Desember 2012/Januarie 2013 Kersliedere by KersligDie Bereikbediening gee deur-lopend aandag aan...
Transcript of Desember 2012/Januarie 2013 Kersliedere by KersligDie Bereikbediening gee deur-lopend aandag aan...
Op die horison pryk 'n prag kolomwolk in die
laaste sonstrale van 18 November 2012. Die
motors staan sover die oog kan sien en mense met
opvoustoele oor die skouer en kerse in afgesnyde
Cokebottel-blakers kom aan getou. Ons drie
dominees en vars proponentjie wag ons saam met
hul kollegas van buurgemeentes in.
Hoe mooi lyk die drie kruise van lig en die ster
in die ooste!
Daar op die rugbyveld van Laerskool
Skuilkrans, bring honderde gelowiges van
verskillende gemeentes hulde aan ons Heer. Saam
met Mari Michael bevestig ons die Heerskappy
van ons Skepper, loof ons saam met die koor die
Kind vir ons gebore en vra ons die Here saam met
Jan de Wet om ons in hierdie land te seën met 'n
helder Somerkersfees.
Groot dank en waardering aan Francois – ons
entoesiastiese en bekwame orrelis – vir maande se
woel en werskaf om hierdie geleentheid moontlik
te maak. Mag daar van die vreugde en vrede wat
Kersfees in ons harte bring, oorspoel na die res
van ons gemeenskap in hierdie KersFEEStyd.
NG Gemeente Meyerspark Desember 2012/Januarie 2013 - Jaargang 9 Uitgawe 11
Kersliedere by Kerslig - Antje Viljoen
God is dinamies, luisterend,
medewerkend met ons almal
onderweg. Ja, Hy is die Here wat
alle mag in die hemel en op
aarde het. Dit is sonder twyfel
waar. Ja Hy is die Almagtige
voor wie hemel en aarde sidder
en buig. Maar Hy forseer sy
planne nie willoos op ons af nie.
God se wil is ‘n daaglikse
uitnodiging tot gemeenskap met
Hom. Sy wil is ‘n pad. Nog be-
langriker, dit is ‘n verhoudings-
pad. Nooit word enigiemand
geboelie of gedwing om saam
met God te moet stap nie. Jesus
se liefde trek ons nader. Sy
persoonlike teenwoordigheid op
die pad is die magnetiese krag
wat ons gedurig saamvat en
meevoer. Elkeen wat in sy oë
gekyk het en lewende woorde
oor sy lippe gehoor het, wil
graag naby aan Hom loop. Van-
dag nog, want in Jesus kom die
eerste en tweede helfte van die
ewigheid vandag by mekaar uit.
Hy is die brug tussen tyd en
ewigheid. Ook is Hy die anker
tussen hier en nou en die
ewigheid wat wag.
Jesus anker die tyd. Hy hou
nie slegs die tyd in sy hande nie.
Hy is ook die groot skakel tussen
(Vervolg bl 2)
Bemoediging vir die nuwe jaar 2013
Die Bereikbediening gee deur-lopend aandag aan verskillende
sending- en evangelisasie-aksies
wat ons gemeente ondersteun en
waarvoor ons l idmate se
voorbidding vra. Vanjaar het daar
verskeie groot veranderinge inge-
tree wat ons graag onder ons
lesers se aandag bring.
Ds. Arrie Preller en sy vrou, Susan, en hulle twee seuns woon
op Heidelberg. Hulle is werksaam
in Heidelberg NG Gemeente.
Vanjaar het Heidelberg-gemeente
Arrie se pos uitgebrei wat predi-
king en gemeentelike take betref
met ‘n gepaardgaande verhoging
van sy toelae. Meyerspark-ge-
meente het dus vanaf Maartmaand
die bydrae aan Arrie gestaak.
Pastoor Hugo van Niekerk en sy gesin, wat vir baie jare in
Moskou gewoon het, het hulle
standplaas vanjaar verskuif van
Moskou na Singapoer waar hulle
hartlik ontvang is deur die City
Missions Church. Hierdie kerk het
‘n baie sterk visie om sending-
werk te doen en te ondersteun.
Ons sien duidelik die hand van die
Here in Hugo-hulle se verskui-
wing na Singapoer, aangesien dit,
volgens die jongste Russiese
visum-vereistes, nie langer vir
hulle moontlik sou wees om
voltyds in Rusland te woon nie.
Hugo besoek egter nog gereeld die
gemeente wat hy in Moskou
ge s t i g h e t om me t d i e
gemeenteleiers te skakel en hulle
te adviseer. Singapoer is ook
strategies geleë met die oog op
skakeling met kerkleiers in Indië
en die hou van uitreikaksies in die
Filippyne en ander lande in die
omgewing. Hugo ervaar reeds
baie seën op hulle werksaamhede
in die nuwe omgewing.
Esther Fourie is al vir baie jare in die Midde-Ooste werksaam
om mense in kontak te bring met
die Evangelie deur middel van
persoonlike gesprekke en Engelse
taalklasse. As gevolg van die
stygende onrus in die Arabiese
lande en die toenemende druk op
Christene deur Moslem-ekstre-
miste, het Esther vanjaar egter na
Suid-Afrika teruggekeer vir
besinning en raadpleging. Esther
is ‘n opgeleide verpleegster en sy
het ook kom help met die
versorging van haar suster se
dogtertjie wat deur ‘n perd geskop
is. Tydens ‘n onderhoud wat ds
Dirk Venter en Eberhard Bertels-
mann met Esther gevoer het, is
vasgestel dat sy gesondheids-
probleme ervaar en dat sy vir die
afsienbare toekoms nie in staat is
om met haar werksaamhede te kan
voortgaan nie. Ons gemeente gaan
dus voort om haar vir die res van
die finansiële jaar te ondersteun.
Dr Stephan de Beer is op 1 Mei vanjaar aangestel as
Direkteur van die Universiteit van
Pretoria se Sentrum vir Konteks-
tuele Bediening. Vir baie jare het
Stephan en Wilna de Beer leiding
geneem by die Tshwane Leader-
ship Foundation. Alhoewel goeie
vordering al gemaak is om TLF se
sake uit te sorteer, is daar nog
heelparty kwessies waaraan
gewerk word. Eberhard Bertels-
mann skakel in hierdie verband
met lede van TLF se bestuur.
Wat ons gemeente se skakeling
met Stanza Gemeente betref, het Eberhard Bertelsmann en lede van
die Bereikbediening op 15 Maart
2012 ‘n vergadering met die
uitvoerende Burgemeester van
Tshwane gehou waartydens die
Burgemeester onderneem het om
die oordrag van die grond op die
naam van Stanza Gemeente binne
twee weke te bewerkstellig. Dit
het egter nog nie gebeur nie en die
Uitvoerende Burgemeester is
steeds onbereikbaar en sal heel
waarskynlik eers beskikbaar wees
vir konsultasie in die nuwe jaar.
2012 -’n jaar van groot veranderinge Basie van Wyk
Goeie Nuus 2
BOOMSLOPING Boomsloping en snoei
van bome en struike. Verskaf ook
kaggelhout. Kontak Ernst by 083
656 4992
STIENIE NAUDé EIENDOMME Koop en verkoop van eiendomme
Skakel Stienie Naudé (082 335
0720) (Eiendomsagent) verlede, hede en toekoms. Sy
reddende optrede gister maak
vandag en môre moontlik. Sy
sterwe en opstanding het ‘n nuwe
vandag laat aanbreek wat oor elke
gister en môre strek. God se nuwe
vandag is die resultaat van die
kruis en die leë graf. En die
lekkerste nuus denkbaar is dat ons
kan saamstap op sy vandag-pad.
Ons het die keuse om vorentoe te
leef in elke dag en jaar wat die
naam vandag en vanjaar dra. Ons
is vandag en elke jaar reeds
medespelers in God se nuwe
wedstryd.
Deur Stephan Joubert (Uit: My
lewe in God se wil)
Bemoediging vir die nuwe jaar (Vervolg bl 1)
Goeie Nuus 3
Die seniors en die Trein - Nils Anderson
Lief en Leed Dave Kruger is die afgelope
maand oorlede. Ons gebede en
meegevoel gaan uit na sy
naasbestaandes.
Toe ons klein was, het ons
almal daarvan gedroom om
met die trein te kan ry. Die
geweldige ou swart lokomotief
wat rook en stoom uitblaas, was
oorweldigend. Die geklop van die
wiele en die gewieg van die wa,
was ‘n heerlike ervaring.
Ongelukkig was dit maar by
uitsondering dat ons hierdie
heerlike geleentheid kon geniet. Maar so het die jare gekom en
gegaan. Die motor en die
vliegtuig het die trein vervang en
die manier van vervoer geword –
maar – tog, daardie vlammetjie
van verlange het bly brand. Toe die geleentheid daar is, en
die eerste werklike sneltrein in
Suid-Afrika, sy verskyning maak,
was almal vuur en vlam om darem
hierdie ervaring om teen 160
kilometer per uur te ry, te
beleef. Die eerste gedeelte van
die Gautrein is dan ook verlede
jaar oopgestel en mens kon
vanaf Rhodesfield na Sandton
gaan met hierdie nuwe wonder-
werk. Dit het dan ook nie lank
geneem vir die seniors van ons
gemeente, verlangend na hulle
kinderdae, om weer te gaan
treinry nie.
Die dominee het as leier
opgetree en die groep seniors is na
Rhodesfield, daarvandaan na
Sandton en weer terug na
Rhodesf ield. So ‘n klein
“misheppie” het egter gebeur,
want die “leier”, en ek noem geen
name nie, wat as wagter op die
mure na die groep moes omsien,
het per ongeluk die trein in
Sandton verpas en die groep is
“leierloos” terug na Rhodesfield.
Alles het gelukkig goed geëindig. Ná daardie episode het die
seniors besluit om die storie
hierdie keer te herhaal, maar nou
vanaf Hatfield tot by Rosebank in
Johannesburg. Sodat daar hierdie
keer nie weer ‘n herhaling van die
vorige katastrofe moet plaasvind
wanneer ‘n leier ‘n trein verpas
nie, het nie minder as twee
predikante van ons gemeente die
week vantevore ‘n “verkennings-
tog” onderneem. Hulle is hierdie
keer per Gautrein na Rosebank en
het daar met die plaaslike
Mimmo’s onderhandel om
voorsiening te maak vir ongeveer
40 seniors wat die volgende week
daar sal kom eet. So gesê, so gedaan. Op 14
November ruk 34 bejaardes, onder
l e i d i n g van n i e minde r
as twee predikante op na Hatfield. Uit respek noem ek nie die name
van die twee leiers nie. Al het ek
dit nie verwag nie, het hierdie
twee leiers werklik as profes-
sionele leiers opgetree en by die
kaartjiekantoor almal behulpsaam
gewees met die aankoop van die
kaartjies. Ook die reëlings wat die
trein betref, die aankoms in
Rosebank, die roete na die
restourant ensovoorts was baie
soos mens van professionele gidse
sou verwag. As gemeente
kan ons werklik trots wees, asook
gelukkig, om sulke “gidse” te hê.
Nie net op wêreldse gebied nie,
maar ook ware leiers op geestelike
gebied. Alles het voorspoedig verloop
– geen gids het hierdie keer agter-
gebly nie en die klomp
“bejaardes” was vyf jaar jonger
met ons terugkeer. As so iets nie
as aanmoediging dien vir seniors
wat nog nie ons byeenkomste op
Woensdae bywoon nie, sal niks
op aarde hulle daar kry nie.
Ons bankbesonderhede vir
direkte inbetalings:
NG Gemeente Meyerspark
Absa Bank
Rek nr 070 580 470
Tak nr 333-845 As verwysing asb: U naam en wyk nr
Kersfees is familietyd – ja dit
sluit mos die uitgebreide familie
in – eie en skoon- vergaar rondom
die Kersboom. Dan lees ons die
ou Kersverhaal, sing Kersliedere
uit volle bors en deel geskenke
onder mekaar uit. Ons eet by
spesiaal gedekte tafels – die
blomme is volop en die servette
pas ook by die geleentheid – niks
word gespaar om dié jaarlikse fees
werklik uitbundig te maak nie.
Selfs die knorriges onder ons sit
hul vredevolste, inskiklikste
voetjie voor, want dis Kersfees!
Maar ons kinders word groot
en ons sien hoe gesinsvakansie
(die oudste is mos eersdaags klaar
met skool), moontlik op 'n einde
kan kom. Dus klim die vier van
ons op 18 Desember 2008 op 'n
vliegtuig na Duitsland vir 'n
tweewekelange Kersvakansie. Ons
huur 'n motor in Frankfurt en durf
die pad suidwaarts aan na die
Bodensee waar ons in Friedrichs-
hafen tuisgaan – bed en ontbyt.
Ons sien die Duitsers is versigtige
mense – waarskuwings om nie
lank te vertoef in die parkade nie
want uitlaatgasse is sleg vir die
gesondheid en daar is spesiaal
gereserveerde parkeerruimtes net
vir vroue!
Op pad begin Kersfees al met
buitelug Kersmarkte, maar ons
weet dadelik dat ons nie meer in
die heerlike warm sonnige Suid-
Afrika is nie. Nie alleen is dit grou
en reënerig nie, maar die wind
waai dwarsdeur die dikste baadjie
wat ek besit. Johan in sy Moskou-
baadjie en die kinders in hul
plaaslike K-way's vaar heelwat
beter. Maar as 'n Europeër hom
deur die weer moes laat dikteer –
sou daar vir baie maande in die
jaar nie veel gebeur het nie. Die
teendeel is waar. Hier word daar
gewoel om lig te maak - stringe
liggies word om boomtakke
geryg, stalletjies omraam met lig –
alles wit liggies, om met 'n warm
feestelikheid die koue te besweer.
Groot Kersmarkte lewe in klein
dorpies en ywerige mans en
vrouens smous gebrande aman-
dels, lebkuchen, mandelbrot en
gluhwein. Denneboompies van
wisselende groottes is te koop –
geen plastiekboompie met ver-
kreukelde takkies wat oopgevou
word in Desember om Januarie
weer opgevou en gebêre te word
nie. Daar is vindingrykes met
handgemaakte ware – geen tekort
aan houtsnee-voorstellings van die
staltoneeltjie nie – herders met
skape ingesluit.
Teen vieruur word die groudag
donker, maar die aktiwiteite neem
nie af nie. 'n Groep van vyf
Duitsers getooi in groen mantels,
kniebroeke met dik grys kouse ,
stewels en groen geveerde
vilthoedjies raak doenig op 'n
verhogie. Ons staan versigtig
nader om te sien (en te hoor) want
ons het al van Alpynse-horings
gehoor maar weet nie heeltemal
wat om te verwag nie – miskien
moet ons ter wille van die gehoor
(ore) liefs verder weg staan? Wat
'n heerlike ontdekking van warm
donker welluidende klanke kom
daar uit dié enorme gebuigde
pype. Mens – sou ons darem maar
vir jou 'n Kerssangdiens kon hou
met hierdie groepie musikante! En
snaaks – toe is dit ook nie meer so
danig koud nie.
Ons stap langs die meer in die
misreëntjie en sien die seemeeue
kry ook maar koud – staan so
eenbeen-ineengedoke op die
houtpaaltjies naby die houtdek.
Die kaal bome lyk te aardig –
gestroop van hul blare kan 'n mens
nou die knoetse en knoppe van die
rumatiektakke duidelik sien. Daar
is natuurik nog
(Vervolg bl 5)
Goeie Nuus 4
Kersfees in die vreemde - Antje Viljoen
Goeie Nuus
baie immergroen bome ook –
hulle is weer intens groen omdat
hulle feitlik permanent vog kry.
Die sypaadjies is skoon gewas.
Baie vensters van huise langs die
pad is versier – daar word moeite
gedoen om te wys ons is nou in
die feesgety. Hierdie versierings
spoel ook oor na buite die huis,
na vensters en deure tot op die
sypaadjie – lyk my hulle verstaan
dat 'n mens 'n ander se goed
respekteer.
Ons kry nog 'n mark – oempa-
orkes met trekklaviere en tuba
kompleet. Hier sien ons baie
Kersversierings van hout en strooi
gemaak. En lig – altyd maar die
poging om die donker te verdryf.
Ons besoek eeue-oue kastele
en sien hoe spierwit swane die
stroompies trotseer, al hang daar
plek-plek ysdruppels aan die hout-
reëlings.
Op 24 Desember skuif ons aan
na Vitznau aan die Vierwald-
stättersee – dit is in Switserland
naby Luzern. Die hele dorpie is
afgeëts in wit liggies – met die
sneeu saam is dit prentjiemooi.
Ons soek blyplek, maar dis
Kersfees en die herberg is vol.
Ons vind uiteindelik 'n hotel wat
billike tariewe adverteer – nie 'n
siel in sig nie – net 'n telefoon by
die deur. Johan lig die spreekbuis
– die telefoon bel vanself die baas.
Sy sê dis Kersfees en sy kan nie
nou kom nie en ook nie kos gee
nie – maar as ons bereid is om
selwers oor die weg te kom, dan is
dit reg. Sonder veel van ons te
weet, druk sy iewers 'n skakelaar
wat twee stelle sleutels vir ons in
die posbus deponeer. Ons kry
twee kamers met badkamer en
ontbythoekie – die eienaar sien
ons eers drie dae later.
Teen vieruur is die hele
Vitznau toe vir Kersfees. Geluk-
kig vind ons 'n restaurant wat nog
aandete bedien. Op 24 Desember
2008 eet ons die eenvoudigste en
stilste Kersete van ons lewens
(kos te koop teen 'n wisselkoers
van R14/Euro bly ietwat duur) –
maar wat 'n fees! Dié aand loop
ons kerk toe vir die middernag
Kersdiens. 'n Seunsopraan met
harp-begeleiding skep 'n gewyde
stemming. Ons sing Kersliedere –
Kom herwaarts getroues, O die
vrolike, Herders op die ope velde
en Stille nag – alles in Duits, maar
die melodieë is bekend. Die
dominee sê ons moet as Christene
lig wees vir die wêreld – wees
soos 'n kers wat net sy doel dien
indien hy aangesteek is en sy
vlam laat brand. So bring ons God
se lig in die duisternis van mense
se lewens. Ons is tuis in die huis
van die Here op hierdie heuglike
dag – saam met gelowiges van 'n
ander taal en nasie.
Met hierdie Kersfees is daar
geen geskenke onder 'n boom nie.
Ons deel ons samesyn en liefde
vir mekaar, want die beste dinge
in die lewe is toe heeltemal gratis!
Mag Kersfees 2012 vir jou 'n
besondere geseënde en vredevolle
tyd wees – gekoester in die wete
dat God jou onvoorwaardelik
liefhet.
Kersfees in die vreemde (vervolg bl 4)
5
Daar kan nooit genoeg liefde in
hierdie wêreld wees nie. Ons
naaste het ons liefde in die
oggend, middag en aand nodig.
Babas wat gebore word, smag na
liefde, maar so ook ons senior
burgers in hul “sonsak-jare”.
As ek vandag terugkyk op my
dag wat verby is en ek kan onthou
dat ek net een woordjie van
bemoediging, vriendelikheid of
omgee met ‘n naaste gedeel het en
daardeur sy hart aangeraak het,
dan kan ek die dag beskou as goed
spandeer.
Om in staat te wees om ander
met liefde aan te raak, is ‘n stuk
genade en ‘n geskenk van God.
Mag h i e rd i e vo lgende
“Daaglikse Kode” (“My Daily
Creed”) vir u tot seën wees:
“Let me be a little kinder.
Let me be a little blinder to the
faults of those about me.
Let me praise a little more.
Let me be, when I am weary, just a
little bit more cheery.
Let me serve a little better those
that I am striving for.
Let me be a little braver when
temptations bid me waver.
Let me strive a little harder to be
all that I should be.
Let me be a little meeker with the
brother that is weaker.
Let me think more of my
neighbour and a little less of me.”
My erekode - Anoniem
Jakob van Dijk (93) gebore op
31 Desember 1919 in Wildevank,
Holland en Bep van Dijk (92) ge-
bore op 23 Desember 1920 in Rot-
terdam, Holland.
Na sy aftrede as adjunkbestuur-
der van die Nedbankgroep het
oom Jakob en tannie Bep in Sel-
rose Park ingetrek en lidmate van
die NG Kerk, Meyerspark ge-
word.
“Na etlike jare wat ons baie
gelukkig was as meelewende lid-
mate, is oom Jakob se gesondheid
tans van so ’n aard dat ons onge-
lukkig nie meer getrou die dienste
kan bywoon nie. Ons bly egter
nog belangstellende en deelne-
mende lidmate van die kerk.”
Oom Willie Venter van Mont
Toulouse 604 bereik op 6 Januarie
2013 die geseënde ouderdom van
91 jaar. Oom Willie en sy vrou, tannie Winnie, geniet nog goeie
gesondheid en hulle twee is baie
getroue kerkgangers. Op 14 De-
sember 2012 vier hulle hul 66ste huweliksherdenking! Ons wens
hulle baie geluk met hierdie be-
sondere mylpaal wat hulle deur
die Here se genade bereik. Ons
bid hulle, en al die ander ouer lid-
mate in ons gemeente, die beson-
dere seën van die Here toe met die
woorde van 2 Kor. 13:13 “Die
genade van die Here Jesus Chris-
tus en die liefde van God en die
gemeenskap van die Heilige Gees
sal by julle almal wees.”
Baie geluk aan ons seniors van 90+
Goeie Nuus 6
‘n Groot en hartlike woord van
verwelkoming word aan die
volgende nuwe jong lidmate wat
op 4 November 2012 belydenis
van hul geloof afgelê het, gerig: Maxwell Ballot, Simone
Bekker, Lizette Brill, Riani Deacon, Marchel Haasbroek, Du-ard Leonard, PJ Maas, Charl Naude , Alwyn Nienabe r , Marelene Radley, Lourens Smit, Niel van Niekerk.
Ons glo dat julle deur die
genade van die Here tot hierdie
belydenis gekom het. Ons wens
julle die Here se seën toe op die
geloofspad wat julle nou begin
bewandel. Ons bid dat julle altyd
so sal lewe dat ander sal sien dat
julle aan die Here behoort. Mag
julle ook kragtige getuies vir Hom
wees waar julle jul ookal bevind..
‘n Groot woord van dankbaar-
heid ook aan almal wat julle
tydens die kategetiese onderrig-
fase begelei het (insluitende julle
ouers).
Ons wil vir julle die volgende
teksvers op jul lewenspad saam-
gee en glo dat julle dit altyd in jul
harte sal bewaar. Joh 10: 27-28:
“ My skape luister na my stem; Ek
ken hulle, en hulle volg My. Ek
gee hulle die ewige lewe, en hulle
sal in alle ewigheid nooit verlore
gaan nie. Niemand sal hulle uit
my hand ruk nie”.
Onthou ook altyd dat God
liefde is en dat God julle liefhet.
Mag julle (ware) godsdiens altyd
vol vreugde, blydskap en sonder
vrees wees. Christen-groete van die “ouer”
lidmate van NG Gemeente Meyerspark.
Welkom nuwe lidmate
Opkrop as jy iets op die hart het nie
Stilbly as jy ’n opinie het nie
Moed opgee as jy sukkel nie
Kwaad word as jy teleurgestel word
nie
Ophou wanneer jy verloor het nie
Ongeduldig raak as jy nie jou sin
kry nie
Bly lê as jy geval het nie
Persoonlik raak as jy in die rug ge-
steek word nie
Sinies raak as liefde nie uitwerk nie
Oordeel as jy iemand nie ken nie
Verwyt as iemand ’n fout begaan
nie
Haat as iemand jou seermaak nie
Ophou glo as jou vertroue geskend
word nie
Bang wees as jy alleen is nie
Twyfel in jouself nie
Want… jy is baie spesiaal en elke
liewe ding wat met jou gebeur
en elke liewe mens wat oor jou pad
kom, is vooraf vir jou beplan
om jou sterker, wyser en slimmer te
maak en jou diepte en karakter te
gee.
Geniet jou lewensreis…
Onthou…
Hoop maak die reis moontlik,
Geloof maak dit makliker en Liefde
maak dit onvergeetlik mooi.
Moet nooit… (Uit: e-pos omsendbrief)
Agterblad: Nuuskierig
Allemintige aanhalingAllemintige aanhalingAllemintige aanhalingAllemintige aanhaling Al ooit gewonder hoekom Salomo die wysste man op aarde was? Omdat hy so baie vroue gehad het om hom raad te gee………
PrentgrapPrentgrapPrentgrapPrentgrap
7
Mens word daagliks, waarskynlik uurliks,
doelgerig gekonfronteer met nuwe begrippe,
verrassende of gekke idees, ou bygelowe,
die walglike en afstootlike tentoonstelling
van immoraliteite en allerlei soorte konsepte.
Dit stroom van alle oorde en die media dra
baie by tot die verkondiging van gedagtes,
idees en inligting, en natuurlik ook minder
goeie dinge soos propaganda, tot voordeel
van hul eie agenda. Van net mooi oraloor
word Christene oorspoel en bepraat met
snaakse, skokkende en kontroversiële onder-
werpe. Baie daarvan gemik daarop om die
naïewe luisteraar se oordeel te beïnvloed en
hul geldbronne te misbruik. Sulke dinge kan
die gelowige soms moeg, en oorlaai, en selfs
frustreerd laat, maar die Bybel moet ons rigs-
noer, maatband en kompas bly waarvolgens
ons gebeure, situasies en idees aanhou bly
meet. Dít moet die bron bly waaruit ons put,
al sou 'n horde bendes teen ons skree dat ons
soort oerdiere lankal uitgesterf is. Dat ons
oudmodies, eng van denke, oorversigtig,
hiper-konserwatief, naïef en so suur soos
suurlemoene en lemmetjies is. Die waarhede
uit die Bybelskatkis moet die enigste per-
spektief bly waaruit ons waardes, konsepte,
idees, gedagtes en gebeure benader.
.
Lees eers hierdie Lees eers hierdie Lees eers hierdie Lees eers hierdie ………
Eendag merk die dominee 'n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aan-dagtig na 'n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir 'n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: “Goeiemore my seun”. “More, Dominee” sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. “Dominee, wat is dit hierdie?” vra hy. Die dominee antwoord: “Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het”. In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name. Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemme- tjie en bewend van vrees vra die seuntjie: “Watter diens Dominee? Die agtuur- of die elfuurdiens?”
Lag ‘n bietjie.....Lag ‘n bietjie.....Lag ‘n bietjie.....Lag ‘n bietjie.....
KERSGROETE
Die redaksie van die Goeie
Nuus wens al ons lesers ‘n
geseënde Kersfees en ‘n
baie voorspoedige nuwe jaar
toe