Die Alfa - agsmiederpark.co.za

4
Die Alfa en Omega MAANDELIKSE NUUSBRIEF AGS MIEDERPARK SEPTEMBER 2014 Stel God se koninkryk eerste. Doen net die dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Matteus 6:33, DIE BOODSKAP Sommige mense “bestaan” net van dag tot dag in ‘n kleurlose roetine, terwyl ander weer vol en bevredigend “leef”. Wat is hierdie mense se geheim? Formule vir die lewe Wat gebeur? 7 de September 09:00 Nagmaal 18:00 Aanddiens 14, 21 & 28 September Oggenddiens 09:00 Aanddiens 18:00 4 tot 6 September NG Miederpark Dieper lewe Konferensie 18 de September Kruisbrigade (Sang en Musiekdag) 10:00 27 ste September Gemeentelike Pastorale sorg GPS (Opleinding) Hulle het iets om ván te lewe. Voedsel en ander noodsaaklike materiële bates om hulle fisieke oorlewing te verseker is beskikbaar. Dit is baie noodsaaklik, maar ons moet versigtig wees om dit tot die hoogste goed te verhef. Herinner jou weer ‘n slag aan die gelykenis van die ryk dwaas. (Luk 12:13-21) Hulle het iemand om mee saam te leef. ‘n Huisgesin, familie, vriende en medewerkers. Daar is iemand om lief te hê in hulle lewe. Robert Browning sê: “He looked at her, she lookedat him: suddenly life itself awoke!” Geen mens is ‘n eiland nie. Daar is mense wat ons help om ons identiteit te ontdek en uit te leef. Dit gee ‘n ekstra dimensie aan ons lewe. Hulle het iets waarvolgens hulle lewe. Dit is ‘n lewende geloof in God. Dit laat ons uitstyg bo onsself en gee aan ons lewe ewigheidswaarde en daarom sin en betekenis vir ty den vir ewigheid. Hierdie mense beskou die Bybel as die geopenbaarde wil van God en hulle leef daagliks daarvolgens. Dit is ‘n lig vir hulle pad en ‘n lamp vir hulle voet. Hulle het iets waarvoor hulle leef. Hulle het ‘n lewenstaak wat aan hulle vervulling en geluk gee. Hulle het ‘n lewenswerk waaraan hulle hulle talente, liefde en toewyding kan gee. Dit veredel hulle gees en gee aan hulle ware gemoedsrus. Dit bring hulle in aanraking met die groot Skepper en Werker. So word hulle mense met arbeidsvreugde en arbeidstrots! Gedagte vir die dag: Die tragedie van die lewe is die dinge wat in ‘n ens ster terwl ng lewe lert weiter Oorgeneem uit Lessenaar Oordenkings deur Solly Ozrovech

Transcript of Die Alfa - agsmiederpark.co.za

Page 1: Die Alfa - agsmiederpark.co.za

Die Alfa en Omega

MAANDELIKSE NUUSBRIEF

AGS MIEDERPARK – SEPTEMBER 2014

Stel God se koninkryk eerste. Doen net die dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Matteus 6:33, DIE BOODSKAP Sommige mense “bestaan” net van dag tot dag in ‘n kleurlose roetine, terwyl ander weer vol en bevredigend “leef”. Wat is hierdie mense se geheim?

Formule vir die lewe Wat gebeur?

7de September

09:00 Nagmaal

18:00 Aanddiens

14, 21 & 28 September

Oggenddiens 09:00

Aanddiens 18:00

4 tot 6 September

NG Miederpark Dieper lewe

Konferensie

18de September

Kruisbrigade (Sang en

Musiekdag) 10:00

27ste September

Gemeentelike Pastorale sorg –

GPS (Opleinding)

Hulle het iets om ván te lewe. Voedsel en ander noodsaaklike materiële bates om hulle fisieke oorlewing te verseker is beskikbaar. Dit is baie noodsaaklik, maar ons moet versigtig wees om dit tot die hoogste goed te verhef. Herinner jou weer ‘n slag aan die gelykenis van die ryk dwaas. (Luk 12:13-21) Hulle het iemand om mee saam te leef. ‘n Huisgesin, familie, vriende en medewerkers. Daar is iemand om lief te hê in hulle lewe. Robert Browning sê: “He looked at her, she lookedat him: suddenly life itself awoke!” Geen mens is ‘n eiland nie. Daar is mense wat ons help om ons identiteit te ontdek en uit te leef. Dit gee ‘n ekstra dimensie aan ons lewe. Hulle het iets waarvolgens hulle lewe. Dit is ‘n lewende geloof in God. Dit laat ons uitstyg bo onsself en gee aan ons lewe ewigheidswaarde en daarom sin en betekenis vir ty den vir ewigheid. Hierdie mense beskou die Bybel as die geopenbaarde wil van God en hulle leef daagliks daarvolgens. Dit is ‘n lig vir hulle pad en ‘n lamp vir hulle voet. Hulle het iets waarvoor hulle leef. Hulle het ‘n lewenstaak wat aan hulle vervulling en geluk gee. Hulle het ‘n lewenswerk waaraan hulle hulle talente, liefde en toewyding kan gee. Dit veredel hulle gees en gee aan hulle ware gemoedsrus. Dit bring hulle in aanraking met die groot Skepper en Werker. So word hulle mense met arbeidsvreugde en arbeidstrots! Gedagte vir die dag: Die tragedie van die lewe is die dinge wat in ‘n ens ster terw l n g lewe l ert weit er Oorgeneem uit Lessenaar Oordenkings deur Solly Ozrovech

Page 2: Die Alfa - agsmiederpark.co.za

Gemeentelike Pastorale Sorg - Opleiding 27 September 09:00 tot 15:00

Ons wil u hartlik uitnooi na hierdie geleentheid.

Spreuke 22:17 “'n Vr like art ev rder

die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.”

AARDKLOP 2014

Weens ‘n paar praktiese probleme gaan ons hierdie jaar ons hele

lewerproduksie na die terrein toe skyf. Ons sal nie produkte by die saal

voorberei nie. Indien julle wil behulpsaam

wees, kontak die kerkkantoor. Baie dankie!

Coolkids nuus! Ons nuwe lesreeks staan bekend

as : Die Kerk werk Wêreldwyd.

Lesse word aangebied uit

Handelinge en beoog om kinders

te help om getuies te wees in

Jerusalem, sowel as in die hele

Judea en in Samaria en tot aan die

uithoeke van die wêreld. Deur dié

reeks sal kinders ontdek hulle is

duur gekoop deur Jesus se Bloed

(kruisdood), ingeprop in die krag

van die Heilige Gees en

aangeskakel om die Evangelie te

verkondig. As jy in Jesus glo,

behoort jy nie meer aan jouself nie,

maar aan God en as jy aan God

behoort, behoort jy ook aan Sy

Kerk hier op aarde.

Die Wêreld Wye Werk wat Jesus

2000 jaar gelede vir Sy dissipels

gegee het is vandag nog die kerk

se werk – jou en my werk. Uit ons

eie kan ons nie hierdie groot werk

doen nie. Dan is ons sonder krag,

soos „n rekenaar wat nie by die

muurprop ingeprop is nie. God het

Sy Heilige Gees gegee om in jou

te woon. Hy kan jou die krag en

moed gee wat jy nodig het om

ander van Jesus te vertel. 1 Kor

6:19-20 sê: “Julle het die Heilige

Gees, wat in julle woon, van God

ontvang en julle behoort nie aan

julleself nie: julle is gekoop en die

prys is betaal …”

Ons kinders geniet dit!

Kom elkeen van ons gehoorsaam God se opdrag en word besig om ekstra olie bymekaar te maak terwyl ons by mekaar inhak om die wenstreep te haal waar Jesus vir ons wag, want Sy koms is voor die deur!

Ons pas afgelope reeks was ‘n groot sukses en elke kind het die “dress-up” vreeslik geniet. Moenie dat u kinders dit mis nie! Ons poog om Geestelike waarhede in u kind in te bou wat hom/haar vir die res van hulle lewens sal ondersteun.

Gemeentelike Pastorale sorg - GPS: In kort kom dit daarop neer dat ek graag gemeentes wil help om hierdie baie spesiale en effektiewe sisteem, wat deur my broer, Dr.John Bosman ontwikkel is, te implementeer wat hulle instaat gaan stel om die spreekwoordelike "agterdeur" toe te maak om sodoende te verhoed dat lidmate sommer net "verdwyn"of "wegraak" of onbetrokke en soms onversorgd gelaat word. Ons het dikwels te make met die feit dat ons lidmate voorstel en op die spreekwoordelike “boeke sit” maar uit ervaring weet ons dat nie almal altyd by alles betrokke raak nie. Indien 'n gemeente wel selle het, weet ons ook dat selfs nie almal in die gemeente daarby inskakel nie. Dit laat altyd 'n groot gros mense, soms die meerderheid, ietwat sonder aandag en die nodige herderlike versorging want alhoewel hulle kerk toe kom van tyd tot tyd, word dit soms al minder en op die ou einde "verdwyn" hulle net. As ons net die lidmate op ons adreslys, wat "verdwyn" het of wat net dan en wan kom, weer opnuut kan inskakel en aktief betrokke kry, sal ons kerke oorloop. Hierdie sisteem - GPS (Gemeentelike Pastorale Sorg) gaan beslis help om hierdie situasie ("verdwyning" asook versorging van ALLE lidmate, ens.) aan te spreek en nie net aan te spreek nie, maar dit te verhoed en versorging aan elkeen te bied. Dit word gedoen deur bepaalde Sorg-Herders, in die gemeente te identifiseer en hulle hierdie opleiding te laat ondergaan. En die goeie nuus is dat dit nie 'n nog groter las op die pastoor en een of twee ander plaas vir wie dit uiteindelik 'n onbegonne taak bly om by almal uit te kom en hulle te versorg nie. Dit is 'n eenvoudige sisteem waarmee die HELE gemeente bereik en bedien en versorg word. Die ander goeie nuus is, dat dit nie net nog 'n aktiwiteit is wat aangebied word waarheen mense moet GAAN en wat nog tyd of 'n aand in beslag neem in die reeds vol week nie.

Page 3: Die Alfa - agsmiederpark.co.za

Dink daaroor na….

'n AMBULANS is net 'n AMBULANS tot dit iemand vir wie jy lief is of ken, vervoer...

ICU is net letters tot jy daar moet gaan kuier...of groet.

MISDAAD is net hoofopskrifte tot jy of iemand wat jy ken, deel raak van die

statistiek... KOFFIE is net KOFFIE

tot dit jou eerste afspraak met iemand spesiaal is. LIEFDE is net 'n woord

tot jy dit voel met jou hele wese... GROET is net roetine

tot dit die laaste keer was... Die LEWE is iets wat almal deurgaan

tot jy op die harde, seer manier geleer word hoe kort ons reis

op aarde werklik is en dat jy dus elke oomblik moet aangryp

om aan jou lewe betekenis te gee... Ek het vir Jesus vertel van alles wat my pla.

Daarna het Hy Sy Gees by my gelos, terwyl Hy weer op pad na die wêreld daar buite was.

Jesus loop vandag via ons deur die wêreld. As Hy daar by jou deur kom, ontvang Hom, bid,

en stuur Hom na die volgende bestemming, Sy boodskap is vir die hele wêreld bedoel! Iemand het Hom vandag dalk baie nodig!

Verjaarsdae! Baie geluk met u verjaarsdag. Mag die

Here u ryklik seen!

Vroue-aksie in die Gemeente

Daar is al geruime tyd die behoefte om meer vir die dames te doen en samewerking aan te wakker. Ons het dames wat na vore getree het om ons te help met ‘n Insamelingsprojek op Vrydae en Sondae. Ek wil aan elkeen van julle my dank uitspreek! Ons het nog hande nodig; so indien jy nie iets het om op ‘n Vrydagoggend te doen nie, kontak Anna Malan – 076 293 6487. Ek wil graag met ‘n geestelike byeenkoms op Sondagmiddae begin. Ons eerste beplande Sondagmiddag is op 14 September om 16:30 tot 17:30. Ons gaan in die saal byeenkom. Ek nooi elkeen van uit!

WIE DOEN WAT EN WANNEER?

Pastoor: Tom Bekker 082 928 2894 Tesourier: Hannes Troskie 084 200 1196 Koster/Faktotum: Johan Cock 079 273 0821 Kerkkantoor: Kotie Troskie 018 293 0142 (08:00 - 13:00) Bussie-bestuurder: Johan Cock 079 273 0821 COOLkids: Esmè Combrinck 082 823 0887 (Sondagoggend tydens diens in saal). COOLbabies: Amelia Boardman 082 474 4426 Sondagoggend tydens diens in agterste portal. JAM: Tiener/Jeugbediening Bennie Jonker 073 409 9630 Woensdagaand (geestelik) en Vrydagaand (sosiaal). Kruisbrigade: Seun en Gladys Jacobs 084 605 4082 Woensdagoggend 10:00 biduur. Hananja Welsyn: Renè Bekker 082 921 6585 (kospakkies) Hananja Welsyn: Marjorie Viljoen 072 693 1184 (klerestoor) Musiekdepartement: Bennie Jonker 073 409 9630 Woensdagaand 18:00

Dag Naam Telefoonnommer

4 Dewald Coetzer

4 Marthinus Lourens 073 534 9748

4 Lizelle van der Merwe 078 693 6031

6 Nico Kemp 072 401 0093

6 Henry Nel 079 620 8402

9 Michelle Pruis 082 776 7819

10 Jakkie Koekemoer 072 731 1337

10 Hannes Troskie 084 200 1196

11 Joey van Zyl 082 819 7103

13 Ida Muller 082 560 3921

13 Marie Vermaak 076 313 1800

16 Amelia Boardman 082 474 4426

17 Tom Bekker 082 928 2894

17 Jaques Vermaak

17 Andrew Wagner 074 868 4805

20 Chris du Plessis 084 593 4129

21 Barend Nel 082 726 0277

21 Rico van der Schyff

23 Leoni Esterhuizen 083 455 3478

25 Aneri de Witt

25 Sharon van Aswegen 074 835 9681

30 Juan-Douglas Pretoruis

30 Annemarie Williams 073 860 9798

Page 4: Die Alfa - agsmiederpark.co.za

DIEPER LEWE KONFERENSIE 4 – 6 SEPTEMBER

Tong in die kies……. Ek is tog so bly daar is 'n naam vir hierdie siekte. Dit laat my beter voel, al is ek self 'n lyer!

Ek is onlangs met O.V.O. gediagnoseer:

Ouderdomgedrewe Vergeetagtige Ongesteldheid.

Dis hoe dit manifesteer:

Ek het besluit om my tuin nat te spuit.

Terwyl ek die sproeier neersit, sien ek my motor het 'n was nodig.

Op pad garage toe sien ek die pos wat vroeër afgelewer is op die stoeptafeltjie lê.

Ek besluit om deur die pos te kyk voordat ek die motor was.

Ek sit die motorsleutels op die tafel, sit die gemorspos in die boks onder die tafel, en sien dat hy vol is.

Ek los al die rekeninge toe op die tafel sodat ek eers die boks gemorspos kan leegmaak, en besluit ek kan

net sowel die rekeninge betaal Dan is dit afgehandel.

Ek vat my tjekboek wat op die tafel lê, en sien daar is net een tjek oor.

My nuwe tjekboek is in my studeerkamer, en daar kry ek toe sommer die beker koffie wat ek aan't drinke

was.

Die koffie is al koud; dus maak ek vars koffie.

Op pad kombuis toe met die koue koffie tref die potplant my oog en ek sien hy is droog.

Ek sit die koffie op die kombuistafel en ontdek my leesbril wat al heel oggend soek is.

Ek besluit dit sal goed wees as ek eers die bril bêre, maar ek moet eers die potplant water gee.

Ek sit die bril terug op die toonbank, vul 'n houer met water en sien skielik die TV se afstandbeheer wat

iemand op die tafel laat lê het.

Ek besef as ons vanaand wil TV kyk, gaan ons die ding soek - dis beter as ek hom op sy plek terugsit, maar

ek moet eers die plant natgooi.

Ek gooi water in die pot, maar mors die meeste op die vloer.

Ek sit die TV-ding terug op die tafel en vat 'n handdoek om die vloer droog te maak. Toe stap ek die gang af

en probeer onthou wat ek wou doen.

Teen sononder:

Is die motor nog vuil.

Die rekeninge is nie betaal nie.

Daar staan 'n koppie koue koffie op die kombuistoonbank.

Die potplant kort nog water.

Ek kry nie die afstandbeheer nie.

My bril is weg.

En ek weet nie wat ek met die motorsleutels gemaak het nie.

Toe probeer ek uitpluis hoekom ek heeldag niks gedoen het nie en hoekom ek so moeg is!