Die gebod van JHWH

39
Die gebod van JHWH ...deur die eeue...

description

Die gebod van JHWH. ...deur die eeue. D ood en Lewe. Toe het die dood gekom - ‘n Terugblik deur die eeue. Woord. Moenie eet, jy sal sekerlik sterwe. Ongeloof. Gewis jy sal nie sterwe – en die vrug wat sy sien was mooi, en sy twyfel. - PowerPoint PPT Presentation

Transcript of Die gebod van JHWH

Page 1: Die gebod van JHWH

Die gebod van JHWH...deur die eeue...

Page 2: Die gebod van JHWH

Dood en Lewe

Page 3: Die gebod van JHWH

Toe het die dood gekom - ‘n Terugblik deur die eeue

Woord

Ongeloof

Ongehoorsaamheid

Verbeurde toegangsreg

Dood

Moenie eet, jy sal sekerlik sterwe

Gewis jy sal nie sterwe – en die vrug wat sy sien was mooi, en sy twyfel

Moet kies tussen twee “woorde” – sy kies die woord van die Duiwel, aangemoedig

deur die sintuiglike wat sy kon sien.

Nie van die boom van lewe eet, en ewig lewe as wesens wat kwaad ken en nie kan

onderskei nie. Gerubs voor die poorte

Doderyk as tydelike “houplek”, in transit

Page 4: Die gebod van JHWH

Wat het vervreemding tussen Adam en JHWH gebring?

Gén 2:16 En JAHWEH God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, Gén 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Gén 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; Gén 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

Wie is deur die mens geglo?Die een wat aan die mens ‘n voordeel in die vlees voorgehou het – wat hy kon sien en voel en vat.

Page 5: Die gebod van JHWH

Die mens het geglo wat hy gesien het, en nie geglo wat JHWH hom gesê het nie.

Voor ongehoorsaamheid, kom ongeloof. As die mens JHWH geglo het sonder voorbehoud, sou hy nie van die

verbode “vrug” geëet het nie, al prikkel dit sy sintuie ook hoeveel. Die eerste sonde is deur ongeloof in JHWH

vooraf gegaan.

Page 6: Die gebod van JHWH

Wat was die direkte gevolg van die mens se optrede?

Gén 3:22 Toe sê JAHWEH God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Gén 3:23 Toe stuur JAHWEH God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. Gén 3:24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Almal sou sterwe omdat hul toegang tot die ewige lewe verloor het – almal sou in die doderyk land wanneer hul

vleeslike liggaam doodgaan.

Page 7: Die gebod van JHWH

Bevestig die NT dit?Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle

mense deurgedring het, omdat almal gesondig het...

Rom 5:13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. Rom 5:14 Tog

het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie,

wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom.

Is dit die sonde van Abraham en Noag et al wat hul in die doderyk laat land het?

Nie noodwendig – die doderyk as eindbestemming was die gevolg van die toegang verbod na die boom van die ewige lewe, en nie noodwendig persoonlike sonde nie?

Page 8: Die gebod van JHWH

Hoe sou hierdie probleem vir die mens opgelos kon word?

Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van

geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Rom 5:19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die

Één baie tot regverdiges gestel word.

Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en

Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die

lewe.

Maar daar is ‘n voorwaarde, ‘n kriteria gestel vir toegang tot die boom van die ewige lewe.

Page 9: Die gebod van JHWH

Herstel - die patroon vasgestel in reg

Woord

Geloof

Gehoorsaamheid

Toegangsreg (geregtigheid)

Lewe

Opdrag, belofte, profesie, gebod

Trek weg, bou ark, offer, doen wet, doop, bely, volhard

Sonder om te sien, op grond van Woord alleen. Juis teenoor wat sigbaar is.

Anti-pool handeling met sondeval, reg van toegang herstel

Sodra die beperkende tentwoning afgeleef is, verplaas die lewende siel van die mens

na een van twee plekke: vir die wat toegangsreg het, na die aanvanklike

Paradys waar die Boom van die Lewe is; vir die sonder onmiddellike toegangsreg, na

die houplek (doderyk)

Page 10: Die gebod van JHWH

Begrip oor elke aspek belangrik

Woord

Geloof

Gehoorsaamheid

Toegangsreg (geregtigheid)

Lewe

Vermoë gedemonstreer om goed van kwaad te onderskei, en dan die goed te

doen, en teen die kwaad te kies

Aanvanklike oorsaak van toegang beperking tot die Boom van die lewe,

verval – WAAROM MOES DIT WAG TOT JAHSHUA?

Direk na Paradys, waar die Boom van die Lewe is, nie eers na “hou area”, of maw

doderyk nie.

Vandag kyk ons bietjie hierna

Page 11: Die gebod van JHWH

Waarde in gehoorsaamheid is.....Heb 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat

Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword Heb 5:10 en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van

Melgisédek; Heb 5:11 waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor. Heb 5:12 Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer

nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys

nie. Heb 5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Heb 5:14 Maar vaste

spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Die stap net voor “toegangsreg” terug na die Boom van die lewe gegee word...

Page 12: Die gebod van JHWH

Heiligmaking deur gehoorsaamheidRom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Rom 6:15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! Rom 6:16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? Rom 6:17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, Rom 6:18 en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. Rom 6:19 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.

Heb 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;

Page 13: Die gebod van JHWH

Geloof eintlik die kwessie – gehoorsaamheid net bewys van wie se Woord jy glo, en hoe jou hart daar op

gerig is om goed van kwaad te onderskei

Page 14: Die gebod van JHWH

Almal, voor die wet en tydens die wet – deur geloof in wat hul nog nie kon sien nie kon hul

JHWH behaag.Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, (1) moet glo dat Hy is en (2) ‘n beloner is van die wat Hom soek.

En word hul erfgenaam van die geregtigheid (reg tot toegang) deur geloof in wat hul nie

kan sien nieHeb 11:7 Deur die geloof het Noag.......waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.

Page 15: Die gebod van JHWH

Wat van geloof, behaag JHWH

(ten volle aanvaarbaar, bevredigend)

Page 16: Die gebod van JHWH

(1) moet glo dat Hy is Eks 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

H1961 היה - haw-yaw‘ A primitive root (compare H1933); to exist, that is, be or become, come to pass

H1933 הוא haw-vaw', haw-vaw‘ A primitive root (compare H183, H1961) - הוהsupposed to mean properly to breathe; to be (in the sense of existence)

Psa 53:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat." ‘n Onderwysing van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie. Psa 53:2 God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra (soek). Psa 53:3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie. Psa 53:4 Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie.

Page 17: Die gebod van JHWH

(2) ‘n beloner is van die wat Hom soekHeb 11:6 ButG1161 withoutG5565 faithG4102 it is impossibleG102 to pleaseG2100 him: forG1063 he that comethG4334 to GodG2316 mustG1163 believeG4100 thatG3754 he is,G2076 andG2532 that he isG1096 a rewarderG3406 of them that diligently seekG1567 him.G846

G3406 - mis-thap-od-ot'-ace From G3409 and G591; a remunerator: - rewarder.G591 - ap-od-eed'-o-mee ; From G575 and G1325; to give away, that is, up, over, back, etc. (in various applications): - deliver (again), give (again), (re-) pay (-ment be made), perform, recompense, render, requite, restore, reward, sell, yield,

Jes 55:1 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk! Jes 55:2 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig. Jes 55:3 Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid. Jes 55:4 Kyk, Ek het hom tot ‘n getuie van die volke gemaak, tot ‘n vors en ‘n gebieder van die nasies. Jes 55:5 Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van JAHWEH jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het. Jes 55:6 Soek JAHWEH terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Jes 55:7 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot JAHWEH bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. Jes 55:8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek JAHWEH. Jes 55:9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

Page 18: Die gebod van JHWH

Bedink dit.....Rom 8:24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie;

want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Rom 8:25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

Heb 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Heb 11:2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag;

Joh 20:27 Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. Joh 20:28 En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God! Joh 20:29 Jahshua sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

Mar 15:31 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. Mar 15:32 Laat die

Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.

Page 19: Die gebod van JHWH

Almal sien nie die selfde nie,en sommige glo al sien hulle nie

Joh 6:29 Jahshua antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het. Joh 6:30 En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U? Joh 6:31 Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.

Joh 6:33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. Joh 6:34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. Joh 6:35 En Jahshua sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Joh 6:36 Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie. Joh 6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Joh 6:38 Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. Joh 6:39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag. Joh 6:40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Joh 6:64 Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jahshua het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai. Joh 6:65 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. Joh 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. Joh 6:67 Toe sê Jahshua vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? Joh 6:68 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. Joh 6:69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.

Page 20: Die gebod van JHWH

Glo in my, glo ook in my Vader

Joh 10:37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie; Joh 10:38 maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.

Joh 8:23 En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. Joh 8:24 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe. Joh 8:25 Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jahshua antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.

Joh 13:18 Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig. Joh 13:19 Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.

Mar 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Jes 52:6 Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag (watter

dag) dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

Page 21: Die gebod van JHWH

Sê dit alles -

Joh 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn

van God bly op hom.

Hoe glo ek Hom, en in wat handel ek om Hom gehoorsaam te wees? Wat is Sy gebod?

1Pe 1:6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 1Pe 1:7

sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word

tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jahshua Christus; 1Pe 1:8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 1Pe 1:9 en die einddoel van

julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Page 22: Die gebod van JHWH

Geloof volg na “gehoor”

Page 23: Die gebod van JHWH

Voor jy kan glo, moet JHWH spreek:

Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

God spreek ‘n Woord = Gebod (bevel, instruksie, oproep)

Page 24: Die gebod van JHWH

Hoe het die Woord van JHWH tot mense gekom?

Stadium Gebod Bewys van geloof - Gehoorsaamheid

Adam tot Moses Direkte opdragte / waarskuwings van JHWH

Deur te handel op die waarskuwing / opdrag.

Moses tot Jahshua Die wet van Moses Onderhouding van die voorskrifte en offers vir oortreding daarvan

Jahshua tot vandag Die gebod (wet) op jou hart Heiligmaking deur gehoorsaamheid aan die gebod op jou hart

Meeste van ons verstaan nie die term “gebod” of “wet op jou hart” nie, en weet dus ook nie hoe geloof en die gevolglike

gehoorsaamheid daaraan werk nie.

Page 25: Die gebod van JHWH

Deur Hom word aan ons verkondig:

Hnd 13:38 Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig (‘n

woord word gespreek) word, Hnd 13:39 en dat elkeen wat glo (aan die woord wat gespreek is) , deur Hom

geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. Hnd 13:40 Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is

nie: Hnd 13:41 Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae

doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.

Page 26: Die gebod van JHWH

‘n Ou gebod soos julle van die begin gehad het1Jo 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jahshua Christus, die Regverdige. 1Jo 2:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. 1Jo 2:3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. 1Jo 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. 1Jo 2:5 Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. 1Jo 2:6 Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. 1Jo 2:7 Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ‘n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het. 1Jo 2:8 En tog skryf ek aan julle ‘n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds. 1Jo 2:9 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe. 1Jo 2:10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie. 1Jo 2:11 Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het. 1Jo 2:12 Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil. 1Jo 2:13 Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken. 1Jo 2:14 Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het. 1Jo 2:15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Page 27: Die gebod van JHWH

‘n Ou gebod soos julle van die begin gehad het1Jo 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 1Jo 2:17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig. 1Jo 2:18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. 1Jo 2:19 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. 1Jo 2:20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles. 1Jo 2:21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie. 1Jo 2:22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jahshua die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. 1Jo 2:23 Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie. 1Jo 2:24 Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly. 1Jo 2:25 En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe. 1Jo 2:26 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei. 1Jo 2:27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly. 1Jo 2:28 En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie. 1Jo 2:29 As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.

Page 28: Die gebod van JHWH

Hoe sal ek weet wat Hy vra?

Jer 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; Jer 31:32 nie soos die verbond wat Ek met

hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder

oor hulle was, spreek JAHWEH. Jer 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek JAHWEH: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n

volk wees. Jer 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JAHWEH; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek JAHWEH; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie

meer dink nie.

Toe die wet op kliptafels was, was dit maklik om te weet wat Hy verwag. Toe kon alle skepsels – sy geslag en die geslag van die Bose dit lees, en doen

– al was die hart ver verwyder daarvan.

Page 29: Die gebod van JHWH

Waaraan moet die bekeerling gehoorsaam wees?Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; Rom 1:21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. Rom 2:5 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God Rom 2:6 wat elkeen sal vergeld na sy werke: Rom 2:7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe; Rom 2:8 maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn; Rom 2:9 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; Rom 2:10 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek. Rom 2:11 Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie. Rom 2:12 Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word; Rom 2:13 omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word. Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; Rom 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, Rom 2:16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jahshua Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

Page 30: Die gebod van JHWH

Soos leisels in ‘n perd se bek...

Jes 30:18 En daarom sal JAHWEH met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want JAHWEH is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag! Jes 30:19 Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou. Jes 30:20 Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie—maar jou oë sal jou leraars sien; Jes 30:21 en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

Page 31: Die gebod van JHWH

So wat is die wet wat op ons hart is?

Page 32: Die gebod van JHWH

Die wet van Jahshua (ons verloofde)

Gal 6:2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

1Ko 9:20 Vir die Jode het ek soos ‘n Judeer geword om die Judeers te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win. 1Ko 9:21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet—al is ek nie sonder die wet van

God nie, maar onder die wet van Christus—om die wat sonder die wet is, te win; 1Ko 9:22 vir die swakkes het ek soos ‘n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red. 1Ko 9:23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek ‘n deelgenoot daarvan kan word.

Page 33: Die gebod van JHWH

Wat staan ons te doen, is die wet van Jahshua en die wet van Moses die selfde ding?

Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Joh 1:2 Hy was in die begin by God. Joh 1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. Joh 1:4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. Joh 1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Joh 1:10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Joh 1:11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; Joh 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is. Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Joh 1:16 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Joh 1:17 Want die wet is deur Moses gegee; (but) die genade en die waarheid het deur Jahshua Christus gekom. Joh 1:18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.

Page 34: Die gebod van JHWH

Oor wet van Moses en die bekeerlingIs jy geroep as besnedene of onbesnedene – wie was jy

toe Jahshua jou pad gekruis het?Hnd 21:20 En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet. Hnd 21:21 En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie. Hnd 21:23 Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat ‘n gelofte gedoen het; Hnd 21:24 neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou. Hnd 21:25 Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery.

1Ko 7:17 Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes. 1Ko 7:18 Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie. 1Ko 7:19 Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God. 1Ko 7:20 Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.

Page 35: Die gebod van JHWH

Twee teikengroepe –vir bekering tot ‘n Nuwe Verbond

Gal 2:1 Daarna, veertien jaar later, het ek weer na Jerusalem opgegaan met Barnabas, en Titus ook saamgeneem. Gal 2:2 Maar ek het opgegaan op grond van ‘n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie. Gal 2:3 Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy ‘n Griek is (hy is) ; Gal 2:4 en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jahshua het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring; Gal 2:5 aan wie ons selfs nie ‘n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.

Gal 2:7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes— Gal 2:8 want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene— Gal 2:9 en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan; Gal 2:10 alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen. Gal 2:11 Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het. Gal 2:12 Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is. Gal 2:13 En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.

Page 36: Die gebod van JHWH

Twee teikengroepe –vir bekering tot ‘n Nuwe VerbondGal 2:14 Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe? Gal 2:15 Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, Gal 2:16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jahshua Christus, selfs ons het in Christus Jahshua geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

Gal 2:18 Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ‘n oortreder; Gal 2:19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe. Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. Gal 2:21 Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

Gal 5:1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Gal 5:2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. Gal 5:3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Gal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. Gal 5:5 Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. Gal 5:6 Want in Christus Jahshua het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk. Gal 5:7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? Gal 5:8 Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie. Gal 5:9 ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.

Page 37: Die gebod van JHWH

Paulus het iemand besny na hy bekeerd is!

Hnd 16:1 En hy het in Derbe en Listre aangekom; en daar was ‘n dissipel met die naam van Timótheüs, seun van ‘n gelowige Joodse vrou, maar van ‘n Griekse vader. Hnd 16:2 Hy het goeie getuienis gehad van die broeders in Listre en Ikónium. Hnd 16:3 Paulus wou hê dat hy saam met hom op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader ‘n Griek was. Hnd 16:4 En op hulle reis deur die stede het hulle die verordeninge wat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou.

Page 38: Die gebod van JHWH

Al ooit hierdie gelees – die oudste gebod, wat weer nuut geword het?

Mig 6:1 Hoor tog wat JAHWEH sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister! Mig 6:2 Hoor, berge, die twis van JAHWEH! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want JAHWEH het ‘n twis met sy volk en sal met Israel ‘n regsgeding hou. Mig 6:3 My volk, wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My! Mig 6:4 Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam. Mig 6:5 My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van JAHWEH. Mig 6:6 Waarmee sal ek JAHWEH tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers? Mig 6:7 Sal JAHWEH ‘n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel? Mig 6:8 Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra JAHWEH van jou anders as om reg te doen (regverdig) en liefde te betrag (liefde) en ootmoedig (opreg en nederig) te wandel met jou God? Mig 6:9 Die stem van JAHWEH roep tot die stad—dit is heilsaam om u Naam te vrees—:Hoor die roede, en wie dit bestel het.

Page 39: Die gebod van JHWH

Amen