die courant 11 april 2012

16
swartland en weskus die courant Uitgawe 168 tel 022 487 3221 11 April 2012 hugenotestraat 24, malmesbury gratis SM gee R81milj vir uitbreiding Drie nuwe reservoirs en ‘n substasie vir die Swartland Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit (SM), raadsheer Tijmen van Essen, het in sy toespraak tydens die munisipale raadsvergadering, die volgende oor water en elektrisiteit aangekondig: “Naas elektrisiteit, gaan water die volgende groot knelpunt in Suid-Af- rika word en Swart- landers sal alles in die stryd moet werp om dié risiko so laag as moontlik te hou.” In die lig hiervan be- plan die SM om oor die volgende vyf jaar meer as R21 miljoen te span- deer aan onder meer nuwe reservoirs vir Ko- ringberg, Riebeek-Wes en Chatsworth. “Daarby sal daar dringende aandag aan chlorinering gegee word om sodoende drinkwater van hoog- staande gehalte aan die gemeenskap te kan voorsien en Swartland se blou- druppel-punte te verhoog,” het Van Es- sen gesê. Die kapitaalbegroting vir die vol- gende vyf jaar sluit ‘n bedrag van meer as R4 miljoen in om dié oogmerke te bereik. Om dit te bewerkstellig, moet die watertariewe met ongeveer 15% aangepas word “Die SM sien die bedryf van goeie en betroubare elektrisiteitsnetwerke as een van die belangrikste dienste om die totale Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling te be- vorder”, het Van Essen ook gesê. “Daarom het die SM R66,3 miljoen vir die volgende vyf jaar begroot aan kapi- tale werke, wat insluit die opgradering van bestaande elektriese netwerke, kabels en substasies, soos vereis word deur NERSA. “Groot nuus is ook die nuwe substasie wat aan die noordelike kant van Malmesbury gebou sal word, waar- voor die SM reeds R15, 1 miljoen aan Eskom oorbetaal het. Hoewel Eskom sy verkooptarief aan sy eie verbruikers met 16% verhoog, sal die SM sy eie verkooptarief na ver- wagting met slegs 11,03% opstoot. Hierdie verhoogde tariewe sal vanaf 1 Julie van toepassing wees. Fokus op eiendom Raadslid Philander gesels oor jeug Langasems draf Twee Oseane kaf Boland kom oefen voor groot stryd Kavalier Milroy Isaacs van Abbotsdale Malmesbury en die Swartland is slaggereed vir die groot slag van Wes- bank Saterdag wanneer die Boland se Kavaliers die Natalse Haaie op die Wesbank Sportgronde aandurf. Die Kavaliers het gister op Malmesbury kom oefen en sal môre weer op Wes- bank se sportterrein deur hul passies gaan. Intussen laai die spanning ook op vir al die ander bul-kragmetings vir Saterdag wat as’t ware ‘n superder- bydag word met wedstryde tussen Wesbank en Never Despair, Malmes- bury en Abbotsdale, Coronations (Kalbaskraal) en Die Dorings (Malmes- bury)/Young Eagles (Dassenberg) asook die skolewedstryde tussen Wesbank en Schoonspruit en dié tussen St Thomas en Liebenberg. Kavalier Adam Bar- low van Abbotsdale Kavalier Neil Papier van Darling Sien volledige program op agterblad

description

die courant swartland se grootste gemeenskapskoerant

Transcript of die courant 11 april 2012

swartland en weskus

die courantU

itgaw

e 16

8

tel 022 487 3221 11 April 2012 hugenotestraat 24, malmesbur y

gratis

SM gee R81milj vir uitbreidingDrie nuwe reservoirsen ‘n substasievir die Swartland Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit (SM), raadsheer Tijmen van Essen, het in sy toespraak tydens die munisipale raadsvergadering, die volgende oor water en elektrisiteit aangekondig:

“Naas elektrisiteit, gaan water die volgende groot knelpunt in Suid-Af-rika word en Swart-landers sal alles in die stryd moet werp om dié risiko so laag as moontlik te hou.”

In die lig hiervan be-plan die SM om oor die volgende vyf jaar meer as R21 miljoen te span-deer aan onder meer nuwe reservoirs vir Ko-ringberg, Riebeek-Wes en Chatsworth.

“Daarby sal daar dringende aandag aan chlorinering gegee word om sodoende drinkwater van hoog-staande gehalte aan die gemeenskap te kan voorsien en Swartland se blou-druppel-punte te verhoog,” het Van Es-sen gesê.

Die kapitaalbegroting vir die vol-gende vyf jaar sluit ‘n bedrag van meer as R4 miljoen in om dié oogmerke te

bereik. Om dit te bewerkstellig, moet die watertariewe met ongeveer 15% aangepas word

“Die SM sien die bedryf van goeie en betroubare elektrisiteitsnetwerke as een van die belangrikste dienste om die totale Plaaslike Ekonomiese

Ontwikkeling te be-vorder”, het Van Essen ook gesê.

“Daarom het die SM R66,3 miljoen vir die volgende vyf jaar begroot aan kapi-tale werke, wat insluit die opgradering van bestaande elektriese netwerke, kabels en substasies, soos vereis word deur NERSA.

“Groot nuus is ook die nuwe substasie wat aan die noordelike kant van Malmesbury gebou sal word, waar-voor die SM reeds R15, 1 miljoen aan Eskom

oorbetaal het.Hoewel Eskom sy verkooptarief aan

sy eie verbruikers met 16% verhoog, sal die SM sy eie verkooptarief na ver-wagting met slegs 11,03% opstoot.

Hierdie verhoogde tariewe sal vanaf 1 Julie van toepassing wees.

Fokus op eiendom

Raadslid Philander gesels oor jeug

Langasems drafTwee Oseane kaf

Boland kom oefen voor groot stryd

Kavalier Milroy Isaacs van Abbotsdale

Malmesbury en die Swartland is slaggereed vir die groot slag van Wes-bank Saterdag wanneer die Boland se Kavaliers die Natalse Haaie op die Wesbank Sportgronde aandurf. Die Kavaliers het gister op Malmesbury kom oefen en sal môre weer op Wes-bank se sportterrein deur hul passies gaan.

Intussen laai die spanning ook op vir al die ander bul-kragmetings vir Saterdag wat as’t ware ‘n superder-bydag word met wedstryde tussen Wesbank en Never Despair, Malmes- bury en Abbotsdale, Coronations (Kalbaskraal) en Die Dorings (Malmes- bury)/Young Eagles (Dassenberg) asook die skolewedstryde tussen Wesbank en Schoonspruit en dié tussen St Thomas en Liebenberg.

Kavalier Adam Bar-low van Abbotsdale

Kavalier Neil Papier van Darling

Sien volledige program op agterblad

2 11 April 2012courantmenings/nuus

dis goeiedeur: Dr. Andrew Bosman

nuus

diecourant

Kontak die courant by 022 487 3221;faks 086 699 6276; epos [email protected]

www.diecourant.co.za

Hiervoor het Chris-tus ook gesterf

Hievoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.

Die Paastyd is seker die belangrikste moment van die Christelike kerk. Jesus Christus het vir ons sondes gesterf maar as Jesus nie opgestaan het nie is die prediking en ons geloof tevergeefs. God het vir Jesus opgewek uit die dood. Hy is die eersteling uit die dood wat tot in ewigheid sal leef.

Dit is belangrik dat ons aandag gee aan sekere sake. Ons lees in Romeine hoofstuk 14 sommige neem sekere dae waar, ander glo dat jy net sekere voedsel mag ge-bruik, ander eet alles.

Wie is ons om oor ander te oordeel? Wat ons ook al doen of ons dit waarneem of nie ons behoort aan die Here. Niemand leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie, of ons dan lewe of sterwe Christus heers oor ons. Hy heers oor die lewende asook oor die dode. Hier-voor het Christus gesterf en opgestaan uit die dood.

Hy het nie alleen ons sondes aan die kruis gedra nie maar ook vir ons verlossing opgestaan.

Hy wil heers in ons lewens, ons neem daagliks baie besluite, mag ons lewens aan die Here gewy wees sodat ons beter besluite kan neem, tot Sy eer, anders het Hy te-vergeefs gesterf wat ons betref as ons hierdie waarheid nie glo nie.

Dis skielik koeler en die seisoen het gedraai. Daar het heerlike en welkome reën geval en een van die dae word die verwarmers na-der getrek.

So met die val van die reën is dit seker menslik om effe te laat gaan met die erns om water en hulpbronne te bespaar.

Tóg moet ons liewer aan die langer termyn dink.Aanstaande week is Groen kantoorweek en almal word aan-

gemoedig om hul groen bydraes te maak. Druk minder doku-mente en skakel die ligte af en hou die krane toe wanneer jy kan.

‘n Paasnaweek in die Karoo by Johann en Hennesie Swanepoel was net die regte ding om die uwe weer te laat besef hoe maklik ons mors en weggooi.

As die elektrisiteit van die sonpanele kom, die water moet ge-pomp word en die donkie gestook moet word om die water warm te maak, tap jy eenvoudig minder water in die bad en dink jy twee keer voor jy die toilet spoel of ‘n lig aanskakel (anders is die battery vroegaand kapoet).

Dáár word nie net mense en goeie geselskap waardeer nie, maar ook die natuur en al die hulpbronne. Herwinning is aan die orde van die dag en die minimum word weggegooi.

Uit bykans elke blikkie of verpakking herrys iets vir hergebruik.Papier beland nie in die asblik nie, want dit kan vuur help aansteek of vir iets dergeliks gebruik word.

Al het hulle onlangs lekker reën gehad, bly hulle spaar. In die dorre Karoo is die mense Groen...

Leer by Groen mense

Kreef-wenners: Die wenners van ons kompetisie vir kaartjies na die gewilde Gansbaai Kreeffees wat Saterdag plaasgevind het, was Sandra Kotzé van Malmesbury en Amanda Hunt van Malmesbury.

Vakansietyd: Die Weskus is elke jaar met die Paasvakansie een van die gewildste bestemmings vir va-kansiegangers. Vanjaar was geen uitsondering nie. Hier baljaar drie brawe jong besoekers in Yzerfontein se koue water. Onder sak die son oor die hawemuur van Yzerfontein.

Maandelikse munisipale rekening - só gaan jan alleman vanaf 1 Julie geraak word:

Tydens die toespraak van die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsheer Tijmen van Essen, is die volgende verho-gings wat die munisipale rekeninge beïnvloed bekendgemaak:

Eiendomsbelasting (residen-sieel) is 7.1% laer, maar kommer-sieel/industrieel styg met 6%, terwyl die landbou 25% van die

kommersiële/industriële koers sal wees.

Elektrisiteit styg met ‘n gemid-delde verhoging van 11.03% en water styg met 12.5% (eerste ses kl gratis, van 7kl tot 30 kl per kiloliter van R 7.28/kl tot R 8.19/kl) (Deernis huishoudings se eerste 10 kl is steeds gratis)

Vullisverwydering styg met 6.75% (vanaf R 77.51 per maand tot R 82.74 per maand) en rioolverwy-dering met 15% (vanaf R 110.18 per

maand tot R 126.71 per maand)Totale maandelikse munisipale

rekeninge sal dus tussen ongeveer 10% en 12% (10.11%)verhoog word in gebiede waar Swartland die elektrisiteitsverskaffer is.

In gebiede waar ESKOM die ver-skaffer is, sal die maandelikse mu-nisipale rekenings met tussen 7.5% en 11% verhoog.

Verhogings is bereken op werk-like maandelikse fakture en die nuwe eiendomswaardasies is gebruik.

Nuwe munisipale tariewe - hoe raak dit jou maandelikse diensterekening?

311 April 2012 courantnuus

Petrolene (Pietie) de Beer van Malmesbury is verlede week opgeneem in die Beenmurg-een-heid van Constantiaberg-hospitaal om chemote-rapie te kry ter voorbereiding van haar beenmurg-oorplanting op 18 April.

Volgens die beplanning sal die skenker se been-murg op 16 April in Kanada geoes word, voordat die kosbare vrag op 17 April na SA toe oorgevlieg word vir oorplanting op 18 April.

“Daar lê nou ‘n rowwe tydjie voor met die chemo wat haar baie siek kan maak en ons moet net aanhou bid en glo sy sal hierdeur kom en dat haar liggaam uiteindelik die skenkerbeenmurg sal aanvaar,” het ‘n vriendin, Kobie Koegelenberg, verlede week gesê.

Wiele rol nou vir oorplanting

Vier geslagte vier 85 jaar: Met die 85ste verjaarsdag Maandag van ouma Joey Greeff het sy dié mylpaal op Porterville gevier saam met haar dogter, Petro Knoetzen (afgetrede graad 1-onderwyseres by Laerskool Swartland op Malmes-bury), kleindogter Franza Louw van Nuweland buite Malmesbury en agterkleindog-ters Aníse (4 jaar oud) en Hanné (8 jaar oud).

In aanloop tot Moedersdag wat op 13 Mei gehou word, plaas ons graag foto’s van Swartlandse gesinne met vier (of meer?) generasies van die vroulike geslag. Dit hoef nie net met ‘n verjaarsdag te wees nie.

Stuur gerus u foto van u vier generasies,

met byskrifte, aan [email protected] vir moontlike plasing.

Die manne hoef nie terug te staan nie - ná Moedersdag sal die courant graag ook foto’s plaas van vier generasies (of meer?) Swartlandse manne - onthou dus die ka-mera vir die volgende gesinsbyeenkoms!

Stuur gerus ook jóu familiefoto

Corin de Waal (regs) en Margerite Hartung van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg was deel van die o.11 tot o.13 tennisspanne wat deelgeneem het aan die Synergy Cup in die Paarl. Dit is ‘n interprovinsiale toernooi tussen Boland, WP, OP, SWD en Griekwas. Boland het algeheel eerste geëinding en elke spanlid het ‘n goue medalje ontvang.

Corin de Waal het ook aan die Boland Super 7 tennistoernooi in die Strand deelgeneem. Sy was die naaswenner van die enkels- en wenner van die dubbelspel in die dogters 0/12 afdeling.

Corin het aan die SA Laerskole interpro in Bloemfontein deelgeneem. Boland het 4de uit 13 provinisiale spanne geëindig. Sy is gekies vir die SA skole 0/12 span wat aan die einde van die jaar na Maleisië toer.

Jong Dirkie Uysers presteer

4 11 April 2012courant

Annemarie Joubert van Moorreesburg doen sommer twee dinge waarvan sy hou, tegelyk: sy speel die trekklavier én sy spandeer tyd met bejaardes.

Met haar trekklavier maak sy graag elke tweede week musiek vir die bejaardes van Huis Moorrees en Huis Emmanuel op Moorreesburg.

En te oordeel aan hul deelname, geniet die inwoners hierdie helder, vrolike klanke met oorgawe.

Annemarie vertel dat sy as student in

die vroeë 1970’s by haar woonstelmaat leer trekklavier speel het. ‘Ek het egter eers baie jare later my eie trekklavier gekry en geniet dit om dié instrument te bespeel.

“Dis vir my baie interessant om te sien hoé die inwoners van die siekeboeg som-mer nuwe lewe kry as hulle die musiek hoor.

“Dikwels sit en slaap hulle sommer daar, maar as die musiek begin, raak die voete aan die roer en kom daar nuwe lewe in die vertrek!” vertel sy.

Sy kombineer twee voor-liefdes - musiek en bejaardes

Riaan van der Spuy is tans besig met sy eerste seisoen as wynmaker by Pulpit Rock Wynkelder buite Riebeek-Wes.

Hy het op Piketberg grootgeword, waar sy ma ‘n onderwyseres is, voordat hy by Elsenburg Kelder-tegnologie voltooi het in 1997.

Hy en sy gesin het onlangs na Malmes-bury verhuis nadat die egpaar vir ses jaar in Uruguay op sy vrou se familieplaas gewerk het.

“My vrou en kinders is almal in Uruguay gebore en Spaanssprekend.

Die grootste aanpassing vir hulle op hier- die stadium is om gewoond te raak aan Af-rikaans en Engels, tog is ons almal besig om baie lief vir Malmesbury te raak.

Die platteland is goed vir ons - die mense is baie behulpsaam en vriendelik en

daarom voel ons as gesin heel gemaklik en tuis,” vertel dié energieke wynmaker.

Oor sy indrukke oor Urugay, sê Riaan: “Uruguay is ‘n pragtige plek met goeie mense en lekker kos en ryk Spaanse en Ita-liaanse tradisies.

“Ek verlang veral terug na die strande en die pragtige hoofstad, Monte.”

Hoe ervaar dié wynmaker sy eerste parsseisoen in die Swart-land?

“Baie lekker. Ek werk met goeie druiwe, mooi geure en konsentrasie.

“Maar die Swartlandse wyn- maker het beslis nie ‘n maklike jaar nie.

“Nietemin begin die wyne mooi lyk en daar is veral uitskie-ters onder die Chardonnay en Chenin Blanc.

Pinotage lyk baie mooi en dit lyk of die Cabernet Sauvignon mooi vol ryp gepars was en is volryp met aantreklike tanniene.”

Wat is jou gunsteling wyndruif kultivar om mee te werk?

Shiraz en Chenin BlancWat is jou gunsteling kos- & wyn kombina-

sie?Gebraaide snoek met ‘n goeie Pinotage

- rooi of rosé.Hoe ontspan jy as jy nie by die werk is nie? Speel met my kinders.

Doellyn toe.... Die jaarlikse St. Stithians-rugby-toernooi is die vakansie in Johannesburg beslis. ‘n Ge-kombineerde span van die top o.19-spelers van Schoonspruit en Piketberg het weer as die Standard Bank uitnodiging-span aan dié toernooi deelge-neem. JJ Stander (regs) van Piketberg het op vleuel diens gedoen vir die Standard Bank uitnodigingspan. Hy wys hier hakke vir ‘n speler van Boland Landbouskool.

nuus couranteiendom

Goeie druiwe en mooi geure, aldus nuwe wynmaker

Hier volg tien van die goue reëls wat jou eer-ste huis-koop baie makliker sal maak:

1. Spaar vir ’n deposito. Banke is meer be-reid om sake te doen met mense wat geldelike begrip en verantwoordelikheid wys. Dit wys jy is ernstig as jy vir die verkoper kan sê jy kan dadelik ’n deposito aan sy prokureur betaal ter-wyl jou aansoek om ’n verband verwerk word.

2. Wees bewus van al die koste wanneer jy eiendom koop. Dink aan wat dit jou gaan kos om te trek en dan is daar nog uitgawes soos oordragkoste, die registrasie van jou verband deur ’n prokureur en die tarief vir die akteregi-strasie. Jy moet dit als dadelik betaal, so jy moet ekstra geld beskikbaar hê nadat jy die deposito betaal het.

3. Dit is nie altyd ’n slegte idee om eiendom saam met vriende of familie te koop nie. Dit kan meer bekostigbaar wees, want die banke kyk na jul totale inkomstekapasiteit. Maak net seker ’n verbanduitmaker stel ’n ooreenkoms saam oor hoe die aandele in die eiendom ver-deel sal word as iemand wil kop uittrek of sy deel wil verkoop.

4. Maak seker jou krediet-inligting is ge-sond. Die bank gaan nie aan jou ’n lening toe-staan as jy die afgelope drie tot ses maande laat betalings op jou rekeninge gemaak het nie. Kopers kan by die kredietburo uitvind hoe hul kredietprofiel lyk.

5. Moenie oorhaastig ’n kontrak teken nie. Sê vir die agent jy wil ’n afskrif van die kontrak hê en gaan dit deeglik na en maak seker voor-dat jy teken.

6. Die gebied waar jy koop, is belangrik. Koop in die beste area wat jy kan bekostig. Die ligging van jou eiendom is ook belangrik.

7. Voordat jy jou hart op ’n eiendom verloor, vra ’n eiendomsinspekteur om dit te evalueer, veral as daar goed is wat pla of waaroor jy on-seker is.

8. Raak vertroud met die proses van eien-dom-koop en huislenings. Begin deur uit te vind vir watter bedrag jy kwalifiseer. Vra die bank om vir jou ’n huislening-voorafgoedkeu-ring te gee.

9. As jy direk van ’n bouer of ontwikkelaar koop, kan jy op wetlike oordrag en die verband- registrasiekoste spaar. Jy het ook die voor-deel van ’n splinternuwe huis. Alle nuwe huise moet geregistreer wees by die Nasionale Huis-bouersregistrasieraad (NHBRC) wat verseker die bouers hou by sekere standaarde.

10. Onthou, jou uitgawes hou nie op sodra die eiendom in jou naam is nie. Water en ligte, heffings, diensgeld en belasting, versekering op die gebou en die algemene instandhouding van die eiendom plus jou maandelikse paaie-ment moet betaal word. Maak seker jy kan dit bekostig.

Raad vir huiskopers

Costs involved ... Borrowing the money to purchase a home is the biggest financial commitment most people undertake.

The most common place to borrow from is a financial institution, such as Absa, where the home loan you are granted will be tailored to suit your individual financial needs.

There are quite a few costs involved in home buying and we recommend that you have around 10% of the purchase price available to cover these expenses and deposit require-ments.

Typical home buying expenses include:Deposit - It is a down payment or partial

payment made at the time of purchase. The difference between the purchase price and de-

posit is the home loan amount.Registration cost - Includes attorney’s fees

for registering the home loan including stamp duty, postage, conveyancing fees and VAT.

Transfer fees - This fee is paid to the attor-ney processing the transfer of the property and is calculated on a sliding scale based on the amount of the home loan.

Initiation fee - A once-off fee charged by the bank in order to generate the home loan.

Service fee - This is monthly fee charge on home loans for residential property.

Deeds Office fee - Fees charged by the Deeds Office for registering the new ownership of the property.

Property valuation fee - Charged by the bank for assessment of the property.

Foto: Pulpit Rock se nuwe wynmaker, Ri-aan van der Spuy, met sy vrou Claudia en die sesjarige Lucia en driejarige Felipe.

511 April 2012 couranteiendom

“Aan die een kant wil ons residensiële eien-domme minder belas en aan die ander kant wil ons besighede nie afskrik nie,” het die burgemeester, Tijmen van Essen tydens die afgelope raadsvergadering gesê.

Met die algemene waardasieproses wat ein-de se kant toe staan, kan die Swartland Munisi-paliteit aandui dat, hoewel daar normaalweg meer as 10% van die eienaars appèl aanteken teen hulle waardasies, die SM vanjaar so min as 5% klagtes en appèlle gekry het.

Dis minder as 1 000 van die ± 24 000 eien-domme.

Dit is so dat die meeste eienaars hulle eien-dom graag vir meer as die waardasieprys op die mark sal wil plaas en klagtes gaan in die meeste gevalle nie oor die waardasiebedrag van die eiendom nie, maar wel oor die verhoging van eiendomsbelasting.

Daar is met hierdie waardasie (net soos met elke vorige waardasie) in sekere dorpe groot opwaartse aanpassings, maar daar is ook afwaartse aanpassings per eiendom.

Om die koers vas te stel word die totale nuwe eiendomswaarde vergelyk met die vo-rige totale eiendomswaardes, dan word die nodige tarief aanpassings gedoen om dieselfde inkomstes te verseker.

Die ou koers van residensieel, kommersieel en industrieel was al die jare in die Swartland dieselfde. En dit vergelyk goed met die res van die provinsie se munisipaliteite.

By ses munisipaliteite is die koers van res-idensieel die helfte van die kommersiële/indus-triële koers en die SM het besluit om ‘n verskil tussen die twee koerse in te stel.

Dit sal egter op ‘n baie voorsigtige en deur-dagte manier ingestel word.

Aan die een kant wil ons residensiële eien-domme minder belas en aan die ander kant wil ons besighede nie afskrik nie.

Die enigste manier om te strewe na ‘n wel-

varende Swartland Munisipaliteit is om huidige bewoners en nuwe intrekkers nie af te skrik met hoë munisipale rekeningenie en in dieselfde tyd bestaande besigheidsmense te behou en nuwe besighede aan te moedig om hulle in die Swartland te kom vestig.

Die voorstel is dan ook om die belasting-koers van kommersieel/industrieel met 6% te verhoog en die koers van residensieel word verlaag met ongeveer 7.1%.

Vir die volgende vyf jaar word voorsien dat die koers van residensieel elke jaar met ± 4% sal styg terwyl die koers van kommersieel/in-dustrieel met ± 6% per jaar sal styg.

Dit sal inhou dat die koersverskil tussen re-sidensieel en kommersieel/industrieel oor 5 jaar ± 21% verskil sal toon.

Daarby bly die afslag van elke residensiële eiendom R 15 000.00 op die waardasie van die eiendom soos deur die wet bepaal.

Afslag vir pensioenarisse met inkomste laer as 2 keer die staatspensioen plus 10%, sal be-hou word op 40%.

Inwoners, wat die geregistreerde eienaars van ‘n residensiële eiendom is en wat in die fi-nansiële jaar 65 jaar word en ouer, is bo en be-halwe die R 15 000.00 afslag, geregtig op ‘n ek-stra afslag van R 200 000 op hulle residensiële eiendomswaarde, op voorwaarde dat hulle self die eiendom permanent moet bewoon.

‘n Eienaar kan egter net vir een van die twee afslae kwalifiseer en die mees gunstigste kor-ting sal in berekening gebring word.

23 Weskaapse munisipaliteite se gemiddel-de eiendomsbelastingkoers van residensiële eiendomme word gestel op 100% en Swartland is op daardie skaal 2% goedkoper.

By die kommersieel/industrieel-eiendoms-beslastingkoers oor dieselfde 23 Weskaapse munisipaliteite is Swartland se skaal 33% goed-koper.

Swartland se nuwebelastingkoers onderskei

tussen sakepersele en huise

6 11 April 2012courantnuus

Die Curves-groep van Malmesbury het verlede week 325 kg se kosware aan die ACVV van Malmesbury oorhandig.

Suzanne Osborne van Curves sê dat nuwe lede wat in Maart aangesluit het, kosware vir welsyn geskenk het in plaas daarvan om die aanslui-tingsfooi te betaal.

“Die meeste mense wou baie graag ‘n verskil maak in ander mense se lewens en het fluks bygedra om die groot hoeveelheid kos bymekaar te bring.

Veral SASKO en Groep 35 van Riebeek-Wes het ruim bygedra,” het Osborne gesê.

Die voorsitter van die ACVV op Malmesbury, Elize Weyers, het gesê dat ge-

sindhede soos hierdie die ACVV help om hul werk te kan uitvoer.

“Sonder hierdie soort donasies kan ons nie voorsien in die groot nood wat die huidige ekonomie meebring nie.”

Op die foto is Lashti Rosen-burg en Eleanor Roodt van Curves, Tokkie du Toit van die ACVV, Suzanne Osborne (Curves) en Elize Weyers, voorsitter van die ACVV.

ACVV op Malmesbury ontvang produkte

Die jaarlikse Twee Oseane Marathon is die afgelope Saterdag in gure weer in Kaapstad beslis.

Die langasems van die Swartland atle-tiekklub wat die ultramarathon oor 56km voltooi het, is (met ouderdom en tyd):

Christiaan Adonis (31) 04:30:39Abrahams Afrika (37) 06:13:06Llewellyn Bester (46) 06:32:09Nerina Bester (32) 05:58:45Richard Butcher (62) 05:44:23Bennie Carstens (26) 05:44:18Wanda Carstens (50) 05:53:11Adele Cruywagen (44) 05:37:19Adri de Wet (45) 06:17:38Jenita du Plessis (39) 05:34:53Sakkie du Toit (42) 05:12:40Sarie Erasmus (62) 06:38:05Anita Fortuin (33) 06:26:52Hercu Hofmeyr (53) 04:39:18Louis Holtzhausen (40) 05:54:40Chris Jansche van Rensburg (42) 06:17:38Riaan Koch (48) 05:57:01Benni Kotze (44) 06:27:27Tertius Marais (35) 05:39:25Petrus Myburgh (48) 04:36:00Suzan Osborne (50) 06:32:09Frederik Pieters (46) 06:06:54Fietie Rocher (37) 05:46:05

Loutjie Swartz (61) 06:19:30Wilfred Turner (39) 06:10:43Andre van Rooyen (49) 06:05:46Riaan van zyl (38) 04:52:11Adri Visser (60) 05:35:09Janine Weideman (44) 06:20:22Gavin Wiggill (47) 06:18:21Leon Williams (50) 05:15:15Andries zeeman (38) 05:39:05Derick zoutman (34) 05:14:02

Daar was ook ‘n halfmarathon (21km-wedloop). Die volgende lede van die Swartland het dié wedloop kafgedraf:

Pieter Andersen (40) 02:58:39Helena Bester (33) 01:51:01Danèlle Carstens (23) 02:36:16Frikkie Carstens (50) 02:36:16Elmarie Coetzee (53) 02:16:56Lydia Deetlefs (39) 03:05:03Carol Jordaan (30) 02:11:41Eugene Koekemoer (52) 02:15:00Leana Lubbe (25) 02:08:55Albertus Myburgh (60) 02:47:44Rejuan Pienaar (39) 01:51:02Nico Russouw (30) 01:55:41Piet Smit (57) 01:36:09Conrad Spies (36) 02:14:18Deon Viljoen (54) 02:32:13

Swartlandse langasems draf Twee Oseane kaf

Presies 50 jaar later: Die Hoërskool Swartland, wat vanjaar die eeufees van sy skoolge-bou vier, het verlede week, presies 50 jaar ná die ingebruikneming van sy nuwe skoolsaal, ‘n gedeelte van die skoolsaal se dak vervang. Dié werk is genoodsaak weens lekkasies. Op die inlas is mnr. F.S. Robertson, wat 50 jaar gelede die skool se hoof was met die ingebruikneming van die saal.

711 April 2012 courantnuus

In ons reeks met raadslede van die Swartland Munisipaliteit, gesels ons vandag met Des-mond Philander van Moorreesburg, propor-sionele raadslid vir wyk drie.

Vertel ons van jou kinder- en jeugjare?Ek is gebore in Kensington, Kaapstad. Weens

die Groepsgebiedewet moes ons uit dié geves-tigde area verskuif na Elsiesrivier, waar daar geen geriewe was buiten ‘n gemeenskaplike kraan nie.

My ma was die sterk persoon in my lewe – ‘n gelowige mens en ‘n besigheidsvrou. Sy het goeie waardes in my vasgelê en het my van kleinsaf geleer dat wanneer ek by die tuinhek-kie uitstap, ek verantwoordelik is vir my eie dade, dat “ek dan my eie ‘grootman’ is”!

My ma is dood toe ek ‘n jong seun was en toe moes ek skielik my eie keuses begin maak.

Ek is gekonfronteer deur bendes, en ek moes kiés hoe my vriendekring moes lyk – in daardie tyd ná my ma se dood het die kerk en die ANC vir my ‘n tuiste gebied.

Ek is binne die ANC opgelei binne die advies-kantore en regshulpklinieke en het wyd gewerk met konsultasiewerk en fasilitering.

Ek het studeer aan die Potchefstroom-kam-pus, by Ford Hare, die Universiteit Wes-Kaap en deur Unisa. Ek het Moorreesburg toe verhuis nadat ek my vrou Cathlene, (‘n Moorreesburger) ontmoet en met haar getrou het. Ons het twee dogters.Vertel ons van jou lewe as raadslid?

Dit is my eerste termyn as raadslid en ek leer elke dag nuwe dinge! Ek is tans ‘n vrywilliger vir HIV-vigsklinieke en ondersteuningsgroepe: ‘n HIV-vigsvrye gemeenskap is my lewensdroom!

Ek sien gereeld die trauma van dié wat agterbly.

Mense klop ge-reeld by my en Cath-lene aan vir raad en hulp.

Verder bied ek opleiding in tronke en ek fokus graag op mense se lewenstyl – ‘it is all about atti-tude’!

Noudat op die Raad dien, bly ek en Cathlene dieselfde mense, en is ons vriendekring nog steeds dieselfde as voorheen.

Wat is jou visie vir jou werk as raadslid?

Ek beywer my daarvoor dat die Weskus Kollege ‘n s a t e l l i e t - k a m p u s op Moorreesburg open. Ons dorp het ‘n probleem met hul skoolverlaters, wat

nie ‘n heenkome het nie.Verder moet ons as volwassenes weer sorg-

vuldig nadink hoé ons elkeen belê in die jeug; watter waardes ons elkeen voorleef vir die jong-mense. Ons wat grootmense is, moet die jonges weer teruglei na die kerke en na waardes toe! My hart breek vir dié dinge wat kinders as die norm aanvaar; die drankbottel wat die norm ge-word het. Ons moet dié siklus breek!

Ons moet die jeug met waardigheid lei.Verder is ‘n veeldoelige sentrum vir Moor-

reesburg se jongmense ‘n moet! Die sosio-eko-nomiese opheffing van die jeug is sinoniem met ‘n gesonde jeug, want as hul energie in ‘n ge-sonde rigting gekanaliseer word, sal ons minder probleme ondervind!

Ek sien mense tree soms moedswillig op teenoor mekaar. Ek glo mense moet eerder hul

sake uitpraat en besleg, want dis beter as om hof toe te gaan. My oortuiging is dat ‘n mens eers alle roetes moet ondersoek voordat daar ‘n hofsaak kom! Hoe spandeer u graag u vrye tyd?

Ek lees baie, ek help gereeld kinders van die omgewing om inligting te kry vir skool-take en ek is baie lief vir die natuur, veral vir die see en vir bergklim. Die natuur bring die goeie in ‘n mens na vore!

Het u ‘n boodskap vir vandag se Swartland-ers?

My wens vir die Swartland is dat ons al-mal in eerlikheid en in eenheid sal saamwerk! Kom ons werk hard daaraan om die ekonomie vir almal oop te maak, sodat daar baie meer geleenthede vir almal sal wees!

Lei jeug met waardigheid sê Philander

Drie Swartlandse kokke het pas deelgeneem aan die ver-filming van die program Boe-rekos deur Dine van zyl, vir kykNET.

Mynhardt Joubert van Bar Bar Black Sheep op Riebeek-Kasteel, Bertus Bester van Allesverloren buite Riebeek-Wes en Elrika Lesch van Mal-mesbury, stem oor één ding saam: om voor die kameras te kook, was pret!

Die bekende in kosmaak-kringe, Dine van zyl, het pas deur die land gereis om op-names te maak vir die program Boerekos, wat vanaf Sondag-aand om 19:30 op KykNET te sien sal wees.

Herhalings vind op Maan-dag, 16 April (14:00); Dinsdag, 17 April (10:30) en Woensdag, 18 April (00:00) plaas.

Vir die reeks het Mynhardt skilpadjies berei (lewer in

netvet toegedraai), asook ‘n soet mostertsous en afval as ‘n hoofmaal.

“Vaal afval, soos ons dit in die Oos-Vrystaat geëet het,” verklaar Mynhardt.

Bertus het ‘n kerrie skaap-nek en springbok-lendetjops gemaak en dit baie geniet om voor die kameras te werk. “Dis weer ‘n nuwe ondervinding,” vertel hy.

Elrika het varkskenkels met kwepers in die oond gebak, met kapokaartappels en roly-poly vir poeding.

“Intussen het ons outydse soetkoekies in die bakkery ge-bak - dit klink na eenvoudige geregte, maar dit was groot pret!” vertel sy.

Hoewel die eerste episode op 15 April uitgesaai word, sal die Swartlandse kokke eers in die agtste episode te sien wees (3 Junie).

kykNET hoe kook Swartlanders op

die kassie

Skakel ons gerus met enige goeie nuus of as u u onder

neming in die courant wil adverteer - 022 487 3221

8 11 April 2012courant

die courant kalender

courantwat gebeurSudoku 168

Sudoku 167antwoord

April

Aandskemering tehuis vir bejaardes 11 April - Algemene vergadering by Aand-

skemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury om 10:00. Alle verwante rolspelers en familie is

welkom.Skakel die tehuis vir navrae: 022 4821466.

Aandskemering tehuis vir bejaardes 13 April - Aandskemering tehuis vir bejaardes

hou om 10:00 ‘n gesellige oggendtee met ver-versings en motiveringspreker Dirk van Schalk-

wyk deel sy kosbare staaltjies.Sagte kollekte vir tehuis se fondse.

Skakel 022 482 1466 vir navrae.

Voortrekkers van Malmesbury13 tot 15 April - Die Voortrekkers van

Malmesbury hou ‘n werwingskamp by Lang-kloof vir kinders graad 6 tot graad 9met baie

avontuur, paintball, nagmars in die woud, potjiekos-kompetisie en baie pret teen R200 pp.

Skakel Sunet de Jongh vir meer inligting. Inskrywings sluit 11 April.

Lions Potjiekoskompetisie op Malmesbury14 April - Lions Potjiekoskompetisie op

MalmesburyDie Lions hou ‘n fondsinsameling,

vir die derde jaar in die vorm van ‘n potjiekoskompetisies by die Skou-

gronde. Inskrywings is R200 per span. Die Stormers speel 09:35 teen die

Crusaders en almal is welkom om van 09:00 af stalletjies op te stel en die

rugby saam te kyk.Beoordeling geskied teen 15:45

Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar asook ‘n dans na die afloop van die

kompetisie. Skakel Andy Johnston met navrae

(083 256 8178)

Vriendinne vir Jesus14 April - Vriendinne vir Jesus vergader op die hoek

van Ford- en Sarel Cilliersstraat om 10:30 vir 11:00.Sprekers is Adri Theron, Elandi Pool en Charné

Snyman. Kaartjies teen R120 p.p. en sluit ‘n ligte mid-dagete in.

Skakel Karen by 079 1877 781.

AGS Corpus Christi 15 April - Die AGS Corpus Christi op Malmesbury

bied Sondagoggend 15 April om 09:30 hul diens aan, met die tema: ‘Het Jy ‘n Fariseër- Of ‘n Jesus-Gesind-

heid?Die prediker is pastoor Piet Smit.

Die aanddiens is ‘n Gesinsdiens om 18:30.Skakel 073 447 2902 vir navrae.

Agrimark hou Damesontbyt17 April - Malmesbury Agrimark bied ‘n Dames-

ontbyt aan op 17 April by Mount Royal se konferen-siefasiliteit. Tydens hierdie geleentheid gaan ‘n nuwe

tuinboukompetisie geloods word. Bekende sprek-ers soos Anna Celliers(Gardener en Pasella), Andre Bimray(TV persoonlikheid van Design-a-Garden),

Elsabe Aldrich asook PG Engelbrecht (kulkunstenaar), gaan die gaste vermaak.

Daar sal spesialiste beskikbaar wees om ons vrae te beantwoord asook tegniese raad te verskaf. Die koste is R100 per persoon wat ‘n heerlike ont-

byt en verversings insluit. Kaartjies is beskikbaar by Malmesbury Agrimark:

Vicky Botes ( 022 482 8119).

Lize Beekman by De Bron Klein-teater20 April 2012- Bekende en gewilde sanger Lize

Beekman tree op by die De Bron Klein Teater. Gaste kan van19:00 gesellig verkeer, eet en kuier om die tafels terwyl die vertoning om 20:00 begin.

Koste: R100pp - Bring eie eet en drinkgoed saam Tafels van 4 of 6 kan bespreek word.

Kontak nr: Tel: 022-4872000 - M4 Events-

Kallie Kriel op Malmesbury19 April - Die Malmesbury Landbouvereniging hou

hul algemene jaarvergadering om 19:00 by die Kaap Agri Ledesaal op Malmesbury.

Die spreker is Kallie Kriel - ‘Doeners skryf die geskiedenis’.

Trap vir die diere21 April - Kom maak jul litte los vir 10 minute by

Wenners van kaartjies

na Lize Beekman op Malmesbury

Lize Beekman tree aanstaande Vrydag die 20ste April op by die De Bron Klein Teater op Malmesbury. Die twee geluk-kige lesers wat elkeen ‘n dubbelkaartjie gewen het na dié vertoning, is Andra Tinderholm en Fanie Walters van Mal-mesbury.Kaartjies (@ R100) vir Lize Beekman is beskikbaar en besprekings kan gedoen word by 022 4872000. Bring jou eie eet- en drinkgoed en kom kuier om ‘n tafel saam met vriende.

Janno’s van 07:00 tot 15:00 - trapfiets of Swingball of tafeltennis.

Gee ‘n R50-donasie vir die Darling SPCA en ge-niet 10 minute op enige van dié appa-rate. Enige tweedehandse komberse,

klere of toebehore is ook welkom.Skakel René vir navrae: 082 773

9621/[email protected]

Bootsale op Moorreesburg28 April - Moorreesburg-/Koring-

berg Toerisme reël ‘n ‘bootsale’/mark-dag by die museum-terrein op Moor-reesburg om 08:00 tot 14:00.

Die inskrywingsfooi is R30.Kontak Annelize @ 022 433 1072 /

082 574 [email protected]

Die AGS Corpus Christi-gemeente op Malmesbury het onlangs sy tweede CD-vrygestel.

Die gewyde CD spog met 12 geestelike liedere van lofprysing en aanbidding, ver-troosting en getuienis.

Een gelukkige leser kan ‘n eksemplaar van Iets Beters wen.

Om in aanmerking te kom vir die CD, sms u naam, dorp en die naam van die CD voor Dinsdag 17 April na 084 8333813.

Skakel gerus vir pastoor Piet Smit vir eni-ge navrae in verband met die CD by 073 447 2902.

Wen nuwe CD van AGS Corpus Christi

911 April 2012 courantcourantkos en nuus

Souttert na smaak

Die o.19 rugbyspan van Hoërskool Swart-land bestaande uit 23 leerders, 5 perso-neel/afrigters en 4 ouers het vanaf die afgelope vakansie ‘n toer onderneem na KwaZulu Natal.

Hulle het ook besoek afgelê by die Sharks Akademie en Kingspark Rugbysta-dion wat ‘n vaardigheidsessie deur die per-soneel van die akademie ingesluit het.

Die toergroep het aan ‘n toernooi in Port Shepstone deelgeneem wat aange-bied is deur die oudste sportakademie in die land, Sportweni.

Die Saterdag se wedstryde moes onge-lukkig afgestel word weens swaar reën.

Die eerste wedstryd het plaasgevind op Maandag, 2 April teen Hoërskool Suther-land van Centurion. Swartland het met 15–9 gewen. Dinsdag het hulle gespeel teen Primrose van Germiston en dié keer was HSS 40–0 baas.

Die toer is afgesluit met ‘n besoek aan uShaka Marine World in Durban.

Die organiseerders en toerlede het al-mal bedank wat ‘n bydrae gemaak het tot die onvergeetlike ervaring.

Die toergroep van Hoërskool Swartland saam met oudleerling Pieter-Steph du Toit by Kings Park-rugbystadion.

HSS toer met sukses na Kwazulu-Natal

Genoeg vir 4persone

Vinnig en maklik

Bestandele:* 1 250g bakkie gladde maaskaas* 2 opgehoopte eetlepels bruismeel* 2 eiers* 1k gerasperde cheddar kaas

Metode:Meng die vier bestanddele en voeg jou keuse van vul-sel by.

Ek het die volgende ge-bruik:

2 kop gerookte hoender opgesy.1/2 ui, rooi en geel soetris-sie in blokkies gesny en gebraai.Geur met sout en peper en knoffel en kruie geursel.

Bak vir 30 minute by 180 grade.

Karin Rabbets van die die Deli in die Checkers-sentrum op Malmesbury het hierdie week se heerlike Souttert voorberei. Besoek die Deli vir heerlike tuisgebak, smaaklike

wegneemetes en vele meer.

Swartlanders presteer in Tweekamp: By die Suid-Afri-kaanse Tweekampbyeenkoms wat die naweek in Kimberley gehou is, het die Swart-landse atlete soos volg presteer: Tony Louw van Christelike Privaatskool Malmesbury (s.11 - 34ste); van Hoërskool Swartland was daar Micke Smit (d.13 - 3de); Renelda Scholtz (d. 15 - 9de) en Karla Smit (d.15 - 18de).

Die Malan-gesin van Malmesbury, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar die ongewone prestasie behaal het om as gesin in die Boland tweekamp-span opge-neem te word, het soos volg presteer: Annereen Malan (d.17 - 13de); Heleen Malan (d.19 - 4de); Daniel Malan (s. 19 - 11de); Mariaan Malan (veterane - 3de) en Dirk Malan (veterane - 13de).

11 April 201210 courant dienstedienstedie courant

Pryse binne elkeen se bereik by Biltong en Nuts

Om hier te adverteer vir bekostigbare

advertensies wat werk, kontak ons gerus by

022 487 3221

Biltong and Nuts is ‘n winkel op Mal-mesbury propvol van die lekkerste snitte biltong, droëwors en verwante eethap-pies, spesiaal vir die bederf-oomblikke in die lewe.

Dié winkel van Warren en Petro Joseph in Piet Retiefstaatstraat, Malmesbury, het drie maande gelede geopen met één doel voor oë:

Om lekker biltong, droëwors en ander happies binne elkeen se bereik te bring.

“Ek en my vrou het so twee jaar gelede begin om by ons huis biltong te maak, toe ‘n vriend Riaan Bekker uit die Kruger wild-tuin se omgewing se wêreld vir ons gewys het hoe om biltong te sny en te spesery,” vertel Warren.

“Ons het aanvanklik uit ‘n springbok die eerste biltonge gesny ter oefening, en daarvandaan was biltong en droëwors ons

voorland!”Hoewel die winkel net drie maande oud

is, is die bedryf en die kundige vingers wat die sny en insout van die biltong hanteer, reeds vir twee jaar daarmee aan die gang.

Biltong and Nuts beloof heerlik ge-geurde wilds- en beesbiltong, keurig ge-geurde droëwors, chilli bites en ‘n groot verskeidenheid happies vir die lekkerbek, teen bekostigbare pryse.

Dié innoverende winkel-eienaars het ook spesiale speserymengsels wat op aan-vraag beskikbaar is en lewer hulle produk-te op spesifieke afsetpunte, wat ander winkelgroepe soos 7-11 en Druiwetros insluit.

Biltong and Nuts is weeksdae oop van 8:30 tot 17:00 en Saterdae van 9:00 tot 13:00, of skakel die winkel by 083 206 0872 met u navrae of bestellings.

1111 April 2012 courant mini gigs & dienstedie courantkoeke en versiersui-ker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, [email protected] of www.ab-cpartytjies.weebly.com

• SOEK BETROUBARE HUISHULP - 3 Dae ‘n week. Moet kan kook. Moet verwys-ings hê. Skakel 084 250 2460

• 2 JACK RUSSELS TE KOOP - 1 Reuntjie en 1 Tefie. Nou 7weke. Opreg en ingeënt. R700. Kontak 084 548 6880-----------------------------• YORKIE REUN - 2 en ‘n half jaar oud. Klein tipe. Goeie teelhond. R800. Kontak 022 482 2219 of 083 955 4535

- 3/4 slaapkamer, 2 badkamer, onthaal area, oopplan sit/eetkamer/kombuis. Geen motorhuis. Onmiddellik beskik-baar.R3850 Ongegund - 2 slaapkamer, sit/eet-kamer, kombuis met enkel motorhuis. R3080 Riebeek Kasteel - Mass-iewe “bachelor” met groot privaat omheinde tuin, fantasiese uitsig oor die vallei. Koopkrag. Onmiddellik besik-baar.R4200 Riebeek-Wes - 3slpk, 2badk, enkel motorhuis, privaat tuin in kompleks. Uiters veilig. Onmiddelik beskikbaar. R2750 Riebeek-Wes - 2slpk woonstel aan huis met sitkamer/eetka-mer. Ruim kombuis en waskamer.Besigheidspersele:R1320 Ideaal vir kan-tore - onmiddellik besikbaar. Sentraal geleë. R4995 Slaghuis te huur. Kontak Anita gerus by 082 722 3330.-----------------------------• DU TOIT TRAILERS - Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggyback”. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349

• DIENSTE GELEWER - Vervoer van meu-bels, verwydering van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome & afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336-----------------------------• WIL JY DALK IETS OUDS KOOP OF VERKOOP? - Skakel of kom besoek dan gerus die Negosikas. Op die hoek van Hill en Vrede-straat, Malmesbury. Skakel 022 487 2601-----------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwota-sies. Skakel 083 227 5937-----------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapar-tytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies,

• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosiaat-berader ABBO/Ra-diokansel. Reg: SAAP AO20/80

• GOEDERE GE-SOEK - 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, asook linne, skoene, hand-sakke en breekgoed. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528

• KROEGYSKAS TE KOOP - R400. Kontak 072 245 1850-----------------------------• BRICK A BRACK - Old porcelain + glass + silver + brass + other pretty & useful things. Contact Max for appointment 083 275 8266-----------------------------• EGTE LEER MANS-SKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15) . Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

• PROPERTY SELLERS - R3900 - 3Slaapkam-ers + Buitekamer.R3900 - 2Slaapka-merhuis/Besigheid.R5000 - Groot huis vir Besigheid.R4250 - 3Slaapka-merh + mh (kom-pleks).R5800 - 3Slaapka-mer + dmh (kom-pleks).R3100 - 2Slaapka-mer w/stel + Sekr afdak.R6900 - 4Slaapka-merh + dmh. Skakel ons by 022 487 1264----------------------------• 3SLAAPKAMER MEENTHUIS - In sekuriteits kompleks. En-suite badkamer in hoofslaapkamer. 1x badkamer. Oop-plan kombuis en sitkamer, buite-braai, enkel garage. R4250pm, muni-sipale rekening uitgesluit, koopkrag. Kontak Martin by 071 639 2805-----------------------------• WYKLAND EIENDOMME, RIEBEEK KASTEEL - Riebeekvallei. R4400 Ongegund

Dienste Services 12

GesoekWanted 2

Te Huur To Let 7

Te koopFor sake 4

Betrekking beskikbaar17

Alge-meen 1

DiereAnimals 18

* LET OP *Die betal-

ling vir alle geklassifi-

seerde adverten-

sies (smalls) is Dinsdae-

middae om 14h00.

diecourantag

terb

lad

11 April 2012

swartland en weskus

Die rugbyspanne van Wesbank het Woens-dagaand in hul vriendskaplike kragmetings gewys dat hulle lus is vir rugby speel en het al- drie die A, B en C-spanne die besoekende spanne van Durbanville/Bellville met die kous oor die kop huistoe gestuur.

Ook Wesbank se ondersteuners het gewys hulle staan nog bankvas agter dié klub se spanne. Die rugbyveld van Bloues op Malmes-bury was behoorlik gepak en dit het gelyk soos ‘n Saterdag derby-wedstryd.

Vir die A span het die ou staatmakers ge-wys dat hulle reg is vir die verkorte seisoen wat voorlê.

Manne soos Denzil (Lastig) Adams, Morris John Moses en Emgee Fredericks asook van die nuwelinge in die span het met mening in-geklim.

Wesbank het weliswaar te veel strafskoppe afgestaan en ook heelwat hanteerfoute be-gaan, maar die A-span se eindtelling van 38-7 wys dat hulle reg is vir die naweek en die res van die seisoen.

Met nog ‘n klompie skaafwerk hier en daar kan die afrigters vanjaar nog hoogtes bereik met die span en is die Premier Liga-trofee nog glad nie buite bereik nie.

Wesbank het gewys die spanne in die Pre-mierliga van Boland kan hulle solank regmaak vir n paar harde wedstryde wat voorlê.

- I. Adams

Wesbank vaar goed in vriendskaplike kragmetings

Adriaan Markus het die Moorreesburg Gholfklub se klubkampioenskap vir die derde keer gewen. Adriaan (74,74) en Ben Smit (76,72), verlede jaar se kampioen, het ge-samentlik geëindig met 148 houe oor 36 putjies waarna Adriaan die stryd op die sesde uitspeelputjie met ‘n voëltjie gewen het. Erika van Niekerk is die vrouekam-pioen wat gewen het met 175 houe. Agter staan Adriaan Markus (Klubkampioen), Erika van Niekerk (Vrouekampioen) Henry April (Wenner afd C), Nicklaus Lategan (Beste Netto A-Afd) en Herman de Kock (B-afd wenner). Voor sit Ben Smit (Naas-wenner-klubkampioen), Coenraad Botha (Meeste Gholf) en Denver Cordon (Beste Netto B-Afd).

Markus voltooi driekuns op Moorreesburg

Kavaliers wil Haaie kom troefGROOT RUGBY!!!Daar is geen ander manier om die aksie-belaaide program vir Saterdag op die Wesbank-sportterrein te beskryf nie.

Al is die provinsiale Vodacom-beker-wedstryd tussen die Boland Kavaliers en die Natalse Haaie die hoofdis op die spyskaart, is daar nie minder nie as vyf ander derby-wedstryde wat nou reeds ondersteuners se bloed vinniger laat vloei.

Die program skop af met die laerskole-kragmeting tussen die Malmesbury- buurskole Liebenberg Primêr en St.Thomas Primêr wat om 09:15 op die C-veld begin.

Daarna volg die wedstryd tussen die o.19-spanne van Wesbank Sekondêr en Schoonspruit Sekondêr om 10:00 op die-selfde veld.

Coronations (Kalbaskraal) en Die Do-rings (Malmesbury)/Young Eagles (Das-senberg) volg om 11:00 waarna die aksie na die A-veld verskuif.

Hier draf Bloues (Malmesbury RVK) en Abbotsdale Rugbyklub om 12:00 uit voor-dat die bulspanne van Never Despair RVK en Wesbank Rugbyklub mekaar om 13:30 in die hoofvoorwedstryd aandurf.

Na afloop van dié wedstryd sal die veld ‘n uur rus voor die provinsiale spanne van Boland en Natal mekaar om16:00 sal pak vir die hoofdis van die dag.