its

digestion as opposed to cow’s milk.

It contains a high level of omega 3, 6 and 9 fats along with high amounts of amino acids. This

excellent combination of fats and amino acids make it a complete meal in itself.

The high level of omega 3, 6 and 9 fats and protein in this milk are more bio-available to humans

compared to all other animal fats and most vegetable fats. This bio-availability results in the

body’s ability to assimilate all its nutrients.

It’s very healing to the digestive tract and even heals damage done to the system in cases of

IBS, Crohn’s disease and severe malnutrition.

It’s a healthy and dairy free food. Especially helpful for people who want to avoid dairy, are

lactose intolerant, or have dairy allergies.

Helps build strong bones because it contains phosphorus. Phosphorus is a nutrient that is

needed along with calcium to prevent bone loss and which supplies the body with phosphetes.

Phosphetes are key for the building of bone.

Helps maintain balanced blood sugar levels by being a good source of manganese. This mineral

is usually deficient in people with blood sugar issues.

Helps to reduce inflammation in joints by controlling the amount of free radicals in the system.

As a result, arthritis sufferers can feel relief.

Aids in lowering blood pressure levels because of its high level of potassium.

Keeps the immune system strong and healthy by providing an optimal level of vitamin C.

Helps prevent anemia. Iron deficient anemia is a very common ailment among people

throughout the world. One cup of this milk can provide nearly a quarter of your daily iron needs.

Helps nerves and muscles relax because it has an abundance of magnesium. This mineral

counteracts the hyperactivity of nerves caused by too much calcium and relieves muscle pain

and soreness. The B vitamins in coconut milk also benefit nerves by calming them.

Promotes prostate health because it contains the mineral, zinc. Zinc helps to inhibit the growth

of cancer cells.

Helpful for weight management because when you consume this milk you feel fuller sooner due

to its level of fiber.

DIE KOSMOS BLADSY 9 VAN 18

UIT DIE NATUUR - SA’s 4 Mees Bedreigde

Spesies

4. Wilde Yamswortel

Bron: The IUCN Red List of Threatened Species

Conservation status

Dioscorea strydomiana has been assessed as Critically Endangered on the redlist of SA

plants ( http://redlist.sanbi.org) , severe cutting of tubers for medicinal use leads to the death

of the plant. The population is monitored annually, and thus far, 32% of monitored individuals

have died due to overharvesting. Currently, 91% of monitored individuals have harvesting

damage. In addition, a mining prospecting application was submitted in 2012 for the property

where the only known population of this species occurs

Distribution and habitat

Dioscorea strydomiana occurs on the tribal lands of the Ebutsini tribe in Eastern Mpumalanga

near the border with Swaziland. Plants grow in loose scree on very steep, dry, south-facing

slopes. The surrounding vegetation is sparsely wooded grassland dominated by Acacia

caffra, Faurea rochetiana, Calpurnia glabrata, Protea caffra and another local endemic,

Acacia ebutsiniorum The substrate is dolerite with quartzite and serpentine intrusions.

Growing Dioscorea strydomiana

Ex situ trials are underway at the Lowveld National Botanical Garden in Nelspruit to develop

methods for cultivating Dioscorea strydomiana for reintroduction into the wild in order to boost

the wild population which is dwindling rapidly. Thus far, this species has however proven

difficult to cultivate, with extremely low rates of seedling survival. This species, with its

unusual pachycaul (thick-stemmed) growth form, has potential horticultural appeal (Hurter

2003), but much more research needs to be done before this species can be made

commercially available. It’s very slow-growing nature in particular may be the greatest

obstacle to introducing this species to the horticultural market.

DIE KOSMOS BLADSY 10 VAN 18

SAAMTREK NUUS

Kerskamp: De Voetpadkloof

21 tot 23 November 2014

Ons Hobo’s

Die rooi briggade

Kersvader deel geskenke uit

Chrizanne kry ook ‘n persent

Vrydag het ons 12:00 vanaf Secunda

vertrek. Ons kon sien dat daar ʼn storm aan die broei was. Net buite Secunda het die wind hewig begin waai, wat die rit vanaf Bethal tot in Middelburg moeilik gemaak het. Maar met God se genade en beskerming het ons almal veilig hier aangekom. Na boekevat deur myself en

die verwelkoming deur Andre, het ons ʼn Hobo ete gehad. Ons het almal soos Hobo’s aangetrek en heerlik gesmul aan die Bunnychows wat deur Lance en Rea vir ons voorberei is. Kobus en Annatjie het prys gekry vir die beste Hobo’s.

Saterdag oggend (Ons rooidag) het maar so lui lui begin, behalwe vir die

vissermanne en die voëlkykers wat vroeg uit die vere was. Na boekvat waar Martiens die boodskap vir ons gebring het, het ons ‘n heerlike ontbyt geniet. Die middag het Kersvader by ons ‘n draai kom maak tot groot vermaak van die kinders, ook die ou “kinders” het dit ook baie geniet. Na die heerlike braai, het ons konsert gehou. Daar is grappe en stories vertel, gesing en musiek deur die musikante onder ons gemaak. Toe kom die reën en ry dit in die wiele, nie dat ons kla oor die reën nie. Sondag het Paul vir ons boekevat gehou en ‘n pragtige boodskap aan ons oorgedra. Ons het daana ontbyt geniet en toe maar so stadigaan begin oppak, behalwe vir die wat eers wildtuin toe gaan. Dit was voorwaar ‘n baie lekker naweek en ons wil vir almal wat daar was sê baie dankie. Die wat nie daar was nie julle het uitgemis. SAWA Groete, David & Rea

DIE KOSMOS BLADSY 11 VAN 18

TOEKENNINGS

David en Rea kry hul kamp kommandante plaatjie sowel as hul 20ste Algemene kampplaatjie

Jacques Fourie kry sy 30ste Streeksplaatjie

Chantel van As kry die ster van die

naweek plaatjie.

VOORRAAD

Voorraadbeampte: Annemarie Fourie

Sweetpakke Boshoed

Sirkel & Snorre Windjakker

Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde

Oosvaalpette

Alle verkope – Kontant met bestelling

DIE KOSMOS BLADSY 12 VAN 18

1. Mvubu Campsite – Addo Elephant Park Eastern Cape

2. Mazhou Campsite – Mapungubwe National Park, Limpopo

3. The Beach Camp – Cape Columbine Nature Reserve, Western Cape

4. Plettenberg Forever Resorts – Plettenberg Bay, Western Cape

5. Mdumbi Backpackers – Wild Coast, Eastern Cape

6. Augrabies Falls National Park, Northern Cape

7. Potjiespram, De Hoop, Richtersberg – ǀAi-ǀAis/Richtersveld Transfrontier Park,

Northern Cape

8. Sani Lodge Backpackers, KwaZulu Natal

9. Richards Bay Caravan Park, KwaZulu Natal

10. Rendezvous Caravan Park, East London

11. Driehoek Farm - Cederberg Western Cape

12. Nature’s Valley Rest Camp - Garden Route Western Cape

13. River Goose, Eureka Farm - Bonnievale Western Cape

14. Magalies Sleepy River Campsite – Gauteng

15. Yellowwood Forest Campsite – Morgan Bay Eastern Cape

16. Glen Reenen – Golden Gate National Park Free State

17. Bontle Camping Site – Marakele National Park Limpopo

18. Meiringskloof Nature Park – Free State

19. De Hoop Campsite – Richterveld Northern Cape

20. Dinokeng Waterfront Estate, Kameeldrift - Pretoria Gauteng

21. Gecko’s Place - Port St Johns Eastern Cape

22. Coffee Shack Backpackers - Coffee Bay Eastern Cape

23. Tietiesbaai, Cape Columbine Nature Reserve - West Coast Western Cape

24. Ilanga Resort and Caravan Park – Banana Beach KwaZulu Natal

25. Mahai Campsite – Royal Natal National Park KwaZulu Natal

TEGNIES

25 -van Suid Afrika se mees

populêre somer kampplekke om te

besoek

1 Marakele National park = Limpopo

DIE KOSMOS BLADSY 13 VAN 18

As Roikappiki vandag ‘n tiener was…….

Bron: Die Burger – Geskryf deur Dana Snyman

“Howzit, my anti,” sê Wolf vi ha. “Welcme to the nw Sth Afrca”. LOL. Roikappiki se ouma freak soos intotally-totally-totally uit tu sy sie dis Wolf. Sy wi 911 bel, ma Wolf grp ha. “Chill net, my anti,” sê Wolf vi Roikappiki se ouma, en goi ha inni kas. Tu trek hy Roikappiki se ouma se pjms an en klm i ha bed en wa vi Roikappiki. Roikappiki suk en suk en kry ltr wee di paiki yt di bos yt. Sy ko by ha ouma se hys an. “Dis funny,” dnk sy tu sy sie di deur is oop. Tu sy inni kamr ko, sie sy ha ouma is inni bd. Maar ha ouma lyk biki uitgefreak. “Ah-we, Ouma,” grut sy. “Is ouma fine?” “Eks fine,” antwrd Wolf. “Ek chill net biki hie inni bed.” LOL. “O, cool,” sê Roikappiki. “Maar hukom i ouma se ore so grt?” “Om beter te ka hr, my knd,” antwrd Wolf. “Awesome,” sê Roikappiki. “En hukom i ouma se o so grt?” “Om beter te ka 7de Laan kyk oppi TV, my knd.” “En hukom is ouma se mnd so grt?” Tu sprng Wolf uit di bed. Wolf wil vi Roikappiki rpe, ma Roikappiki hrdlp by di hys yt, en skr: “Hlp! Hlp! Hlllppp!” Da naby inni bos is n houtkppr besig om bome af te kp mt sy byl. Hy hr vi Rooikappiki skr en storm op Wolf af. Tu kap hy vi Wolf met sy b. Wolf val oppi grond, dood. “Ons mut vanni lyk ontslae rk,” sê die houtkppr vir Roikappiki. “Anrs ga ons trnk tu. Dissie mee sos innie ou dae ni.” Tu vat Roikappiki en die houtkppr vir Wolf en goi hom inni rivr. “Thanx, Dude,” sê Roikappi vi di houtkppr tu hille kla is. “Jys amazing.” Hulle gan tu trug na ha ouma se hys tu. Da kry hul tu ha ouma inni kas. Hulle haal ha uit. “Nou sal ’n koppi tee dam lekkr smaak,” sê Roikappiki se ouma tu en stp na di kombuis tu. Tu is als wee cool. (;-)

Die Einde

TIENER DINGE

DIE KOSMOS BLADSY 14 VAN 18

SENIOR BURGERS

Kaaiings – ‘n Liefkosstorie deur Niël Stemmet

Stephan skryf as volg : Die ou mense het gewoonlik die vet van die skaap se stert daarvoor

gebruik . Die skoon vet is net uitgehaal en dan in ‘n pan uitgebraai . Tot net die kaaiings oorbly.

Hoe water my mond nou.

My ouma Miemie aan my ma se kant was vreeslik lief hiervoor, sy het altyd hare stadig uitgebraai

tot dit brosbruin was en dan neffens die bord neergesit en dan het ouma met ‘n groot glimlag agter

die bak gaan sit en begin om weg te pak. Sy het oud geraak kaaiings en al, dit was voor die dae

van cholestrol en bangmaakpraatjies van die hartsiektes . Bygesê ouma was ‘n harde werker en

die kaaiings was haar petrol.

Ons ry eendag hier op boontoe na Upington se wêreld en op Van Rhynsdorp kan jy wragtig

kaaiings koop in ‘n wegneemplastieksakkie. Ons het omtrent weggelê, maar hier na die tiende hap

het die geil agter my kiewe kom sit. Vir my moet hy darem warm wees en ek moet ‘n tamatie of

twee hê om die geil te verwure.

Die ou mense, kom ons sê die arm oumense , het elke kriesel van ‘n slagdier gebruik en verwerk,

elkeen had sy eie gunstelingsnit van die offerdier. Vir party was dit die kop en in die kop was daar

vele offerhandes : die wange, die oge en someer. Iin Loeriesfontein by ant Annie het ons een

middag aan tafel gaan aansit. na die gebruiklike : ” maak toe julle oë “

[ Terwyl die wind om die hoeke van die huis huil, dit was so droog in daardie tyd, begin sewentigs,

dat tot die bloekombome begint vrek het – net die weekklaag van die wind, die windpomp se kerm

klanke en die skape se blêr om die stilte van die droeë vlaktes te versin – kyk die mense van my

het werklik die grond liefgehad, maar vir ons kinners was dit ‘n eensame, sou ek kon sê –

godverlate plek ]

…. sit sy twee bakke voor met groot trots in haar mooi regop lyf. met groot verwagting sit ons

kinners kwylbek en wag vir die karoo-skaap-se-vleis. en daar onder die twee bakke met die warm

deksels lê hulle – skaappere en in die anderbak bros gebraaide skaapstertjies – ek wens jy kon

ons gesigte sien en my ma s’n en tante Annie s’n , want die kaapse familiegoed , behalwe my pa,

het nie die karoo spesialiteite waardeer nie.

DIE KOSMOS BLADSY 15 VAN 18

Later by tant Johanna, wat op granaatboskolk, gebly het, het ons skaapvleis geëet, soos ons hom

van my ma geken het, heerlike tjops, boud, blad, wors en ander snitte. Die mense was

godvresend en eerbiedig daar, sondagmôre vroeg is ons van kop tot tone geskrop en in ons

sondagklere het ons almal op ‘n ry in die sitkamer gaan sit om te luister na die preek op die

draadloos – in stilte, net die dominee se praat oor die kortgolf met hier en daar die ssjuu-geluid en

fluitgeluid soos die radiogolwe die man van god se stem verloor en wen.

Om weer by die kaiings se storie uit te kom.

Die ou mense het ‘n handmeul gevat en die skoonvet van die slagdier met die growwelem gemaal,

gooi ‘n bietjie water in jou leipoldt kastrol, maak hom goed warm en skep die vet in [ hou die hitte

dop, hy moet nie te kwaai wees nie ] , soos die sagte vet bros uitbraai sal die kaaiings vorm en bo

begint dryf, blerts hom hier en daar met ‘n bietjie kook-volroommelk terwyl hy uitbraai. skep die

kaaiinggoed uit op ‘n vaallap om die vet te absorbeer. strooi met seesout en swartmaalpeper en

eet hom skoon of op plaasbrood gesmeer met plaasbotter of op jou môrepap saam met ‘n bietjie

bloekomheuning ,’n skeut vars suurlemoensap en ‘n wasem kaneel.

Die vet wat agterbly in die kastol kan jy laat afkoel, hier en daar ‘n naweltjie indruk en eenkant hou

vir sondag brosaartappels.

van die mense het hom bo-op pampoen gegooi met sout en maalpeper en dan in die oond gebak

tot die kaaiing se geil in die pampoen se lyf gaan bly het – ek sal blokkies fetakaas oorstrooi en

stukke groenvye.

Wa die storie en gebruik van kaaiings vandaan kom weet ek nie , wel dat die vetstertskape se

sterte altyd vir die maak van kaaiings gebruik is dit wil sê die resep is so oud soos die berge.

Die oumense het ook gepraat van kaaiingklippies – die was klein en swartrond soos die lyfies van

kaaiings en is in die kaaiingveld gekry – die noord- en noordwestlikestreek vanaf Namakwaland tot

en by Britstown.

Ons praat ook van jou kaaiings gaan braai of jou kierang gaan braai, soms ook van kierangkjênd,

dit wil sê jouse sonde sal uitkom met die loop van vadertyd of jou maag se groei.

SENIOR BURGERS

Kaaiings – ‘n Liefkosstorie

Vervolg

DIE KOSMOS BLADSY 16 VAN 18

SENIOR BURGERS

Kaaiings – ‘n Liefkosstorie vervolg

Fanus Rautenbach skryf as volg :

En Sebastian Kloon pleeg poësie:

“Waarom ‘n Koning nie kaaiings ken nie”

is moeilik te verklaar

Die rykes ken ook nie kaaiings nie.

Hulle kry net so swaar. Maar van brood alleen kan mens ook nie leef nie

Dit is ‘n lewenswet

As jy nie het wat jy wil eet nie

Eet dan wat jy het!

Wees spaarsamig

Maak dit botter by die vis

Want gisteraand se oorskiet

Word vanoggend se dis.

Maar wat van Marie-Antoinette

In ons geskiedenisboek:

“Die gepeupel het nie brood nie?

Gee vir hulle koek!”

Daarna kom die advertensie:

Mnr Baker beplan dit fyntjies:

Hy noem sy nuwe koningskoekies

“Marie se Beskuitjies”!

DIE KOSMOS BLADSY 17 VAN 18

VIR DIE KLEUTERS

Bron: www.sondagskool1.tripod.com

DIE KOSMOS BLADSY 18 VAN 18

KONTAK ONS

SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/

SAWA eposadres - [email protected]

Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assosiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word

deur die Redakteur verantwoord.

OOSVAAL BANK

BESONDERHEDE

Penningmeester:

Rea van As

Bank : Standard Bank,

Secunda

Rekeningnommer: 137501072

Takkode 053444

Nuusblad van Streek

Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assosiasie

Redakteur en bladuitleg:

Marianne Erasmus,

Posbus 5666, Secunda, 2302

Tel: 082 890 2019 (Sel)

Epos: [email protected]

Drukwerk en verspreiding: Andre en

Marianne Erasmus

Oosvaal 2014/5 jaarprogram

Datum Plek Tarief

12 – 14 Sept Kongres (Buffelspoort) Verby

10 – 12 Okt Nasionale Kamp (Koppisol) Verby

24 – 26 Okt Riverside Lodge Verby

21 – 23 Nov De Voetpadkloof Verby

23 – 25 Jan Barham Bay, Witbank

09 – 11 Febr Oop NUB

27 Feb – 1 Mrt Moreson Ranch R260 per nag

20 – 22 Mrt Badplaas

3 – 5 April Presidente, Klipdraai

25 Apr – 3 Mei Wildtuin - Skukuza

12 - 20 Jun ATKV Eiland

14 – 16 Aug AJV, Soetdoring

24 – 27 Sept Nasionale Kamp

30 Okt – 1 Nov Gebiedskamp, Badplaas

27 – 29 Nov Kerskamp, Loskopdam

NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar is